Kuruman bulletin 7 augustus 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

8 AUGUSTUS 2013

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Hoera vir mooi dorp! Lynn-Mari Olivier HOERA vir die vroue van Kuruman! Dit is wat inwoners van dié dorp sê nadat die vroue van AfriForum se Kuruman-tak die afgelope Saterdag met die dorp se mooimaak begin het. Talle vrywilligers het nie geskroom om handjie by te sit nie. Die rusgebied op die Hotazel-pad was die beginpunt. Die vrywilligers het die bankies en tafeltjies skoongemaak en weer geverf. Die vullisblikke is afgeskuur en geverf en selfs die bome is met mooi pienk materiaal toegedraai. Ansie Cilliers, lid van die span, het gesê in die lig van Vrouemaand wil hulle al Kuruman se ingange stelselmatig omskep en sodoende die skoonmaakprojek uitbrei. Sy vertel meer oor die projek: Wat is jul droom vir die projek? Ons het besluit ons drome moet groter wees as die herinneringe van die verlede en ongeag wie mors of skoonmaak, sal ons aanhou droom oor ’n mooi dorp en ons kant probeer bring. Het julle nog drome vir die projek? Ja, ons beplan om die dorp se ingange in Augustus mooi te maak. Ons nooi almal uit om hulle elke Saterdag om 09:00 by ons aan te sluit en te help om te verf, te snoei en te versier. Ons sal Saterdag by Leach Toyota doenig wees en enigeen met insette is welkom om dit te gee. Teen einde Augustus behoort die ingange mooi te wees en dan pak ons die parke aan. Wat kan die publiek doen om te help dat die mooigemaakte gebiede nie weer onder vandale deurloop nie? In dié opsig is die publiek se samewerking baie nodig. Ons het almal se oë en bereidwilligheid nodig om dit te keer. As enigeen sien dat vandale die bankies beskadig of rommel strooi, moet hulle dit afneem en ons kontak. Die projek moet die hele gemeenskap se droom word.

GRATIS

Dokter op dorp aangeval Annerie Louw

DIE vroue van AfriForum se Kuruman­tak het met hul skoonmaakprojek be­ gin. Die bankies is geverf, die bome is pienk toegedraai en die gebied is skoongemaak. Foto: Joanie Bergh Ons het nog soveel idees wat ons in werking wil stel. Ons wil ook die kerke, skole en alle instansies by die projek betrek. Enige bydraes en skenkings sal waardeer word, al is dit ’n koeldrankie vir diegene wat hul vrye tyd op-

offer om van ons dorp ’n mooi en skoon dorp te maak. Ons wil intussen vir elkeen wat ’n bydrae of skenking gemaak het, bedank. Sonder elkeen se bereidwilligheid en oop hand sal die projek maar net ’n droom bly.

DIE voorligtingsielkundige op Kuruman, dr. Jan J.B. du Toit, is op Saterdag 27 Julie helder oordag tussen baie mense in ’n besige straat in die middedorp aangeval. Dit was omstreeks 11:15 toe hy met sy inkopies by Clicks klaar was en op pad was na sy voertuig waar dit voor die Ou Mutual-gebou in Bearestraat geparkeer was. Reg voor Salon La Excellence het iemand hom op die skouer geklop en die volgende oomblik was daar drie jong mans wat hom oorval het. “Een van die mans het my ses keer met ’n mes gesteek,” sê Du Toit. Hulle het sy beursie, met ’n paar honderd rand en verskeie kaarte daarin, by hom afgeneem. “Dit het alles baie vinnig gebeur. Ek is so dankbaar teenoor my broer, PD, Lientjie en haar gesin wat my te hulp gesnel het, anders weet ek nie wat sou gebeur het nie.” Hy is dadelik na Dr. Vorster en vennote gebring waar hy mediese bystand gekry het. Die polisie het minute later op die toneel stilgehou, maar die booswigte het reeds in die rigting van Livingstonestraat gevlug. Gelukkig kon van die omstanders die aanvallers

DR. JAN J.B. DU TOIT

Foto: Verskaf

beskryf. ’n Klag is by die polisie ingedien en die ondersoekbeampte is B.A. Borale. Hoewel hy getraumatiseerd is deur die voorval wil Du Toit sy pasiënte verseker hy is steeds beskikbaar by sy praktyk en dat sake soos normaalweg sal voortgaan. Hy is dankbaar vir al die boodskappe en oproepe van belangstelling en wil mense waarsku om te alle tye waaksaam te wees as hulle op die dorp is. Enigiemand met inligting oor die aanval kan met die ondersoekbeampte skakel.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

) 10 AUGUSTUS: Die Diamond Dream-gholfdag vind by die Kuruman-buitelugklub plaas. Hekke open om 07:00. Koste is R80 per volwassene en R40 per kind. Die dag beloof baie opwinding vir oud en jonk. Rig navrae aan Chantell Korff by 072-301-8329. ) 10 Augustus: Edith Venter is die gasvrou op ’n vroueontbyt om 10:00 by die Kuruman-buitelugklub. Koste is R50 per persoon. Bel Chantell Korf by 072-301-8329 vir besprekings. ) 14 Augustus: Die ATKV bied ’n taalaand op Kuruman by die Laerskool Seodin aan. ’n Skryfkursus word van 14:00 tot 17:00 deur prof. Hans du Plessis aangebied. Dit kos R50 en die geld sal vir boekpryse aan skole gebruik word. Vir besprekings bel Susan Joubert, voorsitter van die Kurumantak, by 082-832-7226. ) 16 Augustus: Die ACVV op Daniëlskuil se vrouedag word om 18:00 by die Hoërskool Daniëlskuil gehou. Susan Coetzer is die gasspreker. ’n Ligte ete is by die R100-kaartjie ingesluit. Bel Suzette by 082-351-9923 of die ACVV-kantoor by 053-3841554. ) 16 Augustus: Die Hoërskool Kalahari bied ’n skouspel aan. Navrae: 053-712-1841. ) 5 September: Kuruman-skou. Kontak Vonnie by 073-223-6879, Marnus by 079-492-3589, Anne-Marie by 082-856-9103, Kobus by 082-554-7866, Lizette by 082-791-5457 of Marietha by 082-8632244 vir meer inligting.

’n HARTSEERPRENTJIE. Oorkant die huise in dié straat, waar daar nie gebou word nie, word die vullishope net groter. Foto’s: Annerie Louw

Vullis langs straat gestort

IN ’n poging om die dorp van vullisvermorsing te red het die Kalahari Bulletin dit goed gedink om op ’n gereelde grondslag die verskillende strate in die woonbuurte se mooiste sypaadjies, asook vullishope, af te neem. Die eerste straat wat besoek is, is Armstronglaan. Hoewel die hele straat nie bebou is nie, is die sypaadjies oor die algemeen netjies versorg. Oorkant die huise waar nie gebou is nie, lê vullishope met onder meer babadoeke en huisvullis. Inwoners langs hierdie straat, Susan van Straten en Sonja van Heerden, sê hulle het al gesien hoe mense wat een straat verder in Albuttstraat woon se werkers hul vullis met ’n kruiwa in die onbeboude gebied kom stort. Die twee vroue sê hulle het nie probleme met die munisipale dienste wat huisvullis verwyder nie. Die huise is aan die dorp se rioolstelsel gekoppel en probleme daarmee word ook nie ondervind nie.

TWEE inwoners van Armstronglaan, Susan van Straten (links) en Sonja van Heerden.

VAN die netjiese, goed versorgde sypaad­ jies in Armstronglaan.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

GR. 1­LEERLINGE aan die Laerskool Seodin is vrolik terwyl hulle hul pantoffels vertoon. Van links is Jano van Wyk, Johané Strauss, Wilmarie Botha, Priscilla Dilodilo, Refentse Motseothata en Luhan de la Rey.

KLEUTERS van die Doempel Kadoemps­kleuterskool het saam met Adele Groenewald op die VLV­vergadering gesing.

VLV bespreek opvoeding Petro Spangenberg OP die Vroue-Landbouvereniging (VLV) se Opvoeding-en-kultuurvergadering gereël deur Retha-Jane Buys is verskeie sake oor opvoeding in Suid-Afrika bespreek. Die kleuters van die Doempel Kadoempskleuterskool het vir die VLV-vroue se Kurumantak gewys dat Jesus in hul harte leef deur die liedjies saam met Adéle Groenewald, hul onderwyser, te sing. Wessel Groenewald het vertel hoe ’n tipiese dag by hul kleuterskool verloop en dat die 76 kleuters heelwat te eet en drink kry. Sommige kleuters word van en na die skool vervoer. Dit is duidelik dat die vormingsjare van ’n kind vir dié onderwysers

DIE personeellede van Seodin het ook aan die bewusmakingsveldtog deelgeneem. Mnr. Phi­ lip van Schalkwyk het spesiaal pienk pantoffels vir die geleentheid gekoop en die leerlinge het dit baie geniet. Hy was besig met sosiale we­ tenskap vir die gr. 4­klas toe hy gevra is om sy pantoffels op Mienel Markram (voor) en Sha­ naaz Corner se bank te wys.Foto’s: Annerie Louw

Pantoffeldag pure plesier Annerie Louw DIE Laerskool Seodin het verlede Vrydag ywerig aan die Nasionale Pantoffeldag deelgeneem. Leerlinge kon hul pantoffels aantrek skool toe en R5 betaal as bewusmakingsveldtog vir kinders met ’n siektetoestand wat hul lewe bedreig.

3

belangrik is. Deirdré Niewoudt het op die voor- en nadele van tuisonderrig gewys. Konsepte word verskillend deur kinders baasgeraak – alles hang af van die kind se bekwaamheid, ontwikkeling en belangstelling. Die afwesigheid van groepsdruk, kompetisie, verveling en blootstelling aan bullebakke is bevorderlik vir leerlinge se ontwikkeling. Verafgeleë boere en mense wat tydelik in die buiteland bly, vind veral baat by dié metode van opvoeding. Van die nadele is of ouers bekwaam genoeg is vir die taak. Die gesin moet goeie onderlinge verhoudings hê, want jy gaan vir 365 dae by jou kinders wees. Die afwesigheid van groepsaktiwiteite

en interaksie met mede-leerlinge kan leemtes veroorsaak. Spansportsoorte hou voordele in vir karaktervorming en waaraan toets die leerlinge hul sosiale vaardighede? Dit plaas meer druk op ouers om geleenthede vir groei te reël. Nico Erasmus, die

AfriForum-voorsitter op Kuruman, het ook die vergadering bygewoon en het vertel van die skoonmaakaksie wat hy onder die Afriforumvaandel begin het. Die gemeenskap se vroue is nodig om betrokkenheid aan te wakker en waar nodig, verfraaiing van

die dorp te doen. Die vroue is opgewonde en wil veral die dorpsingange te verfraai. Te lank het almal net toegekyk hoe Kuruman verswelg word deur vullis en traak-my-nie-agtigheid van inwoners. Dit bly ’n basiese opvoedingstaak: Moenie ’n morsjors wees nie.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Nooit te laat om drome na te streef nie DIE Olimpiese swemmer Natalie du Toit het onlangs by die Hoërskool Kathu ’n praatjie op ’n geselligheid vir die akademiese toppresteerders van die skool gelewer. In haar toespraak het sy gefokus op harde werk en hoe om terugslae in die lewe te oorkom. “Vind ’n droom wat jy wil bewaarheid en werk aan daardie droom. As dit ses uur per dag verg om jou doelwit te bereik dan is dit wat jy doen.” Du Toit het verder vertel hoe sy ’n sosiale lewe en vriende prysgegee het om haar doelwitte te kan bereik. Sy het ook vertel dit het 22 jaar geduur om haar Olimpiese droom te bereik. “Sodra jy die toppunt bereik het, moet jy jou gedurig van voor af uitdink,” was ook wyse woorde van Du Toit. Sy het vir al die leerlinge vertel dat die wêreld oop is vir hulle, dat daar baie geleenthede beskikbaar is en as ’n geleentheid oor jou pad kom, moet jy dit aangryp. “Vrees vir die onbekende is nie ’n uitweg nie. Gryp die geleentheid aan, want as jy dit nie doen nie, gaan jy later spyt wees.” ’n Gasspreker op die geleentheid waarop die tien akademiese toppresteerders van Laerskool Kathu vereer is, het ook genoem

dat ’n mens jouself gedurig moet “herontwerp”. En hoe waar is dit nie? In vandag se gejaagde wêreld is daar nie tyd vir stilsit nie. ’n Matrieksertifikaat of universiteitskwalifikasie is nie meer voldoende nie. Dit is van kardinale belang om gedurig en aanhoudend verder te studeer, om kursusse te doen om jou kwalifikasies op te skerp en jouself te verryk. Nie almal is akademiese toppresteerders nie, maar elke mens het die vermoë om homself te dryf om na die beste van sy vermoë te presteer. Dit is ook belangrik om jouself ’n bietjie te druk. Daar is nie plek vir vrees nie. Mense moet hul vrese oorkom en daardie nuwe projek aanpak. Sien dit as ’n uitdaging. Maar weet vandag se jong mense hoe moeilik die grootmenswêreld regtig is? Besef hulle regtig watter harde werk dit is om bo uit te kom? Mense soos Du Toit se lewensverhale behoort enigiemand aan te spoor om harder te werk. Dit maak nie saak hoe oud jy is nie; daar is altyd plek vir verbetering en groei. ’n Ouer mens kan steeds ’n nuwe loopbaan begin. Daar is altyd nog tyd om jou drome te verwesenlik.

‘I wish you enough’ Chris van Staden I RECENTLY came across this wonderful story of a man that was standing at an airport waiting for his flight. He saw a mother and daughter saying their goodbyes and this is what he overheard. “I love you and I wish you enough.” The daughter replied: “Mom, our life together has been more than enough. Your love is all I ever needed. I wish you enough, too, Mom.” They kissed and the daughter left. The mother walked over to the window where he sat. Standing there, he could see she wanted and needed to cry. He tried not to intrude on her privacy, but she welcomed him in by asking: “Did you ever say good-bye to someone knowing it would be forever?” “Yes, I have,” he replied. “Forgive me for asking, but why is this a forever good-bye?” he asked. He was told that her daughter lives so far away. “I have challenges ahead and the reality is the next trip back will be for my funeral,” she said. “When you were saying good-bye, I heard you say “I wish you enough”. May I ask what that means?” he asked. She began to smile. “That’s a

wish that has been handed down from other generations. My parents used to say it to everyone.” She paused a moment and looked up as if trying to remember it in detail and smiled more. “When we said ‘I wish you enough’ we were wanting the other person to have a life filled with just enough good things to sustain them”. Then turning toward him, she shared the following, reciting it from memory: “I wish you enough sun to keep your attitude bright. I wish you enough rain to appreciate the sun more. I wish you enough happiness to keep your spirit alive. I wish you enough pain so that the smallest joys in life appear much bigger. I wish you enough gain to satisfy your wanting. I wish you enough loss to appreciate all that you possess. I wish you enough hellos to get you through the final good-bye.” She then began to cry and walked away. They say it takes a minute to find a special person. An hour to appreciate them. A day to love them. And an entire life to forget them. ) Pastor Chris van Staden is a minister at the Kuruman Christian Church.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf of gaan loer na die Facebookblad

DIE lente is op ons en die blare word groen. En selfs verkleurmannetjies op Kuruman begin hulle koppe uitsteek om dié nuwe seisoen welkom te heet. Foto: Stefan Louw

Dankbaar oor groot skenking SUSAN VAN STRATEN, Kuruman: NAMENS die Kansa-tak op Kuruman sê ek graag baie dankie aan Riaan Roos vir die groot skenking aan die vereniging wat hy ná sy vrou, Gerda, se dood gemaak het. Ons het groot waardering daarvoor en sal dit verseker nuttig kan gebruik.

Seniors dié mense se passie ANTON man:

ESTERHUYSE,

Kuru-

KURUMAN beskik oor twee mense wie se passie dit is om die lewe van seniors aangenaam te maak. Dit is Ronel du Plessis, bestuurder van die

NK se mense beïndruk Mimosahof-ouetehuis, en Hensel de Kock, koster van die Oos-gemeente. Hulle beplan ’n hand vol aktiwiteite vir die seniors, onder meer ’n vierdagtoer na Vanzylsrus en ’n blommetoer van tien dae na Namakwaland. Saterdag het hulle die seniors, wat vroeër vanjaar op ’n toer na Upington en omgewing was, met ’n ete in ’n sysaal van Mimosahof bederf. Die tafels was keurig gedek en versier. Die geregte was van die boonste rak en is flink bedien. Die Upington-toer is met honderde foto’s en bypassende Afrikaanse musiek herleef. Die gaskunstenaar was die sewejarige Francois van Rensburg. Hy het die gaste gaande gehad met die sing van verskeie liedjies – suiwer en nootvas. Ronel en Hensel streef daarna om seniors nie net vir die ouderdom te laat lewe nie, maar in die ouderdom te laat lewe.

LORINDA BESTER, Mosselbaai: LIEWER baie laat as nooit? Op ons reis van Pretoria na Namibië word motorprobleme toe ons reisgenoot. Toe ons op Kuruman brandstof aanvul, ontdek ons ’n vuurwarm band. ’n Oproep later na ons goeie vriend Peter Greeff (vroeër van Kuruman) word ons deur Mike Pieterse van M & I Motors na Billy’s Auto Clinic begelei. Dit is reeds 16:00. ’n Uur verloop terwyl Billy Boonzaaier ons motor weer padwaardig kry. Met ’n vriendelike handdruk en goeie wense vir die reis verder is ons weer op pad. Ons opregte dank aan die manne. Ons eerste besoek aan die NoordKaap was ’n onvergeetlike ervaring.

MEESTER: ’n strokieprent deur Danie Cronjé.

Enige tyd, net nie nou nie Lizette Slabber EK is werklik baie gelukkig. My man sê nooit ooit vir my nee nie. As ek vra dat hy ’n skildery hang, ’n muur verf, ’n spinnekop doodmaak, ’n lekkende of stukkende iets in die huis regmaak, sê hy altyd: “Ja, enige tyd . . .” en dan, ná ’n asemteug, kom die res van sy sin: “. . . net nie nou nie.” Daarom glo ek vas skoolmeisies moet in die hoërskool ’n verpligte vak volg wat hulle leer hoe om ’n boor, skuurder, winkelhaak en ander gereedskap te hanteer en natuurlik leer wat die verskil tussen ’n skroef en ’n spyker is. Ek weet dit nou nog nie en dít frustreer my man

geweldig. Maar om te kom by die pragtige voëlvoerder wat ek in Januarie gekoop het. Ná vele uitinge van Ja, enige tyd . . . net nie nou nie het ek eindelik genoeg geneul dat hy vir my in Julie die voëlvoerder in my tuin aangebring het. Dit is die pragtigste voëlhuisies wat soos ’n woonstelblok vir voëls lyk waaronder jy saad strooi en dan

kom eet voëltjies lekker in jou tuin. Ek moet egter erken dat ek dié voëlvoerder gekoop het omdat dit verskriklik mooi was en nie omdat ek ’n voëlkyker is nie. Ek kan nie die verskil tussen ’n mossie en ’n vink raaksien nie, maar ek kan my nou verkyk aan hoe allerhande voëltjies by my voerder kom eet. Tot tien voëltjies kom op ’n slag eet en speel tog te lekker by die huisies. Hulle jaag mekaar en spring op en af en ek het al ’n paar keer so lank gestaan en kyk na hul manewales dat my koffie in my hande koud word. Nou antwoord ek gereeld op die vraag: “Liefie sal jy vir ons ’n ou koffietjie maak?” met: “Ja, enige tyd . . . net nie nou nie”.

Volgens die redaksionele beleid van Kalahari Bulletin verwelkom ons voorstelle en kommentaar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. kommentaar en inligting oor die regstelling van foute aan die ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, na george.claassen@media24.com, of bel hom by 021 851 3232 of 083 543 2471. Indien ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie en die Suid-Afrikaanse Perskode nie, kan u ook die SA Persombudsman kontak by 011 484 3612/8, faks 011 484 3619 of e-pos aan ombudsman@presscouncil.org.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Hou só vir woef kalm

DIE Kalahari-kuierfees wat vanjaar van 26 tot 28 September plaasvind, word oudergewoonte met ’n asemrowende vuurwerkvertoning afgesluit. Op Saterdag 28 September om 23:00 gaan die lug bo Upington ontplof.

Volgens die Kuierfees duur die vertoning slegs 20 minute en kan die volgende riglyne gevolg word om seker te maak dat dié vertoning nie te traumaties vir troeteldiere is nie. • Gee jou hond of kat ongeveer twee uur voor die vertoning ’n voorgeskrewe kalmeermiddel. • Hou jou hond of kat in die huis en skakel die televisie of radio aan. Indien jy bang is jou hond verniel jou huis kan jy hom eerder in die badkamer toemaak. • Hou die gordyne toegetrek en die ligte aan sodat die flitse van die vuurwerk nie die dier ontstel nie. • Maak seker dat jou dier nie uit die erf kan kom tydens die vuurwerkvertoning nie en maak ook seker dat hy hom nie kan beseer wanneer hy oor palissade-heinings probeer spring nie. ’n VUURWERKVERTONING sal weer vanjaar die Kalahari­kuier­ fees op ’n hoë noot afsluit. Foto: Lizette Slabber

5

DIE Straatkarnaval van die Kalahari­kuierfees is altyd die perfekte manier om Upingtonners te laat weet om op te hou werk en dadelik na die Eiland­feesterrein te gaan. Vanjaar begin die Kuierfees weer met die Straatkarnaval op Donderdag 26 September om 14:00. Foto: Lizette Slabber

Karnaval vol pret DIE Straatkarnaval is elke jaar ’n prettige manier om die Kalaharikuierfees mee te begin. Vanjaar vind die Kuierfees van 26 tot 28 September plaas. Alle besighede, organisasies, maatskappye en enige groep wat ’n bietjie pret en plesier op Donderdag 26 September wil

beleef, word genooi om aan die gewilde Straatkarnaval deel te neem. Vanjaar gaan die Straatkarnaval ’n ander Kaapse draai volg deur om 14:00 by The Mill te begin. Van The Mill af gaan vlagskipmotors en sierwaens, alles wat

kan beweeg, deur die dorp beweeg om almal lekker lus vir die naweek se fees te maak. Die Ou Motorklub van Upington gaan ook aan die straatkarnaval deelneem. Almal wat aan die straatkarnaval wil deelneem, moet reeds om 13:00 by The Mill wees.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

LIZLE VAN TONDER (links) is die gelukkige wenner van die Upingtonse mobi site­kompetisie. Lizle het ’n kas van Orange River Cellars se Wit Muskadel 2012 gewen. Dié muskadel het al drie pryse gewen waaronder in Parys waar dit as een van die tien topmuskaatwyne ter wêreld aangewys is. Van links is Lizle, Marlé Nel (Orange River Cellars) en Retha­Marie Hall (Kalahari Bulletin). Foto: Lizette Slabber

The t n e d n e indep e h t f o voice y t i c r e Riv

Hier is wenners van mobi site

DIE Kalahari Bulletin het op 18 Julie sy nuwe mobi site bekend gestel. Op dié bekendstelling is ’n kompetisie vir elkeen van die drie uitgawes begin en die kompetisie het twee weke geduur. Die doel van die kompetisie was om vir lesers in dié streek ’n unieke “ietsie” te bied. Lesers van Kuruman en sy omliggende dorpe, Upington en sy omliggende dorpe en Kathu en sy omliggende dorpe kon hulle vir die kompetisie inskryf. Vir lesers van die Kathu- en Kuruman-omgewing was daar ’n geskenkbewys van BUCO Kathu en vir lesers van Upington en omgewing was daar ’n kas van die Orange River Cellars se Wit Muskadel 2012. Die kompetisie het verlede week gesluit en die Kalahari Bulletin kon die pryse aan sy wenners van Kathu en Upington oorhandig. Daar was geen inskrywings vir Kuruman nie.

KATHU­WENNER Jasper Maritz (links) ont­ vang sy R1 000­geskenkbewys van Johan Jou­ bert, die BUCO­bestuurder. Foto: Madri Scheepers


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

FOKUS OP FBK

Ouditdienste by dié firma op Kuruman FOURIE BESTER EN KRUGER-OUDITEURE (FBK), wat reeds jare uit Kuruman in die Kalahari praktiseer, het kragte met Boshoff Visser-ouditeure saamgesnoer. Boshoff Visser is ’n groep ouditeurs- en rekenmeesterfirmas met kantore in die Suid-, Wes- en Noord-Kaap en hul strategie is om te belê in plattelandse firmas en te fokus op plattelandse besighede wat uit die aard van die saak die boerderygemeenskap insluit. Daar word egter ook sterk klem op klein en medium-grootte nywerhede gelê. Kuruman sal die tweede Boshoff Visser-kantoor in die Noord-Kaap wees ná Upington en die 16de kantoor van Boshoff Visser in geheel. Hannes Fourie, vorige vennoot van FBK, het sy belang in FBK aan die Boshoff Visser-groep verkoop wat nou saam met Wilhelm Kruger die aandeelhouers in Boshoff Visser Kuruman is. As deel van die transaksie word Hannes Fourie se dienste vir ’n tydperk op ’n konsultasiegrondslag behou en sy vorige kliënte sal voorlopig deur hom bedien word. Die nuwe kantoor op Kuruman sal deur Kruger, saam met die bestaande personeel, bestuur word. Volgens Kruger is die grootste onmiddellike uitdaging om kundige en gekwalifiseerde personeel aan te stel om in die groeiende behoefte aan oudit-, rekeningkundige en belastingdienste in die Kuruman-, Kathu- en Postmasburg-omgewing te voorsien. As geregistreerde rekenmeesters en ouditeure is Boshoff Visser Kuruman een van min firmas in die omgewing wat volwaardige ouditdienste kan lewer. Kruger is baie opgewonde oor die toekoms van Boshoff Visser Kuruman en die inskakeling by die Boshoff Visser-

Het jy al ’n draai op die Kalahari Bulletin se Facebookblad gemaak?

B E T R E K K I N G S

Kliënte en voornemende kliënte word genooi om be­ soek by die kantore op Ku­ ruman af te lê om meer uit te vind oor watter dienste vir hulle van nut sal wees of om die Boshoff Visser­ver­ teenwoordiger op Kathu te kontak. groep. Die groep beskik reeds oor die dienste van ’n belastingspesialis, asook sy eie sekretariële dienste. Verdere voordele in die groep is die rekenaarkundigheid met veral oudit- en rekenkundige dienste. Kliënte en voornemende kliënte word genooi om besoek by die kantore op Kuruman af te lê om meer uit te vind oor watter dienste vir hulle van nut sal wees of om die Boshoff Visser-verteenwoordiger op Kathu te kontak. ) English-speaking clients are also more than welcome. Please feel free to come and discuss your requirements with us.

DIE vriendelike personeellede by Boshoff Visser­ouditeure. Voor is Wilhelm Kruger; van links is, agter: Nelia van der Heever, Dalene Grove, Janèl Fourie, De­Jay Ferris en Patien­ ce Morapedi.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Nuwe klub gestig Ilse Watson

verskeie probleme op en rondom Kathu bespreek. Aangesien daar nie op die oomblik genoeg vrywilligers is om ’n klub op Kathu te begin nie het die groepie besluit om onder die vaandel van Upington se Gordonia Lions hul werk te doen. Enigiemand wat belang stel om hulle by die groep aan te sluit kan gerus Louise Oberholster, president van Gordonia Lions, by 071-160-0873 bel.

DIE afgelope Vrydag het bereidwilliges op Kathu bymekaargekom om ’n Lions Club te stig. Lions Club Internasionaal is in 1917 in Chicago gestig nadat mense besef het ’n diensorganisasie is nodig om minder bevoorregte mense te help. Sedertdien het die Lions Club gegroei tot die grootste diensorganisasie in die wêreld. Daar is meer as 1,4 miljoen lede. Altesaam 45 000 klubs in 200 lande bestaan reeds. In 1957 het Louis Volks die Lions Club na SuidAfrika gebring. Miljoene mense is al deur verskeie projekte gehelp wat deur die Lions Club aangepak is. Daar bestaan ’n behoefte op Kathu vir so ’n organisasie en vrywilligers het verlede Vrydag

VAN links is, voor: Chantell Dumond, Ilze van der Linden en Pikkie van der Linden; agter: Pieter Dumond, Bennie van der Linden, Louise Ober­ holster (Gordonia Lions), Margareth Kriek, Kobus Oberholster (Gordonia Lions: president), PJ van der Linden, Neville Bosman (Gordonia Lions) Maria van Wyk en Peter van Wyk.

INVITATION TO BID Bid No: NC/SOC/012/2013 Supply and delivery of Groceries to the Provincial Office and five (5) districts for a period of 12 months Bid No: NC/SOC/013/2013 Supply and delivery of Fruit Baskets, Bouquets, Hampers for Newborn Babies and Wreaths to the Provincial Office and five (5) districts for a period of 12 months Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 16 (Supply Chain Management), Block J, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Bid closes at (postal address): Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley Closing date: 6 September 2013 at 11:00 Required by: Department of Social Development, Northern Cape Provincial Government Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9203/9174, fax: (053) 871-2441 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender – (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted by the closing date and time (bid document NCP 2 refers) • These bids will be evaluated and adjudicated in terms of the 80/20 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations 2011 • A non-refundable deposit of R100.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points out of 20, a valid, originally certified copy of bidders’ B-BBEE status level verification certificate must be submitted by the bid closing date and time • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Office of the Premier: www//northern-cape.gov.za on Friday, 20 September 2013.

Northern Cape Provincial Government

AIDS HELPLINE 0800-012-322

Human Communications 101294


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

ATTENDING the official launch of the Maths and Science Programme in Kgatelopele are from the left, front: Mpho Mokhabela, El­Johnty Barnard, Andrea Bezuidenhout, Eljean Sterley and Regina Brays; middle: Elton Pier, Marno Boom, Tshepang Gwai, Farren Visagie, Monnapula Magolani, Luctor Roode (general manager: Finsch Mine), Gloria Kgoronyane (mayor: Kgatelopele Local Municipality), Sheridan Rogers (group HRD manag­ er for Petra Diamonds) and Farzeen Bhana (Maths Centre); back: George­ nie Acker (training manager: Finsch Diamond Mine), Keogile Molelekwa (NUM branch FDM), Andy Ramonnye (Department of Education), Johnson Lecholo (NUM branch FDM), Fritz Steenkamp (principal: Kuilsville High School), Danie Slabbert (principal: Daniëlskuil High School), Jan Lotter­ ing (Maths Centre), Gert Strydom (HR manager:FDM), Grahaeme Basjan (Maths Centre) and Phuti Malesa (Maths Centre). Photo: Supplied

Maths, Science the key to success ONE of the greatest challenges in the future of South Africa’s education system is to improve the Maths and Science skills of learners. Petra Diamonds – of the Finsch Diamond Mine (FDM) – has formed a partnership with the Maths Centre of South Africa to develop these skills at local high schools. The Maths Centre is a non-profit organisation with an excellent track record of improving Maths and Science results in schools across South Africa. The project aims to equip teachers, learners and parents with learning materials and programmes in order to develop higher competency and performance in Maths, Science and Technology. The programme was officially launched in the Kgatelopele local municipal area last week during the opening function at the Kuilsville High School. Several of FDM’s key stakeholders attended the launch, including Gloria Kgoronyane, the mayor of the Kgatelopele Local Municipality. The high schools that will benefit from FDM’s funding include Kuilsville and Daniëlskuil. Speaking at the launch, Luctor Roode, FDM general manager, said: “Education is the best solution to poverty.” “If we can make a difference in the life of a child, we’ll have made a difference for generations to come. “I have confidence that this centre will not only benefit learners and teachers, but also the mining industry as a whole and soon these two high schools will establish themselves as leading Maths, Science and Technology educational institutes in the Northern Cape.” In addition to this, FDM has several other projects in place to improve Maths and Science skills at the high schools in Daniëlskuil, including the Scholarship Orientation Programme which takes place each year during the September school holidays. During this week gr. 10 and gr. 11 learners of the high schools in Daniëlskuil, who are amongst the top five in Maths and Science, will receive exposure on site at FDM in the technical fields that are important to the mining industry.

EMS no. out of order for now THE Northern Cape Department of Health appeals to John Taolo Gaetsewe community members not to use the number 053–712– 0457 when calling for emergency medical vehicles for now, as the EMS base number is out of order due to cable theft. Communities may use 083–459–8142 or 083–459–7908. As soon as Telkom has replaced the cables the old number will be working again.

9

How y you can help p to keep p the lights g on this winter … especially between 5pm and 9pm weekdays South Africa’s homes – from flats and clusters to stand-alone houses and residential estates – demand 17% of the electricity used in our country. But on weekdays, between 5pm and 9pm, this demand increases and peaks at 35%, a huge jump that puts severe strain on the power supply.

Why does this happen? We arrive home from work around 5pm, Monday to Friday. The first thing we do is switch on the lights, television, our electrical space heaters, followed by the oven, the microwave and the washing machine or dishwasher. We also run hot water in the kitchen and take a bath or shower – with the geyser tucked away in the ceiling working hard to heat the water. Millions of us follow this evening routine at the same time, which means South Africa’s households use more than one third of the electricity consumed in the country between 5pm and 9pm, on weekdays. As the demand increases, Eskom does all it can including running some emergency power stations during the day, to balance supply and demand. This winter we need to continue with power station maintenance and the system will be tighter during the peak period from 5pm to 9pm.

What can you do to help keep the lights on this winter? Three simple things: 1. Switch off your electrical element geyser between 5pm and 9pm; this appliance uses the most electricity of all in the home, and can account for up to 50% on your electricity bill 2. Don’t switch on your space heater between 5pm and 9pm. This appliance is energy-intensive and can account for up to 16% on your monthly electricity bill, instead, dress warmly, switch on a gas heater, and use a hot water bottle and blankets to keep warm 3. Switch off your pool pump between 5pm and 9pm; this appliance uses up to 11% on your electricity bill.

Let’s switch off together … and keep South Africa powered up this winter :MWMX [[[ IWOSQ GS ^E MHQ JSV HIXEMPIH MRJSVQEXMSR SR WEZMRK XMTW JSV [MRXIV ERH )WOSQ´W IRIVK] IJ½GMIRG] product rebates.

Powering your world Eskom Holdings SOC Limited Reg No 2002/015527/06 Mohlaleng_1458_E1

1923-

2013


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

VROUEDAG

Vrou (91) se hande altyd besig Lynn-Mari Olivier BABS LABUSCHAGNE gee onwetend meer krag en betekenis aan vrouwees. Die 91–jarige vrou dra haar jare goed en die jare het haar gevorm tot ’n formidabele, merkwaardige vrou. Haar hande staan vir niks verkeerd nie en haar lag is aansteeklik. “Dit wat ’n man kan doen, kan ek ook doen. Ek het op ’n plaas grootgeword en my pappie het baie vee gehad. Ek was 17 jaar oud toe een van my pappie se koeie ’n skaap

gestoot het, dié se pens het oopgeskeur en ek het dit met naald en garing toegewerk. Daardie skaap was gemerk, het ek vir my pappie gesê,” vertel tannie Babs. Sy wou graag ’n veearts word, maar in daardie tyd was so ’n beroep vir ’n vrou taboe. “Ek was so kwaad en het toe sommer besluit ek wil ’n non word. Gelukkig kon my oupa my van die idee laat afsien en het ek ’n verpleegster geword,” skerts tannie Babs. Tannie Babs beskryf haarself as ’n Jack of all trades, haar hande staan vir niks verkeerd nie en sy glo dat ’n mens besig moet bly. “Ledigheid is die duiwel se oorkussing; daarom is my hande altyd besig. Weet jy, ek het al 14 komberse gebrei.” Haar handewerk is haar trots. Tannie Babs het reeds twee beroertes in die stof laat kyk en haar regterkant was in ’n stadium verlam weens ’n inspuiting wat sy ontvang het. “Ek het net besluit ek sal weer loop. Alle eer aan God. God sal jou help, maar jy moet ook jou deel doen. Bly by die Here se voete,” sê tannie Babs met oortuiging. “Ek het baie hard geoefen om weer te kan loop en ek het baie gebid,” sê sy. Al het sy geen gevoel in haar regterkant nie, brei sy daagliks. Wanneer die hand nie meer wil saamwerk nie en blouerig begin raak, dan vul sy blokkiesraaisels in om haar verstand te verfris. “Ek is al oor die genadestreep, ek is al 91 jaar oud,” sê tannie Babs laggend. Die jare het haar gevorm tot ’n sterk vrou. Sy het drie kinders en het op 45- jarige ouderdom nog drie kinders aangeneem. Hoewel sy twee van dié kinders aan die dood moes afstaan, sing en lag tannie Babs nog elke dag.

DIE breiwerk waarmee tannie Babs haarself besig hou. Foto’s: Lynn-Mari Olivier

TANNIE BABS LABUSCHAGNE (91) is nog vol skop.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

VROUEDAG

Vroue moet stilstaan en dink Johanna van Eeden

DIT was oorle Steve Tshwete wat destyds gesê het wit vroue vier nie Vrouedag nie, hulle doen liewer inkopies. Dit was in 2000 en baie dinge het intussen verander. ’n Mens kan byvoorbeeld deesdae maar die “wit” uit Tshwete se aanmerking laat en alle vroue oor dié kam skeer, gegewe die ANC-vroueliga se stilswye op tye wat dit regtig nodig is om hul stem te laat hoor. So, wat is vroue dan veronderstel om op dié dag te doen? My voorstel: énigiets. Dóén net iets, want as ons niks doen nie, weet ek nie waar gaan dit eindig nie. In die Volksblad-kantoor sit ons daagliks skuins ná 16:00 om ’n tafel om die dag se nuus-aanbod te bespreek. Dit is so ’n bietjie soos ’n buffetete, waar jy voor ’n groot kostafel kan staan en kan kies watter berigte, artikels en foto’s jy die volgende dag vir lesers wil aanbied. Die kos vir dié tafel kom onder meer van Volksblad se verslagspan, van ons susterkoerante, Beeld en Die Burger, en van internasionale nuusagentskappe. Dié rubriek spruit uit Maandag 29 Julie se nuuskonferensie. Van die berigte wat beskikbaar was, het ingesluit ’n man van Welkom wat die ondenkbaarste “fantasieë” oor jong meisies gehad het, ’n reeksverkragter van Bethlehem wat vasgetrek is, ’n bendeverkragting op Virginia, Zwelinzima Vavi wat van verkragting beskuldig word, kommentaar oor pres. Jacob Zuma se versuim om in te gryp omdat ’n gesant van hom deur pres. Robert Mugabe as ’n “straatvrou” uitgekryt is en ’n vrou van Pretoria wat van bestialiteit aangekla word. En toe ook: ’n Artikel waarin ondersoek na selfdood onder vroue in Bloemfontein ingestel word.

Ons k an sangfeeste hou en politieke toe­ sprake bywoon totdat dit by ons ore uitloop, maar voordat ons nie op eie werf skoonmaak nie, kan ons net sowel op Vrouedag inkopies gaan doen. Ons kan sangfeeste hou en politieke toesprake bywoon totdat dit by ons ore uitloop, maar voordat ons nie op eie werf skoonmaak nie, kan ons net sowel op Vrouedag inkopies gaan doen. Dit is tog makliker om in Woolies rond te loop en te koop as om vir ’n oomblik stil te staan en te dink, of hoe? Dink ’n bietjie oor die soort taalgebruik in jou huis en in jou werkomgewing. Casey B. Dolan het onlangs in Sunday Times geskryf sy is hoegenaamd nie verbaas oor die optrede van twee personeellede van FHM wat “grappies” gemaak het oor verkragting nie. Volgens haar het dit net haar eie ervaring van dié soort taal en kultuur in die FHM-kantoor bevestig. Tog vreemd hoe ons vroue val vir blitsverkoper-selfhelpboekies soos The Secret (19 miljoen eksemplare het verkoop en dit is in 46 tale vertaal). Dié boek predik die “wet van aantrekkingskrag” en die wonderlike uitwerking van “positiewe denke”. Visualiseer jou droom en dit sal bewaarheid word. Nog beter: Skep ’n droombord à la Pinterest met prentjies van jou droomtroue en Mnr. Reg sal eersdaags aan jou

voordeur klop. Maar ons bring nie die kloutjie by die oor nie. Ons bly stil as simpel, seksistiese grappe oor vroue gemaak word. Ons hou ons by die slaai en weg van die braai waar die taalgebruik ná ’n paar doppe ’n bietjie losserig hier om die lende raak. In die werkplek sal ons liewer maak of ons niks hoor nie en as ons wel die kans kry om iets te sê ’n ánder vrou afkraak. Ons is voor in die koor om afleidings en beskuldigings te maak oor wie nou eintlik verkrag is en waarom op aarde sy dit nie aanmeld nie. Ons vermy gesprekke met ons seuns oor afspraak-verkragting en maak of ons nie weet wat ’n “rolfie” is nie, want Boeta gaan tog net deur ’n fase. Mevrou, wil jy nie asseblief op Vrouedag – op 9 Augustus – net tien minute stilstaan en dink nie? Visualiseer die gemeenskap waarin jy wil bly. En die een wat jy vir jou dogter wil nalaat. ) ’n “Rolfie” verwys na die “afspraakdwelm” rolphinol. ) Johanna van Eeden is die redakteur van Volksblad. Die rubriek het op 2 Augustus in die Volksblad verskyn.

Wat beteken vry eintlik? VKOKKEDOOR:

(skertsend of soms neerhalend) Iemand van aansien en soms ook iemand met wie gespot word, omdat hy vertonerig of grootdoenerig is. Waarskynlik deur volksetimologie ontstaan uit Frans coq d’or, “haan van goud”, ’n prestasie-eerbewys in die joernalistiek en restaurantwese. VVry: Liefkoos, iemand die hof maak. By iemand van die teenoorgestelde geslag kuier met die oog op ’n ernstige verhouding. Iemand se guns probeer wen. Uit Nederlands vrijen, “liefkoos, uitgaan met iemand. Die Nederlands vrijen kan teruggevoer word na Middelnederlands vrien, na Oudengels freogan, na Goties frijon ,wat beteken “om lief te hê”. ‘Vriend’ kan net soos vry ook teruggevoer word na Goties frijon “om lief te hê”.

Ontbyt saam met Edith DIE Mev. Verenigde Nasies­finalis Chantel Korff bied ’n vroueontbyt met Edith Venter as gasspreker aan. Dit vind op 10 Augustus om 10:00 by die Kuruman­buitelugklub plaas. Dit kos R50 per persoon. Alle geld gaan aan die Mimosa­tehuis. Vir plekbespreking bel Korff by 072­301­8329. Foto: Charlé Lombard

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Dinamiese vroue leef met passie Lynn-Mari Olivier DIE datum 9 Augustus 1956 het die geskiedenisboeke gehaal, dit was onvermydelik. Dié dag is sinoniem met vrouwees en het baie simboliek. Op dié dag in 1956 het ongeveer 20 000 vroue van verskillende ouderdomme en van verskillende rasse in protes na die Uniegebou in Pretoria opgetrek. Hul rede: onderdrukkende wette teen vroue. Die optog is deur vier merkwaardige vroue, Helen Joseph, Rahima Moosa, Sophie Williams en Lilian Ngoyi, gelei. En die dag, 9 Augustus 1956, was die begin van die vroulike dinamika. Ter viering van Vrouedag vandag het Kalahari Bulletin met Marda Oosthuizen en Elize Boshoff, welbekend aan die Kuruman-gemeenskap, gaan gesels om presies uit te vind wat vrouwees vir hulle beteken. Marda Oosthuizen Wat beteken Vrouedag vir jou? As dit nie vir Vrouedag was nie, het ons seker nooit spontaan hulde aan voorlopervroue gebring nie. Ek dink op Vrouedag aan vroue wat ’n positiewe bydrae lewer om in haar gesin, haar gemeenskap en land ’n verskilmaker te wees. Wat dryf jou as vrou voort? My passie vir die lewe. My liefde vir die Here. Hy het my met spesifieke gawes en talente geskep en ek mag dit nie net vir myself hou nie. Ek is ’n geseënde vrou

en daarom wil ek so graag “teruggee”. Die vroue-optog daardie dag in 1956, wat dink jy het dit vir vroue van vandag beteken? Dit het aan daardie vroue ongelooflik selfvertroue gegee. Hulle moes opstaan teen dit wat hul menswaardigheid gesteel het en hulle het standpunt ingeneem om op te staan vir dit waarin hulle geglo het. Ek dink dit kan vandag nog vir ons ’n motivering wees om op te staan vir waarin ons glo.

MARDA OOSTHUIZEN

Hoe sou jy ’n dinamiese en gedrewe vrou beskryf? Dinamiese vroue is

gewoonlik gedrewe. Hulle leef met passie en maak ’n verskil in mense se lewe.

Mense neem kennis van ’n dinamiese vrou. Dinamiese vroue “loop” nie oor mense nie, hulle neem mense saam. Beskou jy jouself so? Sjoe, ek het groot bewondering vir dinamiese vroue. Ek het sulke vriendinne. Ek sien myself as gedrewe, maar droom nog daarvan om dinamies te kan wees. Wat beteken vrouwees vir jou? Vrouwees is vir my ’n geskenk. Ek is uniek. Ek kan, soos wat God bedoel het ek as vrou moet wees, leef. Vrouwees beteken nie om minderwaardig of ondergeskik te wees nie. Ek beskou my vrouwees ook as ’n ongelooflike groot voorreg . . . dat ek “sag” mag wees, dat ek mense met liefde mag bedien, dat ek in ’n harde, ongenaakbare wêreld anders mag wees. Elize Boshoff Vrouedag is ’n baie spesiale dag wat ek graag wil opdra aan alle vroue, my vriendinne, my drie dogters en kleindogter, dat hulle sal

ELIZE BOSHOFF weet hoe spesiaal hulle vir my is. Ek sou graag vir elkeen van hulle ’n blommekrans wou vleg en hul daarmee wou seën. Wat dryf jou as vrou voort? Om ’n verskil te maak in almal se lewe wat my pad kruis, al is dit net die veiligheidswag wat my trollie met kruideniersware stoot. Die vroue-optog daardie dag in 1956, wat dink jy het dit vir vroue van vandag beteken? Daardie geskiedkundige dag het bygedra tot die bevryding van die vrou wat menswaardigheid en gelyke regte betref. Ek het groot bewondering vir daardie vroue wat ondanks baie gevare tog standpunt kon inneem. Hoe sou jy ’n dinamiese

en gedrewe vrou beskryf? ’n Dinamiese vrou is ’n vrou wat weet waarheen sy op pad is en opgewonde saam met ander raak om ’n doelwit te bereik en ’n verskil te maak in dit waarmee sy besig is. Beskou jy jouself so? Ek streef voortdurend na die bereiking van my doelwitte en probeer voortdurend om ander te verryk en te motiveer. Wat beteken vrouwees vir jou? Vrouwees beteken vir my meer as dit wat ons van buite sien . . . dit beteken vir my om my gesin te versorg en te koester, om ’n goeie luisteraar te wees, om te weet ek is kosbaar vir my Vader, om die regte van vroue te versinnebeeld en om as vrou in Jesus se voetspore te loop.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

MAZDA 323: Agter gestamp, te koop. Maak 'n aanbod. Skakel 082 968 2011 of 073 014 7693. AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

WENDYHUIS TE HUUR IN WRENCHVILLE. R500 deposito, R2 000 p.m. Skakel 083 366 9473.

DRIEWIEL-CELINObabastootwaentjie met draagbare kot en Celino Luxury- opslaanbare Camping Cot en loopring, R5 800. Skakel 072 537 2449.

ACCOMMODATION TO LET for 12 - 14 persons, selfcatering. All rooms equipped with fridge, kettle, microwave, DStv, flatscreen TV, air-conditioner, bed, curtains and own entrance. Electric gate and large parking area. Available 01/08/2013. Phone Christine 082 440 7701.

BASSETHONDJIES. Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 500 elk. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. R60 000 p.m. Skakel Dirk 079 877 7134.

SOEK NA 'N GOEIE tweedehandse karavaan. Skakel Elretha 083 561 6705.

053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600. VERWYDERING VAN BOUROMMEL en tuinvullis in Kuruman-area. Vir gratis kwotasie skakel Deoni Stander 072 141 6965 of Ulrich Stander 083 675 5859.

ISUZU 250D, 2001 R48 500. 1999 Toyota 2.4 R42 500. Phone 072 472 8686. ISUZU 250D, 2007 R58 500. 1995 Mazda 1800 R25 500. Phone 072 472 8686.

CORTINA, 1985 R 11 500. 1995 Lazer R15 500. 1990 Kadette R16 500. Phone 072 472 8686. DVD 2.5, 2006 - R75 000. 2007 Go-Now R39 500. Phone 072 472 8686. GOLF 2, 1.8 R19 500. 1996 Sentra 1.6 R24 500. Phone 072 472 8686. JETTA 3, 1998 R26 500. 2004 Tazz - R39 500. Phone 072 472 8686.

KURUMAN Huis te koop – Kuruman 5 slk, 1 aantrekkamer, 2½ badk, sitk, eetk, kombuis, werksk, opwas en wask, lapa, swembad, 2 m/h, afdak, sekuriteitsomheining, groot erf en gevestigde tuin. R2 080 000. Te koop Besigheidsperseel en gebou. Industriële gebied, Kuruman. R2 000 000. Besigheidsperseel, gebou en toerusting. Industriële gebied. Kuruman. R2 250 000 Huis te huur: Kuruman 4 slk, 2 badk, kantoor, ruim sit, eetk en kombuis, spens, wask, buitek, 2 motorhuise, stoep, koopkrag, boorgat. R15 000 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422. 053 712 0487.

KURUMAN TE HUUR Woonstel 2-slaapkamer, R7 700. Meenthuise: 3 slaapkamers, 2 badkamers, enkelmotorhuis. R9 900 – R11 000. Huise 3 slaapkamers, 2 badkamers. R12 100 – R15 000. 3 slaapkamers, 2 badkamers, stoorkamer met ‘n aparte buitekamer, swembad, 3 x motorhuise. R16 500.

Skakel Elretha 083 561 6705 053 712 3123

KE REKISA NTLO YA kamore tse supa (7). Phone 071 285 6940 or 079 614 0640.

Veritas Eiendomme

H.S. Gers In die boedel van wyle Hester Sophia Gers, identiteitsnommer 350327 0011 083, voorheen woonagtig op plaas Khaw, Kuruman.

13

Boedelnommer: 354/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 dae vanaf 8 Augustus 2013. Besmar Ouditeure Tel. 053 712 3569 Bearestraat 43, Postnet Suite 138, Privaatsak X1532, Kuruman 8460. P.L. van Tonder In die boedel van wyle Philip Lodewyk van Tonder, identiteitsnommer 321119 5026 083, woonagtig op plaas Mooihoek, Kuruman. Boedelnommer: 406/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 dae vanaf 8 Augustus 2013. BESMAR OUDITEURE Bearestraat 43, Postnet Suite 138, Privaatsak x 1532, Kuruman 8460. Tel. 053 712 3569

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

TE KOOP SKAKEL ELIZE 083 383 8372 of ESTELLE 072 359 0781 E-mail: lindeelize470@gmail.com OF estelleveritas@gmail.com 1. 2 leë erwe in Mothibistadt, R150 000 vir beide 2. Leë erf in Mothibistadt, R75 000 3. Erwe beskikbaar in kompleks (erf en plan) - erwe reeds gediens, R400 000 Verskeidenheid huise te koop TE HUUR Verskeidenheid eiendomme te huur. SKAKEL JUANITA 078 159 7426 E-mail: veritaseienkuruman @gmail.com Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendomme .co.za

Skakel ons gerus, ons help graag.’

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

19

Húlle blink in akademie uit DIE toptien-leerlinge van die Hoërskool Kalahari is ná afloop van die Junie-eksamen in elke graad aangewys.

DIE gr. 9­leerlinge se toptien is van links, voor: Pierre van der Walt, Jene van den Berg, Deidre Mohr, Annabelle Smith, Anelda de Bruin en Eileen van Wyk; agter: Pieter Oelofse, Gerhard Grego­ ry, Magdaleen du Preez en Lize Heath.

DIE gr. 10­leerlinge se toptien is van links, voor: Nicolene Smith, Yolande Fourie en Ingrid Jonker; middel: Leonie Hollenbach en Sunè Jordaan; agter: Murphy Marais, Lohan Janse van Vuuren, Grete Ellis, Tsholofelo Lorekang, Ali Guled en Thuto Segoje.

DIE gr.11’s se toptien is van links, voor: Nonofo Madosela, Sarah­lee van Wyk en Tayla Botha; middel: Petri van Zijl, Aldohnè Ward, Sune Human, Alri van den Berg en Anri van Rooyen; agter: Fritz Odendaal en Karina van Zyl.

DIE gr. 12’s se toptien is van links, voor: Wilanry Greeff, Cornel Scheepers, AJ le Roux, Sonita Nel en Mothusi Letsie; agter: Gerdo van der Walt en Japie Steyn; Christina Joubert, Cheryl­Lee Henning en Sandile March.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za

DIE gr. 8­leerlinge se toptien is van links, voor: Christian Janse van Vuuren, Liandri Fourie, Joanne Venter, Maxean Danster en Janice Willemse; agter: Bea Wiid, Leane Muller, Jonelle Mohr, Adri Kotze en Chanel Kruger.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Ken hul skuiwe DIE eerste rugbyspan van die Laerskool Seodin ná sy oorwinning met ’n uitspattige 50–0 oor Lime Acres.

Seodin dra kroon

DIE Laerskool Kuruman het onlangs sy jaarlikse einde-van-die-seisoen-toernooi vir sewesrugby, netbal, tennis en skaak aangebied en die Laerskool Seodin het met al die louere weggestap. Die uitslae is soos volg: Tennis Gemengde dubbelspel wen Louis du Plessis 4:3 en Mariëte Strauss wen haar gemengde dubbelspel met 4:3. In die enkelspel wen Louise du Plessis met 7:0, Hannes Erasmus met 5:2, Mariëte Strauss met 6:1 en Junel Odendaal wen met 5:2. Netbal Die o.11-netbalspan wen al sy wedstryde. Die uitslae is soos volg: Seodin teen Wrenchville wen met 19-0, Seodin teen Lime Acres wen met 4-3, Seodin teen Lareng wen met 17-0 en Seodin klop Kuruman met 6-0.

Rugby: Die sewesrugby het groot opgewondenheid veroorsaak en by die o.11-rugby was die kompetisie baie sterk. Die uitslae is: Seodin klop Lime Acres met 32-0. Seodin speel gelykop teen Kuruman met 10-10. Seodin tree as die oorwinnaar met ’n telling van 19-12 uit na ’n opwindende tweestryd met die Laerskool Kuruman. By die o.13-sewespan was dit net eenrigtingverkeer van Seodin af en Seodin het al sy wedstryde en die eindstryd gewen. Uitslae is soos volg: Seodin teen Lime Acres 2 wen met 32-5, Seodin teen Kuruman wen met 42-0, Seodin teen Lime Acres 1 wen met 53-0 en Seodin 1 teen Lime Acres 1 wen met 50-0. Dit was ’n suksesvolle dag en ’n geleentheid vir die Laerskool Seodin en Kuruman om weer sterk sportbande op te bou, sê die organiseerders.

OP ’n onlangse sportdag by die Laerskool Kuruman het skaakspelers die geleentheid gehad om hul skuiwe in ’n skaaktoernooi teen mekaar te maak. Die skole wat in die skaaktoernooi deelgeneem het, was die Laerskool Seodin, Wrenchville, Kuruman en die Hotazelkollege. Die eerste ronde is deur vier Seodindeelnemers, Bianca Einkamerer, Suraydah Dada, Louis Myburgh en Lourens van Heerden, gewen. Leewandré Hartlief van die Laerskool Wrenchville het die tweede plek behaal. Louis en Lourens het die tweede ronde gewen. Lourens het die knoop in die eindstryd teen Louis deurgehak en as algehele wenner van die toernooi geëindig.

LOURENS VAN HEERDEN (Laerskool Seodin) en Leewandré Hartlief (Laerskool Wrenchville). INLAS: Louis Myburgh (Laerskool Seodin). Foto: Verskaf

Ontvang pryse op sportdag LEERLINGE aan die Laerskool Wrenchville het verlede Saterdag aan ’n sportdag by die Laerskool Kuruman deelgeneem. Die o.11-sokkerspan van dié skool is met ’n trofee vir die eerste plek beloon.

NETBALSPE­ LERS is van links, voor: Revo­ nia Betsanger, Shana Brink, Ni­ kita Bezuiden­ hout en Beroni­ zue Eiman (o.11­ spanlede); agter: Resego Mosang, Lakeesha du Plessis en Fran­ coline van Wyk (o.12­spanlede). Foto: Verskaf

Ook in skaak het van die skaakspelers die eindronde gehaal. Netbalspelers van Wrenchville se o.11- en o.12-spanne het ook pryse as beste spelers op die dag ontvang.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.