Kuruman Bulletin 7 Feb 2013

Page 1

7 FEBRUARIE 2013

VERSPREIDINGSGEBIED: KATHU, KURUMAN,DANIËLSKUIL,OLIFANTSHOEK,POSTMASBURG,UPINGTON, KEIMOES,KAKAMAS EN GROBLERSHOOP

GRATIS

TEL. 053­712­1472

DIE OOG op Kuruman was Dinsdagoggend die gasheer van die Noord­Kaapse departe­ ment van omgewingsake­ en natuurbewaring. Die departe­ ment het Wêreld­vleilanddag (World Wetlands Day) gevier om openbare bewustheid te skep van die waarde en voordele van vleilande, asook die bewaring en volhoubare gebruik daarvan. Die Oog, bekend as die Oasis van die Kalahari, is die grootste fontein in die Suidelike Halfrond en lewer ongeveer 20 miljoen li­ ter water per dag. Dit voorsien al vir baie jare water aan die dorp en nabygeleë nederset­ tings. Sommige inwoners reken die water het ’n helende krag. ’n Massa waterlelies blom tans op die helderskoon water waarin verskillende visspesies rond­ swem. Foto: Annerie Louw

Tesourie eis geld Reddingsplan kom vir twee munisipaliteite Annerie Louw DIE Kgatelopele- (Daniëlskuil) en Joe Morolong- (die gebied noord van Kuruman) munisipaliteit is twee van die vyf Noord-Kaapse munisipaliteite waarvoor ’n reddingsplan nou saamgestel gaan word. Dié munisipaliteite moet miljoene rande aan onbestede toekennings aan die nasionale tesourie terugbetaal. Hulle is reeds vroeër gewaarsku dat die nasionale tesourie verdere

nasionale toekennings kan staak. ’n Finale besluit hieroor sal op 15 Maart geneem word. André Botha berig: Jabulani Sikhakhane, woordvoerder van die tesourie, het by navraag gesê dié munisipaliteite kon nie bewys lewer dat die onbestede toekennings, wat uit die boekjaar 2010’-11 kom, tot projekte verbind is wat aan die vereistes vir toekennings voldoen nie. Toestemming dat die geld oorgedra kan word, is daarom geweier.

Bystand word deur die tesourie en die departement van samewerkende regering aan die munisipaliteite gegee om hul uitstaande finansiële state reg te kry. Die tesourie het vroeër in ’n verklaring gemaan dié munisipaliteite loop die risiko dat afdeling 216 (2) van die Grondwet teen hulle in werking gestel word. Dié afdeling bepaal dat die tesourie die oordrag van geld na enige staatsinstansie mag staak as die betrokke instansie ’n

ernstige of aanhoudende oortreding van voorgeskrewe rekenpligtige praktyke, eenvormige uitgaweklassifikasie en eenvormige tesourienorme en -standaarde begaan. Sikhakhane sê verskeie stappe en prosesse moet gevolg word voordat besluit word of afdeling 216 (2) wel op die munisipaliteite toegepas sal word. Die Noord-Kaapse tesourie en die departement van samewerkende regering sal binnekort ’n strategiese ondersteuningsplan

finaliseer. Dié plan sal aan die minister van finansies voorgelê word. ) Cope verwelkom die poging. Die Noord-Kaapse leier van Cope, Fred Wyngaard, versoek dat ondersoek ingestel sal word na die kwalifikasies van munisipale amptenare, die omstandighede van die aanstellings en stappe wat gedoen gaan word om toe te sien dat sulke amptenare gekwalifiseer of vervang word deur iemand wat die werk kan doen.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

7 Februarie: Hoërskool Kalahari hou sy sottekonsert. 15 Februarie: Hoërskool Kathu hou Valentynsbal. 16 Februarie: JTG-atletiekbyeenkoms op Kathu. 19 Februarie: Mnr. en Mej. Seodin-kroning in die skoolsaal. 1 Maart: NG Moederkerk se Barnyard-konsert om 19:00 in die Laerskool Seodin se skoolsaal. 9 Maart: Rugby-en-netbalsportdag op Seodinpark. 15 en 16 Maart: Die Kalibreer-vrouekonferensie van die NG kerk Pellissier in Bloemfontein. Bel Karin Kersop by 072-1580225 of e-pos aan karinkersop@gmail.com 16 Maart: Sportdag van die Hoërskool Kalahari. 20 Maart: Mnr. en Mej.

Hoërskool Kathu word aangewys. 27 Maart: Hoërskool Kathu bied optog met sierwaens aan. 29 tot 31 Maart: Reünie vir onderwysers en leerlinge van toeka tot 1994 word op Vanzylsrus gehou. Stuur ’n e-pos na debruinchummy@gmail.com of Francine by vzrskool@vodamail.co.za. 24 en 25 April: Hoërskool Kathu hou skouspel. 26 April: Hoërskool Kathu hou karnaval. 27 April: Interskolebyeenkoms teen Hoërskool Kalahari op Kathu.

Tests to be done on body Annerie Louw THE family of Kegomoditswe Moseo, the 16-year-old girl who disappeared on 17 November 2010, is still not at peace. They received permission from the high court to exhume the body of the girl’s mother who had died in November 2012 – on the same day a passer-by discovered the remains of a body. According to a community member, the forensics team of the Hawks visited Seven Miles on Monday to exhume the body of the mother. Peggy Molatlhegi, a member

of a support group for the family, said only one tooth from the body had been extracted as a match against the remains that had been found. “We are 10% closer to closure and are now waiting for the results,” said Molatlhegi. The girl disappeared while she went off to school. She attended the Rammogho High School in Seven Miles. The police were informed of the missing girl, but the search was in vain. “If the tests show that it is the remains of Kegomoditswe, her remains can be buried and the family will be at peace,” said Molatlhegi.

Vasgevang in Kuruman se spitsverkeer DIE stilte voor die storm. Ná Januarie se stilte in Hoofstraat op Kuruman het verkeer aan die einde van die maand sterk toegeneem. Groot vragmotors en voertuie wat buffer aan buffer beweeg, is algemeen op die deur­ pad op Kuruman. By die ingang na die Palm Gate Mall is die straat in die rigting van Kathu stampvol voertuie so ver soos die oog kan sien. Foto: Annerie Louw

Fireworks regulated FOLLOWING a letter written to the Kalahari Bulletin about the fireworks during the festive season last year, the police commented on the role that the police played in this regard. The media officer of the Kuruman police, Ntombi Mane, commented as follows: “A shop with fireworks is licensed as a fireworks dealer in terms of the Explosives Act 26 of 1956. “Fireworks dealers are inspected by inspectors of explosives and any other police official. There is an explosives section in Ku-

ruman with members who are well conversant with the Explosives Act. “The law stipulates that the inspection should be conducted on the fireworks dealers and that is what the Explosives Sections did during the festive season. “When using fireworks the law states that children that are under 16 years must be supervised by adults. “There are also municipal bylaws that regulate the where and when to use the fireworks.”

Municipality apologizes ON 30 January the Ga-Segonyana Municipality answered the letter written by Afri-Forum Kuruman on 3 December last year about the implementation of the tariffs. The municipality acknowledged that there was an error on the implementation of 2012-’13 tariffs schedule. The implementation was based on the draft tariffs, not the final tariff scheduled as by Nersa. According to the letter all accounts had been rectified in December 2012. The tariffs had been amended accordingly on the system. The municipality apologizes for any inconvenience caused.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Welkom geheet Annerie Louw DIE tradisionele Mnr. en Mej. Groentjie-geselligheid van die Hoërskool Wrenchville het verlede Vrydag in die gemeenskapsaal op Wrenchville plaasgevind. Die doel van die jaarlikse geselligheid is om die nuwe gr. 8-leerlinge welkom te heet. Dit word deur die gr. 12-leerlinge en die onderwysers gereël. Die Groentjies het met sang en dans die ge-

3

Besoek Oog ter viering van Wêreldvleilanddag

hoor vermaak waarna die hoofnommer van die aand, ’n modeparade, plaasgevind het. “Goeie ondersteuning van die ouergemeenskap het van die verrigtinge ’n groot sukses gemaak,” sê die mediawoordvoerder van die skool, LV Ludick. Mnr. Persoonlikheid is deur Renaldo Pietersen gewen en Mej. Persoonlikheid deur Omphile Seretse. Elvericha Tsikwe was Mej. Fotogenies.

LES ABRAHAMS (regs), direkteur: omgewingsbemagtigingsdienste, en Bianca Botes, per­ soonlike assistent vir die hoof van die departement van omgewing­ en natuurbewaring van Kimberley, het Die Oog op Kuruman vir die viering van Wêreldvleilanddag (World Wetlands Day) besigtig. Foto: Annerie Louw

VAN links is, voor: Lochencia van Wyk (eerste prinses), Khilwe Motlhabane (Mej. Groentjie) en Micheala Strauss (tweede prinses); agter: Remofilwe Segopolo (naaswenner), Ayanda Jo­ nathan (Mnr. Groentjie) en Tlotlo Saul (derde plek). Foto: Verskaf

Maak onderneming sigbaar Annerie Louw KURUMAN, Kathu en Daniëlskuil is drie van die 22 dorpe wat dié week en volgende week deur die Noord-Kaapse Toerisme-agentskap besoek gaan word om gastehuise en ander toerisme-ondernemings se besonderhede na te gaan. Die doel is om alle inligting oor besienswaardighede op die Noord-Kaapse toerismewebwerf by te werk. Ondernemings word genooi om afsprake met die agentskap te maak.

“Bring asseblief soveel moontlik inligting, brosjures en drie hoëgehaltefoto’s saam,” sê Dianna Martin, bemarkingsbestuurder. “Produkeienaars kan hulle reeds vir hul eie gratis bladsy op ons webwerf by www.experiencenortherncape.com registreer. Daar is verskeie kategorieë: verblyf, motorhuur, konferensiesentrums, private en ander wildreservate, restaurante en toeroperateurs,” sê sy. Die toerplan is op die webwerf en belangstellendes kan bel om ’n afspraak te maak of hulle by http://tourismblueprint.co.za/ncta_new/ users/ registreer en ’n vorm invul.

Soek na liefdevolle huise

HIERDIE hondjie by die Dieresorgvereni­ ging op Kuruman soek ’n huis. Bel vir Ro­ nel de Bruyn by 073­256­2059. Foto’s: Sonja Grobler

DIE hondjie is gereed vir aanneming. Bel vir Ronel de Bruyn van die Dieresorgver­ eniging op Kuruman by 073­256­2059.

DIE kindersaal van die Kuruman­ Provinsiale Hospitaal het ’n skenking van die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA) ontvang. Die skenking sluit gordyne, lakens en kussingslope ter waarde van R3 000 in. Van links is, voor: Janine Harmse en Althea van Wyk; agter: Virginia Mokhothu (eenheidbestuurder), Stafford Slambert (heeltydse vakbondverteenwoordiger), Priscilla Molema­Diemang (verpleegdiensbestuurder), Michael Brink (DA­raadslid), Rejoice Kelokilwe (assistentverpleegster) en Elma Canovi. Foto: Annerie Louw


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Onderwysers verdien lof DIE onderwysstelsel in Suid-Afrika is in ’n warboel. Die aantal kere dat negatiewe berigte in die media oor probleme in die onderwys geplubliseer is, is seker teen dié tyd oneindig. Daar was verlede jaar ’n erge krisis rondom handboeklewering. Dit is nou al Februarie en weer is daar skole wat slegs ’n gedeelte van hul handboeke ontvang het. Sedert 1994 gaan Suid-Afrikaanse skoolkinders al deur die derde kurrikulumverandering en mor ouers kliphard oor die skooltake, huiswerk en vreemde vakke waaraan hul kinders blootgestel word. Selfs die groot styging in die matriekslaagsyfers word as verdag beskou en as sub-standaard afgemaak, want mense glo vas standaarde is verlaag om dié syfers op te stoot. Te midde van al die negatiwiteit, klagtes en werklading is daar nog duisende onderwysers wat ’n wesenlike verskil in duisende kinders se lewe maak. As ouers is ons nie altyd bewus van die ure wat ongesiens ingesit word om kinders persoonlik te leer

ken, hul probleme te probeer verstaan, hulle maniere te leer en nog boonop te leer lees, skryf en somme maak nie. Rian van der Vyver, skoolhoof aan die Hoërskool Duineveld wat die vierde keer as topskool in die Noord-Kaap aangewys is, het gesê sy onderwysers gee vir meer as net die akademiese prestasies van die kinders om. Dit is die algemene neiging by skole wat goed doen, waar die kinders sukses behaal en waar jaarliks gesonde slaagsyfers behaal word. Maar hoe lank gaan onderwysers bly omgee en steeds meer gee as wat van hulle verwag word as ouers, kinders en die media hulle gereeld afkraak en sleg sê? Ouers kraak deesdae so maklik onderwysers voor hul kinders af en sien nie die spesiale moeite raak wat die onderwyser vir sy of haar kind doen nie. Thomas Basson, speaker van die //Khara Hais, het op ’n onlangse raadsvergadering gesê raadslede het die ondankbaarste werk. Nee, onderwysers het en dit moet verander.

Selfbehoud pas nie by die Christen nie André de Villiers ROM. 12:1: Gee jouself as ’n lewende offer wat vir God aanneemlik is. As sommige mense bid “Bewaar my, o God” bedoel hulle eintlik “preserveer my”. Om kos te preserveer is om dit tot die vervaldatum op die verpakking vars te hou. Sommige mense wil hê die Here moet dieselfde met hulle doen. Hy moet hulle ongebruik en ongetoets die lewe deur laat gaan. Hulle moet ongeskonde by Hom aankom wanneer hul aardse rakleeftyd verstryk het. Die eerste Christene was nooit in die geestelike preserveringsbedryf nie. Neem maar vir Paulus. Toe ’n profeet genaamd Agabus in Handelinge 21 aankondig dat hy in Jerusalem gevange geneem gaan word, het Paulus se helpers besluit hy moenie soontoe gaan nie. Paulus het dadelik geantwoord dat hulle hom nie met hul trane sag moet maak nie. Hy was nie net bereid om gevange geneem te word ter wille van die evangelie wat hy verkondig het nie, maar om ook hiervoor te sterf. Paulus het verkies dat die Here hom kan “opgebruik”. Dit het nooit oor selfbehoud gegaan nie. Hy wou nie sy lewe deurbring deur heeltyd net te dreig dat hy nog eendag groot dinge vir die Here gaan doen nie. Hy het dit sommer elke dag gedoen. Hy wou ook nie gedurig hoor hy het potensiaal in die Here se diens nie. Teen slaaptyd het hy sy daaglikse porsie potensiaal tot eer van

die Here opgebruik. Baie mense plaas Sondae in die kerk “alles” op die altaar vir die Here. Ons teken die beheer oor ons lewe aan God af in al wat ’n aanbiddingslied is, net om dit haastig terug te vat as ons in die “normale” lewe aanland. George L Fox het begryp wat dit beteken dat die Here hom kan opgebruik. Hy was ’n kapelaan aan boord van die USAT Dorchester toe ’n torpedo van ’n Duitse U-boot dit op 3 Februarie 1943 getref het. Matrose het in die see gespring en met reddingsbootjies probeer vlug. Toe kom vertel een van die soldate vir Fox hy het nie ’n reddingsbaadjie nie. Net daar gee Fox toe syne vir die soldaat. Die drie ander kapelane het Fox se voorbeeld gevolg. Terwyl matrose van die skip weggeswem het, het die oorlewendes gehoor hoe die vier kapelane sing en hardop vir die veiligheid van die soldate in die see bid. Self het hulle geen kans gehad sonder hul reddingsbaadjies nie. Jesus se woorde dat daar geen groter liefde is as wanneer mense hul lewe vir ander aflê nie, kry in sulke tye nuwe betekenis. Navolging van Christus gaan oor die onselfsugtige weggee van jouself aan Hom en ander, nie oor selfbehoud nie. (Ds. André de Villiers is leraar aan die NG kerk op Kathu.)

’n JANFISKAALKUIKEN wat net uit die nes geskop is

Dankie vir die flinke optrede A. ESTERHUIZEN, Wrenchville: MET die groot aantal inbrake in Suid-Afrika het ons gedink nog ’n huisbraak hier op Kuruman sal net nog ’n statistiek bly. Op Dinsdag 29 Januarie is by ons huis in Wrenchville, Kuruman, ingebreek. Met die flinke optrede van raadslid Michael Brink, die Wrenchvillepolisie, ’n lid van die Kuruman-polisie se honde-eenheid en lede van die gemeenskap van Wrenchville het dit verander. Die verdagtes, drie minderjariges, is aangekeer en in hegtenis geneem. Ons wil ons opregte dank betuig aan almal se flinke optrede en onbaatsugtige diens. As dit nie vir hulle was nie, was die saak nooit opgelos nie. Ons het mense soos hulle nodig om ’n verskil te maak in die land waar misdaad en korrupsie hoogty vier.

Red Mier se munisipaliteit MERIS KOCKS, Mier: OOR die jare heen al staan die Mier-munisipaliteitbestuur onder ’n wolk van swak dienslewering,

wanadministrasie, slegte skuld, talle hofsake, negatiewe ouditverslae, negatiewe publisiteit in die media en arrogansie. Ek as belastingbetaler is nou moeg vir die Mier-munisipaliteit se onvermoë om van sy kerntake op ’n volhoubare grondslag te lewer. In Januarie 2013 was daar geen vullisverwydering in die Rietfontein-gemeenskappe nie en inwoners en instansies moes maar self ’n plan maak. Weer begroet ’n jammerlike kennisgewing die inwoners dat die vullisvragmotor stukkend is, maar geen alternatiewe plan word gestel nie. Ek moes weer by ’n vriend ’n bakkie leen om my huishouding se vullis te verwyder. Ander keuses wat inwoners het in dié verband is om die vullis te verbrand of om dit in die gemeenskap te stort. Aan die einde van die maand gaan van jou verwag word om die heffing vir vullisverwydering volledig te betaal. Geen wonder nie die inwoners is so traag om vir dienste te betaal. Dit gaan my verstand te bowe dat daar nie daadwerklike ingryping was nie; dít nadat die Mier-munisipaliteit se onvermoë om dienste aan die inwoners te

MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé

. Foto: Chris Vermeulen

lewer uitgewys is en ook dat dié instansie nie oor die regte personeel beskik nie (Volksblad 22/8/2005). In stilte wonder ek hoe die komende hofsake waarin die munisipaliteit betrokke is dienslewering verder gaan beïnvloed en hoe die moontlike optrede van die nasionale tesourie die instansie en gebied gaan beïnvloed. Verder is dit net onverklaarbaar waarom wetgewing nog in Suid-Afrika bestaan, maar so futiel is dat dit geen doel dien nie. Met verwysing na Wet 32 van 2000 is dit duidelik hoe met munisipaliteite gehandel moet word wat onderpresteer en waar wanadministrasie hoogty vier. Dit sal gewaardeer word indien die Siyanda-distriksmunisipaliteit, wat ’n oorhoofse taak in die provinsie het, kan aandui hoe hy die Mier-munisipaliteit nou in die chaos gaan ondersteun. Dit word ook onder die moeilike omstandighede verwag dat die Mier-munisipaliteit of Siyanda-distriksmunisipaliteit die ordentlikheid sal hê om met die Mier-belastingbetalers en -inwoners in gesprek te tree om die gerugte en swak dienslewering te verduidelik. Projek Konsolideer het klaaglik misluk. Sal dit die redding van die plaaslike munisipaliteit wees as dit onder administrasie geplaas word?

Foto:

Ware liefde is wanneer sy woorde verlange stil Annerie Louw IEMAND vra my mening oor ware liefde. Die vraag spesifiek aan my is seker geoorloof, aangesien ek darem al lank genoeg in die land van die lewendes is. Sonder om Kahlil Gibran se antwoord oor die liefde te gaan naslaan, het dit my aan die dink gesit. (Die boekie van Gibran was destyds ’n geskenk van Dierbaarste aan my voordat hy grens toe is). Toe

maak ek solank ’n paar aantekeninge in my kop oor die liefde. Ek weet die vraag gaan oor Valentynsdag waaroor vroue kweel en mans geïrriteerd mor, want hulle moet nou, ná soveel jare van saamwees, iets romanties uitdink. Aan die een kant wil ek saam met die mans stem dat so ’n gedwonge romantiese stap nie aan my verkoop nie, maar aan die ander kant het die dag beslis meriete. As ’n mens nie

soms tot stilstand geroep word oor die liefde nie, gaan jy nooit daaroor nadink nie. Ook, as ’n mens nie soms daaraan herinner word dat jy en jou dierbaarste mekaar sigbaar en met woorde moet waardeer nie, sal julle dit nie weet nie en ’n groot vaalte sal

oor jul verhouding kom. So sit ek en Dierbaarste gisteraand laat op die koel stoep buite die huis en gesels terwyl die kinders inpak. Hulle gaan vandag ná ’n lekker lang kuier terug Amsterdam toe. Ons het al so deurmekaar begin leef dat ek wonder watter goed is myne en watter Mooiste s’n. ’n Groot hartseer oorval my, want Belangrikste het in dié tyd so deel van ons lewe geword – ek gaan baie

na haar stemmetjie en haar warm lyfie op my skoot verlang. Wat my toe troos is die antwoord op die wareliefde-vraag: Gelukkig het ek en Dierbaarste mekaar nog. Elke keer wanneer een van die kinders kom kuier, is dit maar hartseer wanneer hulle ry. Ware liefde is wanneer al die kinders uit die huis uit is en jy nog so baie dinge het om vir mekaar te sê dat dit die plek van die groot verlang na die kinders kan vul.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

5

Pittige strokies uit Cronjé se pen Lizette Slabber ’n LEKKERLAG-STROKIESPRENT oor Meester en sy leerling, Neelsie, wat week na week sy hare laat rys, verskyn van die begin van 2013 af in die Kalahari Bulletin. Neelsie, Meester en al hul vriende en familie is geskep deur Danie Cronjé, ’n wiskunde-onderwyser wat al die tipiese skoolinsidente in dié strokiesbeeld lewe gee. Die Kalahari Bulletin het by hom gaan hoor waar Meester en Neelsie vandaan kom. Vertel ons ’n bietjie van jou. Wat doen jy en wanneer het jy strokiesprente begin teken? Ek het op Heilbron grootgeword en het op laerskool begin om strokiesprente en spotprente van die onderwysers te teken. Ek wou graag ’n spotprenttekenaar word en Volksblad het my ’n beurs aangebied voordat ek Kovsies toe is. Ek was egter op daardie tydstip besig met grensdiens in die Caprivi toe Volksblad my laat weet het ek moes dadelik antwoord of ek die beurs aanvaar of nie. My peloton se offisier wou my nie help om ’n telegram te stuur nie en ek het toe die beurs verbeur. Ek het hierna onderwys gestudeer en is al die afgelope 34 jaar ’n wiskunde-onderwyser. Daarom handel ’n groot aantal strokies oor wiskunde. Watter tydskrifte of koerante het al van jou werk gepubliseer? Ek was baie opgewonde

toe Huisgenoot een van my strokies gepubliseer het toe ek 12 jaar oud was. Ek het egter menigmaal die teleurstelling beleef dat my strokies afgekeur is. Ek het op universiteit vir die joolblad en die studentekoerant geteken. Aan die begin van my onderwysloopbaan het Volksblad begin om van my strokies te plaas, waarop ek baie trots was. Beeld het my ook later genader om die strokies te plaas, maar omdat dit toe nog nie in kleur was nie, het dit nooit die drukkers gehaal nie. ’n Nederlandse tydskrif het ook eenmalig ’n paar daarvan geplaas en ’n paar uitgewers gebruik dit vanjaar in skoolhandboeke. Waar kom die liefde vir strokiesprente vandaan? Ek het op laerskool gereeld die tydskrif Jongspan gelees en was gek na die Tarzan- en Rakkertjie Rob-strokiesprente. Ek het Tarzan gereeld oorgeteken. Ek was ook versot op strokiesverhaalboeke en het baie van die karakters oorgeteken. My ouers was nie mal oor die strokiesverhaalboeke nie en het toegesien dat ek slegs dié lees wat hul goedkeuring wegdra . Ek is nie spyt daaroor nie, want vandag nog is ek as beginselsaak daarop gesteld dat my strokiesprente skoon humor moet wees. Dis een manier om my dankbaarheid vir my talent te toon. Waar kry jy die idees vir Meester vandaan? Aanvanklik het ek self die

grappies uitgedink, maar die Meester-strokies het eers begin gewild raak toe ek werklike insidente wat in die klaskamer gebeur het, begin gebruik het. Dit maak eintlik sin, want dis egte humor. Is jou karakters op regte mense gegrond? Dis moeilik om dit te beantwoord. Op ’n spontane manier het al die werklike sêgoed en insidente gekulmineer in een karakter, dié van Neelsie. Elke nuwe insident pas presies by sy karakter in. Hy is daardie skoolseun wat versot is op sport(s), stokkiesdraai, so min as moontlik huiswerk doen, vir wie wiskunde ’n nagmerrie is en wat ’n swakheid vir bikini-meisies het. En sy sterk punt is sy droë opmerkings wat wys hy is eintlik baie skerp. Die karakter van Meester moes eintlik “aanpas” by Neelsie, want omdat Neelsie so ’n droogmaker is, verloor Meester gereeld sy humeur en gil hy baie op hom. Watter strokiesprentkarakter lê jou die naaste aan die hart? Hoekom is die karakter vir jou so spesiaal? Ek probeer altyd tyd maak om Stoffel (Garfield) te lees. Sy karakter is in ’n sekere mate soos Neelsie s’n, want sy droë opmerkings slaan gereeld vir Jon met ’n plank. Soms kry ek nogal ’n idee vir my strokies by Garfield wat ek na ’n klaskamersituasie kan omskakel. . MEESTER verskyn elke week op bl. 4 van die Kalahari Bulletin.

DANIE CRONJE besig om Neelsie en Meester te skep.

Skets: verskaf

Building, Painting or DIY - with

Cashbuild QUALITY BUILDING MATERIALS,TOOLS, PAINT & HARDWARE

195 stores and expanding throughout southern Africa CEMENT

you can!

www.cashbuild.co.za

PAINT

Big savings for Big spenders

DURAM WHITE ACRYLIC PVA White

Spend R90 000 over six months* and you qualify for a Cashbuild VIC card. Apply now at your nearest store and start saving!

5 Litres

SKU: 301223

20 Litres

SKU: 301224

169.95 529.95

DURAM ROOFKOTE

Red

5 Litres

SKU: 301362

20 Litres

SKU: 301363

179.95 684.95

* terms and conditions apply

www.cashbuild.co.za www.cashbuild.co.za MELODY PVA White

SKU: 301331

20 Litres

SKU: 300002

44.95 154.95

DEPENDABLE QUALITY FROM TRUSTED BRANDS CASHBUILD GUARANTEES LOWEST PRICES ON CEMENT! Check your local store for price and brands available.

White

5 Litres

SKU: 5002

20 Litres

SKU: 5001

67.95 204.95

FREE LOCAL DELIVERY

Handling fee applies to bricks and cement. Enquire in-store for details.

For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us on 0861 CASHBUILD (227 428 453) THESE PRICES VALID UNTIL SUNDAY 24 FEBRUARY 2013

CHAMPION EXTRA THICK PVA

5 Litres

55652 WK32 REDWORKS

Please note that advertised products may differ slightly from that of the actual products in-store. RSA

E & O E. All prices include 14% VAT


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

DIE Griekwa­span van 1979 wat in die Curriebeker­halfeindstryd teen die WP gespeel het. Feitlik die hele span het uit Ammosal­spelers bestaan. Dié foto hang in die klubhuis se kroeg. Tweede van regs in die voorste ry is Gert Schutte. André Gerber is tweede van regs in die middelste ry. Vierde van links in die agterste ry is Gawie Visagie, die oud­Springbok Piet Visagie se jonger broer.

Jumbo die hartklop van klub André Botha JUMBO HARRIS se stoel staan nog gereed in die hoek van die reuse-kroeg van die Ammosalontspanningsklub by die Beeshoek-myn naby Postmasburg, die plek waar hy altyd gesit het ná een van Ammosal se groot rugbywedstryde. Maar die rugbyveld waar selfs Springbokke gespeel het, is nie meer bruikbaar nie. Op die einste plek waar menige beweging afgerond is met ’n drie, loop nou ’n mynpad. Maar die paviljoen staan steeds, die kleedkamers onberispelik skoon, asof gereed vir Saterdag se groot wedstryd. Harris sou trots gewees het. Dit was onder sy leiding dat die rugbyklub uitgebou is.

Die klubterrein is een van die slagoffers van die enorme mynuitbreidings in die omgewing. In die sierlike klubgebou se saal en die groot kroeg is ’n versameling rugby-aandenkings – ’n ode aan Suid-Afrikaanse, maar ook en veral Griekwa-rugby. Want Ammosal is sonder twyfel die rugbyklub wat oor dekades heen die grootste bydrae tot Griekwas gelewer het. In sy gloriejare was daar dikwels tot 13 Ammosal-spelers in Griekwa-truie op die veld. En drie Springbokke, al drie lede van die legendariese Griekwa-span wat in 1970 die Curriebeker verower het: Piet Visagie, Piet van Deventer en Joggie Viljoen. Visagie se jonger broer, Gawie, het later ook vir Ammosal en Griekwas gespeel. Ná die glorie van 1970 het die

DIE kroeg van die Ammosal­klubgebou by die Beeshoek­ myn is vol rugby­aandenkings, ’n klein rugbymuseum. Foto’s: Emile Hendricks

Griekwas deur ’n vlakte gegaan, maar in 1979 het Ammosal ’n enorme rol gespeel om Griekwa-rugby te laat herleef. Daardie jaar het die Griekwas weer Curriebeker-rugby gespeel ná jare in die destydse Sport Pienaar-bekerreeks en toe sommer ook die halfeindstryd teen die Westelike Provinsie. Met ’n span wat feitlik geheel en al uit Ammosal-spelers bestaan het. André Gerber, een van die uitblinkers van daardie jare, vertel die spelers het groot opofferings gemaak. Om in Kimberley te gaan oefen was ’n rit van 400 km heen en weer. “Al ons Griekwa-wedstryde was eintlik vir ons wegwedstryde. Dit was ’n groot voorreg om vir Ammosal te speel. “Ons het skitterende afrigters gehad, Calvyn Fourie, en ná hom Gert Schutte (wat ook die Griekwas afge-

rig het).” Ammosal het in 1978 en 1980 aan die nasionale klubkampioenskap deelgeneem. Sterk klubs het op Ammosal se veld teen die klub kom speel. Hulle is op die myn se koste aangery en weer teruggevat. Gerber, destyds die myn se bestuurder vir sport en ontspanning, beklemtoon dat ’n verkeerde indruk bestaan dat die klub spelers “gekoop” het. “Die spelers is nie betaal om rugby te speel nie, hulle het vir die myn gewerk. Gratis huisvesting en bonustjeks, net soos vir die ander werknemers, het hulle gelok.” Die Curriebeker-halfeindstryd van 1979, met feitlik ’n volle Ammosal-span, is een van sy herinneringe. “Dit was ’n wedstryd wat ons moes gewen het,” sê hy. Die Griekwas het die WP daardie dag harde

’n GEDEELTE van Ammosal se rugbyveld moes reeds plek maak vir mynbedrywighede.

bene laat kou en was teen rustyd met 15-3 voor. Maar die eindtelling was 20-15. Schutte sê wat dit besonders gemaak het om vir Ammosal te speel was die rugbykultuur en atmosfeer wat Harris geskep het. Hy het van 1972 tot 1978 vir Ammosal gespeel en ook vir die Griekwas. Van 1979 af tot in die 1980’s het hy albei spanne afgerig. Hy bestempel die 1979-span as een van die beste spanne van sowel die Griekwas as Ammosal. ) Die rugbyklub is nou die Postmasburg-rugbyklub. ’n Reünie vir oudspelers word die naweek van 21 en 22 September by die klub gehou. Oudspelers kan Gerber by 073636-4763 of andregerber.ang@vodamail.co.za kontak.

KOL. JUMBO HARRIS se naam leef voort by die Ammosal­klub, lank ná sy dood. Dit was onder sy leiding, terwyl hy mynbestuur­ der was, dat Ammosal uitgebou is tot waar dit in ’n stadium een van die sterkste rugbyklubs en hoofvoedingsbron vir die Grie­ kwas was.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

FOKUS OP VALENTYNSDAG

Long-lasting plants remind you of love “FEBRUARY is the month when we unleash our inner romantic and shower loving gifts on that someone special in our lives,” says Candice Neethling, Roots SA. It’s a time to indulge in candle-lit trysts, schmaltzy verse and beribboned offerings of red, red roses. Living gifts are the perfect way to celebrate lasting love and a red rose bush will continue to give pleasure for many Valentine’s Days to come. Visit your closest accredited garden centre to browse through the variety of other plants such as Salvia splendens, Phormium tenax and some of the proteas that flower in many hot-blooded, shades of red at this time of year. Leafy plants, like Cordyline australis, Cordyline banksii, and Solenostemon coleus

Maak Valentynsdag maklik spesiaal Lynn-Mari Olivier

with their amazing purple and red patterned foliage make long-lasting plants for your love to keep nearby as a constant reminder of your devotion. Indoor beauties like amaryllis and anthurium are also sure winners, every time, no exceptions. For more information on bringing life to your garden visit the website www.lifeisagarden.co.za or join the conversation on the facebook page: www.facebook.com/lifeisagardensa.

DO you love me or do you not? You told me once, but I forgot. Dit is die maand van die liefde, harte pomp weer “tjoklits” en Kupido staan reg met sy pyl en boog, gereed om sy pyltjies te skiet. Intussen bly die ideale geskenk ’n raaisel en ’n maalkolk van idees vreet jou van binne af op. Moenie verder bekommerd wees nie, want ons het ’n paar idees. Hoewel blomme en sjokolade altyd ’n wenner is, sal jy haar beïndruk as jy haar dié jaar met iets meer persoonliks bederf. Die perfekte geskenk vir haar sal afhang van haar persoonlikheid en voorkeure. Vir die tuis-foendi sal jy die ideale geskenk op www.yuppiechef.co.za vind. Die webtuiste het alles waaroor die tuisfoendi sal droom. Silikon-eierposjeerhouertjies is moet-hê

artikels en is boonop bekostigbaar. Vir die sportfanatikus het ons gedink aan ’n pedometer. Die pedometer is ’n klein, elektroniese toestel wat ’n mens se treë afmeet met elke beweging wat die heupe maak. Die produk se pryse wissel, maar is ook baie bekostigbaar. Dié dag sal op geen stadium perfek en afgerond wees sonder die veelbesproke romanse nie. Mans, steek nou jul trots in jul sakke en dek die romantiesste tafel nog. Dit hoef jou nie ’n plaas se geld te kos nie; gebruik artikels in die huis. ’n Kleurryke tafel is hoogmode. Stook die vlam van die liefde met kleurryke eetgerei en servette, gekleurde blomme en wynglase. Nog ’n oulike idee is om verskillende soorte harte aan jou voorhek vas te maak; of hang dit aan ’n boom. Sit ’n liefdesnota daaraan. Vroue, voordat julle dink die dag gaan

’n TAFEL romanties gedek vir Valentynsdag met artikels in die huis. Foto’s: Internet

net oor Skoonlief, onthou, Ondier het ook ’n rol in die sprokiesverhaal vertolk. Jou ondier het ook ’n sagte plekkie, hoewel die plekkie by sommige mans nie sommer op die oppervlak te siene is nie. Geskenke vir hom wat by sy persoonlikheid sal pas, sal jou ewigdurende liefde aan hom bewys. Hier volg ’n paar idees vir julle. Vir die man in die kombuis het ons op www.yuppiechef.co.za ’n muurgemonteerde botteloopmaker gevind. Die geskenk is besonder bekostigbaar en sal hom baie plesier verskaf. Vir die sportfanatikus het ons op www.gmsports.co.za ’n kompakte gimnasuimsak gevind. Die sak is ideaal vir slegs die nodigste. Omdat die meeste Skoonliefies reeds redelik behendig in die kombuis is, het hulle geen instruksies nodig oor hoe om ’n mooi tafel te dek nie. Sou jy in die kategorie val van nie so behendig in die kombuis nie is ons enigste raad dat julle maar ’n vleisie op die kole sal gooi en ’n koue bier sal aandra.

VIR die korporatiewe man het ons op www.meekel.co.za ’n Ipad­sakkie gekry wat van breistof gemaak is. Die sakkie lyk nie net professioneel nie, maar is ook sag op die oog.

VIR die glinstermeisie het ons op www.mee­ kel.co.za die allermooiste turkoois oorbelle uitgesnuffel.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

9

Konsert vanjaar weer ’n moet Lynn-Mari Olivier DIE NG moedergemeente op Kuruman hou vanjaar op 1 Maart sy vierde Barnyardkonsert. Die span is al kliphard aan die oefen en onderhoude is gevoer om te sien wat gebeur alles agter die verhoog. Die volgende vrae is aan die organiseerder, Annerie Louw, gestel: Hoekom noem julle dit ’n Barnyard-konsert: Die idee kom van Mosselbaai. Jy verkoop net die tafel en gasvroue moet self dek en kos voorsien. Hoe sy dit doen, is haar saak. Sy kan met koerantpapier dek en vis en skyfies of pizza bedien. Of sy kan uithang met ’n mooi tafeldoek, servette en blomme of volgens ’n tema dek. Dit opsigself is ’n interessante deel van die konsert. Die gasvroue is vol idees en ek het nog nooit die gevoel van kompetisie ondervind nie. Waar kry jy idees vir die konsert? Die eerste konsert was ’n verskeidenheidskonsert met mense wat sing, dans en instrumente bespeel. Ek het toe twee kort toneeltjies bygesit wat die mense baie geniet het. Op die tweede konsert het van die ander kerke op die dorp hul eie bydrae gemaak. Ek het net vir elke groep ’n kleur as tema en 15 minute gegee waartydens hulle enige nommer kon aanbied. Die derde konsert was ’n toneelstuk, In die park, met musiek en ’n geestelike boodskap van gure karakters wat deur ’n ou in die park met die Bybel kennis maak en nuuskierig oor die Bybelstories word. Die vierde konsert, Vissers van mense, is ook ’n toneelstuk met sangnommers. Dit volg op die vorige opvoering. Dieselfde man in die park vra dat die gure karakters nou vissers van mense word en hulle gaan na hul verskillende groepe om die

VROUE wat rolle as vroue van die nag vertolk, is van links Carika Smit, Elmarie Theron, Dalene van den Berg en Susan van Straten.

Foto: Lynn-Mari Olivier

boodskap op hul manier te versprei. Is dit ’n ernstige toneelstuk: Nee, dit is humoristies en dan, wanneer nodig, ernstig. Hoe besluit jy op rolverdeling: Dit is nogal moeilik. Partykeer dink jy jy het presies die regte karakter vir ’n rol dan kan hy of sy nie deelneem nie. Gelukkig het ek darem ’n paar staatmakers. Dan is daar altyd diegene wat jou lekker verras. Ek

dink dit is die gamble wat dit vir my so interessant maak. Wat laat jou die soveelste keer dié reuse-projek aanpak? Dit is vir die kerk en ek meen die Here het my met ’n talent geseën wat ek moet uitleef. Dan is daar so ’n wonderlike gees onder die ouens en ons het soveel pret. Die hoogtepunt is die konsert. Almal is gereed om hul bes te doen en weet uit ervaring die gehoor hou

Gryp die verbeelding met sy kuns aan

JACQUES ROSSOUW by een van sy kunswerke. Dié 15­jarige kunstenaar van die Hoërskool Kalahari gaan die Noord­Kaap op 16 Februarie in Bloemfontein verteenwoordig. Foto: Dalene Coetzee

daarvan as hulle ’n bietjie snaaks is en ’n ander gedaante op die verhoog verskyn. Waarna kan mense uitsien: Alles. Die liedjies is mooi, die spelers is oulik en dit is bekende Bybelstories wat modern aangebied word. Wat sê die spelers: Dalene van den Berg: Dit is opwindend vir my , want ek hou van die verhoog. Ek hou ook altyd van

die stories en ek leef my in ’n rol in. Elmarie Theron: Ek geniet dit baie al verskil die rol van hoe ek is. Mense móét dit bywoon. Dit is ’n lekkerlag-aand. Vorige jare was dit altyd oulik en die mense het dit geniet. Susan van Straten: Ons geniet die konsert baie. Al neem die voorbereiding baie tyd in beslag, bly dit ’n lekker projek. Carika Smit: Dit is vir my lekker om te sing. As ek boonop kan mooi aantrek, is dit ’n bonus.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Mine hands 11 000 school bags to kids THE Global mining group Anglo American’s Kumba Iron Ore (Kumba) business unit has

distributed more than 11 000 school bags with stationery to primary schools around its

operations in the Northern and Western Cape and Limpopo. The total value of this social

investment is about R1,2 million. Each school bag contains a pencil bag, 30 cm ruler, a packet of pencil crayons, a packet of coloured ballpoint pens, an eraser, pencils, a glue stick and wax crayons. “Many parents, especially in the rural areas, cannot afford to buy even the basic stationery their children need

at school,” says Yvonne Mfolo, Kumba’s executive head of Public Affairs. “We seek to fill that gap in some of the most needy schools in the provinces where we operate.” Also included in the project are the schools in Olifantshoek in the Northern Cape where pupils did not get to attend

school for most of last year due to service delivery protests. In total, 34 primary schools are benefiting from the project. “We are pleased that we are able to help these children get a good start to the 2013 academic year,” says Mfolo. The project aims to encourage children to go to school and not to be discoura-

ged by their circumstances. “These learners are our future workforce as we try and recruit from the areas around our operations. Helping them to help themselves is not only benefiting us, but these provinces as a whole. It is just one of the ways in which we as a company share the wealth

we create with our host communities.” This initiative forms part of Kumba’s massive social investment drive that saw R277 million spent during 2012 on projects ranging from the tarring of roads and provision of bulk services to communities, to the buying of an entire emergency vehicle fleet for the Northern Cape.

GR. 7 LEARNERS from the Deben Primary School visibly showing their gratitude towards Kumba for the valuable gifts. Photo: Supplied


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

11

Anel jaag passie na Annerie Louw ANEL MARAIS, die vorige bestuurder van Gemeenskapsontwikkeling aan die Kumba-ysterertsmyn, het haar werk ná 19 jaar vir ’n eie onderneming verruil. Die rede vir die skuif was om meer tyd saam met haar gesin deur te bring. “Ek het baie van die werk by Kumba gehou, maar die vinnige pas wat daarmee gepaard gaan, maak dit nie maklik as jy ’n gesin het nie. “ ’n Ander

belangrike passie in my lewe is kosmaak. My passie vir kosmaak het ek van my ma gekry en ek het dit baie geniet om as kind saam met haar te kook,” sê Marais. Café Tshimo, al vier jaar ’n koffiewinkel op Kathu, het einde Januarie amptelik met sy nuwe voorkoms en nuwe eienaarskap geopen. Anel se man, Jacques, is haar grootste inspirasie en ondersteuner, asook haar vennoot in die onderneming. Sy hoop om haar

ANEL MARAIS en haar man, Jacques. Foto: Verskaf

VLV praat oor menopouse Petro Spangenberg DIE Vroue-Landbouvereniging (VLV) van Kuruman se groep vir gesondheid het verlede week ’n vergadering oor menopouse aangebied. Elke vrou word op haar lewenspad hierdeur geraak. Die simptome van menopouse is komies in opvoerings deur die lede uitgebeeld. Dr. Vossie Vorster was die

gasspreker. Menopouse is onafwendbaar, maar vir diegene wat simptome hiervan beleef, is daar goeie nuus: Verskeie vorms van hormoonvervangingsterapie is beskikbaar. Dit pak die simptome aan en voorkom so osteoporose. Elke vrou behoort die keuse gegee te word om dit te gebruik met die voorwaarde dat sy ’n jaarlikse ondersoek sal onder-

gaan wat die volgende insluit: borsondersoek, bloeddruk en suiker. Op die vergadering was ook ’n uitstalling van noodhulpkissies. Lede se kennis is getoets oor noodsaaklike artikels wat die noodhulpkissie behoort te bevat. Die vergadering is in die Safari Travel Lodge gehou en is met heerlike, gesonde eetgoed afgerond.

onderneming na die ontmoetingsplek van die dorpenaars te laat groei en om

’n reeks gourmetkosse te versprei – oor Suid-Afrika heen – asook met

die moontlikheid van uitvoer na ander dele van die wêreld.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Kleuters geniet atletiek terdeë Annerie Louw DIE Miekie en Mienie-kleuterskool op Kuruman het verlede Donderdagmiddag atletiek gehou. Sommige ouers het net so hard soos die kleuters gehardloop. Baie oupas en oumas het ook kom aanmoedig. Die 80 m-naelloop, skopfietsren en hekkiesnommers is afgelê en personeellede en helpers moes bontstaan om die wenners te vang tussen

die skare ouers wat by die wenpaal gestaan het – in afwagting en om hierdie eerste wedloop op kamera of videokamera vas te vang. Susan Marais, die nuwe skoolhoof, was self die aankondiger terwyl die skool se beheerraad sosaties en wors gebraai en pannekoek verkoop het. In ’n feestelike atmosfeer op Seodinpark se sportveld het die kleuters die geleentheid gekry om met kompetisie kennis te maak.

VAN links is Caleigh Slabbert, Clarina Thomatos en Jenna­Rae Fanoe in die o.3­uitdunronde van die 80 m. Nog foto’s van die kleuters is op ons webtuiste se galery te sien by www.kalaharibulletin.co.za. Foto’s: Leonarda Smit

JANCO KEMP glimlag breed nadat hy die skopfietsren gewen het.

VAN links is Zelmé Kuhn, Anika Thomatos en Megan Hayward in die o.5­uitdunronde.

Stap met die eerste prys weg R & S­MEUBELS het ’n kompetisie gehou en drie wenners is aangewys. Van links is Elizabeth Tom, Adriana van Zyl, Maria Kameel en Liezl Aspeling (wenner van die eerste prys, ’n plasma­ skerm­televisiestel). Die tweede prys, ’n mikrogolfoond, is deur Conwill Rolse gewen en die derde prys, ’n tweeplaatstofie, is deur Thabiso Obuseng gewen. Klante moes meer as ’n R1 000 bestee om vir die gelukkigstrekking in aanmerking te kom. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

M.S.F.C. Marshall H.W.J. Pienaar LITTLE MIRACLES DAYCARE/Babies from 3 months to 4 years. R650 monthly. Phone Melanie 073 342 7152.

KLANKOPNAMES ('studio recordings'). Bands, choirs or individuals, contact Barry for a free quotation to record on CD as well as packaging. Ek skakel ou plate/musiekbande oor na CD en video's na CD of DVD. Tel. 071 206 6511. SONKRAGBENODIGDHEDE: Sonpanele, omsetters ('invertors'), reguleerders, sonpompe, waterverwarmers. Alles wat jy nodig het om krag te bespaar. Skakel Jaco 082 893 3624. STRIPPING FORD SAPHIRE GLE 2L. Engine overhauled. New pressure plate. Phone 053 712 1461 Mannie Motors.

2 BEDROOMS, BATHROOM. Open-plan sitting-room and kitchen and open-plan garage in Kathu for R9 500 p.m. Phone Patrick 072 590 8728 or 072 180 7849/Carol 083 287 5101.

In the estate late of Hester Wilhelmina Johanna Pienaar, identity number 471120 0174 082 and surviving spouse Sarel Johannes Pienaar, identity number 460528 5143 089 of 9 O'Donovan Street, Kuruman. Estate number: 1249/2012 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 8 February 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

5-BEDROOM HOUSE to let at R25 000 plus deposit (with contract), excluding water and electricity. Every room has an air-conditioner, microwave, bar fridge, bed, DStv, bathroom, own entrance. Phone Christine 082 440 7701. RUIM 5-SLAAPKAMERhuis te huur. Lugreëling, badkamer, yskas, mikrogolfoond, bed, DStv in elke kamer. Tuin, braaiplekke, baie netjies. R25 000 p.m. plus deposito (met kontrak), water en ligte uitgesluit. Skakel 082 440 7701. Onmiddellik beskikbaar.

M.M. Kampfer

Big Save Pools and Lapa: Januarie special. 5x3 Pool R30 000 6x4 Pool R35 000 6x4 Lapa R15 000 8x3 Pool R40 000 Bennett:079 124 7713

PLASE TE KOOP PER TENDER NOORDKAAP HOTAZEL OMGEWING

In die boedel van wyle Martha Sussana Fransina Christina Marshall, voorheen woonagtig te Seodinweg 60, Kuruman. Boedelnommer: 2994/2012 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 7 Febru-arie 2013. JORDAAN & MANS ING Prokureur vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 anneli@jorman.co.za

S.R. Oats

In die boedel van wyle Martha Maria Kampfer, voorheen woonagtig te H e u w e l s i g J 2 , Dolomietstraat, Kuruman. Boedelnommer 3549/2011 Kennis word hiermee gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en die Landdroskantoor te Kuruman vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 7 Februarie 2013. JORDAAN & MANS ING PROKUREUR VIR EKSEKUTEUR Posbsu 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele installasie, skakel Francois 072 156 4035. FLORCARE-MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en alle tipes blindings teen die beste pryse. (Aubrey 072 747 1991 HEKMOTORHERSTEL en -installasie. Skakel Okker 082 829 0292. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoon-maak teen die beste prys! (Aubrey 072 747 1991.

CORSA UTILITY 140i, 2008, MAGS, CD, CANOPY, R69 500. PHONE THINUS 072 472 8686. FORD COURIER 2.5 diesel, 1999, long base, R31 500. Phone Thinus, SchweizerReneke 072 472 8686.

In the estate late of Seneo Ronnie Oats, identity number 410423 0161 089 of House No. G338, Itereleng Street, Magojaneng Village. Estate number: 3461/2012 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 8 February 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

Tenders word ingewag vir die verkoop van die plase bekend as: 1. GEDEELTE 1 (EAST) van plaas 270 GELEË in die Afdeling Kuruman GROOT 856,5320 hektaar 2. DIE PLAAS RHODES 269 GELEË in die Afdeling Kuruman GROOT 1819,8314 hektaar Die eiendom is geleë ongeveer 5 km noord van Hotazel. Die eiendomme kan gesamentlik of afsonderllik gekoop word. Verbeterings bestaan uit kampe, krale, boorgate, damme en Eskomkrag. Daar is 'n netjiese woonhuis en buitegeboue op die gedeelte bekend as East. Tenders moet in Rand per hektaar plus BTW gedoen word en moet in 'n verseëlde koevert by die kantore van Duvenhage & Van der Merwe Ingelyf, Prokmedsentrum Hoofstraat, Kuruman, ingehandig word voor of op Vrydag 1 MAART 2013 om 12:00. Die suksesvolle tenderaar, indien enige, sal in kennis gestel word nie later as 5 MAART 2013 nie. Die hoogste of enigste tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Volledige verkoopsvoorwaardes is beskikbaar by Duvenhage & Van der Merwe Ingelyf op Kuruman.

NAVRAE: Fanie van Zyl: 053 712 1064/5/6 of selfoon 072 376 3143 E-pos-adres: dvdm@dvdmprok.co.z a Posbus 63 Kuruman 8460.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

HILUX, 1996, new tyres and seats, 2.4 long base, excellent, R59 500. Phone 072 472 8686. TOYOTA HILUX 2.2 petrol, 1997 long base, canopy, R44 500. Phone Thinus 072 472 8686.

VUKA SCOOTER, 2009: Good condition. R6 000. Phone 083 564 3960.

COROLLA 1.3 12V, 1996, good condition, R24 500. Phone Thinus 072 472 8686. COROLLA 130 GLS, 2001, mags, CD, air-con, 172 000 km, R42 500. Phone Thinus 072 472 8686 or 053 963 1409. CORSA 1.3, 1998, mags, CD. 140 000 km, R27 500. Phone Thinus 072 472 8686. TOYOTA TAZZ 1.3: 2005. R39 500. Phone Thinus 072 472 8686 or 053 963 1409 Schweizer-Reneke. WANT TO SELL YOUR CAR? Please whats app 071 967 0285 or SMS info 072 472 8686.

FORD DIESEL TRUCK, 1980, 16 tons, dropsides: R39 500. Phone Thinus 072 472 8686 SchweizerReneke.

ASSISTENT- BESTUURDER benodig vir gastehuis. Moet geen afhanklikes hê nie. Goeie menseverhoudings, onder druk kan werk. Fleksi-ure kan werk. Moet kan inwoon. Rybewys 'n vereiste. Kompeterende salaris. Stuur CV na amaziahbb@yahoo.co.uk Sluitingsdatum 4 Maart 2013. SECURITY GUARDS NEEDEDIN KURUMAN Grade E.D.C. SEND CV TO 086 773 6409.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

V E I L I N G S

VEILINGS

BETREKKINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

Swemmers ryg die medaljes in VAN links is, voor: Duncan McGregor, Nicholas McGregor en Thinus Opperman; agter: Connie Conradie, JayD van Zyl, Edgar Zealand en Jan­Louis Basson. Foto’s: Megan Loots

DIE Hoërskool Upington se swemmers het in Desember en Januarie aan twee byeenkomste deelgeneem en baie goed gevaar. Op die Sprints, wat van 7 tot 8 Desember in Kimberley aangebied is, het Alice Maritz (gr. 8) vyf goue medaljes, drie silwer- en een bronsmedalje gewen. Derik Steenkamp het twee bronsmedaljes, Jandré Steenkamp een bronsmedalje en Suezette Steenkamp ook een bronsmedalje gewen. Tydens die Noord-Kaap-kampioenskappe, wat van 9 tot 12 Januarie aangebied

is, het Alice tien goue medaljes en een silwermedalje gewen. Derik het een goue, drie silwer- en een bronsmedalje gewen. Jandré het twee silwer- en een bronsmedalje gewen. Suezette het agt goue en ses silwermedaljes gewen. Lize-Marie Groenewald (gr. 8) het ook aan die kampioenskappe deelgeneem en baie goed gepresteer. Alice het die ouderdomsbeker vir meisies 12 en 13 jaar en Suezette die ouderdomsbeker vir meisies 14 en 15 jaar gewen.

VAN links is Danielle Nel, Ané Dippenaar en Elmoné Botha.

Presteer op proewe

NIE net is ’n groot getal Velties gekies om aan die Noord-Kaapse skoletennisproewe deel te neem nie, maar tien van hulle was in die topagt plekke in hul ouderdomsgroep en agt is vir die Noord-Kaapse span gekies. Die tennisspelers van die Hoërskool Duineveld wat vir die Noord-Kaapse span gekies is, is: ) JayD van Zyl was eerste in die seuns se o.17groep. ) Duncan McGregor was tweede in die seuns se o.15-groep. ) Ané Dippenaar was derde in die meisies se o.16-groep. ) Thinus Opperman was vierde in die seuns

se o.14-groep. ) Nicholas McGregor was vyfde in die seuns se o.19-groep. ) Connie Conradie was vyfde in die seuns se o.15-groep. ) Jan Louis Basson was sesde in die seuns se o.19-groep. ) Danielle Nel was sesde in die meisies se o.16-groep. ) Edgar Zealand en Elmoné Botha was agtste op die ranglys in hul ouderdomsgroepe. Duncan is ook gekies vir die Noord-Kaapse hoërskoletennisspan wat van 20 tot 24 Maart aan die Suid-Afrikaanse hoërskoletennistoernooi in Pretoria gaan deelneem.

VAN links is, voor: Alice Maritz, Suezette Steenkamp en Lize­Marie Groenewald; agter: Jandré Steenkamp en Derik Steenkamp. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

19

Dra kroon op kleure-byeenkoms DIE Hoërskool Daniëlskuil het die afgelope Maandag sy kleure-atletiekbyeenkoms gehou en goeie prestasies is behaal. Nthutang Siranda is as victor ludorum (laerskool) en Limé Grobbelaar as victrix ludorum (laerskool) aangewys. Itumeleng Jabane was die beste baan-atleet van die dag en Mari Coetzee die beste veld-alteet. Zandri Vermeulen is as senior victrix ludorum (hoërskool) en Danielle Slabbert as junior victrix ludorum (hoërskool) aangewys. JP Slabbert is as senior victor ludorum (hoërskool) en Marius van Wyngaardt as junior victor ludorum (hoërskool) aangewys.

NTHUTANG SIRANDA

LIMÉ GROBELAAR

MARIUS VAN WYNGAARDT

ITUMELENG JABANE

DANIELLE SLABBERT

MARI COETZEE Foto’s: Nadia van Wyk

ZANDRI VERMEULEN

JP SLABBERT


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 FEBRUARIE 2013

KRIEKETSPELERS van die Tigers­ en Wrenchville­spanne.

Foto: Verskaf

Tigers wys naels vir Wrenchville DIE Tigers se krieketspan het onlangs goed in ’n wedstryd teen Wrenchville se span vertoon. Vroeg in die wedstryd het die Tigers die wedstryd in hul guns geswaai danksy goeie besluitneming van die span se kaptein, Rodi Doman. Wrenchville het 76 aangeteken. Breyton Buys was sy beste kolwer met

28. Die uitblinkerboulers van die Tigers was Jacques le Grange met 4 paaltjies vir 17 lopies in 9 beurte, Edwin Coetzee met 4 paaltjies vir 24 lopies in 6 beurte en Theo van Huysteen met 1 paaltjie vir 10 lopies in 6 beurte. JP Minnaar en Edwin Coetzee het ’n goeie grondslag met die kolf gelê

voordat Arton Heyns van Minnaar ontslae geraak het. Coetzee het 41 (nie uit nie) aangeteken. Tigers het met 9 paaltjies gewen. . Twee naweke gelede het die Tigers ook teen die Kuruman-dorpspan in die eindronde van die jaarlikse Pro20-toernooi gespeel. Die Dorpspan het met 2 lopies gewen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.