Kuruman
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblers
hoop
22 AUGUSTUS 2013
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Gemeenskap
Skou
Skole-nuus
Kuruman word toe groen
Hier is die finaliste
KCA verwelkom nuwe onnies
bl. 7
bl. 9
bl. 11
Plakkers uit ‘tronk’ gesit Charné Kemp NUWE besems vee die dorp skoon nadat AfriForum, die polisiediens en die Ga-Segonyana-munisipaliteit onwettige plakkers uit die geskiedkundige tronkgebou gesit het. Die sowat 12 plakkers is verlede week vreedsaam deur die munisipaliteit verwyder nadat hulle drie weke gelede gewaarsku is om die perseel te verlaat. Die ou gebou van sandsteen is agter die munisipale inligtingskantoor en ’n gebou van waar ’n plaaslike radiostasie uitsaai. David Mabudi, munisipale woordvoerder, sê hy is dankbaar teenoor AfriForum en die polisie vir hul samewerking. “Alles was vreedsaam. Daar was geen geweld of teenkanting betrokke nie. Ons is genoodsaak tot dié stap. Ons is bang vir inbrake. Daar is al by ons inligtingsentrum ingebreek. Die ou tronk is op dieselfde perseel as ons toeristesentrum. Die radiostasie Kurara FM saai ook van ’n aangrensende gebou uit. “Ons hoop die samewerking tussen ons en AfriForum sal voortduur. Die dorp moet skoongemaak word.” Nico Erasmus, plaaslike voorsitter van AfriForum, sê hy het lankal klagtes oor die gemors en stank by die gebou ontvang. “Ek het die munisipaliteit genader sodat ons dit kan skoonmaak. Hy het dadelik ingestem. Die plakkers, wat eintlik van Wrenchville kom, is gewaarsku om te trek. Die munisipaliteit het die polisie gevra om met die uitsetting te help. “Ek en my werkers het die voorkant skoongemaak en die munisipale werkers die agterkant. Hulle het ook al die deure toegesweis en ’n heining opgerig om die plakkers weg te hou. Dit lyk alles nou netjieser en skoner.” Lt. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die munisipaliteit bygestaan. “Ons het die uitsetting dopgehou om te verseker alles verloop vreedsaam.”
DIE bouval van die ou tronk op Kuruman is erg beskadig. Onwettige plakkers is met die hulp van die polisie deur die GaSegonyanamunisipaliteit en AfriForum verwyder. Inlasfoto: Die plakkers se rommel. Alles is deur AfriForum en die munisipaliteit skoongemaak nadat die plakkers verwyder is. Foto’s: Nico Erasmus
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
‘Bejaardes uitgebuit met karige toelae’ DIE staat bestee meer daaraan om gevangenes te onderhou as om na bejaardes om te sien. Die meer as twee miljoen mense wat van die toelae vir ouer mense afhanklik is, ontvang ’n karige R1 260 per maand, terwyl die belastingbetaler R10 000 per gevangene per maand opdok. “Hoewel dit volgens die departement van maatskaplike ontwikkeling die doel van die Wet op Ouer Persone is om die status, welsyn, veiligheid en sekuriteit van ouer mense te behou, word bejaardes daagliks uitgebuit,” sê Christine Breet, die adjunkhoof van Solidariteit Helpende Hand. “Dit is in ’n groot mate juis dié departement wat bejaardes uitbuit met ’n pensioen waarmee hulle eenvoudig nie kan oorleef nie. “Helpende Hand beoog om hierdie toelae te verbeter.” Bejaardes wat vir die toelae vir ouer persone kwali-
fiseer, ontvang ’n bedrag van R1 260 per maand en diegene wat ouer as 75 jaar is, ontvang R1 280 per maand. Dié bedrag is volgens verskeie organisasies wat na bejaardes se belange omsien, asook Helpende Hand se eie navorsing onder bejaardes, te min om ’n menswaardige oudag te hê. Volgens Kgomotso Diseko, die nasionale woordvoerder van Sassa – die regeringsagentskap vir maatskaplike sekerheid – is dit bloot ’n subjektiewe persepsie van sommige mense dat die toelae ontoereikend is en dat dit hoofsaaklik verband hou met die betrokke individu se eie lewensomstandighede. Hy meen een maaltyd per dag kan aanvaarbaar wees in die geval van bejaardes, afhangend van die soort maaltyd wat aangebied word. In teenstelling met die regering se toelae vir bejaardes, wat reeds hul bydrae tot die samelewing gelewer het, bestee die departement van
korrektiewe dienste heelwat meer per maand om een gevangene te onderhou. Volgens die departement van korrektiewe dienste kos dit R318 per dag, oftewel R10 000 per maand, om ’n gevangene te onderhou. Sassa se regverdiging van die huidige stand van toelae is dat die toelaag vir bejaardes wel elke jaar verhoog word. Van 2012 tot 2013 is die toelae met R60 per maand verhoog. “Die ekstra R60 per maand vul baie min gate as jy nie eens geld het om kos, onderklere of medisyne te koop nie,” sê Breet. “Dit is onaanvaarbaar dat bejaardes se welstand so min beteken vir die departement van maatskaplike ontwikkeling.” Solidariteit Helpende Hand pak verskeie projekte aan om in bejaardes se behoeftes oor die breë spektrum te voorsien. Die verhoging van die toelae vir ouer persone is een van Helpende Hand se projekte wat in die volgende jaar aandag sal geniet.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
OG-verslag vir Kathu wekroep André Botha DIE verslag van die ouditeur-generaal vir die boekjaar 2011-’12 is ’n ernstige wekroep vir die Gamagara-munisipaliteit van Kathu. Die Gamagara-munisipaliteit is uitgewys as die munisipaliteit in die Noord-Kaap met die grootste toename in onreëlmatige besteding (’n toename van R35 miljoen). Nietemin het die John Toalo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit, wat Gamagara, Ga-Segonyana (Kuruman) en Joe Morolong (Churchill en omgewing) insluit, saam met die //Khara Hais-munisipaliteit (Upington) ’n klop op die skouer vir die grootste vermindering in onreelmatige besteding gekry. Ga-Segonayna is egter een van die munisipaliteite wat die swakste gevaar het deurdat ’n ouditmening weerhou is. Dieselfde lot het !Kheis (Groblershoop) en nog vyf ander munisipaliteite in die provinsie getref. Die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit (voorheen Siyanda) se state was een van die ligpunte. Dié munisipaliteit het ’n ongekwalifiseerde oudit ontvang, een van vyf wat daarin kon slaag, en was boonop een van net vyf munisipaliteite wat sy krediteure binne 30 dae betaal het soos die wet vereis. Ongemagtigde en onreëlmatige besteding van bykans R850 miljoen is in dié betrokke boekjaar deur munisipaliteite in die NoordKaap aangegaan. Daarby het 14 munisipaliteite vrugtelose uitgawes van sowat R4 miljoen aangegaan. Nie ’n enkele munisipaliteit in die provinsie kon ’n skoon oudit behaal nie, wat onder meer daaraan toegeskryf word dat die provinsiale regering nie sy beloftes gestand gedoen het om gebreke in munisipaliteite uit te wis nie.
En om die donker prentjie wat geskilder word in die OG, Terence Nombembe, se verslag oor Noord-Kaapse munisipaliteite nóg donkerder te maak sê die OG sewe munisipaliteite is onseker oor hul vermoë om voort te gaan. Die Noord-Kaap het 27 munisipaliteite en vyf distriksmunisipaliteite. Ses munisipaliteite het ’n gemiddeld van 25% op hul begroting oorbestee, terwyl 12 ’n gemiddeld van 40% onderbestee het. Daar is egter ligpunte. Die Kareeberg-munisipaliteit (Carnarvon) word uitgesonder as een wat die afgelope twee jaar finansiële state van gehalte ingedien het danksy die finansiële hoof wat basiese daaglikse dissipline ingestel het. Die Frances Baard-distriksmunisipaliteit se state het ook verbeter. Dit is egter hoofsaaklik danksy die gebruik van konsultante. Dié distriksmunisipaliteit, waarvan die gebied die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley en omliggende munisipaliteite insluit, het van ’n gekwalifiseerde oudit tot ’n ongekwalifiseerde oudit gevorder. Die Ubuntu-munisipaliteit (Victoria-Wes) en Umsobomvu (Colesberg) het albei van ’n weerhouding van mening tot ongekwalifiseerde mening gevorder. Die Namakwa- en ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteite, asook die munisipaliteite Kareeberg, Ka-Mai en Richtersveld, is finansieel ongekwalifiseerd met bevindings. Volgens die verslag sluit die oorsake vir swak ouditmenings die volgende in: ) Sleutelamptenare het nie die minimum vaardighede nie en ’n groot aantal poste bly oral in die provinsie vakant. ) Daar is geen gevolge vir swak vertonings en oortredings nie. ) Stadige reaksie op die ouditeur-generaal se boodskap en eienaarskap oor sleutel-beheerstelsels word nie geneem nie. ) ’n Gebrek aan behoorlike oorsig deur provinsiale en ander oorsiginstellings. ) ’n Gebrek aan behoorlike oorsig deur distriksmunisipaliteite. ) Lees meer hieroor op bl. 3.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
Rade ‘kort kundiges’ André Botha WETGEWING bepaal senior poste in munisipaliteite soos dié van die munisipale bestuurder en finansiële bestuurder moet beklee word deur mense wat behoorlik gekwalifiseer is. Omdat die wet nie behoorlik toegepas word nie, word nie verseker dat finansies-afdelings deur opgeleide personeellede beman word nie. Die DA is nie verras deur die ouditverslag oor munisipaliteite nie, omdat dit lankal duidelik is die departement van samewerkende regering het nie die nuwe Wysigingswet vir Munisipale Stelsels behoorlik deurgevoer nie.
Só het Andrew Louw, Noord-Kaapse DA-leier, gesê nadat die ouditeur-generaal se verslag oor munisipaliteite bekend gemaak is. Nie een munisipaliteit in die NoordKaap het ’n skoon oudit behaal nie. Louw het gesê sonder mense met die nodige vaardighede om iets so ingewikkeld soos ’n instansie se finansies te bestuur is dit geen wonder nie basiese finansiële beginsels word lankal tersyde gelaat. Dit baan die weg vir toenemende onreëlmatige en ongemagtigde besteding. Om basiese dienslewering te verbeter moet die verbetering van finansiële bestuur op plaaslike rege-
ringsvlak die eerste voorkeur wees. Vir inwoners om baat te vind by die beste dienste moet munisipaliteite daartoe in staat wees om doeltreffend te bestee en inkomste doeltreffend in te vorder. Die DA stel voor die departement kom nie met nóg ’n tydrowende omkeerplan vorendag nie. Geen plan sal werk totdat bevoegde mense aangestel is om sulke planne deur te voer nie. “Die antwoord lê daarin om die finansies-eenhede van munisipaliteite dringend van die nodige personeellede te voorsien soos die ouditeur-generaal self aangeraai het.”
Ryg die landwye pryse in ERA SUIDAFRIKA het onlangs sy jaar likse eerbewysaand in Centurion gehou en die ERAKuru man–tak het goed gevaar. Julie Britz (regs) is as die top nasionale verhu ringsadministrateur aangewys en Riaan Britz, eienaar van ERAKuruman, se tak is onderskeidelik die topverhurings franchise in die Kaapstreek en die topverhuringsfran chise nasionaal.
Bepaal die wenner van skaap CIELIE KITCHING (links) en Ria van Romburgh is aangewys om die wenner van ’n skaap wat aan die Mimosahoftehuis vir bejaar des geskenk is, te trek. Die wenner, Blanché Coetzee, het gekies om die skaap aan die Mimosahoftehuis vir bejaardes terug te gee sodat hulle dit self kan gebruik.
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
Doen goed . . . en laat almal weet HET Suid-Afrikaners so lui geword om goedheid aan ander te betoon dat hulle ’n spesiale kalenderdag nodig het wat vooraf opsy gesit is, net om hulle tot goedheid te dwing? Vir die grootste deel van die jaar hoor ’n mens selde van politieke partye (al het elkeen sy eie bymotiewe), skole, besighede en organisasies wat ’n daadwerklike poging aanwend om na minder bevoorregtes uit te reik. Maar toe oudpresident Nelson Mandela se verjaardag op 18 Julie op die horison wink, toe kom verskeie “ontslape” organisasies skielik weer te voorskyn. En sommiges word blitsvinnig sommer op die been gebring. Dan is dit maklik van daar: Kies aan wie jy vir daardie één dag wil goed doen en maak seker almal weet dit. Bel die koerant, kondig dit in die strate af, sit plakkate op lamppale. Enigiets. Maak seker almal weet dat jy aan iemand gaan goed doen en ’n kosbare 67 minute van jou jaar aan hulle gaan bestee. En moenie ’n ekstra minuut verwag nie. Nasionale Vrouedag is onlangs gevier en ook dié dag
is deur ander uitgebuit om hul eie indruk by ander te maak. Ander was weer net bly dat dit ’n vakansiedag was. Politieke partye het met die oog op die verkiesing kospakkies vir minder bevoorregtes saamgestel. ’n Enorme pampoen, soppakkies, meel, sout, ietsie van dit, ietsie van dat, en die pakkies by enkele huise uitgedeel. En al wat leef en beef moes dit sien en daarvan weet. Die voordeel van so één dag is dat mense darem gehelp word en dat van daardie individue die bietjie aandag en tydelike hulp werklik waardeer en dankbaar is vir dae soos 18 Julie. Ondanks dat hulle deur verskeie partye soos marionette beheer word net om eindelik hul eie beeld te poets. Maar moet dit liefs nie hardop sê nie. Kom sononder dan vergeet almal van daardie mense. Plaas ’n beriggie in die plaaslike koerant, nasionaal as jy gelukkig is, en jy is klaar. Jy het iets vir die gemeenskap gedoen, na jou medemens uitgereik en jou beeld bevorder. En daardie huisgesinne wat nog sukkel? Ons bel jou volgende jaar, 18 Julie.
Besluit mooi wat jy volgende gaan doen Christo Jonck IN ’n komedie-program word iemand deur ’n dief met ’n rewolwer gekonfronteer: “Jou geld of jou lewe . . . ” Die persoon antwoord nie die dief nie. “Haai, is jy doof of wat? Jou geld of jou lewe.” Toe kom die antwoord: “Moet my nie aanjaag nie. Ek dink nog daaroor.” Soos The Message Jesus se woorde in Lukas 12:21 mooi parafraseer: “That’s what happens when you fill your barn with self and not with God.” Daar is niks met besittings verkeerd nie, maar die punt is: Ons moet hulle besit en nie hulle ons nie. In vers 21 gee Jesus vir ons die punt van sy gelykenis. Om ryk te wees by God . . . Word nie te veel van ons lewe en kragte deurgebring aan bymekaarbring, spaar, vervang en opknap en verbeter nie? En dit ten koste van ons verhoudings met ander. Wat sal jy graag wil hê moet op jou grafsteen staan? ’n Sekere man moes juis hieroor besluit. Aan die begin van die 20ste eeu het ’n man een oggend sy koerant opgetel en tot sy skok sy eie doodsberig daar lees. Dit was klaarblyklik ’n vergissing, want hier was die dooie man nou besig om ’n nadoodse huldeblyk aan homself te lees. Die opskrif het gelui: “Dinamietkoning sterf!”
Dit was al erg genoeg, maar verder in die berig moes hy telkens tot sy ontsteltenis lees dat hulle van hom praat as “die handelaar van die dood”. Hy moes homself egter afvra of hulle verkeerd is of nie. Hy hét immers dinamiet uitgevind en baie, baie ryk geword deur die vervaardiging en verkope van allerlei wapens. Eensklaps het hy besef dat hy in die unieke posisie is om ’n tweede kans te kry . . . Hy kon nog dit wat op sy graf staan, verander. Ná daardie dag het dié dinamietmagnaat sy energie en geld aan opheffingswerk en vrede bestee. Vandag word Alfred Nobel nie meer onthou as “die dinamietkoning” of “handelaar van die dood” nie. Ons ken hom as die stigter van die Nobelprys vir Vrede. Sy grafskrif praat van vrede in plaas van plofstof. Wat is vir jou belangrik? Iemand het iewers gesê dat daar net een universele probleem is. In die hele wêreld is daar net een vraag wat almal oral te alle tye in die gesig staar: Wat doen ek volgende? Die ryk boer in die storie van Jesus het die vraag verkeerd geantwoord. Hoe gaan jy en ek dit antwoord? V Ds. Christo Jonck is ’n leraar aan die NG kerk Die Oog.
AL bly die temperature nog baie koud en is daar soggens ’n byt in die lug begin die lente tog sy vingers deur die Kalahari stoot. Dié pragtige bloeisels laat ’n perskeboom op Leerkrans swaar aan sy beloofde vrag perskes dra. Foto: Lizette Slabber
Inspuiting kan nie land genees VINCENT WARD, Kuruman: HOE siek moet ’n regering wees? Ek vra dié vraag na aanleiding van Carte Blanche se program verlede Sondag rondom die inenting van meisietjies van nege jaar oud. Dié program word volgende jaar begin om kwansuis die kans op servikale kanker te verminder indien jong meisies seksueel aktief raak. Dit is maar net nog ’n stap om die deure oop te gooi en te sê “raak maar seksueel aktief, ons as regering sal julle help”. Dié dinge het begin gebeur toe kinders aan alle vorme van die liggaam en seks in vakke op skool blootstelling gekry het. Die volgende word kondome in skole beskikbaar gestel en alle vorme van seks-inligtingsessies word
gehou. Ons eie president, Jacob Zuma, is die toonbeeld van anargie as dit by slaapkamersake kom. Ons dogters is veronderstel om deur die landswette beskerm te word sodat enige vorm van seks onder die ouderdom van 16 jaar as verkragting gesien moet word – met of sonder toestemming. Indien die regering nie die meisie kan beskerm nie, is dit die plig van haar pa om as die beskermer op te tree. Ons as pa’s van meisies is veronderstel om hulle te beskerm en nie vir die wolwe te gooi nie. Dit kos net ’n paar pa’s om op te staan en ’n verkragtingsaak aanhangig te maak teen die jong man of seun wat saam met jou dogter van jonger as 16 jaar slaap. Verlede week was ons eie hoërskool in ’n die kollig oor
gerugte wat die ronde doen van ’n jong seun wat vir sy 13-jarige meisie die “morning after pil” gaan koop het. Boetie, as dit darem my dogter was, sou jy in die tronk geslaap het vir verkragting. Moet tog nie die ou baadjie aantrek van “veroordeel en moenie oordeel nie”, asseblief. Ons dogters moet te alle tye beskerm word. Pa, staan op vir jou dogter en moet vir geen oomblik dink die regering gaan dit doen nie. Aan die pa’s van seuns: leer hulle om aan die meisies te doen soos hulle eendag aan hul dogters gedoen wil hê. Ouers, kyk ’n bietjie na watter blootstelling aan hierdie dinge jy jou seun en dogter toelaat. Moenie net daarby berus en alles sy gang laat gaan nie. Die redding van hierdie land is om die morele waardes terug in die huis, skool en samelewing te bring, want die regering draai weg daarvan en nou rus die taak op jou wat hier lees.
Kosbare, handgeskrewe briewe LANK, lank gelede kom daar ’n A4grootte bruin koevert in die pos aan. Al die pad van Suid-Afrika tot in Brunei, Suidoos-Asië. Opgewonde word dit oopgeskeur. Dis ’n handgeskrewe brief, maar nie sommer net ’n gewone brief nie. Nee, dis geskryf op daardie groot, vleeskleurige papier wat vervoermaatskappye gebruik om jou kosbare goedjies te verpak as jy verhuis. En net om dit nog interessanter te maak is dié brief met verskillende kleure koki-penne geskryf. ’n Mens rol die velle oop en soos jy dit ooprol, kry die nuus, grappies en interessante staaltjies uit jou eie land lewe op die papier voor jou. Later lê die brief soos ’n lang slang daar af in die gang, maar jy lees en
kan nie genoeg kry nie. Dit was die ongelooflikste en mees oorspronklike handgeskrewe brief wat daar nog ooit in die pos aangekom het. En hoe spesiaal voel ’n mens nie? Om te dink dat iemand die moeite gedoen het om ’n gewone brief só besonders te maak. So ’n paar jaar gelede word die huis opgepak, daar word getrek. En so word ’n pakkie blou koevertjies ontdek.
Handgeskrewe briewe vol liefde en verlange deur ’n soldaat aan sy vrou geskryf, terwyl hy in die grensoorlog in Angola veg. Nog ’n paar jaar later kom my pa tot sterwe en weer word ’n hopie koevertjies gevind. Briewe wat hy aan sy ouers geskryf het. Maar dis nie die briewe wat so spesiaal is nie, dit is al die spotprentjies (van homself) wat langs die adres op elke koevert geteken is. Dis skaterlagsnaaks. En verblydend om te sien dat iemand so lekker met homself kan spot. Wanneer laas het jy so ’n pragtige, handgeskrewe brief in die pos ontvang? Stuur vir my jou adres – ek wil graag vir jou ene skryf.
jy van die Kalahari Bulletin dink. Deel dit waarvan jy hou, waarvan jy graag meer sal wil sien en ook dít waarvan jy nie hou nie. Lesers sê só op Facebook: “Wat dink jy van Groot Interjol 2013? Het Duineveld verdien om te wen?” Beslis, veral ná so ’n groot
oorwinning. – Meisie Liebenberg Ja. – Jannie Nel “Lees jy ’n koerant op jou selfoon of tablet of verkies jy dit om die koerant in jou hande te hou?” Beslis die ware Jakob . . . ’n regte koerant in die hande. Daar is net iets aan die gevoel, die reuk van die papier en drukkersink, en die geluid soos jy omblaai en daardie duikie in die middel uitskud om beter te kan sien. Koerant, jou ou doring, jy bly bobaas. – Donnagene Jacobs
Dít sê ‘Bulletin’-lesers . . . DIE Kalahari Bulletin wil graag in al die streke waarin die koerant versprei word meer van lesers weet. Daarom is ’n Facebook-blad www.facebook.com/kbulletin begin sodat lesers lekker kan gesels. Maak vandag nog ’n draai op die webblad, mobi site en Facebook-blad sodat jy nie net op die hoogte van vars nuus uit die Kalahari kan bly nie, maar ook jou mening kan lug. Vertel dié week op die Kalahari Bulletin se Facebook-blad wat
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
Winter wisselvallig Fanie van Rooyen
res van die land het oor die algemeen kouer as normale minimums gehad. “As ’n mens na die hele tydperk van 1 Mei tot 31 Julie kyk, is dit duidelik dat daar groot wisselvalligheid in temperature oor die land heen voorgekom het,” het De Jager gesê. Wat reënval betref, het die meeste reën soos verwag oor die winterreënvalstreke in die suidweste van die land geval. Normale tot bonormale reënval is hier ervaar. “Wat wel merkwaardig is, is dat die sentrale dele van die Noord-Kaap in Julie sowat 200% van sy normale reënval gehad het.” De Jager het gesê mense moet onthou die winter hou aan tot 31 Augustus en dat die winter nog tyd het om sy koue kloue in te slaan.
AU GU ST
20 13
DIE winter is vanjaar besonder wisselvallig met temperature wat in sekere dele van die land beduidend warmer as ander jare is en in ander weer kouer. Volgens die SuidAfrikaanse Weerdiens (SAWD) was die meeste van die land se wintertemperature óf beduidend kouer, óf beduidend warmer as normaalweg. Elsa de Jager, ’n klimatoloog van die SAWD, het in ’n verklaring verduidelik hoe vanjaar se minimum en maksimum temperature vir Junie en Julie met die normale landwye gemiddelde vir dié maande van 1971 tot 2000 vergelyk het. Die noordelike dele van die land het in Junie maksimums van 1 ºC tot 2 ºC kouer as normaalweg ervaar, terwyl die suidelike Vrystaat en die noorde van Limpopo in Junie 1 ºC tot 2 ºC warmer as normaalweg was. In Julie was maksimum temperature oor die grootste deel van die land binne 1 ºC weerskante van die normale, maar die suide van Noordwes, die noordooste van die Vrystaat en KwaZulu-Natal het maksimums van 1 ºC tot 2 ºC kouer as normaalweg ervaar. Minimum temperature in Junie was aansienlik warmer (tot 3 ºC) as gewoonlik in die noordoostelike en oostelike dele van die land, terwyl dit in die res van die land 1 ºC tot 2 ºC kouer as normaalweg was. In Julie het veral die suide van Mpumalanga, die Vrystaat en die suide van KwaZulu-Natal warmer as normale temperature ervaar en die
2:3:2 Fertiliser
CCTV Kit
30742 • Used for flowers, shrubs & vegetable beds • Enhances growth & root development • High organic content
DCCTV-K1 • 4.3” LCD colour monitor • 2 x Weather resistant camera’s with 18m cable • 5m Night vision
9999
89999
per set
10Kg
3:2:1(28) SR Fertiliser
Petrol Chainsaw
99999 Petrol Lawnmower 30-45480 • Easy-start OHV-450 3300W (4.5Hp), 4-stroke petrol engine • 48cm durable 1.6mm thick pressed steel deck • 46cm Cutting width • 50L grass collection box
2699
99
CS-3635 Lawnmower & Trimmer • 36cc 99-30123 • 2 Stroke • Lawnmower • Petrol - 1000W Long-life ball bearing • 355mm induction motor Cutting - 3 Position height diameter adjustable (20/40/60mm) - 32cm Cutting width - 30L solid grass box - Lock-off safety switch • Trimmer - 350W bearing motor - 26cm Cutting diameter - Double 1.2mm cutting line - Automatic tap-to-feed cutting head for trouble-free line-feed - Easy-to-change cutting line spool - Wide-vision, impact-resistant safety guard
1 Year Domestic use warranty
999
99
per set
Combo
1 Year Domestic Use Warranty
+
VISIT US TODAY!
3 Seodin Avenue, Kuruman
Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117
D5 Evo Gate Motor Kit
30503 • For healthy foliage & root growth
SP07-1 • 250Kg Maximum gate mass • 20m Maximum gate length • 2 Nova remotes included (rolling code) • 4m Nylon rack included • Collision sensing
15999 9Kg
329999
per kit
Wooden Door Frame FB1-NS • 90 x 45mm • 813mm x 2032mm • No sill
Masonite Hollowcore Interior Door HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm • Exposed edges
Contractors’ PVA
• Suitable for external & internal walls & ceilings • Good opacity & whiteness • Available in white only
5 Year Guarantee 1 Year Guarantee
With Rubber Seal • 20L
149
99
289
99
TRADING HOURS
Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:
07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00
• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 20 August - 01 September 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za
1999979
4900-016-020
• 5L - 4900-016-005...
99
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
‘Kinders eet te veel gemorskos’ Fanie van Rooyen LAERSKOOLKINDERS eet en drink meestal gemorskos, lekkergoed, tjips en gaskoeldrank wat hulle vet kan maak en gesondheidsprobleme kan veroorsaak. Dít is bevind in ’n opname van Nestlé SuidAfrika om kinders se eetgewoontes wat betref gepakte kosblikke en snoepiewinkels te bepaal. Die sogenaamde Tuckshop Truths-opname, wat in Junie deur Bateleur Brand Planning vir Nestlé uitgevoer is, het 20 laerskole in Gauteng en 652 ma’s, met wie aanlyn-onderhoude ge-
voer is, betrek. “Ons het bevind die meeste kinders kry hoofsaaklik ‘prettige’ voedsel soos gaskoeldrank, tjips en lekkergoed by skole wat hulle vet kan maak,” het Naazneen Khan, bestuurder van voedingswaarde, gesondheid en welsyn by Nestlé, gesê. “Dit is slegte nuus as ’n mens in ag neem kinders bring die meeste van hul tyd by die skool deur en dat ’n tekort aan noodsaaklike voedingstowwe gesondheidsprobleme later in hul lewe kan veroorsaak.” ’n Oudit by dié skole het gewys die topverkopers (by 75% van snoepies) is telkens gaskoeldrank en tjips. Ander gunstelinge, wat ook nie noodwendig baie gesond is nie, is pasteie, roosterbrood, warmsjokolade, roomys, worsbroodjies, kaasof hoendertoebroodjies, spaghetti-bolognaise, pizza, springmielies en lekkergoed. Net 5% van snoepiebestuurders meen kinders eet gesond en 30% stem saam kinders eet “heeltemal te veel gemorskos”. Khan het gesê dit wil voorkom of min gedoen word om die situasie te verbeter. “Net 30% van snoepies verkoop vars vrugte, al word dit aangevra, en net 28% verkoop vars melk.” Baie snoepiebestuurders het aangedui hulle het al ’n poging aangewend om gesonder kos te verkoop, maar kinders stel nie daarin belang nie. Hulle meen dit is ouers se plig om kinders op te voed oor hoe om gesond te eet. Die opname het gewys 98% van ma’s meen hulle voorsien hul kinders van gebalanseerde maaltye, maar 86% het gesê hulle dink hul kinders kry nie ’n gebalanseerde dieet nie. Die helfte het gesê snoepies verkoop nie gesonde kos nie en 25% wil hê snoepies moet meer sulke kos verkoop, maar 22% het slaptjips gekies as ’n produk wat snoepies moet verkoop. “Meer as ’n kwart van ouers stuur hul kinders skool toe sonder ’n gepakte kosblik en kinders moet dan op snoepies staat maak,” het Khan gesê. “Ouers en snoepiebestuurders sal moet saamwerk om kinders te lei om beter gesondheidskeuses te maak. Ons kan nie die noodsaaklikheid van goeie voedingswaarde vir kinders oorbeklemtoon nie.” Die bevindinge strook met dié van die onlangse eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Gesondheid-en-voedingswaarde-ondersoekopname (SANHANES-1) waarin bevind is 51% van kinders vat nie kosblikke skool toe nie – party omdat niemand hulle help om dit te pak nie (18,3%) en ander omdat daar nie kos tuis is om in te pak nie (29,8%).
AN aerial photo of the plant at the mine.
Supplied
Photo:
Safety at mine a priority Ilse Watson THE Petra Diamond Finch Mine at Lime Acres achieved 1 000 days without a Lost Time Injury (LTI) on 15 August. This has proven that zero harm is possible. The last LTI in the plant was on 18 November 2010. Since then the plant has suffered 21 NLTIs. These incidents should always be a reminder that things can go wrong if the correct procedures are not followed, if short-cuts are taken or if substandard conditions are not being addressed. Mine workers are once again requested to elevate their vigilance and continue to work safely and, furthermore, to continue to ensure that their colleagues work safely.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
7
Ingange na dorp kry nuwe baadjie DIE skoonmaakprojek van Afriforum is nog in volle gang en verlede week was dit die Vryburg-ingang se beurt om opgetooi te word.
Die ingang is groen geverf, verfraai en skoongemaak. Die groep vrywilligers het reeds die Hotazel- en Kathu-ingange in onderskeidelik
’n GROEP vrywilligers het verlede week die Vryburgingang skoongemaak en opgeknap.
pienk en oranje omgetower. Saterdag word die Kimberley-ingang aangedurf. Alle vrywillers wat Kuruman weer as ’n
DIE bome by dié ingang is met groen lap verfraai.
Rollerstyle
mooi dorp wil sien, is welkom om hier te kom help. Bel Ansie Cilliers by 082-410-7502 vir meer inligting oor die projek.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
RENÉ DE KLERK (links) is die wenner van vier kaart jies na die Orange River Cellars se kuiertent op die Kalaharikuierfees wat van 26 tot 28 September plaas vind. Wat die prys só lekker maak, is dat die vier kaart jies op die dag van haar keuse gebruik kan word. De Klerk het die kaartjies gewen deur aan Kwêla se SMSkompetisie vir Dorp van die Jaar deel te neem. Hier ontvang sy haar kaart jies van Danie Bruwer (voorsitter van die kuier fees). Foto: Retha-Marie Hall
Groot name kuier op fees MET kunstenaars soos Juanita du Plessis, Gerhard Steyn, Monique, Annique en Mario Ogle is dit vanjaar ’n móét dat feesgangers die Kalahari-kuierfees op Vrydagaand 27 September besoek. Die kuierfees, wat van 26 tot 28 September plaasvind, vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar en dié vieringe beloof om groter as die feeste van die vorige 20 jaar te wees. Op Vrydagaand gaan van SuidAfrika se beste kunstenaars optree en dít teen sakpaspryse. Om op die Vrydagaand die
kuierfees te besoek gaan presies dieselfde as in 2012 kos. Daar was geen prysverhogings vir 2013 nie. Dus kos ’n volwassene se kaartjie steeds R60 en kan kinders die fees op Vrydag teen net R30 besoek. Om in die Orange River Cellars se kuiertent te kuier kos Vrydag slegs R110 per volwassene en R50 per kind. Rig navrae aan die feeskantoor deur 054-332-1100 te skakel of besoek www.kuierfees.co.za en die kuierfees se Facebook-blad.
JUANITA DU PLESSIS tree op Vrydag 27 September op die Kalaharikuierfees op.
MONIQUE gaan feesgangers op Vrydag 27 September by die Kalaharikuierfees vermaak.
Foto’s: Verskaf
GERHARD STEYN is een van die kunstenaars wat op 27 September by die kuierfees te sien sal wees.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
KURUMAN SKOU
VANJAAR se skou beloof om nog meer vermaak as vorige jare te bied.
Vermaak nog meer
SKOUTYD is om die draai en beloof vanjaar groot opwinding. Van 5 tot 7 September word die jaarlikse Kuruman-skou op die skouterrein aangebied. Skou-Saterdae is gemeenskapsdae. Dit is die dag waarop alle sorge by die huis gelaat kan word en die hele gesin by die skou kan gaan ontspan en saam met die buurman kan kuier. Daar sal op hierdie dag baie te sien en te doen
wees en lekkernye sal te koop aangebied word vir elke honger maag. Dit is ook die dag waaraan almal in die gemeenskap deel kan hê. Geleenthede sluit in die kragmankompetisie, modeparade, karate-vertoning en Skoukoningin-optogte, 4 x 4-Vasbyt-eindronde en kindervermaak. Plaaslike musiektalent-optredes
sal voorsiening maak vir lekker musiek om feesgangers op hul voete te hou. Om deel hiervan te wees bel Vonnie Visagie by 073-223-6879. Boonop sal gaskunstenaars almal tot laataand vermaak verskaf en lekker braaivleis, aartappel-op-’n-stokkie, roosterbrood, kerrie-en-rys, oliebolle en vele meer gaan die lug met die lekkerste geure vul.
Kinders op skou bederf
OMDAT die kinders van die dorp vir Kuruman spesiaal en belangrik is, bied vanjaar se skou ’n spesiale kinder-markiestent op die skouterrein waar die kinders pragtig opgemaak gaan word om hulle op die Kurumanskou te laat welkom voel. Vanjaar se tema is Plaaslewe en die kinders gaan so ’n ietsie van alles wat op die plaas mag voorkom te siene kry om ’n ware gevoel van die plaaslewe te kry. Die Reflector-jeugbediening gaan elke kind ook daagliks lekker besig hou. Verder vind ’n spesiale gr. O-daggie plaas waar al die gr. O’s van plaaslike kleuterskole so ’n bietjie in hul laaste kleuterskooljaar bederf gaan word. Daar is soos gewoonlik meer as genoeg vir al die kinders van die Kuruman-gemeenskap om te doen en te sien. Van die mallemeule tot ’n troeteldiersaal. Daar sal meer as genoeg soet- en soutgoed wees om aan te peusel en ’n
OP vanjaar se Kurumanskou sal elke kleinding behoorlik deel hê aan die kuier. veilige plekkie om te ontspan waar hulle lekker kan speel. Die narre wat die jongspan weer aan die lag gaan hê, sal verseker dat elke kinderhart bons van opgewonden-
heid. Gesigverf, ballonne, musiek en dansies, bak en brou, speletjies en vele meer, net vir elke kleinding. Die bestuur van die Kurumanskou sien uit om al die kinders daar te sien.
Jong finaliste bekend gestel DIE jaarlikse kronings-finalisbekendstelling van die Kuruman-skou was ’n reuse-sukses. Die finaliste het hulle verlede week in die Del Rio Spur op Kuruman aan die gemeenskap bekend gestel. Hulle het pragtig gelyk en die mense kon so ’n bietjie meer te wete kom van onder meer elkeen se persoonlikheid en tydverdrywe. Die meisies is voor die bekendstelling in die ateljee van Anzel Bezuidenhout afgeneem en daarna deur Morne Killian met ’n pragtige motor van M&I Motors na die Spur vervoer. By die Spur het familielede en vriende opgewonde gewag om die meisies te ondersteun en solank hul wenner te kies. Op elke geleentheid waarop die meisies optree, word beoordeling deur verskillende beoordelaars gedoen om eindelik die algehele wenners aan te kondig. Die volgende geleentheid is die kronings-oggendteeparty op 24 Augustus. Kaartjies vir die geleentheid is by die finaliste beskikbaar. Die geld word aan ’n behoeftige instansie geskenk. Rig navrae aan Nicolize Roodt by 072-7749011.
DIE finaliste in die Kwikstertjie 2013afdeling is van links, voor: Alet Kotze en Marianke Jooste; middel: Karla Sieberhagen, Danel Visser, Lou nari Lamprecht, Jone Ellis en Kayla Klaaste; agter: Stephanie Hanekom, Biana Britz en Ju nél Odendaal.
DIE finaliste in die Junior Kwikstertjie 2013afdeling is van links, voor: Roshada Kortman, Zoë Lombaard en Geme Markram; middel: Monica Mary Ferreira, Wilmari Kruger, JayLese Marais, Luané Schoeman en Daleen Marais (organiseerder); agter: Lizette Hauman (organiseerder).
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
Deben kry reuse-sonkragaanleg Ilse Watson DIE kontrakteurs WBHO en Building Energy rig ’n nuwe sonkragaanleg by Deben op. Die aanleg is een van die 27 fotovoltaïes hernubare energieprojekte wat vir fase een en fase twee van die Hernubare-energieprogram beplan is. By die sonkragaanleg word 343 200 sonpa-
nele, 50 050 kolomme en 42 900 balke oor die volgende 18 maande aangebring. Die konstruksiegebied is sowat 200 ha groot. Alle konstruksiewerk word hier sonder enige hulp van Eskom gedoen en krag word deur dieselkragopwekkers verskaf. Wanneer die projek in Augustus 2014 voltooi is, sal die aanleg een van die grootste sonaanlegte in Suid-Afrika wees.
“Die uitdagings is nou om die algemene installering te voltooi, asook om 19 geboue waarheen die krag gelei word, ’n beheerkamer, sekuriteitsgeboue en kantore (wat ’n kantien vir werkers insluit) binne die volgende 18 maande te voltooi,” sê Neil van der Merwe, ’n tegniese bestuurder en ingenieur wat by die bou van die aanleg betrokke is. Op ’n vyfde van die konstruksiegebied word
bouwerk deur ’n baie harde kalkformasie bemoeilik. “Dit het vir ons baie probleme veroorsaak toe ons hier met die ontwikkeling begin het. Die kalk is so hard soos sement.” Die kontrakteurs het ’n werkbare oplossing vir dié probleem gevind danksy alternatiewe fondament-uitlegte en alternatiewe masjinerie.
DIÉ sonkragaanleg wat by Deben opgerig word, gaan eindelik een van die grootste sonaanlegte in SuidAfrika wees. Die inlasfoto bied ’n nader blik op die sonpanele.
Foto’s: Verskaf
V Rooinek: (skertsend) Woord word gebruik om na ’n Engelsman te verwys. Samestelling van rooi en nek – so genoem omdat die warm Afrikason emigrante rooi brand, veral sigbaar op die gelaat en in die nek. V Roepman: Manlike persoon wat spoorwegwerkers, veral dié wat by treine betrokke is, moet roep of wakker maak sodat hulle betyds vir ’n skof kan wees: Hy het self . . . op die onderste trap begin – as ’n roepman wat enige uur van die dag of nag die treinpersoneel moes gaan wakker maak
(Transvaler, 25 Mrt. 1959, 3). Hy skop die kombers af en lê met sy skoene op die laken. Dan slaap hy totdat die roepman hom kom wakker maak vir die trein om halfses.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
11
Koshuislewe het soet en suur(slaai) Schalk Theart DIE eerste aankoms by die Goeie Hoop-losieshuis op Nieuwoudtville lê nog vars in my gedagtes. In kamer ses was ons ses maats in een kamer. Die koshuis het geruik na Cobra-politoer en die badkamers na Littledip – op die plaas het ons dit gebruik om die bosluise op die boerbokke se stert se punt vrek te maak. Hier het hulle dit gebruik om badkamers te ontsmet. Die eerste week was maar holdersteboller, want ons moes gewoond raak aan klokke en rye blaffende seniors wat vir ons soos ooms gelyk het. Hier het nuwe spyswette, ander taalgebruik en ander maniere as op die plaas gegeld. Op die plaas was dit soggens boermeelpap met suiker en gekookte bokmelk. Die geel room op die gekookte melk het Ma so met haar wysvinger en duim opgetel en agter op jou tong gesit die keer as dit jou beurt was. Middae was dit aartappels, rys en vleis. Ma het nooit kos gemaak waarvan ons nie hou nie. In die koshuis moes jy gewoond raak aan vreemde geure en snaakse kos. Die pap was so ’n fyn, wit slapperigheid. Dit was mieliepap. Ons het menigmaal wurms in die pap gekry en dit vir ou Pruim gaan wys. Hy het hom nie daaraan gesteur nie, want hulle het nie dieselfde kos as ons geëet nie. Middae was dit kool tot vervelens toe. Dit was koolbredie, koolfrikkadelle en koolslaai. Op so ’n dag was daar altyd baie brommers teen die eetkamer se ruite. ’n Ander oneetbare slaai was aartappelslaai. Die aartappels was so halfgaar gekook, in skywe gesny en dan is daar so ’n suur sous oorgegooi. Die kok het duidelik nog nooit van kondensmelk gehoor nie. As ou Pruim hom dik geëet het aan die braai-aartappels, skaapboud en heerlike
koekstuif, het hy opgestaan en sekergemaak dat alle kool- en mieliegruisbakke leeg is. Anders kry jy dit môre net in ’n ander vorm . . . goulash met groente, het die spyskaart glo gesê. Om van die ellendige suurslaai ontslae te raak is baie planne beraam. Sondae moes jy met jou kerkpak aan die etenstafel kom sit. Leon Louw het dit sommer eendag in sy binnesak gegooi. Ou Pruim se foxterrier was saam met ons in die eetkamer. En dié moes maar baie suurslaai verorber. Naweke was dit egter ’n heel ander storie. Die kinders wat te ver van die dorp af gebly het, moes inbly. Dan het ons grondboontjiebotter, stroop, varsgebakte brood, vis en skyfies en heerlike poeding gekry. Ons het dieselfde kos as die personeel gekry en ook genoeg. Dit het opgemaak vir die hele week se gekostjommel. Pa het eendag ’n groot snoek vir die naweekkinders by die koshuis kom afgee. Nooit was gebakte snoek ooit weer so lekker nie. Naweke het die klokke minder gelui en die personeel was vriendeliker. Sondagnamiddae kon ons klipkoppies en waterval toe loop. In die winter was die grond sag van die reën en die vinkels uitgeswel. As ons dan by die koshuis kom, was ons sakke vol veldkos. Ons voete was dan ook geel van die gansogies se stuifmeel. Die ligteuitklok het jou herinner van môre af is dit weer stap in die gange, saggies praat in die kamers, in rye staan vir etes, studie, namiddagtee en Sondae kerk toe.
CHANÉL POTGIETER
NELIA GREYLING
DIE Kuruman Christian Academy (KCA) verwelkom twee nuwe onderwysers wat by dié skool aangestel is. Hulle is Nelia Greyling en Chanél Potgieter. Kalahari Bulletin het by hulle gaan inloer.
Ek is besig met my onderwysgraad in die intermediêre en senior fase. Verdere studie? Ek wil graag my honneurs-graad in wiskundige geletterdheid doen.
V Nelia Greyling Van waar is jy en hoe het jy op Kuruman beland? Ek is van Schweizer-Reneke in Noordwes, waar die grondpaaie in ’n beter toestand as die teerpaaie hier is. Danksy Marina Landman wat my gewys het dat KCA-kinders die beste is om voor skool te gee het ek besluit om hier wortel te skiet. Persoonlike doelwitte? Ek wil graag my graad en honneursgraad binne vyf jaar voltooi. Ek wil ook betrokke raak by ’n gemeenskapsprojek vir kinders wat deur mishandeling geraak word. Wat studeer jy?
V Chanél Potgieter Van waar is jy? Ek is oorspronklik van Krugersdorp, Gauteng. Ek bly al vier maande op Kuruman. Wat is jou belangstellings? My belangstelling is kinders. Ek is mal oor hulle. Ek geniet ook plakboekmaak en in my vrye tyd doen ek naels. Watter studie is jy mee besig? Ek is in my vierde jaar met my B Ed-graad, asook sielkunde. Verdere studie? Ek wil graag verder in sielkunde studeer. ) Chanel het saam haar man, Johan, en die agt maande oue Lian Kuruman toe verhuis.
Nuwe onnies by KCA verwelkom
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
Kuier lekker saam Johan Bean
DIE matriek–klas van 1983 van die Hoërskool Kalahari wat sy 30ste skoolreünie gehou het. OUDLEERLINGE van die Hoërskool Kalahari se 1983-matriekklas. Corli Scholtz Henda Esterhuyse Alta Fourie Hester Poolman Lea Collen Brenda van der Spuy Amanda Vannikkelen Kuyper Anneli le Roux
Elsa van Kradenburg Retha Kruger Louise Victor Sophia Coetzee Lizette Bosch Bertie Haasbroek Deon van Zyl Johan Fourie Kosie Jacobs Johan Bean
Foto: Japie Niemand
Johannes Loots Thomas Collen Wouter Jordaan Jan Ludike Riaan Meyer Niel Fourie Riaan Nelson Abel Slabbert Oloff Bergh Gert Smit
“HIER waar die wonder-water blink en boom en blom so welig groei . . .” Ná ’n paar bekers koffie en ’n lang vergadering in Pretoria saam met ’n paar ou skoolmaters is daar besluit dat dit “tyd” is vir ’n lekker kuier om ’n kameeldoringhoutvuur. Die matriekgroep van 1983 van die Hoërskool Kalahari het besluit om ná 30 jaar weer bymekaar te kom om ou bande op te tel en nuwes te smee. Die groep het ’n geseënde naweek gehad wat deur 65 oudleerlinge en hul gades/kinders bygewoon is. Daar is aanvanklik kopgekrap om almal te herken, maar toe die vure aangesteek is, is heerlik saamgekuier. Die groep het ’n toer deur die dorp onderneem om te sien hoe alles verander het. Die bekende Oog en die Moffat-museum is besoek. Elsa en Johan Fourie het sommer besluit dat dit tyd is om weer hul huweliksbelofte te hernu tydens die besoek aan die Moffat-kerkie. Daar was ook ’n toer van die skool se terrein. ’n Klomp staaltjies is vertel wat binne die vierkant en klaskamers gebeur het. Daar is lekker saamgelag. Mooi herinneringe is ook opgeroep oor vier mede-klasmaats wat sedert die groep se vorige reünie oorlede is. Omdat die jare nou aanstap, is daar besluit dat die volgende reünie oor vyf jaar sal wees. Daar is genoeg van die “Wonder-Water” gedrink om te verseker dat die verouderingsproses stadiger sal wees in die volgende vyf jaar. En die naweek is afgesluit terwyl almal die oudskoollied onthou: Ons trots is hierdie skool se naam. Wie ken dit nie? Wie sing nie saam. Ons Seodin, Ons Seodin . . .
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
13
PROMOSIE
Kry smulkos teen sakpaspryse VAN langer sake-ure tot ’n splinternuwe spyskaart wat ’n groot verskeidenheid smullekker etes bied; dit alles word deur die nuwe bestuurspan van Dorego’s op Upington aan kliënte gebied. Sedert 1 April is Dorego’s onder nuwe
DIE nuwe personeellede van Dorego's op Upington is voor Naville Geduld (bestuurder); van links is, agter: Belinda Miaza (skofbestuur der), Teresa Kok en Dora Olyn. Foto: Lizette Slabber
bestuur en Salomé en Petrus Haasbroek (eienaars) en Naville Geduld (bestuurder) verseker daagliks dat die diens wat kliënte hier kry van gehalte getuig en net tot kliëntetevredenheid kan lei. Van die veranderinge wat hulle aange-
bring het, was om die besigheidsure te verleng. Dorego’s is van Sondag tot Donderdag van 07:30 tot 21:00 en van Vrydag tot Saterdag van 07:30 tot 22:00 oop. Daarby is die spyskaart uitgebrei om ’n groter verskeidenheid kos in te sluit. Burgers, ontbyte, verskeie hoendergeregte, visgeregte soos snoek en calamari, dagwoods en schwarmas is nou beskikbaar. Om die lekker nog lekkerder te maak is Dorego’s nou ook op Sondae oop en bied hulle sekere familie-etes teen spesiale pryse aan. Op Dinsdae kan kliënte ’n burger bestel
en een gratis kry en op Donderdae sak dagwoods se pryse van R37 na R29. Daar is tot ’n nuwe gereg op die spyskaart; ribbetjies en skyfies kan teen slegs R25 bestel word. Die lekkerte hou net nie op nie. Borde eetgoed kan bestel word. Dorego’s kan ’n toebroodjiebord of vleisbord vir daardie spesiale geleentheid lewer. Daarby kan etes bestel word wat gratis op die dorp afgelewer sal word. Skakel net 054-331-1060 vir bestellings en verdere inligting. Navrae kan ook per e-pos na doregosupington@gmail.com gestuur word.
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
THE NU-SHOP KURUMAN - AANDAG! NUUTSTE DAMESmatriekdrag pas uitgepak. Min 20% vir kontant. Moenie misloop nie!
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. SPLINTERNUWE CLOUD 9-enkelbedmatras met 'fitted' elektriese kombers. Verander binneversiering. 082 572 8366.
BASSETHONDJIES. Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 500 elk. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.
Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068
CONTRACTORS or private bakkie to cart your goods. Anywhere, anytime. Phone 072 492 4144.
INGEVOERDE Mazda B6enjin en ratkas. Aansitgereed, goeie toestand. Skakel 072 449 1828.
HYUNDAI SONATA 2.4L, 2008. Very good condition, 125 000 km. T/b, Smash & Grab tint, e/w, climate control, cruise control, r/c, leather and elec seats. 2year warranty left. Only R109 000. Phone 082 561 4468.
Veritas Eiendomme
MERCEDES 230, 1991: R19 500. 1985 Mercedes 230: R11 500. Phone 071 967 0285.
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
ONS PAPPEGAAI "BEES"het gister (Maandag 19/8/) in Seodine- omgewing weggevlieg. Hy praat baie en roep graag vir Fientjie, Ousus of Frank. Skakel Mike en Ivy Pieterse 082 566 0979 / 072 875 0155.
DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600.
VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. R60 000 p.m. Skakel Dirk 079 877 7134.
CORSA 1.4: 2011. R80 000. 2002 Toyota KZTE 3.0: R79 500. Phone 071 967 0285. HILUX 1.8: 1997. R39 500. 1995 Courier 2.2: R32 500. Phone 071 967 0285.
WIT POLO 2009 - 1.4 Trendline - R105 000 onderhandelbaar. R96 000. Skakel ( 083 383 8370/1/2
TOYOTA PICK-UP bakkie, 1983. Phone 083 772 2316.
Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583
FORD ICON: 2003. Nuwe enjin. Skakel 083 772 2316. FORD METEOR: 1990. R16 500. 1992 Mazda: R16 500. Phone 071 967 0285.
Rita's
POLO 1.6, 1999. R28 500. 1996 Sentra 1.6, R24 500. Phone 071 967 0285.
Eiendomme Properties
Te koop : Elize Linde 083 383 8372/ Estelle Pieterse 072 359 0781 E-pos : lindeelize470@gmail.com/ estelleveritas@gmail.com Verskeidenheid huise en erwe te koop
CASH FOR CARS AND BAKKIES below R40 000. SMS info to 071 967 0285.
Te huur: Skakel Juanita 078 159 7426. E-pos: veritaskuruman @gmail.com
H39 - 3 slk, 2 badk, oopplankombuis/sitkamer, enkelm/h. R8 500 p.m. H112 - 5 slk, 2 badk, kombuis, sitkamer, lapa, enkelm/h met afdak. R11 000 p.m. H95 – 2 slk, 1 badk, kombuis/sitkameroopplan, afdak. R6 600 p.m.
Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000. Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.
Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za
‘Ons help graag’
Besoek gerus ons Facebook blad: Veritas Eiendomme. Alle beskikbare eiendomme op blad geadverteer.
2 SLKP WOONSTEL met koopkrag - water ingesluit by huur. Geen troeteldiere. R5000 p.m vooruit betaalbaar. Geen dep. 073 811 0654
100% SUCCESS guaranteed.Complete forms and earn R800 p/d! Just copy and paste info. All accepted. Part time/full time/own hours. SMS name & adress to: 0749918822 DRYWERS BENODIG: Woonagtig in Kathu en ouer as 25 j. Faks CV, ID en rybewys na 051 430 6281.
BETREKKINGS
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
M. Jackson
NOTICE OF ENVIRONMNETAL IMPACT ASSESSMENT PROCESS
Notice is hereby given in terms of Regulation 543 of the regulations published in Government Notice of 18 June 2010 published in terms of chapter 6 of the National Environmental Act (Act No. 107 of 1998) of intent to submit a Basic
Assessment application that will apply to this project for the following activity: PROPOSED
RESIDENTIAL DEVELOPMENT ON A PART OF PORTION A, GASEGONYANA MUNICIPALITY, KURUMAN, NORTHERN CAPE PROVINCE. Ref No.:NEMA:
In the estate late of Mfengu Jackson, identity number 400226 5430 084, of House 1390, Batlharos, Kuruman, and surviving spouse Dimakatso Gladys Mantlane, identity number 420802 0203 084. Estate number: 4527/2013 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 23 August 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Bearestreet Kuruman 8460.
KLK Landbou/Sea of Mountains/J.A. Minnie/N. Minnie
NC/BA/25/JTG/GA/K UR3/2013/NCP/EIA/0 000233/2013 Project Description:
The proposed integrated human settlement development will provice housing for a mixed income group and will consist of mixed land uses. The development will include a commercial component to service the entire development, as well as a variety of social institutions, housing typologies and public open spaces. For purposes of integration a phased development is proposed, with Phase 1 consisting of a portion of the Remainder of Erf 1, Kuruman, approximately 19.6 ha in area.
Project Locality:
A portion of the Remainder of Erf 1, just west of Kuruman, NC. Access from Duiker road.
Applicant:
Ellecon Development CC
Environmental Consultant:
Rock Environmental Consulting (Pty) Ltd P.O. Box 40541 Moreleta Park Pretoria 0044 Tel: (021) 997 4742 Fax: (021) 997 0415 Email: rock.rowan@lantic.net Contact Person: Mr Rowan van Tonder. In order to register as an interested and/or effected party, or to obtain more information on the proposed development, please submit your name, contact details and interest in the matter within 30 days of the publication of this advertisement.
D.J. Eilers
In die boedel van wyle Dawid Johannes Eilers, identiteitsnommer 361112 5097 080 en nagelate gade Martha Eilers, van Gousblomstraat 117, Wrenchville, Kuruman 8460. Boedelnommer: 1216/2012 Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 23 Augustus 2013 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros, Kuruman. Geteken in Kuruman op die 12de dag van Augustus 2013. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING
In die Landdroshof vir die Distrik van Kuruman gehou te Kuruman. Saaknommer: 1080/12 In die saak tussen: KLK LANDBOU BEPERK Eiser en SEA OF MOUNTAINS TRADING 590CC Registrasienr 2010/083905/23 1ste Verweerder MNR JAN ABRAHAM MINNIE Identiteitsnommer 880201 5072 086 2de Verweerder MEV N. MINNIE Identiteitsnommer 821015 0088 083 3de Verweerder Ingevolge 'n vonnis gelewer op 2013/03/20, in die KURUMAN Landdrohof en 'n lasbrief van eksekusie daarna uitgereik, word die eiendom hieronder beskryf in eksekusie verkoop op 6 September 2013 om 09:30 te Baljukantore, Skoolstraat, Kuruman, aan die hoogste bieër, met geen reserweprys. Mitshubisi Pajero, registrasienr. DSW 637 NW R40 000 Die voorgenoemde geregtelike verkoping sal onderhewig wees aan die voorwaardes van verkoping wat geïnspekteer kan word by die Baljukantore te Skoolstraat, Kuruman 8460. Geteken te Kuruman op hierdie 31ste dag van Julie 2013. JORDAAN & MANS Eiser se Prokureur Bearestraaat 26 Kuruman 8460 Posbus 27, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091 Faks 053 712 1093 Docex 1, Kuruman. VERW: LAN/19/0043/AP Adres van Eksekusieskuldenaar: Ds. van Jaarsveldstraat 106, Kuruman 8460.
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
19
Leerlinge vaar goed op eisteddfod ALTESAAM 12 leerlinge van die Laerskool Kuruman het verlede week aan ’n eisteddfod op die jaarlikse Noord-Kaap-kunstefees in Kimberley deelgeneem en baie goed gevaar. Sewe van hulle het ’n A+- gekry en die res almal ’n A-simbool.
Marianke Jooste, Jové van Zyl, Jannatul Ferdous, Kiana Mc Loughlin, Kobus Benson, Charlize Casper en David Bezuidenhout het almal ’n A+ gekry. Braam Wiid, Anz-Lee Eilerd, Kayla Jordaan, Dimpho Bogodile en Elné de Klerk het ’n A gekry.
Volgens Dawn Grobler, wat die leerlinge vergesel het, was die standaard baie hoog en is sy baie tevrede met en trots op die leerlinge se optrede. Hierdie leerlinge gaan ook aan die einde van Augustus aan die eisteddfod op Postmasburg deelneem.
Meet kragte in tennisliga DIE tennisligaspelers van die Laerskool Kuruman het die afgelope twee weke ’n hele paar wedstryde gespeel en gemengde welslae behaal. Hul le het teen Postmasburg, Hotazel en Seodin verloor en teen Kathu B gewen. Hulle is van links Flavio Leeuw, Jaco Gregory en Petrus Venter.
LEERLINGE van die Laerskool Kuruman wat aan ’n eisteddfod in Kimberley deelgeneem het, is van links, voor: AnzLee Eilerd, Jannatul Ferdous, Elné de Klerk, Dimpho Bogodile en Kobus Benson; agter: Charlize Casper, Kayla Jordaan, Jové van Zyl, Kiana Mc Loughlin, Braam Wiid en Marianke Jooste. Afwesig: David Bezuidenhout.
Honneursstudente SPESIALE AANBOD AS JULLE BY DIE UV REGISTREER VIR 2014
Maak die sprong van voorgraadse na nagraadse studie. Registreer vir jou honneursstudie aan die Universiteit van die Vrystaat en jy betaal GEEN registrasiegeld vir 2014 nie. Studente wat hulle eerste graad voltooi het en met honneursstudie by die UV wil voortgaan, sal nie registrasiegeld vir 2014 betaal nie en hoef nie vooruitbetalings voor registrasie te doen nie. Studente van ander universiteite mag ook aansoek doen. Gewone klasgelde sal gehef word en sal as volg betaalbaar wees: • 1ste semester se gelde teen 31 Maart en • 2de semester se gelde teen 31 Augustus
Voorwaardes om vir hierdie aanbod te kwalifiseer: • Studente moet aan al die akademiese vereistes vir honneursstudie aan die UV voldoen. • Studente moet SA burgers wees. • Studente moet nie enige uitstaande gelde van vorige jare hê nie. • UV terme en voorwaardes is van toepassing. Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September 2013 Navrae kan gerig word aan klasgelde@ufs.ac.za
T: +27(0)51 401 9111 | klasgelde@ufs.ac.za | www.ufs.ac.za
MATLHOGONOLO OLEPENG (left), a learner at the Galaletsang High School in Mothibistad, was recently appointed as the top girl learner in the gold category in the Mintek’s Minquiz national competition which was held in Randburg. Pictured with her is the head of the Maths and Physical Sciences Department, Joseph Jacob.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
Wrenchville team performs well THE Wrenchville High School performed very well during the Northern Cape Sanlam Kay Motsepe Schools Cup. Although they made it only to the semi-finals, this team showed their competitors what they were capable of. Five schools in the Northern Cape – Wrenchville High, Kakamas, Orion, Rietvale High and Okiep High – competed against one another. The Rietvale High School from the small
town of Ritchie, 50 km outside Kimberley, won this tournament and is making a name for itself as a football powerhouse in the Sanlam Kay Motsepe Schools Cup Competition. The school has won the Northern Cape provincial finals in the tournament three years in a row. This team will compete in the national finals soon. Winning this round means the school gets R100 000 which, according to team manager,
WRENCHVILLE HIGH lost by 0 – 1 against the Okiep High School in the semifinals match off.
Barry Kammies, will be used, together with the winnings from 2012, to purchase a school bus to transport players to sports events. Kammies says he has seen the excitement levels at the school grow because of the Sanlam Kay Motsepe Schools Cup.
“There has been an increase in sports participation and in support in the school since we first took part in the tournament. Every soccer player feels proud to have contributed in a team that keeps coming back with positive results,” he said.
THE team of the Wrenchville High School that competed in the semifinals of the Northern Cape Sanlam Kay Motsepe Schools Cup.