Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
10 OKTOBER 2013
Kuruman
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Strate ‘skoongemaak’ Swaar voertuie uit dorp verwyder
BEAMPTES van die verkeersdepartement by ’n swaar voertuig wat in die hoofstraat van Kuruman geparkeer is. Hulle het die bestuurder van die voertuig ’n boete opgelê en hy is gevra om die dorp te verlaat. INLAS: Hein van Rooyen, hoof van die Kuru manverkeersdepartement en brandweer wat aan die operasie deelgeneem het. Foto’s: Ilse Watson
Ilse Watson
VERLEDE Vrydagaand het lede van die verkeersdepartement en die Kuruman-gemeenskapspolisiëringforum (GPF) ’n operasie uitgevoer waarin hulle probeer het om die swaar voertuie uit die dorp te verwyder. Kalahari Bulletin Kuruman is genooi om die operasie, wat van 19:00 tot 21:00 geduur het, mee te maak. John Valtyn, voorsitter van die Kuruman-GPF, en Itumeleng Mabejane, die assistent-bestuurder van gemeenskapsdienste, het ook deelgeneem. Swaar voertuie (wat tussen 20 en 40 ton vragte vervoer) parkeer en oornag geruime tyd saans op die dorp. Dít is onwettig. Die aanwesigheid van die voertuie het ook ’n toename in diefstal en prostitusie op Kuruman meegebring. “Daar is geen rede vir die voertuie om saans ná 22:00 op die dorp te wees nie. Hulle mag nie hier parkeer en oornag nie. Dit is ons mikpunt vanaand om hierdie voertuie uit die dorp te verwyder,” het Mabejane gesê. Tydens die operasie is by verskeie swaar voertuie in die hoofstraat gestop en die vragmotorbestuurders is gesoek. Sommige voertuie was gesluit en die bestuurders skoonveld. By ander voertuie was die voorste vensters se gordyne toegetrek. Selfs
al het die verkeersbeamptes teen die voertuie opgeklim, met hul flitse daarin gelig en aan die ruite geklop, kon hulle nie die bestuurders wakker kry nie. Boetes is aan bestuurders wat by hul voertuie gevind is, opgelê en hulle is versoek om die dorp te verlaat. Tydens die operasie het ’n inwoner die verkeersbeamptes genader en sy opgewondenheid oor die operasie uitgespreek. “Dit was ongelooflik om te sien hoe vinnig die strate ‘skoon’ geraak het. Die nuus van ons patrollie het vinnig versprei en die voertuie het vinnig vertrek,” het Valtyn ná die operasie gesê. Hein van Rooyen, hoof van die Kuruman-verkeersdepartement en -brandweer, het bevestig dat die operasie suksesvol was en genoem dat binne redelikheid teen swaarvoertuigbestuurders opgetree sal word. “As hulle voor 22:00 op die dorp geparkeer het, sal ons aanneem dat hulle gaan kos koop het. Ons sal hulle ’n regverdige kans gee om Kuruman te verlaat. Ná 22:00 is daar geen rede om hier te wees nie,” het hy gesê. Die operasie is Saterdagaand voortgesit en sal elke naweek uitgevoer word. ) Nog ’n foto op bl. 3.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013 Ilse Watson DIE afgelope Sondag het meer as die helfte van die Billy Duvenhage-wildkamp net buite Kuruman afgebrand. Die reservaat is 1 610 ha groot. Dié kamp behoort aan die Ga-Segonyana-munisipaliteit en hy het onlangs probeer om die park glo op ’n onbehoorlike wyse te deproklameer. Die munisipaliteit is deur die provinsiale departement van omgewingsake aangespreek. Die park grens aan die Bankara Bodulongwoonbuurt. Inwoners in die omgewing het ook onlangs ontdek dat die noordelike heining verwyder is en dat al die wild weg is. Beskermde kameeldoringbome word ook vir brandhout afgesaag. Nico Erasmus, plaaslike voorsitter, het met dié ontdekking gesê dat die kamp heeltemal vernietig is. Daar was niks oor nie en hulle kon ook nie die diere vind nie. Selfs die kameelperde was skoonveld. Die metaal- en houtpale is ook afgesny. Die veld op die reservaat het omstreeks 14:00 begin brand. “Ek het net ’n rukkie voor 14:00 daar verby gery en mense op perde gesien wat beeste aangejaag het,” vertel Hein van Rooyen, hoof van die verkeersdepartement en brandweer. Volgens hom hoort nie die mense, perde, óf beeste op daardie grond nie. “Wat doen hulle daar? Dit is ongetwyfeld hulle wat die veld aan die brand gesteek het.” Boere van die gemeenskap en die brandweer van Kuruman het tevergeefs ure lank met die brand gestoei. Teen sononder het die veld steeds gebrand.
BOERE van die Kurumanomgewing het kom help om die brande in die Billy Duvenhagewildkamp te probeer blus.
Foto’s: Johan van Wyk
TEEN sonsondergang het dele van die reser vaat nog steeds gebrand.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
3
Motors rowers se teiken Ilse Watson INWONERS van Kuruman is verlede week Woensdag in hul motors deur rowers aangeval die ruite is stukkend geslaan en verskeie artikels is uit die voertuie gesteel. Liezl Aspeling het omstreeks 15:30 haar kantoor verlaat, in haar bakkie geklim en na Oasis gery om water te koop. Daarna is sy na Ranonkelstraat om haar kind by die dagsorg op te laai. “Ek het die hele tyd ’n silwerkleurige stasiewa-soort motor met ’n MP-registrasienommer agter my gewaar. Hulle het my gevolg,” vertel Aspeling. By haar huis het sy voor die hek stilgehou, die bakkie gesluit en na haar huis gestap. “Die bakkie se alarm het afgegaan. Toe ek na die bakkie terugstap, was die ruite gebreek en my handsak en die kos is gesteel. Die rowers het baie vinnig verdwyn.” Hans Kruger het om 13:10 sy kantoor op die dorp verlaat en was ook op pad na sy bakkie, wat net buite die kantoor geparkeer was. Twee mans het aan die deure geruk terwyl hy probeer het om dit van binne af te sluit. Hy het die deur oopgeskop en
in die proses die een booswig se neus beseer. “Toe ek my vuurwapen uithaal, het hulle geskrik en weggehardloop,” vertel Kruger. Volgens Nanette van der Merwe het sy op dieselfde dag in etenstyd in haar motor gesit toe iemand aan die motor se venster klop en haar vir ’n sigaret vra. “Ek het herhaaldelik vir die man gesê ek het nie nog sigarette nie. Hy het na die agterkant gestap en die linkerkantste agterwiel afgeblaas. Ek het op my toeter gelê en vir hom geskree hy moet weggaan.” Die booswig het weer by haar venster vir haar gesê hy soek ’n sigaret en die volgende oomblik was daar ’n vreeslike slag. Al twee voorste kantruite is stukkend geslaan en die hele motor was vol glasstukkies. ’n Ander man het by die passasierskant ingeleun, haar CD’s gegryp en weggehardloop. “Ek het my na die polisie gehaas om te gaan hulp soek.” Woordvoerders van die Kuruman-polisie waarsku inwoners om op misdaad bedag te wees. Sluit jou persoonlike artikels in die kattebak toe en jou voertuig se deure moet ook altyd gesluit wees.
Slaan toe op huis; lê beslag op eiendom, dwelms POLISIELEDE van Kimberley se K9hondeeenheid, in samewerking met die KurumanK9een heid, het verlede Saterdagaand op dié ou dubbelverdiepinghuis in Acaciastraat 30 toegeslaan. Sewe skootrekenaars van R112 000 is gevind en sewe mense is in hegtenis geneem. Verskeie soorte dwelms is ook gevind. Na bewering het 52 mense in die huis gewoon en daar is net een toilet in die huis. Klagtes van die gemeenskap oor geraas en swaar verkeer in hierdie straat het die polisie genoodsaak om ondersoek in te stel. Foto: Ilse Watson
Verwyder swaar voertuie uit dorp DIE lede van die verkeersdepartement van Kuruman wat verlede Vrydagaand die strate gepatrol leer het om sodoende swaar voertuie uit die dorp te verwyder is van links, voor: Motlaepula Regoeng, Basetsana Togole, Seipone Phiri en Reinnie Beakwalanya; agter: Merwille Jood, Alfred Modise, Disang Baepi, Mpho Pocwe en Tsietsi Mputsoe. Foto: Ilse Watson
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Nie almal trek hieruit voordeel IN die sake-afdeling van Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, van 2 Oktober skryf Vida Booysen dat die Noord-Kaapse entrepreneurs ’n bloeitydperk beleef. In die berig verwys sy na die ekonomiese groei wat deur die sonkragparke, opening van die Kalahari Mall, vergroting van die Kathu Mall en die bloeitydperk van die myne na die Noord-Kaap gebring is. Die bou van die sonkragparke naby Upington en Groblershoop het ’n groot ekonomiese impak op die onderskeie dorpe gehad en sal ’n nog groter impak in die toekoms hê. Die regering verwag dat die maatskappye wat die sonkragparke ontwikkel wins in die plaaslike bevolking sal terugploeg. Om in aanmerking te kom vir die reg om ’n sonkragpark te bou moes die onderskeie maatskappye duidelik toon waar hulle in die gemeenskap gaan belê om armoede, maatskaplike agterstande en opvoedkundige uitdagings te verlig. Dit is alles goed en wel, maar
dit is iets wat eers teen 2015 en selfs nog later in werking gestel sal word. Albei die sonparke gaan eers van 2015 af in produksie wees. Dan moet ’n sekere persentasie van die wins in die gemeenskap teruggeploeg word. Maar wanneer gaan die eerste wins getoon word? Intussen het al die ontwikkelings ’n ernstige behuisingskrisis op Upington, Kathu, Kuruman, Postmasburg en selfs Olifantshoek veroorsaak. Die gemiddelde man op straat wat nie deur die ontwikkelings geraak word nie, gaan gebuk onder uitspattige en ongehoorde huishuur en -kooppryse. Al hoe meer plaaslike huurders word uit huise gesit sodat astronomiese bedrae vir buitelanders vir die huur van huise gevra kan word. Daar bestaan dus die vrees by baie mense dat die invloei van buitelanders meer probleme as oplossings inhou en dat die ekonomiese impak nie aan die meerderheid se sak gevoel word nie.
Duur genade word gratis aangebied Ds. Schalk Theart ONS kan nog goed onthou hoe Ma ons gewaarsku het: Rooi beetvlekke of bloedvlekke bly vir ewig op ’n tafeldoek of kledingstuk. Later was die ontwerpers vindingryker. Vir sulke halsstarrige vlekke is daar ander planne. Op die kinders se klere word ’n nargesiggie vasgestryk en soos die ouderdom van die draer toeneem, word die prentjies aangepas. Op die plaas het daar nog botterboom-, bloumodder-aarbei- en ’n menigte ander vlekke op die klere bygekom. Prentjies was daar nie genoeg nie en tyd om hulle toe te stryk ook nie. Jy sal later soos ’n sirkusnar lyk. In Jesaja 1 word daar ook gepraat van vlekke – nie op ons klere nie, maar op ons lewe of hart. Skarlaken- en purperrooi. Die vlekke op ons lewe word toegedien deur ongehoorsaamheid. Die profeet praat van verbondsverbreking. Onuitwisbaar lê dit daar. Hieroor het die Here iets te sê en
daarom kom dit by herhaling in die profete voor: Luister. Hoor. Gee ag, want die Here het dit gesê. Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. Daar is ’n plan gemaak. Daar is ’n onbegryplike aanbod gemaak. Radikale reiniging. Skarlaken- en purperrooi sondes is nie vir God ’n verskrikking nie. Sy genade het Hom duur gekos, maar dit word gratis aangebied. Die vrug sien ons rondom ons. Ons is erfgename saam met Christus. Die land word herstel. Nuwe verhoudings kom tot stand. In die woestyn kom daar ’n oase. Miskien is dit goed dat die Kersboom se versierings oorwegend wit en rooi is. Daar moet net meer wit as rooi wees. Wit soos sneeu en wit soos wol.
DIE son bak meedoënloos op ’n kokerboom. Met temperature wat reeds in die 30’s draai beloof dié somer om sommer baie warm te wees. Foto: Johanna van Eeden
Dankie vir almal se hulp LE ROUX-GESIN, Deben: IN die lig van die oorvloedige materiële hulp en die ondersteuning wat ons tydens en ná die afbrand van ons huis van die publiek ontvang het, wil ons ons diepste dank en waardering uitspreek teenoor: ) Almal wat hul voertuie en brandblussers gebruik het of op enige ander manier probeer het om die brand te blus; ) Dankie ook aan die Kumba-myn
wat sy brandweerwa en personeel beskikbaar gestel het; ) Individue en kerklike instansies wat mildelik geldelike bydraes gemaak het; ) Die mense wat groot hoeveelhede klere, voedsel en skoolbenodigdhede vir die kinders geskenk het; ) Die skenkers van die noodsaaklike artikels om die haarsalon weer te laat funksioneer en diegene wat binne enkele dae weer ’n salon op die erf ingerig het; ) Weldoeners wat vrieskaste en
vervoer voorsien het vir die berging van die vleis wat gered kon word; en ) Die polisie van Deben se betrokkenheid by die voorval en hul ondersoek na waarskynlike brandstigting. ’n Groot dank ook aan klein Kevin Hurst wat sy lewe gewaag het om die brandende huis binne te gaan en ons hondjie en haar kleintjies te red. Ons diepste waardering aan almal se meelewing en identifisering met ons traumatiese ervaring. Hierin het ons ervaar die uitlewing van die Bybelse opdrag: Dra mekaar se laste en vervul so die Wet. Weer baie dankie aan almal. Ons is só dankbaar.
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.
MEESTER: ’n strokiesprent deur Danie Cronjé.
Koshuis se ‘Dawid’ laat Goliat val Schalk Theart SONDAGNAMIDDAE mag ons koshuiskinders wat die naweek moes inbly, Klipkoppies toe stap. Dit was omtrent so twee myl van die koshuis af. Die meeste van ons ouers se vervoermiddel was kar en perde. Om ons te kom haal vir ’n gewone naweek en weer Sondag terug te wees, het beteken dat ons langer op die pad sal wees as by die huis. Johannes Semel het vir hom ’n houtgeweer gemaak wat net so lank soos hy was. Grootpraat kon hy. Hy het ons
verseker dat hy met die geweer ’n dassie kan vrekskiet. Die geweer is uit ’n duim en ’n half dikte plank gesaag. Die lengte omtrent ses voet. Net voor die kolf is ’n skuins moot ingesaag. ’n Olienhouttak omtrent vier potlooddikte is kepe op die punte gesny. Omtrent ’n duimbreedte lorrietjoep is op mekaar geplak met selusin. Uit ’n gebreide steenbokvelletjie is twee
riempies gesny, vet gesmeer en die lorrietjoep is met ’n slag om die punte van die olienhout gevou en stewig met ’n maswerk vasgebind. Dit dien nou as die patroon. Semel het geweet die kanon kan nooit op ’n mens getoets word nie. Skedelbreuk sal jou voorland wees. Die geweer is saamgedra Klipkoppies toe maar hy het nooit ’n skoot op ’n dassie gekry nie. ’n Lekker moddergat het ons laat besluit ’n kleilatgeveg sal groot sports wees. Gewapen met duimdikte taaiboslatte en ’n handvol nat klei, het die oorlog begin. Die gat het so ’n blouerige potklei gehad en het
vinnig droog geword aan die kleilat se punt. Die oor-en-weer gooier was maar mog het troffe totdat Pykel die kol tref. Hy was immers ons Dawid in die koshuis, want hy het ons leer slingervel gooi. Hy gooi vir Semel op die krop van sy maag. Daar sak die lummel van ’n man inmekaar en lê roerloos op die grond. Almal het dadelik hul latte laat sak en die gewonde dopgehou. Ek was dadelik geraak deur die treurspel en besef hoe sal ons die tragedie aan ou Pruim verduidelik. Hy sal ons almal slaan net tot duskant die dood.
Dan sal ons nog by Semel se pa ook moet verbykom. Wat bly dan van ons oor? My bekommerde hart het dadelik besef iets sal moet gedoen word. Ek fluister toe saggies vir Mous: “Kan ons nie mond tot mond toepas as Semel nie meer asemhaal nie?” Semel besef hy het ons vir ’n sucker gevang. As ’n kleilathou die grootste man onder ons so laat vou, wil ek nie weet wat sy houtsanna aan ’n piepklein mannetjie of ’n dassie se kopbeen sou gedoen het nie.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
FROM the left are, front: Michael Nkwe and Joseph Modise; back: Irene Salo, Stephen Manong, William Monnakgotla, Lianie Rule and Deon Geyer. Photos: Provided
JOSEPH MODISE gained valua ble practical experience during the training session.
Practical training refreshing, valuable THE candidates who formed part of the agricultural intervention of portable skills training at the Petra Diamonds Finsch Mine had the pleasure of attending irrigation and livestock training by Deon Geyer of OABS Development (Pty.) Ltd recently. The irrigation training was attended by Irene Salo and Joe Osman and both candidates expressed their enjoyment of the course. Osman said he intended to use the knowledge he had obtained to expand his son’s garden service company to include irrigation systems, and would also be using these skills for an income during his retirement. The livestock training, consisting of both
cattle and small stock (sheep and goats), was attended by Joseph Modise, Michael Nkwe, Stephen Manong and William Monnakgotla. The candidates all showed a keen interest in all aspects of the training. Monnakgotla was able to rectify current problems he was having with his stock, as a direct result of the training. On the last day of the course candidates were taken on a field trip to KLK in Daniëlskuil, where Geyer gave practical instructions on the use of various veterinary drugs and remedies. The group also gained practical experience by putting into action what they had learnt when they did their practical training for a week on a farm just outside Lime Acres.
Bozwana se betaling gekeer hangende aansoek André Botha ’n TUSSENTYDSE bevel om die betaling van R4,25 miljoen deur die Ga-Segonyana-munisipaliteit aan die omstrede sakeman Wandile Bozwana te keer is in die hooggeregshof aan AfriForum toegestaan. Wesley Martin, organiseerder van AfriForum in die Noord-Kaap, sê die bevel is toegestaan hangende AfriForum se aansoek, wat op 5 Desember aangehoor word, om die uitbetaling in geheel te keer. Dít kom nadat ’n ooreenkoms op 16 September 2013 tussen Ga-Segonyana se munisipale bestuurder, Edward Ntefang, en Bozwana vir die uitbetaling van die geld bereik is. Martin sê AfriForum meen Ntefang was nie by magte om die ooreenkoms te sluit nie. Dít omdat die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur bepaal dat slegs ’n burgemeester uitgawes mag aangaan wat buite die munisipaliteit se begroting
val. Die betaling sou vergoeding wees vir ’n eiendomstransaksie wat in 2007 tussen die munisipaliteit en Bozwana skeefgeloop het. Die hooggeregshof het in 2007 beslis dat die korrekte prosedure vir die vervreemding van die grond nie gevolg is nie. Bouwerk op die terrein, wat veronderstel was om ’n kantoorgebou vir ’n staatsdepartement te word, moes summier gestaak word toe die Ga-Segonyana-belastingbetalersforum ’n hofbevel in die hooggeregshof gekry het om dit stop te sit. Die gebou staan sedertdien onvoltooid. “TEB Properties en die direkteur, Bozwana, is al redelik bekend vir hul kooptransaksies en tenders wat skeefloop en die eise vir vergoeding wat daarna ingestel word. Dit lyk asof dit sy modus operandi is,” sê Martin. “In Augustus 2013 is op soortgelyke wyse R7,2 miljoen van die Tsantsabanemunisipaliteit geëis.”
Twyfel oor reg om tussenbeide te tree Charné Kemp DIE een vraagstuk in die sage van die halfvoltooide kantoorgebou op die berugte erf 489, Kuruman, wat in Desember in die hooggeregshof voortgesit word, is oor AfriForum se reg om tussenbeide te tree. Dít is wat die Ga-Segonyana-munisipaliteit en Wandile Bozwana, eienaar van TEB-eiendomme, wat die gebou opgerig het, vandeesweek in die hof aangevoer het. Bozwana is ingevolge ’n onlangse hofbevel geregtig op R4,25 miljoen van die raad as vergoeding nadat bouwerk aan ’n kantoorgebou op munisipale eiendom in 2007 deur ’n hofbevel stopgesit is Hoewel regter Mpho Mamosebo in Augustus die betaling aan Bozwana toegestaan het, het Bozwana en Edward Ntefang, die munisipale bestuurder, ooreengekom dat die munisipaliteit nie meer die rentekoers van 15,5% en die regskoste betaal nie. AfriForum se organiseerder in die Noord-Kaap, Wesley Martin, sê Ntefang was nie by magte om die ooreenkoms te sluit nie. Die plaaslike AfriForum-voorsitter, Nico
Erasmus, sê die munisipaliteit se finansies is twyfelagtig en dit sal nadelig vir inwoners wees as onregmatige betalings deur die munisipale bestuurder uit belastinggeld gemaak word. Ntefang het ook nie in die nuwe begroting voorsiening vir die betaling gemaak nie. Adv. Stefan Grobler het namens TEB aangevoer AfriForum probeer om ná ’n hofbevel skielik tussenbeide te tree in ’n geding (ex post facto) of ooreenkoms waarin hy nie ’n reg het nie. AfriForum kan nie namens die munisipaliteit optree nie. Bozwana is inteendeel tegemoetkomend om nie rente en regskoste te eis nie. In sy verklaring sê Ntefang, wat deur adv. Mike Louw verteenwoordig word, dat die betaling belastingbetalers sal bevoordeel. Dít is omdat die regskoste en rentekoers nie meer betaal word nie. Hy het ontken dat die voorwaardes van die raadsbesluit, (dat die erf vervreem en teen R4,25 miljoen in ’n tender verkoop moet word) eers nagekom moet word. Die erf is reeds verkoop.
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Leerlinge vaar goed op eisteddfod DIE Kuruman Christian Academy het op 30 Augustus aan ’n eisteddfod-kompetisie, aangebied deur die Laerskool Postmasburg, deelgeneem. Die kinders wat deelgeneem het, is: Afrikaans gr. 3 – Shanice Gathogo (Silwer), Abigail Clarke (Goud), Botshelo Onewang (Goud) en Mpumi Jonas (Goud). Engels gr. 3 – Boleng Moshwang (Sertifikaat) en Unathi Mokgothu (Goud). Engels gr. 4 – Lesedi Dince (Sertifikaat) en Nwabisa Manie (Silwer). Engels gr. 5 – Warona Mpala (Silwer), Theo Segami (Silwer), Tebo Gae (Silwer) en Marshall Nkomo (Silwer). Engels gr. 6 – Wame Dube (Goud), Jadine Cilliers (Goud) en Resego Baakwalanya (Goud). Engels gr. 7 – Ramy Modisha (Goud), Karla Sieberhagen (Goud), Tiisetso Kunene (Silwer) en Setshaba Bosman (Silwer). Dié groepie is deur Everjoice Whiti en die skoolhoof, Deirdre Nieuwoudt, vergesel.
DIE groep wat aan die eisteddfod by die La erskool Postmasburg deelgeneem het.
Foto: Verskaf
THE winner of the Kimberley Diamond Cup International Skateboard Competition, Nyjah Huston (middle) receives the R1 million prize money. Here he is with Mooketsi Mocumi, specialist external communication, and Tanya Aucamp, manager communication. Photo: Provided
Skating life-changing THE successful conclusion of the Kimberley Diamond Cup highlights Kumba Iron Ore’s commitment to the Northern Cape. Kumba Iron Ore, in partnership with the Northern Cape Department of Economic Development and Tourism, put Kimberley on the map this weekend when skateboarders from all over the world competed in the Kimberley Diamond Cup. The event, aimed at introducing skateboarding as an accessible and affordable hobby and leisure activity, had novice as well as top international and local skaters competing at the state-of-the-art Kumba Skate Plaza for a total prize of R900 000. As the third mega international skateboarding event staged in Kimberley, the Kimberley Diamond Cup is part of Kumba Iron Ore’s commitment to help establish and maintain stable social environments in the Northern Cape. The company has supported the competition over the past three years by committing R30 million to arrange the event. The Kimberley Diamond Cup followed on the support of Kumba Iron Ore for the Skateboarding for Hope road show that took place across the country, where international professional skaters dazzled crowds of young supporters with their tricks during demonstrations and clinics. Many excited fans also had the opportunity to learn the basics of skateboarding from world-renowned professional skaters. In addition, over a thousand skateboards were handed out to young people in these communities. “The Kimberley Diamond Cup is aligned to our objective of being a developmental partner of choice in South Africa,” said Norman Mbazima, CEO of Kumba Iron Ore. The purpose of our investment is to support the Northern Cape government in establishing
the province as a prime extreme sports destination. Furthermore, the sponsorship of the Kimberley Diamond Cup is part of our outreach to the Northern Cape community and connecting with the youth by promoting safer and healthier lifestyle choices.” Skateboarding is one of the many community engagement and development programmes initiated by Kumba Iron Ore. Since 2010, the company’s two Northern Cape-based operations, Sishen and Kolomela, have spent over R365 million on community engagement and development projects that have benefitted the people of the province. As part of the company’s commitment and support to uplifting education standards, Kolomela mine, in partnership with the Department of Education, also made a R4.7 million contribution towards introducing information and communications technology at all the schools in the Tsantsabane local municipal area. Further, the company funded nine Early Childhood Development (ECD) centres at a total investment of R32 million since 2011. The ECD centres were recently officially handed over to the Northern Cape Department of Education (NCDoE) at a community event at Lareng Primary School in Seoding. “We are fully committed to empowering local communities by inspiring young people to be engaged citizens. Working in partnership with communities to affect greater change and development is central to the way Kumba Iron Ore operates. We are therefore proud to support initiatives such as the Kimberley Diamond Cup that supports and empowers the youth, and promote socialisation and recreational activities that encourage healthy and active lifestyles,” concluded Mbazima.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
DIE skoolhoofde Adriaan Laubscher (Seodin), Johan Jonker (Kalahari) en Floyd Turner (Kuru man) verkeer in ’n gesellige luim op die vieringe van Onderwyserdag wat verlede week plaasge vind het. Foto: Verskaf
Onderwysers word bederf
DIE onderwysers van die Laerskole Kuruman en Seodin, en die Hoërskool Kalahari het ’n heerlike verrassing gekry toe die skool op 1 Oktober ná die vakansie geopen het. Hulle het Onderwysersdag ’n bietjie vroeër en op ’n besondere wyse gevier. Ontbyt, voorgereg, hoofgereg en nagereg is aan die onderwysers by die verskeie skole bedien. Vroegoggend het die personeellede van die drie skole by die Laerskool Kuruman bymekaar gekom, waar hulle ontbyt genuttig het. Die tafels was pragtig versier en elke onderwyser het ’n besonderse kaartjie ontvang. Die dag is op gepaste wyse deur pastoor Philip van Vuuren geopen en Jaco Gregory het ’n blokfluit-nommer gelewer, terwyl Elsa Strating hom op die klavier begelei het. Vandaar het hulle na die Laerskool Seodin vertrek waar die voorgereg genuttig is. Die manier waarop die stoele uitgepak is, het
die onderwysers laat besef dat daar verskeie optredes sal wees. Die versierings het almal baie spesiaal laat voel, asook die kaartjie en suiglekkertjie wat elkeen ontvang het. Eben Olivier en Karina van Zyl het ’n loslittige sangnommer gelewer en Mariete Strauss het die gehoor in die holte van haar hand gehad met ’n pragtige prosastuk. Daarna is die onderwysers na die Hoërskool Kalahari se koshuis vir die hoofgereg. Baie moeite is gedoen met die tafelversierings en vir elkeen was daar ’n klein geskenkie. Almal het gesmul aan die heerlike kos. Die ete is afgesluit met koffie en koeksisters. Die inisiatief vir die groot bederf het gekom van die VRL-lede van die Laerskool Kuruman en hul ouers. Die betrokke skakelonderwysers van die ander skole se VRL is gekontak en so is die bal aan die rol gesit vir ’n heerlike genotvolle dag.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Markdag ’n treffer Benneli Olivier van der Walt INWONERS van Kathu het verlede Saterdag weer die kans gehad om ’n heerlike markdag by die Tshimo-kwekeryen-leefstylsentrum te geniet.
Malinda Roux het die mark gereël en soos gewoonlik word van die geld wat ingesamel is aan Kansa Kathu gegee. Die Goue Gerwe het oudergewoonte heerlike pannekoeke verkoop.
Kinders kon ponieritte geniet en die Waenhuis se tuisgemaakte lekkernye was ’n treffer. Wees op die uitkyk vir die Kersmark wat later vanjaar gehou gaan word. Die datum sal bekend gemaak word.
DIE Pink Ladies van Kathu is van links Christa Lubbe, Carine Kasselman, Erina Claassens, Marti Loots, AnnaMart Loots en Nadia Burger. Voor is Danika Roux. Foto’s: Benneli Olivier van der Walt
PRAGTIGE handgemaakte speelgoed deur Hetta Nieuwoudt.
DIE Waenhuis se heerlike, tuisgemaakte produkte. DIE ponies waarop kinders kon ry. Hulle behoort aan Arnolf en Hester Kitshoff en Ousus Vermeulen. Hul name is Timo en Mariska.
Kompetisie bring opwinding GROOT opgewondenheid heers oor die Mej. Kalahari 2013-kompetisie wat môreaand by die Hoërskool Kalahari aangebied word. Dit is ’n geleentheid wat nie misgeloop moet word nie. Die verrigtinge begin om 18:30.
VAN links is, voor: Chanelle van Sta den, Eurika Dreyer en Maitemogelo Jood; middel: Chaldean Botes, Yolan da von Czapiewski, Anri van Rooyen, Kyla Horn en Alri van den Berg; agter: Anzell Fourie, Grete Ellis, Karina van Zyl, Marelise van Niekerk en Erica van der Westhuizen. Foto: Anzelle Bezuidenhout
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
9
Hartgesondheid onder die loep Lynn-Mari Olivier KARDIOVASKULÊRE SIEKTE is baie algemener as wat ons vermoed en die siekte tas die hart, bloedvate of albei aan. Dr. Minnette Nel, ’n algemene praktisyn in Gauteng, bevestig dat sekere mense wel in die hoërrisiko-klas val en meer geneig is om die siekte te ontwikkel. Volgens haar tel die volgende teen jou: 1. ouderdom (met elke dekade van jou lewe verdriedubbel jou risiko); 2. geslag (mans het ’n groter risiko as premenopousale vroue, siende dat estrogeen vroue se hart beskerm, maar ná die aanvang van die menopouse is die risiko in mans en vroue gelyk.) 3. omgewingsbesoedeling; 4. hoë bloeddruk; 5. hoë cholesterolvlakke; 6. tabakrook; 7. oormatige alkoholinname; 8. oorgewig mense met ’n BMI groter as 30; en 9. hoë stresvlakke. Wat kan ons doen om die risiko’s vir ’n kardiovaskulêre siekte te verminder: 1. Volg ’n gesonde hoëveseldieet; 2. Hou op rook; 3. Behandel jou hoë bloeddruk; 4. Oefen 30 minute, 4 tot 5 maal per week; 5. Indien jou cholesterol hoog is, gebruik ’n sta-
tien om die vlak te verlaag; 6. Verminder psigo-sosiale stresfaktore; en 7. Verminder jou suikerinname. Nel beaam dat oefening ’n baie belangrike deel van ons voorkomingsplan teen kardiovaskulêre siektes moet wees. Selfs as jy reeds aan ’n kardiovaskulêre siekte ly, word dit aanbeveel dat jy gereeld oefen. Die kans vir ’n koronêre insident tydens oefening is volgens studies 1 in 400 000 tot 800 000 en dit is ook bewys dat ongeveer 90% van alle hartaanvalle tydens rus gebeur en nie tydens fisieke aktiwiteit nie. Jaarlikse roetine-ondersoeke word aanbeveel vir mans ouer as 40 jaar en vroue ouer as 45 jaar, maar pasiënte met hoërisiko-profiele mag dalk meer gereelde ondersoeke nodig hê. Vra gerus jou dokter se mening. Wanneer moet ons rooi ligte sien flits? 1. Erge, drukkende borskaspyn wat ’n mens laat dubbel vou; 2. Skielike kortasem-gevoel met of sonder borskaspyn; 3. Erge aanvang van duiseligheid, naarheid en koue sweet; 4. Pyn in een of albei arms saam met borskaspyn; en 5. Erge sooibrand, pyn in die hoë rug of onderkaak. Wat doen ek as iemand by my ’n hartaanval of beroerte kry?
DR. MINNETTE NEL met haar dogtertjie, Mikayla, en seuntjie, Armand. 1. Bel dadelik vir hulp; 2. Hou die persoon gemaklik, laat hom of haar lê met sy/haar kop op ’n kussing; 3. Hou die persoon so kalm as moontlik en maak ruimte om die persoon; 4. Moenie dat die persoon iets eet of drink nie; 5. Indien die persoon braak, draai hom of haar op sy of haar sy; 6. Indien die persoon ophou asem haal, begin met KPR.
Foto: Verskaf
Voorkoming is die goue reël. Hoe vroeër ’n mens in die lewe begin voorkoming tref en gesond leef, hoe gesonder gaan jy wees. Onthou om jou kinders en jong mense aan te moedig om hartgesonde gewoontes te kweek. Noodnommers: ) Algemene noodnommer: 10177 ) Netcare: 082-911 ) ER24: 084-124
Wees ingelig oor en let op vroeë tekens van beroerte Yolandi van Deventer BEROERTE is skielike verlies aan breinfunksie weens probleme met bloedtoevoer na die brein. Kortliks, van die breinselle kan doodgaan omdat geen suurstof dit bereik en aan die lewe hou nie. Dít kan wees weens ingekorte bloedvloei na die brein, veroorsaak deur ’n blokkasie soos trombose of ’n arteriële embolus (bloedklont), of weens bloeding as een van die are in die brein skeur. Gevolglik kan die geaffekteerde gedeelte van die brein nie funksioneer nie, wat die volgende simptome tot gevolg kan hê:
) onvermoë om een of meer ledemate aan een kant van die lyf te beweeg; ) onvermoë om te verstaan of om spraak te formuleer; ) onvermoë om een kant van die visuele veld te sien; ) skielike, erge hoofpyn; ) duiseligheid; ) sukkel om te loop; ) verlies aan balans en koördinasie; en ) dowwe of dubbelvisie. Beroerte is ’n mediese noodgeval en kan permanente neurologiese skade of selfs die dood veroorsaak.
Risikofaktore vir ’n beroerte sluit in: ) ouderdom; ) hoë bloeddruk; ) vorige beroerte; ) diabetes (suikersiekte); ) hoë cholesterol; ) rook; en ) atriale fibrillasie (onreëlmatige hartklop ). Hoë bloeddruk is die belangrikste faktor wat beheer kan word om ’n beroerte te voorkom. Die skielike aanvang van abnormale spraak en verlamming in die gesig kan vroeë waarskuwingstekens wees. Die afkorting FAST is ’n maklike manier om die simptome van ’n beroerte te ont-
hou en daarop te reageer: F = Face drooping. Wanneer een kant van die gesig hang. Vra die persoon om te glimlag. Is die glimlag oneweredig? A = Arm weakness. Is een arm swak of lam? Vra die persoon om albei arms te lig. Gaan een arm na onder? S = Speech difficulty. Kan die persoon praat? Vra die persoon om ’n eenvoudige sin te herhaal. Word die sin korrek herhaal? T = Time to call. As een van die simptome teenwoordig is, kry dadelik hulp. ) Gesondheidswenke deur Mediclinic Kathu verskaf.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Pret vir bejaardes Lynn-Mari Olivier
VAN links is Marisa Barnard, Sunet du Plessis, Melissa van den Berg en Fanie Buys (streeksorga niseerder, Helpende Hand in Noordwes en die NoordKaap). Foto: Lynn-Mari Olivier
INWONERS van die Mimosahof-tehuis vir Bejaardes op Kuruman het nuwe betekenis aan Internasionale Bejaardedag, wat op 1 Oktober gevier word, gegee. Ronél du Plessis, bestuurder van die tehuis, wou die dag spesiaal maak. Sy het die blink idee gehad om ’n boeresportdag vir bejaardes te hou. Sy het besluit om aktiwiteite te bied wat nie net die bejaardes sou besig hou nie, maar ook tonne vermaak aan hulle sou verskaf. Die dag was letterlik vol sports. Daar was verskeie ouderdomsgroepe om vir almal ’n gelyke kans te gee en die inwoners kon wys waartoe hulle in staat is. Die bejaardes was omtrent bokke vir sports.
Geeneen het op die kantlyn agtergebly nie en natuurlik het almal vir die wenstreep genael. Daar was 70 registrasies vir deelname aan die aktiwiteite Ses aktiwiteite is aangebied. Water is gereeld aan die bejaardes verskaf om te verseker dat hulle nie ontwater of hulself ooreis nie, omdat die kompetisie nogal straf was. Die oudste deelnemer en inwoner van die Mimosahof-tehuis vir Bejaardes was tannie Truitjie de Villiers (96). Die wenner is bereken volgens ’n totale punt saamgestel deur deelname aan verskeie of al die aktiwiteite en die algehele wenner was die 86-jarige oom Louis Fourie. Die inwoners het dié dag terdeë geniet en hulle wil dit ’n jaarlikse instelling maak.
Helpende Hand wen groot Lynn-Mari Olivier HELPENDE HAND se Kuruman-tak is die week as tak van die jaar in die Noord-Kaap- en Noordwes-streek aangewys. Op die jaarlikse kongres op Bela-Bela is elke streek se tak van die jaar vereer. Die Kuruman-tak het ’n sertifikaat en ’n tjek
NADAT die gemeenskap van Kuruman gevra het dat spoedwalle by sekere paaie aangebring moet word, het die Kalahari Bulletin Kuruman op dié munisipale werkers afge kom wat ’n spoedwal by die afrit na Moffatlaan bou. Na bewering vermy taxi’s die hoofpad juis om dat daar spoedwalle is. Hulle word egter nou met die installering van spoedwalle gefnuik.
van R5 000 ontvang. Die bestuur en lede van die tak sê dat daar ’n groot behoefte by die plaaslike Mimosahoftehuis vir bejaardes bestaan. Hulle het besluit om die wengeld vir opknappings by die tehuis aan te wend. Die bestuur van die tak wil elke lid bedank vir hul insette en hulp om die voortbestaan van die tak suksesvol te maak.
TANNIE BABS LABUSCHAGNE neem tydens een van die naellope die voortou. Sy het lekker stof in die ander se oë geskop. Foto: Lynn-Mari Olivier
Foto: Ilse Watson
TYDENS een van die kegelgooinommers het tannie Tina Holtzausen gewys wat in haar steek en die balle mooi netjies in die mandjie gegooi. Aan haar regterkant staan tannie Drienie Grobler.
Foto: Lynn-Mari Olivier
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Projek beplan Benneli Olivier Van der Walt PADVEILIGHEID bly ’n saak van groot belang vir die inwoners van Kathu. Die dorp brei vinnig uit en is lankal nie meer die klein plattelandse dorpie van jare gelede nie. Dít beteken meer verkeer op die paaie en die debat oor moontlike verkeersligte vir Kathu is al lank aan die gang. Die opknapping van die Hendrik van Eck-straat is ’n infrastruktuurprojek wat deur Kumba Iron Ore, in samewerking met die Gamagar-munisipaliteit, gefinansier word. Kumba glo daarin om ’n verandering in die gemeenskap te bewerkstellig en die opknapping van die hoofstraat is oor die algemeen tot voordeel van die padveiligheid van die dorp en sy mense. Die aanbring van verkeersligte sal die dorp se verkeer reguleer en só die padveiligheid vir motoriste verbeter. Tanya Aucamp, kommunikasiebestuurder van die Sishen-myn, sê Kumba Iron Ore heg hoë waarde aan veiligheid; nie net op die myn nie, maar ook op die dorp. Die gesindheid teenoor veiligheid wys duidelik in die verskil wat hy in die gemeenskap teweegbring. Die plan is om verkeersligte op die kruising van Debenweg en Hendrik van Eckstraat as deel van die algemene opknappingsprojek op te rig. Die woordvoerder van die Gamagara-munisipaliteit, Kamogelo Semamai, het bevestig ’n opknappingsprojek is aan die gang. Die hoofpad na die myn word nou opgeknap. Die projek word deur die myn gefinansier. Die munisipaliteit en die myn bespreek die moontlikheid van die aanbring van verkeersligte op die opgeknapte pad wat met die regulering van die oggend- en middagverkeer kan help. Die Gamagara-munisipaliteit kan nie sê wanneer die verkeersligte in werking sal wees nie. Dít is omdat die pad eers die munisipaliteit se verantwoordelikheid sal word ná die voltooiing van die projek. Die munisipaliteit en die myn sal ’n diensleweringooreenkoms bereik waarin duidelik gemaak word wie verantwoordelikheid vir verskeie aspekte van die projek sal neem. Die algemene bestuur van openbare paaie is die regering se verantwoordelikheid.
OB tree by skole in Elaine Swanepoel
DIE openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, het onlangs uitgevaar teen die gemeenskap en regering van Olifantshoek nadat leerlinge ’n hele jaar van skoolonderrig misgeloop het weens die gemeenskap se ontevredenheid met die plaaslike regering. ADV. THULI MA Die gemeenskap DONSELA Foto: Verskaf het verlede jaar skole op Olifantshoek toegemaak omdat hulle teen die Gamagara-munisipaliteit betoog het. “Inwoners het gekla oor swak dienslewering en bewerings van korrupsie en wanbestuur wat die ronde gedoen het. In ’n poging om hul stemme te verhef het inwoners leerlinge verbied om skool toe te gaan,” het sy gesê. Gevolglik het leerlinge van gr. O tot gr. 12 glad nie in 2012 skoolgegaan nie. “Dit was nie die kinders se keuse om nie skool toe te gaan nie,” het Madonsela gesê. “As hulle wou skool toe gaan, is hulle geïntimideer en met geweld gedreig.” Volgens Madonsela het verskeie pogings tot bemiddeling tussen die partye misluk. “Daar is op minstens twee geleenthede ’n ooreenkoms bereik, maar kinders is steeds nie toegelaat om skool toe te gaan nie.” Tydens ’n ondersoek deur die OB se kantoor is daar bevind dat inwoners wel rede tot ontevredenheid gehad het. Die informele nedersettings het nie basiese dienste gehad nie en in die 2010-’11-boekjaar was daar onreëlmatige uitgawes. “Daar is boonop bevind dat Olifantshoek nie ’n hospitaal het nie en ’n tekort aan ambulanse, permanente dokters, toerusting en opgeleide personeel het.” ’n Lys van aanbevelings is aan die munisipaliteit deurgegee.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Weerdiens bied beurse aan studente DIE Suid-Afrikaanse Weerdiens bied beurse aan vir die volgende vier loopbaanrigtings: ) ’n BSc-oorbruggingskursus (Inleiding tot Meteorologie) oor ’n jaar gevolg deur ’n honneurs in meteorologie en ’n nagraadse sertifikaat in weervoorspelling (verwysing: WSbridge-01/09/2013) vir 2014. Gradueerdes met ’n driejaar- BSc-graad met wiskunde, toegepaste wiskunde en fisika as hoofvakke, oseanografie- of meteorologieverwante vakke kan aansoek doen om die jaar lange kursus in basiese meteorologie. Die basiese vereistes is wiskunde op vlak 2 en fisika op vlak 1. Die kursus sal ’n reeks meteorologiese kursusse insluit en by die Universiteit van Pretoria plaasvind. Die kursus begin in Februarie 2014. Ná die suksesvolle voltooiing van die kursus kan studente die geleentheid kry om vir die BSc Honneurs in meteorologie en die nagraadse sertifikaat in weervoorspelling te studeer. ) ’n BSc (eerste, tweede, derde of honneursjaar) in meteorologie, oseanografie, agrometeorlogie, lugkwaliteit, atmosferiese wetenskap en klimatologie (verwysing WS01/11/2013) vir 2014. Leerlinge wat ’n goedkeuringsbrief van ’n universiteit het of reeds by ’n universiteit geregistreer is, kan aansoek doen. Kandidate met ’n gr. 12-sertifikaat met ’n C-simbool vir wiskunde en fisiese wetenskap of ’n oud-hoërgraadslaag in wiskunde of fisika kan aansoek doen. ) Weervoorspellings-internskap (verwysing WS01/12/2013) vir 2014. Gradueerdes met ’n honneursgraad in meteorologie of atmosferiese wetenskap met minstens wiskunde op tweedejaarsvlak en fisiese wetenskap op eerstejaarvlak kan aansoek doen.
Dit sal ’n jaar lange internskap by die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Pretoria insluit. Hierdie internskap begin in Februarie 2014. Kandidate moet gesertifiseerde afskrifte van matriekuitslae, akademiese rekord van universiteitsvakke, identiteitsdokument, getuigskrif, motiveringsbrief en verskillende grade aan die aansoek heg. Om goeie menseverhoudinge en rekenaarvaardighede te hê sal tot die kandidaat se voordeel sterk. Kandidate se aansoeke moet vergesel word deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens se beursaansoekvorm wat by www.weathersa.co.za afgelaai kan word. Rig navrae aan Tshephiso Mmatlwa by 012-367-6214 of tshephiso.mmatlwa@weathersa.co.za. Aansoeke moet gestuur word na: The CEO, South African Weather Service, Private Bag X097, Pretoria, 0001, vir aandag Tshephiso Mmatlwa. Sluitingsdatum is 18 Oktober. ) ’n Nasionale Sertifikaat in Weerwaarneming (verwysingsnommer vir Upington WS01/10/2013) Leerlinge met ’n gr. 12-sertifikaat met ’n E-simbool of hoër vir wiskunde en fisiese wetenskap kan aansoek doen om beurse om vir tien maande lank waarnemingsopleiding by die Suid-Afrikaanse Weerdiens se Meteorologie- opleidingsinstituut in Pretoria te ondergaan van Februarie 2014 af. Kandidate sal opleiding in alle aspekte van weerwaarneming ontvang. Ná voltooiing van die opleiding kan suksesvolle kandidate na streekskantore verplaas word indien hulle ’n geldige rybewys het. Die rybewys moet op eie koste bekom word.
JACQUES LINKS van die SuidAfrikaanse Weerdiens op Upington lanseer ’n weerballon net buite die lughawe. Die SuidAfrikaanse Weerdiens bied beurse in vier loopbaanrigtings aan. Foto: Lizette Slabber
Doen só vir beurs aansoek AANSOEKE vir die eerste drie en die laaste beurs moet van die voorgeskrewe Suid-Afrikaanse Weerdiens-aansoekvorm vergesel wees. Dié aansoekvorm kan by www.weathersa.co.za afgelaai word. Rig verdere navrae aan Sethu Mjiwu by 012-367-6062 of stuur ’n e-pos na sethu.mjiwu@weathersa.co.za. Om in aanmerking te kan kom vir
die beurse moet die aansoekvorm saam met gesertifiseerde kopieë van matrieksertifikate en ’n getuigskrif, asook die relevante verwysingsnommer, na die volgende adres gestuur word: The CEO, South African Weather Service, Private Bag X097, Pretoria vir die aandag van Sethu Mjiwu. Die sluitingsdatum is 18 Oktober.
Platteland wink vir sakelui Vida Booysen NOORD-KAAPSE entrepreneurs beleef ’n bloeitydperk soos min, sê Simone Cooper, hoof van franchise-skepping en entrepreneurskap van Standard Bank. Nuwe winkelsentrums met verskeie franchises verrys oral op Noord-Kaapse plattelandse dorpe. Verlede week het die Kalahari Mall op Upington geopen. Die tweede fase van die Kathu Village Mall is ook voltooi. Dorpe soos Kuruman, Hotazel, Kathu, Beeshoek en Postmasburg spog deesdae met heelwat nuwe winkels. Die afgelope drie jaar het 13 nuwe ystererts- en mangaanmyne in dié omgewing geopen. “Dit het ’n toestroming van nuwe intrekkers en groei in die winkelsentrums tot gevolg gehad. Só kan die streek byvoorbeeld nou aanspraak daarop maak dat hier meer ingenieurs saamgetrek is as in enige ander gebied in SuidAfrika,” sê Cooper. Sy sê die bankgroep beleef beslis die positiewe uitwerking van die groei in dié ylbevolkte provinsie se inwonertal. “Een voorbeeld hiervan is ons tak op Kuruman se kliëntebasis het verlede jaar met meer as 30% gestyg. Bankstatistieke toon ook die Noord-Kaap het nou ’n gesogte bestemming
vir voornemende franchise-eienaars geword.” Nuwe kliënte in die streek is onder meer kitskos-franchises wat die afgelope jaar in die streek geopen het, en motor-franchises wat dienste soos nuwe motorbande of die herstel van uitlaat- en remstelsels bied. Onafhanklike klein- en mediumgrootte ondernemings wat dienste aan die myne verskaf, is ook deesdae nuwe kliënte van die bank. Hernubare energie is nog ’n nuwe sektor wat die merkwaardige Noord-Kaapse ekonomiese vooruitgang aanwakker. Miljoene rande is opsy gesit vir sonkragprojekte wat deel van die departement van energie se groenkrag-aankoopprogram vorm. “Die opening van ’n franchise in die NoordKaap kan die bedryfsregnemer in ’n sterk sakeposisie plaas,” sê Cooper. Sy sê mededinging is nog nie so straf soos in die stedelike gebiede nie, veral as die franchise-nemer een van die eerstes in die gebied is. “Die meer ontspanne plattelandse lewenswyse bied ook sy voordele en ons vind sakelui se aanvanklike huiwering om die stad te verlaat maak gou plek vir tevredenheid, ook van hul gesinslede.”
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
13
Matrieks mooi getooi vir afskeid MATRIEKS van die Hoërskool Daniëlskuil het op Woensdag 18 September hul afskeidgeselligheid gehad.
DEFTIG uitgevat vir hul spesiale aand – Morgwin Whitlow, Anvar Louw, Jason Waldick, Byron van Wyk, Gershwin Companie en Romario van Rooyen.
MOOI aangetrek in swart en rooi, Aretha Rai nier en Jean Jeppe.
PRAGTIG uitgevat vir die aand – Yvonne Mats hedisho, Venessa Maneli en Boipelo Dikgetsi. SWIERIG uitgerus het hierdie meisies pragtig vertoon vir hul matriekafskeidgeselligheid – Surrai ne Uren, Sulizma Jordaan, Lizein Jordaan, Riana von Weidts en Aretha Rainier. Foto’s: Erena Oberholzer
BRUMILDA JOACHIM en Jacques Bezuiden hout het mooi gelyk in hul kleurkombinasies. ’n MAN se hare moet mooi gedoen wees vir die geleentheid – Nathan Wimmer en Ruan Oberholzer.
TERTIUS VISTER en Sulaila Jenneke – net so pragtig in rooi en swart.
LUCIAN DAMON wys hy is reg vir die groot ge leentheid.
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Matrieks koninklik gegroet Ilse Watson
OP 18 September het die Hoërskool Kalahari ’n spoggerige matriekafskeidgeselligheid met die tema William en Kate se troue gehou. “Bruilofgaste” het met ware swier en weelderige motors by die skool opgedaag.
Die saal was in blou, rooi, wit en silwer getooi. Die tafels is met groot silwerkleurige kandelare met kerse en blommerangskikkings versier. ’n Trompet is deur een van die “paleis” se orkeslede geblaas, gaste is gevra om op te staan en op dreunklanke van Mendelsohn se Troumars het
“prins Harry” (Fritz Odendaal) die optog gelei. Saam met hom het ’n hofknapie en ’n blommmemeisie (Charlo van den Bergh en Marion Aucamp) op die rooi mat ingestap. Net agter hulle het die koninklike egpaar (Frik van Heerden en Anri Van Rooyen) grasieus gevolg met “Kate se sussie” (Erika van der Westhui-
zen) wat die sleep gedra het. Kelners en kelnerinne van die “paleis” in swartwit uniforms getooi het die erewag gevorm. Ná die “koninklike wuif” en “daardie soen” op die balkon het die verrigtinge normaalweg gevolg. Johan Jonker het gesê in die 33 jaar dat hy skoolhou het hy nog nooit
so ’n mooi getooide saal beleef nie. Die matrieks was aangenaam verras en kon glad nie vanjaar die tema reg raai of uitvis nie. Die gr. 11-leerlinge het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Die ouers, wat kliphard saamgewerk het, het dit ’n onvergeetlike aand gemaak.
PRAGTIG in rooi en swart geklee om by die aand se tema te pas – Andrew Byleveldt en Kar la Benade. Foto’s: Verskaf LINKS: Opgewonde en vrolik – Frik van Heer den en Anri van Rooyen.
DIE gr. 11leerlinge ontvang die eregaste.
DIE saal koninklik versier vir die spesiale gesel ligheid. DIE Hoërskool Kalahari neem eersdaags sy skouspel na die Laerskool Black Rock. Dit gebeur op 15 Oktober om 19:00 wanneer die gehoor behoorlik vermaak sal word. Kaartjies is beskikbaar by die Laerskool Black Rock. Dit kos R10 vir
DIE pragtige blommemeisie en hofknapie, Ma rion Aucamp en Charlo van den Bergh.
volwassenes en R5 vir kinders. Kontak Welma by 053-751-1350 vir die aankoop van kaartjies.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
HARDBODY, 2005: R59 500. 2004 Hardbody: R57 500. 2006 Ranger: R49 500. 072 472 8686. ISUZU 2001, with canopy: R49 500. 1996 Toyota, with canopy: R45 000. 2001 Colt: R39 500. 071 967 0285.
KUNSKLASSE WORD IN vakansietyd aangebied. Uitsny van alle vorms vir skooltake. Maak van trou-, verjaardag-, kombuistee- en ander kaartjies. Skakel Kay 083 254 3120.
RAIDER, 2005: R85 000. 2004 Condor: R75 000. 2002 KZTE: R75 000. 072 472 8686 or 071 967 0285. TOYOTA HILUX 2.0 RS, 2004, R50 000. Skakel 052 712 0603/9.
HONDA XR500: Vir onderdele of om te herbou, R500. SUZUKI DR500 vir onderdele of om te bou. 053 712 0603/9.
KOMPRESSOR 150 L: 380 volt, R1 500. Skakel 053 712 0603/9 of 082 825 6452.
KIA PREGIO 2.5 DIESEL, 2005, 12-sitplek-bus, R40 000. Skakel 053 712 0603/9.
TOWN RADIAL ARMBOOR: 2 m x 50 mm R40 000. Skakel 053/712 0603/9 of 082 825 6452. SAMPLE-/CRUSHERKOMBINASIE: Hadfield 300 x 200 Jaw Crusher en Hatfield 8 x 4 Smooth Roll Crusher. Altwee op selfde staalraam gemonteer. Elke eenheid word individueel deur 'n 380-V- elektriese motor aangedryf. R42 000. ( 053 712 0603/9
COROLLA, 1993: R19 500. 1998 Hyundai: R19 500. 1999 Uno: R19 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. COROLLA, 1995: R28 500. 1996 Golf: R25 500. 1998 Jetta 3: R26 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
STAALTRAPPE MET HANDRELING: Ideaal vir 4m hoogte: R700. 053 712 0603/9. SWEISGORDYN met raam, 20-string-groengordyn, R300 vir alles. 053 712 0603/9 of 082 825 6452. VERSKEIE 3-FASEmotors te koop. Skakel Elsie 082 826 1431.
U kan gerus 'n epos ook aan ons stuur na
CORSA, 1999: R28 500. 1995 BMW: R26 500. 1997 Astra: R28 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.
of besoek gerus ons webtuiste www.realnet.co.za ONS HELP GRAAG!
HYUNDAI, 1996: R12 500. 1989 Sierra: R12 500. 1984 Escort: R11 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
VLEKVRYESTAAL- URINAAL: Enkelpersoon, nuut, was nog nooit geïnstalleer, R300. Skakel 053 712 0603/9.
HYUNDAI ELANTRA 1.6 GLS: 1995. R20 000. Phone 053 712 0603/9.
WAY TRAIN 916- horisontale bandsaag-masjien vir staal. So goed soos nuut. R17 000. ( 053 712 0603/9 of 082 825 6452.
OPEL OMEGA 2.2i, 2001: R35 000. 053 712 0603/9.
AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.
GWM 2.2 Lux, single cab, LDV, 2007, R45 000. Phone 053 712 0603/9.
COROLLA, 2007: R79 500. 2004 Golf: R55 000. 2001 Sentra: R33 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.
HONDA 1.3: 1985. Very good condition with only 62 000 km. Must see. HONDA 1.6: 1987. In good condition. Phone 083 772 2316.
VICTOR Kent Shotblast plant: Model - VPR, Serial No 629. Volledig met operateursgesigskerm. R3 500. ( 053 712 0603/9 of 082 825 6452.
FIAT: 2007. R55 000. 2000 Bantam, canopy: R39 500. 1999 Corsa, canopy: R36 500. Phone 071 967 0285.
1. Praghuis te koop: Baie modern en luuks. R1 600 000 2. Huis met meenthuis te koop: Het bestaande huurkontrak met woonstel, goeie inkomste. R3 200 000 3. Luukse gastehuis te koop: Met goeie inkomste. R6 100 000 (onderhandelbaar) 4. Erf te koop: Kuruman R440 000 (onderhandelbaar) 5. Erf te koop: Dibeng R250 000 (onderhandelbaar) 6. Huis te koop of te huur: Kathu 7. Huis te koop in Kathu, tesame met 'n woonstel, geleë by die gholfbaan. R2 000 000
HONDA CR 80: 2002. Tweeslag, in puik toestand. Enjin 'oorgedoen'. R4 000. Skakel 053 712 0603/9.
JO-JO-DIESELTENK in raamwerk. Gebou om op bakkie te laai. Volledig met 12-volt-hervulpomp. R4 000. (053 712 0603/9.
VIR ALLE BOU-, pleister, verf en loodgieterswerk. Dertig jaar ondervinding. Skakel 082 791 4249.
SKAKEL: RONETTE COETZEE 079 902 2701 MANITA VAN ZIJL 053 712 1066 OF HANS KRUGER 053 712 1066.
NISSAN, 1996: R26 500. 1992 Bantam, with canopy: R24 500. 1988 Bantam: R15 500. 072 472 8686.
DRAAIBANK: Vervaardiger - LANG 3,5-mbed, R40 000. Skakel 053 712 0603/9 of 082 825 6452.
kuruman@realnet.co.za
TE HUUR - KURUMAN 3-slk-huis en 1-slkwoonstel. JY KAN onderverhuur. R12 000. 3-slk-meenthuis vanaf R11 000. TO LET - KURUMAN 3-bedr home and 1bedr flat. SUBLETTING permitted. R12 000.
GYPSEY CARAVETTE 5woonwa/karavaan, 1989. R25 000. 053 712 0603/9.
CASH FOR CARS AND BAKKIES: R5 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
053 712 1961 053 712 2068
Kuruman
MITSHIBUSHI COLT 2.8D, 2004. Canopy. R47 000. Phone 053 712 0603/9.
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
Columbia Carpets/ Blinds
G. MNYALUZA
3-bedroom townhouses from R11 000
Call Susan 082 423 6311
KAMEELDORING EIENDOMME Tel. 053 712 3760 Te huur – Kuruman 2-slk-woonstel, R5 500. 3-slk-huis, 2 badkamers, dubbel-m/huis, R9 000. 3-slk-huis, 1 badkamer, enkelm/huis, R10 000. 4-slk-huis, 2 badkamers, enkel m/huis plus dubbelafdak, lapa, swembad, R17 000. Te koop: 3-slk-huis, 1 badk, dubbel-m/huis, swembad, braaiarea, R1 250 000. 3-slk-huis, 2 badk, dubbel-m/huis, braaiarea, R1 300 000. 3-slk-huis, 2 badk, enkel-m/huis plus afdak plus 2-slkw/stel, R1 750 000. 9-slk-huis, 8 badk, reeds gesoneer vir gastehuis, R1 300 000. Skakel: Frikkie 073 273 1762 Koos 084 733 5835
2 SLAAPKAMER woonstel beskikbaar @ R5 000 p.m. water ingesluit. Skakel Mariaan 082 553 6502. EEN-SLAAPKAMERwoonstel te huur. Loop-afstand vanaf dorp. Skakel 083 539 2122 of 082 334 9438.
SOEK, KOOP, VERKOOP
In die boedel van wyle George Mnyaluza, ID 420914 5524 081, met nagelate eggenote Elsie Mnyaluza, ID 460807 0558 091, in lewe van Huis 1821, Nanana Seksie, Batlharos, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 7011/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogenoemde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 11 Oktober 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.
J.P. Markram
In die boedel van wyle Kelemogile Morris Mogale, identiteitsnommer 510810 5718 080 van Huis 339, Mapoteng Village. Boedelnommer: 3132/2013 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 11 Oktober 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460
Y.A. Hossain/M.I. Hossain
SHORT FORM SUMMONS
In the Regional Court for the Region division of North West held at Vryburg. Case No:NW/VRY/RC 301/2013 In the matter between: YASMIN ABDUL HOSSAIN Plaintiff and MOHAMMED IQBAL HOSSAIN Defendant TO: Mohammed Iqbal Hossain, an adult male formely residing at Kuruman but whose present whereabouts is unknown.
TAKE NOTICE THAT
Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle John Petus Markram, 'n wewenaar wat woonagtig was te Plaas Aandrus, Kuruman, Noord-Kaap, distrik Kuruman. Boedelnommer: 970/2010 Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 11 Oktober 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
by summons issued out of this Court, you have been called upon to give notice within one (1) month after publication hereof to the Registrar/Clerk of this Court, Private Bag X6, Vryburg 8601 and to the Plaintiff's attorney, 136 Market Street, Vryburg 8601 of your intention to defend (if any) in an action wherein: 1. Decree of divorce 2. Each party to retain the assets, in his/her possession.
TAKE NOTICE FURTHER that if you fail
to give such notice, judgment may be granted against you without further reference to you. Dated at Vryburg on 27 September 2013. DU PLESSIS-VIVIERS INC Attorney for Plaintiff 136 Market street P.O. Box 2010 Vryburg 8600 Tel. 053 927 1045 Fax 053 927 1108 REF: FJ VAN AS/AH0107
K.J. Gasemokwena Nedbank/SP Havenga
AVON REPRESENTATIVES needed. Want to earn extra money? Work for yourself. SMS your name, town and cell Nr to 083 721 5888.
C.D. Corner
V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20.
Duvenhage & Van Der Merwe Ing.
K.M. Mogale
In the estate of the late CD Corner, identity number 710622 5106 085 of 4 Buitekant Street, Wrenchville. Estate number: 2327/2012 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 11 October 2013, at the office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Kuruman. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460
Duvenhage & Van Der Merwe Ing.
15
VERKOPING
In die Hoë Hof van SuidAfrika, Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley. Saaknr: 321/2013 In die saak tussen: NEDBANK BEPERK Eiser en SAREL PRETORIUS HAVENGA Verweerder Ingevolge 'n vonnis van die Hoë Hof van Suid-Afrika, Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley, gedateer 10 April 2013 sal die ondervermelde eiendom/me geregtelik verkoop word aan die hoogste bieder by die Perseel te
Douglaslaan 4, Lime Acres op Dinsdag 22 Oktober 2013 om 10:00.
SEKERE: Erf 56, Lime Acres GELEË: In die distrik Hay, provinsie Noord-Kaap GROOT: 1 882 vierkante meter GEHOU: Kragtens Akte van Transport T.638/2001 (ook bekend as Douglaslaan 4, Lime Acres). Die verbeterings op die eiendom bestaan uit: 'n Losstaande woning/s met buitegeboue.
Maar niks word in hierdie verband gewaarborg nie.
Tien persent van die koopprys met Belasting op Toegevoegde Waarde daarop, indien van toepassing en afslaersgelde tesame met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige afslaersgelde betaalbaar in kontant op die datum van die verkoping, die balans met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige balans waar van toepassing teen transport verseker te word deur 'n aanvaarbare waarborg. Die voorwaardes van verkoping mag nagesien word gedurende kantoorure by die kantoor van die Balju vir Groblershoop en sal uitgelees word onmiddellik voor die verkoping.
NEEM VERDER KENNIS DAT:
Dit 'n verkoping in eksekusie op grond van 'n vonnis in die bogenoemde hof. Die reëls van die veiling is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoop by die kantoor van die Balju van die Hooggeregshof Groblersdal, provinsie van die Noord-Kaap. Registrasie as 'n koper, onderworpe aan sekere voorwaardes, naamlik: 1. Voorskrifte van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (verkrygbaar by URLhttp://www.iknfo.gov.z a/view/DownloadFileActio n?id=99961) 2. FICA-wetgewing ten opsigte van identiteit en adresbesonderhede. 3. Betaling van registrasiegelde. 4. Registrasievoorwaardes. Gedateer te Kimberley hierdie 20ste dag van September 2013. DUNCAN & ROTHMAN Eiser se Prokureur Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 Kimberley 8301 VERW: A. Boonzaier/dr/Ned2/0366
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE
In die boedel van wyle Khuwajane John Gasemokwena, ID 260616 5284 086, met nagelate eggenote Matogomane Elsie Gasemokwena, ID 300704 0434 088 en lewe van Huis D470, Selosesha Seksie, Morokweng, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 379/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 11 Oktober 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Opportunity with a Listed Chemical Production and Export Company. DELTA EMD, a global supplier of ELECTROLYTIC MANGANESE DIOXIDE (EMD) used primarily for the manufacture of dry cell batteries, has this opportunity available for a hands-on specialist at its Black Rock operation in the Northern Cape:
STORES CONTROLLER (Own housing is essential)
REQUIREMENTS: • A Grade 12 (a Procurement or Purchasing and Supply Certificate will be advantageous) • A minimum of 3-5 years in a stores environment • Experience in the use of SYSPRO or other procurement programme • A Code 08 driver’s licence • Computer literacy • Self-motivation with the ability to work independently • Basic accounting and good administration skills • Negotiating and reporting skills • Good time management skills • A team orientation • Good communication and interpersonal skills
RESPONSIBILITIES: • Support the materials management function at Black Rock with accurate inventory and adequate spares backup so as to maximise production uptime at the plant • Ensure movement of stock complies with company standards and procedures • Receive and issue stock • Administer returned parts • Participate in stocktaking • Expedite outstanding purchase orders • Ensure good housekeeping standards are maintained in the stores • Maintain good safety standards • Supervise subordinates • Perform ad hoc tasks as delegated by Management
A highly negotiable market-related remuneration package is on offer. Interested candidates can forward application letters with certified copies of qualifications and a copy of their Curricula Vitae to Mrs S de Kock (Human Resources) at sdekock@deltaemd.co.za Closing date for applications: 18 October 2013 For more information on Delta EMD, please visit www.deltaemd.com Human Communications 103151
www.humanjobs.co.za
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
B E T R E K K I N G S
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
JOHNATHAN STEENKAMP en RinMarie Coetzee, ook van die Hoërskool Duineveld, was darem self spoggerig vir die groot aand. Foto: Pieter van Wyk
Alte fraai getooi vir groot aand ALVIN STEENKAMP en Rozanne Cilliers van die Hoërskool Duineveld het pragtig gelyk vir hul matriekafskeidgeselligheid. Foto: Pieter van Wyk
Pryk in skemerlig SÓ lyk die Kalahari Mall op Upington in die skemer verlig. Dié winkelsentrum het sy deure op 26 September vir die publiek geopen. Foto: Anena Burger
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Kumba is for
FROM left are, front: Refilwe Molale, Ma sego Stuurman, Kei tumetse Mereotlhe, Oratile Mosimanya ne, Lesego Baepi and Kenalemang Morena; back: Mogomotsi Baotlwaeng, Nozim bo Nyembe, Keaole boga Kgalidi, Tshe pang Tshetlho (instructor), Botshepo Mokoduane and Kat lego Botsime.
women
Stuur jou nuus só LESERS in Kuruman, Hotazel, Daniëlskuil en Black Rock word genooi om hul nuus en sport (met foto’s) na die Bulletin te stuur. Vir nuus kontak Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com en vir advertensies skakel 053-712-2185 en gesels met Rassie of Ricardo.
Photo: Provided
Mohlaleng_1588_E1
KUMBA IRON ORE’S SISHEN MINE now boasts even more girl power in its operator team, as a group of 11 women trainees recently started their training at Mining Training. Operator training comprises a theoretical and practical component, spanning over a period of three months. To add to this group’s estrogenic levels, a female instructor, Tshepang Tshethlo, teaches the women how to operate Sishen’s powerful water and secondary haul trucks. “This is the first all women group that I have trained but it is not really different from training men. I do, however, enjoy training women because they are passionate and determined to prove that they can be as good as men. Whether you are male or female, you must believe that you can do the job. Only then will you succeed,” Tshepang says. In the beginning the women all believe the stereotype that it is dangerous to be a woman in mining but this is a common misconception. “Most women are scared of mining because they fear that they might get injured or think they won’t be able to bear children. That is not true. Kumba provides us with excellent safety equipment, and if you work safely, it is no more dangerous for a woman operator than for a male operator,” says Lesego Baepi. “Safety begins with each individual, and if you pay attention to your training and practise what you have learnt, the workplace should not be a dangerous place.” Oratile Mosimanyane agrees. “Kumba provides us with sufficient fatigue assistance, including meals and compulsory rest breaks; working night shifts will not be a problem for me,” she adds. Completing her operator training has boosted her self-confidence a lot, says Mogomotsi Baotlwaeng. “I also think it is necessary for the mining industry to have women around,” she continues. “Where there is a woman around, the housekeeping is much better because we pay attention to detail, and it rubs off on our male colleagues. Both genders bring different strengths to the industry,” she concludes. These women see this job as the chance of a lifetime. “I feel so privileged to have this opportunity. Thank you Kumba for believing in us! I am proud to be part of the Anglo family and I know I can make a difference,” says Boitshepo Mokoduane. Masego Stuurman agrees. “Come on women, Kumba offers such wonderful privileges and working conditions. If I can do it, so can you!”
19
Spring is finally here... VZLWFK save and VSODVK RXW
,W·V DOPRVW WLPH WR VD\ JRRGE\H WR ZLQWHU LQGRRUV DQG JHW UHDG\ WR VSULQJ FOHDQ \RXU KLJK HOHFWULFLW\ ELOOV +HUH·V KRZ WR JR DERXW VDYLQJ IRU VXPPHU E\ VWDUWLQJ ZLWK \RXU VZLPPLQJ SRRO
0DNH UHJXODU ¶SRRO VHDVRQ· PDLQWHQDQFH D SULRULW\ Start by cleaning your pool filter at the beginning of spring. Do so at regular intervals in summer and throughout the year; a clean filter is key to better water flow. You must also, brush the floor and walls of your pool to remove debris that the filter misses, and clean areas with the least circulation, at least once a week. Most importantly, make regular pool maintenance a priority.
)LOWHU WZLFH D GD\ Do all the above and you could experience notable savings on the energy required to run your pool pump by limiting it to … two, three-hour filtering cycles every 24 hours. The general rule of thumb is that all the water should be filtered at least once every 24 hours. When the pool is used frequently in summer, filtering should be increased. However, more than three filtering cycles per 24-hour period are considered wasteful and unnecessary. Tip: To determine how long the pool pump has to run to complete one filtering cycle, divide the capacity of the pool (in litres) by the flow rate of the pool pump (in litres per minute) to arrive at the number of minutes needed to filter all the water once.
6ZLWFK RII EHWZHHQ SP DQG SP Set your pool pump to run outside 5pm and 9pm, the period of peak demand for electricity in South Africa – this simple act would greatly contribute to reduce demand pressure on the national electricity grid. In fact: If your pool pump, together with 640,049 other pool pumps in South Africa, were to be switched off between 5pm and 9pm, more than 60MW would be freed-up, enough to power a town the size of Stellenbosch.
,PSURYH WKH HQHUJ\ HIÀFLHQF\ LQ \RXU KRPH DQG VDYH E\ IROORZLQJ WZR VLPSOH VWHSV 6ZLWFK RII … any appliance and lights you do not need at any particular moment 6ZLWFK WR … new energy-efficient technologies throughout your home. For more energy-saving tips going into spring and summer visit www.eskom.co.za/idm
Powering your world Issued by Eskom Integrated Demand Management October 2013 Eskom Holdings SOC Limited Reg No 2002/015527/06
1923-
2013
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 OKTOBER 2013
Wrenchville, Kathu meet kragte DIE afgelope naweek het die Wrenchville-krieketspan swaarde met Kathu se eerste span op Kathu se tuisveld gekruis. Kathu het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die span van Wrenchville was ten volle bewus dat die swaargewig-span daarop uit is om ’n groot telling op die bord te sit en toe geweet dat goeie dissiplinêre boulwerk deurslaggewend sou wees. Die paaltjies het aanhoudend geval en Kathu was almal uit vir 153 lopies. Die beste boulers was JP Minnaar met 3 paaltjies vir 27 lopies van 7 beurte, Breyten Buys met 3 paaltjies vir 35 lopies in 9 beurte, Edwin Coetzee met 2 paaltjies vir 27 lopies in 9 beurte en Ayrton Heyns met 1 paaltjie vir 47 lopies van 9 beurte. Kathu se beste kolwers was R. van Wyk met 38 lopies en Damian Joseph met 28 lopies. Die span van Wrenchville het gaan kolf en die eerste paaltjie het gekantel op 53 toe JP Minnaar vir 20 b.v.p. betrap is. Nog twee paaltjies het vinnig gekantel waarna Breyten Buys opgekom het en ’n kolfvennootskap van 72 lopies met Edwin Coetzee opgestel het. Coetzee is op die grens vir 36 uitgevang. Werner Buys het die wen-lopies aangeteken en op 16 n.u.n geëindig en Breyten Buys op 43 n.u.n. Wrenchville het met vyf paaltjies gewen en die kaptein, Breyten Buys, is aangewys as speler van die wedstryd. Die dag is deur goeie sportmangees van albei spanne gekenmerk. Wrenchville speel die naweek teen Tigers op die Hoërskool Kalahari se veld.
DIE spelers is van links, voor: Eaghan Coetzee, JP Minnaar, Russel Keet, Werner Buys en Geraan Isaacs; agter: Ronaldo Lockey, Rick Fortuin, Daryll Peacock, Breyten Buys (kaptein), Neville Bridges (voorsitter), Ayrton Heyns, Edwin Coetzee, Jovandre Moorcroft en Jeffrey van Wyk. Foto: Verskaf