Kuruman bulletin 20131127

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

28 NOVEMBER 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Botsings wek kommer

Padongelukke in swart naweek voor vakansie eis 11 mense Ilse Watson MET Kerstyd om die draai is die Kathu-Kuruman-omgewing die afgelope tyd geruk deur ’n reeks motorongelukke waarin verskeie mense oorlede is. Die naweek van 10 November was ’n swart naweek toe 11 mense op en om Kuruman in motorongelukke gesterf het. Dít nog voor die vakansie wat nou aanbreek en die feestyd wat begin. Die Kalahari Bulletin het ondersoek na die ongeluksituasie op Kuruman en Kathu ingestel. Groot kommer heers oor die aantal ongelukke wat oor die jaar heen voorkom. Bestuur onder die invloed van drank en spoed speel ’n groot rol in die voorvalle, waarvan die meeste in die vroeë oggendure voorkom. Die rol van drank is een van die dinge wat bekommer nadat 28 motoriste verlede naweek weens dronkbestuur in hegtenis geneem is, sê asst.-supt. Bruce Slambert van die Gamagara-verkeersdepartement. Die meeste ongelukke in die Kathu-omgewing vind plaas in die eerste 20 km op die N14 van Kathu se hoofpad in die rigting van Kuruman af. Die groot brandpunte by Kuruman is die paaie na Hotazel en Daniëlskuil. Op Kuruman is sewe insleepdienste wat op ongelukstonele moet help en op Kathu drie maatskappye wat help met die insleep van onklaar voertuie of voertuie wat in ongelukke betrokke was. Al die insleepdienste is elke dag druk besig. Die doodsteek van Kuruman is blykbaar die aantal kuierplekke waar groot hoeveelhede alkohol gebruik word. Boonop speel spoed ’n groot rol, veral in gevalle waar motoriste oënskynlik vir die pret jaag. Motoriste jaag onder meer van die verkeersligte (by die Wimpy) in die rigting van Daniëlskuil, draai weer om en jaag terug dorp toe. Soos wat ’n mens Kuruman van Daniëlskuil af nader, is daar ’n draai en afdraande. Hier word beheer oor voertuie verloor en word in geboue vasgejaag. ’n Insleepdiens van Kuruman het die volgende statistieke verskaf oor die aantal voertuie wat ingesleep word – wat onklaar

VERLEDE Donderdagmiddag het ’n ongeluk tussen ’n swaarvoertuig en ’n Hyundai i20 digby die ingang na Kathu plaasgevind. Volgens ooggetuies wou die bestuurder van die Hyundai na regs draai, maar is dit deur die swaar voertuig getref. ’n Vrou wat die Hyundai bestuur het, het longbeserings opgedoen en haar been gebreek. Ernstige ongelukke kom gereeld op die N14 tussen Kathu en Kuruman voor. Foto: Ilse Watson voertuie en voertuie wat in ongelukke betrokke was, insluit: April: 89; Mei: 103; Junie: 85; Julie: 105; Augustus: 125; September: 103; Oktober: 87. ’n Insleepdiens van Kathu het die volgende statistieke verskaf: Mei: 13; Junie: 8; Julie: 8; Augustus: 8; September: 8; Oktober: 8. Dié spesifieke insleepdiens se syfers is bedrieglik laag, omdat heelwat werk tussen Kuruman en Kathu gedeel word. Na wat beweer word, vind die meeste ongelukke in die vroeë oggendure – tussen 02:00 en 04:00 – plaas. ’n Insleepdiens van Kuruman het bevestig ongelukke by die padwerke om Kuruman het wel verminder. In die feestyd gaan die verkeersafdelings

van Kuruman en Kathu voortdurende padversperrings beman. “Ons gaan fokus op mense wat onder die invloed van alkohol bestuur, asook mense wat roekeloos en nalatig optree. Ons gaan ook fokus op bestuurders wat sonder rybewyse ry,” het Hein van Rooyen, hoof van die Kuruman-verkeersafdeling, gesê. “Die wettige perk vir die gebruik van alkohol is 0,5 – daar sal teen enigiemand wat dit oorskry, opgetree word,” het Van Rooyen

gesê. Volgens Slambert gaan hulle ook in Desember en Januarie padversperrings beman. Dronk bestuurders moet geen simpatie verwag nie, maan hy. Motoriste word versoek om padreëls en verkeerstekens te gehoorsaam. Hulle word ook versoek om nie op ongelukstonele te stop as daar reeds nooddienste op die toneel is nie. ’n Samedromming van mense belemmer hul werk.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Kerk se eeufees kleurvol gevier Ilse Watson

DIE NG kerk Daniëlskuil het die naweek sy eeufeesviering gehou. Saterdag vroeg was daar ’n 50 km-rit vir fietsryers en van 10:00 af het gemeentelede en die gemeenskap by die kerk bymekaargekom om dié spesiale geleentheid te vier. Die kerk se tuin is vrolik versier en oral was stalletjies met die heerlikste kos – pannekoek, kerrie-en-rys, regte basaarpoeding, braaivleis, koekies, lekkergoed, konfyt en koeldrank. Die perde-kommando van Daniëlskuil het by die kerk ingedraf en almal het saamgedrom vir die loslaat van ’n klomp wit ballonne. Die eeufees-gedenkteken is ook onthul. Ruben Lennox het Saterdagaand by die kerk opgetree en Sondag is ’n erediens gehou. Ds. Schalk Theart is aan die stuur van sake. Hy is ’n gereelde skrywer vir Kalahari Bulletin en vermaak ons met sy unieke, kleurvolle stories uit Namakwaland. “Toe ek in st. 1 (gr. 3) was, het ek al geweet ek wil ’n predikant word,” vertel Theart. Hy het sy studie aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en op 25 Januarie 1981 is hy by die Van Riebeeck-gemeente (naby Wynberg) bevestig. Hy is nou byna twee jaar op Daniëlskuil. “Die Noord-Kaap se mense is lekker. Ek en my vrou geniet dit vreeslik om hier te wees,” vervolg Theart. Sy rubriek, Suurklontjies, in die Kalahari Bulletin is een van sy groot plesiere in die lewe. “Ek ken so baie stories en hoor so baie stories. ’n Skoolvriend van my het gesê ek moet begin skryf en toe doen ek dit. Alles in my stories het êrens, op die een of ander manier, gebeur.” Hy skryf oor mense en vertel hul stories – soms is dit skreeusnaaks en soms hartseer. Hy probeer altyd om positiewe goed oor mense weer te gee. En hy hou daarvan om met die een of ander punchline te eindig. “Mense moet verder dink oor die storie, ek los hulle met nog so ietsie om oor te wonder.”

DS. SCHALK THEART van die NG kerk Daniëlskuil. Foto’s: Ilse Watson

HEERLIKE eetgoed is te koop aangebied en lekkers en koekies is pragtig toegedraai en versier.

DIE vleisbraaistalletjie was baie gewild onder die feesgangers.

DIE perde-kommando van Daniëlskuil was ook daar.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

3

Sishen’s new GM leads from the front Ilse Watson “THE Sishen Mine is a world-class asset and a benchmark operation. To work with such a company is an opportunity of a lifetime and I grabbed it with both hands. The employees of the mine have proven themselves over and over again.” These were the words of the newly-appointed general manager, Johan van Schalkwyk. He started his studies in 1993 (BEng

Mining) at the University of Pretoria and completed his degree in 1996. He was the holder of an Anglo American bursary. His career started at Bank Colliery (Witbank) and after six months he was appointed as a miner in underground coal mining. “Whilst working here I learnt that one was very dependant on team members. This provided me with the basis of my way of focusing on an integrated and interactive management approach.”

JOHAN VAN SCHALKWYK, Kumba Iron Ore Sishen Mine’s new general manager. Photo: Supplied

Van Schalkwyk moved around in the Anglo American Group and in 2009 he was appointed general manager of New Vaal Colliery. “This appointment prepared me for my position as general manager of the Sishen Mine.” Van Schalkwyk said he believed in a collaborative approach and aimed to be visible and to lead from the front. He added that he wanted to engage with employees as much as possible. He described himself as meticulous and passionate about achieving success as part of a team. He is married to Melanie. “She has enriched my life with a 10-year-old son, Matthew. I am proud of her accomplishments as the managing director (MD) of a

family business in the hospitality industry and I support her as a career maker. We inspire each other to reach greater heights,” continued Van Schalkwyk. “My favourite weekend activities include exercise and I plan to start playing golf soon. I also enjoy lighting a fire for a braai or a potjie. “I love watching rugby and cricket and support all the South African teams. “As a family we like seeing new places, their cultures and history. One of our favourite holidays was visiting the Great Barrier Reef in Australia.” For Van Schalkwyk the Anglo “real mine, real people, real difference” became a reality and he plans to make the Sishen Mine the best mine it can be.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dra swaar

Redding gryp aan DIT was en is steeds ’n storie wat ons land se mense aangegryp het. En toe gaan die storie internasionaal en almal is deel van die mooiste hond wat in Kimberley se Groot Gat geval het. Dit is ’n nuusstorie wat mense se hart geroer het. Kuruman Bulletin se moederkoerant, Volksblad, se verslaggewers het bontgestaan en ’n paar dae rondgehardloop om die hele storie na die beste van hul vermoë aan die wêreld oor te dra. Webwerwe, Facebook en Twitter het behoorlik gegons. Die video van die reddingspoging is meer as 13 000 keer gekyk. Kaptein Seeley, soos die hond bekend staan, het veroorsaak dat ’n nasie saamstaan. Almal het ingegryp en van oral oor probeer help. In tye waar ons lees van moord, verkragting, ontevredenheid met salarisse, ontevredenheid met dienste in die land, te veel geld wat deur politici bestee word en paaie wat vol gate is, was dit verfrissend om weer ’n slag ’n goeie, positiewe nuusstorie te kon ervaar. As Suid-Afrikaners só in

vervoering kan raak oor ’n hond, hoekom kan hulle nie in vervoering raak en saamstaan om dienste en probleme in die land te verbeter nie? Dit blyk ’n onmoontlike taak te wees om al die dinge wat verkeerd is, reg te maak, maar as almal saamstaan en hul deel doen en hard werk, kan daar sekerlik ’n verskil gemaak word. Wat kan alles nie moontlik wees nie as ons land se burgers bontstaan en rondhardloop en alles in hul vermoë doen om ’n verskil aan die land te maak? Dalk moet ’n mens by die klein dingetjies begin en almal opvoed, soos om nie vullis uit motors te gooi nie. En ook nie in die strate nie. As almal net kan begin om hul vullis reg te hanteer sal dit al klaar ’n groot verbetering meebring. Dink net – skoon strate en niks vullis langs die land se paaie nie. As elkeen onderneem om met geesdrif ’n medeburger te ondersteun en touwys te maak kan daar ook groot veranderinge plaasvind. Soos daar passie was om ’n hond te red, so moet daar passie wees om ons land te red.

Rus dié Kerstyd en eet van die genadebrood Ds. Pieter van Zyl 1 Kon. 19:4: HY SELF (Elia) het egter ’n dagreis vêr die woestyn ingegaan. Daar het hy onder ’n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” Elia het pas ’n hoogtepunt by Karmel beleef. (1 Kon. 18) Sy oorwinning oor die priesters van Baäl het hom weer aansien in die oë van die volk gegee. Die voorspelling van reën, terwyl daar net ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand in die weste verskyn, loop uit op onweerswolke en groot reën. Maar koningin Isebel dreig weer om hom dood te maak. Moeg, uitgeput en terneergedruk, gaan kruip hy onder ’n besembos weg, gereed om te sterf. So is baie van ons uitgeput ná ’n lang jaar se geswoeg en sweet. Daar was ook suksesse en teleurstellings in die loop van die jaar. Daar is steeds druk om sekere belangrike take af te handel voordat ons kan ontspan en vir Kersfees voorberei. Hoe kan ek die druk hanteer terwyl ek moeg en afgemat is? Is daar genoeg krag oor om die nuwe jaar te haal? Elia kry besoek van die Here. Daar is kos waarvoor hy nie gewerk het nie en wat hy nie self voorberei het nie. En die opdrag is dat hy moet eet. Hy eet en drink van die water wat God voorsien het en raak weer aan die slaap. Weer kom die opdrag om te eet, anders sal die pad wat voorlê vir hom te lank word. Deur die krag van die kos kon hy 40 dae en 40 nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God. (1

Kon. 19:8) My moegwees kan my ook verblind om nie die genade uit die Hand van die Here raak te sien nie. My tamheid kan my daarvan weerhou om van die genade te “eet”. Die eise van die jaareinde kan my by die wonder van Kersfees laat verby kyk, sodat ek nie die wonder van Jesus se geboorte en sy menswees hier op aarde verstaan nie. ’n Goue reël is om nie aan die einde van ’n jaar drastiese, lewensveranderende besluite te neem terwyl jou insig deur tamheid verdonker geraak het nie. Gaan rus by die Here en “eet” van die genadebrood en drink van die wonderwater wat Hy gee. Wanneer jy weer deur die genadeboodskap van die Kerstyd gevoed en versterk is (dalk kon jy uitrus ná ’n vakansie sonder werksdruk) kan jy, versterk deur die krag wat die Here self aan jou gee, weer verantwoordelike besluite neem. Dan kan jy nuwe take en uitdagings aangryp en dit suksesvol afhandel. Wanneer jou krag van die Here af kom, kan jy die nuwe jaar met nuwe ywer aanpak. Word hierdie Kerstyd weer rustig in Hom wat in Christus tot ons leefwêreld toegetree het en wat die dood oorwin het. Mag jy en jou dierbares ’n geseënde Kerstyd ervaar en die nuwe jaar met nuwe ywer, onder die seënende en beskermende Hand van die Here, aanpak. Aan ons Jesus, ons Koning, al die eer.

DIT is een ding om ’n oulike, wêreldbekende meerkat te wees, maar o wee – dit is veel erger om daarby hoog dragtig te wees. Kirri, die aanneemmeerkatjie van prof. Anne Rasa van Kalahari Trails, lê plat op haar groot pensie en rus in die ondraaglike woestynhitte, terwyl die buitewêreld elke dag met groot afwagting op die sosiale netwerk Facebook navraag doen of haar kleintjies al gebore is. Hou die Kalahari Bulletin dop vir meer nuus oor die verwagte kleinspan wat teen Desember hul opwagting behoort te maak. Foto: Anena Burger

Offices a disgrace

Tehuis sê dankie RONEL DU PLESSIS, Kuruman:

ANONYMOUS, Kuruman: FOR how long are the employees of the Department of Education in the John Taolo Gaetsewe District going to work in the miserable conditions they are in? The district office remains undeveloped and unhygienic. The Bathlaros Learner Development Centre operates without a manager, while it is geared to assist teachers and pupils with science experiments and computer literacy. There are no cleaners at the centre and it is thus cleaned only when there is an organised activity to be held there. The toilets are malfunctioning and leaves a bad smell around the place. The Mothibistad Science Centre has been struggling with water for three years now. When activities for pupils are held there, mobile toilets have to be hired. It is left to schools to bring drinking water. One then asks how those

11/36 NNE-5

16/35 Kalm

19/35 NNE-5

employees based at this centre are coping or managing when they have to refresh or quench their thirst. There is no reception nor telephone operators at the main district offices. Incoming calls are answered by anyone nearby. The office has been left bare for the past two months as the main entrance door is broken. The Baitiredi offices are infested with rats, there is no drinking water and most of the toilets are not functioning. There is also no toilet paper provided. There is no kitchen and staff cannot warm their lunches. The entire district offices have no telephone operator. There is a shortage of grounds– men and those who are available are sometimes used as drivers. There is a shortage of cleaners – as a result an office is cleaned only twice a week. Surely something needs to be done about these terrible conditions.

17/37 NNE-10

16/33 Kalm

2037 WNW-5

NAMENS die inwoners, bestuurder en personeellede, asook die beheerraad, van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes bedank ons graag die gemeenskap van Kuruman wat dié jaar by die tehuis betrokke was. Baie dankie vir al die skenkings wat so gereeld ontvang word. Ons wil ook dankie sê vir die vrywilligers wat hul tyd afstaan om by Mimosahof betrokke te wees. Baie dankie aan elkeen wat hul plek aanbied sodat ons die inwoners op uitstappies kan neem. Die afgelope tyd is ons besonder met gemeenskapsteun en -betrokkenheid geseën. Sonder almal se hulp en bereidwilligheid om te gee sal dit nie moontlik wees om ’n goeie diens en bekostigbare verblyf aan die inwoners te lewer nie. U hulp maak ’n groot verskil in hul lewe en verseker vir ons en u eendag ’n heenkome vir die oudag. Dit maak ons hart warm dat die gemeenskap van Kuruman so goed vir die Mimosahof-tehuis vir bejaar- des is. Mag ons Hemelse Vader julle almal seën.

18/37

16/35

W-10 WSW-10

21/37 NW-10

Dít wat regtig in die lewe saak maak Anena Burger SOMER is voorwaar my gunstelingseisoen in die Kalahari. Dit is immers die rede hoekom ek as Kapenaar hierheen verhuis het en as’t ware kom wegkruip het. Die soel aande op my stoep met my voete wat op ’n bankie of die tuinmuur rus terwyl ek na die donderstorms in die verte kyk, is beter as enige televisiereeks wat DStv met al sy kanale ooit kan bied. Dit is die eerste reuk van jasmyn en die goue gloed van die somersonsondergange wat my siel weer ná die dorre en knypende winter laat leef. Wanneer ek voel hoe die warm windjie deur my hare vleg en ek eintlik ril van lekkerte. Die naweek het ek my weer diep in die Kalahari bevind net so duskant Askham by Andriesvale verby. Hoe lekker was dit nie om

op die breë stoep met sy eertydse veranda te sit nie. Stoksielalleen sonder ’n mens wat roer, maar ook sonder vrees dat iemand my dalk oor die kop gaan moker. My kamera was op die driepoot staangemaak en in die verte het ek en ou ysteroog die geweldige elektriese skouspel oor Botswana besigtig en vasgevang. Elke af en toe het ek opgeloer wanneer die kamera gekliek het dat sy weer ’n prentjie mooi vasgevang het. Vroeër die dag het ek die kriewelende lekker ervaar van ’n meerkat wat haar op my skoot kom tuismaak het. En dit is oor dié meerkat dat ek sit en tob wanneer ek die donker, flitsende

nag instaar. Hoe wonderlik is ons natuur. Soveel wat ons by die diertjies kan leer. Die meerkat is dragtig. Dit is haar eerste werpsel en sy laat my dink aan ’n koeëlronde waterdruppel met ’n spits koppie. Met ’n gesteun en ’n gekreun lê die arme siel die middag op die stoep. Arms en bene eintlik plat uitgestrek. Elke af en toe verskuif sy na ’n koeler plekkie. Elke af en toe kom soek sy ’n bietjie liefkosing, nes swanger ma’s mos maar doen. En ek simpatiseer diep, ek weet tog self hoe so ’n lyf in so ’n warm Kalahari-somer voel. Maar dit is diepe omgee en die gevoel van familie wat my die meeste raak, want die meerkat is ’n weeskat waarvan die familie twee mense is. Tog sien sy nie die verskil raak nie. Vir haar is dit net die eenheid, samesyn en omgee wat saak maak.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dorpers laat rande rol KLK LANDBOU BPK het op 6 en 7 November vanjaar se internasionale dorperveiling op die Upington-skouterrein aangebied. Verkopers van Suid-Afrika en Namibië het van hul beste teelmateriaal na die veiling gebring. Kopers van Suid-Afrika, Namibië, Zambië, Zimbabwe, Brasilië en Australië het die veiling bygewoon. Die hoogste prys van R600 000 is deur Martin Compion jr. van Pofadder vir ’n dorperram van

Mickey Phillips van Tarkastad betaal. Die tweede hoogste prys van R150 000 is vir ’n dorperram van Philip Strauss van Karasburg, Namibië, deur dr. Corrie Avenant van die Atka-stoetery, Williston, betaal. Die hoogste prys van R150 000 is vir ’n witdorperram van Kosie Esterhuizen van Koës, Namibië, ook deur Avenant, betaal. Die tweede hoogste prys van R42 000 is vir ’n witdorperram van Tony Cahi van Prieska, weer

deur Avenant, betaal. Die hoogste prys van R42 000 is vir ’n dorperooi van die Rooidamdorperstoetery van Charel Strauss en Niekie Cilliers deur Larry Dietrich van Marikana betaal. Die hoogste prys van R33 000 is vir ’n witdorperooi van Kosie Esterhuizen deur die Rooidamdorperstoetery betaal. Dawid Nel van KLK Landbou Bpk en Deon Klopper van GWK was die afslaers. Die omset op die veiling was R3 658 500.

Besoek Kalahari Bulletin se webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Event held to mobilise SA men against crime THE Progressive Men’s Movement of South Africa (Pomesa), the Office of the Deputy President, the Northern Cape Police Services (SAPS) and other stakeholders are organising a collaborative event. This is to celebrate the fifth International Men’s Day and also launch the Northern Cape Mining Crime Combatting Forum and the When Duty Calls Campaign with the intent to reaffirm commitment to fight crime and specifically violence against women and children. This year the event will be celebrated in Kathu at the Sivos Stadium on 24 November. The theme of this year’s celebration, Raising awareness of crime and violence against women and children, seeks to mobilise government departments and all spheres of society around crime and crime prevention interventions . The purpose of the event is to focus on strengthening family values – also to raise awareness and engage men around social ills and the increase in crime and violence against woman and children that negatively impact our society, thus our future.

Men must be stirred up in their roles as the leaders of families, communities and the nation. Men must protect women and children and not cause them harm. An engagement session is planned from 06:00 to 08:00 on the day where leaders will engage with community members and mine workers in the Kathu area. A full programme is planned for the day from 08:30 to 17:00 including refreshments, entertainment, exhibitions and service delivery by government departments. Transport will be arranged from designated pick-up points in and around Kuruman, Kathu, Olifantshoek and Postmasburg. Business leaders, pastors and mining companies in the region are encouraged to support the event by mobilising men and churches to attend the event. Men are invited to make their presence felt and their voices heard to help stop crime in general and violence against women and children. Direct inqueries to Chris Mashilo on 082-469-6130, Kenny Sebati on 082-7659401 or James Manis on 083-406-9775.

NICOLE SMALL wys waarvan ’n Noord-Kaapse nooientjie aanmekaargesit is in die Little Miss South Africa Petite-kompetisie. Foto: Verskaf

Skone (6) alte dapper Anena Burger

DIE skattige klein Nicole Small (6) het haar skoentjies in die Little Miss Petite South Africa-kompetisie volgestaan. Die kompetisie het op het op 8 en 9 November plaasgevind. Sy is in die Private Skool Cum Laude op Grootdrink. Die blondekop-blouoognooi was onder 27 finaliste uit 3 800 inskrywings van oor die land heen wat aan die gesogte kompetisie in die Batterboys-konferensiesentrum in Pretoria deelgeneem het. Haar ouma Magda Small, wat haar

vergesel het, sê dit was ’n ongelooflike ervaring wat hulle nie gou sal vergeet nie. Elke deelnemer moes 27 geskenkies maak wat sy vir haar mededeelnemers uitgedeel het en so het elke deelnemer dan met 27 verskillende geskenkies huis toe gekom. Onder die geskenke was juweliersware en allerhande goedjies waarvan klein prinsessies net kan droom. Small sê dit is net te wonderlik hoe kreatief die kinders en hul ouers kan wees. Sy sê Nicole het haarself terdeë geniet en sy was verbaas hoeveel selfvertroue die kleinspan in so ’n groot kompetisie het.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

7

Tips to help capture memories through photos Lynn-Mari Olivier PHOTOS are memories captured on paper which you can share with others and you can look at when you want to relive a certain event. With the festive season approaching, taking photo’s becomes even more important. Kalahari Bulletin cornered a former resident of Kuruman who is also a professional photographer, Roné de Bruyn, also known as Desert Rain Photography, to give some pointers on how to capture the perfect moments this festive season. At the dinner table Enjoying candlelight dinners with loved ones is a

standing ritual spending the holidays together. Have you noticed how harsh photos look when using your flash? Here are a few tips: ) Use a tripod or a stable object to place your camera on. This ensures that there is less blur. ) Turn off your flash and experiment with the manual exposure. ) Try keeping the image simple, for example a face close to the flame of the candle. This will create a dramatic, warm glow. ) Using a white table cloth doubles as a “natural reflector”, creating more light, as the candles reflect onto the cloth.

At the beach Always look for a point of interest, for example the contrast of your child’s soft feet against the coarseness of small shells, or seagulls making a natural line or kids eating messy ice creams. The ideal is trying to take photos early in the morning or in the afternoon, when the beach has that warm glow. When you do shoot in harsh sunlight, switch on your flash, to burn out the harsh lines of shadows on faces. You can also place your subject in front of the sun, creating a halo of sun around them. For creative aspects, sometimes beach photos can be very dramatic in black and white.

PHOTOS capture precious memories. Photo: Desert Rain Photography


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

TANNIE LENIE COETZEE ontvang haar geskenk van Anika Thomatos. Foto’s: Lynn-Mari Olivier

OP die voorgrond is van links Anika Thomatos, Elize Boshoff (voorsitter) en Clarina Thomatos.

Kersvader in ander gedaante bedrywig Lynn-Mari Olivier DIE Dameskring se Kuruman-tak het die inwoners van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes onlangs weer bederf. Ná drie maande het die lede van die Dameskring die tehuis besoek en lekkernye oorhandig aan die bejaardes wat in daardie drie maande verjaar het. Benewens verjaardaglekkernye het lede onlangs Kerspakkies aan die inwoners

oorhandig. Klein Anika en Clarina Thomatos het Kersvader se rol oorgeneem en die Kersgeskenke aan die inwoners oorhandig. Te fraai in hul wit rokkies met rooi linte het hulle die bejaardes se harte laat vermurwe. Elma Potgieter, lid van die Dameskring, het die tuin spesiaal mooigemaak en só kon elkeen allerhande verversings, in ’n feestelike luim nuttig.

AfriForum vra bydraes AFRIFORUM op Kuruman hou vanaand ’n belangrike vergadering op die vliegveld. Dit begin om 19:00. Die krisis met

die Ga-Segonyana-munisipaliteit sal bespreek word. Belangstellendes is welkom om dit by te woon. Bring ’n eie stoel saam.


9 WW10867/E

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

UPINGTON 24 HOUR WOOLIES QUALITY When the new WOOLWORTHS FOODSTOP at the Engen Upington Convenience Centre opens on 5 December 2013, you’ll be able to get whatever you need, whenever you need it, from breakfast on the run or a ready-to-go lunch to something to satisfy a late-night craving. It’s all the Woolies freshness, quality and convenience you love, 24/7. That’s the difference.

Engen Upington Convenience Centre Cnr Swartmodder & Le Roux street, Upington

PAY FOR YOUR PURCHASES USING YOUR WOOLWORTHS STORE CARD OR WOOLWORTHS CREDIT CARD

WITH CREDIT

*WITHOUT CREDIT

*Terms and conditions apply. Visit www.woolworths.co.za for more details. Woolworths Financial Services (Pty) Ltd (Reg. No. 2000/009327/07) is an authorised financial services (FSP15289) and registered credit provider (NCRCP 49). WRewards is not available at Woolworths Foodstop at Engen.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Amateurfotograaf in die kol André Botha ’n KOMBINASIE van geduld en ’n raps geluk het ’n amateur-natuurlewefotograaf die geleentheid gegee om in beeld vas te lê hoe twee jagluiperds ’n springbok vastrek. Aanvanklike teleurstelling toe hy gedink het hy het so ’n geleentheid misgeloop, het spoedig in opwinding verander toe dié toneel hom skielik voor hom afgespeel het. André Marais, ’n oud-Kimberliet wat nou in Pretoria woon, het die foto’s in die Kgalagadi-oorgrenspark geneem. Hy vertel hy het die park besoek juis om foto’s te neem en gehoop om interaksie tussen diere te kry. “Ek het die betrokke dag die oggend vroeg twee jagluiperds langs die pad tussen Twee Rivieren en Rooiputs gewaar en hulle ongeveer ’n uur gevolg. “Daar was talle springbokke wat suidwaarts van Nossob af verby Rooiputs in die rigting van Twee Rivieren beweeg het. “Die twee jagluiperds het ’n paar maal van die springbokke in die omgewing bekruip, maar is elke keer deur die bokke gewaar.” Die bokke het dan laat spaander voordat die jagluiperds kon toeslaan. Marais het ná ’n paar sulke vergeefse jagpogings besluit om leeus in die Rooiputs-omgewing te gaan soek. Nadat hy verskeie foto’s van twee leeumannetjies geneem het, het hy teruggekeer na waar die jagluiperds was. Tot sy teleurstelling het hy hulle gekry waar hulle aan ’n vars vangs gevreet het. “Die jagluiperds was in ’n

AFGEMETE stap dié jagluiperd in die Kgalagadi-oorgrenspark, gereed om op sy prooi toe te slaan. Hy en sy maat was aanvanklik onsuksesvol in hul jagpogings, maar het uiteindelik wel ’n springbok platgetrek. Terwyl hulle nog aan dié bok gevreet het, het een van hulle ’n springbokooi en haar lam oorkant die pad gewaar. Hy het soos blits beweeg, toegeslaan en sy tweede vangs van die dag gemaak.

DIE jagluiperd se maat is blitsig by om in die maal te deel.

DIE jagluiperd slaan só vinnig toe dat die springbok-lam geen kans het om weg te kom nie. Foto’s: André marais

DIE jagluiperds draf weg met hul prooi.

redelike digte bos en ek kon weens swak sigbaarheid nie juis foto’s neem nie. “Die volgende oomblik spring die een jagluiperd op en hardloop in volle vaart voor die voertuig verby oor die pad na waar ’n springbok-ooi en lam aan die

vangs te deel. Die ooi het weggehardloop. “Die gekerm en geskreeu van die lammetjie was ontstellend en sal my lank bybly. “Dit was gelukkig vinnig verby en ’n mens aanvaar dat dit die natuurlike proses van die diereryk

regterkant van die pad gestaan en wei het.” Marais sê dit het só vinnig gebeur dat die bokke nie kans gekry het om weg te kom nie. Die jagluiperd het die lam beetgekry. Die ander jagluiperd het ook oor die pad gehardloop om in die

se voedselketting is.” Marais sê die hele voorval het letterlik sekondes geduur. “Dit is uniek om te aanskou. As amateur-natuurlewe-fotograaf bestee ek soveel moontlik tyd in die bos, maar ek het nog nooit só iets gesien nie.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Leerlinge vir harde werk beloon Ilse Watson DIE Laerskool Kuruman het

onlangs sy jaarlikse prysuitdeling gehou. Die leerlinge is vir hul prestasies

DIE Laerskool Kuruman se toppresteerders in gr. 3 is van links Shafeeqah Sulliman, Aaron Kunnath en Omphile Maphage. Foto’s: Verskaf

vereer en die nuwe leerlingraad vir 2014 is ook bekend gemaak. ) Sien meer foto’s op bl. 12.

DIE Laerskool Kuruman se toppresteerders in gr. 1 is van links Le-Keshia Fortuin, Khanyi Nkanunu en Zia Spies.

FROM the left are, front: Tlatso Molema, Meckayle Mangstu, Omphile Maphage and Kalia Jordaan; back: Maduo Bosman, Dintle Sepalamelo and Rorisang Itumeleng. These learners received thropies as the best netball players of the year.

DIE leerlinge wat eerste in hul graad is, het ook trofeë ontvang. Van links is Emma-Jean Stander (gr. 4), David Bezuidenhout (gr. 5), Elré Strauss (gr. 6) en Jaco Gregory (gr. 7).

KURUMAN PRIMARY’S academic top achievers in gr. 2 are Rebecca Stander (left) and Letlotlo Wageng (right). Absent: Leandri Serfontein

VAN links is Stefan Bekker (trofee vir toegewydheid in krieket), Gareth Blake (veelsydigste krieketspeler) en Nathan Matthys (beste o.9krieketspeler).

VAN links is Elné de Klerk, Braam Wiid, Kiana McLoughlin en Jové van Zyl. Hulle het trofeë vir veelsydigheid in akademie, sport en kultuur ontvang.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Topleerlinge vereer Tydens die Laerskool Kuruman se onlangse prysuitdeling-aand is leerlinge vir hul prestasies vereer. DIE nuwe leerlingraad vir 2014 is van links, voor: Marné Visser, Kagontle Tsogang, Jamilia Ali en Samantha Majiedt; middel: Petrus Venter, Tsholofetso Malebogo, Braam Wiid (voorsitter), Zanele Martin (voorsitter) en Chazimula Moyo; agter: Chené Lerm, Elré Strauss (onder-voorsitter), Ricardo Farinha, Sabrinah Phillander en Thami Dapula (onder-voorsitter). Foto’s: Verskaf

DIE Miekie en Mienie-kleuters hou heerlik konsert.

VAN links is Poloko Khoana, wat die trofee vir die beste individuele sportprestasie ontvang het, Jaco Gregory, wat trofeë vir beste prestasies in Afrikaans huistaal, Engels addisionele taal en wiskunde ontvang het, en Kiana McLoughlin, wat die trofeë vir beste prestasies in Afrikaans addisionele taal en Engels huistaal gekry het.

Foto: Lynn-Mari Olivier

Kleuterskool hou Kersspel Lynn-Mari Olivier DIE Miekie en Mienie-kleuterskool het verlede Donderdag sy skooljaar met ’n

pragtige Kersspel afgesluit. Nicky Thomatos, voorsitter van Miekie en Mienie se beheerraad, het die ouers verwelkom en bedank vir hul jare lange toewyding aan die skool. Daarna het Susan Marais, skoolhoof van dié skool, vertel hoe hard die kleuters aan die Kersspel gewerk het en die ouers genooi om die Kersspel te geniet. Josef en Maria, die engele, die wyse manne en talle diere uit die diereryk, het die Laerskool Seodin se verhoog vol gesit. Verskeie bekende Kersliedere het die lug gevul en almal in die regte gees vir die Kerstyd geplaas. Die kleuters het elke lied met ywer en gevoel gesing en hul opgewondenheid was duidelik sigbaar. Ná die konsert het die kleuters Kersgeskenke ontvang en die gehoor kon smul aan heerlike kerrie-en-rys.

DIE beste en mees toegewyde rugbyspelers van die Laerskool Kuruman het tydens die prysuitdeling trofeë ontvang. Van links is, voor: Enrico Farinha en Bernard Judels; agter: Poloko Khoana, Sergio Jacobs, Tobie Fourie en Rohan Theron.

Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

Environmental Officer (Ref. EO 115810) The incumbent will be responsible to implement specified components for the Environmental Management System, cost-effective measures and compliance with legal, and interested and affected parties requirements in order to ensure effective Environmental Management. Minimum requirements: • Matric, degree or Diploma in the field of Natural Sciences or Engineering • Registered as a Professional Natural Scientist or Engineer • A minimum of 3-5 years’ relevant experience in the mining industry • Strong computer skills • A thorough understanding of applicable legislation • Ability to work independently • Ability to communicate across all levels and disciplines • Ability to maintain quality results • Systematic approach • Commitment to Health and Safety, Environmental and Quality requirements. Responsibilities: • Enforce compliance with legislation and procedures • Set up mechanisms to monitor environment impact e.g. water, electricity and pollutants • Liaise with stakeholders e.g. Municipalities, Eskom, etc. • Conduct incident investigation • Waste management and pollutants • Soil rehabilitation • Keep impact register updated • Recommend alternative strategies to reduce environmental impact • Liaise with Department of Mineral and Resources. Key performance indicators: • Development and implementing an Environmental land and soil management plan • Compile and monitor a biodiversity plan. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 13 December 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 115810

POLOKO KHOANA received the victor ludorum trophy and Sabrinah Phillander received the victrix ludorum trophy for 2013.

LEANDRI SERFONTEIN is die toppresteerder in akademie vir gr. 2.

Maak keurige geskenke Lynn-Mari Olivier KERSFEES is byna hier en die groot soektog na die regte Kersgeskenke het dalk vir sommige klaar begin, maar nie almal begin vroegtydig met dié takie nie. Daar is nog genoeg tyd om die perfekte tuisgemaakte geskenke aanmekaar te sit. Handgemaakte geskenke is net so spesiaal soos gekoopte geskenke, maar die keuse is egter jou eie. Ons was op soek na maklike, pragtige tuisgemaakte geskenke en dit het ons na Marda Oosthuizen en Elize Boshoff se Droomvlinder-projekte gelei. Die vroue is bekend vir hul handgemaakte artikels en wys graag hoe om vier handgemaakte artikels te maak. 1. Brooddoek: Gebruik ’n stuk ongebleikte linne. Soom dit mooi netjies om. Stryk dit glad. Gebruik ’n viltpen wat nie sal uitwas nie (permanent marker). Skryf die resep van die piesangbrood, dadelbroodjie of suurlemoenbrood (wat jy ook al wil bak) op die lap. Bak die broodjie en draai dit in die lap toe. Dit is ’n wonderlike geskenk wat agterna weer gebruik kan word. 2. Olielampie: Was ’n leë bottel (olie- of enige ander botteltjie) mooi skoon. Vul dit driekwart met lampolie. Maak nou ’n klein gaatjie in die deksel. Ryg ’n pit, wat lank genoeg is (stukkie dik lap), deur die gaatjie, dit moet in die olie hang. Dit is oulike lampies om mee

BO: Dié lampies sal enige Kersfees-tafel besonders laat vertoon. Regs bo: Dié vadoeke is ’n nuttige geskenk en ’n móét vir enige kombuis. Foto’s: Lynn-Mari Olivier tafel te dek. Jy kan die botteltjies se kante met kunsverf (craft paint) swart verf en boodskappies daarop skryf. 3. Vadoek: ’n Mens kry deesdae pragtige vadoeke. Dit is ’n wonderlike geskenk. Vou dit mooi op en gee dit vir iemand spesiaal. Vir die “bottel-effek” gebruik jy twee of drie vadoeke wat jy styf oprol, ’n rekkie omsit en dan mooi as ’n geskenk versier. 4. Koekies of lekkergoed: Dit is ’n fantastiese geskenk en is spesialer as ’n mens dit self kan maak. Jy kan dit in enige houer verpak. ’n Mooi glasbotteltjie, ’n leë blikkie wat jy met verf of mooi papier versier of ’n kartonhouer.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Nuwe noodnommers INWONERS van Kuruman wat in nood verkeer, kan die nuwe noodnommers skakel. Dit is 083-586-9986 of 079-4853037. Hierdie nommers skakel

jou deur na Roos-sekuriteit. Enigiemand wat hulle by AfriForum Kuruman wil aansluit, kan die naam van sy dorp na 31336 SMS.

FROM the left are, front: Mark Kotze (Mark My Words Consultants), Kedisaletse Williams (provincial manager of SEDA in the Northern Cape), Norma Sali (regional manager: strategic partnerships and customer care) and Boipelo Sebesho (technology innovation agency); back: Winston Kofeledi (SEFA – small entrepreneurs finance agency), Marc Lawrence (SEDA) and Boikanyo Modise (LED officer Ga-Segonyana Municipality). Photo: Ilse Watson

SEDA holds workshops Ilse Watson

THE Small Enterprise Development Agency (SEDA) of Kuruman recently held workshops for budding entrepreneurs. This is an annual event and various districts get the chance to host this event. Five years ago the first event was held in Kuruman. It offers small and medium enterprises, service providers, stakeholders and local LED’s the chance to meet with each other and discuss their entrepre-

neurial skills, plans for the future and they gather valuable information at these events. Absa, Standard Bank and Anglo American are some of the companies that are involved with these budding businesses. The role of SEDA is mainly to provide information to entrepreneurs. They are also trained in marketing and they receive help with their business plans. “We take these entrepreneurs and support them for two to three years.

We want to train them, support them and see them through the whole process of starting a new business,” said Marc Lawrence, manager of SEDA in the John Taolo Gaetsewe District. “We also want to see them grow so they are enabled to hire more people. Work is scarce and it is wonderful if they grow and are able to employ other people.” Some of the success stories of SEDA are Timber City and Laguna Guesthouse in Kuruman and the Di-beng Bakery in Deben.

55

90 per kg

18

25

R Lean Beef Mince

R

each

each

Clover Full Cream Or Low Fat Fresh Milk 2l

Prices valid from 27 November - 1 December 2013

BUNDLE

DEAL

60

R

Potatoes 7kg And Onions Pocket 7kg

29

R

4790 per kg

56

Kameelhout Boerewors

90 per kg

12

50

Beef Texan Steak

each

each

Coke, Tab, Coke Zero or Coke Light 2l

30

R

each

Chocolate Or Vanilla Cake

790

per pack

Hotdog Rolls 6’s or Hamburger Buns 6’s

Watermelon

Prices apply to Game Kathu Village and Upington store only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Seodin se nuwe hoof oor sy planne Ilse Watson “DIE belangrikste element van ’n skool is sy onderwysers. Sonder die personeel se bydraes en toewyding kan ’n skool niks doen nie.” So sê Adriaan Laubscher, die Laerskool Seodin se nuwe hoof. Hy is al 20 jaar deel van hierdie gesogte skool op Kuruman en reeds sedert 1998 tweede in bevel. Laubscher het in Somerset-Wes grootgeword en ná skool aan die Onderwyskollege op Wellington gestudeer. Daarna is hy na Universiteit van Stellenbosch (US) waar hy ’n honneursgraad in sielkunde verwerf het. Hy moes ná sy studie diensplig gaan doen, maar het in 1993 as onderwyser in Afrikaans en geskiedenis sy onderwys-loopbaan by die Laerskool Seodin begin. “Ons onderwysers en personeel is baie entoesiasties, hardwerkend en doen altyd meer as wat van hulle verwag word. Om sulke mense te bestuur is maklik,” sê Laubscher. Volgens hom moet ’n skoolhoof regverdig en billik wees. Onregverdige eise kan nie aan onderwysers gestel word nie. Sy lewensleuse is dat as hy regverdig en billik teenoor die personeel van die skool optree, hy ook van hulle verwag om regverdig en billik teenoor hom op te tree. Hy moet ook konsekwent in sy besluite en optrede wees. “Die kinders én die personeel voel veilig as hulle weet wat die reëls is.” Die Laerskool Seodin se kinders is vriendelik en hanteer die personeel, die hoof en besoekers met respek. Streng dissipline word by dié skool gehandhaaf. Daar is 683 leerlinge in die skool, maar in 2014 sal die leerlingtal na ongeveer 860 groei. Die gr. O-klasse word by die skool ingelyf en is van

Januarie 2014 amptelik deel van die skool. Dit is ’n eerste vir die Laerskool Seodin. Die skool bied rugby, netbal en hokkie vir meisies, asook krieket, atletiek en landloop as deel van sy sportprogram aan. Op kultuurvlak is daar skaak, koor, redenaars en ook musiekklasse. In April 2014 word ’n nuwe program in werking gestel. Die skool word van ’n reëlgedrewe skool na ’n waardegedrewe skool getransformeer. Die ouers, leerlinge en die beheerliggaam kies ses waardestelsels en hierdie waardes, soos respek en lojaliteit, word aan die kinders geleer. Dit kan vyf tot agt jaar neem om só ’n nuwe program in werking te stel, want almal moet eers daaraan gewoond raak. “Die grootste uitdaging van hierdie program gaan wees om nie moedeloos te word nie. Dit gaan tyd neem vir almal om daaraan gewoond te raak en ’n mens kan dalk ná twee of drie jaar van mening wees dit werk nie en wil dan moed opgee. Maar ons gaan aanhou totdat die program suksesvol in werking gestel is.” Volgens Laubscher is dit belangrik dat ander metodes gevind moet word om kinders die reg en die verkeerd van die lewe te leer. Hierdie program vervang nie die dissipline of gedragskodes en reëls van die skool nie – dit is net ’n waardestelsel wat aan hulle geleer word. Met sulke waardestelsels in plek kan enige kind die grootmenswêreld goed toegerus binnegaan.

ADRIAAN LAUBSCHER, skoolhoof van die Laerskool Seodin.

Foto: Ilse Watson


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

DIE Gamagara-biblioteek maak lees pret.

Vakansie feestyd vir boekwurms Benneli Olivier Van der Walt DIE Gamagara-biblioteek bied die vakansie ’n gulde geleentheid vir die gemeenskap om aan die lees te raak. Die biblioteek is op die Gamagara-munisipalitiet se terrein geleë. Dit is op weekdae van 10:00 tot 17:30 en op Saterdae van 09:00 tot 12:00 oop. In die vakansie is daar elke Woensdag ’n leessessie vir laerskoolleerlinge. Die leessessie vind in Afrikaans, Engels en Tswana plaas. Dit is gratis om by die biblioteek aan te sluit. Bring slegs ’n ID en bewys van adres saam. ’n Klein bedrag word wel gehef vir boeke wat laat terugbesorg word. Die biblioteek moedig volwassenes aan om ’n leserskring op Kathu te vorm. Op 7 Desember bied die Noord-Kaap se departement van sport, kuns en kultuur ’n Hardloop vir lees-pretloop aan. Deelnemers kan hulle vir die pretloop of die fietsry-, skaatsplank-, rolstoel- of drafnommers inskryf. Om jou in te skryf moet jy ’n boek skenk. Die boeke sal aan gr. R-klasse in die Gamagara-streek geskenk word. Rig algemene navrae en navrae oor inskryfvorms aan Miriam Damas van die Gamagara-biblioteek by 053-723-2261 of 084-477-2156.

15

Festive savings

from South Africa’s favourite supermarket.* UPERMARKET* S E IT R U O V A F ’s ’ A S FROM

BUY BOTH FOR

58

35

R

R

Nestle Ricoffy In Tin 750g

Olive Pride Extra Virgin Olive Oil & Seed 1 Litre and Green Olive Pitted 180g

Spaar só elektrisiteit en ook geld

29

90

Kellogg’s Corn Flakes 750g

FREE

Benneli Olivier Van der Walt KATHU en die omliggende gebiede is net soos die res van Suid-Afrika genoop om krag te spaar. Dit is weens die druk op die land se elektrisiteitsverskaffing en die hoë koste van elektrisiteit vir verbruikers. Die elektrisiteitstariewe en probleme het ’n invloed op alle verbruikers se geldsake. Dit is maar net twee goeie redes om krag te spaar. Hier volg tien wenke om jou huisgesin se elektrisiteitsrekening te verlaag (en sodoende ook elke gesinslid se koolstofvoetspoor te verklein): 1. Stel die temperatuur van die geyser na ongeveer 55 °C. Dan hoef jy nie soveel koue water by te voeg wanneer jy skottelgoed was of stort nie. 2. Onthou om die deksel op die pot te hou wanneer jy kook. Dit behou die hitte en spaar energie. Die grootte van die pot moet dieselfde wees as dié van die stoofplaat. Dit kan tot 25% elektrisiteit bespaar terwyl jy kook. 3. Hou vensters en deure toe wanneer die lugversorgingstelsel aan is. Sodoende word die huis koel gehou en energie gespaar. 4. Maak die yskasdeur behoorlik toe wanneer jy iets uit die yskas haal. Maak ook seker die yskasdeur seël ordentlik. 5. Week stampmielies, bootjies en ander droë kosse oornag. Dit sal tyd, geld en energie spaar, want jy sal nie so lank daaraan hoef te kook nie. 6. Probeer om net die hoeveelheid water wat jy nodig het in die ketel te kook. 7. Skakel ligte, waaiers, rekenaars en alle energieverbruikende toestelle af wanneer jy die vertrek verlaat. 8. Ventileer jou huis daagliks. Onthou om jou lugversorgingstelsel af te skakel wanneer jy die huis ventileer. 9. Skakel alle toestelle af voordat jy gaan slaap en moet dit nie op bystand laat nie. 10. Gebruik energiebesparende gloeilampe. Dié soort gloeilampe spaar elektrisiteit en hou langer as gewone gloeilampe. Onthou, wanneer jy elektrisiteit spaar, spaar jy ook geld.

BUY ANY 3 GET 1 FREE

7

R

Each

Mccain Frozen Vegetables Assorted 250g

35

R

Sunlight Dishwashing Liquid (Excludes Anti Bacterial) Assorted 750ml

Most Trusted Retailer 2012

Most Reputable Retailer 2013

Each

Sir Juice Fruit Juice Blend Assorted 1.5 Litre

3kg for the price of 2kg

Buy Any 2

BUY ANY 2 FOR

21

R

50

R

Skip Intelligent Washing Powder 3kg

69

R

PnP 2 Ply Toilet Tissue 18s

Best Customer Loyalty Programme 2013*

PRICES VALID 26 NOVEMBER - 1 DECEMBER 2013 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

MMGTPS0118_198x390_E

1181839B


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

DIE ingang na die Mimosahof-tehuis vir bejaardes op Kuruman.

Foto: Lynn-Mari Olivier

Tehuis veilige opsie Lynn-Mari Olivier

OP jou oudag is behuising en goeie versorging die minste waaroor jy jou wil bekommer. Ronél du Plessis, bestuurder by die Mimosahof-tehuis vir bejaardes, verduidelik waarom behuising op jou oudag so belangrik is en wat jy kan verwag. Wanneer is dit die regte tyd om só ’n groot besluit te neem? Wanneer jy nie meer vir ’n groot huis en die eensaamheid wat daarmee saam gaan, kans sien nie, sal ’n skuif na die tehuis ’n goeie besluit wees. As jy agterkom dat jy ’n behoefte aan ’n kleiner woning het en jou tuin se instandhouding jou verlam, alvorens jou kragte begin afneem, moet jy die besluit neem. Watter dienste kan ’n voornemende inwoner van dié tehuis verwag? Die Mimosahof-tehuis vir bejaardes bied ’n magdom dienste aan voornemende inwoners. Bejaardes word geteister deur baie vrese en alledaagse bekommernisse. In ’n versorgingseenheid word baie van die vrese in die kiem gesmoor en kan bejaardes gerus voel en uitsien na gerieflike kamers.

Die inwoners neem weekliks deel aan formele aktiwiteite, om die eensaamheid te verdryf, verveling hok te slaan en bejaardes van hulpeloosheid te laat vergeet. Dit word gedoen deur die aanbieding van interessante projekte en programme. Die bestuur van Mimosahof glo in die Eden- alternatiewe manier van versorging. Die manier van versorging beweeg weg van die konsep dat ’n tehuis ’n tronk of hospitaal is. ’n Tehuis moet jou huis, weg van die huis af wees. Inwoners moet gereelde kontak met hul kinders en troeteldiere hê. Die bestuur wil hê dat die inwoners moet glo dat hulle oor die potensiaal beskik om nog baie take vir hulleself te verrig. Hulle streef daarna dat ouer persone se funksionaliteit verbeter en dat hulle toegelaat sal word om so ver moontlik, dinge vir hulleself te mag doen. Hier is alles wat bejaardes nodig het. ) Die ouetehuis het ook ’n kamera-stelsel wat die bejaardes se veiligheid verseker en die verswakte afdeling beskik oor twee geregistreerde verpleegsters om na die bejaardes om te sien. ’n Dokter besoek ook die tehuis twee maal per week.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

17

LEERLINGE van die Hoërskool Duineveld is op die skool se jaarlikse prysuitdelings met eerbewyse vir uitsonderlike prestasies vereer. Anmari Hugo het eerbewyse vir sportvrou van die jaar, Noord-Kaap-o.18-netbalspan, erekleure vir netbal, senior netbalspeler van die jaar, senior netbalpersoonlikheid van die jaar en Siyanda-atletiekspan ontvang. Sy het ook halferekleure vir atletiek, mees veelsydige meisiesatleet en beste prestasie in middelafstande vir ’n meisiesatleet ontvang.JayD van Zyl het eerbewyse ontvang vir sportman van die jaar en die GriekwalandWes-o.17-krieketspan. Hy het ook erekleure vir krieket, uitstaande krieketspeler van die jaar en seunsenkelspel- en dubbelspel- senior tenniskampioen ontvang. Foto: Rudy van Tonder

FRANCOIS SLABBER het eerbewyse vir die Noord-Kaap-o.18-skaakspan, halferekleure en skaakspeler van die jaar ontvang.

GIDEON COETZEE het eerbewyse ontvang vir sy deelname in die Siyanda-atletiekspan. Hy het ook halferekleure vir atletiek, mees veelsydige senior seunsatleet en die senior victor ludorum ontvang.

JUNIOR BURGER het op die Hoërskool Duineveld se prysuitdeling eerbewyse vir sy verkiesing tot die Griekwaland-Wes-Platteland-o.18rugbyspan, Griekwaland-o.18-sewesrugbyspan 2012 en erekleure vir rugby, senior rugbyspeler van die jaar en beste senior voorspeler ontvang.

RIAAN BADENHORST het eerbewyse vir Noord-Kaap-o.16-hokkie, beste junior seunshokkiespeler, erekleure vir hokkie en beste junior krieketspeler van die jaar ontvang.

ANE DIPPENAAR het eerbewyse vir die Noord-Kaap-tennisspan, halferekleure vir tennis en meisiesenkelspel- en -dubbelspel- senior tenniskampioen ontvang.

KEVIN VAN WYK het ’n eerbewys vir die beste senior seunshokkiespeler ontvang.

SABC 1

SABC 2

SABC 3


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dankie vir hulp MICHAEL BRINK, Wrenchville: EK wil dr. Bailey, dr. Gorrah en die personeel van die Kuruman-hospitaal bedank vir hul uitstekende diens en spesiale opofferings wat hulle gemaak het. Hulle het ’n kind wat gebrand het uit ons hande geneem en deurnag aan die kind gewerk en nie eens huis toe gegaan nie. Die personeel, suster Joubert

en die teater-personeel – baie dankie vir al jul rondhardloop en hulp. Die span van die mediese noodvliegtuig en hul dokter – baie dankie vir julle om die kind na Kimberley oor te plaas. ) Die kind is ongelukkig Dinsdag oggend oorlede. Kalahari Bulletin dra sy medelye aan die familie en vriende oor - Red.

Waar is die dae? BEKOMMERDE OUER, Kuruman: ONDERWYSERS is nie meer opvoeders nie. Waar is die dae toe onderwysers nog opvoeders was – toe kinders nog respek vir onderwysers wat dit verdien, gehad het? Waar is die dae toe Godvresende onderwysers ’n voorbeeld vir jong kinders kon wees? Vandag is my kind se

onderwyser ’n jong meisie van 24 wat glo ’n openlike verhouding met die skool se berader van 44 jaar het – ’n getroude berader. Ag nee wat, ek vra alle onderwysers om weer ’n voorbeeld te stel sodat ons kinders weer respek vir hul onderwysers kan hê. Mag mý kind nooit berading op skool benodig nie.

FROM the left are Floyd Turner (principal of Kuruman Primary), Linda Mc Loughlin (chairperson of the school’s board), Louis Venter (Kuruman Spar manager), Shirley Mabele (winner of the Trolley Dash competition) and Marinel Meyer (a teacher of Kuruman Primary). Photo: Supplied

Pick your groceries in a minute Ilse Watson RECENTLY the Kuruman Primary School, in co-operation with Spar Kuruman, launched a fund-raising event called Trolley Dash. Pupils

had to sell raffle tickets and one lucky winner could fill up his/her trolley within a minute’s time. The total value of the prize sponsored by Spar was R800. Shirley Mabele was the proud

winner - she managed to load groceries in her trolley to the value of R805,95. The school raised a huge amount of money and is very grateful to Spar for their generous sponsorship.

Kuruman-tuine wys hul kleure Ilse Watson OP Kuruman word elke jaar ’n opwindende kompetisie vir tuine gehou. Inwoners van die dorp kan dan in verskeie kategorieë deelneem. Vanjaar is die mooiste kleintuin-kategorie deur Beatrice Barnard vir die Heuwelsig-aftreeoord gewen.

Wilhelm en Ansie Kruger se pragtige tuin by Ixiastraat 17 het die kompetisie vir beste kleintuin gewen. Die pragtige, groot tuin van Karin Beukes by Kromstraat 5 is die wenner van die kompetisie vir groot tuine. Kurumaniete word aangemoedig om almal volgende jaar aan die kompetisie deel te neem.

’n MOOI hoekie van die wenner van die klein tuine-kompetisie – hierdie tuin behoort aan Wilhelm en Ansie Kruger. Foto’s: Ilse Watson

DIE pragtige tuin van Karin Beukes in Kromstraat 5.

IN die klein tuin van Beatrice Barnard is daar ’n lafenis vir voëltjies en ’n vrolike padda om alle besoekers geselskap te hou.

EEN hoekie van die klein tuin van Beatrice Barnard.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

19

ALGEMENE KENNISGEWINGS GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

The Rainman: Bennie. Besproeiing vir huise en besighede, nuwe installasies en opgradering. Rain Buster. Skakel 076 790 3944.

TE KOOP MERCEDES C180: 1997. Fullhouse, R29 500. 1997 Mercedes C230, fullhouse, R29 500. 072 472 8686.

SAKE

TROETELDIERE

PASSAT, 1983, in puik toestand. Net 95 000 km op klok. Skakel 083 772 2316.

1660

OPREGTE BULLTERRIËR-hondjies te koop. KUSA-geregistreer en ontwurm, ingeënt, met microchip. 2 pragtige reuntjies beskikbaar. 082 902 9664/081 043 1550.

TE KOOP 2405

BESIGHEID TE KOOP. Skakel 053 712 0115.

YORKIES TE KOOP: Klein tipe. Skakel 082 819 0767.

VAKANSIE & REIS

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1810

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goed toegeruste koshuis van 9 Des. 2013 tot 2 Jan. 2014. Sentraal geleë. 021 887 1583.

1845

SKOONMAAKDIENSTE VOLWASSENES

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

VOERTUIE

1-SLAAPKAMER-WOONSTEL te huur. Onmiddellik beskikbaar. Verkieslik manspersoon of kontrakteurs welkom. Skakel 073 331 2626.

TOEBEHORE & ONDERDELE & MODIFIKASIES 3001

ALLERLEI

PEUGEOT 1107, 2006, 1.6, Triptronic, lady owner, fullhouse, R59 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

3075

2635

ELEKTRIES

3201

MOTORS, BAKKIES, lorries en karavane gesoek vir kontant. R20 000 tot R40 000. Skakel 071 967 0285 / WhatsApp.

AKKOMMODASIE

1805

TE KOOP

2011 CRUISER-KAPPIE, baie goeie toestand: R7 500. Skakel 079 563 9103 bedags en 072 877 7285 saans.

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

GROOT 1-SLAAPKAMER-woonstel te huur. R5 000 per maand, water ingesluit. Koopkrag. Skakel 083 458 7305.

The future is diverse. The future is yours.

TE HUUR 3205

Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

3010

ISUZU KB 250D: 1994. Tralies. R34 500. 1999 Nissan 1400, ekstras: R29 500. 072 472 8686.

PRIVAAT 2015

WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens. Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.

RANGER 2.5D, 2001, canopy, R45 000. Colt 2.5D, 1996, R37 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. TOYOTA WTi 2.0, 2005: R110 000. 2001 Isuzu KB 250D, d/c, extras: R59 500. Phone: 072 472 8686.

MOTORS TE KOOP

HUISE TE KOOP 3275

HUIS TE KOOP: 4 slk, 2 badk, dubbel motorhuis, dubbelerf. Skakel 082 321 8142 of 084 484 4738.

BETREKKINGS

3025

CONQUEST 160i: 1995. R27 500. 1997 Camry 200i, R32 500. 1995 Corolla 1.6, R27 500. Phone 072 472 8686.

3600

BOUBEDRYF

CORSA 1.4, MAGS, lady owner, air-con, power-steering, R32 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

LANDBOU

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210

AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.

CRESSIDA 2.4: 1992. R28 500. 2001 Corolla 1.6. R45 500. 2001 Tazz 1.6i, R35 500. Phone 072 472 8686.

3635

GESOEK: ENIGE BOUWERK, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, dit is vir ons belangrik. Skakel John 082 968 8376 alle ure.

GOLF 1.3: 1996. Goeie toestand. Ideale studentemotor. Skakel 083 772 2316. MAZDA STING 1.6, R22 500. 1996 Sentra, R22 500. 1999 Uno 1.4, R21 500. Phone 072 472 8686.

BETREKKINGS GESOEK 3670

Application needed for data, copy/paste work in 2014. For info SMS name/address to 074 927 5124 or e-mail to d.jobbuzz05@gmail.com

ALGEMEEN 3680

APPLICANTS NEEDED for data, copy/paste, Word in 2014. For info SMS name and address to 074 804 6873 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

H&H Coordinator (Ventilation) Ref: 763920

At Hotazel Manganese Mines, our HSE focus has shifted to simpler, better and faster. Therefore we seek a proactive and energetic individual whose main role will be to develop, implement and verify Health and Hygiene processes that will enable the core processes to operate risk-free and with zero harm. Your scope of work will range from conducting workplace inspections to identifying root causes within business processes and developing systemic solutions to eliminate reoccurrence. Although your key area of expertise will be in mining/engineering Health and Hygiene you will also be required to demonstrate competency in Safety and/or Environmental practices. You will also ensure conformance to HSE and other applicable legislation, OHSAS 18001 and ISO 14001 standards by implementing the required HSE systems at all levels through risk assessment exercises, performance verification audits and conducting management reviews. To apply, you will need 5 years’ underground mining experience, a Practical Certificate in Mine Environmental Control, Intermediate Certificate in Mine Environmental Control and a qualification in Radiation Protection. A certificate in Mine Environmental Control or studies towards this will be an advantage. You must be computer literate (with a strong systems background and intermediate skill in MS Office), plus expert knowledge and understanding of safety management systems and HSEC-related legislation. Sound leadership and interpersonal skills are important. You must also be medically fit to work underground or in an opencast mining environment and have a Code EB driver’s licence (Code 08).

Supervisor Production: Ore Preparation Plant (OPP) and Loadout Mamatwan Mine

Ref: 763868

JA DE KLERK LOGO In die boedel van wyle Jan Antonie de Klerk, getroud buite gemeenskap van goedere en wat woonagtig was te Cillierslaan, Kuruman, NoordKaap. Boedelnommer: 002870/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 29 NOVEMBER 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

We will depend on you to supervise the safe and efficient execution of processing activities at the ore preparation plant and Loadout Station. Functions will include the daily monitoring of targets, problem-solving support and subordinate supervision (ensuring the optimisation of the plant). You will also be tasked with water management (ie overseeing the pumping of water) and planning functions, and must ensure complete product quality control. We will call on you to oversee the crushing and screening operation in the metallurgical plant, maintain housekeeping standards and keep vibrating screen decks in top shape. Project management will be a further focus. With a Grade 12, 3-5 years’ experience in a supervisory position in a processing plant and SAP HR and PM knowledge, you could be our ideal candidate. An Ore Preparation Certificate and Ore Preparation Plant (OPP) experience will be advantageous. You must be in possession of a driver’s licence and be medically fit. Add a results focus, sound interpersonal skills and quality orientation and you could be joining us soon. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applications close 6 December 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 104728


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013 BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

JC van Rooyen LOGO In die boedel van wyle Johannes Christoffel van Rooyen, getroud binne gemeenskap van goed met Maria Susanna van Rooyen en wat woonagtig was te Springbokstraat 2, Kuruman, NoordKaap. Boedelnommer: 816/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemoende boedel ter insae lĂŞ by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 29 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

G E K L A S S I F I S E E R D

VEILINGS

OPENBARE VEILINGS 4401

J.N. MARKETING Afslaers/Veilings: Ons koop en verkoop. Skakel Japie (Elvis): 073 140 0108.

K E N N I S G E W I N G S B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

SASHA sê: “Ek laaik jou niks.” Maar klein Cleo sê: “Ag, man, kom ons speel.”

Foto: Elmarie Hoft

Net ’n ergernis . . . Anena Burger ELMARIE HOFT het op uitnodiging van die Kalahari Bulletin aan lesers om met ander lesers oor hul geliefde troeteldiere se maniere en grille te gesels vir ons die

volgende skattige foto gestuur. Hoft sê daar is ’n nuwe wollerige familielid met stekelrige naeltjies in die gesin. Sasha, die poedel, dink egter dié klein speldekussing is net ’n ergernis.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

23

DIE Sterretjie-kleuterskool het onlangs sy jaarlikse glansgeleentheid gehou waaropsy Mnr. en Mej. Sterretjie aangekondig word. Hier is Latyon Buys (Mnr. Sterretjie) en Chandre de Koker (Mej. Sterretjie). Foto: Verskaf

VRIENDINNE neem afskeid. Van links is Liana Muller, Marianne Vorster, Liza Burger, Flaura Victor (wie se laaste vergadering dit was) en Amanda van Biljon.

VLV-vriendinne neem met ’n lag en traan afskeid Petro Spangenberg

DIE VLV-lede van die Kuruman-tak het onlangs met kruie gekook en hul voorouers, wat alles self moes maak, vereer. Die sameroeper, Marinda Stander, het die lede vertel van kruie wat van die vroegste tye af aangewend is, selfs in matte ingeweef is om geur te verskaf wanneer mense daaroor loop. Benewens die medisinale en ander gebruike fokus sy op die gebruik van kruie in die Tussie Mussie wat ’n geurige ruikertjie met ’n bepaalde boodskap is. Die kruie wat in ringe om ’n sentrale blom gegroepeer word, het ’n voorafbepaalde boodskap en moet in die geval van kruie met dubbelsinnige betekenis liefs met ’n meegaande kaartjie verduidelik word. Só beteken basiliekruid liefde maar ook haat, en laventel kan toewyding sowel as wantroue simboliseer. In die kookkuns is van die minder bekende gebruike die van koljanderblare in klappermelk saam met kerriegeregte. Basiliekruid lok weer skoenlappers na jou tuin en is ook heerlik in pesto’s, pastasouse en op pizza. Sy sê die kweek van vars kruie word aangemoedig, want daar is niks lekkerders as om elke dag ’n vars gekweekte blaar of twee op jou bord te hê nie. Sy het haar pesto-resepte met die lede gedeel, asook ’n resep vir die lekkerste ricotta-kruieballetjies met gekapte pietersielie en orego. Elke lid moes iets gehekel aangetrek het en almal het opgedaag met kledingstukke uit ouma se kas of met moderner weergawes van hekelwerk wat weer hoogmode is. Die uitstalling van hekel- en naaldwerk van voorgeslagte het baie reaksie ontlok. Tannie Susan Sargeant, wat binnekort 90 jaar oud sal word, het al haar gehekelde kraledoilies vertoon. Hulle glo dit is VLV-vroue se verantwoordelikheid om die tradisie en vaardighede wat eeue lank in huishoudelike behoeftes voorsien het, te laat oorleef en herleef, aangesien dit nog ’n groot plek in die moderne leefstyl kan volstaan. Dit is vir baie mense ook ’n bron van inkomste en, soos menige handwerker jou sal meedeel, broodnodige terapie om met wol en naalde te skep. ’n Demonstrasie van spuitverf op hout en papier het gewys moderne plekmatjies en tafelversierings hoef jou nie ’n fortuin te kos nie. Dit is ook iets wat flink verkoop op markte en dié tyd van die jaar is almal op soek na bekostigbare geskenke. Dit is met hartseer dat die lede afskeid geneem het van Flaura Victor wat Pretoria toe verhuis. Sy en haar man, Pieter, is in die Kuruman-gemeenskap bekend vir hul mooi handgemaakte glasartikels en juwele.

MARINDA STANDER, sameroeper van die leefstylgroep, praat oor die gebruik van kruie in die kombuis.

GEHEKELDE kraledoilies wat tannie Susan Sargeant (amper 90 jaar oud) gemaak het. Foto’s: Verskaf

Huise vir troeteldiere gesoek DIE Kuruman-dieresorgvereniging benodig die hulp van die gemeenskap. Daar is baie honde en katte wat dringend na huise soek. Daar is onder meer ’n kruis-boerboelteef

van ongeveer twee jaar oud en ’n jong bulterriër-tefie. Enigeen wat kan help, kan by die Dieresorgvereniging ’n draai gaan maak of Ronel de Bruyn by 073-256-2059 bel.


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

VAN links is dr. Hein Olivier, Warno Hauman, een van die wenners, en Riaan Venter, die president van die Kalahari-jagtersvereniging vir 2014. Foto’s: Verskaf

VAN links is dr. Hein Olivier, Drandre Hauman, nog een van die wenners, en Riaan Venter.

Jong jagters vereer

Ontvang trofeë op vereniging se jaareindgeselligheid Ilse Watson DIE Kalahari-jagtersvereniging het op 25 en 26 Oktober sy jaareindgeleentheid gehou. Op die geselligheid is trofeë aan presterende lede oorhandig. Die wenners van die jaarlikse kleiduifkampioenskappe en jaggeweer-klubkampioenskappe is ook aangekondig. Die deelname van junior jagters was vanjaar baie goed. Die wenners is: Andrico Burger: kry goud vir sy gemsbok

met ’n horinglengte van 40.75 duim. Johnre Reinecke: kry goud vir sy blesbok met ’n horinglengte van 16.5 duim. Brajon Hauman: kry silwer vir sy gemsbok met ’n horinglengte van 38.75 duim; goud vir sy swartwildebees met ’n horinglengte van 25.625 duim en goud vir sy vlakvark met ’n tandlengte van 11.75 duim. Drandre Hauman het ook goud gewen met ’n steenbok met ’n horinglengte van 6.25 duim. Warno Hauman het goud vir sy springbok met horinglengte van 13.25 duim, verower.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.