Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
5 DESEMBER 2013
Niks geld
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Kalahari staan kooi se kant toe
Tyd vir inspring Ilse Watson
AFRIFORUM KURUMAN het verlede week ’n dringende vergadering met die inwoners van Kuruman gehou om die krisis van die Ga-Segonyana-munisipaliteit te bespreek. Die Ga-Segonyana-munisipaliteit se bankrekenings is ongeveer twee weke gelede gevries en dit kan nie as ’n lopende besigheid voortgesit word nie. Die munisipaliteit is bankrot en die enigste inkomste wat hy tans het, is die water-en-ligteen dienstebetalings wat deur inwoners van wyk 1 (Kuruman) en wyk 7 (Wrenchville) gemaak word. “Dit is nie tot voordeel van hierdie gemeenskap dat die munisipaliteit bankrot is nie. Almal moet nou inspring en help om hierdie krisis op te los,” het Nico Erasmus, voorsitter van AfriForum Kuruman, gesê. Volgens raadslid Floors Byleveldt betaal inwoners van wyke 1 en 7 gereeld en slegs R42 800 vir dienstegeld is tans uitstaande. “Die ander wyke betaal nie en ry op die rug van die res van die gemeenskap,” sê Byleveldt. Die munisipale bestuurder wat in 2012 aangestel is, Edward Ntefang, is reeds afgedank. Na bewering beskik hy nie oor die nodige kwalifikasies om die pos as munisipale bestuurder te vul nie. Hy het gesê dat hy slegs sal gaan as hy ’n R4,5 miljoen-skeidingspakket ontvang. Na bewering is 80% van die munisipale amptenare ook nie gekwalifiseerd om die poste waarin hul aangestel is te beman nie. AfriForum Kuruman het reeds in Februarie dokumente ingedien waarin versoek is dat munisipale amptenare bewys van hul kwalifikasies moet lewer. Ivan Herselmann, portefeuljebestuurder van AfriForum, is aangewys om ’n oorsigtelike rol in die munisipale krisis te speel. “Ons het ook ’n projek waarmee ons sedert die begin van die jaar besig is om te verseker dat munisipale amptenare die nodige kwalifi-
DIE Kalahari trek sy pajamas aan terwyl ’n koel briesie deur die kameeldoringboom waai. Dis rustyd.
kasies verwerf,” het Herselmann gesê. “Sekere munisipale amptenare moes vroeër hierdie jaar hul kwalifikasies vir hul betrokke poste op datum bring. Ander het kans tot einde van hierdie jaar en die volgende groep moet in Junie 2014 volledig gekwalifiseerd (volgens wetlike vereistes) vir hul betrokke poste wees. “Indien nie, gaan groot getalle mense afgedank word.” Weens die munisipale krisis, beleef die dorp nou al maande verskeie krisisse in ander gebiede ook. Straatligte word nie herstel nie, vullisverwydering bly ’n groot probleem en rioolputte loop oral oor. Daar is 12 nuwe aansoeke vir bouplanne, maar hierdie planne sal nie goedgekeur kan word nie aangesien die voorsiening van krag en ander dienste nie nou beskikbaar is nie. Ander kwessies wat ook bespreek is, is:
) AfriForum Kuruman maak voortdurend die dorp skoon en verwyder vuilgoed. “As ons dit nie doen nie, sal die dorp net slegter en slegter vertoon,” het Nico Erasmus gesê. ) Die waterdam wat Kuruman meestal van water voorsien, se pompe moet hersien word. Ongeveer 6 miljoen liter water verdwyn daagliks in die veld in weens lekplekke. ) Teen 12 Desember moet die dorp se straatligte almal weer in werking wees. ) Daar is steeds probleme met die vullisstor-
Foto: Ilse Watson
tingsterrein. Roos-sekuriteit gaan in die volgende twee weke nog 27 kameras op plekke op die dorp installeer. AfriForum Kuruman en die gemeenskap is nou gedwing om alle moontlike hulp in te win om die krisis met die munisipaliteit op te los. ) Gesels saam oor wat op Kuruman gebeur. Gaan lewer kommentaar op Bulletin se Facebook-blad by www.facebook.com/kbulletin
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
‘Mans moet vrede in huis behou’ Benneli Olivier Van der Walt LEDE van die regering, polisiediens en weermag het onlangs die viering van die Internasionale Mansdag op die Sivos-sportterrein op Kathu gevier. Senior polisielede het terselfdertyd die feestyd se When Duty Calls-veldtog bekend gestel. Die Positive Men’s Movement of South Africa (Pomesa) en die South African Network of People Living with HIV and Aids (Napwa) het in 2006 die eerste internasionale Mansdag gevier. Mzwandile Pansizo van Pomesa het gesê die instansie wil mans van oor Suid-Afrika heen inspireer om ’n belofte te maak om geweld teen vroue en kinders te beveg. “Ons as mans en seuns moet vrede in die huis handhaaf om vrede in die wêreld teweeg te bring.” Mluleki Zazini van Napwa het wat MIV-vigsbewusmaking betref, gesê mans is kritiese belangrik in die voorkoming van MIV-vigs. “Mans is ongelukkig die hoofverspreiders van die potensiël dodelike virus. Napwa sal nie stilsit en stilbly terwyl daar nog mans is wat vroue en kinders verkrag nie. Meer hulpbronne moet beskikbaar gemaak word om verkragting in die land stop te sit.” Zazini het ook mans aangemoedig om hul MIV-status te ken en in ’n verhouding bekend te maak. Ondersteuning van mense wat met MIV-vigs lewe, is belangrik sodat die mense ’n vol lewe kan lei. Die provinsiale polisiekommissaris van die Noord-Kaap, lt.genl. Janet Basson, het gesê die Noord-Kaapse polisie stel een van die belangrikste veldtogte in die voorkoming van misdaad op die polisiediens se kalender – When Duty Calls – bekend. Die veldtog sal nie net in die feestyd volgehou word nie, maar ook die res van 2014. “Die polisie kan nie met hul idees, planne en veldtogte klein dink nie. Ons moet verseker die polisie se doelwitte word bereik sodat almal in die land veilig kan lewe.” Sy het gesê die geleentheid beklemtoon die belangrikheid van mans se lewe in die gemeenskap, die gesin, verhoudings en kindersorg. Die hoofdoel moet wees om op vaste gesinswaardes
DIE premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, het gesê die gesinseenheid is belangrik.
LT.GENL. JOHN SITOLE het gesê die polisie gaan misdaad deur geïntegreerde aksies beheer. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
LT.GENL. JANET BASSON het gesê die polisie se doelwitte moet bereik word sodat almal veilig kan lewe.
te fokus. “Ons moet aanhou veg teen geweldsmisdade teen vroue en kinders.” Lt.genl. John Sitole, nasionale adjunk-kommissaris van die polisie, het gesê die polisie sal ’n multidissiplinêre benadering met die When Duty Calls-veldtog volg. Dit sal veiligheid verseker deur misdaad deur geïntegreerde aksies van die polisie te beheer. In die feestyd gaan die provinsie ’n toename van besoekers en toeriste beleef. Dit is gewoonlik ’n tydperk van rus en ontspanning vir die meeste mense, maar onge-
lukkig is dit ook die tyd wanneer ’n toename in ekonomiese, kontak- en alkoholverwante misdaad is. Mense moet ook spontane byeenkomste by klubs, straatpartytjies en smokkelkroeë te wagte wees. Dit is op dié byeenkomste waar onwettige drankmisbruik toeneem. Die polisie sal pogings aanwend om ernstige misdade soos moord, aanranding, roof en diefstal, motordiefstal en diefstal uit motors te beveg. Die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, het gesê die gesinseenheid is belangrik. Sy
het verder gesê die waardes moet in vandag se lewe gehandhaaf word. “Ons moet ons seuns grootmaak om verantwoordelike mans te wees. ’n Man het ’n onmisbare rol in sy gesin, gemeenskap en die land. Dit is ’n man se verantwoordelikheid om nie verkragting te pleeg nie en om geweld stop te sit.” Die Noord-Kaapse provinsiale orkes het verskeie nommers op die dag gespeel. Die polisie en die vervoeropleiding-ondersteuningsvleuel van Loatlha het ’n vertoning gelewer.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
3
Kinders pomp speel-speel water Ilse Watson NÁ die suksesvolle bekendstelling van ’n water-speelpomp by ’n minder bevoorregte skool in Kimberley vroeër vanjaar, het Itron ’n tweede speelpomp bekend gestel – dié keer by die Laerskool Relekile op Kuruman. Leerlinge aan die skool geniet die gratis water wat deur die skenking moontlik gemaak is. Die Laerskool Relekile, wat daagliks deur ongeveer 200 kinders bygewoon word, is op die dorp Ditshaswaneng in die distrik John Taolo Gaetsewe geleë. Die gebied word gekenmerk deur ’n baie droë en ongenaakbare klimaat, aangesien dit in die Kalahari-woestyn geleë is. Boonop woon die grootste persentasie van inwoners in landelike gebiede en gaan gebuk onder armoede, hoofsaaklik weens werkskaarste. Die waterpomp is sigbaar met die handelsmerke van Itron en die Ga-Segonyana-munisipaliteit. “Ons het gereeld ’n watertekort by die skool. Indien ons gelukkig is, word ’n bietjie water deur ’n elektriese pomp op die dorp na die skool gelei, maar dit werk slegs tussen 10:00 en 16:00, met gereelde onderbrekings wat soms dae kan duur. “Die skool het ook ’n geen skoolgeld-struktuur en daarvolgens dra ouers nie finansieel by tot die skool nie, aangesien die meeste van die ouers werkloos is,” sê die skoolhoof, Buyiswa Cynthia Molebalwa. “Ons het deur ons betrokkenheid in die gemeenskap gehoor van die nood by die Laerskool Relekile en het besluit om hulle te help, aangesien ons glo elke mens het die reg tot skoon drinkwater. “Boonop gee dit vir ons die geleentheid om die kinders bewus te maak van die bewaring van water,” voeg Yolanda Desai-Gossel, die bemarkingskommunikasiebestuurder van Itron in Afrika, by. Volgens Molehalwe was die skoolbeheerliggaam, onderwysers en leerlinge desperaat vir betroubare en deurlopende water en hulle is
DIE nuwe speelwaterpomp by die skool. DIE lint word tydens die formele seremonie geknip. Links is Mpho Lekgetho (Ga-Segonyana-munisipaliteit) en Yolanda Desai-Gossel (Itron). Foto’s: Verskaf ongelooflik dankbaar teenoor Itron vir die skenking van die speelpomp wat op 19 November by die skool bekend gestel is. Die geleentheid is deur Desai-Gossel en die Noord-Kaapse bedryfsbestuurder, Anna Sebinane, asook hooggeplaastes van die Ga-Segonyana-munisipaliteit bygewoon. Die boorgat waarop die pomp opgerig is, is 98 m diep en kan ongeveer 450 liter per uur lewer.
Soos die kinders op die rondomtalie speel, word die pomp deur die momentum aangedryf, wat skoon water uit ’n 2 500 liter-tenk pomp vir drink-, was- en skoonmaakdoeleindes lewer, asook om die skool se groentetuin nat te lei. Dié korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidprojek vorm deel van ’n uitgebreide program om bekostigbaarheid en toeganklikheid van energie en water te verseker in die gemeenskappe waar Itron diens lewer.
Betogers versper pad Ilse Watson DIE Werkloosheidgemeenskapsforum het verlede Woensdag in die vroeë oggendure weer sy griewe oor werkloosheid gelug deur die pad tussen Kuruman en Hotazel te versper. Volgens die forum ignoreer die myne in die omgewing die plaaslike werkmag. Die ongeveer 150 betogers het swaar voertuie tot stilstand gedwing en ook sommige van die swaarvoertuigbestuurders gedwing om hul mangaan in die pad te stort. Die Kuruman-polisie was vroeg op die toneel en personeel van die Kuruman-verkeersdepartement het alle verkeer na Hotazel afgekeer. Daar was gisteroggend ’n groot polisieteenwoordigheid en hulle het verhoed dat betogers enige verdere skade aan voertuie berokken. Daar is ook padwerke op die R340 tussen Kuruman en Hotazel en die sluiting van die pad het groot ontwrigting veroorsaak. Swaarvoertuie is op Kuruman voorgekeer. Hulle het heeldag langs die pad
LEERLINGE van die Laerskool Relekile in Kuruman.
Bel dié nuwe noodnommers INWONERS van Kuruman wat in nood verkeer, kan die nuwe noodnommers skakel. Dit is 083-586-9986 of 079-485-3037. Die nommers skakel jou
OP die R340 tussen Kuruman en Hotazel het betogers die pad met swaar voertuie versper en ook sommige van die mangaanvoertuie gedwing om hul vrag in die pad af te gooi. Foto: Ilse Watson gewag en baie van die bestuurders was sonder kos en drinkgoed. Alle personeellede wat die verkeer op die pad moes beheer, is reeds vroegoggend huis toe. Teen laat Woensdagmiddag was daar geen beheer oor die eenrigtingverkeer nie. Daar was ook berigte dat die ontevrede betogers die pad tussen Kuruman en Kathu wou sluit, maar niks het daarvan gekom nie. Die Werkloosheidgemeenskapsfo-
rum het op 8 November ook die dorp met sy optogte lamgelê. Grootskaalse ontwrigting is verwag en die hele Kuruman-gemeenskap was voorbereid om enige probleme te probeer vermy. Die Kuruman-polisie het sekere paaie gesluit en die meeste sakeondernemings het ook op daardie dag hul deure gesluit gehou. Dié optogte is deur die Ga-Segonyana-munisipaliteit goedgekeur en het sonder enige voorval verloop.
albei na die Roos-sekuriteit deur. Enigiemand wat hom of haar by AfriForum-Kuruman wil aansluit, kan die naam van sy of haar dorp SMS na 31336.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Gekonkel met poste stel teleur AFRIFORUM oorweeg regstappe teen die munisipale raad van die //Khara Hais-munisipaliteit ná beweerde ongerymdhede met die aanstelling van ’n nuwe munisipale bestuurder. Kenith Khumalo, die bestuurder vir die samewerkende regering van die Noord-Kaap op Upington, het ’n brief aan die speaker van dié munisipale raad, Thomas Basson, gestuur waarin hy ’n gekonkel met dié aanstellingsproses beweer. “Ná oorweging van die bogenoemde het ek besluit om u in kennis te stel dat ek nie ’n situasie kan toelaat of deel kan wees van ’n aanstellingsproses wat die doelbewuste misleiding van die LUR, wat my werkgewer is, behels nie. Nóg minder kan ek dit toelaat dat die munisipaliteit in ’n situasie beland waar hulle in ’n litigasieproses betrokke kan raak as ek kan help om dit te keer,” het Khumalo in sy brief gesê. Khumalo se optrede kom nadat die LUR vir samewerkende regering, Alvin Botes, op 10 Oktober na bewering valslik in kennis gestel is dat daar nie genoeg plaaslike kandidate beskikbaar was vir die pos nie en daar weer vir die pos geadverteer moes word. Luidens ’n verklaring deur AfriForum was Willem Engelbrecht (die waarnemende munisipale bestuurder), Gilbert Lategaan, Elias Ntoba en Mervin October as kandidate beskikbaar, maar het hulle hul aansoeke op verdagte wyse teruggetrek. AfriForum sê die geheimsinnige te-
rugtrekking het vrae laat ontstaan of daar druk van die ANC se streekstrukture was om Deshi Ngxanga, munisipale bestuurder van die distriksmunisipaliteit, te bevoordeel in sy aansoek om die pos. Ngxanga is glo omstrede omdat hy albei poste, as munisipale bestuurder en as streeksekretaris van die ANC, terselfdertyd beklee het. Volgens AfriForum bevraagteken Khumalo ook Ngxanga se kwalifikasies, wat hy glo nie kon voorlê nie. Gamiem Abrahams, woordvoerder vir die LUR, het gister gesê die LUR is nie formeel oor die aanstelling van die munisipale bestuurder ingelig nie. “Die Wet op Munisipale Stelsels bepaal dat die raad die LUR binne 14 dae ná die aanstelling moet inlig. “Dit is dus nie heeltemal waar dat die LUR mislei is of foutiewe inligting gegee is nie, aangesien geen inligting nog ontvang is nie,” sê Abrahams. “Die res van die kwessies is bloot bespiegeling en ongegrond en ons kan daarom nie daarop reageer nie. “Die LUR sal by ontvangs van ’n formele kennisgewing die proses van die aanstelling evalueer en kyk of daar aan al die wetlike vereistes en voorskrifte voldoen is,” het Abrahams gister gesê. AfriForum sê ’n tersydestellingsaansoek sal oorweeg word indien bevind word dat daar bevoordeling van kandidate plaasgevind het en kandidate doelbewus politiek versoek is om aansoeke te onttrek.
Respekteer alle mense Ds. André de Villiers ONS kom elke dag met so baie mense in aanraking, byvoorbeeld ons gesinslede, dalk ’n huishulp of tuinwerker wat by ons werk, ons mede-personeellede by die werk, ons kliënte wat by ons sake doen. Ons gaan ná werk na die winkel en ry en stap verby honderde ander mense. Volgens die woordeboek beteken respek ’n “gevoel van diepe bewondering vir iemand of iets wat opgewek word deur die ander mens of subjek se vermoëns, eienskappe of prestasies”. As werkwoord beteken dit “die inagneming van die gevoelens, wense of regte van ander mense”. Die vraag is: Hoe wys ons dat ons ander respekteer? Kom ons kyk eerstens na wat ons wel doen in plaas van wat ons veronderstel is om te doen. ) Baie van ons sukkel om in ons huise respek aan mekaar te betoon. Ons aanvaar baie dinge as vanselfsprekend en wys nie dankbaarheid nie. Ons aanvaar ons gesinslede moet ons ondersteun, maar ons is nie altyd daar vir hulle nie. Hoeveel van ons ouers wys ons belangstelling in ons kinders deur saam met hulle tyd te bestee, deur aktiwiteite en geleenthede by te woon wat vir hulle belangrik is? Baiekeer kritiseer ons ons kinders (en jong mense in die algemeen) en wys ons nie “bewondering” vir wie hulle as mense is nie. ) Ons aanvaar sommer dat ons huishulp en tuinwerker, en alle werknemers in ons werkplekke, maar net daar moet wees en doen wat hulle moet doen. Hulle word immers daarvoor betaal. Maar sien hulle en hoor hulle die waardering (“bewondering”) wat ons vir hulle het, vir hulle as mense, vir hul eienskappe en hul prestasies dag ná dag? ) Hoeveel keer staan ons in rye
en vervies ons ons oor ander mense wat ongeskik by die rye indruk of vir mense wat op die paaie ry asof die pad net vir hulle gemaak is? ) Hoeveel keer vervies ons ons vir politici en ander leiers wat hul poste misbruik en nie diegene wat vir hulle gestem het, in ag neem nie? Bogenoemde situasies gebeur elke dag en elke dag faal ons die toets. Elke dag vind ons dat ons nie ander mense vir hul menswees en hul vermoëns “bewonder” nie. Die resultaat is ons stel self nie meer ’n voorbeeld van wat ons wil hê ander mense moet doen nie. Ons begin self by rye indruk, ons begin self die reëls strek om ons te pas. Hoe moet ons dan maak? Die Bybel gee goeie raad: ) Julle moet alle mense respekteer en jul medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. (1 Pet. 2:17) ) Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. (Ef. 5:21) Van Christene word gevra om alle mense te respekteer ongeag wat hulle aan jou doen. Selfs die keiser moet geëer word, iets wat baie moeilik was in die tyd toe die Bybel geskryf is. Paulus (Ef. 5) skryf Christus se voorbeeld moet ons lei sodat ons aan ander mense onderdanig sal wees. Ons leer respek by Hom en bewys dit dan aan ander: aan die mense vir wie ons lief is en aan hulle met wie ons skaars wil omgaan. Respekteer alle mense en wys só dat jy mense as God se skepsels “bewonder”, ongeag wie hulle is en hoe hulle optree.
DIE mooiste wolke, sonsondergang en ’n rustige kameeldoringboom kondig die aand aan. Lesers word genooi om hul foto’s van die Kalahari vir Kalahari Bulletin te stuur. Kontak die redakteur by ilse.watson@volksblad.com. Foto: Ilse Watson
Thank you for local support JOHN and Wilma Nel, Kathu:
Dankie vir groot skenking AFRIFORUM KURUMAN: ONS hartlike dank vir die groot skenking van die Trustees van die Kuruman-brandfonds aan die gemeenskap van Kuruman. Die skenking gaan vir die installering, montering en instandhouding van ’n groot aantal kameras gebruik word. Volgens die ooreenkoms sal AfriForum Kuruman in ’n toesighoudende hoedanigheid optree nadat Roossekuriteit die kameras aangebring het. AfriForum Kuruman is ook aangewys om die werking van die kameras te monitor.
16/33
16/30
15/29
NNW-10 NNW-10 NNW-10
PONTINS hosted a golf day at the Kalahari Country Club in aid of Joost van der Westhuizen’s J9 Foundation. The J9 Foundation was formed by the rugby legend Joost van der Westhuizen in aid of those suffering from the same form of the fatal illness he was diagnosed with early in 2011, motor neuron disease. A sports memorabilia auction was also held and items donated by world-renown sports personalities were auctioned off. Pontins and the J9 Foundation would like to thank the following persons and institutions for their sponsorship and assistance: Ernie Els; Gary Player, Francois Pienaar, Charl Schwartzel, Louis Oosthuizen; Hawies Fourie (Free State Rugby); Nicolene Potgieter (International Sports Management
17/34
17/31
16/30
NNW-10
NNW-10
NNW-10
Ltd); Duncan Woods (Els Group); Rhona Langan (Advent Sport Entertainment & Media); Beatrix Geen (Gary Player Foundation); Toshiba NC (Grahame & Barbara Rathbone); Postnet Kathu (Christel de Lange); Deo Gloria Lofts (Dirk Venter & FC Smit); Prisma (Jacques & Braam); Orange River Cellars (Jorine van Niekerk); Kalahari Bulletin; Magersfontein Memorial Golf Estate (Schalk Botha); OFM (Gary Stroebel); Panarotti’s (Odie Strydom), ’Fit-It (Leeroy Stanton; Talisman (Jaco Calitz); Midas Kathu; Spar (Rudi Botma); Verimark Kathu Village Mall; Chigo Airconditioning (Nico van der Westhuizen); Ernst van der Merwe; Komma-Weer-slaghuis; IPS (Mark Philip); Lizanne and John Shone. Although there is money still outstanding, we made R21 635,60 for the foundation. We really appreciate the support.
20/37 N10
19/33
18/34
NNW-10 NW-6
Tee help vir enige probleem Ilse Watson HIERDIE naweek was dit asof die ark oral oop was. Nie net is daar die afgelope Saterdag by ons kantore ingebreek nie, die booswigte was sommer oral op die dorp lekker besig. ’n Restaurant se kluis is opgeblaas en ’n motorhandelaar het ook deurgeloop. Dis ’n deurmekaar vrugteslaaimengsel van polisie, sekuriteitsmaatskappye en mense wat kort-kort bel met hul stories en hul nuus en hul probleme. Dit was eintlik die plan om ’n rustige naweek te geniet. En ’n wit koek te bak. Dit was ook die plan om sommer net sleg te wees en ’n paar flieks op televisie te kyk. Toe werk dit nou nie uit soos beplan nie. En so tussendeur alles gaan ’n mens suutjies dood van die hitte. Die afgelope naweek was dit ondraaglik warm en die humiditeit het jou maak voel jy kan heeldag
onder ’n koel stort staan. Maandag breek aan en ons weet die koerant moet klaar. Daar word ’n ander skootrekenaar uitgepluk sodat ons advertensie-konsultant sy werk kan doen. Maar so kom ons vinnig agter dinge werk nie by ons kantoor soos dit moet nie – almal se rekenaars is stadig. Soos ek hier tik, is ek al drie sinne vooruit voordat dit eers op die skerm verskyn. Het hulle aan ons telefoonlyne ook gekarring? Die polisie maak weer ’n draai by die kantoor – nog papiere om te teken. Die sekuriteitsmaatskappy kyk wat hulle kan doen aan ons alarmstelsel se afgeknipte drade. Hul bel kort-kort en gil “die alarm se battery is besig om pap te
word”. Asof ek nou die drade geknip het. Buite my kantoorvenster klink dit soos ’n kat wat kerm – dit boor en saag om ’n nuwe deur te installeer. As iemand bel, moet ek my foon vat en in die kombuis gaan praat. Dis allesbehalwe stil en om te kan skryf benodig ek stilte. Hier en daar raak ek so gefrustreerd dat ek maar liewer gaan tee maak – tee help mos vir alles. Maar hier in die Kalahari en by ons deurmekaar kantoor het ons darem ook goeie dinge beleef vandag – dit reën nog die hele dag. Dis heerlik koel – ek begin al dink ek moet ’n truitjie gaan soek. Ons telekonsultant is ook as die wenner in haar kategorie aangewys. Ons is almal opgewonde en bly vir haar part. Nou ja, terwyl die stadige telefoonlyne probeer om in te haal by my spoed van tik, sal ek gaan tee soek. Want tee help vir alles.
5 WW10868/E
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
REFUEL WiTH 24 HOUR wOOLiES QUaLiTY & YOU COULd
win an ipad dEtaiLS in StORE
nOw OPEn To celebrate the Woolworths Foodstop opening at the Engen Upington Convenience Centre, we’re giving away 2 ipads 32GB (4th Gen) Black. You can enter every time you buy Woolies products to the value of R60 or more at the Woolworths Foodstop at Engen Upington Convenience Centre from 5 december 2013 until 31 January 2014. More details in store. Terms and conditions apply. Engen Upington Convenience Centre, cnr Swartmodder & Le Roux streets, Upington
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
‘Bulletin’ trots op Rassie se prestasie Ilse Watson DIE personeellede van die Kalahari Bulletin is geweldig trots op hul kollega Rassie van Niekerk. Sy is die afgelope Saterdag as die Volksblad-Groep se telekonsultant van die jaar aangewys. Sy het haar doelwit van April tot Oktober met 9,57% oorskry. Sy hanteer die geklassifiseerde afdeling van die Kalahari Bulletin baie goed en die afdeling word met elke uitgawe groter. Sy dra 36,05% van die tak se doelwit en handhaaf dit baie goed. Sy is ’n steunpilaar en almal volg haar voorbeeld. Sy word deur almal gerespekteer en leef die waardes van Media24 uit. Baie geluk, Rassie.
RASSIE VAN NIEKERK van die Kalahari Bulletin se Kuruman-kantoor. Foto: Ilse Watson
PROMOSIE
OVK open konsepwinkels Ilse Watson OVERLAND CASH AND CARRY (OVK) op Kuruman het op 29 November sy eerste konsepwinkel in samewerking met Tom Knoesen oopgemaak. Dié winkel is die eerste van sowat 50 konsepwinkels wat in 2014 oor Suid-Afrika heen geopen sal word. Dit is deel van die OVK se bemarkingstrategie om ’n gehalteproduk by die endverbruiker te kry en daarom het hy sy belanghebbendes in die mark genader om
’n konsepwinkel en depot met volledige verspreidingsnetwerk te vestig. Die winkel Power Superstore sal OVK-produkte aan inwoners van Kuruman, Kathu, Postmasburg en ook gebiede rondom Vryburg verskaf. Produkte sluit supermieliemeel, koekmeelblom, wit- en bruinbroodmeel, stampmielies en suikerbone in. Hy verskaf ook ’n wye reeks kos vir troeteldiere, duifvlieg- en broeimengsels en ’n verskeidenheid pluimveemengsels in.
DIE kantore van Power Superstore in Kuruman.
Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
New centre for Sesheng KUMBA IRON ORE, a business unit of Anglo American, is constantly re-evaluating the processes at its Sishen Mine to ensure that the operation works more efficiently and is focussed on providing value to its employees and contractors. One such initiative which has recently set a new standard in the mining industry is the completion of an exclusive one-stop on-boarding centre. This new centre will streamline the process of welcoming and granting access to new employees and contractors who join Sishen Mine’s workforce. It will drastically reduce the time taken to complete the on-boarding process as well as reduce and in certain instances even eliminate the need for these services at the operation itself. The new on-boarding centre in Sesheng, which is about 4 km from the mine, will be a centralised facility that offers all the services a new employee or contractor would need in order to successfully access the mine. The departments included in the centre are Sishen Mine’s human resources, global shared services, training, protection services, projects and engineering.
The centre also includes a medical centre where medical fitness examinations are conducted. According to Sishen Mine’s quality assurance specialist, Selebogo Motsaathebe, the main objective of the centre is to ensure that all employees and contractors comply with Kumba Iron Ore’s safety and legal requirements before starting work on the mine. “Sishen Mine is a big operation with big ideas and I believe that the new centre is aligned with this ethos of innovation and development. This centre will enable employees and contractors to come on-board quicker to ensure a safe and seamless entry to the operation so that they can continue to deliver value.” The new 2000 m² facility will also house a South African Police Service satellite station which will not only provide services to prospective entrants to the mine in the form of certification and clearance, but will offer services to the local community. In addition a convenience store has been included, where candidates undergoing on-boarding as well as community members can purchase refresh-
Opvoeding geskied by die huis JACO PIETERSE, Kuruman: OUERS is die rede vir vandag se jeug (reaksie op die brief “Waar is die dae” van Bekommerde Ouer). Eerstens wil ek sê ’n mens kan nie veralgemeen soos die vorige skrywer alle onderwysers oor dieselfde kam skeer nie. ’n Mens kry goeie onderwysers soos die wat my goed gevorm het. Dít agter die rug wil ek op die ouers fokus wat hul kinders se lewe vernietig (let wel, ’n mens kry baie goeie ouers en ’n mens sien hul opvoeding in hul kinders raak). As onderwyser wat nuut op die platteland is, is ek uiters geskok oor die waardes en gedrag van die tieners vandag, veral die op die platteland waar ek verwag het ’n mens nog ordentlike kinders met goeie waardes en beginsels kry. Hoewel ek baie ordentlike kinders ontmoet het, wil ek op die volgende fokus. Ek het gehoor hoe gr. 8leerlinge praat van hoe hulle drink en dronk word. By navraag het sommige kinders gesê hulle kry dit by hul ouers. Ander gaan na drinkplekke waar ID-dokumente nie gevra word nie. Hulle glo ’n mens kan nie die lewe sonder drank geniet nie. Eerstens is dit teen die wet
EK wil almal uit my hart bedank vir die geldelike bydraes
Miskrame só veroorsaak Yolandi van Deventer
vir ’n minderjarige om alkohol te drink. Tweedens: Hoe kan die kuierplekke net omgee vir wins en nie vir die kinders se lewe nie? Dan hoor ek hoe tienermeisies dieetpille drink om gewig te verloor. As ek vra waar hulle dit kry, sê hulle hul ma’s koop dit vir hulle. Hoe kan ’n ma haar eie dogter se liggaam met goed vergif? Eerstens moet sy haar kind liefhê en aanvaar. Tweedens, as sy waarlik haar dogter wil help omdat die gewig haar gesondheid knou, kan sy eerder gesonde kos koop en haar aan sport laat deelneem. Geen wonder die meeste van vandag se kinders het geen maniere nie. Daar is chaos in die land se skole en die land se moraliteit is laer, want ouers kan nie hul kinders opvoed en beheer nie. En, nee, dit is nie die onderwyser se werk om die kind op te voed nie. Opvoeding geskied by die ouerhuis. Ek smeek ouers om hul kinders lief te hê en dit te wys deur hulle te dissiplineer en reg groot te maak. Ter afsluiting wil ek dankie sê aan die groep ouers wat wel uitstekende werk doen. Ons as onderwysers sien dit raak.
Dankbaar vir geldbydraes GERT BUYS, Kuruman:
ments. The new centre will be clearly indicated with signage that will be placed alongside all main routes leading from Kathu to Sesheng. Construction of the new Sishen on-boarding centre started in May 2013 by local building construction company Integricon and is set to be operational by 13 December. The centre will operate only during the day in alignment with Sishen Mine’s official working hours for administration staff, with the exception of weekends and public holidays. According to project manager Fanie Gerrie, this on-boarding centre is regarded as a forerunner within Anglo American. “This project is part of a much bigger strategy to develop support services and infrastructure in the local Sesheng community. It is a unique concept and we are proud to have delivered a project of this calibre without any safety incidents. We expect to see other business units within the Anglo American group to soon follow suit, further setting the standard in new employee and contractor induction and support.”
wat ek van vriende op Kuruman ontvang het. Dit het my droombesoek aan Jerusalem moontlik gemaak. God seën julle.
SOWAT 15% van alle bekende swangerskappe eindig in ’n miskraam. ’n Miskraam staan ook bekend as ’n spontane aborsie, maar dit kom op dieselfde neer: ’n verlies aan ’n swangerskap, sowel as gemengde gevoelens wat daarmee saamgaan. Die meeste miskrame kom voor in die eerste drie maande van swangerskap en meer as die helfte daarvan is te wyte aan chromosoom(die klein deeltjies in die liggaam wat DNS dra) afwykings by die fetus. Die chromosome bepaal voorkoms, geslag en bloedgroep. Miskrame ná drie maande kan gewoonlik aan siekte of ’n probleem by die moeder toegeskryf word. Risikofaktore vir ’n miskraam sluit in: ) Ouderdom: mammas ouer as 40 jaar het ’n hoër risiko vir ’n miskraam. ) Rook, alkohol- of dwelmmisbruik. ) Swak gekontroleerde siektetoestande soos hoë bloeddruk, diabetes, harttoestande of niersiektes. ) Sekere baarmoeder-abnormaliteite kan soms tot miskrame lei. ) Hormoonwanbalanse. ) Swak eetgewoontes en lae liggaamsmassa. Wanneer bloeding tydens vroeë swangerskap voorkom wat met min pyn gepaard gaan, word daarna verwys as ’n dreigende miskraam. Die hoofsimptome is erge krampe in die lae buik en bloeding. Die dokter sal ’n ondersoek doen om te voel of die ‘mond’ van die baarmoeder oop is. Wanneer dit wel oop is, is die kanse vir ’n miskraam goed. Met ’n swangerskap is dit raadsaam om, wanneer daar bloeding is, die dokter te gaan spreek. Daar is ongelukkig geen behandeling vir ’n miskraam vroeg in die swangerskap nie. Later in die swangerskap is die baba se kanse groter om te oorleef. ) Gesondheidsnuus, Mediclinic Kathu.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
DSV dankbaar vir hulp Ilse Watson KFC KURUMAN het aan die Dieresorgvereniging (DSV) van Kuruman ’n tjek van R17 381 oorhandig. “Ons benodig ’n diptrog vir al ons
MARIANA VENTER van die Kuruman-biblioteek.
Foto: Ilse Watson
Sy wil mense inlig Ilse Watson
MARIANA VENTER, ’n senior bibiotekaris van die Kuruman-biblioteek, is deur die Liasa-komitee van die Noord-Kaap as die bibliotekaris van die jaar vir 2013 benoem. Om vir die benoeming in aanmerking te kom moes sy ten minstens vyf jaar ’n lid van Liasa wees, ten minstens vyf jaar in ’n bepaalde pos diens gedoen het en ook ’n biblioteek-kwalifikasie hê. Sy werk reeds die afgelope 25 jaar in die Kuruman-biblioteek en het haar loopbaan hier as biblioteek-assistent begin. In 2007 is sy as senior bibliotekaris aangestel. “My grootste passie in my werk is inligtingverskaffing. “Geen mens wat die een of ander navraag
het, sal uit die biblioteek stap sonder ’n antwoord nie,” vertel Venter. Sy het onder meer ’n knipselprojek begin en al die dokumente word in ses staalkabinette gebêre. Altesaam 1 200 verskillende onderwerpe is deel van die projek. Skoolkinders trek die meeste voordeel uit die inligting. “Ons onderskat nie vandag se tegnologie nie, maar die lêers is van uiters belangrike waarde vir enigiemand wat inligting benodig.” Venter bewyer haar om kinders aan die lees te kry. Verskeie kompetisies word jaarliks gehou waarin kinders pryse kan wen. Kleuterskole besoek die biblioteek op ’n gereelde grondslag.
diere en ons het besluit om dié skenking daarvoor te gebruik,” het Ronel de Bruyn van die vereniging gesê. “Ons is baie dankbaar vir die hulp wat KFC aan ons verleen,” het sy afgelsuit.
VAN links is Letizia Joyce van KFC Kuruman, Esmeralda Langeveldt en Ronel de Bruyn, altwee van die Kuruman-dieresorgvereniging. Foto: Ilse Watson
Maak gou vir pragkalender
DIE Maart-bladsy van Volksblad se 2014-kalender.
’n KALENDER vir 2014, saamgestel uit die beste foto’s wat in die Kontrei-kiekies, fotokompetisie van Volksblad-Kontrei en sy vennote, Kloppers, Exporama en Fotoskool, ontvang is, is nou beskikbaar. Altesaam 75 pragfoto’s maak dit ’n funksionele, dog aanskoulike Kersgeskenk. Die kalender is A3-grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk. Elke maand is op ’n afsonderlike bladsy en vakansiedae en skoolkwartale word aangedui. Januarie 2015 is ook ingesluit. Slegs 500 kalenders teen R70 elk is beskikbaar. Spring dus vinnig om dit in die hande te kry. Die kalender is by Volksblad se kantore in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Bethlehem, Kuruman en Upington beskikbaar.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Wees bewus van jou veiligheid Benneli Olivier Van der Walt VUURWERK sal oor die feestyd weer die hemelruim verlig wanneer baie partytjies gehou word. Daar is egter veiligheidsreëls om te volg om te verseker dat almal dié feestyd veilig sal wees as vuurwerk deel van ’n partytjie is. As ’n vuurwerk nie reg gehanteer word nie, kan dit onder meer oogbeserings en brandwonde veroorsaak. Voordat ’n mens vuurwerk koop, moet jy eers by die plaaslike polisiekantoor seker maak dit is wel wettig om dit in die woonbuurt aan te steek. Wenke vir die veilige gebruik van vuurwerk is: ) Kinders moet nooit met vuurwerk speel nie. Klappers, vuurpyle en vonkelstokkies (sparklers) kan gevaarlik wees as dit nie reg gehanteer word nie. As kinders vonkelstokkies aansteek, maak seker dit gebeur buite en hou die stokkies weg van die gesig, klere en hare. ) Moenie onwettige vuurwerk koop nie. ) Moet nooit probeer om jou eie vuurwerk te maak nie. ) Maak seker jy het ’n tuinslang of ’n emmer water naby in geval van ’n ongeluk. ) Vuurwerk mag net buite die huis aangesteek word. ) Moet nooit ’n vuurpyl of enige ander soort vuurwerk op iemand rig nie. ) Moenie vuurwerk in jou hande of met enige ander deel van jou lyf vashou as jy dit aan die brand steek nie. Dra verkieslik iets om jou oë te beskerm. ) Moet nooit vuurwerk op ’n huis, bos of vlambare stowwe rig nie. ) Moenie vuurwerk in glasbottels of metaalblikke skiet nie. Moet nooit ’n vuurwerk wat doodgegaan het, weer probeer aansteek nie. ) Plaas alle vuurwerkoorblyfsels in ’n emmer water voordat dit in ’n vullisdrom gegooi word. ) Dink aan die troeteldiere in die omliggende gebied. Diere het sensitiewe ore en
kan groot vir harde geluide skrik. Hou troeteldiere binne die huis tydens vuurwerkvertonings. Beserings Indien jou kind deur vuurwerk beseer word, gaan onmiddellik na ’n hospitaal of ’n dokter. Indien dit ’n oogbesering is, moet die kind liefs nie die oog vryf nie.
Dit kan die skade vererger. Moenie salf of oogdruppels in die oog probeer gooi of smeer nie. Sny die onderkant van ’n papierglasie af, plaas dit vir beskerming oor die oog en gaan onmiddellik met die kind dokter of hospitaal toe. Indien iemand ’n brandwond opdoen, verwyder alle kledingstukke om die wond
en hou dit onder koel (nie yskoue) water. Moenie ys op die brandwond sit nie. Kontak dadelik ’n dokter of gaan na die naaste hospitaal. Vuurwerk is pragtig om saans te bewonder, maar ’n mens sal dit baie meer geniet as jou gesin en troeteldiere veilig is. Die Kuruman-polisie kan vir permitte gekontak word.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Kry só lyf ferm Lynn-Mari Olivier IN ’n ideale wêreld sou oefening geen inspanning verg nie en kitsdiëte ongelooflike resultate lewer, maar ongelukkig vereis ’n plat magie en ferm bene veel meer werk as net die regte dieet. Volgens Marisa Barnard, fisioterapeut en Pilates-instrukteur, het jy iets nuuts en opwindends nodig om jou huis die ideale gimnasuim te maak. Oefeninge wat fokus op balans, kernstabiliteit en ferm bene is die perfekte manier om jou lyf strand-gereed te kry. Volg die volgende roetine drie tot vier keer per week en jy sal binne vier weke vir die strand gereed wees. 1. Die round house kick squat: ) Staan met jou voete skouerbreedte uitmekaar met jou knieë effens gebuig; ) Hou jou vuiste in ’n boksposisie onder jou ken, jou skouers moet ontspanne wees; ) Leun oor na jou linkerbeen; ) Skop na regs; ) Boks met linkerhand na regs; ) Sak af tot in hurkposisie, tone na voor, met jou knieë in lyn met jou tweede toon en maak seker dat jou knieë nie oor die tone sak nie; ) Ruil die bene en herhaal. 2. Side crunch: ) Kniel op die vloer en leun na regs; ) Jou regterhand moet op die vloer wees; ) Tel jou linkerbeen op en punt jou tone; ) Plaas jou linkerhand agter jou kop; ) Lig jou linkerbeen op en strek met jou linkerarm na jou been. 3. Chair pose-back lunge: ) Druk jou heupe na agter en hurk soos om op ’n stoel te gaan sit; ) Hou jou knieë oor jou enkels en strek jou arms dak toe;
) Hou dit so vir vyf sekondes; ) Plaas jou hande op jou heupe, tree agteruit met jou regterbeen en sak tot in ’n lunge (draai jou lyf skuins en staan wydsbeen, laat sak dan totdat albei knieë buig; Hou dit vir vyf sekondes; ) Ruil jou bene en herhaal. 4. Alternating lateral jump: ) Staan met jou voete skouerbreedte uitmekaar, met jou knieë effens gebuig; ) Spring na regs, hou jou regterknie gebuig met jou regterknie agter die tone; ) Hou jou linkerbeen reguit; ) Spring op en land met linkerknie gebuig en regterbeen reguit; ) Wissel bene af; 5. Step-up plus hip flexion/extension: ) Staan agter ’n hoë trappie, voete skouerbreedte uitmekaar; ) Trap op met jou regtervoet, knie effens gebuig; ) Lig jou linkerbeen en skop vorentoe; ) Trap af met jou linkervoet en dan met jou regtervoet; ) Trap op met jou regtervoet en skop met jou linkerbeen na agter; ) Trap af; ) Wissel jou bene en herhaal. 6. Plie squat with frog jump: ) Staan met jou voete effens wyer as skouerbreedte uitmekaar, jou tone moet 45 grade na buite gedraai wees; ) Hurk; ) Staan op; ) Herhaal en spring tussen elke hurk. 7. Jack knife: ) Lê op jou rug met jou arms bo jou kop; ) Lig jou knieë, bolyf en arms gelyktydig totdat heupe en knieë gebuig is en arms na jou voete toe strek; ) Gaan terug na beginposisie; ) Herhaal; 12-15 repetisies met 2-3 stelle per oefening, 3-4 maal per week.
LIANA MULLER (links) en Cindy Viljoen (dieetkundige van Kathu) in ’n ligte luim. Foto’s: Verskaf
VAN links is, voor: Susan van Straten en Elmarie Theron; agter: Liana Muller, Liza Burger en Mariaanne Vorster (sameroeper van die gesondheid-studierigting).
Volg gebalanseerde dieet Petro Spangenberg ’n BAIE insiggewende vergadering, die laaste vir die jaar, is op 13 November deur Marianne Vorster van die Vroue-landbouvereniging (VLV) en haar groep in die Gereformeerde kerksaal aangebied. ’n Dieetkundige van Kathu, Cindy Viljoen, het die lede toegespreek en interessante feite gedeel. ’n Gebalanseerde dieet is belangrik en porsiegroottes moet dopgehou word. ’n Bord kos moet uit produkte van al die voedselsoorte bestaan: proteïene, groente of vrugte, vette/olies, koolhidrate en stysel. Dit is ongesond om ’n dieet te volg waar selfs net een voedselsoort uitgesny word. Eet vrugte in hul oorspronklike vorm eerder as om vrugtesap te drink. Die liggaam het die onverfynde vorm van die vrug nodig. Meer vrugte word gebruik om sap te maak en die meeste vrugte bevat ook
baie suiker. So oorskry jy maklik jou toegelate porsies per dag. As ’n gebalanseerde bord kos daagliks genuttig word, is dit nie nodig om eetlusdempers te gebruik nie. Eet gereelder kleiner porsies. Kitsdiëte werk nie. Gewig wat in een week met ’n kitsdieet afgeskud word, keer net so vinnig weer terug. Leer kinders van jongs af hoe om gesond te eet deur die voorbeeld te stel. Gesond eet en oefening moet gekombineer word. Energie wat ingeneem word, moet verbruik word. ’n Demonstrasie van kook met Argillapotte was nog ’n hoogtepunt. Gesonde geregte kan sonder moeite voorberei word. Daar is ook gewys hoe om ’n gereg vir slegs een of twee mens voor te berei. Die tema vir VLV-Kaapland in 2014 is Verskuif jou grense en is waarlik ’n uitdaging om ’n bietjie buite die boks te dink.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Liefdadigheidsgeleentheid aangebied
KYK so ’n klein slimkop. Deidré Majiet van die Laerskool Westerkim op Upington het skoonskip gemaak in gr. 7 toe sy as die beste presteerder aangewys is. Sy het eerste plekke in wiskunde, lewensoriëntering, Afrikaans huistaal, kuns en kultuur, natuurwetenskappe, ekonomiese bestuurswetenskappe en tegnologie behaal.
Anena Burger DIE Sanco Paballelo-tak sal Saterdag om 09:00 ’n liefdadigheidsgeleentheid in die Thembelihle-dienssentrum vir bejaardes
Foto: Verskaf
Stuur jou Kerswense DIE Kalahari Bulletin nooi lesers om deel te wees van die laaste koerant vir 2013 wat op Donderdag 19 Desember verskyn. Stuur vir die koerant jul spesiale Kersfeeswense aan vriende en familielede en dit sal geplaas word. Indien enigiemand Kersverhale skryf of geskryf het, stuur dit ook aan. Die Kalahari Bulletin is vir die lesers – gebruik die geleentheid om deel daarvan
11
te wees. Volgens die redaksionele beleid van die Kalahari Bulletin behou hy die reg om briewe/stories te plaas soos die redaksie dit goeddink. Onthou om jou naam en die plek waar jy woon (soos byvoorbeeld Upington of Postmasburg) ook te stuur. Stuur e-pos aan ilse.watson@volksblad.com.
aanbied. Sanco Paballelo fokus op mense met gestremdhede, MIV-positiewe, wees- of straatkinders en bejaardes. Enigeen wat ’n skenking wil doen, kan Ronnie Horn by 082-747-2126 bel.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
ALGEMENE KENNISGEWINGS
TUIN & BESPROEIING
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR
1825
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210
Cool River Aircons Upington: Ons diens u water- en gaslugverkoelingstelsel. Verskaf onderdele en hergas. Skuif van/en nuwe installasies. Skakel 082 348 7651.
PERSOONLIKE DIENSTE
L & J TUINDIENSTE Het u nie tyd vir u tuin nie of miskien nie die krag nie? GEEN PROBLEEM. Skakel my, ek doen alles vir die beste pryse. Lucky 072 061 6772.
1405
KAYS CRAFT: Dis vakansietyd. Klein en groot kan iets vir hulle self maak deur enige soort kaartjie te maak of te verf op lap of hout en nog baie meer. Skakel en maak afsprake. 083 254 3120. Cillierslaan 12.
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.
1410
LITTLE MIRACLES DAY CARE: Children 4 months - 5 years. Phone Eloise 076 688 2543 Melanie 073 342 7152 REGISTER NOW FOR NEXT YEAR!
HILUX 2.4D, 1997, R39 500. 1999 Nissan 1400, R27 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
MOTORS TE KOOP 3025
1994 Nissan Maxima 300E 3.0 V6 manual, fullhouse R35 995. 083 679 0050. Mercedes-Benz 200 A/T (W123), diensgeskiedenis, 1 eienaar, R26 500. 083 679 0050 / 072 173 8339. CAMRY 200i, 1997, R32 500. 1992 Cressida 2.4 GLi, R27 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
SAKE
COROLLA 160i, 2001, R35 000. 1994 Corolla 1.6, R25 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
TE KOOP
DAGSORG & CRÈCHES
BANTAM 1.3, 2005, with canopy: R44 500. 1994 Isuzu 280D, tralies: R34 500. Phone 071 967 0285.
ISUZU KB 250D, 2002, R49 500. 2001 Ford Ranger 2.5D, canopy, R45 000. Phone 071 967 0285.
LANDBOU
2210
KINDERVERMAAK
3010
2405
BESIGHEID TE KOOP. Skakel 053 712 0115.
JETTA 3 160i, R35 000. 1995 BMW 320i, many extras, R32 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. OPEL CORSA 140i, 2006: Mags, CD, a/c, power-steering. Low km. R39 500. Phone 071 967 0285. PASSAT, 1983, in puik toestand. Net 95 000 km op klok. Skakel 083 772 2316.
VAKANSIE & REIS
Voertuie te koop.Uitstekende wit Golf, 2002-model, 130 000 km te koop. Skakel 082 976 3964.
TE KOOP AKKOMMODASIE TROETELDIERE 1660
OPREGTE BULLTERRIËR-hondjies te koop. KUSA-geregistreer en ontwurm, ingeënt, met microchip. 2 pragtige reuntjies beskikbaar. 082 902 9664/081 043 1550.
2635
Gerieflike studenteakkommodasie vir 2014 beskikbaar in Bellville. Gemeubileerde kamers sentraal geleë naby kollege en 25 km van Stellenboschkampusse. Skakel 076 931 1939.
KAWASAKI ZXR 750-motorfiets te koop. 2003-model. Skakel 072 061 6772.
4×4’s HOUTWERK
3035 1874
3060
TOYOTA DYNA TRUCK, 1990, 4 ton DE 364 Turbo, engine excellent, R89 500. Phone 071 967 0285.
3055
ALGEMENE & HUISDIENSTE
NISSAN NAVARA 4L: 2008. 4 X 4, outomaties, D/C. Blou. Kappie. R189 900. Skakel 083 310 0272.
TE HUUR
HUISE TE KOOP 3205
3275
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072.
MJ Selao In die boedel van wyle Mosupatsela Josuah Selao, identiteitsnommer 400909 5533 086 met nagelate eggenote Motlagomang Evelyn Selao, identiteitsnommer 530828 0894 082 van lewe van Huis No. D77, Ncwelengwe, distrik Kuruman. Boedelnommer: 002895/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versok om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075
WANTED: CARS AND BAKKIES for cash. R20 000 - R40 000. SMS WhatsApp 071 967 0285.
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
EIENDOMME
4205
BJ Haai In the estate of the late BJ Haai, identity number 460921 5072 087 of 4 Kanarie Street, Daniëlskuil. Estate number: 487/2013 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection for all persons with an interest therein for a period of 21 days from 6 December 2013 at the Office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Postmasburg. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460
WOONSTELLE TE HUUR 3250
1-SLAAPKAMER-WOONSTEL te huur. Onmiddellik beskikbaar. Verkieslik manspersoon of kontrakteurs welkom. Skakel 073 331 2626.
KOMMERSIEEL
MOTORFIETSE
VOERTUIE
NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman - die eenrigtingverhuringspesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur van Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120.
SLEEPWAENS 3040
1 X 3 M X 1,8 M X 1,8 M beeswa. Nuut. R37 900. Skakel 083 310 0272.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!"
C.J. Kgatlhane
of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.
Logo
ALGEMEEN 3680
APPLICANTS NEEDED for data, copy/paste, Word in 2014. For info SMS name and address to 074 804 6873 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com
SMALLS NOTICE
In die boedel van wyle Cholohelo Jackson Kgatlhane, identiteitsnommer 390102 5538 089 met nagelate eggenote Kesalamang Glora Kgatlhane, identiteitsnommer 440826 0319 083 in lewe van Huis No. A35, Tzaneen, Wyk No 13, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1714/2012 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mahikeng en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
POSTE BESKIKBAAR vir 2 kelners by Koffiehuis. Ondervinding sal voordelig wees. E-pos CV na feetforjesus@telkomsa.net of faks na 053 712 3147. Sluitingsdatum: 9/12/2013.
BOEDELKENNISGEWINGS
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
TE KOOP AT Herholdt
3201
In die boedel van wyle Andre Theuns Herholdt, identiteitsnommer 700719 5013 089, van Ochrestraat, Dept Korrektiewedienste, Kamer 5 , Kuruman 8460. Datum van dood: 15/08/2013. Kennis geskied hiermee aan die krediteure en debiteure om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergenoemde binne 'n tydperk an 30 dae vanaf advertensiedatum. DJ HERHOLDT POSBUS 1313 MALELANE 1320 Tel. 082 771 4036 E-pos: joanetherhold@gmail.com Bestorwe boedel van wyle Petrus Jacobus Jooste, 'n volwasse manlike wewenaar, gebore 30 September 1929 en woonagtig te Luckhoffweg 14, Kakamas 8870 met datum van afsterwe 23 September 2013, boedel nr. 14179/2013. HUISE TE HUUR Debiteure en krediteure in bover3270 melde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien en hul skulde te betaal binne 30 (dertig) dae vanaf GEMEUBILEERDE 2-slk-huis te publikasie van hierdie kennisgewing huur. Skakel 076 640 4887. by Malan Lourens Viljoen Ing, Picklestraat 12, Strand, tel. 021 853 1535 (DJ Malan).
BETREKKINGS 3600
BETREKKINGS GESOEK 3670
Soek dringend agent in Upington. Produkte beskikbaar. Skakel 079 574 8171.
HJ Viljoen In die boedel van wyle Hester Johanna Viljoen, vooheen woonagtig te Ulster, Kuruman 8460. Boedelnommer:2463/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 5 Desember 2013. JORDAAN & MANS PROKUREUR VIR EKSEKUTEUR Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 annemarie@jorman.co.za
DJG Poolman In die boedel van wyle Daniel Johannes George Poolman, getroud buite gemeenskap van goed en wat woonagtig was te huis nommer 4, Kromstraat 7, Kuruman, Noordkaap, distrik Kuruman. Boedelnommer: 914/2012 Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
VEILINGS
OPENBARE VEILINGS 4401
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
BETREKKINGS
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
15
‘Swak Piketberg’ kom ’n lang pad Ds. Schalk Theart DIE uitdrukking Swak Piketberg word nie oral gebruik nie. Dit het ’n interessante oorsprong. Dié Swartlandse dorp moet ook nou nie dikmond wees omdat sy naam gebruik word nie. Dit is maar omdat die storie sy oorsprong daar by hulle in die begraafplaas het. Elke dorp het mos maar sy fontein van Lewende Water en sy fontein van sterk water. Op ’n klein dorpie sit die twee fonteine ook nie te ver uit mekaar nie. Die klandisie verskil ook nie so baie nie; dit is net die skinker of die een wat die broodjie breek wat verskil. Met die een aan wie die spreekwoord sy ontstaan te danke het, het dit soms ook gegaan soos met die
KINDERS kan speel-speel vaardighede ontwikkel.
Foto: Lynn-Mari Olivier
Kry kind só gereed vir skool Lynn-Mari Olivier
OUERSKAP is seker een van die uitdagendste take waarmee volwassenes ooit te doen sal kry. Saam met die daaglikse taak van dissiplineer en opvoeding by die huis, is die vraag of jou kind nou gereed is vir skool, ’n baie verwarrende onderwerp. Baie ouers moet nou besluit of hul kind gereed is om in 2014 in die klaskamer in te stap. Aretha Nieuwoudt, ’n arbeidsterapeut met 15 jaar ondervinding, deel graag van haar kennis met die ouers. In ’n kind se eerste lewensjaar is daar ’n handvol boustene of ontwikkelingsmylpale wat gelê moet word. Die korrekte opstapeling van die boustene sal verseker dat ’n kind sy volle potensiaal bereik. Indien van die boustene nie korrek gestapel is nie, verswak dit die struktuur en kan dit intuimel, sou daar te veel druk op die struktuur geplaas word, verduidelik Nieuwoudt. Die belangrikste boustene vir skoolgereedheid word kortliks hieronder bespreek. Sensoriese integrasie Elke kind versamel inligting deur sy sintuie, soos tas, sig, gehoor, die vestibulêre stelsels, reuk en smaak. Die brein moet leer om die inligting wat hy ontvang het, reg te integreer en te verwerk. “Hoe sterkter hierdie sensoriese stelsels ontwikkel is, hoe makliker sal ’n kind sy formele skoolwerk kan bemeester. Hierdie stelsels vorm die mees basiese vorm van emosionele en fisieke sekuriteit,” sê Nieuwoudt. Indien ’n kind se sensoriese integrasie en die vermoë om aanpassingsreaksies te vorm nie reg ontwikkel is nie, sal hy of sy gewoonlik oor- of onderreageer. “ ’n Kind wat sy ore toedruk as daar geraas is of wat oorweldig voel as iemand aan hom raak, of naar raak van bewegings is ’n paar voorbeelde van kinders met sensoriese integrasie-disfunksie,” verduidelik sy. Posturele stabiliteit Dit is die volgende mylpaal wat bereik moet word. ’n Klomp funksies in die liggaam is
afhanklik van spierkrag en het veral ’n invloed op ’n kind se latere skoolprestasies, byvoorbeel ’n kind wat nie kan regop sit as sy maag- en rugspiere nie sterk is nie of hy sal nie skryf as sy skouergordel nie ontwikkel is nie. ’n Kind benodig dus genoeg posturele beheer om op een been te kan staan en spring.
Bilaterale integrasie Dié integrasie ontwikkel wanneer die kind leer dat hy twee liggaamshelftes het wat gekoördineer moet word. Dit ontwikkel eers simmetries, dan afwisselend en dan albei om die beurt. Bilaterale integrasie se eerste boustene word gelê wanneer ’n baba kruip en word met alledaagse vaardighede soos balspel, huppel, galop en touspring ontwikkel. Motoriese beplanning “Al is die liggaam besig met ’n fisieke aksie soos touspring, is dit steeds ’n kognitiewe proses. Die brein moet die volgorde bepaal waarin die hande en voete beweeg,” meen Nieuwoudt. Tydsberekening speel ook ’n rol, want die spoed waarteen die hande en voete mekaar moet afwissel, moet ook bereken word. “Met ’n eenvoudige aktiwiteit soos touspring leer ’n kind ’n klomp noodsaaklike vaardighede aan, soos hoe om opeenvolgede stappe te beplan, hoe om dit uit te voer, hoe om dit binne ’n vasgestelde tyd uit te voer en hoe om agterna te evalueer of dit reg gedoen is,” verduidelik sy. Ouers vra nou die vraag of daar iets is wat hulle kan doen om die belangrike vier vaardighede help ontwikkel. “Ja, beslis,” beaam Nieuwoudt. “Laat die kind soveel moontlik buite speel en beperk televisie kyk tot die minimum. Laat die kind baie beweeg deur te swaai, bollemakiesies te maak en besoek speelparke met klimapparate. Speel gereeld met verskillende grootte balle, spring trampolien en ry fiets. Loop kruiwa om die skouergordel stabiliteit te ontwikkel en maak vir jou kind ‘gevoelshouertjies’ gevul met meel, rys en voëltjiesaad. “Kruip deur verskillende rondtebane soos onder deur ’n tafel en bo-oor stoele,” sê sy.
Besoek Bulletin se webblad - al drie uitgawes van Bulletin kan digitaal gelees word. Daar is ook fotogalerye. Ons is ook op Facebook by www.facebook.com/ kbulletin
man wat die keer by die dokter gekom het met die versoek: “Dokter, kyk hier na my keel of daar nie iets skeel, hy is so seer, want drie plase is daardeur”. Hy was maar ’n gereelde besoeker by die sterkwaterfontein. Party nagte moes hulle hom daar uithelp sodat hulle kan sluit. Die kroegman het hom so ’n versterking in sy hand gestop en dan sy gesig in die rigting van sy huis gedraai. Met so ’n ou gaan dit so. As hy probeer terugdraai asof hy iets vergeet het, is hy heel verdwaal.
Toe hy die nag daar rigting vat, was dit verkeerde kant toe. Hy dwaal later tussen die grafte rond en toe die vaak hom oorval, maak hy homself lê teen ’n vars gegroude graf reg vir die volgende teraardebestelling. Dit was nog voor 1900 toe poskoetse die pos gekarwei het. Sy slaap was diep en hy droom van die Evangelie in Openbaring wat vertel van die aanbreek van die wederkoms. Die grafte sal oopgaan en die regverdiges sal opstaan tot die ewige lewe. Die dag sal aangekondig word met
basuingeklank. Die koetsier van die poskoets het ’n beuel by hom gehad en wanneer hy naby ’n dorp kom, word die beuel lank geblaas sodat die dorpsmense kan weet die pos is in aantog. Die droom van die laaste basuin en die blaas van die beuel val toe mooi saam. Hy skrik toe wakker en sien waar hy hom bevind, teen ’n vars, oop graf. Hy kyk toe so oor die ander grafte heen waar geen beweging is nie – dit is toe dat hy sê: “Swak Piketberg – net een regverdige en hy is nog dronk ook”.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Johan tref die kol Warren Blunt
JOHAN LIEBENBERG is groot en sterk vir ’n 14-jarige en met reg breëbors omdat hy onlangs ’n eerste plek in die Wêreldboogskietkampioenskappe in Potchefstroom behaal het. Johan het vroeër vanjaar van Kuruman na Polokwane verhuis. Die junior kategorie waarin hy deelgeneem het, word deur boogskutters van 13 tot 17 jaar uitgespook en dié gr. 8-leerling het bo verwagting eerste in dié kategorie geëindig. Hy het met boogskutters van 17 lande afgereken. Johan het sy eerste boog in gr. 3 van sy pa gekry en het eers geleer om in die oop vlaktes van die Kalahari te jag voordat hy aan kompetisies begin deelneem het. Hy is nou lid van die Archers for Africa-boogskietklub. Volgens sy ma, Nellie, het hy van kleins af ’n goeie oog en al die eienskappe van ’n wêreldboogskutter gehad en hard geoefen om homself in die uitdagende sport te bewys.
Met sy eerste kompetisie in Tzaneen in die begin van 2013 was hy verbaas om ’n eerste plek te verwerf. “Boogskiet is ’n individuele sport waar sukses of mislukking van jouself afhang. As jy die dag sleg skiet, kan jy niemand anders as jouself blameer nie. Die korrekte tegnieke is baie belangrik en die akkurate skatting van afstande speel ’n groot rol,” vertel Johan. Boogskutters moet ’n lid van ’n geregistreerde boogskietklub wees om in aanmerking vir enige medaljes te kom. Hy het verlede jaar ’n tweede plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe behaal, maar was sy medalje kwyt omdat hy nie aan ’n geregistreerde klub behoort het nie. “Die belangrikste vereiste om sukses te behaal is om elke dag te oefen. Probeer om die beste toerusting aan te skaf en pyl na pyl presies dieselfde balans, posisie en styl te handhaaf,” vertel hy. Sy doelwit is om Protea-kleure te kry en aan ’n kompetisie in die buiteland deel te neem.
DOLF VILJOEN (links) en Johan Fourie was die algehele wanners vir die dag. Fourie het in twee spanne deelgeneem en was ook in die tweede plek.
Gholfdag vir Joost se stigting gehou Benneli Olivier van der Walt
JOHAN LIEBENBERG wat onlangs as die junior wêreldkampioen in boogskiet aangewys is. Foto: Warren Blunt
PONTINS was die gasheer vir die gholfdag wat verlede naweek by die Sishen-gholfklub op Kathu gehou is. Die gholfdag is vir Joost van der Westhuizen se J9-stigting gehou en al die geld wat ingesamel is, is ten bate van die stigting. Ongeveer R22 000 is ingesamel. Aan die einde van die dag is ’n prysuitdeling gehou. Die naaste aan die pen op putjie 4 was Robin Owenkamp. Die naaste aan die pen op putjie 17 was FC Smit. Die langste dryfhou op putjie 6 is deur Cobus Smit geslaan en op die 15de putjie het Marius Nel die langste hou geslaan. Die Drive alive-wenner was Danie Barnard. Die algehele wenners van die dag was Dolf Viljoen en Johan Fourie in die eerste plek, Danny Leibrandt en Johan Fourie tweede, Thinus van Wyk en Danie Barnard derde, Nico Peens en Loumari Bezuidenhout vierde en Johan Groenewaldt en Nico van der Westhuizen vyfde. Ná die prysuitdeling is verskeie rugby- en gholfaandenkings ook ten bate van die J9-stigting opgeveil. Die goedere het ’n getekende outobiografie van Francois Pienaar, asook getekende gholffoto’s van Gary Player, Ernie Els, Charl Schwartzel en Louis Oosthuizen ingesluit.