Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
6 FEBRUARIE 2014
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Kuruman WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
GRATIS
Ken huis se waarde
Huurpryse in Kuruman nou laer, sê agent Ilse Watson HOE lyk die eiendomsmark van koper teen verkoper deesdae? Die eerste vraag wat moontlike kopers gewoonlik vra, is: “Sal ek vir ’n huislening kwalifiseer en teen watter bedrag sal ek ’n huis kan koop?” “Die huidige mark in Kuruman, Kathu en omgewing is bedrywig in sowel die huuras koopmark, veral met mense wat van ander provinsies hierheen wil verhuis.“ Só sê Jan le Roux, streekbestuurder van ERA in die Noord-Kaap. Hy sê verder ’n neiging kom voor dat verkopers nie altyd weet wat die presiese markwaarde van hul eiendom is nie. “Huiseienaars besluit om hul huis te verkoop. “Dan word die eiendomme teen ’n te hoë prys in die mark geplaas.” Hy sê huise wat teen ’n te hoë prys bemark word, lei daartoe dat die eiendom ’n lang tydperk bemark sal word totdat die prys eindelik markverwant is. Weens die te hoë pryse verloor voornemende kopers belangstelling in die eiendom. Hy sê die ware betekenis van markwaarde moet deur die verkoper besef word. Dit is ’n waarde gekoppel aan ’n moontlike transaksie tussen die bereidwillige koper en bereidwillige verkoper soos dit op die datum van die kooptransaksie verskyn. “Daar sal net ewewig tussen die vraag en aanbod in die mark
’n LIEFLIKE huis in Kuruman. wees wanneer mense tot die besef kom,” vervolg Le Roux. Verkopings wat reeds in die gebied plaasgevind het, moet ontleed word om te verseker transaksies voldoen aan die vereistes van markwaarde. Geen eksterne faktore moes
Foto: Ilse Watson
die transaksies beïnvloed het nie. Banke gebruik die regstreeks vergelykende metode van waardering wanneer ’n wooneiendom gewaardeer moet word. Volgens Le Roux is die kans dat die bank nie die waarde op
die eiendom gaan haal nie, baie goed. Volgens Elretha van der Merwe van Remax Kuruman is daar ’n daling in die verhuringspryse. “Huurpryse is beslis laer. Dit was nog altyd baie hoog weens
die vraag na huurhuise. “Probleme met huurders kom gereeld voor. Hulle verniel ’n eiendom. Dié probleem bring mee dat huiseienaars ’n hoër huurprys wil vra om sodoende skade aan hul eiendom te verminder,” sê Van der Merwe.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
Bom rig groot skade aan Ilse Watson “DIE FNB-OTM in my winkel is in sy m**r opgeblaas. Die dak is oopgesny en die alarms en kameras gedeaktiveer.” Só sê Piet Cordier, eienaar van die Kalahari-drankwinkel langs die Spar op Kuruman, nadat daar op Vrydag 30 Januarie in die vroeë oggendure by sy winkel ingebreek en die OTM met plofstof opgeblaas is. “Soos die kwaaddoeners al soveel keer op hierdie dorp gedoen het, het hulle ook weer by die dak van die winkel ingekom, die alarmstelsel gedeaktiveer, die kameras gebreek en toe plofstof gebruik om die masjien oop te skiet.” Daar was ongeveer R150 000 in die FNB-OTM en die verdagtes het ook drank gesteel. “Ek reken ek het so R50 000 se skade gely,” vervolg Cordier. Die Kuruman-polisie was vinnig op die toneel. Dié voorval is een van baie wat die afgelope twee maande op Kuruman plaasgevind het. Op Kersdag het ’n gewapende rooftog by die Leach Toyota-vulstasie plaasgevind. ’n Kluis in dié winkel is byna ’n maand daarna, op 22 Januarie, opgeblaas. “Ons moes ’n nuwe kluis koop, kaste en dakplate herstel en ook ’n nuwe drukker koop. Ons het amper R60 000 se skade gely,” vertel Jacques Leach van Leach Toyota. ) Het jy voorstelle of idees
wat aan die inbrake op Kuruman gedoen kan word? Stuur ’n SMS na 45533 en begin dit met KB. ’n SMS kos R1,50.
‘Ek reken ek het so R50 000 se skade ge ly.’ – Piet Cordier, eie naar van die Kalaha ri drankwinkel
DIE booswigte het probeer om by die voordeur uit te kom deur die glas stukkend te skop.
DIE inbrekers het deur die dak toegang tot die winkel verkry.
DIE OTM van FNB wat in die Kalahari-drankwinkel opgeblaas is.
Foto’s: Ilse Watson
) ’n VALENTYNSDANSPARTY word op 14 Februarie by die Boa-Fe-padstal-en-kwekery op Kuruman gehou. Dit kos R60 per persoon. Bring jou eie braaivleis en drinkgoed. Alle bykosse, vleisbraaivuur en musiek sal voorsien word. Vir besprekings en meer inligting kontak Welme by 082-378-2733. Daar sal Valentynsfoto’s geneem word. ) ’n Valentynsdansparty word op Saterdag 15 Februarie by die Red Sands-lodge gehou. Dit is ten bate van die Kuruman-dieresorgvereniging. Die kaartjies kos R250 per persoon en ’n buffet-ete is daarby ingesluit. Bel Mariska Nieuwoudt by 082-572-8366 om kaartjies te koop. ) Die Gereformeerde kerk Kuruman beplan om op 8 en 9 Augustus sy jaarlikse vleisfees te hou. Dit sal op die Kuruman-vliegveld plaasvind. Dié dag behels ’n osbraai en Pieter Smit tree op. Op Saterdag 9 Augustus is daar verskeie stalletjies en Steve Hofmeyr en Lollos gaan ook optree. Rig navrae aan Gerda Kruger by 082-747-2332. ) Stuur jou skool, kerk, maatskappy of ander organisasies se gebeurtenisse aan die Kalahari Bulletin per e-pos na ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579. DIE nuwe noodnommers vir Kuruman is: 083-586-9986 of 079-4853037. Die nommers verbind die inbeller regstreeks met Roos-sekuriteit. Hulle sal dadelik tot die inbeller se hulp snel en indien nodig die Kurumanpolisie kontak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
3
Know, follow procedures
THE happy children with their new school bags.
Photo: Supplied
Donation brings hope KUMBA IRON ORE, a business unit of Anglo American, has demonstrated its commitment and support to uplifting education and making a real difference in the communities associated with its operations for the second consecutive year. Kumba’s Sishen, Thabazimbi and Kolomela Mines, as well as its Saldanha Bay port operation, donated school bags filled with stationery to learners of 52 schools in Limpopo, the Northern and Western Cape. The three operations collectively spent R1,2 million to buy the bags and to stock it with a pencil bag, 30 cm ruler, pencil crayons, ballpoint pens, an eraser, pencils, a glue stick and wax crayons. Kumba’s intention is to ensure
that the company contributes towards encouraging and supporting learners particularly at foundation phase to enjoy their school life with focus, and most importantly to prepare newcomers to settle and adjust to formal primary school. “I am quite happy with the gesture from Kumba. Indeed, these are the fruits of our campaign to mobilise public-private partnerships in the provision of opportunities for our children. Kumba is once again demonstrating that it is a reliable, trusted and a committed partner in this relationship. We hope that others will follow suit moving forward,” said MEC of Education in the Northern Cape, Grizelda Cjiekella. Kumba has already invested
R18 million in early childhood development for children up to gr. R and R35,8 million on primary, high school and tertiary education in communities around its operations in the past year. Kumba also made notable strides in adding value to education systems with teacher and learner interventions, while more funds were injected into science laboratory buildings, mobile laboratories and technology kits for local schools. Norman Mbazima, chief executive of Kumba, notes that this is part of the company’s commitment to strengthen education. “We believe that giving these children the opportunity to get excited about school will contribute to motivating them to continue their education and finish school.”
THE police urge all home owners to follow these procedures if a house robbery takes place: It is of utmost importance to know all emergency telephone numbers. Know these telephone numbers by heart. Make sure that you keep your cellphone in your bedroom or on you in order for you to be able to access it easily. If your house has been broken into, immediately contact your nearest police station. Wait until fingerprints and statements have been taken before touching anything. Unless it is absolutely necessary, do not allow private security companies to enter the house or touch anything before the police have investigated the scene. Look out for strange footprints in the garden and point
them out to the police. A list of the make, model and serial numbers of electrical appliances and other valuable equipment should always be available for investigation purposes. You can also mark your property with a unique number and mark only known to you. The telephone number for the Kuruman Police is 053-712-9800.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
Peil moet hoog bly OP die laaste stadsraadsvergadering het Thomas Basson, speaker van die //Khara Hais-munisipaliteit, gesê dié raad is baie tevrede, want op die oomblik gaan alles goed. Hy het verwys na die onluste en betogings weens swak dienslewering wat in Kuruman en ander dele van die land plaasgevind het. Hy het gesê Upington het nie hierdie probleem nie omdat dienslewering hier nog goed is. Hy het egter bygevoeg dat ontevredenheid onder die mense enige tyd kan posvat en dat die stadsraad seker moet maak dat dienslewering op peil bly om te keer dat onluste en betogings uitbreek. Basson het ’n punt beet. Dit gaan goed in Upington. Die dorp is skoon, die openbare plekke soos die swembad en parkies word goed versorg en tot die middelmannetjies is pragtig. Dit beteken egter nie dat alles perfek is nie. Die waterkrisis wat die plakkers in Dakotaweg Kersfees beleef het, was nie die eerste waterkrisis wat dié mense getref
het nie. Dit is nou opgelos, maar eers ná langer as ’n jaar se gespook. Die sanitasiepype het nie genoeg kapasiteit nie en is te dun en moet dringend aandag geniet. Die ergste probleem in Upington is egter die behuisingstekorte. Daar sal baie flink gekyk moet word na die uitlê van nuwe woonbuurte en veral om erwe beskikbaar te stel. Op die Upington Feedback Facebookblad is dit duidelik dat die mense se salarisse en wat hulle vir huur moet betaal glad nie in lyn is nie. Dan praat ’n mens nie eens van die buitensporige huispryse nie. Volgens Basson het die sensusopnames getoon dat die inwoners van Upington in die afgelope tien jaar met meer as 20 000 toegeneem het. Tog kan ’n mens dit nie in terme van uitbreidings sien nie. Die munisipaliteit doen goeie werk, maar daar wag ’n paar moeilike uitdagings op hom om met dié goeie werk te kan volhou.
Vertrou op God, hy sal uitkoms gee
’n VOORBARIGE huiskat pas perfek by die kleurskema van die Kalahari-wolke op die agtergrond ná ’n dag se reën. Ná die onlangse hittegolf is die reën ’n lafenis vir mens en dier. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Oud-studentemaat op begrafnis HENDRIK DE WEE, Kimberley: EK verwys na die berig “Hoof van Kuruman-speurtak sterf op 54 jaar”. Ek was tussen Junie en Desember 1981 saam met lt. kol. Jomas van Vuuren ’n student aan die Polisie-opleidingskollege in Kaapstad. Lt.kol. Van Vuuren het die speurafdeling as sy loopbaan gekies en was byna 32 jaar lank ’n speurder. Ons was tot sy afsterwe steeds hegte vriende. Op Saterdag 25 Januarie het ek sy begrafnis in Rietfontein in die Kalaha-
ri bygewoon en was baie geskok en teleurgesteld in die polisie oor die volgende: (1) Geen wit polisie-offisiere het die begrafnis bygewoon nie. (2) Geen polisie-orkes het die drilpeloton begelei nie. (3) Die drilpeloton het net uit swart lede bestaan. (4) Polisiebe-
amptes moes per taxi van Kuruman na Rietfontein reis omdat polisiebusse nie beskikbaar was nie. Daar was wel ook positiewe aspekte van sy begrafnis: (1) die bywoning van die plaaslike gemeenskap van Rietfontein en Kuruman. (2) Die Kurumanspeurtak se koor het wel opgetree. (3) Genl.maj. Kolie Mathys en offisiere het die nasionale saluut gehanteer. (4) Familielede, vriende en kollegas het van tot so ver soos Swakopmund, Walvisbaai, Kaapstad en Kimberley gereis om sy begrafnis by te woon.
Ds. Pieter van Zyl HABAKUK 3:17-19: “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.” Ná die droogte is die reën van die afgelope paar dae ’n welkome seën. Skielik lyk alles groener en die meeste mense het ook nuwe moed. Terwyl dit so droog was in die Kalahari het ander dele van die land oorstromings beleef. Dit het my effe jaloers gemaak om te dink ander kry soveel reën en hier is dit so droog. Ek het ook in die dae die hartseerpad van siekte en afskeid weens die dood van geliefdes saam met ’n paar mense geloop. Terwyl daar vreugde is oor beterskap by sommige, is daar hartseer en gemoedsvrae by hulle wat by ’n graf moes staan. Die politici doen nie juis iets om mense se gemoedstoestand oor die toekoms van die land te verlig nie. Elkeen is besig om stemme in die komende verkiesing te probeer wen. Dit laat ’n mens met die vraag: Wat is die sin van alles – waarheen is alles op pad? Die reën word verskillend deur mense beleef omdat hul omstandighede verskil. Terwyl almal
weet hoe nodig die reën is om die veld weer te herstel en vir voedselverskaffing, is elke wolkie ’n bekommernis vir dié sonder voldoende skuiling. Die skade van oorstromings kan oorweldigend wees. Maar die boer wat deur ’n tweede of derde misoes in die gesig gestaar word, kyk met verwagting na elke wolkie. So ervaar ons almal gebeure verskillend en het ons verskillende verwagtings vir die dag. Tog kan daar een samebindende faktor wees: Stel ek my vertroue op die Here, is my verwagtings op Hom gerig en ervaar ek die veiligheid van sy beskermende sorg. Selfs wanneer dinge oënskynlik vir my verkeerd loop en ek geen sin uit gebeure kan maak nie, is Hy in beheer en kan ek veilig by Hom skuil. Habakuk leer my vandag ’n belangrike les: Ek moenie my sekuriteit en vreugde in wêreldse dinge soek nie. Ek moet my vertroue in die Here stel, dan gee Hy ook vir my die onverstaanbare hemelse vreugde. In Mattheus 6:33 en 34 sê Jesus: “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.”
17/27
16/26
15/27
17/29
NNO-5.0
Kalm
OSO-5.0
NO-5.0
16/28
15/29
Kalm OSO-5.0
20/36
17/33
17/34
WSW-5
SSW-5
SSW-5
Aanpas by verandering ’n uitdaging Ilse Watson VERANDERING. Dit is ’n woord wat my sommer grys hare gee, want ek is nie baie goed met verandering nie. Dit sluit my persoonlike lewe en werkomgewing in. Soos die spreekwoordelike moenie die dam onder die eend uitruk nie, so voel ek wanneer veranderings in my lewe moet plaasvind. Vir my om doeltreffend te funksioneer benodig ek sekuriteit en vir my is stabiliteit ’n belangrike aspek – bring veranderings in my lewe en ek word heeltemal van koers gegooi. Dit is natuurlik nie onvermydelik nie. So moes ons al oorsee verhuis en om dinge nog moeiliker te maak was dit na Brunei (Suidoos-Asië). My wêreld was deurmekaar, want wat pak ’n mens nou in en wat los ’n mens agter of verkoop ’n mens? Die eerste drie maande in ’n
onbekende land is redelik chaoties, want ’n mens weet nie waar om ’n dokter in die hande te kry nie. Die kos in die winkels is heeltemal vreemd en lyk oneetbaar. Twee jaar later – nóg veranderings. Die keer trek ons na SaoediArabië. Na my mening die ergste land waarin ’n mens kan bly. Vroue het geen regte nie, mag nie bestuur nie en kan ook nie in gewone kleredrag in die straat rondloop nie. Nog ’n reuse-aanpassing, nog vreemde kos in die winkels en ’n kultuur waaraan ’n mens nie gewoond is nie. Omdat dit so ’n missie was om by die winkels uit te kom het ek myself kreatief vermaak. Maar ’n mens leer
om jou gunsteling-Pepermint Crisp-tert te maak deur self die kondensmelk te kook, want ’n mens kry nie daardie lekker, klaar voorbereide goudbruinkleurige karamelkondensmelk in die winkels nie. Ook nie Tennisbeskuitjies nie – dus maak ’n mens maar ’n soortgelyke koekie. Maar in ’n vreemde land word ’n mens ook slim. ’n Mens besoek plekke (saam met ’n groep, natuurlik) waar jy jou kamera insmokkel en foto’s neem wat eintlik nie geneem mag word nie. Jy loop Suid-Afrikaners in die vreemde land raak en voel amper tuis. Ons braai gereeld saam vleis. So ’n bietjie meer as ’n jaar gelede het ek besluit om terug te keer na die Kalahari waar ek grootgeword het. ’n Mens sou dink om huis toe te kom sal maklik wees. Nee, nóg ’n aanpassing. Verandering. Nie my gunstelingwoord in die woordeboeke nie. Maar ’n mens pas by die veranderings aan.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
GROOT verligting het Vrydagaand vir Askham in die Kalahari gekom toe 64 mm reën binne ’n uur tydens ’n wolkbreuk geval het. Dié foto is geneem terwyl die weerligstrale geslaan het kort voordat dit begin reën het. Die grondpaaie het skielik in riviere verander. Die water is ook deur ’n paar huise in dié dorp in die Kalahari. Foto: Betta Steyn
DIE skoonheid van duine, wolke, gras en takke in die Witsand-natuurreservaat. Foto: Henry Oosthuizen
Rus tussen die duine Ilse Watson HENRY OOSTHUIZEN het verlede jaar vir ’n naweek in die Witsand-natuurreservaat nie ver van Olifantshoek nie saam met sy kinders en ouers (van Johannesburg) gekuier. “Dit is een van die rustigste plekke waarop ek nog was,” vertel Oosthuizen. Hy vertel verder dat dit harde werk is om tot bo op die hoë duine te klim, maar dat dit vir seker die moeite werd is. “Om my kinders te sien baljaar in die
sand maak die sweet om bo te kom heeltemal die moeite werd. Ons sal beslis weer die reservaat besoek,” vertel Oosthuizen. ) Die Witsand-natuurreservaat bied nie net aan besoekers ’n groot verskeidenheid voëlsoorte om na te kyk nie, maar ook sensuele wit duine – sommige tot 26 m hoog – wat deur koperrooi duine omring word. Die Witsand-natuurreservaat is ook vir sy wit duine bekend – die duine brul in die snikhete somer.
Skryf jou nou in INSKRYWINGS is nou landwyd oop vir die Statebond-skoonheidskompetisies. Die kategorieë waarvoor ingeskryf kan word, is Mej. Tiener-Statebond (meisies 16 tot 19 jaar), Mej. Statebond (20 jaar en ouer) en Mev. Statebond (25 jaar en ouer). Dié kompetisie word as ’n filantropiese kompetisie gesien. Die wenners is dié vroue wat ’n verskil maak in die gemeenskappe wat noodsituasies ervaar. Die leuse van die kompetisie is Inspirerende ambassadeurs in die gemeenskap. Die inskrywings vir hierdie kompetisie sluit op 15 April en die galakroningsaand vind op 29 Augustus in die Lyric-teater (Gold Reef City) plaas. Die wenners wen ’n reis na Londen om ook daar aan die internasionale kompetisie deel te neem. Hulle sal ook die geleentheid hê om Londen ’n paar dae te besoek. Die vroue van die 2013-kompetisie het in November 2013 in Londen gaan deelneem en Maggie Pieterse het Mej. Statebond-Internasionaal daar gewen. Nou is die inskrywings vir die 2014-kompetisie oop. Inskrywings van oor die land heen word aanvaar. Commonwealth Pageants South Africa begin die kompetisie vanjaar amptelik in die land.
’n Keuringsproses is in 2013 gehou om vroue te kies wat Suid-Afrika op die internasionale kompetisie in Londen verteenwoordig het. Suid-Afrika het twee jaar agtereenvolgens wenners in die internasionale kompetisie in Londen gehad. Die huidige koninginne is Palesa Mtjale, Mev. Statebond-Suid-Afrika van Bloemfontein, en Demi Botha, Mej. Tiener-Statebond-Suid-Afrika van Durban. Dit is ’n geleentheid om aan ’n internasionale kompetisie deel te neem en om as ’n rolmodel in jou gemeenskap te dien. Die wenners word nie na verwys as skoonheidskoninginne nie, maar liefdadigheids- en kulturele ambassadeurs. “Daar is ook geen ouderdomsperk in die Mej.- en Mev.-afdelings nie, want ons glo skoonheid word nie bepaal deur jou ouderdom nie,” se Anel de SwardtStrydom, Mev. Statebond-Internasionaal 2013 en nasionale direkteur van die kompetisie in Suid-Afrika. Vir inskryfvorms besoek www.sacommonwealthpageants.co.za of kontak info@sacommonwealthpageants.co.za. Besoek ook die Facebook-blad Commonwealth Pageants SA vir meer inligting. Rig navrae aan De SwardtStrydom by 082-812-1654.
Expenses must be clarified THE civil rights organisation AfriForum has launched a full-scale investigation into 13 Northern Cape municipalities, after it has been revealed that expenses during the past three years running into millions have never been budgeted for. The municipalities under investigation are Kgatelopele (Daniëlskuil), Kamiesberg (Garies/Kamieskroon), Sol Plaatje (Kimberley), Gamagara (Olifantshoek/Kathu), Nama Khoi (Springbok), //Khara Hais (Upington), Phokwana, (Vaalharts), Karoo Hoogland (Williston), Thembelihle (Hopetown), Enthamjeni (De Aar) and Umsobumvu (Colesberg). “The time has come for municipalities to explain what they are doing with tax money. Corruption, poor service delivery,
mismanagement of funds and crime are escalating and communities simply have to cough up. Especially the poor are hit very hard when local governments have their hands in the cookie jar,” said Daniël Goosen, chairman of the AfriForum branch in Upington. AfriForum has sent letters to all the municipal managers in the various municipalities to query unauthorised, fruitless, wasteful and irregular expenses during the past two to three years. “We want to work with municipalities, but if they are not co-operative, we’ll have to approach the courts to compel them to supply the information,” said Stefan Pieterse, organiser for AfriForum in the Northern Cape.
CONSTANTLY on the move? Visit the Kalahari Bulletin mobile site on your phone or tablet at anytime of the day – www.kalaharibulletin.mobi
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
LIFE STYLE / LEEFSTYL
Plants make wonderful hedges Peter Fischer HEDGING is suitable for security, privacy, wind protection and beauty. Instead of a cold wall, ugly razor wire, an electric fence or a devil’s fork fence that has become part of South Africa’s heritage, try a beautiful hedge. With a bit of cultivation and passion you can secure your yard more cost-effectively with plants. It is advisable to install irrigation prior to planting your hedge. Drippers or bubble sprayers are recommended. Some houses have “grey water” which contains too much lime. This can suffocate the plants. The spacing of the hedge can be about 80 cm or 1,5 m if you decide to plant a double row. A double row also ensures density in case one of the plants dies. Choose nice, bushy plants that you can trim well. Even trees can be “trained” when young. Hedges should be pruned in a light pyramid angle. The hedge should slope wider downwards to the bottom. This ensures that the plant gets enough sunlight at the bottom and will ensure your hedge will be nice and dense right down to the bottom. Suitable shrubs and trees which can be trained in the Kalahari for hedging: ) Kay apple (Dovialis caffra) is actually a tree which can be pruned to the desired height.
Pas jou ore op
Yolandi van Deventer
THE sand olive (Dodonea pur pore) has pleasant purple-red foliage.
STAR JASMINE (Trachilospermum jasmoides) has white, jasmine-scented flowers. This plant is extremely hardy and can tolerate coastal winds and even the harsh inland Kalahari climate. Photos: Supplied This species has mean thorns to protect your yard from burglars. The fruit is very rich in vitamin C and makes delicious jams. The bird life will be good as the birds will feel protected and enjoy the hedge’s fruit. ) Sand olive (Dodonea angustifolia) produces colourful pinkish, winged seeds. The foliage is lush green. Dodonea purporea, of the same species, has a purple-red foliage. Snowball (Viburnum ordatissima and V. sinensis) is an
evergreen hedge plant with white “snow ball” flowers. The false olive or witolienhout (Buddlea saligna) has white, scented flowers. It has fast-growing attractive green leaves with white undersides. There are also suitable climbers which can be planted along an existing fence or trellis. These climbers are also frost resistant. ) Star Jasmine (Trachilospermum jasmoides) has white, jasminescented flowers. This plant is
extremely hardy and can tolerate coastal winds and even the harsh inland Kalahari climate. ) Yellow Jasmine (Gelsinium jasmine) has been seen in Deben growing in poor rocky soils. It has a full foliage during the harsh winter. ) Any Wisteria species will give an awesome show with bunches of purple or white flowers in spring. Unfortunately, this species is deciduous (losing leaves in winter). Rather plant a pergola so you can still enjoy the sun in winter and shade in summer. To prevent messy leaves during autumn, place some diamante mesh on top of your pergola. Climbing roses like banksias and the vigorously growing Dorothy Perkins make for good deciduous hedges.
OTITIS MEDIA is Latyns vir middeloorontsteking wat algemeen by kinders en volwassenes voorkom. Die mees algemene simptoom is oorpyn, koors en irritasie. Omdat oorontsteking gewoonlik met boonste lugweginfeksie gepaard gaan, kan simptome van hoes en ’n loopneus ook voorkom. Voorkomende maatreëls sluit in om by ’n baba se immunisasieskedule te hou. Immunisering teen die pneumokokkale-groep kan die risiko van otitis media met ongeveer 6% tot 7% verminder. Nog maatreëls is om ’n baba nie op sy of haar rug met ’n bottel alleen te los nie, aangesien van die vog in die eustachius-buise (buis tussen die oor en ’n deel van die keel) kan akkumuleer en infeksie kan veroorsaak. In sekere navorsing is bevind dat borsvoeding tydens die eerste 12 maande tot ’n verminderde voorkoms, asook ’n korter tydperk van infeksie, van gereelde middeloorinfeksie kan lei. Daar is ook bevind dat ’n fopspeen (dummy) met meer gereelde episodes van middeloorontsteking geassosieer word. As die kind herhaaldelik middeloorontsteking kry, mag dit nodig wees om ’n buisie deur middel van ’n klein chirurgiese prosedure in die oordrom te plaas om die vog te dreineer. Nog ’n gevaar is dat hulle later gehoorverlies kan ervaar. ) Gesondheidswenke deur Mediclinic Kathu verskaf.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
Studente ontvang studiebeurse RADIO RIVERSIDE het vanjaar, as deel van die stasie se missie om gemeenskappe binne sy uitsaai-gebied te bemagtig, 32 studente met beurse voorsien om aan die Noord-Kaap- Landelike Kollege vir Verdere Onderrig en Opleiding (NKVOO), ook bekend as die Upington-kollege, te studeer. Die NKVOO is een van die grootste opleidingsinrigtings in die Noord-Kaap. Die beurse word aan studente toegeken as ’n bemagtigingsprojek van Radio Riverside. Dié projek is in 2002 deur die stasie begin om te verseker dat verdienstelike studente die geleentheid kry om hul studie voort te sit ten spyte van geldelike uitdagings. Die projek het baie gegradueerdes in die verlede opgelewer wat vandag werksaam is terwyl ander entrepreneurs is. Vanjaar is 32 beurse aan studente toegeken waarvan die totale waarde R627 726 is. Dit word vir ’n tydperk van drie jaar toegeken terwyl die eerste jaar se studiegeld R209 242 beloop het. Die beurse sluit klasgeld, boeke en ander studiemateriaal in. Die beurse is toegeken aan studente wat aansoek gedoen het en wat voldoen het aan die kriteria van die stasie. Die gelukkige studente is geregistreer vir studie in ingenieurswese en verwante ontwerpe, elektriese infrastruktuur en konstruksie, ketelmaker en fabrikasie, kantooradministrasie, motorwerktuigkunde, sowel as finansies en rekeningkunde.
RADIO RIVERSIDE het aan dié studente elkeen ’n beurs toegeken waarmee hulle hul studie aan die Upington-kollege kan voortsit. Saam met die studente is personeel van die kollege en Radio Riverside. Foto: Lizette Slabber Verlede jaar het 27 studente beurse van Radio Riverside ontvang en die meeste van hierdie studente het goed gevaar en is in 2014 besig met hul tweede jaar van studie. Vernon Mfusi, voorsitter van die raad van Radio Riverside, sê
die vele aansoeke wat Radio Riverside ontvang het vir hierdie beurse is ’n aanduiding dat baie jong mense in die gemeenskappe gretig is om hul studie voort te sit, maar dat die geldelike hulpbronne die meeste van die tyd ’n hindernis is.
Skenk, help DIE tyd raak min om ’n bydrae tot die Volksblad-Kersfonds te lewer. Die huidige insamelingsprojek sluit op 31 Maart. Die Kersfonds gee aan mense in die Noord-Kaap en Vrystaat die geleentheid om ’n liefdadigheidsinstansie te ondersteun. Die geld word ook geskenk aan instansies in die dorp of stad van waar die skenking kom. Dit word vir basiese behoeftes soos kos en klere gebruik en nie vir luukses, herstelwerk of rekenings nie. Die Kersfonds is ingevolge artikel 18(a) van die Belastingwet geregistreer. Skenkers kan ’n artikel 18(a)-kwitansie aanvra sodat die skenking van inkomstebelasting afgetrek kan word. Geld kan by Volksblad-Kersfonds, Nedbank-tjekrekening 102 891 9980, takkode 117 134 inbetaal word. Stuur ’n faks as bewys van direkte inbetaling aan Marie McLaren by 051-448-3771. Tjeks kan uitgemaak word aan Volksblad-Kersfonds en gepos word na Posbus 12552, Brandhof 9324. Verskaf ook jou naam en adres. Kontant kan ook by enige van Volksblad se kantore in Bloemfontein, Kimberley,
Welkom, Kroonstad, Bethlehem, Kuruman of Upington inbetaal word. Om R20 vir die Kersfonds te skenk stuur ’n SMS na 49219. Begin die SMS met die woord “Kersfonds”, gevolg deur jou naam, van en die dorp of stad waar jy vandaan kom. Ondernemings en instansies wat R5 000 en meer aan die Kersfonds wil skenk, kan Madelein Venter by madelein.venter@ volksblad.com kontak.
Mfusi het die studente aangemoedig om hierdie geleentheid met albei hande aan te gryp en die onderrig te gebruik as ’n instrument om hul lewe te verbeter in die gemeenskappe waarin hulle woon. Bradley Coetzee, een van die
studente wat ’n beurs ontvang het, het Radio Riverside bedank vir die geleentheid en gesê hulle is almal bereid om die meeste van die geleentheid te maak, aangesien onderwys ’n belangrike instrument is om te hê as jy jou drome wil bereik.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
DIE dosente het gewys hulle blink nie net op akademiese gebied uit nie, maar kan ook goed op- en afspring. Van links is Rachelle de Wet, Bonolo Gaonathebe (’n student besig met haar internskap), Marietta Brink en Ramona Goosen. Ronnie Isaacs (organiseerder van die sportdag) bekyk die manewales. Foto: verskaf
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape
Specialist: IM Projects
Ref. 765534
Ensuring compliance with the BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, this role will see you responsible for the execution of Manganese IM Asset/Sitespecific projects (with a strong focus on level 1- & 2-type projects) from design through to implementation, which will include solution design, development, testing and operational handover. Focus areas will involve producing detailed designs to match high-level architectural blueprint and business requirements, as well as developing, building, configuring, customising and integrating unit test solutions from low level designs. To apply, you will need a relevant degree/tertiary qualification plus a relevant diploma/certificate in PMBOK or Prince 2 and 5 years’ IT-/IMrelated experience in project management. Experience in solution design and solution testing is essential, together with a valid driver’s licence and proven technical aptitude in one or more domains. Knowledge of end-to-end development processes is also needed (knowledge of SDLC is key), together with strong interpersonal skills. Mamatwan
Supervisor Production: Ore Preparation Plant (OPP) & Loadout Ref. 765535 We will require you to supervise the safe and efficient execution of processing activities at the ore preparation plant and Loadout Station. Focuses will include operations management, supervision, water management and weekly and daily planning, as well as product quality control. You’ll also be involved in oversight of the processing plant, housekeeping standards maintenance and project management. To be successful, you will need a Grade 12 (an Ore Preparation Certificate will be advantageous), 3-5 years’ experience in a supervisory position in a processing plant and SAP HR and PM knowledge. Ore Preparation Plant (OPP) experience will be advantageous. You must have a driver’s licence and must be medically fit. To be considered ideal, you must be focused on results, be action-orientated and must be able to build and maintain relationships, as well as organise and deliver quality results. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applications close 14 February 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility..
www.humanjobs.co.za
Human Communications 106199
STUDENTE het mekaar die stryd op die sokkerveld aangesê.
Groot pret op sportdag
DIE Studente-ondersteuningsafdeling van die Noord-Kaap- Plattelandse Verdere Onderwys-en Opleiding-Kollege (NKP VOO) se Upington-kampus het op 24 Februa-
rie ’n sportdag vir die sowat 400 studente van dié kollege aangebied. Studente en dosente kon heerlik ontspan voordat die akademiese jaar in volle gang is.
Foto: verskaf
Die studente het aan sokker, netbal en rugby deelgeneem. Die studente en dosente kon ook hul slag wys met nommers soos toutrek, hap-die-appel en sakresies.
Bloodhound se bou uniek Elsabé Brits EEN van die wêreld se voorste vuurpylmaatskappye het hom by die Bloodhound-span aangesluit vir dié span se poging om ’n landspoedrekord van minstens 1 600 km/h daar te stel. Die supersoniese motor Bloodhound is in aanbou in Bristol, Brittanje. Die span se jongste vennoot, Nammo, is ’n Noorweegse maatskappy wat ook deur die Europese Ruimte-agentskap gebruik word om vuurpyle te bou. Hakskeenpan in die Noord-Kaap word die afgelope drie jaar vir dié projek voorberei. Die baan sal 20 km lank en 500 m breed wees. Parallelle strepe word met bio-oplosbare verf geverf sodat die omgewing nie skade ly nie. Andy Green wil in 2015 probeer om sy eie landspoedrekord van 1 227,93 km/h te verbeter en die span sal dan toetse op die motor doen. Hy hou dié rekord al sedert 1997. Hulle hoop om die groot rekord van 1 600 km/h in 2016 te verbeter. Om te kwalifiseer vir die rekord moet twee snelrenne binne ’n uur gedoen word. Die voertuig se aandrywing bestaan uit ’n F1-enjin wat hoofsaaklik die petrolpomp beheer. Die hibriede vuurpyl wat ontwikkel moet word, bestaan uit ’n EJ200-stralerenjin en ’n vuurpyl. Saam gee hulle 135 000 perdekrag wat agt keer meer as dié van al die motors in ’n F1-wedren is. Die druk op die motor is so groot dat dit eindelik 11 t per vk. m. is. Die “suigkrag” van net die straler-enjin is so sterk dat dit binne drie sekondes ál die lug uit ’n gemiddelde huis sal trek. Meer as 230 vennote en verskaffers help om onderdele en ander hulp te verskaf vir die motor in wat beskryf word as die “kompleksste voertuig wat nog gebou word”.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
9
G’n hoop vir herstel van dié slaggate Ilse Watson
DIE slaggate in Thompsonrylaan.
Foto: Ilse Watson
THOMPSONRYLAAN in Kuruman is vol slaggate gery weens die konstruksiewerk aan die Hotazel-pad. Swaarvoertuie moet met tye ’n ander roete gebruik en hulle ry dan in Thompsonrylaan om sodoende hul pad deur Kuruman te vind. “Wat is die moontlikheid dat die gate herstel kan word,” het Leanie Stofberg van Kuruman gevra. Die Ga-Segonyana-munisipaliteit is verlede jaar bankrot verklaar. Nou skyn daar nie veel hoop te bestaan dat die
slaggate binnekort herstel sal word nie. Die Ga-Segonyana-munisipaliteit kon nie vir kommentaar bereik word nie. ) Stuur gerus enige insette oor die aangeleentheid met ’n SMS aan die Kalahari Bulletin Kuruman.
LESERS kan hul resepte stuur.
Resepte ingewag DIE Kalahari Bulletin Kuruman soek jou gunsteling-resep. Stuur die resep (met foto indien moontlik) aan Lynn-Mari Olivier na lynnmari@olivierconstruction.co.za of bel haar by 082-448-1489. Skryf ook ’n bietjie oor jouself en waar jy bly. The Kalahari Bulletin Kuruman wants your favourite recipe. Send it (with a picture if possible) to the above-mentioned address. Write a bit about yourself and where you live.
05 - 09 February 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
4490
7990
per kg
per kg
Beef Chuck
Beef Rump Steak
46
90
e R o m e v sa 790
6990
per kg
per kg
Meat Balls
4690
per pack
Chicken Leg Quarters 2kg
Bulk Lamb Chops
per pack
1290
Hotdog Rolls 6’s or Hamburger Buns 6’s
per kg
Sweet Potato
3190
1390 1590 per pack
per pack
Econo Pears
Yellow Plums
per tray
3for
Large Eggs 30’s
1850 each
Clover Krush 1.5l t "TTPSUFE
shop any W it h so much value, w hy
w here else?
or we’ll BEAT it*
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for
32
90
per pack
Onions 7kg
1390 each
20
R
Pineapples
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
’n Siekte, nie net buierigheid DIE Kalahari Bulletin Kuruman doen ’n reeks artikels oor geestesgesondheid. Vandag word bipolêre gemoedsversteuring bespreek. Die onderwerp vir volgende week is obsessiewe kompulsiewe versteuring (OCD). Enigiemand wat hul ervarings met die koerant wil deel, kan Ilse Watson by 079-831-5579 bel. Alle inligting is vertroulik. Ilse Watson “THE highest, biggest, quickest, can’t keep up with it all, from can’t possibly fail, to irritation to rage, and finally to the lowest, murky chamber of hell where the darkest of moods slowly strangles every hope . . . and, maybe, in between it all is all right.” Dit is hoe ’n persoon wat aan bipolêre gemoedsversteuring (ook bekend as maniese depressiewe siekte) ly dié siekte beskryf. “Ek het nog altyd gedink ek is net depressief en ek het anti-depressante daarvoor gebruik. Maar ná ’n paar jaar van erge lewensveranderende omstandighede en baie stres het ek intense angsaanvalle begin kry. “Die angsaanvalle was erg en ek het nie regtig verstaan waar dit vandaan kom nie,” vertel ’n vrou van Kuruman. Sy het daarna die wisselende buie – op-en-af-buie – begin beleef. Met tye was sy rustig en kalm en ander tye het sy vir geen goeie rede nie met almal by die huis baklei. “My man het gesê ek tree soos ’n bipolêre persoon op. Hy het aanbeveel dat ek ’n psigiater spreek.” Bipolêre gemoedsversteuring is ’n lewenslange geestesiekte. Dit word deur die aanwesigheid van uiterste buie gekenmerk wat in siklusse voorkom. Daar sal periodes van verhoogde buie (manies) wees, gevolg deur periodes van depressie en periodes waar iemand se buie normaal sal wees. Hierdie veranderde buie is nie die gevolg ’n swak persoonlik-
‘Ek het toe ten minste verstaan wat met my verkeerd is. Eers was ek verlig om te weet. Toe kom die woede en huilbuie. Ek wil ook net normaal wees soos gewone mense.’
heid nie – dit is die gevolg van gebrekkige brein-chemie. Dit kan met die korrekte medisyne behandel en bestuur word. In haar boek, Bipolêre siekte kyk my in die oë, vertel Elsabé Brits van die monster wat van haar hele wese besit geneem het. “Lang derms wat in my kop net bly uitpeul, soos uit ’n vleismeul, die een los gedagte wat ná die volgende spring, duisende van hulle,” vertel sy. Hoekom word iemand wat oënskynlik ’n normale lewe vir ’n lang tydperk gelei het skielik met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer? Hierdie feite kan die oorsaak wees: ) ’n Belangrike of traumatiese lewensgebeurtenis; ) Uiterste stres; ) Chroniese siekte; ) Dwelmmisbruik; ) Anti-depressante (dit skakel oor na manies); ) Te min slaap; ) ’n Chemiese wanbalans in die brein; ) Dit is ook oorerflik; Is daar ander siektes wat met bipolêre siekte geassosieer word? Obsessiewe kompulsiewe versteuring en angsversteuring (dit sluit in post-traumatiese stresversteuring) kan saam met dié siekte voorkom. Hoekom is langtermynbehandeling so belangrik? ’n Persoon wat met die siekte gediagnoseer is, kan nie net medisyne gebruik gedurende die verskillende episodes en wanneer hulle sleg voel nie. Bipolêre gemoedsversteuring is ongeneeslik en net behandelbaar. Daarom moet die medisyne langtermyn gebruik word, want dit stabiliseer die intensiteit en frekwensie van die verskeie episodes. Medisyne wat voorgeskryf word, is baie kragtige medikasie en moet nóóit sonder die toestemming van jou dokter verander word nie. As ’n mens beter voel, beteken dit jou medisyne werk. Dit beteken egter nie jy is genees van die siekte nie. Dit is ook noodsaaklik dat ’n siek persoon gereelde afsprake met
Só lyk verskille
WAT is die verskillende soorte bipolêre siekte? Bipolêr I: Dit is die ergste vorm en word deur herhalende maniese episodes en depressie gekenmerk. Bipolêr II: Dit word deur hipomaniese (laer vorm van manies) en depressiewe episodes gekenmerk. Vinnige/wisselende episodes: Dit is wanneer vier of meer episodes in een jaar gebeur. Dit sluit ’n kombinasie van maniese, hipomaniese en gemengde depressiewe simptome in.
HIERDIE diagramme verduidelik presies die verskillende soorte bipolêre gemoedsversteuring. die dokter, psigiater en/of sielkundige nakom. Wat is jou regte as jy ’n werk het? ) Vertel jou direkte lynhoof dat jy siek is en neem ’n inligtingstuk oor die siekte saam sodat hulle dit beter kan verstaan; ) Jou werkgewer kan nie teen jou diskrimineer nie. Jy mag nie ontslaan word omdat jy die siekte verklaar het nie, net soos iemand wat swanger raak nie afgedank mag word nie; ) Indien jy ontslaan word, mag jy die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (CCMA) om hulp nader; ) Nog ’n opsie is om jou siekte as ’n “gestremdheid” te verklaar – dit dui op ’n regsterm en sê niks oor jou bekwaamheid nie. Om dié proses te voltooi het jy ’n brief van jou psigiater en/of sielkundige nodig. Die vrou van Kuruman is met tipe-2- bipolêre siekte gediagnoseer. “Ek het toe ten minste verstaan wat met my verkeerd is. Eers was ek verlig om te weet. Toe kom die woede en huilbuie. Ek wil ook net normaal wees soos gewone mense,” vervolg sy. Sy moes leer om die verskillende buie te herken en dit dan te bestuur deur onder meer die
korrekte medisyne te gebruik. “Ek vermy ook raserige plekke en groot groepe mense – dit maak my onrustig.” Sy vertel verder dat dit baie harde werk is om die siekte te bestuur. Sy sê dat dit moeilik is om soms ’n sekere bui te keer. “Dit kom so vinnig en skielik. Daar is nie altyd waarskuwingstekens nie.” Een van die grootste probleme wat sy ook ondervind, is wanneer haar familie almal gelukkig en
tevrede is met die lewe wanneer sy eintlik sleg voel en nie lus het vir die lewe nie. “Hulle verstaan nie altyd nie. Ek voel soms so geïrriteerd ek kan moor, maar daar is geen rede hoekom ek so moet voel nie, volgens my familie.” Bel die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (SADAG) se hulplyn by 0800-567-567. ) Bronne: www.sadag.co.za; Bipolêre siekte kyk my in die oë deur Elsabé Brits; Sarie-tydskrif.
Beheer jou buie JY kan jouself help om die ernstige wisselende buie te beheer deur die volgende te doen: ) Behou ’n stabiele slaappatroon en kry oefening; ) Behou ’n daaglikse roetine van aktiwiteite; ) Moenie maaltye oorslaan nie of te veel eet nie; ) Moenie alkohol of onwettige dwelmmiddels
gebruik nie; ) Vra jou vriende en familie om jou te ondersteun; ) Probeer stres by die werk verminder; ) Moenie ophou om jou medikasie te gebruik en moet nie self jou medikasie verander nie; ) Leer die simptome van jou buie herken.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
11
Kundige praat oor suikersiekte
LIZA BURGER maak blitsvinnig vetkoekdeeg met 1 kg broodmeel. bloed- en urinetoets insluit. Indien die suiker baie hoog is, sal dit tot ’n glukosetoleransie-kurwetoets lei wat in ’n laboratorium gedoen word. Diabetes word dikwels met versekeringsondersoeke gediagnoseer. Energie word as glukose aan die selle in die liggaam gegee. ’n Mens het insulien nodig om die glukose van die bloed na die liggaamselle te vervoer. Verhoogde bloedsuiker is baie nadelig en beskadig die binneste lagie van bloedvate waarvan die kleinste aartjies en vate eerste aangetas word. Die vate kom meestal in die senuwees, brein, oë, niere, hart en slagare voor en kan tot beroerte, katarakte en blindheid, hipertensie, nierversaking, hartaanvalle, verlies van gevoel, neuropatiese pyn en gangreen aanleiding gee.
DIE lede van die gesondheidsgroep wat ’n toneel opgevoer het. Van links is Elmarie Theron, Susan van Straten, Tilly Terblanche, Liana Muller, Marianne Vorster en Liza Burger wat voorgelees het. Foto’s: Verskaf Die hoeksteen van behandeling bly dieet en gewigsverlies. Kleiner porsies, meer gereelde etes, die vermyding van verwerkte suiker en die drink van water word aanbeveel. Gediagnoseerde diabete behoort na ’n oogspesialis verwys te word en moet hulp met voet- en naelver-
sorging ontvang. Bloedsuiker moet gereeld met ’n glikometer gemeet word, ’n HbA1c-toets moet elke ses maande gedoen word, en die jaarlikse toetse sluit ’n EKG en vastende cholesteroltoets in. ) Die Kuruman-VLV-tak nooi alle vroue tussen 16 en 100 jaar oud om
die takvergaderings te kom bywoon. Elke maand praat ’n kundige spreker oor ’n spesifieke onderwerp. Demonstrasies vind verder plaas oor enigiets van knie van vetkoekdeeg met ’n mes tot die tegnieke van kabelsteekbrei. Die datums van die vergaderings word in die Kalahari Bulletin geplaas.
McCannJHB 911513
NIEMAND het nié op Woensdag 22 Januarie geglimlag toe die vlytige vroue van die Kuruman-VLV-tak die jaar op ’n hoogtepunt met ’n vrolike program begin het nie. Op ’n grappige wyse is die tema Kannie, Willie en Hettityti deur die gesondheidsgroep aangebied en almal sien na ’n nuwe jaar sonder verskonings uit. Die eregas op die dag, Suné Swanepoel, het almal met ’n dansuitvoering op die maat van die Nianell-liedjie Vryheid verras. Sy was van haar ma, Susan, vergesel. Die Kuruman-VLV-tak se man vir 2013, dr. Andries Vorster, het die vroue oor diabetes mellitis (suikersiekte) toegespreek. Wetenskaplik word diabetes as ’n algemene chroniese metaboliese en sistemiese siekte beskryf wat voorkom wanneer die liggaam nie sy bloedsuiker binne sekere perke kan hou nie. Die normale vastende bloedsuikertelling is tussen 3.5 en 5.8 mmol/L. Bloedsuiker word deur insulien beheer, ’n hormoon wat afgeskei word sodra ’n mens koolhidrate inneem. Die glukose in ’n mens se bloed word deurentyd gemeet deur die pankreas wat die insulien regstreeks in die bloedstroom afskei. Sodra die glukosevlak in die bloed daal, word die afskeiding van insulien verminder sodat die bloedsuiker nie te laag daal nie, want te lae bloedsuiker kan tot ’n koma en breinskade ly. Volgens statistieke was die voorkomssyfer in 2010 ongeveer 285 miljoen diabete wêreldwyd waarvan 90% volwassenes is. Dit word voorspel die syfer sal teen 2030 verdubbel het. Van die bekendste simptome sluit onder meer moegheid, ’n droë mond, gewigsverlies en infeksies in. ’n Doktersondersoek sal ’n
Some wars are not fought on the battlefield. Play your part. Vanessa Naidoo – Cape Town Volunteer medic for Doctors Without Borders (MSF) Dr Vanessa Naidoo was watching victims of the Libyan civil war on television when she decided to join MSF. Her medical volunteer work has taken her to four of the world’s most troubled countries in just two years, helping people survive health crises in conflicts. She’s worked as an emergency doctor in South Sudan and trained midwives and worked in operating theatres in Afghanistan and Pakistan. In Syria she worked as an anaesthetist, but also managed emergencies, including delivering babies. This heroine is playing her part and doing her best. Find out more about how you can play your part. Visit www.playyourpart.co.za. Support MSF as a donor, or work as a medic. Visit www.msf.org.za
PlayYourPart
PlayYourPartSA
WWW.PLAYYOURPART.CO.ZA
An initiative by Brand South Africa
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
Kalahari-uitslae beste in SA Ilse Watson
BY die voordeur van die Kalahari-apteek word water met besems uitgevee. Foto’s:
Ilse Watson
NIE net was Fransonette (Sonita) Nel die topmatriekpresteerder in die Noord-Kaap in die 2013-matriekeindeksamen nie, maar die Hoërskool Kalahari het nog ’n eerste bereik. Sedert 2007 neem leerlinge aan die studente-uitruilprogram na Duitsland deel. Leerlinge gaan in die Junie- of Desembervakansie vir ’n maand na ’n goedgekeurde Duitse gesin en hulle leer meer omtrent die land en sy kultuur. Die skool stuur gemiddeld elke jaar tussen ses en tien gekeurde leerlinge na Duitsland. Leerlinge het in die verlede uitmuntend gepresteer en in
2011 was drie van Kalahari se leerlinge onder die toptien in Suid-Afrika vir die Junie-program. Hulle was Christina Joubert (derde plek), Cornel Scheepers (vierde plek) en Maretha Potgieter (sewende plek). Vir die Desember-program van 2011 is Kobus van Zyl as die topstudent met ’n eerste plek in die land aangewys. Die skool het in 2011 en 2012 die tweede plek landwyd beklee en op grond van 2013 se prestasies beklee Kalahari nou die eerste plek in die land. In 2013 het Louhan Janse van Vuuren die skool se naam hoog gehou met ’n eerste plek in die provinsie. Die volgende groep
VAN links is, voor: Palesa Mookaneng, Suné Jordaan, Eurika Dreyer en Sarah-Lee van Wyk; agter: Elné Strauss, Abigail van Wyk, Lohan Janse van Vuuren, Marianne van Niekerk, Johnfred Aucamp en Madelie Stols. Foto: Verskaf leerlinge vir 2014 vul reeds die aansoekvorms in. “Ons het sewe jaar gewag om die kruin te bereik. Maar soos
die spreekwoord lui: gewoon” sê Marianne van Niekerk, organiseerder van die projekte van die Hoërskool Kalahari.
WE’RE REGISTERED TO VOTE. ARE YOU? DIE baber wat in die apteek gevind is.
’n MODDERGEMORS in die apteek.
Reën bring chaos Ilse Watson MET die swaar reën wat Kuruman Maandag beleef het, was die Kalahariapteek Dinsdagoggend heeltemal oorstroom. ’n Baber is selfs in die water wat in die apteek was, gevind. Kuruman het Maandag ongeveer 59 mm reën gehad. Bearestraat het ook oorstroom. Kalahari Bulletin Kuruman het verneem dat die reën redelike chaos met die verkeer veroorsaak het.
FINAL REGISTRATION 8 - 9 FEBRUARY 8AM - 5PM
0800 11 8000 900271/E
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
KARAVANE TE KOOP/HUUR
ALGEMENE & HUISDIENSTE
TE KOOP
TE HUUR
3020
SPYSENIERING & LOKALE 1401
SOSIAAL & ONTSPANNING
TUIN & BESPROEIING
ALLERLEI
1475
MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.
1825
1655
TROJAN ROW MACHINE with digital meter and built-in fan with several resistance settings. As new. Cost R3 499, only R2 000. Phone 084 664 5728 a/h.
TROETELDIERE
L & J TUINDIENSTE: Ons doen alles, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie. Almal welkom, ons sê nooit nee nie. Kontrakte welkom! Skakel my - 072 061 6772.
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
1660
BASSET-HONDJIES: Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 800 stuk. Beskikbaar vanaf 15 Februarie. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.
HUISE TE HUUR 3205
2004 GYPSEY REGAL BLUE SERIES: Limited Edition Caravan. Excellent condition, new tyres, always serviced at Klerksdorp Caravans. Rally tent, full tent, grass sheet, 'stormbande', microwave, double-door fridge, stove, water tank, fullhouse. Selling for R79 000. Phone 084 664 5728 a/h.
TWEESLAAPKAMERHUIS te huur. Skakel 082 752 1600.
MOTORS TE KOOP BETREKKINGS
3025
HYUNDAI 2.4 SONATA: 2008. 137 000 km, e/w, p/s, s/c, fullhouse, very clean. 17 months of guarantee left. Phone 082 561 4468.
3600
ALGEMEEN 3680
BENODIG AGENTE OM AVON in Kuruman, Kathu, Postmasburg, Olifantshoek en Dibeng te bemark. Skakel Cecile Cloete 082 775 3165.
3040
NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. Cillierslaan 12.
BENODIG ERVARE, eerlike, deeglike huishulp wat met kinders kan werk en bereid is om in te slaap (onderhandelbaar). Indien u so 'n persoon kan aanbeveel, skakel my by 083 483 3383.
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272.
GESOEK: BOUER OM stoep toe te bou. Nodige gereedskap en sementmenger sal voorsien word. Skakel 079 435 2700.
EIENDOMME
REGSKENNISGEWINGS & TENDERS
AKKOMMODASIE OM TE DEEL 3210
ALGEMENE KENNISGEWINGS
AKKOMMODASIE BESKIKBAAR 10 km van Blackrock vir +- 10 persone (nou onmiddellik beskikbaar). Kamers op deelmaat vir 40 mense beskikbaar vanaf einde Maart. Vir navrae skakel 082 872 8332.
4010
J & L Motors / Sea of Mountains
SAKEPERSELE 3215
BUILDING FOR SALE in Daniëlskuil, R220 000 neg. Phone 083 963 5723.
HUISVERBETERINGS BUITE 1836
ALLE HERSTELWERK in en om die huis. Wasmasjiene, stowe, staalwerk, loodgieter, elektries, bouwerk, plaveisel, plafonne, dakke, teëls, ens. Skakel 082 752 1600.
VOLWASSENES
PRIVAAT 2015
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.
LANDBOU
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE
WOONSTELLE TE HUUR 3250
BACHELOR FLAT: 1-bedroom, kitchen and bathroom. Own parking. Immediatley available. R3 000 p.m. Water and electricity included. Phone 083 539 2122. EENMANWOONSTEL op hoewe: Krag en water ingesluit. Gemeubileer. R2 900 p.m. Skakel 084 651 3000.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
TWO x 20 sq m of office space to let in Kathu. Phone 082 894 0727.
TE KOOP 3201
ERF TE KOOP IN KURUMAN: 585 vk m. Reeds omhein, goedgekeurde bouplanne vir 'n 3-slaapkamer-huis ingesluit. R320 000 onderhandelbaar. Skakel 082 218 8222.
2210
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik Kuruman gehou te Kuruman. Saaknommer: 1276/2012 In die saak tussen: J & L MOTORS Eksekusieskuldeiser en SEA OF MOUNTAINS TRADING 590 t/a EAST 2 WEST CARRIERS 1ste Eksekusieskuldenaar JAN ABRAHAM MINNIE Identiteitsnommer: 880201 5072 086 2de Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n vonnis gelewer op die 1ste dag van Maart 2013 in die Kuruman Landdroshof en 'n Lasbrief van Eksekusie daarna uitgereik, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop te die Baljukantoor, Skoolstraat 46, Kuruman op die 21ste dag van Februarie 2014 om 09:30 aan die hoogste bieër: GOEDERE Scania-trok (CBX 311 NC) Gedateer te Kuruman op 15 Januarie 2014. JH KRUGER DUVENHAGE & VAN DER MERWE ING Hoofstraat, Prokmed Sentrum, Kuruman 8460 Posbus 63, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1064/5/6 Faks 053 712 0569 E-pos: dvdm@dvdmprok.co.za Verw: J & L1/0001/MJJ Adres van Eksekusieskuldenaar: SEA OF MOUNTAINS TRADING 590 t/a EAST 2 WEST CARRIERS, identiteitsnommer 2010/083905/23 van ds. van Jaarsveldstraat 106, Kuruman en mnr. Jan Abraham Minnie, identiteitsnommer 880201 5072 086 van ds. Van Jaarsveldstraat 106, Kuruman. KENNISGEWING Hiermee gee ek, Sarel Johannes Pienaar, identiteitsnommer 460528 5143 089, en handelend as Car Care, kennis dat ek geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid aanvaar van enige skulde of lenings aangegaan deur Schalk Andries Jacobus Pienaar, identiteitsnommer 700228 5083 084, en dat laasgenoemde geen belange en seggenskap in die besigheid Car Care het nie.
TENDERS 4080
KALAHRI-PLAAS TE KOOP PER TENDER: VAN ZYLSRUS-OMGEWING Tenders word ingewag vir die verkoping van: Die Restant van die Plaas Matlapanen 192 Geleë in die afdeling Gordonia Groot: 5807,5318 hektaar Tesame met ongeveer 300 springbokke, +- 30 gemsbokke, en +-20 blesbokke. Die eiendom is verbeter met 30 kampe, Kalahari-Oos-pyplynwater, 4 toegeruste boorgate, Eskom-krag, hanteringsgeriewe, 'n woonhuis, buitegeboue en arbeiderhuise. Tenders moet gedoen word in rand per hektaar plus BTW en moet ingelewer word in 'n verseëlde koevert by die kantore van Duvenhage & van der Merwe, Prokmedsentrum, Hoofstraat, voor of op Maandag 10 Maart 2014 om 14:00. Die suksesvolle tenderaar, indien enige, sal in kennis gestel word teen 20 Maart 2014. Die hoogste of enige tender sal nie noodwendig aanvaar word nie. Geen tender van minder as R2 600 (TWEE DUISEND SESHONDERD RAND) per hektaar sal oorweeg word nie. Volledige verkoopsvoorwaardes is ter insae by Duvenhage & Van der Merwe, Prokmedsentrum, Hoofstraat, Kuruman. Navrae: Fanie van Zyl: 053 712 1064/5/6 of sel 072 376 3143. E-pos-adres: dvdm@dvdmprok.co.za. Posbus 63 Kuruman 8460.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
H.J. van Wyk In die boedel van wyle Henning Jacobus van Wyk, 'n wewenaar, wat woonagtig was op plaas McKenziepost, Kuruman, Noord-Kaap, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 3814/2011. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 7 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.
VOERTUIE
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 3010
KIA K2700 WORKHORSE, 1.3 tons, 2007, rails, tow bar, bush bar, 85 000 km, R90 000. Phone 053 712 1061. MAZDA BT50, 2010, canopy, rubberised, tow bar, new tyres, 75 000 km, FSH, warranty, R165 000. Phone 083 963 5723.
3270
AIDA KURUMAN 3 slaapkamers, 2 badk, 1 m/h, boorgat, koopkrag. Te huur: R8 800 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422 . Ons benodig dringend woonstelle/huise om te verhuur/verkoop. SKAKEL ONS GERUS!
SLEEPWAENS
LABRADOR-HONDJIES: Opreg geteel en baie oulik. Skakel 084 651 3000.
13
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
Department of economic Development, environment, conservation anD tourism Cancellation of Bids
• Bid Number: NWDEDECT 03/13/14: Delivery and Installation of Furniture We apologise for any inconvenience caused.
Bid Award Notice Contract No and Description
Supplier Name
DEDECT 5/13/14 -Maintenance and C and M data management of seven provincial Consulting air quality monitoring stations Engineers
Kone Solutions K22006
B-BBEE Duration Start Date Contract Level and End Date Amount 2
3 years
Feb 2014-Jan 2017
R6 868 671.00
17
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
Vereer vir prestasies NÁ die Hoërskool Duineveld se kleure-atletiekbyeenkoms is Jackie Kühn as senior victrix ludorum, Julian Titus as senior victor ludorum, DS Jansen van Vuuren as junior victor ludorum en Jamery Fortuin as junior victrix ludorum aangewys. Van links is Jackie, Julian, DS en Jamery. Foto: Megan Loots
Leerlinge wen talle medaljes HENRU EKKERD en Alicé Maritz, leerlinge aan die Hoërskool Upington, het gedurende die naweek van 15 en 25 Januarie aan die 4+1Interprovinsiale Swemgala in Kimberley deelgeneem. Henru, ’n gr. 8-leerling aan die skool, het ’n bronsmedalje in die 400 m-vryslag gewen. Alicé, wat in gr. 9 is, het ’n bronsmedalje vir die 100 m-vryslag losgeswem. Sy het ook ’n silwer-medalje vir die 100 m-vlinderslag en ’n goue medalje vir die 100 m-rugslag gewen.
HENRU EKKERD
ALICÉ MARITZ
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
19
Rekords bly in slag DIE Hoërskool Kalahari het op Saterdag 25 Januarie sy kleuresportbyeenkoms gehou. Die kleuresportdag het in die Kameelboompark plaasgevind. Die Geelspan het vanjaar se deelnamebeker gewen. Danksy die span se goeie gees het die Rooispan die geesbeker gewen. Die organiseerders sê dit was ’n geslaagde atletiekdag vol pret en die opkoms en gees wonderlik. Onderwysers en leerlinge het aan dié dag deelgeneem. Die volgende rekords is verbeter: ) Meisies o.16: 400 m-hekkies: Lezaan van
’n PRETTIGE wedren word met winkeltrollies gehou.
Foto: Verskaf
Rooyen ) Meisies o.17: 400 m: Lerisa-Lee van Rooyen ) Meisies o.17: diskusgooi: Leonie Hollenbach Rekords is: ) Seuns o.14: 300 m-hekkies: Janru Brits ) Seuns o.16: 400 m-hekkies en 110 m-hekkies: Tsiriletso van Wyk ) Seuns o.16: 800 m: Pierre van der Walt ) Seuns o.16: 400 m, 200 m, 100 m: Boelie Beukes ) Meisies o.19: 1 500 m: Anri van Rooyen
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 6 FEBRUARIE 2014
Stuur alle nuus só LESERS van Kuruman en omgewing word versoek om Kalahari Bulletin Kuruman in kennis te stel van nuusgebeure. Al is die geleentheid hoe klein, is dit steeds iets wat in die koerant geplaas kan word. Die doel van die koerant is juis om die nuus van die gemeenskap te plaas sodat almal ingelig kan wees oor wat op die lesersgebied se dorpe gebeur. Ouers kan sportfoto’s van hul kinders stuur – die Kalahari Bulletin hou daarvan om kinders in die koerant te wys. Stuur hul volle naam en van saam. Bel Ilse Watson by 079-831-5579 of stuur e-pos: ilse.watson@volksblad.com
Hou bene, hou! Lynn-Mari Olivier DIE Preprimêre Skool Seodin het op Donderdag 30 Januarie ’n sportdag gehou waarin kleuters van onder meer Kinderland deelgeneem het. Hoewel daar reeds talle inskrywings ontvang is, het baie ouers hul kinders by die sportdag ingeskryf. Die gees van die kinders was aansteeklik en die ouers en onderwysers het almal in ’n goeie luim verkeer. Ouers het nie geskroom om allerhande bydraes te maak nie. Nommers waarin die kleuters kon deelneem, sluit in ’n 60 m-resies en hekkies en selfs ’n skopfietsnommer. Namate die son vir die maan begin plek maak het, het ouers hul motors nader aan die atletiekbaan getrek om dit met hul hoofligte te verlig. Die atletiekdag tussen die Laerskool Seodin se gr. O-klasse en kleuters van Kinderland het Vrydag plaasgevind. Ouers en kinders was opgewonde oor dié dag. Almal het groot pret gehad, ten spyte van die reënweer in Kuruman. ) Nog foto’s op Kalahari Bulletin se
webblad www.kalaharibulletin.co.za.
DEWALD OLIVIER is in ekstase oor sy beurt om te hardloop.
“WAAR is my ma?” Alte lekker hardloop Kayla-Mia Markram (links) en Else Venter.
Foto’s: Lynn-Mari Olivier
OUERS en ander kinders moedig al die deelnemers aan.