Kurumanbulletinku 20140319

Page 1

Kuruman

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

20 MAART 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

DIE pragtige gholfbaan van die Sishen­gholfklub in Kathu waar die 2014­Kalahari­gholfuitdaagtoernooi beslis is. Lees meer en sien nog foto’s op bll. 19 en 20.

Foto: Ilse Watson

Toernooi ’n wenner Benneli Olivier Van der Walt en Ilse Watson “MET genade van Bo en goeie spel beplan ek om my titel in die jaarlikse Kalahari-gholfuitdaagtoernooi te verdedig. Die baan is moeilik weens al die reën wat ons ontvang het,” het Brink Rautenbach van Kathu gesê. Rautenbach was die 2013-wenner van die Kalahari-gholfuit-

daagtoernooi wat vanjaar van 12 tot 15 Maart plaasgevind het. Dié toernooi is die belangrikste geleentheid op die jaarlikse program van die Sishen-gholfklub en ook die klub, waarvan Gerrit Vos die voorsitter is, se grootste toernooi. Dit is die 15de jaar dat die toernooi hier aangebied is en spelers van oor Suid-Afrika heen het daaraan deelgeneem. Daar was bekendes soos Justin Hobday en

Theunis Spangenberg. Maurice Prinsloo, ’n professionele gholfspeler van Kathu, het ook deelgeneem. Volgens Ronel Meyer, tesourier en organiseerder van die toernooi, het 253 spelers vanjaar deelgeneem teenoor verlede jaar se 240 spelers. Die wenners is Saterdagaand aangekondig. In die mansafdeling is Andrew Seme as wenner aangewys en Ansie Kruger was die wenner in die vroue-afdeling.

Die span van Hosch was die wenspan en die beste putjie is deur Toolquip en Allied geborg. “Daar was 45 borge en elke span het uit vier spelers bestaan. Daar was ook 48 individue wat vriende saamgebring het. Die inskryfgeld van R1 200 per span het die speelgeld en aandete vir elke speler ingesluit. Die borge het R7 000 per putjie betaal.” Reëlings vir die groot toernooi het reeds in November 2013 begin.

Dit kos R250 000 en alle geld wat deur spelers betaal is en van die borge ontvang is, is gebruik om die pryse aan te koop. Dié groot gebeurtenis is ’n groot geldelike inspuiting vir die ekonomie van Kathu en Kuruman. Die gastehuise in dié dorpe was 90% vol bespreek en spelers het geld in restaurante bestee en inkopies in winkels gedoen.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Learners promote road safety LEARNERS from primary and high schools in Kuruman have made a meaningful contribution in creating road safety awareness and won great prizes for themselves and their schools in a poster competition sponsored by Anglo American business unit, Kumba Iron Ore, and the Road Safety Management Corporation. Bokhutlo Sesinyi, the primary school winner of the Mahikaneng Primary School, and the high school winner, Thabang Segula of the Rekgaratlhile High School, each won a Wi-Fi 7-inch tablet and folio case. The Mahikaneng Primary School and Rekgaratlhile High School each received a computer package comprising a pull-down screen, laptop bag, printing paper, projector, stereo speakers, Microsoft Office 2013 with a tutorial and antivirus protection, 100 compact disks, power surge protection, a laptop and a printer with extra

LESERS van Kalahari Bulletin Kuruman word versoek om alle plaaslike nuusgebeure aan ilse.watson@ volksblad.com te stuur of bel haar by 079-831-5579.

‘As a mining company, safety is of great im­ portance to us and we believe that sharing this principle with our communities will con­ tinue to benefit many people.’ – Johan van Schalkwyk, general manager of Kumba’s Sishen Mine. toner. The competition was held in response to the recent request of Dipuo Peters, the minister of Transport, to help achieve the department’s goal to halve the number of people killed on South African roads. Johan van Schalkwyk, general manager of Kumba’s Sishen Mine, congratulated the learners who had entered the poster competition that would contribute to safer roads in

Kuruman. “As a mining company, safety is of great importance to us and we believe that sharing this principle with our communities will continue to benefit many people. This is why we chose to participate in this initiative. We all understand the importance of road safety and the winners clearly stood out in terms of the impact their posters had on promoting positive safety behaviour.”

Teleurstelling oor toer INWONER, Kuruman: DIE Hoërskool Kalahari het ’n rugbytoer vir die Maart-vakansie beplan en al die reëlings is reeds getref. Die skool het intussen besluit om die toer te kanselleer omdat sommige spanne se skoolgeld nie betaal is nie. Die o.16-spanlede se skoolgeld is wel betaal. Van wanneer af het die betaling van skoolgeld enigiets met ’n rugbytoer te doen? Hoe voel

daardie kind wat nou nie meer op die toer kan gaan nie? Wat ’n teleurstelling is dit nie? ) Ouers van die Hoërskool Kalahari wat verder hieroor kommentaar wil lewer, kan ’n e-pos aan Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com stuur of haar by 079-831-5579 bel.

Presteer in onderwysstudie MARINDA STANDER, ’n onderwyser aan die Laerskool KP Totos in Bathlaros, het onlangs haar B Ed­honneursgraad in opvoeding cum laude geslaag. Sy het aan Unisa gestudeer en het ook in 2010 die nagraadse onderwyssertifikaat cum laude geslaag. Sy begin in April met haar meestersgraad wat op vroeë kinderontwikkeling gaan fokus.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

ONS MENSE Ilse Watson

BRIDE TO BE. ’n Asemrowende foto.

Foto’s: Otto Jeppe

“FOTOGRAFIE is terapeuties. Wanneer ’n mens ’n bietjie bedruk voel, kan jy jou kamera neem en in die natuur gaan stap en iets skep. “Die Here het die wonderlike voorwerpe gemaak en as ’n mens dit afneem, voel jy deel van die skepping.” Só vertel Otto Jeppe, ’n inwoner van Kuruman en ’n kranige fotograaf. Hy is ook ’n lid van die fotografie-klub van Kathu. Jeppe is in Vryburg gebore (in 1948) en het in die Kalahari grootgeword. Ná sy skoolloopbaan het hy medies aan die Universiteit van Pretoria (UP) gestudeer. Hy het ná die eerste jaar sy kursus verander en het aptekerswese aan die Noordwes-universi-

3

Fotografie is terapeuties teit gestudeer. Hy is 40 jaar gelede met Engela getroud en hulle het na Kuruman verhuis. Hy het destyds die Kalahari-apteek in Kuruman gekoop en so het sy loopbaan in die aptekerswese begin. Hy het op 12-jarige ouderdom sy eerste bokskamera by sy ma gekry. “Ek het rumatiekkoors gehad en my ma het vir my die kamera gekoop sodat ek myself kon besig hou.” Daardie jare was daar geen digitale kameras nie en alles moes vir ontwikkeling weggestuur word.

“Ek het nie my eie donkerkamer en chemikalieë gehad nie en dus het ek nooit geleer om my eie foto’s te ontwikkel nie.” Hy het vier jaar gelede sy eerste digitale kamera gekry en toe het sy passie vir fotografie regtig vlamgevat. Jeppe se toerusting bestaan uit ’n wyehoeklens, makro-lens en zoem-lens. Hy het nie spesifieke voorkeure van onderwerpe wat hy afneem nie. Alles is vir hom lekker – die natuur, die see, voëls, blomme in die tuin en diere. “Om fotografie te beoefen vat jou weg van alles af. Dit is net jy, die natuur en jou kamera,” vervolg Jeppe.

PRAGTIGE Namakwaland – ’n kleurespel wat ’n mens se asem wegslaan.

’n PRAGTIGE foto van die NG kerk op Graaff­Reinet.

‘Om foto­ grafie te be­ oefen vat jou weg van alles af. Dit is net jy, die natuur en jou kame­ r a .” – O t t o Jeppe “EK kyk vir julle.” ’n Luiperdwelpie wat in ’n pri­ vate dieretuin in Johannesburg afgeneem is.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Uur koester moederaarde DIE jaarlikse Aarde-uur vind vanjaar op 29 Maart plaas. Mense gaan gevra word om hul ligte op dié dag tussen 20:30 en 21:30 af te skakel. Nie net word geweldig baie krag met die projek gespaar nie, maar bewustheid oor die aarde en sy probleme word ook bevorder. Met aardverhitting wat ’n wesentlike probleem is en nog groter probleme in die toekoms gaan veroorsaak, die energiekrisis en die druk op die aarde se natuurlike hulpbronne is dit tyd dat mense meer verantwoordelikheid vir die omgewing moet aanvaar. Mense moet besef hulle sal eienaarskap van die aarde, en spesifiek die omgewing waarin hulle bly, moet aanvaar. Ons woon in ’n landelike omgewing en is dus baie bewus van die impak wat die

veranderende weerpatrone op die landbou en volhoubaarheid het. Skakel die geiser bedags af, skakel onnodige ligte in die huis af, ry fiets en stap. Moenie vir elke kort rit in die motor spring en ry daarheen nie. Gebruik organiese produkte in die tuin en op landerye. Vermy chemiese middels om insekte en plae uit die tuin te hou. Lewe gesonder. Volg Vleislose Maandae en maak seker dat jy jou kinders leer om die omgewing te koester en dit te bewaar. Elke bietjie help. So, sit jou ligte af, steek die kerse aan en neem eienaarskap van die aarde. Gebruik sommer ook dié uur van donker om die regte boodskap by jou kinders tuis te bring.

Kleur lug na die reën in NA die reën kom die mooi. Ná ’n deurmekaar weerdag wat tussen sopnat en bloedig warm gewissel het, is die dag met die pragtige reënboog afgesluit. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Leef as beelddraer Speel gholf so sit-sit van God op aarde Ilse Watson

Ds. Pieter van Zyl GENESIS 1:27-28: God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” Om mens te wees en nog boonop God se kind, is baie spesiaal. Dit beteken dat jy onder die genade van die Here staan. Dit beteken ook dat Hy die reg het om verantwoordelike optrede van jou te verwag. God het jou met ’n lewensdoel gemaak – om ’n stukkie van sy skepping as sy verteenwoordiger op te pas en te versorg. As deel van hierdie verantwoordelikheid maak Hy mense ook vir mekaar verantwoordelik. Op Kain se vraag “Moet ek dan my broer oppas?”, is die antwoord baie duidelik “Ja!”. Die samevatting van die wet stel dit ook duidelik: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Ons moet mekaar menswaardig behandel, dan kan ons ook

verwag om menswaardig behandel te word. As daar ooit iemand is wat nie menswaardig behandel is nie, was dit Jesus. Hy is deur die regter Pilatus onskuldig verklaar, maar word steeds aan die skare oorgelewer om gegesel en gekruisig te word. Hy sterf op die wreedste en onmenslikste manier denkbaar. En tog is dit die grootste daad van liefde ooit, die kans wat verlore mense, wat hul menswaardigheid verloor het, kry om weer hul plek as verteenwoordigers van God in te neem. So word ons in God se genadeplan ingesluit. Wanneer ons môre Menseregtedag vier, laat dit dan ook ’n viering van die genade van God wees, wat jou weer menswaardig gemaak het – ’n mens wat iets in God se koninkryk beteken. Om mens te wees gee nie net regte nie, maar ook verantwoordelikheid. Leef as beelddraer van God, sy verteenwoordiger op aarde – Christus het dit vir jou moontlik gemaak.

EK het in 2006 gholfstokke nadergesleep en besluit dit is nou tyd dat ek ook leer hoe om gholf te speel. My pa was ’n kranige gholfspeler en dit was een van sy passies. My ma was natuurlik nie altyd so beïndruk met elke Saterdag se spelery nie. Die manne het ná die dag alte lekker op die 19de putjie gekuier. ’n Skoolvriend en professionele gholfspeler, Ben Fouchee, het my daar in die Paarl afgerig. Gholf is glad nie ’n maklike spel nie en dit gaan gepaard met baie frustrasie. Ek het darem nog nooit ’n stok gegooi dat hy daar trek nie, maar het al menige bal verloor wat in damme beland het. So verhuis ek in November 2012 van die Kaap af terug Kathu toe

en sluit my by die Sishen-gholfklub aan. Dié baan het vir my ’n baie spesiale betekenis, aangesien my pa een van die stigterslede was. Daar hang nou nog ’n foto van hom aan een van die mure. En so begin die lesse weer van voor af, want as jy nie aanhou speel en oefen nie, verleer jy die tegnieke heeltemal. Dit is nie soos fietsry nie. Menige keer is ek dapper en gaan speel die 18-putjiebaan saam met vriende – in 35 °C. Ek slaan pragtige houe wat dan met een massiewe knal teen ’n kameeldoringboom se takke kennis maak. ’n Mens staar na die

petalje en oorweeg dit sterk om jou stok te gooi. En jy verwens die een wat die baan só ontwerp het dat die bome in die pad is. Verlede week het ek vier dae op die gholfbaan in Kathu deurgebring. Die Kalahari-gholfuitdaagtoernooi was aan die gang. Ek en ’n kollega het oor die toernooi verslag gedoen. Vrae soos: “Hoekom speel jy nie?” het ek net sommer geïgnoreer. Heerlik sit ons daar onder die bome in baie gemaklike stoele met ’n ystee en lekker stuk koek en kyk na al die gholfspelers. Sommige spelers slaan ’n mooi hou (wat die bome mis) en ander slaan sommer hul bal die veld in. Ander se balle beland in die water. Met tye neem ons foto’s en voer onderhoude. Dít is hoe ’n mens gholf speel.

14/30

15/29

16/28

14/31

16/31

16/30

15/35

18/36

17/33

ONO-10

N-15

N-15

ONO-10

N-15

N-15

ONO-5

N-15

N-5


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

LEEFSTYL/ LIFESTYLE

Virus kan tot kanker lei Yolandi van Deventer DIE menslike papillomavirus (MPV) is ’n virus wat vratte veroorsaak. Daar is meer as 100 soorte van die virus en ongeveer 30 tot 40 variasies daarvan kan die risiko vir verskeie kankersoorte verhoog. Hierdie spesifieke soorte beïnvloed die genitalieë en kan deur seksuele kontak en vel-tot-vel-kontak met ’n geïnfekteerde maat oorgedra word. Die virus is nie ’n “nuwe” soort virus nie, maar mense is net glad nie bewus van die bestaan daarvan nie.

Jy het ’n verhoogde kans om geïnfekteer te word met die MP-virus indien jy op ’n jong ouderdom seksueel aktief raak, gemeenskap met baie verskillende maats het of ’n maat het wat gemeenskap met baie ander het. Toetse is beskikbaar vir die soort MP-virus wat servikale kanker in vroue veroorsaak. Dit is ook belangrik dat vroue gereeld vir ’n Papsmeer moet gaan. Wanneer jy gereeld hiervoor gaan, sal daar veranderings in die selle van die serviks wees wat dan kan dui op ’n moontlike gevaar vir servikskanker en die geneesheer kan betyds in so ’n geval

optree. MPV-infeksies van die serviks is ’n primêre risikofaktor vir servikale kanker en vir 70% van alle gevalle verantwoordelik. In sekere gevalle kan die MPV-infeksie spontaan opklaar, maar in ander gevalle kan tot 90% daarvan binne twee jaar opklaar. ’n Klein persentasie infeksies deur sekere groepe van die MP-virus sal nie opklaar nie en in kanker omskakel. Die meeste MPV-infeksies het geen simptome nie en simptome kan eers voorkom wanneer dit reeds in kanker omgeska-

kel het. Sommige infeksies kan tot “letsels” op die serviks lei wat met ’n Papsmeer gediagnoseer en daarna behandel kan word. Daar is immunisasies op die mark beskikbaar wat beskerming bied teen verskeie variasies wat servikale kanker kan veroorsaak. Gesels gerus met jou geneesheer indien jy meer inligting verlang. ) Gesondheidswenke deur Mediclinic Kathu verskaf.

SOME plants, like the Atimima lawsonii, pur­ posely grow in the shade of rocks or other, bigger plants.

Plants top survivors PLANTS are the ultimate survivalists. Even more so the plants that grow – and thrive – in a province with a weather system comprising out of extremes. The Northern Cape has a semi-arid to arid climate with a low rainfall and extreme temperatu-

res from as low as -8°C in the winter to 41°C in the summer. So how do plants manage to survive? ) Many of the desert plants found in the Northern Cape are dwarf-like and have small leaves that lose less water than large leaves. Examples of these

are the small Karoo shrubs, many of which can also drop their leaves during the hot months and grow new ones after it rains or cools down. ) Some plants store water in their leaves. This helps them to survive long periods without rain. Well-known examp-

les are aloes. Other plants store water in their stems. Many euphorbias do this. Some species have a waxy layer that coats the stems to prevent water loss. ) Stone plants are adapted in a number of ways. They are very small, have only a few, very succulent leaves, and are half buried beneath the soil to escape the heat and reduce moisture loss. They have the same colour and markings as the pebbles or soil around them, and are therefore camouflaged and well hidden from herbivores. They often grow between light-coloured pebbles on which dew condenses at night when they cool, and the shallow roots of these plants then quickly absorb the moisture droplets. ) Another way plants escape the heat is to grow in the shade of another plant or a rock. Many of the stapeliads, which are small-stem succulents with large, attractive flowers, grow inside shrubs where they are sheltered from direct sunlight and animals. Light-coloured leaves reflect sunlight which helps to keep the plant cool. Antimima lawsonii has very small, light-coloured leaves that do just that. It also grows between whitish pebbles that further improve the local microclimate. Source: www.museumsnc.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Velties vier 50 j.

Kinders sy trots DOEP DU PLESSIS, die eerste skoolhoof van die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington, is vandag die oudste inwoner van die Hartenrus-aftreeoord in Hartenbos. Dié oudskoolhoof is 96 jaar oud. Hy het nege kleinkinders en vier agterkleinkinders wat sy bors van trots laat swel.

As eerste hoof van dié skool het hy die grondslag gelê wat vandag die Hoërskool Duineveld na groot hoogtes lei. Op 1 Januarie 1964 is die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington begin en Du Plessis is al in September 1963 aangestel om die leisels hier te neem. Hy was tot 1 Desember 1971

DOEP DU PLESSIS is die oudste inwoner van die Hartenrus­aftreeoord in Hartenbos. Foto: Verskaf

hoof van dié skool totdat hy as inspekteur van onderwys (tegnies) by die hoofkantoor van die departement van nasionale opvoeding in Pretoria aangestel is. Op 1 Julie 1980 is die twee afdelings van dié skool verdeel en is die Hoër Tegniese Skool Upington en die Handelskool Upington gestig. Later is die Handelskool se naam na die Hoërskool Gordonia verander. Op 1 Januarie 1991 het die skole weer saamgesmelt en is die Hoërskool Duineveld met Joost Nagel as die hoof gestig. Du Plessis se wortels is diep in die Kalahari geanker. Hy is as die naasjongste van 12 kinders op die plaas Nabees in die Kenhardt-distrik gebore. Van st. 5 af het hy in Kakamas skoolgegaan en in 1936 gematrikuleer. In 1938 het hy hom by die Opleidingskollege in Graaff-Reinet as student ingeskryf en sy hoërprimêre onderwyssertifikaat aan die einde van 1940 verwerf. Tydens sy studentejare was hy voorsitter van die studenteraad, kaptein van die kollege se eerste rugbyspan en lid van die kollege se debatvereniging. Hy is op 15 Desember 1947 met Adrie Krog getroud en uit hul

7

DOEP DU PLESSIS was die eerste hoof van die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington. huwelik is drie seuns en een dogter gebore. Hy was ’n kranige rugbyspeler en is in 1946 en 1947 gekies om vir Grens as slot uit te draf. Op 31 Mei 1982 het hy die tuig in Pretoria neergelê en het hy en Adrie hulle op 1 Augustus in Hartenbos gevestig. Adrie is op 23 Januarie 2001 oorlede. Hy is vandag ’n geëerde lid van die Hartenrus-gemeenskap en word as ’n ware “gentleman” beskryf.

As eerste hoof van dié skool het hy die grondslag gelê wat vandag die Hoërskool Duineveld na groot hoogtes lei.

DIE Hoërskool Duineveld vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. In Augustus gaan dié besonderse mylpaal behoorlik gevier word en alle feesvierings gaan onder die naam van die fees, Veltiefees 2014 – ’n Halfeeu van Genade, plaasvind. Die naweek van 30 en 31 Augustus gaan die meeste van die halfeeuvierings plaasvind. Op 28 Augustus gaan die skool die feesvierings met die onderwysers en leerlinge begin. Op Vrydag 29 Augustus word ’n ope dag by die skool beplan waarop alle oud-Velties die skool kan besoek. Almal wat deel van die geskiedenis van die skool is, kan dié dag kom kyk wat verander het en wat nog presies dieselfde gebly het. Veral oudleerlinge, oudhoofde en oudonderwysers word hierheen genooi. Saterdagaand gaan ’n glansdinee aangebied word waarop almal behoorlik kan uithang en op Sondag word die fees met ’n Veltie-kerkdiens afgesluit wat op die skoolterrein aangebied sal word. Rig enige navrae hieroor aan veltiesbemarking@telkomsa.net.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Storm rig groot skade aan

Anena Burger GROOT skade is Saterdagmiddag in Upington en omgewing aangerig toe ’n wolkbreuk omstreeks 18:00 oor groot dele van die Groen-Kalahari uitgebreek het. Hoewel die storm van korte duur was, het baie inwoners se eiendom strukturele skade gely. Volgens Esmé de Wet van Kanoneiland, sowat 30 km buite Upington, het sowat 70 mm reën binne ’n halfuur uitgesak. “Voor my agterdeur het dit soos ’n vloed gelyk. Die water het by my kombuis ingeloop en die pakhuis was ook

onder water,” sê sy. Debbie de Wet, nog ’n inwoner van Kanoneiland, het groot skade aan haar huis opgedoen. Talle inwoners het foto’s van die storm geneem en op Facebook gepubliseer. MJ Lee, ’n inwoner van Raaswater, sê in die nege jaar dat hy in Upington woon, het hy nog nooit so ’n storm hier beleef nie. “Die weer was geweldig swaar en ons dink die blitse het die windpomp langs die huis getref. Talle van die elektroniese toebehore in die huis is beskadig. Nee, hoor, dit het lelik hier by ons geklap,” sê hy. Elbie Stewart, wat op Sesbrugge

woon, sê selfs die garingbome in die tuin is met wortel en tak uitgeruk, terwyl ’n wingerd aan die oorkant van die rivier in Louisvale verspoel het. In Upington het Esté Moller groot skade gely toe haar pekanneutboord deurgeloop het. “Die bome se takke is gebreek en die neute lê oral op die grond. Daar is ook kragpale wat uit die grond geruk is,” sê sy. Nog ’n inwoner van Upington, Nadia van Heerden, sê dit het ongeveer 30 mm in 40 minute in die dorp gereën en die strate by die Pick n Pay-sentrum het soos ’n rivier gelyk.

LESERS het foto’s gestuur van Saterdagaand se storm wat oor Upington en omliggende gebiede losgebars het. Só het die dreigende stormwolke gelyk.

BOME is ontwortel en takke het afge­ breek. Foto: Debbie de Wet

’n WINGERD op ’n plaas in Louisvale is verspoel.

Foto: Verskaf

Foto: Michelle Visagie

DEBBIE DE WET van Kanoneiland het die foto van die skade by haar huis geneem nadat 70 mm se reën in ’n halfuur uitgesak het. Foto: Debbie de Wet

CHARLENE VAN DER WESTHUIZEN het die foto gedurende die storm met haar selfoon geneem.

Foto: Charlene van der Westhuizen


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Verlang terug na toeka se dae DIE liedjie Daar kom die wa het ons as kinders goed geken. ’n Wa met trekdiere was nog tot laat in die 1960’ ons enigste vervoermiddel. Ek kan nog die diere se name onthou: Febrie en Baron was die twee voorperde. Hulle is haarvoor en hotvoor ingespan – elke keer op dieselfde plek. Die spierwit tuie en trense het pragtig teen die donkerbruin lywe vertoon. Die twee swart esels, Duiker en Geelbek, is in die middel ingespan. Dié twee was vurig en Duiker was elke dag steeks. Hy het gebyt, gesnork en jou met die kop gestamp, maar as hulle ingespan is, kon jy maar op hulle staatmaak. Hulle was baie korter op die been, maar hulle kon ’n stang vasbyt en saamtrek met die voorperde. Heel agter is die twee groter esels ingespan: Flora en Benag. Flora was die enigste merrie. Die ander drie was hingste. Die swingels en die draaghoute is uit olienhout gemaak wat Pa in die Kobeesberg gaan kap het. Ons het graag gehelp as Pa met die aambeeld en blaasbalk gewerk het. Ons kon beurte maak om die blaasbalk te draai. Ek onthou nog die reuk van steenkool as die wind van die blaasbalk die kole so helder laat gloei het. Soms as ons te vinnig gedraai het, het die steenkool begin skiet en die yster wat gesmee moet word, het gesmelt. Dit was altyd mooi om die gesmelte yster op die smidswinkel se vloer te sien val. As Pa daai stuk yster op die aambeeld met die hamer begin slaan het, was dit mooi om te sien hoe die yster vorm begin aanneem het. Ons kon hom met die knyptang vat en in die koue water laat afkoel. Die dag as die trekdiere beslaan is, kon ons ons verkyk aan hoe Pa elke hoefyster nommerpas vir elke dier maak. Die diere is in die kraal in ’n hoek gejaag en dan een-een ’n halter omgesit, tot by sy inspanplek gelei en met ’n behendige slag is die halter met ’n trens vervang. Die trens het twee oogklappe wat verhoed dat die dier agter hom kan sien en jy nog ’n skop op die skeen kry. Duiker se kopslaan en byt was al een te veel. Die lang sweep is net so oor die diere geswaai en dan het hulle gelyk gevat. Ons mag nooit op die relings van die wa gesit het nie, want dan kon jy afduiwel en lelik seerkry. In die somer het ons altyd by Kriekieboslaagte uitgespan. Daar kon die trekdiere water drink en soms ook lekker in die stof rol voordat ons die tog verder aangepak het. As Pa vir Willem Botha en al die Kokkelalle langs die pad teëgekom het, was dit ’n perd van ’n ander kleur. Dan is daar oor die ooptes resies gejaag. Dit was altyd ’n mooi gesig om te sien. Die leisels is gelos, die lang sweep geklap en die diere se name soos ’n resitasie geskree. Dan het ons dit geniet en ons het daardie oggend natgesweet by die koshuishek ingetrek. Die salpeter het soos skuim op die diere se lywe uitgeslaan en ons het breed geglimlag, want ons Febrie en Baron se neuse was eerste by die hek in. Lettie het begin huil en gesê: “As Pa-hulle nou nie resies gejaag het nie, was ons nog langer by Pa-hulle.” Sy het duidelik nie in die opwinding gedeel nie.

9

B O N Y A S D BIRTHcky vouchers to be fU ound. 1 lu Million . Check your till slip

smart shoppers o nly. **Terms and

Conditions

Apply.

Garnish and decor not included

59

R

Bulk T-Bone and Club Steak Mixed Pack Per kg

29

48

R

R

Bulk Oukraal Wors Per kg

24

R

90

89 R 10 Toks & Tjops Braai Pack Consists of: Ultimate Braai Master Boerewors, Lamb Loin Chops and Porterhouse Steak Per kg

SAVE R7

Dairy Princess Creamy Cheese Wedges 125g

SAVE R6

Blossom Canola Margarine or Medium Fat Spread 1kg Tub Each

Fairview Chevin Assorted 100g Each

13

50

Sunfoil Sunflower Oil 750ml

17

90

Golden Cloud Cake Wheat Flour 2.5kg

20

R

Mrs H.S. Ball’s Chutney Assorted 470g and All Gold Tomato Sauce 700ml

Tastic Parboiled Rice 2kg

159

SAVE R30

Huggies Gold Boy or Girl Disposable Nappies Size 4 - 60s, Size 3 - 72s, Size 4+ - 54s or Size 5 - 50s Per Pack

Double Points

32 49 90

SAVE 5.30

SAVE 2.90

R

Earn

BUY BOTH FOR

38

90

SAVE R9

SAVE R9

Nescafé Classic Dawn 200g Jar

45

R

SAVE R20

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

G HIN YT R E EV ON

90

Omo Auto Washing Powder 2kg, Auto Liquid 1.5 Litre or Concentrated Liquid 750ml Each

Valid from 21 -23 March 2014 Get your voucher at the kiosk in store or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and Conditions apply.

**Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za for more information.

PRICES VALID 18 - 23 MARCH 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS ONLY

Best Customerr amme 2013* Loyalty Programme

In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1184367


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Augrabies maak groot geraas MET die Oranjerivier wat lekker vol is, is die Augrabieswaterval prentjiemooi en dit sal in die komende weke selfs mooier wees. Die Augrabies-watervalNasionale Park se bestuurder, Frans van Rooyen, verwag dat die Oranjerivier in die volgende twee weke in al sy glorie sal afkom en ’n dramatiese vertoning kan by dié val ver-

wag word. Ná die reën van die afgelope twee weke wat oor Suid-Afrika heen geval het, word verwag dat die Augrabies-waterval die volgende twee weke sy naam, Plek van die Groot Geraas, gestand sal doen. Water vloei tans teen sowat 200 kubieke meter per sekonde, maar volgens Van Rooyen verwag hulle dat die water

tot 820 kubieke meter per sekonde tussen 22 en 25 Maart sal styg. Soos die Oranjerivier die Augrabies-waterval nader, verdeel dit in verskeie kanale voordat dit 56 m by die waterval afstort. Die water kronkel dan vir 18 km deur die ravyn. Die vol rivier wat teen die krans afstort en die oorverdowende

geluid van bruisende water is iets wat nie maklik vergeet word nie. SANParke moedig almal aan om in die volgende twee weke die Augrabies-waterval op sy mooiste te kom aanskou. Van Rooyen sê: “As die rivier so vol is, is dit ’n onbeskryflike oomblik in dié park en ons wil dié wonder met almal deel.”

VAN 22 tot 25 Maart behoort die Augrabies­ waterval op sy mooiste te wees. Foto: Verskaf

MET ligte wat snags die water­ val verlig, sal die massas water selfs in die nag ’n besonder­ se gesig wees. DIE Augrabies­waterval­ Nasionale Park bied ook verskeie staproetes aan en daar is heelwat wild wat besigtig kan word wat ’n uitstappie na die waterval ’n heeldag­ lekkerte kan maak. Foto: Anena Burger

TANS val water teen 200 kubieke meter per sekonde by die Augrabies­waterval af, maar sal binnekort teen 820 kubieke meter per sekonde val.

Foto: Anena Burger

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Soektog na room van NK begin André Botha DIE soektog na Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar- en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is weer in volle gang. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Norman Mbazima, uitvoerende hoof van Kumba Iron Ore, Anglo American se ysterertsbesigheidseenheid in Suid Afrika, sê: “Kumba is onlosmaaklik deel van die Noord-Kaap, nie net omdat ons twee grootste myne hier is nie, maar omdat die oorgrote meerderheid van ons personeel boorlinge van die Noord-Kaap is.

“Ons is trots op wat ons mede-Noord-Kapenaars doen om hul onderskeie gemeenskappe op te hef. Daarom is dit vir ons belangrik om in samewerking met Volksblad erkenning te gee aan individue en instansies wat baanbrekerwerk doen om ’n beter toekoms vir almal in die provinsie te skep. “Ons sien daarna uit om weer ’n groot ‘oes’ van inskrywings te ontvang en opnuut aangespoor te word deur die voorbeeld van diens wat hierdie uitsonderlike individue en instansies stel.” Johanna van Eeden, redakteur van die Volksblad-groep, sê: “Dit is vir Volksblad ’n voorreg om deur die projek erkenning te gee aan die mense van die Noord-

DIE kompetisie om die Noord­Kapenaar van die Jaar en die Noord­Kaapse Instansie aan te wys, word vanjaar weer in samewerking met GWK aange­ bied. Links is Pieter Bekker, hoofbestuurder: primêre produksie, en Neil de Klerk, uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking.

Foto: Emile Hendricks

VOLKSBLAD en Kumba Iron Ore bied weer vanjaar die kompetisie aan om die Noord­Kapenaar van die Jaar en die Noord­Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys. Hier is Norman Mbazima, uitvoerende hoof van Kumba Iron Ore, Anglo American se ystererts­sake­eenheid in Suid­Afrika. Foto: Verskaf Kaap. Ons bring hulde aan individue wat presteerders is, maar ook aan gemeenskapswerkers wat deur hul omgee ’n verskil maak aan die maatskaplike welsyn van die provinsie. Deur die Noord-Kapenaar van die Jaar salueer ons die uitblinkers en die omgee-mense wat dié provinsie se hart warm laat klop.” Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n NoordKapenaar of iemand met besonderse sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan

die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat in die verlede benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. Die kriteria is: Interne impak: Die verskil wat die benoemde maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die benoemde sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die benoemde se werk wees, die mate waartoe die

Vrae pla kinders ná dood Ilse Watson “MY pa was ’n vriendelike mens en altyd vol grappe. “Hy het so baie vriende hier gehad. Hy was ’n goeie mens wat altyd enigiemand sou help sou hulle ’n probleem gehad het. “Hy het alles vir sy familie, kinders en kleinkinders gedoen.” Só vertel Andrea van Zyl van haar pa, Pieter Andreas van Zyl (53), wat op Maandag 17 Maart om 11:08 aan verskeie beserings in die Mediclinic Kimberley oorlede is. Op Sondag 2 Maart het Van Zyl omstreeks 14:41 by die Standard Bank-OTM geld getrek. Sy werkgewer, die UMK-myn naby Hotazel, het Maandag sy gesin gebel om te hoor of hy siek is, want hy het nie by die werk opgedaag nie. Van Zyl en sy vrou, Arrie, is vervreemd en sy was nie bewus van sy kom en gaan nie, maar sy het probeer om hom op te spoor. Op Woensdag 5 Maart het sy hom opgespoor en hy het haar ingelig hy is by die bank aangerand. Hy is met ’n mes in sy regterarm gesteek en met ’n stukkende bottel in sy regtersy aangerand. Hy was baie deurmekaar en kon nie sy familie inlig waar hy is nie. ’n Vriend van Van Zyl, Piet Liebenberg, het aan die gesin bevestig hy is in die Kimberley-staatshospitaal opgeneem. Van Zyl se vrou het haar na Kimberley gehaas. Sy kinders het hom die volgende dag besoek. Hy was in ’n baie swak toestand. Sy dogter het reëlings getref om haar pa na die Mediclinic Kimberley oor te plaas en daar is hy in die intensiewesorg-eenheid opgeneem. Hy het infeksie in sy niere, longe en hart gehad. Sy dikderm was reeds onaktief en sy maag en dunderm was septies. In die Kimberley-staatshospitaal het hy reeds verskeie operasies ondergaan om sy dunderm te herstel en bloedklonte uit sy regterbeen te verwyder.

PIET VAN ZYL (53) wat aan veelvuldige beserings in die Mediclinic Kimberley beswyk het saam met sy kleinseun en naamgenoot, Piet (nou 3). Foto: Verskaf

‘Die ergste vir ons is my pa het wel aan ’n sieke­ fonds behoort. Hoekom het hy in die staatshospi­ taal beland?’ – Andrea van Zyl, dogter “Die ergste vir ons is my pa het wel aan ’n siekefonds behoort. Hoekom het hy in die staatshospitaal beland?” vra Van Zyl se dogter. “Volgens my pa het hy self Kimberley toe gery. Ons weet nie wat gebeur het nie – hoe kan iemand met sulke ernstige beserings Kimberley toe ry?”

Van Zyl word deur sy vrou, twee kinders, ’n skoondogter en twee kleinkinders oorleef. Sy gedenkdiens word Saterdag in die AGS-kerk Oasis gehou. Daarna sal sy familie hom privaat veras. Die Kuruman-polisie het ’n ondersoek begin, maar nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.

benoemde buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die benoemde lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Weer moet die werk wat gedoen word ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

DAVID O RYAN het die foto naby Kuruman geneem net voordat die reën neergestort het.

Wen met jou foto

Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Fa­ mous Lodges. Hier­ die prys sluit in ’n daaglikse ontbyt vir almal, sowel as ’n Sondagmiddagete. HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto in die Kruger­wildltuin geneem.

CHRISTA BRUYNS het dié pragtige foto geneem.

HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto by Nieuwoudtsville geneem.

Groot pryse op die spel Lizette Slabber GROOT pryse kan gewen word in die Kalahari Bulletin se nuwe fotokompetisie. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die finale wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Famous Lodges. Hierdie prys sluit in ’n daaglikse ontbyt vir almal, sowel as ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense by een van die NC Famous Lodges, met ontbyt daagliks. Stuur dus dadelik jou landskapfoto’s vir die Kalahari Bulletin. Die kompetisie gaan elke maand ’n tema hê waarvolgens lesers foto’s kan instuur. Die tema vir Maart is Landskappe. In April kan lesers hul sonsopkoms en -ondergangfoto’s stuur. Elke maand sal daar uit die inskrywings

Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag inge­ skryf word, maar slegs men­ se van die Noord­Kaap mag inskryf. ’n wenner gekies word wat ’n finalis sal wees vir die finale kompetisie waaruit die beste foto gekies gaan word. Die maandwenner sal ’n prys wen en uit al die maandwenners word die algehele wenner gekies wat dan die groot prys sal wen. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word.

Die foto wat die meeste likes op Facebook kry, sal ook ’n prys wen. Die sluitingsdatum vir inskrywings is altyd die laaste dag van die maand en die vyf finaliste sal dan in die eerste uitgawe van die volgende maand verskyn. Die wenfoto sal die volgende week op die voorblad verskyn. Stuur landskapfoto’s aan lizette.slabber@volksblad.com voor 31 Maart. Foto’s moet groter wees as 500 KB en 300 DPI en moet in JPG-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, sowel as inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, sowel as waar die fotograaf woon. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die Noord-Kaap mag inskryf. Geen professionele fotograwe mag inskryf nie. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Oop pad deur Karoo

YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto in die Karoo op pad na Kaapstad geneem.

YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto tydens ’n uitstappie na die Marakeli­natuurreservaat in Thabazimbi geneem.

YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto buite Ellisras by ’n watergat geneem waar diere graag kom drink.

ROY WALSH van Kathu het dié foto op die plaas Sunstar in die Kalahari ná lekker reën geneem.

HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto by Nieuwoudtsville ge­ neem.

YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto tydens ’n uitstappie na die Lone Creek­waterval in Nelspruit geneem.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Dansers se passie(s) bring sukses Benneli Olivier Van der Walt SES van die Kathu- en Kurumanballetskool se dansleerlinge, onder leiding van Helene Olivier, gaan in ’n gewilde nasionale kompetisie die Noord-Kaap se naam hoog hou. Dié talentvolle dansers gaan aan die South African Association of Talent, Modelling and Entertain-

ment (SAATME) se Beyond 2000-kompetisie deelneem. Die kompetisie word van 4 tot 13 April in Rustenburg gehou. Die dansleerlinge is almal van Kathu en die omliggende gebiede. Bea Lubbe is van die Joshua’s Oath-skool buite Kuruman. Adina van Wyk, wat die hoogste punte in die keuringproses verwerf het, is van die Laerskool

Kathu. Anita Steyn, Marga Boshoff en Danelle Venter is almal van die Hoërskool Kathu. Lara Kotze is van die Hoërskool Postmasburg. Indien die dansers vir die nasionale span gekies word, sal hulle aan die internasionale kompetisie in Hollywood gaan deelneem.

ANITA STEYN (links) en Adina van Wyk.

DANELLE VENTER (links) en Marga Boshoff.

D ie d a n s le e r­ li n ge is a lm a l va n K a th u e n die omliggen­ de gebiede.

BEA LUBBE (voor) en Lara Kotze.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

19 - 23 March 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

15

1490

90

15 each

Dairybelle Real 100% Juice 1.5l

Frozen Lamb Liver

3290 per kg

Egte Braaiwors

Black Grapes Box 1.5kg

S! G N I V A S R

per kg

per box

per pack

Clover Cheddar or Gouda Cheese 240g

5790

5for

23

R

per kg

20

R

t "TTPSUFE

4790

Lamb Stew

per kg

Avocado’s

2for R

Meat Balls

25

R

115 per pack

Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 5kg

shop any W it h so much value, w hy

w here else?

or we’ll BEAT it*

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Witbord gee nuwe dimensie Lynn-Mari Olivier

DIE kleintjies van die Kinderland­kleuterskool – uitgerus met hul soekligte om die skatte te gaan soek. Foto: Lynn-Mari Olivier

Kinderland-kleuters kamp alte lekker Lynn-Mari Olivier

DIE Kinderland-kleuterskool se veelbesproke pa-oupa-en-kleuterkampaand was weer ’n reuse-sukses. Kinderland se speelterrein het Vrydagaand ’n nuwe baadjie aangetrek. Johan Coetzee, ondervoorsitter van Kinderland se beheerraad, het dié aand beplan. Daar het ’n onbeskryflike opgewondenheid onder die kleuters geheers. Tente was oral te sien en die terrein is in ’n oogwink in die perfekte kampeerterrein omgeskep. Nadat almal kamp opgeslaan het, het die kleuters ’n skattejag meegemaak, elkeen toegerus met ’n koplig en ’n flits. Die

kleuters se soektog het verskeie Paaseiers opgelewer. Coetzee het selfs ’n kampvuurstorie vertel word. Die kleuters het behoorlik aan sy lippe gehang en hy het elke woord met genoeg emosie vertel dat die storie steeds deur die kleuters oorvertel word. Die vure het hoog gebrand en die kleuters kon stokbrood braai en wors eet. Die oupas en pa’s het spitbraai gehou en gesellig saam verkeer. “Die aand gaan beslis ’n jaarlikse tradisie word. Dit was ’n groot lekkerte en voorreg om so saam met jou kroos wakker te word. Ons sien baie uit na die volgende kamp,” sê Coetzee.

’n SKOOL se funksionaliteit hang van verskeie faktore af. Die gemeenskap, ouers, leerlinge en dan ook borge of skenkers. Die goedgunstigheid van skenkers kan bydra tot ’n skool se akademiese prestasies en kan klasgee vergemaklik. ’n Anonieme skenker het ’n interaktiewe witbord aan die Hoërskool Kalahari geskenk. Die waarde van die witbord is ongeveer R28 000. Dié witbord gee ’n nuwe dimensie aan onderrig. Die witbord is in die klas van Hildegarde van der Westhuizen opgerig. Van der Westhuizen is hoofsaaklik vir onderrig in fisiese wetenskap vir gr. 10- tot gr. 12-leerlinge verantwoordelik. Dié bord gaan ook deur die wiskundeklasse gebruik word. Ten einde die bord tot sy maksimum te kan benut, word opleiding vereis. Die Hoërskool Kalahari en sy leerlinge is baie opgewonde oor die skenker se goedhartigheid en sien uit na die nuwe manier van onderrig. Die skenkers en skool daag die gemeenskap uit om aan die projek deel te neem en op só ’n manier onderrig tot ’n nuwe vlak te voer.

MURPHY MAREE, ’n leerling aan die Hoër­ skool Kalahari, saam met Hildegarde van der Westhuizen. Foto: Lynn-Mari Olivier

Deel jou storie met koerant WAT doen jy wat interessant is? Het jy ’n interessante tydverdryf of is jy ’n sportafrigter, gemeenskapsleier of natuurkenner? Die Kalahari Bulletin Kuruman nooi mense van Kuruman, Daniëlskuil, Hotazel en Vanzylsrus om die redakteur,

Ilse Watson, te kontak en hul storie met die koerant se lesers te deel. Die Bulletin doen nou elke week ’n reeks oor ons mense en dié stories sal elke week op bl. 3 geplaas word. Skakel 079-831-5579 of stuur ’n e-pos aan ilse.watson@volksblad.com om jou storie te deel.

Leer hoe om dorp te bestuur TELEURGESTELDE OUDINWONER, Kuruman: OPE BRIEF en uitnodiging aan Kuruman se burgemeester, hoof van die Kuruman-polisie en verkeershoof. Ek het Desember 2013 Kuruman besoek en groot was my verbasing toe ek sien hoe die dorp agteruitgegaan het. Dit is morsig en vuil en die strate is vol gate. Die burgemeester behoort hom te skaam. Die mangaan-vragmotors het die dorp oorgeneem en die klein straatjies rondom Spar en Pick ’n Pay is net flenters. In die maand wat ek daar was, het ek nie een verkeersbeampte gesien wat probeer om die swaar voertuie weg te hou nie. Ek het een oggend gebel en met Hein van Rooyen, hoof van die verkeersdepartement, gepraat. Ek het gekla oor die swaar voertuie wat saans voor huise stop en prostitute lok en net mors daar waar hulle slaap. Hy het my meegedeel dat hy niks daaraan kan doen nie, omdat die verkeersbeamptes weier om aandag daaraan te gee.

Hoe belaglik is dit? Hulle weier seker ook om aandag te gee aan ander motorbestuurders wat oop en bloot drink en bestuur en die taxi’s wat sommer in die straat voor die Hervormde kerk parkeer, reg onder die verkeerstekens wat dit verbied. Ek wil graag al drie van julle uitnooi om vir ’n dag of twee uit jul gemakstoele te klim en my in die Kaap te kom besoek. Hier sal ek met graagte vir julle afsprake reël sodat julle kan sien hoe om ’n dorp te bestuur. Dit is moeilik om te glo dat die burgemeester ná al die jare sukkel om so ’n mooi dorp te bestuur en so ’n gemors daarvan maak. Ek is seker dat Madiba in sy graf sal omdraai as hy sien hoe sy waardes deur mense soos u verkrag word. Ek sal vir julle slaapplek reël sodat dit nie verder nodig is om belastingbetalers in Kuruman se geld te mors nie. Julle kan die geld wat gespaar word, gebruik om straatligte te vervang en ten minste die gras om die munisipale kantore te sny.

Het jy vorige uitgawes van die Kalahari Bulletin misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebook-blad.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Wenners op aand aangewys DIE Kalahari Bulletin Kuruman het in die uitgawe van 13 Maart foto’s geplaas van die Laerskool Seodin se Mnr. en Mej. Seodingeleentheid wat op 5 Maart plaasgevind het. Die wenners in die verskeie kategorieë is soos volg.

In die junior kategorieë (gr. 1 tot gr. 4) is die volgende wenners aangewys:

ONGELOOFLIK MOOI. Die wenners in die junior kategorie is van links Jonel Jones (eerste prinses), Gemé Markram (wenner) en Chené Aukett (tweede prinses).

Seuns: Mnr. Persoonlikheid: Joubert Janse van Rensburg. Mnr. Fotogenies: Rias Moller. Junior wenner: Phillip Scholts. Eerste prins: Wian Viviers. Tweede prins: Joubert Janse van Rensburg. Meisies: Mej. Persoonlikheid: Chané Aukett. Mej. Fotogenies: Mia Ekkerd. Wenner: Gemé Markram. Eerste prinses: Jonel Jones. Tweede prinses: Chené Aukett. In die senior kategorieë (gr. 5 tot gr. 7) is die volgende wenners aangewys:

DIE pragtige meisies is van links, voor: Jonel Jones, Gemé Markram en Chené Aukett. Agter: Chané Aukett en Milan Horn. Foto’s: Jan-Hendrik Janse van Rensburg

Seuns: Mnr. Persoonlikheid: Luan van Zyl. Eerste prins: Ernest Connan. Tweede prins: Henry Albutt. Wenner: Dylan Ingram. Meisies: Mej. Persoonlikheid: Jané Janse van Rensburg. Mej. Fotogenies: Danelle Pieterse. Wenner: Danelle Pieterse. Eerste prinses: Nicole Jordaan. Tweedeprinses: Jané Janse van Rensburg.

BOETIE en sussie op die Mnr. en Mej. Seodin­aand. Jané Janse van Rens­ burg (Mej. Persoonlikheid in die senior kategorie) en Joubert Janse van Rensburg (tweede prins in die junior kategorie).

MEJ. FOTOGENIES is Mia Ekkerd (heel links), tweede prinses, Chené Aukett (middel), en die wenner van die junior kategorie, Gemé Markram.

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Atlete wen wavrag medaljes Ilse Watson ALTESAAM 15 van die Laerskool Seodin se atlete het aan die JTG-distriksbyeenkoms van die Noord-Kaap in Kimberley deelgeneem. Die byeenkoms is op 7 Maart gehou. Van die 15 atlete het ses van hulle agt medaljes huis toe gebring. Hulle is: ) Milan Horn – goud vir meisies o.11-gewigstoot. Sy het ook die rekord verbeter. ) JP Vorster – goud vir seuns o.11-gewigstoot. ) Nataly Eloff – brons vir meisies o.11-gewigstoot. )Harry Croucamp – brons vir seuns o.11-gewigstoot. ) Duan Ludik – brons vir seuns o.12-diskusgooi. Janke Coetzer – drie medaljes in verspring, hekkies en hoogspring.

ATLETE met hul medaljes is van links Nataly Eloff, Milan Horn, JP Vorster en Harry Croucamp.

JANKE COETZER het ’n bronsme­ dalje in meisies o.11­verspring, ’n sil­ wermedalje in meisies o.11­ 70 m­hekkies en ’n goue medalje in die meisies o.11­hoogspring behaal.

DUAN LUDIK wat ’n bronsmedalje in die seuns o.12­diskusgooi verwerf het.

Foto’s: Johrita Strauss

ATLETE van die Laerskool Seodin wat gekies is om die Griekwas op die Suid­Afrikaanse atletiekbyeenkoms in die Paarl te verteenwoordig is van links JP Vorster, Milan Horn en Janke Coetzer. Dié byeenkoms vind van 20 tot 22 Maart plaas.

Haal NK-atletiekspan

DIE drie leerlinge van die Hoërskool Kalahari het gekwalifiseer om van 26 tot 29 Maart in Polokwane, Limpopo, aan die Suid­Afrikaanse atletiekkampioenskapsbyeenkoms deel te neem. Hulle is lede van die Noord­Kaapse atletiekspan. Van links is Bianca Brits (meisies o.15) wat vir spiesgooi gekwalifiseer het, Anri van Rooyen (meisies o.19) wat vir die 800 m­wedloop gekwalifiseer het en Sergio Jacobs (seuns o.15) wat vir hoogspring gekwa­ lifiseer het. Foto: Dalene Coetzee

DIE Laerskool Seodin het die naweek van 28 Februarie in Kimberley aan ’n skaaktoernooi deelge­ neem. Die volgende leerlinge is in die Noord­Kaap­ interprovinsiale span ingesluit. Voor is Nolene Jonck; van links is, middel: Liam West, Ethan West, Syrany Dada en Gerhard Burger; agter: Stefan Visser, Lauret Jonck, Frikkie Burger en Brent Lombard. Afwesig: Rias Moller en Bianca Einkamerer. Foto: Johrita Strauss


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

HUISVERBETERINGS BINNE

LANDBOU

TE KOOP

1835

MOTORS TE KOOP LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE

SOSIAAL & ONTSPANNING 1475

2210

MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.

TE KOOP

TROETELDIERE 1660

1845

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

PRIVAAT ELEKTRIES

TE HUUR

420 Harvey-teëls, 80 elk. 2401 10 Angle Ridge caps, R80 elk. Mariaan 071 878 7042. Guest house in Kuruman. 7 en-suite bedrooms, erf size 1 927 sq m. Borehole. VOLWASSENES On road parallel to Main Road. 072 350 0029.

3600

OPVOEDING

2008 GWM Multiwagon 2.2 te koop, ±80 000 km. Goeie toestand. Skakel 0723884426/0723002645

3660

RiNico®computerkids *Benodig die dienste van ’n verkieslik gekwalifiseerde onderwyser/es of ‘n persoon wat lief is om met kinders te werk om rekenaarklasse vir kinders te gee in Kuruman en omliggende areas.

EIENDOMME

*Persoon moet onmiddellik kan begin werk. *Vereistes: Rekenaarvaardig en eie vervoer. Skakel Johan Erasmus: 082 894 2508 of faks na 086 585 8174 of e-pos u CV na: ceo.rinico@mweb.co.za

1-slaapkamer-woonstel. Beskikbaar 1 April 2014. R3 000 p.m plus water ing. Geen troeteldiere. Skakel 072 878 2473 of 076 802 3924.

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

3010

NISSAN HARDBODY D/KAJUITBAKKIE, 2008-MODEL, 102 000 km. Prys R125 000. Skakel 071 603 9170.

*LHD driver/dump truck *UV drivers *Loader/excavator drivers *Dump truck drivers *Manitou operator UG *Development rig operator *Engineering planner *Project planner Send CV to: *projectkuruman@gmail.com Closing date:

AANDAG

3680

GUESTHOUSE MANAGER WANTED: Preferably married couple to live in. Accommodation and company car included. E-mail CV to: ross@chapmansafaris.com or phone Nadine 076 154 1339.

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

*Diesel/hydraulic fitter - UG *Fitter - UG *Electrician - UG *Boilermaker - UG *Rigger/ropesman - UG *Drill rig operator/fitter *Drill rig operators

31 March 2014.

ALGEMEEN

2015 1810

*Chief electrician *General engineering supervisor *Diesel mechanic *Hoist fitter *Winder technician

Sluitingsdatum: 28 Maart 2014

GEMEUBILEERDE eenmanswoonstel. Koopkrag, verligte onderdakparkering, lugreëling. Beskikbaar 1 April 2014. Skakel 072 515 2493.

VOERTUIE

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.

BETREKKINGS

3025

UNO FIRE, 1995, puik toestand. Ideale studentemotor.Met net 120 000km. Skakel 083 772 2316.

3250

ALLERLEI ALGEMENE & HUISDIENSTE

3201

WOONSTELLE TE HUUR

SAKE

YORKIES TE KOOP: Kan KUSAregistreer. Skakel 082 819 0767.

VACANCIES AVAILABLE:

HUISE TE HUUR 3270

KURUMAN: 3-slaapkamer-/2-badkplus 2 twee-slaapkamer-houthuise te huur. Huis is loopafstand van Palmgate-sentrum. Skakel 073 870 3269.

TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone 053 723 1717/082 578 5215 Hester. It can change your life.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

19

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BJ NIEMAND In die boedel van wyle Barend Jacobus Niemand, boedelnommer 266/2014, Meesterskantoor Kimberley, geboortedatum 26 Julie 1937, identiteitsnommer 3707265013083, Laaste adres Livingstonstraat 6, Kuruman, datum van dood 04 Januarie 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 20 Maart 2014, datum van publikasie hiervan. EE Pohl, Symington & de Kok, Posbus 12012, Brandhof 9324 (MHO0054). MM AUCAMP In die boedel van wyle Marian Magdaline Aucamp, voorheen woonagtig te Bechuanastraat 4, Kuruman 8460. Boedelnommer: 1801/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 20 Maart 2014. JORDAAN & MANS ING Prokureurs vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 annemarie@jorman.co.za


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

GA-SEGONYANA LOCAL MUNICIPALITY Private Bag X1522, Kuruman, 8460 • www.ga-segonyana.gov.za

KOPANO YA LEKGOTLA Masepala wa Selegae wa Ga-segonyana o tla nna le kopano ya lekgotla e e tla tshwarwang ka 27 Mopitlwe 2014, mo dikagong tsa lekgotla-kokoano tsa Ga-segonyana ka ura ya 09:00. Ratoropo TG Anthony o tla atlanegisa tekanyestso kabo le lenaneo le le kopanetsweng la ditlhabololo la ngwaga wa dichelete 2014/15. Baagi botlhe ba lalediwa go tsenela kopano jaaka baelatlhoko. COUNCIL MEETING Ga-Segonyana Local Municipality will have a council meeting scheduled to take place on 27 March 2014 at the Ga-Segonyana Council Chamber at 09h00. Mayor TG Anthony will also table the 2014/15 draft budget and reviewed IDP. The public is invited to attend the meeting as observers. RAADSVERGADERING Kennis geskeid hiermee dat ‘n raadsvergadering gehou sal word in die raadsaal van die Ga-Segonyana Munisipaliteit op 27 Maart 2014 om 09:00. Die begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan vir jaar 2014/2015 sal ter tafel gelê word deur die burgemeester, raadslid TG Anthony. Die publiek word uitgenooi om die vergadering as waarnemers by te woon. Dipatlisiso/ Enquiries/ Navrae David Mabudi, tel: 053 712 9449 Mr Edward Ntefang Municipal Manager

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

23


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

25


26

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

27


28

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

29


30

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

VAN links is Marilu Viljoen, Zander Beyleveldt, Lenika Daubern, Johan van Blerk, Heloise Drotsky, Gawie de Witt en Koos Strauss. Foto: Megan Loots

Skuts toon hul staal SKUTS van die Hoërskool Duineveld het aan die eerste skietliga in Jacobsdal deelgeneem. Koos Strauss het in die o.14-sportergeweerklas ’n goue medalje in die 10 m-staan- en ’n silwermedalje in die drie-posisie gewen. Gawie de Witt het in die o.16-sportergeweeklas ’n brons-

medalje in die drie-posisie gewen. Zander Beyleveldt het in die o.21-sportergeweerklas ’n goue medalje in die 10 m-staan- en ’n silwermedalje in die drie-posisie gewen. Lenika Daubern het bronsmedaljes in sowel die 10 m-staanas die drie-posisie gewen. Johan van Blerk het in die

o.16-veergeweerklas silwermedaljes in albei die 10 m-staan- en die drie-posisie gewen. Heloise Drotsky het ’n bronsmedalje in die 10 m-staanposisie gewen. Marilu Viljoen het in die o.21-veergeweerklas bronsmedaljes in die 10 m-staan- en die drie-posisie gewen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

31

Wen gholfuitdaagtoernooi

DIE kampioen van die 2014 se Kalahari­gholfuitdaagtoernooi in die mansafdeling, Andrew Seme (links, voor), ontvang sy prys van die verde­ digende kampioen, Brink Rautenbach. Agter is Ansie Kruger, die kampi­ oen in die vroue­afdeling vir die Kalahari­gholfuitdaagtoernooi . Foto’s: Ilse Watson

JAKKIE LOUW het die vermaak op die aand verskaf en al die gaste met sy sang en persoonlikheid be­ tower.

RAMON RABIE (11) het die lang­ ste dryfhou op putjie 18 behaal. Hy het onlangs gekwalifiseer om aan die junior wêreldkampioen­ skapsbyeenkoms in Amerika deel te neem. Ramon is ’n leerling aan die Laerskool Kathu.

DIE spanlede van Hosch is van links Riaan de Lange, Danie Eloff, Peet van Rooyen en Hannes Botha. Botha het die tweede plek in die kompetisie behaal, Eloff die sesde plek en Van Rooyen het die negende plek behaal.


32

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014

Kuier op gholf­aand BRINK RAUTENBACH van Kathu, die Kalaha­ ri­gholfuitdaagtoernooi se kampioen in 2013, wat vanjaar sy titel moes verdedig.

Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

Off to Paarl to represent NC DIE professionele­gholfspeler Justin Hobday op verlede Woensdagaand se geselligheid by die Sishen­gholfklub.

THESE four athletes of the Kuruman Primary School were chosen to represent the Northern Cape in Paarl at the South African athletics championships from 20 to 22 March. All four of them have competed at the nationals before. From the left are Poloko Khoana (third time), Jové van Zyl (second time), Sabrinah Phillander (fourth time) and Motheo Molete (second time). Photo: Hester Engelbrech

Make their school proud in athletics ATHLETES of the Kitlanyang Primary School in Severn who recently participated in the primary provincial athletics meeting which was held in Kimberley on 7 March. From the left are, front: Katong Letlhogonolo (gold medal in the 1 200 m for boys u.10), Block Gosego (gold me­ dal in the 1 500 m for girls u.13) and Tlhage Bongani (fourth for the u.11 long jump); back: Tlhage Nomhle (team manager). Photo: Supplied

GODFREY DI­ PHAKEDI, ’n leerling aan die Hoërskool Rek­ garatlile, het op 8 Maart ’n goue medalje op die Noord­Kaapse kampioenskap­ byeenkoms in die 5 000 m vir seuns o.19 ver­ werf.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.