Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
17 APRIL 2014
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Kuruman WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
GRATIS
Plea to put safety first Local schools, taxi drivers learn more about road safety Ilse Watson REPRESENTATIVES from the office of the minister of Transport, Dipuo Peters, visited Kuruman and Mothibistad to urge communities to keep the region’s roads safe during the Easter weekend. They first visited the Isagontle Primary School in Mothibistad. The learners participated in various road safety practices. They were taught to do a school patrol, manage pedestrian crossings and they were informed about road safety in general. The learners received a lollipop in the form of a small traffic light and they also received a goody bag with various treats. The group of representatives then visited the taxi rank in Kuruman and spoke to various taxi drivers about road safety – especially during the Easter weekend. They also attended a roadblock on the N14 between Kuruman and Vryburg. The roads will be patrolled during the Easter weekend to ensure the safety of all drivers. Checks will be performed on vehicles to ensure they are roadworthy and that drivers do have a valid licence. The following are essential to vehicle and driver fitness: ) Make sure you have a valid driver’s licence. ) Practise driving with a trailer if you haven’t done so before. ) Check that all lights and indicators work. ) Check that there are no oil or water leaks. ) Make sure you fit the correct tyres with the correct tyre pressure. ) Make sure your brakes are in working order. ) Make sure your steering mechanism works properly. ) Don’t take medication that will make you drowsy. ) Wear your seatbelt at all times. ) Slow down when you see pedestrians on the side of the road. ) Allow pedestrians the right of way. ) Don’t blind pedestrians with your brights at night. ) Do not overload your vehicle. ) Only overtake a vehicle when it is safe to do so. ) Don’t take chances. ) Expect the unexpected.
A splash of colour this Easter
TOMORROW is the start of the Easter weekend. May you have a blessed weekend with your loved ones. If you are travelling – stay safe on the roads.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Rowers vinnig aangekeer Ilse Watson “VRYDAGOGGEND het ’n gewapende rooftog in Boiphutong naby Mothibistad plaasgevind. Die rowers het R10 000 gebuit,” sê kol. Sampie Koopman, stasiebevelvoerder van die Kuruman-polisie. Die rowers het ’n bakkie gesteel en daarmee weggejaag. Die polisie het baie vinnig op die toneel opgedaag en dadelik die
rowers agternagesit. Met die polisie se flinke optrede is die rowers eindelik aangekeer. Die polisie het R6 230 van
die gesteelde geld teruggekry. Die vuurwapens en bakkie is ook gevind. Die polisie het ook op sigarette, lugtyd en ’n skootrekenaar beslag gelê. Die rowers het die afgelope Maandag in die landdroshof verskyn. Die saak duur voort. “Ek bedank al die polisielede wat so vinnig opgetree het. Danksy hul flinke optrede kon ons die misdaadvoorval vinnig oplos,” sê Koopman.
AfriForum skep FB-blad vir dorp AFRIFORUM het vir die Kuruman-gemeenskap (en omliggende dorpe) ’n nuwe Facebook-blad geskep. Gaan na www.facebook.com/kommunika-
sie.mense en sluit jou by die blad aan. Enigiemand van die gemeenskap word genooi om daar kommentaar te lewer oor gebeure in die dorp of oor dinge wat jou
pla. Laat weet hulle as daar iets is wat ondersoek moet word, of besoek die blad as jy AfriForum in kennis wil stel van goeie dinge wat in die dorp gebeur.
Skool dankbaar vir borgskap DR. LOUIS ELLIS, Kuruman:
STEFAN BEUKES van Stef’s Auto in Kuruman borg die o.15-netbalspan van die Hoërskool Kalahari se spandrag vir 2014. Foto: Verskaf
DIE Hoërskool Kalahari bedank Stefan Beukes van Stef’s Auto in Kuruman vir die netbalklere-borgskap vir die o.15-netbalspan. Dié borgskap is vir 2014. Die afgelope vakansie het ’n netbalspan van dié skool op ’n toer vertrek.
Misdaad in NK verg dringend samewerking Ilse Watson “DIE misdaadsyfer in die Noord-Kaap is kommerwekkend hoog,”het Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid, verlede Donderdag op die vergadering van die burgerregte-organisasie AfriForum in Kuruman gesê. Die gemiddeld vir moord in Suid-Afrika is ongeveer 31 mense per 100 000 mense. Die wêreldgemiddeld is net sewe mense per 100 000. “Die Noord-Kaap het die vierde hoogste moordsyfer in die land met 35,7 moorde per 100 000 mense. “Misdaad in die Noord-Kaap moet dringend aangepak word. Kuruman lyk soos Vryburg twee jaar gelede gelyk het en met die gemeenskap en AfriForum se hulp is die dorp heeltemal verander,” het Cameron vervolg. Die rangorde wat moord in Suid-Afrika van die hoogste tot die laagste betref, lyk só: ) Oos-Kaap 50,8 per 100 000 mense. ) Wes-Kaap 43,7 per 100 000 mense. ) Vrystaat 37,2 per 100 000 mense. ) Noord-Kaap 35,7 per 100 000 mense. ) KZN 35,1 per 100 000
‘Die NoordKaap het die vierde hoogste moord syfer in die land met 35,7 moorde per 100 000 men se.’ – Ian Cameron mense. ) Noordwes 24,7 per 100 000 mense. ) Gauteng 24,0 per 100 000 mense. ) Mpumalanga 17,1 per 100 000 mense. ) Limpopo 12,9 per 100 000 mense. Kuruman se misdaadsyfers lyk só: ) Moord het met 80% tussen 2012 en 2013 gestyg. ) Rooftogte met verswarende omstandighede het met 46% tussen 2012 en 2013 gestyg. ) Algemene rooftogte het met 17% tussen 2012 en 2013 gestyg. “Om misdaad en ander probleme in Kuruman te pak moet die hele gemeenskap saamstaan
en die nodige beplanning doen,” het Stefan Pieterse, gemeenskapskoördineerder van AfriForum in die Noord-Kaap, gesê. Volgens Pieterse is die enigste manier om die probleme in Kuruman op te los om die nodige instansies te stig waarby inwoners van Kuruman betrokke kan raak. Hy het spesifiek na instansies soos kerke en skole verwys. “Die krag van die gemeenskap moet nie onderskat word nie. Indien almal saamstaan en saamwerk en dinge op die korrekte manier aanpak, sal ons oorleef,” het Pieterse gesê. AfriForum staan by sy mense, maar neem nie die reg in eie hande nie. AfriForum moet onberispelik optree en reëls neerlê om mense van die gemeenskap te beskerm. Dit is die mikpunt van AfriForum om ’n goeie kommunikasiestelsel in plek te kry en die buurtwagstelsel moet ook weer ingestel word. Die nodige noodhulpopleiding moet ook verskaf word. “Mense moet ook opgelei word oor wat hulle mag doen en nie mag doen wanneer hulle op ’n ongeluks- of misdaadtoneel opdaag.”
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebook-blad.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Mispa ’n veilige huis vir kinders Lizette Slabber DIE Mispa-kinderhuis in Keimoes is een van die benoemdes in Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, en Kumba Iron Ore se kompetisie om die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys. Die kompetisie word ook in samewerking met GWK aangebied. “Maar moet asseblief nie sê kinderhuis nie, want vir ons kinders moet dit soos ’n huis voel,” het Hester Nieuwoudt gevra. Hester, haar man, Deon, en hul hele gesin werk saam om vir die kinders in Mispa “ ’n fondasie te gee waarop hulle die lewe kan ingaan”. Mispa is in Maart 2010 met net een meisie geopen. Sy het vigs en was baie siek. “Sy was net vel en been, maar met die regte dieet en deur seker te maak sy drink haar medisyne op die regte tyd, gaan dit goed met haar.” Daar is nou sewe kinders van tussen twee en tien jaar in Mispa en almal het spesiale behoeftes. Een van hulle is meer as twee jaar gelede verkrag. Vier van die kinders het vigs en een ’n hartdefek wat hom chronies siek maak. Twee boeties is ook wreed mishandel. Volgens Hester het die jongste boetie die eerste twee jaar elke keer weggekruip wanneer vreemde mense in die huis was. Hulle het ook al gestremde kinders versorg, maar hulle is almal nou suksesvol in pleegsorg geplaas. Die jongste seuntjie is as drie maande oue baba in die straat opgetel en sy ouers is nog nie opgespoor nie. Mispa sorg juis vir dié kinders wat deur mense in die samelewing weggegooi word. Tog staar baie uitdagings die Nieuwoudtgesin in die gesig. Die vigslyertjies moet in Upington behandel word, want Keimoes het nie ’n kliniek waar vigsmedisyne beskikbaar is nie. Daar is nou ook nie ’n staatsgeneesheer in Keimoes nie. “En as hulle siek word, laat ons hulle nie net daar in die hospitaal nie – die gesinslede maak beurte om by hulle te sit.” Daarom wil Hester Mispa graag uitbrei sodat dit ook ’n vigskliniek en hawe vir
DIE Nieuwoudt-gesin wat die Mispa-kinderhuis bedryf. Van links is Deon, Nelius, Hester en Japie met die jongste twee inwonertjies. Afwesig: hul dogter, Annalise, wat ook met die kinders help. Foto: Lizette Slabber gestremdes kan insluit. “Ek wil graag ’n plek hier skep waarin ons gestremde kinders kan oplei om eendag vir hulself te kan sorg. Ons wil al die vigskinders help om daagliks hul medisyne reg te drink en gebalanseerd te eet,” sê sy. Sy en die Mispa-bestuur rig reeds tonnels op vir groenteprodusering en om ’n minibus gereed te kry waarmee hulle gebalanseerde
etes aan gestremdes en vigslyers in Keimoes kan verskaf. Ondanks dat hulle ’n nie-winsgewende instansie is en sonder staatshulp moet klaarkom, word dié drome stadig waar. ) Om iemand as Noord-Kapenaar van die Jaar of ’n instansie as Instansie van die Jaar te benoem stuur ’n e-pos met ’n kort motivering en kontakbesonderhede van die benoemde aan andre.botha@volksblad.com.
Gesoek: 1964-matrieks vir 50-j.-reünie CHRIS MOOLMAN is op soek na 1964-matriekleerlinge van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool). Hy het probeer om al sy ou klasmaats per e-pos te kontak, maar dit was nie baie suksesvol nie. “Ons 1964-garde is nou ’n klomp afgetre-
de leeglêers. “Ek wil baie graag al die matrieks vir die hou van ’n 50-jaar-reünie opspoor,” vertel Moolman. Die 50-jaar-reünie word vir 11 Oktober beplan en Moolman is die koördineerder van al die reëlings.
Die “verlore” matrieks wat belang stel om saam te kom kuier kan Moolman by 082-928-9024 bel of e-pos aan hom stuur by cmoolman.moolman@gmail.com. Mense wat per gewone pos met hom wil kontak maak, kan skryf aan Posbus 335, Klein-Brak 6503.
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Lig in, maar met respek DIE grusame foto van Reeva Steenkamp se kop wat onder meer deur die media digitaal versprei is, het verwoede reaksie ontlok. Dit wek vrae oor die wys van die foto in die hof, persvryheid en publikasies se nuuskeuse. Strafregtelik beskou, het ’n mediaregkenner tereg getwiet ’n moordsaak soos hierdie is nie TV vir gesinsvermaak nie. ’n Ander heel korrekte mening was dat dié soort grusame foto’s as deel van die verrigtinge algemeen in strafsake is. As staatsaanklaer het adv. Gerrie Nel die foto gebruik om die beskuldigde te konfronteer in ’n poging om agter die waarheid te kom. Dit strook met die werk van ander aanklaers in talle hofsake wat – weens ons gewelddadige land – grafiese detail bevat. Die verskil hier is dat die regstreekse uitsending van die Oscar Pistorius-hofsaak, wat deur ’n media-aansoek verkry is, die grafiese detail tot ín mense se TV-kamers bring. Die onvoorsiene gevolg van die hofvergunning is dat die foto, wat ’n wyle op ’n skerm in die hof vertoon is, wêreldwyd digitaal versprei is, ook deur nuuspublikasies. Die grondwetlike bepaling van vryheid van spraak bring nuus-
media soms voor moeilike keuses te staan. Enersyds is die media as ’n spieël van die werklikheid veronderstel om nie as “sensor” op te tree nie, al is die waarheid soms onthutsend grusaam. Andersyds verg persvryheid verantwoordelike media-optrede. Die vraag is waar om die streep te trek. Inderdaad het die publikasie van sekere foto’s al die gang van die geskiedenis verander – die huilende meisie in Suid-Viëtnam, die plant van die Amerikaanse vlag by Iwo Jima tydens die Tweede Wêreldoorlog en dooie AWB-lede in Bophuthatswana. Volksblad, die Kalahari Bulletin se moederkoerant, streef na maksimum waarheid en minimum skade. Die strewe is om die nuus binne ’n vasgestelde etiese kode so getrou aan die waarheid en so akkuraat moontlik, maar steeds met deernis, oor te dra. Dié beleid vereis nie dat die betrokke situasie in al sy eksplisiete wreedheid oorgedra moet word nie. Die publikasie van die Reeva-foto is onnodig. Soos Connie Coyne, ombudsman van The Salt Lake Tribune, dit stel: “Die behoefte om te weet moet met die behoefte aan respek opgeweeg word.”
Die oomblik te groot Benneli van der Walt EK het die week weer besef hoe bevoorreg ek is om vir ’n koerant te werk. Om omtrent elke dag nuwe, interessante mense te ontmoet verseker dat my werk nooit vervelig is nie. So het dit gebeur dat ek die voorreg gehad het om ’n baie spoggerige sportgeleentheid by te woon en daar die wêreldbekende Paralimpiese swemmer en gasspreker vir die aand, Natalie du Toit, te ontmoet. Die vrou het my oorweldig met haar vriendelikheid en dat sy net so plat op die aarde soos ons gewone wesens is. Natalie is een van my man se helde en hy was erg jaloers toe ek hom inlig ek gaan haar in die vlees ontmoet. “Kry haar handtekening, asseblief,” het hy my gesmeek. Ek het die hele aand my moed bymekaargeskraap om met haar te gaan praat. In my agterkop het ek bly dink hoe om die sensitiewe versoek op ’n mooi manier aan haar te rig. Bekendes hou mos nie daarvan om heeltyd vir handtekening gepla te word nie. Maar ek is mos ’n joernalis, so ek het darem ’n verskoning om ’n
gesprek met haar aan te knoop. Ek gryp my notaboek en begin haar met ’n paar voorbereide vrae van ’n kant af bekruip. Dit was nie maklik om ’n spreekbeurt te kry nie, want almal op die geleentheid wou ook van die eenkeer in ’n leeftyd-geleentheid gebruik maak om met die legendariese sportheld te praat. Eindelik is dit my beurt. Daar staan ek toe met my notaboek vol vrae en my mond vol tande. Die oomblik was te groot. Gelukkig vir my is dit nie haar eerste keer dat sy met ’n stomgeslaande bewonderaar te doen kry nie. Sy kyk my reguit in die oë en vra: “To whom shall I make it out to?” Met groot verligting kon ek my man se naam uitstotter en vir hom sy oorspronklike Natalie du Toit-handtekening kry. So groot was my verligting dat ek die handtekening gegryp, haar bedank en weggehardloop het sonder om ’n enkele vraag te vra. Dit bly steeds een van die hoogtepunte van my jaar. En die handtekening is klaar in ’n raam aan my sitkamermuur.
Vredige sonsondergang DIE son sak stadig oor die Oranjerivier by Grootdrink.
Foto: Lizette Slabber
Wys liefde; wys God Ds. André de Villiers 1 JOH. 4:7: Ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. Werklike liefde is dít: Nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy seun as versoening vir ons sondes te stuur. Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê. Niemand het God ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. Dit is Paasnaweek, die tyd wanneer Christene terugdink aan een van die mees deurslaggewende ingrype van God ter wille van die mensdom. Dit is die oomblik dat God sy liefde vir die mens ondubbelsinnig kom wys het. Tog glo baie mense nie in Hom nie, want, sê hulle, Hy is nie bewysbaar of sigbaar nie. Hulle sê: “As ons Hom maar net kon sien.”
10/26 N-10
11/26
11/26
NNO-5 NNO-5
God sê dat daar iets van Hom in die mens is, want die mens is na die beeld van God geskape. Wat sou dit beteken? Op watter maniere vertoon ons die beeld van God? Beslis wanneer ons liefde uitleef. Die Bybel vertel dat God liefde is. Dit wil sê elke keer wanneer ons daarin slaag om liefde sigbaar uit te leef, is ons besig om iets van God te ervaar en aan ander sigbaar te maak. Kan jy onthou wanneer laas jy spontaan net vir iemand lief was? Wat het jy ervaar toe dit gebeur het? Wat het jy gedoen om dit te wys? Sou jy dit weer wou ervaar? Wanneer ons in ’n verhouding met ander tree, begin ons beter verstaan wat dit is om in liefde te gee en te ontvang. Ons sukkel om liefde in sy volle omvang te verstaan omdat ons sukkel om volledig op die ander party te fokus. Die een verhouding waarin ons dit goed regkry, is as ouers teenoor kinders. Die liefde vir hul kinders het vir ouers geen prys nie. Hulle sal alles gee om te
9/27
10/27
10/27
NNO-5 NNO-5 NNO-5
verseker dat hul kinders gelukkig is. Dit laat ons dink aan die verhaal in 1 Kon. 3:16 tot 28 waarin twee vroue met ’n baba na Salomo kom en albei sê dat hulle die ma van die kind is. Hoe het hy die saak beredder? Hy het voorgestel dat die kind in twee gedeel moes word sodat elke vrou een helfte sou kry. Die moederliefde het toe ingeskop en die regte moeder het gesê dat die ander vrou dan liewer maar die kind moes kry. God is soos ’n goeie ouer. As Hy Hom aan iemand verbind het, is dit vir altyd en sonder voorbehoud. Hy sal sy lewe gee as dit moet, Hy sal die minste wees. Hy sal alles prysgee wat moontlik belangrik mag wees, selfs sy aansien. Hy sal Hom leegmaak van alles wat Hy is, sodat ons kan wen. Hy moedig ons aan om ook so vir mekaar lief te wees. Hy sê duidelik dat wanneer ons dit regkry, deel ons iets met Hom. Ons wys iets van Hom, sy beeld is in en deur ons sigbaar. God nooi ons om spontaan vir mense lief te wees. Wys Jesus vir die wêreld hierdie Paasfees deur liefde teenoor mense uit te leef.
14/32
15/32
14/32
NNW-10NNW-10 NNW-10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
LEEFSTYL / LIFE STYLE
Paniekaanvalle: Hoe om dit te keer Yolandi van Deventer PANIEKAANVALLE is periodes van intense vrees of afwagting wat skielik voorkom. Dit kan minute of selfs ure duur en klaar gewoonlik spontaan op. Diegene wat die eerste keer ’n paniekaanval ervaar, mag dalk dink dit is nodig om die ambulans te bel omdat dit soos ’n senuweeineenstorting of ’n hartaanval kan voel. Dit is belangrik om te onthou dat almal van ons normale spanning op ’n daaglikse basis ervaar, byvoorbeeld wanneer daar ’n eksamen geskryf moet word of ’n werkonderhoud. Die verskil is egter dat tydens paniekaanvalle die emosies oorheers en die daaglikse funksionering beïnvloed kan word. ’n Paniekaanval kan ’n vreesaanjaende ervaring wees en dit kan selfs dae neem om daaroor te kom. Simptome van ’n paniekaanval: ) vrees om dood te gaan; ) naarheid of braking; ) swaar asemhaling; ) verlies aan beheer; ) tonnelvisie. Oorsake van paniekaanvalle sluit in: ) Oorerflikheid: wanneer iemand anders in die familie daarmee sukkel; ) Mense wat fobies het, soos arachnofobie (die vrees vir spinnekoppe); ) Korttermynsituasies, byvoorbeeld verlies (verhouding wat eindig of dood); ) Alkohol- of medikasieonttrekking (wanneer dit misbruik is en skielik gestaak word).
Angs is die liggaam se manier om situasies wat gevaarlik of stresvol is of druk op ons plaas te hanteer. Matige angs kan positief wees deur ons wakker en op ons hoede te hou, of om ons te motiveer om probleme op te los. Aan die ander kant, as dit te intens raak, is die invloed meermale negatief. Die volgende kan dalk van hulp wees om angstigheid te oorkom of beter te beheer: ) Skryf jou herinneringe neer. Wanneer angs ervaar word en dit neergeskryf word, is die fokus meer op die skryf as op die angs; ) Skep ’n angstydperk. Besluit op ongeveer 10 minute en gee toe aan jou angs. Fokus dan op al die vrees en angs en al die negatiewe punte. Wanneer jy in die dag angs ervaar, skryf dit neer en roep dit op tydens die 10 minute; ) Aanvaar onsekerheid. Leer om doelbewus die onsekerheid te aanvaar; ) Eet gesond; ) Vermy alkohol en nikotien; ) Oefen gereeld; ) Kry genoeg slaap; ) Beoefen ontspanningstegnieke, onder meer diep asemhaling. ) Gesondheidswenke deur Mediclinic Kathu verskaf.
KNOW the shady spots in your garden and which plants would thrive in these spots.
Photo: Verena Matthew
Sunlight in your garden THERE are many different definitions of sun levels and they can be just as confusing to seasoned gardeners as they are to amateur ones. Sun levels can be put in the following categories: ) Full sun: Six full hours of direct sunlight. Those six hours could be from 08:00 to 13:00 or 12:00 to 18:00. Basically any time during the day. These hours can also be three morning hours, plus three afternoon hours. ) Partial sun and partial shade: These two terms are often interchangeable to mean 3 to 6 hours of sunlight each day. While the terms are interchangeable, there is a default understanding. Partial shade typically refers to morning
and early afternoon sun, while a plant listed under partial sun requires relief from the intense late afternoon sun. This shade could be from a structure or the shade from a tree. ) Dappled sun: This is similar to partial shade. The plants get partial sun as it makes its way through the branches of a deciduous tree. Woodland plants and undergrowth, even many mosses, prefer dappled sunlight over partial shade. ) Full shade: This means less than 3 hours of direct sunlight each day. But even in the absence of direct sunlight, full shade can be a bright light. Full shade plants like filtered sunlight during the day.
Every plant needs some sunlight, even those that thrive in full shade. It is a good idea to know the amount of sun a garden gets. Monitor the garden beds every hour from 09:00 to 17:00 to see how much sun or shade the garden receives. It is also best to do this during the times that specific plants prefer. Daffodils, for example, grow and flower best in full sun, yet they do well under the canopy of a deciduous tree. To determine a plant’s sun requirements is not an exact science but it will provide a good idea of the state of your garden plants. ) Source: www.gardeningwithconfidence.com.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Tyd raak min vir kompetisie-benoemings André Botha DAAR is nog tyd, maar mense wat weet van uitblinkers wat die Noord-Kaap se naam hoog hou, moet nie te lank wag om Noordkaap van hulle te laat weet nie. Die kompetisie om Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys is voluit aan die gang en verskeie
inskrywings is reeds ontvang. Dit is die gulde geleentheid om ’n persoon of ’n instansie wat jy meen erkenning verdien te vereer. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Om ’n individu of instansie vir die kompetisie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besondere diens aan die mense, die gemeenskap en/of die natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom- of haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat die belange
en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap betref. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die mens sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer. Sou dit deel van die mens se werk wees, is die kriteria die mate waartoe die benoemde buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor hy of sy benoem word. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die mens lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs internasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: ) Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. ) Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. ) Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê. . Stuur benoemings aan André Botha by andre.botha@volksblad.com – verskaf die benoemde se selnommer, asook jou eie selnommer. Die afsnydatum vir benoemings is 9 Mei.
16 - 20 April 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
990
4990
per pack
Avocado’s Bag 1kg
! S G N I V SA
1790
18
Kameelhout Boerewors
4990
per pack
90 each
Fruit Salad 500g
per kg
D’lite Medium Fat Spread Tub 1kg
1990
Texan Steak
per pack
Greek Salad Tub 200g
9
per kg
Parmalat Smooth 80 Yoghurt 6x 100g per pack t "TTPSUFE
38
90 per
pack Goldi IQF Chicken Mixed Portions 2kg
3for
6990 per kg
25 12
R
or we’ll BEAT it*
else?
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE VAL With SO MUCH terms and conditions *See www.game.co.za for
per kg
R
2for
anyw here op h s y h w e, lu va ch u m o s W it h
6490
Bulk Lamb Chops
8490
Whole Lamb Ribs
per kg
Beef Rump Steak
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
ABRIE VAN NIEKERK het dié pragtige foto van sy pa, Ivan, geneem waar hy met sonsondergang sy skape voer. Sonsopkoms en sonsondergangfoto’s kan nog tot 23 April ingestuur word. Foto: Abrie van Niekerk
Mei-tema vir foto’s Lizette Slabber DIE Kalahari Bulletin se fotokompetisie neem in Mei saam met Orange River Cellars ’n opwindende wending. In Mei is die tema Jou oomblik, ons wyn. Dié tema is die slagspreuk van Orange River Cellars en die Kalahari Bulletin soek foto’s wat daardie spesiale oomblik vasvang; ’n oomblik wat met ’n lekker glasie plaaslike wyn gevier moet word. Die foto hoef nie ’n glas wyn of wynbottel te bevat nie, dit moet net ’n spesiale oomblik uitbeeld. Drie wenners gaan gekies word en al drie wenners se foto’s sal in die wynkelder se bemarkingsmateriaal gebruik word. Die wenners wen ook ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar. Die drie wenners gaan gekies
word uit die beste amateurfoto, die beste professionele foto en die foto wat die meeste likes op Facebook kry. Professionele fotograwe kan hulle dus ook in Mei inskryf. Stuur jou inskrywing voor 31 Mei aan lizette.slabber@volksblad.com. Fotograwe kan ook nog hul sonsopkoms- en sonsondergangfoto’s tot Woensdag 23 April stuur. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die uiteindelike wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Famous Lodges. Hierdie prys sluit ’n daaglikse ontbyt vir almal in, asook ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense by een van die NC
Famous Lodges met ontbyt daagliks. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in JPEG-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, sowel as inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Vir Mei moet fotograwe aandui of hulle amateur- of professionele fotograwe is. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
IN Mei is die tema Jou oomblik, ons wyn. Die wenfoto’s gaan in die Orange River Cellars se bemarkingsmateriaal gebruik word, soos in die voorbeeld regs. Jou foto kan nie net in die advertensies verskyn nie, maar kan ook vir jou ’n kis wyn per maand vir ’n jaar losslaan. Foto: Verskaf
ONDER: Marlé Nel (links), bemarkingsassistent, oorhandig Elzanne Jordaan se Orange River Cellarsgeskenkpak aan Phidelia Abrahams (Kalahari Bulletin se verkoopsbestuurder). Elzanne se foto het die meeste likes op Facebook gekry. Foto: Lizette Slabber
INGRID VAN ZYL van die Health Hive en Henk de Klerk tydens die oorhandiging van Henk se prys. Henk se foto is as die wenner in die landskapkompetisie aangewys. Foto: Lizette Slabber
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Wat kinders van Paasfees dink Lynn-Mari Olivier DIE verbeelding van kinders is ongelooflik en dit is reeds die verbeeldingsvlugte van kinders wat Paasfees so spesiaal maak. Kalahari Bulletin was die afgelope week op ’n skattejag. Nie ’n Paaseier-skattejag nie, maar ’n soektog na oulike antwoorde deur kinders oor waarom Paasnaweek vir hulle spesiaal is. Luhann Wessels, ’n vyfjarige kleuter van die Preprimêre Skool Seodin, het sy storie vertel: “Op Goeie Vrydag is Jesus gekruisig, maar Hy het die Sondag weer opgestaan. Ek het al die Paashaas gesien. Hy het ’n stertjie wat swaai, hy is heeltemal bruin met ’n bietjie wit. Hy het onder my bed Paaseiers weggesteek.” Luhann beweer dat daar dinosourusse binne die Paaseiers is, maar helaas moes hy bieg dat dit eintlik maar net hasies is wat binne die eiers is. Megan Hayward, ook ’n vyfjarige kleuter van die Preprimêre Skool Seodin, sê hulle braai vleis oor Paasnaweek en eet graag groente saam met die braaivleis. “Jesus was gekruisig, maar Hy het weer opgestaan, want Hy is lief vir my. Die Paashaas het ook al by my kom kuier.” Die tweeling Carisna en Nilitha Alberts vertel: “Ons geniet die fantasie van al die Paaseiers, maar weet Paasfees gaan oor Jesus se kruisiging en sy opstanding. Die gesin vier die fees deur kerk toe te gaan. Ons gunstelinglied waarna ons luister is Die Hartkruis van Ronelle Erasmus.”
WATTER soort dier skuil in hierdie eiers? Luhann Wessels (middel onder) dink dalk dinosourusse.
MEGAN HAYWARD vertel hoe sy Paasnaweek vier en dat die Paashaas al by haar huis kom kuier het. Foto’s: Lynn-Mari Olivier
LUHANN WESSELS vertel sy storie oor hoe hy Paasnaweek ervaar en die betekenis van Paasfees.
DIE 11-jarige tweeling Carisna (links) en Nilitha Alberts vertel dat hulle opgewonde is oor Paaseiers, maar dat hulle as gesin kerk toe gaan en Jesus bedank.
QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE LASHER DIGGING SPADE
GARDEN TOOLS
ELECTRIC GEYSER & ACCESSORIES
161.95
SKU: 880
FRANKE COMBISLIM Consists of: 1 x Franke 100litre Combislim Geyser GEYSER PACK 1 x Franke 100litre Tray with outlet 1 x 22mm 400kpa Pressure Control Valve 2 x 22mm 400kpa Vacuum Breakers 1 x 22mm Draincock 1 x 22mm Temperature Probe Valve
100 Litre
SKU: 301582
3 129.95
LASHER GARDEN FORK SKU: 914
522.95
209.95
SKU: 883
PICK HEAD C&D • 3kg SKU: 882
CHAMPION EXTRA THICK PVA
PAINT
199.95 LASHER POLY WHEELBARROW SKU: 300133
545.95
Poly
SKU: 301160
99.95
SHOP AT CASHBUILD AND STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF
R 50 000 INSTANT AIRTIME
Dial *120*904# to enter and keep your till slip with you. Calls cost only 20c for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za. One entry per till slip. Competition closes 20 April 2014
54.95
VALID UNTIL SUNDAY 20 APRIL 2014 Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT 66377 WK40 • REDWORKS
For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)
SKU: 5002
10 Litres
Various 5 Litres
Various Colours 5 Litres
123.95
169.95
179.95
SKU: various
609.95
69.95
LASHER PICK HANDLE
DURAM FLEXIWALL
DURAM WALL & CEILING PVA
White 5 Litres
SKU: 5037
SKU: various
20 Litres
20 Litres
SKU: 5001
SKU: Various
20 Litres
SKU: Various
599.95
219.95 TILING Cotta
ALOE CERAMIC FLOOR TILE
Bone
Beige
35 x 35 • 2m2 Cotta Bone Grey
20 x 25 • 2m2 Beige/Grey
SKU: 300228/9 per m2
SKU: 300326/7/8 per m2
Grey
64.95
CLIVIA CERAMIC WALL TILE
Grey
69.95
TAPS EMERALD BA BASIN MIXER
CORAL BATH MIXER
SKU: 301593 SK
+ hand shower
371.95
ISCA CHLOE SINK MIXER Wall Type
SKU: 5162388
742.95
SKU: 301587
667.95
208
STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Roelf van Wyk word vermis Ilse Watson OP 5 Desember 2013 het ds. Laggie Willemse vir Roelf van Wyk (ID-nommer 5204125066087) by die woning van Nicolaas Visagie van Frikkie Moutonstraat 7, Morning Glory, Upington, opgelaai om hom na sy plaas Eenduin (270 km van Upington) te neem. Hy moes vir twee weke op die plaas met werk help. Op 12 Desember het Willemse op plaas gaan kyk of Van Wyk nog daar werk, want hy het ’n vermoede gehad dat Van Wyk nie meer op die plaas was nie. Willemse het dit by die polisie van Witdraai aangemeld dat hy vermis word
) Die NG kerk Die Oog se kerkbasaar vind op 17 Mei om 10:00 plaas. Vanjaar neem die basaar die vorm van ’n kunsmark aan. Dieselfde aand word ’n dansparty aangebied – Die Broers tree op. Dit vind in die saal van Laerskool Seodin plaas. Vir verdere inligting en kaartjies, bel die kerkkantoor by 053-712-2567. ) Solidariteit Helpende Hand bied Riana Nel en orkes aan. Dié geleentheid vind op 10 Mei by die Red Sands Lodge plaas. Hekke open reeds om 11:00 en daar sal hope gesinspret en aktiwiteite vir kinders wees. Kaartjies is by die Vinkeljander-geskenkwinkel en Postnet in Kathu beskikbaar. Kyk na die video van Riana Nel op Kalahari Bulletin se webblad.
en adj. Henkie de Koker (054-511-0001) is die kontakpersoon vir hierdie ondersoek wat ná sy verdwyning begin is. Die polisie het sy ID-boekie en SASSAkaart onder sy bed se matras gevind. Volgens SASSA se kantoor het Van Wyk nog in Desember in Upington sy laaste pensioengeld getrek. Daar is ’n sterk vermoede dat Van Wyk in ’n radius van 120 km tot 150 km om Kuruman kan wees. Enigiemand wat inligting oor hom het of hom dalk gesien het, kan die volgende selnommers skakel: 083-422-6831 of 078-602-4277.
Residents left in the dark RESIDENT, Kuruman: I currently reside in Madeliefie Street. Our street lamps have not been working for the past three years now and I have reported this to the Ga-Segonyana Municipality. They have not answered my request nor offered any help. There are trucks stopping in the main road and they have also destroyed our street lamps. We are left in the dark and around midnight thieves move in with shopping trolleys – we can’t see them because it is so dark. There is no patrol from the police at night. The last time I saw police patrolling the streets was in 2010. Can anyone help to repair the street lamps?
FOKUS OP SLAAPKLINIEK
Jou liggaam en slaap SLAAP is ’n gedeeltelike losmaking van die wêreld wat deur ’n daling van jou bloeddruk, liggaamstemperatuur en asemhaling gekenmerk word, maar jou breinaktiwiteit verminder egter glad nie. Soorte slaap Daar is twee hoofsoorte slaap – vinnige oogbeweging (VOB) en nie-vinnige oogbeweging (NVOB) – wat om die beurt in 90 minuut-siklusse plaasvind. NVOB-slaap sluit vier stadiums in wat wissel van ligte sluimering tot diepe slaap en 75% van jou slaaptyd word so deurgebring. Jou liggaam se spiere funksioneer nog in NVOB, jou asemhaling is vlak en jou breinaktiwiteit word beperk. Die meeste drome vind tydens VOB-slaap plaas wat deur onreëlmatige bloeddruk, polsslag en asemhaling gekenmerk word. Jou brein is tydens VOB-slaap net so aktief as wanneer jy wakker is. Jou liggaam is egter slim genoeg om die breinseine na jou spiere tydens die slaap te beperk, anders sal jou liggaam probeer om jou drome uit te leef. Agterstallige slaap Hoe langer ’n mens wakker bly, hoe meer slaap is nodig. Navorsing toon dat jou vermoë om selfs eenvoudige take te verrig skerp daal sonder genoeg slaap. Agterstallige slaap veroorsaak irritasie, verswakte konsentrasie, lomerigheid gedurende die dag en benadeel jou immuunstelsel. As jy nie agterstallige slaap inhaal nie, kan dit buierigheid en wispelturige gedrag lei. Gevleuelde drome Drome is jou liggaam se manier om te ontlaai en jou dag se aktiwiteite in perspektief te plaas. ’n Mens is ook nie beperk tot een droom per nag nie – jy kan tot tien drome ervaar. Te min slaap en vetsug Verminderde slaap kan lei tot ’n chroniese verandering in ’n tiener se dieet en kan lei tot ’n groter kans om vetsug, veral onder meisies. Wat is slaap-apnee? Slaap-apnee word deur verminderde lugvloei na die longe gedurende slaap
veroorsaak. Dit kan óf obstruktiewe slaap-apnee (OSA) (waar die sagte weefsel in die keel ineensak en die lugweg blokkeer) óf sentrale slaap-apnee (waar die brein versuim om seine aan die liggaam te gee om asem te haal) wees. OSA-lyers sukkel gedurig om asem te haal en is heelnag rusteloos. Volgens die hooftegnoloog by die NoordKaap-slaapkliniek word verskeie gesondheidsprobleme met slaap-apnee verbind of daardeur veroorsaak. Om die risiko van hoë bloeddruk, hartsiektes, beroerte en ongelukke te verminder, is dit belangrik dat slaapapnee behoorlik gediagnoseer en doeltreffend behandel word. Behandeling sal help dat jy minder snork en ook ’n gebrek aan produktiwiteit heeltemal uitskakel. Slaap-apnee word gediagnoseer deur ’n studie en deeglike waarneming van jou slaappatroon, asemhaling, snork, suurstofvlakke, hartritme en liggaamsbewegings tydens ’n oornagtoets. Wenke vir ’n beter nagrus ) Vermy kafeïen, alkohol en nikotien kort voor bedtyd. Stimulante hou jou liggaam paraat en hou jou onnodig uit die slaap; ) Begin ’n kalmerende slaaproetine: probeer om rekenaars, televisie, harde musiek en emosiebelaaide gesprekke voor slaaptyd uit te sny. Kry vir jou ’n paar ontspanningstegnieke voor slaaptyd; ) Handhaaf ’n bepaalde slaapskedule: Stel ’n bepaalde slaap- en opstaantyd vas sodat jou liggaamsritme slaap op ’n sekere tyd elke aand verwag. Staan dieselfde tyd elke oggend op, al het jy nie ’n goeie nagrus agter die blad nie. Jou liggaam sal die volgende aand vir die agterstallige slaap opmaak. Probeer om die roetine oor naweke ook vol te hou. Wat van ’n pilletjie? Die langdurige gebruik van slaappille veroorsaak dat jy nie meer natuurlik aan die slaap kan raak nie. Die gehalte van slaap is sleg en daar is die kwessie van moontlike verslawing. So probeer eerder jou ontspanningstegnieke of tel skape. Kontak die Noord-Kaap-slaapkliniek vir meer besonderhede by 054-331-3054.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Mall in CBD in for a facelift Ilse Watson
THE Moolman Group has further entrenched and extended its long-standing association with Kuruman by acquiring the Shoprite Centre in Livingstone Street. The property is located in the heart of the Kuruman CBD opposite the taxi rank. The shopping centre will be redeveloped in partnership with Kuruman Eiendomsontwikkelaars, the original owners and developers. The current centre consists of approximately 11 000 m² of space and hosts tenants such as Shoprite, Pep, Dunns, Edgars Active and Old Mutual Bank. The first phase will see the redevelopment of the existing centre and is due to be open for trading in November 2014. The centre will undergo a major facelift with the addition of new facades, attractive courts, natural light and general finishes. The second phase will see the creation of an additional 14 000 m² to the centre and will open during the last quarter of 2015. Checkers, Edgars, Legit, Truworths, Identity, Foschini, Fashion Express, Markham, Exact, Mr Price and many others will take a place in the centre. Jannie Moolman says: “Kuruman Mall will consolidate the otherwise fragmented retail offering in Kuruman under one roof, where the residents of Kuruman can do all their shopping in one facility.”
With the current decline of the Kuruman CBD, the redevelopment will improve the general condition of the CBD and afford customers the opportunity to shop in a safe and convenient environment. Construction commenced in March 2014 with an estimated project value of R400 million. The development will create approximately 300 jobs during the construction phase and a significant portion of the labour force will be made up of people employed locally. An official sod-turning ceremony was held on 10 April to mark the beginning of the new revamp. The event was attended by local dignitaries and included members of the local municipality. The local council has welcomed the move to upgrade the mall as it will bring benefits to the entire surrounding area.
THE first sod is turned by the acting mayor, Ethel Modise (left), together with Luzuko Govu. They were assisted by Floors Byleveld (council member at the Ga-Segonyana Municipality), John Valtyn (the centre manager), John Pieter (head of technical services at the Ga-Segonyana Municipality) and Pieter Beyers, director of development at the Moolman Group.
THE choir of the Kuruman Primary School opened the sod-turning ceremony on 10 April.
AN artist’s impression of the new Kuruman Mall.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Prioritise your families budget ENSURE your risks as you manage your budget in tough economic times. Consumers are reeling from price pressures and will have to start spending strictly according to a budget while treading cautiously to cover their key financial risks, says Karin Muller, head of Sanlam Growth Market Solutions, following the release of the latest Consumer Price Index figures in March. While consumer inflation edged up from 5,8% in January to 5,9% in February (just under the SARB target ceiling of 6%) this might not be the experience of most consumers, given that people’s inflation experience is based on their own budget and how they spend their income. The reality of price increases is felt across the board, however, says Muller. “Not only are consumers still trying to absorb the 50 basis point interest rate increase announced in February, but we are also having to manage our budgets to deal with a monthly consumer inflation increase of 1,1% – with food, petrol and health insurance as the main contributors to the upward pressure.” Muller says the CPI shows food and non-alcoholic beverages inflation increased to 5,4% from 3,5% a mere two months ago. Bread and cereal products increased by 1,8% month on month on average, with super maize meal up by 4,0% month on month and white bread increasing by 2,6% month on month.
Beyond this, the petrol price increased by 39c/F in February resulting in a 2,9% monthly increase in the petrol index. This takes annual petrol inflation to 14,0% for the past year – mainly as a result of the 20,4% increase in the oil price and a 23,7% depreciation in the rand over the period. Muller says health insurance fees, surveyed in February each year, carry a weight of 7,9% in the consumer basket and showed an average increase of 8,3%. She says tough economic times call for a disciplined approach to personal financial management, ensuring that families are not placed at unnecessary risk. “Striking a balance to make ends meet can easily take us down a road of multiple choices and the key is to protect what you have while managing your needs.” Muller says families are highly dependent on breadwinners for survival and it is essential that people prioritise their commitments to their families through life cover and disability cover. “It is certainly no easy task to make ends meet and it’s often easier to sacrifice the intangible benefits in favour of other needs. However, the risks and family trauma can be devastating should a breadwinner pass away without life cover, or if a breadwinner should become physically incapacitated.”
“Tough economic times call for a disci plined approach to financial manage ment, ensuring that families are not placed at risk.”
WAT doen jy vir jou ma op Moedersdag? Gee jy vir haar ’n mooi kaartjie of bederf haar met ’n ete in ’n restaurant? Hoe bederf jy jou ma? Skryf vir die Kalahari Bulletin wat graag jou stories en spesiale boodskappe aan lesers wil vertel. Stuur dit aan ilse.watson@volksblad.com.
Forum losing its patience TEBOGO SHIMMY MAROANE, deputy chairman of the Tsantsabane Unemployment Forum: UNEMPLOYMENT in Postmasburg has disturbing long-term negative effects. Young people who have been unemployed, are scarred by the experience; that is why the strategy officials are using the no sex, no job rule. They are prioritising the hiring of women, because they are benefiting from it. The situation poses grave danger to the social and political stability of Postmasburg. There is an urgent need to support small
and medium enterprises to retain existing jobs and create new ones, also outlining areas of support which include funding and capacity building. The Tsantsabane Unemployment Forum has outlined steps to reduce the unemployment rate which is high in Postmasburg. The Kolomela Mine and Beeshoek Mine are playing games with us every time they call us to the negotiation table. When they hear about our plans of action this time, they will be sorry. We will not have any meeting with them until we have seen the results.
Almal deel iets Karin Muller ALMAL wat al iets met wiskunde te doen gehad het, het ’n begrip van wat ’n gemene deler is. Dit is ’n getal wat in ander getalle gedeel kan word; ’n getal wat ’n aantal getalle in gemeen het. Mense verskil hemelsbreed. Ons is almal unieke wesens. Tog het jy en jou vriende of kollegas of baas iewers iets in gemeen. Ongeag jul verskillende beroepe of belangstellings deel julle iets wat die vriendskap aan die gang hou of julle kollegas laat bly. Soms ontmoet jy iemand, maar julle het niks in gemeen nie. Daar is nie ’n gemene deler nie. Alles verskil: jul lewensuitkyk, jul belangstellings, jul waardes. Om die waarheid te sê: Die mens kan jou dalk so verkeerd opvryf dat die negatiewe, wat diep in jou weggebêre is, te voorskyn kom. En oor en oor word bevestig julle het niks
in gemeen nie. Dan breek die tyd aan dat jy jou rybewys moet hernu en jy bevind jou by die verkeersafdeling. Die rye is lank. Die vorms onverstaanbaar. Die stelsel stadig. En terwyl jy voetjie vir voetjie in die lang rye vorentoe skuifel, raak jy bewus van die gemene deler in mense. Ongeduld. Moedeloosheid. Frustrasie wat voel asof jy die verf van die mure met jou naels kan afkrap. Byna dieselfde gebeur wanneer Flaffie onverwags raakgery of siek word. Jy jaag veearts toe en sit wagtend in die vol wagkame. Saam met die ander bekommerde eienaars wat hul siek of gewonde troeteldiere besorg vashou. En die gemene deler maak sy verskyning. Bekommernis. Hartseer. Selfverwyt. Iets wat die meeste mense in die wagkamer in gemeen het. Dan besef jy: Julle deel tóg iets – selfs die menss met wie jy gewoonlik niks in gemeen het nie.
Wag op liefdevolle huise
PRAGTIGE klein katjies is by die Kurumandieresorgvereniging vir aanneming beskikbaar.
’n SKAAPHONDREUN by die Kuruman-dieresorgvereniging (DSV) wat ’n liefdevolle huis soek. Maak gerus ’n draai by die DSV as jy kan help. Foto’s: Sonja Grobler
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Rol die balle in toernooi WIHAN FOURIE, ’n o.19-rolbalspeler van die Hoërskool Upington, het van 1 tot 4 April aan die interdistrikte-rolbaltoernooi deelgeneem. Dié toernooi is in Pietermaritzburg aangebied en ongeveer 20 spanne het teen mekaar gespeel. Die Noord-Kaapse span onder leiding van Wihan was derde in sy afdeling en algeheel vierde. Foto: Verskaf
Zani beste in middelveld
ZANI DU PLESSIS is as die beste middelveldspeler op die Elsie Coetzer-hokkiekliniek aangewys. Foto: Verskaf
DIE o.16- en o.14-hokkiespanne van die Hoërskool Upington het van 1 tot 6 April die Elsie Coetzer-hokkiekliniek in Bloemfontein bygewoon. Ongeveer 80 spanne het die kliniek bygewoon. Volgens die afrigters was die toer ’n leersame ervaring en het die spelers met waardevolle kennis na Upington teruggekeer. Die afrigtingsessies het die spelers aan die astrobane bekend gestel en volgens die afrigters het die kliniek beslis vrugte afgewerp. Op die kliniek is Zani du Plessis as die beste middelveldspeler aangewys.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
HERSTELWERK
VOERTUIE
BETREKKINGS TE HUUR
1818
DAGSORG & CRÈCHES 1410
KALAHARI KABOUTERS KLEUTERSKOOL H/v Buckle- en Schoemanstraat (AGS Oasis Kerk) Halfdag en voldag beskikbaar. Skakel 073 211 2886.
Cool River Maintenance: Vir enige algemene herstelwerk aan huise en besighede, skakel Theo 072 038 0032 of Nicky 076 694 6985 vir 'n gratis kwotasie. VOLWASSENES
TE KOOP
MOTORS TE KOOP 3025
GOLF 1.6 SHUTTLE: Metalic Green. 1995. Pristine condition, only 85 000 km. FHS with air-con and frontloader CD player. R39 500. Ideal student car. Phone 083 772 2316. UNO FIRE: 1995. Good condition, 4 new tyres, new shocks. CD player. Only 120 000 km. R25 000 neg. Phone 073 772 2316.
3040
2015 1615
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
ALGEMENE & HUISDIENSTE DSTV/TV/DVD DIENSTE
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.
1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades. Explora, PVR and Xtraview. Call Kobus 082 040 5801.
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210
ELEKTRIES 1810
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072. VERVOER VRAGTE DEUR EIENAAR met groot 2,5-ton-platwa, van Kuruman en/of terug. Wa word nie persoonlik uitverhuur nie. Geen versekering op vrag. Skakel 083 310 0272.
LANDBOU
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.
3600
4501
3205
SLEEPWAENS
PRIVAAT KLERASIE
GEREGTELIKE VEILING
PLASE TE KOOP
3605
ADM. SURVEY/DATA listing clerks needed. For info SMS name and address to 071 548 6944 or email d.workforce7@gmail.com
3-BEDROOM, 2-BATHROOM townhouse in security complex to rent. R9 900 p.m. 082 423 6311. EENMANWOONSTEL: Koopkrag, lugreëling, veilige onderdakparkering. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 072 515 2493.
ALGEMEEN
GEMEUBILEERDE EENMANWOONSTEL te huur, R3 500 p.m. Water ingesluit en koopkrag. Onmiddellik beskik. Skakel 082 948 2032.
GRAFIESE ONTWERPER: POS BESKIKBAAR by NC SIGNS KURUMAN. E-pos asb. jou CV na: pac.jansen@vodamail.co.za
SPACIOUS 3-BEDROOM HOUSE AVAILABLE: R13 000 p.m. Phone 082 423 6311.
VACANCY: BARTENDER/WAITER IN KURUMAN AT LODGE Requirements: Male person, At least 30 years or older, Good people skills, Good memory, Experience will be a recommendation. For interview call 082 446 4095.
AANDAG
HUISE TE KOOP
ALLE ADVERTEERDERS
3275
TE KOOP: KURUMAN. 4-slk-huis. R2 900 000. Swembad en lapa. Goed geleë. Skakel 073 688 1547 of 053 712 0534.
3245
PLAAS TE KOOP as lopende besigheid. 1 000 morg/856 ha, met diere. Skakel 083 448 9124/5.
M Ikaneng / T Dlamini 3680
2-slk-woonstel in Bestwood te huur: R8 500 p.m. Ruim kaste. 3-slk-woonstel te huur in Bestwood: R10 500 p.m. Ruim kaste. Anri 082 416 3685.
KURUMAN: Groot erf in rustige buurt naby skool, met boorgat en dorpswater. 'n 4-slk-huis, 2 badkamers, groot leefarea, kombuis met spens en aparte opwaskamer. Buitebraai. Erf in 2 gedeel. R1,7 m. Skakel 072 039 1933/082 824 3771.
EIENDOMME
ADMINISTRATIEF
3-BEDROOM TOWNHOUSE available immediately. R10 000 p.m. Phone 082 423 6311.
SOEK, KOOP, VERKOOP
Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik van Kuruman gehou te Kuruman Saaknommer: 1444/2013 In die saak tussen: MATLHOMOLA IKANENG Eiser en T DLAMINI Verweerder Ingevolge 'n vonnis gelewer op 2013/03/20, in die KURUMAN Landdroshof en 'n lasbrief van eksekusie daarna uitgereik, word die eiendom hieronder beskryf in eksekusie verkoop op 25 April 2014 om 09:30 te die BALJUKANTORE, SKOOLSTRAAT, KURUMAN, aan die hoogste bieër, met geen reserweprys. Dell-rekenaarskerm - R200 O P Tiplex 320-rekenaar - R500 HP Officejet Printer 4500 - R1 000 3 kantoortafels - R1 000 Draaikantoorstoel - R200 4 gewone kantoorstoele - R200 Vingerbord - R100 Muis - R50 Die voorgenoemde geregtelike verkoping sal onderhewig wees aan die voorwaardes van verkoping wat geïnspekteer kan word by die BALJUKANTORE te SKOOLSTRAAT, KURUMAN 8460. JORDAAN & MANS Eiser se Prokureur Bearestraat 26, Kuruman 8460 Posbus 27, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091 Faks 053 712 1093 Docex 1, Kuruman VERW: IKA4/0001 Adres van Eksekusieskuldenaar: Acaciastraat 26, Kuruman.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
B E T R E K K I N G S
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
DIE twee formidabele hengelaars van die Laerskool Seodin is Phillip Papachistofou (links) en Danré Hauman. Foto: Jorietha Strauss
Katrol goud in
HENGELAARS van die Laerskool Seodin mik vir goud. Twee van die laerskool se seuns, Danré Hauman en Phillip Papachistofou, het van 1 tot 5 April aan ’n nasionale hengelkom-
petisie deelgeneem. Hulle het die onstuimige water van Jeffreysbaai van 06:00 tot 15:00 op ’n boot aangedurf. Hul doel was om die meeste visspesies met die grootste gewig te vang.
Ongeag dat dit die eerste keer was dat hulle hieraan deelgeneem het, het hulle ’n eerste plek behaal. Die twee Kalahariseuns het met goud huis toe gekom.
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
BEA LUBBE (voor) het twee bronsmedaljes vir dans op die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste ontvang. Hier is sy saam met Quintus Thorpe en Dané Briers.
Sing ’n barshou TWEE leerlinge van die Hoërskool Kalahari, Dané Briers en Quintus Thorpe, het verlede week aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Rustenburg deelgeneem. Dané het ’n lied van Christina Perri, A thousand years, gesing en ’n silwermedalje vir haar vertolking daarvan ontvang. Sy het baie strawwe kompetisie gehad, want 60 meisies het met mekaar meegeding. Quintus het ’n bronsmedalje vir die lied Acky breacky heart ontvang, ’n silwermedalje vir Peacemaker van Albert Hammon en twee goue medaljes vir Hometown van Bruce Springsteen en Living next door to Alice van Smokey. Goue medaljes word vir
QUINTUS THORPE en Dané Briers het goed gepresteer op die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste.
Foto’s: Verskaf
’n punt van 95% en hoër toegeken. Die prestasies beteken vir die Hoërskool Kalahari baie en Marianne van Niekerk, wat die skouspel hanteer, is baie trots op hul prestasies. Quintus gaan ook in die Junievakansie saam met die Suid-Afrikaanse
span in Los Angeles, Kalifornië, aan die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste deelneem. Om ’n bydrae te maak sodat die besoek aan Amerika vir Quintus moontlik kan wees, bel Marianne van Niekerk by die Hoërskool Kalahari.
Geskenke vir DSV haar wens ANNERIEN NEL het vir haar verjaardagparty ’n briljante manier uitgedink om iets vir die gemeenskap te doen. Sy het haar vriende gevra om nie vir haar ’n geskenk te gee nie, maar om eerder dierekos vir die Dieresorgvereniging (DSV) te skenk. Van haar vriende het geld gegee en sy het ook ’n sak sement ontvang waarmee hulle beplan om nog hokke by die Kurumandieresorgvereniging te bou. Dit was ’n baie besonderse plan van Nel en die wonderlike gebare van haar vriende was baie spesiaal. Met die winter wat voorlê, kan alle diereliefhebbers ou komberse, kontinentale kussings en
ou matte skenk. Dit sal die diere wat in die winter buite moet slaap baie help. Die DSV se hokke in
Kuruman is oorvol en die gemeenskap word versoek om hul harte en huise vir die diere oop te maak.
Dankie vir ondersteuning QUINTUS THORPE, Kuruman: EK wil graag die volgende mense bedank wat my ondersteun het op die Suid-Afrikaanse Kampioen-
skappe vir Uitvoerende Kunste wat in Rustenburg plaasgevind het. Hulle is Marianne van Niekerk, Jeanene Pretorius, Jala Otto, Dawid Roux, vriende en familielede.
Lees koerant op die web ook DIE Kalahari Bulletin het ’n webblad vol interessante artikels, nuus, galerye met foto’s en sportnuus. As jy enige van die vorige uitgawes van die koerant misgeloop het, besoek gerus dié webblad om al die nuus te lees.
Die koerant kan ook digitaal gelees word. Aan die regterkant van die skerm, rol ’n entjie af, kies die koerant wat jy wil lees (die Kuruman-, Upington- of Kathu-uitgawe) en klik op die swart blokkie.
Die adres is www.kalaharibulletin.co.za. Die koerant het ook ’n Facebook-blad wat inligting soos dagboekgebeure en skakels na die webblad verskaf. Gaan na facebook.com/ kbulletin.
Wen met houtkruis vir Paasnaweek INWONERS van Kuruman, laat weet die Kalahari Bulletin hoeveel houtkruise jy vir Paasnaweek by jou huis gaan oprig. Neem asseblief ’n foto (300 KB of groter) van jou kruis en stuur dit na ilse.watson@volksblad.com. Die mooiste kruise en/of die huis met die meeste kruise sal ’n prys wen. Ansie Cilliers gaan volgende jaar ’n kompetisie vir dié projek aanbied.
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Klub vereer sportlui Benneli Olivier Van der Walt DIE Kalahari-buiteklub (KCC) het verlede naweek sy jaarlikse Flame Awards in die KCC-saal aangebied. Op dié spoggeleentheid is sportsterre en sportklubs vir hul prestasies in 2013 vereer. Dit was die vierde Flame Awards wat deur die KCC aangebied is. Ronel Meyer en Gregory Modungwa was die seremoniemeesters. Natalie du Toit, die gasspreker, het ’n boodskap van hoop en uithouvermoë aan die atlete oorgedra. Al die klubs wat die aand pryse ontvang het, is deur die spesifieke klubs self benoem. Heather Jennings het die verskillende klubs se sertifikate van erkenning toegeken. Die sertifikate is soos volg aan lede oorhandig: ) Rugby: Jakobus Motlhale, Johannes Peens, Burgert van Dyk, Christiaan Treurnicht, Jan Zwiegelaar en Cornelius du Plessis. )Netbal: Felicia van der Berg, Elouise Badenhorst, Beneshia Christie, Heleen Aucamp, Madelein Kruger en Shanaaz Macauley. ) Rolbal: Charmaine Loock, Hendrik Boshoff, Marie Valentin, Rennie Lamprecht, Nicolene Kotzé en Burgert van Dyk. ) Fietsry: Johan de Villiers, Barnard Coetzee, Hennie Matthee, Jacques Fourie, AJ Fourie, Louis Janse van Vuuren, Blackie Swart, Hendrik Pule, Tim Russell, Johan Liebenberg, George Rautenbach en Linelda Hiscock. ) Tennis: Rianca Boshoff, Marga Boshoff, Charné Gricius, Kyla Gricius, Henri Kock, Hanro Nelson, Altus van Blerk, Keanu Vries, Mari-Lee Vos, Mariné Vos, Anria Wolstenholme en Henry Wolstenholme. Die eerbewys vir deurbraak van die jaar het aan Henry Wolstenholme gegaan. Wolstenholme is ook as junior sportman van die jaar aangewys. Die afrigter van die jaar is netbalafrigter Betsie Badenhorst. Badenhorst het ook die eerbewys vir lewenslange toewyding
NATALIE DU TOIT, die wêreldbekende Paralimpiese swemmer, was die gasspreker.
DIE Kumba-fietsryklub het ook met ’n eerbewys weggestap. Van links is, voor: Hennie Matthee, Magda Swanepoel, Louis Janse van Vuuren, Natalie du Toit, Riaan Loubcher, Johan de Villiers en Hendrik Pule; agter: George Snygans, Abie Wiid, Armin Snygans en Jacques Fourie. Foto’s: benneli Olivier van der Walt
ontvang. Die gees-eerbewys het aan Chandré Bruwer gegaan. Barend Coetzee is as die sportman van die jaar aangewys en Elouise Badenhorst as die sportvrou van die jaar. Natalie du
’n MA-en-dogter-wenspan. Elouise Badenhorst en haar ma, Betsie Badenhorst, het albei eerbewyse ontvang.
DIE talentvolle Jimmy Nevis en sy orkes het op die aand die vermaak verskaf. Van links is Anzio Sauls, Nevis en Janice Roos.
Toit het die trofee aan Badenhorst oorhandig. Die fietsryklub het die eerbewys vir die geleentheid vir die jaar gekry. Die Sesheng United-sokkerklub het die voorsitter-eerbewys ontvang.
Die tweede netbalspan het die eerbewys vir span van die jaar gekry. Die hoogtepunt van die aand was die toekenning van die eerbewys vir klub van die jaar. Dié eer het die fietsryklub te beurt geval.