Kurumanbulletinku 20140423

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

Somer snel verby

24 APRIL 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Kuruman WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

’n TIPIESE somerstoneel van kameeldorings en duwweltjies in die Noord­Kaap. Tonele soos dié, wat net ná goeie reëns by die Witsand­natuurreservaat op kamera vasgevang is, is met herfs wat nou in volle gang is, eers iets van die verlede. Foto: Susan Myburgh

D-Day in quest for info Ilse Watson TUESDAY, 29 April, is D-Day in the civil rights organisation AfriForum’s quest to force the Ga-Segonyana Municipality in Kuruman to submit proof of the qualifications of members of top management to them. The Northern Cape High Court will then

be hearing a request in terms of the Promotion of Access to Information Act. The request followed on allegations that members of the management team of the poorly managed municipality did not have the legally prescribed qualifications or the necessary experience. The municipality opposed the application and is still refusing to make the informati-

on available. According to Stefan Pieterse, provincial coordinator for AfriForum in the Northern Cape, their opposition is based on technicalities, not on the merits of the case. Municipal legislation currently prescribes that incumbents in almost all the top positions in a municipality should have at least a B-degree and five years’ experience

at top management level. “Qualifications are not supposed to be a secret. If you have them, you make them available and take pride in them. It is in everybody’s interest that towns in the Northern Cape be managed properly,” said Pieterse. ) Pieterse urged the community to join AfriForum.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Radeloos? Kontak só die koerant

Discount for payment

Christo van Staden

Ilse Watson

MALE sonder tal kom sulke oproepe deur: “Ek wil met die redakteur praat. Ek kan die rioolgemors nie meer hanteer nie.” Of die vullis wat nie verwyder is nie, die straatligte wat nie brand nie, die oproepe wat nie beantwoord word nie, noem maar op. Om nie eens te praat van die krane wat opdroog en die krag wat af is nie. Die meeste van hierdie inbellers het een ding gemeen: radeloosheid. Hulle ervaar frustrasie en magteloosheid. Interessant genoeg, is swak dienslewering oor die algemeen nie diskriminerend nie: Jou inkomste, bevolkingsgroep, adres of ouderdom speel nie ’n rol nie. Jy het niks in jou guns wat jou teen swak dienslewering beskerm nie. (Hoewel dit natuurlik help as jy genoeg geld het om maar self die nodige dienste teen betaling deur iemand van buite die munisipaliteit te laat verrig.) So graag as wat die koerant wil help, is die stortvloed klagtes wat ons ontvang, net te veel. Wanneer dit egter werklike groot krisisse is, kan die koerant probeer ingryp – en in die verlede was daardie medianavrae net wat nodig was om die verantwoordelike partye op hul voete te bring en die probleem opgelos te kry. Die Kalahari Bulletin wil lesers vandag versoek om eers net self te probeer om die regte mense in die hande te kry en die probleem self op te los. Maar as jy byvoorbeeld ’n dag lank gesukkel het en geen vordering gemaak het nie, laat weet ons van die probleem en gee al die nodige inligting. ’n SMS (na 079-831-5579) of e-pos (aan ilse.watson@volksblad.com) kan ook die ding doen, want soms

THE Ga-Segonyana Municipality introduced a proposal for the implementation of 50% discount on the settlement of outstanding debt from 1 April to 30 June 2014. The municipality’s debt is R56 827 983 of which R32 704 128 is in respect of households. Its cash flow is under threat because of the growing culture of non-payment. Customers can enter into a three-month arrangement for the payment of debt from R5 000 and also continue to pay their current accounts. The discount is not applicable to councillors and employees of the Ga-Segonyana Municipality. ) Ensure that you get to the municipality as soon as possible and make arrangements for payments of your household accounts.

is dit moeilik om tussen die ander nuusinsameling deur lang gesprekke ook diensleweringsprobleme te voer. Wat die koerant kan doen, is om skriftelike navrae aan die munisipaliteit en ook die betrokke wykraadslede te stuur. Ons kan dan op ons manier verder probeer vuurmaak om die probleem te help oplos. Ongelukkig kan die koerant nie meer as dit doen nie. Die koerant kan nie 24 uur per dag die rol van wykraadslede probeer speel nie. Die koerant is egter die waghond van ons gemeenskap en ons sal alles in ons vermoë doen om te help waar ons kan – natuurlik binne die beperkings wat ons het wat betref hulpbronne en tyd. Vir lesers se gerief, is hier opnuut die telefoonnommers waar diensleweringsprobleme aangemeld kan word: ) Die telefoonnommer van die Ga-Segonyana-munisipaliteit is 053-712-9398. ) Raadslid Floors Byleveld kan by 072-274-1866 gebel word. Lede van die gemeenskappe rondom Kuruman is die oë en ore van die Bulletin. Laat weet gerus as daar enige nuus of probleme is waarmee ons kan help.

Begroting dalk gestop Ilse Watson DIE Kalahari Bulletin het die afgelope paar weke verslag gedoen oor die kwalifikasies van sekere personeellede van die Ga-Segonyana-munisipaliteit. AfriForum het op Maandag 22 April in die hooggeregshof in Kimberley ’n aansoek ingedien om die begroting van die Ga-Segonya-

na-munisipaliteit te stop totdat die konsepbegroting vir die hele gemeenskap beskikbaar is. Die munisipale bestuurder, Edward Ntefang, verskyn ook binnekort in die hof – in die hofverskyning sal sy kwalifikasies bespreek word. ) Die Kalahari Bulletin sal in die uitgawe van 1 Mei terugvoering verskaf. – Red.

Klagtes só aangepak NA aanleiding van onlangse berigte oor die nuwe AfriForum-Facebook-blad waarop inwoners van Kuruman hul klagtes kan aanmeld, is die volgende SMS-kommentaar ontvang: ) Duiwel Barnard, Kuruman: Wanneer wil hulle die kritiekste probleem in Kuruman aanpak? Die staatshospitaal is in ’n toestand en daar is nooit hulp vir mense wat siek is nie. Wit dokters word nie daar toegelaat nie. Maar mense is te bang om hul mond oop te maak en daadwerklik op te tree om die groot probleme

met die hospitaal uit te klaar. Die redakteur van die Kalahari Bulletin het AfriForum vir kommentaar op bogenoemde genader. AfriForum se antwoord is soos volg: Op ’n onlangse vergadering is ’n nuwe komitee gekies en AfriForum gaan eerste die volgende sake aanpak: die herstel van straatligte, die rioolprobleme en die buurtwagstelsel. Sodra die spesifieke probleme uitgeklaar is, kan AfriForum die probleme met die hospitaal aanpak.

Polisie soek na vermiste Van Wyk Ilse Watson OP 5 Desember 2013 het ds. Laggie Willemse Roelf van Wyk (ID-nommer 5204125066087) by die woning van Nicolaas Visagie van Frikkie Moutonstraat 7, Morning Glory, Upington, opgelaai om hom na sy plaas Eenduin (270 km van Upington) te neem. Hy moes twee weke op die plaas met werk help.

Op 12 Desember het Willemse op die plaas gaan kyk of Van Wyk nog daar werk, want hy het ’n vermoede gehad Van Wyk was nie meer op die plaas nie. Willemse het dit by die polisie van Witdraai aangemeld dat hy vermis word en adj. Henkie de Koker (054-511-0001) is die kontakpersoon vir die ondersoek wat ná sy verdwyning begin is. Die polisie het sy ID-boekie en Sassa-kaart onder sy bed se

matras gevind. Volgens Sassa se kantoor het Van Wyk nog in Desember in Upington sy laaste pensioengeld getrek. ’n Sterk vermoede bestaan dat Van Wyk in ’n radius van 120 km tot 150 km om Kuruman kan wees. Enigiemand wat inligting oor hom het of hom dalk gesien het, kan die volgende selnommers skakel: 083-4226831 of 078-602-4277.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Boek oor treurspel nou uit Elretha Britz OP Goeie Vrydag 2012 is lewe op die klipperige Noord-Kaapse dorp Griekwastad tot stilstand geruk toe drie lede van die Steenkamp-gesin van die plaas Naauwhoek uitgewis is. Een gesinslid was oor. Vir Charné Kemp, ’n joernalis van Volksblad in Kimberley, was dié tragiese dag die begin van ’n nuwe hoofstuk. Dit was stof vir ’n boek, en dit wou sy nog altyd doen – ’n boek skryf. “Ek was op die regte tyd op die regte plek,” sê Kemp wat die laaste hoofstuk van Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel die week vir Tafelberg-uitgewers gestuur het. Dié nie-fiksieboek het vandeesmaand verskyn. Kemp glo die rede waarom dié saak meer aandag as ander plaasmoorde getrek het, is omdat die treurspel ’n doodgewone gesin getref het op ’n dag wat vir baie mense die heiligste dag van die jaar is en in ’n provinsie waar plaasmoorde nie gereeld voorkom nie. Ook die raaisel rondom Deon en Christel Steenkamp en hul 14-jarige dogter, Marthella, se dood het mense geboei. “Dit was gou duidelik dit is nie ’n gewone plaasmoord nie. Maar wie het dan die moorde gepleeg? Hoe het dit gebeur? En die tergendste van die vrae: waarom?” Kemp sê sy het die verhaal chronologies laat ontvou. Sy het elke dag se gebeure beskryf, onder meer die hofargumente, en dit dan stuk vir stuk vir redigering na Tafelberg gestuur. Buiten dié verloop het sy ’n hoofstuk gewy aan navorsing wat sy oor misdaad in Suid-Afrika gedoen het. Kemp sê sy het met baie mense gesels – die familielede en vriende van die vermoordes en die polisie.

Sy was ook onlangs weer op die plaas om seker te maak van die feite van daardie gewraakte dag. “Dit is ’n vreemde gevoel om op die verlate werf te stap. Dit is tjoepstil. Nie ’n hoender wat kekkel of ’n hond wat stertswaaiend nader hardloop nie. ’n Mens kan die verwaarlosing sien, dat daar nie meer ’n vrou is wat haar hand oor die werf hou nie.” Kemp het die meeste foto’s in die boek self geneem; ander is voorsien. Sy erken sy was nie ’n deurtrapte hofverslaggewer voor die moordsaak nie, maar nou gesels sy soos ’n kenner daaroor. “Die hof maak jou gespanne; en neem kussings saam as jy ooit so ’n saak moet deurmaak. Die banke is hard.” Ingevolge wet mag Kemp nie met die beskuldigde gepraat het nie, maar sy het wel met sy voog-ouers

gesels en sê: “Hulle wíl graag in die seun se onskuld glo. Hulle wil hom nie laat val nie, en alles doen om dit vir hom gemaklik te maak.” Kemp het al op hoërskool in Florida aan die Wes-Rand geweet sy wil skryf. Ná ’n BA Kommunikasiegraad aan Kovsies was sy ’n joernalis aan die destydse Transvaler, Beeld, Rooi Rose en M-Net. Daarna is sy en haar wederhelf, Attie Kemp, Londen toe waar hulle van 1999 tot 2009 gewoon het. Kemp het vryskut geskryf vir Beeld en Sarie, meestal reis- en leefstylstories, en groot geleenthede gereël soos om die skrywer Marita van der Vyver as spreker te kry en alle Suid-Afrikaners in Engeland daarheen te nooi. Hulle het teruggekom huis toe omdat sy te veel na haar “mense” verlang het. Haar man het ’n praktyk in Kimberley begin en sy kon haar koerantloopbaan hervat. Teen die tyd dat Kemp se debuutboek verskyn, sal die maatskaplike verslae oor die skuldige nog nie ingedien wees nie, en ook nie die staat se verslag oor die impak wat die gebeure twee jaar gelede op die Griekwastad-gemeenskap het nie. Daar is ook die moontlikheid dat die voog gaan appelleer. Maar Kemp sê sy het die boek afgesluit toe regter Frans Kgomo uitspraak gelewer het. “Mense wou weet of die seun skuldig of onskuldig is. En dit weet hulle nou.” Die skryfgogga het Kemp behoorlik beet. Sy het reeds ’n idee vir ’n volgende boek wat sy hoop om oor ’n jaar en ’n half op die rakke te hê. Dit sal ook nie-fiksie wees omdat sy gemakliker daarmee as fiksie is. Oor die onderwerp swyg sy soos die graf. ) Die media sal moontlik aansoek moet doen om die identiteit van die seun bekend te maak wanneer hy in Augustus 18 jaar oud word.

Charné Kemp, senior Volksblad-joernalis, sal eksemplare van haar boek, Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamptreurspel, op Saterdag 10 Mei van 09:00 tot 10:30 in Bargain Books in die Diamond Pavilion Shopping Centre hier. Kemp was een van die eerste mense op die toneel en het toegang gehad waar

baie ander skrywers en joernaliste in die koue gelaat is. Kemp gaan na die binnekamers van die Steenkamp-gesin om die volle omvang van die tragedie wat hom op die plaas Naauwhoek afgespeel het bloot te lê. Die boek kos R185.

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Werkers se regte gevier

Sien skoonheid oral DIE pragtoneel van ’n sinkhuisie met ’n bruin, geroeste dak in die lowergroen veld is op die plaas Ekmoes net buite Deben afgeneem. Selfs in verwering lê skoonheid opgesluit. Foto: Susan Myburgh

Die blye lewe ná Jesus se dood Ds. Pieter van Zyl MATTEUS 28:1 – Ná die Sabbatdag, toe dit die Sondagmôre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk. Ná die tragiese gebeure op Golgota word Jesus se liggaam in Josef se graf begrawe. Die Sabbat staan in die teken van hopeloosheid en magteloosheid. Die algemene gevoel onder die vroue en dissipels is dat alles waarvoor hulle hul die laaste drie jaar voorberei het, alles wat deur Jesus opgebou is, nou tot ’n einde gekom het. Ons herdenk dit in Stil-Saterdag – ’n dag van stilword en besinning. ’n Dag waarin ons die koste (Joh. 3:16) van die Offerlam van God bereken. Dit is die dag van werklike berou oor my sonde wat Hom die slae, die kroon, die kruis gekos het (Lied 389 – Liedboek van die kerk). Sondagmôre gaan die vroue na die graf, sonder verwagting. Die

laaste praktiese dinge moet nog gedoen word. Só voel ons ook dikwels ná die dood van ’n geliefde. Ons gaan deur die reëlings en selfs die begrafnis soos iemand wat nie werklik daar is nie. Die hartseer stomp ons af, sodat ons soos ’n masjien net deur die aksies gaan. En dan die wonderlike ontdekking: Die graf is leeg – Jesus het opgestaan soos Hy belowe het. Skielik staan Jesus voor hulle. Toe sê Jesus vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan en daar sal hulle My sien.” (Matt. 28:10) Opgewonde kan hulle verder gaan en vertel wat hulle gesien het. Paulus kan dan ook later getuig (1 Kor. 15:4-8): Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas

verskyn, daarna aan die 12, en daarna aan meer as 500 broers tegelyk, van wie sommige al dood is, maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn. Wanneer jy glo dat Jesus die dood oorwin het, kan jy dan ook nie langer leef asof Hy dood is nie. Jy kan nie by Stil-Saterdag vashaak nie. Die opstanding van Christus moet elke dag in die gelowige se lewe sigbaar word. Gelowiges word draers van God se hoop in ’n hopelose wêreld. Gelowiges maak hulle los van die kwaad, vermy bedrog en neem nie deel aan korrupsie nie. Christus word ons voorbeeld vir omgee, sorg en liefde. Elkeen wat in Jesus se voetspore volg, kan vandag doeltreffend leef, nie bang vir die dood nie, maar as mense met ewige sekerheid. Hierdie sekerheid is nie in die mens self gesetel nie, maar in Christus wat die dood oorwin het.

5/22

8/25

8/26

4/24

7/26

8/26

8/27

11/30

12/31

ONO-5

NO-5

KALM

ONO-5

NO-5

NO-5

ONO-5

NO-5

NO-5

WERKERSDAG is ’n nasionale vakansiedag wat sedert 1994 amptelik op 1 Mei in Suid-Afrika gevier word. Werkersdag het ontstaan weens die internasionale stryd wat werkers en hul vakbonde destyds gestry het om solidariteit en geregtigheid in die werkersklas te skep. Die werkersklas en vakbonde het ook vir regverdige diensstandaarde geveg en ook om ’n kultuur van mense- en werkersregte in die internasionale en nasionale werkomgewing te skep. Voor die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse verkiesing in 1994 het Werkersdag ’n simbool geword waardeur die werkers en hul vakbonde hulle teen die wette van die apartheidsregering kon uitspreek. Werkersdag is al sedert die vroëe 1980’s in ’n nie-amptelike hoedanigheid in Suid-Afrika gevier. Die geskiedenis van die SuidAfrikaanse mynbedryf en die ontwikkeling van sterk vakbonde tesame met kommunistiese ideologieë het grootliks Suid-Afrika se hedendaagse arbeidswette

en werkersregte gevorm. Een van die regte waarvoor vakbonde baklei het, was die beleid van ’n agtuur-werkdag. Voorheen is die uitbuiting van die werkersklas deur die loonstelsel verdoesel. Hiermee is mans, vroue en kinders gedwing om lang ure in haglike omstandighede te werk net om aan die lewe te bly. Die onaanvaarbare werkomstandighede was die brandpunt vir eise dat daar beperkings op die ure van ’n werkdag geplaas moet word. Die utopiese sosialis Robert Owen van Engeland het die eis vir ’n tienuur-werkdag al in 1810 by sy sosialistiese onderneming by New Lanark in werking gestel. Vir die res van die werkersklas in Engeland was die vordering stadiger. Vroue en kinders is eers in 1847 ’n tienuur-werkdag toegestaan. Die tienuur-werkdag is in 1836 na ’n agtuur-werkdag verkort. Die ideologie van Werkersdag het verseker die arbeidswette wat werknemers en werkgewers beskerm, en die menseregte van werkers van alle klasse, eerste in die werkplek gestel word.

’n Ma se vrae hou nooit op nie Lizette Slabber ALMAL het vir my gejok. Tydens my eerste swangerskap het almal vir my gesê die oomblik wanneer jy daardie baba in jou arms hou, skop die moederinstink net so in en weet jy presies wat om te doen. Wel, my 11de Moedersdag is om die draai en daardie moederinstink het nog glad nie ingeskop nie. Ek wag nou nog. My ma het een Moedersdag vir al ons dogters wat toe almal al klaar moeders was, ’n besonderse rubriek gegee wat sy in Rapport gevind het. In die rubriek skryf die skrywer ’n klaaglied oor moederskap. Dit is egter nie ’n klaaglied oor hoe aaklig haar kinders of man is nie, maar oor hoe moeilik dit vir haar is om ’n perfekte ma te wees. Sy wei uit oor die onsekerheid of jy die regte ding doen, die bevraagtekening of jy reg optree en die selfondersoek waardeur jy elke aand gaan wanneer jy wonder of dit wat jy doen jou kinders op die regte pad gaan hou. Die rubriek vang moederskap perfek vir my vas. Liefde vir my kinders was

onmiddellik en oorweldigend dáár die oomblik toe ek hulle die eerste keer vasgehou het, maar die instink wat my sou vertel presies wat die regte ding is om op die regte oomblik te doen, het nie opgedaag nie. Ek het myself op elke oomblik bevraagteken. Drink hy genoeg? Gee ek te veel pynstroop? Moet ek haar dokter toe neem? Moet ek die boelie stormloop of hom leer om self sy man te staan? Moet ek meer druk op haar plaas? Moet ek minder druk op haar plaas? Was ek vandag te streng? Was ek vandag nie streng genoeg nie, want ek was moeg en wou net gaan lê? Gee ek te maklik in? Is ek te rigied? En elke Moedersdag waardeer ek my ma meer en wonder ek of my kinders eendag gelukkig gaan wees. Gaan ek hulle grootmaak sodat hulle hul regmatige plek in die samelewing sal inneem en sal die manier waarop ek hulle grootmaak tot ’n gelukkige lewe lei?


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Fotostryd in pylvak; kyk op web Lizette Slabber VOLGENDE week is die finaliste in die Kalahari Bulletin se sonsopkoms-en-sonsondergangkompetisie in die koerant. Maak al op Woensdag 30 April seker jy weet wie die finaliste is deur op www.kalaharibulletin.co.za na die finaliste se foto’s te gaan kyk nog voordat dit Donderdag in die koerant geplaas word. Die Kalahari Bulletin se fotokompetisie neem in Mei saam met die Orange River Cellars ’n opwindende wending. In Mei is die tema Jou oomblik, ons wyn. Dié tema is die slagspreuk van die Orange River Cellars en die Kalahari Bulletin se soeke na foto’s wat daardie spesiale oomblik vasvang; ’n oomblik wat met ’n lekker glasie plaaslike wyn gevier moet word. Die foto hoef nie ’n glas wyn of wynbottel te bevat nie, dit moet net ’n spesiale oomblik uitbeeld. Drie wenners gaan gekies word en al drie wenners se foto’s sal in die wynkelder se bemarkingsmateriaal gebruik word. Die wenners wen ook ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar. Die drie wenners gaan gekies word uit die beste amateurfoto, die beste professionele foto en die foto wat die meeste likes op Facebook kry. Professionele fotograwe kan hulle dus ook in Mei inskryf.

Stuur jou inskrywing voor 31 Mei aan lizette.slabber@volksblad.com. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ’n daaglikse ontbyt vir almal in, asook ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt elke dag in een van die NC Famous Lodges. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebook-blad geplaas word. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in JPEG-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Vir Mei se kompetisie moet fotograwe aandui of hulle amateur- of professionele fotograwe is. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die NoordKaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.

DIÉ interessante foto laat ’n mens aanvanklik nogal kopkrap.

DIÉ besonderse foto wys ’n klassieke windpomp met ’n swerm voëls wat teen die sonsondergang in vlug afgeëts is. Foto: Anthe Mouton

Foto: Tess du Plessis

GAAN besoek al Woensdag www.kalaharibulletin.co.za om te sien wie die finaliste is in die Kalahari Bulletin se sonsopkoms­ en onder­ gangfotokompetisie. Die foto wat die meeste li­ kes op Facebook kry, gaan ook ’n prys wen, so maak seker jy like jou gunsteling­foto. Die eienaar van die hond het dié pragtige foto ge­ neem van die hond wat op die Hoërskool Kala­ hari se rugbyveld baljaar. Foto: Natalie Lochner

IN Mei is die tema van die Kalahari Bulletin se fotokompetisie Jou oom­ blik, ons wyn. Die wenfoto’s gaan in die Orange River Cellars se adver­ tensies soos hierbo gebruik word. Stuur nou jou inskrywing na lizet­ te.slabber@volksblad.com. Foto: Verskaf

DIÉ hengelaar is in die laaste sonstrale van die dag op film vasgevang. Foto: Lizelle Smit


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

LEEFSTYL

Skildklier speel ’n baie belangrike rol

Tekens van reën

Yolandi van Deventer DIE skildklier, of sogenaamde tiroïed-klier, speel ’n baie belangrike rol in die liggaam. Dié klier, een van die grootste in die liggaam, word in die nek, net onder die adamsappel gevind. Dit is in die vorm van ’n vlinder onder die kraakbeen waar dit geleë is. Indien die skildklier van normale grootte is, moet dit nie gevoel kan word nie. Die tiroïedklier produseer tiroïedhormone wat byna elke sel in die liggaam beïnvloed en dit help om die liggaamsfunksies te beheer. Dit beheer onder meer hoe voedsel in die liggaam afgebreek en opgeneem word, slaappatrone, gewig, asook temperatuur. Wanneer daar te min tiroïedhormone in die liggaam is, raak die liggaamsprosesse stadiger. Dit word hipotiroïdisme genoem of as ’n onder-aktiewe skildklier beskryf. Wanneer daar te veel tiroïedhormone teenwoordig is, versnel die liggaamsprosesse. Dit staan weer bekend as ’n ooraktiewe skildklier.

KOMENDE uit Namakwaland trek enige opmerking of gedagte oor reën jou aandag. Weervoorspellers sê los donderbuie val altyd “elders”. G’n mens het al daardie plek op ’n wêreldkaart opgespoor nie. Van al die reën wat daar voorspel is, moes hy al weggespoel het. Die nuusleser sit altyd elders by Namakwaland se voorspelling. Op ’n vraag het hy een maal opgemerk hulle voel al so sleg oor mooiweer en warm dat hulle ons darem ’n bietjie wil laat moed skep. Dit het natuurlik tot gevolg dat niemand in ons kontrei na die weervoorspelling luister nie. Daarom het ons geleer om na die reënspore te kyk. Die reën maak spore voordat die weer in die lug is. Dit is net ’n geoefende oog wat die spore kan raaksien. En dit lieg so nimmer as te nooit. Ná ’n dag se versengende hitte is dit mooi om teen die aand se kant te luister na die roep van die geitjiehee of Jan se koffiemeul, soos ons hom genoem het. Môre gaan ’n koel dag wees. Koringkrieke was baie skaars in ons kontrei, maar as hy hom opwikkel tot op ’n dropper se punt, moet jy seker maak dat jou sluise reg gestel is vir die lappie lusern. Ons nasionale voël, die bloukraan, sal begin om te sirkel teen die blou en sal sy roepgeluid herhaal soos ’n

) depressie; en ) uitgedunde ooghare. Tekens van ’n ooraktiewe skildklier sluit in: ) haarverlies; ) hartkloppings; ) kan dit nie verdra om warm te kry nie; ) bewing van die hande; ) warm, klam vel; ) vinnige polsspoed; en ) senuweeagtigheid. Al die bogenoemde simptome kan op ’n verskeidenheid ander siektetoestande ook dui, so indien jy bekommerd is, laat jou geneesheer ’n ondersoek doen om vas te stel of daar wel fout met jou skildklier is. ’n Oor- of onderaktiewe skildklier is behandelbaar, maar moet goed deur jou dokter gemonitor word. ) Dié gesondheidswenke word deur die Mediclinic Kathu in Kathu verskaf.

Tekens van ’n onderaktiewe skildklier sluit in: ) droë, growwe vel; ) koue hande en voete; ) haarverlies; ) stadige polsspoed; ) swelling van die arms en bene; ) hees stem; ) gewigstoename en swak eetlus; ) hardlywigheid;

Camping Chair

April 2014

V0402022 • High back • Padded for extra comfort • Drinks holder • Steel, hammerite coated frame for extra protection • Khaki

plaastelefoon. Dit is nie lank nie, dan begin die noordwester stoot en vlieswolkies verskyn in die blou lug. Die vlieënde termiete maak hulle verskyning net voor die reën. As jy dit misgekyk het, kyk na die bloukopkoggelmanders wat jag maak op die termiete wat op die grond val. Hulle gooi hulle op hul rug en draai in die rondte om hul vlerkies af te breek. Hulle soek ’n sawwe plek in die grond en begin om ’n gaatjie in die grond te maak. Binne ’n japtrap versamel ’n paar en vorm ’n nuwe kolonie. Sodra die reën begin val, is hulle reg om kos aan te dra en ’n kleimuur om hul blyplek te bou om die water buite te hou. Die swart miere dra al die los grond wyd van die bek van die nes as dit sonskyndae is wat voorlê. Hulle sit takkies om die nes om die wind uit te hou. ’n Sekere teken van naderende reën is as hulle die grond op ’n hoop dra bo-op die nes en binne in die hopie ’n kleitorinkie bou. Die lengte van die toring is ’n aanduiding van hoeveel reën gaan val. Op die plaaswerf is daar

Bermuda Blue Hibiscus Basin

genoeg spore voordat die reën val. Die baldadigheid van die diere, die ontydige kraai van ’n haan, of as ouma se jig-litte begin pyn moet ons genoeg vuurmaakhout vir minstens vier dae inbring. Die noordwestewind het ’n geneigdheid om die rook in die skoorsteen af te druk. Die reuk van kaggelroet was altyd ’n seker teken. En dan natuurlik die reënroepertjie. Dit klink werklik soos musiek as hy sy vlerkies so begin klap en so vyfmenshoog opvlieg. Dan wen hy homself af met so ’n pragtige fluitgeluid. As dit nou nog nie reën nie, moet ons kyk na ’n ander datum of so nie val die buie elders.

‘Daarom het ons geleer om na die reënspore te kyk. Die reën maak spore voordat die weer in die lug is.’

PRIMA BELLA Natural Single Bath Screen

PP1510

SP7203 • 800 x 1350mm

29999

Chanel Bath with Handles 000446 • 1700mm • White

0601217190 - GSB13RE • 600W, 13mm Chuck • Variable & reversible action • Drilling capacity: Wood: 25mm, Steel: 10mm, Masonry: 15mm

699

579

99

Classique Interior Hollowcore Door

EBCSSLI0 • 813mm x 2032mm • Interior door • Exposed edges • Deep moulded

71299

75999

Industrial Impact Drill

1 Year

Guarantee

PRIMA BELLA White Adjustable Pivot Door

99

Frame and Ledged Battened Open Back Hardwood Stable Door KYD1S-OB • 813mm x 2032mm x 40mm

1 Year

Guarantee

RB800 • 800 x 900 x 1850mm • Excludes base and return panel • White powder coated frame • Tempered safety glass

Mist Fan

FS1619R • 40cm Stand mist fan • 240V/60Hz/60W • 90° Oscillation, 3 speed (0-1-2-3), round base • Silver/black • Remote control function • Mist capacity: 200ml/h, height: 1.3m • Tank capacity: 1.5L, LCD display

2 Year

Guarantee

27999

69999

VISIT US TODAY!

3 Seodin Avenue, Kuruman

0024947

Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117

96999

79999

TRADING HOURS

Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:

Includes Tape Measure & Spirit Level

07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00

• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 22 April - 04 May 2014 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Kos-en-kunsmark weer dié Saterdag gehou Annalize Doubell VOLKSBLAD se gewilde Kos-en-kunsmark vind Saterdag oudergewoonte van 09:00 tot 15:00 by die Botaniese Tuin in Bloemfontein plaas. Vandeesmaand se tema is deli-, kaas- en wynprodukte. Kom koop ’n lekker varsgebakte brood vir Saterdagaand se braaigeselligheid. Daar sal oudergewoonte ook gebottelde produkte, meubels, klere, kuns en mooi artikels vir jou huis wees. Vir die koffieliefhebbers is daar weer verskillende soorte koffies om te proe en heerlike fyngebak om daarmee saam te geniet. In die lapa is ’n volledige kroeg om die dors te les en oudergewoonte word ook tuisgebroude bier verkoop. Dié keer is daar ook meer kosstalletjies om van te kies en keur. Die jongspan is nie vergete nie en hulle sal op ’n springkasteel kan baljaar, terwyl Ma hulle met spookasem, roomys en

springmielies kan bederf. Besoekers kan rustig onder die bome kuier terwyl hulle na musiek op die oop verhoog luister. ’n Mobiele bank op die terrein sal inkopies vergemaklik. Lootjies sal weer ten bate van Volksblad se projek Ons Gee Om (voorheen die Volksblad-Kersfonds) verkoop word. Diegene wat ’n bedrag van R20 vir die fonds skenk, staan ’n kans om lekker pryse te wen. Gholfkarretjies is ook weer beskikbaar om diegene wat ver moes parkeer te vervoer. Toegang is R11 vir volwassenes en R6 vir kinders. ) Rig navrae aan Bianca Prins by bianca.prins@volksblad.com.

HOUSE OF FROGGIT, wat voorheen onder die naam Elbow’s Up op die Kos­en­kunsmark sa­ ke gedoen het, is ook weer met sy verskillende soorte kaas en gebottelde produkte op die mark. Foto: Verskaf

HOUSE OF FROGGIT, wat voorheen onder die naam Elbow’s Up op die Kos­en­kunsmark sake gedoen het, is ook weer met sy verskillende soorte kaas­ en gebottelde produkte op die mark. Foto: Verskaf

Spertyd vir projek André Botha DIE tyd stap vinnig aan en die sluitingsdatum van die kompetisie om die Noord-Kapenaar van die Jaar en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys kom al hoe nader. Mense het nog tot 9 Mei kans om kandidate te benoem. Die kompetisie word deur Volksblad en Kumba Iron Ore aangebied. Dit is ’n gulde geleentheid om ’n individu of ’n instansie wat jy meen erkenning verdien te vereer. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word in samewerking met GWK gehou. Om ’n individu of instansie vir die kompetisie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek asseblief jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die NoordKaap wees. Die benoemde word vir besondere diens aan die mense, die gemeenskap en/of die natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom- of haarself benoem nie. Werknemers van die borge van die kompetisie mag nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat die belange en/of omstandighede van mense, of die natuurlike omgewing, in die Noord-Kaap betref. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die mens sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer. Sou dit deel van die mens se werk wees, die mate waartoe die benoemde buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die benoemde lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs internasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: ) Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. ) Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. ) Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaapprovinsie hê.

Kry só meer nuus DIE Kalahari Bulletin het ’n webblad vol interessante artikels, nuus, galerye met foto’s en sportnuus. As jy enige van die vorige uitgawes van die koerant misgeloop het, besoek gerus dié webblad om al die nuus te lees. Die koerant kan ook digitaal gelees word. Aan die regterkant van die skerm, rol ’n entjie af, kies die koerant wat jy wil lees (die Kuruman-, Upington- of Kathu-uitgawe) en klik op die swart blokkie. Die adres is www.kalaharibulletin.co.za. Die koerant het ook ’n Facebookblad wat inligting soos dagboekgebeure verskaf. Gaan na facebook.com/kbulletin.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Deel jou herwinning-stories ) Die NG kerk Die Oog se kerkbasaar vind op 17 Mei om 10:00 plaas. Vanjaar neem die basaar die vorm van ’n kunsmark aan. Dieselfde aand word ’n dansparty aangebied – Die Broers tree op. Dit vind in die saal van die Laerskool Seodin plaas. Vir verdere inligting en kaartjies, bel die kerkkantoor by 053-712-2567. ) Solidariteit Helpende Hand bied op 10 Mei ’n optrede deur Riana Nel en orkes by die Red Sands Lodge aan. Die hekke open reeds om 11:00 en daar sal hope gesinspret en aktiwiteite vir kinders wees. Kaartjies is by die Vinkeljander-geskenkwinkel en Postnet in Kathu beskikbaar. Kyk na die video van Riana Nel by www.kalaharibulletin.co.za. ) Die Kuruman-VLV hou op 24 Mei sy jaarlikse gholfdag. Vir meer inligting bel 083-557-2365. ) The Kuruman Barloworld Classic Golf Tournament, sponsored by Leach Toyota, will be held on the weekend of 1, 2 and 3 May. The format of the tournament is as follows: Day 1 – Four ball alliance, 1 score to count; Day 2 – 2 Ball Better Ball; Day 3 – IPS. Join Leach Toyota for a day full of fun and golf. Entry is R4 000 per four ball team (two meals are included). Display areas are available at R1 000 per day or R2 250 for three days. For further information, contact Dan Leach at 082-578-1907. ) Stuur gebeure wat jy graag in die Bulletin se dagboek wil plaas na ilse.watson@volksblad.com. Sodoende word die gemeenskap ingelig van al die wonderlike aktiwiteite wat in die omgewing plaasvind.

MIN mense besef watter invloed plastiekbottels op die omgewing het. Wêreldwyd word 400 miljard plastiekbottels jaarliks geproduseer en 100 miljoen vate olie word daarvoor gebruik. Uiteindelik beland 340 miljard van dié bottels op vullishope. Skaars 20% van die plastiek in Suid-Afrika word herwin. Dit het volgens Plastics SA van 17,8% in 2009 tot 19,6% in 2012 verbeter. In 2009 is 233 632 ton plastiek danksy herwinning van die vullishope af weggehou. In 2012 het dit tot 283 292 ton gegroei. Dit is egter nie net plastiek wat herwin kan word nie. Inwoners van die streek word aangemoedig om hul lewenstyl aan te pas en groener te begin leef. Begin deur materiaal vir herwinning bymekaar te maak. Instansies wat by herwinning betrokke is en die adresse kan verskaf van punte waar hierdie materiaal ingelewer kan word, kan gerus met die Bulletin kontak maak sodat die koerant dit kan publiseer. Izak Gelderblom van Kimberley is iemand wat sy lewe aan herwinning wy. Hy het aan Charné Kemp gesê hy wens dat mense huishoudelike afval ernstiger sal herwin omdat dit noodsaaklik is om die aarde vir die mens se nageslag te bewaar. Hy en sy vrou sit twee Saterdae per

maand in ’n park in Kimberley (in El Toro-park) om mense se herwinbare afval te ontvang en dit aan sakemanne te gee wat herwinning doen. “Daar is net 16 huishoudings hier wat herwin. Ons probeer reeds twee jaar om alle huisgesinne in die buurt aan te moedig om te herwin. “Ons doen herwinning op elke eerste en derde Saterdag van die maand in die park. Ons is van 09:00 tot 11:00 daar en maak seker mense gooi nie rommel in die waentjies nie.” Gawie Viljoen van Waste Warriors trek sy waentjie by dieselfde park waarin inwoners hul herwinbare rommel gooi. Gelderblom en sy vrou, Lillidi, gee mense ook raad oor herwinning en besparing. Daar word hoofsaaklik papier en plastiek herwin, maar skoongewaste blikke word ook aanvaar. Die glas word eenkant gehou en vir ’n glasherwinningsmaatskappy, Sandy’s

Glass, vir herwinning gegee. Die geld wat Gelderblom van Viljoen vir die rommel kry, word gebruik om die buurt netjies te hou. “My oogmerk van die begin af was om mense te kry om groen te dink en daarom te herwin. Ek wou ook geld kry om die omgewing skoon te maak en so te hou.” Hoe hulle dit prakties tuis doen? “Ons het vullisdromme by ons kombuisdeur gesit met die name van die soort materiaal wat daarin gegooi moet word. “Dit is al ’n gewoonte om leë hondekosblikke in die laaste skottelgoedwater te was. Dieselfde met leë plastiekhouers of -bottels. Dit is dan skoon en gee geen reuke af nie. Skille en organiese afval gaan komposhoop toe.” Die Gelderbloms se weeklikse afvalsakke is baie klein omdat blikke en bottels reeds herwin is. Die sakke stink ook nie so erg nie. Hy sê die munisipaliteit spaar geld en werkers het minder werk. Afvalmaatskappye maak geld uit herwinning en die aarde kan effe asemhaal. ) Die Bulletin gaan van volgende week af met ’n “going green” reeks begin en nooi lesers uit om herwinningsverhale en -wenke met die koerant te deel. Stuur jou storie na ilse.watson@volksblad.com.

Support the welfare of your choice THE Tekkie Tax campaign was started to raise funds in order to support various welfare organisations across a variety of service delivery fields. A total of 15 national welfare organisations have joined forces under one big national fundraising campaign called Tekkie Tax. The first Tekkie Tax campaign took place in 2013 and R2,4 million was raised. More than 180 local NGOs participated. How does it work? Members of the public are asked to get a Tekkie Tax sticker for a R10 donation. There are five different stickers, each representing a beneficiary sector. Depending on where your heart lies, you can choose which one

of the five sectors you would like to support – the sectors are Animals, Basic family care, Children, Disability or Education. On Tekkie Tax day on 30 May you wear your sticker(s) and, of course, your tekkies. You can also donate via your cell phone. Simply SMS A, B, C, D or E to 44400. You will then donate R20 to the beneficiary sector of your choice. Some of the national beneficiaries are: Endangered Wildlife Trust, Pet Welfare SA, Hospice, Meals on Wheels, Childhood Cancer Foundation, Child Welfare SA, Epilepsy SA and SOS Chilren’s Villages.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

11

Blink uit as slimkoppe aan die Laerskool Seodin

DIE Laerskool Seodin het die drie toppresteerders in elke graad vir die eerste kwartaal van 2014 aangekondig. Van links is Nicolene Kruger (derde), Louis Myburgh (eerste) en Ansoné Kruger (tweede), die topleerlinge in gr. 7. Foto’s: Johrieta Strauss

DIE drie toppresteerders in gr. 6 van die Laerskool Seodin is van links Anya Smith (derde), Jessica Venter (eerste) en Marianka Fourie (tweede).

VAN links is Janke Coetzer (tweede), Idené Roussouw (eerste) en Ashleigh Kuhn (derde), die drie toppresteerders in gr. 5 van die Laerskool Seodin.

DIE drie toppresteerders in gr. 4 van die Laerskool Seodin is van links Johandrie van Zyl (eerste), Gerhard Burger (tweede) en Nolene Jonck (derde).


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Spontaan nou vir alle talent

Stuur boodskap aan jou ma in koerant WAT doen jy vir jou ma op Moedersdag? Wil jy vir haar ’n spesiale boodskap in die Kalahari Bulletin stuur? Hoe bederf jy haar? Hier is jou geleentheid om dit te doen. Stuur jou boodskap vir ilse.watson@volksblad.com.

HET jy ’n spesiale talent? Staan dan nader vir Spontaan 2014. Vanjaar tref Spontaan, die Volksblad-groep se reeds bekende jaarlikse sangkompetisie, Kuruman, Kathu en omliggende dorpe. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur die groep se plaaslike koerante aangebied word, gaan vanjaar boonop sy vlerke sprei en van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uitgebrei word. Die eerste keer gaan ’n streekwenner vir Spontaan ook in die Kuruman- en Kathuomgewing in die uitdunronde in Mei gekies word. Enigiemand met enige talent kan hieraan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Leerlinge van skole word ook genooi om hul talente vir die beoordelaars te wys. Deelnemers moet net self alles wat hulle nodig het om deel te neem na die uitdunronde saambring. Deelname aan die uitdunronde is gratis en die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek bepaal kan word nie. Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie aan die eindronde in die Blêrkastent op die Vryfees op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) deelneem. Jy moet jou eie vervoer en verblyf reël. Hou die Kalahari Bulletin se Facebookblad dop vir die datum en lokaal vir dié streek se uitdunronde én vir die fantastiese pryse wat gewen kan word. ) Vir meer inligting skryf aan Ilse by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Vermaak die kleuters JANCO LOUBSER was ’n klein bietjie bang vir Graatjie, maar het darem vir ’n beloofde tweede Paaseier nader gestaan.

OP Donderdag 17 April het Graatjie, die ge­ liefde meerkat van die Kalahari­kuierfees, die kleuters van die Kekkel en Kraai­kleuter­ skool met heerlike Paaseiers bederf.

Die kleingoed was tog te opgewonde oor hul Paaseiers. Van links is, agter: René Nel (onderwyser), Andritt Steenkamp (Kalahari­kuierfees), Graatjie en Terry Oberholster (Kalahari­kuierfees). Foto’s: Lizette Slabber

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Vier koerant se 110de bestaansjaar VOLKSBLAD, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, is vanjaar 110 jaar oud wat dit die oudste dagblad in die land maak. Vanjaar 102 jaar gelede, dus in 1912, het dit só by die Volksblad gelyk. Nou, 102 jaar later, word die hele koerant en al sy plaaslike koerante digitaal op net ’n paar rekenaars aanmekaargesit. ’n Rubriek, Volksblad se verlede, deur Jens Friis verskyn op weekdae op bl. 2 van Volksblad. Lees dié rubrieke om die afgelope eeu te ervaar soos deur die oë van die Volksblad­joernaliste. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

15

Navorsing help gelowiges om kruis beter te verstaan DIE moderne mens het die voorreg om in die lig van navorsing die gebeure rondom Jesus se kruisiging en opstanding chronologies inmekaar te pas en meer korrek by te werk, skryf Christo Nel, ’n predikant, skrywer en opleier met ’n sterk internetbediening.

PAST. CLIVE PAWSEN van Bloemfon­ tein het Kathu en omgewing se CRC­ ge­ meente besoek.

CRC-byeenkoms Benneli Olivier Van der Walt DIE CRC-gemeente van Kathu het verlede week ’n groot byeenkoms vir al sy plaaslike gemeentelede in die Kalahari-buiteklub se saal aangebied. Gemeentelede van onder meer Kathu, Kuruman en Upington het die geleentheid bygewoon. Past. Martin Vivier van die CRC Kathu het die byeenkoms geopen, waarna sangers van die kerk die gemeente in lofsang gelei het. Past. Clive Pawsen van Bloemfontein het die gemeente toegespreek. Hy sê dat hy na Kathu gekom het om die plaaslike gemeenskap te seën, die pastore hier te kom bemoedig en die boodskap van Jesus Christus na almal te bring. Hy was lank laas in Kathu, sê Pawsen. “Die dorp is nou soos ’n oase in die Kalahari. Die mense hier is baie vriendelik en gasvry. Die CRC is in 1994 in Bloemfontein deur pastore At en Nyretta Boshoff gestig. Die CRC het 90 kerke wêreldwyd en was verlede jaar ook die multi-kulturele kerk in die wêreld wat die vinnigste gegroei het. ) Vir ’n video van ’n lied deur die CRC-sangers besoek die webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

Die afgelope tyd kon volgelinge van Jesus rondom die sleutelgebeure van ons geloof weer stil word. Wat dit volg, is my uiteensetting van die gebeure in daardie week van Sy kruisiging, die kruisiging self, die drie dae in die graf en dan Sy opstanding daardie eerste dag van die week: die Sondag. Die Palmsondag: Daardie week sou die nuwe Koning van planeet Aarde gekruisig word en opstaan sodat die wêreld verseker kon weet Hy is die Koning. Daarom is dit aangrypend dat daardie week se gebeure juis begin waar Jesus die Sondag Jerusalem op ’n esel binnegery het, soos in Lukas 19 en Joh. 12:12 en verder beskryf word. Dit was die vervulling van profesieë wat eeue tevore in gedeeltes soos Sag. 9:9 en Dan. 9:25-27 uitgespreek is. Dit was die tiende dag van die eerste maand van daardie jaar. Volgens Eksodus 12 moes die lam vir die Pasga op die 10de dag van die eerste maand van die jaar geslag word.

In Jesus se dae is slegs lammetjies van Bethlehem geskik geag om as die lam vir die Pasga te dien. Daarom, op die spesifieke Sondag, is ’n lam wat in die distrik Bethlehem gebore is, gekies en in Jerusalem van die Olyfberg af deur “skaap-poort” ingebring. Presies dieselfde pad dus waarmee Jesus die betrokke Sondag Jerusalem binnegekom het op Sy triomftog. Soos wat Hy die stad binnegekom het, het die mense geskreeu: “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Red ons, Seun van Dawid!” Met ander woorde, met groot toejuiging is Jesus as die beloofde Messias aangewys en het die skare só hul Lam vir die Pasga gekies. Die Lam moes eers deur die geestelike leiers ondersoek word, want, leer die Torah, dit moet sonder gebrek en vlekloos wees om geskik te wees om as lam vir die Pasga geslag te word. Daarom lees ons ook hoe Jesus, ná Sy intog in Jerusalem, eers na die tempel gegaan het om daar te leer. Terwyl Hy daar was, het die Fariseërs, Sadduseërs en ander wetsgeleerdes gekom en Hom met allerhande moeilike vrae probeer uitvang en hom as ’n leuenaar probeer uitwys. Maar hulle kon geen fout by Hom vind nie . . . ) Lees die volledige artikel op die webblad www.kalaharibulletin.co.za.

Die kruisgebeure is die naweek weer gedenk.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades. Explora, PVR and Xtraview. Call Kobus 082 040 5801.

PERSOONLIK 1460

FEELING STUCK? NEED SOME help with love, money, job, relationships? Give me a call on 072 183 3916 for accurate Psychic readings at a reasonable rate.

ELEKTRIES 1810

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035.

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072. VERVOER VRAGTE DEUR EIENAAR met groot 2,5-ton-platwa, van Kuruman en/of terug. Wa word nie persoonlik uitverhuur nie. Geen versekering op vrag. Skakel 083 310 0272.

PLASE TE KOOP

HERSTELWERK KLERASIE

3245

1818 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

BOUWERK & KONSTRUKSIE 1801

FOR ALL YOUR STEEL AND BUILDING construction needs: Contact the specialists. We specialise in building, plastering, tilings, painting, built-in cupboards, plumbing as well as steel burglar bars, safety doors, devil's fork, gates, any steel job. Deva's Steel & Building Construction. Quality is our game! Affordability is our name. Phone 071 533 1904 / 084 219 6605.

SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705/072 747 1991.

Cool River Maintenance: Vir enige algemene herstelwerk aan huise en besighede, skakel Theo 072 038 0032 of Nicky 076 694 6985 vir 'n gratis kwotasie.

PLAAS TE KOOP as lopende besigheid. 1 000 morg/856 ha, met diere. Skakel 083 448 9124/5.

WOONSTELLE TE HUUR 3250

VOLWASSENES

KURUMAN: 1-slk-woonstel te huur. R5 000 p.m. Water, elektrisiteit en DStv Premium ingesluit. Beskikbaar 1 Mei. Skakel 076 879 9402.

PRIVAAT

KURUMAN: Ruim 1-slk-woonstel, sitk, kombuis, lugreëling, tuin, stoep, onderdakparkering, koopkrag, R5 500 p.m. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 071 686 1959.

2015

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.

TE HUUR 3205

EENMANWOONSTEL: Koopkrag, lugreëling, veilige onderdakparkering. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 072 515 2493.

HUISE TE KOOP

LANDBOU

3275

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210

EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.

TE KOOP: KURUMAN. 4-slk-huis. R2 900 000. Swembad en lapa. Goed geleë. Skakel 073 688 1547 of 053 712 0534.

HUISE TE HUUR 3270

KURUMAN: 3 slaapkamers, 1,5 badk. Koopkrag, water ingesluit. R8 000 p.m. Plus deposito. Beskikbaar 1 Mei 2014. Skakel 071 371 1763.

BETREKKINGS

VOERTUIE

3600

ADMINISTRATIEF

SLEEPWAENS

3605

3040

NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue.

ADM. SURVEY/DATA listing clerks needed. For info SMS name and address to 071 548 6944 or email d.workforce7@gmail.com

SOEK, KOOP, VERKOOP

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

M. George

K.M. Meluma

EIENDOMME

HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

TE KOOP

BOEDELKENNISGEWINGS

In die boedel van wyle Kaone Margaret Melamu, identiteitsnommer 591224 1123 083, in lewe van Huis no. J40, Bothithong, Kurumandistrik, boedelnommer 1467/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 25 April 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

In die boedel van wyle Mnyaluza George, identiteitsnommer 420914 5524 081, met nagelate eggenote Elsie Mnyaluza, ID 460807 0558 081, in lewe van Huis 1821, Nanana Seksie, Batlharos, distrik Kuruman. Boedelnommer 7011/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Mahikeng en'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 25 April 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

BETREKKINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Kakamassers presteer

Vyf neem aan SA’s deel

VYF atlete van die Laerskool Sentraal in Kakamas het onlangs as deel van die ZF Mgcawu-laerskoolatletiekspan aan die Noord-Kaap-atletiekbyeenkoms in Kimber-

ley deelgeneem. Die leerlinge het mooi op die byeenkoms gepresteer en het elkeen ’n merietesertifikaat van die skool ontvang.

NIE minder nie as vyf leerlinge van die Laerskool Sentraal in Kakamas is gekies om as lede van die Noord-Kaapse laerskoleatletiekspan aan die Suid-Afrikaanse junior atletiekkampioenskapsbyeenkoms in die Paarl deel te neem.

DIE leerlinge wat gekies is om aan die Suid­ Afrikaanse junior atletiekkampioenskapsby­ eenkoms deel te neem, is van links, voor: Du­ wayne de Wee en Carli Oerson; agter: Braam Nel, Nelius de Jager en Marna van Wyk. Foto: Verskaf

Slaan wendoele DIE eerste hokkiespan van die Hoërskool Kakamas het in die skoolvakansie aan die Kimberley-skoletoernooi deelgeneem. Die span het drie van sy vier wedstryde gewen en die Hoërskool Hartswater met 8

doele teenoor een verslaan. Ná die sege in Kimberley het hulle na Stellenbosch getoer waar hulle die Hoërskool Parow, die Hoërskool Hottentots-Holland en die Hoërskool Bosmansdam geklop het.

DIE eerste hokkiespan van die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas.

Foto: Verskaf

DIE atlete wat aan die Noord­Kaap­atletiekbyeenkoms deelgeneem het, is van links, voor: Juan Agenbag, Pollie Agenbag, Lohan van Zyl, Nelius de Jager en Behn­Jön Kasimbinque. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Schools get connected Ilse Watson EDUCATION for learners in about 50 schools in the John Taolo Gaetsewe District (JTG) Municipality in the Northern Cape is set to become more interesting thanks to the introduction of a wireless network in the area. The Science and Technology deputy minister, Michael Masutha, recently launched the wireless network which will give thousands of learners access to the internet. The Wireless Mesh Network (WMN) project is an initiative of the Department of Science and Technology (DST) aimed at demonstrating alternative models to establish information and communication technology (ICT) infrastructure in rural areas.

The project is funded by the European Union and implemented by the Council for Scientific and Industrial Research’s Meraka Institute. Speaking at the launch held at the Learamele Special School, Masutha said having access to ICT will help rural communities to access information. “These days it is common knowledge that ICT has a positive impact on people’s lives,” he said. Masutha said a number of ICT projects were being implemented to improve education. “As a department, in partnership with other stakeholders, we have developed a 10-year roadmap,” he said. Thato Kgosierileng, a gr. 9 learner from the nearby Iketletso Middle School, expressed his excitement at

having access to the internet. “Now I am able to search for information on the computer without having to go to the library,” he said. Thato, who started using a computer for the first time at school, said the few hours he spent on a computer were very informative. “With a computer, one can do a lot of things within a short space of time,” he said. A teacher at Learamele, Boitshoko Bannane said the use of computers will expand learning possibilities. “This will help learners conduct research. I also noticed that the learners have developed a great deal of interest in learning using computers,” he said. The Education district director, Vuyisile Teise, said the introduction of computers would improve the

learning process. “The learners will now be able to download information from computers. Everything is now at their fingertips,” he said. The DST launched the initial phase of this initiative in Sekhukhune in Limpopo and Ekangala in Mpumalanga in 2010, connecting 212 public facilities, including schools, circuit offices and colleges. The project is supportive of the Schools Connectivity Programme, which aims to connect approximately 27 000 public schools in the country. This connectivity project is led through the e-Connectivity Forum, headed by the Deputy ministers of Communications and Basic Education, Stella Ndabeni-Abrahams and Enver Surty, respectively.

19

Clothing items urgently needed THE Kathu Police Women’s Network need the help of the community. They urgently require size five and six tekkies and boots. Blankets and girls’ winter jackets sizes small, medium and large are also required. Jeans, sizes 32 and 34 and for children 13 to 14 years old, as well as warm boys’ jackets, are also needed.

If you can donate any items, contact Lindie Dalton at the Kathu police on 079-834-1793.

Power line births social projects ON 10 April an event was held in Ga-Mothibi to mark the official handover of a range of community upliftment projects that were undertaken by Mkhulu Electro Distribution Projects (EDP) in collaboration with Eskom. In August 2011, Eskom awarded Mkhulu EDP a project to construct a 200 km overhead transmission line of 400 kV. The line runs from Kathu to Vryburg and forms part of the Eskom Kimberley Strengthening Project aimed at stabilising the electricity supply for the area. The collaboration between Eskom and Mkhulu EDP led to the implementation of the following social and economic development projects: Boitekong Pre-school and Bothetheletsa School’s refurbishment, Arbor Day celebration and the Ga Mothibi Community Hall.

Various dignitaries representing the communities from the John Taolo Gaetsewe (JTG) District Municipality attended this auspicious celebration. After the opening prayer, Jean Marcello Lamperini, managing director of Mkhulu, welcomed all the participants and thanked the community for their hospitality. Speaking on behalf of Eskom, David Zola educated the community on the risks that the electricity pylons posed and requested that the community helped protect the assets by reporting theft or any form of vandalism. He furthermore requested the community to ensure that they established a maintenance programme for all the projects so that they remained an asset within the community.

Deel sorge met koerant LEDE van die Daniëlskuil­karateklub wat uitstekend gepresteer het. Hulle is, voor: Samson Lackay; van links, agter: Juandré Nortje, Christiaan du Plessis, Monique Ludike en Janika van der Westhuizen. Foto: Verskaf

Karateklub moker pad oop na SA’s DIE Daniëlskuil-karateklub het groot prestasies bereik en vyf van sy lede het Griekwas-kleure verwerf. Die groep het op Saterdag 12 April in Kimberley aan die Griekwaland-Wesse proewe deelgeneem.

FB-blad vir dorp gestig DIE organisasie AfriForum het ’n spesiale Facebookblad waar ’n mens hy/sy mening kan lug oor enigiets wat hom/haar in Kuruman en die omgewing pla. Hulle kan goeie nuus ook daar met die mense deel. Stuur nuuswenke en enige vrae oor probleme in die dorp aan die Kalahari Bulletin. Besoek AfriForum se Facebook-blad by https://www.facebook.com/ groups/2214306913976 05/. Jy kan ook aan Ilse skryf by ilse.watson@volksblad.com.

Samson Lackay (geveg-afdeling), Juandré Nortje (kata- en geveg-afdeling), Christiaan du Plessis (kataen geveg-afdeling), Monique Ludike (kata- en geveg-afdeling) en Janika van der Westhuizen (kata- en

geveg-afdeling) het almal hul Griekwa-kleure verwerf en hulle gaan op 23 Mei aan die nasionale kampioenskapsbyeenkoms in Johannesburg deelneem. Samson en Janika het hulle maar onlangs by die

klub aangesluit. Dié vyf sal die NoordKaap verteenwoordig. Die groep is almal verbonde aan die Daniëlskuil-karateklub wat deur Richard Daneel bedryf word.

DIE Kalahari Bulletin doen gereeld verslag oor probleme in Kuruman. Die volgende sake gaan aandag kry: ) Die staatshospitaal in Kuruman: alle probleme by die hospitaal sal ondersoek word; ) Roos-sekuriteit: Die koerant sal Roos-sekuriteit besoek om sodoende verslag te kan doen oor die nuwe kameras wat in Kuruman opgerig is en

om ook al die nuwe noodnommers aan die publiek beskikbaar te kan stel. ) Kurumaniete word versoek om klagtes en bekommernisse na die SMS-nommer van die koerant te stuur. Skryf aan ilse.watson@volksblad.com. Die Kalahari Bulletin kan slegs aan die klagtes en vrae aandag gee as die gemeenskap dit aanmeld.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

DIE o.11­netbalspan van die Laerskool Seodin. Van links is, voor: Janke Coetzer en Carisna Alberts; middel: Luané Schoeman, Jane Pietersen en Nillitha Alberts; agter: Ananda van Zyl (hulpafrigter), Caylyn Victor, Merise Louw, Ashleigh Kuhn, Natalie Eloff en Amire Deetlefs (afrigter). Foto’s: Verskaf

DIE o.11­rugbyspan van die Laerskool Seodin wat aan die onlangse rugbytoernooi in George deelgeneem het.

Seodin hou naam hoog Ilse Watson OP Donderdag 27 Maart het die o.11- en o.13-rugbyspanne, asook die o.11-, o.12- en o.13-netbalspanne van die Laerskool Seodin, na George vertrek. Al die spanne het aan die Eden Super Series-toernooi by die Laerskool George-

SKOLE en sportklubs in die verspreidingsgebied van die Kalahari Bulletin Kuruman word genooi om sportnuus met foto’s te stuur na ilse.watson@volksblad.com.

Suid deelgeneem. Die leerlinge het hulle baie goed van hul taak gekwyt en waardevolle ondervinding opgedoen. Hul gedrag het deurgaans hul skool se naam hoog gehou. In die rugby het die o.11-span veral goed gepresteer. Daar was altesaam 14 o.11-rugbyspanne wat aan die toernooi deelgeneem

het. Dié span het vyf wedstryde gespeel en hy het drie daarvan gewen. Aan die einde van die toernooi het hy vyfde uit die 14 spanne geëindig. Die o.11-netbalspelers was egter die sterre van die toernooi. Hulle het derde op die toernooi geëin-

dig. Tuis het elkeen met ’n bronsmedalje kom spog. Die o.13-span het vyfde op die toernooi geëindig. Die o.12-netbalspan het ook baie goed gevaar ongeag dat hulle teen o.13-spanne moes speel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.