Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
15 MEI 2014
Kuruman
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Police ensure safe vote Officers had no threats to deal with Ilse Watson ON Tuesday, 6 May, Kuruman was swamped with police officers from the Kuruman Cluster, units from Kimberley (such as the tactical response teams and K9 units) and they were also assisted by the forces from Kathu. A total of 310 police officers and 100 vehicles were deployed to areas such as Kuruman, Bathlaros, Wrenchville and Bankhara. It was the task of these forces to ensure that voting takes place in a safe and peaceful environment. “We have meetings every day where we discuss our daily plans and operations,” said Brig. Masebuong Mochologi-Maleeme, the provincial head of communications for the Northern Cape. She also confirmed that police officers were deployed in various other towns in the Northern Cape. On Wednesday the brigadier and station commander of the Kuruman police, Col Sampie Koopman, confirmed that at that
‘It is quiet and calm. We are fully geared for this election and we look forward to it. We are ready.’ – Brig. Masebuong Mocho logiMaleeme.
point they have not received any complaints and no crimes were reported. Although there was a hostile incident in the Bathlaros area, it wasn’t related to the election. During the election day it was reported that all was going well with the elections and that everything was happening in a peaceful manner. ) More photos and news on the election on p. 2.
BRIG. MASEBUONG MOCHOLOGIMALEEME, the provincial head of Communications for the Northern Cape, together with Col Sampie Koopman, station commander of the Kuruman police. On election day they kept a close eye on Kuruman and the surrounding areas. Photo: Ilse Watson
ANC wen én verloor steun in gebiede André Botha DIT was die verkiesing waarin die ANC die kwesbaarste sedert 1994 was. In ’n vergelyking van die uitslae in die verskillende munisipale gebiede (in die Noord-Kaap) in 2009 en nou is die volgende feite duidelik: In gebiede waar die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) goed gevaar het, kon die ANC in die algemeen net sy
steun-aandeel handhaaf of het effens swakker gevaar. In gebiede waar die EVV nie ’n faktor was nie, het die ANC se aandeel gestyg. In die Noord-Kaap het die EVV ’n stewige 3 303 stemme gekry, 10,29% van die algehele stemme. Cope het van 3 032 stemme tot 779 stemme nou getuimel. Die ANC het sy aandeel stemme met twee persentasiepunte vergroot. In die munisipaliteite Ga-Segonyana
(Kuruman), Gamagara (Kathu) en Tsantstabane (Postmasburg) het die EVV ook stewige vertonings gelewer met persentasies tussens ses en tien. Dié drie munisipaliteite is die gebied waarin mynbedrywighede die afgelope paar jaar baie uitgebrei het. Swart kiesers is verreweg die meerderheid in dié gebiede. Cope het in Gamagara van net oor 10% tot ’n skrale 0,58% geval met die DA wat
sowat 10% tot net meer as 25% toegeneem het. Dit is ’n duidelike aanduiding die DA het swart steun van die ANC weggeneem. Dieselfde patroon word in Tsantsabane gesien waar Cope van 16,83% tot 1,78% gedaal het en die DA van 10,38% tot 21% gestyg het. Die ANC het in Gamagara swakker gevaar, in Ga-Segonyana beter en in Tsantsabane ongeveer dieselfde.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
Stemproses verloop seepglad Ilse Watson BY die stemlokaal van die Ga-Segonyana-munisipaliteit het kiesers reeds douvoordag tougestaan om te verseker hulle hoef nie lank te wag om hul kruisies te trek nie. Almal was in ’n gesellige luim en vol grappies. Die Kuruman-polisie, onder leiding van die stasiebevelvoerder, kol. Sampie Koopman, het die hulp van verskeie eenhede ingeroep om te verseker alle stemlokale word gemonitor. “Ons het nie probleme verwag nie en dit is lekker om te kan sê die dag het rustig verloop. Ons was paraat, sou daar oproerigheid ontstaan,” het Koopman gesê. In Wrenchville het Abraham Mojaki (95) met sy kierie sukkel-sukkel teen die bult opgestap om ook sy kruisie te kon trek. Eon May (23) en Alicia Kameel (21), ook van Wrenchville, het die eerste keer in hul lewe die kans gekry om te stem. Marie Kotze, ’n DA-verteenwoordiger, het die verkiesingsproses by die Ga-Segonyana-munisipaliteit se stemlokaal gemonitor. Miriam Phillander (18) was tevrede, maar tog senuweeagtig omdat sy ook die eerste keer kon stem. “Dit is hartseer om te sien hoe jong mense, wie se ouers nie werk nie, moet steel om aan die lewe te bly.” ) Wil jy al die uitslae in die verskillende gebiede sien? Besoek die OVK se webblad by www.elections.org.za/content en kliek op results update. Kliek ook op more results en op voting station results om die presiese uislae in verskillende wyke te kan sien. ) Besoek ook die Facebook-blad van die Bulletin om meer oor die verkiesing te lees.
MERION PHILLANDER (18) het die eerste keer gestem.
‘Ons het nie probleme v e r wa g n i e en dit is lek ker om te kan sê die dag het rustig ver loop. Ons was paraat, sou daar op roerigheid ontstaan.’ – Kol. Sampie Koopman IN Wrenchville het hierdie drie mense van die United Congregational Church vleis gebraai om vir hul kerk geld in te samel. Van links is Maria Louw, Frederik Rooiland en Dorie Kruger. Foto’s: Ilse Watson REGS: Virginia Voboikang, partyagent van die ANC in Ku ruman, het die verkiesingspro ses by die Ga Segonyana munisipaliteit gemonitor.
LINKS: Eon May (23) en Ali cia Kameel (21) het ook die eer ste keer in hul le we gestem.
MARIE KOTZE, partyagent van die DA, het ook sake by die GaSegonyanamunisipaliteit gemonitor.
MET sy kierie het Abraham Mojaki (95) sukkel sukkel die bult op gestap om by die stemlokaal uit te kom sodat hy ook sy kruisie kon trek.
“EK stem vir verbeterings in ons gemeen skap,” het Jan Vorster (75) gesê.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
3
Leer leerlinge liefde vir lewe Ilse Watson DIE Noord-Kaap is die huis van vele dinamiese en passievolle individue wat omgee vir hul gemeenskap en hard werk om ’n verskil te maak. So ’n mens is Tsepo Kgatlhane (26). Hy is deur ’n enkelouer grootgemaak. Hy is ’n benoemde vir Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar-kompetisie. Dié kompetisie word ook in samewerking met GWK aangebied. Kgatlhane is ’n onderwyser, filantroop, ’n agent vir verandering en ’n kunstenaar in hierdie pragtige myngemeenskap. Nadat sy beste vriend, Thapelo “ThaBling” Makhutle, in 2012 wreed vermoor is, het die uitbundige Kgatlhane besluit om daadwerklik iets te doen om die wêreld waarin hy woon te verander. Be the change that you want to see in the world (van Mahatma Gandhi) is sy gunsteling-aanhaling. Hy is ’n lewensoriënteringonderwyser aan die Hoërskool Wrenchville, digby Kuruman, en hy sien die potensiaal van jong mense in die Noord-Kaap raak en probeer om dit te benut. Wanneer hy nie in die klaskamer is of as ’n vrywillige aanbieder op die Afternoon Drive Show optree nie, is hy besig met verskeie welwillendheidsprojekte vir en saam met die jong mense hier. Toe hy verlede jaar 25 geword het, het hy nie gevra vir verjaardaggeskenke nie, maar hy het sy vriende ingespan om hom met die eerste terug-skool-toe-skoene-projek te help. Hy en sy vriende het meer as 160 splinternuwe skoolskoene ingesamel. Hulle het ook ander opvoedingsmateriaal vir arm kinders in landelike gemeenskappe
TSEPO KGATLHANE van Kuruman wat vir die NoordKapenaar van die Jaarkompetisie benoem is. Foto: Verskaf
bymekaargemaak. Vanjaar beplan Kgatlhane om 300 skoene in te samel. Op Nelson Mandela-dag verlede jaar het hy Juliet Brink, wat hoë reiskoste gehad het om haar nou afgestorwe dogter wat Down-sindroom te help, met R4 489 verras. Die geld is van skenkings van vriende, kollegas en ander inwoners van hier ontvang. Op die onlangse Vryheidsdag het
Kgatlhane ’n pret-stap, genoem die Long walk to freedom-staptog, gereël. Meer as 100 leerlinge het aan dié dag deelgeneem. Die doel van hierdie staptog was om jong mense op te voed oor hul regte, die nalatenskap van die stryd-ikone en hoe om maatskaplik-ekonomiese probleme aan te pak en uit te lig. Kgatlhane werk hard om die jong mense van hierdie gemeenskap en in die provinsie op te hef.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
Gesinsgeluk kern van lewe GESONDE, gelukkige gesinne vorm die ruggraat van enige gesonde gemeenskap – en een rede is die belangrike rol wat ’n sterk, ondersteunende gesin in die vorming van ’n mens se persoonlikheid vertolk. Die bekende Amerikaanse siosioloog Meyer Francis Nimkoff het dit so gestel: Die wetenskap het twee feite vasgestel wat betekenisvol vir menslike welsyn is: dat die fondament van die menslike persoonlikheid in die vroeë kinderjare gelê word en dat die hoofingenieur in die hele bouprogram die gesin is. Vandeesmaand word wêreldwyd aan die gesin gewy en daarom wil die Kalahari Bulletin ook vandag ’n paar fasette van die gesin en gesinslewe beklemtoon. Dikwels lê die rede waarom gesinne wankel daarin dat ’n ouer met onverwerkte trauma en kwessies uit sy of haar kinderjare worstel. Die letsels uit die verlede kan so ’n invloed op ’n gesin hê dat die kinders wat die wêreld ingestuur word, eindelik so erg beskadig is dat die bose kringloop net in hul volwasse lewe voortgesit word. Daarom is dit noodsaaklik dat ouers wat weet daar is onopgeloste sake in hul verlede dringend hulp kry om dit op te los – jy is dit aan jou eggenoot en jou kinders verskuldig. Verder is huweliksmaats te dikwels nie sterk genoeg op mekaar ingestel nie – ’n huwelik
is nie ’n onderneming waarin albei vennote 50% gee nie, maar 150% – en dit sonder om enigiets terug te verwag. Nog ’n belangrike aspek is die voorbeeld wat ouers stel deur mekaar altyd met liefde en respek te behandel. Te dikwels vergeet mans die groot waarheid: Die grootste enkele geskenk wat ’n pa aan sy kind kan gee, is om sy kind se ma onvoorwaardelik lief te hê. Te dikwels gebeur dit dat mans wat in hul kinderjare bederf is, soveel van hul vrou verwag en so min tot die huishouding se funksionering bydra dat groot konflik ontstaan wat kinders seermaak en huwelike kan bedreig. Maar wat van gesinne met ’n enkelouer? Dit is altyd goed as daar iewers uit die groter familie of vriendekring volwassenes na vore kan kom wat die enkelouer kan bystaan om ’n soort vader- of moeder-rolmodel te vertolk. Hier kan grootouers byvoorbeeld ’n groot invloed hê. Maar dit is nie ’n eenvoudige saak nie. Belangrik is net ’n kind mag nie geforseer word om iemand anders as sy of haar biologiese ouer as pa of ma aan te spreek nie. Gesinsmaand is ’n goeie geleentheid om dalk net weer die rolle en optredes in die gesin te bekyk en te bedink – en om seker te maak liefde en respek gee altyd die deurslag.
Ervaar al die emosies Ds. Christo Jonck “GOD het die mens nie geskep om ’n stok of ’n klip te wees nie; Hy het vir hom vyf sintuie gegee en ’n hart van vlees sodat hy sy vriende kan liefhê, kwaad kan word vir sy vyande en meegevoel kan hê met sy vriende in teëspoed.” – Martin Luther. Jy as mens is nie ’n klip nie. Jy is ’n emosionele wese, ’n mens. Jy kan lag en huil. Jy kan hartseer of kwaad of baie ander emosies wees. Ons is beslis nie net mad, sad or glad nie. Ons leef egter so maklik emosieloos, afgestomp. Die Bybel vertel nie vir ons van ’n Jesus wat geen emosies gehad het nie. Hy het ook kwaad geword en die verkopers uit die tempel met ’n sweep gejaag. Hy het ook gehuil. Johannes 11:33: Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was hy aangedaan. Jy is ’n mens. Watter emosie beleef jy vandag? So maklik raak ons negatief oor padwerke, tyd wat te min is, foute wat insluip en
nog baie meer. Jy het ’n keuse. Jy kan besluit om ’n positiewer mens te word. Dit begin in jou kop. Want as jy anders begin dink, gaan jy anders begin doen en gaan jy anders begin voel. Die slim mense sê jou brein is omtrent dieselfde as 100 triljoen skootrekenaars. Dit is hoe God jou gemaak het en Hy doen nie halwe werk nie. Jy is ’n mens met ongelooflike potensiaal. Jy het beheer oor wat jy dink. Dink positief oor jouself. Kyk elke oggend in die spieël en noem sewe positiewe eienskappe van jouself. Vertel weer ’n slag vir mense wat jy liefhet hoe jy oor hulle voel. Dit verdubbel jou vreugde. Baie mense rondom jou is negatief, wat ’n invloed op jou het. Selfone, administrasie en e-posse vat ook baie van ons tyd. Moenie toelaat dat hierdie dinge in jou pad staan om die wonderlike jy te wees wat God geskape het nie.
Rus ’n wyle luilekker MAGIES vol, ogies toe. Drie leeuwyfies ontspan heerlik in die koelte onder die kameeldoringbome in die Kgala gadioorgrenspark. Foto: Ilse Watson
Van onbesonne vrees na onbeklaagde gees Lizette Slabber MY pa het ons met sêgoed grootgemaak: “Moet jouself nooit so hard op die skouer klop dat jy neerval nie.” “Dit is beter om soms stil te bly as om die wêreld te wys hoe min jy eintlik weet.” Ek dink hy het toe al vermoed iets soos Facebook gaan bestaan. Maar elke keer as ek afkyk en die persbruin vlek op my duim sien, onthou ek hoe belangrik lojaliteit vir hom was en hoe hy altyd gesê het ’n mens kyk jou probleme in die oë en vlug nie daarvan nie. Ek het eendag vir hom gevra hoekom hy ’n Cheetah-ondersteuner is en hy het met ’n kyk van algehele onbegrip na my gedraai en gesê: “Maar ek bly dan in die Vrystaat.”
Vir hom om vir enige ander span as ’n Vrystaatse of Suid-Afrikaanse span te skree was ondenkbaar. Dit is juis dié lojaliteit en die belangrikheid dat ’n mens jou probleme in die gesig staar wat maak dat ek vandag baie bly is ek het nog nooit aan emigreer gedink nie. As naïewe, dom, onervare en oorbeskermde 18-jarige het ek in 1994 die eerste keer gestem. Ek onthou hoe ons op skool elke maand die noodplan geoefen het, “net vir ingeval”. Ek onthou hoe Casspirs op universiteit buite die eksamensale gestaan het terwyl soldate op en af
tussen ons eksamenskrywende studente gestap het. Ek onthou hoe rassespanning op kampus so erg geraak het dat ’n Junie-eksamen ontwrig is. En ek onthou hoe ons in 1994 gaan stem het met polisie wat vir enige gebeurlikheid gereed gestaan het. Vanjaar was daar weer polisie, maar almal was ontspanne, mense het gesels-gesels gaan stem terwyl kinders op en af gehardloop het. Dit was heerlik om te sien hoe ver ons gekom het. Ek was bly dat ek die afgelope 20 jaar in dié land gebly het. Ek was trots daarop dat ek nooit probeer weghardloop nie en ek is veral trots daarop dat ondanks al ons probleme soveel mense lojaal genoeg is om dié probleme in die gesig te staar en elke dag te probeer om Suid-Afrika net nog wonderliker te maak.
5/23
4/23
4/23
5/24
4/23
4/23
6/25
5/26
5/25
KALM
NO-5
NNW-5
KALM
NO-5
NNW-5
WSW-5
KALM
KALM
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
LIFESTYLE
Natural is best at beating pests ALL gardens have problem animals that can damage plants. Pesticides will kill these “pests”, but they often kill useful creatures such as birds, spiders and lizards, many of which are helpful to the gardener. There are many ways of controlling pests in the garden without using highly poisonous chemicals. Here are some useful hints: ) Ants can be controlled by sprinkling a little agricultural lime over the entrances to their nests. Increased watering will also keep them at bay. ) Many birds eat caterpillars, so avoid using a chemical spray as that may harm some birds. ) Boil up khakibos and once cooled, use a watering can to drench any plants infested with aphids. One teaspoon of green dishwashing liquid per 5 litres can be mixed with the khakibos water. ) Encourage the natural predators of pests to live in the garden by developing dense, bushy areas for coucals, thrushes and robins, all of which are insect eaters. Rocks and logs will provide a home for hedgehogs, frogs, toads and lizards. ) Many pests can be picked off by hand. If one finds aphids on rosebushes, break
off the infested branch and burn it. Remember, most ladybirds eat aphids and one wouldn’t want to kill those symbols of good luck. It is important to note that the glossy ladybirds are carnivorous, but the slightly “furry” matte ones are herbivorous. ) Choose chemicals with great care, making sure that the instructions are followed closely. Underdosing or overdosing can reduce the effectiveness of a chemical and result in pests developing a resistance to the active ingredient. Look for pesticides that are advertised as environmentally friendly. The recent decline in the urban owl population is thought to have been caused by owls dying after eating rats poisoned with a rodenticide. A rodenticide that will not have this effect is Racumin, available from most supermarkets. Once a person stops using chemicals in the garden, there might be a terrific outbreak of insect life in spring. Predators will be attracted by the vast amount of food available, and soon a balance will be established between the pests and their predators. . Source: www.botany.uwc.ac.za
LIZARDS, like this skink, are insectovorous and will get rid of many plant pests.
The murderous might of malaria Ilse Watson MALARIA is a mosquito-borne disease caused by parasitic protozoans that are transmitted by female Anopheles mosquitoes. Only two of the South African National Parks are in a malaria risk area – they are the Kruger National Park and Mapungubwe National Park. In both these parks the risk is usually low and seasonal. The threat of malaria should not affect your decision to enjoy and experience the beauty South Africa has to offer.
However, you should be aware of and take the necessary precautions and prevention. When should you see a doctor? If you have been to a malaria area – even if you have taken prophylaxis – you must see a doctor immediately if you develop the following: ) Chills. ) Fever. ) General pains and aches. ) Headache. (The above symptoms are also present in influenza).
Malaria facts: ) Malaria kills a child every 30 seconds. ) Every year more than 500 million people contract malaria. ) Malaria accounts for one in five of all childhood deaths in Africa. ) Malaria is transmitted by female mosquitoes of the genus Anopheles. Treatment for malaria: The treatment for malaria should not be initiated until a complete diagnosis has been established by laboratory investigations. “Presumptive treatment” without the
benefit of laboratory confirmation should be reserved for extreme circumstances only. Once the diagnosis of malaria has been made, appropriate antimalarial treatment must be initiated immediately. Treatment should be guided by three main factors: ) The infecting Plasmodium genus. ) The clinical status of the patient. ) The drug susceptibility of the infecting parasites as determined by the geographic area where the infection was acquired and the previous use of antimalarial medicines. . Sources: Health24.com; Wikipedia.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
Help diere op paaie beveilig NATUURLIEFHEBBERS help om die slagting van diere op die land se paaie te verminder. In baie lande word toenemend erken die doodry van diere is ’n bedreiging vir verskeie spesies. Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe het in 2012 die Natuurlewe-en-vervoerprogram (EWT-WTP) begin om die probleem te pak en bewusmaking te skep van die bedreiging wat paaie en padgebruikers op die natuurlewe het, asook om oplossings vir die probleem te probeer vind. Om diere te sien wat doodgery is, is die visuele impak wat paaie op ons natuurlewe het, maar die onregstreekse uitwerking wat paaie het, is nie so sigbaar nie, maar net so belangrik. Paaie mag onstabiele meta-populasies skep deur die fragmentering van habitat, die beperking van wilde diere se bewegings en deur populasies te isoleer. Hierby kom die probleme die voertuie se uitlaatgasse dra tot lugbesoedeling by en die afloopreënwater spoel brandstof, olie en ander stowwe van die pad wat lei tot waterbesoedeling wat ’n onregstreekse impak op die natuurlewe het. Hoe kan ’n mens help? Een van die maniere om te help is deur ’n vrywillige “wetenskaplike” (citizen scientist) te word wat inligting versamel sodat die bedreigings verstaan en belangrike roetes geïdentifiseer kan word sodat dit beveilig kan word. Vrywillige “wetenskaplikes” se inligting kan groot voordele inhou. ’n Onlangse studie deur die EWT-WTP het die belangrikheid van inligting-insameling deur die publiek uitgewys. Die resultate sal tweeledig wees: Dit sal die gebiede aantoon waar baie diere doodgery word en sal mense se kennis oor die impak van paaie verbreed sodat doeltreffende beveiligingsmaatreëls toegepas kan word. Deur sosiale media kan die padgebruikers die diere wat doodgery is, aanmeld.
’n SKILPAD langs ’n grondpad.
HIER is ’n likkewaan wat doodgery is.
Foto’s: Verskaf
Hoe word die inligting gebruik? Dit word veronderstel die inligting-insameling deur die publiek sal tot meer kostedoeltreffende langtermyn-monitering van padsterftes van diere lei. Deur die publiek bewus te maak van die probleem word gehoop die padsterftes van diere sal afneem. Dit gee ook ’n aanduiding van waar die grootste probleme is. Hoe om aan Brake for Wildlife deel te neem: Wanneer jy reis en enige dier of voël sien wat doodgery is, meld dit by die WTP aan en hy sal die inligting gebruik. Waarnemings kan ook gestuur word na die e-posadres roads@ewt.org.za. Die volgende inligting word benodig: ) Plek (GPS-koördinate indien moontlik). ) Spesie en die datum. ) Indien moontlik om te stop en foto’s te neem. . Bel Wendy Collinson by 073-596-1673 of kontak haar by roads@ewt.org.za. . Inligting verskaf deur Ronelle Visagie van die Platberg-Karoo-roofvoëlprojek van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
FOTOKOMPETISIE
Skryf nou in vir fotokompetisie Lizette Slabber SKRYF nou in vir die Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie van die Kalahari Bulletin. Elke maand het dié fotokompetisie ’n ander tema en dié maand moet jy daardie spesiale oomblik op kamera vasvang en vir ons stuur. Die Kalahari Bulletin se fotokompetisie het in Mei saam met Orange River Cellars ’n interessante wending geneem deur die slagspreuk van dié kelder as tema te gebruik.
ORANGE RIVER CELLARS en die Kalahari Bulletin soek dié maand foto’s wat daardie spe siale oomblikke in die lewe vasvang. Die wenfo to’s gaan in advertensiemateriaal so dié ge bruik word. Foto: verskaf
Orange River Cellars en die Kalahari Bulletin is nou op soek na foto’s wat daardie spesiale oomblik vasvang; ’n oomblik wat met ’n lekker glasie plaaslike wyn gevier moet word. Die foto hoef nie ’n glas wyn of wynbottel te bevat nie; dit moet net ’n spesiale oomblik uitbeeld. Drie wenners gaan gekies word en al drie wenners se foto’s sal in die wynkelder se bemarkingsmateriaal gebruik word. Die wenners ontvang ook ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar. Die drie wenners gaan gekies word uit die kategorieë vir beste amateurfoto, die beste professionele foto en die foto wat die meeste likes op Facebook kry. Professionele fotograwe kan dus ook in Mei inskryf. Stuur jou inskrywing voor 31 Mei aan lizette.slabber@volksblad.com. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ’n daaglikse ontbyt in, asook ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt elke dag in een van die NC Famous Lodges. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebook-blad geplaas word. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Vir Mei se kompetisie moet fotograwe aandui of hulle amateur- of professionele fotograwe is. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
CORA VENTER (regs) van Montagu Fruit and Nuts oorhandig Abrie van Niekerk se geskenkpak aan Phidelia Abrahams, verkoopsbestuurder van die Kalahari Bulletin. Montagu het die prys vir die wenfoto in die sonsopkoms en ondergangfotokompetisie geskenk. Foto: Lizette Slabber
PHIDELIA ABRAHAMS, verkoopsbestuurder van die Kalahari Bulletin, oorhandig die geskenkpak van die Orange River Cellars aan Rudy van Tonder. Hy het die geskenkpak vir die foto met die meeste likes op Facebook namens sy seun, Rudy, ontvang. Foto: Lizette Slabber
Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.
DONOVON EVA van Upington het dié besonderse foto geneem.
Foto: Donovon Eva
VICTOR VENTER het dié pragtige foto vir die Jou oomblik, ons wynkompetisie ingeskryf.
Foto: Victor Venter
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
9
Haal topverkoperlys OOR Laaste dans, Drienie: Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by lt. Muller Joubert verbyloop, was Muller seker daar was in jare nie so ’n bisarre saak nie en daar sal nie gou weer so een wees nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan.Wat die liefde betref, is niemand se hart veilig nie; dit weet Muller maar te goed, want die meisie wat hy liefhet, is blykbaar nie vir hom beskore nie. En dan kom vertel ’n tannie hom van haar laaste dansparty in 1941. Twee broers. Een oorlog. Een meisie. Een liefde. Een kans. En ’n liefdesverhaal wat reeds sewentig jaar wag om vertel te word.
Orania sê dankie SCHALK ALBERTYN, OraniaMaatskaplike Raad: DIE Orania- Maatskaplike Raad (OMR) se visie is om die maatskaplike welsyn van al die inwoners van Orania deur maatskaplike, mediese en ander welsynsdienste te bevorder. Alle skenkings wat van plaaslike en buite-instansies ontvang word, word deur die OMR-kantoor bestuur en aan noodlydendes versprei. Verskeie skenkings van individue en instansies in Kuruman is deur die OMR ontvang – onder meer die Helpende Hand-tak in Kuruman en ook die Laerskool Kuruman. Ons wil hiermee besonder dankie sê vir die groot en bruikbare skenkings wat ontvang is. Dit het ’n positiewe verandering in baie mense, veral kinders wat behoeftig is, se lewe gemaak. Op so ’n wyse keer ons die kruipende armoede om wat ons mense se toekoms bedreig.
DIE Kalahari Bulletin het ’n webblad met interessante artikels, nuus, fotogalerye en sportnuus. As jy vorige uitgawes van die koerant misgeloop het, besoek www.kalaharibulletin.co.za om al die nuus te lees. Die koerant kan ook digitaal gelees word. Kyk aan die regterkant van die skerm – rol ’n entjie af, kies die koerant wat jy wil lees (die Kuruman-, Upington- of Kathu-uitgawe) en klik op die swart blokkie.
EEN van die boeke van emiritusaartsbiskop Desmond Tutu wat gewen kan word.
Wen boeke Ilse Watson
DIE Kalahari Bulletin het elke week ’n boekhoekie waarin nuwe boeke aan lesers bekend gestel word. Die Kalahari Bulletin se kantoor in Kuruman het ook ses boeke wat deur lesers gewen kan word. Daar is Dogtective en Anna Atoom en die seerower se dolk deur Elizabeth Wasserman, en Abantwana baka Thixo en drie boeke van Children of God, Storybook Bible deur emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Hoe kan jy ’n boek vir jou kind wen? Besoek die Facebook-blad van die Kalahari Bulletin by www.facebook.com/kbulletin. Kliek like en stuur ’n SMS na 079-831-5579 met jou naam om in aanmerking vir die pryse te kom. Die sluitingsdatum om dié boeke te wen is einde Mei. Die wenners sal in die uitgawe van 5 Junie aangekondig word.
DIÉ boek van Steve Hofmeyr, Laaste dans, Drienie, is een van die topverkopers op Ama zon. Die boek is ook in ’n Kindleweergawe be skikbaar. Besoek www.amazon.com om die boek aan te koop. Die boek kan ook by Kalahari.com gekoop word.
DIÉ boek van die Volksbladjoernalis Charné Kemp, Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel, is ook een van die topverkopers op Amazon. Die boek is beslis een wat gelees moet word. Die Kalahari Bulletin gee een getekende boek weg. Stuur ’n SMS aan 0798315579 met jou volle name en tik “griekwa” in om in aanmerking vir die boek te kom. Die wenner sal einde Mei aangekondig word.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
GOING GREEN
Save the world – plant a tree THE Kalahari Bulletin commenced with a series called Going Green. The purpose is to inform the community about keeping their towns clean, looking after the environment and what can be done to save the earth. This week the importance of trees are discussed. Do you do something like recycling? Do you have an organic garden? Share your tips with the Kalahari Bulletin and send it to ilse.watson@volksblad.com. You can also invite the editor to visit your green project. Call Ilse on 079-831-5579. Ilse Watson TREES are a very important components of our environment as they absorb carbon dioxide and turn it into oxygen. This natural carbon dioxide cycle keeps a balance in the amount of oxygen in the atmosphere. Unfortunately, our actions and behaviours cause changes that upset this natural balance. Also, the creation of too many greenhouse gases cause an imbalance with heat being trapped in the earth’s atmosphere. The overall temperature increase results in global warming. Plant a tree for life: ) Purchase trees, plant them and make a difference to our world. ) Planting a tree in someone’s name is also a great gift. ) When you plant trees, it assists in offsetting your carbon emissions and in making South Africa greener. Trees highligted in 2014: ) Common: Lavender tree (Heteropyxis). ) Rare: White Ironwood (Vepris lanceolata).
THE wellknown camelthorn trees of the Kalahari. Where did Arbor Day start? It originated in Nebraska, United States of America. A.J. Sterling Morton persuaded a local agricultural board to set aside a day for planting trees. He encouraged participation in the event by publishing articles on the value of trees for soil protection, fruit, shade and building. On 10 April 1872, on the first official Arbor Day, the people of Nebraska planted one million trees. Measure your carbon footprint: Your carbon footprint is your personal measure of how much carbon dioxide you
Photo: Ilse Watson
create. As trees grow, they absorb and store carbon dioxide that would otherwise be emitted into the atmosphere. Different trees absorb different amounts of oxygen. Planting trees is one way of reducing your impact. It is important to take other steps to reduce your emissions. How do you plant a tree? ) Dig a hole of half a metre wide. ) Separate the top soil from the lighter bottom soil – the darker soil must be put in the bottom of the hole. ) Remove the tree from its container and place it into the hole.
) The tree’s base should be below ground level. ) Mix a small amount of compost into the lighter soil and pack it in the hole. ) Measure one spade-length around the tree and remove all the grass and weeds from this space. ) Water the tree and add a 10 cm layer of mulch around the tree (it shouldn’t touch the tree). The tree should be watered once a week. After the first year, water the tree only when the soil is dry. . Source: www.greenworks.co.za.
Global warming – not just a concept full of hot air WHAT is global warming? It refers to an unequivocal and continuing rise in the average temperature of the earth’s climate. The technical term for global warming is anthropogenic global warming. Anthropogenic means it originates from the activity of humans, which has increased since the Industrial Revolution. The earth is warmed by the sun’s rays. These rays, what we see as sunlight, enter the earth’s atmosphere. It is absorbed and
is reflected back out to space again. This is heat. Since 1971, 90% of the warming has occurred in the oceans. Despite the oceans’ dominant role in energy storage, the term “global warming” is also used to refer to increases in the average temperature of the air and sea at the earth’s surface. Each of the last three decades has been successively warmer at the earth’s surface than any preceding decade since 1850.
Greenhouse gases: The atmosphere is made up of layers of gases. Some of these are known as greenhouses gases. They are natural gases which form a thermal blanket over the earth. It traps enough heat in the atmosphere and it also lets some of the rays go back into space. This effect keeps the earth’s temperature at the correct levels for humans, animals and plants.
The average temperature of the earth is 15 – 16°C. Without these gases, the earth’s temperature would be minus 18 °C; freezing cold. Greenhouse gases are natural and they are made out of: Water vapour and carbon dioxide (CO2); The lesser gases are methane, nitrogen oxide, ozone and chlorofluorocarbons (CFCs). ) Sources: www.greenworks.co.za; wikipedia.
AN example of a Lavender tree.
Planting trees? Let us know SEPTEMBER is Arbor Month and on 1 September it is Arbor Day. From 1 to 7 September it is Arbor Week. Arbor Month promotes the planting of trees. Are you, your school or your company planning the
planting of trees somewhere in your community? Please inform the Bulletin so that we can attend the event and write your story. Send an e-mail to ilse.watson@volksblad.com or call 079-831-5579.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014 ) Die NG kerk Die Oog se kerkbasaar vind op 17 Mei om 10:00 plaas. Vanjaar neem die basaar die vorm van ’n kunsmark aan. Dieselfde aand word ’n dansparty aangebied – Die Broers tree op. Dit vind in die saal van die Laerskool Seodin plaas. Vir verdere inligting en kaartjies bel die kerkkantoor by 053-712-2567. ) Die Kuruman-tak van die Vroue-Landbouvereniging (VLV) hou op 24 Mei sy jaarlikse gholfdag. Vir meer inligting skakel 083-557-2365.
Registreer jou nou al vir Spontaan-oudisies ) Stuur gebeure wat jy graag in die Bulletin se dagboek wil plaas gerus na ilse.watson@volksblad.com. Sodoende word die gemeenskap ingelig van al die wonderlike aktiwiteite wat in die omgewing plaasvind.
Seodin road fixed Ilse Watson RESIDENTS of Kuruman and surrounding areas must please note that as from the end of May the Seodin road will be closed for reparations. The closed section will stretch to the crossing of Ben Malan Street. During the upgrading of this road a new traffic circle will be built. The road will be closed until the end of October. The changes and re-structuring of this road will result in traffic moving better and at a faster speed. This road is regularly used by heavy vehicles and this causes congestion.
Alternative routes are being planned so that vehicles can still travel in this area. The construction of the new Kuruman Mall has already commenced and because of the building process even more heavy trucks will use this road to deliver construction material to the site. John Valtyn, manager of the new mall, requests residents to be patient and thanks everybody for their support and understanding. Regular updates of the construction process will be published in the Kalahari Bulletin. Queries can be directed to Valtyn. Call him on 084-319-8436.
Rooiskool beplan reünie CHRIS MOOLMAN is op soek na 1964-matriekleerlinge van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool). Hy het probeer om al sy ou klasmaats per e-pos te kontak, maar dit was nie baie suksesvol nie. “Ons 1964-garde is nou ’n klomp afgetrede leeglêers. “Ek wil baie graag al die matrieks vir die hou van ’n 50-jaar-reünie opspoor,” vertel Moolman. Die 50-jaar-reünie word vir 11 Oktober beplan en Moolman is die koördi-
11
neerder van al die reëlings. Die “verlore” matrikulante wat belang stel om saam te kom kuier kan Moolman by 082-928-9024 bel of e-pos aan hom by cmoolman.moolman@gmail.com stuur. Mense wat per gewone pos met hom wil kontak maak, kan skryf aan Posbus 335, Klein-Brak 6503. Reünies is ’n geleentheid om al ’n mens se skoolmaats weer te sien en heerlik saam te kuier en te lag en gesels oor die ou dae.
OP 28 Mei vind die oudisies vir die Spontaankompetisie vir Kathu, Kuruman en omgewing plaas en groot pryse kan gewen word. In dié uitdunronde, wat om 14:00 by die Kathuhari-gastehuis begin, word ’n streekwenner gekies wat aan die eindronde op die Vryfees in Bloemfontein gaan deelneem. Talentvolles kan hulle nou al by die Kalahari Bulletin se kantoor in Kathu of Kuruman registreer of hulle op die dag van die oudisies van 13:30 tot 14:30 in die Kathuhari-gastehuis registreer. Dié kompetisie, wat jaarliks deur Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante aangebied word, brei vanjaar van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uit. Enigeen met ’n besonderse talent kan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Deelnemers moet alles wat hulle nodig het om deel te neem na die oudisie bring. Die oudisie is gratis. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die oudisie aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien daar nie ’n gepaste kandidaat is nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie vir die eindronde in Bloemfontein wees. Dit vind in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus plaas. Jy moet jou eie vervoer en verblyf reël as jy ’n streekwenner is.
Pryse wat gewen kan word, sluit in: ) SpecSavers: pryse van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en visitekaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf ter waarde van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense; ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
Donate to welfare of your choice Ilse Watson THE Tekkie Tax campaign was started to raise funds in order to support various welfare organisations across a variety of service delivery fields. A total of 15 national welfare organisations have joined forces under one big national fundraising campaign called Tekkie Tax. The first Tekkie Tax campaign took place in 2013 and R2,4 million was raised. More than 180 local NGOs participated. Members of the public are asked to get a Tekkie Tax sticker for a R10 donation. There are five different stickers, each representing a beneficiary sector. Depending on where your heart lies, you can choose which one of the five sectors you would like to support – the sectors are Animals, Basic family care, Children, Disability or Education. On Tekkie Tax Day on 30 May you wear your sticker(s) and, of course, your tekkies. You can also donate via your cellphone. Simply SMS A, B, C, D or E to 44400. You will then donate R10 to the beneficiary sector of your choice. Some of the national beneficiaries are: Endangered Wildlife Trust, Pet Welfare SA, Hospice, Meals on Wheels, Childhood Cancer Foundation, Child Welfare SA, Epilepsy SA and SOS Chilren’s Villages. ) The Kuruman Animal Welfare is in charge of the Tekkie Tax campaign here. They are raising funds for their animals and they would like to sell 5 000 stickers. Stickers can by obtained from Janine (072-334-0199), Yvonne (082-565-2455) and Michelle (076-756-6616). ) There are also stickers available at the office of the Kalahari Bulletin.
Foto ter illustrasie.
Help buurtwag Ilse Watson
Beloof trou aan mekaar REGAN EN WENDY VALLA van Kuruman is op 22 Maart in die UCCSA kerk in Wrenchville getrou. Die huwelikbevestiging is deur past. Nathan Isaacs waargeneem. Foto: Verskaf
DIE Kuruman-buurtwag maak staat op lede van die gemeenskap wat bereid is om saans die strate te patrolleer. Hulle is belangrik in die stryd teen misdaad. “Dit gebeur gereeld dat ’n man met ’n paar plastieksakke by hom by ’n winkel sit. Dit lyk asof hy eet. Intussen sit hy met ’n steutelknoppie (afstandbeheer) by hom en sodra ’n mens jou motor sluit, druk hy die knoppie. Dit deaktiveer die sleutelknoppie,” sê die hoof van die Kuruman-buurtwag wat nie sy naam genoem wil hê nie. Dit is ook al maande ’n probleem dat booswigte by parkeergebiede met ’n afstandbeheerknoppie sit en sodra ’n mens jou motor wil sluit, deaktiveer hulle dit. Inwoners moet dubbel seker maak hul voertuig se deure is gesluit voordat hulle wegstap. Die burgerregte-organisasie AfriForum het plakkers en
spesiale ligte vir die buurtwag se voertuie voorsien. Tweerigting-radio’s sal ook aan hulle oorhandig word. Kwaaddoeners ry snags met motors sonder registrasieplate rond. In ’n onlangse geval het ’n alarm by ’n huis afgegaan. Die sewe voertuie van die buurtwag het na die huis gejaag. Met hul aankoms het die booswigte in die bosse weggekruip, maar nadat hulle die voertuie (toegerus met skerp ligte) gewaar het, het hulle weggehardloop. Die buurtwag het 30 lede. Nog mense word benodig om die krag van die buurtwag te versterk. Hoë sigbaarheid van die buurtwaglede sal verseker dat die gebiede veiliger sal wees. Indien jy jou by die buurtwag wil aansluit, bel Ilse by 079-831-5579. ) Lees belangrike inligting op die Kalahari Bulletin se webblad – www.kalaharibulletin.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
2for
t a e r g te a r b e l s! Ce u h t i Deals w
44 years of
nline at g
logue o w this cata
14 Vie
20 - 18 May 4 1 d li a v Prices
SAVINGS!
R
29 per kg
Festive Fresh Chicken Braaipack 8 Piece
650 each
3990
Parmalat Steri Stumpie 350ml
per kg
t "TTPSUFE
47
90
per pack
25
R
ame.co.za
Mushrooms 250g
Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 2kg
48
69
90
per kg
18
25
R
4690 1290
Stewing Beef Cubed
6290
Beef Shin
per kg
Lamb Stew
per kg
per pack
Green Peppers
1490
per pack
Cheddar or Gouda Cheese Value Pack
shop any W it h so much value, w hy
R
3for
Ground Beef Mince
per kg
90
2for
Soup Pack
w here else?
or we’ll BEAT it*
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
Jag sy passie Benneli Olivier Van der Walt “SOU ek die res van my lewe net twee soorte wild kon jag, sou dit blesbokke en vlakvarke gewees het.” Só sê Jaco Goosen, voorsitter van die Sishen-skietklub en ’n ywerige jagter van Kathu. Hy het op 26 jaar ernstig saam met sy pa begin jag en jag nou al die afgelope 14 jaar. Volgens Goosen is dit vir enige jagter ’n groot uitdaging om ’n blesbok plat te trek. Die stap-en-bekruip-tegniek is die aangewese manier om dié soort bok in die vlaktes te jag.
Dit bied ’n groter uitdaging as om die dier van ’n bakkie af te skiet. “ ’n Mens gaan soek hom as’t ware in sy eie sitkamer.” Met ’n vlakvark moet die jagter die dier eers uitsnuffel en dan uitoorlê sonder dat die geslepe dier agterkom daar is moeilikheid. Die beste tyd om ’n blesbok te jag is in die winter. “Van Oktober tot Februarie is dit te warm om in die veld agter die bok aan te loop. En in Augustus het die meeste van die diere kleintjies.” Vlakvarke word partykeer as ’n plaag aangesien en is relatief volop beskikbaar. “ ’n Mens kan hom die hele jaar jag.”
Goosen benut al die vleis van die diere wat hy doodskiet. Die belangstelling in jag waar jagters na teikens op die skietbaan of in die bos skiet, neem fluks toe in Kathu. Rig navrae oor die Sishenskietklub in Kathu aan Jaco Goosen by 082-824-0720. Besoek die klub se Facebook-blad: https://www.facebook.com/pages/SishenSkietklub/526626444032609?fref=ts.
JACO GOOSEN van die Sishenskietklub met sy 243 Winchesterjaggeweer. Omdat hy links handig is, is die geweer spesiaal vir hom gebou. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Beleef haar eerste jagtog CHRISTIAAN KLINDT van Wildman se dogtertjie Carla het haar eerste jagtog beleef en baie daarvan gehou. Die storie oor dié jagtog is in die tydskrif Wildland geplaas. Gaan lees by www.kalaharibulletin.co.za hoe sy haar eerste jagtog beleef het. Foto: Verskaf
Wildbedryf oes groot geld vir SA Ilse Watson DIE Kalahari bly ’n plek met sy eie bekoring. Lede van die Kalahari-jagtersvereni-
ging en lede van Wilden-wragtag jag byvoorbeeld ’n gemsbok op konsessiegrond wat aan die plaaslike gemeen-
skapslede van Khuis naby die Middelputsgrenspos met Botswana behoort. Dit is ’n goeie voorbeeld van hoe sukses-
vol grondhervorming kan wees as die gemeenskap wat hul grond teruggekry het en boere van die omgewing hande vat om ’n wildboerdery vir die gemeenskap te begin en sodoende werk en inkomste te skep. Interessante onderwerpe soos kamoeflering en die instel van ’n teleskoop word ook bespreek. ’n Goeie jaggeweer het goeie ammunisie nodig. Wildboerdery is ’n belangrike deel van landbou in Suid-Afrika. Op 10 000 wildplase – wat altesaam sowat 20 miljoen hektaar beslaan – kom meer wild voor as in al die nasionale en provinsiale parke saam. Wildboerdery dra betekenisvol by tot die bruto binnelandse produk van die land deur werkgeleenthede, eko-toerisme en ander wildverwante bedrywighede. Die jaarlikse bruto inkomste uit die wildbedryf word op sowat R12 miljard geraam.
Die regstreekse ekonomiese uitwerking van jag is R5,6 miljard. Altesaam R2,59 miljard word aan algemene uitgawes, waaronder jagtoerusting en ammunisie, bestee. In Suid-Afrika is 250 000 jagters van wie ongeveer 60 000 lid van ’n jagtersvereniging is. Wild-en-Wragtag is gemik op die werksaamhede en uitdagings van wildboerdery, bewaring en jag. Die program se inhoud is op die wildboer, bewaarder, jagter en natuurliefhebber gemik. Wild-en-Wragtag se program dra inligting interessant, boeiend en visueel aantreklik tot voordeel van die wild- en jagbedryf oor. ) Lees meer oor jag op die webblad http://www.wildenwragtag.co.za. ) Enigeen wat hom of haar by die Kalahari-jagtersvereniging wil aansluit, kan Esjee Koorts by 082448-1002 bel.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
TE KOOP
EIENDOMME
DRYWERS
WOONSTELLE TE HUUR
DRYWERS BENODIG: Tydelike drywers met geldige rybewys benodig om aflewering te doen. Handig CV in by Debonairs Kuruman, Spar-kompleks, Hoofstraat.
3650
KLERASIE 1615
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
3250
KURUMAN: Woonstel te huur. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 079 618 3972.
ALGEMEEN 3680
TE KOOP
ALLERLEI 1655
3201
GOEDERE TE KOOP Kamptoerusting 13 skouermonteringtrofeë (5 Roland Ward) Multi-gasbraaier Staalliasseerkabinette 2 motorfietsvalhelms Houtwerkbank Gereedskap Verskeidenheid los toerusting Bogenoemde kan besigtig word by Seodinweg 27, Kuruman, of skakel Johan Bateman by 083 265 1524 vir 'n afspraak.
OP SOEK NA PERSOON vir ons 'fitment'-sentrum wat binnekort in Kuruman open. Die persoon moet ondervinding hê van meganies en Auto Lec en moet ook kan sweis en 'n basiese 'all rounder' wees. Hoef nie gekwalifiseerd te wees nie. Stuur CV na: anton@formpropspty.co.za POS BESKIKBAAR BY bekende sekuriteitsmaatskappy. Beheerkameroperateur/admin-dame in Kuruman. Bestuurder/supervisor in Kuruman/Kathu. Faks CV na 086 236 2723 of skakel 083 263 2790.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
BOEDELKENNISGEWINGS
SKOONMAAKDIENSTE
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
1805
4201
AJ van Zyl In die boedel van wyle Albertus Johannes van Zyl, voorheen woonagtig te DIE PLAAS LUCAS VLEI, POFADDER 8890. Boedelnommer 3218/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 15 Mei 2014. JORDAAN & MANS ING Prokureurs vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 annemarie@jorman.co.za
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
I. Sulliman
VOLWASSENES
PRIVAAT 2015
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.
VOERTUIE
HUISE TE KOOP 3275
KURUMAN: 3 slaapkamers, 2 badkamers. R1,2 miljoen. Skakel Martin 078 477 7392.
HUISE TE HUUR 3270
KURUMAN: 4-slaapkamer-woonhuis te huur. Skakel tydens kantoorure 053 712 3406.
BETREKKINGS 3600
SLEEPWAENS 3040
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072.
In die boedel van wyle Ismail Sulliman, identiteitsnommer 400805 5035 082, en nagelate gade Janap Sulliman, identiteitsnommer 410426 0019 084, wat binne gemeenskap van goedere getroud was, woonagtig by Brinkstraat 18, Wrenchville, Kuruman, Kuruman-distrik, Noord-Kaap, boedelnommer 3544/2009. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley, en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 15 Mei 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN CLERKS NEEDED for data listing work. SMS full name/address to 071 548 6944 or e-mail d.workforce7@gmail.com
J. Olivier In die boedel van wyle Judy Olivier, identiteitsnommer 470105 0107 084 van Cowburnstraat 40, Kuruman 8460. Boedelnommer: 2508/2013 Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 16 Mei 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros, Kuruman. Geteken te Kuruman op die 25ste dag van April 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
BETREKKINGS Sedibeng Water, with its headquarters situated in Balkfontein just outside Bothaville, has an operational area that covers about 86 000km² making it one of the largest water utilities providing services to approximately two million people across three provinces, namely Free State, North West and Northern Cape. Excellent opportunities exist for dynamic individuals who will fulfill the role of the vacant positions at our Water and Sewage Plant in the North West Region. These positions seek individuals who have the expertise to perform duties as captured below:
PROCESS CONTROLLER CLASS V • CHRISTIANA SEWAGE PLANT
Requirements: • The successful candidate will be required to control effluent quality • Manage the treatment process • Supervise and train staff • Take samples and do analysis • Ensure adherence to SHE rules and regulations • Ensure optimal functioning of the plant, and • Manage transport. To be considered for appointment, candidates must be in possession of: • Matric • NTC3 in Water and Waste Water Treatment Practice • Fifteen (15) years' relevant experience or equivalent qualification (to be registered as a Class V Process Controller) • Strong interpersonal and people skills • Good Organisational skills • Strong communication skills at all levels • Good planning • A valid driver’s licence (B/EB) • Computer literacy will be an added advantage.
PROCESS CONTROLLER CLASS V
• KGOMOTSO WATER TREATMENT PLANT Requirements: •The successful candidate will be required to control drinking water quality • Manage the treatment process • Supervise and train staff • Take samples and do analysis • Ensure adherence to SHE rules and regulations • Ensure optimal functioning of the plant, and • Manage transport. To be considered for appointment, candidates must be in possession of: • Matric • NTC3 in Water and Waste Water Treatment Practice • Fifteen (15) years' relevant experience or equivalent qualification (to be registered as a Class V Process Controller) • Strong interpersonal and people skills • Good organisational skills • Strong communication skills at all levels • Good planning • A valid driver’s licence (B/EB) • Computer literacy will be an added advantage.
PROCESS CONTROLLER CLASS III • PAMPIERSTAD SEWAGE PLANT
Requirements: • The successful candidate will be required to monitor effluent quality and the wastewater treatment process • Calibrate instruments • Monitor the pump station • Ensure adherence to safety measures in the work environment. To be considered for appointment, candidates must be in possession of: • Matric • NTC1/NQF 3 in Water and Waste Water Treatment • Nine (9) years' relevant experience or an equivalent qualification (to be registered as a Class III Process Controller), and • A valid driver’s licence EB (Code 08)/B/EB.
PROCESS CONTROLLER CLASS III (X2) • PUDIMOE WATER TREATMENT PLANT
Requirements: • The successful candidate will be required to monitor drinking water quality and the water treatment process • Calibrate instruments • Monitor pump stations and reservoirs • Ensure adherence to safety measures in the work environment. To be considered for appointment, candidates must be in possession of: • Matric • NTC1/NQF 3 in Water and Waste Water Treatment • Nine (9) years' relevant experience or equivalent qualification (able to be registered as a Class III Process Controller), and • A valid driver’s licence EB (Code 08)/B/EB. Written applications, together with a detailed Curriculum Vitae (maximum 3 pages) and relevant documents can be forwarded to the Human Resources Officer, Private Bag X2, Hartswater 8570 or e-mailed to jbaeba@sedibengwater.co.za Enquiries can be forwarded to Mr J. Baeba at (053) 474-0103/42. Please note that applicants who have not heard from us within four (4) weeks after the closing date should accept that their applications were unsuccessful. The organisation reserves the right not to make an appointment. All appointments will be made according to the organisation’s Employment Equity Plan. CLOSING DATE: 21 May 2014. SSRA 101725
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
HMO-atleet beleef uitsonderlike jaar CHRISTIN FOX, ’n leerling aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas, het vanjaar een van haar uitsonderlikste atletiekjare nog beleef. Christin neem aan die naellope, hekkiesnommer en verspring vir meisies o.15 deel en het die jaar begin deur vyf rekords op die HMO se kleure-atletiekbyeenkoms te verbeter. Op die Hoërskool Hartswater se Top20-atletiekbyeenkoms is sy as die beste meisie-atleet en die beste hekkie-atleet op die byeenkoms aangewys. Op die Oranje-unie-atletiekbyeenkoms het sy vyf eerste plekke behaal en in elke geval die rekord verbeter. Op die ZF Mgcawu-distriksbyeenkoms het sy in al vyf haar atletieknommers vir die Noord-Kaap-atletiekbyeenkoms gekwalifiseer. Op dié byeenkoms het sy haar vyf atletieknommers na net drie verminder, maar het ook hier drie eerste plekke behaal en ’n provinsiale rekord in verspring verbeter. Sy het vir die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms in Polokwane gekwalifiseer, maar ter voorbereiding vir dié byeenkoms het sy eers aan die Bellville-permitbyeenkoms deelgeneem. Deelname aan dié byeenkoms is net vir die Suid-Afrikaanse topatlete beskore. Sy het die 90 m-hekkies gewen en tweede plekke in die 100 m en verspring behaal. In Polokwane op die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms het sy ’n goue medalje in die verspring en bronsmedaljes in die 100 m en die 90 m-hekkies gewen. Na dié byeenkoms het sy aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) se atletiekbyeenkoms in Coetzenburg deelgeneem. Christin het hiér vir die halfeindronde gekwalifiseer, maar ’n ernstige val het haar deelname aan die 90 m-hekkies kortgeknip. Met stukkende kniekoppe het sy steeds ’n silwermedalje in die verspringnommer gewen. Christin is die enigste dogter van Floyd en Louise Fox van Augrabies. Sy word deur die HMO se skoolhoof, Jacques Kotze, en Marcus le Grange, voormalige Suid-Afrikaanse rekordhouer in die 400 m-hekkies en verspring, afgerig.
CHRISTIN FOX van die Hoërskool Martin Oosthuizen van Kakamas. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
19
Aangewys as toppresteerders vir kwartaal
DIE toppresteerders vir gr. 8 is van links Chuene Kekena (derde), Carel Erasmus (eerste) en Louis du Plessis (tweede). DIE toppresteerders van die Hoërskool Kalahari in die eerste kwartaal is in gr. 12 van links Aldone Ward (derde), Tayla Botha (eerste) en Alri van den Berg (tweede). Foto’s: Dalene Coetzee
DIÉ gr. 9leerlinge aan die Hoërskool Kalahari is die toppresteerders in hul graad. Van links is Liané Muller (derde), Bea Wiid (eerste) en Joanné Venter (tweede).
DIE gr. 10leerlinge van die Hoërskool Kalahari wat topprestasies behaal het, is van links Gerhard Gregory (tweede), Pierre van der Walt (eerste) en Annabelle Smith (derde).
Raad oor donkies JAN OOSTHUIZEN, Kathu: Ek is ’n nuwe inwoner van Kathu en ook van die Noord-Kaap, hoewel die Noord-Kaap nie vir my vreemd is nie. Donkiejare reeds is donkies ’n probleem in die provinsie en nog geen raad of plan van aksie kon die probleem nog oplos nie. Hulle bly maar ’n gevaar op die paaie. Ek ry baie Pretoria toe en hou daarvan om snags te ry. Maar dan is die diere op die paaie ’n groter gevaar as bedags. Die hoofrede is ’n mens kan hulle nie sien nie. ’n Donkie is soos ’n verkeersbeampte – wanneer jy hom sien, is dit te laat. Maar ek verkies ’n verkeersman se boetekaartjie bo die skade aan my voertuig nadat ek ’n donkie raakgery het. Dit is nou sou ek die ongeluk oorleef. Baie mense het weens ongelukke met donkies skade gely en baie het ook hul lewe verloor.
Wat doen ons aan die probleem? Elkeen het ’n plan, maar niemand se plan werk nie. Inwoners is al desperaat en dreig om die donkies te skiet. Ons kan egter nie al die donkies net skiet nie. Dan ontneem ons die gemeenskap van sy kultuur en dalk ook mense enigste vorm van vervoer. Heinings werk ook nie. Wat gaan werk? Saterdagoggend het ek weer na Pretoria gery. Dieselfde dag om 21:00 was ek terug in Kathu. Daar was weer plek-plek donkies op die pad. Ek stel voor die donkies word vir motoriste snags sigbaar gemaak. Sit vir hulle glimhalsbande om hul nekke. Dan kan ons hulle darem sien. Dit is goedkoop, maklik en doeltreffend. Voetgangers (baie van hulle) dra snags glimbaadjies. Sodoende kan ’n mens die voetganger al van ’n afstand af sien. Ek stel voor ons nader die myne, munisipaliteite, gemeenskappe en selfs vervoermaatskappye wat baie skade weens botsings met donkies lei. So kan ’n mens dan geld insamel om die glimhalsbande te koop. Ek sal self R1 000 vir die projek skenk. Sou ’n halsband byvoorbeeld R20 kos en vrywilligers toesien dat die halsbande aangesit word, kan 50 halsbande met R1 000 gekoop word. Sodoende kan ’n mens jou lewe en ook die lewe van ander padgebruikers en insittendes, asook die van die donkies, red. Kan ons dit dalk probeer? ) Voorstelle in die verband kan aan die redakteur, Ilse Watson, gestuur word. Bel 079-831-5579 of stuur gerus ’n e-pos aan ilse.watson@volksblad.com.
DIE toppresteerders in gr. 11 is van links Murphy Marais (tweede), Grete Ellis (eerste) en Thuto Segije (derde).
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014
Duinevelders draf Kathu kaf DIE Hoërskool Duineveld het op 22 April teen die Hoërskool Kathu en die Hoërskool Elnatan van Namibië hokkie gespeel.
Die uitslae van die kragmetings is soos volg: Die o.18A-span het Kathu met 6-0 geklop. Die o.18B-span het teen Elnatan se o.18A-span gelykop gespeel.
CARLA KRUGER speel die bal meesterlik verby die teenstanders.
Foto’s: Rudy van Tonder
Die o.16A-span het Kathu met 6-0 geklop. Die o.16B-span het Kathu met 3-0 geklop. Die o.14A-span het Kathu met 4-0 geklop.
MARIA STRAUSS hardloop om seker te maak sy is voor haar teenstander by die bal.
MADELEIN SWARTZ laat nie toe dat haar teenstander by die bal kom nie.
Haal hokkiespanne
MARIA STRAUSS (links) en Nadia Nel is vir die NoordKaapse o.18span gekies.
VYF hokkiespelers van die Hoërskool Duine veld is vir provinsiale spanne gekies en sal in die Junievakansie aan interprovinsiale toer nooie deelneem. Johané Huisamen is vir die NoordKaapplattelandse o.18span gekies. Foto’s: Megan Loots
RETHEMARI LATEGAN (links) en Deanke van Zyl is vir die NoordKaapplattelandse o.16span gekies.