Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
29 MEI 2014
Kuruman
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Veters vas! Boeke
Nuwe reeks spesiaal vir boekwurms bl. 12
Sport
Juffrou presteer in atletiek bl. 20
MÔRE is dit Tekkie Taxdag! Arno Jordaan (links) en Adam Tas is hier in vrolike luim met kleurryke tekkies. Lees meer oor Tekkie Tax op bl. 2. Foto: Verskaf
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Sersant-majoor Tekkie Tax is hier eis vergoeding Ilse Watson
Charné Kemp ’n SERSANT-MAJOOR van die Lohatlha-leërgevegopleidingsentrum het op 12 Mei aansoek gedoen dat sy skadevergoedingseis teen die minister van verdediging dadelik toegestaan word. Die minister, wat reeds sy saak gesluit het, kon nie sy bewyslas nakom nie. At Malan, wat by die Leërgevegopleidingsentrum naby Postmasburg werk, beweer hy is in 2010 aangerand, onregmatig in hegtenis geneem en sy waardigheid aangetas. Hy eis R520 000. Die voorval het op 31 Maart 2010 in Postmasburg plaasgevind. Malan, wat van diens af was, was steeds in uniform toe hy by ’n winkelsentrum gestop het. Hy het ’n militêre polisievoertuig gewaar en het stafsers. Patrick Sehoro gevra of hy magtiging het om die voertuig te bestuur. Nog lede het opgedaag. Malan is van dronkenskap beskuldig, hy is geboei en na bewering aangerand. Van daar is die lede met Malan na die Lohatlha- militêre hospitaal waar brig.genl. Nontobeko Mpaxa na bewering in die ondersoekkamer ingestorm het, foto’s van hom geneem het en glo gesê het sy haat wit mense. Malan is die volgende dag vrygelaat sonder dat hy in ’n militêre hof verskyn het, wat teen regulasies is. Adv. Albert Ramawele, vir die minister, het in sy betoë toegegee dat Malan onregmatig in hegtenis geneem is. Hy het egter die eise van aanranding en die skending van Malan se privaatheid en
waardigheid verwerp. Dit kan nie wees dat as iemand onregmatig in hegtenis geneem is, hy outomaties ook aangerand is nie. Hy is beseer toe hy hom teen die inhegtenisneming verset het. Mpaxa het wel sonder toestemming by die vertrek ingeloop waar Malan deur die dokter ondersoek is. Sy het egter getuig hy was ten volle geklee. Sy het nie sy waardigheid aangetas of sy privaatheid geskend nie. Die klaer het nog nie self getuig of bewys hoe gebelg en verneder hy werklik was of wat die skade was nie. Die onus is nie op die minister om die bewyslas te dra nie. Adv. Gert van Niekerk, vir Malan, het in sy betoë gesê Malan is beslis aangerand. Mpaxa was leuenagtig as getuie. Sy het erken dat sy geweet het van pasiënt-en-dokter-vertroulikheid. Daarom het sy glo toestemming vir ’n ondergeskikte, wat nie magtiging gehad het nie, gevra om in te gaan. Sy het haarself weerspreek. Die beledigings en haatspraak by die slaapkwartiere moet dien as verswarende omstandighede wanneer die eis oorweeg word. Sy is nie verhewe bo die Grondwet en Handves van Menseregte waarin elke burger die reg op privaatheid het nie. Die minister het gefaal in sy bewyslas en kon nie redes en feite aanvoer om sy optrede vir die inhegtenisneming, aanranding en skending van privaatheid genoegsaam te verduidelik nie. Regter Bulelwa Pakati lei die verhoor.
MÔRE is dit Tekkie Tax-dag! Tekkie Tax het in 2013 alle verwagtings oortref deur R2,4 miljoen in die eerste jaar in te samel. Meer as 180 plaaslike welsynsorganisasies het daarby gebaat en alle fondse is gedurende November 2013 verdeel. Altesaam 34% van die deelnemers het ’n C-plakker gekies, wat kinders verteenwoordig, en kinders was dus die sektor wat die meeste ondersteun is. Die organiseerders van hierdie veldtog, The Marketing Team, het oorweldigende terugvoer van dankbaarheid ontvang omdat hulle so ’n eenvoudige en lae-risiko geldinsamelingveldtog van stapel gestuur het. Lede van die publiek word gevra om ’n Tekkie Tax-plakker vir slegs R10 aan te skaf. Daar is verskillende plakkers om van te kies. Projekte wat ondersteun word is diere, basiese gesinsdienste, dienslewering aan gestremdes en ook essensiële onderwys. Wat ook al jy beplan om môre
aan te trek, dra jou tekkies en plak jou plakker op jou bors. Jy kan self jou tekkies optooi met oulike skoenveters of strikkies, of as jy R30 betaal, kry jy saam met jou plakker ’n paar Tekkie Tags-skoenveters. Dié spesiale veldtog word deur die volgende 15 grootste nasionale welsynorganisasies in Suid-Afrika onderskryf: ) Epilepsie SA; ) Kindersorg SA; ) SOS Children’s Villages; ) CHOC (Childhood Cancer Foundation); ) Special Olympics SA; ) Endangered Wildlife Trust (EWT); ) HPCA – Hospice Palliative Care SA;
) Pet Welfare SA; ) Imisebeyelanga Services; ) Meals on Wheels, VVA en ACVV; ) Highveld Horse Care Unit en SAVF; en ) NG Welsyn en Cheshire Homes SA. Annelise de Jager, nasionale projekorganiseerder, het gesê: “Om uitgawes te beperk is altyd belangrik, maar wanneer dit by ’n geldinsamelingsprojek kom, is dit van kardinale belang. Met 15 nasionale welsynorganisasies wat hier saamwerk, verseker dit dat die kostestruktuur van Tekkie Tax laer is as enige ander soortgelyke projek. Ons is nie besig om die wiel te herontwerp nie, maar ons is vir seker besig om ’n nuwe geldinsamelingsblaadjie in Suid-Afrika om te slaan.” ) Daar is ook plakkers by die kantoor van die Kalahari Bulletin (in Kuruman) beskikbaar. ) Stuur vir Kalahari Bulletin foto’s van jou spesiale tekkies per e-pos aan ilse.watson@volksblad.com.
Seodin Road closed for upgrade Ilse Watson RESIDENTS of Kuruman and surrounding areas must note that as from Saturday Seodin Road will be closed for repairs. The closed section will stretch to the crossing with Ben Malan Street. During the upgrading of this road a new traffic circle will be built. The road will be closed until the
end of October. The changes and restructuring of this road will result in traffic flowing better and at a faster pace. This road is regularly used by heavy vehicles and this causes congestion. Alternative routes are being planned so that vehicles can still travel in this area. The construction of the new Kuruman Mall has already
commenced and because of the building process even more heavy trucks will use this road to deliver construction material to the site. John Valtyn, manager of the new mall, requests residents to be patient and thanks everybody for their support and understanding. Queries can be directed to Valtyn on 084-319-8436.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Veltie gekies vir HMO-leerling ’n KKNK-toneelstuk gesogte akteur Lizette Slabber “Jy moet verstaan, my van is Van Zyl en toe sê hulle nog ook; ‘en heel laaste is . . .’ ” Só beskryf Brendan van Zyl die spanningsvolle oomblik toe sy naam heel laaste genoem is as een van die 12 leerlinge wat rolle in Henry Mylne se produksie Vaselinetjie losgeslaan het. Mylne, regisseur van 7de Laan, gaan op 2015 se KKNK ’n teaterproduksie gegrond op die bekende boek Vaselinetjie van Anoeschka von Meck aanbied.
BRENDAN VAN ZYL
Foto: Lizette Slabber
Brendan is ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Duineveld. Hy was een van die 60 topleerlinge wat gekies is om aan die Nasionale kykNET-toneelspelkompetisie in Kaapstad deel te neem. Volgens Brendan moes al die leerlinge ’n monoloog voordra waarna die 30 topleerlinge aangewys is. Tydens dié voordrag is 20 deelnemers gekies om oudisies vir rolle in Vaselinetjie af te lê. “Ons het elkeen ’n stukkie gekry en het 15 minute gehad om dit voor te berei. Die mense het ons egter baie gehelp en die oudisies was groot pret. Ek het nog nooit só lekker gelag nie,” het hy vertel. Op die laaste aand van die kompetisie is die wenners aangewys en heel laaste is die 12 leerlinge aangekondig wat deel van dié teaterproduksie sal wees. “En hulle wys net die een seun na die ander aan en ek weet daar is nie eens soveel seunskarakters in die boek nie. En toe héél laaste noem hulle my naam.” Brendan sê dat hy al die boek gelees het en dus geweet het wie die karakters regtig is, het baie met
die oudisie gehelp. Hy is baie opgewonde om saam met die groep professionele teatermense te werk, want, soos hy sê: “Ek weet net ek gaan baie leer. Die hele ervaring gaan van my ’n beter akteur maak.” Hy is baie lief vir teater omdat jy met jou hele lyf moet toneelspeel. “Ek is mal daaroor om mense te vermaak.” Hy droom al van kleins af oor ’n loopbaan in die teater en is deel van die skool se dramagroep én hy kry drama-afrigting in Bloemfontein.
Lizette Slabber “ALLES!” Dit was Jeandré Janse van Nieuwenhuizen se antwoord op die vraag wat die teater vir hom so fantasties maak. Jeandré, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas, het pas ’n rol losgeslaan in Henry Mylne, vervaardiger en regisseur van 7de Laan, se teaterproduksie Vaselinetjie. Dié teaterstuk is op Anoeschka von Meck se bekende boek gegrond en Mylne beoog om met dié
JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas en Brendan van Zyl van die Hoërskool Duineveld op Upington is gekies om rolle in die opvoering van Vaselinetjie op die KKNK in 2015 te vertolk. Henry Mylne, regisseur en vervaardiger van 7de Laan, gaan die bekende boek van Anoeschka von Meck na die KKNK en ander groot kunstefeeste in 2015 neem. Die span begin in Desember met vier weke van intense repetisies en ’n DVD van dié produksie sal ook uitgereik word. Slegs 12 leerlinge landwyd gaan rolle in dié produksie vertolk.
HMO lewer al jare lank top-toneelspelers JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN is die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas se vierde akteur in vyf jaar wat ’n rol in ’n professionele produksie wen. In die vyf jaar wat HMO aan die kompetisie deelneem, het 12 leerlinge deurgedring na die
eindrondes, vier leerlinge het rolle in professionele produksies gewen, een leerling het onder die topagt van die kompetisie geëindig en een het die gesogte SAOU-beurs gewen. ’n Verdere prestasie vir die skool se drama-afdeling is dat een van die oudleerlinge en deelnemer aan
hierdie kompetisie, Wynand Victor, deel van die skadu-beoordelaarspaneel was. Hierdie paneel word saamgestel uit vorige deelnemers en presteerders van die kompetisie en word dan as toekomstige beoordelaars opgelei. Wynand was in 2010 en 2011 ’n finalis in die kompetisie.
produksie op al die groot kunstefeeste op te tree. Jeandré begin saam met die produksiespan op 20 Desember aan dié stuk repeteer om reg te wees vir hul optrede op volgende jaar se KKNK. Volgens Jeandré wil hy graag ná matriek drama studeer en dit is juis hoekom hy só opgewonde oor dié rol is. “Ek sien baie daarna uit om saam met die professionele mense te werk; om te sien hoe hulle dit doen.” Hy sê sy liefde vir drama en die teater vorm ’n groot deel van wie hy is. “Dit is vir my wonderlik om op só ’n manier uiting aan my talent te kan gee. Teater gee jou ’n kans om jou persoonlikheid te kan uitleef. Dit is nie soos ’n wiskundeformule wat altyd net só moet wees nie. Jy kan jouself wees en jouself uitdruk.” Barnie Mans, ’n onderwyser en drama-afrigter by HMO, sê Jeandré het “daardie walglike woordjie wat te veel gebruik word, maar hom perfek beskryf: die X-faktor.” Volgens Mans is hy nie bang nie en sal enigiets onverskrokke aanpak. “Hy het net eenvoudig die hele pakket.” Jeandré het ook tot die
top-30-ronde van die Nasionale kykNET-toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge gevorder. Hier het hy ook ’n oudisie vir die sepie Binnelanders gedoen. Jeandré is as die beste tienerakteur tydens die Vryfees se Reza de Wettienertoneelkompetisie aangewys en hy was deel van Die Les, ’n HMO-produksie in die eindronde van die Nasionale ATKVtienertoneelkompetisie by Aardklop.
JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN
Foto: Verskaf
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Kommer oor kabinet
Sê maar, ek is die ene ore DAAR is niks so oulik soos ’n Kalahariboerboklammetjie nie.
Foto: Lizette Slabber
Lewer getuienis op aarde Ds. André de Villiers CHRISTENE is getuies, nie sterrekykers nie – Hand 1:1-11 Hemelvaart is ’n opdrag om aktief betrokke te raak op die aarde. ’n Taak gerig op die aarde: Terwyl Jesus weggeneem word na die hemel, en die dissipels Hom stip agterna staar, vra twee mans in wit klere vir hulle: “Waarom staan julle so na die hemel en kyk?” John Stott skryf: “Die dissipels is nie geroep om vir die sterre te kyk nie, maar uit te reik na die eindes van die aarde.” Hy vervolg: “Their calling was to be witnesses and not stargazers”. Die áárde moet dissipels se verbeelding aangryp, nie die hemel nie. Die tyd tussen die hemelvaart en die wederkoms is bedoel om gevul te word met die kerk se wêreldwye, geesvervulde getuienis oor Jesus. Jesus fokus ons aandag doelbewus op die aarde as die ruimte waarbinne ons roeping afspeel. ’n Getuienistaak: Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees. (1:8). Die inhoud van die getuienis is die werk van God in en deur Jesus
6/25
7/23
6/22
KALM
NNW-5
W-5
Christus. Wanneer ons gestuur word om getuies van Jesus te wees, dra ons die boodskap van die regering van God wat in die persoon en werk van Jesus ’n werklikheid word. Waar ons die goeie nuus van Jesus deel, daar breek die regering van God deur, word die wêreld nuut gemaak, kom hoop en uitsig. Ons is deel van God se vernuwing van sy skepping. ’n Taak uitgevoer in die krag van die Heilige Gees: Die dissipels moet in Jerusalem bly wag op die Heilige Gees waarmee hulle gedoop sou word (1:5). Die Heilige Gees bemagtig die kerk ná die weggaan van die Here Jesus om oor Hom te getuig. Die kerk word die instrumente van die Gees se bediening in die wêreld. ’n Groter taak: Ons getuienistaak is altyd groter as wat ons kan droom of dink. Geografies. Jesus sê: Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld (1:8). Die kerk sou die boodskap
6/23
7/24
5/22
KALM NNW-5 KALM
deur die eeue altyd verder neem, van hier in die plaaslike konteks tot aan die uithoeke van die wêreld. Die dissipels het gedink dat die boodskap van Jesus net iets vir Israel gesê het, net iets vir nou gesê het, en moontlik het hulle dit verskraal tot net die politieke herstel van Israel. Die boodskap is groter en sterker. Die boodskap doen meer, herstel meer, verander meer, is in sy inhoud ryker en groter as ons opvattings daarvan. Dit sluit verseker in dat Christene aktief betrokke moet wees in die samelewing en dat ons ons roeping juis moet uitleef in elke plek waar ons kom: werk, skool, politiek, sport, ens. Getuies maak ruimte om verras te word deur die lewende God. Getuies bly sensitief vir die stem van die Gees wat ons op maniere gebruik wat ons nie kon voorsien nie. ’n Taak wat die lewe met sin vul: Ons hoop op die terugkeer van Jesus. Ons wag op Jesus. Dit is ’n aktiewe wag. Ons wag deur te vertel, te getuig, deur deel te neem aan die regering van God wat genesing, geregtigheid en vrede in die wêreld bring. Hierdie aktiewe wag vul ons lewe met sin.
7/24
9/26
NNW-5 NW-10
7/23 W-5
WAT voer pres. Jacob Zuma en die ANC-regering in die mou met landbou en met grondhervorming? Dié brandende vraag staan uit nadat Zuma sy “nuwe” kabinet ná die 2014-verkiesing aangekondig het. Die ander hoofkenmerk van die herskikte kabinet is die vestiging van ’n sambreel-departement vir staatspropaganda, genaamd die departement van kommunikasie, as waghond oor alle staatskommunikasie. Dié departement sal die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa), SAUK, die Staatskommunikasiediens (GISC) en Brand SA beheer. Verwag dus groter stilswye oor ware kwessies, ’n ANC-ophemeling en ’n ál stewiger beskermingsmuur rondom Zuma. Die aanwysing van Cyril Ramaphosa as adjunk-president bevestig sy troonopvolgerskap. Die uitgeslape Ramaphosa se rolbekleding sal insiggewend wees. Hy ken wel van die fyntrap wat nodig is om nie Zuma se donder te steel nie. Hoe suksesvol die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) oorhoofs gedryf gaan word, bly gesien te word. Zuma het in sy inhuldigingsrede pertinent melding van
die radikale maatskaplik-ekonomiese planne vir verandering gemaak. Teen dié agtergrond voorspel die aanstelling van die keiharde kommunis Senzeni Zokwana as minister van landbou, bosbou en visserye, en Bheki Cele, vorige mislukte SAPD-hoof, as adjunk-minister, tesame met Gigile Nkwinti se behoud as minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming niks goeds vir landbou en grond-ontwikkeling nie. Die georganiseerde landbou moet homself solank staal. Pleks van kleiner het die Zuma-kabinet nóg groter geraak met nou altesaam 71 ministersposte (35 ministers en 36 adjunkte). Van die 35 ministers is 20 mans en 15 vroue, terwyl daar 20 manlike en 16 vroulike adjunk-ministers is. Van demografiese verteenwoordiging, waarop die ANC op ander terreine aandring, is daar nie sprake nie. Zuma-lojaliteit, gedienstigheid en baantjies vir kader-boeties en -sussies kenmerk die aanstellings. Die skuif van Pravin Gordhan na samewerkende regering en tradisionele sake maak wel sin, terwyl baie van Nhlanhla Nene by finansies verwag word.
Die soet en suur van ’n misverstand Benneli Olivier Van der Walt ELKE landsburger weet dat Suid-Afrika ’n smeltkroes van kulture en tale is. Selfs met al die verskille tussen ons mense, is daar tog eg Suid-Afrikaanse uitdrukkings en maniertjies wat almal deel. “Lekker!” en “eish” is maar ’n fraksie van die reënboognasie se omgangstaal. Somtyds glip ’n snaakse taalmisverstandjie in ’n gesprek in. Ek en ’n vriendin het onlangs in een van die dorp se restaurante gaan ontbyt eet. So kry ons ’n baie beleefde kelner wat gretig is om ons te bedien. Sommer met die intrapslag hoor ek aan die man se taal en uitspraak dat hy nie van Suid-Afrika is nie en dat Engels, soos vir die meeste mense in die Noord-Kaap, beslis nie sy eerste taal is nie. Ek bestel oudergewoonte ’n baie sterk, swart koffie (’n konsep wat in enige taal verstaanbaar is) en my vriendin bestel ’n lemoensap. Dit is waar die misverstand toe plaasvind. Vinnig skryf hy die bestelling neer. “One black coffee and a lemoenjuice.” Die flink kelner is vinnig terug
met ons bestelling. Ek het aan my koffie geteug en die vriendin het so tussen die gesels deur ’n groot sluk van haar sap gevat. Die volgende oomblik was daar ’n gehoes en geproes. Ek het my boeglam geskrik en besorg gevra wat fout was. Met trane in haar skrefiesoë, het sy bewerig na die glas sap gewys wat heel onskuldig voor haar staan. “Dis nie lemoensap nie! Dis suurlemoensap!” Die Afrikaanse lemoen het êrens deur vertaling ’n Engelse “lemon” geword. Ek kon my net indink wat die kombuispersoneel gedink het toe die kelner vir hulle sê dat daar nounet ’n groot glas suurlemoensap bestel is. Met trane in my oë (van lag, nie sitrus nie) het ek die kelner nadergeroep om sy foutjie te probeer verduidelik. “Wil jy weer sap hê?” vra ek my vriendin toe lag-lag. “Nee, koffie, asseblief . . .”
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
DIE Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas se eerste rugbyspan is opgeveil om geld vir die senior raad van dié skool in te samel. Elke rugbyspeler het op maat van ’n liedjie die gehoor aange moedig om op hul le te bie. Die seuns en meisies het dié veiling terdeë ge niet en sommer hope geld só inge samel. Hier wag die rugbymanne vir hul beurt om opgeveil te word. Foto: verskaf
Vryfees vol feestelikheid DIE jaarlikse Vryfees, aangebied deur Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV), word van 15 tot 20 Julie in Bloemfontein aangebied. Die Vryfees word op die Kovsie-kampus gehou. Kaartjieverkope het reeds op 9 Mei by Computicket geopen. Die feesprogram kan by die onderskeie kantore van die Kalahari Bulletin (Kathu, Upington en Kuruman) gekoop word en kos R10. Die Vryfees bied ’n groot verskeidenheid aan besoekers,
van musiek soos kabaret, klassiek, jazz en musiekteater. Daar is ook toneelspel soos drama en komedie. Daar is selfs ’n kinderteater en die Spontaaneindronde vind ook op dié fees plaas. ’n Boekefees met boekbesprekings deur kundiges is ’n spesiale bederf.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Month End
Price Cuts
Our Butchery
PnP Bulk Lamb Braai Chops
74
Meat prices cut to the bone
R
PnP Ultimate Braai Master Boerewors
54
R
Per kg
Per kg
Selected products on this page have been styled for photography
9
TM
21
R
50
28
R FRESH
SAVE 2.90
PnP Cooked Ham Per 100g
Clover Full Cream or 2% Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each
PnP NO NAME™ Fresh Whole Chicken Per kg
BUY B 2 FOR F
BUY ANY 4 FOR
25
R
10
R
PnP Instant Noodles Assorted 75g
15
R
PnP Forelle Pears 1.5kg
17
12
29
Spekko Parboiled Rice 2kg
Rama Original Margarine 500g Brick
80 8 0
SAVE 1.10
SAVE R6
SAVE R5
R
SAVE R9
PnP Pink Lady y kg Apples 1kg
90
90
31
BUY 2 FOR
Coca-Cola Light, Zero or Tab 2 Litre Each
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
23 tion Buster a fl In 26 48 39 80
Selati White Sugar 2.5kg
SAVE R3
18 39 90
Crosse & Blackwell Tangy, Lite Mayonnaise or Salad Cream 750/790g Each
90
Omo Auto Washing Powder 2kg, Concentrated Liquid 750ml, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each
90
SAVE R7
Kellogg’s Rice Krispies 400g
’s price Better than last year Nescafé Classic Dawn 200g Jar
90
Valid until 8 June 2014
90
SAVE R5
PnP 2 Ply Toilet Tissue 9s
PRICES VALID 27 MAY - 1 JUNE 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express, Daily and Local stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185420_390 X 198
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
TILANA STEENKAMP het dié besonderse oomblik tussen pa en seun vir die Jou oomblik, ons wynfotokompetisie vasge vang. Foto: Tilana Steenkamp
DONOVON EVA het dié besonderse foto vir die Jou oomblik, ons wynfotokompetisie ingeskryf.
Foto: Donovon Eva
Laaste kans om spesiale oomblik in te stuur Lizette Slabber DAAR is nog net drie dae oor om jou foto’s in te skryf vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie met die tema Jou oomblik, ons wyn. Op Saterdag 31 Mei sluit die kompetisie en begin ons dierefotokompetisie. In Junie kan mense hul foto’s van wilde- en plaasdiere inskryf. Die sluitingsdatum vir die dierefotokompetisie is Donderdag 26 Junie. Die finaliste in ons Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie sal in die volgende uitgawe verskyn. Maar gaan kyk voor Donderdag by www.kalaharibulletin.co.za wie die finaliste is. Hou ook ons Facebookblad dop. Die Kalahari Bulletin se fotokompetisie het in Mei saam met Orange River Cellars ’n interessante wending geneem deur die slagspreuk van dié kelder – Jou oomblik, ons wyn – as tema te gebruik. Orange River Cellars en die Kalahari Bulletin is op soek na
foto’s wat ’n spesiale oomblik vasvang; ’n oomblik wat met ’n glasie plaaslike wyn gevier moet word. Die foto hoef nie ’n glas wyn of wynbottel te bevat nie; dit moet net ’n spesiale oomblik uitbeeld. Drie wenners gaan gekies word en al drie wenners se foto’s sal in Orange River Cellars se bemarkingsmateriaal gebruik word. Die wenners ontvang ook ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar. Die drie wenners gaan gekies word uit die kategorieë vir beste amateurfoto, die beste professionele foto en die foto wat die meeste likes op Facebook kry. Professionele fotograwe kan dus ook in Mei inskryf. Stuur jou inskrywing voor 31 Mei aan lizette.slabber@volksblad.com. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges.
Die prys sluit ’n daaglikse ontbyt in, asook ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt elke dag in een van die NC Famous Lodges. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebook-blad geplaas word – gaan na www.facebook.com/kbulletin. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Vir Mei se kompetisie moet fotograwe aandui of hulle amateurof professionele fotograwe is. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
9
Expo inspires young minds ABOUT 600 students from various high schools in the John Taolo Gaetsewe District and the ZF Magqawu District formed part of the career exhibition hosted by Kathu High School last week. The career expo is an initiative by the Department of Education in collaboration with Assmang Iron Ore Mine and various stakeholders. These stakeholders are the Department of Education, Kumba Iron Ore, BHP Billiton, the different Setas, the South African Air Force, Kurara FM and the newly established Sol Plaatje University as well as several other departments that had financial aid and career opportunities available to students. These businesses, organisations and departments exhibited during the week-long expo. Overwhelmed learners had much to say about all the opportunities that the related organisations and businesses had to offer. Learners were especially interested in the mining sector. “Information does not reach us often and opportunities like these are very important to us learners who want to study to become the future engineers of tomorrow. “I am very excited to be here, especially because we receive such enlightening information,” said Kagiso Boikanyo (18) who is a gr. 12 learner at the Wrenchville High School.
GR. 12 learners of the Daniëlskuil High School. Photo: Benneli Olivier Van der Walt
GR. 12 learners from the John Taolo Gaetsewe and ZF Magqawu districts attended the career expo.
SEVERAL companies offered career advice to the learners.
Photo: Benneli Olivier Van der Walt
Photo: Supplied
QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE PAINT
DURAM ACRYLIC WATERPROOFER
MEDAL PROFESSIONAL WATER-PROOFING
CHAMPION EXTRA THICK PVA
Various Colours 5 Litres + Free Membrane SKU: Various
114.95
White 5 Litres
76.95 SKU: 5001
239.95
FREE MEMBRANE
Various Colours 5 Litres
BOSCH IMPACT DRILL
99.95
GSB 13 RE • 600W Keyed Chuck
SKU: Various
SKU: 5002
20 Litres
POWER TOOLS
ELECTRIC GEYSER
SKU: 9741118
717.95 71
When it comes to painting, the first thing you’ll need to consider is what kind of paint sheen you’d like to use and how much of it you need.
PAINT ACCESSORIES 500g Interior
BEE PAINT BRUSH SET
17.95
3pc 25+38+50mm
POWAFIX SKU: 302671
All Purpose SKU: 302670
17.95
SKU: 301813
38.95
CUB PAINT BRUSH SET 3pc
SKU: 301788
45.95
POWAFIX LACQUER THINNERS
FRANKE COMBISLIM SABS GEYSER
750ml
SKU: 512632
29.95
150 Litres
SKU: 302662
STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF
100 Litres
SKU: 512633
2 329.95 2 339.95
VALID UNTIL SUNDAY 22 JUNE 2014 67369 WK48 • REDWORKS Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)
SKU: 974237
1 009.95
EMERALD BASIN MIXER SKU: 301593
372.95
WORTH OF AIRTIME
Calls cost only 20 cents for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za or the in-store posters. One entry per till slip.
2000W • 9780AA
BATHROOM COMPONENTS
R 200 000
We’re giving away R 200 000 worth of instant airtime between April and July. Make a purchase at your nearest Cashbuild store and you could win maningi-ningi. Simply dial *120*904# to enter and keep your till slip with you.
SKIL ANGLE GRINDER
WOOD BATHROOM CABINET 600x450x98
NEW THANDI BASIN & PEDESTAL BOX SET SKU: 302946
429.95
THANDI CLOSE COUPLE SUITE IN A BOX
SKU: 590908
607.95 TOILET SEAT
White
(Including Toilet Seat & Fittings) SKU: 301401
White Nylon Hinge
659.95 65
SKU: 301232
157.95
213
STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Compost will benefit garden Ilse Watson TO make your own compost is simple and will benefit your garden. It is also environmentally friendly. What happens when you make your own compost? ) You re-use and recycle waste that would normally be thrown away; ) You avoid sending waste to landfills –
MAKING your own compost.
this means you assist in the reduction of the volume of methane gas that is produced; ) You assist in reducing the carbon emissions created in transporting waste; ) You reduce the need for chemical fertilisers and pesticides; ) You save the earth’s natural resources; ) Compost is the ultimate garden fertiliser; ) When you add compost to your soil it becomes a permanent part of the soil structure; ) You don’t need a big garden to make compost – you can use your compost to grow herbs and pot plants. Home compost can be used for the following: ) mulch, which is applied to the surface of the soil; ) soil and lawn conditioner; and ) as part of a seed and potting mix.
Avoid these items THE following items should not be added to your compost: Meat, fish, dairy products, dog or cat faeces, cat litter, fat, grease, oils and bones, coal ash, nappies or used tissues, roots of persistent weeds, diseased plants, coloured or shiny paper, plastic, glass, metal and any non-biodegradable materials. Additional tips: ) You can pour left-over wine into your compost. ) Eggshells are 95% calcium carbonate – they raise the pH level of the soil and act as a soil conditioner. ) Scatter crushed eggshells around your plants. It works as an organic pest control for snails. ) When you boil eggs, pour the cooled
ITEMS that can be used to make your own com post and items that aren’t a good idea to use. water onto your plants. ) Lint from the dryer, hair from your hairbrush, cotton wool and cotton buds – just not the plastic stem – can be added to your compost.
THE Bulletin started a series called Going Green. The purpose is to inform the community about keeping their towns clean and looking after the environment. This week the importance of making your own compost is discussed. Do you do something for the
environment? Share your tips with the Bulletin and send it to ilse.watson@volksblad.com. The editor can also visit your green project. Call Ilse on 079-831-5579. ) Read the previous Going Green articles on the website of the Bulletin. Go to www.kalaharibulletin.co.za.
Creating compost HOW do you create your own compost? Firstly, select the type of composter you want: ) A pile of free-standing material in your garden can be created. ) Dig a hole and leave it open or cover it with hessian. ) You can create an enclosed area either made of chicken wire, fencing or concrete blocks. ) A wooden structure will also keep the pile neat. ) Buy a compost bin from a hardware store. ) Purchase a wormery. What materials can you use for creating your own compost? ) A variety of ingredients should be used as it provides more nutrients for your plants. ) There must be a balance between green and brown materials. ) Put your food scraps, peelings and plate scrappings, such as vegetables and fruit, (not meat, fish and dairy) into a bin. The waste will start to ferment. ) Repeat this layering process.
Where should you create a space for your compost heap? ) Your compost container or bin must be placed in a well-drained area or bare earth such as grass or sand. ) Your compost space should not be on paving or concrete. ) Select a site that does not get too much wind or too much sun.
Leave the work to the leaves ALL about autumn leaves mould for your compost area: ) Autumn garden leaves are wonderful to use. ) Too many leaves can upset the balance in your compost bin. ) Turn autumn leaves into leaf mould instead of adding them to your compost bin. ) Collect the leaves – if it is shredded into smaller pieces it will speed up the decaying process. ) Moisten the leaves with a little water if they are too dry. ) Bag it – put the leaves into a plastic bin bag. Punch holes in the bag – this will allow air to circulate. ) Place the bag in a secluded area in the garden – leave it for one or two years. How to use your compost: When you need compost for your garden, simply use the bottom composted part in your compost heap. The upper layer of compost can be used to start a new heap again. How do you manage your compost? ) The more attention you give to your compost heap, the quicker you will be able to use it in your garden. ) Check the temperature inside the pile –
MAKING compost from leaves. you can feel it with your hand. If it is warm or hot, your compost heap is working. ) If the temperature is the same as the outside air, add more greens. ) Turn the pile with a pitchfork or stick. ) Keep the pile as moist as a wrung-out sponge. ) Too many ants are a sign that your compost is too dry. ) Source: www.greenworks.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Poublou-bloed borrel binne Elsona Steyn
DIE Kalaharikuierfees vind vanjaar van 25 tot 27 September plaas.
DAAR is goed, daar is beter en dan is daar die Kwas. Op Vrydag 16 Mei het die Griekwas teen die Goue Leeus uitgedraf en toeskouers het vasgenael gesit om te kyk wie gaan as die Vodacom-kampioene uit die stryd tree. Griekwas het net een doel voor oë gehad en dit was om die Vodacom-beker huis toe te bring. In die proses sou iemand sweet, swaarkry en gras kou en die Kwaste het besluit dit gaan nie hulle wees nie. Hulle het geen geheim daarvan gemaak dat hulle daarop uit was om die Leeus te begrawe nie. Hulle wou die Goues stert tussen die bene huis toe stuur en die beker in Kimberley hou. Want dit is waar dit hoort – in ’n vertoonkas waar almal dit kan bewonder. Rugby-kyk op GWK-park is kliphard. Die sitplekke is hard, die veld is hard, die spel is hard, oom Bushie skree hard en die son brand hard, veral daar aan die oop paviljoen se kant. Dit is hier, aan die verste kant, daar waar die son jou aan die voorkant brand, waar jy wedstryd na wedstryd Griekwas se lojaalste ondersteuners sal vind. Hul “losie” strek van kwartlyn tot kwartlyn en enigeen is daar welkom – dit is nou solank jy ’n hoed en jou
Foto: Stu Shapiro-fotografie
Teken aan Kuierfees
DIE Kalahari-kuierfees vind vanjaar van 25 tot 27 September plaas en daar moet beslis vanjaar in almal se dagboeke daarvoor plek gemaak word.
Heinz Winckler, Kurt Darren, Pieter Smit, Black Byrd, Adam Tas, Emo Adams, Wicus van der Merwe, Andriette Norman, Andries Vermeulen en Roches. Al die drawwers, hengelaars en rolbalspelers moet ook nou al tyd opsy sit vir al die sportaktiwiteite wat die kuierfees soos gewoonlik gaan aanbied.
Die program is weer propvol gelaai met topvermaak. Vanjaar kan mense uitsien na optredes van kunstenaars soos
Die Kokkedoor-makietiespan gaan ook vanjaar hier ’n draai maak en soos gewoonlik sal die kleingoed ook hope pret by die kuierfees hê. Die Pick n Pay-kindertent gaan vanjaar vir Liewe Heksie nooi om te kom kuier en die vreesaanjaende pretritte gaan ook die kinders besig hou.
1790
25
R
Banana Mini Box 1.5kg
20
R
+
20
R
19
R
1 x Soup Pack and 2 x Knorr Regular Packet Soup
Avocado’s
30
Orange Pocket 6kg
BUY ALL FOR
5for
R
1990
3for
per box
eie kussing saambring en natuurlik vir die tuisspan skree. Vele groot spanne moes al voor die Kwaste hier op hul tuisveld die knie buig en die Leeus was daardie aand geen uitsondering nie. In Kimberley is die Griekwas ’n harde neut om te kraak. Die ondersteuners staan bankvas agter hulle, want wanneer jou span wen, is dit asof jy self presteer het. ’n Oorwinning is altyd ’n bonus, maar ’n mooi sege is alles. Nommer vyf het vir die Griekwas gewink en ondanks groot uitdagings wat hulle moes oorbrug, doen hulle dit toe sowaar. Poublou-bloed borrel-bruis deur ons are. Welgedaan manne, ons is bly, ons is trots. Die Vodacom-beker het ’n nuwe baas en dit is asof ek oom Bushie hoor skree: Griekwaaaaas!
each
Clover Milk 2l
t "TTPSUFE
t "TTPSUFE
4990 per kg
Lean Beef Mince
4990 per kg
Stewing Beef Cubed
5290 per kg
Meat Balls
per kg
Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece
64
90
35
R
per pack
Lamb Stew
Rainbow 4 Drums + 4 Thighs 1.5kg
shop anyw y h w e, lu va ch u m o s h it W or we’ll BEAT it*
here else?
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO e! why shop anywhere els , UE VAL CH MU SO h Wit and conditions terms for a e.co.z .gam *See www
per kg
69
90 per kg
Beef Roast
119
R
per pack
Great Value Frozen Chicken Drumsticks 5kg
Prices valid 28 MAY - 1 JUNE 2014 View this catalogue online at game.co.za
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Boekwenner DIE afgelope maand het die Kalahari Bulletin ’n kompetisie aangebied waartydens lesers ’n kans gegee is om een van Suid-Afrika se huidige topverkopers, Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel, te wen. Die trekking is gedoen en die gelukkige wenner is Pieter van Zyl van Daniëlskuil.
DIE weeklikse Op die boekrak van die Kalahari Bulletin stel nuwe boeke aan lesers bekend. Met tye sal daar ook kompetisies aangebied word waar lesers ’n boek kan wen.
Wen boek oor wyn Buchan book out
DRIES DE KOCK se boek, Op Bacchus se knie, handel oor tuiswynmaakresepte. Kalahari Bulletin het een getekende uitgawe om weg te gee. Stuur ’n SMS aan 079-831-5579 met jou naam en van en voeg ook “Bacchus” daarby. Die wenner van dié interessante boek sal in die uitgawe van 12 Junie aangekondig word.
THE book Conversations with God (also available in Afrikaans) by Angus Buchan is all about prayers for fostering a deeper relationship with God. He is a passionate preacher at Christian gatherings and on TV. He is also a full-time evangelist and sought-after speaker at local and international events.
Man verongeluk; swanger vrou oorleef INWONERS van Postmasburg is verslae nadat ’n bekende inwoner, wat oor ’n paar maande die pa van ’n tweeling sou word, in ’n motorongeluk dood is. Schalk (Jaco) Schreuder (42) is dood nadat hy sowat 70 km buite Postmasburg op die pad na Kimberley vir ’n bakkie moes uitswaai wat voor hom inbeweeg het. Schreuder, sy vrou, Jorinda, en sy ma, Annette Schreuder, was van Kimberley af op pad terug na Postmasburg toe die ongeluk op 17 Mei omstreeks 14:00 gebeur het. Volgens sy vrou wou hulle twee bakkies, wat baie na aan mekaar gery het,
verbysteek. Die een bakkie met twee insittendes in het skielik na regs voor hulle inbeweeg. Schreuder het uitgeswaai waarna hul bakkie verskeie kere gerol het. Hulle het veiligheidsgordels aangehad, maar die impak van die ongeluk het Schreuder ernstige brein- en kopbeserings besorg. Hy is op die toneel dood. Annette het verskeie ribbes gebreek en gekraak en ondervind erge pyn. Sy is verlede Woensdag uit die Kimberley-hospitaal ontslaan. Jorinda, wat vyf maande swanger is met ’n tweeling, is nie ernstig beseer nie. Luidens die mediese verslae is
die babas ook gesond. Hulle is waarskynlik gered deurdat Jorinda se veiligheidsgordel na haar bene afgeskuif het. Sy het net kneusplekke opgedoen. Die egpaar was op pad na Kimberley om benodigdhede vir die babas se kamer in hul pasgekoopte huis te kry. Jorinda is, ondanks die groot hartseer, positief oor hul omstandighede en glo dat die tweeling ’n kosbare nalatenskap van haar man is. Naas sy vrou en ma word Schreuder ook deur sy broer, Martin, skoonsuster, Janita, en Martin se kinders oorleef.
Discount on unpaid accounts Ilse Watson THE Ga-Segonyana Municipality introduced a proposal for the implementation of 50% discount on the settlement of outstanding debt from 1 April until 30 June 2014. The municipality’s debt is R56 827 983 of which R32 704 128 is in respect of household accounts. Its cash flow is under threat because of the growing culture of non-payment.
Customers can enter into a three-month arrangement for the payment of debt from R5 000 and also continue to pay their current accounts. The discount is not applicable to councillors and employees of the Ga-Segonyana Municipality. ) Ensure that you get to the municipality as soon as possible and make the necessary arrangements for payments of your household accounts.
Seniors stap vir vroue Ilse Watson ONLANGS het Kuruman se VLV-lede by die Mimosahof-tehuis vir bejaardes bymekaargekom en gehelp dat die bejaardes (wat nog mobiel genoeg is) buite in die heerlike herfsweer kon stap. Daar was tien bejaardes in rolstoele en genoeg helpers het beurte gemaak om hulle rond te stoot. Women Walk the World is ’n wêreldwye aksie van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue en word jaarliks gehou. Dit is hoofsaaklik om bewustheid te kweek en geld in te samel vir arm lande waar vroue nie so bevoorreg is nie. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die uitstappie daar gehou word en die getalle deelnemers het meer as verdubbel. By die omdraaipunt het Annetjie Nel, wat ook ’n VLV-lid is, by haar aftreehuis met heerlike eetgoed en vrugtesap gewag. Die bene was behoorlik lam teen dié tyd en die ruskans is terdeë geniet. Die stap is bygewoon deur ’n Nieu-Seelandse burger, Johan Strydom, broer van Janet West, Kuruman-VLV-lid wat haar hele familie gebring het om saam te stap. Janet dien in die raad van die tehuis. Johan is ná die stappery ingespan om die pannekoeke te rol. Die bestuurder van die tehuis, Ronél du Plessis, was baie behulpsaam om al die reëlings te tref sodat almal betyds vir die groot uitstappie reg was. Marianne Vorster se dogter, Inoné, is ’n student en het met haar kamera geloop en foto’s geneem. Heel gou het sy agtergekom dat die meeste bejaardes graag foto’s wil laat neem en sy moes behoorlik bontspring om almal af te neem. Vanjaar is klem gelê op die oppassers en versorgers van diegene wat bedlêend geraak het. Almal is gevra om meer ondersteuning te bied en ’n lys van versorgers is saamgestel. Geld is ingesamel deur twee pannekoekbak-sessies sodat dit nie nodig was om blikkies by die rustige aftree-oord te skud nie.
) DIE NG kerk Kuruman-moedergemeente hou Saterdag ’n basaar. Dit begin om 09:00. Daar sal braaivleis, pannekoek, nageregte, lekker eetgoed en ook ’n teetuin beskikbaar wees. ) Vanaand om 18:30 word ’n Hemelvaartdiens gehou. Die onderwerp is ’n Uitdaging vir die gelowige. ) Pinksterdienste word van 1 Junie om 18:30 by die NG kerk Kuruman gehou. Daar is lekker voorsang voor die dienste. Vir meer inligting bel Erika Ekkerd by 053-712-0657. ) Stuur jou dagboek-inskrywings na ilse.watson@volksblad.com.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Acute sinusitis: Know your nose Ilse Watson ACUTE sinusitis (acute rhinosinusitis) causes the cavities around nasal passages (paranasal sinuses) to become inflamed and swollen. It then interferes with drainage and causes mucus to build up. Sinusitis is often caused by the common cold and it could also be triggered by
allergies, bacterial and fungal infections. A crooked septum may also be the cause of blocked sinus passages. A tooth infection can also contribute to sinusitis. Home remedies might help to treat the problem but persistent sinusitis can lead to serious infections. Sinusitis lasting more than eight weeks is called chronic sinusitis.
Tandwenke om aan te kou DR. JAMES D. WALKER, een van die tandartse van Dental Joy in Kathu, het die volgende wenke vir ’n higiëniese mond en gesonde tande verskaf. Wenk vir ouers: ) Begin op ’n vroeë ouderdom die kind se tande borsel (sodra die eerste tande begin uitkom). ) Tandeborsels wat spesiaal vir kinders ontwerp is, werk die beste aangesien dit die tandvleis en bloedvloei stimuleer en nie seermaak nie. Algemene wenke: ) Dit is baie belangrik om die tong te borsel aangesien dit die perfekte broeiplek vir bakterieë is. ) ’n Nuwe tandeborsel raak 30% beter van plaak ontslae. Vervang dit jou tandeborsel elke drie tot ses maande, na gelang van hoe hard ’n mens tande borsel. Sekere tandeborsels se kleur van die borseltjies verander sodra dit tyd is vir ’n nuwe tandeborsel. ) Gebruik die regte tandepasta vir jou spesifieke tandbehoeftes soos tandepasta vir sensitiewe tande. ) Borsel en vlos tande daagliks, gaan gereeld vir ondersoeke by die tandarts en mond-higiënis, en volg ’n verstandige dieet om jou liggaam te voorsien van al die voedingstowwe wat nodig is om algehele ligaams- en tandgesondheid te verseker. ) Gebruik genoeg fluoried: Fluoried maak
die emalje sterk, maar onthou om dit spaarsamig by kinders te gebruik, aangesien te veel fluoried wit of bruin kolle op die tande kan veroorsaak. ) Walker beveel aan dat jy jou mond uitspoel nadat jy geëet en gedrink het. Dit is beter om net ná ete te borsel. As jy nie ’n tandeborsel byderhand het nie, kou kougom wat xylitol bevat. ) Kalsium- en vitamien A-aanvullings kan help om tande sterker te maak. ) Dit is baie belangrik om elke ses maande die tandarts te besoek. ) Vermy suiker en gaskoeldranke wat baie nadelig is vir tande. Verfynde suiker in kos en drank veroorsaak tandbederf. Wanneer die bakterieë daarop voed, vorm ’n suur wat die tand se oppervlak sag maak en minerale in die emalje oplos. Dit lei uiteindelik tot tandbederf. Baie vrugtesappe (afhangend van die pH-balans) kan ook tand-erosie veroorsaak as daar baie sap oor ’n lang tyd gedrink word. Drink matige hoeveelhede en gebruik ’n strooitjie. Die sogenaamde sportdrankies het dikwels dieselfde uitwerking. Vrugte, groente en selfs suiwel bevat suiker, maar dit is minder geneig om tandbederf te veroorsaak. Die voedingstowwe daarin is boonop goed vir immuniteit en beskerm teen tandvleissiektes.
www.kalaharibulletin.co.za
What are the symptoms of acute sinusitis? ) Yellow or green nasal discharge. ) Nasal obstruction or congestion. ) Pain, tenderness, swelling and pressure around the eyes, cheeks, nose or forehead. ) Reduced sense of smell and taste. ) Coughing. ) Aches in ear, upper jaw and teeth. ) You can have a fever and feel fatigued.
When should you see a doctor? ) When your symptoms become more severe and it is not improving. ) A persistent fever. ) Pain or swelling around your eyes and a swollen forehead. ) When you have a severe headache and are confused. ) When you experience stiffness in your neck and are short of breath.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Slegte asem DIT is nie net swak mondhigiëne of baie uie en knoffel wat jou asem laat stink nie. ’n Droë mond is die ideale broeiplek vir bakterieë. Dit is waarom dehidrasie, rook, hardlywigheid en alkoholmisbruik bydra tot die probleem. Verslankers (veral dié op ’n hoëproteïen-dieet) sukkel dikwels ook met slegte asem. Medikasie, byvoorbeeld antibiotika, kan ook jou mond droog maak. “Besoek elke derde maand ’n mondhigiënis om jou mond behoorlik skoon te maak as jy sukkel met slegte asem. Maar wanneer jou tandvleis erg ontsteek is, moet jy dadelik by die tandarts uitkom,” sê dr. Christiaan van den Berg. “Ander siektetoestande soos lugweginfeksies of diabetes kan ook jou asem sleg laat ruik.” Wenke: ) Hou jou mond suurstofryk deur genoeg water te drink en groente soos seldery en pietersielie te eet. ) Drink ’n glas water met ’n snytjie suurlemoen of kruisementtee. ) Borsel ná middagete jou tande of spoel minstens jou mond met ’n alkoholvrye mondspoelmiddel of ’n bietjie water uit. ) Bakterieë broei graag op jou tong, so hou dit skoon; ) Kou suikervrye kougom (met xylitol).
Genoeg slaap bly maar kosbaar Jaco Lotriet WONDER jy dikwels of jou gesondheid regtig daaronder sal ly as jy af en toe ’n uurtjie of twee se slaap vir iets aangenamers verruil? Talle suksesvolle ouens verkondig immers dat een van hul geheime tot sukses hul vermoë is om met minder slaap oor die weg te kom. Slaapkenners meen al is daar g’n definitiewe teikengetal vir hoeveel slaap jy per nag behoort te kry nie, moet volwassenes bo die ouderdom van 18 jaar probeer om snags 7 tot 9 uur se slaap te kry. Maar het ’n ou regtig ál daardie slaap nodig? Wetenskaplike studies vertel egter nou die meeste ouens – soos die mense wat glo dis oukei om jouself hier en daar met ’n paar uur se slaap te verneuk – sal weer moet dink. Luidens die uitslae van dié studies kan selfs ’n enkele nagrus van minder as ses uur heel nadelig wees vir jou gesondheid. So byvoorbeeld het die kenners bevind die meeste mense lyk ná ’n nag van te min slaap nie vreeslik goed nie. Hulle kom boonop nie juis toeganklik voor nie. Dis glo omdat ’n gebrek aan slaap – selfs in ’n klein mate – jou liggaamlik en geestelik kan karnuffel. Jou battery sal gou pap begin voel en jy sal so lyk ook. Dit is te wagte. Maar nog interessanter, is dat ouens wat hulself met slaap verneuk, blykbaar hongerder is en meer
geneig is om groter porsies weg te pak as hul uitgeruste eweknieë. Korttermyn-slaapverlies verhoog ook die waarskynlikheid van ongelukke en verlaag jou weerstand teen verkoue. Dit verhoog ook die moontlikheid dat jy emosioneel sal raak oor onbenullighede. Onlangse navorsing voer verder aan dat so min as één slegte nagrus verband kan hou met breinweefsel-verlies. Dit kan lei tot geheueprobleme en ’n onvermoë om te fokus. As jy gereeld slaap verloor, is die nagevolge glo nogal skrikwekkend. Jou risiko vir hartsiekte, diabetes of ’n beroerte word aansienlik verhoog. Daar is ook ’n verband tussen ’n chroniese gebrek aan slaap en ’n verhoogde risiko vir vetsug. Hiervolgens is dit niks vreemds dat ouens wat sleg slaap, ’n liggaamsgewig het wat omgekeerd eweredig is aan die aantal ure wat hulle in droomland deurbring nie. Dit wil sê: Hoe minder slaap jy kry, hoe dikker word jy. ’n Chroniese gebrek aan slaap word ook verbind met ’n verhoogde risiko vir sekere vorme van kanker, onder meer kolonkanker en aggressiewe borskanker. Selfs nog erger is die bevinding dat slaapverlies – wanneer dit lank genoeg aanhou – uiteindelik kan lei tot die dood. Ek weet nie van jou nie, maar vir my is laat wakkerbly beslis nie dít werd nie. Hoeveel gaan jy vannag slaap? ) Die berig het eers in die Die Burger verskyn.
Virus lei tot kroep KROEP, ook bekend as wurgsiekte, is ’n virusinfeksie wat ’n aanhoudende, blaffende hoes by kinders veroorsaak. Dokters beskryf dit dikwels as infeksie in die larinks (strottehoof) en tragea (lugpyp). Daar is twee soorte kroep: aansteeklik en spasmodies. Aansteeklike kroep word meestal deur ’n virus van die asemhalingstelsel veroorsaak. Dit kom veral in die herfs en winter voor en kan aangesteek word deur speekseldruppels of vuil hande, speelgoed of eetgerei. Wanneer die virus die liggaam binnedring, val dit die boonste dele van die lugweg aan. Kinders met kroep kla daarom dikwels aanvanklik oor verkoue en toon simptome soos ’n loop- of toe neus. Stadigaan word die laer dele van die lugweg ook ontsteek, die stembande en lugpyp begin swel en raak geïrriteerd. Dit lei tot heesheid, harde asemhaling en ’n blaffende hoes. Spasmodiese kroep is verwant aan die aansteeklike soort, maar word meestal deur ’n allergiese reaksie veroorsaak. Virusse of ’n irritasie in die maag kan die rede vir dié reaksie wees. Spasmodiese kroep veroorsaak nie koors nie en die simptome is meestal van korte duur. Die harde, blaffende hoes is die algemeenste simptoom. Dit vererger gewoonlik snags en gaan gepaard met harde, krapperige asemhaling. By aansteeklike kroep het kinders dikwels ook ligte koors, vlak of moeilike asemhaling, ongedurigheid en ’n blouerige kleur, veral om die lippe en vingernaels. As jou dokter kroep by jou kind diagnoseer, behoort hy of sy die volgende voor te stel: pynpille vir die ongemak; die drink van baie water om dehidrasie te voorkom en slym uit die lugweë te verwyder; en ’n verdampingstoestel, omdat die klam vog ontsteekte lugweë kalmeer en vloei van slym en mukus bevorder. – (www.intelihealth.com) ) Die artikel het in Die Burger verskyn.
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
FAMILIEKENNISGEWINGS
VOERTUIE
SLEEPWAENS
BEGRAFNISDIENSTE
BETREKKINGS
WOONSTELLE TE HUUR
3040 1025
NETJIESE 3-SLAAPKAMERWOONHUIS te huur in Kuruman. 2 badkamers met toesluitgarage, R9 800 p.m. Skakel 079 563 9103.
EIENDOMME
NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue.
ADMINISTRATIEF
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072.
3605
ADMIN DATA CLERKS NEEDED: SMS full name and address to 074 927 5124 or e-mail: hubdata555@gmail.com
VERVOER VAN VRAGTE DEUR EIENAAR met groot 2,5-ton-platwa, van Kuruman en/of terug. Wa word nie persoonlik uitverhuur nie. Geen versekering op vrag. Skakel 083 310 0272.
PERSOONLIKE DIENSTE
DRYWERS
1460
BEAD & CRAFT SHOP Vir al jou benodigdhede om jou eie ontwerp te maak. Maak ook hangertjies, oorbelle en armbande en doen herstelwerk.
DRYWERS BENODIG: Tydelike drywers met geldige rybewys benodig om aflewering te doen. Handig CV in by Debonairs Kuruman, Spar-kompleks, Hoofstraat.
VOERTUIE TE HUUR TE HUUR: TROK VIR VERVOER VAN LEWENDE HAWE, tuinvullis of enige rommel. Skakel 079 563 9103.
ALGEMEEN 3680
WOONSTEL TE HUUR VIR ENKELPERSOON. Stil omgewing. R3 500 water en ligte ingesluit, plus deposito. Beskikbaar 1 Junie. Skakel 076 520 8670.
TE KOOP HUISE TE KOOP 3275
KLERASIE 1615
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
Department of economic Development, environment, conservation anD tourism
3650
3070
PERSOONLIK
3600
3250
KATHU: 2 Bestwood-huise te koop. 42 vk m. R495 000 elk. Sluit in: Ingeboude kaste en afdak (garage). 082 411 6482.
LUTEA PARFUUM: Is jy 'n selfgemotiveerde bemarker en parfuum jou passie? Nou is die geleentheid om deel te word van'n multi-miljoendollar-bedryf! Skakel Madri of SMS jou e-pos-adres na 083 655 0445.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
Cancellation of Bids • Bid Number: NWDEDECT 1/13/14: Security Services at Taung Skull World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 2/13/14: Security Services at Rustenburg Regional Offices, Lotlamoreng Dam, Industrial Site Mahikeng and NWDC Building at Head Office • Bid Number: NWDEDECT 4/13/14: Integrated Waste Management Plans for Vredefort Dome World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 6/13/14: Impact Heritage Assessment for Taung Skull World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 08/13/14: Provision of training for apprenticeship, Recognition of Prior Learning (RPL), learnerships and short skills programmes Recognition of Prior Learning (RPL) in the following programmes: Carpentry, bricklaying, plumbing, painting, plastering and tiling • Bid Number: NWDEDECT 10/13/14: Provision of training for apprenticeship, Recognition of Prior Learning (RPL), learnerships and short skills programmes - short skills programme from National Certificate: Construction contracting: NQF Level 2-SAQA ID 20813
We apologise for any inconvenience caused. Kone Solutions K22474
HUISE TE HUUR TROETELDIERE 1660
LABRADOR-HONDJIES: 6 weke oud, opreg en oulik. R1 200 stuk. Skakel 084 651 3000.
3270
KURUMAN: 4-slaapkamer-woonhuis te huur. Skakel tydens kantoorure 053 712 3406.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
SM Mathe
SKOONMAAKDIENSTE 1805
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.
In die boedel van wyle Modisaemang Simon Mathe, identiteitsnommer 570616 5750 081 van Huis no. E549 Magojaneng Village, Kuruman 8460. Boedelnommer: 020152/2014 Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van DERTIG (30) dae van datum hiervan. LUCAS RUITERS CONSULTANTS & GENERAL TRADING Posbus 1853 Kimberley
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
Kaap Agri is ’n gevestigde landboudienstegroep wat as publieke maatskappy sake doen met meer as honderd-en-vyftig bedieningspunte wat regoor die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo asook Namibië strek. Met die hoofkantoor te Malmesbury, verskaf Kaap Agri ’n verskeidenheid van produkte en dienste aan ’n diverse kliëntebasis wat landbouprodusente, besighede en die algemene publiek insluit. Ons beskik oor die volgende vakatures by ons Upington Agrimark:
Handelsklerk Hierdie pos is ideaal vir ’n persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik, sterk interpersoonlike vaardighede handhaaf en oor die verantwoordelikheidsin beskik om onafhanklik te kan werk.
4205
JR Cowburn
VOLWASSENES
Kaap Agri het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep.
In die boedel van wyle Joseph Robert Cowburn, identiteitsnommer 560314 5109 084 van Barnardlaan 1, Kuruman. Boedelnommer: 1243/2012 Die eerste likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 30 Mei 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros, Kuruman. Geteken te Kuruman op die 15de dag van Mei 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460
Verantwoordelikhede van die pos behels die volgende: • voorraadbestellings • verkope/kliëntediens • hantering van bestellings • voorraadkontrole en -oorplasings • ad hoc-take en administrasie wat met die voorafgaande verband hou.
Administratiewe Klerk Hierdie pos is ideaal vir ’n persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik, sterk interpersoonlike vaardighede handhaaf en oor die verantwoordelikheidsin beskik om onafhanklik te kan werk. Verantwoordelikhede van die pos behels hoofsaaklik die volgende: • verwerking van goedere ontvangsbewyse (GOB’s) • afhandeling van direkte bestellings • opmaak van daaglikse bank • hantering van kleinkas • beantwoording van telefoonoproepe • ad hoc-take wat met die voorafgaande verband hou.
Winkelassistent Hierdie pos is ideaal vir ’n vriendelike en hulpvaardige persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik. ’n Hoë premie sal ook geplaas word op ’n persoon met sterk eienskappe wat goeie menseverhoudinge handhaaf ten einde die Agrimark se kliëntediens te bevorder. Verantwoordelikhede van die pos behels die volgende: • bediening van kliënte • ontvangs van voorraad • kontrolering en merk van voorraad • rakversorging (wat insluit die netheid en pak van rakke volgens die neergelegde riglyne, soos in die handleiding saamgevat) • ad hoc-take wat met die voorafgaande verband hou.
PRIVAAT 2015
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.
SOEK, KOOP, VERKOOP
Belangstellendes is welkom om die Senior Bestuurder: Agrimark, mnr. Hein Swart, by 054 338 9000 te skakel vir meer besonderhede. U kan ook ’n faks stuur na 054 332 6798 of ’n e-pos stuur na hein.swart@kaapagri.co.za Sluitingsdatum: Donderdag, 12 Junie 2014 Kaap Agri sal slegs in gepaste gevalle onderhoude met aansoekers voer. Kandidate wat nie binne vyf werksdae ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was.
www.kaapagri.co.za
AGRIMARK
AGRILOG
FINANSIERINGSDIENSTE PAKMARK
PRODUKTE
VERSEKERING MEGANISASIE
118452 www.ayandambanga.co.za
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
19
‘Kerkfeeste’ ’n euwel VINCENT WARD, Kuruman:
DIE rugbyspan van die Hoërskool Kalahari voor hul wedstryd. Die skool se sjampanjenooientjie, Anri van Rooyen, het in ’n motor haar opwagting by die wedstryd gemaak. Foto: Dalene Coetzee
Spanne slaags op interskole Ilse Watson DIE Hoërskool Kalahari het op die onlangse interskolebyeenkoms teen die Hoërskool Vryburg ’n redelike loesing gekry, maar daar was tog goeie prestasies ook. Dié interskolebyeenkoms is een van die oudste tradisies tussen hierdie twee skole. Vanjaar was dit die Hoërskool Kalahari se beurt om die gasheer te speel en dit is by die Hoërskool Kalahari se Kameelboompark gehou. Die byeenkoms het reeds die Vrydag-
NINKE POTGIETER wat in die o.12Diamante span ingesluit is.
middag op die gholf- en tennisbane begin. Die Hoërskool Vryburg het met die louere weggestap. Saterdagoggend is ’n heerlike ontbyt aangebied – dit is deur die hotelskool van die Hoërskool Kalahari voorberei. Juanita Schoeman en Hildegarde van der Westhuizen is in beheer van die hotelskool. Die skole het in hokkie, netbal en rugby met mekaar meegeding. Die Hoërskool Kalahari se tweede netbalspan het 1-0 gewen en sodoende die beker verower.
CHANÉ WILLIAMS wat vir die Robynespan gekies is.
Seodin haal spanne Ilse Watson VIER leerlinge van die Laerskool Seodin het in onlangse netbal- en rugby-wedstryde baie goed gevaar. Chané Williams is vir die o.13-Robynespan gekies. Ninke Potgieter het die o.12-Diamante-span gehaal. Dié twee netbalspelers gaan in die Junie-vakansie na Margate waar hulle aan die Suid-Afrikaanse netbaltoernooi sal deelneem. DM Hohls en Luan van Zyl gaan aan die MiniCravenweek deelneem – dié toernooi vind ook in die Junie-vakansie plaas. Hierdie twee rugbyspelers is vir die B-span gekies.
DIE twee uitblinkerrugbyspelers van die Laerskool Seodin: Luan van Zyl (links) en DM Hohls. Foto’s: Johrieta Strauss
Die ander tellings is soos volg: Netbal: ) Die o.14A-span het met 15-11 gewen en die o.14B-span met 23-5. ) Die o.15A-span het met 18-10 gewen en die o.15B-span met 22-18. ) Die o.19A-span het 16-8 gewen en die o.19B-span het 10-13 verloor. Die o.19Cspan het 11-16 verloor. Voor die groot rugbywedstryd het die skole se pom-pon-meisies die skare met hul danspassies vermaak. Dit was ’n heerlike sportdag en die gees was uitstekend.
HOE onskuldig laat ons die ou basaars van die kerke deesdae vervang word met feeste van verskillende name. Die feeste word dan onder die dekmantel van geldinsameling vir die kerk gedoen. Van die feeste wat geadverteer word, word dan sommer ook met die die woorde, “kontantkroeg beskikbaar” geadverteer. Daar word nie van geestelike kunstenaars gebruik gemaak nie, want hulle kan nie ’n lekker “party” gooi nie en is maar ’n bietjie vervelig, want ons wil skud op die fees. Danspartye word dan gehou wat die ou voggies maar laat vloei en môreoggend sê ons dit was ’n groot sukses, want dit was darem mos nou vir die kerk. Selfs Geloftedag van 16 Desember word op dié wyse gevier: ’n ou kort diensie en daarna gooi ons kole, want die kunstenaars is hier en die Boeing is al oor. In hierdie situasies blameer ek kerkleiers en -rade, asook reëlingskomitees, wat eintlik van God, Sy kerk en dit wat Hy vir ons tydens Bloedrivier gedoen het, ’n bespotting maak. God is geen bedelaar dat daar vir Hom feeste gehou moet word sodat daar aan sy kerk se behoeftes voorsien moet word nie. As elke Christen sy deel aan die Here gee vir al die dankbaarheid wat jy teenoor Hom het, sal dit nie nodig wees vir die sogenaamde feeste nie. Feeste veroorsaak dat mense minder vir die Here gee, want daar was mos nou ’n fees wat ’n paar duisend rand opgelewer het. Hoe kunsmatig het ons Christenskap in die oë van die wêreld geword en het ons self blind geword vir die prys wat vir ons betaal is. God is die een wat die saad verskaf vir jou om te gee en as jy dit vashou, gaan jy die seëninge mis. Toon jou dankbaarheid teenoor God en maak jou beursie ’n bietjie wyer oop sodat die euwel van feeste hou vir die kerk tot ’n einde kan kom.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014
Behaal tweede plek DIÉ lede van die Kurumanrolbalklub het op Saterdag 17 Mei in Reivilo aan die rolbalborgdag van die Reivilorolbalklub deelgeneem. Hulle het die tweede plek verwerf nadat hulle teen 12 spanne gespeel het. Van links is Bennie Oosthuizen, Bossie Boshoff, Giepie Nel en Caren Nel.
Foto: Verskaf
Bereik groot hoogtes MADELENE VAN ROOYEN, ’n onderwyser aan die Hoërskool Kalahari, het aan die SuidAfri kaanse atletiekkampioen skapsbyeenkoms in Rustenburg deelgeneem. Sy het drie goue medaljes in die volgende nom mers verwerf: 80 mhekkies, 300 mhekkies en 200 mhek kies. Sy het ook die SuidAfri kaanse rekord in die 80 mhek kies gebreek. Foto: Dalene Coetzee
Kry die beker DIE o.19netbalspan van die Hoërskool Kalahari het op Saterdag 24 Mei aan die jaarlikse Vryburg/ Kalahariinterskole deelgeneem. Dié meisies het met 168 teen die Hoërskool Vryburg gewen. Van links is, voor: Amore Hauman, Antoinette Husselmann (afrigter) en Chaldean Botes; middel: Chantelle Myburgh en Lezaan van Rooyen; agter: Suné Human (kaptein), Karina van Zyl, Lerisa lee van Rooyen, Stephanie Hanekom, Wourine Jones (onderkaptein) en Kyla Horn. Afwesig: Grete Ellis. Foto: Verskaf
Wat is jou mening?
Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.