Kurumanbulletinku 20140605

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

5 JUNIE 2014

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Hulde aan helde gebring John Seeley en tehuis-beheerraad wen gesogte kompetisie André Botha KUMBA IRON ORE en Volksblad se Noord-Kapenaar van die Jaar is John Seeley, die man wat die hele land se verbeelding aangegryp het toe hy ’n hond, nou genaamd Kimberleigh, uit die Groot Gat gered het. Die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is die beheerraad van Huis Frans du Toit in Prieska. Die kompetisie word ook in samewerking met GWK aangebied. Dit is vanjaar die vierde jaar dat die kompetisie gehou word. Die doel daarvan is om Noord-Kapenaars en Noord-Kaapse instansies te vereer wat elk op hul eie wyse daartoe bydra om van die Noord-Kaap ’n beter plek te maak om in te woon. Die eerbewyse is verlede Woensdagaand op ’n spoggeleentheid in Kathu oorhandig. Die mededinging tussen die nege benoemdes vir Noord-Kapenaar van die Jaar was vanjaar besonder straf, soos ook die geval was met die vyf benoemdes vir die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar. Elkeen is ’n wenner uit eie reg. Wat die deurslag gegee het om Seeley te bekroon was die moed wat hy in die reddingspoging gewys het en die puik samewerking met die span wat saam met hom gewerk het. Dít het hom ’n rolmodel vir die NoordKaap gemaak. Daarby het hy die aandag van die land op die provinsie gevestig. Die beheerraad van die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar het gewen omdat hulle die hele gemeenskap betrek het in hul pogings om die tehuis vir bejaardes in ’n sieraad vir die dorp te omskep. Die lede van die beheerraad is almal mense wat hul eie tyd en energie daaraan gewy het om die sukkelende tehuis ’n veilige en goeie hawe vir sy inwoners te maak. Maar dit is nie net die wenners vir wie daar goeie nuus was nie. Die borge het ook besluit om R50 000 aan die Mispa-kinderhuis in Upington te gee, en ook R20 000 elk aan die Helen Bishop-te-

Kleinvoete het groot harte DIE Kuruman Christian Academy het verlede Vrydag die Tekkie Tax­dag behoorlik aangepak. Lees meer en sien meer foto’s op bladsy 15

Foto: Ilse Watson

huis in Kimberley, asook Huis Frans du Toit. Op dié wyse word die drie instansies gehelp om nog meer te doen. ) Die pragtige Nianell het as gaskunste-

naar opgetree. Kyk video’s van haar optrede op die webblad – www.kalaharibulletin.co.za ) Sien foto’s van die geselligheid en die wenners op bladsy 9.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Miners united by tournament THE 20th Inter Mines Group Associated Sports (IMGAS) Tournament was hosted by Anglo American division, Kumba Iron Ore. This event was held at Konka in Rustenburg from 18 to 22 May. Six mining-related training institutes took part in this year’s tournament, namely: Samancor, Sasol, Anglo American Platinum, Artisan Training Institute, Sibanye Gold and Kumba. Kumba did exceptionally well this year by taking top honours in the netball final against Sibanye Gold, in the rugby final against Sasol and in the soccer against Amplats. On individual level Kekana Raisibe from Amplats was identified as the best netball player of the tournament. The tournament, just like South Africa’s new democracy, celebrated its 20th anniversary this year and was underpinned by a sense of unity and celebration. The main objective of this five-day sporting event for first-time learners is to ensure the growth and development of leadership through sport within the mining and related mining industries. The tournament promotes good fellowship among participants who come from a variety of backgrounds. It also provides an opportunity for participants to play against fellow learners they might not otherwise have met. Speaking at the event, the chairman of IMGAS, Douw Ramdharee, said over the last 20 years the tournament had one common purpose and that is to develop, empower and unite learners through sport. “Sport has the power to teach us important life lessons about courage and determination, to do the right thing and be mindful of the rules that govern us. “Sport also teaches us how to exhibit fairness and to sometimes gracefully accept negative results. “Finally, it teaches us to attempt difficult challenges that are worthwhile,” said Ramdharee. Kumba continuously strives to form healthy and sustainable partnerships that are mutually beneficial to all stakeholders. “We are proud to have hosted our partners in the industry as well as this successful tournament.

KUMBA IRON ORE teams and management attending IMGAS 2014. “I would like to congratulate all the teams, the learners and the participants for making this event a huge success. “In particular I would like to celebrate the achievements of all the winning teams at this year’s tournament. “I hope that we can build on these successes for next year,” said Mashilo Mokotong, manager of sustainable development from Kumba Iron Ore’s Sishen Mine.

BEN DIEDERICHS (IMGAS president), Mashi­ lo Mokotong (manager of sustainable develop­ ment at Sishen Mine), Greg Jennings (mana­ ger of sport and recreation at Sishen Mine) and Douw Ramdharee (IMGAS chairperson).

Photos: Supplied


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

3

Dans, dans Kyla Benneli Olivier Van der Walt DANS gaan nog baie deure vir Kyla Geldenhuis (14) oopmaak. Dié hip-hop-danser is ’n gr. 8leerling aan die Hoërskool Kathu. Sy het in gr. 3 begin dans en hoewel sy ’n rukkie opgehou het, het sy nou weer volstoom begin dans. Sy is ’n student aan die Dance Feverdansskool onder leiding van Marli Stevens. Kyla se passie is hip-hop. “Ek is mal oor die groot bewegings en spronge wat ’n mens in hip-hop doen.” Die jong danser is ook deel van die skool se pom-pon-groep en het groot planne vir haar dansloopbaan. “Ek wil nog na die Suid-Afrikaanse danseindronde gaan en sal graag eendag in teaterproduksies wil optree.” Dan is daar die dansskool wat sy gaan oopmaak . . . Kyla se rolmodel is haar suster, Monique Murphy. Monique is in die Suid-Afrikaanse Ingenieur-formasie. “Sy is baie verantwoordelik

KINDERMUSIK­ MAATJIES, met hul nuwe blou T­hemde aan, saam met hul ma’s gedurende hul musiekklasse. Foto’s: Lynn-mari Olivier

MET hul nuwe blou T­hempies is hierdie kleuters vol glimlagge tydens hul musiek­ klasse waar die reg­ ter­ en linkerbrein ge­ stimuleer word. Van links, is: Gretna van Staden, Megan Both­ ma, Kayla­mia Mark­ ram en Dewald Oli­ vier.

Musiek maak kleines slim Lynn-mari Olivier KINDERMUSIK-MAATJIES van Kuruman het almal spesiale T-hempies ontvang en hulle was baie in hul noppies.

Tydens Kindermusik se musiekklasse word die brein in die geheel deur musiek en beweging ontwikkel. Die klas duur ’n halfuur en in dié tyd is die maatjies aktief

besig sonder om te besef dat die linker- en regterbrein gestimuleer word. Dit is ’n eksploristiese uitdaging wat elke moeder, kleuter en peuter kan oorweeg.

KYLA GELDENHUIS dans die planke aan die brand en het nog groot planne vir ’n suksesvolle dansloopbaan. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

en niks kry haar onder nie.” Haar ouers speel ook ’n belangrike rol in haar dansloopbaan. “Hulle neem my na al die kompetisies, ondersteun my en gee erkenning as ek goed doen.” Ma Maureen en pa Coenraad is natuurlik baie trots op hul dansende dogter. “Sy gaan nog ver kom en ons gaan al die pad daar wees om haar te ondersteun. “Sy is ons trots.”


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Water moet voorkeur kry SKOON, veilige water is ’n noodsaaklikheid vir elke huisgesin in Suid-Afrika. Volgens die Grondwet is dit ook een van jou basiese regte as mens. Met die onlangse voorval in Bloemhof, waar ’n baba weens vuil water dood is, en verskeie mense vir ernstige diarree behandel moes word, is dit kommerwekkend dat Suid-Afrika steeds nie aan hierdie basiese grondwetlike vereiste in sekere munisipale gebiede voldoen nie. Nog vyf babas is ná die dood van die baba vir waarneming opgeneem. Volgens die departement van gesondheid in Noordwes was dit net vir waarneming. Lede van die gemeenskap in die Lekwa-Teemane- munisipale gebied was ook ’n week sonder water. Selfs nadat die watertoevoer weer in Bloemhof herstel is, is daar steeds ernstige gesondheidsrisiko’s rondom die water se gehalte. Mense van die Boitumelongtownship by Bloemhof het die vuil water gekook soos die munisipaliteit aanbeveel het, maar volgens Sinah Jacobs, ’n inwoner, het haar oudste seun, Petrus, steeds siek geword.

Gemeenskappe oor Suid-Afrika heen ly weens korrupte munisipaliteite, besoedeling en die wat baat daarby vind om munisipale pligte privaat oor te neem en te bedryf. Die afgelope 16 jaar het die aantal Suid-Afrikaners wat toegang tot skoon, lopende water het, verdubbel. Volgens ’n nasionale sensus het 9 uit 10 Suid-Afrikaners toegang tot hierdie basiese hulpbron. Maar die werklikheid – wat ongelukkig van Nkandla tot Stellenbosch strek – is nie so rooskleurig nie. In die laaste sewe jaar het die persepsies van gemeenskappe oor die land heen oor water-gehalte drasties afgeneem. Miljoene mense in die land het geen toegang tot skoon, lopende water of selfs ’n spoeltoilet nie. Baie ander moet tot tien uur in ’n ry staan vir ’n paar emmers water. Tydens ’n onlangse protesoptog weens watergehalte is vier mense in Mothutlung naby Brits dood. Dit is kommerwekkend dat nadat die verkiesingsbeloftes gemaak is, die land se skokkende waterprobleme nie dié voorkeursaak vir Suid-Afrika se regering is nie.

Klein kinders nog bokkies vir sports Lizette Slabber EEN van die lekkerste dinge om te doen is seker om te gaan kyk hoe gr. 1’tjies en gr. 2’jies geleer word om ’n sport te beoefen. Net om te oefen verg twee onderwysers en een ouer wat as afrigters optree en dan is daar nog tot vier ouer seuns nodig wat net moet help om almal op hul plek te kry. Om dinge te vergemaklik het my seun se skool nou oefentruie gekry sodat hulle darem tydens oefensessies in ’n blou span en ’n geel span verdeel kan word. Tog was dit nou die dag nodig dat een van die afrigters moes skree: “Moenie hom tackle nie; hy is in jou span.” Ná die eerste wedstryd waarin bykans al die toeskouers moes help keer dat die baldraer na die verkeerde pale mik, het my seuntjie trots op my afgestorm en gegil: “Ons het gewen, ons het 2-1 gewen.” Ek het mooi probeer verduidelik dat hulle nie 2-1 gewen het nie, maar 10-5, maar dié verduideliking is net begroet met ’n kyk wat sê duidelik weet Ma niks en ’n antwoord wat sê Ma weet niks, want Ma is mos ’n girl: “Ons het

twee ‘doele’ gedruk, nie tién nie.” Nou is die rugby eers verby en gaan ons weer hokkie speel. Verlede jaar (in gr. 1) was ons baie opgewonde om al die hokkie-benodigdhede te gaan koop. Die groot stok en die lang kouse en selfs die “klipharde ding wat my kuite moet beskerm”. Maar toe ek hom by die oefening aflaai, besef ek eers wat ek gedoen het. Vyftien seuntjies gaan elkeen met ’n groot stok losgelaat word . . . Ek was seker ons sou die aand eers ongevalle toe moes gaan voordat ons huis toe is. Maar ongeag daarvan dat hul heelwat “swaardgevegte” gehad het, het hulle darem ook sonder ’n enkele besering leer hokkie speel. Mag ek hulle tog asseblief so klein hou – daar waar rugby en hokkie nog vir sports sorg en nie vir harsingskudding en beenbreuke nie.

Wonderskoon in die skemer MAJESTUEUS pryk ’n kameeldoringboom teen ’n sonsondergang.

Foto: Ilse Watson

Ouers moet die jeug lei Pastoor Gert Kriel EEN van die dae vier ons Jeugdag. Baie mense is so bekommerd oor, soms selfs krities teenoor, die jeug van vandag. Tienerswangerskappe, dronkenskap, satanisme en selfs moorde deur tieners op hul ouers of vriende is aan die orde van die dag. Die versoekings en negatiewe invloede wat kinders deesdae moet weerstaan, is eksponensieel meer as toe ons grootgeword het. Juis daarom moet ons as ouers, meer as ooit tevore verseker ons leer ons kinders die pad wat hulle moet loop. Neem die verantwoordelikheid as ouer op. Wat ’n mens moet besef, is dat die “ouers van gister” die hoofrolspelers is vir die “jeug van vandag”. Dit is nie die skool, regering of ons kerk se verantwoordelikheid om ons kinders op te voed nie, maar ons as ouers s’n. Pa, jou gesag as hoof van die gesin kom van God self. Jy is die deur na jou gesin se hart. Jy moet

besluit na watter televisieprogramme daar gekyk mag word, na watter partytjies jou kinders mag gaan en watter klere aanvaarbaar is vir jou kinders om aan te trek. Vestig ’n gesonde huwelik. Volmaakte liefde verdryf alle vrees. Niks bied soveel veiligheid en stabiliteit aan ’n kind as ’n pa wat vir sy vrou en kinders lief is ondanks foute en die druk van die lewe nie. In ’n huis waar liefde heers, ontwikkel kinders ’n beter selfbeeld, pak hulle uitdagings makliker, en het hulle ander mense ook meer vreesloos lief. Hulle weet, “dit maak nie saak wat in die wêreld gebeur nie, in my ouerhuis is ek liefgehê en veilig”. Wees ’n betrokke pa. In elke kind se hart is ’n plekkie wat net deur sy/haar pa gevul kan word. As ’n pa (of vaderfiguur) afwesig

is, sal ’n kind na enigiets gryp (dwelms, seks, alkohol) om daardie behoefte na pappa-liefde te vul. Wanneer laas het jy gekyk wat op jou seun se selfoon aangaan, of wie almal vriende is met jou dogter op Facebook? Wanneer laas het jy jou selfoon afgesit en ’n hele dag saam met jou gesin deurgebring? Begelei jou kinders na Jesus. Aan die einde van die dag soek almal na die liefde van Vader God. God het ons as mens gemaak om in ’n liefdesverhouding met Hom te staan. God wil ons as ouers, en veral pa’s, as ’n tasbare voorbeeld van sy Vaderliefde gebruik. Ons werk as ouers is om ons kinders na God te begelei, deur Jesus Christus. Net deur ’n persoonlike verhouding met Jesus sal ons kinders werklik kan leef. (Joh. 10:10) Om te kan glo in die “jeug van môre”, moet ons ons verantwoordelikheid opneem as die “ouers van vandag”.

Hou sy lyf hondmak model SO gevaarlik soos ’n hiëna is, was dié een net ’n meter weg en het hy ’n goeie foto­ geleentheid gebied. ’n Bruin hiëna het lui­lui langs die pad gelê – hy het seker genoeg ontbyt geëet en ’n lekker ruskans benut. Foto: Ilse Watson


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Fotofinaliste aangekondig Lizette Slabber HIER is die finaliste in die Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie. Die wenner wen ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar geborg deur Orange River Cellars. Die wenfoto’s gaan ook in dié kelders se bemarkingsveldtog gebruik word. Gaan stem vir jou gunsteling op Facebook, want die foto met die meeste likes gaan ook ’n geskenkpak van Orange River Cellars wen. Daarby word die wenner deel van die

finale groep wat ’n kans staan om ’n naweek vir vier by een van die NC Famous Lodges te wen. Maak ook seker dat jy nou al jou dierefoto’s na lizette.slabber@volksblad.com stuur, want in Junie soek ons die beste foto’s van plaasdiere en wilde diere.

TILANA STEENKAMP se pragtige foto van ’n pa en seun wat ’n besonderse oomblik deel, is een van die finaliste. Foto: Tilana Steenkamp

ANENA BURGER het dié mooi foto ingestuur.

Foto: Anena Burger

’n BESONDERSE oomblik tussen vriendinne.

NOG ’n prag­oomblik wat deur Anena Burger vasgelê is.

Foto: Anena Burger

Foto: Anena Burger

’n MOOI oomblik met ’n asemrowende agtergrond. Anena Burger het dié foto geneem.

Foto: Anena Burger

ABRIE VAN NIEKERK het dié pragtige foto vir die Jou oomblik, ons wyn­kompetisie ingestuur.

Foto: Abrie van Niekerk


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

(Vry)fees der feeste DIE jaarlikse Vryfees, aangebied deur Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, en die Universiteit van die Vrystaat (UV), word van 15 tot 20 Julie in Bloemfontein aangebied. Die Vryfees word op die Kovsie-kampus gehou. Kaartjieverkope het reeds op 9 Mei by Computicket geopen. Die feesprogram kan by die onderskeie kantore van die Kalahari Bulletin (Kathu, Upington en Kuruman) gekoop word en kos R10. Die Vryfees bied ’n groot verskeidenheid aan besoekers, van musiek soos kabaret, klassiek, jazz, tot musiekteater. Daar is ook toneelspel soos drama en komedie. Daar is selfs ’n kinderteater en die Spontaan-eindronde vind ook op dié fees plaas. ’n Boekefees met boekbesprekings deur kundiges is ’n spesiale bederf.

Get 50% discount

Price Cuts 49

9

PnP Fresh Chicken Braaipak 8s or 16s Per kg

Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

21

R

50

SAVE 11.90

SAVE 2.90

PnP Cooked Ham Per 100g

Clover Full Cream or 2% Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each

FRESH

THE Ga-Segonyana Municipality introduced a proposal for the implementation of a 50% discount on the settlement of outstanding debt from 1 April until 30 June. The municipality’s debt is R56 827 983 of which R32 704 128 is in respect of households. Its cash flow is under threat because of the growing culture of non-payment. Customers can enter into a three-month arrangement for the payment of debt from R5 000 and also continue to pay their current accounts. The discount is not applicable to councillors and employees of the Ga-Segonyana Municipality. ) Make sure that you get to the municipality as soon as possible and make the necessary arrangements for payment of you household accounts.

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.

54

R

Per kg

34

R

DAY Y ONL

Bulk Stewing Beef Bone in

Bulk Oukraal Wors

R

6S

35

31

90

R

SAVE R9

17 39

SAVE R5

Spekko Parboiled Rice 2kg

Rama Original Margarine 500g Brick

35

R

49 23 90

90

80

15

R

PnP Washed Potatoes 7kg

SAVE R3

Selati White Sugar 2.5kg

PnP Golden Delicious Apples 1.5kg

BUY ANY 2 FOR

1 5 20

R

90

Coca-Cola Regular 2.5 Litre

Simba Lay’s Potato Chips Assorted 125g C

90

Omo Auto Washing Powder 2kg, Concentrated Liquid 750ml, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each

R

I&J Light & Crispy Hake Fillet Portions Assorted 500g Each

Renown Traditional or Cheese Pork Bangers 750g Each

Frisco Instant Coffee Assorted 750g Each

31

BUY 2 FOR

Cuddlers Disposable Nappies Size 3 Midi 52s, Size 4 Maxi 50s, Size 4+ Maxi Plus 48s or Size 5 Junior 44s

105

R

Per Pack

SAVE R7

39

90

Sunlight Handwash Washing Powder Assorted 2kg Each

PRICES VALID 3 - 8 JUNE 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185666_390 X 194

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

ELBERT, JUNE­MARIE EN GERT­PIETER ESTERHUIZEN.

Foto: Lynn-Mari Olivier

Drie maal die vreugde Lynn-Mari Olivier

VADERSDAG is op Sondag 15 Junie. Stuur jou spesiale Vadersdagbood­ skappe aan die Kalahari Bulletin by ilse.watson@volksblad.com.

SURIKA ESTERHUIZEN het ’n drieling: Elbert, June-Marie en Gert-Pieter. Sy het die Kuruman Bulletin meer oor die uitdagings van haar swangerskap vertel. “Tot op sewe maande het ek oggendnaarheid beleef. Dit het dalk iets te doen gehad met al die ekstra vitamienes wat ek moes drink. My maag het ook baie vinnig gegroei en dit het beweging moeilik gemaak. “Op 26 weke kon ek nie meer bestuur nie en was ek op bedrus tot en met die drieling se geboorte. Ek moes die hele tyd iemand by my hê omdat ek nie self kon opstaan nie en het tot die einde van my swangerskap met my bloeddruk gesukkel,” vertel Surika. “Die grootste aanpassing was dat ek my onafhanklikheid verloor het. Ek het die hele tyd iemand nodig gehad en dit was

baie moeilik om te aanvaar. Ek, my man en die drieling het ’n jaar en drie maande by my ouers gaan woon sodat hulle ons kon help. Ewe skielik was alles wat voorheen perfek was te klein, die huis én die motor. “Ons kon nêrens heen met hulle gaan nie, want stootkarretjies vir drielinge is ongelooflik duur en dus kon ek steeds niks doen sonder hulp nie. Toe die drieling twee en ’n half jaar oud was, het ons die eerste keer weer sosiaal begin verkeer. Goeie vriende beteken so baie. Die drieling is besige kinders en jy moet hulle maar gedurig dophou. “Om dinge te vergemaklik was roetine die antwoord. Al drie is gelyk gevoed, want dit was al manier hoe ons ook rus kon kry, nodeloos om te sê met ’n drieling is rus maar min. “Ek het ’n groot witbord in hul kamer opgesit en op die bord het ons al die voedingstye en getal doeke vir die dag neergeskryf.

Die drieling is vroeggebore en moes daarom weekliks geweeg word. Meerlinge is harde werk. Toe hulle groter was, het ons na ons eie huis toe teruggetrek. Ons het ons agterplaas in ’n speelplek verander om hulle so besig te hou. “Dit lyk letterlik soos ’n kleuterskool, kompleet met swaaie, ’n groot sandput, trampolien en nog meer. “Die drie het in die huis ’n vertrek waarin al hul speelgoed gebêre word. “Ek sal dit ook nie anders wil hê nie. Ek ervaar elke dag driedubbele vreugde en eintlik maak die drie baie maklik groot. Hulle is maats en vul mekaar so mooi aan. Hulle leer vinnig en sosiaal ontwikkel hulle ook baie vinnig. “Ek sien dit só: Meerlinge is gelukkig, want hulle het hul beste maats permanent aan hul sy.” ) Lees nog ’n storie oor ’n tweeling op bl. 10.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

DIE beheerraad van Huis Frank du Toit is as Volksblad en Kumba Iron Ore, in samewerking met GWK, se Noord­Kaapse Instansie van die Jaar aangewys. Hier ontvang hulle die eerbewys. Van links is Rina Coetzee, Grizelda Gouws, Marius Gouws, Gert Schoeman, die korporatiewe kommunikasiebestuurder: Kumba Iron Ore, en Riza Coetzee. Foto: Emile Hendricks

JOHN SEELEY saam met Kimberleigh.

Vreugde oor wenners André Botha DAAR was verlede Woensdagaand staande applous op ’n glansgeleentheid in Kathu toe aangekondig is dat John Seeley, die man wat ’n hond uit die Groot Gat gered het, as die Noord-Kapenaar van die Jaar aangewys is. Ook die aanwysing van die beheerraad van Huis Frank du Toit in Prieska as die Noord-Kaapse

Instansie van die Jaar was ’n gewilde besluit. Seeley se eerbewys is namens hom deur sy vrou, Brenda, ontvang. Hy kon self nie daar wees nie omdat hy ’n kursus in Gauteng bywoon. Marius Gouws van die beheerraad van Huis Frank du Toit sê dit was ’n groot verrassing toe die beheerraad as die wenner aangekondig is. “Ons het dit nie verwag nie.” Sy vrou, Grizelda, sê nadat hulle

die kontanttoekenning ontvang het, het hulle aangeneem een van die ander instansies het gewen. Kontanttoekennings aan drie instansies, die Mispa-kinderhuis (R50 000), die Helen Bishop-tehuis (R20 000) en die beheerraad (R20 000), het ook groot vreugde verskaf. Die drie instansies sal nou ’n behoeftebepaling doen waarvolgens besluit sal word hoe om die geld aan te wend.

BRENDA SEELEY het die eerbewys vir Noord­Kapenaar van die Jaar namens haar man, John Seeley, ontvang. Hier is van links Tanya Aucamp, die kommunikasiebestuurder: Sishen­myn, Neil de Klerk, die uitvoerende bestuurder: korpora­ tiewe bemarking van GWK, Brenda Seeley, Gert Schoeman, die korporatiewe kommunikasiebestuurder van Kumba Iron Ore, en Ina Knott, hoofbestuurder van Volksblad. Foto: Emile Hendricks

KOL. SAMPIE KOOPMAN, die bevelvoerder van die polisie in Kuruman, en sy vrou, Nella, was van die gaste toe Volksblad en Kumba Iron Ore, in samewerking met GWK, se Noord­Ka­ penaar van die Jaar en Noord­Kaapse Instan­ sie van die Jaar aangewys is. Foto: Ilse Watson

DIE glansgeleentheid waarop Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord­ Kapenaar van die Jaar en Noord­Kaapse Instansie van die Jaar aange­ wys is, is ook bygewoon deur van links Janine Botes, Mandi Jordaan en Marinda Bezuidenhout. Foto: Ilse Watson

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

’n Goeie jaar vir Afrikaanse letterkunde VANJAAR was ’n groot jaar vir die letterkunde. Nie net letterkunde nie, die Afrikaanse boek in die breë het gedy – in gedrukte vorm, e-boeke én boektoepassings, oftewel boeke vir tabletrekenaars. Daar was genoeg sterk debute –

soos die romans van Johann Nell se Sondag op ’n voëlplaas, Dominique Botha se roerende Valsrivier en Carié Maas se Koljander. Groot en bekende name het nuwe boeke die lig laat sien wat wys hul soepelheid het nog geensins getaan nie.

En dan was daar ’n paar boeke wat die appelkar omgegooi het: Riette Rust se Die AA tot OE van seks, Annelie Botes se Swart op wit, Kosblik (saamgestel deur Nicole Jaekel Strauss) en ook Gavin Prins se Joost en Amor – Agter die skerms.

Book on SA out Wen wynboek

Kos vir jou siel

IN A Rumour of Spring, Max du Preez investigates the progress and lack of progress in the count­ ry. He looks at the legacies of Mandela and Mbeki in an attempt to understand how we got here. He examines Jacob Zuma’s presi­ dency. In the context of blatant corruption and tragedies such as the Marikana massacre, the book considers the current state of af­ fairs. Kalahari Bulletin has a copy of this book to give away. SMS yo­ ur name and the word “Spring” to 072­595­7000. The winner will be announced at the end of July.

VALLEI VAN MELK EN HEUNING word in seisoene opgedeel en die produk wat op daardie tydstip op die plaas en uit die omgewing beskik­ baar is. Dit sluit ’n wye spektrum van resepte in: van geurige elke­dag­kos, tot uit­ halergebak om enige gas mee te be­ indruk; maar altyd toeganklik, eerlik en onpretensieus. Tussendeur die resepte vertel Riana Scheepers stories, en maak dié meer as net ’n resepteboek. Dit is in der waarheid ’n inspirerende lekkerlees­ boek wat jy nie net in die kombuis gaan lees nie.

DRIES DE KOCK se boek, Op Bacchus se knie, handel oor tuiswyn­ maakresepte. Hy het die idee vir die boek gekry nadat hy en sy familie ge­ braai het, en die voggies al ’n bietjie te veel was. Sy suster het gesê: “Hoe ver is die vleisgoed nou wat ek sal moet eet. Dit smaak my ek sit al op Bacchus se knie.” Daar is nog tyd om hierdie boek te wen – stuur ’n SMS na 072­595­7000 met jou naam en van en voeg die woord Bacchus daarby. Die wenner van dié interessante boek sal in die uitga­ we van 12 Junie aangekondig word.

Tydens die Vryfees in Bloemfontein (15 tot 20 Julie) sal daar ’n boeketent wees waar boekwurms hulle aan al die nuwe publikasies kan verlusting. ) Besoek die Vryfees se webtuiste by www.vryfees.co.za vir meer inligting.

DIE weeklikse Op die boekrak van die Kalahari Bulletin stel nuwe boeke aan lesers bekend. Met tye sal daar ook kompetisies aangebied word waar lesers ’n boek kan wen. Wat lees jy op die oomblik? Laat weet die Bulletin by ilse.watson@volksblad.com en vertel meer oor die boek.

JANINE VICTOR met haar tweeling, Dandré en Divan. Foto: Lynn-Mari Olivier

Ma se hart Lynn-Mari Olivier

Double trouble and fun Lynn-Mari Olivier

MILENA VAN ZYL with her twins, Emma and Lucas.

Photo: Lynn-Mari Olivier

MILENA VAN ZYL spoke to the Kalahari Bulletin about the challenges they had to face with their twins. “Having twins has changed our lives completely, as any child would do. Nothing can really prepare you for being a parent, for the challenges and sacrifices, but even though it is the hardest thing you will ever do, it is by far the most rewarding. “Our lives were changed irrevocably. We have to plan

things in advance and, logistically, it is difficult to travel with two children. “Even though my kids are twins, they are two different human beings with individual personalities. I try to not call them twins, I prefer using words like children or using their names. They are like any other siblings; there are certain things they do in similar ways and plenty they do differently. I just hope my husband and I can raise them to be good people. That would be our greatest achievement.”

DIE Kalahari Bulletin het met mammas gesels oor hoe hul lewe verander het nadat hulle tweelinge of drielinge ryker geword het. Janine Victor, ma van Dandré en Divan, vertel: “Tweelinge dwing jou om geduldiger te wees, veral wanneer hulle veeleisend raak, soos wanneer dit tyd word om te bad of te eet. Jy moet maar jou eie behoeftes opsy skuif. “Dit is baie uitdagend om vir albei ewe veel aandag en versorging te gee sonder dat jy as ma voel dat jy onbewustelik die een dalk meer afskeep. ’n Ma moes dalk maar meer as net twee hande gehad het . . . “My tweeling het elkeen hul eie persoonlikheid en behoeftes en as ’n ma moet jy met albei genoeg tyd deurbring om ’n verhouding met hulle op te bou. “Slaap is ’n groot uitdaging, want jy moet jou slaaproetine aanpas om die twee te versorg. Uitputting loer sommer maklikmaklik om die deur. As ma van ’n tweeling moes ek groot veranderings in my lewe maak. Jou aandag word verplaas en alles draai nie meer net om jou nie. Jy moet hulle behoeftes eerste stel. “As hulle slaap, slaap ek of gee aandag aan myself. Roetine is vir my baie belangrik, sonder roetine sal die uitdaging te groot wees. Roetine werk vir ons. “Hoewel daar baie dinge is wat verander en tweelinge harde werk en ’n groot verantwoordelikheid is, is dit ’n groot geskenk van God en dank ek Hom elke dag vir my twee wonderlike kinders. Woorde kan nie beskryf hoeveel hulle vir my beteken nie.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

EIENDOMME

HUISE TE HUUR

INSOLVENTE BOEDELS

3270

WOONSTELLE TE HUUR

BEGRAFNISDIENSTE 1025

3250

KURUMAN: 2-slaapkamerwoonstel beskikbaar. R5 000 per maand. Koopkrag. Skakel 082 553 6502. KURUMAN: Een slaapkamer,badkamer, oopplankombuis, leefarea. Koopkrag. R4 200 per maand. Skakel 083 384 1250 na 14:00.

HUISE TE KOOP 3275

TE KOOP

TROETELDIERE 1660

LABRADOR-HONDJIES: 6 weke oud, opreg en oulik, R1 200 stuk. Skakel 084 651 3000.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

BETREKKINGS 3600

DRYWERS 3650

SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.

LOOKING FOR DRIVER for deliveries in Northern Cape area, based in Kuruman. Must have a Code 10 licence with PDP. Phone U. Stander 083 675 5859.

1810

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Strydom Elektries: 083 310 0272. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

HERSTELWERK 1818

W.P. LOODGIETERS: Gebarste pype, herstel van geisers, nuwe werke, herstelwerk aan ou geboue. Skakel 084 380 7890.

VAKANSIE & REIS

AKKOMMODASIE 2635

VAKANSIE AKKOMODASIE TOT 20 Des. 2014. Kaap Agulhas, slaapplek vir 8, R1 000 per nag. 50 m vanaf see/±200 km vanaf Kaapstad. Skakel 083 384 1250 na 14:00.

VOERTUIE

VOERTUIE TE KOOP ONDER R30 000 3064

MERCEDES BENZ E200, 1989, R17 000. Skakel 082 871 7677.

NOTICE OF SURRENDER OF ESTATE OF A DEBTOR'S ESTATE SECTION 4(1) OF THE INSOLVENCY ACT NO. 24 OF 1936 Notice of surrender of a debtor's estate in terms of Section 4(1) of the Insolvency Act no. 24 of 1936, as amended. Notice is hereby given that an application will be made to THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA, NORTHERN CAPE DIVISION, KIMBERLEY, on 4 JULY 2014 at 10:00 or as soon thereafter as the matter can be heard of the acceptance of the surrender of the estate of: NAME: Charlene Leach, identity number 830608 0050 084, OCCUPATION: Sales Representative ADDRESS: Corner Purchase Lane and Poolman Street, Kuruman, UNMARRIED and that the Statement of Debtor's Affairs will lay for inspection at the office of the Master of the High Court, Sol Plaatje Ave, Kimberley, and at the Magistrate's Court, Kuruman, for a period of fourteen (14) days from and including 6 JUNE 2014. VW HADDAD ELLIOTT, MARIS, WILMANS & HAY Attorneys for the Applicant Ground floor, Cheapside Building, Kimberley 8301 PO Box 179, Kimberley 8300. Tel: 053 831 1521, fax 086 612 6400 E-mail: haystd@elliott-maris.co.za Docex 3, KI.

GEREGTELIKE VEILING 4501

SOEK AFGETREDE DRYWER om plaaslike aflewerings te doen in Kuruman-area. Kode 10 en PDP 'n vereiste. Skakel D. Stander 072 141 6965.

BOEDELKENNISGEWINGS

ELEKTRIES

4215

C. Leach

Just Letting / HJR Swart & A Swart KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE In die Landdroshof vir die distrik van Hoëvelddrif gehou te Evander Saaknommer: 1461.2013 In die saak tussen: JUST LETTING Eksekusieskuldeiser en HJR SWART 1ste Eksekusieskuldenaar A SWART 2de Eksekusieskuldenaar In opvolging van 'n vonnis in die Landdroshof van EVANDER en 'n lasbrief vir eksekusie gedateer 5 Februarie 2014 sal die goedere hieronder uiteengesit in eksekusie verkoop word VIR KONTANT aan die hoogste bieder op 20 Junie 2014 om 09:30 by die baljukantoor, Skoolstraat 46, Kuruman: Volkswagen Polo met registrasienr. HGS 439 NW Geteken te Secunda op hierdie 29ste dag van Mei 2014. JORDAAN & COETZER ING. Grand Palace Gebou 1ste Vloer Secunda 2302 Verw: Mnr Jordaan (Jnr)/nb/J423

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Skiet vir SA in VK ZANDER BEYLEVELDT, ’n leerling aan die Hoërskool Duineveld, is in die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (Sanssu) se nasionale skietspan in die Sporter-afdeling ingesluit. Hierdie skietspan gaan in Bisley, Surrey, in die Verenigde Koningkryk aan die Britse Junior Internasionale Skietkompetisie deelneem. Die span bestaan uit 24 skuts van oor Suid-Afrika heen. Hy gaan van 4 tot 7 Augustus aan dié toernooi deelneem. Daarna gaan die skietspan van 8 tot 12 Augustus ’n toer van besienswaardighede volg.

ZANDER BEYLE­ VELDT.

Hokkiespanne meet kragte DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het op Saterdag 24 Mei teen die Hoërskool Kathu hokkiewedstryde gespeel. HMO se eerste hokkiespan het met 3-0

gewen. Die tweede hokkiespan van HMO het ook met 3-0 gewen en die derde hokkiespan het met 2-0 gewen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

DIE formidabele koor van die Laerskool Kuruman wat gedurende die Junie­vakansie aan die nasionale korekompetisie gaan deelneem. Foto: Verskaf

Koor bekoor Noord-Kaap Ilse Watson DIE koor van die Laerskool Kuruman het die afgelope week aan die jaarlikse departementele eisteddfod-skoolkoor-kompetisie deelgeneem. Die distrikskompetisie het in die stadsaal van Kuruman plaasgevind en die koor het met die liedjies Hou jou rokkies bymekaar en The cuckoo cries ’n eerste en tweede plek gewen. Op 22 Mei het die koor aan die provinsiale

kompetisie in Upington deelgeneem en weer het hulle ’n eerste plek behaal. Hierdie formidabele koor gaan gedurende die Junie-skoolvakansie na Durban om die Noord-Kaap te verteenwordig. Hulle gaan aan die nasionale kompetisie deelneem. Dit is nou die vierde agtereenvolgende jaar wat hierdie koor die Noord-Kaap verteenwoordig. Die dirigent van die koor is Meldine Mackriel en die hulpafrigter is Shosho Maoto. Die pianis is Collin September.

DIE wenklas (gr. 9) van die Kuruman Christian Academy wat die meeste geld vir Tekkie Tax­dag ingesamel het. Van links is, voor: Tau Modiselle, Oarabile Mosetlho, Katlego Men­ tor, Kabo Ocwelang en Mapaseka Itumeleng; middel: Nelia Greyling; agter: Goitseonie Bloem, Ato Holele, Kamogelo Thlako, Tshepo Pule, Martin Kleingeld, Methembo Nkomo en Refilwe Onewang; heel agter, regs: Connon Renoster. Foto: Jandri Coetzer

DSV baat by dag Ilse Watson DIE Kuruman Christian Academy het verlede Vrydag Tekkie Tax-dag gevier. Hulle het geld vir die Kuruman-DSV ingesamel. In totaal het hulle R12 500 ingesamel en 500 Tekkie Tax-plakkers verkoop.

Daar is ook verskeie skenkings van ander mense ontvang. Die gr. 9-klas het die meeste geld ingesamel – ’n totaal van R2 550. Die tweede plek is deur die gr. 10-klas behaal met ’n totaal van R1 150. Die derde plek is deur die gr. 8-klas behaal. Hul totaal was R850.

DIE kleurvolle tekkies van kleuters van die Kuruman Christian Academy.

Sharing is caring THE gr. R learners from the Kuruman Christian Academy recently learned the concept of sharing. They also learned more about the different food groups. The learners were requested to bring different types of fruit and vegetables to school. These items were donated to the old­age home. This enabled teachers to show the learners on a concrete basis what the true meaning of sharing is and that they as a school should share with the community. Photo: Supplied

Foto: Ilse Watson

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014

Goud, silwer en brons werd Ilse Watson OP Vrydag 23 Mei het lede van Daniëlskuil se JKA-karateklub aan die Suid-Afrikaanse karatekampioenskapsbyeenkoms in die Standard Bank-arena in Johannesburg deelgeneem. Die lede wat deelgeneem het, was Monique Ludike, Juandré Nortjé, Samson

Verwerf beker DIE hokkiespan van die Hoërskool Kalaha­ ri het sy wedstryd met 4­0 gewen en sodoen­ de ook die seunshok­ kiebeker verwerf. Van links is, voor: Louis du Plessis, Kobus van Zyl, Divan Reinecke, Edrich Izaaks, Katle­ go Moreeng en Keve­ rique du Plessis; ag­ ter: Daniël Kok, Teba­ lelo Gaborokwe, Tsedimogo Mocumi, Louis Kriel, Gareth Potgieter, Marvin Les­ ley en Johnfred Au­ camp.

Lackay, Christiaan du Plessis en Janika van der Westhuizen. Janika het ’n goue medalje in die kumite-afdeling (vrygeveg) gewen. Sy het ook ’n silwermedalje in die kata-afdeling behaal. Christiaan du Plessis het ’n bronsmedalje in die kumite-afdeling verwerf.

Berei voor vir 170 km

JANIKA VAN DER WESTHUIZEN en Christiaan du Plessis wat uitmuntende prestasies in die Suid­Afrikaanse karatekampioen­ skapsbyeenkoms in Johannesburg behaal het. Foto: Verskaf

BAREND COETZEE (regs) van die Kumba­ fietsryklub het verle­ de naweek aan die Wieg van die Mens­ dom­wedren in Kru­ gersdorp deelge­ neem. Hy het goed gedoen en die moeili­ ke wedren oor 50 km in ’n tyd van 2:24 vol­ tooi, met ’n maksi­ mum spoed van 73 km/h. Die wedren het ook gedien as voorbereiding vir die Kremetart­wedren oor 170 km wat op 7 Junie plaasvind.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.