Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
10 JULIE 2014
Kuruman
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Tref met beeld DIE wenner in die Kalahari Bulletin se diere-fotokompetisie van Junie is Jaco Kriek se besonderse foto van ’n renoster. Hiermee wen hy ’n geskenkbewys van Wakkaberry in die Kalahari Mall in Upington. Sien op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het. Foto: Jaco Kriek
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Maak ’n verskil in kinders se lewe Ilse Watson
Celebrating as first ever NC winners FOR the first time ever, learners of the Wrenchville High School won the prestigious award for the 2014 National Empowervate Youth Citizen Action Programme (YCAP). They are the first learners ever from the Northern Cape to receive this award. They received this title for their Standing Together Against Rape campaign. They are, in front: Wilfred Marais (provincial co-ordinator); from the left, middle: Lerato Mooko, Mathapelo Bodukane, Refilwe Molale, Ontiretse Mosala and Tshireletso; back: Roxzanne Brooks, Amanda Blankfield-Koseff (founder of Empowervate), Tsepo Kgatlhane, Tlaleng Ketumile, Kgalaleo Seekoei, Motlagomang Gasenamore and Omphile Mfana. Read more on p. 9. Photo: Supplied
Regstelling IN die uitgawe van die Kalahari Bulletin van Donderdag 3 Julie is die verkeerde nommers vir Be-Pro-sekuriteit verskaf. Die korrekte nommers is 083-586-9986 en 079-485-3037. Die buurtwag se nommer is 079-253-0283. Buurtwaglede doen saans
patrolliewerk. Die buurtwag benodig nog mense om snags met patrolliewerk te help. Kry aansluitingsvorms by die kantoor van die Kalahari Bulletin in Kuruman. Ons vra om verskoning vir die plasing van die foutiewe nommers.
DIE Kalahari Bulletin (Kuruman) het ’n projek begin om behoeftige kinders te help. Die projek is ter ere van Mandela-dag op 18 Julie. Die personeellede van die koerant vra die gemeenskap se hulp en versoek die volgende produkte: ’n geskenkpakkie wat uit ’n kombers, vyf kleure verf, ’n kwassie, ’n boek om in te verf, ’n appel (of enige ander vrug) en suigstokkie bestaan. Dié geskenkpakkies sal aan die behoeftige kinders op die Kuruman-stortingsterrein uitgedeel word. Die komberse is vir warmte, die verf, kwas en boek vir stimulering (wat die kinders nodig het) en dan iets om te eet. Die kinders word nie versorg nie. As die kinders raakgesien en positief gehanteer word, verander ’n mens dalk een van hulle se lewe.
) Pakkies kan by die Kalahari Bulletin se kantoor (in hoofstraat net oorkant Pick n Pay) afgelewer word. ) Voorsien asseblief die pakkies by die Kalahari Bulletin se kantoor teen Dinsdag 15 Junie. ) Vir verdere navrae kontak Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579.
Nuwe skole, geriewe vir NK op pad André Botha SOWAT R346 miljoen gaan in die nuwe boekjaar aan infrastruktuur vir skole in die Noord-Kaap bestee word, het Grizelda Cjiekella-Lecholo, LUR vir onderwys, in haar begrotingsrede gesê. Haar departement se begroting vir die nuwe boekjaar is gister in die wetgewer ingedien. Die totale begroting is R4,7 miljard. Sy het gesê nuwe skole het vanjaar in die tweede kwartaal in Louisvale,
Kakamas, Pabalello en St. John’s geopen. Nuwe skole in Matjieskloof, Jan Kempdorp, Wrenchville en die Hoërskool Emmanuel in Kimberley word vanjaar opgerig. In Batlharos, Tlhaping, Lesedi en Kitlanyang word koshuise gebou. Sowat R100 miljoen sal hieraan bestee word. Ander infrastruktuurprojekte sluit in 24 administrasieblokke, sewe rekenaarsentrums, 124 individuele klaskamers, vier mediasentrums, ses skoolsale, twee nuwe wetenskap-
laboratoriums en die verbetering van 10 wetenskaplaboratoriums. Altesame R142 miljoen gaan vanjaar aan die skoolvoedingsprogram bestee word. Die Noord-Kaap het altesaam 279 445 leerlinge in gewone openbare skole. Hiervan vind 180 616 baat by die geenskoolgeld-beleid. Sowat R184 miljoen is in die nuwe boekjaar vir dié skole begroot. Die getal leerlinge in gr. O het van 9 367 in 2009 tot 18 557 in 2013 toegeneem.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
ONS MENSE
Koopman terug in Upington Lecrecia Prins
KOL. SAMPIE KOOPMAN is terug as stasiebevelvoerder van die Upington-polisiekantoor. Foto: Lecrecia Prins
KOL. SAMPIE KOOPMAN, stasiebevelvoerder van die Upington-polisiekantoor, is weer terug in die dorp en sien uit daarna om goeie diens aan die gemeenskap te lewer. Koopman het verlede Woensdag as weer in dieselfde kantoor ingestap waarin hy vroeër gewerk het. In 2010 het hy as stasiebevelvoerder in Kuruman gewerk. Koopman sê dit is lekker om weer by die huis te wees en dat hy veral dienslewering in Upington wil verbeter. “Ek wil dienslewering verbeter om te verseker dat behoorlike dienste aan die gemeenskap gelewer word. Ek wil ook die verhouding tussen die gemeenskap en die polisie versterk deur te verseker dat strukture soos die gemeenskapspolisiëringsforum en vroue teen misdaad doeltreffend funksioneer. “Ek wil alle belanghebbendes soos die plaaslike munisipaliteit en besigheid teen misdaad kry om saam te werk sodat dienslewering verbeter kan word.” Koopman sê die uitdagings in Kuruman is anders as in Upington. “My tyd daar het my geleer om uitdagings aan te pak. Ek sien uit om ’n diens aan die gemeenskap te lewer. “My toewyding aan die gemeenskap is om te verseker die polisie doen dit waarvoor hy aangestel is.”
KOL. SAMPIE KOOPMAN (links) saam met lt. kol. Kobus van Wyk op sy afskeidsgeselligheid in Kuruman op 12 Junie. Van Wyk is die waarnemende stasiebevelvoerder in Kuruman. Foto: Ilse Watson Koopman sê hy wil ook die buurtwag in Upington versterk, want hy glo dit kan help om misdaad soos huisbraak of motordiefstal te verminder. Hy het net een boodskap vir misdadigers: “Ons sal jou gaan haal. Misdadigers sal met die hand van die gereg te doen kry.” Koopman se plan is om ook
jeugdiges te help om van dwelms en misdaad af weg te bly. Hy moedig die gemeenskap aan om met hom te praat as hulle probleme met polisielede het. “Enige gemeenskaplid wat probleme met ’n polisielid ervaar, is welkom om dit met my te bespreek sodat ons kan vasstel hoe ons dit kan verbeter.”
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Stuit skandes in sport nou TE midde van al die opwinding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi was die afgelope week een wat sportliefhebbers liefs sou wou vergeet. Dit het onder meer bekend geword Daryl Impey, Suid-Afrika se fietsryheld, het in verlede jaar se Tour de France positief vir die gebruik van ’n verbode middel getoets. Dan is Kameroen se sokkerspan, wat ’n Wêreldbeker-toernooi van skandes beleef het, daarvan beskuldig dat hy by wedstrydknoeiery betrokke was. Boonop hang ’n wolk van korrupsie en grootskeepse omkopery steeds oor die verrassende toekenning van 2022 se Wêreldbeker-sokkertoernooi aan Katar. En Luis Suárez van Uruguay het met sy bytery op die veld sy naam in die annale van berugte sokkerhelde verewig. Voorts is die Nieu-Seelandse krieketspeler Lou Vincent lewenslank geskors nadat hy skuld beken het op 18 oortredings van Engeland se kode teen korrupsie. Hy het ook bewerings rondgeslinger van wedstrydknoeiery in talle lande, waaronder Suid-Afri-
ka. Al dié gebeure bring die geloofwaardigheid van sport onder verdenking. Fietsry, krieket en sokker is juis drie sportsoorte wat nie verdere skandes wat betref opkikkers, korrupsie en wedstrydknoeiery kan bekostig nie. Selfs al word van die beweerde oortreders soos Impey en Kameroen se “sewe vrot appels” onskuldig bevind, sal ’n stigma aan hulle en hul sportsoorte bly kleef. Sportfederasies sal strenger teen oortreders van dié aard moet optree. Tugstappe sal gedoen moet word wat enige voornemende oortreder só sal afskrik dat hy of sy nie langer eens dink aan die vals glorie van opkikkers en die maklike miljoene van knoeiery nie. Veral die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) sal sy spreekwoordelike sokkies in dié verband moet optrek. Hy is gans te laks wanneer dit by optrede teen korrupsie in eie geledere kom. ’n Gesloer met optrede teen oortreders én ’n ligte straf doen sport geen guns nie.
Skep van Waterbron Ds. Pieter van Zyl JOHANNES 7:37-38. – Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink. Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” In Kuruman draai ons krane oop en geen water nie. Ongelooflik, onmoontlik. Met die Oog as onuitputlike (?) waterbron is daar geen water in die krane nie. Want ’n pyp het op twee plekke gebars en daar moes gewag word vir die nodige toerusting om herstelwerk te kan doen. Skielik verstaan ons iets van die uitdrukking Hulle wat dors het . . . Tog is dit maklik, ons gaan koop gesuiwerde drinkwater in ’n winkel, ons kry water by mense met boorgate, daar is ’n plan, ’n oplossing. Maar vir baie mense in ons gebied is water ’n heeltydse probleem. Water moet kilometers ver aangery of in emmers aangedra word. In droogtetye besef ons ook die waarde van water. Wanneer Jesus vir ’n Samaritaanse vrou sê Hy sal vir haar water gee wat sal maak dat sy nooit dors kry nie, wil sy dadelik van die water hê, veral toe sy agterkom Hy praat van geestelike water. Geestelike droogte is selfs ’n erger gevaar as gewone droogte of
dors. Geestelike droogte en dors beroof mense van lewensvreugde en moed. Die Waterbron is onuitputlik, maar as die verbindingskanale en -pype gebars is, ontkoppel is en die watertoevoer word afgesny, staan ons magteloos, krane oopgedraai, gereed om te ontvang, maar geen lewegewende water nie. Om aan die Geestelike Waterbron, Jesus Christus, verbind te wees is dit nodig dat ons deur die kanaal van die Heilige Gees aan Hom vasgemaak word. Om in Christus met geloofsvertroue geanker te wees het die gevolg dat strome lewende water in en deur jou vloei. Dit is nie net jy wat self die wonder van die Lewe ervaar nie, maar ook elkeen wat jou lewenspad kruis. Die water word ’n fontein in jou waar ander mense kan skep en kan deel in die oorvloed. Deur gebed en Bybelstudie verbind die Gees ons aan die Bron sodat ons die oorvloed van goddelike genade kan deel soos fonteine wat die oorvloed geestelike water nie kan inhou nie. Laat die Gees jou vandag aan Christus verbind sodat strome lewende water ook deur jou kan vloei na die wêreld wat vasgevang is in droogte, wat nood het aan die Water wat lewe gee.
Bring kleur in winterkoue HOEWEL die wêreld wintervaal is, is daar tog klein spatsels kleur in die vorm van plantjies wat die koue winterweer dapper trotseer. Foto: Lizette Slabber
Môrestond: Sout in mond Benneli Olivier Van der Walt DIE oggendroetine van werkende ouers is ’n besondere, fynbeplande proses. Ek het dit agtergekom nadat ek my seun by ’n oulike dagsorgsentrum hier in Kathu ingeskryf het. Die winter-opstaanproses vind in stappe plaas, so goed beplan en geoefen soos enige militêre operasie. Ons oggend begin byvoorbeeld so: ) Pa staan eerste om vyfuur op. Omdat dit deesdae nogal koud raak in die aande, slaap Seun natuurlik snoesig tussen Pa en Ma (saam met die twee katte), dus moet Pa versigtig oor al die heuwels onder die duvet klim. Wanneer die ingewikkelde klimtoertjie voltooi is, sluip hy badkamer toe om te stort. Omdat hy die eerste gebruiker van die dag is, is die water nog heerlik warm. Dan trek hy vinnig in die sitkamer aan omdat kamerligte in daardie stadium nog verbode is. ) Halfses, en Pa soen almal tot siens en verdwyn die koue oggend in op pad werk toe. ) Intussen lê die bed-inwoners nog almal salig aan die slaap onder die berg komberse.
2/20
3/21
3/21
) Kwart voor ses gaan Ma se selfoon-wekker die eerste keer af; en word dadelik ge-snooze. (Daardie wekkerfunksie wat eintlik net moeilikheid veroorsaak.) ) Met vyf-minute-intervalle word die wekker tot sesuur geïgnoreer. ) Sesuur: Ma staan op. Met aansienlike minder verfyndheid as Pa strompel Ma uit die donker kamer (ligte is steeds verbode) en probeer om nie die katte te vuil uit te kyk nie. ) Koffietyd vir Ma. Sterk en soet. In die groot beker. Die nuus word op televisie aangesit. ) Kwart oor ses, kosbliktyd. Die oomblik wanneer die yskas oopgemaak word, verskyn die katte in die kombuis om te aas vir ’n stukkie kaas. Broodjies word gemaak en kaas word aan die behoeftiges uitgedeel. ) Halfsewe, Ma gaan stort. Omdat Pa eerste die seëning van warm water geniet het, en die geiser nie ’n grootmodel is nie, is haar stort aansienlik korter. Sy ontmoet die katte in die
2/20
3/20
3/20
gang; hulle is natuurlik op pad terug kombersland toe. Klere word in die sitkamer aangetrek, want kamerligte is nog verbode. ) Seweuur, die ketel word weer gekook vir koffie nommer twee en Seun se Milo. Weetbix word met warm melk gemaak en die nuus word vervang met ’n heeltemal te vrolike tekenprent van ’n kat en muis met te veel energie. ) Tien oor sewe, die embargo op kamerligte eindig, Seun steek sy kop tussen die komberse uit en maak sy ma se dag met die grootste glimlag. Ek weet nie by wie hy sy vriendelike oggendpersoonlikheid geërf het nie, maar dit is beslis nie by my nie. ) Seun gaan “stort soos Pappa”. Dit is ’n onlangse ontwikkeling en vreet minstens ’n ekstra tien minute op. Seun trek voor die verwarmer aan, hare word drooggeblaas en ontbyt word geëet. Ma begin al hoe meer na die horlosie kyk. ) Halfagt, tande borsel, sakke gryp, soek Seun se skoene, musse aan en daar gaan ons kar toe. ) Kom by die skool aan, soene, spring in die kar en werk toe. Katte steeds in die bed . . .
7/25
7/24
7/25
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Hulp vir leukemielyer (6) gevra Ilse Watson VIR enige ouer wat die nuus kry dat sy of haar kind leukemie het, moet dit verpletterende nuus wees. “Phazlyn het baie siek geraak en op haar lyf het knoppies begin uitslaan. “’Ek het nie geweet wat aangaan nie en ek was heen en weer tussen dokters om te probeer uitvind wat met haar fout is,” vertel Lucinda Witbooi van Postmasburg oor haar ses-jarige woelwater, Phazlin, wat vroeg in die jaar met leukemie gediagnoseer is.
“Toe sy siek begin raak het, het ek vermoed dit kon dalk kanker wees. Maar niks kon my op die skokkende nuus voorberei nie.” Witbooi is ’n enkelmoeder van Postdene wat nou aan ’n kollege in Upington werk en sukkel om met al die skielike en verwante koste kop bo water te hou. “Phazlyn is nie nou in die skool nie. Sy moet gereeld in die hospitaal wees. Ek moes haar uit die skool haal.” Enigiemand wat Witbooi kan bystaan en/of hulp kan verskaf, kan haar by 078-847-8416 bel.
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Stuur foto’s van voëls Lizette Slabber STUUR nou jou pragtige foto’s van voëls na die Kalahari Bulletin, want die tema vir die Julie-fotokompetisie is Voëls. Die wenner van die Junie-fotokompetisie is Jaco Kriek en die foto wat op Facebook die meeste likes gekry het, is die foto van Jacoline van Rooyen. Jaco wen ’n geskenkbewys van Wakkaberry en Jacoline ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die wenfoto wen elke maand ’n lekker prys en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, gaan ’n geskenkpak van die Orange River Cellars wen. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner, wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ontbyt daagliks, asook ’n Sondagmiddagete, in. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt daagliks by een van die NC Famous Lodges. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Stuur inskrywings na lizette.slabber@volksblad.com. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is en waar die fotograaf woon. Slegs amateurfotograwe mag hulle voortaan inskryf. Geen korrespondent van
ABRIE VAN NIEKERK ontvang hier sy prys van die Orange River Cellars. Hy het die wenfoto van die “Goue Oomblik” in ons wyn-kompetisie ingeskryf en daarmee wyn vir ’n hele jaar gewen. Foto: Benneli Olivier Van der Walt die Volksblad-groep mag hom of haar voortaan inskryf nie. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
ROY WALSH het dié klompie besoekers aan die voëlhuisie afgeneem.
RONEL GREYLING het dié pragtige ou langnek, ’n swartkopreier, vir die fotokompetisie ingeskryf.
JACOLINE VAN ROOYEN se foto het die meeste likes op Facebook gekry.
Rooyen
Foto: Jacoline van
PIERRE JANSE VAN VUUREN het dié foto van lorikiete vir die Julie-fotokompetisie ingeskryf. Stuur nou jou foto’s van voëls na lizette.slabber@volksblad.com. Foto: Pierre Janse van Vuuren
DIÉ donsige dwergvalkies is deur Michell Calitz gekiek.
DIE rooiborslaksman, mooi in rooi getooi, is deur Elsabe Sherman afgeneem.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Thank you for all the support SOEKIE PAPACHRISTOFOROU, Kuruman: THE family of Dougie Papachristoforou wishes to thank the community of Kuruman for all their support and care during the time after Dougie was shot in his legs during an armed robbery at their house. Also a big thank you to the police of Kuruman and the neighbourhood watch. They responded quickly and was on the scene within minutes. He recovered well from his injuries and is back at home. Again, thank you for everyone’s care and help.
Set aside time for Mandela Ilse Watson WHAT can I do on Mandela Day? The overarching objective of Mandela Day is to inspire individuals to take action to help change the world for the better, and in doing so build a global movement for good. Ultimately it seeks to empower communities everywhere. Take Action; Inspire Change; Make Every Day a Mandela Day. Individuals and organisations are free to participate in Mandela Day as they wish. However, everybody is urged to adhere to the ethical framework of “service to one’s fellow-human”. Make the change and become a Mandela Day change-maker. ) Are you or your organisation doing something for Mandela Day? Please inform the Kalahari Bulletin we would like to attend your projects. Write to ilse.watson@volksblad.com or phone 079-8315579.
Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.
Student at summit Ilse Watson KAGONTLE BARNETT will be attending a youth summit in Australia in correlation with the G-20 from 12 to 16 July. She is 22 and currently a student at the Rhodes University in Cape Town. Barnett attended school at the Kuruman Primary School and then at the Kalahari High School. She finished matric at the Ferdinand Postma High School in Potchefstroom. She is currently doing her honours degree in Political Science and International Relations. “One day I want to be a diplomat. I find politics very interesting,” says Barnett. She will be representing the South
African youth at the summit on general issues and concerns that they want the G-20 to address. Altogether 20 countries belong to the G-20 and their goal is to contribute to world global health. Her main focus at the summit will be youth unemployment, lack of education and the quality thereof as well as youth apathy in citizenship and pro-activity. “I am very concerned about youth issues.” She loves reading and takes part in netball and athletics. She received North West provincial colours in netball. Barnett has an older brother and sister. Her mom is a teacher at the Gamohane Middle School near Kuruman and her dad is deceased.
KAGONTLE BARNETT will soon travel to Australia to attend a youth summit. Photo: Ilse Watson
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Boeke vir oud en jonk OP die boekrak stel nuwe boeke vir oud en jonk aan boekwurms bekend. Daar is iets van alles – kookboeke, rillers, drama en boeke vir kinders. Koop vir jou ’n boek of twee – dit is ’n wonderlike manier om die winterkoue te verdryf as jy lekker onder ’n warm kombers lê en lees.
Boek ’n moet DIE broer-en-suster-span Callie en Mari-Louis is meesterbakkers en in Koeke ter viering van liefde en lewe verklap hulle die gunstelingresepte van Cakebread, hul klein boetiek-bakkery. Stylvol en speels sal hierdie versameling van meer as 80 resepte jou op ’n heerlike reis neem. Hierdie boek bied ’n koek vir elke geleentheid. Van tradisionele gebak met ’n speelse kinkel tot heerlike nuutskeppings, verdien dit beslis ’n plek op die boekrak van elke koekliefhebber. Gee toe aan jou donker kant en swig voor die verleiding van dekadente duiwelskoek of bevredig jou sin vir die estetiese met ’n onweerstaanbare mooi rooifluweelkoek. Wees uitdagend en eksperimenteer met bestanddele soos beet, avokado, kweper en mango in koek. Watter geleentheid jy ook al vier, dit sal sukkel om te kies uit hierdie versameling van ou gunstelinge en moderne nuutskeppings.
KOEKE TER VIERING VAN LIEFDE EN LEWE.
KOBRA deur Deon Meyer kan by amazon.com gekoop word.
Digitale boeke wat jy móét lees Ilse Watson HET jy ’n e-leser of Kindle? Daar is verskeie boeke op amazon.com en kalahari.com beskikbaar wat ’n mens vir jou e-leser kan aflaai. Kobra van Deon Meyer – Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was ’n fout. Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van ’n professionele laksman – drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van ’n spoegkobra op die koeëldoppies – en die komende mediasirkus – wat Griessel laat bloed sweet nie. ’n Affair om te vergeet (deur Marie Opperman) is die ware verhaal van hoe die skrywer van haar man se verhouding uitgevind het, haar reaksie daarop en hoe sy uiteindelik daarin geslaag het om vrede en aanvaarding te vind. Hoewel dit ’n beskrywing van haar persoonlike reis is, sal baie mense hulle met haar ondervinding kan vereenselwig: haar ongeloof en woede toe sy die boodskap op haar man se selfoon kry; die waansinnige en obsessiewe gesnuffel deur sy private dokumente en persoonlike besittings; die woede, seerkry en vernedering oor die verraad wat teen haar gepleeg is; die diep hartseer oor ’n verlore liefde; en, deur ’n proses van pynlike selfontdekking en selfontleding, die besef dat dit alles ten goede was, dat sy nou sterker as ooit is. ’n Affair om te vergeet is ’n brutaal eerlike en onomwonde beskrywing van ’n verhouding. Maar hoewel dit hoofsaaklik een vrou se verhaal is, lê dit ook ’n universele tema bloot. Die skrywer voer onderhoude met etlike mense wie se lewe deur verhoudings geraak is en vind gedurende dié pynlike, dikwels ontstellende proses die pad na haar eie geestelike vernuwing. Sielkundiges gee ook interessante professionele raad en ’n private speurder verstrek verbasende inligting. Dit is nie ’n boek wat beskuldig of oordeel nie, maar ’n
opregte poging om uit te vind waarom mense diegene wat hulle liefhet, seermaak. Dit is ’n bemoedigende en geestelike boek wat aanklank sal vind by die duisende mense wat op die een of ander manier geraak is deur ’n affair om te vergeet.
TOLBOS deur Irma Joubert. Katrien is ’n student tydens die politieke woelinge en die Voëlvry-toer wat Suid-Afrika in die 1980’s getref het. In Pole het ’n jong man pas duur betaal vir sy sin vir geregtigheid. Dié boek is op www.amazon.com beskikbaar.
’N AFFAIR OM TE VERGEET YOUR BUCKET LIST can be downloaded from kalahari.com. This book is the result of a decade of South African travel while the author, Patrick Cruywagen, worked for the SA4x4 magazine as their bush editor. “I like to call it the best decade of my life, as during this time I was able to visit just about every river, waterfall, lake, mountain pass and national park found within this very special part of Africa,” he says. Places such as Tanzania, Angola and Kenya is also covered. Read this book and tick off as many of the activities on this bucket list as possible.
Gaan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Learners bring home first prize Ilse Watson LEARNERS of the Wrenchville High School discovered their mission on the weekend of 27 to 29 June when they were announced as the 2014 National Empowervate Youth Citizen Action Programme (YCAP) champions. The competition was decided in Durban. They received this prestigious title for their Standing Together Against Rape (Star) Campaign. These ten learners rose to victory as the first winners ever from the Northern Cape. Over 80 learners of schools from across South Africa took part. They were joined by 30 teachers, district and provincial officials, five judges and three motivational speakers. “The YCAP changes the lives of many young people. “It allows them to put forward their ideas, and steers their dreams and observations in the right direction. “The prizes are priceless compared to the experience they gain through this project,” says Mbuso Gcwensa, a former YCAP participant. The pupils of the Wrenchvile High School walked away with a R10 000 cash prize. This will be used to expand their project. They also received gold medals, and as a surprise, each of the pupils received a tablet. Tsepo Kgatlhane, the Northern Cape YCAP project manager and a teacher, says his pupils fulfilled their mission by winning the championships. “It is my hope that other young people will follow their example and overcome today’s challenges by finding creative ways to address them,” Kgatlhane adds.
Price Cuts
6S
DAY Y ONL
Selected products on this page have been styled for photography
Pork Roast Bone in
44
R
Per kg
R
If it’s not fresh enough for you, it’s not good enough for us.
44 Bulk Oukraal Wors Per kg
Inflation Buster
14
R
PnP NO NAMETM Fresh Chicken 4 Thighs and 4 Drumsticks
34
R
Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack
Per kg
SAVE 9.95
15 12
15
R
24
15
90
23
90
SAVE R3
SAVE R2
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
Mielie-Kip Chicken Polony 1kg
29 39
90
All Gold Tomato Sauce 700ml
17
17
80
90 Nola Tangy Mayonnaise 750g or Salad Cream 780g Each
Rama Original Margarine 1kg Brick
35
PnP NO NAMETM Refined White Sugar 2kg
90
90
SAVE R13
Blue Ribbon Classic White Bread 700g
PnP Pink Lady Apples 1kg
PnP English Tomatoes 1kg
PnP Washed Potatoes 2kg
R
9
15
50
R
Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each
Ariel Hand Washing Powder 2kg
8
BUY ANY 3 FOR
20
R
90
Get 10% EXTRA airtime, every time,,
when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Pay and Boxer only.
Sunlight Laundry Soap Assorted 400/500g Each
Purity 2nd Foods Assorted 125ml Jar
Make the healthy choice • To activate HealthyFood, visit discovery.co.za • Look for ‘VIT’ on the shelf label to identify HealthyFood items
25 20
Get up to Earn
*SIM card 49c
%
cash back on over 10000 HealthyFood items Vitality points on every HealthyFood purchase
Terms and conditions apply. Discovery Vitality (Pty) Ltd is an authorised financial services provider. Registration number 1999/007736/07.
Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited, an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).
PRICES VALID 8 -13 JULY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za
Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1186077_390 X 198
Thank you for voting us the coolest supermarket.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Vrou gelukkig sy leef ná slangbyt Pieter Steyn VAN ZYLSRUS. – Vier maande nadat ’n geelslang haar gebyt het, is Rina Noëth (65) van die plaas Avondrus die Here dankbaar dat sy leef om die verhaal te vertel. Rina was bitter gelukkig om dié geelslangbyt te kon oorleef. Dit was ’n Maandag om 03:00 toe sy en haar man, Johannes (80), in die opstal gelê en slaap het toe sy voel die slang byt haar. “Ek het die oom wakker gemaak en hy het dadelik my arm afgebind, wat blykbaar nie die regte ding is nie, maar ek glo dit het my lewe gered.” Hulle het die slang, wat 1,7 m lank was, doodgemaak en in ’n plastieksak gesit. “Ons het ons buurman, Jaap Schröder, gebel en die dominee, want hy het eerstehulp.” Jaap het met Rina, die dominee, haar man en die dooie slang Hotazel toe gejaag, wat byna 200 km ver is. Dit vat ’n geelslang se gif nie lank om iemand bokveld toe te stuur nie. “Op Hotazel het hulle my vyf ampules teengif gegee. “Toe moes ons Kathu toe. “Daar kon hulle nie help nie en het selfs Natal toe gebel om te hoor wat is die behandeling. Dit was ook vergeefs.” In daardie stadium het haar arm kwaai begin swel en sy het gevoel haar keel word “dikkerig”. Toe is dit Kimberley toe. “Daar het hulle ook nie geweet hoe om my te behandel nie en het my kortisoon en antibiotika toegedien. “Ek was nege dae in die hospitaal. My kinders het later ’n giflyn in die Kaap gebel en hulle weet ook nie watter behandeling ’n mens toedien nie . . .”
Elsona Steyn
RINA NOËTH (65) is in Februarie deur ’n geelslang gebyt terwyl sy geslaap het. Inlas: Die plek op Noeth se arm waar die geelslang haar toegetakel het. Foto’s: Conrad Bornman ’n Gat het in haar arm geval, waarskynlik omdat die gif daar gekonsentreer was omdat die arm afgebind was, maar wat waarskynlik haar lewe gered het. “Maar, kyk,” sê Rina en trek haar mou op. Hy het al mooi gesond geword en toegegroei. Ek is só dankbaar. Die Here se genade is gróót.”
Mine commits to education KUMBA IRON ORE, a business unit of Anglo American, takes its role as social partner to all corners. At Kolomela, an operation of Kumba based in the Northern Cape, the mine reached out to its neigbouring provinces and rewarded 280 learners from schools in four provinces for their hard work by presenting them with school bags loaded with stationery kits. This is a result of fruitful discussions between the special projects office of the Department of Mineral Resources and the Kolomela Mine. The presentation was done at a function where the Department of Mineral Resources rewarded top-performing learners in gr. 10, gr. 11 and gr. 12 from the Free State, NorthWest, Mpumalanga and Limpopo with bursaries to continue their studies at university in the minerals and mining fields. The awards ceremony formed part of the department’s 11th annual Learners Focus Week Career Guidance Programme in Ventersburg in the Free State. The programme is part of a national project in conjunction with the provincial education departments and mining companies. It is aimed at exposing high school learners from historically disadvantaged communities to career opportunities in the minerals and mining sector.
Kafstories soos kaf voor die wind
Supporting the learners in this way forms part of Kumba’s commitment to education and is a contribution to developing the skills of learners. These learners can ultimately join its workforce and add to the skills base in the country. Kumba has a history of involvement in education that includes early childhood development for children up to gr. R and primary, high school and tertiary education in communities around its operations. “One of the four pillars of Kumba’s organisational strategy is to create a positive legacy in the communities in which we operate; striving to become the partner of choice for the broadest range of stakeholders through our commitment to corporate social investment. “One issue that is central to our development as an economy and as a nation is education. Through education destinies can be changed for the better, strong communities built, and a self-sustaining economy created. “We acknowledge that the kind of education delivered during this phase impacts on an individual’s whole education journey. Our intervention therefore in this regard is aimed at ensuring that the basics are in place for the learners,” said Yvonne Mfolo, the public affairs manager of Kumba.
HET jou ma jou dalk al vertel dat jy horings gaan kry as jy op jou rug lê en eet of wurms gaan kry van kaalvoet loop? Blykbaar is dit ook onwaar dat ’n kuiken deur sy ma verwerp sal word nadat ’n mens hom gehanteer het. ’n Mens kry ook nie vratjies van paddas nie, verkoue van koue weer of breinvliesontsteking van met nat hare gaan slaap nie. As my ma met pakkies van die dorp af kom, sou ek kleintyd ewe opgewonde vra wat daarin is? Summier is vir my vertel: “Dis husse met lang ore”. Ek wou so graag sien hoe ’n hus lyk, maar dit was my nooit beskore nie. Ons kon nie laataand koffie drink nie, want dan sou ons vlooie in ons mae kry. As daar wortels in jou bord geskep is, is jy aangemoedig om alles te eet, want dan sou jy beter sien. Ek weet nie so mooi van daardie storie nie, want ek dra al van kleintyd af bril. “Pampoen gee jou krulhare,” het my dié groente laat vermy, want ek kon nie bekostig dat my hare nog meer krul as die boskasie wat ek toe al nie kon beheer nie. Wat van al die stories oor die tandemuis wat ’n kind se gewisselde tande kom haal het? Dié outjie was my gunsteling-karaktertjie. Ons het baie planne uitgedink om hom (of was dit dalk ’n haar?) te probeer fnuik, maar altyd sonder sukses. Ons het selfs die hond se tand getrek en dit in die skoen gesit. Jy kon die tandemuis ook nie eens met ’n mieliepit om die bos lei nie. Ek wonder natuurlik steeds of dit werklik ’n wolhaarstorie is dat vlermuise in mense se hare verstrengel raak? Vir my klink dit alte moontlik.
KYK die oulike gesiggie.
Ons is ook gewaarsku om nie waatlemoenpitte in te sluk nie, want dan sou die ranke by jou ore uitgegroei het. Dalk moes hulle ons eerder leer om nie ’n boontjiepit in jou neus op te druk nie. As jy die huis uitgevee het, moes dit verkieslik voor sononder gedoen word, anders het jy jou geluk saam met die vuilgoed by die deur
uitgevee. As jy ’n vadoek, ’n mes of ’n vurk laat val het, was dit ’n seker teken dat julle kuiermense sou kry. Wanneer dit gereën het terwyl die son geskyn het, het ons gesê jakkals trou met wolf se vrou. Toe ons groter geword het, het ons altyd ’n stukkie troukoek onder ons kussings gesit, want dan sou ons kwansuis droom van die man met wie ons sou trou. Sou jy op ’n tafel sit, is oujongnooiskap jou voorland. Kougom insluk was ook taboe, want dit sou jou derms knoop. Hoe dikwels moes my ma nie die kougom uit ons kuiwe lossny, want ons moes dit êrens bêre nie. ’n Klomp wolhaarstories is gebruik, grotendeels om kinders mee af te skrik en te vermaak. Baie van dié vertellings het ’n didaktiese, lerende strekking. Dit word so ingekleur dat dit die aandag en verbeelding trek en ’n bepaalde lewensles of morele beginsel in die geheue inbrand op ’n veel doeltreffender wyse as wat ’n redenasie, lesing of ’n preek dit sou doen. Maar nou wat is wolhaar en waar kan ’n mens dit kry? Ek sou dink dat dit die mens is wat verbeeldingryk leef van die wonder van goue lint, my storie begint tot goue fluit, my storie is uit.
TE mooi vir woorde en hierdie een benodig ook ’n liefdevolle huis.
NOG ’n oulike gesiggie wat ’n huis soek. Foto’s: Sonja Grobler
Wees ’n vriend, gee ’n tuiste DRIE pragtige babahondjies (ongeveer 12 weke oud) is tans in pleegsorg, maar hulle kan ongelukkig nie langer daar bly nie. Die
Dieresorgvereniging (DSV) kan ook nie die hondjies in sy hokke hou nie, omdat klein hondjies daar aan die kieme in die hokke blootge-
stel kan word. Hulle is Jack Russel-kruisings en té oulik. Enigiemand wat kan help, bel 082-795-0245.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
11
Standard Bank / HA Goliath
FAMILIEKENNISGEWINGS
ALGEMENE & HUISDIENSTE
BETREKKINGS
ELEKTRIES
3600
1810
SKOONMAAKDIENSTE
BEGRAFNISDIENSTE
1805
1025
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.
ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Reik elektriese bedradingsertifikate uit. Strydom Elektries: 083 310 0272.
HERSTELWERK 1818
W.P. LOODGIETERS: Gebarste pype, herstel van geisers, nuwe werk, herstelwerk aan ou geboue. Skakel 084 380 7890.
MOTORS TE KOOP 3025
MASJINERIE & TOERUSTING
DATSUN 120Y, 1972, in puik toestand, oorspronklike km 72 000 km, moet gesien word om te glo. Erfstukkie. Skakel 083 772 2316. GEEN KANSVATTERS!
1650
OEFENFIETS: Crazy Fit Massage (skudmasien), R500. Skakel Johan 082 828 0780.
SLEEPWAENS 3040
TROETELDIERE 1660
AMERIKAANSE STAFFIES: Opreg. R2 750 elk. KUSA-geregistreer. Ingeënt en ontwurn. Skakel Johan 082 828 0780. YORKIES TE KOOP: Kan KUSAregistreer. Skakel 082 819 0767.
DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
ADMINISTRATIEF
NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: 25% discount for this school holiday. For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272.
4501
3605
WOONSTELLE TE HUUR 3250
GUESTHOUSE - KURUMAN: needs an assistant with computer experience. Phone 079 798 3970.
KURUMAN: 1-slk-woonstel te huur, R5 000 p.m. Water, elektrisiteit en DStv Premium ingesluit. Onmiddelik beskikbaar. Skakel 076 879 9402.
BETREKKINGS GESOEK 3670
Bou voormanne Dringend benodig.Minimum 5jaar ondervinding.Skakel August Parau 0833755339
KURUMAN: Mimosalaan 32. 1slaapkamer-woonstel teen R4 500 p.m. Water en krag ingesluit. Onderdakparkering en braaigeriewe. Skakel 071 608 8571.
ALGEMEEN
HUISE TE KOOP
3680
3275
AIDA KURUMAN: Huis te huur: 4 slk, 2 badk, 2 sitk, eetk, kombuis, wask, buitekamer en toilet, 2 m/h. Groot erf, R12 600 p.m. Huis te koop: 4 slk, 3 badk, oopplankombuis, eetk, sitk, studeerk, 2 buitek, stort en wasbak. Lapa, grasafdak, 2 m/h, skadunetafdak, R2,350 miljoen. Skakel Annatjie by 076 395 9422.
GAMOHAAN MOTORS, KURUMAN: Pos beskikbaar vir vakleerling (Appie). Faks CV's na: 053 712 3112. Tel. 053 712 1181 of e-pos: cjstapelberg@gmail.com
HUISE TE HUUR 3270
DEBEN: 3-slaapkamer-huis te huur teen R7 000 per maand. Skakel 084 800 7779. DIBENG: 3-slaapkamer-huis te huur. Skakel 053 781 0334 of 071 942 4107. WRENCHVILLE: 3 slk, sitk, eetk, kombuis, studeerkamer en dubbelgarage teen R8 000 p.m. onmiddellik beskikbaar. Skakel 074 621 5757 of 053 742 2274.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
SOEK, KOOP, VERKOOP
GEREGTELIKE VEILING
ADMIN. CLERKS NEEDED for copy/paste work. SMS full name/ address to 071 548 6944 or e-mail: d.workforce7@gmail.com
KURUMAN: Bachelor-woonstel te huur teen R2 800 p.m. Sluit DStv in. Sentraal geleë. Skakel 084 800 7779.
VOERTUIE TE KOOP
EIENDOMME
Copy Sentrum / Dibotswa High School NOTICE OF SALE IN EXECUTION In the Magistrate's Court of the District/Region of Kuruman held at Kuruman. Case No: 1231/2013 In the matter between: COPY SENTRUM Execution Creditor and DIBOTSWA HIGH SCHOOL Execution Debtor Kindly take note that in terms of judgement granted on the 25th day of November 2013 in the KURUMAN Magistrate's Court and a Warrant of Execution issued thereafter, a sale in execution of the under-mentioned goods will be held at the Sheriff's Office at 46 Skool Street, Kuruman on the 25th day of July 2014 at 09:30 consisting of: GOODS 1 x Multi Press 6435 N Samsung 1 x Sharp AR 5320 1 x Riso K800 1 X Kyocero KM 1635 15 x Mesa Compers to the highest bidder. Dated at Kuruman on 20 June 2014. JH KRUGER Execution Creditor's Attorney DUVENHAGE & VAN DER MERWE ING Main Road, Prokmed Sentrum, Kuruman 8460 PO Box 63, Kuruman 8460. Tel. 053 712 1064/5/6 Fax 053 712 0569 E-mail: dvdm@dvdmprok.co.za Ref: COP3/0006/MJJ Address of Execution Debtor: DIBOTSWA HIGH SCHOOL OF DITHAKONG, PO BOX 1826, KURUMAN.
KENNISGEWING VAN VERKOPING In die Hooggeregshof van SuidAfrika, Noord-Kaap afdeling, Kimberley. Saaknommer: 1276/2013 In die saak tussen: DIE STANDARD BANK VAN SUIDAFRIKA BEPERK Eiser en HEATHER ANN GOLIATH Identiteitsnommer: 731115 0086 084 Verweerder Ingevolge 'n vonnis van die NoordKaap Hoë Hof, Kimberley in bogemelde saak, sal 'n eksekusieverkoping met/sonder 'n reserweprys plaasvind te die eiendom erf 5139, Postdene, POSTMASBURG, NoordKaap-provinsie op VRYDAG 25 Julie 2014 om 10:00 van die vaste eiendom van die verweerder soos hieronder uiteengesit op die voorwaardes om uitgelees te word deur die afslaer tydens die verkoping van welke voorwaardes ter insae sal wees te die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Stalsstraat 17, Postmasburg, Noord-Kaap-provinsie voor die veiling: ERF: 5139 Postmasburg GELEË: In die Tsantsabane Munisipaliteit, distrik van Hay, provinsie Noord-Kaap GROOT: 308 (Drie honderd en agt) vierkante meter GEHOU: Kragtens Akte van Transport T26/2003 Onderhewig aan die voorwaardes daarin vervat. 'n Residensiële eiendom gesoneer as sulks bestaande uit: Sitkamer, eetkamer, kombuis, 2 slaapkamers, badkamer en geleë te Erf 5139, Postdene, POSTMASBURG. TERME: TIEN (10%) persent van die koopprys en die afslaerskoste synde ses persent op die eerste R30 000,00 of deel daarvan 3,5% op die balans onderworpe aan 'n maksimum van R9 655,00 plus BTW met 'n minimum van R485,00 plus BTW in kontant op die dag van die veiling, die balans teen registrasie van transport om verseker te word deur 'n bank, bouvereniging of ander aanvaarbare waarborg wat binne 14 (VEERTIEN) dae van die datum van die verkoping gelewer moet word. Neem verder kennis dat: 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping te die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Stalsstraat 17, POSTMASBURG, NoordKaap-provinsie. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes, o.a. 3.1 Voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008 (URLhttp://www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=99961) 3.2 FICA-wetgewing m.b.t identiteit en adresbesonderhede. 3.3 Betaling van registrasiegelde. 3.4 Registrasievoorwaardes. 4. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, POSTMASBURG, met afslaer JJ Claassens. 5. Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe en verkopingkoste volgens hofreëls, geld. DA HONIBALL (NS9980) Prokureur vir Eiser P/a MATSEPES INGELYF Aliwalstraat 26/28 BLOEMFONTEIN Tel. 051 448 3145/6/7
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
BETREKKINGS The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast track their career. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape Wessels Mine
Traffic Attendant Ref: 768820 We need you to ensure compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, playing a key role by maintaining road conditions and the respective signage. This means you’ll apply health, safety and housekeeping standards, participate in investigations into workplace incidents and conduct preuse inspections, routine inspections and report defects, as well as risk assessments before all tasks. You must also report any unsafe behaviour, conditions and incidents. To apply, you will need a Grade 12 plus 2 years’ experience in the mining environment and 2 years in road maintenance and construction. Knowledge of traffic management signage and road closer traffic management is important. You must have a Code 08/10 driver’s licence and must be medically fit. Team spirit with the ability to build and maintain relationships, an action orientation and verbal communication skills are essential, along with organising skills and the ability to deliver quality results. Please forward your CV (max 3 pages), quoting the reference number, to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applicants who do not quote the reference number will not be considered. Applications close 18 July 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
SOEK, KOOP, VERKOOP www.humanjobs.co.za
Human Communications 110675
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Klassiek bly beste IEMAND wat ná ’n afwesigheid van twee dekades weer die Suid-Afrikaanse wynbedryf betroe, sal deur verskeie veranderings getref word. Veral die nuwe name van wynstyle en druifsoorte wat aangetref en oor geskryf word, asook menings van bedryfspelers dat die land as meer opwindend geposisioneer kan word deur nie-tradisionele kultivars te vestig. “Wat sukkel ons nog so met cabernet sauvignon, merlot, pinotage en shiraz?” word in baie wynkringe gevra. “Moet die bedryf hom nie meer toespits op modieuse kultivars soos grenache, cinsaut, tannat, mourvédre en tempranillo nie? Dis mos wyne wat hot, hip en happening is, ek sê, en kan Suid-Afrika help om sy beeld as ’n byderwetse en meer interessante wynland op die internasionale toneel te vestig. Shiraz en die ou bordeaux-variëteite is só vervelig.” ’n Verdiende reaksie, myns insiens, is Sak Sarel. In die eerste plek is dit ’n feit dat die plig van enige wynbedryf is om gedurig te soek na unieke liggings om ander wingerde te vestig, asook minder bekende, minder tradisionele druifsoorte te plant en wyne van te maak. Dit is die wonderlike aard van hierdie bedryf, veral aangesien ons nie so verstok soos die ou-wêreldse lande is nie waar jy vir hoogverraad aangekla word as jy durf waag om ’n shiraz-stok in ’n stuk bordeauxse grond te sit. Hierdie pioniers van sogenaamde “minder tradisionele druifvariëteite”, soos Charles Back van Fairview en Eben Sadie van die Swartland, het die aard van die Suid-Afrikaanse wynbedryf verander deur Suid-Europese kultivars aan te plant of om ou wingerde te vind en opwindende, teen-die-stroom-wyne te maak. Die bedryf is beslis deur sulke nuwe dimensies aangevul en het die verbeelding van wynkommentators op soek na ’n goeie storie behoorlik aangegryp.
Maar aan die ander kant van die munt moet die baba nie saam met die stukvat merlot uitgegooi word nie. Suid-Afrika se wynbedryf strek immers terug tot 1659 en in die proses was daar en is daar steeds baie vernuwing. Maar oor die jare heen het die bedryf darem ook verskeie lesse geleer, naamlik dat daar ’n paar goed is wat hy reg doen en wat die ruggraat van die bedryf sal bly. Soos cabernet sauvignon. Oor die jare het hy homself bewys as die kultivar wat die land se beste rooiwyne oplewer. En ek sal my kurkprop op ’n blok sit dat die groot Suid-Afrikaanse rooiwyne van die volgende vyf dekades steeds cabernet sauvignon sal wees. Kyk byvoorbeeld na die cabernet sauvignon wat by Orange River Cellars gemaak word. Dit is groot wyne. Donker in kleur. Diep en talmend, klassiek en onbeskaamd ernstig. Europees in styl danksy die trekke van veldbos en ’n aanloklike kruiagtige geur. En hierdie streek se cabernet sauvignon het beslis meer verfyndheid en elegansie as die beroemde en oorgepoetste monster-cabernets van Kalifornië. Ja, vernuwing is ’n goeie ding, en enige land se wynbedryf moet eksperimenteer met nuwe kultivars en nuwe wynstyle. Maar die geskiedenis is nie vergeet nie. En in hierdie stadium wys cabernet sauvignon dat hy hier die koning van rooiwyne bly. Enigiemand wat hieraan twyfel, kan gerus ’n springbok-rugstring van die kole afhaal en hom dan met ’n glas Orange River Cabernet afsluk. Dan praat ons weer . . .
Belasting haal Dowwe Dolla in
MET die dat sommige mense deesdae betaal om na Dolla se praatjies te kom luister, kom sy met ’n skok agter sy moet die eerste keer in haar lewe ’n belastingopgawe indien. Dit is ’n ingewikkelde en senutergende proses en Dolla besluit om die hulp van kundiges op die gebied soos Kenny Kunene, Arthur Brown en Kotie se konsultant, Rashid van die Vlakte, in te roep. Sy leer ongelooflik nuttige inligting soos wanneer die beste tye is om deur restaurante en ryk mense se rubbish bins te snuffel op soek na kontantstrokies wat ’n mens kan eis, asook hoe om die eekhorings in jou tuin afhanklikes te maak. Sy besluit ook om navorsing te doen oor wie eintlik in charge is van die geld wat sy betaal en maak ’n dinner date met die ambassadeur van China. Dolla vat die gehoor weer op ’n rollercoaster-rit wat elke nou en dan dreig om te ontspoor . . . want net soos brandewyn het belasting nie brieke nie. Almal weet reeds Dowwe Dolla doen en sê wat sy wil. Sy raps en ransel almal af wat dit verdien. Maar dié keer help Dolla ook verwarde siele. Sy takel daardie onverstaanbare belastingvorms met grasie. Jammer, Dolla, maar met al jou verduidelikings bly dit ’n modderveld wat mettertyd ’n modderbad word. Dolla se onregeerbare verbeelding laat draai haar telkens in Upington terwyl sy eintlik net na Kraaifontein soek, op die Kaasfees as sy eintlik op die Aartappelfees moet wees. Elke Dolla-vertoning het sy besonderse juwele. Uit die een gaan die grafiese beskrywing van ’n voorval met ’n ontkleedanser en ’n kredietkaart nie gou vergeet word nie. En dan open die hulp wat sy van Rashid van die Vlakte kry ’n hele paar nuwe
SOOS altyd het Dowwe Dolla ’n suigstokkie in haar mond. moontlikhede. Dit is genoeg om te sê eekhorings is betrokke. Dolla is ’n formidabele kletskous wat woorde aaneen laat warrel sonder ’n slukkie water tussenin. ) Die optredes vind soos volg plaas: Op die Vryfees – Odeion. 16 Julie om 21:00; 18 Julie om 14:30 en 19 Julie om 21:30. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. ) Daar is ook Vryfees-programme by die verskeie kantore van die Kalahari Bulletin (Kathu, Upington en Kuruman) beskikbaar. Die program kos R10.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
15
Gee vaal winter kleur
Voltooi 55 km-wedren by Stella DIE lede van die Kumba Kathu-fietsryklub, tesame met die ontwikkelingspan, het onlangs aan die soutpan-MTB-wedren by Stella deelgeneem. Al die lede het die 55 km-ren voltooi. Hendrik Pule het die afstand met die beste tyd in twee uur en 46 minute voltooi. Die klub bedank Solly Mathiba en die Kalahari Country-klub (KCC) wat die naweek vir die ontwikkelingspan moontlik gemaak het. Van links is, voor: Louis Janse van Vuuren, Riaan Laubcher en Tshepo Molwagae (ontwikkelingspan); agter: Hendrick Pule, Omphemetse Mathole (ontwikkelingspan), Ditiro Kgobo (ontwikkelingspan), Olebogeng Kesholohetse (ontwikkelingspan), Thabiso Motlhanke (ontwikkelingspan) en Innocent Dikaparo (ontwikkelingspan). Foto: Verskaf
DIE winter bring sy eie prentjiemooi kleure na Kathu se bome. Die reuse-plantanaboom in Kareelaan dra ’n geel, bruin en oranje baadjie teen die koue.
Foto’s: Benneli Oliver Van der Walt
Uitslae van wedvlugte DIE Kuruman-posduifklub het op 21 en 28 Junie aan verskeie duiwewedvlugte deelgeneem. Hier is die uitslae: ) Kuruman-posduifklub – 21 Junie van Strydenburg af : Jaaroud-duiwe: 1. Coenie Smit 2. Coenie Smit 3. MC Turbo 4. MC Turbo 5. MC Turbo Ope duiwe: 1. Carla en Jaco Salim 2. MC Turbo 3. MC Turbo
4. WJP-hokke 5. Johannes Visagie ) 28 Junie van Britstown af: Jaaroud-duiwe: 1. Bloubul-hokke (Lourens Swanepoel) 2. Bloubul-hokke 3. Coenie Smit 4. J. Visagie 5. Coenie Smit Ope duiwe: 1. G.A. Coetsee 2. MC Turbo 3. G. Rost 4. MC Turbo 5. Bloubul-hokke
DIE Chinese esdoringboom in Ben Albertstraat verfraai die winterlug met kleurskakerings in pienk en rooi.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Sishen-sewesspanne skitter Benneli Olivier Van der Walt KATHU se toegewyde rugbytoeskouers het die naweek plaaslike rugby uit die boonste rakke aanskou. Die kontrakteursinterliga-sewesrugbyspanne het mekaar die stryd aangesê. Die Sishen-sewesspan het eindelik as wenner uit die stryd getree deur die Aveng Moolmans-span met 33-7 te klop.
Die Sishen-sewesspan was met twaalf punte eindelik bo-aan die liga. Otraco was tweede met 11 punte, Aveng Moolmans was derde met ses punte en Record se span was laaste met een punt. Die Sishen-rugbyklub se tweede span het die Dingletonspan met 51-1 gewen. Sishen se eerste span het ’n fantastiese wedstryd gespeel deur die Upington United-span met 107-3 te wen.
DIE Sishen-sewesrugbyspan het die kontrakteursliga gewen. Hugo Schreuder het die trofee aan die span oorhandig.
ATLAS CAPCO van Kathu het die Sishen-rugbyklub se eerste en tweede span se truie geborg. Die truie is verlede Saterdag aan die spanne oorhandig. Van links is Wille Botha (Atlas Capco Kathu), Bernard van Niekerk (kaptein van Sishen se tweede rugbyspan) en Hugo Schreuder (Sishen-rugbyklub). Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt
DIE Sishen-rugbyklub se eerste span het met ’n indrukwekkende telling van 107-3 teen die Upington United-rugbyklub gewen.
DIE Sishen-rugbyklub se tweede span het die tweede span van die Dingleton-rugbyklub gewen. ENIGE van die Kalahari Bulletin se vorige uitgawes misgeloop? Lees artikels oor sport, nuus, leefstyl en dagboek-inskrywings op die Kalahari Bulletin se webblad www.kalaharibulletin.co.za. Die Kalahari Bulletin is ook op Facebook – besoek www.facebook.com/kbulletin. Stuur gerus jou klub of skool se sportnuus na benneli.vdwalt@volksblad.com.