Kurumanbulletinku 20140723

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

24 JULIE 2014

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Vreugde ná nagmerrie Baba met hulp van gemeenskap na hospitaal gehaas Ilse Watson “TOE Kiolynn se lippies swartblou verkleur het, haar ogies so glaserig geword het, haar tongetjie aan haar verhemelte vasgeklou het en sy so pap in my arms geword het, toe het ek besef: Sussie is weg. “Dit het vir my gevoel asof die tyd stilstaan en ek kon nie asem kry nie. Al wat ek kon uitkry, was, ‘Here, moet haar asseblief nie vat nie!’ ” Só sê Leandi Botha van Kuruman oor haar en haar man, Frik, se babadogtertjie, Kiolynn (vier maande), wat verlede Donderdagaand baie siek geword het en inderhaas na die Kuruman-hospitaal gebring is. Later die aand is sy na ’n hospitaal in Kimberley oorgeplaas. Met Kiolynn se badtyd het Leandi en Frik opgemerk haar lippies is blou. Hulle het gedink sy kry koud en het haar warm aangetrek en in ’n dik kombers toegemaak. Kiolynn het die vorige week longontsteking gehad en ’n dokter van die Kuruman-hospitaal het vir haar al die nodige medisyne voorgeskryf. “Hy het gesê ons kan haar huis toe bring en self versorg. Ek en my man het by ons werk vakansie geneem om haar by die huis te versorg,” sê Leandi. Nadat alles so skielik met Kiolynn verkeerd geloop het, het Leandi en haar ma, Lynette van Rooyen, na die Kuruman-hospitaal gejaag. Leandi het by die hospitaal ingehardloop terwyl haar ma vir Kiolynn gedra het. “Ek het soos ’n besetene in die gange rondgehardloop en om

DIE kleine Kiolynn Botha drink lek­ ker aan haar bottel in die Kimberley­ hospitaal se intensiewesorgeen­ heid.

TOEGEWIKKEL in sagte, warm komberse slaap Kiolynn Botha rustig in die hospitaal. hulp gegil.” Leandi het Kiolynn begin skud en sy het na haar asem gesnak. ’n Suurstofmasker is oor haar neusie geplaas. Die hospitaalpersoneel het ’n pediater in Kimberley gebel om uit te vind wat hulle moes doen. “Ek was stukkend, maar ek het besef ek moet dit eenkant toe skuif. Sussie het met die masker gebaklei en baie gehuil. My hart was baie seer oor my kind. Die dokter aan diens het my meegedeel hy het geen of min hoop vir haar nie. Ek het besef hy is nié die een om te besluit oor die uitkoms vir ons baba nie.”

Leandi het toe uitgevind ’n ambulans sou van Kimberley af gestuur word, maar dat dit lank sou duur. Nadat Leandi ’n boodskap op Facebook geplaas het dat almal asseblief vir hul dogtertjie moes bid, het dit op Facebook gegons. Soos ’n veldbrand het die nuus versprei en almal het gebid en boodskappe van beterskap gestuur. Leandi weet daar is baie krag in gebed. “Ek het saggies met Sussie begin praat en sy het rustiger geword. Dit het vir my gevoel asof die aarde onder my padgee

Foto’s: Facebook

en ek het inmekaargesak en begin huil. Ek het by die Here gepleit dat Hy haar nie moet vat nie.” Schalk van Heerden van Aerocare se vrou, Carla, het al die noodboodskappe op Facebook gesien. Schalk het toe ingetree en ’n private ambulans met paramedici na die hospitaal gestuur. Frik kon nie saamry Kimberley toe nie, want hy moes na hul seun, Louhan, kyk. In Kimberley het die pediaters vir hulle gewag en Sussie is later in die intensiewesorgeenheid opgeneem. Sy is met pneumonia bronchiolitis en dehidrasie

gediagnoseer. “Toe ek later in die intensiewesorgeenheid instap en haar so met al die pype en masjiene sien, is my moed weer gebreek. Maar daar was genade, want later het die dokters vir my gesê al die bloedtoetse het gewys sy was buite gevaar en dat sy volkome sou herstel. Ek het dadelik besef ons Vader het ingetree.” “Saterdagoggend het die dokter vir ons laat weet Kiolynn kon ontslaan word. Hy het gesê dit is die eerste keer in sy loopbaan dat hy ’n baba so vinnig uit die intensiewesorgeenheid kon ontslaan.” Kiolynn sterk nou by hul huis in Kuruman aan. ) Op 22 Julie het Leandi verjaar – die Kalahari Bulletin wens haar ’n geseënde jaar toe. ) Lees op bl. 12 die Botha-gesin se brief om almal wat gehelp het te bedank.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Khumani Mine brings joy to families Benneli Olivier Van der Walt THE Assmang Khumani Mine’s Socio Economic Development (SED) department spent their 67 minutes for Mandela Day to distribute care packages to orphans in the Deben rural area. They worked together with the Tshwaragano Health Support Group to identify 50 needy children that were orphaned due to different circumstances. All 36 households that currently support these orphans were the recipients of a comprehensive care package to assist with further care of these vulnerable children. The participants gathered early at the Deben Clinic to assemble and load the day’s presents. The care packages included several nutritious food stuffs, toiletries and blankets. Anna Vries, who is in charge of the Tshwaragano Health Support Group, thanked the Khumani SED department for their assistance and compassion towards those who desperately need help. The Goro family took in their nieces and nephews after Sylvia Goro’s sister, Sanna Hantjies, had passed away. Lourens (19), Sonja (17), Victoria (13) and Mac Donald Hantjies (10) were delighted to receive their presents. Violet Laatjies took Lucinda, Ronel and Luciano Kopang under her care when their parents had passed away. “They are part of the family, we must care for those in need,” said Laatjies.

TAMMY JONES and Mac Donald Hantjies both enjoyed the day.

THE Khumani SED department along with the Tshwaragano Health Support Group, handed out care packages to needy orphans in the Deben rural area. Photos: Benneli Olivier Van der Walt

THE Goro family received care packages to assit with the care of four orphans. Here are, in front: Jusenta Goro; from the left, back: Mac Donald Hantjies, Sonja Hantjies, Magdeline Maitse and Chavonja Goro.

THE Laaitjies household was one of the recipients. This household sup­ ports three local orphans. In front, is: Lucinda Kopang; from the left are back: Violet Laaitjies, Leshego Kgware, Ronel Kopang, Ursula Douw, Luci­ ano Kopang, Tammy Jones and Magdeline Maitse.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

3

ONS MENSE

Skilderye verkoop soos soetkoek Siska Martin DIE helderkleurige skilderye met huisies en helderblou deure en vensterhortjies tref die oog. Kyk jy na die handtekening, Ester, val dit op dat dit soos ’n kruis lyk. Esna Badenhorst van Kuruman het vanjaar die tweede keer op die Vryfees in Bloemfontein uitgestal. Sy het vertel dat sy verlede Dinsdag nege skilderye verkoop het en op Woensdag nog sewe. “Die Here is goed vir my.” Dié boorling van Paardeberg anderkant Petrusburg op die pad na Kimberley vertel sy wou nog altyd skilder, maar sy het eers sowat ses jaar gelede hierdie talent begin ontwikkel. Voor dit het sy baie materiaalverfwerk gedoen.

In 2010 het sy haar eerste uitstalling in ’n skoolsaal in Kuruman gehou. Esna het tot in st. 2 (gr. 4) ’n plaasskool in haar geboortedorp bygewoon en eindelik aan die landbouskool in Jacobsdal gematrikuleer. Sy het ná skool in Kimberley diamante gesorteer totdat sy saam met Frans, die rekenmeester met wie sy in 1984 getroud is, na Kuruman verhuis het. Hulle woon nou byna 20 jaar in dié Noord-Kaapse dorp. “Toe ’n pastoorvriend op ’n keer vra hoe dit met my skilderwerk gaan, het ek gesê ek kry nie my werke verkoop nie. Hy sê toe ons moet bid vir ’n nuwe naam. “So het ons toe by Ester uitgekom. Die eerste skildery wat ek as Ester

geskilder het, was die eerste een wat in Junie 2010 verkoop is!” Esna vertel haar kuns is vir haar ’n bediening. “Dit is vir my die lekkerste lekker as iemand oor een van my skilderye sê: ‘Hy is elke dag vir my mooi en beteken iets vir my siel.’ ” Elke skildery het ’n boodskap en haar gunstelingwerke is die straattonele wat sy skilder. Hierop sien jy dikwels plekke soos die Abundance Bank en die viswinkel Fishers of Men waar die vangs van die dag souls is. Frans en Esna het drie kinders. Die oudste, Gerlezé, en jongste, Francois, studeer nog terwyl hulle saam met hul pa werk. Zanica werk saam met Esna en maak al haar rame en skilderdoeke.

ESNA BADENHORST, 'n skilder van Kuruman, stal vanjaar die tweede keer op die Vryfees uit. Foto’s: SISKA MARTIN

EEN van Esna se helderkleurige skilderye.

VOORBEELDE van Esna se werke.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Kinders kort meer hulp DIE afgelope tyd was daar weer verskeie berigte in die nuus oor kinders wat mishandel is of slagoffers van wrede misdade was. Twee kinders was die slagoffers van motorkapings. In die een kaping is ’n vierjarige kleuter 10 km ver deur sy ontvoerders gesleep en is in die proses dood. In ’n ander motorkaping is ’n vyfjarige kleuter ontvoer. In die Vrystaat is ’n kleuter met 99 meswonde aan haar lyfie dood aangetref. Tragedies soos dié tref ’n mens altyd baie diep. Vir enige ouer is die dood van ’n kind ongelooflik traumaties. Dit hoef nie noodwendig jóú kind te wees wat gewelddadig sterf nie. Enige kind wat op ’n traumatiese wyse sterf, laat ’n mens besef hoe weerloos jou eie kinders ook is. Die wreedheid wat soveel kinders daagliks beleef, is heeltemal ongehoord, maar ondanks ’n omvattende kinder-

regtemanifes van die regering en ’n jaarlikse veldtog waarin die gewelddadige optrede teenoor vroue en kinders aangepak word, is dit asof kinders steeds die grootste teiken bly wanneer dit by geweldsmisdade kom. Op Mandela-dag is verskeie minder bevoorregte kinders gehelp. Daar is speelterreine gebou, kospakkies en klere uitgedeel en opvoedkundige toerusting geskenk. Maar een dag in ’n jaar is heeltemal te min om die nood van duisende kinders in SuidAfrika te verlig. ’n Kinderregtemanifes is ook nie genoeg nie. Dit is ’n begin, maar indien dit nie daadwerklik toegepas word nie, sal kinders al hoe meer die slagoffer wees. Daar word so dikwels gesê kinders is ons toekoms en hulle moet opgepas, opgevoed en vol liefde grootgemaak word, maar in dié geval is woorde maar hol en van bykans geen waarde nie.

Satan wants to ruin God’s plan for you Past. John Clarke JOHN 10:10: The thief does not come except to steal, to kill and to destroy. We live in a country where things get stolen all the time. Statistics suggest we are a nation in trouble. But I don’t want to focus on the natural today. In the spiritual realm a kind of stealing is going on in many lives. Satan is in the business of ripping off things that do not belong to him. Jesus said in the Scripture the only purpose the thief has in mind is to steal, kill and destroy. Jesus’ purpose is to give life in all its fullness. You may say: “Yes, but people are stealing from us and breaking into our houses.” Maybe these things have become so important to us that we are losing sight of God’s purpose in our lives. Maybe God allows these things so we can get our focus right. Here is the catch. Satan does not need your car, your house or your money. But he is interested in stealing spiritual treasures. Things that have value with God and are of eternal significance. Satan wants to steal our purpose for living. In Jeremiah 29:11 God says: I know the plans I have for you. God has a plan for our lives.

God has a dream for us. However, some people turn to drugs, alcohol and even meaningless relationships if they cannot find their purpose for living. Some people turn to career achievements. Sometimes this is just to fill the void or emptiness we feel in our hearts or souls. Let us turn to God today and ask for his plan and purpose for our lives. If I feel that my life has no meaning anymore, I remember that God has a purpose for my life. Satan wants to steal our families. Psalm 127:3: Behold, children are a heritage from the Lord. The fruit of the womb is a reward. Our children are supposed to carry forward our family name. Satan knows if he can wreck your marriage, he can ruin both your and your children’s lives. Marriage is God’s initiation for relationships. Let us seek God’s purpose for our lives again. Maybe we’ll again enjoy God’s favour and protection on our lives. ) Past. John Clarke is of the Kuruman Christian Church.

Prentjiemooi in die koue DIE natuur gebruik die koue om besonderse kunswerke te skep. Die “versierde” boom is op 16 Julie by die Gamagara­munisipaliteit in Kathu afgeneem. Foto: Malinda Roux

Feite nog altyd my geite Ilse Watson “EK dink ek verstaan nou waar ek inpas. Jy is die harde-nuusjoernalis en ek is die ene wat jy agterlaat om al die ander interessante, of dalk vreemde, dinge van mense uit te vind. “Staan daar iets op my gesig geskryf? Hoekom vertel mense al die vreemde goed vir my?” “Dit is omdat jy so cool is dat hulle aan jou hul vreemde dinge vertel. As hulle vir my kyk, dan sien hulle op my gesig geskryf: Don’t even go there.” Só gesels ek en ’n kollega by ons “hoofkantoor” – Kathu se pragtige gholfbaan. Sy is ’n blommekind. Sy sê ek is die straight forward ene. Mense kyk na my en dink: “Ag, nee, sy is te kwaai, vir haar gee ons net die feite. Sy kry niks juicy inligting oor ons nie.” Dit is seker so dat ek net konsentreer op die feite en verkies om nie-fiksie te skryf, hoewel ek dít ook in my werk doen. Ek het ook vanjaar besluit nou skryf ek daardie novelle wat ek lankal wou skryf. Dit is baie

4/23

1/18

1/18

moeiliker as wat ek verwag het dit gaan wees. Al daardie karakters wat geskep moet word. Al die navorsing wat gedoen moet word om ’n boek te kan skryf. Hulle moet elkeen hul eie geskiedenis hê. Wat het my besiel om die taak aan te pak? Só verskil mense. Die een leef met haar kop in die wolke, teken die mooiste prente, het ’n vreemde sin vir humor en die ander een is georganiseerd, streng en ’n perfeksionis. Ek is die een wat nié snaaks is nie (grappe is nie my sterk punt nie) en ek is die een wat vreeslik kwaai by die werk is. Dit het ek ongelukkig van my pa geërf. Hy was ’n tiran vir wie almal effens bang was, maar hy was nooit onregverdig in sy werk nie. Sy woord was wet. My woord is darem nie wet nie,

2/23

0/17

0/19

maar ek het ook daardie vermoë om na mense te kyk en dan weet hulle – kom ons loop liewer, hier kom ’n ding. Ek is darem kreatief, ook iets wat ek van my pa geërf het. Hy kon baie mooi teken en het die oulikste spotprentjies van homself geteken – hy het ’n baie skerp humorsin gehad. Ek kan nie teken om my lewe te red nie, hoewel ek ewig ’n poging aanwend om dit te doen. My dogter het seker haar tekenvermoë van my pa geërf. Haar vermoë om te sing het sy van haar pa se kreatiewe familie geërf. Die blommekind is só kreatief dat dit my eintlik vreeslik jaloers maak. Die blommekind staar my gedurig aan met ’n uitdrukking wat sê: “Sal jy nou ontspan en jou hare laat hang?”. Die blommekind weet egter dit is nie vir my moontlik om so cool te wees nie. Soos sy gesê het: Ek is te straight forward. Ek wens mense wil ook vir my van hul vreemde optredes, persoonlikhede en geraamtes in die kas vertel.

6/13

2/10

1/16


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

DIE Spontaanwenners kort nadat hulle Saterdag op die Vryfees in die Blêrkas aangewys is. Van links is Puleng Tsotetsi, tweede, Damaris Godoy, wenner van die Spontaan­talentkompetisie, en Ludwig Streso, derdeplekwenner. Foto’s: Tharine Hurter

Wen met talent

LINKS: Reuben Mur­ phy Saterdag in aksie in die Blêrkas in die Spontaan­talentkom­ petisie in Bloemfon­ tein. Hy was die Kala­ hari Bulletin se finalis.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Week fokus op borsvoeding WÊRELDBORSVOEDINGSWEEK is vanjaar van 1 tot 7 Augustus. Dié week word oor die wêreld heen gevier om die gemeenskap en wêreld bewus te maak van die voordele van borsvoeding en só borsvoeding te beskerm en te bevorder. Alle mammas oor die wêreld heen word aangemoedig om te borsvoed – en die eerste ses maande van die baba se lewe eksklusief te borsvoed – om sodoende die beste vir die baba te gee. Borsvoeding het baie voordele vir die baba én die ma. Die algemeenste redes vir borsvoeding is optimale voeding vir die baba, borsmelk is altyd beskikbaar teen die regte temperatuur en bevat al die nodige vitamiene en minerale. Borsmelk is gesond en higiënies, die ma hoef nie op te staan om dit voor te berei nie en dit is boonop gratis. Nog voordele is dat dit die immuniteitstelsel van die baba opbou en die ma en baba later in hul lewe teen siektes soos asma, infeksie, asook soorte vrouekanker, beskerm. Die ZF Mcgawu-voedingspan in samewerking met die dieetkundiges van die Dr. Harry Surtie-hospitaal gaan vanjaar weer aan die Big Latch On deelneem om sodoende Borsvoedingsweek te vier en bewustheid te skep en borsvoeding te ondersteun, veral in die ZF Mgcawu-distrik. Die Big Latch On is waar borsvoedende mammas bymekaarkom om saam met ander vroue oor die wêreld heen ’n minuut lank te borsvoed. Mammas van al die gesondheidsgeriewe in die ZF Mgcawu-distrik kom op 1 Augustus om 09:00 in die Dr. Harry Surtie-hospitaal bymekaar. Hier sal die mammas meer leer oor die voordele van borsvoeding, kinderontwikkeling en hoe belangrik borsvoeding vir die baba is. Daar sal heelwat aktiwiteite wees, asook pryse, kospakkies en hemde. Alle borsvoedende vroue word genooi om saam aan die Big Latch On deel te neem. Rig navrae aan 054-337-0600.

Radiostasie vergader RADIO RIVERSIDE, die gemeenskapradiostasie van Upington, gaan sy jaarvergadering op Dinsdag 29 Julie en Woensdag 30 Julie in die Piet Thole-gemeenskapsaal in Rosedale hou. Die jaarvergadering sal ook as ’n vergadering dien om ’n nuwe raad te kies wat die instansie die volgende drie jaar volgens sy grondwet moet lei. Die jaarvergadering is uitgestel nadat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) gevra het alle geskeduleerde jaarvergaderings moet opsy geskuif word totdat die nasionale en provinsiale algemene verkiesings in Mei vanjaar voltooi is en dat al die vergaderings nie later nie as 30 Julie moet plaasvind. Okosa is die statutêre instansie wat vir kommunikasie in Suid-Afrika verantwoordelik is. Hy is ook vir die uitreiking van uitsaai-lisensies verantwoordelik. Die wette van Okosa beveel aan dat ’n gemeenskapsradiostasie gereeld ’n raad moet kies om deelname van die gemeenskap in die radiostasie se sake te verseker. Die raad is ’n verteenwoordigende struktuur wat verseker alle gemeenskapstandpunte en -aspirasies word weerspieël in die stasie wat ’n Okosa-lisensie het. Vernon Mfusi, die raadvoorsitter van Radio Riverside, het vroeër vanjaar aangedui hy sal uittree uit die pos en dit beteken dus dat die stasie ’n nuwe

leier sal moet kry. Mfusi, wat in Desember verlede jaar as ’n direksielid van die Nasionale Gemeenskapsradioforum (NGRF) in Mangaung in die Vrystaat gekies is, sê hy glo dit is tyd vir nuwe bloed om die stasie verder te neem. Die NGRF is die grootste verteenwoordigende liggaam vir gemeenskapradiostasies in die land met meer as 120 gemeenskapradiostasies wat by dié liggaam geaffilieer is. Mfusi sê sy verkiesing tot die NGRF bevestig dat Radio Riverside nasionaal ’n toonaangewende gemeenskapradiostasie is wat die sektor met verdere ontwikkeling kan help. Mfusi sê hy het saam met ’n dinamiese span van mederaadslede altyd die belang van die gemeenskap op die hart gedra en het gemeenskapdeelname verseker. Hy sê in sy termyn het die stasie baie indrukwekkende mylpale bereik en is hy ook genooi om konferensies en byeenkomste van gemeenskapradiostasies by te woon, nasionaal en internasionaal. Op die jaarvergadering sal die instansie verslae, sowel as die geouditeerde finansiële state, voorlê. Dit is twee belangrike dokumente van die stasie wat deursigtigheid bevorder. Hy moedig die gemeenskap aan om instansies te benoem, soos gemeenskapleiers, wat in die beste belang en die welsyn van die stasie optree eerder as om hul eie belange te bevorder. Thabang Pusoyabone, die stasiebe-

stuurder van Radio Riverside, sê die raad het sekere swak punte geïdentifiseer wat op die jaarvergadering voorgehou sal word vir bespreking en aanvaarding om die grondwet te versterk. Hy sê benoemingsvorms is by die Radio Riverside-kantoor beskikbaar. Volgens hom sal slegs diegene wat deur gemeenskapsgegronde instansies, nie-regeringsinstansies, nie-winsgewende instansies of geregistreerde a-politiese belangegroepe benoem is in aanmerking kom om gekies te word om in die raad van Radio Riverside te dien. Hy sê enigiemand wat gekies is, moet ’n sekere instansie in die raad verteenwoordig en nie individue nie. Die instansies wat nie deel van die Radio Riverside-forum is nie, kan ook aansoek doen om deel van die forum te wees. Pusoyabone sê vorms kan op weekdae in kantoorure (08:00 tot 17:00) by die Radio Riverside-kantoor afgehaal word. Hy sê op die eerste dag sal op al die verslae gekonsentreer word. Die tweede dag word vir die verkiesing van die nuwe raad opsy gesit. ’n Instansie wat iemand benoem, moet ’n afskrif van die instansie se registrasiedokument of grondwet van die instansie aanheg en al die vorms moet voor of op 29 Julie om 12:00 aan Radio Riverside teruggestuur word. Die stasie se kantoor kan vir meer inligting oor die jaarvergadering by 054-332-1775 gekontak word.

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebook-blad.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

GERT VISSER het dié swerm swaeltjies teen dié besonderse wolke afgeneem.

DIÉ pragtige skoorsteenveër is deur Arno Cilliers afgeneem.

Foto: Gert Visser

Foto: Arno Cilliers

Tyd min vir voëlfoto’s Lizette Slabber DAAR is nog net een week oor om jou pragtige foto’s van voëls na die Kalahari Bulletin te stuur, want op 31 Julie sluit die fotokompetisie vir Julie. In Augustus is die tema Swart-witfoto’s. Daar is nie ’n beperking oor die onderwerp wat afgeneem word nie; die foto’s moet net pragtige swart-wit-foto’s wees. Die wenfoto wen elke maand ’n lekker prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, gaan ’n geskenkpak van die Orange River Cellars wen. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner, wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ’n daaglikse ontbyt, asook ’n Sondagmiddagete, in.

Die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is en waar die fotograaf woon. Slegs amateurfotograwe mag hulle voortaan inskryf. Geen korrespondent van die Volksblad-groep mag hom of haar voortaan inskryf nie. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin se webtuiste, www.kalaharibulletin.co.za, dop vir die inskrywings wat ontvang is en sy Facebookblad om te sien wie as finaliste aangewys word.

NICO GROBLER het dié twee hoep­hoepe afgeneem.

Foto: Nico Grobler

JEANE PIERRE MEEK het dié twee afgeneem waar hulle snoesig teen mekaar leun.

Foto: Jeane Pierre Meek

ZELDA JANSE VAN VUUREN het dié tarentaal bo­op ’n huis se dak afgeneem.

Foto: Zelda Janse van Vuuren

DIÉ suikerbekkie is deur Frikkie Strauss gekiek.

Foto: Frikkie Strauss


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

DIE Kalahari Bulletin stel elke week nuwe boeke aan sy lesers bekend. Wat lees jy graag? Kan jy enige nuwe boeke aanbeveel? Laat weet Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com.

GROEIENDE getalle Christene is ont­ nugter deur die tradisionele Afrikaanse kerke. Julian Müller ondersoek waarom dit gebeur het. Die boek is nie gegrond op die lees van ’n Bybel nie, maar dit maak voorsiening vir onsekerheid en ’n kritiese benadering tot die kerk en sy ritu­ ele.

YOU still stand a chance to win this book by Zelda la Grange. The Kalahari Bulletin has one copy to give away. What do you have to do to win a book? Go to the Facebook page of Kala­ hari Bulletin, like the page and then follow the link to the Kalahari Bulletin’s website and read more about how you can win this book. The win­ ner of the book will be announced in the news­ paper on 7 August.

NET soos in die geval van 1001 Arabian Nights, kan die novelle in enige volgorde gelees word. Harry Kalmer se ’n Duisend Stories oor Johan­ nesburg kan as ’n ryk tapisserie van verweefde storielyne beskryf word. Hy fokus op die mense van Johannesburg wat nog altyd hier gewoon het en die beproewings wat hulle deurgemaak het. Dié boek verseker interessante leesstof.

Boek ’n moet lees HARRY KALMER het reeds 23 toneelstukke geskryf en hy het ook ses werke van fiksie bekend gestel. En die lekkerste deel van dood wees was die naaswenner in Sanlam en Insig se Groot Romankompetisie wat in 2007 gehou is. Briewe aan ’n rooi dak is gegrond op die briewe van Magdalena Otto. Hiervoor het hy die Anglo-Gold-Aardklopeerbewys vir die beste nuwe Afrikaanse drama in 2001 ontvang. Dit is ook vir die televisie aangepas.

KOKKEDOOR 2 is die kookboek van die tweede reeks van hierdie gewilde televi­ sie­kookprogram. Dit is vol heerlike en nostalgiese resepte en dit verskaf ook meer inligting oor die deelnemers en die beoordelaars.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Gardeners reap prizes THE winners of the Finsch Diamond Mine garden competition for the second quarter of this year were recently recognised at a prize-giving ceremony. Each winner of the best garden category received a voucher to the value of R750 as well as three months’ worth of free water. The winners for the best gardens in Norfin and Five Mission were (in no particular order): Jerry Goeieman (secondtime winner), Neo Matene (second-time winner), Irish Saal (second-time winner) and Porche Jenneke (first-time winner). The winners for the best gardens in Lime Acres village were (in no particular order): Drew Horner (previously won most improved garden), Robert York (first-time winner), Chris de Jager (previously won most improved garden), Tinie de Klerk (previously won most improved), Jacques le Roux (first-time winner), LA Café (previous winner), Dirk Fourie (first-time winner), Eben Senekal (previous winner), Martin Cloete (previous winner) and Jannie Fourie (first-time winner). Speaking at the prize-giving ceremony, the general manager, Luctor Roode, thanked everyone for the efforts they had put into making their gardens beautiful.

GARDENING is an activity in which the whole family can participate.

New trust to focus on priorities THE newly registered Tsantsabane Community Development Trust is ready to continue with the implementation of development projects in the Northern Cape. The CEO of the Sishen Iron Ore Company-Community Development Trust (SIOC-cdt), Vusani Malie, says the new trust starts with a clean slate and remains committed to serve communities in the Postmasburg region of the province. “We are ready to respond to the needs of communities in the fields of healthcare, education, job creation and economic development,” he says. “The SIOC-cdt has been a force in the region for many years and has proven to be a value-adding partner to beneficiary communities.”

Malie serves on the new board of trustees, together with other leaders in society who represent the interest of the local communities. The new trustees are Alister Rodger Davids, who represents local business; Thabo Claude Mabotsa, a chartered accountant; Taolo Timothy Mokgoabane, a practising attorney; George Benjamin, Kumba Iron Ore representative; Heinrich Mathobela and Elroy Ennis Jan Phete who represent the Tsantsabane Local Municipality as the municipal manager and mayor respectively. An elective process within the beneficiary communities will soon be conducted to fill the vacant seats of community representative on the board. Malie said he is confident that

the new board will focus on the priorities for development in the region and work with local structures to ensure the implementation of projects. The SIOC-cdt, or Super Trust, was established as a vehicle to empower communities through investment in sustainable economic and social infrastructure that will continue to benefit the region even after mining activities have been terminated. The trust focuses primarily on beneficiary communities adjacent to the SIOC-cdt’s mining activities in the Northern Cape and Limpopo but its investment in projects such as early childhood development, entrepreneurship and healthcare bring significant benefits to the rest of the province.

WEAR your slippers and support Reach for a Dream’s activities to help children.

Slipper Day a fun way to help ON 1 August, Reach for a Dream will be activating its annual Reach for your Slippers Campaign. This day is also known as Slipper Day. Slipper stickers (R10 each) are

available at all Wimpy restaurants nationwide. All funds and proceeds raised through the activities of this campaign will help the foundation put a smile on the faces of many seriously ill South African chil-

dren. Wimpy will also be giving away free regular coffee to customers visiting their stores on 1 August wearing their slippers and a sticker (or to buy a slipper sticker).

Sê wie moet op dag sing Ilse Watson ’n KALAHARI-OPSKOPGESINSDAG word vir September beplan. Dié pretdag sal in Kuruman of Kathu aangebied word. Daar word ook beplan om ’n Mej. Kalahari aan te bied. Die Fiësta-span van kykNET

sal die fees moontlik bywoon. Verder sal daar allerlei stalletjies wees en verskeie sangers sal optree. Die Kalahari Bulletin is versoek om intussen ’n opname te doen onder die gemeenskappe in sy verspreidingsgebied oor watter kunstenaars hulle sal verkies om op die gesinsdag te

sien en hoor optree. Die Kalahari Bulletin is ook ’n mediaborg van dié dag. Die keuses is soos volg: ) Snotkop en Monique. ) Bok van Blerk. ) Jay en Lianie May. Stuur ’n SMS met jou eerste en tweede keuse na 079-831-5579.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

ONS MENSE

Leraar se huis, werk loop saam Ilse Watson DS. CHRISTO JONCK van die NG kerk Die Oog, Kuruman, en sy gesin vertel meer van hul lewe. Vertel meer van jou en jou gesin: Ek is in Bloemfontein gebore en het Hesta, my vrou, ook daar ontmoet. Sy het verpleging gestudeer. Ek het in die nag gewerk en in die dag gestudeer. Ek het matriek twee keer geslaag: die eerste keer sonder vrystelling en toe matriek herhaal sodat ek teologie kon gaan studeer. Hesta het in Hartswater grootgeword. Ons is in 1999 in Hartswater getroud. Sy is ’n verpleegkundige aan die Mimosahof-tehuis vir bejaardes. Ek is die voorsitter van die tehuis se bestuursraad. Hesta kom uit die Gereformeerde kerk en was ’n nooi Kruger. Die meeste van hul familielede woon in die omgewing. Ek is op 32 jaar eers getroud. My klasmaats wou al ’n advertensie in die koerant plaas om vir my ’n vrou te soek. Dit sou lees: Wil jy Jonck word? Bel. Die jonges het nie gebel nie. Ons het drie kinders: twee dogters, Lauret en Nolene, en ’n seun, PJ. Wie of wat inspireer jou? Mense se deursettingsvermoë. Om ongeag moeilike omstandighede vreugde te hê en voluit te leef. Wat is vir jou die lekkerste van dominee wees? Om mense te kan help en ’n verskil in hul lewe te maak – dit is vir my wonderlik. Ek geniet mense. Prediking is deel daarvan. Wat is die slegste daarvan? Dat jou tyd dikwels nie jou eie is nie. Dikwels bots jou werk en gesinstye met mekaar. Jou huis en jou werk loop saam. Wat is jou idee van ’n perfekte mens/kerklid? Dit is iemand wat soos Dawid van die Bybel is. Nie ’n volmaakte mens sonder sonde nie, maar iemand wat eerlik leef. Iemand wat ongekompliseerd is. Iemand wat ja of nee kan sê. Indien jy enige ander beroep kon kies, wat sal dit wees?

DIE Jonck­gesin. Van links, is Nolene, Hesta, Lauret, Christo en PJ. My tweede beroep sal seker wees om te boer hoewel ek nie dink dit is iets wat ek heeltyds sal doen nie. My ouers het my destyds aan ’n tegniese skool laat leer. Hulle het geglo ’n man moet met sy hande kan werk en dat ek ’n ingenieur moes word. Wat behels jou dae en wat doen jy elke dag? Ek leef en doen wat my hand vind om te doen. Donderdae is my boerdag. Dan gaan ek gewoonlik plaas toe. Hoe ontspan jy? Om saam met vriende te kuier doen dit vir my. My vrou reken ek maak beter kos op ’n vuur as in die kombuis – self ontbyt op die vuur werk vir my. Waar hou julle graag vakan-

Foto: Verskaf

‘Mense se deursettingsvermoë inspireer my. Om ongeag moeilike omstandighede vreugde te hê en vol­ uit te lewe.’ – ds. Christo Jonck sie? Ons hou baie lekker vakansie op Mcdougalsbaai aan die Weskus en dan ook Hartenbos. Wat verkies jy – lees of fliek kyk? Watter ander tydverdrywe het jy? Ek lees beslis meer as wat ek fliek kyk, maar kan ook ’n goeie fliek baie geniet. My pa was ’n skrynwerker en ek is ook baie

lief vir houtwerk doen. Houtwerk is lekker – jy sien die resultaat van jou handewerk. Indien jy kan teruggaan in tyd, na watter groot geskiedkundige gebeurtenis sal dit wees en hoekom? Ek sou graag iets wou sien van die Tweede Wêreldoorlog. Die mens se vermoë om die slegste omstandighede te oorkom en

daarvan sin te maak. Dalk sou ek saam met iemand soos Job by sy sterfbed wil sit en gesels oor sy vol lewe. Waar was jy toe televisie die eerste keer in Suid-Afrika begin wys het? Ons het in Bloemfontein gewoon en die program wat ek die beste kan onthou, is Haas Das se nuuskas. Indien jy weet vandag is jou laaste dag op aarde, hoe sal jy dit bestee? Soos ek vandag bestee het. Dalk net stadiger. Ek sou beslis saam met my gesin op die plaas wou vleisbraai. Elkeen se gunsteling – steak vir Lauret, ribbetjie vir Nolene en kaaswors vir PJ. Hesta sal maar my hand moet vashou.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Barmhartige vroue help DSV

HELP A KID APPLY – pupils from the Kuruman area enjoyed Mandela Day tremendously.

Photo: Supplied

Pupils helped on day Ilse Watson TSEPO KGATLHANE, a teacher from Wrenchville – together with pupils from Wrenchville, Baiteredi, Bankhara and the Daniëlskuil High School – attended a special event on Mandela Day. Kgatlhane (26), a life orientation teacher, felt that it would be a great opportunity to make a difference. He was inspired by the late president’s quote: “Education is the most powerful weapon which you can use to eradicate poverty”. Kgatlhane invited gr. 11 and gr. 12 pupils to an event called Help a Kid Apply. He and his friends wanted to brighten up

this country through education and also ensure that the lives of families in the Kuruman area will be better. The event was held at the Kuruman library. “Most youngters are deprived from taking their studies further at tertiary institutions due to the lack of funds and assistance when it comes to the applying process,” said Kgatlhane. Pupils listened attentively as graduates and current tertiary students shared their personal triumphant stories about receiving tertiary education. For more information, visit their Facebook page Help a Kid Apply.

MAATJIE BRAND (van Coca-Cola) het haar jaarlikse gemeenskapsdiens by die Kuruman-dieresorgvereniging (DSV) gedoen deur warm, gebreide komberse, jasse, grys komberse en kos vir die DSV se diere in te samel. Sy is ook deur verskeie ander vroue in hierdie liefdadigheidsprojek bygestaan. Die DSV is gelukkig om sulke mense met baie warm harte in die gemeenskap te hê.

DIE kos, komberse en warm jassies wat aan die Kuruman­dieresorgver­ eniging geskenk is. Foto: Verskaf

CHRISTO NAUDE, Kuruman: Ek wil vir ER24 dankie sê vir die vervoer en versorging van my kind na die Mediclinic Kathu op 5 Julie. Dankie aan al die personeellede van die hospitaal en ook die dokters – jul diens was puik. Julle was daar om te help. ’n Mens skep moed vir ons gesondheidsdienste wat in ’n gemors gedompel is. ANITA MOOLMAN, Kuruman: Ek wil aan ons Hemelse Vader my dankbaarheid uitspreek. Hy het my wonderbaar-

lik aangeraak in die tyd toe ek so siek was. Ek wil ook vir my skoonma, Hendrina Roself, en al my vriende dankie sê – hulle het my in hul gebede opgedra aan Hom en so het ek gesond geword. Baie dankie vir ware vriende in ons gemeenskap. Alle eer en lof aan Hom.

Dankie vir steun met dogter FRIK, LIANDI EN LOUHAN BOTHA, Kuruman: EERSTENS wil ons dankie sê aan ons Almagtige Vader vir elke sekonde en minuut se bewaring van ons babadogter, Kiolynn. Ook dankie aan almal wat tot in Australië aan ’n ketting-gebed deelgeneem het. Ek wens ek kan elkeen se naam noem en ek wens ek kan vir julle ’n stywe drukkie gee. Ek wens ek kon die waardering in my hart vir julle wys. Ek glo en vertrou julle sal my waardering raaksien. Dankie vir al die oproepe, boodskappe en omgee. Baie dankie aan my ma, Lynette van Rooyen, wat saam met my die hospitaalgange op en af gehardloop het en die hele tyd

saam met my was. Ook dankie aan my pa wat baie moeite gedoen het. Vir Jeanine van Rooyen wat kop gehou het en vir Loezaan en Jan van der Westhuizen vir hul bystand in die hospitaal. My grootste dankie gaan aan Aerocare se ambulans en personeellede en spesiaal aan Schalk en Carla van Heerden. Ons moet ook baie dankie sê vir die Kimberley-hospitaal se ongevalle-eenheid en die pediaters wat ons gehelp het. As dit nie vir elkeen was wat saam met ons gebid en geglo het nie, sou ons nie vandag die merkwaardige verhaal kon vertel het nie. Dankie aan die redakteur van die Kalahari Bulletin wat dit vir ons moontlik maak om die storie te vertel.

Dronkenskap lei tot poorte van hel FAAN OOSTHUIZEN, Kathu: DIÉ ding is ’n skande en gruwel wat onmeetlike ellende veroorsaak – terwyl dit volkome voorkombaar is. Iemand moet dit van die dakke uitbasuin. Vandag gaan ek dit doen. Ek is keelvol en kwaad – en gaan nou baie ander mense kwaad maak. So be it. Ek praat van alkohol en dronkenskap. Indien jy skuldig is, soos die ou gesegde sê: “Turn or you will burn”. Ek is al 34 jaar ’n dokter en die aantal sterftes, al die ellende, rampe, skade en hartseer wat daardeur veroorsaak is, is onmeetlik in omvang en grootte. Ek het honderde sterftes en nog meer verminkings daardeur gesien. Deur dié gruwel verwaarloos mense hul eie eggenotes, kinders en samelewing tot rampspoedige gevolge. Die meeste van alle onnatuurlike sterftes en ongelukke word deur alkohol veroorsaak, maar dit gaan steeds voort. In sommige kulture is dit so ’n erge skande dat dit byna glad nie voorkom nie, maar hier in ons land is dit die in-ding in die meeste geselskappe. Die publiek, vriende en familielede lag daaroor, sit saam waar dit gedoen word en gaan dit nie eens teë nie. Na my mening is iemand wat dit doen om te kan sosialiseer, so dolleeg in sy kop, hart en innerlike dat hy van elders iets moet kry om hom te help

om lekker te kuier. Dit is so ’n groot gruwel selfs voor God dat Hy gesê het iemand wat dit doen, gaan nie die koninkryk van God erf nie. En dié wat daarmee saamloop, daarvoor lag en dié wat geld daaruit maak, gaan saam hel toe. Daarom is dit goed daar is eendag ’n regverdige oordeel dat almal wat ander mense hierdeur benadeel het, sal betaal vir hul oortredings – en hoe groot gaan daardie straf nie wees nie. Ondenkbaar en vir ewig. Ongelukkig vir die ander van ons wat dalk nie hieraan skuldig is nie, dieselfde oordeel geld álle sondes. Waarom sal God net die dronkaards wat ongehoorsaam is, straf en nie alle ander ongehoorsames nie? Sonder ’n heilige lewe sal ons God nie sien nie, want elke sonde verag en verwerp God, blus die Heilige Gees uit en deurboor Jesus. Daarom is die loon van sonde die dood. God se opdrag en standaard is heiligheid, omdat Hy weet Jesus is in staat om ons volkome te verlos en te reinig van álle sondes – as ons Hom maar net gevra het. As Hy die magtige sonne en heelal kon skep en al daardie wonderwerke kon doen, kan Hy tog sekerlik baie maklik ons klein mensies verlos en reinig van sonde. Dit is presies waarvoor Jesus gestuur is. Maar as ons Hom nie glo nie en ongehoorsaam is, sal ons dit nooit vind nie. Daarom aan almal ook: “Turn or you will burn”.

DIE Kuruman-krieketklub hou op 30 Julie om 18:00 vir 18:30 sy algemene jaarvergadering in die Kuruman-buiteklub. Rig enige navrae aan Johan Kotze by 072-226-1886 of stuur ’n e-pos na johan.kotze@absa.co.za.

Noodnommers om te bel ) Om die buurtwag te kontak bel 079-253-0283. ) Sluit jou ook by AfriForum aan deur jou naam en van na

32532 te SMS. Dit kos R1 per SMS. ) Nuwe ambulansdienste: 082-555-8222.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Maak reg vir jou troudag OM te trou is een van die lekkerste dinge wat met ’n meisie kan gebeur. Die dae voor jou troue word gevul met honderde afsprake, reëlings wat getref moet word, keuses wat jy moet doen en besluite wat op die daad geneem moet word. Natuurlik gaan dit ’n baie spanningsvolle tyd wees en dit is daarom belangrik dat jy jouself in dié tyd moet troetel. Jou vel én liggaam. Begin met ’n velsorgprogram. Begin minstens een maand voor jou troue al met ’n spesiale velsorgprogram. Indien jy reeds ’n vaste skoonheidsroetine volg, kan jy dalk net meer aandag aan die probleemdele bestee. Kies ’n roetine wat by jou vel pas. Klop vir raad by ’n skoonheidsterapeut aan. Velsorg ’n Goeie velsorgroetine behoort nie meer as tien minute in die oggend en tien minute in die aand van jou tyd in beslag te neem nie. Dit moet ten minste uit die volgende stappe bestaan: reiniging, verfrissing en bevogtiging. Diepreinig jou vel minstens een maal per week met ’n goeie gesigmasker. Dit trek alle onsuiwerhede uit, stimuleer die vel en gee aan jou vel ’n rosige, gesonde gloed. Wend die masker ná reiniging en voor verfrissing aan. Moenie die dag voor jou troue ’n gesigmasker aanwend nie. Dit kan die vel oorstimuleer en ’n onwelkome uitslag tot gevolg hê. Troetel jou lyf. Hou die vel satynglad en begeerlik sag deur voor jou troue ’n skoonheidsalon vir ’n lyfmassering te besoek. Jy kan jou vel een maal per week met ’n korrelrige skuurroom masseer nadat jy gebad het. Ongewenste haartjies op die bolip, ken, naeltjie of borste kan permanent met elektrolise verwyder word. Laat dit vroegtydig doen. Laat jou beenhare met was verwyder. Laat gerus jou wimpers en wenkbroue

Jy moenie vir jouself soos ’n vreemdeling lyk nie. kleur. Doen dit sowat twee weke voor jou troudag anders gaan dit op jou groot dag hard en onnatuurlik lyk. Pluk jou wenkbroue gereeld. Moenie ’n dag of twee voor die troue nuwe grimeermiddels begin gebruik nie. Jy is dalk allergies daarvoor en sit op jou troudag met ’n veluitslag. Oefenlopie As jy wil hê ’n grimeerkunstenaar moet jou vir jou troue professioneel grimeer, moet jy ’n oefenlopie voor die tyd hê. Bespreek jou voorkoms met die persoon. Lig hom/haar in oor hoe jou rok lyk, die algemene tema van jou troue en jou kleurskema. Sê as jy nie van iets hou nie. Onthou, jy moenie soos ’n vreemdeling lyk en voel nie. Grimeer jou meer as gewoonlik as jy ’n sluier gaan dra. Maar pas op vir dik lae grimering. ’n Puisie of twee kan dalk ongevraag kop uitsteek. Skaf vroegtydig ’n medisinale kamoefleerstiffie aan wat goed by jou velkleur en onderlaag pas. Sorg dat jy genoeg tyd het om jou grimering aan te wend. Handesorg Jou hande gaan op jou groot dag in die kollig wees. Begin minstens ’n maand voor die tyd met ’n spesiale versorgingsprogram vir jou hande. Dra rubberhandskoene om jou hande te beskerm wanneer jy in water werk. Smeer ook dadelik daarna ’n goeie handeroom aan. Smeer saans jou hande met petroleumjellie in en trek katoenhandskoene aan wanneer jy gaan slaap. Jy kan melkwit, sagte hande op jou troudag verseker deur ’n bietjie suiker en olie in jou handpalm te meng en jou hande daarmee in te

vryf. Spoel dit met louwarm water af en wend rojaal handeroom aan. Bruin vlekke op jou hande kan gebleik word deur vars suurlemoen-, pomelo- of komkommersap op die vel te druk. Naelbytgewoonte Indien jy ’n naelbyter is, behoort jou troudag net die regte motivering te wees om jou van dié nare gewoonte te laat afsien. Indien die spanning egter te veel is en jy nie van jou naelbyt-gewoonte ontslae kan raak nie, kan jy gerus vals naels oorweeg. Oefen voor die tyd hoe om dit netjies aan te plak. Gebruik ’n naellakverwyderaar wat die vliesies opknap en versag – só verhoed jy dat hulle haak of skeur. Druk die naelvliesies terug met ’n spe-

siale naelstokkie waarvan die punt met watte toegedraai is nadat die vliesies met room of olie versag is. Kies ’n ligte skakering naellak vir jou troudag, iets soos pêrelpienk. Jou naellak moet by jou lipstiffie inskakeer, maar hoef nie dieselfde kleur te wees nie. Helderrooi of dieppers lyk maklik hard by ’n trourok. Koop ’n soort naellak wat bekend is dat dit nie gou afsplinter nie. Wend ’n beskermende bolaag aan wat die naellak beskerm en ekstra glans daaraan gee. Haarkapper Raadpleeg jou haarkapper ’n maand voor jou troudag en laat jou hare dan in die styl sny soos wat jy dit op jou troue wil dra. Indien jy ’n drastiese verandering oorweeg, byvoorbeeld om jou haarkleur te verander of die styl radikaal wil verander, byvoor-

beeld van lang na kort hare, is dit goed om eers weer mooi na te dink en dit wat jy in gedagte het met jou haarkapper te bespreek. Maak betyds werk van probleme soos ’n droë, skilferige kopvel, olierige hare of lewensmoeë kleur. Jou haarkapper sal presies weet watter behandeling om vir een van dié probleme voor te skryf. Daar is ook geen rede hoekom jy van jou alledaagse haarstyl moet afwyk nie. Laat knip jou hare ’n paar dae voor die tyd om te verhoed dat gesplete punte jou hare vaal en droog laat lyk. Moenie ’n vreemde haarstyl ’n dag voor jou troue oorweeg nie. Jy moenie vir jouself soos ’n vreemdeling lyk nie. ) (Van die wenke is uit Vir jou troudag deur Nita Conradie, uitgereik deur JP van der Walt-uitgewers.) ) Dié berig het eers in Die Burger verskyn.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Besoek ekspo vir bruid DIE Kathu Village Mall hou van 24 Julie tot 26 Julie ’n bruids­ ekspo. Verskeie uit­ stallers gaan tradisio­ nele trourokke, juwe­ le, velsorgprodukte en troudekor vertoon. Van die bekende on­ dernemings soos Ex­ plosive Functions, sil­ ver4U, Matsimela en Twisted Sisters is van die uitstallers wat daar gaan wees. Dié besonderse rok is deur Belladonna ont­ werp en is by Twisted Sisters beskikbaar. Foto: Benneli Olivier van der Walt


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

MOTORS TE KOOP 3025

BEGRAFNISDIENSTE 1025

AANDAG

HUISE TE HUUR 3270

HYUNDAI SONATA 2.4, 2008. 145 000 km, full service history, 1-year warrenty left, e/w, PDC, p/s, a/c, leather seats, ESP, etc. R89 000. Phone 082 561 4468. MERCEDES-BENZ 230, 1977, puik toestand. Ideale gesingsmotor, R35 000. Skakel 083 772 2316.

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

Die gebruik van die letter

4201

GB Makoku

3040

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272.

TE KOOP

EIENDOMME BOUMATERIAAL 1610

SEMENTBOUBLOKKE TE KOOP. Bou vinnig en goedkoop. Skakel 079 959 9205.

KT Ejang In die boedel van wyle Kebogile Thomas Ejang, identiteitsnommer 570504 5836 086 van Batlharos. Boedelnommer: 586/2014 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 25 Julie 2014 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

ALLE ADVERTEERDERS "A", leestekens soos "!"

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

SLEEPWAENS

In the estate of the late Gobatlwang Beginning Makoku, identity number 570815 0945 080 of House No. 25, Tsineng. Estate number: 3237/2013 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 25 July 2014 at the Office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

HUISE TE KOOP 3275

KLERASIE 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.

ELEKTRIES 1810

ELEKTRIESE HEININGS, hekmotors en garagedeurmotors. Professionele installasies en diens. Skakel First Defence 072 156 4035 of 082 829 0292. ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Reik elektriese bedradingsertifikate uit. Strydom Elektries: 083 310 0272.

ALLERLEI 1845

WE SUPPLY and sell gas geysers at very low prices. Household and camping freezers. Gas, paraffin, 12 volt and 220 volt. Phone 071 533 7700 for prices.

VERVOER & BERGING 1870

TRANSPORT OF SMALL PARCELS in NC: Hotazel, Kathu, Kuruman, Postmasburg, DaniĂŤlskuil and Kimberley. Phone 073 222 8923.

VOERTUIE

KARAVANE TE KOOP/HUUR 3020

JURGENS FLEETLINE 4, 1983. Good condition, on the road, revamped the past year, full tent, fridge, etc. A must see. R24 000. Phone 076 443 2377.

SOEK, KOOP, VERKOOP

15

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

NATURALLY DIFFERENT

We make a difference because our people do. PSYCHOMETRIST INTERN LEARNERSHIP: HUMAN RESOURCES, KUMBA IRON ORE, SISHEN MINE, NORTHERN CAPE

Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. You will be offered exposure to meet the needs of the one-year psychometrist internship programme stipulated by the University. The key activities will include, amongst others, coordinating the assessments of candidates for selection and development purposes, conducting assessments, writing reports and providing feedback under the supervision of a Psychologist. You will also provide regular information to all stakeholders regarding use and trends specific to the assessments, prepare monthly assessment reports for management, update the assessment records and ensure safe storage of the material. To qualify, you need an Honours degree in Industrial Psychology/Psychology, a working knowledge of relevant legislation and knowledge of SAP R/3 and Microsoft Office. You need to be registered with the University and the HPCSA as a Psychometrist Intern. Excellent communication (verbal and written), analytical, HR technical, planning and implementation skills are essential. Ref: S710144 Kick your career into high gear: Join Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers and following the links to Careers/Current Vacancies/Job Search, entering the above reference number and continuing, or sending your application to sishen2@angloamerican.com Internal applicants can apply via Eureka. Closing date: 31 July 2014. All applicants are thanked for their interest. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful. Communication will be with short-listed candidates only.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 111014

PICKING OUT PERFORMANCE We make a point of recognising success.

SENIOR INSTRUCTORS, FUNCTIONAL TRAINING MINING, HUMAN RESOURCES, SISHEN IRON ORE MINE, NORTHERN CAPE Band 8 Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. In this role, you will conduct training on relevant mining equipment and PTOs in the field of expertise on trained groups, as well as support and advise learners on specific mine work instructions and Mining Qualifications Authority- (MQA-) specific unit standard outcomes. The facilitation and conducting of assessments of learners in accordance with standards and procedures, maintenance of learner portfolios as required by SAQA and active participation and presentation of STEP and HIRA programmes will also form part of your functions. A Grade 12 Certificate and 2-3 years’ training experience on primary/secondary mining/blasting equipment and simulators (competency certificates must be attached to application) are the minimum requirements. A Code 08 driver’s licence, preparedness to work shifts on and off and computer literacy (Word, Excel and PowerPoint) are essential. Facilitation, Assessor and Moderator registration with MQA will serve as a recommendation. Ref: S710052 Kick your career into high gear: Join Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers and following the links to Careers/Current Vacancies/Job Search, entering the above reference number and continuing, or sending your application to sishen1@angloamerican.com Internal applicants can apply via Eureka. Closing date: 31 July 2014. All applicants are thanked for their interest. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful. Communication will be with short-listed candidates only.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 110922


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Ou foto’s vertel kosbare stories Elsona Steyn

FOTO’s vertel ’n storie. Toe ek ’n kind was, het ek dit gehaat wanneer my ma ons foto-albums uitpluk wanneer iemand by ons kom kuier het. Dit was heeltemal onvanpas, het ek gedink. Ek was skaam oor die foto’s, veral dié van my babaen skooljare. Vandag is die foto’s my kosbaarste besitting en al wat ek van heerlike herinnerings aan my verlede oor het. Ons foto’s vertel stories. Stories van waar ons was, dinge wat ons gedoen het, vakansies wat ons gehou het, wie ons ken en spesiale oomblikke wat met die kamera vasgevang is. Hoeveel mense weet nog wat ’n “mik-endruk” of ’n filmhouer is? Die ouer garde sal die ronde buis met die digte doppie onthou. Sommige was deurskynend en ander swart met ’n grys doppie. Afhangende van die grootte van die film, kon ’n mens 12, 24 of 36 foto’s neem. Dan moes jy sorgvuldig eers ’n ander film in die kamera laai en seker maak die film haak aan die kamera se ratte. Wanneer ons dit by die apteek gaan inhandig het, het ons dit mooi netjies in ’n tissue verpak, want sou die film lig kry, sou dit die ontwikkeling daarvan nadelig beïnvloed.

Ons het gewoonlik met groot afwagting na die afhaal van die foto’s (ontwikkeling daarvan het soms tot twee weke geduur) uitgesien, net om te sien die meeste van die foto’s was onbruikbaar. Veral in die 1980’s toe mik-endruk-kameras beskikbaar geword het, het dit menigmaal gebeur dat ’n mens ’n foto geneem, die film met jou regterduim aangedraai en dan aangehou foto’s neem totdat die kamera wys jy het al 38 foto’s geneem. Wanneer jy die kamera oopgemaak het, het jy dan gesien die film het nooit aangedraai nie. Om koste te besnoei is net die goeie foto’s ontwikkel. Intussen glimlag ons nostalgies oor ons gedeelde Kodak-oomblikke. Nóg ’n reklamefrase – ’n Kodak-oomblik is daardie oulike, sentimentele, snaakse prentjies uit die alledaagse lewe wat ons vir altyd wil bewaar. Deesdae moet ons dit miskien eerder ’n selfoon-oomblik noem. Mik, druk en jy het dit, vasgepen soos ’n skoenlapper op ’n piepklein skermpie. Ons geheue het lui geword. Ons hoef niks meer te onthou nie, ons neem net ’n foto. Been there, done that, got the picture to prove it.

) Die gedenkdiens vir Monty Terblanche sal more om 14:00 in die NG Moederkerk gehou word. ) Die Kuruman-skou beloof om weer vanjaar vet pret te verskaf. Soos verlede jaar sal ’n skoukroning weer vir meisies in verskeie ouderdomsgroepe gehou word. Die gewilde 4 x 4-hindernisbaanuitdaging word op 5 en 6 September aangebied. Verskeie kosstalletjies en ander bronne van vermaak vir die gesin gaan weer teenwoordig wees. Hou die Kalahari Bulletin dop vir inskryfvorms. Maak ’n nota in jou dagboek: Die skou word die naweek van 4 tot 6 September aangebied.

Vir enige navrae kontak die volgende mense: ) Vonnie Visagie, 073-223-6879, gaskunstenaars en vermaak; ) Kobus Kampfer, 082-554-7866, voorsitter en algemene inligting; ) Lizett Hauman, 082-791-5457, skoukoningin; ) Anne-Marie Rabie, 082-856-9103, kosstalletjietenders; en ) Marnus Byleveld, 079-492-3589, viertrekvoertuie.

19

Modelklasse bou vertroue Petro Spangenberg DIE kunste-en-handvlytgroep van die Kuruman-VLV, met Santa Lamprecht as sameroeper, het op 18 Junie in die Gereformeerde kerk se saal ’n vergadering aangebied. Henrike Prinsloo, ’n model van E!Models in Bloemfontein, het gepraat oor die modelklasse wat sy vir vier- tot agtjariges gee. Sy leer hulle om ’n trotse houding te hê en dat almal mooi is. Veral skaam kinders baat daarby om selfvertroue aan te leer. Hierna is ’n musiekvasvra uit die FAK-liederebundel, met leidrade en een of twee note op ’n klawerbord, gehou. Die lede het behoorlik kopgekrap. Janet West het verskeie temaliedere uit bekende rolprente voorgespeel en lede moes raai uit watter rolprent dit kom, die lied se naam en die kunstenaar wat dit bekend gemaak het. Die jonger lede is beslis die mense wat meer fliek kyk. Die digkunsafdeling het egter die ouer verstande meer geprikkel en versreëls uit Winternag, Bitterbessie dagbreek, Die ruiter van Skimmelperdpan en Op my ou ramkietjie kon maklik herken en by die regte digters gepas word. Boonop word daar elke maand een gedig voorgelees uit die 100 gewildste Afrikaanse gedigte wat verlede jaar deur Leserskring uitgereik is. Daar is veral by die lede gepleit om Afrikaanse idiome en sêgoed lewend te hou deur dit byvoorbeeld op plakkate te druk en oral in die huis op te plak. Dit is hartseer dat sekere gebruike net een generasie van verwaarlosing nodig het om dit te laat uitsterf. Woorde soos beeshaas, karmenaadjie en karnuffel laat menige jong mens se wenkbroue lig, omdat hulle dit nie meer hoor nie.

HENRIKE PRINSLOO van E!Models in Bloemfontein wat met die VLV­lede oor die voordele van modelklasse vir jong meisies gepraat het. Foto: Verskaf Die lede was dit eens dit was lekker om kort voor die skoolvakansie ’n ontspanne vergadering te hou en aan hul kultuur-erfenis herinner te word. Liana Muller bring ook gereeld ’n tas vol boeke saam waarvan die lede kan leen en sodoende die groot skrywers se werke vir mekaar kan aanbeveel. Die middag is met sjerrie en pannekoek met roomys afgesluit.

Posduiwe klap die vlerke in 3 wedvlugte DIE Kuruman-posduifklub het verlede naweek aan drie wedvlugte deelgeneem. Die uitslae is soos volg: Veilingduif-wedvlug: (Die eerste 10 plekke het vir

prysgeld gekwalifiseer). 1. MC Turbo 2. WJP-hokke 3. WJP-hokke 4. WJP-hokke 5. Journeys End 6. Grobbelaar-hokke

7. G.A. Coetzee 8. WJP-hokke 9. AL Burger 10. J. Snyman Tweejaaroud duiwe: 1. MC Turbo 2. MC Turbo 3. AL Burger

4. MC Turbo 5. Aucamp-hokke Ope duiwewedvlug: 1. Bloubul-hokke 2. MC Turbo 3. MC Turbo 5. JJ Lofts (Joppie Fourie)


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Farinha staan sterk Ilse Watson

KRAGMAN Jose Farinha van Kuruman.

Foto: Ilse Watson

OM aan kragmankompetisies deel te neem sit nie in enigiemand se broek – of is dit nou spiere – nie. Jose Farinha (35) van Kuruman neem sedert sy skooldae aan kragmankompetisies oor Suid-Afrika heen deel. Hy het ook rugby en krieket gespeel en ook aan langafstandwedlope deelgeneem. Hy het in Welkom grootgeword en ná skool het hy hom as ’n blokman bekwaam. Hy het ook konstruksiewerk in Kuruman gedoen. Tans werk hy by een van die plaaslike myne. “Toe ek in standerd 8 (gr. 10) was, het ’n vriend my genooi om saam met hom te oefen. ’n Paar maande daarna het ek my eerste kragmankompetisie gewen. “Ek het ’n passie vir hierdie sport en die resultate wat ek behaal, motiveer my om elke dag te oefen.” Farinha oefen elke dag twee uur in die gimnasium. Wanneer hy nie naweke aan kompetisies deelneem nie, doen hy voorbereiding op Saterdae en Sondae. Hy oefen onder meer met ’n 450 kg-vragmotorband. Hy stap ook oor naweke. “Ek eet agt keer per dag. My oggende begin met 150 g oats en tien gekookte eiers. Later in die oggend drink ek ’n proteïendrankie en dan begin ek oefen. “Wanneer ek terugkeer van die gimnasium, eet ek gewoonlik twee blikkies tuna met avokado en patats.”

Sy middagete is ’n bak pasta en laatmiddag eet hy vrugte. Vir aandete drink hy weer ’n proteïendrankie en eet vier gekookte eiers en gekookte kos. Teen 22:00 is dit weer tyd vir ’n proteïendrankie. Wanneer Farinha beserings opdoen, word hy deur ’n plaaslike fisioterapeut behandel. “Ek het al rugbeserings gehad. Met die korrekte behandeling en genoeg rus herstel ek vinnig en goed.” Hy word ook deur die wêreldkampioenkragman Ricardo Baretto van Bloemfontein afgerig. Baretto verskaf aan hom die nodige leiding en nuwe, baie harde oefeninge word aan hom gegee. “Dit is moeilik om ’n mens se oefenprogram te verander, maar dit is die moeite werd.” Hy vertel verder dat kragmankompetisies baie straf is, dat jy nie weet teen wie jy gaan deelneem nie en dit is senutergend. “Ek konsentreer nét op wat ek op daardie oomblik moet doen. Ek is nie eens bewus van mense wat praat of my aanmoedig nie.” Tydens kragmankompetisies word die wenners vir onwettige middels getoets en indien hulle positief toets, word hulle gediskwalifiseer. “My gesin se ondersteuning is vir my goud werd. “Chantal is altyd daar en sy moet ook baie opofferings vir my sport maak. Ricardo (12) en Enrico (8) is ook groot aanhangers en ondersteuners van hul pa.”

DIE Kalahari Bulletin plaas graag sportnuus. Stuur jou nuus (met foto’s) na ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.