Kurumanbulletinku 20140917

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

18 SEPTEMBER 2014 GRATIS

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Minister striem ouers Charné Kemp OUERS wat weier dat hul kinders skoolgaan voordat ’n teerpad gebou word, skep ’n toekomstige gemeenskap van doellose mense. Só het Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, verlede Donderdag aan gemeenskapslede en lede van die sogenaamde Padforum in Kuruman gesê. Die minister het ook gedreig ouers wat die Skolewet oortree, sal in hegtenis geneem word. Die doel van die hoëprofiel-besoek deur die minister en hooggeplaaste polisielede was om na die gemeenskap se besware te luister en voorstelle vir beter samewerking te bespreek. Die Padforum het altesaam 55 skole buite Kuruman (sowat 90 km noordoos van die dorp) met 17 000 leerlinge gesluit en eis dat ’n teerpad van 130 km eers gebou word voordat skole weer sal open. Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, het gemeenskappe vroeër die week besoek. Dipuo Peters, minister van vervoer, het beloof die regering en plaaslike ontwikkelingsfondse sal tot die kostedelging bydra. Die gemeenskap meen egter dit is leë beloftes. Verlede Donderdag is probleme oor veediefstal en werkloosheid ook geopper. Die minister het dit sy plig as ’n nasionale leier geag om diegene aan te spreek wat hul kinders se toekoms vir ’n teerpad op die spel plaas. “Julle ontneem jul kinders wat ingenieurs kon word en die pad kon bou, van daardie geleenthede. “Ons sukkel nou nog met die onregte van die verlede. Ons probeer voortdurend die land ontwikkel en aan ons toekoms bou. “Hoe kan ons dan nie verantwoordelik met ons kinders se toekoms werk nie? Ons skep dan mos ’n gemeenskap van useless mense. “Die konstruksie van ’n pad kan jare duur. Hoe kan ’n mens die kinders jare lank uit die skool hou? As hulle nie skoolgaan nie, skep ons erger toekomstige probleme. “Natuurlik kan julle wettige beswaar teen probleme in die gemeenskap maak. Wees net verantwoordelik. “Dit kan net nie reg wees om ’n pad te

NKOSINATHI NHLEKO, minister van polisie, het verlede Donderdag aan gemeenskapslede en lede van die sogenaamde Padforum in Kuruman gesê dit is verkeerd om hul kinders se toekoms op die spel te plaas. Foto: Emile Hendricks ruil vir kinders se toekoms nie.” Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het gesê sy het skoolgegaan sonder dat sy ’n teerpad moes gebruik. “Ons het verantwoordelike ouers gehad wat ons gebring het waar ons is. “Sommige kinders sal nooit terugkeer skool toe nie, ander sal in tienerswanger-

skappe verval.” Intussen sê Sydney Stander, woordvoerder van die departement van onderwys, dit is nou onmoontlik om enige hulp aan die sowat 469 matriekleerlinge te gee. Daar is slegs 45 dae voor die matriekeksamen oor. Die departement gaan hulle as deeltydse leerlinge registreer om vir die eksamen in

Maart volgende jaar voor te berei. Alle gr. 11-leerlinge sal hul skooljaar in 2015 moet oordoen. ’n Besoek van die Nasionale Raad van Provinsies aan Bothitong was onsuksesvol nadat daar verwarring onder gemeenskapslede oor die tyd van die vergadering was. ) Lees meer met nog foto’s op bl. 2.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Ses voor oor onwettige jag Charné Kemp

GENL. RIAH PHIYEGA, nasionale polisiekommissaris (links), en genl. Janet Basson, provinsiale polisiekommissaris, was ook verlede Donderdag deel van ’n hoëprofiel-besoek aan gemeenskapslede in Kuruman. Foto’s: Emile Hendricks

Spreek sy kommer uit PULE BORAKI, ’n lid van die Padforum, sê hy het self skoolopleiding ontvang, maar is bereid om sy kinders uit die skool te hou totdat die pad gebou is.

DIE hooggeplaaste polisielede en minister van polisie spreek ontevrede gemeenskapslede in Kuruman toe.

SES mans het die afgelope Maandag op aanklag van onwettige jag met honde in die hof verskyn nadat wildsbokke doodgebyt is. Die ses mans, Justice Phaepane (58), John Sanane (58), Justice Tegele (44), Boikanyo Tlhaganyane (29), Thabo Bock (23) en Thato Sentlabane (29) is aangekeer vir die onwettige jag van wild. Die mans is deur plaaslike boere betrap toe hulle steenbokke, ’n duiker en ander kleinwild op die D3331-pad tussen Olifantshoek en Vanzylsrus gevang het. Boere, wat ná ’n soortgelyke voorval ses weke gelede baie paraat is, het verlede Donderdagnag ’n verdagte voertuig gesien wat stadig beweeg het. Hulle kon ook die skietligte gesien wat oor die veld beweeg het. ’n Inwoner wat uit vrees vir vervolging nie sy naam wil noem nie, sê een van die boere in die omgewing het die polisie gebel. Hulle is aangeraai om ontsnaproetes toe te maak en die voertuig voor te keer. Toe die boere die voertuig voorgekeer het, het hulle die dooie bokke en honde op die dubbelkajuitbakkie gesien, asook ’n skietlamp wat gebruik is om die bokke te soek. Die Deben-polisie het hulle in hegtenis geneem. Die inwoners sê die vorige keer toe hulle onwettige jagters betrap het, is die oortreders deur die polisie in Olifantshoek beboet. Lt. Andrea Cloete, polisiewoordvoerder, sê hulle het op die Nissan-bakkie, honde en karkasse van R180 000 beslag gelê. ) In ’n onverwante voorval is vyf mans aangekeer nadat hulle na bewering onwettig gejag het. Die mans – Paul Bruwer (36), Walter Linder (41), Michael Rowstone (20), Rudi Meyer (37) en Charl Nolte (26) – het na bewering drie gemsbokke in die Tswaluprivate wildreservaat (eiendom van die Oppenheimer-familie) geskiet. Die mans is voorgekeer en die polisie van Vanzylsrus en Kuruman het hulle in hegtenis geneem. Hulle is eers op waarskuwing en toe op borgtog vrygelaat. Hulle verskyn weer in Desember in die hof in Kuruman. Enigiemand met inligting oor verwante voorvalle kan ao. Paul Schoeman by 071--703-9160 bel.

BO: Die ses mans wat verdink word dat hulle onwettig op die D3331-pad gejag het, het na bewering dié drie honde gebruik om dit te doen. Foto’s: SAPD

REGS: Die mans wat na bewering onwettig naby Olifantshoek gejag het, se honde het ook hase gevang.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

3

ONS MENSE

Neeltjé passievol oor lewe Lynn-Mari Olivier

DIE NG Moedergemeente in Kuruman het geskiedenis gemaak. Ds. Neeltjé van Staden is as die eerste vroulike dominee in Kuruman aangestel. Sy het in Stellenbosch gestudeer en het die NG kerk Impalapark in Boksburg amper vier jaar bedien. Wie is jou grootste inspirasie? Daar is nie werklik iemand wat my grootste inspirasie is nie, maar my pa, wat ook ’n dominee is, lewer ’n groot bydrae in my lewe. Ons is na aan mekaar, seker omdat hy ook in die bediening staan. Hy is my raadgewer wanneer dit by werk kom en ook in my eie lewe. As jy jouself in ’n paar woorde opsom, wat sal dit wees? Optimis, goed aangepaste introvert en verstrooid. Kuruman is nie Boksburg nie en vir ’n jong vrou is ’n skuif na die platteland groot. Watter verwagting het jy van die dorp en sy mense? Om skoon lug in te asem en die mense te leer. Ek sien ook uit om weer iets van die platteland te beleef. As jong mens en dominee het jy sekerlik ’n filosofie oor die lewe. Wat is dit? Ek is nie groot met filosofieë nie. Wat ek wil beklemtoon, is ’n mens moet elke dag voluit lewe. Die Here het tog gekom om vir ons ’n lewe in oorvloed te gee saam met die goed en die sleg. Ek dink ’n mens moet die lewe nie te ernstig beskou nie, leef vir elke dag. Wat maak jou gelukkig en waarvan droom jy? Ek is mal daaroor wanneer mense vreugde in die klein goedjies vind, in alledaagse goed, of sommer net oor waar hulle hul bevind. Ek droom oor ’n gemeenskap wat verby sy verskille kan kyk en mekaar as mense raaksien – mense wat om iets groters kan saamwerk. Ongeag jou dominee-status bly jy ’n mens. Wat is jou swak en sterk punte? Daar is so baie. Ek sê soms goed wat ek nie moes nie, of moes eintlik iets gesê het, maar het nie. Ek stel uit tot op die nippertjie. Ek dink dit is een van my sterk punte om die goeie eienskappe in mense raak te sien en om die moontlikhede in situasies raak te sien. Voltooi dié sin: “Ek is mal oor . . . ” Ek is mal oor ooptes en die natuurskoon, my hondekinders en om saam met goeie vriende met ’n bottel goeie, rooi wyn te kuier.

DS. NEELTJÉ VAN STADEN Waarvoor het jy ’n groot passie? Ek het ’n groot liefde vir mense en hul dinge. Ek het ook ’n passie vir geregtigheid. Het jy enige tydverdrywe? Ek hou daarvan om my op te krul en ’n goeie boek te lees, en kan in ’n goeie fliek verlore raak. O, ja, en dan het ek onlangs begin gholf speel. Dit gaan beroerd, maar dit is lekker.

In ’n stuk in die NG Moedergemeente Kuruman se Sondagblad skryf Van Staden sy het ’n passie om in die bediening die Christelike geloof vir mense sinvol te maak, om dit te beoefen, tuis en by die kerk, as ’n ware ontmoeting met God. Hierin nooi sy diegene wat hulle “buite” bevind om in die gemeenskap van die gelowiges in te trek.

Musiek is een van haar gawes en sy het ’n jeuggroep gestig wat lidmate help om hul geestelikheid deur sang uit te leef. Van Staden beskou haar as ’n mensemens en sê klein groepe is van die uiterste belang vir ’n gesonde gemeente. Sy is jonk en volgens haar gereed vir enige uitdaging en sien uit daarna om Kuruman as dominee te bedien.

Plaaslike Skryf haar vir Roosknoppie in sakelui ontevrede Madelein Venter

Lecrecia Prins SAKE-EIENAARS van Postmasburg was Vrydag baie ontevrede en het betoog oor die myne in die omgewing wat na bewering nie genoeg van hul dienste gebruik maak nie. Volgens lt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het die sake-eienaars die pad tussen Postmasburg en Beeshoek met brandende bande en klippe versper. Die polisie van Lime Acres en Daniëlskuil moes met die betogers onderhandel om die pad weer vir verkeer oop te stel. Geen ernstige beserings is aangemeld nie. Volgens Gert Schoeman, woordvoerder van Kumba Iron Ore en Anglo American, dink die sake-eienaars die myne in die omgewing maak nie genoeg van hul dienste gebruik nie. Schoeman sê die myne is nie ongeneë om van plaaslike ondernemings se dienste gebruik te maak nie, die sake-eienaars moet net gereeld met die relevante mense oor die aankoop van hul produkte praat.

INSKRYWINGS vir vanjaar se Roosknoppie-kompetisie is nou amptelik oop en die inskryfvorm is hieronder geplaas. Inskryfvorms is ook op www.kalaharibulletin.co.za beskikbaar. Die gewilde kompetisie staan voorts as die Bloemnuus-Roosknoppie bekend en foto’s van deelnemers sal in Bloemnuus en sy susterspublikasies verskyn afhangend van waar die meisietjie woon. Die wenner word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangebied. Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semi-finaliste word deur leserstemme en organiseerders bepaal. Die organiseerders se besluit is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. Die inskryfgeld van R30 word aan Volksblad en sy sentrale plaaslike koerante se Ons gee om-fonds (voorheen die Volksblad-Kersfonds) geskenk. Ouers word versoek om hulle van die reëls op die inskryf-

vorm te vergewis en daarby te hou. Die sluitingsdatum is op Maandag 29 September om 12:00 en geen laat inskrywings sal

aanvaar word nie. Jy kan jou inskrywing pos of by Volksblad se kantoor inhandig.

Rig alle navrae aan Madelein Venter deur ’n e-pos te stuur na madelein.venter@volksblad.com of skakel 051-404-7816.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Feeste snoer mense saam FEESTE is ’n geleentheid vir mense van die gemeenskap om bymekaar te kom en saam die geleentheid te geniet. Op die Kuruman-skou en die Opskopfees in Kathu, asook die Kalahari-kuierfees van 25 tot 27 September, sien mense weer die geleentheid raak vir ’n lekker kuier waarop nuwe vriendskappe gesluit kan word. Die Opskopfees die afgelope naweek in Kathu is ’n goeie voorbeeld hiervan. Dit was die eerste keer dat ’n fees van so ’n groot omvang in die dorp aangebied is. Meer as 3 000 mense het die fees bygewoon. Verskeie uitstallers, kosstalletjies en kunstenaars het die feesgangers dié twee dae vermaak. So ’n gemeenskapsfees bied aan plaaslike uitstallers die geleentheid om baie meer kliënte te

bereik. Dit is nie net ’n goeie geld-inspuiting vir plaaslike entrepreneurs nie, maar selfs groter ondernemings in die dorp. Feesgangers wat van ver af kom, bestee geld aan verblyf en in plaaslike restaurante. So leer ken hulle die dorp, en kom moontlik weer terug vir nog ’n kuier. Nuwe vennootskappe en sakegeleenthede kan ook op ’n fees gesmee word. Dan is daar altyd die musiek wat ’n mens op so ’n fees geniet. Op die platteland is daar nie altyd die kans om bekende kunstenaars se konserte by te woon nie. Op ’n groot fees kom die kunstenaars na die dorp toe. Op die Opskopfees was die geleentheid om ’n “motorfietskerkdiens” by te woon. ’n Fees bring mense van verskillende kulture bymekaar soos hulle nie andersins sou kon nie.

Ware geloof is om God te vertrou Ds. Philip van Vuuren GELOOF is om in God te glo – dit is nie vir almal ewe maklik nie. Hoekom glo party mense nie? Daar is mense wat aan niks glo nie, hulle het geen behoefte in geloof nie. Die rede daarvoor: Mense word deur hul sintuie beweeg. Het jy al gehoor mense sê “ek wil dit eers sien voordat ek dit glo”? ’n Goeie voorbeeld is Thomas. Johannes 20:25: Die ander dissipel sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien.” Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in Sy hande die merk van die spykers en my vinger in die merk van die spykers kan steek nie, sal ek dit nooit glo nie. Johannes 20:27: Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier en kyk na My hande. Moenie ongelowig wees nie, wees gelowig. Omdat jy My nie gesien het nie, Thomas, het jy geglo. Salig is die ene wat My nie gesien het nie, maar tog glo. Thomas wou sien en voel. Geloof het niks te doen met jou sintuie deur te sien of te voel nie. Dit is ’n saak van die hart. ) Mense word deur ander gelowiges seergemaak. En dan word die hele geloofsaak vernietig. Soms glo ons “verkeerd” of om die verkeerde redes: Ons glo om op die een of ander manier persoonlik bevoordeel te word, om iets daaruit te kry. Dan bid ons dat dit klap vir iets wat teen God se wil is. ) Soms glo ons om ons sondige, selfsugtige begeertes te bevredig. Geloof en die beoefening daarvan kan self ’n statussimbool wees. ) Ons glo soms uit vrees dat iets verkeerd kan loop of dat iets slegs sal gebeur wat ek oor myself bring. Tydelike geloof sluit baie van boge-

Aan ma se sy IN die somer in die Kgalagadi-oorgrenspark is daar altyd baie diere met hul kleintjies. Hier is ’n rooihartebees met haar kalfie. Foto: Ilse Watson

Elke boek het ook sy tyd Lizette Slabber

noemde in. Ons glo net solank ons dink dit is nodig. En dan is die geloof maar weer weg, veral as daar ’n goeie uitkoms was. Dikwels gaan die geloof maar net om onsself. Is dit tot ons eie voordeel? Is dit dalk tot nadeel van ander? Het die saak enige ewigheidswaarde? As ek iets kan sien, het ek nie geloof nodig nie. Dan raak geloof irrelevant. ) Ware geloof in God is om as’t ware roekeloos te glo. ) Ware geloof is om waaragtig die Here se wil in ’n saak te soek en seker te maak ek hoor reg. Om te gaan toets of dit waaraan ek so krampagtig vashou, wel God se wil is. Ware geloof is om myself buite die prentjie te hou en te vertrou dat God se wil geskied. Sonder my inmenging. Ware geloof is om die antwoord wat God op ’n saak gee, ten volle en onvoorwaardelik te aanvaar. Dan glo ek mos régtig in God. Ware geloof is om God ten volle te vertrou, al is die uitkoms anders as wat ek gedink het. Ware geloof is om God te vertrou dat Hy groot goed deur my kan doen. Met die belangrikste is die Verlossingsboodskap van Jesus: Sy Godheid, lewe – maagdelike geboorte, sterwe, kruisiging, opstanding, Hemelvaart. En dit is net moontlik deur die Heilige Gees. Ware geloof beteken ons sal die Godheid glo. Nie vir dit wat Hy kan gee of doen nie, maar vir wat Hy is. Hebreërs 11:6: En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.

DIE ou sêding daar is ’n tyd in die lewe vir alles is ook besonder waar wanneer dit by boeke kom. In die ou dae, toe ek nog ’n onderwyser was, het ek en my boekwurmkollegas van “begin-vandie-kwartaal-boeke”, “middel-vandie-kwartaal-boeke” en “einde-vandie-kwartaal-boeke” gepraat. Die boeke wat jy aan die begin van die kwartaal lees, is die intellektuele, grootwoorde-boeke. Jy kies en keur van die Man Booker-kortlys af en jy sien kans vir die klassieke boek, die kunsboeke en die obskure boeke waaroor almal praat maar wat feitlik niemand nog gelees het nie. In die middel van die kwartaal het moegheid al begin om inspirasie te vervang en dan begin jy na die reeksmoordenaar- en aksieboe-

2/21

3/25

6/29

NNW-21 NNW-21 NNW-13

ke beweeg. Dan haal almal die Kathy Reichs-, Dan Brown-, Greg Iles- en John Grisham-boeke uit. Jy het nog genoeg breinkrag oor om ’n goeie aksieboek met heelwat kinkels en kabels te kan hanteer en kan selfs probeer om self die moordenaar uit te vang. Aan die einde van die kwartaal is jy vuisvoos. Dan vervang jy al die intellektuele boeke, aksieboeke, punt-van jou-stoelboeke met skakel-jou-verstand-af-en-lees-netboeke. Almal is te skaam om te erken hulle lees dié boeke, maar ons almal het al toegegee en net ’n doodgewone liefdesverhaal van die rak af gegryp wanneer jou verstand net niks meer intellektu-

eels as dit kan hanteer nie. Die idee van die regte tyd vir die regte boek geld nie net van kwartaal tot kwartaal nie. Dit geld jou hele lewe deur. Ek het op skool boeke aangepak wat ek in die eerste 50 blaaie al neergesit het, want dit het my net nie aangegryp nie. Dieselfde boeke het ek in my dertigerjare met groot smaak verslind. Ek vind my boekesmaak bly verander en dat ek deur tydperke gaan waarin ek net sekere genres lees, net om maande later moeg daarvoor te raak en dan gryp boeke van ander genres my weer aan. Daarom sal ek, indien ek eendag beroemd genoeg is om in ’n tydskrif te verskyn, glad nie weet wat om te antwoord wanneer die joernalis vra watter boek my gunstelingboek is nie, want waar in die kwartaal sal ek my dan bevind?

1/26

2/31

6/31

6/22

3/27

5/33

S-16

SO-24

SO-31

SO-10

SO-5

SW-5


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

FOTOKOMPETISIE

Net ’n week vir blomfoto’s oor STUUR nou jou blomfoto’s, want daar is slegs een week oor en dan begin ’n splinter- nuwe tema in die Kalahari Bulletin se fotokompetisie. Die blomkompetisie sluit op 25 September en dan kan mense hul mooiste foto’s van strukture stuur. Die nuwe tema is Strukture en dit kan enige mensgemaakte struktuur wees – van geboue tot treine, treinspore, murasies, brûe en torings. Die fotograaf van die wenfoto wen elke maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die fotograaf van die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die 12 wenners van die jaar gaan ’n kans staan om ’n naweek weg te wen. Die fotograaf van die wenfoto van die jaar, wat uit die 12 maand-wenfoto’s gekies

word, gaan ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges wen. Uit die 12 wenners gaan die foto wat die meeste likes op Facebook kry ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges wen. Die foto’s moet groter as 500 KB en 300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings van foto’s per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar net inwoners van die NoordKaap mag hulle vir die kompetisie inskryf.

MARIA BOTHA het dié besonderse foto ingeskryf.

KUSHLA MARKRAM het dié pragtige foto geneem. CHRISTINE LUBBE het dié kosmos-blomme afgeneem.

FREDDIE ACKERMANN het dié gousblom gekiek.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

7

FOTOKOMPETISIE

LYNETTE SMYTHE noem die foto ’n blom in ’n blom.

ZELDENE KÜHN het die pragtige foto gestuur.

MARIETHA BARNARD het die besonderse foto geneem.

JANNIE CLAASSENS het die besige bytjie vasgevang.

CALVIN RHEEDER het die pragtige varkoor gekiek.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Kaskardag vet pret OP Vrydag 12 September het die Laerskool Oranje-Noord sy jaarlikse Kaskardag aangebied. Dié dag is beslis vir leerlinge ’n jaarlikse hoogtepunt. Elke klas het in graadverband met mekaar meegeding om te sien watter klas die meeste kere met die kaskar om die baan kon ry. Die onderwysers het die kuipe beman en ook ’n kans gekry om teen mekaar te jaag. Vanjaar het die juffrouens koning gekraai. LIZETTE SLABBER het by dié prettigheid gaan inloer.

ROY BARLOW (links) en Francois Gagiano stoot vir al wat hulle werd is terwyl Ian van der Merwe seker maak die kaskar bly op die baan.

FRANS-JANIEN JANSE VAN RENSBURG konsentreer hard om die kaskar te bestuur terwyl Rynique van Schalkwyk (links) en Lian Jordaan so vinnig moontlik hardloop. Foto’s: Lizette Slabber REGS: Elke klas se leerlinge kry T-hemde en pette om die kompetisie tussen die klasse lekkerder te maak. Die veelkleurige hempies dra by tot die lekkerte en . . . “Jy sali verstani . . . ” as jy nie self daar was nie.

HOEVEEL gr. 6’e is nodig om koeldrank te verkoop? ’n Magdom. Dié gr. 6-leerlinge het seker gemaak niemand ly dors op ’n warm lentedag nie. Van links is, voor: Bridget Jansen, Philip van Schoor, SW Regenstein, Lynnique Botha en Henro Botma; agter: Anika van Blerk en Ruan Jacobs.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Debt review – the facts MUCH has been said about debt review over the past few years, but how does it really work? Questions were put to a former bank manager and current debt counsellor, Anthony MacMinn, and he explained the actual facts on debt review. ) How does debt review provide relief to an over-indebted consumer? A debt counsellor calculates one monthly instalment for all the consumer’s debt and each of the creditors are paid monthly from this amount. Creditors need to communicate directly with the debt counsellor and should not contact the consumer for payments. ) Will this amount be affordable for the consumer? Yes. The new instalment will be calculated by taking the consumer’s current income and expenses into consideration, as well as what would be a reasonable offer to creditors. The whole purpose of debt review is to make debt affordable to those who are currently struggling to meet their full instalments. ) How will a consumer be protected from creditors who still want to take legal action? The National Credit Act provides for a period of 60 business days (from application date) in which no legal action may commence. This allows the debt counsel-

six months to 60 months (maximum). Additional payments from bonuses and increases can be paid on debt in order to reduce their term. ) Is this not debt administration? No. Administration is only applicable if the total debt is under R50 000. In many cases due to the accumulation of interest, consumers’ balances keep increasing and they end up paying for an extremely long time. In some cases, for more than ten years. With debt review there is no limit on the amount of debt and any account, including home loans, vehicle finance, loans and card accounts can be included. Under debt review, the debt counsellor ensures that payments are more than the interest charged by creditors, thereby allowing balances to keep reducing. The debt counsellor also ensures that interest is stopped when applicable. A clearance certificate has to be issued by the debt counsellor to the credit bureaus once the debt has been settled so that the consumer’s credit report can be cleared. Many consumers are able to exit soon after their circumstances improve.

Under debt review, the debt counsellor ensures that payments are more than the interest charged by creditors, thereby allowing balances to keep reducing. lor enough time to negotiate with creditors, who should then provide a letter confirming their acceptance. ) When does it become effective? Immediately. There is no need to pay any of the existing instalments from the day the application documents are signed. The new instalment is payable from the next salary. ) For how long will the accounts be under debt review? It depends on how much debt the consumer has and how much he or she can afford to pay each month. The consumer is entitled to a copy of the restructured payment plan which specifies the new term of each account, as well as the new instalment on each account. Loans and cards can be paid up within

) For more questions about the process call 054-331-1626.

Noodnommers in Kuruman BELANGRIKE nommers vir noodgevalle is: ) Brandweerdienste: Hendrik Dercksen van Aerocare Emergency Services: 082-318-4438.

) Private ambulans- en nooddienste: Shalk van Heerden: 082-827-1888; Rudolf Dreyer: 082-3184-391 of Hendrik Dercksen: 082-318-4435.

) Verkeersafdeling: 053-712-1086. ) Kuruman-buurtwag: 079-253-0283. ) Ambulansdienste: 053-712-1086. ) Kuruman-polisie: 053-712-0900.

Teeparty lig ouers in LIEWE ouer, het jy geweet dat 78% van alle kinders wat regterbrein-dominant is leerprobleme het; minder as 1% van professionele mense besef dat linkeroog-dominante kinders nie detail kan sien nie; emosioneel sensitiewe kinders onderpresteer dikwels weens oormatige kortisol en nie noodwendig kognitiewe vermoëns nie; kinders verloor soms konsentrasie nie weens aandagafleibaarheid nie, maar weens moegheid en suikervlakke wat val; 80% van kinders wat ADHD het, het nooit geleer konsentreer nie; navorsing wys dat kinders wat uitstel van bevrediging kan toepas, meer suksesvol is as kinders wat dit nooit geleer het nie; kennis oor wie jou kind is – liggaam, siel en gees – jou daartoe in staat stel om elke kind anders te hanteer, te leer en te dissiplineer? Kom vind meer hieroor uit op die Hoërskool Kalahari se ma-en-dogter-oggendteeparty. Die teeparty vind op 18 Oktober om 09:30 plaas. Arlette Burger is die gasspreker. Sy het ’n meestersgraad in spelterapie en het vier jaar lank in verskeie oorsese lande met kinders gewerk. Tans het sy haar eie private praktyk waar sy al meer as 3 000 kinders geëvalueer het en ook ’n magdom ouerbegeleidingskursusse aangebied het. Temas waaraan sy aandag sal gee op die oggendsessie sluit in: Ouerbegeleiding versus terapie, breindominasie, genetiese dominasie, genadegawes, taal van liefde, neuro-baan, neurone, driedimensioneel, verantwoordelikheid, paradigmaskuif, dissipline, beheer en keuses, uitstel van bevrediging en aandagafleibaarheid. Die koste is R80 per persoon of bespreek ’n tafel vir tien mense. Vir kaartjies bel Tanya Aucamp by 078-178-0908.

Wat is jou mening?

Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.

9

13

90

2for

90

per pack NAARTJIE 1kg

20

R

TOMATOES 1kg

BUNDLE

DEAL

per pack

GOLDEN DELICIOUS APPLES 1.5kg

30

R

2for

1490

25

R

per pack

BANANAS 1.5kg

3490 28

90

3190 per kg

each

FARMHOUSE ICE-CREAM 2l

1590

• Assorted

per kg

WHITE STAR MAIZE MEAL 2.5kg

BRAAIWORS

79

90

per kg

7990

7990 per kg

Low Pr ice G uarantee

ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT

per kg

1990

6990

per pack

Prices valid 17-21 september View this catalogue online at game.co.za

9

590

2014

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

each


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

KURUMAN-SKOU KONINGINNE 2014

DIE wenners in die kategorie Mej. Kuruman is van links Loui-Mari Kampfer (eerste prinses), Natasha Eales (wenner en Mej. Fotogenies) en Bernadene Kampfer (tweede prinses en Mej. Persoonlikheid).

Skones dra kroon Ilse Watson SOOS dit die Kuruman-skou betaam, is die skoukoninginnekompetisie weer vanjaar aangebied. Die skou is van 4 tot 6 September op die Kuruman-skouterrein gehou. Skoonhede kon in die kategorieë Mej.

Petite, Junior Kwikstertjie, Kwikstertjie, Junior Skoukoningin, Skoukoningin en Mej. Kuruman deelneem. ) Foto’s van die skoukoninginne kan by Elandi Lamprecht bestel word. Stuur ’n e-pos aan haar by elandi.lamprecht@gmail.com of bel haar by 082-0575509.

DIE wenner in die Mej. Petite-afdeling is Zanelle Landy. Sy is pragtig en lyk baie opgewonde oor dié titel wat sy op die Kuruman-skou verower het.

LINKS: Die wenners in die kategorie Junior Kwikstertjie is van links Johandri van Zyl (eerste prinses), Marilie Kotze (Mej. Fotogenies en die wenner) en Geme Markram (tweede prinses). REGS: Die wenners in die kategorie Kwikstertjie is van links Tatum du Plessis (Mej. Persoonlikheid), Me-linda Grobler (Mej. Fotogenies) en Anja Smith (eerste prinses).

Steel harte op fees DIE sanggroep NRG het baie harte met sy optrede op die Opskopfees gesteel. Dit is die groep se eerste kuier in Kathu. Die lede sê die fees is baie goed georganiseer. Van links is Abel Knobel, Christiaan Botha en Stephan van Huyssteen. Botha sê die mense van Kathu se harte is net so warm soos die weer hier.

DIE aand se musiekhoogetpunt, Francois Henning, oftewel Snotkop, het feesgangers laat dans en spring. Henning het ’n nuwe album, Soos ’n Boss, op die rakke. Dit was sy eerste besoek aan Kathu. “Die mense hier bederf jou so. Dit is van die vriendelikste mense wat ek nóg ontmoet het.”

HENDRIK SPANGENBERG is Kathu se plaaslike sangsensasie. Hy het die feesgangers op 13 September met sy talent vermaak. Spangenberg is ook een van die fees se organiseerders.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Diamond Cup on track KUMBA IRON ORE, a business unit of Anglo American, announced today that it will extend its partnership with the Northern Cape Provincial Government as presenting partner of the Kimberley Diamond Cup and its Skateboarding for Hope Road Show for the next three years. Kumba Iron Ore is the second largest employer in the Northern Cape. The company will invest R33 million over the next three years in the provincial skateboarding programme as part of its ongoing community development programme, which in 2013 alone saw R254 million being invested in education, health, poverty alleviation and improving muchneeded infrastructure in the areas where it operates. According to Kumba’s chief executive, Norman Mbazima, the company is proud to continue its support of the Northern Cape Province. “The Northern Cape has identified the sport of skateboarding as an appropriate vehicle to promote the province as the ultimate adventure and extreme sport destination while simultaneously making a significant contribution to youth development. “As a company we firmly believe in providing opportunities and upliftment in the communities that are associated with our operations and we’ve had the privilege of observing the positive impact this programme has had on local communities. “The Kimberley Diamond Cup has focused global media attention on the Northern Cape as a destination, while the Skateboarding for Hope Community Outreach initiative has touched the lives of thousands of South African youth

across the country carrying a message of hope and encouragement,” says Mbazima. The Kimberley Diamond Cup Skateboarding World Championships presented by Kumba Iron Ore will take place in Kimberley from 2 to 5 October at the Kumba Skate Plaza. The world’s top professional and amateur street and vert skateboarders will converge on the Diamond City for the event. The Northern Cape premier, Sylvia Lucas, has applauded Kumba’s continued strategic alliance with the provincial government. “The successful positioning of the province as the adventure capital of Africa, while also creating meaningful engagement with our youth, could not be achieved without a productive public-private partnership such as our relationship with Kumba. “The Kimberley Diamond Cup (KDC) has been instrumental in creating a global awareness of Kimberley and the Northern Cape as a tourism destination, while also attracting huge numbers of visitors in terms of competitors and supporters. “Hosting the event has delivered a significant financial injection into the local economy as well as contributing to job creation and skills development. “I am also confident that the KDC can claim credit for seeing international arrivals to the Northern Cape from the United States peaking at 3,5% of the national figure in 2013 according to South African Tourism statistics,” she explains. The Skateboarding for Hope Outreach Programme has played a crucial part in the province’s commitment to youth development by exposing them to an

affordable leisure activity and a sense of community. In addition to the skate plaza in Kimberley, which has received over 26 000 visitors over the past two years, four additional skate parks have been erected in the various district municipalities of the Northern Cape. The Skateboarding for Hope tour has stopped in diverse venues ranging from urban hubs to deep rural villages with over 5 000 skateboards being handed over to under-privileged kids. According to Tim McFerran of the international skateboarding event management company World Skateboarding Grand Prix, the impact of the Kimberley Diamond Cup and its Skateboarding for Hope initiative has been unprecedented. “Since our first exploration of the local skateboarding scene, we have been overwhelmed by the immense growth in the South African skateboarding industry, both in terms of retail opportunities and the proficiency level of local skaters. “The fact that the Northern Cape government and their corporate partner, Kumba Iron Ore, could both see the merit in using skateboarding as a platform for social change is absolutely admirable. These two entities have shared a vision that I believe will leave a lasting social legacy, not only in the Northern Cape, but in the whole country. We’ve seen firsthand testimony of how skateboarding has transformed kids’ lives and given meaning, purpose and self-fulfilment to youngsters that would never had experienced it before skateboarding touched their lives.” For more information visit www.angloamericankumba.com or www.kimberleydiamondcup.com.

11

Oefening nodig vir rugsorg Lynn-mari Olivier DIE geheim vir goeie gesondheid is eenvoudig: Begin net beweeg. Verlede week was Nasionale Fisioterapierugweek en die Kalahari Bulletin het met twee plaaslike fisioterapeute, Marisa Barnard en Werner Swartz, hieroor gesels. ’n Baie groot deel van Suid-Afrika se bevolking het nou, of het in die afgelope twee jaar, aan rugpyn gely. Ongeag wetenskaplike bewyse dat oefening ’n uiters noodsaaklike rol in die voorkoming van rugprobleme vertolk, bereik die belangrike inligting net ’n baie klein aantal mense wat aan rugpyn ly. Fisioterapeute is kundiges wat in die behandeling en voorkoming van rugpyn spesialiseer. Vroeë tussenkoms deur ’n fisioterapeut verminder die kans dat rugpyn ’n chroniese probleem word. Rugpyn is een van die algemeenste redes vir chroniese ongeskiktheid en afwesigheid van die werk in die Westerse wêreld. Rugprobleme kan ’n dramatiese impak op jou alledaagse lewe hê. Dit kan jou werk, ontspanning en selfs gesins- en persoonlike verhoudings beïnvloed. Deur gereelde, matige oefening te doen, hou ’n mens jou rug aan die beweeg wat sodoende rugprobleme kan verminder en selfs voorkom. Dit is baie belangrik om aktief te bly indien jy rugpyn het. Bedrus kan dikwels die pyn vererger. Fisioterapie en die regte oefeninge is ’n baie doeltreffende metode vir verligting van rugpyn en ongemak. In die jaar se Nasionale Fisioterapie-rugweek van 8 tot 14 September het fisioterapeute oor die land heen op beweging en oefeninge vir goeie gesondheid gefokus. Vir verdere nuttige inligting en advies oor gesonde oefeninge, rugsorg en goeie postuur gaan spreek ’n fisioterapeut.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Die peperduur Groot Geniet Elsona Steyn

OP die Centreshot-voorlegging wat by die Christian Academy in Kuruman aangebied is, het deelnemers hul vaardighede op die proef gestel. Van links is Stephney Kumm (BAIT), Johan Fourie (Trinity Postmasburg), Chalene Pretorius (BAIT) en Cheryl Grobler. BAIT staan vir Basis Archery Instructor Trainer. Foto: Verskaf

Boogskiet verbeter Ilse Watson DIE Kuruman Christian Academy het op 29 Augustus ’n Centreshot-voorlegging aangebied. Centreshot is ’n Christelike boogskietprogram waaraan enigeen, jonk en oud, asook gestremdes, kan deelneem. Die program ontwikkel mense se boogskietvaardighede en bring ook verdieping in hul verhouding met Jesus.

Daar is ’n merkbare verbetering in die dissipline van leerlinge wat deur Centreshot afgerig word. Die doel van die voorlegging was om skole te wys waaroor die program gaan sodat sodat hulle ook hul eie Centreshotklubs kan registreer. Sodoende kan hulle ook in boogskiet teen ander skole deelneem. Vir inligting bel Stephney Kumm by 083-779-4205.

OM die een of ander rede is daar twee datums wat elke dogter se pa vrees. Die matriekafskeid, en dan die grote, haar troudag. Matriekafskeid is ’n ernstige saak. Dit is die een geleentheid wat van die begin van die jaar af in rooi op elke gr. 12-leerling se kalender omkring word. Geen moeite (óf koste) word ontsien om dit ’n onvergeetlike aand te maak nie. Die rok. Die patroon. Die materiaal. Aanbevelings vir goiing vir daardie Afrika-gevoel val op dowe ore. Die goedkoop soort lap wat jy teen R9,99 koop, deug ook nie. Nee, die materiaal is duur, duurder as goud. Die tekstuur en kleur is ook belangrik en eers wanneer jy eindelik die regte materiaal vind, blink die matriekmeisie se oë. Nou moet dit deur ’n kundige persoon aanmekaargesit word. En dié persoon se reputasie moet goed wees. Alles moet presies reg wees, want indien iets hier verkeerd loop, is die gevolge erger as die hongersnood in Afrika. Dit verg maande se beplanning, ’n geknip, ’n gestik en ’n aanpassery. Daar is ’n gehuil en sjokolade word geëet net om daarna weer te dieet, liters water te drink en te oefen. Liewe vaders van die jonge meisies, hier eindig dit helaas nie. Pa, jy is dalk nie eens halfpad nie. Die bykomstighede. Die skoene. Weet jy hoe moeilik dit is om die skoene te kry wat waardig

genoeg is om by die rok gedra te word? Die naels, hare en grimering. Minstens drie proeflopies voordat op die eindelike styl en voorkoms besluit word. Die blomme. Die vervoer. Pa voel verskeur tussen sy kind wil bederf en die spandabelrigheid van duisende rande vir ’n rok of pak wat waarskynlik net een keer gedra gaan word. Ek vermoed dit is baie makliker om ’n seun vir ’n matriekafskeid reg te kry. Jy sny sy hare in Maart met ’n nommer-twee-knipper, jy koop in April vir hom ’n nuwe stel vellies, in Junie koop jy ’n somershemp en ’n das op ’n uitverkoping en aan die begin van September gaan huur jy vinnig ’n pak klere. Dan is daar natuurlik die aankoms. Dit word deeglik beplan. Motors word uit alle oorde gehuur. Afslaankapmotors van verskillende modelle. ’n Leerrusbank op die laaigraaf van ’n groot John Deere-trekker . . . Van duur, blink motors tot die Springbok-rugbyspan se bus. Jy moet kan aankom. Die ganse wêreld moet ’n oomblik tot stilstand kom en met bewondering toekyk terwyl jy uitklim. Daar word so drie danse gedans en dan is dit klaar. Dan jaag hulle huis toe om hul gewone klere vir die after-party te gaan aantrek . . . Intussen sukkel Pa nog met die gemengde emosies van sy kind wat so mooi gelyk het en die huisverband wat nou afbetaal moet word ná slegs twee uur van Die Groot Geniet.

Wiskunde-onderrig kwel Ilse Watson ANTWOORDE van die provinsiale onderwysdepartement op geskrewe vrae van die Demokratiese Allianse (DA) wys ’n somber en kommerwekkende prentjie wat die onderrig in wiskunde in die Nood-Kaap betref. Onderrig van goeie gehalte hang van goeie onderwysers af. Daar is inderdaad talle uitstekende onderwysers in die provinsie. Tog kan die onderwysdepartement nie aandui hoeveel onderwysers het die nodige kwalifikasies om wiskunde as vak aan te bied nie. Daar word dringend onderwysers met die nodige kwalifikasies in en die begrip van wiskunde benodig om sodoende die vak met doeltreffendheid in skole aan te bied. “Ons moet ook die opvatting dat wiskunde ’n moeilike vak is, aanpak. “Leerlinge moet begryp hoe die studie van wiskunde hulle in hul toekomstige studie en loopbane kan help,” het Safiya Stanfley, DA- provinsiale woordvoerder oor onderwys, gesê. “Dit is in die konteks kommerwekkend

om te sien dat daar dubbel soveel leerlinge vir wiskunde-geletterdheid eerder as vir wiskunde ingeskryf is.” ’n Groot aantal universiteitskursusse vereis goeie punte in wiskunde vir toelating. “Daar was byvoorbeld 2 627 gr. 12-leerlinge wat vir wiskunde ingeskryf is en 7 463 leerlinge het hulle vir wiskunde-geletterdheid ingeskryf,” vervolg Stanfley. Die DA het ’n beroep op die onderwysdepartement gedoen om maatreëls in te stel sodat klasgroottes ook aangepak kan word. Dit is nié net die leerlinge wat swaarkry wanneer die klasse so groot is nie, maar dit plaas ook geweldige druk op die onderwyser. Nege skole in die Noord-Kaap bied nie wiskunde vir gr. 12-leerlinge aan nie. “Wiskunde is ’n kernskoolvlak. “As ons die tekort aan ingenieurs, dokters en verpleegsters in die NoordKaap wil aanpak, moet die leerlinge wat aan die standaarde kan voldoen, gehelp word sodat hulle vir verdere studie aan ’n universiteit of technikon kan kwalifiseer,” vervolg Stanfley.

Title deeds handed over Ilse Watson THE Ga-Segonyana Municipality recently handed over title deeds to community members of Mothibistad. “Community members of Mothibistad were crying with excitement when they received their title deeds. This hand-over has changed the lives of many people,” said David Mabudi, head of communications at the Ga-Segonyana Municipality. More than 700 people were part of the hand-over. “The handing over of these title deeds are part of improving people’s lives and people should embrace the values of humanity and respect one another. This action was long overdue,” said Mabudi.

’n GHOLFDAG word Saterdag by die Kuruman-buiteklub aangebied. Alle geld wat ingesamel word, sal aan die Dieresorgvereniging (DSV) geskenk word. Vir meer inligting oor die gholfdag bel Mariska by 082-572-8266.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Sit hul beste voetjie voor DIE Spotlight-dansateljee van Kathu se dansers het toeskouers aan die Opskopfees 2014 met hul vlugvoetige danspassies vermaak. Van links is Nola du Plessis, Esmerelda Broodryk, Lee-Ann van Zyl, Bianca Gevers, Carlise Brooks en Kelly Gevers. Foto: Benneli Olivier Van der Walt DIE Twisted Sistersskoonheidsalon in Kathu het seker gemaak almal lyk gemaklik en pragtig op die Opskopfees. Die fees in Kathu was ’n reuse-sukses. Verskeie bekende SuidAfrikaanse kunstenaars het op die fees opgetree. Van links is Michelle Jacobs, Nicolene Fourie, die sanger Elizma Theron en Anna-Marie Caetano. Theron het ’n geskenkpak van die salon ontvang. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

LEERLINGE van die Laerskool Seodin luister aandagtig na die belangrikheid van bome. Hulle het vir Boomplantdag bome by die skool geplant. Foto’s: Verskaf

LEERLINGE van die Laerskool Seodin het vir Boomplantweek bome by die skool geplant. Theo Linde (links) en Dan Leach van Leach Toyota staan hier saam met John Labuschagne en Clarize Bester van die Laerskool Seodin. Labuschagne is gereed om sy boom vir 2014 te plant.

LEERLINGE van die Laerskool Seodin het aandagtig geluister na ’n praatjie oor die belangrikheid van bome. Hulle het vir Boomplantdag bome by die skool geplant. Theo Linde van Leach Toyota staan hier saam met John Labuschagne terwyl hy sy boom vir 2014 plant.

Leerlinge leer meer oor bome DIE leerlinge van die Laerskool Seodin het Boomplantweek goed benut deur self in te spring en hul eie bome te plant. Die doel van die week is om mense van die belangrikheid van bome bewus te maak. Bome vervaardig suurstof wat die mens nodig het om te kan asemhaal. Hoe meer bome ’n mens plant, hoe meer suurstof is daar. Die boom van die jaar is die witysterhout. Die boom of struik word ongeveer 5 m hoog en 20 m wyd en dra van Desember tot Maart wit blommetjies. Leach Toyota het tien vaderlandsliefde-bome aan die skool geskenk. Die bome word rondom die skool vir koelte geplant.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

STA-tennistoernooi se uitslae bekend DIE Serfontein-tennisakademie het Saterdag ’n junior tennistoernooi in Upington aangebied. In die rooikolballe-kategorie was Marx van Wyk van die Laerskool Oranje-Noord die wenner en Fouché van Niekerk van Oranje-Noord die naaswenner. In die oranjeballe-kategorie het Braam van Niekerk van Oranje-Noord gewen en was Wynand Theron van Oranje-Noord tweede. Die meisiewenner was Tamar Engelbrecht van Oranje-Noord en Carla Nel van Oranje-Noord was tweede. In die groenkolballe-kategorie was DJ Wandrag van die Laerskool Sentraal (LSK) in Kakamas eerste en Owen Loxton van Oranje-Noord tweede. In die meisiegroep 1 was Riana Archer van Oranje-Noord eerste en Lené van den Berg van Oranje-Noord tweede. In die tweede meisiegroep was Lara van den Heever van Oranje-Noord eerste. In die gr. 5- tot gr. 7-kategorie was Stefan Joubert van Oranje-Noord eerste en Le Roux de Vos van die LSK tweede. In die meisie-afdeling was Janice Avenant van Oranje-Noord die wenner van die eerste groep en Melissa van Zyl van Oranje-Noord tweede in dieselfde groep. In die tweede groep was Ahbé Follcher van Oranje-Noord eerste en Denise Becker van die Primêre Skool Op die Voorpos tweede.

MELISSA VAN ZYL was tweede in die gr. 5tot gr. 7-afdeling.

STEFAN JOUBERT was eerste in die gr. 5- tot gr. 7-afdeling.

RIANA ARCHER was eerste in die groenkolballe-kategorie.

JOHANDRE TERBLANCHE was derde in die gr. 5- tot gr. 7-afdeling. Foto’s: Verskaf

DIE tennisspelers wat aan die STA- junior tennistoernooi deelgeneem het.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

VOERTUIE

BETREKKINGS

BOEDELKENNISGEWINGS

3600

BETREKKINGS GESOEK

SLEEPWAENS

3670

3040

NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens by 083 310 0272.

WOONSTELLE TE HUUR 3250

EENMANWOONSTEL te huur. Baie sentraal geleë en sluit water en ligte in, R3 500 p.m. Skakel 084 800 7779.

4201

I'M JAQUELINE, looking for a job: Housekeeping. Phone 073 731 5267 or 073 959 2616.

ALGEMEEN 3680

BETROUBARE HUISHULP beskikbaar vanaf 1 Oktober, 3 dae per week. Werkgewers verhuis. Skakel 076 879 9402.

EIENDOMME

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

Katexas Steakhouse in Kathu is looking for experienced waiters, barmen and restaurant supervisors. Please send CV to info@namakwari.co.za or fax to 086 623 8245 or hand in at Namakwari reception.

G.A.L. ROOS In die boedel van wyle Gertruida Aletta Louisa Roos, wat woonagtig was by Seodinweg 205, Kuruman. Boedelnommer: 2191/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 19 September 2014. JORDAAN & MANS ING Posbus 27 Kuruman 8460 renate@jorman.co.za

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS FAMILIEKENNISGEWINGS

PERSOONLIK

TENDERS

1460

BEGRAFNISDIENSTE 1025

HIERMEE GEE R & S MEUBELS kennis dat alle persone wat goedere ingebring het om te verkoop of om te herstel en dit nog nie afgehaal het nie, 30 dae het vanaf 12/09/2014 om die goedere te verwyder, anders sal die goedere verkoop word om sodanige koste te verhaal.

4080

KURUMAN: 1-bedroom flat, fully furnished, water and electricity included, R5 500 p.m. Phone 084 923 8685 or 074 346 0205.

HUISE TE KOOP 3275

TE KOOP

Afrikaanse Protestantse Kerk Kuruman

KLERASIE 1615

PERSOONLIKE DIENSTE

FINANSIEEL 1420

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

ALLERLEI 1655

LUSERN TE KOOP, R1 900 PER TON, Jacobsdal-area. Skakel Jan Swanepoel by 082 574 5712.

TROETELDIERE 1660

GOLDEN RETRIEVER-reun, 9 maande oud. Geregistreer en opgelei. Pragtig! R1 500. Skakel 084 651 3000.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

HUISE TE HUUR 3270

KURUMAN: 3-slk-/2-badk-huis te huur met aparte 1-slk-woonstel, R13 500 p.m. Beskikbaar 1 Oktober. Skakel 076 879 9402. KURUMAN: 3 slaapkamers, 2 badkamers, garage, oopvloerplan. Beskikbaar 1 Oktober 2014. Skakel 079 563 9103.

EIENDOMME GESOEK OM TE HUUR

SKOONMAAKDIENSTE

3305 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. Talana: 073 558 4705. Aubrey: 072 747 1991/076 182 2773.

Te veel skuld? Konsolideer al jou skuld. Betaal een maandelikse paaiement. Nie administrasie nie. Nie 'debt review' nie. Elzette 078 271 9929/082 427 4464.

HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Skakel Talana by 073 558 4705/072 747 1991 of Aubrey by 076 182 2773.

PER TENDER AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK KURUMAN In opdrag van die Afrikaanse Protestanse Kerk Kuruman word tenders hiermee gevra vir die aankoop van die volgende erwe, naamlik: 1. ERF 6082 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding Nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 2. Erf 6083 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding Nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 3. Erf 6084 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. 4. Erf 6085 (Gedeelte van Erf 4226), Kuruman. Geleë in die Kuruman Dorpsuitbreiding nommer 15. Groot: 812 (Agt honderd en twaalf) vierkante meter. Gehou kragtens Transportakte: T1123/2001 Die erwe word afsonderlik aangebied en/of 'n tender kan geplaas word vir al vier die erwe. Die erwe is geleë by Erf 6084, aangrensend aan Van der Merwestraat, Kuruman en erwe 6082 en 6083 aangrensend aan Engelbrechtstraat, Kuruman. Die eiendom is onverbeterd. Die verkoping van die eiendom is voetstoots en is onderworpe aan al die voorwaardes vervat in die tenderdokumente. Tenderdokumente wat deur elke tenderaar voltooi en onderteken moet word is beskikbaar by Jordaan & Mans Ingelyf, Bearestraat 26, Kuruman. E-pos: Kuruman@jorman.co.za) Tel. 053 712 1091 Tenders behoorlik geseël en op die buitekant daarvan gemerk: ' Afrikaanse Protestanste Kerk Kuruman' sal deur die ondergetekende in ontvangs geneem word tot 12:00 op Vrydag 26 September 2014 en die verkoper sal 7 dae tyd hê om te besluit of die tenders aanvaar of nie aanvaar sal word nie. Die verkoper is nie gebonde om enige of die hoogste tender te aanvaar nie. JOHANNES MANS JORDAAN & MANS ING Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460.

GESONDHEID & SKOONHEID 1430

NUWE 2014 *Selluliet-, vetvriesen smelttegnologie. *Noord Apteek, Boschstraat, Kuruman. 082 559 9455. Geen naalde of chirurgie! Saamwerkende 'dieet' ook beskikbaar. NEW 2014 * Cellulite and Fat Freeze and Melting Technology. *Noord Pharmacy, Boschstreet, Kuruman. 082 559 9455. No needles or surgery! Diet combo available.

KAMERS TE HUUR 3315

ROOMS TO LET IN KURUMAN. Fully furnished. R3 200 p.m. Water and electricity included. Phone 084 923 8685 or 074 346 0205.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Eiendomme

911

E I E N D O M M E

DWS - CLOSING DOWN AUCTION

Date: Thursday, 25 Sep. @ 10h30

Venue: Ystererts St., Kathu

• Hardware & Irrigation Equipment • Visit www.aucor.com:

FOR TERMS, CONDITIONS, FULL UPDATED LISTING & PHOTOS

VIEWING: 24 September (8:00 - 15:30)

Conditions: Each buyer has to register to bid. FICA - PROOF OF ADDRESS & ID. Registration deposit of R5000 per bank or bank guaranteed cheque, debit or credit card or EFT. No Cash! Duly instructed by the owner of PPV, Aucor will supplement and sell by public auction. TERMS & CONDITIONS APPLY. SUBJECT TO CHANGE WITHOUT PRIOR NOTIFICATION. Auctioneer: Jacques van der Linde

GPS: S27° 42.0’, E023° 3.0’

Morné: 083 634 6476

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast track their career. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset.

Supervisor Maintenance Mamatwan Mine Hotazel, Northern Cape

Ref. 770307 This role will see you supervising and assisting the team in the safe and cost-effective execution of all maintenance work. Key performance areas include maintaining health, safety and housekeeping within the internal environment and conducting investigations into workplace incidents. You will be expected to manage documentation and records as well as improve the effectiveness and efficiency of the Maintenance Quality Management System, and prepare and control expenditure against the budget. Further duties include participating in the planning, development, implementation and review of equipment and supporting the project environment and activities to deliver on project objectives. To be considered, you will need an N3, Trade Test and Mechanical diploma or degree, along with 5-10 years’ post-qualification working experience. Supervisory experience is essential, as is medical fitness. You must also have a valid driver’s licence. DMS experience, computer literacy (MS Office, MS Projects, SAP) and supervisory training would be advantageous. Demonstrate knowledge of the principles of hydraulics and pneumatics is important, together with sound knowledge of conveyor belts, screens, compressors, cyclones, pumps, densifiers and thickener dams. Please forward your CV (max 3 pages), quoting the reference number, to: ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applicants who do not quote the reference number will not be considered. If you have not heard from us within 15 days, please consider your application unsuccessful. Applications close 27 September 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 112629

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

BETREKKINGS Trainer/Facilitator: Computers United Manganese of Kalahari has established a computer-based training (CBT) facility at the Joe Morolong Training Centre in Mothibastad, Kuruman which provides computer training. A number of students (approximately 450 – 500) annually will receive computer training through this facility. The facility consists of a classroom with a server providing a comprehensive suite of CBT programs for Microsoft products, 12 computer terminals, overhead projector, flip chart and a trainer workstation. The incumbent of this position will be required to organise, schedule, administer and train students through this facility. Although this is a UMK initiative, the incumbent will be employed as an independent contractor. Responsibilities: Organising: • Liaise with UMK representative on all training matters • Determine local computer skills requirements • Assist in the selection of students • Determine appropriate training days and times • Ensure that training facility and materials are available; Scheduling: • Schedule students according to requirements • Schedule course lengths and graduation dates; Administering: • Prepare relevant course material according to individual and group requirements • Prepare monthly feedback and reports generated from the CBT system • Distribute regular reports to the UMK representative • Prepare graduation certificates; Training: • Train students in basic computer workstation skills • Supervise and assist students with their relevant CBT modules • Monitor daily and weekly progress of students. Minimum requirements: • Matric • A teacher’s diploma or other teaching qualification will be preferable • A minimum of 3 – 5 years’ relevant experience in education • Sufficient computer literacy in the area of desktop applications to enable knowledge transfer • Working knowledge of and experience in Microsoft Windows 7, Word, Excel and PowerPoint • Ability to work independently • Ability to communicate across all levels and disciplines • Fluency in the verbal and written English language • Strong administrative and execution skills • Ability to maintain quality results. Key performance indicators: • Developing, implementing, monitoring and improving the CBT facility • Throughput and success of students via the CBT process. Should you be interested, please e-mail your application to: hugo.winterbach@umk.co.za

www.ayandambanga.co.za 120057

CLOSING DATE: 3 OCTOBER 2014. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED.

KENNISGEWINGS

Ster bou reeds aan sy sporttoekoms ZACK THERON (17) van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas is as die Kalahari Bulletin se SuperSportLet’s Play-sportster van die maand vir Augustus gekies. Zack het in die Julievakansie die Westelike Provinsie-skeidsregsterskursus in Kaapstad afgelê en suksesvol voltooi. Hy het die kursus met 90% geslaag. Die geleentheid vir die kursus het oor sy pad gekom en hy het besluit hoe jonger jy is wanneer jy dit aanpak, hoe beter. Hy beplan om binnekort die internasionale skeidsregterskursus aan te pak. In die komende skoolvakansie gaan hy op ’n junior rugbytoernooi in die Kaap as lynregter en hulpskeidsregter optree. Omdat hy so ’n groot belangstelling in sport het, beoog hy om moontlik in ’n sportrigting verder te studeer. Hy meen om hom as skeidsregter te bekwaam sal aan hom meer geleenthede en werksekerheid bied. Zack beskik oor baie goeie balvaardigheid en het ’n sterk belangstelling in enige balsportsoort. Hy speel vir die eerste rugby- en krieketspan van sy skool en is die kaptein van die krieketspan. Verder is hy ook ’n lid van die skool se tennisspan en neem ook aan atletiek deel. Zack se leuse is Perfeksie kom deur oefening. Stuur jou SuperSport-Let’s Play-sportster van die maand-benoeming vir leerlinge tussen ses en 18 jaar oud vandag nog (benoemings ontvang voor die 20ste van elke maand sal in daardie maand se keuse ingesluit word). Jy kan jou benoeming stuur na supersport@zpr.co.za of faks na 086-5524922. Vir meer inligting, kontakLynne Landman by Z PR by 051-522-9574.

ZACK THERON

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Matrieks uit streek in top-25 Madelein Venter en Ilse Watson DIE tyd het eindelik aangebreek. Die top-25 van Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die Jaar-kompetisie is bekend. Hulle is verlede week deur KPMG, ouditeure van die kompetisie, aangewys uit die nagenoeg 110 inskrywings wat ontvang is. Uit die 25 semi-finaliste is 14 finaliste gekies wat tot die eindronde in Bloemfontein deurdring. Die eindronde is die naweek van 3 en 4 Oktober. Dié groep uitblinkers voldoen aan die kriteria van die kompetisie, naamlik veelsydigheid en prestasies wat op akademiese, leierskap-, kultuur- en sportgebied behaal is. Al die matrikulante presteer akademies en beklee leiersposisies in hul onderskeie skole. Tayla Botha van die Hoërskool Kalahari is een van die finaliste. Sy voldoen aan die kriteria vir punte vir akademie, leierskap, sport en kultuur. Sy is die ondervoorsitter van die skool se uitvoerende komitee. Anita Steyn, onderhoofmeisie van die Hoërskool Kathu, is nog ’n leerling wat as een van die finaliste gekies is. Anri van Rooyen, hoofmeisie van die Hoërskool Kalahari, is ook een van die finaliste wat om dié gesogte titel gaan meeding. Die wenner, wie se prys van R150 000 ’n buitelandse reis en studiebeurs insluit, word op 4 Oktober op ’n spogdinee in die Eeufeessaal op die Kovsie-kampus aangewys.

Dié groep uitblink er s voldoen aan die kriteria van die kompetisie, naamlik veelsydigheid en prestasies wat op akademiese, leierskap-, kultuuren sportgebied behaal is.

TAYLA BOTHA, ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari in Kuruman, wat een van die finaliste in Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Matrikulant van die Jaar-kompetisie is.

ANITA STEYN, onderhoofmeisie van die Hoërskool Kathu, is ook een van die finaliste in die Matrikulant van die Jaar-kompetisie

NOG ’n finalis in die Matrikulant van die Jaar-kompetisie is Anri van Rooyen, hoofmeisie van die Hoërskool Kalahari.

Die 13 naaswenners kry elkeen pryse van sowat R35 000. Ook die 11 semi-finaliste word met pryse van sowat R21 000 elk beloon. Dié pryse word moontlik gemaak deur die borge Kovsie

Alumni-Trust (R75 000), XL Astra Reise saam met die Suid-Afrikaanse Lugdiens (R60 000), Absa (R50 000), KPMG (R30 000), Pick n Pay (R30 000), SA Truck Bodies (R30 000), Vodacom (R30 000) en

Lindsay Saker Bloemfontein (R45 000). ) Rig navrae aan Linda Greyling by 051-401-3384 (soggens) of Madelein Venter by 051-404-7816.

KOVSIE ALUMNI TRUST

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 18 SEPTEMBER 2014

Kragman toon staal Ilse Watson IN die afgelope naweek se kragmankompetisie wat op die Opskopfees in Kathu aangebied is, het José Farinha ander deelnemers en toeskouers aan die kompetisie se asem weg te slaan en die eerste plek te behaal. Marius Nel van die Fitness Factor in Kathu het die kompetisie aangebied. Daar was drie kategorieë waaraan deelnemers moes deelneem. Dit is kettle bell hold van 12 kg per hand, tyre flip van 450 kg en farmers walk van 100 kg per hand.

MARIUS NEL oorhandig die prys aan José Farinha wat Saterdag die kragmankompetisie gewen het.

DIT verg spiere van staal om so ’n groot band tot by die eindpunt om te rol. Hier wys José Farinha van Kuruman weer hoe sterk hy is.

Kuier ná aksie Ilse Watson OP 14 September het die duiwe van die Kuruman-duiweklub weer aan wedvlugte van Matjiesfontein af deelgeneem. Die uitslae van die dag se vlugte is soos volg: A-span Gert Slabbert (eerste), Billy Slabbert (tweede), Gert Slabbert (derde), Willem Burger (vierde en vyfde). B-span Pieter van Zyl (eerste), Frikkie

Aucamp (tweede), Billy Slabbert (derde), Pieter van Zyl (vierde) en Gert Slabbert (vyfde).

NÁ die vlugte van die duiweklub van Kuruman verlede naweek het die vroue die geselligheid bygewoon. Hier is van, voor: Ansie Burger, Rouxzelle Slabbert, Nielda Smit, Ina Coetzee en Emmie Cloete; middel: Liandri Fourie, Irma Snyman, Marianka Fourie,Matty van den Heever en Marietie Aucamp; agter: Christine Cilliers, Janie Fourie, Liza Slabbert, Elize du Plessis en Magda Bylsma. Foto: Verskaf

JOSÉ FARINHA van Kuruman toon sy staal toe hy die naweek op die Opskopfees in Kathu aan ’n kompetisie deelgeneem het. Foto’s: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.