Kurumanbulletinku 20140924

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

25 SEPTEMBER 2014

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Eindeksamen op ys Minister sê oor Kuruman se matrieks Carryn-Ann Nel

Die leerlinge gaan wel hul eindeksa­ men in Maart aflê. Die departement gaan hulle as deel­ tydse leerlinge registreer om vir die eksamen in Maart voor te berei. Alle gr. 11­leerlinge sal hul skooljaar in 2015 moet oordoen.

DIE matrikulante in Kuruman gaan nie die matriekeindeksamen skryf wat oor 32 dae begin nie, het Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, gesê. Dit kom nadat talle skole in die Glenred-nedersetting in die distrik John Taolo Gaetsewe reeds sedert 4 Junie deur die Joe Morolong-padforum gesluit is. Dit veroorsaak dat 17 000 leerlinge, onder wie 496 matrikulante, geen onderrig kry nie. Die padforum-lede eis ’n pad van 130 km moet geteer word. Die leerlinge gaan wel hul eindeksamen in Maart aflê. Die departement gaan hulle as deeltydse leerlinge registreer om vir die eksamen in Maart voor te berei. Alle gr. 11-leerlinge sal hul skooljaar in 2015 moet oordoen. Motshekga het die media in Pretoria toegespreek nadat sy verlede week met die onderskeie onderwys-LUR’e in die land vergader het. Van die sleutelpunte wat bespreek is, is: ) Die inwerkingstelling van tegnologie in skole. Volgens Motshekga is dit van groot belang dat tegnologie in skole gebruik word om die gehalte van onderrig te verbeter. ) Die kurrikulum. “Die werk wat ons aan ons kurrikulum doen, is in die kol. Dit behoort nie binne sewe jaar te verander nie. Ons kan dalk vinniger

ANGIE MOTSHEKGA, minister van basiese onderwys. vorder, maar ons is wel op die regte pad. ) Om te verseker kinders word

in die regte kurrikulum onderrig, is dit belangrik dat die regte onderwysers skool hou. Om die

doelwit te bereik het die departement begin om profiele met die persoonlike inligting en

vakkennis van onderwysers op te stel. ) Alles is op dreef om volgende jaar te begin met 3 700 leerlinge wat van gr. 1 af ’n Afrika-taal sal leer. Die plan is om dit later na ander grade uit te brei. ) Die gereedheid vir die eindeksamen wat op 27 Oktober begin. Altesaam 688 660 kandidate is geregistreer om te skryf. Die uitslae sal op 6 Januarie aan leerlinge bekend gemaak word. Motshekga het gesê strafregtelike klagte sal teen diegene ingedien word wat leerlinge verhinder om skool te gaan of wat eiendom vernietig of beskadig.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

THE Kuruman Field Band entertained the stakeholders and guests at the Kumba stakeholder day.

Kumba celebrates legacy Benneli Olivier Van der Walt ON 18 September Kumba Iron Ore held its first stakeholder day at the Kalahari Country Club in Kathu. Stakeholders, government officials and guests gathered from all over South Africa to attend the occasion. Sindiswa Gaven was the day’s programme director. Sofia Mosikatsi, John Taolo Gaetsewe District mayor, said Kumba had built a lasting legacy. She urged Kumba to contribute even more towards the infrastructure in the John Taolo Gaetsewe District. Norman Mbazima, Kumba chief executive officer, announced that Kumba had built over 3 000 subsidised houses for their employees. “Today is about the tangible results of what Kumba has achieved in our local communities surrounding our mines.” Fani Titi, Kumba board chairperson, explained the role of mining in

a developing society. “I am proud to be associated with a mine that helps its employees to provide for their families. Mines must ensure sustainability within their host communities in order for them to fend for themselves when the mine is no longer there. Kumba is the largest employer in the Northern Cape with 13 000 current employees.” He say mining was the heart of South Africa’s economy. “We at Kumba strive to transform the mining industry in order to meet the requirements set by government.” Mxolisi Sokatsha, the MEC for Social Development, said mining was a pivotal element in the fight to end poverty. “The mining sector has taken great strides in transforming the socio-economic environment in the industry. Job creation is always a priority, and mining must be used

to make it happen. Together we can take the Northern Cape and South Africa into the future,” he said. Godfrey Oliphant, the deputy minister of mineral resources, delivered the day’s keynote speech. “Mining is the backbone of South Africa’s economy. Success in the industry will only be achieved when stakeholders in government, the private and mining sector come together to find sustainable solutions for challenges. In lieu of the recent strikes in the mining sector we as government and mining companies must revive the reputation of the industry.” Yvonne Mfolo, Kumba head of public affairs, explained Kumba charter pillars and why it was integral to achieve these charters. The dignitaries and stakeholders visited three of Kumba’s development sites including housing projects, the UGM Wellness Centre and the Tshipi Skills Centre.

Photos: Benneli Olivier Van der Walt

MANY dignitaries attended Kumba Iron Ore’s stakeholder day. From the left are Mxolisi Sokatsha (MEC for Social Development), Norman Mbazi­ ma (Kumba chief executive officer), Godfrey Oliphant (deputy minister of Mineral Resources) and Fani Titi (Kumba board director).


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014 Madelein Venter INSKRYWINGS vir vanjaar se BloemnuusRoosknoppie-kompetisie kom flink in. As jy nog nie ’n inskryfvorm het nie, kry dit op www.kalaharibulletin.co.za. Opskud, want die kompetisie sluit reeds Maandag om 12:00 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Foto’s van deelnemers sal in die Kalahari Bulletin en sy susterspublikasies, Kroonnuus, Maluti, Bloemnuus, Vista en Noordkaap, geplaas word, afhangend van waar die meisietjie bly.

Skryf haar gou in Die wenner van die kompetisie vir fraai, jong meisietjies van drie en vier jaar oud word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangewys. Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semi-fi-

naliste word deur leserstemme en die organiseerders bepaal. Lesers sal ná die sluitingsdatum van die kompetisie ’n geleentheid kry om aanlyn vir hul gunstelinge te stem. Die topdertig sal bestaan uit die toptwintig onder die leserstemme en tien finaliste wat deur die organiseerders gekies word. Die organiseerders se besluit is finaal en

3

geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. Die inskryfgeld van R30 word aan Volksblad en sy plaaslike koerante se Ons gee om-fonds (voorheen die Volksblad-Kersfonds) geskenk. Ouers word versoek om hulle van die reëls op die inskryfvorm te vergewis en daarby te hou. Jy kan jou inskrywing pos of by Volksblad se kantoor inhandig. ) Rig alle navrae aan Madelein Venter deur ’n e-pos te stuur na madelein.venter@volksblad.com.

‘Die kompetisie sluit reeds Maandag om 12:00 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.’


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Noord-Kaap die veiligste IN ’n onlangse bekendmaking van misdaadsyfers vir die Noord-Kaap en Vrystaat was dit duidelik dat die Noord-Kaap ’n baie goeie plek is om in te woon. Noenieput is uitgewys as waarskynlik die veiligste plek in die Noord-Kaap en Vrystaat. In Noenieput is net vier gevalle van veediefstal aangemeld, drie klagte van crimen injura en twee klagte van diefstal. In die Vrystaat en in die Noord-Kaap het misdaadsyfers toegeneem en die aantal geweldsmisdade ook, behalwe in Upington. In Upington het geweldsmisdaad afgeneem. Nog ’n rede om trots te wees op dié dorp. Die nasionale departement van toerisme het ook besluit om vanjaar Wêreldtoerismedag in

Upington en in die Kalahari te vier. Gaste van oor Suid-Afrika heen word bederf met dié dinge waaraan Upingtonners al te gewoond geraak het. ’n Rit op Sakkie se Arkie, ’n aand op ’n pan, kaskar ry en draadkar bou, unieke kos en unieke vermaak en natuurlik van die lekkerste wyn in Suid-Afrika. Die res van die land begin dié wêreld se geheime uitvind. Hulle begin besef watter juwele al die jare in die Noord-Kaap weggesteek is. Skoon lug, min misdaad, uitsonderlike natuurskoon en ’n wêreld wat bekend is vir sy vriendelikheid, gasvryheid en lekker Afrikaans praat. Die Kalahari maak ’n mens trots Suid-Afrikaans en trots Noord-Kaaps.

Hoor Sy stem; God wil met jou praat Pastoor Gert Kriel MATTEUS 4:4: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Wanneer God met my praat en ek Hom gehoorsaam, bring dit vir my lewenskrag en seën in my lewe. God wil met ons praat. Hy wil met jóú praat. Maar hoe hoor ons Sy stem? Ek dink ons hoor God baie meer as wat ons besef, maar slaan nie altyd ag daarop nie, omdat ons nie altyd seker is dit is God wat met ons praat nie. Ek deel graag kortliks ’n paar eenvoudige “maniere” hoe ek ervaar God met my kommunikeer: ) Vrede-skeidsregter (Kol. 3:15). God gee vir ons ’n innerlike vrede wat ons lei. Dit is ’n “ja/ nee”-skeidsregter. As jy nie God se vrede oor ’n spesifieke saak beleef nie, bly weg daarvan. ) Innerlike getuie (Rom. 9:1). Die Heilige Gees lei my deur my gewete. Dit is nie net ’n gevoel nie, maar ook ’n opdrag. Gewoonlik waarskuwend in my gedagtes, bv. “Nee, moenie”. ) Stil, sagte stem (Hand. 8:29). God praat met jou gees en jy “hoor” dit as ’n gedagte, nie met jou ore nie. Die stem (gedagte) dra gesag en gee duidelike/regstreekse instruksies. Dit verg tyd om die stem te leer onderskei. ) Hoorbare stem (Joh. 12:28-30). Ek hoor God met my ore. Dit is duidelik en laat geen ruimte vir twyfel nie. ) Skrif (Ps. 119:105).

Wag om gewen te word IN die Kumba Iron Ore Cycling Challenge het plaaslike skaatsplankryers die kans gehad om hul talent te wys. Die jong ryers het in die gewilde kompetisie die kans gestaan om splinternuwe skaatsplanke te wen. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Padveiligheid elkeen se verantwoordelikheid Lecrecia Prins

Soms, wanneer jy Bybel lees, is dit asof ’n vers of twee vir jou “uitstaan”. Ons moet die beginsels van die Bybel gehoorsaam, maar soms voel dit asof iets spesifieks vir jou bedoel is. Die Heilige Gees gee openbaring oor geskrewe woord. Hy herinner jou ook aan wat jy voorheen gelees het of wanneer jy in ’n spesifieke omstandighede wysheid nodig het. Wanneer jy ’n antwoord nodig het, vra God vir skrif uit Sy Woord (boek, hoofstuk en vers). ) Visioene, drome (Hand. 9:10). God wys vir ons gesigte of prentjies wanneer ons wakker is. Indien jy nie weet wat die beeld wat jy gesien het, beteken nie, vra God vrae daaroor. God gee ook aan ons drome wanneer ons slaap (Josef gee uitleg aan Farao se droom). (Job 33:14-16). Nie alle drome is van God nie. Ná ’n Goddelike droom word ’n mens gewoonlik wakker met ’n sterk indruk om verder daaroor te bid – Gen. 41:8. God laat ons ook soms toe om in die geestesryk te sien (2 Kon. 6:17). ) Ander Mense (1 Kor. 12:7-10). Die Heilige Gees gee gawes aan gelowiges om mense mee te bedien. Toets altyd wat jy hoor teen die beginsels van die Bybel en vra ’n geestelike leier om jou te help om ’n profetiese woord te onderskei. Mag ons almal groei in die genade om God se stem te hoor.

PADVEILIGHEID is mos elke motoris se verantwoordelikheid. Elke motoris moet vir sy eie veiligheid verantwoordelik wees, maar ook vir die ander padgebruiker kan dink. Vir iemand wat maar net ’n paar jaar ’n rybewys het, moes ek dit vinnig leer. Ek ry agter ’n vragmotor – baie stadig, want ek probeer nog agterkom wat sy storie is. Ek besef toe sy groot bak is leeg en die wind waai nogal sterk op die R31 na Kuruman. Die vragmotorbestuurder besluit toe hy wil ’n vragmotor (vol sement) op die redelik smal pad verbysteek. Die vragmotor is nie baie vas op die pad nie, want die wind druk hom sommer nou en dan van die pad af. Ek probeer self in my motor agterkom of die bande glad is, of dit reën (al skyn die son) en of ek duiselig raak soos die wind my ronddwarrel.

12/33

12/30

10/29

En terwyl ek nog so sit en dink, besef ek dit. Ek kon my oë amper nie glo. Die bestuurder van die vragmotor met sy groot, leë, onvaste bak gaan sowaar die ander vragmotor met sement probeer verbysteek. Ek ry stadiger net vir ingeval die vragmotor die ander een nie vinnig genoeg verbygaan nie. Sowat twee kilometer of meer probeer hy om die vragmotor verby te steek, maar hy sukkel. Hy sukkel hom stokflou, lyk skoon soos wanneer iemand ’n marathon hardloop, die wenstreep sien, sy tong op die grond sleep en hy net nie sy teenstander kan verbysteek nie. Die vragmotor word so deur die wind op die pad rondgeruk wanneer daar ’n rukwind waai dat hy byna in die ander vragmo-

12/33

11/30

10/30

tor vasry. Na dié gesukkel sien die vragmotorbestuurder hy gaan dit nie maak nie. Hy trap toe rem, omdat daar ’n voertuig van voor af aankom en hy noodgedwonge weer agter die vragmotor met sement moes inskuif. Toe hy wel weer die geleentheid kry, steek hy verby, dié keer darem veilig. Martha Bartlett, LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, het onlangs gesê Oktober is Padveiligheidsmaand. Dit is nou wanneer almal weer bewus gemaak word van die padreëls en hoe teen motoriste wat die padreëls oortree, opgetree gaan word. Maar padveiligheid moet eintlik ’n daaglikse ingesteldheid wees. Almal moet te alle tye verantwoordelik bestuur en respek vir medemotoriste hê. ’n Bietjie geduld kan ’n mens se lewe en iemand ander s’n red. Dit kan ’n mens selfs onnodige uitgawes bespaar.

11/32

9/27

10/29


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

5

ACVV se passie is sy naaste Lecrecia Prins DIE Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) het sy 110de verjaardag gevier en die vroue in Kuruman het weer bewys hoekom hulle doen wat hulle doen. Die ACVV-Kuruman het op sy verjaardag verskillende kleuterskole in die dorp besoek. Die kinders van die Bambi-

kleuterskool is met kolwyntjies en stokkielekkers bederf. Al die ander kleuters van Kinderland, die Preprimêre Skool Kuruman, Preprimêre Skool Seodin en die Maja-kleuterskool was maar te bly vir die onderbreking en die beloning van ’n stokkielekker ná heerlike sang en speletjies. Die kleuterskool Wrenchvillevoetspoortjies het ’n rekenaar as

Die ACVV is ’n welsynsinstansie wat in 1904 in Cradock gestig is deur ’n groep vrywillige vroue wat ’n passie vir hul naaste gehad het. deel van die welwillendheid van die ACVV ontvang. Die ACVV is ’n welsynsinstan-

sie wat in 1904 in Cradock gestig is deur ’n groep vrywillige vroue wat ’n passie vir hul naaste gehad het. Die instansie het oor die jare heen baie uitgebrei en verskillende takke is in die Oos-, Wes- en Noord-Kaap, sowel as in Noordwes, geopen. Die ACVV spog vandag met verskeie professionele personeellede, onder meer maatskaplike

werkers, maatskaplike hulpwerkers en verpleegpersoneellede wat hul dienste aan die gemeenskap verskaf. Die vrywilligers wat die taak van werkgewers en die bestuur vervul, is ’n kosbare hulpbron van die ACVV. Die ACVV Kuruman is dankbaar teenoor die gemeenskap vir jare se ondersteuning en betrokkenheid.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

FOTOKOMPETISIE

Foto’s van strukture ingewag Lizette Slabber DIE blomfotokompetisie sluit vandag en mense kan nou hul mooiste foto’s van strukture na die Kalahari Bulletin stuur. Die nuwe tema is Strukture en dit kan enige mensgemaakte struktuur wees: van geboue, treine en treinspore tot murasies, brûe en torings. Die fotograaf van elke wenfoto wen daardie maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die fotograaf van die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die 12 wenners van die jaar gaan ’n kans staan om ’n naweek weg te wen. Die fotograaf van die wenfoto van die jaar, wat uit die 12 maand-wenfoto’s gekies word, gaan ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges wen. Uit die 12 wenners gaan die foto wat die meeste likes op Facebook kry ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges wen. Die foto’s moet groter as 500 KB en 300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings van foto’s per fotograaf nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar net inwoners van die NoordKaap mag hulle vir die kompetisie inskryf. Besoek Kalahari Bulletin se Faceboek-blad by Kalahari Bulletin en gaan kyk na al die foto-inskrywings.

MICHELLE VISAGIE (links) van Wakaberry in die Kalahari Mall in Upington oorhandig Abrie van Niekerk se geskenkbewys aan Retha-Marie Hall van die Kalahari Bulletin. Foto: Phidelia Abrahams

ALFRED THORPE het die pragtige foto van hom ingeskryf.

ODETTE KRUGER (links) ontvang haar geskenkpak van Jorine van Niekerk van die Orange River Cellars. Foto: Lizette Slabber

CHRISSIE LOTTERING het die spierwit blom gekiek.

JACOLINE VAN ROOYEN het die besonderse foto geneem.

TONY SCOTT het ’n foto van dié pragtige bloeisels geneem en gestuur.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Arts in sak en as ná inbraak Lecrecia Prins

DIT is hoe een van die kamers gelyk het nadat by die huis van ’n plaaslike dokter ingebreek is. Die waarde van die besittings wat weg is, is sowat R41 000. Foto: Verskaf

’n PLAASLIKE dokter van Kuruman is moedeloos en teleurgesteld oor alles wat sy in ’n huisbraak verloor het en sy sê dit lyk nie asof die polisie veel doen om die oortreders vas te trek nie. Sy en haar kêrel was voorverlede naweek uitstedig toe na bewering by hul huurhuis ingebreek is. Die vermeende inbrekers het vermoedelik Vrydagaand reeds toegeslaan. Die eienaar by wie hulle die huis huur, het gebel om hulle van die inbraak te vertel. Die huis se deur was oop en die badkamervenster se diefwering was gebreek. Hulle vermoed die oortreders het onderdeur die elektriese heining gekruip, omdat die heining opgelig is. Sy sê die huis was ook gevandaliseer. “Die klere in die kaste was op die vloer gesmyt, in die kaste was bokse met goed daarin en dit is ook uitgesmyt. My juwele het ook rondgelê. “Hulle het die alarm se sensors

‘Hulle het die alarm se sensors van die mure afgehaal, in die plafon geklim en die luidspre­ kers van die alarm uit­ gehaal sodat dit nie ge­ raas kan maak nie.’ van die mure afgehaal, in die plafon geklim en die luidsprekers van die alarm uitgehaal sodat dit nie geraas kan maak nie. “Die oortreders het ook in ons badkamer ontlas en nie die toilet gespoel nie. Dit is nou ’n teken van minagting. “Al die klere en skoene wat handelsname het, is eenkant op ’n hopie gesit – dit lyk asof hulle later daarvoor wou teruggaan. Daar was ook klippe in die huis.” Sy sê die besittings wat gesteel is, het baie sentimentele waarde en dit is artikels wat nie vervang kan

word nie. “Die skootrekenaar wat gesteel is, het ek vir my 21ste verjaardag gekry. “My gradeplegtigheidsfoto’s en verjaardagfoto’s van my mondigwording is daar op, asook musiekversameling wat oor jare heen opgebou is. Dit kan nie vervang word nie.” ’n Plasma-TV-stel is gesteel, asook twee Playstation 3’s, twee selfone en DVD’s. Sy vermoed die oortreders was met ’n voertuig daar, omdat sy band- en verskeie voetspore langs die heining gekry het. Daar is ook ’n voetspoor op een van die huis se mure. Sy het verskeie probleme ondervind toe sy die saak by die polisie aangemeld het. Volgens lt. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is die waarde van die gesteelde goedere ’n geraamde R41 000. Die polisie ondersoek ’n klag van huisbraak. Enigeen met meer inligting kan Lionel Human by 084-742-0455 bel. ) Die naam van die dokter word ter beskerming van haar nie bekend gemaak nie.

Derde in skynhof DIE span van die Hoërskool Saul Damon in Upington was derde in die provinsiale ronde van die Suid­Afrikaanse skole­skynhof­ kompetisie. Hulle het na die nasi­ onale ronde deurgedring wat van 10 tot 11 Oktober in Pretoria plaasvind. Van links is Veronique Klaasen, Candice Bezuidenhout en Ann­Frochayda Abrahams. Foto: Verskaf

NIEL STEMMET doen ’n voorlesing in die Gerhard Beukes­ kultuursentrum van die Hoërskool Uping­ ton. Foto: Verskaf

Niel praat boeke NIEL STEMMET, bekende skrywer en oud-Upingtonner, het op 11 September by die Hoërskool Upington gekuier. In ’n informele geselsuur in die Gerhard Beukes-kultuursentrum het hy aan vriende en boekliefhebbers ’n kykie gegee in sy derde boek, ’n Blik op Calvinisme en politiek, wat binnekort uitgereik word. Upingtonners ken Stemmet as die eienaar van Le Must wat as een van die toptien plattelandse restaurante aangewys is. Hy is ook die eienaar van gastehuise in Upington, ’n binnenshuise ontwerper en die agterbladskrywer van die tydskrif Tuis. Stemmet het voorlesings gedoen uit sy tweede boek, Agter+Blad, wat pas die miljoen-kerf in verkope verbygesteek het. Hy sê hy glo aan eenvoud en eerlikheid en bepleit ’n aardse, heilsame lewenstyl waarin mense stilte en vrede in hulself kan vind. Hy het almal op die voorlesing gemotiveer om te luister na wat in jou aangaan. Mense moet dit dan op skrif stel en aan hul geliefdes nalaat, want dit maak nie saak hoe eenvoudig ’n mens se storie is nie, jou nageslag gaan dit waardevol vind.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

9

PROMOSIE

Kuier by lodge dekadente ervaring Lecrecia Prins NÁ ’n lang dag by die werk sien almal uit na ’n lekker ontspanne aand. Party mense dagdroom van ’n skemerkelkparty met ’n mooi sonsondergang. By die Oryx Trail Game Lodge en -restaurant kan jy al die bogenoemde kry en as bonus loop die wild sommerso op die stoep verby jou. Die lodge is 6,7 km buite Kuruman in die rigting van Kathu en is onder nuwe bestuur. Voorheen het die restaurant net buffet-etes bedien, maar het nou ’n à la carte-spyskaart. Volgens Johan Jacobs van die lodge gebruik hulle net vars groente wat by plaaslike verskaffers gekoop word om hul geregte voor te berei. Ontbyt word van 07:00 tot 10:00 bedien en middagete van 11:00. Die restaurant is oop vir die publiek. Jacobs sê daar word elke derde maand toevoegings tot die spyskaart gemaak. Hulle het verskeie spesialiteitsgeregte wat wildlewer (in seisoen) insluit. “Die T-beensteak is gewild onder die gaste,” sê hy. Die restaurant maak ook wildburgers en die patties word van wildvleis gemaak. Vars wildpastei met slaai en skyfies is ook op die spyskaart. Die Oryx Trail Game Lodge maak voorsiening vir troues en konferensies en tot 300 gaste kan hier vir troues onthaal word. Daar is drie spyskaarte vir die troues om van te kies.

DIE wild by die Oryx Trail Game Lodge en restaurant is so mak dat dit saam met die gaste op die stoep van die restaurant kuier. Die lodge is 6,7 km buite Kuruman op pad na Kathu geleë. Foto: Verskaf Jacobs sê hulle souse vir geregte word met ’n roombasis gemaak. “Niks word met kitsbestanddele gemaak nie. Ek is tradisievas en glo dat alles van die begin af voorberei moet word.” Van die ander geregte op die spyskaart is mossels, niertjies en ’n murgbeenvoorgereg. Die kombinasie van beesstert en murgbeen word in fillodeegpakkie

met kapokaartappels en ’n rooiwynjus bedien. Nog ’n lekkerny op die spyskaart is ’n sampioen-, hoender- en spinasie-kasserol en ’n Maleise kerrieseekospotjie. “Ons gaste kry persoonlike aandag omdat hulle belangrik is. Ons maak vir almal se behoeftes op die spyskaart voorsiening.” Ná al die lekker kos is die

nagereg die beste deel van die aand. Die lodge se kaaskoek is die beste in die land, sê Jacobs. Dit is ’n Frangelico-en-pekankaaskoek. Jacobs sê hulle gaan voortaan troukoeke bak. Die lodge spog met ’n fyngebaksjef, ’n uitvoerende sjef en uitvoerende sous-sjef. Hulle meng ook spesiale skemerkelkies vir vroue. “Ons het ’n unieke Rum Pedro

met geheime bestanddele. In ons wynkelder word wyn teen ’n sekere temperatuur gehou en die wynpryse wissel van R100 tot R1 000. Ons het ook vintage-wyn wat tot 24 jaar oud is.” As jy die dag by die Oryx Trail Game Lodge so geniet het en nie terug huis toe wil gaan nie, kan jy die aand oorslaap. Die lodge het sewe kamers vir gaste.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

SR. CORLIA LE ROUX doen ’n vingerpriktoets op Karien Booysen.

Foto: Verskaf

Gesondheid fokus van VLV-vergadering Petro Spangenberg OP ’n onlangse vergadering van die Vroue-landbouvereniging (VLV) het die sameroeper van gesondheid, Marianne Vorster, die lede oor die belangrikheid van gereelde doktersbesoeke ingelig. Die geleentheid is in die Gereformeerde kerk se saal gehou. Die vroue is ingelig dat sekere toetse selfs deur gesondheidsklinieke gedoen kan word. Sr. Lanie Lamprecht van die gesondheidkliniek in die Kalahariapteek het die belangrikheid van gesonde are beklemtoon en gesê hoë cholesterol en hoë bloeddruk moet gereeld opgevolg word. Susters Corlia le Roux en Elna

Die VLV is altyd op soek na nuwe lede. Hou gerus die Kuruman Bulletin se dagboek vir vergaderingdatums dop of skakel 083­557­2365 vir meer inligting. Joubert van drs. Vorster, Scheepers, Ellis en Cronjé het almal se bloeddruk gekontroleer en vingerpriktoetse vir bloedsuiker en

hemoglobien gedoen. ’n Paar lede was geskok oor hul lesing en het die volgende dag hul dokters gaan besoek. Aerocare is ’n nuwe ambulansdiens beskikbaar in die Kurumanomgewing en Schalk van Heerden, hoofbestuurder, het met die lede oor die noodsaaklikheid van vinnige optrede in ’n noodgeval gepraat. Rig navrae aan hom by 082-827-1888. Slegs ’n week ná die vergadering het ’n lid haar man met die ambulansdiens laat vervoer nadat hy ’n ernstige hartaanval gehad het. Die VLV is altyd op soek na nuwe lede. Hou gerus die Kuruman Bulletin se dagboek vir vergaderingdatums dop of skakel 083-557-2365 vir meer inligting.

Water plant wins award THE Anglo American business unit Kumba Iron Ore’s Kolomela Mine and Assmang’s Beeshoek Mine’s combined investment in the Postmasburg Wastewater Treatment Plant (WWTP) has led to a breakthrough in waste water management for the Northern Cape. The plant was not only rewarded with a national award for competence in works operation, but it also earned Green Drop status – the only municipality in this province to boast with this achievement. The Tsantsabane Local Municipality endorsed the work which made this achievement possible. Green Drop status is awarded to municipalities that comply with wastewater discharge standards 90% of the time, conduct efficient maintenance and manage their risks. The Department of Water Affairs launched the Green Drop programme in 2008 to improve wastewater operations in South Africa. The Water Institute of Southern Africa (WISA) presented the Postmasburg WWTP with a second place in the Wilson Award at its 2014 conference in Nelspruit. The award acknowledges the competence of the owner and works manager of a wastewater treatment works with a design capacity of up to 25 MF/ day. “This is no small achievement.

“Municipal staff mem­ bers were trained to operate the plant and we made improvements in the operations of the plant. Today the plant produces the best effluent quality in the Northern Cape.” – Trevor Balzer Your unwavering commitment is appreciated and sets a foundation for improved compliance and performance based management in water services delivery,” said Trevor Balzer, acting director general of the Department of Water Affairs, in a letter to the Tsantsabane Municipality. Criteria include the final effluent to be 90% compliant with authorisation standards for the past year. Adjudication is based on the efforts by the owner, works manager, operating efficiency, maintenance, laboratory control, development improvement, administration, safety and professionalism. “We are very proud of the plant which has maintained a 99% compliance record for the past two years. “This is an excellent example of shared value where public and private sector benefit. The

successful operation and maintenance is due to contributions by the Tsantsabane Municipality, the Department of Water Affairs, Kumba Iron Ore and Assmang Ltd. “In 2010 the plant was at standstill due to lack of maintenance. “This resulted in danger of contamination of boreholes used for drinking water. “Kumba and Assmang saw the importance of rectifying the situation and identified the possible health risks it posed. “They approached the local municipality to contribute to refurbishment of the plant, which could handle 2,4 MF/day. Water Affairs contributed through the government’s Regional Bulk Infrastructure Grant programme (RBIG) to double the capacity to 4,8 MF/ day. “Municipal staff members were trained to operate the plant and we made improvements in the operations of the plant. Today the plant produces the best effluent quality in the Northern Cape. Kumba and Assmang have demonstrated their commitment going beyond just their ordinary day-to-day business to promote sustainable development in the local area that benefit communities. This is an example of how mines can work with the private sector to achieve a common goal,” Balzer said.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Host a special Cuppa for Cansa Ilse Watson THE event Cuppa For Cansa is an opportunity to socialise with those you care about and to raise funds for a worthy cause at the same time. Attend a Cuppa as a guest or become a Cuppa host and gather your friends, family and colleagues together for your own Cuppa. It needn’t be tea – any beverage, hot or cold, will do. There are many ways to plan a Cuppa For Cansa event – do a corporate Cuppa at work or be a host and organise your own Cuppa. Cuppa For Cansa gives people the opportunity to go all out and be creative. Invite a cancer survivor as a guest. Choose a specific theme and serve pretty snacks. Here are some ideas for a special Cuppa tea function: ) Beautiful table setting: The best way of getting tables sold and to save on expenses is to get your friends, colleagues and/or family members together who are willing to play the table host. Each host then takes responsibility for selling tickets for her table; ) The host (and her friends) can decorate their table according to the theme or just go out all pink. ) Hold a competition for the most beautiful table. ) Hosts can also bring their own tableware and flowers – this will save on costs.

) Decorate your table with tea-cups and crockery that do not match – go all eclecting. ) Arrange sponsors for a few gifts for your winning categories, for instance the most beautiful table, the most beautiful and lovely food. Also try to get a special small gift for everyone attending the function. Are you or your company planning a special Cuppa For Cansa tea party? Then contact the Kalahari Bulletin at ilse.watson@volksblad.com – the paper would love to visit your tea party and publish your extraordinary work for the special cause of raising funds for cancer victims. For more information call 079-831-5579.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Drie uitgawes verseker sterk plaaslike nuus Ilse Watson VERSKEIE mistastings heers oor die Kalahari Bulletins wat elke Donderdag verskyn. Die redakteur bied graag die volgende verduideliking gegrond op voorblaaie van die onderskeie uitgawes wat op 18 September uitgereik is en wat 20 bladsye dik was. Elke week word drie verskillende uitgawes versprei – daar is ’n uitgawe vir Kathu (en sy omliggende dorpe), ene vir Upington en ene vir Kuruman. Die Kalahari Bulletins volg ’n spesifieke resep om elke week ’n voortreflike koerant vir sy lesers te skep. Die proses verloop só: ) Vir elke uitgawe is daar nét agt unieke bladsye beskikbaar. Dit beteken Kathu, Kuruman en Upington het elkeen agt unieke bladsye vir nuus van daardie dorp. ) Bladsye een en twee is elke koerant se unieke bladsye waarop harde nuus geplaas moet word. ) Bladsy drie is níé ’n unieke blad nie – dit staan as ’n deelblad bekend waarop sagter nuus verskyn. ) Bladsy vier is die hoofartikelbladsy met kommentaar en rubrieke van die koerant. ) Die laaste twee bladsye van elke koerant is unieke bladsye en daarop word sport- en skolenuus geplaas. ) Die ander vier unieke bladsye in die 18 September se koerant (vir Kathu, Kuruman en Upington) is bladsye 9, 10, 11 en 12. Die drie redakteurs van die verskillende Kalahari Bulletins kan op dié vier bladsye plaaslike, unieke nuus uit hul omgewing plaas. Wat word dan van al die ander bladsye in die koerant? ) Die ander bladsye (bekend as deelblaaie) word gelykop tussen die drie redakteurs verdeel. Dit maak dit moont-

Vroue bederf

OM vroue in die mynbedryf te vereer het Kumba Iron Ore twee vroue van die Sishen-myn met onder meer ’n oormaaksessie en vyfsterverblyf bederf. Die twee vroue, Amanda Plaatjies, ’n skoftoesighouer, en Memory Mouers, ’n masjienbediener, was baie in hul skik met hul pryse. Memory werk nou drie jaar by Kumba en Amanda reeds sewe jaar.

’n VOORBEELD van die drie Kalahari Bulletins wat elke Donderdag uitgereik word. lik om meer nuus van hul eie omgewing te plaas. Indien nog advertensies geplaas moet word of advertensies wegval, kan dit die ruimte vir nuusplasing beïnvloed. Dan word bykomende nuus na die Kalahari Bulletin se webblad – www.kalaharibulletin.co.za – gestuur. ) Nuus word ook op die Kalahari Bulletin se Facebookbladsy geplaas – www.facebook.com/kbulletin. Lesers moet kennis neem elke redakteur van die onderskeie Kalahari Bulletins doen hul bes om die nuuslading so regverdig moontlik na goeddunke te plaas. Dit is ongelukkig ’n gegewe dat nét soveel ruimte in die gedrukte koerant beskikbaar is.

SO lyk Amanda Plaatjies by die werk.

MEMORY MOUERS in haar werkklere.

MEMORY MOUERS (links) en Amanda Plaatjies nadat ’n span kundiges hulle onder hande gehad het. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

13

Aanlynleer bied meer moontlikhede Danie Keet

SOVEEL dinge gebeur deesdae in die virtuele omgewing dat jy soms oor al die moontlikhede verbyster staan. Volgens prof. Tom Park, uitvoerende hoof en direkteur van The Virtual Learning Platform (TVLP), kan virtuele mobiliteit kortliks omskryf word as die benutting van inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) om die beperkings wat deur plek en tyd op produktiwiteit geplaas word, uit die weg te ruim. “Virtuele mobiliteit het ’n groot verskil gemaak in die manier waarop ons banksake doen, reisreëlings tref en kaartjies vir vertonings bespreek. Al die aktiwiteite kan nou enige tyd van enige plek deur internetgekoppelde toerusting gedoen word. “Dit is dus ondenkbaar dat IKT nie ook op vaardigheidsontwikkeling ’n transformerende uitwerking sal hê nie,” verduidelik hy. Volgens Park is tradisionele vaardigheidsontwikkelingsprogramme aanbiedergegrond. Dit geskied wanneer die aanbieder beskikbaar is, terwyl die keuse van leerinhoude en die tempo van aanbieding ook deur die aanbieder bepaal word. “Die opleiding kan weens tyd en plek sekere mense uitsluit wat weens besige werkprogramme of geografiese verwyderdheid nie op die spesifieke datum by die plek van aanbieding kan wees nie. Hoewel die aanbieder-gegronde ontwikkelingsprogramme ook by wyse van sinchrone (intydse) tegnologiegesteunde leer, byvoorbeeld “webinaars” (’n webseminaar), onder-

neem kan word, bly die leertempo, leerinhoudkeuse en tyd van aanbieding vir die leerling grootliks ononderhandelbaar,” sê hy. Park glo aangesien asinchrone aanlynleergeleenthede die virtuele mobiliteit van mense verhoog, word opleiding inklusiewer, omdat tyd en plek geen rol speel nie. “ ’n Verskeidenheid van hoëgehalteaanlynkursusse deur erkende top- internasionale en nasionale vakkundiges kan deur mense wat op die mees afgeleë plekke in ’n verskeidenheid van tydsones woon, met behulp van persoonlike rekenaars, skootrekenaars, tabletrekenaars en die meeste selfone teen hul eie tempo gevolg word sonder om die werkplek te verlaat. Dit maak nie net professionele ontwikkeling meer tyd-ekonomies nie, maar lei ook tot groot besparings op reis- en verblyfkoste wat aanlynkursusse ’n toenemend aan-

treklike keuse maak,” sê Park. “Aangesien aanvanklike en selfs gevorderde kwalifikasies nie ’n werknemer volledig op die voortdurend veranderende beroepseise kan voorberei nie, het lewenslange leer deel van ’n suksesvolle professionele loopbaan geword. “Die kompleksiteit en eiesoortigheid van probleemomstandighede wat dikwels in die professionele werkomgewing ondervind word, maak geleenthede vir selfbestuurde leer (selfpaced learning) en leer op aanvraag (learning on demand) toenemend belangrik. “Aanlynkursusse bied die voordeel deelnemers kan gepaste opleidingsgeleenthede met hul dagboeke sinchroniseer en dus ontwikkelingsgeleenthede volgens persoonlike loopbaanbehoeftes kies pleks daarvan om aan ekstern gekose ontwikkelingsprogramme deel te

neem,” sê prof. Barney Jordaan van Maserumule Consulting. “Virtuele leerplatforms wat toegang tot verskeie relevante kursusse bied, voldoen ál meer aan die behoeftes. Leer kan dus plaasvind wanneer ’n behoefte aan inligting voorkom en nie eers wanneer die volgende kursus op punt A aangebied word nie,” verduidelik Jordaan. Park glo dat toegang tot aanlynkursusse nie deur die aantal beskikbare stoele in die opleidingslokaal bepaal word nie, bied ’n volhoubare oplossing vir die groter wordende wanbalans tussen die toenemende vraag na hoëgehalte- gevorderde onderwysgeleenthede en die huidige beperkte beskikbaarheid van vak- kundige opleiers en geskikte fisieke opleidingsgeriewe binne ’n redelike afstand van die werkplek. “Aanlyn-leer is nie net die verpakking van bestaande aanbiedergegronde kur-

susse in digitale formaat nie. Dit vereis nuwe denke oor wat doeltreffende leer is. Die jongste leerbestuurstelselsagteware (LBS) op virtuele leerplatforms bied aan kursusaanbieders die geleentheid om weg te beweeg van

net die verspreiding van inligting na die skep van ’n ryk leeromgewing. “Aanlynkursusse word saamgestel uit verskillende leeraktiwiteite en bronne. Forums word geskep vir deurlopende gesprekvoering met die aan-

bieder en medekursusgangers. Die kursusgangers het die volle duur van die kursus toegang tot die kursusaanbieder deur e-kommunikasie. “Omdat dit ’n dinamiese leeromgewing is, leer deelnemers

ook uit die kundigheid en ervaring van medekursusgangers. “Soos breëband-internetdienste ál bekostigbaarder en beskikbaarder word, word virtuele leer ’n ál aantrekliker keuse,” is Jordaan se mening.


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

CYCLISTS from several companies, mines and towns participated in the first annual mountain bike race du­ ring the Kumba Iron Ore Cycling Challenge. Johan Peens and Elizna Badenhorst completed the tough 25 km mountain bike trail.

Cycle race a success LEFT: Many cyclists participated in the Kumba Iron Ore Cycling Challenge in Kathu at the week­ end. The two days saw many feats of perserverence during the four respective races. Charles Mathewson won the first annual 25 km mountain bike race.

BAREND COETZEE, a well­known hand­propelled cyclist from Kathu, participated in the 105 km road race. Photos: Benneli Olivier Van der Walt

LEFT: The winning tandem bicycle team from Kathu. From the left are Christo Matthee, Pretorius Bezui­ denhout (acting general manager of Kumba Iron Ore) and Hennie Mat­ thee. Photo: Leon Van der Walt


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

EIENDOMME

KAMERS TE HUUR 3315

BEGRAFNISDIENSTE

TE HUUR 3205

1025

3600

IT/REKENAARS 3695

RiNico®computerkids benodig die dienste van verkieslik 'n gekwalifiseerde onderwyser/es of 'n persoon, wat lief is om met kinders te werk, om rekenaarklasse vir te gee in Kathu, Kuruman, Blackrock, Olifantshoek en omliggende areas. Persoon moet onmiddellik kan begin werk. Vereistes: Rekenaarvaardig en eie vervoer. Skakel Johan Erasmus by 082 894 2508 of faks CV na 086 585 8174 of e-pos na: ceo.rinico@mweb.co.za Sluitingsdatum: 3 Oktober 2014.

GESONDHEID & SKOONHEID

4205

ROOMS TO LET IN KURUMAN. Fully furnished. R3 200 p.m. Water and electricity included. Phone 084 923 8685 or 074 346 0205.

BETREKKINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

KD Bosiamang In die boedel van wyle Kgakololo David Bosiamang, identiteitsnommer 590725 5732 084, getroud binne gemeenskap van goedere met nagelate eggenote Lolo Lorain Bosiamang, identiteitsnommer 700409 0878 088, wat woonagtig was by Huis 1434, Maruping, Kuruman, boedelnommer 003356/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Mahikeng, en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 26 September 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

1430

NUWE 2014 *Selluliet-, vetvriesen smelttegnologie. *Noord Apteek, Boschstraat, Kuruman. 082 559 9455. Geen naalde of chirurgie! Saamwerkende 'dieet' ook beskikbaar. NEW 2014 * Cellulite and Fat Freeze and Melting Technology. *Noord Pharmacy, Boschstreet, Kuruman. 082 559 9455. No needles or surgery! Diet combo available.

BOEDELKENNISGEWINGS

TE KOOP 3201

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

PERSOONLIK 1460

RB Gasebonwe

HIERMEE GEE R & S MEUBELS kennis dat alle persone wat goedere ingebring het om te verkoop of om te herstel en dit nog nie afgehaal het nie, 30 dae het vanaf 12/09/2014 om die goedere te verwyder, anders sal die goedere verkoop word om sodanige koste te verhaal.

In die boedel van wyle Richard Bokaeng Gasebonwe, identiteitsnommer 440928 5477 088, met nagelate eggenote Kebonyetsala Gladys Gasebonwe, identiteitsnommer 510425 0290 082, in lewe van Huis no. 180, Kopanongstraat, Maruping, distrik Kuruman. Boedelnommer: 022487/2014 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 26 September 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

TE KOOP

KLERASIE 1615

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805

HUISE TE KOOP 3275

EIENDOMME GESOEK OM TE HUUR VAKANSIE & REIS

3305

AKKOMMODASIE 2635

Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goedgeruste koshuis vanaf 8 Des. 2014 tot 3 Jan. 2015. Sentraal geleë. Skakel 021 887 1583. VOERTUIE

TOEBEHORE & ONDERDELE & MODIFIKASIES 3001

CANOPY FOR NISSAN 1400 for sale: R1 500. Phone 083 388 0565 or 083 684 4009.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

B E T R E K K I N G S

KENNISGEWINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

VEILINGS

SOEK, KOOP, VERKOOP

TENDERS

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Vreemde goed wat oupas, oumas doen

V E I L I N G S

Elsona Steyn

PICKING OUT PERFORMANCE We make a point of recognising success.

SENIOR SPECIALIST: BUSINESS PROCESS FRAMEWORK, KUMBA IRON ORE, KOLOMELA MINE, NORTHERN CAPE BAND 6 Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. Kolomela embarked on implementing the Business Process Framework (BPF), an extensive work management system that aims at reducing variations and providing clarity through ensuring that the right work is performed at the right time and in the right way to deliver the required performance. The BPF theory states that when work is planned, scheduled and properly resourced ahead of execution, the desired outcome will be achieved more consistently and at lower cost. The BPF is further underpinned by the belief that an engaged workforce will be the most productive. You will be responsible for supporting the implementation of the BPF at the site in line with the approved implementation schedule, provide advice and coach the operations staff on the use of the BPF tools to support the execution of the site BPF strategy and address gaps in BPF implementation. Furthermore, you will implement improvements in the application of the BPF at the site, monitor the understanding and use of BPF, and intervene where departmental practices are not aligned with BPF methodology. To be successful, you must be in possession of a technical degree (Mechanical, Electrical, Industrial, Mining, Metallurgical, Chemical, Geology), experience in the implementation of operating models at a mine and practical experience in the mining industry (preferably open pit mining). Relevant project management experience and holistic knowledge of open pit iron ore mining, processing and logistics are essential, along with experience in identifying and implementing business improvement opportunities and projects at mines. An in-depth understanding of statistical tools, TOC principles and analysis would be advantageous. Ref: K710287 Grow your career with Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers before 6 October 2014 and following the links to tools/vacancies/job search, entering the above reference number/job title and continuing. Internal applicants can apply online via Eureka. Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 111437

OUPAS en oumas is vreemde gedaantes. Hulle laat kinders toe om op die tafel te klim en lekker in die sand met ouma se artikels te speel. Sodra Ma of Pa raas, tree die ouma tussenbeide. Sommige oumas wens daar was kleinkinders voordat daar kinders was. Oumas is gewoonlik vet, maar nie te vet om haar kleinkinders se skoenveters vas te maak nie. Hulle dra bril en kan hul tande en tandvleise uithaal. Wanneer hulle stories lees, slaan hulle nooit dele oor nie en hulle sal dieselfde storie oor en oor lees en al hul kleinkinders se vrae beantwoord. ’n Oupa is ’n oom-ouma. Hy gaan stap graag saam met sy kleinseuns en dan praat hulle oor hengel en sulke goeters. Hy leer hulle kettie skiet en sal ure met hulle op die trekker rondry, al brand die son warm op sy kaal kop. ’n Oupa sal sy veldhoed vir sy kleinkind leen en stuilhou wanneer hulle na mooi blare of wurms wil kyk. In die veld sal ’n oupa voorloop en met sy skoene spore uitskop sodat sy kleinkind nie in die dorings trap nie. ’n Oupa sal nooit vir sy kleinkind “Maak gou” sê nie. Soos wat hulle aanstap, vertel hy hulle van loof en eers wanneer hulle begryp dit is groen goed en nie kerkliedjies nie, dan vertel hy hulle van aalwyne en allerhande ander veldblomme en noem hulle op grootmens-name. Oupas gaan hurk met hul kleinkinders by poele, hou hul lyfies styf vas en laat hulle laag afbuk om die padda met die riet te terg. Oupas kerf vir kinders dun skyfies

vet beesbiltong met ’n knipmes. Oupa sê hy het dit by sy oupa geërf en skerp messe is nie speelgoed vir kinders nie. Kleinkinders mag dus kyk, maar mag nie vat nie. Oupas en oumas is oud. Hulle mag nie hardloop of woeste speletjies speel nie. Dit is goed genoeg wanneer hulle hul kleinkinders na die winkel toe kan bring waar die speel-speel-perdjie is en hulle baie geld met hulle saambring. Oupas en oumas is slimmer as Google en al het hulle nie iPads en Blackberries nie, kan hulle al hul kleinkinders se vrae beantwoord. Hulle weet ook nie lekker hoe om ’n SMS te stuur nie, maar hulle kan hul fone antwoord wanneer die kleinkinders plaas toe bel. ’n Mens moet net hard praat vir ingeval die sein nie goed is nie. Oumas brei slaapsokkies en mussies en leer haar kleindogters hekel en naaldwerk doen. Ouma en haar kleinkinders eet skelmpies Rolo en Smarties agter die toe kamerdeur en dit terwyl almal reeds tande geborsel het. Netnou al het ouma die matrassie langs haar en oupa se bed gegooi, groot, vet kussings langs die kante gepak sodat haar kleinkind nie afval nie. En as ouma dan later self bed toe gaan, plak sy sommer nog ’n soentjie op die slapende gesiggie van pure lekkerte en van pure blydskap. Wat enige kind, enige plek in die wêreld soek, is agting, deel-wees van liefde en aandag. En dít is presies ook wat oupas en oumas mild wil uitdeel.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

19

Cyclists flock to Kathu Benneli Olivier Van der Walt THE seventh annual Kumba Iron Ore Cycling Challenge was held in Kathu at the weekend. The event brought together families and cyclists from all over the country to participate in the fun-filled weekend. The Kumba Iron Ore Cycling Challenge is a national Classic race and a Cape Argus Pick n Pay Cycle Tour seeding event. There were 136 entries for the 105 km road bike race and 54 entries for the 50 km road bike race. Results for the 105 km road bike race: ) The overall winning team was the Westvaal BMC team. ) The overall (elite) men’s winners are Simphiwe Mhlakaza (first), Nico Thiart (second), Shaun-Nick Bester (third), Dusty Day (fourth), JC Nel (fifth), Tyler Day (sixth), Micheal Pretorius (seventh) and Dana Coetzee (eighth). ) The overall (elite) women’s winners are Anriette Schoeman (first), Sanet Coetzee (second) and Lantie Gricius (third). ) The elite men’s (23 to 29 years) winners are Simphiwe Mhlakaza (first), Shaun-Nick Bester (second) and Dusty Day (third). ) The elite women’s (19 to 29 years) winners are Sanet Coetzee (first), Danelle Steyn (second) and Yolandi Booysen (third). ) The u.23 winners are Nico Thiart (first), Charles Mathewson (second) and Reichen Kruger (third). ) The junior men’s (18 to 19 years) winners are Michael Pretorius (first) and Junior Smith (second). ) The veteran men’s (30 to 39

Soek eienaar FLOORS BYLEVELD (DAraadslid) is op soek na die eienaar van die Bybel. Die Bybel is in Breëstraat (agter Spur se diensstraat) opgetel. Dit is saam met vroueklere in die diensstraat gekry. Byleveld wil graag die Bybel aan die regmatige eienaar terugbesorg. Indien iemand die Bybel herken, kan Byleveld gekontak word. Die Bybel is vermoedelik uit iemand se huis gesteel, sê Byleveld.

THE women’s 105 km overall winners. From the left are Sanet Coetzee, Anriette Schoeman and Lantie Gricius. Photo: Leon van der Walt

THE overall 105 km road bike race winner, Simphiwe Mhlakaza.

Foto: Lecrecia Prins

Photo: Benneli Olivier Van der Walt

years) winners are Timothy Russell (first), Albertus Fourie (second) and Piggy de Jager (third). ) The veteran women’s (30 to 39 years) winners are Anriette Schoeman (first), Annemarie Flemming (second) and Carlie Venter (third). ) The veteran men’s (40 to 49 years) winners are Jacques Venter (first), Alfonzo Swanepoel (second) and Ben van der Linde (third). ) The veteran women’s (40 to 49 years) are Lantie Gricius (first), Desire Pansi (second) and Christine Becker (third). ) The veteran men’s (50+ years) are Francois du Toit (first), Joao Viljoen (second) and Bossie Boshoff (third). ) The veteran women’s (50+ years) are Erna du Toit (first), Ela Wessels (second) and Cecile Bray (third).

) The tandem men’s winners are Christo and Hennie Matthee. ) The tandem mixed team winners are Willem and Jeanne Vermaak. Results for the 50 km road bike race: ) The overall men’s winners are Rinaldo Kruger (first), Albert van Wyk (second) and Johan Liebenberg (third). ) The overall women’s winners are Heliette Lategan (first), Jorina du Toit (second) and Louise Swarts (third). ) The tandem mixed team winners are Hannes Smit and Muriel Richards. The Kumba Iron Ore Cycling Challenge organisers ensured that there was entertainment and exhibitors to suit everyone’s taste. There was a kiddies corner for the children and plenty of food stalls.

THE overall 50 km road bike race winner, Rinaldo Kruger. Photo: Leon van der Walt

Saterdag 27 September KANSA hou Saterdag ’n lentestap van 5 km tot 10 km. Dit begin omstreeks 06:30 by die Hoërskool Kalahari se Kala-lapa. Die inskrywings kos R20 per persoon of ’n skenking. Bel Riana Poolman vir meer inligting by 082-308-2067. Saterdag 4 Oktober Die Kuruman-posduifklub bied aan die einde van die 2014-wedvlugseisoen ’n spesiale wedvlug aan waaraan die duiweboere, asook die publiek, kan deelneem. Die publiek word genooi om duiwe uit die onderskeie vlieërs se hokke te benoem. Vir meer inligting bel Morney Oosthuizen by 084-267-9493, Johannes Visagie by 072-274-1612, Ans Burger by 073-236-0421 of Ampie Coetsee by 073-156-5535.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 SEPTEMBER 2014

Mountain bike race held Benneli Olivier Van der Walt THE first annual mountain bike race was held on 21 September during the Kumba Iron Ore Cycling Challenge. There were 52 entries for the 65 km race, and 84 entries for the 25 km race. ) 65 km race results: ( The overall men’s winners for the 65 km race were Bennie Coetzer (first), George Rautenbach (second) and Jeffrey Neethling (third). ( The overall women’s race winners were Erna du Toit (first), Heliette Lategan (second) and Danelle Steyn (third). ( The veteran men (40 to 49 years). The winners were Bennie Coetzer (first), Ernest Botha (second) and Alfonzo Swanepoel (third). ( The veteran (40 to 49 years) women’s winner was Heliette Lategan. ( The veteran men’s (50 years plus) winners were Bossie Boshoff (first), Kobus Lategan (second) and Christo Matthee (third). ( The sub-veteran men’s (30 to 39 years) winners were Timothy Russel (first), Pieter van Heerden (second) and Hendrik Pule (third). ( The junior men’s winner was Micheal Pretorius. ( The elite men’s (23 to 29 years) winners were George Rautenbach (first), Jeffrey Neethling (second) and Bernard Vermeulen (third). ( The elite women’s (23 to 29 years) winner is Erna du Toit.

)25 km race results: ( Overall men’s winners were Charles Mathewson (first), Dolf Engels (second) and Ernest Stonestreet (third). ( Overall winners were Lantie Gricius (first), Annelise Minders (second) and Karlien Venter (third). ( Junior men’s (u.16 years) winners were Danie Marais (first), Datlhotse Tsehtlo (second) and Ellic Louw (third). ( Development team winners were Innocent Dikaparo (first), Ditiro Kgobo (second) and Tshepo Mdwaqae (third). The organisers of the Kumba Iron Ore Cycling Challenge gave away a top of the line mountain bike during a race participant lucky draw. The winner was Pieter van Heerden.

PRETORIUS BEZUIDENHOUT (acting general manager of Kumba Iron Ore) with the 65 km overall men’s winners. From the left are Bezuidenhout, George Rautenbach, Bernard Vermeulen and Jeffrey Neethling. Photos: Leon van der Walt

LEFT: The 25 km women’s winners are from the left Lantie Gricius, Annelise Minders and Karlien Venter.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.