Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
Blik op blomme
9 OKTOBER 2014 GRATIS
Kuruman
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
DIE wenner van Kalahari Bulletin se blommefotokompetisie is Henk de Klerk met die besonderse foto. Hiermee wen De Klerk ’n geskenkbewys van Wakaberry in die Kalahari Mall in Upington. Blaai na bl. 6 om te sien watter foto die meeste likes op Facebook gekry het. Lesers kan nou foto’s van mensgemaakte strukture stuur na lizette.slabber@volksblad.com.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
Vat misdaad vas Ilse Watson DIE buurtwag van Kuruman is in volle gang, patrolleer elke aand die woongebiede en dorpstrate en dié aktiwiteite maak ’n groot verskil aan misdaad in Kuruman. Daar is 304 lede (gesinne) wat aan die buurtwag van Kuruman behoort en die getal groei steeds. NKS-sekuriteit en die buurtwag werk baie goed saam en maak seker dat reaksietye (wanneer daar ’n noodgeval by ’n huis of besigheid is) vinniger geskied en wanneer nodig word die Kuruman-polisie ontbied om die booswigte in hegtenis te neem. Die buurtwag het onlangs twee inhegtenisnemings met die hulp van vinnige optrede deur lede, asook vinnige reaksie van NKS-sekuriteit, gedoen. Vier verdagtes is vir diefstal uit ’n motor voor die Kalahari-supermark in Kuruman aangekeer. Lede van die buurtwag het die verdagtes met behulp van hul tweerigtingradio’s gevolg. Die polisie van Kuruman en NKS-sekuriteit het ook vinnig gereageer en die verdagtes kon in hegtenis geneem word. Op die hoek van Kareelaan en Dolemietstraat is verdagtes, wat in besit was van gesteelde bande, ook aangekeer. NKS-sekuriteit het die booswigte in hegtenis geneem en hulle na die polisiekantoor in Kuruman gebring. ’n Gesteelde handsak is ook ’n paar dae gelede gevind nadat twee verdagtes in ’n rooftog by die Naald-en-Hooimiedwinkel in Kuruman betrap is. Gedurende die jaagtog het die booswigte die handsak in ’n vlei agter Ben Niemand se perseel neergegooi. Statistieke toon dat misdaad beslis verminder net, maar steeds dink die
booswigte nuwe planne uit om in te breek of gewapende rooftogte te beplan. “Ons is opgewonde om te sien hoe lekker die Kuruman-buurtwag se lede saam met ons werk om misdaad te bekamp,” het Gonda Louw van NKS-sekuriteit gesê. Die buurtwag en NKS-sekuriteit se suksesse word aan lede se toewyding en gereelde patrollies toegeskryf. Die buurtwag van Kuruman vergader gereeld en nuwe projekte word begin om misdaad te bekamp. Gemeenskapslede moet op die volgende let: ) Sit jou waardevolle artikels soos jou handsak, skootrekenaar of kamera in jou motor se kattebak. Dit moet nie sigbaar wees nie. ) Ry met jou selfoon (ook nie sigbaar nie) in jou motor sodat jy kan bel indien jy in ’n noodsituasie kom. ) Sluit jou motor. Kapings is aan die orde van die dag. Moenie jou ruite vir enigiemand afdraai nie. ) Moenie met net ’n beursie en jou selfoon by winkelsentrums of enige ander gebied in Kuruman rondloop nie. Sit dit alles eerder in jou handsak of sak. ) Kry ’n radio by NKS-sekuriteit. Sy kantoor is in Fonteinstraat, Kuruman, geleë. ) Wees uiters paraat en op die uitkyk vir tekens wat die booswigte voor jou huis of besigheid laat. Die Kalahari Bulletin kan nie die tekens plaas nie, maar al die inligting kan by NKS-sekuriteit of die buurtwag verkry word. ) Sluit jou by die Kuruman-buurtwag aan. Rig navrae aan 079-253-0283.
Matiti sets good example AN Anglo American business unit, Kumba Iron Ore’s Kolomela Mine, has made history by producing the first entrepreneur to pay off his project loan in full and on time via its Small Business Development Centre. Maruping Matiti, the owner of a small construction company in Postmasburg, is the first entrepreneur who has accomplished this milestone. The project loan of approximately R100 000 was granted to support him with the execution of a tender that had been awarded to him by Assmang’s Beeshoek Mine. It entails the construction of a fence around a local school – the HTT Bidi Primary School. Maruping needed the money for petrol and his MARUPING MATITI Photo: Supplied employees’ salaries. He successfully completed the job on time and complied with the It is this good track record that opened terms and conditions of a project loan by the door for a second loan. paying it in full at the end of the project They specialise in general construction. or on the specified date. They receive regular projects from the The result was that he received an TFMC, Kolomela and Beeshoek Mines, but additional project to spray paint the fence. their main goal is to secure a fixed-term This time round he could fund the project contract to sustain the company. with the profit of the first project. Matiti and his wife, Mary, formally Matiti applied for funding for the first registered their company, Matisel 2 time from Anglo American’s Zimele last Construction and General Trading (Pty) year. Ltd in 2010. Since the inception date the They needed a vehicle to streamline the company grew rapidly due to all the new company’s operations and to expand the developments and business opportunities business. taking place in the Tsantsabane Municipal The application was successful, the Area. Zimele is Anglo American’s entercompany received its vehicle and Matiti prise development initiative to provide never skipped an instalment on the loan funding and support to previously disadsince it had been granted. vantaged people.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
3
ONS MENSE
’n PAAR van die koorlede van die Laerskool Kuruman is van links, voor: Palesa Matsobane, Dimpo Bogodile, David Bezuidenhout en Hayley van Wyk; agter: Dintle Sepalamelo, Meldine Mackriel, Matlogonolo Maleka en Joné van Zyl. Foto: Ilse Watson
Meldine se lewe ’n lied Ilse Watson BLOKFLUITE, viole, kitare, klaviere, koorafrigters en sangers. Dít is die musikale familie van Meldine Mackriel wat die koorafrigter van die Laerskool Kuruman is. Kalahari Bulletin het met Meldine gesels. Waar het jy grootgeword? Ek het in Kaapstad grootgeword en aan die Hoërskool Kleinvlei gematrikuleer. Ek was ’n lid van die skoolkoor en het ook in ons kerk, die Nuwe Apostoliese kerk, opgetree. Ek het in 2008 saam met ons kerkkoor na Duitsland en Londen getoer. Ons het ook die geleentheid gehad om saam met die bekende John Putter konserte aan te bied. Het jy ná skool musiek gestudeer? Nee. Musiek is my lewe en my hele familie is musikaal en my liefde vir musiek het daar posgevat. Wanneer het jy as koorafrigter by die Laerskool Kuruman begin werk? Ek, my man, Julian, en ons twee seuns, Darren (20) en Kelsey (13), het in 2009 na Kuruman verhuis. My man is ook ’n koorafrigter by ’n kerk in Kuruman en hy sing ook. Darren speel die blokfluit, orrel en trompet. Kelsey speel viool en blokfluit. Hoe kies jy jou koorlede? Hulle doen ’n oudisie. Alte, soprane en tweede soprane word gekies. Ek luister na leerling se stem en daarvolgens besluit ek wie deel van die koor gaan wees. Dit neem ’n fyn oor om na die verskillende stemme te luister. Die koor bestaan uit 60 lede. Hoe gereeld oefen die koor? Ons oefen gewoonlik twee keer per week, in etenstyd, maar wanneer ons ons vir ’n kompetisie voorberei, moet ons ekstra tyd vir oefen inwerk. Hoe besluit jy watter liedjies hulle tydens ’n optrede gaan sing? Ek kies meestal vrolike liedjies wat in Afrikaans, Engels en ook Tswana gesing word. Wanneer ons by ’n kerk optree, fokus ons op godsdienstige liedere.
Hoe voel dit as die koor op koorkompetisies presteer? Dit is baie lekker en dit voel asof die harde werk vrugte afgewerp het. Dit is vir my ook die lekkerste as die kinders dit geniet en as hulle met oorgawe sing. Watter prestasies het die koor behaal? Ons het die eerste keer in 2010 aan ’n nasionale koorkompetisie deelgeneem en ’n vyfde plek behaal. So het ons al op ander nasionale kompetisies ’n tweede, derde en vierde plek behaal. Watter stokperdjies beoefen jy? Ek sing op troues en begrafnisse en op ander gesellighede as ek gevra word om dit te doen. Ek lees graag en hou van koek bak. Ek en Kelsey toets gedurig nuwe resepte. Wat lê vir die koor voor? Op 7 Desember gaan ons ’n Kersfeeskonsert by die Oog in Kuruman hou. Almal is welkom om dié konsert by te woon.
DIE Laerskool Kuruman se koor.
Foto: Verskaf
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
Be vigilant of abuse WITH the recent shocking exposé on child abuse at day-care centres, parents across the country must ask themselves if their children are truly safe during the day. Corporal punishment is illegal in South African schools, yet unfortunately, instances of this behaviour still occur. Although corporal punishment is still legal in the home, parents and caregivers must ensure that the punishment does not spiral into child abuse. Many cases of serious child abuse are the result of discipline gone wrong and a parent who went too far. While these cases can clearly be defined as assault, there is evidence that the fact that corporal punishment is still legal in the home, contributes significantly to serious and even fatal abuse of children at the hands of their parents or caregivers. And in some extreme cases this destructive behaviour translates into the disciplinary behaviour of caregivers and teachers at day-care centres. Parents must be vigilant to the conditions at the day-care centre where they leave their children. Often young children cannot report the abuse, due to their young age. It is paramount that parents regularly check their children for suspicious bruises, and pay attention to allegations of abuse made by their children. Parents at a day-care centre should also communicate with each other if there are suspicions of abuse at the day-care centre.
Be sure that the day-care centre is an accredited school. With an unaccredited day-care centre, there are no regulations to keep children safe. Don’t hesitate to communicate any concerns with regards to dicipline at school to the principal. The only way that steps can be taken to ensure a child’s safety, is if everyone involved (parents, teachers and the principal) are aware of possible abusive behaviour. Parents have the right to view security videos taken in their children’s classes if they suspect abuse at school. Child abuse or bullying can also occur between children, and is just as important to detect and stop. Discipline is necessary in day-care centres, but must never be used as an excuse for abuse. There is no plausible reason why a teacher or caregiver should ever physically or emotionally abuse a toddler. It is vital to ensure that there is constant supervision at a child’s school. It is unsafe and unacceptable to leave toddlers unattended in a classroom situation. There must also be strict access control at a day-care centre. Proper fencing and identification must be in place to ensure the learners’ safety. It is unfortunate that so many caring day-care teachers and principals must now face scrutiny due to the appaling behaviour of others, but in the fight against abuse, one can never be too careful.
Gebruik tyd goed Hannes Noëth DIE matriekafskeid is vir matrieks van oor die land heen ’n spesiale geleentheid. Die voorbereiding vir so ’n geselligheid is dus nogal ’n proses. Sommige matrikulante is makliker om tevrede te stel as ander. Diegene wat moeilik is, se pa’s en ma’s word sommer binne ’n jaar grys. Wanneer die aand aanbreek, is almal gereed, lyk hulle mooi en is elke pa en ma sekerlik die trotsste op hul eie kind. ’n Matriekafskeid bring altyd ook baie herinnerings mee. Dit is wonderlik hoe kinders voor ’n mens se oë grootword en ontwikkel. Die een dag leer jy hulle nog tel en die alfabet sing en kort voor lank moet jy matriekafskeidsklere soek. Dit is in kinders wat ons die tyd kan sien verbygaan. ’n Mens fokus dag ná dag op jou werk en jy kom nie eens agter dit gebeur nie. Praat jy met bejaardes, sê hulle 70 of 80 jaar is verby soos ’n gedagte – in ’n
oogwink. Sekere geleenthede, soos ’n matriekafskeid, herinner ’n mens daaraan dat jy ouer word, dat dinge vorentoe gaan, dat die tyd nie stilstaan nie, maar op sigself pla dit nie eintlik dat die tyd verbygaan nie. Dit is goed. Dinge kan nie altyd dieselfde bly nie, verandering moet plaasvind. Daar moet beweging wees. Wat wel pla, is indien jy die tyd nie goed benut nie. As jy die tyd laat verbygaan sonder dat jy dit doeltreffend gebruik het en daardeur ontwikkel het. Kyk jy na die pragtige kinders op die matriekafskeid, weet jy ’n hele lewe lê voor, maar niemand weet hoe lank en presies hoe dit gaan verloop nie. ’n Mens kan maar net vertrou hulle sal leer om hul tyd goed te gebruik, elke geleentheid raak te sien en aan te gryp.
Eie aan die Kalahari EEN van die Kalahari se eiesoortige karaktertrekke is sy kameeldoringbome. Hulle pryk oral ook op rooi duine. Die boom kan 300 jaar oud word, het penwortels wat tot 60 m diep groei en die boom kan tot 16 m hoog groei. Die sade van peule kan dekades in die sand oorleef. Die peule is baie voedsaam en word graag deur wild en vee gevreet. Digby Kathu is ’n woud van kameeldoringbome wat in 1995 as ’n nasionale natuurerfenisge bied verklaar is. Foto: Ilse Watson
Dié reünies lekkerste Lizette Slabber OM jou eie reünie by te woon kan net lekker wees, maar om jou man se reünie by te woon is om die minste te sê ietwat van ’n uitdaging. Om die gade op die reünie te wees het die potensiaal om tot ’n aaklige aand te lei. Jy word oorgelaat aan eindelose onthou-jy-nog-stories waarvan jy nie een kan onthou nie, want jy was nie daar nie. Jy moet ’n magdom name en gesigte onthou, byname by name en aangetroude vanne by nooiensvanne probeer pas sonder die gerief van ’n gedeelde verlede. Daarom het ek op ons tienjaarreünies voorgestel ek en my man woon ons onderskeie gesellighede alleen by. Want dan sou ek my kon oorgee aan ’n smorgasbord van
staaltjies en lekker kuier sonder om my te bekommer of my man ook die aand geniet. Die 20-jaar-reünies was egter ’n ander saak. Ons het besluit om mekaar se reünies by te woon. Waar ek omtrent die slapies afgetel het na my reünie toe was ek nogal paniekbevange oor my man s’n. My reünie was heerlik, maar ek moet erken ek het by tye vergeet ek het ’n man en net so elke nou en dan gaan seker maak hy word nie mal van verveling nie. Ek dink egter dat hy saam met my om 02:00 by my ma-hulle se meenthuis in die ouetehuis in Harrismith ingesluip het, is ’n teken dat hy dit wel geniet het.
Ek was seker sy reünie sou sleg afsteek, maar ek moet erken: Ek is verkeerd bewys. Die 1994-matriekklas van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas is ’n aangename klomp mense. Nie net het ons heerlik gekuier nie, maar hulle was vol lof vir die klein dorpskool waaraan hulle skoolgegaan het. Om in ’n dorp groot te word is werklik ’n voorreg en om in ’n klein skooltjie skool te gaan beteken jy ken almal, stel in almal belang en dra almal se belange op die hart. Dit is in die klein skooltjies waar die hegste vriendskappe gesmee word en wat na die allerlekkerste reünies lei. Ek kan nie wag vir my en sy 30-jaar-reünies nie. Dan kan ons weer kompeteer en kyk wie se kleindorpie-reünie is die lekkerste.
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes.
10/31
12/31
12/30
9/31
11/31
12/30
9/30
9/29
10/31
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
Wynkelder met goud vereer ORANGE RIVER CELLARS het vanjaar werklik ’n groot slag in wynkompetisies geslaan. Op verlede week se Veritas-wyntoekenningsgeleentheid, die grootste en glansrykste wynkompetisie in die land, het die kelder weggestap met ’n goue medalje vir sy Colombard 2014. Almal was dit eens dat vanjaar se Veritas, wat sowat 1 800 inskrywings gelok het, die mededingste was in jare, met die beoordelaars wat besonder suinig met die uitdeel van goue en dubbelgoue medaljes was. Vir Orange River Cellars is hierdie ’n besonderse prestasie aangesien hy nog nie hierdie vlak van nasionale erkenning vir tafelwyne gekry het nie,
hoewel die kelders se gefortifiseerde muskadels en jerepiko’s gereeld die medaljes inryg. “ ’n Goue medalje vir ’n tafelwyn, waar jy jou onder die bestes van die land bevind, is ’n uitstekende prestasie en lui ’n nuwe era vir Orange River Cellars se wyne in,” meen Koos Visser, die kelders se bemarkingsbestuurder. “Ondanks die geografiese uitdagings verbonde aan die maak van premie wyn in hierdie streek, het die produsente, wingerdboukundiges en wynmakers gewys dat hulle kans sien vir enigiets,” sê Visser. “En hierdie jaar het hulle behoorlik gewys waartoe ons as een wyneenheid in staat is. Om daardie Colombard van ons te laat pronk voor ’n span
wêreld-wynkenners is van groot betekenis en ek kan almal verseker dat die internasionale en nasionale wynmarkte nou met nuwe oë na Orange River Cellars kyk.” Colombard is een van die hoofdruifkultivars in die streek en die klimaat en vrugbare riviergrond bring die beste karakters daarin na vore. Met die die afgelope dekade se insette van Orange River Cellars se span wingerdboukundiges, die kundigheid van die wynmakers en die gebruik van tegnologie om onder
meer pH-verstellings te doen het die gehalte van die Colombard ’n nuwe dimensie bereik. Volgens Visser het die ideale groeitoestande van 2013 ook hierin ’n rol gespeel. “Ons wynstreek het ’n baie koue winter ervaar en die rypseisoen was langer as gewoonlik wat die druiwe se geure mooi kans gegee het om egalig en in balans te ontwikkel,” sê hy. “Parstyd was twee weke later as gewoonlik, en reeds aan die beginfases van die wyn se ontwikkeling was die wynmakers dit eens dat hier ’n buitengewone oesjaar ter sprake is. Dit is vir ons van groot waarde dat die Veritas-eerbewys ons reg bewys het.” Van nou af sal die Orange River
Cellars Colombard 2014 met ’n Goue Veritas-plakkertjie kan pronk, en volgens Visser sal verbruikers met nuwe oë na hierdie wyn kyk. “Die feit dat ons 800 km van die tradisionele wynland van die Kaap geleë is beteken dat Orange River Cellars hard moet werk om ons beeld as ’n gehalte gebied in die oë van die verbruiker te bevestig,” sê hy. “Deur die jare het die wynverbruiker egter geleer om die Veritas-aanbevelings te vertrou, so die hele wynbedryf langs die Oranjerivier gaan deur ons goue medalje baat vind. “En ja, dit is die eerste van vele. Soos die Engelsman sê: Watch this space.”
FOTOKOMPETISIE
ROY WALSH het dié indrukwekkende foto ingeskryf.
Stuur nou jou foto’s
FREDDIE ACKERMANN het die foto van die vervalle gebou gestuur.
Lizette Slabber
FRIKKIE STRAUSS het dié foto van die Paternostervuurtoring ge stuur.
DIE wenfoto in die blomme-fotokompetisie is deur Henk de Klerk geneem. Hiermee wen hy ’n geskenkbewys van Wakaberry in die Kalahari Mall. En die eerste keer in die fotokompetisie het dieselfde foto ook die meeste likes op Facebook ontvang. Dus wen Henk se foto ook ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Almal word nou genooi om hul mooiste foto’s van mensgemaakte strukture na die Kalahari Bulletin te stuur. Die kompetisie sluit op 30 Oktober. Foto’s van enige strukture soos treinspore, treine, torings, geboue, brûe, kerke, ensovoorts kan ingestuur word. Die fotograaf van die wenfoto wen elke maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die 12 wenners van die jaar gaan ’n kans staan om ’n naweek weg te wen. Die foto’s moet groter as 500 KB en 300 dpi wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf.
FREDDIE ACKERMANN het die foto van die treinspore gestuur.
ROY WALSH het dié mooi foto met lesers van die Kalahari Bulletin gedeel.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
IEMASopen
Accounts are Jacobs Krönung Instant or Mild Coffee 200g (Excluding Decaf)
90 SAVE 7
26
90
SAVE R20
79
90 Each
BUY 2 FOR
SAVE R11
SAVE R21
34
90
47
R
Each
SAVE R4
22 29 70
Nestlé Country Fresh Ice Cream Assorted 2 Litre
Stork Country Spread Medium Fat Spread 1kg Tub
SAVE R6
90
Huletts White Sugar 2.5kg
SAVE R26
39
90
SAVE R4
13
R
Each
White Star Super Maize Meal 5kg
Dairy Princess Creamy Cheese Wedges 125g
BUY BOTH FOR
30
R
+
SAVE R6
42
90
Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Liquid Detergent Capsules 14s
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
Twinsaver 2-Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
BUY 3 FOR
SAVE 3.60
20
R
PnP Washed Potatoes 2kg and Onions 2kg
PnP Carrots 1kg
SAVE R10
56
FRESH
R
Per kg
Sponsored by
Ultimate Braai Master Boerewors
SAVE R6
38
SAVE 12.95
R
35
R
Uncooked Marinated Chicken Flattie (BBQ, Lemon and Herb or Peri-Peri) Per kg
Selected products on this page have been styled for photography
PnP 4 Thighs and 4 Drumsticks Per kg
We shop around, so you don’t have to.
HOW IT WORKS:
STEP 1: Each week, we check the prices of one thousand branded products against other supermarkets. Even when they’re on special.
STEP 2: We compare the total cost of the price-checked products in your *basket against those other supermarkets to see if they would have cost less. *Purchase 10 different barcoded items to qualify. STEP 3: If the total cost of those price-checked products would have been less at the time of the price check, we’ll instantly give you a cash-off coupon** for the difference to use on your next shop. **Max value R50.
See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch Se
PRICES VALID 7 - 12 OCTOBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS ONLY In Free State, North West, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop
Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1189158_390x198
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
Jurie sal rus as God sê hy kan
Denkers byeen oor landbou
Benneli Olivier Van der Walt
JURIE PIETERS (48) het Kathu op 3 Oktober tydens sy 16 000 km-“geloofstap” besoek. Pieters is verlede jaar met breinkanker gediagnoseer en sy prognose was nie goed nie. “Dit was ’n baie donker tyd in my lewe. Ek wou selfmoord pleeg. Dit is toe dat ek besluit het om dan eerder iets vir die Here te doen en begin toe stap om God se boodskap te versprei.” Pieters is ’n voormalige restaurant-eienaar van Franschhoek, maar het sy restaurant vyf jaar gelede toegemaak toe hy sy vrou en tweelingdogters in ’n motorongeluk verloor het. Hy het op 7 September verlede jaar begin stap en sal ophou “wanneer die Here vir my sê ek kan maar rus”. Hy het sy tog met slegs R150 en sy rugsak begin. “Ek dra net my Bybel, slaapsak, tent en klere by my.” Pieters se rugsak weeg ongeveer 40 kg en is ’n ou stapvriend. Hy is slegs een keer naby Worcester beroof en het verder geen probleme op die pad ondervind nie. “God voorsien. Ek het nog altyd ’n veilige plek gehad om te slaap, genoeg gehad om te eet en te drink en geleenthede gehad om sy Woord te versprei.” Pieters is op pad Springbok toe en wil probeer om om die hele kuslyn van SuidAfrika te stap. Pieters is vol lof vir die mense van Kathu. “Die plek is ’n juweel. Die mense hier is lief vir hul dorp en mekaar.” Hy gesels maklik met mense en deel graag sy lewenservaringe. “ ’n Mens moet net positief bly. Maak nie saak wat die lewe na jou kant toe gooi nie, met die Here se krag sal jy daardeur kom. Sonder Hom is ’n mens niks.”
JURIE PIETERS is besig met ’n 16 000 km“geloofstap” deur SuidAfrika.
Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Oudspelers byeen André Botha ’n GROOT reünie vir alle voormalige én huidige Griekwa-rugbyspelers en ook alle beamptes en keurders word vir 2015 beplan. Dit word gereël deur André Gerber wat in die laat 1970’s en vroeë 1980’s een van die Griekwas se groot uitblinkers was. Gerber sê die reünie word vir die naweek van 25 en 26 September 2015 beplan. “Ek hoop om dit met ’n Griekwa-tuiswedstryd te laat saamval.” Alle spelers wat minstens een wedstryd vir die Griekwas gespeel het, word na die reünie genooi. Alle beamptes, amptenare, keurders en noodhulppersoneellede wat by wedstryde diens gedoen het, word ook ingesluit. Die moontlikheid bestaan dat die manneaand wat deel van die reünie gaan wees, op die TV-program Toks en Tjops gebeeldsend sal word. In die stadium word tussen 300 en 400 huidige en voormalige spelers verwag. Vir meer inligting bel Gerber by 073-6364763.
TALLE belanghebbendes sal einde Oktober in Bloemfontein bymekaarkom met een doel voor oë – om ’n oplossing vir die landbou-aangeleenthede in Suid-Afrika te kry. Landbouweekblad, in samewerking met Volksblad, bied op 30 en 31 Oktober ’n landboukonferensie met die tema Oplossing vir die landbou by die Universiteit van die Vrystaat (UV) aan. Van die skerpste denkers in die landbou, die sake- en sportwêreld kom twee dae bymekaar om te praat, te debatteer en te besin oor waar die antwoorde lê vir ’n bedryf wat oor die afgelope 20 jaar ’n drastiese afname in boeregetalle gesien het. “Al het ons van die beste boere ter wêreld, het hul getalle van omtrent 120 000 in die 1980’s tot sowat 35 000 verminder,” sê Chris Burgess, Landbouweekblad se hoofredakteur. Boere kan kom leer van sakelui wat in vandag se omstandighede gedy.” Onderwerpe sluit in grondhervorming, energie, grondbewaring en -bewerking, beesboerdery en tydsbestuur. Sprekers soos Louis van der Watt, wild-en-beesboer en stigter van die Atterbury-groep, en die voormalige Springbokafrigter en bestuurskenner Nick Mallett sal hul kennis met konferensiegangers deel. Uit boerderygeledere is daar Charl Senekal, Suid-Afrika se grootste suikerrietboer en energie-pionier, Vito Rugani, die land se grootste wortelboer en arbeidspesialis, en Anthony Muirhead, die vader van minimum bewerking in Suid-Afrika. Gerrit van Zyl, rubriekskrywer van Landbouweekblad, kom vertel hoekom hy as een van die land se voorste beesboere beskou word. Theo de Jager, Agri SA se ondervoorsitter en die dryfkrag agter die landbou se grondplanne, kom doen ook verslag oor hoe boere sake oor grond behoort te benader. Wetenskaplike bydraes sluit in dié van die topveekundige dr. Michael Bradfield, Rikus Kloppers, voorste plantpatoloog van Pannar, Stephanus Malherbe, die jong laboratoriumhoof van ZZ2, en Adriaan Dreyer van SGS NviroCrop, ’n baanbreker in minimum bewerking in die westelike saaigebiede. Woolworths se Kobus Pienaar sal kom gesels oor dié supermarkreus se benadering tot volhoubare landbou en Harold Burgess van die Dawn Energiegroep sal kom vertel hoe jy energiedoeltreffend kan boer sonder om ’n sonpaneel aan te bring. Dit kos R1 710 per persoon en 15%-korting word vir groepbesprekings van 20 of meer mense gegee. Verblyf kan deur Landbouweekblad se reisklub gereël word by 011-886-9545 of landbou@megatrav.co.za. Kontak Patricia Potgieter vir plekbespreking of vir meer inligting by 021-406-2298 of ppotgiet@landbou.com.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
) LIME ACRES FOOD FESTIVAL on Saturday, 8 November. Running and mountain bike races will take place at the Bonza Game Farm, Lime Acres. The 15 km and 30 km cycling races will commence at 08:00. The 5 km and 10 km running races will commence at 08:30. For more information contact Elmarie Johnson on 082-442-7575. Food demonstration: Cooking with chocolate. Limited seats available. It takes place from 11:00 to 14:00. Cost per person is R100. For more information contact Cecile van Schalkwyk on 082-928-3248. There will also be a craft and flea market. Cost of stalls are R150 per stall. For more information contact Georgenie Acker on 082-737-2832. ) Postmasburg-ysterfees word op die skolesportterreine aangebied. Die fees vind op 31 Oktober en 1 November plaas. Dit is ’n bees van ’n fees. Die hekke open daagliks om 10:00. Pretlope en ’n halfmarathon word aangebied – bel Johan Posthumus by 084-979-2918. Daar is ook ’n verfbalbaan, springkastele, narre en gesigverf, ponieritte, stalletjies en nog vele meer. ) Liewe ouer, het jy geweet 78% van alle kinders wat regterbrein-dominant is, het leerprobleme; minder as 1% van professionele mense besef linkeroog-dominante kinders kan nie detail sien nie; emosioneel sensitiewe kinders onderpresteer dikwels weens oormatige kortisol en nie noodwendig weens kognitiewe vermoëns nie; kinders verloor soms konsentrasie nie weens aandagafleibaarheid nie, maar weens moegheid en suikervlakke wat daal; 80% van kinders wat ADHD het, het nooit
geleer konsentreer nie; navorsing wys kinders wat uitstel van bevrediging kan toepas, is suksesvolker is as kinders wat dit nooit geleer het nie; kennis oor wie jou kind is – liggaam, siel en gees – stel jou in staat om elke kind anders te hanteer, te leer en te dissiplineer? Kom vind meer hieroor uit op die Hoërskool Kalahari se ma-en-dogter-oggendteeparty. Die teeparty vind op 18 Oktober om 09:30 plaas. Arlette Burger is die gasspreker. Sy het ’n meestersgraad in spelterapie en het vier jaar lank in verskeie oorsese lande met kinders gewerk. Sy het nou haar eie private praktyk waar sy al meer as 3 000 kinders geëvalueer het en ook ’n magdom ouerbegeleidingskursusse aangebied het. Temas waaraan sy aandag sal gee op die oggendsessie sluit in: Ouerbegeleiding teenoor terapie, Breindominasie, Genetiese dominasie, Genadegawes, Taal van liefde, Neuro-baan, Neurone, Driedimensioneel, Verantwoordelikheid, Paradigmaskuif, Dissipline, Beheer en keuses, Uitstel van bevrediging en Aandagafleibaarheid. Dit kos R80 per persoon of bespreek ’n tafel vir tien mense. Vir kaartjies bel Tanya Aucamp by 078-1780908. ) Om ’n besonderse handgemaakte geskenk aan ’n geliefde of vriend vir Kersfees te gee is altyd spesiaal. Só ’n spesiale mark word vir Desember beplan. Die Kersmark sal van 3 tot 6 Desember in Kuruman gehou word. Entrepreneurs van die Noord-Kaap wat handgemaakte produkte van gehalte lewer en wat graag met hul produkte aan die Kersmark wil deelneem, kan Marda Oosthuysen by 082-826-1419 bel of ’n e-pos aan haar stuur by bnmarda@xsinet.co.za. Dié Kersmark is beslis ’n geleentheid wat mense nie moet misloop nie. Dit gaan ’n genotvolle gekuier wees en terselfdertyd kan mense al die handgemaakte ware bewonder en dalk koop.
Host Cuppa for Cansa Ilse Watson THE Cuppa for Cansa event is an opportunity to socialise with those you care about and to raise funds for a worthy cause at the same time. Attend a Cuppa as guest or become a Cuppa host and gather your friends, family and colleagues for your own Cuppa. It needn’t be tea – any beverage, hot or cold, will do. There are many ways to plan a Cuppa for Cansa event. Do a corporate Cuppa at work or be a host and organise your own Cuppa. A Cuppa for Cansa gives people the opportunity to go all out and be creative. Invite a cancer survivor as a guest. Choose a specific theme and serve delightful snacks. Here are some ideas for a special Cuppa tea function: ) Beautiful table setting: The best way of getting tables sold and to save on expenses is to get friends, colleagues and/or family members together who are willing to play the table host. Each host takes responsibility for selling tickets for her table. The host (and her friends) can decorate their table according to the theme or just go all-out pink.
) Hold a competition for the most beautifully laid table: Hosts can bring their own tableware and flowers and save on costs. Decorate your table with tea cups and crockery that do not match. Arrange sponsors for a few gifts for your winning categories, for instance the most beautifully laid table and lovely food. Also try to get a special gift for everyone attending the function. Are you or your company planning a Cuppa for Cansa tea party? Contact the Kalahari Bulletin at ilse.watson@volksblad.com. The paper would love to visit your party and publish your work for the cause of raising funds for cancer victims.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
MATRIEKAFSKEID 2014: HOËRSKOOL KALAHARI
Matriek-mooi
GERT FOURIE en Johrieta Naudé het nie net pragtig gelyk op hul matriekafskeid nie, maar was ook dapper genoeg om met ’n ongewone vervoermiddel by die Moffatmuseum in Kuruman aan te kom. Foto’s: Ilse Watson Ilse Watson DIE Hoërskool Kalahari in Kuruman het verlede Woensdagaand sy matriekafskeid vir die 2014-matrieks in die skoolsaal gehou. Die matriekafskeid is seker een van dié hoogtepunte van die jaar vir enige gr.12leerling. Dit is wanneer hulle die kans kry om te pronk in hul spogklere. Verskeie matrikulante het vir die neem van spesiale foto’s by die Moffat-museum in Kuruman bymekaargekom. En natuurlik moes daar met ’n spogmotor (of motorfiets) na die skoolsaal toe gery word. Daar het hulle ’n smaaklike ete genuttig en gesellig saam met klasmaats gekuier. En soos die tradisie is, is erêns in Kuruman ’n after party gehou. Die tema vir die aand was Winter-wonderland. “Ons is voorwaar opgewonde oor die spesiale dag in ons kinders se lewe en is baie trots op hoe mooi hulle lyk,” het die ouers van Keamogetse Magopedi en Oratile Selebogo gesê.
TAYLA BOTHA in haar kleurige pienk rok saam met Albert Victor was een van die paartjies wat voor die matriek afskeid die Moffatmuseum aange doen het vir ’n spogfoto.
TUSSEN die Kalaharigras en kameeldoringbome by die Moffatmuse um in Kuruman het Oratile Selebogo en Keamogetse Mogopedi mooi vir hul foto geposeer.
IN ’n asembenemende rok was Mareli se van Niekerk, ’n matrikulant aan die Hoërskool Kalahari in Kuruman reg, vir die matriekafskeid. “Ek wil in die pragti ge, ou kerk trou,” het sy van die klein kerkie by die Moffatmuseum gesê.
FRITZ ODENDAAL en Eunice de Beer staan by ’n statige kameeldoringboom by die Moffatmuseum in Kuruman. “Ek is opgewonde en kan nie wag vir va naand se geselligheid nie,” het Eunice gesê. “Dit is ’n gepaste manier om die matriekjaar mee af te sluit,” was Fritz se mening.
vriende gemaak het, dit is hier waar jy die belangrikste lewenslesse geleer het en dit is hier waar jy tot ’n verstandige mens gevorm is. Sluit dus jou skoolloopbaan met ’n blye en positiewe gemoed af. Gr. 12’s, die einde is byna in sig, julle het die reis amper voltooi. Tog weet ons almal dat jou toekomsboot-
jie nie noodwendig in kalm water gaan vaar nie. Hou vas aan die waardes wat jy tuis geleer het, vertrou op die Stuurman van jou skip en wees lojaal teenoor jou medepassasiers. Hê vertroue in jouself, maar ook in ander mense. Die reis strek onbekend voor julle uit, maar dit is belangrik om die uitdaging en avontuur met entoesiasme te takel. William Ernest Henley sê in sy gedig Invictus: It matters not how strait the gate, how charged with punishments the scroll. I am the master of my fate. I am the captain of my soul. Om ’n keuse te maak word egter maklik wanneer ons sê: God is the Master of my fate and the Captain of my soul.
Skoolreis nader eindpunt Elsona Steyn MATRIKULANTE oor die land heen neem die afgelope tyd van hul onderskeie skole afskeid. Aan die een kant is daar die gebruiklike prysuitdeling, matriekafskeid en onderwysers wat vir oulaas ’n laaste bietjie kennis met die leerlinge wil deel. En aan die ander kant staan jy, die matrikulant. Jy wat tot siens moet sê aan ’n hele proses wat 12 jaar geduur het. Skielik moet jy laat los en die vaste fondament word onder jou uitgeruk – die naelstring word geknip – jy is nou ’n volwassene. Skielik besef jy skoolgaan het al so diep onder jou vel ingeklim dat jy moeilik daarsonder sal kan klaarkom. Dit is hier waar jy
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
11
Fotograwe moet flink met foto’s wees Ilse Watson DIE fotografieklub van Kathu hou op 11 en 12 Oktober ’n fotoren-kompetisie. Die fotoren bestaan uit tien kategorieë en deelnemers moet hul foto’s in die twee dae wat die kompetisie gehou word, neem. Fotograwe van Kathu, Kuruman, Hotazel, Blackrock, Deben en Olifantshoek kan hieraan deelneem. Om deel te neem stuur ’n e-pos aan Susan Myburgh by gogga.myburgh@gmail.com. Saterdagoggend word die lys van afdelings en die reëls van die kompetisie aan jou gestuur. Die reëls van die kompetisie is: ) Die foto’s moet jou eie werk wees en jy moet die foto self neem. Foto’s van die internet word nie toegelaat. ) Die foto’s moet op 11 en 12 Oktober geneem word. ) Stel jou kamera dat die tyd en datum op die menu van jou kamera verskyn, maar dit mag nie op die foto wees nie. Sodoende kan Susan vasstel wanneer jy die foto geneem het. ) Aangesien die kompetisie elektronies is, kan jy selfs deelneem al is jy uitstedig. ) Die foto’s mag nie groter as 500 kb wees nie. Jy kan enige kamera gebruik. ) Jou foto’s moet op 19 Oktober ingedien word. Wenners word einde Oktober aangekondig. ) Die foto’s word deur Susan en Hugo Myburg beoordeel. ) Die fotograaf se foto’s wat die meeste punte verdien, word as die wenner in elke kategorie aangewys. ) Daar is ’n prys vir elke wenner (fotograaf met die meeste punte), vir die tweede plek en ook ’n prys vir die beste foto wat deur al die deelnemers ingeskryf is. ) Onderwerpe (afdelings) vir die fotorenkompetisie behels onder meer die volgende: swartwit, vinnige beweging (panning) en druppel water.
VOORBEELD van ’n swartwitfoto.
Foto’s verskaf deur Susan Myburgh
DIE foto val in die ope kategorie (enigiets wat mooi is) van die fotoren kompetisie.
’n VOORBEELD van nagverkeer dit is ook ’n vinnigebeweging (panning) foto.
HIER is ’n voorbeeld van ’n foto met vinnige beweging (panning).
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
MIMOSAHOF VIER INTERNASIONALE BEJAARDEDAG
Oues wys hul positiewe gees Ilse Watson WIE het gesê ’n mens kan nie meer pret hê wanneer jy ouer is nie? Die bejaardes van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes in Kuruman het verlede Donderdag Internasionale Bejaardedag met ’n boeresportoggend gevier. Hoewel dit ’n koelerige dag in die Kalahari was, het dit niemand se opgewondenheid geblus om die oggend te geniet nie. Hulle het aan aktiwiteite soos draf en stap, ’n afloswedloop, gewigstoot en kegels omgooi deelgeneem. Tot waterballonne is gegooi. Die spesiale oggend is met ’n
voorlesing deur die bestuurder van die tehuis, Ronél du Plessis, begin en daarna het Francois van Rensburg die trane laat vloei toe hy die liedjie Belofte aan mekaar (van Juanita du Plessis) gesing het. Saam met die bejaardes van die tehuis het bejaardes van die Heuwelsig-aftreeoord ook aan die oggend se sportaktiwiteite deelgeneem. “Dit was voorwaar ’n genotvolle oggend. In geheel het 80 bejaardes deelgeneem. Dit is so lekker om so ’n positiewe gees te sien – hulle het mekaar so aangemoedig,” het Du Plessis gesê. Die oggend is met ’n smaaklike middagete en roomys afgesluit.
DIE personeellede van die Mimosahoftehuis vir bejaardes in Kuruman het verfrissende danspassies op die boere sport(s)oggend gelewer wat verlede Woensdag gehou is. Van links is Gladys Shupping, Olivia Mmolaeng, Jennfer Jacobs, Maida Maele, Letta Moetsi, Seanete Nkatlholang, Rosy Cwinyane en Gloria Sebeela. Foto’s: Ilse Watson
INWONERS van die Mimosahoftehuis vir bejaardes in Kuruman sit in afwagting vir die boeresport oggend om te begin. Internasionale Bejaardedag word elke jaar wêreldwyd op 1 Oktober gevier.
FRANCOIS VAN RENS BURG het op die boere sport(s)oggend van die Mimosahoftehuis vir be jaardes in Kuruman almal met sy besonderse stem vermaak toe hy die liedjie Belofte aan mekaar ge sing het.
“MY beker water gaan vol bly, al stap ek nou teen ’n vreeslike spoed om by die wen streep te kom.” Tina Holtzhauzen (inwoner van die Heuwelsigaf treeoord) het aan die afloswedloop deelge neem.
ELSABÉ HENNIG ondersteun An namarie Kleynhans (regs) waar sy ook aan die stap en drafkompetisie deelneem.
Bejaardes op spesiale oggend bederf Ilse Watson
DIE teetuintafels was met kraletjies in die blom me versier. Daar was ook vir elke gas ’n spesia le geskenk – nog eetgoedjies is in ’n moeselien lappie toegedraai en met ’n mooi strikkie ver sier. Foto’s: Ilse Watson
CREMORATERT en sout eetgoed was op die spyskaart op die high tea wat verlede Donder dag in die Mimosahoftehuis vir bejaardes ge hou is.
TER viering van Internasionale Bejaardedag het die Kuruman Christian Church die inwoners van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes op ’n high tea bederf. Dié oggendgeleentheid is in die tehuis se teetuin gehou. Onder ’n kameeldoringboom het die gaste by keurig gedekte tafels aangesit. Hulle kon net terugsit en die geselligheid geniet – hul heerlike soet en sout eetgoed en lekker koppie koffie of tee is deur personeellede van die tehuis, ander vrywilligers en lidmate van die kerk aangedra. Hulle kon net eet en kuier.
Op die spyskaart was onder meer die immergewilde Cremora-tert, souttertjies en spekrolletjies. “Dit is vir ons heerlik om die bejaardes te bederf en hulle te seën. Ons doen gereeld vir hulle iets lekkers om afwisseling in hul lewe te skep,” het Adrienne van Staden van die gemeente gesê. Ander gemeentes in Kuruman kry ook ’n beurt om iets spesiaals vir die tehuis te doen. “Julle weet nie hoe waardeer ons die bederfoggende nie. Dit is vir ons so lekker om saam te kuier,” het Anna Agenbag, ’n inwoner van die tehuis, gesê.
ANNA AGENBAG, ’n inwoner van die tehuis, saam met Jeanette Lombaard. Sy het haar blydskap en waardering vir die groot bederf uit gespreek.
DIE span wat verantwoordelik was vir die dek van die pragtige tafels en al die lekker eetgoed. Van links is Bea en Wilmien Wiid, Dorette Olivier, Alet Kriel, René van Zyl, Gail Clarke, Melinda Kriel, Estie du Toit en Adrienne van Staden.
REGS: Adrienne van Staden van die Kuru man Christian Church was die organiseer der van die high tea vir bejaardes in die Mimosahoftehuis vir bejaardes in Kuru man.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
13
Lafenis vir die siel en liggaam DIE Oranjerivier vloei salig voort terwyl die skemering oor die Groen Kalahari toesak. Die dae begin nou stadigaan warmer word en 'n skemerkelkie langs die rivier is altyd 'n welkome lafenis.
Foto: Anena Burger
STEFAN EN JO足MARI MALAN van Upington wat nou in Kathu woon en werk, het op Saterdag 4 Oktober in ware Kalahari足styl hul bruilof gevier. Die windpomp en Kalahari-plaaslewe was die tema vir hul troudag en hul gaste het tot laat die aand nog lekker geskoffel en makietie gehou. Foto: Anena Burger
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
Wen ’n boek met jou resepte KERSFEES is om die draai. Beplan jy om vir die feestyd smullekker koekies vir jou gesin en familielede te bak? Of gaan jy met jou Weber braai? Die Kalahari Bulletin wil jou koekie- en braairesepte hê en bied dus ’n kompetisie vir jou resepte aan. Is dit nou nie ’n wonderlike Kersgeskenk wat jy vir jouself kan gee nie? Die reëls vir die koekieresepte is soos volg: ) Stuur jou resep (met ’n foto) aan ilse.watson@volksblad.com. ) Stuur jou naam en selfoonnommer en die naam van jou dorp saam met jou resep. ) Die resep hoef nie spesifiek vir Kersfees-koekies te wees nie – dit kan enigeen van jou gunsteling-koekieresepte wees. ) Die 30ste resep wat in die
volgende paar weke ontvang word, wen die boek ’n Liefde vir Bak. ) Om in aanmerking vir die boek te kom gaan na die Facebook-blad van die Kalahari Bulletin – www.facebook.com/ kbulletin – like die blad en volg die skakel na gepubliseerde resepte. ) Die wenner van die boek ’n Liefde vir Bak sal in die Kalahari Bulletin se uitgawe van 4 Desember aangekondig word. Om in aanmerking te kom vir die Weber Braai Bybel is die reëls soos volg: ) Stuur jou gunsteling-braairesep (met ’n foto) na ilse.watson@volksblad.com – voeg jou naam en telefoonnommer by en ook die naam van die dorp waarin jy bly. ) Die een wat die tiende braairesep wat in die volgende paar weke ontvang word, gestuur het, sal die boek Weber Braai Bybel ontvang. ) Om in aanmerking vir die boek te kom gaan na die Facebook-blad van die Kalahari Bulletin – www.facebook.com/kbulletin – like die blad en volg die skakel na gepubliseerde resepte. ) Die wenner van die boek Weber Braai Bybel sal in die Kalahari Bulletin se uitgawe van 4 Desember aangekondig word.
DIE boek ’n Liefde vir Bak kan deur ’n leser van die Kalahari Bulletin vir sy of haar koekieresep gewen word. Die boek bevat ongelooflik lekker resepte vir ontbyt, teetyd en daardie ekstra spe siale resep vir enige spoggeleentheid.
WEBER BRAAI BYBEL
Exciting Career Opportunities Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tons of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Pit Supervisor
(Ref. PS120441)
The incumbent will be responsible for monitoring the loading and hauling operation process to ensure maximum tonnages to ensure quality product within budgetary limits and maximize utilization of equipment. Minimum requirements: • Grade 12 or equivalent qualification • Blasting certificate • Valid Code 8/EB driver’s licence • Minimum of 3 years’ experience in the mining industry as operations controller • Manganese Mining production experience • Experience in construction of open pit and mining processes • Supervisory skills • Computer literacy • Planning and organising skills • Good written and verbal communication skills. Responsibilities: • Ensure Manganese ore is moved to the ROM section according to schedule • Build new roads and maintain current roads • Manage the loading and hauling production processes • Optimal utilisation of equipment within budgetary limits in the area of responsibility to ensure the required tonnages • Ensure all workers are competent to deliver the output of their jobs • Assure that environmental pollution remains within statutory requirements and that human resources are optimised in a way that maximum output is delivered by the section as a whole. Key performance indicators: • Optimise equipment utilisation • Optimise available human resources • Safety/Health and Environmental friendly work environment and practices • Load and haul good quality manganese ore • Develop and maintain road infrastructure. Please note that the relevant reference number MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 24 October 2014. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 120441
Add some colour DURING the holidays it is important to keep children entertained and busy. Make use of the balmy spring weather and help your children to plant a few hanging baskets to add some cascading colour to the garden. ) What you will need: S Seedlings: Select bedding plants suited to full sun. Try a combination of petunias, alyssum and vincas. S Potting Mix. S Hanging basket. S Bonemeal or slow-release fertiliser. S A trowel. S A watering can. ) How to start: S Select a basket. Select the size that best suits the type of plant that you will be planting, taking into consideration its future growth. The children can also personalise the basket by painting it themselves. S The best plants to use in a new hanging basket are well-established plants that are either flowering or are close to flowering. Arrange large plants first and tuck in smaller plants around these, including trailing plants at the edge. S Choose good soil. A good-quality potting mix or compost should be used for hanging baskets. Add a slow-release fertiliser or bonemeal and mix well
before filling the basket. S Take care when removing the seedlings from the tray. Do not damage the fragile roots. S Place the basket in a good sunny position. Note that few plants can withstand full sunshine or full shade when they are planted in a hanging basket. S Water the basket daily, especially during the warm Northern Cape spring and summer. S Remove spent blooms from the plants two to three times a week to encourage plants to produce a succession of flowers. Enjoy the new colour in the garden.
Bekyk verbode vrugte FOEITOG! Dat die versoeking van ’n vruggie darem só erg moet raak en ’n glas muur jou so moet frustreer. ’n Blouaap kyk verlangend na ’n bak vol vrugte. Foto: Anena Burger
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
FAMILIEKENNISGEWINGS
DSTV/TV/DVD DIENSTE
TE HUUR 1807
ALGEMEEN 3205
3680
300 JOBS & APPRENTICE MINER @ DMT TRAINING Be our student!! Welding R 3 800, Boilermaker R 5 900 4 weeks. Forklift R 700 - 5 Days Dumptruck R 3 800 Accomodation avail. www.diemnyandoros.co.za Tel: 016 422 4264 whatsup 072 954 7705 "Mnr" van Voeren/ Victor
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
BEGRAFNISDIENSTE 1025
ELEKTRIES 1810
ELEKTRIESE HEININGS, hekmotors en garagedeurmotors. Professionele installasies en diens. Skakel First Defence 072 156 4035 of 082 829 0292.
VOERTUIE PERSOONLIKE DIENSTE GESONDHEID & SKOONHEID 1430
NUWE 2014 *Selluliet-, vetvriesen smelttegnologie. *Noord Apteek, Boschstraat, Kuruman. 082 559 9455. Geen naalde of chirurgie! Saamwerkende 'dieet' ook beskikbaar. NEW 2014 * Cellulite and Fat Freeze and Melting Technology. *Noord Pharmacy, Bosch Street, Kuruman. 082 559 9455. No needles or surgery! Diet combo available.
TE KOOP
SLEEPWAENS 3040
V-TECH TRAILER & NATIONAL TRAILERS Kuruman verskuif na Kalaharistraat 11, vanaf Cillierslaan 12, Kuruman. Verkoop ook nuwe sleepwaens en sleepwaverhurings, lang pad, eenrigting en ook plaaslik. SLEEPWA te koop: 3,5 m x 1,8 x 1,0 V-Tech Trailer. Baie sterk gebou en soos nuut, R20 000. Kampeerwa te koop: 2,4 x 1,4 x 1,4 m toe bak. 2 x groot deure. 1,5-tonas, 15-duim-wiele. Soos nuut, R23 900. Skakel 083 310 0272 of 083 254 3120.
Gebreide mussies, serpe, handskoene, bedsokkies, kniekomberse, kopbande en baie meer by Hanne met Planne, Markstraatarkade, Upt. 076 325 5242.
TE KOOP
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
3201
4201
3315
NETJIESE EN SUITE-KAMER met 'n bed, klein kombuis, yskas en mikrogolf, braaiarea en afdakke te huur 18 km van Hotazel op plaas. Veilig en stil. Ideaal vir kontrakteurs. Skakel 076 805 4557.
KLERASIE 1615
BOEDELKENNISGEWINGS
KAMERS TE HUUR
EIENDOMME
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
WHIZKIDZ ENGLISH PRE-PRIMARY enrolment now open. Closing date 30 Oct 2014. Ages 3 - 6 years welcome. All tuition done in English. For more information contact Miss Moller at 078 442 7885.
WOONSTELLE TE HUUR 3250
1 X 1-SLAAPKAMER-woonstel asook 1 eenmanwoonstel. Koopkrag. Skakel 071 172 9777.
ALLERLEI 1655
LUSERN TE KOOP: R1 600/ton of R45/baal (klein, reghoekig), gelaai op plaas naby Groblershoop, NoordKaap. Bergingsfasiliteite beskikbaar. Langtermynleweringskontrakte welkom (word verkies). Skakel Henning 082 824 4941 of henning@owk.co.za
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN DATA CAPTURERS needed. For info e-mail to d.jobbuzz05@gmail.com
DJ Reinecke In die boedel van wyle Diederick Johannes Reinecke, identiteitsnommer 711027 5054 088 en Anso Reinecke, identiteitsnommer 761122 0061 086, met wie hy binne gemeenskap van goedere getroud was en wie woonagtig was te Jasmynstraat 20, Kuruman. Boedelnommer: 020441/2014 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantoe van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 10 Oktober 2014. JORDAAN & MANS ING Posbus 27 Kuruman 8460 renate@jorman.co.za
SEODIN SAND: Seodin weg, Kuruman. Skakel ons vir die beste pryse in Kuruman op bousand, 'crusher dust, concrete mix', 13- en 19-mmklip, riviersand en pleistersand. Dieselfde dag afgelewer. Skakel 071 382 8234.
TROETELDIERE 1660
YORKTESE-REUNTJIE, 8 weke oud, te koop teen R1 000. Skakel 082 559 9455.
ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. Talana: 073 558 4705. Aubrey: 072 747 1991/076 182 2773. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Skakel Talana by 073 558 4705/072 747 1991 of Aubrey by 076 182 2773.
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
Sales Representative Isando branch
Join us and work in an exciting and challenging environment where we expect and reward performance. If you have Matric/Grade 12, 2 years’ sales experience and a valid driver’s licence, we would like to hear from you. For more details and to apply please go to www.wurth.co.za and click on careers. Have Ref. No. WURTH-HL03 handy. Closing date: 16 October 2014.
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
BETREKKINGS
GA Madito In die boedel van wyle Gabaikitse Anna Madito, identiteitsnommer 510717 0675 084, en Otladisa Brave Madito, identiteitsnommer 490919 5554 082, met wie sy binne gemeenskap van goedere getroud was en wie woonagtig was te Ratawangstraat 1719, Phomolong, Kuruman. Boedelnommer: 11767/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 10 Oktober 2014. JORDAAN & MANS ING Posbus 27 Kuruman 8460 renate@jorman.co.za
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
CAJ van der Linde In die boedel van wyle Christiaan Abraham Jacobus van der Linde, identiteitsnommer 530103 5005 088 van Dalgettystraat 1, Olifantshoek en nagelate gade Maria Aletta van der Linde, identiteitsnommer 530419 0018 086. Boedelnommer: 2509/2013 Die eerste likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 10 Oktober 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros, Olifantshoek. Geteken te Kuruman op die 23ste dag van September 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast track their career. Join our dynamic business and contribute to our growth. MM Aucamp In die boedel van wyle Marian Magdelena Aucamp, identiteitsnommer 280515 0019 081, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1801/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die kantoor van die Landdros, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 10 Oktober 2014. JORDAAN & MANS ING. Posbus 27 KURUMAN 8460 renate@jorman.co.za
GEREGTELIKE VEILING 4501
M Vries / R Arendse /Hubm International Home Technologies NOTICE OF SALE IN EXECUTION In the Magistrate's Court for the district of Kuruman held at Kuruman. Case No: 726/2014 In the matter between: MERVIN VRIES Execution Creditor and RIDUWAAN ARENDSE Identity number 790628 5224 986 1st Execution Debtor Hubm International Home Technologies Identity number unknown 2nd Execution Debtor Kindly take notice that in terms of judgment granted on the 10th day of July 2014, in the Kuruman Magistrate's Court and a Warrant of Execution issued thereafter, a sale in exececution of the undermentioned goods will be held at Executor Building, 7 Fourth Street, Montague Gardens on the 22nd day of October 2014 at 16:00, consisting of: GOODS
Hotazel Manganese Mines (HMM), is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset.
Artisan Assistant (Electrical) Hotazel, Northern Cape
Ref. 770902 Ensuring compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, you will play a key role in your discipline to maintain all assets in Hotazel at the lowest possible cost to accumulate to the wealth of HMM and its stakeholders. Compliance with all applicable protocols and procedures are essential. You will also be responsible for conducting pre-use inspections, routine inspections and reporting defects as well as assisting artisans with the daily maintenance and inspections. Further functions include conducting risk assessment before all tasks, identifying risks and hazards and assisting with maintenance on all domestic and industrial installations, including municipal equipment eg sewage systems, water and electrical reticulation and street light maintenance. To be considered, you need to be a semi-skilled Electrician with a Grade 12 and at least 1 year’s experience in the same maintenance position. A valid Code 10 driver’s licence, verbal communication and organising skills are essential, while a Cherry Picker licence and basic experience in rigging or mechanical maintenance would be advantageous. You must pass the preemployment medical examination in line with the inherent requirements of the job. We seek an action-orientated team player with the ability to deliver quality, as well as build and maintain relationships. Please forward your CV (max 3 pages), quoting the reference number, to Nthabiseng.rankoe@bhpbilliton.com Applicants who do not quote the reference number will not be considered. If you have not heard from us within 15 days, please consider your application unsuccessful. Applications close 17 October 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
www.humanjobs.co.za
Human Communications 113155
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
17
Exciting Career Opportunities Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tons of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Maintenance Planning Clerk (Ref. MPC 120335) The incumbent will be responsible for providing administrative support to the Engineering and Processing Maintenance Sections, as well as the following: • Work order administration • General office administration • Report writing, and • Maintaining SHE files. Minimum requirements: • A Grade 12 Certificate • A Certificate in office administration • 3-5 years’ relevant experience and maintenance planning within an engineering department • Computer literacy – advanced user of MS Office and running of reports • Systems orientated • Karabo knowledge will be an advantage • Must be able to work under pressure, pay full attention to detail and must have the ability to work independently. Responsibilities: • Provide administrative support to the Engineering and Processing Sections • Work order administration • General office administration • Report writing • Data capturing • General filing. Key performance indicators: • Systems knowledge • Knowledge of relevant policies and procedures within the Engineering and Processing environment • Report writing and numerical skills • Co-ordinating skills • Administrative, planning and organising skills • Business and interpersonal skills • Statutory knowledge of relevant legislation • Computer literacy.
Occupational Health Practitioner (Ref. OHP120335) The incumbent will be responsible for providing quality care as laid down by the South African Medical and Dental Council and applicable legislation in the Nursing Act and Occupational Health and Safety Act as amended. Minimum requirements: • A Diploma in General Nursing • Post-graduate qualification in Occupational Health Nursing • Dispensing licence • Driver’s licence • Proof of registration with the South African Nursing Council • At least five years’ working experience in an occupational health environment • Previous mining experience will be advantageous • Good communication skills (verbal and writing), including report writing • Good understanding of Mine Health and Safety Act as amended • Good management skills • Ability to solve work-related problems and manage conflict • Ability to remain calm and collected under pressure • Ability to type and be computer literate • Must be able to work independently. Responsibilities • General duties: •Follow up on and ensure that all abnormalities reported by medical surveillance are investigated and treated • Report to DMR if and when needed •Ensure follow up appointments are done on all fit with restrictions employees • Diagnose and treat work-related injuries, initial first aid for illness and injury incidents • Review and evaluate diagnosis and treatment plans relating to occupational injuries • Be responsible for initiating and maintaining accurate records • Schedule general information sessions • Assist to reduce overall costs regarding employee injuries, illness, poor health and absence • Reinforce employee responsibility to improving health • Attend health and safety meetings • Adhere to DMR regulations and standard operations requirements; Documents and reports: • Complete all documentation with all details required, every time without error, highlighting any deviations or non-conformance • Ensure correct filling and safekeeping of documents • Reconcile weekly, monthly and annual reports with regard to injuries on duty, sick days and diagnoses, HIV/AIDS and first aid given • Ensure that accidents that may occur are reported immediately; Audits: • Perform regular audits to ensure hygiene, health and safety, and that general housekeeping is kept according to standards • Do walk throughs with the Occupational Medical Health Practitioner. Key performance indicators: • The incumbent will be measured by their SHE standards • Effective communication. Please note that the relevant reference number MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 24 October 2014. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful.
SOEK, KOOP, VERKOOP
PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 120335
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
VEILINGS
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 9 OKTOBER 2014
19
Die hel van verslawing DIE verslaafde se oë is nie leeg staar nie sigloos voor hom uit, sy verslawing word nie geweeg in gramme, bottels, dosis of spuit. Die verslaafde hang dit om sy lyf, dit is modieus en sit styf soos ’n pou sal hy pronk . . . om gesien te word, maak hom dronk – ’n Uittreksel uit die gedig Verslawing deur Riane Venter, op roekeloos.co.za.
‘Ek moet my geestesiekte aanvaar en daarmee saamleef. Maar ná die hel van onttrekking, wil ek net weer sonskyn en geluk in my lewe hê.’
DWELMVERSLAWING, saam met bipolêre gemoedsversteuring, het haar lus vir die lewe weggevat. Haar menswees het gekwyn. Riana* (36) van Daniëlskuil het haar storie aan ILSE WATSON vertel. Die begin van kodeïen-verslawing Riana het op ’n jong ouderdom terwyl sy aan ’n universiteit in Kaapstad gestudeer het aan ’n pil wat kodeïen bevat, verslaaf geraak. Sy het ook begin om dagga te gebruik. Sy het egter nie besef dat kodeïen gewoontevormend is nie. “Ek het selfs ’n meestersgraad behaal terwyl ek aan dagga en kodeïen verslaaf was.” Nadat sy by ’n staatsinstelling begin werk het, het sy en ’n vriend hul dag met twee pille en koffie begin. Later het sy meer pille gebruik, want haar liggaam het daarvoor gevra. “Die verslawing het só erg geword dat ek die hele pakkie met 18 pille per dag geneem het. Dit is toe dat ek besef het ek is verslaaf. Ek het steeds dagga gebruik. Ek kan jou alles van enige soort dwelmmiddel vertel. Jy kan maar sê ek is ’n kundige op dié gebied.” Haar huisdokter het aanbeveel dat sy na ’n inrigting gaan waar sy met die hulp van kundiges ’n onttrekkingsproses kon ondergaan. Sy het probleme met haar niere ervaar en hartkloppings gekry. “Hy het vir my gesê ek sal sterf as ek nie die pille los nie. So is ek in Denmar, Pretoria, opgeneem. Die eerste paar dae kry jy narkose om te help met die onttrekking. Ek kon darem elke dag my maaltye eet. Dit was ’n bonus, maar dan is ek weer verdoof.” Sy is ook by Denmar met tipe-1-gemoedsversteuring gediagnoseer. Nadat sy uit Denmar ontslaan is, het dit baie goed gegaan en sy het nie dagga of pille wat kodeïen bevat, gebruik nie. Gevaarlike tyd Die gevaartyd kom egter ná drie weke. En op vier maande is die behoefte om weer pille te drink nog erger. “Ná vier maande voel ’n mens goed en jy dink, ag wat, ek voel nou so goed, ek kan maar weer ’n pil of twee vir ’n hoofpyn sluk. En dit is net waar jy die fout maak. “Die verslawing begin weer sy kop uitsteek en voor jy jou kan kry, drink jy elke dag weer ’n handvol pille.” Toe haar ouers uitvind van haar dwelmverslawing was hulle natuurlik baie ontsteld, maar hulle het haar ook bygestaan en ondersteun sodat sy weer moes probeer om nie die medisyne en dagga te gebruik nie. Twee maande gelede het Riana besef sy is weer heeltemal verslaaf aan die pille en sy het ook baie dagga gerook. “Ek het een aand met geweldige hartkloppings wakker geword. Ek het buitentoe gegaan en vinnig in die straat gestap, diep asem gehaal en sodoende het ek begin kalmeer.” Sy het ook op ’n dag so ’n laagtepunt bereik dat sy dit oorweeg het om haarself in hul huis op te hang. “Ek het ’n dogtertjie van vier jaar. Ek het net besef dit is wreed om so iets aan jou kind te doen. Ek moes ’n besluit neem. En net daar het ek besluit om cold turkey (’n verwysing na ’n skielike poging om verslawing te genees eerder as ’n geleidelike proses) te gaan. Ek móés net van my verslawing ontslae raak.” Die eerste week van hierdie onttrekking was vir Riana pure hel. Sy het verskriklik gebraak en vreeslike hoofpyne gekry. Haar liggaam het geweldig gepyn en sy het krampe in verskeie spiere ervaar. “Jou liggaam soek die pille. Later is daar niks meer in ’n mens se maag nie, maar jy braak steeds. Dit is verskriklik. Ek wens hierdie ervaring nie my grootste vyand toe nie.” Deur die jare van verslawing het haar man, André*, haar nog altyd ondersteun. “Op die oomblik hou hy my met ’n valkoog dop sodat ek nie weer begin pille drink nie. Hy verstaan, maar ek het iemand soos hy nodig om toe te sien dat ek van dwelms af wegbly.” Hoekom raak iemand verslaaf aan kodeïen? Volgens prof. Dap Louw, ’n forensiese sielkundige van Bloemfontein, speel jou
gene ’n rol in verslawing. “As daar ’n nabye familielid is wat verslaaf is aan dwelms (en alkohol tel ook onder dwelms), het jy ’n genetiese vatbaarheid om ook aan dwelms verslaaf te raak. “Studies op identiese tweelinge het al bewys as die een verslaaf raak aan enige vorm van dwelms die ander ’n groter kans staan om ook daaraan verslaaf te raak,” sê Louw. Hy beveel aan dat mense met familielede wat aan enige vorm van dwelms verslaaf is, liewer van dwelms moet wegbly. Volgens Mich Robb, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg, is dit nie baie wys om self te ontgif (detox) nie. “Daar is risiko’s aan selfontgiftig verbonde. ’n Persoon kan aanvalle, soortgelyk aan epilepsie, kry en kan selfs sterf. As ’n verslaafde in ’n plek soos Denmar opgeneem word, is daar kundiges wat kan help om die ontgiftingsproses te vergemaklik. “Die eerste 48 tot 72 uur is die gevaarlikste tyd en ’n verslaafde word tydens die proses deur sielkundiges en dokters gemonitor. “Groot dosisse opiaat-blokkeerdwelms word toegedien om die onttrekkingsimptome te vergemaklik.” Robb het ook bevestig dat oorerwing ’n rol in dwelmverslawing speel. Die ontdekking van bipolêre gemoedsversteuring: Riana het op 17 jaar reeds besef sy ly aan bipolêre gemoedsversteuring. “Ek het dit net geweet. Moenie my vra hoe nie. Dit was net daar. “Ek het ook op 17 probeer om my eie lewe te neem. Ek was so dom – ek het ’n klomp antibiotika- en hoofpynpille gesluk. Maar dit was bloot ’n hulpkreet. Ek is ’n dwelmverslaafde en sal die res van my lewe een wees.” Riana het in Pretoria grootgeword. Sy het ’n wonderlike kinderlewe gehad en daar was geen probleme tussen haar ouers nie. Sy het ook geen negatiewe ervarings soos molestering beleef nie. Wat is die simptome van tipe-1bipolêre gemoedsversteuring? Tipe-1- bipolêre gemoedsversteuring (ook bekend as maniese depressie) is ’n lewenslange geestesiekte en word deur die aanwesigheid van uiterste buie gekenmerk wat in siklusse voorkom. Daar sal periodes van verhoogde buie (manies) wees, gevolg deur buie van depressie en tye waar iemand se buie heeltemal normaal sal wees. Hierdie buie is die gevolg van gebrekkige brein-chemie. Dit kan met die korrekte medisyne beheer en bestuur word. Hoekom word iemand wat ’n lang tyd oënskynlik ’n normale lewe gelei het skielik met ’n bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer? Daar is baie voorbeelde van wat met so iemand kon gebeur het. Dié voorbeelde is onder meer lewensveranderende omstandighede, ’n belangrike of traumatiese ervaring, uiterste stres, chroniese siekte, dwelmmisbruik en te min slaap. Die medisyne wat voorgeskryf word, is baie sterk en moet nooit sonder die toestemming van ’n dokter, gewoonlik ’n psigiater, verander word nie. “Om bipolêr te wees beteken ek moet elke dag hierdie siekte bestuur. Ek moet my medisyne daagliks neem. Ek moet stres en alle stresvolle situasies vermy. “Die maniese fase is aaklig – ek kan dadelik voel as ek dit gaan kry. My arms raak so swaar soos boomstompe en skielik begin ek hiperventileer.” Sy vertel dat die maniese fase vinnig verbygaan, maar dan val sy dadelik in die
depressie-fase in. “Ek haat dit. Ek begin huil. Ek het geen beheer oor my emosies nie. En vir twee uur ná so ’n aanval is ek gedreineer. Soms voel ek ook naar en kry ’n hoofpyn. “Ek is bly ek het nie meer die ketting van dwelms om my nek nie. Ek weet die viermaande-tydperk kom nader, maar ek is vasberade om nie weer die pille of dagga te gebruik nie. “Ek moet my geestesiekte aanvaar en daarmee saamleef. Maar ná die hel van onttrekking, wil ek net weer sonskyn en geluk in my lewe hê.” Kyk of jy vir my die son kan vang; Daar’s ’n kamer in die huis waar ons die son kan hang. Dis donker by die venster in die middel van die dag; Onthou jy hoe helder die kamer kon lag? Kyk of jy vir my die son kan bring; Daar’s ’n liedjie in die gange waar die son kan sing.
Want dis stil in die hoeke hierdie koue seisoen; Kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen? Sonvanger, ek vra jou mooi, laat hom weer vir my kom skyn; Sonvanger, laat my verstaan hoe ’n somer sommer so in die niet kan verdwyn en laat hom skyn. Bring ’n bietjie lig vir die draaie op my pad; En ’n handjie vol strale vir die donker in my hart – uittreksel uit die liedjie Sonvanger van Valiant Swart. ) Die 24-uur-tolvrynommer vir dwelmmisbruik is 0800-12-13-14. ) Dwelmverslaafdes kan by sentrums soos Bloemcare en Sanca Aurora in Bloemfontein vir behandeling gaan. Bel Bloemcare by 051-446-3242 en Sanca Aurora Bloemfontein by 051-447-4111. ) Meer inligting en hulp is ook by The South African Depression and Anxiety Group (SADAG) – www.sadag.org – beskikbaar. *Skuilname
Wrenchville koning met die kolf Ilse Watson DIE afgelope naweek het die Wrenchvillekrieketklub se eerste span teen Kuruman se eerste span gespeel. Die wedstryd het op Kuruman se tuisveld plaasgevind. Kuruman se span het eerste gekolf en was eindelik almal op 162 uit. Duwayne Titus, Arton Heyns en kapt. Breyten Buys het elkeen twee paaltjies geneem. Russel Keet en Len Bardenhorst het elk ’n paaltjie geneem. JP Minnaar en Jeffrey van Wyk het Wrenchville se kolfbeurt met inklim-krieket begin en vroeg al die wedstryd van Kuruman se eerste span weggeneem. Van Wyk het 54 lopies (10x4) gekry. Minnaar het deur die beurt gekolf. Hy het op 58 (5x4) lopies nie uit nie geëindig. Dr. Mpho Motsepa het sy kolf laat praat voordat hy op 20 (4x4) uit was. Titus het ook ’n vinnige 18 (4x4) nie uit nie aangeteken. Wrenchville het met agt paaltjies met nog nege beurte oor gewen. Jeffrey van Wyk is as die speler van die wedstryd aangewys. Wrenchville het die kompetisie met agt paaltjies gewen.
DIE eerste krieketspan van Wrenchville wat die afgelope naweek teen Kuruman se eerste span gespeel het en met agt paaltjies gewen het. Van links is, voor: JP Minnaar, dr. Mpho Motsepa, Hendrik Slabbert, Breyten Buys (kaptein), Rick Fortuin en Arton Heyns; agter: Edwin Coetzee, Len Badenhorst, Russel Keet, Jeffrey van Wyk, Derick Dodds, Werner Buys en Daryll Peacock. Foto: Verskaf
Vyf lede van karateklub gradeer Ilse Watson VYF lede van die Daniëlskuil-karateklub het op Saterdag 27 September vir hul volgende gordels gegradeer. Dit was hul eerste gradering onder shihan Pieter Pretorius, sewende dan. Pretorius is van Kuruman. Dié karateklub is sedert September ’n lid van die Internasionale Shotokan Karate Foundation (ISKF) en val nie meer onder die Griekwaland-Wes-karategebied nie. Die lede wat gegradeer het, is Janika van der Westhuizen (geel gordel), Samson Lackay (geel gordel), Christiaan du Plessis (oranje gordel), Juandré Nortjé (oranje gordel) en Monique Ludike (blou gordel). Die klub spog met ’n 100%-slaagsyfer in al sy graderings. “Die standaard van karatekas is besonders hoog,” het Pretorius gesê. Enigiemand wat hom of haar by die karateklub wil aansluit, kan Richard Daneel by 076-977-6264 bel. Daar is geen ouderdomsperk nie. Die klub wil volwassenes aanmoedig om hulle by die klub aan te sluit.
Benoem afrigters DIE Kalahari Bulletin wil graag met jou skool of sportklub se afrigters gesels. Afrigters speel ’n groot rol om van jou sportklub (of skolesport) ’n sukses te maak. Stuur ’n e-pos aan ilse.watson@volksblad.com en benoem jou sportafrigter (met selfoonnommer). ’n SMS kan ook aan 079-831-5579 gestuur word.
LEDE van die Daniëlskuilkarateklub wat onlangs hul graderings geslaag het, is van links Christiaan du Plessis (oranje gordel), Samson Lackay (geel gordel), Janika van der West huizen (geel gordel) en Monique Ludike (blou gordel). Afwesig: Juandré Nortjé (oranje gordel). Foto: Verskaf