Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
13 FEBRUARIE 2014 GRATIS
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
Skole kort boeke Lizette Slabber
Reën, reën, lieflike reën . . . NÁ ’n geweldig bedompige week in die Groen Kalahari het reën en donderstorms Woensdag van 13:00 af eindelik lafenis gebring. Die reën is egter geensins goeie nuus vir die rosyntjieboere wat sedert Maandag oes nie. Swaar of aanhoudende reën kan nou groot skade vir dié boere beteken. Vir kinders van Upington tot Kakamas was die weer alte heerlik. Klein Lisa Lee (5) van Raaswater het uitbundig tussen die wingerde in die reën gedans om af te koel. Foto: Anena Burger
DIE Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington het albei nog nie al hul handboeke vir 2014 van die departement van onderwys ontvang nie. Duineveld het slegs 120 van die ongeveer 1 700 boeke wat hy moes kry, ontvang en Upington het redelik al sy nuwe handboeke ontvang, maar die aantal ontvang, is te min. Riaan Kotze, skoolhoof van die Hoërskool Upington, sê daar is tekorte in elke graad en vak. “Ons benodig in elke vak ’n paar boeke. Dus is daar in elke klas ’n paar kinders wat boeke het en ’n paar wat nie boeke het nie. Om die boeke aan te koop sal die skool ongeveer R100 000 kos en ons het nie daarvoor begroot nie,” sê Kotze. Volgens Kotze mag hulle nie die boeke fotostateer nie, maar hulle kan die kinders ook nie sonder leermateriaal los nie. “Die kinders kan nie bekostig om hul eie boeke aan te koop nie. Hoe besluit jy wie kry boeke en wie nie?” Volgens Kobus Nel, voorsitter van die Duineveld-beheerliggaam, sukkel dié skool al van Julie 2013 af om boekbestellings reg te kry. “Ons het die bestellings al op 5 Junie ingedien. In Julie het ons gesien die bestellings wat die
departement vir ons skool geplaas het, skiet hopeloos te kort. Dié tekorte is op 13 Augustus aan die departement uitgewys en ons het vanjaar die departement al herhaaldelik gekontak.” Volgens Nel gaan die skool die gr. 12-boeke teen R35 000 koop. Daar is nie vir dié bedrag begroot nie. Volgens Sidney Stander van die Noord-Kaapse departement van onderwys het die departement 100% van alle boeke aan skole in die Noord-Kaap gelewer. Hy erken die departement het Duineveld se boekgetalle verlede jaar aansienlik verminder. Die departement het Duineveld laat weet hy sou die probleem oplos, maar dat geen bykomende boeke gekoop gaan word nie weens begrotingstekorte. Die departement wag nou vir boeke van die uitgewers af en het gehoop dié boeke sou teen die einde van verlede week in die pakhuise wees. Teen druktyd het Duineveld nog geen boeke ontvang nie.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
Kwilters kuier, kwilt alte fluks Lizette Slabber “DIT is ons beradingsklas. Ons raak ontslae van ons spanning en dit is boonop goedkoper as ’n sielkundige.” Só sê die Laslappie-kwilters wat omtrent twee keer ’n maand by die Laslappie Valley in Louisvale kom saamkwilt, Die kwilters kom van heinde en ver. Van Grootdrink tot plekke in Namibië kom hulle om kwilte te skep wat uiting aan hul kreatiwiteit en skeppingsvermoë gee. “Ons kwilt, want dit laat jou ontspan, skeppend en kreatief wees en elke kwilt is iets unieks. Selfs al gebruik ons dieselfde patroon, kan ’n mens elkeen se persoonlikheid in die unieke eindproduk sien.” Die kwilters, onder Belinda du Toit se leiding, pak elke jaar iets wonderliks aan. Hulle kwilt al ses jaar saam. Sommige van die vroue kwilt al langer as agt jaar en ander het later aangesluit. Saam leer hulle elke jaar nuwe tegnieke aan en pak partykeer verskriklik moeilike jaarprojekte aan wat sommiges net ses maande neem om te voltooi en ander langer as twee jaar. Saam lag en gesels almal terwyl hulle kleure en lappe saamsit om asemrowende meesterstukke te skep. Belinda bring Cecil Lombard van Quilttalk elke jaar na Upington om die kwilters met nuwe lap, patrone en interessanthede te inspireer. Cecil bied dan gewoonlik ’n kursus of twee aan om nuwe tegnieke aan die kwilters te leer. Vanjaar kom Cecil in Mei, maar dit is nie die enigste besoek waarna kwilters kan uitsien nie. In Maart besoek Iessie Steenberg, voorsitter van die Oranjekwiltersgilde, die Laslappie Valley om mense te leer deurstik. Deurstik is sekerlik die moeilikste
DIE Laslappie Valley-kwilters wys twee pragtige kwilte deur Karen Engels en Magda Esterhuizen. Van links is Chrissie Maritz, Belinda du Toit, Ilse Botes en Minnie Cloete. Foto: Lizette Slabber deel van kwiltwerk. Iessie was deel van die groep wat verlede jaar die Bloemfonteinse Kwiltfees gereël het en sy sal dié deurstiktegnieke en -geheime met die plaaslike kwilters kom deel.
Doortjie Gertsenbach, een van die bekendste kwilters in Suid-Afrika, besoek Die Speldekussing in Julie. Sy kom leer die kwilters hoe om ’n New York Beauty te maak en hoe om te
hekel. Beginners en gesoute kwilters wat meer inligting wil hê oor kwiltwerk of net saam wil kom kwilt en kuier, bel Belinda by 083-943-2712.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
3
Padongelukkefonds reik uit DIE Nasionale Padongelukkefonds het Upington op Vrydag 7 Februarie en Saterdag 8 Februarie besoek om mense bewus te maak van die doel van die Padongelukkefonds, en om te help met nuwe eise en bestaande eise op te volg. Dié besoek is die derde besoek wat deur die Nasionale Padongelukkefonds in die Noord-Kaap onderneem is. Vrydag is die taxi-staanplekke in Upington besoek. Hier het die plaaslike en provinsiale
verkeersdepartemente, die departement van gesondheid, Upington se verkeersbeamptes en die regering se kommunikasiediens mense oor verkeersreëls, gesondheid en padveiligheid toegespreek. Saterdag het Dipuo Peters, minister van vervoer, mense in die Piet Thole-gemeenskapsaal op Rosedale toegespreek. Ongeag die hitte en dat dit die laaste registrasienaweek was, het inwoners die bewusmakingsveldtog ondersteun en navrae oor eise gedoen.
Peters het in haar toespraak gesê sedert die Nasionale Padongelukkefonds begin het om gemeenskappe te besoek, is dit makliker vir mense om hul eise in te dien, selfs al is hulle nog in die hospitaal. Sy het die belangrikheid van die fonds beklemtoon deur te verwys na die groot aantal gesinne wat swaarkry omdat die broodwinner in ’n ongeluk beseer is. “Voorkoming is beter as genesing,” het sy bygevoeg. “Die mense moet versigtiger op die paaie
wees.” Volgens Eugene Watson, uitvoerende hoof van dié fonds, is dit bewys gesinne is slegter daaraan toe ná ’n motorongeluk. “Ons werk is om te help, te kompenseer, te rehabiliteer en te ondersteun.” Dié fonds betaal maandeliks R2 miljard aan eise uit. Om Noord-Kapenaars verder by te staan sal die Nasionale Padongelukkefonds in Maart die provinsie se eerste provinsiale kantoor in Kimberley open.
LEDE van die Padongelukkefonds by die taxi-staanplekke. Van links is Agnes Masango, Tax Seepamore en Wilfred Möller (hoofpadveiligheidsbeampte, departement van vervoer, veiligheid en skakeling: NoordKaap).
LEDE van Provinsiale Padveiligheid het saam met die lede van die Padongelukkefonds mense by die taxi-staanplekke in Upington toegespreek. Van links is Lorraine Munnik (senior padveiligheidsbeampte: Upington), Aaron Lesiba (hoofpadveiligheidsbeampte: Kimberley), Wilfred Möller (hoofpadveiligheidsbeampte: Upington) en Nonkoliseko Joka (adjunkdirekteur: padveiligheid). Foto’s: Lizette Slabber
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
Maak ’n verskil, laat stem hoor OP 7 Mei sal Suid-Afrikaners hul kruisies in die vyfde demokratiese verkiesing kan trek. Helen Zille het onlangs gesê: “Ons het een kans om elke vyf jaar ons reg om te stem uit te oefen, en dit is belangrik dat ons nie vanjaar se kans mors nie.” Maar hoe stem ’n mens as 13 Noord-Kaapse munisipaliteite ondersoek word, omdat hulle die afgelope drie jaar miljoene rande bestee het waarvoor nooit begroot is nie? Die munisipaliteite wat ondersoek word, is Kgatelopele (Daniëlskuil), Kamiesberg (Garies), Sol Plaatje (Kimberley), Gamagara (Olifantshoek en Kathu), Nama Khoi (Springbok), //Khara Hais (Upington), Phokwana (Vaalharts), Karoo-Hoogland (Williston), Thembelihle (Hopetown), Enthamjeni (De Aar) en Umsobumvu (Colesberg). Munisipaliteite moet verduidelik wat hulle met Suid-Afrikaners se belastinggeld gedoen het. Orals vier korrupsie, swak dienslewering en wanbestuur van geld hoogty, en misdaad in verskeie gemeenskappe neem deurentyd toe. Arm mense word hard geslaan wanneer munisipaliteite die geld gebruik vir hul persoonlike gewin. Al die munisipaliteite het briewe ontvang dat hul munisipale bestuurders ondersoek gaan word. Die afgelope tyd het verskeie
betogings oor Suid-Afrika heen plaasgevind – werkers is ontevrede met swak lone en swak dienslewering. Mense van arm gemeenskappe in en by Kuruman het verskeie paaie wat deur swaar voertuie gebruik word, versper en bande aan die brand gesteek om hul misnoeë omdat hulle geen werk kan kry nie te wys. Sommige van Kuruman se paaie is vol slaggate. In Kathu lyk dit nog erger – slaggate is so diep dat sou ’n gewone kleinerige motor in so ’n slaggat beland, die voertuig ontsettend baie skade sal opdoen. Dan is daar die probleem van onverdraagsaamheid. Lede van die EVV het onlangs verkiesingsvergaderings gehou. Een van die EVV se woordvoerders is na bewering deur ’n ANC-lid aangerand. Om geen goeie rede nie. Pres. Jacob Zuma en ander leiers moedig Suid-Afrikaners aan om te stem. Maar onlangse ondersoeke het getoon baie jong mense beplan nie om te stem nie. Dit is ’n jammerte, want elke Suid-Afrikaner se stem word benodig. Elke Suid-Afrikaner se stem kan ’n verskil maak. Dalk kan dienslewering verbeter word, korrupte munisipaliteite vasgevat word en misdaad beter hokgeslaan word. ’n Mens moet stem.
It’s all or nothing Pastor Gert Kriel WHEN I was 15 years old, I gave my Life to Jesus. It was so real and I knew I could never be the same again. Sadly, about a year later, I just “became” the old me again. I still “loved” God, but I wasn’t following Him. Maybe you have made a decision for Christ, but somewhere down the line things have gone down the wire. I want to share with you briefly what restored me in my relationship with Christ. Only by faith in Christ, from the heart, and accepting and confessing Jesus as your Lord, can you be saved (Rom. 10:9-10 & John 1:12-13). It is a decision, not a feeling. Follow through in spite of what you “feel”. Heaven is not the goal. Having a relationship with God is. Eternal life is to know God and Jesus Whom He sent (John 17:3). Invest your life into the most important thing there is: knowing God. Embrace the whole truth. If you want to follow Christ, it’s all or nothing. I can’t just embrace the things/teachings that I am comfortable with. Jesus asks absolute surrender.
Pray. Talk to God openly, from your heart. God is a loving Father, a person, who desires friendship. Make time to listen, as any relationship where only the one party talks the whole time is empty and bound for destruction! Read your Bible daily. It teaches us to think like God, and hear his voice. It tells us how to live, and if applied, will make us prosperous in all parts of life. We can’t do it on our own. Just sitting in a pew on a Sunday is not enough. Watching a preacher on TV isn’t going to work. You need to connect with people who are serious about their relationship with God, and share life with one another. Everyone needs help along the way. You need to invite trustworthy people into your heart who can help and mentor you (Acts 2:40-47). We grow when we take responsibility for others. May God bless you, and possess you!
A LOO with a view. Dié Kalahari-toilet het mure van riete, wingerdstompe en kameeldoringtakke en het boonop ’n asemrowende uitsig. Foto: Lizette Slabber
Troeteldiere, kleintjies spel drama Benneli Olivier Van der Walt TROETELDIERE word regtig deel van ’n mens se gesin. En net soos met familie kom hulle met allerhande drama. Verlede naweek het ek presies so ’n “troeteldier-drama” aanskou. Ek staan by die hek van die stadion ná Kathu se groot rugby en wag vir my man en seun om my te kom oplaai. So tussen die wag deur sien ek ’n klein Yorkiehondjie soos blits by ’n kompleks se hek uitvlieg. Kort op die hondjie se hakke kom ’n meisie van so vier jaar aangehardloop. “Snoepie,” skree sy, maar Snoepie is doof. Dit het die afgelope twee weke heerlik baie in Kathu gereën en oral in die dorp is lekker rooibruin modderpoele. En dit is juis na een van die poele waarheen Snoepie so geesdriftig op pad is. Die brakkie is ook nie links nie en spring in die poel en begin rondrol. Die
meisie kom na die poel toe aangesnel, en daar staan sy toe en kyk na Snoepie se manewales. Nou moet ek net noem die meisie het die allerfraaiste wit rokkie aangehad. Saam met spierwit sokkies en tekkies. Eers staan sy net en probeer die brakkie uit die water uit skree en pleit. Maar Snoepie het natuurlik besluit vandag is die dag vir “avontuur-swem” en ignoreer alle verbale kommunikasie. Die meisie het ná ’n tydjie seker besef haar pogings is vrugteloos, en plons toe, met net ’n oomblik se aarseling, agter Snoepie die poel in. Tekkies en al. Die heldedaad van die meisie inspireer toe die hond tot ’n
springery en blaffery wat getuig van die grootste jolyt. Hoe meer die meisie probeer om vir Snoepie op te tel en na veiligheid te dra, hoe meer spartel die brakkie om met sy nooi te speel. Ná ’n goeie vyf minute kry die meisie eindelik die oorhand. Hond en kind is van kop tot tone in rooibruin modder bedek. Almal wat Kathu se amptelike kleur ken, weet daardie wit rokkie sal nooit weer dieselfde wees nie. Met Snoepie in die arms spartel die kind uit die poel. Sy gee die hond ’n onbeholpe piets op die boud en sê kwaai: “Jy is ’n stout hond, Snoepie.” En in dieselfde asem soen sy die brak vol op die bek. Daar gaan die kind met die hond in die arms terug huis toe. Reddingspoging voltooi, sonde vergewe. En duidelik vol planne om Snoepie in die badkamer te gaan bad. Wonder net wat het Ma oor Snoepie se avontuur te sê gehad.
20/30
19/29
18/28
21/32
20/31
19/30
23/40
22/38
22/38
NNO-5
NO-5
NNO-10
NNO-5
NO-5
NNO-10
KALM
N-5
N-5
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
5
Boom versper pad ná hewige storm Ilse Watson VERLEDE Vrydagmiddag het ’n hewige storm Kuruman getref. Dit het ontsettend hard gereën met swaar donderweer en weerligstrale wat oral geklief het. Die hele dorp was vir 45 minute sonder krag. ’n Deel van ’n yslike boom naby die Laerskool Kuruman is in die storm met heeltemal wortel en al uit die grond geruk en dit het die pad voor die skool versper. Die Kuruman-polisie het die gebied afgebaken en vir verkeer gesluit. Dit is nou die verantwoordelikheid van die Ga-Segonyana-munisipaliteit om die boom te verwyder.
DIE boom by die Laerskool Kuruman wat die pad heeltemal versper. Foto’s: Ilse Watson
TYDENS die hewige storm is die boom met wortel en al uit die grond geruk.
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
LEEFSTYL
Soet én suur vir boere SOOS dikwels die geval in die landbou, maak die bitter in die mond eindelik tog die hart gesond. Dit blyk die geval te wees in die Oranjerivier-wynvallei waar die 2014-oes tot dusver gekenmerk is deur ’n potensieel rampspoedige natuurverskynsel wat waarskynlik ’n positiewe nadraai kan hê. Die wingerdboustreek aan die oewer van die Oranjerivier tussen Blouputs aan die westekant en Groblershoop in die ooste is in September deur ’n vlaag ryp van ongekende omvang getref. Die swaar ryp, veroorsaak deur nagtemperature wat tot -8°C gedaal het, het reuse-verliese vir tafeldruif- en rosyntjieboere tot gevolg gehad. Volgens Henning Burger, bestuurder: wingerdkundigedienste by Orange River Cellars, was die onlangse ryp die ergste wat die streek nog ervaar het sedert rekordhouding begin is. Boonop het talle gebiede wat nog nooit voorheen ryp ervaar het nie nou skade gely. “Tafeldruiwe en sultanas is swaar getref aangesien die ryp tussen die bot- en blomperiode toegeslaan het,” sê Burger. “Die goeie nuus vir wynproduksie is dat wyndruifkultivars in daardie stadium nog nie so ver in die ontwikkelingsproses
HENNING BURGER, bestuurder: wingerdkundige-dienste by Orange River Cellars. Foto: Verskaf gevorder het nie, dus het wynprodusente die omvang van die rypskade wat tafeldruif- en rosyntjieboere gely het, grootliks vrygespring.” Die streek se wyndruiwe is egter nie heeltemal ongeskonde gelaat nie – sommige wingerde het wel rypskade opgedoen, en daar word gevolglik beraam dat Orange River Cellars se oesopbrengs vanjaar met 20% sal daal. Hoewel parstyd vanjaar weens die koue twee weke later as normaalweg begin het, met winderige weer tydens die blomperiode, is die vruggehalte uitstekend en Burger is veral opgewonde oor die verwagte pH-vlakke. “Ek verwag beter pH-vlakke in ons vrugte te danke aan die koel temperature wat ons tussen korrelset en deurslaan ervaar het. Dit is wanneer die meeste appelmelksuur en wynsteensuur gevorm
word, en hierdie koel tydperk het dus die plante meer tyd vir suurproduksie gegun,” sê hy. Burger meen dat die verwagte kleiner oes met minder trosse die plant in staat sal stel om meer voedingstowwe na die trosse te kanaliseer en sodoende druiwe van hoë gehalte te produseer. “Ons moet net duim vashou dat die hittegolwe sal wegbly, aangesien hitte die sure afbreek sodra suikeromskakeling begin. “Op die oomblik voorspel ek egter dat ons wyndruiwe met natuurlik hoë suurvlakke en beter pH-vlakke as verlede jaar sal oplewer.” Volgens Burger kan temperature bo 38°C veroorsaak dat die wingerdstok as verdedigingsmeganisme ophou funksioneer, en fotosintese dan nie kan plaasvind nie. “Dit is maar die wispelturige aard van wingerdboerdery – ’n mens kan nie die natuur voorspel, of dit voorskryf nie!” Gepols oor die uitdagings van boerdery in die Noord-Kaap, sê Burger dat hy elke jaar ’n groter speling tussen dag- en nagtemperature waarneem. “Een van ons produsente se grootste uitdagings is om toe te sien dat ’n nuutgeplante wingerdstok sy eerste jaar oorleef,” sê hy. “Ons kan hier duidelik sien dat klimaatsverandering nie bloot ’n tydelike verskynsel is nie. Dit is hier om te bly, en toekomstige boerderystrategieë sal daarby moet aanpas.”
Stop neusbloeding só Yolandi van Deventer NEUSBLOEDING, of epistaxis soos wetenskaplik daarna verwys word, is gewoonlik nie ’n ernstige toestand nie. Dit kom baie algemeen voor en kan verskillende oorsake hê. Daar is gewoonlik twee soorte neusbloeding: anterior (voor) en posterior (agter). Die anterior-bloeding is gewoonlik skadeloos en kom in 90% van gevalle voor, terwyl die posteriorbloeding mediese sorg deur ’n oor- neus- en keelspesialis mag benodig. Die oorsaak van neusbloeding kan gewoonlik verdeel word in lokale en sistemiese faktore, hoewel party soorte neusbloedings geen oorsaak het nie. Lokale faktore sluit in trauma aan die neus of gesig, vreemde voorwerpe (byvoorbeeld vingers wat aan neus krap), inflammatoriese reaksies byvoorbeeld sinusitis of allergieë. Ander faktore kan wees die gebruik van sekere soorte medisyne, die inaseming van laehumiditeitlug (veral in die winter) of neussproei. Sistemiese faktore se grootste oorsaak is infektiewe toestande soos verkoue en hipertensie (hoë bloeddruk). Neusbloeding word veroorsaak wanneer ’n aartjie in die neusholte bars. Dit kan spontaan wees of weens trauma. Spontane neusbloeding kom algemener voor by ouer mense waar die slymvliese in die neusholte reeds dun en meer uitgedroog is. Wanneer neusbloeding voorkom, kan die volgende gedoen word om dit te probeer stop: ) Neem die duim en wysvinger en
“knyp” net onder die benerige deel van die neus waar die sagte, vlesige deel begin. ) Hou die bloeier se kop vooroor sodat bloed nie in die keel af stroom en hom/haar naar maak nie. ) ’n Yspak kan agter op die nek geplaas word. ) Dit is belangrik om daarop te let dat, wanneer die bloed ál dikker begin raak namate die knyp-aksie op die neus uitgevoer word, dit nie gestaak moet word totdat die bloeding opgehou het nie. Die dikker bloed dui daarop dat stolling begin plaasvind en die bloeding sal begin stop. Tydens ’n neusbloeding lyk dit soms asof baie bloed verloor word, maar dit is gewoonlik nie die geval nie. Indien die bloeding uitermatig is, of dit met bloeding aan ander dele van die liggaam gepaard gaan, is dit raadsaam om ’n geneesheer vir verdere ondersoek te kontak. Gevaarsimptome van te veel bloedverlies is onder meer duiseligheid, dronkheid, deurmekaarheid en floute. ) Gesondheidswenke deur die Mediclinic Kathu verskaf.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
7
an h t e r o m k c a b n e iv We’ve g since March 2011 s r e p p o h s t R1 Billion to smar DIE Bloodhound SCC-landspoedrekord gaan nou eers in 2015 op Hakskeenpan aangepak word. Hier is Andy Green met ’n model van die Bloodhound op Hakskeenpan. Foto: Verskaf
Aanslag op rekord uitgestel André Botha
DIE tweede helfte van die winter in 2015 is die tyd wanneer Andy Green in sy Bloodhound ’n aanslag op die wêreldlandspoedrekord gaan maak. Richard Noble, projekdirekteur, sê die nuwe datum is die gevolg van ’n oudit wat deur BMT HighQ Sigma, ’n ingenieurshersieningsmaatskappy, gedoen is. Weens die omvattende aard van die projek is besluit om kundigheid van buite te bring om die projek se ontwerpvermoë te oudit. ’n Deeglik nagevorste tydsplan moes ook opgestel word voordat ’n verbintenis gemaak word vir die finale ontwerp vir die res van die motor se sowat 3 000 onderdele van die 197 verskaffers. Die ingenieurspan het besluit om nou die operasie te laat hersien eerder as om die risiko te neem dat probleme later in die konstruksieproses ontstaan. Sigma se beplanning is dat die voertuig in die eerste helfte van die Suid-Afrikaanse winter voltooi moet word, met die wêreldrekord-aanslag dan in die tweede helfte van die winter. Noble sê die Bloodhound SCC-span is die mees ervare landspoedrekord-span. Hy het self op 4 Oktober 1983 in ’n voertuig genaamd Thrust in die Nevadawoestyn in Amerika die destydse landspoedrekord van 1 019 km/h opgestel. Juis dié ervaring beteken die spanlede weet hoe moeilik die projek is. Om onafhanklike assessore in te bring en die planne eerder ’n bietjie uit te stel is die moeite werd omdat daar nou sekerheid is dat die regte benadering gevolg word en dat die span ’n voertuig sal hê wat 1 600 km/h sal kan haal.
d e h c t i w s Have you ? h s a c o t s your point
PnP Bulk Lean Beef Mince
31
R
PnP Fresh Chicken Breasts, Thighs or Wings Per kg
Per kg
Garnish and decor not included
SAVE R12
20
R
BUY 2 FOR
30
21
80
40
SAVE 2.20
PnP NO NAME™ Macaroni or Spaghetti 500g Each
PnP NO NAME™ Parboiled Rice 2kg
PnP White Sugar 2.5kg
67 R7
28
PnP Extra Virgin Olive Oil 1 Litre
SAVE 4.90
PnP NO NAME™ Blended Cooking Oil 2 Litre
16 R 12
Parmalat PureJoy Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each
Simba Doritos Assorted 150g
Sasko Cake Flour 2.5kg
18
R
Kellogg’s Corn Flakes 500g
8 R68
Sta-Soft Fabric Softener Assorted 500ml Refill Each
R
50
Bakers Tennis Biscuits Assorted 200g Each
19
90
Nescafé Ricoffy 200g Flexi Bag
23
R
Danone Yogi Sip Drinking Yoghurt Assorted 1kg Each
Helios Medium Fat Spread 1kg Tub
90
PnP Instant Mash Original, Country Herbs, Sour Cream & Chives, Sweet Chilli or Sweet Garlic 100g Each
R
R
19
R
R
20
Clover Fresh Milk Assorted 2 Litre Each
7
13
R
SAVE 3.09
PnP Washed Potatoes 2kg
90
BUY ANY2 FOR
19 18 90
R
PnP Royal Gala Apples 1.5kg
Velties slyp dramatalent DIE Hoërskool Duineveld het ’n unieke dramakursus saamgestel vir al die junior leerlinge, asook die nuwe leerlinge, in Veltieland wat graag aan hul dramatalent wou slyp. Dit is op Vrydag 7 Februarie deur Olga Malan van Firefly Productions en die ATKV aangebied. Die kursus het bestaan uit teorie, die bespreking van karakters en ook praktiese werksessies. Die leerlinge het veral die improvisasie baie geniet. Hulle het ook kennis gemaak met die struktuur van die sielkundige riller – tog was die atmosfeer lig en vrolik. Leroena Maass het as organiseerder die seepgladde verloop van die kursus verseker.
46
R
SAVE 16.90
Dinu Rose Collection 2 Ply White Toilet Tissue 18s
83 Bobtail Dry Dog Food Assorted 7/8kg Each
Best Customer Loyalty Programme 2013* PRICES VALID 11 - 16 FEBRUARY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
1183643_390x198
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
Handjies leer só raakvat Renske Van der Walt DIE tyd van die jaar begin kleuters die kunswerke wat hulle in die klas gemaak het huis toe bring. Seuns se prente is dikwels ’n gekrabbel met swart, donkerblou of bruin oor die hele bladsy. Plek-plek is dit selfs oor die rand van die papier en Mamma wonder: “Waar is my kunswerk?” Die meeste van hierdie eerste kunswerke deur die ouderdomsgroep drie tot vier jaar is eksperimenteel – dit is dan so lekker om te toets hoe kryte werk . . . ’n Mens kry dikwels kleuters wat so lekker op die esel verf dat hulle sommer op hul hand, arm en tot by hul skouer verf. Die episode herhaal hom elke keer as nuwe media uitgepak word. Die eerste verfprent is gewoonlik in een kleur en die hele blad vol sonder ’n wit kolletjie. Denke oor kinderkuns het die laaste 50 jaar baie verander. Navorsing toon dat die ontwikkeling van kinderkuns ’n baie voorspelbare patroon volg. ’n Onbeheerde gekrabbel: Dit is die eerste ontmoeting met papier en skryfapparaat. Die kleuter swaai sy arm met ’n gebalde vuis wat die kryt of potlood vashou heen en weer oor die papier en is dikwels verstom dat daar merke op die papier vorm. Die wonder vind dan plaas as die kleuter besef dat hy die krabbels op die papier kan beheer. ’n Beheerde gekrabbel: Die kleuter begin om doelbewus sirkelvormige krabbels te maak. Hierdie krabbels is dikwels groot – daarom word aanbeveel dat A3- of selfs groter velle papier hiervoor beskikbaar moet wees. Die hele arm, veral die bo-arm en skouer, word vir dié tekeninge gebruik. Ontspan as die kleuter die kryt nog in ’n vuisgreep het – motories moet die groot spiere nou eers ontwikkel. Die kleuter gebruik steeds hoofsaaklik een kleur. Later volg meer kleure. Klein sirkelvormige strukture: Die kleuter beweeg aan en begin sirkeltjies met die potlode trek. Dit gebeur as die kleuter die verskil tussen skryf en teken ontdek. Hulle maak dikwels die sirkels onder hul name wat juffrou geskryf het, of vertel self dat hulle hul “naam” geskryf het. Wees saam met jou kind opgewon-
PA PHILLIP WILLIAMS en sy dogter Chané ondersteun mekaar op die Shavathon.
Pret vir Kansa Ilse Watson
de oor hierdie mylpale wat bereik word elke keer as hy na ’n nuwe stap vorder. Moenie inmeng nie, bewonder net die werk en vra uit. Mensfigure: Die sirkeltjies, wat nie heeltemal rond is nie, begin nou ’n mond of ogies kry – kyk mooi om dit raak te sien. Soms is die ogies nog buite die sirkel wat die kop voorstel – daar is nie ’n reg of verkeerd nie. Gee die kleuter tyd om dit te laat ontwikkel. Nog later teken die kleutertjie “bene en arms” aan die kop – die figuur lê in die begin op die sy met die liggaamsdele wat direk uit die kop spruit. Nog later staan die mensfigure op hul bene en nog later kom die detail soos hande, voete, hare en ooghare by. Hierdie proses van ontwikkeling duur van tweejarige ouderdom tot en met die kleuter vier of vyf jaar oud is.
’n Mens moenie hiermee inmeng nie. Laat die ontwikkeling self plaasvind en gee net die geleentheid en materiaal. Deur in te meng by die huis deur die kind te wys hoe om te teken, sy naam te skryf of om te voorskriftelik te wees ondermyn die kleuter se selfvertroue. Dit vertraag die natuurlike proses. Kinders wil dit self doen en dit is hul reg om self te ontdek, uit te vind, foute te maak en uit hul foute te leer. By die Bana Early Development Centre doen hulle juis dit: Gee die kleuter die geleentheid om self te eksperimenteer en om self deur al die bogenoemde stappe van ontwikkeling te gaan. Die skool het drie plekke beskikbaar vir kleuters wat in 2010 gebore is. Rig navrae aan die skool by 084-701-1860.
KANSA KURUMAN het die afgelope Saterdag ’n Shavathon by die Kuruman-Spar gehou.
QUINTES (LINKS) EN CAILO THORPE wat aan die Shavathon deelgeneem het. Quintes is vanjaar die hoofsanger tydens die Kansa Relay wat in Februarie gehou word.
Velties knap in musiek VIER musiekleerlinge aan die Hoërskool Duineveld het baie goed in die Unisa-musiekteorie- en praktiese eksamens gevaar. Floris Thirion, Melinda du Toit en Carina Reynecke het die gr. 4-teorie-eksamen geslaag. Esta Burger het die gr. 3-teorie-eksamen
deurgekom. Melinda, Carina en Esta het met eervolle vermelding geslaag. Floris het gr. 3-saksofoon met eervolle vermelding geslaag. Melinda het gr. 4-blokfluit met lof behaal. Esta het gr. 3-klavier met eervolle vermelding geslaag en Carina gr. 3-klavier.
VAN links is Esta Burger, Carina Reynecke, Floris Thirion en Melinda du Toit.
Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
9
Gr. 11’s samel geld in ELKE jaar was die Hoërskool Duineveld se gr. 11’s motors om geld vir die matriekafskeid in te samel. Die Chammie Sweepers-groep is een van die groepe wat motors was. Hulle is van links Jana van Niekerk, Wian van Zyl, Tedré van Wyk, Johandré Koortzen en Jané Visser.
Foto’s: Lizette Slabber
OM motors te was is darem nie net harde werk nie. Die spanlede maak dit pret. Die Waslappies is ook een van die groepe wat motors gewas het. Hulle is van links Elandri Janse van Rensburg, Shauné Theron, Lucinda Deacon en Heidi Swart.
DIE Minion-karwassers is nog net ’n uur aan die gang en is klaar sopnat. Hulle is van links: Rozanne Thirion, Nadia Louw, Wilmarie van der Westhuizen, Johané Huismamen, Dioné Cilliers en Leandri du Toit.
12 - 16 February 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
31
3290
R
42
90
e R o m e v sa 21
Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece
per kg
Stewing Beef
Egte Braaiwors
3990 per kg
R
Beef Mince Mix
1390
Rainbow Chicken Family Polony 1kg
1750
per pack
per pack
Red Globe Grapes 500g
2190 each
Onions 3kg
2for
Selati White Sugar 2.5kg
R
1390 each
Ace Super Maize Meal 2.5kg
13
Bananas 750g
shop any W it h so much value, w hy
per kg
per kg
2for R
24
Pears Econo 1.5kg
2for
29
R
Red Plums 500g
w here else?
or we’ll BEAT it*
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
Boekwurms skool se trots FREDE GROENEWALD het 68 boeke in haar gr. 6 jaar deurgedraf. Die 68 boeke het haar die Private Skool Cum Laude op Grootdrink se beste senior leser-eerbewys laat wen. Sy was ook die dux-leerling van haar skool n 2013.
WC EHLERS is die Private Skool Cum Laude op Grootdrink se uitblinkerleser. Die boekwurm het in gr. 2 152 boeke gelees en is as die beste junior leser van die skool aangewys. Foto’ : Lizette Slabber
BAREND DU PLESSIS van die Private Skool Cum Laude op Grootdrink het die Du Raan-beker vir deursettingsvermoë ontvang. Foto: Lizette Slabber
DIE junior atlete van die Private Skool Cum Laude wat eerste plekke op die atletiekbyeenkoms behaal het, is van links Chanté Koekemoer (slingerbal o.7), Wihann Liebenberg (60 m, 80 m en ’n rekord in die turbospies o.8) en Josh Vermeulen (slingerbal o.7). Foto: Lizette Slabber
TYDENS die atletiekbyeenkoms vir private skole het dié leerlinge van die Private Skool Cum Laude op Grootdrink eerste plekke in hul ouderdomsgroepe behaal. Van links is Guinevere Byleveldt (diskus o.12), Henko Vollgraaff (hoogspring o.10), Frede Groenewald (diskus o.13), Shaun du Raan (hekkies o.11) en Marlene Gresse (hoogspring o.11).
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
11
PROMOSIE
VAN links is Anja van Niekerk, Elandie Hanekom, Leemé Janse van Rensburg en Sunell Mostert.
Foto: verskaf
Leerlinge vir span gekies SUNELL MOSTERT, Anja van Niekerk, Elandie Hanekom en Leemé Janse van Rensburg, leerlinge aan die Hoërskool Upington, is gekies om as deel van die Noord-Kaap-span aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste deel te neem. Al vier het aan die sang-afdeling van die Noord-Kaap-proewe deelgeneem. Anja het ook aan die modelafdeling en Sunell aan die drama-afdeling deelgeneem. Sunell het vir drie van haar vier sangnom-
LIZE-MARI HAYES is die nuwe haarkapper by Salon Don Cheré. Sy is ’n oud-Upingtonner wat aan die Hoërskool Duineveld skoolgegaan het en in Bellville gestudeer het. Sy is sedert 2012 weer in Upington en het haar onlangs by dié salon aangesluit. Kontak haar by 054331-3882 of 082-307-7117. Foto: Lizette Slabber
mers bo 80% gekry en in die drama-afdelings vir al drie haar uitvoerings bo 80% gekry. Anja het ook vir drie van haar vier sangnommers bo 80% gekry en vir al haar modelafdelings bo 80%. Elandie het vir twee van haar sangnommers bo 80% gekry. Leemé het vir al vyf haar sangnommers bo 80% gekry. Anja en Leemé het twee duette gesing waarvoor hulle vir een bo 80% gekry het. Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vind in April in Rustenburg plaas.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
HMO gee toon met toutrek DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas se jaarlikse kuieraand het vanjaar op 17 Januarie op die rugbyveld plaasgevind. Die ouers van die leerlinge het gesellig om die vleisbraaivure gesit en vleis gebraai. Die leerlinge het hul slag in toutrek
gewys. Met die toutrek tussen die gr. 8’s en gr. 9-leerlinge het die gr. 9’s vinnig met die gr. 8-leerlinge afgereken. Die gr. 10-leerlinge was nie kompetisie vir die gr. 11-leerlinge nie, en het gewen. Dit was egter die gr. 12’s wat as wenners van die aand weggestap het.
DIE gr. 8-ballerinas doen hul dansuitvoering.
Foto’s: Verskaf
Konsert groot sukses
DIE gr. 11-seuns trek vir al wat hulle kan met die ondersteuning van Jacques Kotze, skoolhoof van HMO. Foto’s: verskaf
JACQUES KOTZE, skoolhoof van HMO, moedig die gr. 12-meisies aan.
DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas se sottekonsert het vanjaar gewys hoekom HMO een van die land se toptoneelskole is. Die sottekonsert het die avonture van Martin en Oosie vertel. Op die vooraand van hul eerste dag in die hoërskool word Martin en Oosie deur hul X-Box ingesluk en gaan hulle na ’n vreemde wêreld vol uitdagings en monsters waar dié twee sekere raaisels moet voltooi. Dié raaisels het die gehoor verskuilde lewenslesse en al die skool se geheime en fasette geleer. Die sottekonsert was weer propvol goeie toneelspel, skouspelagtige dansuitvoerings, humor en selfs ’n taalles, aangebied deur Juffrou ABC. Barnie Mans en al die gr. 8’s het weer ’n jaarlikse hoogtepunt gelewer.
WAYLON BASSON, Minette van Zyl en Franco Rossouw in een van die tonele van die sottekonsert.
VAN links is Gwen Wiese, Leonie van Zyl en Anzelle Jonker hard aan’t oefen vir die sottekonsert.
Foto’s: Verskaf
VAN links is Mia Swart, Franco Rossouw en Keegan Farrel besig om van al hul energie ontslae te raak op die sottekamp.
Gr. 8’s het pret op kamp DIE gr. 8’s van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas het ’n sottekamp bygewoon. DIE jaarlikse sottekamp van HMO het weer hope pret verskaf. Dié kamp dien as voorbereiding vir die
sottekonsert. Al die gr. 8’s het deur die nag gedans, gelag en musiek gemaak. Tussen al die aktiwiteite en pret is daar ook aandag gegee aan die hoërskool se verskillende tradisies en gebruike.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
13
501625B/P67
PRICES VALID FROM: 13/02/2014 - 20/02/2014 EXCELLA Sunflower Oil
SPEKKO Rice
17
BOKOMO Weet-Bix
79
2
2kg
2 BUY
BUY
FOR
RAMA Spread For Bread Brick
BUTCHER’S BUY Beefy / Chicken Bangers
FOR
SUNLIGHT HTT Washing ng Powder er
33
99 2kg
OFFERS VALID IN GAUTENG, NORTH WEST & FREE STATE ONLY
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
Goed Geleerde Nooitgedaght hings te koop.Oulik met kinders.R5000.Sel 0789733925
BETREKKINGS 3600
SPYSENIERING & LOKALE 1401
SOSIAAL & ONTSPANNING 1475
MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.
VOERTUIE ALGEMEEN BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 3010
MAZDA BT50, 2010, canopy, rubberised, tow bar, new tyres, 75 000 km, FSH, warranty, R165 000. Phone 083 963 5723.
MOTORS TE KOOP TE KOOP
3025
TROETELDIERE 1660
BASSET-HONDJIES: Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 800 stuk. Beskikbaar vanaf 15 Februarie. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
UNO PACER, 1991, goeie toestand, slegs 130 000 km op klok, CD-speler. Ideale studentevoertuig. Skakel 083 772 2316.
KOMMERSIEEL 3060
BELL 1806 CII-LAAIGRAAF, 2004. Baie goeie toestand. 10 200 ure. Registrasiepapiere en lisensie. Skakel 083 310 0272.
EIENDOMME
DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
BOEDELKENNISGEWINGS
SAKEPERSELE 3215
BUILDING FOR SALE in Daniëlskuil, R220 000 neg. Phone 083 963 5723.
3680
INTERCONNECT SYSTEMS: VACANCY AS ACCESS CONTROL SPECIALIST Minimum requirements: Matric, driver's licence and 3 years' experience. Positioned at Kathu NC. Send CV to: mail: Taniad@interconnect.co.za or fax 053 861 3232. Closing date: 28 February 2014. INTERCONNECT SYSTEMS: VACANCY FOR QUALIFIED ELECTRICIAN Minimum requirements: Matric, driver's licence, Read Seal and a wireman's licence. Positioned at Kathu, NC. Send CV to: E-mail: Taniad@interconnect.co.za or fax 053 861 3232. Closing date: 28 February 2014. LOOKING FOR A SITE SUPERVISOR with own transport (bakkie). Phone Johan van Wyk 072 543 3346. Send CV to 053 712 0303.
WOONSTELLE TE HUUR
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
HWJ Pienaar In the estate of the late HWJ Pienaar, identity number 471120 0174 082 of 9 O' Donovan Street, Kuruman. Estate number: 1249/2012 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 14 February 2014 at the Office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Kuruman. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460 J.H. Poolman In die boedel van wyle Johannes Hendrik Poolman, wat woonagtig was te plaas Langley, Kurumandistrik. Boedelnommer: 241/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 14 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
3250
EENSLAAPKAMERwoonstel: Onmiddellik beskikbaar. Mimosalaan 7. R3 500 krag en water ingesluit. Skakel 071 543 0773 (verkieslik na vieruur op weeksdae).
TE KOOP 3201
IT/REKENAARS 3695
RINICO COMPUTERKIDS benodig die dienste van 'n verkieslik gekwalifiseerde onderwyser/es of 'n persoon wat lief is om met kinders te werk om rekenaarklasse vir kinders te gee in Kuruman en Postmasburg en omliggende dorpe. VEREISTES: Rekenaarvaardig, eie vervoer en bereid wees om te ry. Sluitingsdatum: 20 Februarie 2014. Persoon moet onmiddellik kan begin. Skakel Johan Erasmus 082 894 2508 of faks na 086 585 8174 of e-pos u CV na: ceo.rinico@mweb.co.za
MEDIES
FERMAR MATWASDIENSTE: Skakel Louwtjie 073 207 6797.
3705
KALAHARI PHARMACY LOCUM PROFESSIONAL NURSING PRACTITIONERS NEEDED Must have experience in Primary Health Computer literate SANC registered Contact: Kalahari Pharmacy cor. Beare and Voortrekker Streets PO Box 11 Kuruman 8460 Tel: 053 712 1161 OR e-mail: lanie.lamprecht@gmail.com
HUISVERBETERINGS BUITE 1836
ALLE HERSTELWERK in en om die huis. Wasmasjiene, stowe, staalwerk, loodgieter, elektries, bouwerk, plaveisel, plafonne, dakke, teëls, ens. Skakel 082 752 1600.
VOLWASSENES
REGSKENNISGEWINGS & TENDERS PRIVAAT ALGEMENE KENNISGEWINGS
2015
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.
LANDBOU
4010
HUISE TE KOOP
KENNISGEWING Hiermee gee ek, Sarel Johannes Pienaar, identiteitsnommer 460528 5143 089, en handelend as Car Care, kennis dat ek geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid aanvaar van enige skulde of lenings aangegaan deur Schalk Andries Jacobus Pienaar, identiteitsnommer 700228 5083 084, en dat laasgenoemde geen belange en seggenskap in die besigheid Car Care het nie.
3275
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.
AANDAG
2 MOOI, GROOT HUISE in die mark. Baie mooi en 'n groot winskoop! Mooi opgknap binne en buite. Nog baie meer. R1,6 m en R2,350 m. Skakel Louwrens by Kameeldoring Eiendomme 083 310 0272 vir afspraak.
ALLE ADVERTEERDERS
HUISE TE HUUR
"A", leestekens soos "!"
3270
AIDA KURUMAN 3 slaapkamers, 2 badk, 1 m/h, boorgat, koopkrag. Te huur: R8 800 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422 . Ons benodig dringend woonstelle/huise om te verhuur/verkoop. SKAKEL ONS GERUS!
Die gebruik van die letter
of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.
SOEK, KOOP, VERKOOP
SMALLS NOTICE
J.J. van der Poel In die boedel van wyle Jeanetta Jacoba van der Poel wat woonagtig was te Cowburnstraat 2, distrik Kuruman. Boedelnommer: 816/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 14 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
BETREKKINGS
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
ANÉ DIPPENAAR, ’n leerling aan die Serfontein-tennisakademie, het van 19 tot 21 Desember aan die Boland Key Health-tennistoernooi in die Strand deelgeneem. Sy was 21ste van die 48 tennisspelers. Van 10 tot 12 Januarie het sy in Bloemfontein aan die Kloppers-tennistoernooi deelgeneem. In die enkelspelafdeling was sy derde in die o.18-meisiegroep en het die dubbelspeltitel gewen.
Sluit hom by tennisakademie aan JASPER LOUW (regs) het hom vanjaar as afrigter by die Serfontein-tennisakademie (STA) aangesluit. Hy gaan veral aan die Hoërskool Duineveld met afrigting help. By hom is Tiaan Serfontein van die STA. Jasper is ’n oudleerling van die akademie. Foto’s: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
Blitse verseker baie aksie DIE Hoërskool Upington se kleure-atletiekbyeenkoms het te midde van uitmergelende hitte vele hoogtepunte opgelewer. Handré Bruwer (gr. 8) het vier eerste plekke behaal en aan talle ander nommers deelgeneem. Nicolene Loots het aan elke nommer deelgeneem en ook vier eerste plekke behaal. Bonisile Lolwana het die skare in verwondering gehad met die spoed waarteen sy die 3 000m gehardloop het. Kobus Swanepoel (gr. 9) het Johan Fick se
19
VAN links is, voor: JoeLythen Willemse, Nicolene Loots en Gerrit Wickens; agter: Kobus Swanepoel, Ruwano Fritz, Bonisile Lolwana en Handré Bruwer. Foto:
diskusgooi-o.15-rekord van 33,66 m na 41,40 m verbeter. Uppies se twee blitse, Gerrit Wickens en Joe-Lythen Willemse, het weer aksie verskaf. Joe-Lythen het die 100 m vir seuns o.17 in 11 sekondes gehardloop, terwyl Gerrit die 100 m vir seuns o.19 in 10,9 sekondes gehardloop het. Die 200 m het hulle saam aangepak wat Gerrit in 22,5 sekondes gewen het met Joe-Lythen in die tweede plek met ’n tyd van 22,6 sekondes.
Verskaf
Kollege verslaan Duineveld op Saterdag 1 Februarie plaasgevind het, het die kollege se span Duineveld vir 84 lopies uitgehaal en met agt paaltjies gewen.
DIE krieketspan van die NCR-VOO-kollege.
Foto: Verskaf
McCannJHB 911512
DIE NCR-VOO-kollege Upington se krieketspan het op 1 Februarie die krieketspan van die Hoërskool Duineveld geklop. In die Siyanda-krieketligawedstryd wat
The entrepreneur who opened new worlds for us. Play your part. Luvuyo Rani - Khayelitsha “Information Technology Entrepreneur” Luvuyo Rani, alongside his brother, Lonwabo, started their first internet café in the Khayelitsha Township, Western Cape, in 2004. Since those early days, Silulo Ulutho Technology has gone from strength to strength, offering computer training courses, Internet café and business centre services, IT retail and repair services. In 2010, Silulo opened its first training academy with advanced online courses to compete with local universities, and in 2011 more than 1,600 people graduated from Silulo’s training courses. Luvuyo is not only doing best and playing his part by building his company, he is also building a better, more educated South Africa, one Internet café at a time. To find out more on how you can play your part, visit www.playyourpart.co.za
PlayYourPart
PlayYourPartSA
WWW.PLAYYOURPART.CO.ZA
An initiative by Brand South Africa
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 FEBRUARIE 2014
VAN links is Lemley Mulder, Connie Conradie, Duncan McGregor en Riaan Badenhorst.
Foto’s: Megan Loots
Nege Duinevelders haal NK-spanne NEGE van die Hoërskool Duineveld se tennisspelers is op die Noord-Kaapse tennisproewe in spanne ingesluit. Lemley Mulder is as nommerses-speler vir die o.14-seunspan gekies. Connie Conradie (nr. 1), Duncan McGregor (nr. 5) en Riaan Badenhorst (nr. 7) is vir die o.16-seunspan gekies.
Ané Dippenaar (nr. 1) en Danielle Nel (nr. 8) is vir die o.17-meisiespan gekies. Anton Swanepoel is as die nommervierspeler vir die o.17-seunspan gekies. JayD van Zyl (nr. 2) en Behandré Swartz is vir die o.19-seunspan gekies.
VAN links is Behandré Swartz, Danielle Nel, JayD van Zyl, Ané Dippenaar en Anton Swanepoel.