Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
14 NOVEMBER 2013
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
DIE 16 dae vir aktivisme teen geweld teen vroue en kinders begin op 25 November en duur tot 10 Desember. In die tydperk kan jy as lid van die gemeenskap betrokke raak om die saak te ondersteun. Lees op bl. 2 waaroor die projek handel, wat die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS ) nou eintlik is en hoe dit jou kan help. Die Kalahari Bulletin ondersteun die projek om ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak. Hier is van links Anna Strauss en Retha Hall van die Kalahari Bulletin saam met kapt. Titia de Ridder, forensiese maatskaplike werker, en kapt. Susan van Heerden, die nuwe bevelvoerder van die GKS. Foto: Anena Burger
Taxi ry meisie (10) dood Anena Burger
’n TIENJARIGE meisie van Paballelo is dood en drie kinders en ’n 42-jarige vrou beseer toe ’n minibustaxi Vrydagoggend tussen ’n groep skoolkinders ingery het. Naidine Rampangane (10), ’n leerling aan die Oasis-vaardigheids-enontwikkelingsentrum, is op die toneel dood, terwyl haar ma, Hannah Rampangane (42), en nog ’n kind onder die voertuig vasgepen is. Hulle is met die hulp van spesiale toerusting wat die voertuig opgelig het, onder die wrak
uitgehaal. Die beseerdes is leerlinge en werknemers van Oasis. Volgens lt. Donald Mdluli, polisiewoordvoerder, het twee minibustaxi’s wat Vrydag omstreeks 07:30 in dieselfde rigting in Kingstraat gery het, gebots toe die bussie wat voor gery het regs wou afdraai en die agterste bussie hom wou verbysteek. Die bestuurder van dié bussie het beheer oor sy voertuig verloor, die pad verlaat en tussen die groep leerlinge ingejaag. Volgens Lourensia Dubula, voor wie se huis die ongeluk gebeur het,
was sy die oggend in haar huis toe sy skielik bevreesde gille gehoor en mense in alle rigtings sien spat het. Die leerlinge en hul ouers wag elke oggend voor Dubula se huis vir die skoolbus om hulle hier op te laai. Sy het onder haar sitkamervenster gesit toe dit gebeur het. “Die venster het eintlik gebewe. Ek het gedink hy kom jaag in my huis in. Ek het te groot geskrik om te sien wat presies gebeur het en net gehardloop om te kyk waar my oudste seuntjie is. Hy is lief om buite te speel.” Toe sy buite kom, was klein Naidi-
ne reeds dood. Sy het eenkant agter die minibustaxi gelê. “Die meisie (Naidine) se boetie, ek dink hy is so drie of vier jaar oud, het histeries by my huis ingehardloop. Sy ma was onder die taxi vas,” het Dubula die toneel beskryf. Die polisie was kort daarna op die toneel. Die 26-jarige bestuurder van die voertuig is deur die gemeenskap voorgekeer en aangerand toe hy probeer weghardloop het. Hy is in hegtenis geneem terwyl hy verder met die dood gedreig is.
Die uitvoerende bestuur van Oasis het Vrydag in ’n verklaring gesê hulle is geskok oor die voorval. “Al die leerlinge en personeellede wat op die toneel aangekom het, was baie ontsteld. Hulle, asook al die ander leerlinge en personeellede, is deur beraders toegespreek. Ons sal in kontak met die Rampangane-gesin bly en ’n gedenkdiens by die sentrum reël, asook by die oplaaipunt waar die leerlinge vir die bus wag.” Die polisie ondersoek klagte van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
SAPD reik uit na slagoffers Anena Burger DIE 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-veldtog begin eersdaags op 25 November. Die Kalahari Bulletin het met kapt. Susan van Heerden, bevelvoerder van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS), en kapt. Titia de Ridder, forensiese maatskaplike werker, oor dié projek en die GKS gesels. In die volgende uitgawes in die aanloop tot die veldtog sal die Kalahari Bulletin weekliks ’n berig plaas oor die verskillende polisie-eenhede wat na die gemeenskap uitreik en vir hulle van hulp kan wees. Van Heerden het op 13 Augustus as die nuwe bevelvoerder van GKS ingetree. Sy is egter geensins ’n groentjie op die gebied nie en bedien al 30 jaar die publiek as ’n polisievrou en was 25 jaar in die speurdiens. Sy het haar loopbaan as dienaar van die gereg op Upington begin. Haar pad het draaie deur die Noord-Kaap geloop en sy was ook in Kimberley en op Postmasburg (waar sy ook aan die kinderbeskermingseenheid verbonde was) en Jan Kempdorp gestasioneer. Van Heerden verduidelik die doelwit van die GKS is om misdaad en geweld teen vroue en kinders te voorkom en te ondersoek. “Ons is hier om ’n diens aan vroue en kinders te lewer en só vir hulle ’n veilige omgewing te verseker,” sê Van Heerden. Die GKS op Upington bestaan uit ’n span van 12 lede wat ’n wye gebied, waaronder die dorpe Upington, Rosedale, Paballelo, Kanoneiland, Grobblershoop, Rietfontein, Noenieput en Witdraai, bedien. “Die rede hoekom ek in die polisie is, is om die gemeenskap te dien en deur middel van my werksaamheid te verseker dat vroue en kinders ’n veiliger omgewing kan geniet. “Elkeen het ’n reg tot ’n veilige omgewing,” sê sy. Van Heerden sê vroue dink soms dit is hulle skuld as hulle mishandel word. So ook dink talle slagoffers van verkragting, mishandeling en molestering dat hulle dit wat
KAPT. SUSAN VAN HEERDEN is die bevelvoerder van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, beter bekend as die GKS. Foto’s: Anena Burger
KAPT. TITIA DE RIDDER is ’n forensiese maatskaplike werker wat nou saam met die GKS werk om kinders te evalueer wat die trauma van verkragting of ander geweld moes ervaar.
met hulle gebeur het, moet wegsteek. “Hulle hoef dit nie alleen te dra nie. Die GKS is hier om te help. “Vroue moet ook besef hul nee is hul nee. Ons sal altyd help, maar dit is ook die slagoffer se verantwoordelikheid om ’n klag by ons in
te dien.” Kapt. Titia de Ridder is ’n forensiese maatskaplike werker. Sy sê hierdie gespesialiseerde veld het in 1997 ontstaan om ondersoekbeamptes wat in eenhede soos die GKS werk te help om jong slagoffers te verstaan.
“Ek werk eintlik meer vir die hof as vir die polisie,” sê sy. “My werk is om getuies te evalueer en beter te verstaan en sodoende te bepaal of hulle in ’n hof kan getuig.” Sy verduidelik en sê die manier hoe kinders op trauma reageer of dit hanteer, kan dit soms vir hulle moeilik maak om insidente te beskryf of ’n verklaring af te lê. So ook is dit moeilik vir die ondersoekbeamptes om ’n kind te verstaan. “ ’n Kind in die pre-operasionele fase van ontwikkeling (voorskool) dink van die spesifieke na die algemene. “As die oortreder ’n man is, is hulle dus vir alle mans bang,” sê sy. Daarom is haar rol ondersteunend tot die ondersoekbeamptes se werk. Sy verrig hierdie taak deur die kind eers gemaklik te maak deur hulle te evalueer terwyl hulle in ’n speelkamer speel. “Hulle weet nie eens hulle word geëvalueer nie.” Dan gaan sy saam met die kind wanneer hulle ’n verklaring moet aflê. Tydens die proses kan sy dan die ondersoekbeampte help as ’n kind nie ’n vraag verstaan nie. “As ’n kind ’n vraag gevra word soos: ‘Hoekom?’ verstaan hulle nie altyd die vraag nie. “Hulle weet hulle moet antwoord, maar kan nie noodwendig onderskei tussen oorsaak en gevolg nie. ’n Hoekom-vraag is juis dit en daarom help ek dan sodat die beampte die vraag op ’n ander manier kan vra,” sê De Ridder. Al twee dink die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-projek is ’n positiewe veldtog. Tydens die veldtog werk die polisie met opbouprogramme in die gemeenskap en word mense ingelig oor wat hulle te doen staan. In die tyd is daar ook meer mense wat na vore kom en sake aanmeld omdat hulle dan behoorlik oor hul regte ingelig is. Vir meer inligting oor die aktiwiteite van die veldtog bel kapt. Jacques September by 054-337-3442.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
3
Registrasie vorder flink Veldtog help só Anena Burger
RAYMOND OLIPHANT (links) was een van die kiesers wat by die Laerskool Dutoitspan in Kimberley kom seker maak het of sy naam op die kiesersregistrasielys is. Stanley Dikgetsi, voorsittende beampte van die registrasielokaal by die skool, soek hier na sy naam.
André Botha BYKANS 14 000 mense het reeds teen Sondag om 14:00 by registrasielokale oor die provinsie heen opgedaag om hulle vir volgende jaar se algemene verkiesing te registreer. Die provinsiale doelwit is 600 000 geregistreerde kiesers. Sowat 552 000 mense is nou in die provinsie geregistreer (uitgesluit kiesers wat die naweek geregistreer het). Veral in die myngebied rondom Postmasburg, Kuruman en Kathu, waar heelwat nuwe intrekkers is, het baie mense hulle geregistreer. Die enigste wanklank in ’n andersins rustige registrasienaweek is vier mense, na bewering ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), wat in hegtenis geneem is nadat hulle baniere van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) by drie registrasielokale in Bothithong in die Joe Morolong-munisipaliteit noord van Kuruman aan die brand gesteek het. Die lokale moes tydelik gesluit word. Dit het weer later geopen. Die waarde van die baniere is sowat R50 000. ’n Selfoon van ’n ANC-raadslid is glo ook in die vlamme gegooi. Elkin Topkin, verkiesingshoof in die Noord-Kaap, het gesê die OVK is tevrede met die verloop van die naweek. Dit is egter nog te vroeg om te
Foto: André Botha
sê hoeveel van die registrasies was van nuwe kiesers en hoeveel was herregistrasies, of wat die verspreiding van registrasies wat betref ouderdomsgroepe is. Politieke partye in die provinsie was ook tevrede met die opkoms van kiesers en die verloop van die registrasieproses. Ockie Fourie, ’n DA-raadslid in Kimberley, het gesê heelwat jong mense het hulle by die Laerskool Dutoitspan geregistreer. Rosie Ludick, ’n Cope-raadslid in Kimberley, het dit beaam. Andrew Louw, Noord-Kaapse DAleier, het gesê die aanduiding is waar dorpe ekonomies vooruit gaan en meer werkgeleenthede beskikbaar is, was mense geesdriftiger om hulle te gaan registreer as op dorpe wat stagneer. Volgens hom was die opkoms veral
op Postmasburg baie groot. Heelwat kiesers het hulle ook in Kimberley en op Upington, Keimoes en Kakamas geregistreer. Hy het die voorvalle in Bothithong betreur en gesê die DA se inligting is dat ANC-ondersteuners ontevrede oor dienslewering is. Dit is, volgens hom, duidelik die ANC verloor steun en sy houvas op die provinsie. Hy glo die ANC se steun sal in die verkiesing tot onder die 50% daal. Zamani Saul, ANC-sekretaris, het die voorval in Bothithong voor die deur van die EVV gelê. Hy het gesê daar is geen plek vir bullebakkery in die politiek nie. Die ANC was ook met die verloop van die registrasienaweek tevrede. Volgens hom is die ANC steeds vol vertroue hy sal 70% in die provinsie behaal.
Hengel sy kos Anena Burger
DIE Kalahari Bulletin stel vandag nog ’n lesersjoernalis aan sy lesers bekend. Jaco Pieterse sal hengelliefhebbers van al die jongste hengelstories en gebeure op die hoogte hou. Pieterse het in die Diamantstad, Kimberley, grootgeword en in 2011, sê hy, “my voete aan die Oranjerivier op Upington gevind”. Pieterse is ’n dapper man en sê hy het in Kimberley in sy vrye tyd die spookroete aangebied. Hoewel hy af en toe ook gehengel het, was hy nie so passievol oor die sportsoort soos nou nie. “Vandat ek deur vriende aangeraai is om gereeld te gaan hengel en nog self my persoonlike rekord moet ver-
JACO PIETERSE beter, het ek toe maar aanhou probeer.” Hy het onlangs lid van die Karp-Oranje-hengelklub van Upington geword en is as ondervoorsitter benoem. “Met my aanvaarding van die ondervoorsitterskap het
ek my gedagtes laat gaan en met ’n paar goeie voorstelle vorendag gekom, waarvan ons klubnuusbrief een is,” sê Pieterse. Hy ontwerp en lê self die inhoud van die nuusbrief uit, maar artikels word deur lede en ander mense geskryf. “Ek hoop ek kan namens Karp-Oranje die mense van die Noord-Kaap inlig oor wat in ons riviere gebeur en om hulle op die hoogte te hou van wat in die hengelwêreld in hul streek gebeur,” sê hy.
DIT is weer tyd vir die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-veldtog. Maar waaroor gaan dié veldtog werklik? Die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-veldtog is ’n internasionale veldtog wat jaarliks van 25 November (Internasionale Dag vir Geen Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag) plaasvind. Die Suid-Afrikaanse regering onderneem om in dié tyd die negatiewe impak van geweld teenoor vroue en kinders te verlig deur bewusmaking te verskerp. Die regering probeer ook om deur die veldtog alle gemeenskapsektore so ver te kry om teen misdaad op te tree. Wat kan jy doen? Ondersteun die veldtog deur in die 16 dae-tydperk ’n wit strikkie te
dra. Dit is ’n simbool van vrede. Dit simboliseer dat die draer van die strikkie nooit geweld teen vroue en kinders sal goedkeur nie. Neem deel aan verskeie 16 dae van aktivisme-aktiwiteite.
Kalender beskikbaar ’n Kalender van aktiwiteite, wat van 25 November tot 10 Desember in die ZF Mgcawu-distrik plaasvind, sal beskikbaar gestel word. Word ’n vrywilliger deur jou steun aan nieregeringsinstansies en gemeenskapgroepe te wys wat mishandelde vroue en kinders ondersteun. Moedig vroulike slagoffers aan om misdaad teen te staan. Meld kindermishandeling by die polisie aan. Sluit aan by die GPF of die GBF Sluit aan by jou gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) of gemeenskapsbeveiligingsforum (GBF). Hierdeur kan jy help om misdaad in jou woongebied te bekamp.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Mense hoef nie alles te weet MOET mense alles weet wat by ’n moord gebeur het en moet daar berig word oor iemand wat sy eie lewe geneem het? Het die publiek ’n reg om te weet of gee dit net vir die mense iets om oor te praat? In onlangse berigte in ons moederkoerant, Volksblad, is verslag gedoen oor ’n regter wat toestemming aan die media verleen het om teenwoordig te wees wanneer daar getuienis oor sensitiewe sake, onder meer seks-wandade, gelewer word. By dié groot hofsaak, waar mense van moord aangekla word, het die nuusmedia toestemming verkry om die verhore (wat in camera geskied) by te woon. Daar is natuurlik sekere voorwaardes aan die media gestel. In hierdie geval het die algemene publiek nie toegang tot die hof nie en hulle steun daarom op die media om namens hulle daar te wees. Die onus rus dus nou op die media om op ’n sensitiewe manier en met goeie diskresie verslag te doen oor die gebeure in die hof en moet hulle natuurlik die regter se instruksies gehoorsaam. Op ’n ander dorp het iemand sy eie lewe geneem. Daaroor is op ’n sensitiewe manier verslag ge-
doen en die berig is met diskresie geskryf, omdat die familie gevra het sekere inligting moenie aan die publiek beskikbaar gestel word nie. Aangesien die persoon wat sy eie lewe geneem het ’n bekende is, sak ander media soos valke toe en doen navraag oor die storie. Want hulle wil die storie agter die storie weet. Dit klink asof hulle net sensasie soek. Dít is die tye wanneer ’n verslaggewer vir sy eie regte en die regte van die familie moet opstaan. Dít is die tye wanneer daar duidelik “nee” gesê moet word. Hoekom moet die hele wêreld weet waarom die mens sy lewe geneem het? Watter verskil gaan dit enigsins maak aan die feit dat hynie meer daar is nie? Nee, al wat dit sal veroorsaak, is ’n landwye geskinder en die enigste mense wat daardeur seergemaak gaan word, is die familie en kinders wat agtergebly het. Die media speel ’n baie belangrike rol om die publiek in te lig oor gebeure in ons land. Dit is egter ook die media se rol om met diskresie en waardigheid verslag te doen oor sensitiewe gebeure.
Om dankbaar te wees verander jou lewe Ds Christo Jonck LUKAS 18: 9-14 Die Bybel leer ons dat drie dinge in die lewe nodig is om gelukkig te lewe en te sterf. Jy moet eerstens jou sonde ken en tweedens weet dat net Jesus jou daarvan kan verlos en dan moet jy derdens ’n dankbare lewe lei. Is jou lewe ’n lewe van dankbaarheid? Onthou dankbaarheid verander jou lewe. Dit laat jou anders dink. Daar is ’n aanhaling wat sê, “Waaroor jy dink en dank, is wat jy meebring.’’ Die dankbare ingesteldheid het ’n ongelooflike sterk invloed in jou lewe. Om op dankbaarheid te fokus verander jou lewe. Waarvoor is ’n mens dankbaar? Eerstens natuurlik vir wat die Here God in jou en my lewe gedoen het en nog elke dag doen. Alles begin immers daar. Dit maak dat jy gelukkig kan lewe en kan sterwe. Waarvoor is jy nog dankbaar? Baie praktiese raad is om ’n dankbaarheidsdagboek te maak. Neem elke dag tyd en skryf ’n paar dinge neer waaroor jy vandag dankbaar kan wees. Begin by iets makliks soos “ek is dankbaar vir die sonskyn”, “ek is
dankbaar vir werk”, “ek is dankbaar vir my gesondheid”, “ek is dankbaar vir my familie” en binnekort sal jy diep kan delf en jou daaglikse lys sal al hoe langer word. Jy sien, die tollenaar het geweet dat sonder genade jy niks het om voor dankbaar te wees nie. Daarom sy gebed: Wees my arme sondaar genadig. Die Fariseer het weer gedink hy is beter as ander omdat hy meer gehad het. Hy verstaan nie wat genade beteken nie. Vandag om 18:00 gaan ons ook by die Oog-kerk bid dat die Here ons genadig sal wees en vir ons reën stuur. Hoe sal dit ons nie laat dankie sing nie. Ek bid dat die Here God elkeen van ons se lewe sal vul met dankbaarheid. Sien raak hoeveel oorvloedig genade in my en jou lewe aan ons gegee word. Waarvoor is jy vandag dankbaar?
Pragkalender vir 2014 nou beskikbaar
’n KALENDER vir 2014, saamgestel uit die beste foto’s wat in Kontreikiekies, fotokompetisie van Volksblad-Kontrei en sy vennote, Kloppers, Exporama en Fotoskool, ontvang is, is nou beskikbaar. Altesaam 75 pragfoto’s maak dit ’n funksionele, dog aanskoulike Kersgeskenk. Die kalender is A3-grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk. Elke maand is op ’n afsonderlike bladsy en vakansiedae en skoolkwartale word aangedui. Januarie 2015 is ook ingesluit. Slegs
DIE Maart-bladsy van Volksblad se 2014-kalender. 500 kalenders teen R70 elk is beskikbaar. Spring dus vinnig om dit in die hande te kry. Die kalender is by Volksblad se kantore in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Bethlehem, Kuruman en Upington beskikbaar.
MET die droogte wat al geruime tyd in die Kalahari heers, is hierdie ’n gesig wat ’n mens beslis nie wil sien nie. Hierdie foto is verlede Vrydag geneem toe die Billy Duvenhage-wildkamp net buite Kuruman weer gebrand het. Ons nooi lesers om hul foto’s van die Kalahari vir ons te stuur. Ons sal dit graag plaas. Foto’s moet 1 MB of groter wees. Stuur dit aan die redakteur, Ilse Watson, by ilse.watson@volksblad.com.
Foto: Johan van Wyk
Ma Ousus vier haar 80ste jaar van genade
JAN BUYS, KURUMAN ONS moeder (Ousus) maak 80 jaar oud môre. Wat ’n genade-voorreg uit die hand van God. Op die foto staan sy langs haar fiets op pad na die Kalahari-hostel waar sy vir baie jare as ’n kok gewerk het. Die foto is jare gelede in Wrenchville geneem en baie van die grootmense van vroeër jare het Wrenchville as Vaaldraai geken. My moeder se ouers was Voortrekkers, Johannes Petrus Dawid (oupa Jan) Esterhuizen en Christina Maria Esterhuizen (ouma Non) wat uit die Koegas/ Prieska-omgewing hul oorsprong het.
Die dag toe hulle in Vaaldraai op die Witkol waar die windpomp en dam was, aankom, was daar net ’n gebulk van beeste. My moeder en haar broers was op hul perde besig om die beeste aan te keer. As jong meisie ontmoet sy vir Gert Buys, die welbekende verwer in die Kuruman-omgewing, en tien kinders (vyf dogters en vyf seuns) is uit die huwelik gebore. My moeder het as huisvrou swaar gekry en so haar man ondersteun dat hy vir al sy kinders geleerdheid kon gee. Vandag kan ons met waardering en trots terugkyk op ons ouers se lewe en ná ’n huwelik van 58 jaar is hulle steeds saam. Ons sê baie geluk vir ons moeder met haar verjaardag.
OUSUS BUYS
Foto: Verskaf
23/35
21/29
19/30
14/30
12/27
11/28
15/30
13/29
14/31
NW
W
NW
NNO-5
SSW-5
SSO-5
W-10
WSW-10
SW-5
Verruil joernalistiek vir niks Anena Burger JOERNALISTIEK is volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek: “Die skrywe vir koerante en gewone tydskrifte, dagbladskrywery; die beroep van ’n joernalis. 2 Dagbladwese.” Ja, dit is my beroep. Op Wikipedia, wat ek nie noodwendig as die betroubaarste bron beskou nie, tref ek ook die volgende aan: “Joernalistiek as loopbaan word gekenmerk deur lang en ongereelde ure, werkspanning, swak besoldiging en ooreising. Aan die pluskant ervaar joernaliste byna daaglikse bevrediging wanneer hul werk uitgesaai of gepubliseer word. Joernaliste kry die bykomende bevrediging dat hulle kan meehelp om die openbare mening te vorm. Veral weens die swak besoldiging verlaat baie joernaliste eindelik die beroep vir meer lonende werk . . . ” Wel, ek het jare gewag en nooit kon
droom ek sou die geleentheid gegun word om ’n beroep as joernalis te beoefen nie. Ink is in my gene en daarom was dit seker bedoel om oor my pad te kom. Maar ek is nie net ’n joernalis nie. Ek is ’n vryskutfotojoernalis vir Volksblad en die Kalahari Bulletin en ek is in 2011 aan die oewer van die Oranjerivier, kamera in die hand, deur ’n bobaasjoernalis gevang en grootgemaak om die onselfsugtige beroep passievol uit te leef. Die joernalistiek is nie vir almal nie. Dit is nie ’n beroep wat jý noodwendig wil kies nie, maar ’n beroep wat jou kom haal. Om dit te beoefen moet jy hare op jou tande hê en emmers vol passie in jou hart dra. Dit is ’n wêreld van inligting en
emosie waarin nie een dag ooit dieselfde kán wees as die vorige nie. Die adrenalien wat elke storie, klein of groot, bring, is iets wat net ’n joernalis kan verstaan. En, ja, dit is nie noodwendig ’n beroep wat goue muntstukke in jou sak gaan sit nie, maar dit bring vir jou as mens waarde wat geen geld kan koop nie. Ek ag my een van die gelukkigste joernaliste in Suid-Afrika. Daar is joernaliste wat net daarvan kan droom om die stories van die Kalahari en sy mense te vertel. In my tyd hier het ek die voorreg gehad om nuus uit elke oord te dek. Sommige stories is ontstellend, ander laat my krul van die lag en ander is sommer net interessant. Maar dit is die mense en omstandighede van elke liewe storie wat ek wegbêre en koester. Ek sal nooit die beroep verlaat nie, maak nie saak hoeveel ek verdien nie. Geld is nie die doelwit nie. Dit is hoe jy dit ervaar en uitleef wat van jou ’n joernalis maak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Kies die regte drink-smaakgenoot vir die Kersmaal Emile Joubert MET die feestyd wat wink, word gereeld gevra: Watter wyne moet vir dié feesdae gekies word? Dié vraag help die Orange River Cellars om een van sy grootste bates, veelsydigheid, te illustreer. Met so ’n omvattende wynreeks hoef die wynliefhebber voor, tydens en ná die Kersmaal net een wynnaam te soek en dit is Orange River Cellars. Kersoggend – darem laterig in die oggend wanneer die son al goed op is – kan een van die Orange River Cellars se vonkelwyne nadergetrek word. Trek die bolkurk met ’n aanloklike pop en skink jou vonkelwynglas half vol. Maak net seker die vonkelwyn is yskoud. Sit dit
sommer die vorige aand al in die yskas. Die half vol glas word nou volgemaak met lemoensap en daar sit jy met die allerheerlikste manier om die feesdag in te wy. Hulle noem die mengsel van sap en vonkelwyn ’n Bucks Fizz, maar hy is sommer net lekker. Teen die tyd begin die reuke van die Kersmaal deur die huis trek. Of dalk word vanjaar buite vleis gebraai en staan die vleis en pluimvee en dalk vis in skottels en wag om die kole te groet. Een van die Orange River Cellars se wit wyne sal dié lekkerte op ’n gepaste manier inwy. Die twee staatmakers is chenin blanc en colombard. Al twee is fris, vrugtige, droë, wit wyne met die colombard wat so effe voller in die mond lê.
Hoe ook al, wanneer almal tafel toe skuif, hoort daar twee of drie van die wyne op die tafel te wees. Voorgeregte kan wissel van garnaalkelkie, vleisslaai, koue hoender of miskien ’n sop. Maar wees verseker die chenin blanc of colombard sal ’n heerlike aanvulling tot die huiskok se harde werk wees. Die fris, suiwer, wit wyne kry ook sommer jou maagsappe aan die gang wat help dat die kos beter verteer word. Een van die grootste voordele van die Orange River Cellars se wyne is dit is van nature laag in alkohol. Waar normale wit wyne tussen
13% en 14% alkohol bevat, staan die Orange River Cellars se wyne in die omgewing van 12%. Waaruit sal die hoofgereg vanjaar bestaan? Kalkoen, skaapboud, beestong of miskien ’n lekker gerookte ham? Kalkoen mag ’n wit soort vleis wees, en, ja, dit sal voortreflik smaak saam met een van die bogenoemde wyne, maar moenie bang wees om te eksperimenteer en jou kalkoen te nuttig saam met ’n glasie van die Orange River Cellars Pinotage wat so effe koud in die yskas gemaak is nie. Vir die lam is daar niks beter as een van die Orange River Cellars se klassieke rooi wyne nie – cabernet sauvignon of shiraz. Die sagte vrug en volrondheid van die twee staatmakers sal
behoorlik geregtigheid laat geskied aan die harde werk wat die kok gedoen het om die meesterstuk na die tafel te bring. Ham en beestong het ’n speserygeur danksy die naeltjies wat tradi- sioneel in die ham is en die tong se mosterdsousie. Wel, kry vir jou ’n yskoue bottel van die Orange River Cellars Rosé. Die sonnige vrugtegeure van die wyn is ’n perfekte smaakgenoot vir die ham of tong en boonop is die pienk kleur sommer heerlik feestelik. Vir die soetigheid om die maal af te sluit het die Orange River Cellars ook net die regte ding: muskadel. Wit of rooi, effe koud gemaak in die yskas. Daardie Kerspoeding, koekstruif of roomys gaan hande klap vir die wyn.
Eiendom, los bates opgeveil VERSKEIE eiendomme, erwe, voertuie, sleepwaens, gereedskap en ander los bates op Dealesville en Postmasburg kom volgende week as een opdrag onder SA Auction Group se hamer. Die veiling begin op Woensdag 20 November op Dealesville waar agt leë erwe opgeveil sal word, sowel as ’n kommersiële eiendom met ’n werkwinkel van 285 m² en ’n werkerswoonhuis. Diegene wat daarin belangstel om eiendom op Dealesville te koop kan ook op ’n residensiële woning bie, maar die eiendom wat heelwat aandag lok, is ’n kommersiële eiendom in die dorp se hoofstraat wat ’n gewil-
de restaurant huisves. Dit word as ’n winsgewende lopende saak opgeveil. Op 22 November sal die veiling op Postmasburg voortgesit word waar twee netjiese residensiële eiendomme verkoop sal word. Die eiendom in Camstraat sluit ’n werkwinkel van 60 m² en ’n lapa van 26 m² in. Nog ’n residensiële eiendom, ’n drieslaapkamerwoning, sal in Evkomstraat opgeveil word. Bel Marna Bester, die besigheidsontwikkelingskonsultant van die SA Auction Group, by 079-339-5915 vir meer inligting oor enige van die eiendomme, of besoek gerus www.saauctiongroup.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
SOME of the dishes served by DNL Foods at the Sishen Mine’s kiosk. Photo: Provided
DNL Foods to feed Sishen Mine THE Anglo Zimele-funded enterprise, DNL Foods, has recently been awarded the tender to run the admin and plant kiosks at the Sishen Mine. DNL Foods is owned by Danny and Nelly Leibrandt who have been entrepreneurs for about ten years. The Leibrandts started their first business, Butterfield Bakery, in 2004 which has since become a household name in local communities around Kathu. Danny said the Kumba Sishen Mine had advertised a tender a few months ago for the kiosk, and he had seen this as a wonderful opportunity. This was how DNL Foods was born. He secured a three-year contract to run the plant and admin kiosk. Their services include serving food to Sishen Mine employees for breakfast and lunch. The business created employment for 29 people who are all from local communities in the Gamaraga Municipality. Danny said that with the assistance of Anglo Zimele, Anglo American’s funding company, they had managed to buy equipment and stock for the bakery. Danny, a former production manager for a steel company, and his wife, Nelly, used to run a mini-catering business from home. They credit their success to hard work and dedication. “Hard work, long hours, commitment and patience is what you need to run a successful business,” he said. DNL Foods will open two more shops in the near future, which also form part of the tender at the Life of Mine and at Sishen’s new boarding centre. “We, as sustainable development and Kumba at large, are committed to making small business become sustainable and successful,” said Sishen mine LED practitioner John Seretse. “The awarding of the tender to DNL Foods demonstrates that Anglo-American Kumba Iron Ore lives its values by empowering local entrepreneurs. Such ventures truly support local economic development.”
Verdagtes gesoek DIE Bothithong-polisie digby Kuruman is op soek na verdagtes ná die moord op ’n 81-jarige vrou. Volgens lt. Olebogeng Tawana is Gadifele Mokae deur ’n familielid dood in haar huis gekry. Mokae het alleen gebly. Die familielid het haar besoek toe hulle op die wrede toneel afkom. Tawana sê Mokae se huis is geplunder en haar lyk het halfnaak op die grond gelê. Die voorval het vermoedelik verlede Woensdag in die vroeë oggendure plaasgevind. Daar is ’n moontlikheid dat Mokae verkrag is, maar ’n lykskouing moet nog gehou word om dit te bevestig. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie vra dat enigeen met inligting die Bothithong-polisie by 053-773-1148 of ao. Moleko Reuben by 082-373-7095 bel.
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
DIE venster van die Santam-kantoor wat in die ongeluk beskadig is. Foto’s: Ilse Watson
OP die onderste verdieping van Santam se kantoor – stukke van die motor lê op die vloer.
IN die gat in het die Golf 5 gery en hieronder te lande gekom.
die mense in die motor moontlik onder die invloed van drank was. Volgens omstanders is drie mense oorlede en die vierde een is in die Kuruman-hospitaal opgeneem. ’n Werknemer van Santam, Hulde Morrison, is erg omgekrap oor dié ongeluk. “My selfoonnommer staan groot op die deur van die kantoor.
teit rig om spoedwalle in die pad aan te bring. “Dit is nou al die derde ongeluk waarin voertuie in ons gebou injaag. So kan dit nie aangaan nie,” sê Morrison. Sy kon ook eers na 11:00 sekuriteitswagte in die hande kry om die kantoorgebou op te pas. Die gebreekte ruite van die gebou sou eers Maandag herstel kon word.
Drie dood, een beseer toe Golf in gebou beland Ilse Watson SONDAG in die vroeë oggendure het die bestuurder van ’n Golf 5 met nog drie passasiers glo beheer oor die motor verloor en in die Santam-gebou (digby die Wimpy) ingejaag. Die motor het onder op die grondverdieping te lande gekom. Op die ongelukstoneel lê onoopgemaakte blikkies bier – ’n aanduiding dat
“Die polisie het my nie eens gebel om my in te lig dat daar ’n ongeluk by ons kantoor was nie. “Ek het eers ná 06:00 daarvan gehoor. Tussen 04:00 en 06:20 kon enigiemand by die kantoor ingekom het en al ons rekenaars en toerusting gesteel het.” Morrison sê die eienaar van die gebou gaan ’n versoek aan die Ga-Segonyana-munisipali-
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
9
KYK net so ’n blommetjie. Klein Carli Liebenberg is baie ingenome met haar geskenk.
DIE klitsies van die Klitsie Kampus dans alte lekker op hul konsert.
Klitsies hou prettige konsert Jo-Mari Botes DIE Klitsie Kampus-kleuterskool het Vrydagaand gewys wat in sy leerlinge steek. Weke reeds oefen die kleinspan vir dié opwindende aand. Kinders van alle ouderdomsgroepe het aan dié glansryke konsert deelgeneem. Die kampus se klitsies en kannetjies het die gehoor met musiek vertel wat hulle alles in die kleuterskool doen.
Van die kleinste klein tot die grootste klitsies het deelgeneem – al was dit net om oë te wys. Van bytjies tot paddas wat in dammetjies sit – almal was daar. Daar is ook met ’n gradeplegtigheid afskeid geneem van die groot kinders wat volgende jaar groot skool toe gaan. Hulle het almal uitgevat en getooi hul sertifikate ontvang. Hierna het hulle net so lekker saamgesing, gedans en pret gehad in hul laaste Klitsie Kampus-konsert.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Velties in die berge Elzaan Bergh ’n GROOT droom is verwesenlik toe die Hoërskool Duineveld se Verenigde Christelike Studentevereniging (VCSV) die afgelope naweek ’n staptoer in die Cederberg onderneem het. Dit was die hoogtepunt van ’n jaar van ongekende groei, wat onder meer jeugweek-aksies, ’n nasionale WOW-geleentheid, koekbakkompetisies, worsbroodjieverkope en weeklikse bediening in die VAN links is, voor: Mandi Collett, Carina Reynecke, Salomé Venskoolsaal en kringe inge- ter, Anelda Venter, Poen Bergh en Danus Kruger; agter: Mieke Oosthuizen, Jana van Niekerk, Wilco Strydom en Heinrich Cilliers. sluit het. Die groep van 20 leerlinge het in die Wolfbergskeur besef dat niks onmet yskoue water gespring om só hul oorwinmoontlik is nie toe hulle deur nou skeure en ning in die berge te vier. oor hoë rotse moes klouter om die berg en Die dag is met ’n uitreik-aksie na kinders hul vrese te oorwin. van plaaswerkers van die omgewing afgeDaar is gou besef dat ’n mens in die skepsluit. Daar is vir hulle liedjies geleer, stories ping maar klein en nietig is. vertel en speletjies is gespeel. Daar is ook lekker ontspan en in die rivier Hierna het die groep die lang pad huis toe en “seekoeigat” geswem. Leerlinge en onderaangepak, maar met harte vol van vreugde wysers het van die kranse af in die swemgat oor ’n onvergeetlike ondervinding.
CARLO KUHN en Marlene Strauss.
Foto: Verskaf
Hoë eer vir projek Anena Burger TWEE gr. 10-leerlinge aan die Hoërskool Duineveld, Carlo Kuhn en Marlene Strauss, is deur die The South African Institute of Civil Engineering genooi om sy eindjaarkomiteevergadering by te woon. Die geleentheid het hom voorgedoen nadat albei leerlinge uitstekende aanbiedinge op die nasionale Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes in 2013 gelewer het.
Hulle sal ’n eerbewys op die komiteevergadering ontvang. Carlo en Marlene se projek, Water Control System, het die beoordelaars en lede van die SAICE so beïndruk dat hulle ’n silwermedalje en ’n sertifikaat ontvang het. Die leerlinge en hul onderwyser se vervoer na en verblyf tydens die geleentheid wat vandag plaasvind, sal deur die betrokke instansie betaal word.
DIE Velties VCSV oorwin die Cederberg.
Foto’s: Verskaf
DIE groep soos wafferse dassies op die klippe en in die skeure van die Cederberg.
VAN links is, voor: Maritza Wilken, Vanessa Thuynsma, Ané Dippenaar, Lenika Daubern en Anmar Hanekom; agter: Lisa-Mari Lubbe, JC Liebenberg, Pero Buys, Marilie du Plessis, Elzaan Bergh en Annemie Myburgh.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Velties se meisies reik uit Jo-Mari Botes OP 7 en 8 November het die gr. 11-meisies van die Hoërskool Duineveld Jogebed se babahuis en kinderhuis besoek. Hul besoek was deel van die Neelsieprojek wat begin is om kinders in verskeie kinderhuise se Kersfees op te vrolik. Die projek behels dat ’n skoenboks met basiese benodigdhede soos toiletware en ’n geskenkie aan ’n kind in nood gegee word. Sommige leerlinge het ook kinderhuise op Keimoes besoek. Daar sal verder op Kersdag in hospitale geskenkies uitgedeel word. Die projek is een van vele wat gr. 11-meisies aanpak nadat hulle hulle vir Mej. Veltieland ingeskryf het. Die finaliste vir die kompetisie word volgende jaar aangekondig en die kroning sal op ’n deftige geleentheid plaasvind. Die toptien meisies neem deur die loop van die jaar aan soortgelyke projekte deel. Die leerlinge wat Jogebed besoek het, het nuwe insigte gekry oor wat werklik daagliks op Upington en in die gemeenskap gebeur. Sommige van hulle was in trane by die aanhoor van stories oor waarmee die personeellede van dié huise soms te doen kry. Die leerlinge het na hul ervarings geluister en geleer hoe baie kinders op Upington in nood verkeer. Die kinders, wat soms vir hul eie veiligheid uit hul ouerhuise verwyder word, kry ’n veilige hawe in die Jogebed-kinderhuis. Baie van die kinders kry hier die kans op ’n nuwe lewe saam met liefdevolle ouers deur aannemingsprosesse. Daar kom egter weer net so vinnig nuwe kinders in hul plek en daarom benodig die Jogebed-kinderhuis al die ondersteuning van die gemeenskap wat dit kan kry. Die meisies sê hulle sal nie gou hul ervaring by Jogebed vergeet nie.
MEJ. UPINGTON-TIENER is Saterdagaand tydens die jaarlikse potjiekoskompetisie gekroon. Van links is Simoney Nickel (eerste prinses), Nahn-Rhee Rose (tweede prinses) en Michaela Kruger (Mej. Upington-tiener vir 2013). Foto: Jo-Mari Botes
Kompetisie weer aangebied Jo-Mari Botes DIE nuwe Mej. Upington Junior en Mej. Upington-tiener is Saterdag gekroon. Die kompetisie is die sewende keer aangebied en was deel van die jaarlikse potjiekoskompetisie en ’n lekker dansparty. Daar is ook ’n kompetisie gehou om die sexyste mamma op Upington te vind. Deelnemers in al drie kategorieë moes eers die casual-loopplank aandurf. Daarna moes hulle in formele drag voor die beoordelaars verskyn. Die beoordelaars het bestaan uit Riana Schmidt, Paula de Gois, Biren Sieberts, Marelize van Wyk, Alouwna van der Westhuizen en Francis Rossouw. Die sexyste mamma van 2013 was Anina van Sittert. Haar eerste prinses is Hildene Maritz en tweede prinses Marisa Olivier. Op die dansparty is Mej. Upington Junior vir 2013, Bianca Gagiano, gekroon. Haar eerste prinses is Jeanesse Nel en die tweede prinses Michelle de Wee. Mej. Upington-tiener is ook gekroon. Michaela Kruger het met dié titel weggestap. Geld, wat deur middel van ’n veiling ingesamel is, sal vir kinderkanker aangewend word en gaan aan Michael Fourie, ’n leerling van die Hoërskool Duineveld, om sy mediese koste te help betaal. ) Sien nog foto’s op ons webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
ANZÉL JONKER maak net seker dat daardie groentetjies in die potjie bly. Foto: Verskaf
HIERDIE manne was regte “Master Chefs” met hul heerlike pot. Hier is, voor: Kobus van Zyl; agter: Tiaan Jordaan, Marceau Olivier, Franco van Schalkwyk, Juan Hough en André van Zyl. Foto: Verskaf
Leerlinge kook Anena Burger
DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) is omtrent woelig met bedrywighede vir sy leerlinge. Daar is vir seker nooit ’n stil oomblik op die dorp nie en genoegsame aktiwiteite om die jongspan vir ure besig te hou. Op 25 Oktober was dit weer sulke tyd toe die gr. 4- tot 7-leerlinge aan ’n potjiekoskompetisie deelgeneem het. Die 25 “smul-lip-aflek-lekker potte” was oor LSK se rugbyveld versprei. Tersia Koortzen sê: “Unieke en kleurvolle
potte is aan die beoordelaars voorgesit om te geniet.” Sy het die leerlinge bedank en sê die proesels was te heerlik. Tiaan Jordaan en sy span was glo regte “Master Chefs” met hul heerlike pot wat hulle aanmekaargeslaan het. Tristan van der Merwe, Tristan Kruger en Jaco Marais het ’n lampastapot gemaak wat amper kon beteken dat hul moeders voortaan hul kosmaakpos in die kombuis verloor. Die beoordelaars was trommeldik, maar baie tevrede ná die besonderse dag.
PASOP Ma, ons steel jou plek voor die kospotte! Tristan van der Merwe, Tristan Kruger en Jaco Marais het ’n heerlike lampastapot gemaak. Foto: Verskaf
DIE Biltong Boere het ’n baie unieke potjie gemaak. Leonie van Zyl, Bianco Theron, Tanya Nortjé, Danélle Crafford en Miké Bothma was almal in hierdie groep. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
13
Sluit jaar plegtig af Ilse Watson KATHU se Voortrekkers het verlede Vrydagaand hul jaarlikse afsluitingsgeselligheid gehou. Die geleentheid is amptelik met die sing van die volkslied geopen. Elke groep van Die Voortrekkers is na vore geroep en al die kinders het die sertifikate, waarvoor hulle oor die afgelope jaar heen hard gewerk het, ontvang. Die aand is met ’n ete en gesellige kuier afgesluit.
HIER is neef Dawid van den Berg (middel) met Leon Bezuidenhout (links) en Paul Bester. Albei is gr. 5-leerlinge.
DIE gr. 4-leerlinge. Van links is nig Susan van der Berg by Simone Widd, Inge Kruger en Jeanne Kruger.
GR. 6-LEERLINGE wat onder meer die kommando-, gebieds- en meerkatkampe bygewoon het. Hier is Zanzel Prinsloo (links) en Marie-Louise Steyn. VAN links is Junior Hager, Elizna Reyneke, Cheree van Wyk, Danel Venter, Anria Wolstenhome, Johane Steyn en nig Jeanne Louw – die gr. 7’s wat verlede Vrydag hul sertifikate ontvang het. Foto’s: Ilse Watson
VAN link is Janco Liebenberg, nig Santie van der Merwe en Michiel van der Merwe (gr. 9).
VAN links is: Marisce Flemming (Jeugleier vir 2013), Anine Botha, nig Santie van der Merwe, Hans-Jurie Swanepoel en Reghardt Hager (Jeugleier vir 2014)- almal gr.10 leerlinge.
DIE gr.11- Voortrekkers. Van links is Zanri Prinsloo, Jannes Flemming, nig Rita van Vuuren, Carla Mostert en Surita van der Merwe.
GR. 1-LEERLINGE op die afsluitingsaand. Van links is Marius Dippenaar, Frans Bezuidenhout, nig Annamarie Mostert, Jorina Mostert en Abigail Smit.
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
ALGEMENE KENNISGEWINGS
SLEEPWAENS
WERK 3040
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210
The Rainman: Bennie. Huise en besigheidsbesproeiing, nuwe installasies en opgradering. Rain Buster. Skakel 076 790 3944.
NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman - die eenrigtingverhuringspesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur vanaf Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel ook sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072.
ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR 3250
'BACHELOR'-WOONSTEL, gemeubileer of ongemeubileer. Krag ingesluit. Privaat en veilig. R2 900. Skakel 084 651 3000.
TE HUUR 3205
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN DATA CAPTURING/listing workers needed. For info SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com
BETREKKINGS GESOEK 3670
Admin Data Capturing / Listing Workers needed for info. SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com Poste beskikbaar: Sekuriteits/kleinhandelindustrie: CCTV operateurs, voorraadbeheer. Wagte, toesighouers. PSIRA-sertifikaat hoogs voordelig. Poste in Upington,Postmasburg, Kuruman. De Aar en Kimberley. Faks CV na 051 552 3671 vir aandag: Francois.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
A.C.W. Cloete In die boedel van wyle Anna Catharina Wilhelmina Cloete, weduwee, woonagtig te Plaas Lymington, Dibeng, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1962/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 15 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
ELEKTRIES 1810
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
VOLWASSENES
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
PRIVAAT
4205
S. Coetzee 2015
In die insolvente boedel van Stefan Coetzee. Meester se verwysing: K35/2008 Ingevolge Artikel 108(2) van die Insolvensiewet, Wet Nr 24 van 1936, soos gewysig, word hierby kennis gegee dat die likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae van skuldeisers en kontributante sal lê vir 14 dae vanaf 15 November 2013 in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en die Landdroskantoor te Kuruman. G.J.S. VAN ZYL DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Hoofstraat Kuruman 8460
WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.
VAKATURES 2020
Survey Assistants: Needed in your area. Company expanding. R4 000 advance payment to active assistants plus commision.Send short CV hr@tissa.co.za or call 0110839919
VOERTUIE
4×4’s 3035
NISSAN NAVARA, 2008, D/C, 4x4, outomaties, kappie, trekstang, lugr. 177 500 km. Prys: R195 000. Skakel 083 310 0272 alle ure.
MOTORS TE KOOP
S Coetzee
TE KOOP 3201
In the Insolvent Estate of Stefan Coetzee. Master's Reference No. K35/2008 Pursuant to Section 108(2) of the Insolvency Act, Act No. 24 of 1936, as amended, notice is hereby given that the liquidation account and plans of distribution or contribution in the abovementioned estate will lie open for inspection by creditors or contributories for 14 days from 15 November 2013, at the office of the Master of the Supreme Court, Kimberley and the Magistrate, Kuruman. GJS VAN ZYL C/o DUVENHAGE & VAN DER MERWE P.O. Box 63 Main street Kuruman 8460
3025
BANTAM, 1999, R34 500. Rustler, 1999, R32 500. Nissan 1400, 1996, R28 500. Phone 071 967 0285. CASH FOR CARS AND BAKKIES. Phone 071 967 0285. SMS or WhatsApp. GOLF 1.3, 1996, goeie toestand. Ideale studentemotor. Skakel 083 772 2316. JETTA 3, 1999, R32 500. Corolla, 1994, R27 500. Sentra, 1995, R22 000. Phone 071 967 0285. OPEL, 1990, R15 500. Uno, 1995, R15 500. BMW, 318i, 1997, R19 500. Phone 072 472 8686. RANGER, 2002, R42 500. Colt, 1997, R37 500. Isuzu, 1997, R38 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. YARIS, 2007, R49 500. Golf, 2007, R49 500. Corolla 160i, 2001, R39 500. Phone 071 967 0285.
SOEK, KOOP, VERKOOP
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
K E N N I S G E W I N G S
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Hand aan hand op gereelde wandeling ONTMOET vir Vera Titus en haar Tiger. Baie verknog aan mekaar loop hulle soggens hand aan hand – of is dit nou poot aan hand – in die strate van Paballelo vir ’n bietjie oefening. Tiger is net te tevrede daarmee om op sy agterpote saam met sy nooi te loop. Sover soos die twee stap, hoor jy net hoe die inwoners van Paballelo groet: “Moooorrrreeee, Tiger. Môre, Vera”. Foto’s: Anena Burger
VERA TITUS en Tiger stap in die strate van Paballelo.
DIT is tog lekker om klein te wees. Klein Lisa Lee (5) en Lourens de Jager (6) speel te lekker in die koelte uit die warm middagson. Foto: Anena Burger
Lekker om klein te wees AS ek eendag groot is, bou ek vir my ’n huis met plek vir al die diere, van ’n olifant tot ’n muis.
In elkeen van die slaapkamers hou ek ’n beertjie aan, en weet jy, in die voor-
huis, daar woon die bobbejaan. – Met dank aan www.kinderwerf.co.za.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
Spelers skerp hul vaardighede op DIE Elsie Coetzer-hokkieskool het op 25 en 26 Oktober ’n hokkiekursus by die Hoërskool Duineveld aangebied. Elsie Coetzer is deur die afrigters Manley Mathebula, Calvin Beck en Sandile Bosman vergesel. Hulle het die jong spelers met hul entoesiasme en vaardighede geïnspireer. Die kursusgangers het ook kans gekry om hul nuutgevonde kennis op die proef te stel deur wedstryde te speel. Aan die einde van die kursus is van die spelers vir hul vordering uitgesonder en koopbewyse is aan hulle toegeken.
Velties wen medaljes Anena Burger
KENNITH MACASKILL wys sy slag met sy hokkievaardighede. Foto: Verskaf
Beloon vir goeie sportprestasies DIE leerlinge het van 17 tot 19 Oktober aan die Laerskool Op die Voorpos se interskoletennistoernooi op Upington deelgeneem. Die Laerskool Sentraal op Kakamas het vierde geëindig. Le Roux de Vos en Micke Engelbrecht is aangewys as die Laerskool Sentraal op Kakamas se spelers van die toernooi. Elanie Brand is as die topmeisiespeler van die toernooi aangewys.
ELANIE BRAND het ’n sertifikaat ontvang vir die beste tennisspeler vir 2013 en die Vergelegen-wisseltrofee vir meisies ontvang. André van Zyl het ’n eerbewys vir beste tennisspeler vir 2013 en die Vergelegenwisseltrofee vir seuns ontvang. Foto: Verskaf
OP 28 Oktober het die Laerskool Sentraal op Kakamas ’n Sport-en-kultuur-merieteen deelnamesaalopening gehad. Leerlinge wat puik prestasies deur die jaar behaal het, is op hierdie geleentheid vereer. Kobus van Zyl het ’n eerbewys vir die beste rugbyspeler van die jaar, André van Zyl vir beste rugbyvoorspeler en Cameron van Rhyn as beste rugbyagterspeler gekry. Foto: Verskaf DIE volgende meisies het eerbewyse vir netbal ontvang. Patricia Mecwi (beste senterspeler), Miké Bothma (beste verdediger), Micke Engelbrecht (beste doel), Jeanne Dykman (beste vordering) en Danélle Crafford (beste vordering). Foto: Verskaf
DIE groep meisies het eerbewyse ontvang vir deelname aan die nasionale skolenetbalkampioenskappe. Van links is, voor: Haylen Boer, Marna van Wyk, Lara-Mari Geldenhuys en Kyla Swiegers; agter: Patricia Mecwi, Miké Bothma, Micke Engelbrecht, Jeanne Dykman en Danélle Crafford. Foto’s: Verskaf
JUANKA DE LANGE in aksie met haar hokkiestok. Foto: Verskaf
LEERLINGE van die Hoërskool Duineveld het op Saterdag 2 November aan ’n Griekwaland-Wesse interprovinsiale atletiekbyeenkoms deelgeneem. Die volgende atlete het medaljes op die byeenkoms verwerf: Tammy-Lee Visagie het in die afdeling meisies o.15 ’n silwer vir diskusgooi verower. Anna-Mart Fourie het ’n brons in gewigstoot en goud in diskusgooi in die afdeling meisies o.15 verower. Jacqueline Kuhn het met ’n silwermedalje in die 90 m-hekkies in die afdeling meisies o.15 weggeloop. In die afdeling meisies o.17 het Annalize Botha ’n goue medalje vir gewigstoot gewen. Isabeau Malan het goud in die 100 mhekkies in die afdeling meisies o.17 ontvang. Die seuns o.17 het ook uitstekend gevaar en Kyle de Klerk het ’n silwer in verspring en driesprong huis toe geneem. Julian Titus het ’n silwer in die 110 m-hekkies vir seuns o.17 verower. Du Toit Visser het trots met goud in diskus en spiesgooi en silwer in gewigstoot huis toe gegaan.
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
BOEGOEBERGDAM is ’n mooie dam om by te hengel.
Foto’s: Jaco Pieterse
Grotes byt by Boegoeberg Jaco Pieterse VIR baie hengelaars van die Groblershoop- en Upington-omgewing was die naweek langs die viswaters ’n heel lonende geleentheid. Die Kheis-hengelklub het die hengelaars en lede van die Karp-Oranje-hengelklub genooi na hul maandelikse klubkompetisie by die Boegoebergdam. Die verrigtinge het Saterdag vroeg begin met penne wat getrek is, waarna Johan Beukes dit aan al die deelnemers uitgedeel het. Teen 09:00 was die lyne reeds diep ingegooi en het almal gesit en wag vir daardie grote om te byt. Oud en jonk, van sosiale tot professionele hengelaars, het
aan die verrigtinge deelgeneem. Teen 12:00 was reeds baie visse in die nette van al die deelnemers. Penne het gestrek van die bopunt van die keerwal tot heel onder en dit was ’n wonderlike gesig om al die stokke in die water te sien. Die deelnemers van die Kheis-klub het oudergewoonte deelgeneem om hul persoonlike rekord te verbeter, maar moes eindelik met net goeie punte wegstap. Die vis het mooi geloop en ’n paar grotes is uitgetrek. Hoewel geelvis die dag as spesie geteiken is, het ’n paar karpe en onderbekke (muddies) ook aan die hoeke gebyt. Karp-Oranje se span van vyf lede het ’n hele paar visse
FANUS VAN ECK maak seker die aas is net reg om daardie groot meneer te haak.
ingekatrol, maar dit was te min vir die ou hande van die Kheis-klub wat met die eerste prys op die prysuitdeling weggestap het. Die gesoute manne van die Kheis-klub, wat al langer as 10 jaar by die Boegoebergdam hengel, kon presies vir die jonger hengelaars sê waar die visse swem en watter soort aas werk waar. Lekker stories is vertel en almal het besluit so ’n geleentheid moet gou weer gereël word. Drie lede van die Kheis-hengelklub het met die pryse weggestap wat deur Magic Baits geborg is. In die eerste plek was Koos Souns met 175,6 punte, Zubair Parker tweede met 152 punte
en derde Hugh Engelbrecht met 115,6 punte. ) Johan Beukes sal in samewerking met Hein Henning van Outdoorpages vroeg in die nuwe jaar ’n hengelkliniek by die Boegoebergdam aanbied. Kontak Beukes by 082-375-3248. ) Karp-Oranje bied op 22 en 23 November ’n groot hengelkompetisie by Lake Grappa aan. Groot pryse is op die spel. Deelnemers kan hulle individueel of as ’n span inskryf. Bel Gordon van der Westhuizen van Karp-Oranje, Upington, by 084-367-0848. Die kompetisie lok ook groot hengelaars soos Hein Henning van Outdoor Pages wat die naweek raad sal gee en pryse aan wenners sal oorhandig.
DIE wenners van die dag is links Hugh Engelbrecht, Koos Sounes en Zubair Parker. Almal is van die Kheis-hengelklub op Groblershoop.