Upington bulletin 6 nov 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, DaniĂŤlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

7 NOVEMBER 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Groen net waar jy kyk

DIT is somer en die wingerde langs die Oranjerivier gloei in welige groen terwyl die son sak. Alles is rustig en vreedsaam terwyl tarentale die tyd van die aand kloekend op pad na hul neste is. Die Noord­Kaap se kenmerkende warm dae het die week weer hul verskyning gemaak en het die lente nou tot volgende jaar gegroet. Foto: Anena Burger


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Vroue deel kollega se dood smart Anena Burger “SY was ’n ma, ’n vriendin, ’n kollega. Sy was ’n wonderlike mens, nie ’n ou lap om weg te smyt nadat jy dit klaar gebruik het nie. Sy het ’n naam gehad. Haar naam was Maria en jý het nie die reg gehad om haar lewe te neem nie.” Dit is die boodskap wat Nonnie Sabisa aan die vermeende moordenaar van haar vriendin, Maria Saaiman, wil gee as die persoon vasgetrek word. Saaiman (49) se naakte lyk is Saterdag 26 Oktober omstreeks 13:20 in ’n veld agter die skouterrein en oorkant 8 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon deur ’n verbyganger gevind. Volgens die polisie is sy vermoedelik verwurg en verkrag. Saaiman was Woensdag laas by die werk en is Donderdag laas lewend gesien. Sabisa en haar kollegas werk vir Industroserve, ’n skoonmaakmaatskappy by die Upington- Internasionale Lughawe. Die vroue is woedend, hartseer én bang nadat hulle Sondagoggend van Saaiman se dood in kennis gestel is. Saaiman het nege maande saam met hulle gewerk. Haar vriendinne het geld ingesamel om vanaand vir haar ’n diens te hou. “Sy het drie kinders. Die jongste is nog op skool,” sê Elize Beukes hartseer. “Sy was die enigste broodwinner.

Haar ma is te oud om te werk.” Die groepie vroue deel ’n hegte band en is soos susters. Hulle stap soggens douvoordag van Pabalello af om betyds by die werk te wees. Dit is ’n “hengse” afstand en daarom kies hulle kortpad deur ’n veld. Smiddae stap hulle weer dieselfde roete. “As ons ’n hike kry, is dit oukei,” sê Sabisa. Dan vertel hulle hoe Maria, “so klein en fyn”, by hulle spook. “Ons hoor haar. Ons hoor hoe sy ons roep en hoe sy lag. “Gister was baie erg. Dit is asof jy haar kon sien daar by die toilette waar sy altyd skoongemaak het,” sê Beukes. “Ag, om padlangs te loop is ook net so gevaarlik. Een van ons ander kollegas is ook in September verlede jaar aangeval en sy het padlangs geloop,” sê Brumilda Jooste boos. Tog loop die vroue sedert Maandag nou padlangs en in groepies saam. Maurechen Esbareye is steeds verdwaas. “Ons werk nie meer lekker nie. Jy dink heeltyd aan wat kan gebeur. Om te dink ons het heeltyd verby haar gestap daar waar sy gelê het en ons het nie geweet nie.” Ao. Marius Struwig van die eenheid vir kinderbeskerming, gesinsgeweld en seksuele misdrywe het gister gesê vroue moet versigtig wees en in sulke gevalle vervoer soos ’n bussie reël om hulle te vervoer en eerder verlate plekke vermy.

Regstelling IN die Kalahari Bulletin-uitgawes van 24 en 31 Oktober is daar verkeerdelik na die Dieresorgvereniging op Kuruman as die DBV verwys. Daar

is nie ’n geregistreerde DBV op Kuruman of Kathu nie. Daar is wel só ’n organisasie op Upington. Ons vra om verskoning vir die fout.

!Nu-skool brand af Anena Burger WOEDE en hartseer, maar nie wanhoop nie, heers in Hillside nadat ’n verwoestende brand Sondag die !Nu-taalskooltjie van Ouma Katrigwa (Geelmeid) Esau in puin gelê het. Volgens Esau het die brand Sondag omstreeks 16:00 uitgebreek terwyl sy geslaap het. Haar kleindogter, Claudia du Plessis, en ’n buurvrou het alarm gemaak. Du Plessis sê hulle het die brandweerdienste probeer bel, maar kon hulle nie bereik nie. Sy sê hulle kon met die hulp van hul bure darem die brand geblus kry. Die brand het, volgens Grace Humphreys van die Suid-Afrikaanse San-instituut (SASI), moontlik weens ’n kortsluiting oor foutiewe elektriese bedrading ontstaan het. Die skooltjie is ’n eenvertrekhouthuis wat op Esau se erf staan en waar sy vir die afgelope 13 jaar reeds kinders uit die gemeenskap leer om dié bykans uitgestorwe taal te leer praat. !Nu is die oudste taal in SuidAfrika en word vandag deur slegs sewe oorlewende sprekers vlot gepraat. Die 80-jarige Esau het gister bedroef gesê: “As die munisipaliteit al die grond aan ons toegeken het soos beloof is, kon die skool al gebou gewees het en het dié ding nie nou gebeur nie.” Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) het verlede jaar in ondersteuning van Esau se werk, finansiële bystand van R1,5 miljoen beskikbaar gemaak vir die oprigting van ’n volwaardige skool.

ALLES is in die brand verwoes. Dié geld kan egter nie beskikbaar gestel word alvorens ’n stuk grond verkry word vir die oprigting van die instansie nie. Esau sê hulle kry nie antwoorde uit die munisipaliteit nie. Die munisipaliteit het gister ook nie kommentaar gelewer of op e-posboodskappe van Bulletin gereageer nie. Verder voel Esau dat die brand geensins toevallig was nie. “Die mense is jaloers op wat ek hier gemaak het. “Daar is soveel rumours wat rondloop oor hoe die nie die eerste taalskool issie,” sê sy. Maar Esau, haar dogter, Lena du Plessis, en kleindogter, Claudia, bedryf dié skool uit hul sakke met geen finansiële ondersteuning van die regering of enige ander instansies nie. “My ouma het niks en sy kry niks

Foto: Anena Burger

hiervoor nie, maar ek sê jou ons sal sterker uit die ding kom. “Ons sal nie gaan lê nie en ons sal hierdie taal praat en vir almal wat hom wil leer, bruin, swart of wit, hom leer praat,” sê Claudia. Ouma Katrigwa vryf oor die swart gesmelte rekenaars en kyk op na die geskenkte stoeltjies en tafeltjies wat half verkool op die vlak staan. “Ek sal nie gekeer word om my taal te praat nie. Ek sál nie.” Enige iemand wat graag ’n skenking aan die skooltjie wil maak, is welkom om Ouma Geelmeid by 054-339-0458 te skakel. Die skooltjie benodig stoeltjies, tafels, rekenaars, ’n koskas en ’n staalkabinet vir liassering. Enige bydrae is welkom. Indien iemand graag geld wil bydra, kan hulle ook Ouma Geelmeid bel.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

3

Spog met nog ateljees

THE Augrabies National Park

Foto: Anena Burger

SANParks honours conservationists THE South African National Parks (SANParks) supported by First National Bank (FNB) recognised deserving conservationists at their ninth annual Kudu Awards ceremony held at the CSIR Convention Centre in Pretoria on Friday, 1 November. The Arid region which includes /Ai/Ais-Richtersveld Transfrontier Park, Augrabies National Park, Kgalagadi National Park, Mokala National Park and Namaqua National Park walked away with three deserving Chief Executive Awards. The Chief Executive’s (CE) Awards are presented to SANParks employees and parks that have shown dedication beyond duty towards the vision of SANParks: Connecting to Society. According to Dr David Mabunda,

SANParks CEO, “The Kudu Awards is an important initiative that recognises external stakeholders for their contribution and internal stakeholders for efforts in making South African National Parks the custodian of choice for the national parks system.” Danny Zandamela, CEO FNB Public Sector Banking, added that the Kudu Awards were fundamental to the practice of recognising, acknowledging and praising the people who have, over the years, created and maintained a conducive and enabling environment for nature conservation projects to be managed effectively. He further expressed that the individuals that have been recognised are at the forefront of inspiring, educating and mobilising their peers through their commitment to

environmental issues. The Mokala National Park came out tops in the CE Awards to win the Best Performing Park for 2013. Mokala also had another winner, Sarah Letsoalo, the People and Conservation Officer who won the Best Constituency Builder Award as she always sets an example of what can be achieved if you are willing to go the extra mile. Nicholas De Goede, parks manager of the /Ai/Ais-Richtersveld, Transfrontier Park was awarded the Overall Best Performer Award as he displayed resourcefulness in overcoming many challenges and still excelled as an example. “The winners are all honoured for their meaningful contribution to the protection of the environment and we applaud them,” concluded Mabunda.

RADIO RIVERSIDE het op Woensdag 30 Oktober twee nuwe digitale ateljees as deel van die stasie se 14 jaar-verjaardagmaandviering by sy kantoor in Robinsonstraat begin. Die stasie het in 2012 ’n kantoorgebou gekoop. Met die hulp van die Media Development and Diversity Agency (MDDA) het hy vroeër vanjaar twee nuwe ateljees op die nuwe perseel gebou. Die MDDA is ’n regeringsinstansie en sy mandaat is om media en diversiteit te ontwikkeling en bevorder. Die MDDA se finansiering vir die nuwe ateljees van R1,1 miljoen het verseker dat Radio Riverside nou met die nuutste uitsaaitoerusting van hoë gehalte spog. Radio Riverside het 14 jaar van die Upington-brandweerstasie uitgesaai. Buck Broadcasting van Kaapstad is gekontrakteer om die ateljees te ontwerp en te bou. In Junie is die ateljees oorhanding, maar die stasie kon net uitsaai nadat die nuwe toring en sender ook gebou is. Die oorskakeling van analoog na digitaal sal verseker dat Radio Riverside gehalte-klankuitset aan die luisteraars kan voorsien. Dit laat die stasie dan ook die land se planne voldoen om teen 2015 van ’n analoog- na digitale uitsaaimedium te migreer. Die bekendstellingsgeleentheid

is deur Sylvia Lucas, die NoordKaapse premier, Gift van Staden, die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit se uitvoerende burgemeestersraadslid, en plaaslike regeringsverteenwoordigers en belanghebbendes bygewoon. Vernon Mfusi, die voorsitter van die raad van Radio Riverside, het in sy openingsrede gesê die stasie het sy grootste mylpaal tot dusver bereik. Hy het ook gesê die span het nog altyd hard gewerk om die ontwikkeling van die stasie te verseker. “Die stasie het altyd met ou toerusting gesukkel en het nou nuwe toerusting wat met enige openbare of kommersiële uitsaaier vergelyk kan word.” Die stasie het ook die Okosa- (Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika) lisensie hernu om tot in Oktober 2018 uit te kan saai. Die ou ateljees wat by die brandweerstasie geleë is, sal voortaan gebruik word om aspirant-uitsaaiers op te lei. Radio Riverside spog nou met vier ateljees. Lucas het Radio Riverside se leiers en personeellede vir hul toewyding aan diens aan die gemeenskappe van Upington geprys. Sy sê die mense van Upington en die Noord-Kaap kan trots wees om ’n gemeenskapsradiostasie te hê wat die pas in die land aangee.

EEN van die Radio Riverside se nuwe ateljees.

Foto: Verskaf


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Dienste op dorp kritiek nodig “ONTHOU jy nog Rietfontein se stofstrate?” sal dit eendag om ’n kampvuur opklink wanneer mense van dié eens slapende dorp met die kleinste munisipaliteit in die grootste munisipale gebied van Suid-Afrika praat. Wanneer reisigers deesdae dié dorpie binnery, word hulle begroet deur advertensieborde wat projek op projek uitbasuin. Rietfontein ontwaak stadig maar seker uit ’n proses van algehele stagnering. Volgens Meris Kocks, ’n inwoner van Rietfontein en ’n onderwyser aan die Gekombineerde Skool Rietfontein, word die betrokkenheid van die regering by die gemeenskap – al is dit bietjie vir bietjie – gewaardeer. “Ná soveel jare se versugtinge is die teerpad in 2008 voltooi en word van die strate in die Mier-gebied geplavei. “Ongeag die verbeterings is daar egter vrae oor die projekte,” sê Kocks. Hy wys ’n paar dinge uit. Destyds is die Heropbou-en-ontwikkelingsprogram- (HOP) huise opgerig wat weens swak vakmanskap verbrokkel het. Dit moes weer herstel word en het die regering miljoene rande gekos. Op ’n onlangse gemeenskapsvergadering waarop die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) bespreek is, is gemeld dat 40 huise eersdaags in die Miergebied gebou sal word. Die hoop is dat die geskiedenis hom nie met die bou van die huise sal herhaal nie. Kocks meen die vinger moet ook na begunstigdes van huise gewys word wat die huise ontvang en nie daarna omgesien het nie. “Deur hul traak-my-nie-agtige houding moet die mense langer op die waglys vir ’n huis bly.” Oor die straatligte wat onlangs op Rietfontein aangebring is, bestaan gemengde gevoelens by die inwoners. Op Rietfontein bly inwoners wat net kan droom van die gerief

wat elektrisiteit in hul lewe kan beteken. “Die inwoners leef nie uit vrye wil nog in oer-omstandighede nie, maar moet selfs hoor hulle moet dalk tot 2015 of 2016 vir elektrisiteitstoevoer wag wanneer die beplande substasie daargestel sal word,” sê Kocks. Tot dan sal die elektriese toestelle in hul verpakkings lê. Kocks sê volgens die munisipaliteit en Eskom is daar te min elektrisiteit in die bestaande netwerk om nog huishoudings by die netwerk te voeg. “Indien enige waarheid in dié bewering steek, van waar gaan die elektrisiteit kom vir die straatligte wat op die dorp aangebring is? “Of gaan dit wit olifante word wat op die beplande substasie gaan wag?” vra Kocks. Die paar straatligte wat wel hier aangebring is en werk, is volgens Kocks nie juis ’n aanwins of hulp vir die lede van die polisiediens wanneer hulle saans patrolliewerk in die woonbuurte moet doen nie. Hy sê as behoorlike stelsels soos hoëmasbeligting werk, kan nog ’n tragedie soos die grumoord op die 10-jarige Nomsa Willemse in 2009 voorkom gewees het. Haar moordenaar is steeds nie vasgetrek nie, omdat daar nie behoorlike bewyse of getuienis was nie. Die oë van die wêreld sal ook binnekort op dié dorp gerig wees wanneer die landspoedrekord op Hakskeenpan deur die Bloodhound SCC-span aangedurf gaan word. Kocks sê: “As ons volhoubare waarde vir die toekoms uit die waardevolle geleenthede wat na ons gebring word, wil put, maak die lewering van basiese dienste wat daargestel moet word daadwerklik saak.” Soos Kocks sê: “Rietfontein se mense wil nie ’n onooglikheid op die wêreldverhoog wees wanneer al die kameras op die groot wêreldgeleentheid gefokus is nie.”

Vind in God jou doel Ds. Philip van Vuuren HET jy al gewonder wie jy is? Waar jy as mens vandaan kom? Wat sal met jou gebeur? Is die mens maar net ’n produk uit modder of grond geskep om eendag net weer daarna terug te keer? Daar word mos gesê stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Elke mens behoort ’n doel te hê waarom hy lewe. Die vraag is: Waarom is ons hier op aarde, waarheen gaan ons? Eerstens is jy na God se beeld en Sy gelykenis geskape. Jy is ’n geskape wese met ’n innerlike wese (gees) met ’n siel en ’n liggaam. Psalm 8:5 tot 7 het die antwoord: Wat is die mens dat U aan Hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met heerlikheid en eer gekroon. 2 Korintiërs 6:18: Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir my seuns en dogters wees, spreek die

DAAR is min dinge wat die landskap van die Groen Kalahari, Boesmanland tot in die Karoo, so goed beskryf soos die nederige polle boesmangras wat wiegend in die briese of kruiswinde waai. Tussen Kakamas en Pofadder vorm dié savanna ’n oseaan van golwe ná ’n goeie reënseisoen. Foto: Anena Burger

Dankie vir die ondersteuning KURUMAN-DIERESORGVERENIGING, Kuruman: DIE Dieresorgvereniging (DSV) het onlangs ’n gholfdag op die Kuruman-gholfbaan aangebied. Die DSV wil die volgende borge vir hul bydraes en ondersteuning bedank: ) KFC ) Trent en Jeppe ) Stef’s Auto ) M.I Motors ) Wildene’s Nails ) Mr Video ) Pick ’n Pay ) Barlo World ) Spar ) Boa Fe

12/33

15/31

OSO 5.0 Kalm

14/31 OSO 5.0

) Oasis-water ) Amonate ) Belladona Beauty Relaxation ) Marianne van Rooyen ) N.C. Signs ) Bella Grazia

Dankie vir hulp met video HENDRIK SPANGENBERG, Kathu: GRAAG wil ek almal wat deel was van die produksie van my musiekvideo bedank.

Stefan Louw van KoringKriekproduksies (video en fotografie) en Robert Maynard Rootman vir al sy hulp. Riaan en Jeanny-Lee vir hul rolle en fantastiese akteursvermoë. My pa en ma vir hul ondersteuning. Dankie aan die Kalahari Bulletin wat gereeld oor my bedrywighede skryf. Dankie ook aan Charlene en Paul Hibbert van die Mongoosegastehuis, Paul en Zelda van Namakwari Lodge, Marius Nel, die Hoërskool Kathu, Rene van Lilies & Lavender-bloemiste, Waldo Visser van Megasound, Edia de Beer en DTL-lugdiens vir Jenny-Lee se vlugte en al die lede wat bereid was om in die musiekvideo te speel. Ek is opreg dankbaar vir almal se bydraes en hulp.

12/34

15/34

14/32

13/34

O 5.0

Kalm

OSO 5.0

W 10

14/32

14/32

WSW 10 SW 5

Dié is stories wat vertel móét word Here, die Almagtige. Dít is wie ons is, aanbidders, ons is seuns en dogters van God. Ons is Sy familie. Dit gee ons ’n reg om met Hom te gesels. Ons hartsbegeertes voor Hom uit te stort. As dié aardse woning dan eendag afgebreek word, sal ons Hom sien en vir ewig by Hom wees. 2 Korintiërs 5:1: Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God, ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. Nou het ek nie ’n identiteitskrisis nie, ek weet wie ek is in Christus Jesus. Sy seun en dogter. Ja, deur Sy heerskappy is ek in beheer van my lewe. Mag jy ook ontdek wie jy is in die oë van die Almagtige Skepper.

Ilse Watson MY werk as verslaggewer vir ’n plaaslike koerant plaas my elke dag in unieke situasies. Dit gee my die geleentheid om oor enigiets te skryf harde nuus (meestal nogal negatiewe onderwerpe), sagter, mooier stories, skolenuus en ook skryf ek oor sport. Een onderwerp waaroor ek (gelukkig) nie hoef te skryf nie, is politiek. Maar so ontmoet ek baie uiteenlopende mense terwyl ek werk aan baie uiteenlopende stories. Een ding staan soos ’n paal bo water - ek is verslaaf aan skryf. Sedert my jong dae is dit ’n passie. G’n mens weet wat ek met myself en my tyd sal doen in Desember wanneer ons vir die feestyd toemaak nie. Maar wag, ek dwaal van die onderwerp af. Ek moet bieg, harde nuus is my

kos. Dit gaan nie oor sensasie nie - dit is die weergee van feite, gebeure en ja, dit is dalk ’n negatiewe storie, maar dit is ’n storie wat vertel moet word. Die afgelope tyd het ek weer intens bewus geword van die boodskap van die Bybel en die krag van God se woord. Dit is so ongelooflik inspirerend om met diep gelowiges te praat. Hul passievolle, onwrikbare geloof laat ’n mens voel jy is nie regtig ’n gelowige nie. Maar soos Danie Botha verlede Sondag gesê het, dit maak nie saak wie of wat jy is nie, jy kan niks wees nie, maar die Here is daar vir jou. Hy

is onvoorwaardelik lief vir ’n mens en Hy sal jou nie los nie. Maar dan doen ’n mens weer ’n storie oor iemand wat sy eie lewe geneem het. En as joernalis weet jy jy moet die afstand behou, jy moet nie emosioneel betrokke raak nie. Dit is normaalweg wat ek regkry om te doen. Maar hierdie keer het hierdie hardenuusstorie selfs hierdie verslaggewer in trane gehad. Want die mense wat agterbly, sit met smart en diepe hartseer en ook baie vrae. Die mense wat agterbly, voel dalk ook skuldig. Die mense wat agterbly, moet die wêreld in die oë kyk. Al wat ’n mens vir hulle kan sê, is: “Die Here is met jou – Hy sal jou nie los nie”. En jy hoop dat hierdie woorde hulle sal dra in dié moeilike tyd.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

VAN links is Hendrik Spangenberg, Robert Maynard Rootman, Jeanny­Lee Matthee (hoofrol), Riaan Roestorf (hoofrol), Stefan Louw (vervaardiger en eienaar van die KoringKriek­produkies. Foto: Verskaf

Video ’n 1ste vir dorp Ilse Watson SONDAGAAND is geskiedenis op Kathu gemaak. Hendrik Spangenberg het ’n musiekvideo hier opgeneem. Dit was die eerste keer dat so iets op Kathu gebeur het. Die musiekvideo is vir die liedjie Solank Jy Myne Bly! gemaak. Stefan Louw, vervaardiger en eienaar van die KoringKriek-produksies, en Robert Maynardt Rootman het die musiekvideo op band vasgelê. Riaan Roestorf en Jeanny-Lee Matthee, vriende van Spangenberg, het die hoofrolle vertolk in die storielyn wat deur Spangenberg self, Louw, Roestorf en Rootman geskryf is. “Ek kon nie glo hoe ongelooflik goed hulle die rolle vertolk het en so goed

saamgewerk het nie. “Ons het regtig hard en lang ure gewerk. Met geduld en baie verfilming wat gedoen is, het ons die mooiste prentjies vasgelê,” vertel Spangenberg. “Ek kan nie wag op die eindproduk te sien nie.” Kathu Kansa se Relay For Life is op 2 November gehou en Spangenberg moes ook daar optree. “Ons het baie goeie beplanning gedoen, maar ons het vele kere op die laaste nippertjie ewe skielik ’n nuwe idee gekry en dit ingewerk – dit het toe alles baie mooi uitgewerk.” Spangenberg vertel verder dit baie aangenaam en ook dat dit ’n ongelooflike ervaring was om saam met Stefan Louw te kon werk.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

FOKUS OP MOTORS Motorinspeksie DIE tasse is gepak. Het jou motor die nodige aandag gekry om jou veilig van en na jou vakansiebestemming te kry? Kyk na: ) ruitveërs se toestand, ) remme, ) waaierband se toestand, ) bande: korrekte banddruk, kyk vir krake en snye of enige artikels soos spykers wat soms in ’n band weggesteek is, loopvlak, noodwiel se banddruk en toestand, ) toestand van stuurstelsel (lekkasies op byvoorbeeld die kragstuur en stuurkasrubbers), ) toets al die ligte, ) batterytoets, ) alle olievlakke moet nagegaan word (ratkas, enjin en ewenaar), )suspensie-toestand: gaan alle skokbrekers na, rubberkoppelings en rubberbuste na, en ) die verkoelingstelsel.

Ry stadig, spaar brandstof Willem Fritz MET die onlangse brandstofprysstyging trek die strop om motoriste se nek al hoe nouer. Dit is egter nie nodig om in algehele vrees vir die brandstofpomp te leef nie. Hieronder is ’n paar maklike wenke om die knyp uit die brandstofprys te haal. ) Pas jou bestuurtegnieke aan. Probeer om die verkeer ’n ent voor jou dop te hou en vergroot jou volgafstand sodat dit nie nodig is om gedurig te rem en weer te versnel en sodoende onnodige brandstof te verbruik nie. ) Hou by die snelheidsperk. Hoe vinniger jy ry, hoe meer brandstof verbruik jou motor. As bonus sal jy ook geld aan boetekaartjies spaar. ) Gaan jou motor se banddruk gereeld na. As die banddruk te laag is lei dit tot groter weerstand met die pad en gevolglik hoër brandstofverbruik. ) Hou die windweerstand so laag moontlik. Haal die dakrelings af as jy dit nie gebruik nie. Hou die ruite teen hoë snelhede ook liewer toe. Gebruik dan liewer die lugversorging. Hoe meer aërodinamies jou motor is, hoe laer is die brandstofverbruik. ) Beplan jou roetes vooruit. Kies die roetes met die minste verkeersligte, stopstrate en verkeer. ) Vermy spitsverkeer indien moontlik, al beteken dit dat jy ’n halfuur vroeër werk toe moet ry of ’n halfuur later vertrek. ) Beplan jou ritte vooruit. Probeer soveel

HOE vinniger jy ry, hoe meer brandstof verbruik jy. moontlik van jou take in een rit kombineer of maak van ’n saamryklub gebruik. ) Hou die enjin altyd in ’n goeie toestand. ’n Enjin wat verkeerd ingestel is of ’n vuil lugfil-

Foto: Anena Burger

ter kan beteken dat die enjin nie optimaal funksioneer nie en kan tot hoër brandstofverbruik lei. ) Beplan mooi en spaar brandstof.

Steek vragmotors só verby WEES versigtig vir swaarvoertuie. Vragmotors is soms ’n groot irritasie op die pad en lei dikwels tot botsings reg van voor as ongeduldige bestuurders ’n vragmotor onverskillig verbysteek. Hier is ’n paar wenke: ) Vragmotors het groot en diep blinde kolle aan weerskante en reg agter die voertuig. Dit is belangrik om genoeg ruimte tussen jou voer-

tuig en die vragmotor te laat. ) Hoe langer die vragmotor is, hoe meer tyd gaan jy nodig hê om dit verby te steek. Steek dit net verby as jy seker is die ruimte is groot genoeg. ) Steek dit verby van waar die vragmotorbestuurder jou kan sien en nie van reg agter die vragmotor nie. ) Moet verkieslik nie ’n vragmotor in nat toestande verbysteek nie. Die kombinasie van

sproei, lugturbulensie van die vragmotor, swakker beheer oor ’n voertuig op ’n nat pad en slegte sigbaarheid maak dit baie gevaarlik. As jy dit verbysteek, maak seker jou hoofligte en ruitveërs is aangeskakel. ) Moet nooit reg voor ’n vragmotor insny nie. ’n Vragmotor het ’n veel groter afstand as ’n gewone motor nodig om tot stilstand te kom.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Kleuterskool hou sy Kersafsluiting Lynn-Mari Olivier

VAN links is Koelie Tau, baba Julie Tau en Jo­ hanna Koerant, lid van die GPF van Deben wat met die geboorte van die baba gehelp het. Foto: Verskaf

GPF-lid gryp in Ilse Watson SATERDAG om 01:50 het Johanna Koerant van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Deben ’n jong vrou van Newstands, Deben, met die geboorte van haar eersgeborene gehelp. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Deben het Vrydag omstreeks 21:00 ’n oproep van die vrou wat in kraam was, ontvang. Die polisie het die ambulans ontbied. Die ambulans het egter omstreeks 01:30 nog nie sy opwagting gemaak nie. Koerant was dié aand saam met die SAPD van Deben werksaam. Toe die ambulans nie opdaag nie, het sy besluit om te gaan kyk wat gebeur. Koerant moes noodgedwonge met die kraamgeval help. Koelie Tau het aan ’n gesonde dogtertjie wat sy Julie gaan noem, geboorte geskenk. Sy het by geboorte 3,150 kg geweeg. Die tekort aan ambulanse in die gebied is ’n ernstige probleem, aangesien net een ambulans die hele streek van Kuruman tot Olifantshoek moet bedien.

’n FEESTELIKE afsluiting word op 21 November vir die Miekie en Mieniekleuterskool beplan. Die geleentheid behels ’n kort Kersspel soos deur kinders ervaar. Daar sal ’n Kersboom wees waaronder talle geskenke sal wag. Dié geskenke sal deur die Miekie en Mienie-personeellede aan die kleuters oorhandig word. Die personeellede en kleuters nooi almal om deel aan dié aand te hê. Toegang is gratis en kerrie-en-rys sal teen ’n billike prys te koop aangebied word. Ten einde van die aand ’n groot sukses te maak, word belangstellendes versoek om die kleuterskool by 082-737-2107 of 082-418-7999 te kontak sodat ’n beraming gedoen en mooi beplan kan word vir die aand se gebeure. Die aand sal dien as ’n behoorlike afsluitingsgeselligheid vir die Miekie en Mienie-kleuterskool se bedrywighede oor die afgelope jaar heen. Dié aand sluit ’n era vir van die leerlinge af en die Miekie en Mienie-kleuterskool sien uit daarna om almal daardie Donderdag om 18:00 by die Laerskool Seodin se skoolsaal te verwelkom. Die bestuur en personeel van die Miekie en Mienie-skool groet die gemeenskap en bedank almal vir hul ondersteuning, bydraes en lojaliteit.

Stuur inligting DIE Kalahari Bulletin Kuruman beplan ’n reeks rubrieke oor die geskiedenis van Kuruman. Ons benodig egter die hulp van die gemeenskap – enigeen wat kan help met inligting (en foto’s) oor Kuruman se geskiedenis word versoek om met die redakteur, Ilse Watson, in verbinding te tree. Kontak haar by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-831-5579.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Rou riool ’n gevaar Ilse Watson

SKAARS 100 m van die naaste huis af is ’n riooldam. Dít is waarmee huiseienaars in Fouriestraat op Kuruman te doen het. Die rou riool, wat al ’n ruk dié gebied invloei, het nou dié dam gevorm. “As dit nie rou riool was nie, sou dit ’n mooi uitsig gewees het,” sê Nico Erasmus, voorsitter van AfriForum Kuruman. Huiseienaars in die omgewing het nie munisipale water nie en die meeste van hulle gebruik water van boorgate. Daar is reeds ’n pompstasie hier gebou, maar geen pompe of elektrisiteitstoevoer is aangebring nie. AfriForum beplan om die departement van waterwese en die departement van gesondheid se hulp in te roep om dié aangeleentheid op te los. “Monsters van die water moet onder meer geneem en getoets word. Die damme is gevaarlik. ’n Kind kan maklik hierin verdrink. Dit lyk aanloklik vir kinders om in te speel. Aangesien dit rou riool is, hou dit ’n groot gesondheidsgevaar in.”

DIT is die dam wat weens die rou riool wat hier inloop, gevorm het. Net duskant dié bome (maar nie sigbaar op die foto nie) is die pompstasie gebou. Dié pompstasie is nie in ’n werkende toestand nie, aangesien dit nie ’n pomp of elektrisiteitstoevoer het nie. Foto: Ilse Watson

Hof wys Bozwana-aansoek teen AfriForum van die hand Ilse Watson DIE Noord-Gautengse hooggeregshof het ’n dringende aansoek van die omstrede sakeman Wandile Bozwana teen AfriForum met koste van die hand gewys. Dit volg op ’n vroeëre nuusverklaring deur Wesley Martin, AfriForum se organiseerder in die Noord-Kaapstreek, rakende Bozwana se twyfelagtige tendertransaksies. AfriForum is namens sy Kuruman-tak be-

trokke by ’n afsonderlike regstryd om die betaling van meer as R4 miljoen se belastinggeld aan Bozwana se maatskappy, TEB Properties, te verhoed. AfriForum het in sy nuusverklarings kommentaar gelewer op sekere sakepraktyke van Bozwana en sy talle maatskappye wat al meer as twee jaar in die nuus is. Volgens ’n vorige berig in ’n ander koerant het ’n voormalige kollega van Bozwana aangevoer dat Bozwana op ’n onwettige manier ten-

derdokumentasie bekom het. Verder is beweer Bozwana het tenders verkry terwyl hy oor geen infrastruktuur beskik of die nodige kundigheid en ervaring het nie. Volgens AfriForum is TEB Properties en sy direkteur, Bozwana, reeds bekend vir kooptransaksies en tenders wat skeefloop en eise vir vergoeding wat daarna ingestel word. Die burgerregte-organisasie sê dit lyk asof dit ’n patroon geword het. “AfriForum verwelkom die bevel en gaan

voort om in die openbare belang op te tree en glo verder dat tendertransaksies tussen private maatskappye en munisipaliteite beslis in die openbare belang is,” het Werner Human, AfriForum se regsverteenwoordiger, gesê. AfriForum se hersieningsaansoek in die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley om ’n resolusie van die raad tersyde te stel wat ’n betaling van R4,25 miljoen aan Bozwana goedgekeur het, word op 5 Desember in dié hof aangehoor.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

9

Long-service workers awarded Ilse Watson AT a gala dinner earlier this week the Finsch Diamond Mine recognised a group of its employees for their long service to the company. Of the group 27 employees received their 25-year service award and one employee received his 40-year service award. Speaking at the event Luctor Roode, the general manager, said: “Please continue to share your knowledge with your peers. With your wisdom and knowledge, we can build Finsch Mine to even greater heights. Your input into

the future of our mine is critical.” The 2013 long-service recipients included Sam Assegai, Isaac Boyce, Lebereki Diphaha, Andy Douglas, Jan Erasmus, Malefetsane Goeieman, Keith Haai, Kaelo Karudi, Johan Kennedy, Pinaetsuile Letselebe, Leonard Lewis, Mohau Maieane, Mbulelo Malusi, Jack Mancwe, Bassie Mapulane, Gaobepe Mereyotlhe, Keletsmaile Mogabeng, Meschack Mokgothu, Ikanyeng Motsamai, Aobakwe Motsehela, Fikile Phillips, Phyllisa Rose, Daantjie Scheepers, Otlhotse Seleoge, Owen Smith (40 years), Gcinikhaya Tayi, Paul Thipe and Petrus van Jaarsveldt.

Roei misdaad met wortel en tak uit

THE 2013 long­service recipients.

Photo: Provided

DIE Kalahari Bulletin Kuruman het onlangs verslag gedoen oor die afsaag van seringbome by die vierrigtingstop (inkomende van Kathu) om die gebied te beveilig en hopelik die misdaad wat hier plaasvind te verminder. Daar is ook verslag gedoen dat die straatligte en ligte in Wilgerpark herstel is. Al die verbeterings is nou nog ’n stappie verder geneem. ’n Private kontrakteur, Pieter Beukes, het verlede week die oorhangende takke van bome in Wilgerpark afgesaag. Dit sal dié hele gebied nog verder beveilig en booswigte keer om agter of onder bome weg te kruip. Die afgesaagde takke is deur die Ga­Segonyana­munisipaliteit verwyder. Die gemeenskap van Kuru­ man het die private kontrakteur aangestel en betaal om die werk te doen. Daar word ook beplan om twee groot spreiligte aan te bring wat die park saans goed sal verlig. Foto: Ilse Watson

Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

General Engineering Superintendent (GES): Mechanical/Electrical (Ref. GES (M/E) 115481)

The incumbent will be responsible for maintaining mine infrastructure by means of applying and executing the Company Asset Management Strategy and Maintenance Plan and ensuring plant availability and throughput by means of applying relevant engineering and SHEQ practice and effective Human Resource Management. Key performance areas include, inter alia: • Managing activities, ensuring effective control of manpower and resource utilisation • Conduct root cause failure analysis (RCFA), understand the process and advantages • Assisting management in compiling operational strategy and setting of achievable production targets • Ensuring adherence to the Mine Health and Safety Act, other applicable regulatory requirements, Company/Mine SHEQ standards and procedures to ensure the safety of personnel and equipment in your area of responsibility • Managing contractor performance against service level agreements • Analysing production and asset performance trends against set operational targets • Compiling and monitoring annual labour and maintenance budgets within span of control • Supervision and training of staff within span of control • Maintaining a high standard of teamwork • Performing ad hoc duties as instructed by your supervisor. Requirements: • Qualified artisan (Red Seal) • Grade 12 and a minimum of N6 or equivalent qualification • Sound working knowledge of Maintenance Management System • Minimum of 5 years Previous experience as multi discipline supervisor • Beneficiation plants experience (Jaw and Cone Crushers, Conveyors, Screens, Pumps, Dust Suppression Systems, Rapid Train Loading and Rail Systems) • Contractor management experience • Sound SHEQ systems knowledge • Sound knowledge of Asset/Maintenance Management Systems • Ability to work accurately under pressure • Proven managerial skills and computer literacy • Fluency in both English and Afrikaans • Valid code B/EB driver’s licence. The successful incumbent will be appointed subject to being certified medically fit as per the Mine Health and Safety Act 29/1996 and meeting the requirements of the Company’s Code of Practice – Medical Fitness to work on a Mine. He/she may also be required to undergo a psychometric evaluation. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 22 November 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 115481


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

DIE spore van voertuie wat op die krieketkolfblad van die Laerskool Kuru­ man rondgery het en só baie skade aangerig het. Foto: Ilse Watson

Help keer skade aan kolfblad Ilse Watson DIE krieketkolfblad op die sportterrein van die Laerskool Kuruman word voortdurend beskadig. Booswigte ry met óf bakkies, óf klein voertuie daarop en die hele blad word beskadig. Daar is heinings en hekke reg rondom die sportterrein, maar die slotte van die hekke word voortdurend afgeknip en dan word net op die krieketkolfblad gebaljaar. Die drade en pallisades van die heinings word ook beskadig en verwyder en sodoende kry die booswigte toegang tot die sportterrein.

Die Laerskool Kuruman benodig die hulp van die gemeenskap om te probeer om die kwaaddoeners vas te trek. Enigiemand met enige inligting oor die oortredings kan die skoolhoof, Floyd Turner, by 082-380-2204 bel. Die skool rig ook ’n waarskuwing aan enigiemand wat die terrein onwettig en sonder toestemming betree. Skriftelike toestemming word benodig om die terrein te betree. Inligting hieromtrent kan ook anonieme aan die redakteur van die Kalahari Bulletin Kuruman, Ilse Watson, gestuur word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

SYZYGIUM PONDOENSE

11

Photo: supplied

Pondo waterwood a must-have in garden SYZYGIUM PONDOENSE is indigenous and endemic to the North-eastern Cape and the Southern KwaZuluNatal area. Here it grows along the rocky beds of streams which is why it is aptly named the pondo waterwood. The true value of this wonderful shrub is yet to be discovered in gardening circles. It convincingly has all the attributes that make a good garden subject and therefore should be a sure hit in any garden. This perfectly sphere-shaped shrub will add formality to any garden setting. Not only does it keep its well-rounded shape as it ages, but it is an absolute bird magnet. Syzygium pondoense is evergreen and can reach a height and diameter of three metres. The new shoots and leaves are reddish in colour, but as they mature become shiny and dark green with a leathery feel too the touch.

The bark is reddish-brown when the plant is young but turns grey as the pond wood ages. It will burst into copious flowers in early summer. These sweet-scented flowers are white with a mass of stamens appearing in showy, branched terminal heads. The flowers are loved by butterflies, bees and insects followed in hot pursuit by every garden bird imaginable. In early autumn, the scented flowers give way to plum-coloured, round fruit and due to the number of flowers in summer there is at this time an abundance of fruit on the shrub. Birds arrive once again to feast on this edible fruit. Although the pondo waterwood grows in the sun it will tolerate some shade, just keep in mind that it might lose some of its dense growth habit and excessive flowering in shaded areas. Although this plant is very water-

wise, regular watering and feeding will give better results during the growth and flowering times. Plant this coast-friendly plant in well-drained soil. Sadly, Syzygium pondoense is classified as vulnerable (VU) on The International Union for Conservation of Nature (IUCN) Red List. This “red list” is published by the International Union for Conservation of Nature (IUCN) and is the world’s main authority on the conservation status of species worldwide. It is threatened by habitat loss due to the fact that it often occurs along low-lying river banks that are susceptible to periodic flooding. In conclusion, the pondo waterwood is a superb ornamental shrub. It makes a good focal point with its bushy, round shape and will happily be pruned into a ball or lollipop. It is excellent for hedges, makes an attractive container plant and is bird friendly.

Bome moet pienk jassies afskud Anena Burger OKTOBER was inderdaad ’n pienk maand op baie Noord-Kaapse dorpe en Upington was geen uitsondering nie. Die Pienk Bome vir Pauline-projek is heelhartig hier ondersteun en steeds pruik die bome met hul pragtige tooisels in elke straat van elke woonbuurt. Maar nou is die projek verby en

die bome moet nou weer hul pienk jassies afgooi vir die warm maande wat voorlê. Helet van den Berg, organiseerder op Upington, sê: “Ons wil graag vra dat almal wat deelgeneem het die bome se jassies wat hulle aangetrek het, net weer vir hulle uittrek. Alle bruikbare lappe moet asseblief mooi opgevou word en in plastieksakke gesit word.” Die lappe kan by die volgende plekke in die pienk kratte wat daarvoor

verskaf is, geplaas word: Pick ’n Pay, NG kerk Upington-Noord, dr. Diergaardt se spreekkamer, Upington-VGK, Congregationalkerk en die Bi-lo-restaurant. Die lap word weer vir instansies gegee wat goedere op ’n kreatiewe manier uit die materiaal kan maak en so weer vir geld kan verkoop. Die projek bedank die gemeenskap vir hul groot bydrae tot die sukses van die projek op Upington.

Slaghuis derde in AHI-kompetisie Anena Burger DIE Upington-slaghuis is bekend vir sy goeie diens en lewer al baie jare lank aan die gemeenskap gehalteprodukte soos Eben se wenwors, biltong en droëwors waarvoor die slaghuis provinsiale erkenning gekry het. Die onderneming het onlangs op die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) se kongres ’n derde plek in die AHI-kompetisie se afdeling vir sy Kleinsakeonderneming van die jaar losgeslaan. Eben en Dalene Nel, die slaghuiseienaars, sê dit was vir hulle ’n verrykende ervaring. Volgens die Nels was die sprekers op die geleentheid, prof. Raymond Parsons, Clem Sunter en Cyril Rhamaposa, wêreldklasgehalte en inspirerend.

DIE Upington­slaghuis het ’n derde plek in die AHI se Kleinsakeonderne­ ming van die jaar­kompetisie behaal. Van links is Christo van der Rheede (AHI), Eben en Dalene Nel (Upington­slaghuis), Christo Botes (Business Partners) en John Lomberg (Santam). Foto: Verskaf


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Ruiter vaar uitstekend DIE belowende jong ruiter Marlé Hoft het onlangs op die Upington-saalperdskou die een eerbewys ná die ander ingeryg. Sy het met Redheart Suppreme teen volwasse ruiters in die grootkampioen-driegang meegeding en sy is die reserwekampioen in dié afdeling. Hoft het teen haar afrigter, Martin Pienaar van Bloemfontein, deelgeneem. Sy het ook in die plesierperd-driegangklas eerste op Sir Galahad van Inge Wessels gekom. Hoft het op haar perd, Fever Pitch, aan die medaljeklasse deelgeneem en het in albei haar klasse eerste geëindig. Daarby het sy nog ’n eerste plek in haar ouderdomsgroep, o.14, vir die driegang-ruiterkuns behaal. Tydens die Noord-Kaap-saalperd-sub-unie se jaarvergadering wat gedurende die skou plaasgevind het, het sy ’n goue sertifikaat ontvang vir haar prestasie om vir die Junior Proteaspan 2013 gekies te word. Sy het ook die Marius en Aretha van Rooyenwisseltrofee vir die beste prestasie vir ruiters 18 jaar en jonger in die Noord-Kaap ontvang.

HIER neem Marlé Hoft in die plesierperd­drie­ gangklas op Sir Galahad van Inge Wessels deel. Sy het ’n eerste plek verower. Foto: Oppiperdaf Fotografie

Aangewys as nuwe komiteelede

DIE nuwe bestuurskomiteelede van die Hoërskool Upington is van links, voor: Esmarie Ferreira (onderhoofmeisie), Gerrit Wickens (hoofseun), Lenél Oberholster (hoofmeisie), Eduard Kilian (onderhoofseun); tweede ry: Leemé Jansen van Rens­ burg, Reuben Murphy, Ciske van Niekerk, Liné du Plessis, Vernonique Vorster, Frances van der Ryst, Shavonne de la Fontaine en Carlin Harper, derde ry: Leatitia Strauss, Thapelo Masenge, Milandro Mouton, Willem Koegelenberg, Elandie Hanekom, Sue­Ellen Pretorius, Millisanté de Wee en Rhenay Koegelenberg; agter: Raynardt Stasch, Reinhard Hayes, Eben Crow, Nathan Isaacs, Dennis Hoft, Jason Ah Goo en Ulrich Lategan.

DIE junior koshuiskomiteelede vir Huis Oranje is van links, voor: Christo Engelbrecht (hoofseun) en PJ Smith (onderhoofseun); agter: Ruan Ma­ ré, Kaylon Mouton en Reuben Murphy.

DIE junior koshuiskomiteelede vir Huis Vereniging is van links, voor: Le­ nél Oberholster (hoofmeisie) en Sjandré Moller (onderhoofmeisie); ag­ ter: Veronique Vorster, Lilly Connan en Salomé Hanekom. Foto’s: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Bielies op buksies se braaidag

ELKE twee jaar bied die Laerskool Sentraal op Kakamas ’n Buksie-braaidag aan waaraan hul grondslagfaseleerlinge deelneem. Die dag word in samewerking met die Kakamas-tak van die ATKV aangebied en dan word daar gebraai dat die rook so trek. Leerlinge kon alleen braai of in spanne saam-saam kuier. ’n Heerlike atmosfeer heers en die ouers kuier amper lekkerder as die kleinspan. Elke leerling moes sy eie braaigebied gereed maak, tafel dek, bykosse maak en natuurlik self vuurmaak en braai. Dit is ’n dag wat terdeë deur die leerlinge geniet word, want dit is darem nie elke dag dat jy kleinklein baas oor jou eie braai kan wees nie. Jaco Wessels, Kakamas Skryfbehoeftes, OK Foods, Mica, Kakamas-apteek en die ATKV Kakamas het die dag moontlik gemaak.

ZANDER OBERHOLSTER (links) en Joshua Ka­ simbingue is beste braaimaats.

DIE twee maters Julinda Hayes (links) en Danelle Koortze kan nie meer wag om te be­ gin braai nie. Foto’s: Verskaf

VERSIGTIG met daai messe, meisies. Jass­Leen Kavula (links) en Ashlyn Losper het slaai gemaak.

KLEIN Juan Engelbrecht en Henning Basson is bobaas­braaiers en weet presies hoe om ’n worsie sappig te braai.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Jong tennisspelers ding mee Anena Burger TIAAN SERFONTEIN het Saterdag ’n junior tennistoernooi aangebied. Altesaam 64 spelers het op die toernooi kom kragte meet. Die spelers is nie volgens ouderdom ingedeel nie, maar volgens hul sterkte. Daarna is hulle in groepe gedeel waar hulle teen mekaar meegeding het. Die spelers het van oor die streek heen aan hierdie toernooi deelgeneem.

STIHAN KRUGER, Johan Kriek, Lara van den Heever, Janneke Engels en Melanie du Toit. Foto’s: Verskaf

VAN links is, voor: Hercules Hudson en Jano Malan; agter:Bernice Nel, Jolize Swanepoel en Janice Myburgh, wat ook aan die toernooi deel­ geneem het.

JOHANDRÉ TERBLANCHE en Lieben Engel­ brecht spog ’n bietjie met hul medaljes.

REZA KUHN, Ona Lampbrecht, Benre Engelbrecht en Lamley Mulder is hier met hul eerbewyse.

ELIZE HUMAN en Christelle van Zyl glimlag breed ná hul deelname aan die toernooi.

MILKE ENGELBRECHT en Carli Thomas ná hul spel.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Wil weet – is verkeersbeamptes bo die wet? NIEKIE STAPELBERG, Kuruman: DAAR is altyd ’n gesukkel met voertuie wat voor ons besigheid, Gamohaan-motors, stop en ons kry ook geen samewerking van die verkeersdepartement nie. Op Woensdag 30 Oktober om 12:00 het ek gesien dat daar ’n verkeersvoertuig op die rooi streep voor die ingang van my vulstasie staan. Die bestuurder van die voertuig was nie daar nie en ek het vir hom by sy motor gewag. Ná ’n hele rukkie het ander verkeersbeamptes daar gestop en ek het hulle gevra om my te help om die eienaar van die geparkeerde voertuig op te spoor. Hulle het my net aangekyk en weer gery. My kliënte kon nie in en uit by die vulstasie nie. Later het die bestuurder van die voertuig opgedaag en ek het hom gevra of hy bewus is daarvan dat hy nie op ’n rooi streep mag stop nie. Hy het my óók net aangekyk en weggery. Nou wil ek weet – is verkeersreëls slegs van toepassing op die publiek en nie op verkeersbeamptes nie?

Aand wonderlik JULIANA JANSE VAN VUUREN, Kuruman: WAT ’n belewenis. Elkeen wat Sondagaand op die Kuruman-skouterrein was waar Danie Botha opgetree het, sal terdeë daarmee saamstem dat dit wonderlik was. Dankie aan Marianne van Niekerk wat aan die Here se opdrag gehoorsaam was om die gesamentlike byeenkoms van al die verskillende dominasies die kans te gee om te sing en so die Here te loof en te prys. Dankie aan elkeen wat ietsie gedoen het om die aand moontlik te maak. Dit sal so lekker wees as ons meermale sulke geleenthede kan hê. Al die lof en eer aan Hom wat was, is en sal kom.

KURUMAN KANSA gaan stap. Kom stap saam op 16 November om 06:30. Dié staptog word op die plaas Hartland (op die Kathu-pad uit) gehou. Dit kos R20 per persoon vir die 5 km- of 10 km-staproete. Alle geld wat ingesamel word, gaan vir die Kansa Relay in 2014 aangewend word wat op 22 Februarie plaasvind. Bel Riana Poolman by 082-308-2067 of Lelani van Straten by 072-401-8437 vir meer inligting en aanwysings.

JAYD VAN ZYL van die Hoërskool Duineveld is vir die Griqua­Diamonds se o.19­krieketspan gekies. Die span gaan van 16 tot 20 Desember aan die Coca­Cola­Khaya Majola­krieketweek vir 0.19’s in Durban deelneem. Twee interpro­ vinsiale opwarmingswedstryde – die een was op 3 November teen Noord­Wes op Klerksdorp en die ander een is op 16 November teen die Vrystaat in Kimberley. Foto: Verskaf

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

TE KOOP

VOERTUIE

WERK

BOEDELKENNISGEWINGS

ALLERLEI

MOTORS TE KOOP

ADMINISTRATIEF

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

1655

KOELKAMER: 2,4 x 2,4. Rustlermotorfiets 260. Houtsaag met petrolmotor. Skakel 071 129 7670.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

3025

TOYOTA STALLION (1991) met kappie, R44 990. 1982 Ford Cortina 2.0 GL, R29 990 Slegs een eienaar, versamelstuk. 2004 Volkswagen City 1.4i. R45 000. Skakel 083 390 2776.

VOERTUIE TE KOOP ONDER R50 000

SKOONMAAKDIENSTE

3065 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse.072 747 1991 of 073 558 4705. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Aubrey 072 747 1991 of 073 558 4705.

VOLWASSENES

CARS AND BAKKIES wanted for cash. R20 000 - R40 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. CORSA 140i, 2002, 140 000 km, mags, CD, excellent, R33 500. Phone 072 472 8686. CORSA, 140i, 2002, excellent. R35 000. 2001 Tazz 1.3, excellent, R35 000. Phone 071 967 0285. CORSA, 1999, canopy, R38 500. Rustler, 1999, canopy, R32 500. Phone 071 967 0285. FORD LASER, 1994, excellent, R23 500. 2004 Audi A4 fullhouse, R45 000. Phone 072 472 8686. MAZDA 2.2 diesel, 1994, R29 500. 1980 Datsun 720, 1-tonner, R14 500. Phone 071 967 0285.

PRIVAAT 2015

WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.

SENTRA 1.6, 1996, R22 500. Uno, 1995, red, lady owner, R19 500. Phone 071 967 0285.

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.

SAKE

3250

TE HUUR 3205

WRENCHVILLE: 3-slk-/1-badk, kombuis, sitk, woonstel teen R5 000 p.m. Skakel 073 230 5503 of 078 178 6332. WRENCHVILLE: 2-slk-huis, badk, kombuis, sitk teen R3 500 p.m. 073 230 5503 of 072 178 6332.

TE KOOP TE KOOP

3201 2405

HUISE TE HUUR 3270

3-SLAAPKAMER-huis met 2,5 badkamers, 1 motorhuis. Groot erf. R8 500 p.m. Skakel 083 378 8177, J.J. van der Poel

VAKANSIE & REIS

AKKOMMODASIE 2635

Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goed toegeruste koshuis van 9 Des. 2013 tot 2 Jan. 2014. Sentraal geleë. 021 887 1583.

BETREKKINGS GESOEK 3670

Admin Data Capturing / Listing Workers needed for info. SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com PET/HOUSE SITTER wanted for month of December 2013. Preferably live in. Phone 072 183 3916. Poste beskikbaar: Sekuriteits/kleinhandelindustrie: CCTV operateurs, voorraadbeheer. Wagte, toesighouers. PSIRA-sertifikaat hoogs voordelig. Poste in Upington,Postmasburg, Kuruman. De Aar en Kimberley. Faks CV na 051 552 3671 vir aandag: Francois.

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

4010

WOONSTELLE TE HUUR

2210

ADMIN DATA CAPTURING/listing workers needed. For info SMS name/address to 074 927 5124 or email to d.jobbuzz05@gmail.com

ALGEMENE KENNISGEWINGS

EIENDOMME

EENSLAAPKAMERWOONSTEL te huur, R3 500 p.m. Mimosalaan 7. Water en krag ingesluit. Deposito betaalbaar, R3 500. Onmiddellik beskikbaar. Rika 071 543 0773.

LANDBOU

3605

In die boedel van wyle Jeanetta Jacoba van der Poel wat woonagtig was by Cowburnstraat 2, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 990/2012 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 8 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Flotank/DJ Pearson t/a Digby Dienste KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die Distrik van Atlantis gehou by Atlantis. Saaknommer: 87/2013 In die saak tussen: FLOTANK TRANSPORT EDMS. BPK. Eiser en DJ PEARSON t/a DIGBY DIENSTE Verweerder Kragtens 'n uitspraak van die Hof van die Landdros Kimberley op 15 Maart 2013 en Lasbrief tot geregtelike verkoping sal die ondergemelde goedere op 29 November 2013 om 09:30 voor die kantore van die Balju, Skoolstraat 46, Kuruman verkoop word aan die persoon wat die hoogste aanbod maak, naamlik: 1 drie-as-leunwa, registrasienr. CCA 6367. Die goedere word voetstoots verkoop aan die hoogste bieder in kontant of per bankgewaarborgde tjek. Die Balju sal die verdere voorwaardes afkondig op die dag van die veiling. VAN DE WALL & VENNOTE Prokureur vir Eiser Van de Wallgebou Southeystraat Kimberley (S. ADDINALL/Amanda/M04214)..

4201

J.J.A. du Plooy In die boedel van wyle Johannes Jurie Antonie du Plooy, wat woonagtig was op plaas Kammaskroon, Kuruman-distrik. Boedelnommer: 2397/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 8 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460 M.S. Fourie In die boedel van wyle Magritha Susanna Fourie, identiteitsnommer 331011 0037 082, van die plaas Lincoln, Kuruman. Boedelnommer 1857/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde bodel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 dae vanaf 8 November 2013. Eksekuteur: Jan Daniël Fourie Agent vir Eksekuteur: Johannes Lodewikus Fourie Hanmar-gebou, Stewartstraat 32, Posbus 91, Kuruman.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

19

The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM), is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

Supervisor Operations Mamatwan Mine

Ref: 363404 In this role, you will monitor the daily mining operations and supervise the safe and efficient execution of drilling, blasting, loading and hauling activities. Furthermore, you will support the project environment and activities to deliver project management objectives, drive business improvement initiatives, manage the monthly, weekly and daily planning schedules, and perform one-to-one, on-the-job training and coaching. To be successful, you will need a Grade 12 plus a Blasting Certificate (Opencast), as well as some 3 years’ opencast mining experience, including at least 1 year in a supervisory position. An action orientation together with a result-focused attitude will stand you in good stead. Computer literacy, SAP knowledge and a Code 08 driver’s licence are essential and you must be medically fit.

Auto Electrician Mamatwan Mine

Ref: 763394 The successful candidate will safely inspect, maintain and repair trackless mobile machines (TMM) and light motor vehicles. Further role focuses include monitoring of safety and housekeeping, maintenance planning, conducting routine machine inspections and maintaining mobile equipment on a regular basis. To be considered, you will need an N2 qualification plus an Auto Electrician Trade Test Certificate and at least 2 years’ experience, including knowledge of and experience on the following: Toyota Hilux, Nissan Navara, Nissan Hardbody, Ford, Atlas Copco Lighting Plants, Atlas Copco Compressors, New Holland Tractors, JCB Back Actors, Skisteers, Manitou Forklift and Telescopic Handlers, Toyota Forklifts, Liebehr Mobile Cranes and CAT Machines. Knowledge of SAP will be advantageous while a Code 08 driver’s licence is essential and you must be medically fit.

Electrician

Hotazel (Maintenance Workshop)

Ref: 763392 In this role, you will inspect, replace and maintain electrical equipment in a safe and efficient manner. Focus areas include electrical construction, electrical installations and inspections as well as faultfinding. To qualify for appointment, you will need an Electrical Trade Test Certificate plus an N3 Electrical, a Wireman’s Licence, a qualification in High Voltage Switching and a driver’s licence. This must be supported by 3 years as an Electrician in a mining town or similar environment and you will be required to pass a pre-employment medical examination. Knowledge of and experience in domestic and industrial installations as well as computer literacy (MS Office, MS Projects, SAP) would be advantageous.

Diesel Mechanic

Hotazel (Maintenance Workshop)

Ref: 763395 Here you will be responsible for the planning of maintenance task lists and you must inspect, maintain and repair machinery as required. As such, your duties will include performing routine machine inspections to identify nonconformances, maintaining all mobile equipment, LDVs, cars and minibuses as well as all utilities such as trailers and lawnmowers, and repairing municipal equipment such as sewerage pump stations, freshwater pumps and tanks. What will you need? A valid Trade Test, at least 1 year’s experience, a valid Code 08/EB driver’s licence and computer literacy (MS Office and SAP would be advantageous). You will be required to pass the pre-employment medical examination in line with the inherent requirements of the job. A strong detail orientation is required, together with good communication, organising and technical skills.

Artisan Assistant Ref: 763408

Ensuring compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, you will assist artisans with daily maintenance and inspection duties, keep mobile equipment clean and in a good condition at all times and apply health, safety and housekeeping standards on a continuous basis. Compliance with all applicable protocols and procedures is essential. You must have a Grade 12 Certificate and at least 1 year’s experience in a similar maintenance position. A valid driver’s licence, medical fitness and knowledge of the basic use of hand tools are vital in this role, while basic autoelectrical and mechanical knowledge would be considered advantageous. Please forward your CV (max 3 pages) to manganese.recruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference. Applications close 15 November 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 104132


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

EK is mooi, ek is mooi, ek is o so mooi . . . ’n Mossie verkyk hom aan homself in ’n motor se spieëltjie buite die Kalahari Bulletin se kantoor. Foto: Anena Burger

‘Spieëltjie, spieëltjie, wie’s die mooiste in die land?’ Anena Burger “EK is mooi, ek is mooi, ek is o so mooi.” ’n Mossie is Vrydagoggend op heterdaad buite die Kalahari Bulletin en Volksblad se kantoor op Upington betrap waar hy homself omtrént in ’n motor se kantspieëltjie bewonder het. Hy was so beïndruk deur sy eie afbeelding dat hy nie eens die fotograaf gesien het wat hom bekruip het nie. So het die spelery omtrent 15 minute aangehou voordat ons geveerde vriend eindelik besef het hy word deur die paparazzi afgeloer.

Die Kalahari Bulletin nooi sy lesers om vir ons kiekies van vreemde dieremaniere of foto’s van vreemde of jul geliefde troeteldiere te stuur. Ons wil graag sien en saamgiggel oor die kaperjolle en gedoentes wat die viervoetiges of geveerdes aanvang. Stuur gerus jou foto, nie kleiner as 1 MB nie, ’n kort beskrywing, die naam van jou lojale vriend (waar van toepassing) en ook jou naam en van na lizette.slabber@volksblad.com by die Upington-kantoor, ilse.watson@volksblad.com by die Kuruman-kantoor of na benneli.vdwalt@volksblad.com.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

OP 16 November word ’n Kersmark by die Tshimo-kwekery aangebied. Dit sal om 09:00 begin. Uitstallers wat stalletjies wil bekom, moet Malinda Roux by 082-876-6802 bel. Stalletjies kos R150.

Sishen-rugbyklub hou 60-jaar-reünie Benneli Olivier Van der Walt DIE afgelope naweek het die Sishen-rugbyklub sy 60-jaar-reünie gevier. Die spoggeleentheid is by die Sishen-golfklub gehou. Manie Kitching, ’n eertydse omroeper van die Ofm-radiostasie, was die seremoniemeester. Hy het die aand se borge en al die betrokkenes vir hul bydraes bedank. Die Sishen-rugbyklub is in 1953 gestig. Die klub het nog altyd goed in GriekwalandWes-rugby gepresteer. In die afgelope dertig jaar het die klub verskeie spelers opgelewer wat vir die Griekwas gekies is. ’n Woordvoerder van die klub sê die klub se visie is om een van die beste klubs in Suid-Afrikaanse klubrugby te word. Die Sishen-rugbyklub is ook nou by die ontwikkeling van agtergeblewenes van die gemeenskap, skole op Kathu en die omliggende gebiede betrokke. Die klub is die Van Druten-ligawenner vir 2013. Die aand se eregaste het ’n hele paar bekende persoonlikhede ingesluit soos Naas Botha wat vir die destydse NoordTransvaal en die Springbokke op losskakel uitgedraf het en deesdae ’n rugbykommentator op SuperSport is. Die voormalige Springbokrugbyspelers Gysie Pienaar en Boeta Wessels, die bokser Kallie Knoetze en die alombekende sportkommentator Hugh Bladen het ook die aand bygewoon. Dewald Dippenaar het die aand se vermaak verskaf. Die reünie het met ’n gholfdag begin waarop lede van die publiek saam met die eregaste kon gholf speel. Op ’n prysuitdelingplegtigheid later die dag is die wenners aangewys. Die aand kon gaste op verskeie rugby-memorabilia bie. Gaste het ná die formele ete die geleentheid gekry om vrae aan die eregaste te stel. Boeta Wessels het gesê klubrugby is belangrik in die Noord-Kaap en dat dit nodig is om terug te ploeg in die gemeenskap. Naas Botha het genoem dat span-afrigters hul spanne moet lei en nie vasgevang raak in ou afrigtingspatrone nie.

DEWALD DIPPENAAR van Kathu het die gaste behoorlik met sy sang betower. Foto’s: Benneli Olivier Van der Walt

23


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 NOVEMBER 2013

Presisieskut maand-sportster Anena Burger TIAAN CRAFFORD (16) van die Hoërskool Martin Oosthuizen is as die Kalahari Bulletin se Supersport Let’s Play-sportster van die maand gekies. Dit is vir sy uitstekende prestasies in atletiek en skiet. Crafford het vanjaar aan twee skietligas, van onderskeidelik die Suid-Afrikaanse Skoleskiet-unie en die Suid-Afrikaanse Luggeweervereniging (SAARA) deelgeneem. Hy het ook sy deel op die atletiekbaan vir sy skool bygedra. Hy het die afgelope seisoen sewe voltalle geskiet en 16 goue, nege silwer- en twee bronsmedaljes gewen. Hy het weer SAARA-kleure en junior Suid-Afrikaanse kleure verwerf. Hy het Suid-Afrika in Junie in die Duitse stede Oldenburg en Suhl verteenwoordig. Hy het die tweede agtereenvolgende jaar ook die trofeë vir beste presisieskut in die NoordKaap in Sassa-skoleskiet verwerf. Crafford is in die Suid-Afrikaanse o.21-presisiespan ingesluit. Hy sê wanneer ’n mens iets doen, moet hy dit voluit doen. “Moet nooit moed opgee nie. Dit is ongelukkig baie werk, maar dit het my lewe baie positief beïnvloed.” “Skiet is ’n baie nederige sport.” Crafford is die laaste sportster van die maand vir die Kalahari Bulletin vir 2013. Die SuperSport Let’s Play-sportster van die jaareerbewys word op 22 November op ’n private geselligheid aangekondig.

KLEIN Brigitte Wessels se kolfwerk was in die kol in die mini­kriekettoernooi. Foto: Verskaf

TIAAN CRAFFORD is as die Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play­sportster van die maand vir Oktober gekies. Foto: Verskaf

Buksies lê die kolf in Anena Burger DIE buksies van die Laerskool Sentraal op Kakamas se grondslagfase het op 24 Oktober ’n vriendskaplike mini-kriekettoernooi aangebied. Die Laerskool Oranje-Suid, ’n buurskool, het kom kolwe swaai dat die stof so staan. Vier spanne van elke skool het deelgeneem. Die wedstryd het egter onbeslis geëindig toe die toernooi deur reën onderbreek is.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.