Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
17 OKTOBER 2013
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Waak oor Noord-Kaap DIE Kalahari word geken vir sy asemrowende en soms vreemde sonsondergange. Hierdie wolk wat voor die sakkende son inbeweeg het, het die illusie van ’n engel bo die NoordKaaphorison geskep. Foto: Anena Burger
Voedsel te min vir 2030 André Botha
BOERE wêreldwyd sal tussen nou en 2030 elke jaar 2% meer voedsel moet produseer om in die toenemende vraag na voedsel te voorsien. Tussen 2030 en 2050 sal produksie moet verdubbel. Die benutting van hernubare energiebronne soos wind- en sonenergie sal in die toekoms ’n groter deel van die landbou-produksiestelsel moet uitmaak, het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, onlangs op Keimoes op ’n landbou-sonenergiedag gesê. Hy sê dit klink onrealisties om te sê die wêreld
sal teen 2050 nie genoeg voedsel kan produseer vir ’n snelgroeiende bevolking en krimpende natuurlike hulpbronne nie. “Dit is egter die werklikheid en daarom is dit nou noodsaaklik om alternatiewe metodes te vind om voedselsekuriteit te bied.” Om dit te vermag is nuwe tegnologie en landboumetodes nodig. “Die verwoestende uitwerking van aardverhitting weens energie-opwekking speel ’n groot rol in die proses en bied eiesoortige uitdagings vir die toekoms. Projeksies dui dat die aarde se temperatuur in die volgende jare met 5,8°C kan styg. Ook op dié gebied is dit
belangrik om antwoorde te vind om die mensdom se oorlewing op aarde te verseker. Die meeste van die bewerkbare grond op ons planeet word reeds beplant en vir landbou gebruik, terwyl 10 miljoen hektaar vrugbare en bewerkbare grond jaarliks deur verstedeliking en permanente droogtes verlore gaan.” Mulder sê sowat 1,5 miljard hektaar landbougrond is oor die wêreld heen onder produksie. Op die wyse waarop nou geproduseer word, moet ’n verdere 1,5 miljoen hektaar gevind word – ’n gebied so groot soos Indië. “Die wêreldbevolking se eise gaan ook groter word soos miljoene
mense daarin gaan slaag om armoede af te skud en deel van die wêreld se groeiende middelklas te word.” Die huidige plafonne op die produksie van kos kan met tegnologie, navorsing en die deel van kennis deur opleiding verskuif word. “Met tegnologie kan die volle potensiaal van plante verder ontsluit word, om meer van minder te kweek, om ons voedselvoorraad te verdubbel en alternatiewe bronne van energie te skep sonder om ons skaars waterbronne uit te put. Ook om die hoeveelheid koolsuurgas wat ons in die atmosfeer loslaat, te verminder.”
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
Upington-lughawe vir sy diens vereer Anena Burger
ESMARALDA BARNES, oudbestuurder van die Upington Internasionale Lughawe en nou bestuurder van die Bram Fischerlughawe in Bloemfon tein, oorhandig die ACIeerbewys aan Nongo Dibete. Foto’s: Anena Burger
DIE Internasionale Lughawe Upington het vanjaar die tweede jaar die eerbewys as beste streeklughawe in Afrika in die kategorie 0 tot 2 miljoen passasiers verower. Die eerbewys is deur die Internasionale Lughaweraad (ACI) vir Diens en Gehalte aan Upington toegeken. Esmaralda Barnes, oudbestuurder van dié lughawe en nou die nuwe bestuurder van die Internasionale Lughawe Bram Fischer in Bloemfontein, het Vrydag die eerbewys, wat sy namens die lughawe op ’n glansgeleentheid in Istanboel op 13 Junie ontvang het, aan die nuwe bestuurder van die lughawe, Nongo Dibete, oorhandig. Sowat 200 lughawens neem sedert 2006 jaarliks wêreldwyd aan die opnames deel. Die Internasionale Lughawe Upington ding op internasionale vlak in ’n groep met lughawens soos Guayaqui in Suid-Amerika, Southampton in Brittanje, Bram Fischer in Bloemfontein en die Internasionale Lughawe Kimberley mee. Die lughawens word met ’n puntetelling van vyf gegradeer. Die opnames word deur die ACI gedoen. Oudits word kwartaalliks op persele uitgevoer. Daarna word die uitslag
NONGO DIBETE is die Upington Internasionale Lughawe se nuwe bestuurder. verwerk en in Switserland deur die ACI geëvalueer. Die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, wat ook die geleentheid bygewoon het, het in haar toespraak gesê: “Ons was
geweldig opgewonde toe ons hoor die lughawe het weer die eerbewys ontvang. Ek is seker die eerbewys sal die personeel aanspoor om selfs nog beter te presteer. “Die eerbewys bewys dat die Internasionale Lughawe Upington ’n reputasie as ’n wêreldklaslughawe opgebou het.” Verder sê Lucas dat die lughawe die potensiaal het om ’n beduidende rol in die uitbreiding en ontwikkeling van die dorp te vertolk. Busi Mabuza, direkteur van die lughawensmaatskappy, het die belangrike rol wat die lughawe wat betref internasionale ondernemings speel wat hulle hier vestig, benadruk. “Elke Oktober tot Maart kom verskeie Duitse motormaatskappye met hul toetsmotors om gehaltetoetse hier te doen. Dit is ’n geweldig belangrike ekonomiese aktiwiteit vir die land en danksy julle (die lughawepersoneel) professionele en uitmuntende diens gebruik die wêreldbekende ondernemings al die laaste 32 jaar ons geriewe,” het Mabuza gesê. Sy sê die lughawe speel ook reeds ’n beduidende rol waar internasionale sonkragmaatskappye tans miljarde rande se sonkragplase oprig. Mabuza sê baie van die sakesektor se passasiers doen nou by die lughawe aan.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
3
NOG ’n toneel wat Ray Chaplin op sy tog met die Oranjerivier langs teëgekom het. Rou riool vorm ’n sliklaag op die rotse in die rivier.
ROU riool loop in die rivier by Petrusville.
Foto’: Ray Chaplin
Pak Oranje vir water Anena Burger RAY CHAPLIN is nie sommer net enige jong man wat die Oranjerivier kom aandurf het nie. Nee, hy het die langste rivier in Suid-Afrika aangedurf om mense bewus te maak van die toestande waarin Suid-Afrika se belangrikste waterbronne verkeer. Chaplin het Maandag op Upington aangekom. Hy onderneem ’n bewusmakingsprojek teen besoedeling en ten gunste van herwinning. Chaplin, ’n Kapenaar, het op 7 April ’n moordende en baanbreker-2 300 km-tog van die oorsprong van die Oranjerivier in Lesotho begin na waar die rivier by Alexanderbaai in die see uitmond. Asof dít nie genoeg is nie, vaar hy alleen met net die nodigste hulpmiddels. Chaplin is op sy reis afhanklik van die goedheid van boere van die omgewing wat langs die rivier boer. Hy gebruik die geleentheid om gemeenskappe langs die Oranjerivier se oewer toe te spreek oor die negatiewe uitwerking van onder meer plastiekbesoedeling op waterbronne en die see. Hy moedig ook leerlinge aan om nie te mors nie en motiveer hulle om afval te herwin. Chaplin sê dit is kommerwekkend om te sien hoeveel dorpe langs die rivier se rioolverwerkingsgeriewe nie werk nie. “Bethulie, Ovistion, Norvalspont en Vanderkloof se rioolbehandelingsgeriewe is onklaar
en pomp rou riool in die rivier,” sê Chaplin. Maar sy reis was tot dusver ook nie sonder ontberings nie. Hy vertel hoe hy sy rug by Vanderkloof in die rivier beseer het. “Ek moes by Vanderkloof oor die klippe klim om weer nog ’n deel van die rivier te bereik. Die besoedeling het ’n laag slym op klippe veroorsaak en my voet het gegly en ek het lelik geval. “Ek het verder geswem, maar my lyf was so seer dat ek by die naaste plaas wat ek kon sien om hulp aangeklop het,” vertel hy. Hy sê dit het hom vyf uur geduur om 7 km af te lê. Gelukkig het die eienaars van die plaas van hom geweet en hom dadelik na Orania gebring. Van hier is hy vir mediese behandeling na Kimberley gebring. Hy is terug Johannesburg toe waar sy dokter gesê het hy moet nege weke uit die water bly om te herstel. Chaplin het in die voorval sy rugwerwel beseer en van sy ribbes gebreek. Sy passie het egter so aan hom gekou dat hy ná vyf weke weer die moordende tog hervat het. “Ek gaan voor Kersfees die toer klaarmaak,” sê hy met sy groot glimlag en entoesiasme. Interessant wat Chaplin oor die watertoestand in Suid-Afrika en ons mariene bewaring weergee, is dat slegs sewe mense in 2012 weens haai-aanvalle dood is, maar duisende haaie is weens rommel, wat oseane deur riviere bereik, dood.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
Paaie al hoe gevaarliker LUIDENS ongeluksverslae dra drank by tot 60% van die sterftes op Suid-Afrikaanse paaie. Die Noord-Kaapse verkeersdepartement bevestig dat dronkbestuur ’n groot probleem in die provinsie is. Hospitale in die Noord-Kaap bevestig ook dat beseerdes wat laataand oor ’n naweek behandel word, weens drankverwante gevalle daar beland. Voorts blyk dit die gesukkel om dronkbestuurders se bloed getoets te kry en die maande lange gesloer daarna om die uitslae te kry maak die bekamping van dié misdaad bykans ’n saak van onmoontlikheid. Dit word vererger deur die hof se vraagtekens oor toetse op ’n blaastoestel. Die statistieke staaf hoe moeilik suksesvolle vervolging is. Daar was in 2012-’13 in Suid-Afrika 71 605 klagte van dronkbestuur, vergeleke met 69 441 die vorige jaar. Van die meer as 70 000 klagte is slegs 12 244 suksesvol vervolg. Maar die oplossing vir dronkbestuur lê by verantwoordelike burgerskap. Besope Suid-Afrikaners agter die stuurwiel is ’n gevaar én skend mede-burgers se reg op lewe. Hulle moet permanent van die pad verwyder word.
Nou lê die feestyd voor. Die paaie is druk besig en mense raak ongeduldig, want hulle wil by hul bestemmings uitkom. Bestuurders wat onder die invloed van drank is, maak dit nog gevaarliker. Daar is ook ’n groot aantal onpadwaardige voertuie op die paaie en oorvol taxi’s. Tydens onlangse patrollies op Noord-Kaapse dorpe het die verkeersdepartement sy hande vol gehad met onpadwaardige voertuie. Boetes is uitgeskryf en voertuie is van die paaie verwyder. Verkeersveiligheidsbeamptes is nie by magte om die nagmerrie op Suid-Afrikaanse paaie in die bek te ruk nie. Hulle veg teen ’n algehele oormag. Dit help ook nie dat daar orals in die land aan die paaie gebou word nie. Die swaar voertuie op ons paaie is ook ’n gevaar. Al hierdie dinge veroorsaak ’n oponthoud en mense raak nog meer ongeduldig. Dit bly die verantwoordelikheid van elke burger van hierdie land om te verseker dat hy/sy ’n veilige bestuurder op ons paaie is. Mense moet tog besef hulle het ’n verantwoordelikheid teenoor hulself, hul mede-landgenote en hul eie gesinne.
Leef nader aan mekaar Ds. André de Villiers
GOD gee om vir mense (Matt. 25:31v). Ons moet dikwels iets afleer voordat ons iets nuuts kan aanleer. Soos baie dinge in die lewe moet ’n mens die geheel sien voordat jy die kleiner deeltjies behoorlik verstaan. Trouens, ’n mens kan selfs met halwe waarhede sit as jy kleiner deeltjies verabsoluteer in plaas daarvan om dit in die groter verband te interpreteer. ’n Belangrike vraag wat ons weer moet ondersoek, is: Oor wie gaan dit in die kerk? Oor God? Oor myself? Oor ander mense? Ja, dit is beslis waar dat God vir ons as gelowiges die middelpunt is. Ons bely elke Sondag dat Hy die Hoof van die kerk is. Maar as ons vir God sou vra wie die belangrikste is, wat sou Hy sê? Matt. 25 sê dat die mense vir Hom baie belangrik is. God is gelukkig wanneer die gemeenskap tussen mense volkome is. Van die skepping plaas God mense in ’n harmonieuse verhouding met Homself, met die natuur en met mekaar. Gen. 2 bevestig dat die mens eers volkome ’n mens word wanneer hy ’n maat kry. ’n Mens is ’n mens in gemeenskap met ander. Die verskillende wette in die Ou Testament beklemtoon dat mense in ’n respekvolle verhouding met mekaar moet leef. In die Nuwe Testament som Jesus die wet op deur te sê dat om God lief te hê en om mense lief te hê gelykstaan aan mekaar. Paulus skryf ook so in Rom. 13:8-10. Hy sê dat as ons ons medemens liefhet, het ons die hele wet uitgevoer. Wat beteken dit vir ons prak-
ties? Dit beteken die kerk is nie ’n versorgingsoord vir geredde mense nie. Dit is ’n plek waar gemeenskap herstel moet word. Waar mense weer herstel moet word in hul verhouding met God en met mekaar. Dit beteken dat ons nie mekaar moet uitsluit nie, maar mekaar moet opsoek. En dit geld vir alle mense, nie net hulle op ons lidmaatlys nie. Ons moet ons oë oopmaak vir dié wat swaarkry in die samelewing. Vir sover ons iets aan die geringstes gedoen het, sê Jesus het ons dit aan Hom gedoen. Die kerk moet die plek wees waar mense ervaar dat hulle liefgehê word, dat daar vir hulle omgegee word, waar hulle versorg voel. Wanneer mense dít ervaar, wek dit ’n Goddelike ervaring by ons op, word dit vir ons makliker om te beleef dat God teenwoordig is. Dan kom aanbidding en danksegging en lofprysing “natuurlik”. Wees dus versigtig om net God, God, God te sê wanneer ons as gelowiges saam is. As ons nie ook medemens, medemens, medemens daarmee saam sê nie, dan het ons ’n ongebalanseerde en skeefgedraaide teologie. Wil jy God beleef? Wil jy naby aan God kom? Kom dan nader aan jou medemens. Leef in opregte meelewing met hom of haar en jy sal ’n geheel nuwe ervaring van menswees ontdek. Jy sal God met nuwe opgewondenheid aanbid.
Rustige Kalaharisonsondergang ’n PRAGTIGE sonsondergang en wolke – een van daardie unieke oomblikke wat die Kalahari so spesiaal maak. Dié foto is op die gholfbaan van Kathu geneem. Foto: Marisce Fleming
Dankie vir bystand NAUDÉ ENGELBRECHT, Bloemfontein: EK is afkomstig van Bloemfontein. Ek is ’n verteenwoordiger van ’n groot binneversieringsmateriaalhuis in die land. Met my besoek aan Kuruman op Woensdag 9 Oktober het ek ’n besoekpunt in Bearestraat gehad. Nadat ek uit my motor die nodige artikels gelaai het, was ek besig om my reeks aan my kliënt te wys.
Ná ’n ruk kom een van die verkoopsvroue en sê daar is by my motor ingebreek. By nadere ondersoek kom ek agter dat die booswigte ’n afstandbeheer gebruik om te keer dat die motor sluit. My handtas met al my kaarte, IDboekie, ensovoorts is al wat vermis is. Dít was op die motor se vloer en bedek met ’n sonskerm. Nadat al die nodige kaarte gestop is, het ek voortgegaan met my be-
kendstelling. Ná alles en teen die tyd wat ek weer moes vertrek, was ek heeltemal verlore met min brandstof en geen akkommodasie nie. Met die hulp van ’n vriendin van die Kalahari wat kontakte op Kuruman het, is ek hartlik ontvang aan huis van Christo en Hester Nel. Ná ’n aand en oggend van groot bederf kon ek die volgende dag al die nodige dinge doen om my weer op die pad te kry. Jammer oor die nare ondervinding en duime op vir die gasvrye mense van Kuruman. Groete tot ’n volgende besoek.
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.
Goue uur tyd om stil te word Anena Burger DIE goue uur in fotografiese terme is die eerste uur van lig nadat die son oor die horison wink en die laaste uur van lig voordat hy ons weer groet. Dit is aangrypende, vlietende, oomblikke van die dag wat ons in moderne tye verleer het om net te geniet. Dit is ’n oomblik om in stil te raak. Te sit en elke detail van die natuur, God se skepping, werklik net met oorgawe in te drink. In hierdie uur praat Hy van sý preekstoel af. As die goue lig oor jou vingers, tone en die klippe in die veld spoel, weet jy God is daar. Dit is die tyd wanneer jy met jou oë luister terwyl die haartjies op jou arms en nek met ’n warm gevoel orent staan.
10/31
11/30
10/29
NNW-21 NNW-21 NNW-13
Hier in die Kalahari is die goue uur besonder mooi. Die horison ontplof met kleur. Indigo, oranje, pers en pienk. Daar is ook bloedrooi sonsondergange. Die teken dat die somer nou met ons is. Miskien is dit ’n uitnodiging na ’n ooreenkoms? ’n Boodskap? Dit is asof die son se laaste strale my sagkens aan my skouer kom pluk en sê: “Kom kyk. Kom kyk net wat het ek hier vir jou. Jou plek is hier.” Kaalvoet, met die gras wat kriewel, kom ek tot stilstand by die wasgoed-
10/32 S-16
10/31 SO-24
draad. Sit die wasgoedpennetjie terug en gaan haal my kamera. Dan gaan sit ek langs die ou boerboel en kyk saam met hom hoe die son se strale agter die wolke in talle koerse inskiet. Asof ’n seën vir ’n goeie oesjaar oor die blok wingerd voor my uitgespreek word en ek alleen die voorreg het om dit te aanskou. Die boerboel trek sy oë toe. Saligheid. En dan kom vat die goue lig aan sy breë kop. Hy sug. Ek kyk op en sien hoe alles gloei, selfs die windpomp neffens die perskeboom wat pas begin bot het. Die middagwind waai, maar sy pla nie, sy troos. Onwillekeurig glimlag ek tot in my hart. Hier, ver in die mooiste ou Kalahari, dit is maar net hier waar ek hoort.
9/30
9/32
9/31
9/30
SO-31
SO-10
SO-5
SW-5
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
Jeug in OVK se visier André Botha TERWYL nog op pres. Jacob Zuma gewag word om die datum vir volgende jaar se verkiesing aan te kondig het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sy veldtog vir die verkiesing bekend gestel. Die verkiesing sal na verwagting in April of Mei 2014 gehou word. Politieke partye in die Noord-Kaap en Vrystaat sal ook binnekort hul veldtogte bekend stel en die eerste verkiesingsplakkate van partye, om kiesers aan te moedig om hulle te registreer, het reeds op lamppale begin verskyn. Opposisiepartye sal na verwagting ook binnekort die sluier lig oor wie hul premierskandidate gaan wees. In die ANC se geval word die kandidate gewoonlik eers nader aan die tyd van die verkiesing aangewys. Die ANC in elke provinsie moet drie name aan die nasionale uitvoerende komitee (NUK) voorlê, wat die finale beslissing maak. Dit beteken Zuma, as president van die ANC, neem die besluit. In die Vrystaat is die premier, Ace Magashule, die waarskynlikste kandidaat, terwyl verskeie name in die Noord-Kaap genoem word. Die eerste registrasienaweek vir kiesers is die naweek van 9 en 10 November. Kiesers wat hulle die eerste keer moet registreer, asook kiesers wat sedert die vorige verkiesing verhuis het, sal hulle dan kan registreer. Een van die teikengroepe vir registrasie sal jong kiesers wees wat hulle nog nie voorheen geregistreer het nie, of nog te jonk was om hulle te registreer. Kommer bestaan dat min jong mense van plan is om te stem. ’n Veldtog vir skoolkinders wat oud genoeg sal wees om te stem wanneer die verkiesing gehou word, is reeds van 1 tot 7 Oktober gehou. Mosotho Moepya, hoofverkiesingsbeampte van die OVK, sê die OVK het ’n “registrasiegaping” onder kwalifiserende kiesers tussen 18 en 29 jaar geïdentifiseer. Die doelwit van die skoleprogram was om dié gaping uit te wis.
Een boom, een bloeityd, een vrugtetyd JY kan al die bloeisels van jou lewensboom in die lentedae van jou jeug
afpluk, maar dan moet jy nie vrugte in die wintertyd van jou ouderdom verwag nie.
En daar is maar één boom, één bloeityd, één vrugtetyd. – C.J. Langenhoven
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
DIE groep van die Laerskool Asmandia, Postmasburg, wat ’n opvoedkundige toer na Durban meegemaak het. Foto: Verskaf
Skool toer na kus GR. 7-LEERLINGE van die Laerskool Asmandia op Postmasburg het ’n opvoedkundige toer na Durban gehad. “Durban: The place to be” was die algemene gevoel onder die leerlinge tydens hul heerlike toer. Dié groep het besienswaardighede soos die Phezule Cultural Village, die Moses Mabhida-stadion, Ushaka Marine World en die Haairaad besoek. Hulle het ook op die Sarie Maraisboot op die see gereis. Verskeie maatskappye het die toer geborg en die hele toer het suksesvol verloop.
How to blacklist your cell phone INFORM your network provider of your loss: Cell C: 140 from Cell C numbers or 084-140 from other cell phone networks. MTN: 173 (prepaid) or 808 (contract) from MTN numbers or 083-1-173 from a landline or other cell phone networks. Vodacom: 111 from a Vodacom number or 082-111 from a landline. You will then receive a reference number (ITC) to prove that your cell phone has been blacklisted. Request that the agent blocks your SIM card to make it un-usable. Report the loss of your cell phone also to your nearest police station by providing the reference number of your black-listed cell phone. The police will then register a case. It is important to bring along the description of your cell phone and the “IMEI” number.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
Wenke vir beveiliging Anena Burger DIE Paballelo-polisiekantoor op Upington vra dat mense die volgende wenke volg om hulself te beveilig. ) Moenie drink en bestuur nie. Reël met iemand wat nugter is om jou huis toe te neem of slaap oor.
) Pas basiese veiligheidsmaatreëls toe teenoor kinders en jeugdiges. Weet ten alle tye waar kinders is en wat hulle doen. Moenie kinders met geld beloon nie, dit plaas hulle in situasies waar hulle drank en dwelms onder groepsdruk koop of daarmee eksperimenteer.
) As u met vakansie gaan, vra bure om ’n ogie oor jou huis te hou of gaan na jou naaste polisiekantoor en sê dat jy weggaan. Die SAPD sal bedags en snags in die woonbuurt patrollies doen en kyk dat u eiendom veilig is. ) As u ’n vreemde mens in ’n woonbuurt sien, laat weet die polisie sodat hulle bewus kan wees van die gevare wat mag ontstaan. As u weet van gesoekte persone in sake by die SAPD aangemeld, lig dadelik die polisie in.
Trap in jou spoor in kuberruim Fanie van Rooyen
The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast track their career. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM), is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world. We offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape
Boilermaker Mamatwan Mine
Ref: 762985 In this role, you will safely develop, cut, fabricate, assemble, weld and maintain metal components and structures at the OPP plant and mining area. As a minimum, you need an N2, Boilermaker/Plater Trade Test Certificate and 3 years’ experience in a mining or similar environment. OPP, Sinter and DMS plant experience as well as knowledge of SAP would be advantageous. A Code 08 driver’s licence is essential, along with good interpersonal, problem-solving and decision-making skills. You should be medically fit for the position. Please forward you’re CV (max 3 pages) to: ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com quoting the relevant reference.
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by
Applications close 25 October 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
www.humanjobs.co.za
AL is jy hóé paraat oor aanlyn-veiligheid en die deel van jou private inligting op die internet kan kubermisdadigers jou steeds teiken as jy nie voortdurend op jou hoede is nie. Só sê prof. Marthie Grobler, ’n kuberveiligheidskenner van die WNNR, oor die verskeie maniere waarop kubermisdadigers lakse veiligheidsmaatreëls deur gebruikers van webtuistes en sosialemedianetwerke soos Facebook en Twitter uitbuit. Oktober is Internasionale Kuberveiligheidsmaand en kenners van die WNNR se afdeling vir vrede, veiligheid en sekuriteit (DPSS) meen kuberkrakers en seksmisdadigers raak al hoe gesofistikeerder om die internet vir hul misdade te gebruik. “Mense doen steeds eenvoudige goed soos om hul huisadresse, ID-nommers, selfoonnommers, ensovoorts, op sosiale media of webtuistes te deel. Hoekom weet ek nie. “Maar selfs al is jy uiters versigtig met jou inligting en doen jy alles reg, kan jy steeds geteiken word,” het Grobler gesê. Sy het as voorbeeld genoem hoe kuberkrakers dit vroeër vanjaar reggekry het om toegang tot ’n databasis van fakture van duisende Johannesburgse inwoners op die stadsraad se webtuiste te kry. “Daarop is natuurlik elke inwoner se adres, kredietkaartnommers, ID-nommers en alles. Die inwoners self het niks verkeerds gedoen nie. Dít is hoe belangrik kuberveiligheid is.” Sy het gesê kuberkrakers kry dit dikwels reg om veral by mense se polisse en pensioenfondse “in te breek”, omdat mense nie gereeld seker maak hul geld in dié beleggings is nog veilig nie. “Mense moet so min as moontlik persoonlike inligting aanlyn beskikbaar stel en moet hul profiele, bankrekenings en polisse gereeld nagaan om seker te maak alles lyk soos dit moet.” Aubrey Labuschagne, ’n tegnologienavorser van die WNNR wat in sosiale media spesialiseer, het gesê mense moet uiters versigtig wees om met vreemdelinge op die internet bevriend te raak. “Misdadigers gebruik dikwels mense se Facebook-profiele om uit te vind van watter rolprente of boeke hulle hou en wat hul belangstellings is. Hulle doen dit om stelselmatig ’n vertrouensverhouding op te bou wat hulle dan kan uitbuit om vir geld-oorbetalings te vra of gebruikers vir seksmisdade uit te lok.” Dit word ’n sosialemanipuleringsaanval (social engineering attack) genoem, het sy gesê. Verwant aan dié soort aanval is ’n sogenaamde identiesetweeling-aanval wat behels dat iemand jou Facebook-foto’s en inligting gebruik om ’n gedupliseerde profiel op te stel waar hulle kan maak asof hulle jy is om jou Facebook-vriende uit te lok of vir geld te vra. “Wat deesdae ook volop is, is sogenaamde kuberboelies wat suggestiewe of vernederende foto’s wat mense op Facebook of Twitter laai, te gebruik om mense mee af te pers. Mense moet in geen omstandighede suggestiewe of naakfoto’s van hulself op die internet laai nie.” Dit kom volgens hom daarop neer dat jy nie inligting moet deel wat enigeen teen jou sal kan gebruik nie en dat jy, soos in die lewe self, jou sosialemedia-vriende versigtig moet kies.
Human Communications 103602
www.kalaharibulletin.co.za
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
9
Kruiper se mense het nuwe hoop Anena Burger DIT is ’n jaar sedert die !Khomani-san (of Boesmans soos hulle verkies om genoem te word) se legendariese leier, Dawid Kruiper, gesterf en dié stam dwalend en verdwaas agtergelaat het. Oor die jaar is dié groepie op ’n lang dorspad met min vet tsammas vir ’n bietjie uitkoms, maar daar is hoop op ’n beter toekoms vir die weeskinders van Oupa Dawid. ’n Magstryd tussen die Kruipers en die Vaalboois oor wie nou, ná Oupa Dawid se dood, die tradisionele leier van die stam is, en ’n hofsaak teen die departement van grondsake, het die druk soms ondraaglik gemaak. Dit is geen geheim nie dat armoede en maatskaplik-ekonomiese probleme soos alkoholisme en gesinsgeweld dié eens vryswerwendes aan bande lê. Apartheid en modernisering het sy tol geëis, maar die !Khomani-San is nie ’n volk wat nét oor die verlede tob nie. Daar is ook ander aangeleenthede soos waterprobleme, basiese dienste, behuising en hoe om vooruitstrewend te boer. Hulle stoei voort, probeer oorleef én die beste maak van ’n slegte saak met min hulpbronne tot hul beskikking en te midde van Westerse kritiek “dat die Boesmans nie wil werk nie”. Daar is die vraag oor die erkenning en die verteenwoordiging van die Khoi en San in die parlement wat nou blyk ’n realiteit te word. Een van Oupa Dawid se groot drome: erkenning vir sy mense. Sedert die !Khomani-san in 1999 40 000 ha grond in ’n geskiedkundige grondeis teruggekry het, was hul probleme geensins oor nie. Inteendeel, daar was groter uitdagings en hoër berge om teen uit te steier waarteen dié swak of algeheel ongeskoolde volk nie opgewasse was nie. Wanbesteding en swak besluite oor hul geldsake, uit pure onkunde, het by tye amper veroorsaak dat hulle deur uitbuiters, selfs uit eie geledere, weer van hul grond, wild en voertuie verloor het. Nou, ná Oupa Dawid se dood en ’n suksesvolle hofsaak teen die departement van grondsake, is ’n nuwe, jonger geslag egter aan die opstaan. Gereed en hard aan die werk om uit die foute van hul voorgangers te leer, trots hul tradisies aan te neem, uit te leef en die oorbrugging tussen die ou weë en die moderne wêreld ’n simbiotiese doelwit te maak. Die Boesmans is so deel van die SuidAfrikaanse kultuur soos melktert en wildsvleispasteie, maar wat ons eintlik van dié “klein” mensies weet, is niks meer as wat ons uit skoolhandboeke geleer het nie. Tog is dit die mense by wie ons die meeste kan leer oor die behoud van Suid-Afrika se wonderlike dog sensitiewe natuurskoon, maar ook hoe om menslik te wees en weer vir mekaar te lag en mekaar selfs te vergewe. Hul kennis en verhouding met die omgewing en plante vir medisinale gebruik is van onskatbare waarde en word ál meer in farmaseutiese en mediese kringe erken. Ooreenkoms onderteken Om die omvang van die situasie van die hedendaagse Boesman te verstaan moet ’n mens na 21 Maart 1999 terugkyk toe oud-president Thabo Mbeki en sy afgevaardiges met ’n vliegtuig op die Koopan kom land het. By die Molopo Lodge het Oupa Dawid ’n ooreenkoms onderteken waar 40 000 ha Kalahari-grond – 25 000 ha daarvan deel van die Kgalagadi-oorgrenspark – aan die Khomani-San teruggegee is. Die Khomani-San het vruggebruik van die grond in die park en volle erfenisregte. ’n Gemeenskapseiendomsforum moes oornag begin word om die sake van die !Khomani-San en hul grond te bestuur. ’n Resep om op ’n chaos af te stuur. In 2004 het Oupa Dawid uit die Kalahari na die Kaap geryloop om Mbeki te gaan spreek. Net om met beloftes dat Mbeki hom in die Kalahari sou kom spreek, weggewys te word. En daar het Oupa Dawid op die duine gewag, maar Mbeki het nie gekom nie. By die Molopo Lodge gesels ’n nuwe geslag van die Boesmanraad oor die lewe sedert 21 Maart 1999. “Ek onthou daardie dag só goed. Ons was nog op skool. Man, ons het onse oë brand gekyk vir wanneer daai vliegtuie moes kom. Ek kon nie glo hoe al daai blink karre in daai klein vliegtuigie (in die lug) kon inpas nie,” sê Dirk Pienaar, ’n !KhomaniSan-toerisme-entrepreneur en lid van die Boesmanraad. Pienaar, Vinkie van der Westhuizen, Barbara Raats en Helena (Luce) Steenkamp is almal lede van die Boesmanraad. Die werk wat dié vier verrig, word nie noodwendig gewaardeer nie, maar hulle hou aan en druk deur. Volgens Van der Westhuizen hoop die raad dat ’n nuwe, verantwoordelike gemeen-
JOHN KRUIPER, opvolger en seun van Oupa Dawid Kruiper, sê dit gaan beter met hulle. Elkeen van Oupa Dawid se kinders is ’n taak opgelê wat hulle ná sy dood uitvoer. Foto: Anena Burger skapseiendomsforum voor die einde van die jaar gekies sal word. Sy sê die forum is in 2003 onder administrasie geplaas. Die departement van grondsake het ’n administrateur aangestel om saam met gemeenskapslede op grondvlak te werk om hul sake te hanteer. “Dié mens is vroeg in 2011 weg en ons forum het stilgestaan. Ná die hofsaak het ons nou besluit hier moet iets op die grond gedoen word, want alles staan stil. “Die departement het nou mense gestuur om ons te kom leer hoe om die forum reg te kies. Maar dit is ’n hele struktuur wat hier moet kom, nie net die forum nie. Vroeër jare was dit so, maar ons het ’n administrateur, ’n plaasbestuurder en ’n implementeringsbeampte nodig. “Ons woel nou met die hele proses,” sê sy. Volgens Van der Westhuizen sal dié stappe hulle die plase vir die !Khomani-san reg help kry. Pienaar, Van der Westhuizen, Steenkamp en Raats maak dit ook duidelik daar is nie in dié stadium ’n tradisionele leier vir die !Khomani-san nie. “Die leier sal éérs aangewys word nadat die nuwe forum verkies is en daar was nog nooit so ’n ding soos geërfde leierskap by die Boesmans nie. In Boesman-tradisie was die beste jagter die leier van die groep, maar omdat jy nie altyd die grootste bok kon skiet nie, het die leierskap natuurlik gewissel. “En vandag werk leierskap ook anders, omdat daar natuurlik nie meer gejag kan word nie,” sê Pienaar toe hy op nog een van die tradisionele aspekte wys wat teen die moderne lewenswyse opweeg. Natuurbewaring Pienaar het vroeër die maand die COP11beraad in Windhoek, Namibië, bygewoon en die belangrikheid van die rol van die !Khomani-san se kennis oor natuurbewaring benadruk. Op die beraad is ook waardevolle besprekings gevoer oor die volhoubare ontwikkeling van inheemse gemeenskappe soos die !Khomani-san. Die Boesmanraad fokus nou sterk op die ontwikkeling van toerisme en werk met ’n plan. “Ons re-introduce eintlik toerisme, want die eerste vlak van toerisme was chaoties en dit het eintlik toeriste weggejaag. Die alkoholprobleem was groot en die diens was nie professioneel nie. So, wat ons nou probeer doen, is om toer-operateurs te nooi om die experience te kry en dan ons dienste aan die internasionale mark te verkoop. Ons moes leer hoe die verskillende markets werk,” sê Pienaar. In ’n grot in ’n tak van die Kurumanrivier luister almal aandagtig wanneer Pienaar die geskiedenis van die omgewing uitlê. Hy wys ook hoekom materiale vir die bou van die behuisingsprojek uit die Kalahari self moet kom. “Die grotte was as tronkselle gebruik om
die Boesmangevangenes in die Nama-Duitsoorlog in aan te hou. Kyk hier, die selle is met sand en sediment uit die omgewing
gepleister en dit is steeds sterk,” sê hy. Pienaar sê hulle het boukundiges en spesialiste genader om hulle met advies by te staan. “Dit is belangrik dat die behuising moet aanpas, eko-vriendelik wees en in pas met die tradisies. Ons gaan nie weer net doen nie, ons gaan dinge reg doen,” sê hy vasberade. “Ons kan nie soos die Aborigines (van Australië) die res van ons lewe bakhand staan en net wil geld ontvang nie. Ons moet create. Dit is jou eie kultuur, wees trots daarop en werk saam daaraan.” Op Andriesvale raak die mense kwaai as jy probeer om foto’s te neem. ’n Groepie van hulle staan met hul donkiekar onder ’n pragtige kameeldoringboom en skel na ons kant toe. “Die mense verstaan nie die ding met die media nie. Hulle dink jy maak geld uit hulle uit,” sê ’n skugter Helena. “Die mense wil nie as freaks uitgebeeld word nie,” las Dirk by. Ons ry oor die duin op die plaas Witdraai na John Kruiper en Ou Let, sy suster. Met groot glimlagge en drukke word ons begroet. “Ons het jou dam lank laas gesien, nè?” sê-groet Ou Let. “Kyk, hier is my kleine kind,” sê sy en wys na Katriena Kruiper met wie sy swanger was ten tyde van haar pa se dood. Ons sit op die koel sand en gesels. John so vriendelik soos altyd. “Nee, julle se vroue is mos sterker as onse mans. Ons is mos die linkerhand en julle die regterhand. Ken jy daaise storie?” vra hy met ’n gruwelike glimlag. “Neeeeee, dan sal ek jou nie dit vertelle nie,” sê hy nou laggend terwyl hy die hoenderhaan, wat luidkeels saam wil gesels, verjaag. “Nee, dit gaan beter. Pa het vir ons elkeen ’n opdrag gegee om ná sy dood te doen. Toppie is nou deurentyd by !Xaus Lodge. Hy drink nie meer nie,” sê John. “!Xaus in die park is vir ons ’n ontvlugting,” sê Ou Let. “Dit gaan goed met ons,” sê sy met ’n glimlag wat haar vir lank ontbreek het.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
SKAPIESEBOOM. Aan die kant van die boom waar Skapie doodge skiet is, het die boom gevrek. Aan die ander kant groei die boom steeds.
Foto’s: Anena Burger
DIRK PIENAAR staan voor die Kapteinboom, waar Skapie, die Boesmanrebel, deur Duitse soldate gedurende die Nama Duitsoorlog gevangene geneem is.
Skapie leef hier voort DIRK PIENAAR en Luce Steenkamp van die Boesmanraad by Skapie seboom. Hier wys Pienaar hoe groot Skapie was en waar die koeëlgate steeds in die boom sit waar Skapie tereggestel is.
Anena Burger DIE Kalahari is nie net asemrowend oor sy pragtige natuurskoon en sprankelende sterrehemel nie. Die Kalahari is ook in besit van ’n skatkis vol stories en legendes waarvan die meeste van ons nog nie eens gehoor het nie. Om die kampvure op Andriesvale word die stories nog van mond tot oor van geslag tot geslag oorgedra. Maar dié storie van Skapie, die Boesmanrebel, is weliswaar nie net ’n wolhaarstorie nie. Daar is immers bewyse van sy bestaan wat twee baie unieke kameeldoringbome deur hul stam en bas vertel. Op die plaas Witdraai, in ’n ou loop van die Kurumanrivier, toring ’n kameeldoring penorent uit die grond en strek na die hemele. ’n Mens sien hom sommer van ver af. Volgens Dirk Pienaar, toerisme-entrepreneur, lid van die Boesmanraad en kenner van die Kalahari se ryke geskiedenis, is die boom se regop statuur vreeslik vreemd én laat dit argeoloë kopkrap. “ ’n Kameeldoring groei nie so regop nie. Daar is altyd ’n vertakking in die boom. Hierdie is die enigste boom wat so regop groei,” sê Pienaar. En dit is ook dan waar sy storie oor die held, legende en rebel, Skapie, begin. By die Kapteinboom, die lang regop
boom wat ver bo al die ander uitstaan. “Skapie was ’n klein boesmantjie. Gedurende die Nama-Duits-oorlog het hy vir die Duitsers gewerk,” sê hy. “Maar Skapie was met die Boesmans van die Kalahari en die Namas van Namibië bevriend. Bedags het hy saam met die Duitsers getrek en saans wanneer hulle laer trek en uitspan, het Skapie soos ’n klein seuntjie rigting na die Boesmans gevat en hulle gewaarsku: ‘Die Duitsers trek oos, trek julle in ’n ander rigting.’ Dan het hy van daar na die Namas gehardloop om hulle ook te waarsku. “Vir ’n hele paar maande kon Skapie die Duitsers weghou van die Boesmans en die Namas af,” vertel Pienaar. Hy sê die hoofrede hoekom die Duitsers jaggemaak het op dié stamme is in Patricia Glyn se boek What Dawid knew bekend gemaak. “Die Duitsers was soldate uit ’n ver land, weg van hul eie mense. So hul teikens was kinders en vroue. “Hul hele idee was om die Kalahari te koloniseer. Kinders wou hulle as soldate en werkers maak groot. Dit het natuurlik toe nie so gebeur nie, want die stamme het aanhoudend van hulle weggevlug,” vertel Pienaar. Skapie is egter deur die Duitsers as ’n spioen uitgevang. Hy was ’n verraaier en hulle het begin jag maak op hom. Hulle het hom ingejaag in dié gedeelte van die Kalahari (vandag An-
driesvale). Skapie het sy laaste krag gehou bymekaar om die Boesmans te kom waarsku.” Terwyl die Boesmans inderhaas probeer vlug het, het die gevreesde Duitsers te perd begin inbeweeg. Van die Boesmanvroue het uit skuilings gesien waar Skapie teen die ou Kapteinboom rus. “Hulle het hom net daar opgetel. Hy was móég. Hy het hom byna dood gehardloop. Die Duitsers het hom vasgebind, op ’n perd gelaai en na hierdie boom gebring,” vertel Pienaar later by ’n kameeldoring sowat ’n kilometer weg en reg in lyn met die Kapteinboom. “Hier het hulle hom toe teen dié boom kom vasmaak en doodgeskiet,” en hy wys na die vyf koeëlgate wat vandag nog in die stam van Skapie-seboom sigbaar is . So is dit dan ook ironies dat Skapiese-boom, aan die kant waar Skapie doodgeskiet is, heeltemal gevrek het, maar die ander stam groei nog en begin al geel te bot. Pienaar is egter nie liggelowig nie en skryf die verskynsel daaraan toe dat die lood van die koeëls, wat heel moontlik nog in die stam sit, die boom kon vergiftig het. Hoe dit ook al sy, een ding is seker, Skapie se legende bly voortleef in die stam van ’n boom wat soos letters opgeskryf is in die blaaie van ’n geskiedenisboek.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
AO. ARRIE PADMAKER (regs) en konst. Bon gani Oliphant (links) het dit vreeslik geniet om te kom bal skop. Foto: Verskaf
SAPD geniet program
OP 21 September het die sektorbestuurders van die Pabalello-polisiekantoor, ao. Corriana Kruger en ao. Marina Brewis, ’n onvergeetlike dag beleef waar hulle weer vir ’n wyle kon kind wees. Hulle het by ’n geïntegreerde program saam met die departement van sport, kuns en kultuur ingeskakel en bal geskop, springkasteel gespring, musiek gespeel, huis-huis gespeel en verskeie ander bordspeletjies aangepak. Brewis sê: “Wat so lekker was, is toe ons ons oë uitvee, het die SAPD van Pabalello, wat op patrolliediens in die omgewing was, seker ook die gees en opwinding gevoel en by ons aangesluit om ook bal te skop.”
Gestremde verkrag Anena Burger DIE polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinder- en seksueelverwante misdrywe ondersoek twee klagte van verkragting. Dít is nadat ’n 19-jarige gestremde meisie op 28 September in New Heaven, Pabalello, na bewering verkrag is. Volgens ao. Marina Brewis, woordvoerder vir die Pabalello-polisiekantoor, is dié meisie, wat op pad na haar ouerhuis was, deur Bongani Welcome Napakade (29) genader. “Hy het haar gevra om saam met hom te gaan om sy skottelgoed te was. “Toe hul by die woning kom, was daar geensins sprake daarvan nie,” sê Brewis. Napakade het die meisie toe vermoedelik verkrag. Volgens Brewis het die meisie se suster na haar begin soek. “Sy het navraag in die omgewing gedoen en is na Napakade se huis verwys. “Toe die sy by sy huis opdaag, het sy gesien wat gebeur het en dadelik die polisie in kennis gestel,” sê Brewis. Sy sê die 19-jarige meisie is vir mediese behandeling en daarna na die Baponang-sentrum vir berading geneem. Brewis sê die verdagte het weggehardloop, maar na ’n intense ondersoek en met die samewerking van die gemeenskap is Nakapade deur die polisie in hegtenis geneem. Hy het op 11 Oktober in die hof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel en word deur sers. Cornelia Prins ondersoek. In nóg ’n geval is ’n 38-jarige vrou van Pabalello na bewering in die vroeë oggendure van 6 Oktober verkrag. Volgens Brewis het sy geslaap toe ’n oortreder deur ’n oop venster toegang tot haar huis gekry het. “Sy het wakker geskrik toe die man teen haar wil met haar gemeenskap gehad het,” sê Brewis. Die verdagte het opgespring en weggehardloop, maar die vrou het hom geken en hy is kort ná die aanmelding van die voorval in hegtenis geneem. Die verdagte, Richard Charles (30), het op 11 Oktober in die hof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Dit word deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinder- en seksueelverwante misdryf ondersoek. Die ondersoekbeampte is ao. Marius Struwig.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
Hoog en droog DIE Kalahari het nie net interessante mense en landskap pe nie, maar ook net sulke interessante plaashekke of ingan ge soos die ou tjorre tjie van die plaas Sandvlei tussen Ka kamas en Pofadder. Foto: Anena Burger
JANO BARNARD
Foto: Verskaf
Jano wen met sy fotoreeks DIE Afrikaans-ekspo word jaarliks vir hoërskoolleerlinge aangebied. Die ekspo bestaan uit 11 afdelings waaraan die leerlinge deelneem: poësie, verskillende skryfwerk, musiek en liriek, strokiesprente en visuele voorstelling van teks, ensomeer. Vanjaar het 82 skole aan die kompetisie deelgeneem. Die Afrikaans-ekspo word deur universiteite, Media24 en kultuurinstansies soos Die Voortrekkers en die Dameskring aangebied. Jano Barnard se fotoreeks is die nasionale wenner in die kategorie Visuele voorstelling van tekste. In dié afdeling kon leerlinge foto’s en fotoreekse inskryf. Jano se fotoreeks was ’n voorstelling van geskiedkundige geboue in Bloemfontein. Die tema was Afrikaans. Barnard en sy ouers sal op 12
Oktober die nasionale uitstalling en prysuitdelingsgeleentheid by die Universiteit van Pretoria (UP) bywoon. Nege leerlinge van die Hoërskool Duineveld het hulle vanjaar ingeskryf met altesaam 13 projekte. Die hoofbeoordelaar was Ulricke Brits. Die projekte word eers plaaslik beoordeel. Daarna volg die provinsiale kompetisie. Vanjaar is sewe projekte vir die nasionale beoordeling goedgekeur. Helet van den Berg van die Dameskring Upington het die Afrikaans-ekspo sewe jaar gelede aan Upington se skole bekendgestel. Sy gaan op 24 Oktober namens die Dameskring ’n eerbewys aan Jano op die ATKV se Toneel-enkultuurafsluitingspiekniek oorhandig.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
13
VERLEDE week het die Banavroeëkindontwikkelingsentrum ’n kul tuurdag gehou. Die kinders het verskillende kulture van die wêreld ver teenwoordig. Almal het aan die einde van die verrigtinge ’n eg SuidAfri kaanse ete van pap, sous en wors ontvang. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Militêre veterane vergader DIE Militêre Veteranebeweging van die Noord-Kaap hou Sondag om 10:00 ’n massavergadering by die Danie Kuys-stadion op Upington. Alle oud-stryders en soldate word gevra om teenwoordig te wees. Die saak rondom voordele vir veterane sal bespreek word. Bel vir Matteus Mowers by 074-995-9782, Bernard Cloete by 079-158-0884 of Hans Springbok by 084-867-6150 vir meer inligting.
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
M. Moolman/ H.J. Eilerd
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
HONDA 1.3: 5-SPOED, 1985. In puik toestand. Net 62 000 km. Moet gesien word. Skakel 083 772 2316.
SLAGLAMMERS te koop teen R48/kg. Geslag, opgesaag en verpak volgens voorkeur. ( 078 144 4808 of 082 342 1680. Kuruman. VENTER-SLEEPWA (6 vt) te koop. Dumpy Level-kop te koop. Skakel 082 752 1600.
AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.
PRAGTIGE, OPREGTE JACK RUSSELL-hondjies te koop. R300 elk. Kortbeen en korthaar. Beskikbaar teen 25 Okt. Skakel 073 677 3941/083 383 8376.
053 712 1961 053 712 2068
DIE NUTSMAN: Herstelwerk in en om die huis. Wasmasjiene, stowe, staalwerk, loodgieterswerk elektries, ens. 082 752 1600 / 079 036 0339. DIENSTE Diens van voertuie Wegry van ysters Diere veilings toe vervoer Werk op plaas Werk in huise Werk van vleis Plaagbeheer 'Oordoen' van gewere Wegry van boumateriaal Skakel my: 072 061 6772.
Voertuig te koop: 320i(A)BMW 1992.R35 000.117 000 kry.Skakel 054 338 0340
FORD 1000-trekker te koop: R22 000 o.n.k.a. Kort aandag. Skakel Michelle 053 712 1014.
COLUMBIA-9-10-08-KB-LH
Columbia Carpets/ Blinds
NOTICE OF SALE IN EXECUTION
Veritas Eiendomme ONS BENODIG 'N PERSOON om verkoopsagentskap in Kuruman te bestuur: 5,5 dae per week, vir 2 - 3 maande met opsie om agentskap daarna oor te neem. VEREISTES: Ouer as 30 jaar, onmiddellik beskikbaar. Matriek of gelyke kwalifikasie. Rekenaarvaardig. Verkoopservaring sal 'n voordeel wees. Salaris onderhandelbaar. Kort CV na: louis@orono.co.za Enige verdere navrae: 083 259 6533.
KIA PREGIO 2.5 DIESEL, 2005, 12-seater bus, R40 000. Tel. 053 712 0603/9. VEILING 18/10/2013 OM 10:00 BY VERKEERS- DEPARTEMENT, KURUMAN Opel Corsa, 2009. Isuzu truck, 1994. Isuzu truck , 1986. Toyota Tipper truck, 1986. Isuzu refuse truck, 1985. Nissan refuse truck, 1989. Toyota Tanker truck. Isuzu KB LDV, 1986. Isuzu KB LDV, 1988. Isuzu KB LDV, 1990. Toyota Corolla, 1975. Opel Corsa, 2003. Nissan Tanker truck, 1989. LDV V185, 2002. Isuzu KB LDV, 2001. Motor vehicle Tipper. Nissan 1400 bakkie, 1992. Isuzu 19985, 1981. Sanitation truck, 1977. Toyota Tipper Truck, 1986. ANDER GOEDERE: Kantoortoerusting. Skakel Jaco 082 893 3624.
V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20.
1 X 2-SLAAPKAMERHUIS te huur, 1 woonstel te huur. Skakel 082 752 1600.
Verskeie eiendomme te koop: Skakel Elize 083 383 8372 TE HUUR: SKAKEL JUANITA 078 159 7426 E-mail: veritaskuruman @gmail.com H84: 3 slk, 2 badk, enkelm/h. R11 000 p.m. H39: 3 slk, 2 badk, enkelm/h. R8 500 p.m. H63: Mothibistadt: 3 slk, 2 badk, e/m/h. R7 500 p.m. H110: Industriële erf en kantoor. R33 000 p.m. H50: 2-slk-woonstel. R6 500 p.m. H33: 3 slk, 2 badk, dubbelm/h. R16 500 p.m. H80: 3-slk-/2-badk met 1-slk-woonstel. R16 500 p.m. TE KOOP: 329: Hoewe met 4-slk-huis en 2 store. R3,4 miljoen.
Dringend op soek na huise te koop of te huur.
Besoek gerus ons webtuiste www. veritaseiendomme .co.za Vir enige eiendomsbehoeftes, skakel ons gerus.
‘Ons help graag.’
RiNico COMPUTERKIDS benodig die dienste van 'n verkieslik gekwalifiseerde onderwyser/es of 'n persoon wat lief is om met kinders te werk om rekenaarklasse vir kinders te gee in Kuruman en 1 keer per week in Black Rock. VEREISTE: Rekenaarvaardig en eie vervoer. Persoon moet so gou moontlik kan begin. Skakel Johan Erasmus 082 928 8247 of faks na 086 585 8174 of e-pos u CV na: rinico@mweb.co.za
C.A.J. van der Linde
TE HUUR - KURUMAN 3-slk-huis en 1-slkwoonstel. JY KAN onderverhuur. R12 000. 3-slk-meenthuis vanaf R11 000. TO LET - KURUMAN 3-bedr home and 1bedr flat. SUBLETTING permitted. R12 000. 3-bedroom townhouses from R11 000
Call Susan 082 423 6311 KANTORE TE HUUR: Prokmed Sentrum, Kuruman. Skakel Phillip 083 287 7377 of 079 548 5000.
EEN-SLAAPKAMERwoonstel te huur. Loop-afstand vanaf dorp. Skakel 083 539 2122 of 082 334 9438. GROOT GEMEUBILEERDE 'bachelor'-woonstel beskikbaar. Sentraal geleë, R3 800 p.m. met krag ingesluit. Skakel 084 800 7779. Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583
CHEV: D/C. 2-deur-bakkie sonder enjin en ratkas, 1960model. Mags. R15 000. Skakel 072 061 6772.
HONDA XR500 - Vir parte of om te herbou - R500 SUZUKI DR500 - vir parte of om te herbou - R500. Skakel 053-712 0603/9.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
MISA/Top Car Panelbeaters
KURUMAN Huis te koop: Kuruman 3 slk, 2 badk, oopplan sit/eetk, 1 m/h. R990 000. Skakel Annetjie 076 395 9422 of 053 712 0487
In die boedel van wyle Christiaan Abraham Jacobus van der Linde, identiteitsnommer 530103 5005 088 en nagelate gade Maria Aletta van der Linde, geboortedatum 19/04/1953, van Dalgettystraat 1, Olifantshoek 8450. Boedelnommer: 2509/2013 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 18 Oktober 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460 J. OLIVIER
In die boedel van wyle Judy Olivier, identiteitsnommer 470105 0107 084 van Cowburnstraat 40, Kuruman. Boedelnommer: 2508/2013 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 18 Oktober 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460 J. Ortman In the estate of the late Jan Ortman, identity number 220104 5188 085, and next of kin Mrs Hemia Shakera Muhammad, of 7B Fiskaal Street, Wrenchville. Estate number: 453/2013 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 17 October 2013. VAN NOORDWYK ATTORNEYS PO Box 1952 5 Duiker Avenue Kuruman 8460 admin@nvnoordwyk.co.za J.H.F. Lourens In die boedel van wyle Johannes Hugo Francois Lourens, identiteitsnommer 290110 5042 085, oorlede op 28 April 2013, woonagtig te Kleinbos, Postmasburg. Boedelnommer: 1566/2013 Krediteure en debiteure in die bogenoemde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 dae vanaf datum van verskyning van hierdie advertensie. GEMAGTIGDE M. COETZEE Posbus 33 Postmasburg Tel. 053 313 1201.
Atlantic Seafood/ JJ Bester t/a Value Chicks
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die Distrik Kuruman gehou op Kuruman. Saaknommer: 1068/2012 In die saak tussen: ATLANTIC SEAFOOD DISTRIBUTORS Eiser en JMJ BESTER T/A VALUE CHICKS Identiteitsnommer onbekend Verweerder Ingevolge 'n vonnis gelewer op 2013/03/20, in die Kuruman Landdroshof en 'n lasbrief van eksekusie daarna uitgereik, word die eiendom hieronder beskryf, in eksekusie verkoop op 1 November 2013 om 09:30 by die Balju-kantore, Skoolstraat, Kuruman aan die hoogste bieër, met geen reserweprys. 1 grootskerm Panasonic TV - R3 000 2 houtsitkamerstoele - R200 1 houtbank - R400 1 'pool'-tafel - R2 000 1 houtkoffietafel - R400 1 opgestopte sitkamerstel: 2 tweesitplekbanke en 1 stoel - R1 000 1 LG-grootskerm TV R3 000. Die voorgenoemde geregtelike verkoping sal onderhewig wees aan die voorwaardes van verkoping wat geïnspekteer kan word by die BALJUKANTORE in SKOOLSTRAAT, KURUMAN 8460. Geteken op Kuruman op 11 Oktober 2013. JORDAAN &MANS Eiser se Prokureur Bearestraat 26, Kuruman 8460. Posbus 27, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091 Faks 053 712 1093 Docex 1, Kuruman VERW: DUT19/0001/AP Adres van eksekusieskuldenaars: Frylinck straat 12, Kuruman 8460.
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik van Kuruman gehou te Kuruman. Saaknommer: 77/2013 In die saak tussen: MEV. MAGDA MOOLMAN Eiser en MNR. HENDRIK JACOBUS EILERD Identiteitsnommer 671231 5017 081 Verweerder Ingevolge 'n vonnis gelewer op 2013/04/15, in die Kuruman Landdrohof en 'n lasbrief van eksekusie daarna uitgereik, word die eiendom hieronder beskryf in eksekusie verkoop op 1 November 2013 om 09:30 te BALJUKANTORE, SKOOLSTRAAT, KURUMAN, aan die hoogste bieër, met geen reserweprys. Toyota Dyna, registrasienommer: BKY 296 NC, R8 000. Die voorgenoemde geregtelike verkoping sal onderhewig wees aan die voorwaardes van verkoping wat geïnspekteer kan word by die BALJUKANTORE te SKOOLSTRAAT, KURUMAN 8460. Geteken te Kuruman op hierdie 11de dag van Oktober 2013. JORDAAN & MANS Prokureur vir Eiser Bearestraat 26, Kuruman 8460. Posbus 27, Kuruman 8460. Tel. 053 712 1091 Faks 053 712 1093 Docex 1, Kuruman VERW: LEG20/0001/AP Adres van Eksekusieskuldenaars: Reservoirstraat 2, Wrenchville, Kuruman 8460.
In the Labour Court of South Africa held at Johannesburg Case number: MINT 33663 A In the case between: MISA o.b.o. RHYNO MARAIS Execution Creditor and CHRISTO FAMILY TRUST T/A TOP CAR PANELBEATERS KURUMAN Execution Debtor PURSUANT to an award granted by the Dispute Resolution Council of the Motor Industry and duly certified by a commissioner of the CCMA in terms of Section 143 of the Labou Relations Act, Act 66 of 1995 the undermentioned goods will be sold at 15:00 on 1 November 2013 by public auction to be held at Top Car Panelbeaters, 4 Industrial Road, Kuruman 8460, by the Sheriff for the High Court, Kuruman to the highest bidder for cash, namely: Nissan 1400 - Registration No. CDP 996 NC 2 x 2 lifts Signed at Johannesburg on the 8th day of October 2013. MISA HEAD OFFICE 201 MISA Centre, 12 Fir Drive, Northcliff, Ext 2, Johannesburg 2195. Tel. 011 476 3920 Fax 011 678 4537
WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
15
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
BETREKKINGS
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
DIE Laerskool Blaauwskop se seuns én meisiehokkiespan het hulle vanjaar bewys as spanne om mee rekening te hou. Die spanne is nou albei tweede in hul liga. Die spanne het 22 wedstryde gespeel waarvan hulle sewe gewen, nege gelykop gespeel en ses verloor het. Albert Heijn en die Karstenboerdery het die spanlede se droom verwesenlik deur hul klere te borg en Sansie Wessels het hul hokkiestokke verskaf. Foto: Verskaf
DIE Van der Rystgesin is van links, voor: Janse (junior), Jacobie en Janse (senior); agter: Johan en Frances. Foto: Verskaf
’n Gulde geleentheid JANSE VAN DER RYST, skakelbeampte en sportorganiseerder by die Hoërskool Upington, is as die hoof van rugby by die Jeppe High School for Boys in Johannesburg aangestel. Dit is ’n tree op die pad van Van der Ryst se drome om by sport op ’n hoër vlak betrokke te wees. ’n Deel van sy verantwoordelikheid sal skakeling met universiteite, asook die goue Leeus se rugby-unie, behels. Terwyl hy soveel paaie vir leerlinge in Uppieland verlig het en gedoen het wat hom na aan die hart lê, het ander raakgesien wat hulle by die Hoërskool Upington al lankal weet: Hy is ’n besonderse mens, ’n uitstekende afrigter en ’n passievolle motiveerder wat met sy ankers vasgeketting aan sy Skepper leef. Hy het die Hoërskool Upington ongeveer 20 jaar gelede deur sy broer, Dappie van der Ryst, leer ken en het van die begin af ’n positiewe indruk van die skool gehad. Toe die geleentheid hom in 2010 voordoen om na die Hoerskool Upington te kom, het hy dit aangegryp. Volgens Van der Ryst was sy grootste doelwit by die skool om die ware Uppie-hart aan die wêreld ten toon te stel. Hy wou wys dat die Hoërskool Upington oorloop van liefde, deernis en passie vir kinders. As skakelbeampte en sportorganiseerder by die Hoërskool Upington het hy ervaar dat die skool staan vir uitnemendheid, akademie-
se integriteit en ’n liefdevolle waardegedrewe omgewing. Hoewel die Hoërskool Upington ’n groot bate verloor, is die strukture wat Van der Ryst hier agterlaat, stewig en onwrikbaar in die skool se tradisies geanker. Hy was die dryfkrag agter groot projekte by die skool insluitende ’n krieketfees vir hoer- en laerskole, ’n wintersportfees en ’n jaarlikse leierskapseminaar. Hierdie projekte sal in bekwame hande voortgaan. Dat Van der Ryst nou by Gautengse rugby betrokke raak, asook sport by universiteite, maak deure vir sport by Uppies oop wat andersins nie daar sou wees nie. Só skep hy weer geleenthede vir die Hoërskool Upington om sport op ’n hoër vlak te ervaar. Hy sal steeds op ’n konsultasiegrondslag by die skool betrokke wees. Die Hoërskool Upington het reeds maande gelede begin met planne wat ’n heel nuwe dimensie in sport en skakeling gaan inlei. Die Hoërskool Upington wens Van der Ryst en sy gesin die beste toe. Van der Ryst laat ’n leemte, maar sy nuwe uitdagings en ondervindings sal nie gemeet kan word nie. Van der Ryst se wens vir die Hoërskool Upington is dat elke ouerhuis kan ervaar wat hy en sy gesin by die Hoërskool Upington ervaar het: gelukkige kinders wat op ’n positiewe manier hul potensiaal bereik en ’n rustige ouerhuis wat weet dat kinders in veilige, liefdevolle en bekwame hande is.
19
DIE Duinevelddorpspan het Saterdag teen die Appexkrieketklub gespeel. Duineveld het die wedstryd met 61 lopies gewen. Noël Jansen het 79 lopies aangeteken en SJ Becker 45 lopies. Noël Jansen het ook vier paaltjies vir 36 lopies laat kantel. Hier is van links, voor: Coenie Lam precht, Venco Kruger, Riaan Badenhorst en Cobus van Niekerk; agter: André Roux, JC Lieben berg, Dutoit Visser, JayD van Zyl, SJ Becker, Ulrich Richter en Noel Jansen.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
Klein gimnas inspireer
Riana (8) het al talle medaljes op kompetisies verower RIANA OBERHOLZER (8) van die Laerskool Kakamas Sentraal is aangewys as September se SuperSport Let’s Playsportster van die Maand vir die Kalahari Bulletin. Hierdie meisie is ’n talentvolle gimnas. Riana het haar gimnastiekloopbaan op die ouderdom van slegs vyf jaar begin. Sy het hard gewerk om van ’n vlakeen- tot vlaktwee-gimnas te vorder. Riana is sedert 2012 deel van die Noord-Kaap-span en het in vanjaar se kompetisie ’n eerste plek en goue medalje losgeslaan. In 2012 het sy aan die Central Zone in Centurion deelgeneem en ’n 11de plek uit 53 gimnaste behaal. Ook hier het sy ’n goue medalje verower. In 2013 het sy hier ’n vyfde plek uit 29 gimnaste behaal en met ’n platinum-medalje weggestap. Sy was een van vyf gimnaste wat die eer be-
haal het. Sy is trots om ’n ambassadeur vir haar skool te wees en is die enigste leerling van die Laerskool Kakamas Sentraal wat gimnastiek beoefen. Sy hoop om ander leerlinge te inspireer om ook haar voorbeeld te volg om aan gimnastiek of enige ander sport deel te neem waarin hulle kan presteer of wat hulle interesseer. Sy glo om suksesvol te wees moet jy hard oefen en in jouself glo. Stuur jou sportster-benoeming vir skoolleerlinge tussen die ouderdomme van 6 en 18 vandag nog in. (Benoemings wat voor die 20ste van elke maand ontvang word, sal by daardie maand se keuses ingesluit word). E-pos jou benoeming na supersport@zpr.co.za of faks dit na 086-552-4922. Vir verdere inligting bel asseblief vir Lynne of Juanré by ZPR by 051-522-9574.
RIANA OBERHOLZER (8) is as September se SuperSport Let’s Playsportster van die Maand vir die Kalahari Bulletin gekies. Foto: verskaf
Vir meer foto’s en nuus besoek www.kalaharibulletin.co.za