Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
19 SEPTEMBER 2013
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
’n TONEEL uit Die Les, die Hoër skool Martin Oosthuizen se tiener toneelproduksie. Die Les is een van die tien landswye finaliste van die ATKVtienertoneelkompetisie wat in die Septembervakansie op Aardklop gaan optree. Van links is Charl Koortzen en Jeandre Janse van Nieuwenhuizen, die twee hoof spelers in Die Les. Foto: Verskaf
GRATIS
HMO doen dit weer
Op Aardklop te sien Lizette slabber DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas se tienertoneelproduksie, Die Les, is onder die toptien-produksies wat in die September-vakansie aan die nasionale ATKV-tienertoneelkompetisie se eindronde op Aardklop gaan deelneem. Uit meer as 160 inskrywings is slegs tien produksies gekies om aan die eindronde deel te neem. Vanjaar is dit HMO se sesde keer in nege jaar dat hulle gekies is om op Aardklop deel te neem. Die Les is deur Eugene Ionesco geskryf en is uit Frans vertaal. Die Les is in die absurdeteaterstyl geskryf en só deur HMO aangebied. Volgens Johann Nel, bekende TV-, radio- en verhoogpersoonlikheid wat die toneel beoordeel het, is absurde teater iets wat maklik ’n groot flater kan wees. “Maar dié kinders van Barnie Mans (regisseur) het presies geweet waaroor Die Les gaan. Hulle het begrip vir elke woord wat hulle sê en is nie net marionette wat doen wat hul onderwyser sê nie.” Volgens Nel het die dekorstel ook bygedra om die produksie só uitsonderlik te maak.
“Elke stukkie ontwerp is nie net gedoen vir effek nie. Dit lig die teks toe en maak die teks meer verstaanbaar vir die gehoor. Die inkleding was uitsonderlik.” Nel sê die sukses van Die Les kan toegeskryf word aan “ ’n besondere onderwyser wat op ’n besondere wyse met sy kinders werk”. “In Die Les kan ’n mens sien Mans het ’n spesifieke prentjie in sy kop en die kinders is mal oor hom, want hy is mal oor hulle.” Nel sê verder dat dit duidelik is in Die Les hoeveel toewyding en werk Mans én die kinders in die produksie gestort het. Die Les en sy twee hoofspelers, Charl Koortzen en Jeandre Janse van Nieuwenhuizen, het al 20 goue toekennings die afgelope seisoen vir beste akteur, beste ondersteunende akteur, tegnies, ontwerp, inkleding, kostuums, grimering, klankbaan en beligting ontvang. Mans is op die Namakwalandfees as beste regisseur van die fees aangewys en op die Logantoneelfees is Die Les as beste produksie van die fees aangewys en het die Beoordelaarstrofee vir artistieke ontwerp ontvang. Die Les kan op 24 September om 14:00 en op 23 September om 16:30 by Aardklop gesien word.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Oogsorg hier verbeter Lizette Slabber
VAN links is Magdalena Mostert, Angelina Jacobs en Colleen Ramaneella. Foto: Lizette Slabber
Geld broodnodig vir haar oog Lizette Slabber SANMARIE JACOBS (9), ’n meisie van Rosedale, het hulp nodig om ’n prostetiese oog te kry. Die Independent Civic Organization of South Africa (Icosa) samel geld in om haar te help. Volgens Angelina Jacobs, haar ma, het die oog van geboorte af al probleme verskaf. ’n Wit vlekkie het op die oog verskyn en ál groter ge-
word. In Kimberley het hulle toetse laat doen. Hulle moes hoor die oog is al tydens ontwikkeling beskadig. Sanmarie het geweldig pyn verduur en moes gereeld opvolgondersoeke kry totdat die oog verwyder is. Van toe af moet die oog daagliks skoongemaak word. ’n Prostese sal ongeveer R15 000 kos. Mense wat geld wil skenk, kan Colleen Ramaneella by 082-351-4094 kontak.
1/16
-1/20
3/27
SW-15
SO-5
NO-10
DIE laaste kataraktoer wat in die Gordonia-hospitaal gaan plaasvind, is dié naweek gehou. Die oogkliniek se verskuiwing na die Dr. Harry Surtie-hospitaal is juis uitgestel sodat dié kataraktoer ongeveer 50 pasiënte se sig kon herstel. Dokters van Kimberley en Bloemfontein is met die hulp van die departement van gesondheid, die Lions en African Vision na Upington gebring om die agterstand van bykans 3 000 katarakpasiënte uit te wis. Dit is egter nie die laaste kataraktoer wat in die omgewing sal plaasvind nie. Daar word beoog om dié groep dokters meer gereeld na Upington te bring en om meer as net katarakoperasies te laat uitvoer. Danksy een projek kan pasiënte brille teen net R100 bekom. Die oogkliniek beskik ook nou oor ’n oftalmologiese spesialis wat oog- en siftingstoetse doen en sal ’n permanente oftalmoloog aanstel vir operasies.
TANNIE ANNA BOER (103) is die oudste pasiënt wat ’n katarakoperasie ondergaan het. Hier is sy saam met Neo Sebolai, een van die oftalmologie se verpleegkundiges. Foto’s: Lizette Slabber
DIE lede van die span wat die dokters bystaan wat katarakoperasies uitvoer, is van links Louise Oberholster (Lions), Moosa Salamaan (African Vision), Lorraine Bosch (oftalmologiese verpleegkundige), Neo Sebolai (of talmologiese verpleegkundige), Katrina Maasdorp, Maretha le Roux (departement van gesondheid), Cynthia Niewenhuizen en Mariana Loots (departement van gesondheid).
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
3
DIE prooireste wat onder die nes gevind is. Arende vreet aas en daarom word grondeienaars gevra om nie gif uit te plaas wat tot die dood van roofvoëls kan lei nie.
VAN links is Coenie Farmer, Llewellen Philander en Jan Cuperus met een van die witkruisarendkuikens.Foto’s:
Verskaf
Witkruisarendkuikens gering TWEE witkruisarendkuikens wat in neste op selfoonmaste naby Upington grootword, is deur die Trust vir Bedreigde Natuurlewe gering. Jan Cuperus, Coenie Farmer en Llewellen Philander van Upington het die kuikens van die selfoonmaste afgebring sodat Ronelle Visagie van die trust die kuikens kon ring. Dit is die tiende jaar dat Farmer kuikens op selfoonmaste gaan afhaal sodat hulle gering kan word. Hy werk op 95 maste in die Upington-gebied en het ondanks baie sterk wind teen die maste uitgeklim om die kuikens af te haal. Witkruisarende is ’n beskermde spesie en mense wat dié voëls ring, moet opleiding daarvoor ondergaan
en in besit van die nodige permitte wees om arende te kan hanteer. Witkruisarende broei in baie hoë bome, op hoë kranse en op baie hoë mensgemaakte strukture soos kommunikasietorings. Hulle bly vir jare in dieselfde gebied en gebruik dieselfde nes oor en oor. Hulle voeg net jaarliks stokke by. Witkruisarende lê net twee eiers, maar maak slegs een kuiken groot omdat die ouer kuiken die jonger kuiken binne drie dae ná geboorte doodmaak. Hulle is baie goeie ouers en sal nie hul kuiken in die steek laat of weggooi nadat dit in kontak met mense was tydens die ringproses nie.
Arende word met metaalringe met ’n unieke nommer daarop gering. Die doel is om die beweging van die voëls te bepaal en uit te vind hoe oud die voëls word. Alle ringaktiwiteite in Suidelike Afrika word deur Safring by die Universiteit van Kaapstad gekoördineer. Indien iemand ’n dooie voël vind of selfs net ’n voëlring kry, kan dit by safring@adu.org.za aangemeld word. Rig verdere navrae oor roofvoëls aan André Botha van die roofvoëlprogram van die Trust vir Bedreigde Natuurlewe by andreb@ewt.org.za of skakel hom by 011-372-3600.
DIE witkruisarendnes hoog in die selfoonmas.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Pasiënte sal self besluit DIE koerante is deesdae vol berigte van mense wat beweer hulle is van kanker (en ander siektes) genees deur van holistiese of alternatiewe behandelingsmetodes gebruik te maak. Maar is dit regtig waar of vertel hulle vir ons (en dalk hulself) leuens? Onlangs is iemand met rumatoïde artritis gediagnoseer. Die behandeling is ingewikkeld en die tydperk wat dit sou duur om enigsins beter te voel is lank. Iemand beveel toe aan dat die pasiënt die siekte op ’n holistiese manier aanpak, want, sê hulle: “Ons is genees daarvan”. Die betrokke pasiënt het egter, ’n wyse besluit geneem en die opsie van holistiese behandeling met die dokter bespreek. Só word daar uitgevind dat die dokter se behandelings (wat chemoterapie insluit) die siekte heeltemal kan stop. Daar is aan die pasiënt verduidelik sy sou in remissie gaan. Sou sy kies om holistiese behandelings te volg sou sy binne ’n kort tyd in ’n rolstoel wees. En dan was die situasie nie meer te redde nie.
Dít is finaal. Luidens die onlangse berigte in verskeie koerante betaal pasiënte astronomiese bedrae vir holistiese behandelings. Gewoonlik word die behandelings nie deur siekefondse gedek nie. Hoekom doen mense dit dan? Daar is dan juis intensiewe navorsing wat gedoen is en voortdurend gedoen word om elke moontlike siekte te kan beveg. Hoekom sal enigeen holistiese behandeling oorweeg? Miskien verkies pasiënte holistiese behandeling omdat chemoterapie ’n mens so siek maak, of miskien omdat dit ’n vinniger oplossing vir die siekte meebring. Maar die vraag is, gaan die holistiese behandeling op die lang duur doeltreffend wees of gaan die pasiënt weer siek word? Dit sal seker vir ewig ’n kwessie bly – holistiese behandeling of mediese behandeling. Sekerlik kan net die pasiënt die gewigtige besluite neem. Wat ook al die besluit, pasiënte moet hul navorsing doen en alle moontlikhede moet baie deeglik oorweeg word.
Don’t forget who and what you must be Chris van Staden TO bless or to curse. You will never amount to anything, you are stupid, you are dumb, he will never understand he is just too stupid, it is your fault that your mom and I are divorcing, if you would not have been born we would not be in this position. You might have heard this and much worse that have been said to children and for the most part we as peers or parents do not have an idea what the outcome of these words will be in the lives of those it has been spoken. This is the tragedy of our modern world: We forget who and what we are supposed to be, we that have been placed in a position of authority in the lives of children and others are agents that have the task to confirm their identity as to who God say they are. In doing that we become agents of blessing that confirms their identity as to be good enough end special. Unfortunately we so often become the agent of Satan when we say stuff over the lives of others that do not confirm the identity God has given them but
Rustige Kalahari HIERDIE pragtige natuurfoto wat eie is aan die Kalahari is naby Askham geneem.
Total Prestige is tops! MURIEL STEENKAMP, Upington: EK wil graag my dank uitspreek vir die diens wat ek gereeld by Total Prestige se Upington-tak ontvang. Dit is voorwaar ’n plesier om daar te stop en die ywerigheid van die mense te beleef. Ek het onlangs ’n groot probleem met my motor gehad. Ek het weer daar gestop sodat hulle die probleem kon oplos. My batteryliggie het gebrand en ek het hulle daaroor gevra. Hulle het dadelik na die batterywater gekyk. Alles was reg. Die liggie het egter steeds gebrand. Daarna het een van die mans wat daar werk, gesien dat die waaierband aan stukke was.
Foto: Riaan Britz
Waardeer hulp DUPIE DU PLESSIS, Kuruman: Hy het my gerus gestel en gesê dat daar geen rede tot kommer is nie. Hulle sal gou die probleem regstel. Ek het hulpeloos gesit en wag dat een van die mans die band gaan haal. ’n Man met die naam Morné het geensins gehuiwer om te help nie en het die band met moeite opgesit. Hy het my op my gemak gestel en verseker dat alles gou sal regkom. Binne ’n paar minute was ek aan die gang en weer op die pad. Ek wil graag vir Morné bedank vir sy passie waarmee hy sy werk doen en vir sy omgee vir die publiek. My dankbaarheid kan nie in woorde omskryf word nie. Ek sal vir seker weer daar stop om van hul dienste gebruik te maak.
it confirms what Satan wants to say about them. Is it not true that children and even grownups become what are said about them. One of the reasons we will be an agent that curses is that we tend to fuse together identity and behavior so we speak over that person according to his behavior and not according to what his identity is. Now God is the One that wants to bless everyone and when He looks at the human race He does not see a bad identity, just bad behavior. As agents we are called to confirm the identity of our children as a blessing and not to curse their identity by agreeing with what Satan wants to say about your children and others. Are you an agent of blessing or are you an agent that curses the identity of your children and others? ) Pastor Chris van Staden is a minister at the Kuruman Christian Church.
MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.
tuinmaakboeke en -tydskrifte. Kennis is mag en ek sal met boekekennis my swart vingers smaraggroen maak. Ek het die winter al die harde tuinuitleg soos die van die paadjies gedoen en ’n braaiplek laat
bou en daarna saad gesaai, plante geplant, steggies gemaak en irisse verdeel. Die saad het fantasties opgekom en ’n magdom kleur aan die tuin verskaf. Die steggies lyk ’n bietjie verlep, maar ek hoop . . . Van al die plante wat ek geplant het, is nog net ses agapanthusse en een gaura dood. Hierop is ek werklik trots, want my tuinierbuurvrou het so ses jaar gelede langs my in my tuin gestaan en staar na drie dooie gauras en gesê: “Ek het was seker nie eens
GOD het my gekies om hierdie moeilike pad te stap. Op dié pad het Hy ongelooflike mense gestuur om my te help. Dankie aan Alexa en Hulde wat drie keer met my Rosepark en Vryburg toe gery het tydens en ná my operasies. Dankie ook aan dr. Troskie en die verpleegpersoneel van Rosepark. Ook aan my familie en vriende wat van ver af kom kuier het en my help versorg het. Dankie, vriende en vriendinne, vir besoeke, oproepe, blomme, etes, SMS’e en gebede. Dit is vir my ’n riem onder die hart dat so baie mense vir my bid. Saam met hulle glo ek dat, met die hulp en krag van Bo, ek volkome sal herstel. Elke dag ontvang ek krag en genade uit God se hand, en het ek baie om voor dankbaar te wees. Ek sien dit raak en waardeer dit.
Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarin standpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet die skrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwys wat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer vir publikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.
Hande in die hare oor hand met ’n plant Lizette Slabber EK het beslis nie ’n hand met ’n plant nie, of het nie “groen vingers” nie, soos algemeen gepraat word; eerder pikswart. Die meeste van die plante wat ek al in my lewe geplant het, het ek binne ses maande “vermoor”. Maar ek het verlede jaar al besluit ek gaan hard daaraan werk om ’n mooi tuin te hê. Ek is mal oor mooi tuine en wil ook een hê. Sedertdien verslind ek alle
jy kan ’n gaura doodmaak nie.” My irisse is egter my trots. Ek het die verdeelde plante as geskenk gekry en langs my braaiplek geplant. In my toekomsvisie sal dit voel asof jy in ’n blomtuin sit elke keer as jy by ons kom braai. Van klein, sukkelende plantjies het trotse plante herrys en elke keer wanneer ons braai, droom ek van al die kleure irisse wat my braaiplek gaan verfraai. Sondag ná ons middagslapie
loop my man rek-rek deur toe en spring weg in ’n vaart met ’n nie só ’n mooi woord nie wat agterna trek. Ek hardloop saam uit en sien hoe die irisbedding se deklaag lekker brand van die braai se kole wat daarin gewaai het. Ná vele emmers water en my irisse wat in sulke sieklike groen hopies lê, draai my man na my en sê: “Ten minste het jy nie meer swart vingers nie, maar rooies. “Dít is darem nader aan groen.”
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
5
Skanskopeiland vier 75 jaar Lizette Slabber
DIE naweek van 13 en 14 September het die inwoners van Skanskopeiland die 75ste bestaansjaar van dié eiland gevier en só dankie gesê aan die pioniers wat die eiland met harde hande-arbeid ontwikkel het. Op Vrydag 13 September is ’n aangename program vir die plaaswerkers en gesinne van Skanskopeiland aangebied waarna die Saterdag opsy gesit is vir lekker saamkuier deur die inwoners, oudinwoners en nageslagte van die oorspronklike pioniers. Die lekker saamkuier het gelei tot ’n vragmotor- en waentjierit na die Blaasbalkbome waar ’n gedenksteen onthul is voordat almal ’n eilandtoer onderneem het. Dié Blaasbalk het ’n groot rol in die geskiedenis van Skanskopeiland. Die eerste 64 pioniers wat hulle op Skanskopeiland gevestig het, het op 3 Januarie 1938 onder die twee groot kameeldoringbome waar die grofsmid, Marthiens Erasmus, se opelug-werkwinkel was, hul eerste genotuleerde vergadering gehou. Die bome staan vandag nog as die Blaasbalkbome bekend. Skanskopeiland is in die 1930’s ontwikkel as ’n manier om die Armblankevraagstuk aan te pak. Suid-Afrika het in dié jare ’n erge ekonomiese depressie ervaar en vele ontwikkelings is rondom die Oranjerivier getakel om die armoede, werkloosheid en probleme van die tyd aan te pak. Volgens die boek Skans-
kopeiland 1938-2013, saamgestel deur Karen Visser, is die Rooikopeiland-kanaal tussen 1935 en 1936 versterk en verbeter om só ook water aan Skanskopeiland te verskaf. In Visser se boek skryf sy erwe is in 1937 in die Staatskoerant vir tussen 53 en 152 pond verkoop en die koopsom was terugbetaalbaar oor 25 jaar. Die nedersetters moes self die erf aanlê, onderhou, besproeiingswerk vestig en die landbougrond gelykmaak. Aansoekers is volgens betroubaarheid, bereidwilligheid om te werk, geesdrif en selfstandige denke gekeur en elke aansoeker moes ’n span donkies hê. In die boek vertel Hannie Venter haar pa, Dawid Kruger, het 180 km per fiets van Boegoeberg af gery om die grond te besigtig en aansoek om ’n erf te doen. Met die trek na Skanskopeiland het haar pa sy vragmotorenjin verkoop en ’n span donkies gekoop. Hy het die bak van die vragmotor in ’n wa omgeskep om al die huisraad, die hoenderhok, sy familie en die kajuitgedeelte van die vragmotor te vervoer. Hannie en haar suster moes die bokke aanjaag. Volgens die boek het die meeste gesinne in opslaanhuisies of riethuise gebly, terwyl ander slegs sakskuilings gehad het. Die bou van kanale het aanvanklik alle aandag geverg omdat dit ’n belangrike deel van die voorbereiding vir landbouproduksie was. Die nedersetters het niks anders as osse, muile of donkies, pikke en grawe, bakskrapers en plankskrapers en
60 arbeiders wat deur die departement van arbeid voorsien is, gehad nie. Dit was rugbreekwerk om die kanaal te grawe, want op sommige erwe het die !khommklipbanke die werk feitlik onmoontlik gemaak. Dié kanale is teen Augustus 1939 voltooi. Met die kanale klaar, is die erwe deur spoelwerk en sleepwerk vir beplanting voorberei. In haar boek vertel Visser: “In die aand het die mans vinnig en in stilte geëet, hul gelaatstrekke stroef van ’n inherente moegheid. Daar is vroeg in die bed gekruip, want teen skemermôre was dit weer invaltyd. Tog het die pioniers elke dag in volle afhanklikheid van die Skepper geleef”. Mettertyd is wisselbou geleidelik met wingerde vervang en het die harde werk van die pioniers vooruitgang en sukses vir die grondeienaars gebring. In die voorwoord van die gedenkblad sê Charl du Plessis, voorsitter van die Skanskopeiland-nedersettingsbestuursraad, die geskiedenis van Skanskopeiland is ’n erfenis vir die volgende geslag wat moet weet waar hulle vandaan kom, want dit is juis die geheue wat van ons mense maak. ) Skanskopeiland strek ongeveer 8 km van oos na wes tussen die hoofstroom en ’n systroom van die Oranjerivier. Dit beslaan ’n besproeibare oppervlak van 468 ha. Hy kry vermoedelik sy naam van die klipkop Skanskop op die plaas Koms suid van Skanskopeiland.
TANNIE ELLA VISSER en oom Hannes Smit sny die spesiale koek wat gebak is om Skanskopei land se 75ste bestaansjaar mee te vier. Tannie Ella en oom Hannes is die oudste inwoners van Skanskopeiland. Foto: Lizette Slabber
OOM JAPIE POOL en tannie Joey Booysen onthul die gedenksteen onder die Blaasbalkbome. Oom Japie en tannie Joey was die eerste seun en meisie wat op die eiland gebore is. Foto: Verskaf
Vereniging help NK-talentvolles
OLGA MALAN van Upington is in Augustus deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Talent, Modelwerk en Vermaak (South African Association of Talent, Modelling and Entertainment – S.A.A.T.M.E.) as sy Noord-Kaapse direkteur aangestel. Dié vereniging, wat reeds sedert 1997 bestaan, beywer hom vir die ontwikkeling van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. Malan beplan dat Noord-Kapenaars voortaan die geleentheid sal hê om te deel in al die geleenthede wat deur die S.A.A.T.M.E. daargestel word. Verskeie kompetisies en kampioenskapsbyeenkomste word aangebied om aan skoonhede en uitvoe-
rende kunstenaars van alle ouderdomme ’n manier te bied om hul talente ten toon te stel en hul vaardighede te ontwikkel. Die eerste kompetisie wat aangebied word, is die gekombineerde Little Miss Petite South Africa- en Little Miss South Africa-kompetisie. Die kompetisie word aangebied vir meisies in die ouderdomsgroepe 4 tot 8 jaar en 9 tot 12 jaar. Dit is nie net ’n skoonheidskompetisie nie, maar is daarop gemik om natuurlike, spontane, energieke jong meisies wat met selfvertroue voor ’n gehoor kan optree, te identifiseer. Inskrywings sluit op 30 September. Die Suid-Afrikaanse Kampioen-
skappe vir Uitvoerende Kunste word in April op Rustenburg aangebied. Die geleentheid bied ’n manier vir alle modelle, sangers, akteurs, dansers en musikante van 5 jaar en ouer om in ’n wye verskeidenheid van style mee te ding. ’n Provinsiale span sal vir die Noord-Kaap op twee oudisie-geleenthede gekies word. Die eerste geleentheid sal op 30 November op Upington gehou word en die tweede geleentheid op 18 Januarie 2014 in Kimberley. Die span wat tydens die oudisies gekies word, sal dan op Rustenburg gaan meeding om medaljes en eerbewyse in die onderskeie afdelings en ouderdomsgroepe.
Inskrywing sluit twee weke voor elke streeksuitdunronde. Die S.A.A.T.M.E. bied ook ’n Spelling Bee-kompetisie aan. Leerlinge tussen 7 en 18 jaar oud wat by ’n staatskool, private skool of tuisonderriginstansie geregistreer is, kan hulle vir die Spelling Beekompetisie inskryf. Prysgeld van R50 000, sowel as verskeie beurse, is op die spel. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Maart 2014. Nog twee skoonheidskompetisies, die Miss T.E.E.N.- en die Miss PreTeen-kompetisie, word ook jaarliks deur die S.A.A.T.M.E. aangebied. Rig navrae aan olgamalan@gmail.com, of bel haar tussen 09:00 en 14:00 by 082-973-1731.
OLGA MALAN
Foto: Verskaf
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Hasies voer Rooikappie met ’n kinkel op Lizette Slabber
DIE Hasie Kalbassie-klassie van die Hoërskool Oranje-Noord het op Donderdag 12 September sy jaar-
likse konsert en diplomaplegtigheid aangebied. Al die klein hasies van dié voorskoolse klassie gaan almal volgende jaar na gr. O.
DIE seremoniemeesters, Evan Janse van Rensburg (links) en Drihan Venter, het die mammas en pappas baie mooi welkom geheet op die groot aand. Foto’s: Lizette Slabber
Hulle het die bekende verhaal van Rooikappie en Wolf met ’n paar skreeusnaakse kinkels, liedjies en gediggies vir al die trotse mammas en pappas
DIE nare ou wolf, Evan Janse van Rensburg, het vir arme ouma, Nicke van Rooyen, uit die bed geskop, haar kappie gesteel en wag nou om vir Rooikappie op te eet.
DIE twee houtkappers Siya Mosimanegape (links) en Luan Olivier moes saam met die ander dopper houtkappers vir Rooikappie en haar ouma teen die nare wolf beskerm.
DIE onderwyser van die Hasie Kalbassieklas, Elsabé Coetzee, saam met die wolf, Evan Janse van Rensburg, en die hasies. Die hasies is van links, voor: Corné van der Westhuizen, Geoffrey Kotzé en Dun can Geldenhuys; agter: Jean Burger, Reinhardt Jordaan en Drihan Venter.
opgevoer. Selfs die seremoniemeesters van die aand was bekkige kleingoed wat omtrent op die verhoog geskitter het.
Elsabé Coetzee, onderwyser van die Hasie Kalbassie-klassie, het met die hulp van die gr. O-onderwysers werklik ’n aand om te onthou aangebied.
“EN . . . daar was drie op die bed.” Reinhardt Jordaan sing uit volle bors saam met die an der hasies.
DIÉ by, Christo Louwrens, en dié blommetjie, Maria Spangenberg, sing grootmond saam met die ander kleingoed hul skoollied.
“MOET my nie seermaak nie, ek belowe ek sal ’n vegetariër word.” Evan Janse van Rensburg, die wolf, smeek vir sy lewe aan die einde van die konsert. Die houtkappers is van links Francois Rossouw, WJ Boshoff en Luan Olivier.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Exciting News!
We are opening a New Store, with a Wide Range of Groceries and Fresh Food.
Opens 26 Sept 2013
Check your leaet or go online from 25 September to view Our Amazing Store Opening Deals!
KATHU VILLAGE KATHU VILLAGE MALL
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Voortrekkers voltooi kursus Ilse Watson
DIE VOORTREKKERS van Kathu het verlede Vrydag ’n verdere les in landskap-fotografie gehad. Die lesse is
deur Susan Myburgh, ’n professionele fotograaf van Kathu, aangebied. Dié Voortrekkers doen ’n fotografie-kenteken as deel van hul opleiding.
Al Die Voortrekkers wat aan die sessie deelgeneem het, is tussen 15 en 17 jaar oud. Die les is op die pragtige Sishen-gholfbaan aangebied.
’n PRAGTIGE landskapfoto van die Kalahari.
SURITA VAN DER MERWE soek die perfekte foto.
Foto: Carla Mostert
Foto: Verskaf
DIE Kalahari is bekend vir sy ongelooflike sonsondergange. Hier is ’n pragtige voorbeeld daarvan. Foto: Marisce Fleming
DIT was hul laaste les en Die Voortrekkers was omtrent vrolik. Van links is Jannes Fleming, Monsoné Kernekamp, Marisce Fleming, Reghart Hager, Magiel van der Merwe, Surita van der Merwe, Xanri Prinsloo en Carla Mostert. Foto: Hugo Myburgh
’n UITSTEKENDE voorbeeld van ’n perfekte landskapfoto – alle elemente in die foto is gebalan seerd. Foto: Susan Myburgh
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Exciting News!
We are opening a New Store, with a Wide Range of Groceries and Fresh Food.
Opens 26 Sept 2013
Check your leaet or go online from 25 September to view Our Amazing Store Opening Deals!
UPINGTON
KALAHARI MALL
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Skool kry Bybels Ilse Watson GROOT was die opwinding by die Laerskool Lime Acres toe Torrietjie Elliot en haar span verlede week Bybels by die skool uitgedeel het. Die skool se hoof, Leodhene Appolis, het leerlinge van dié skool aangemoedig om by die spesiale projek, Koop ’n Bybel – Borg ’n Bybel, betrokke te
raak. Leerlinge moes geld insamel en sodoende het hulle geleer om geld te spaar. Met die aankoop van Bybels het hulle ook geleer om in die lewe van minder bevoorregte kinders ’n verskil te maak. Pryse is vir die klas en die betrokke onderwyser wat die meeste geld inge-
TORRIETJIE ELLIOTT lees vir die leerlinge uit die Bybel voor.
LESHEA LAUBSCHER met haar Bybel wat sy ontvang het.
samel het, uitgedeel. Die wenklas van dié prys was die gr. 3A-klas. Hulle het die meeste geld vir die projek ingesamel. Enige skole wat by die projek betrokke wil raak, kan Torrietjie Elliott by 061-307-3012 of 079-064-9467 bel. Stuur ook ’n e-pos aan torrietjie.elliott@gmail.com vir meer inligting.
Foto’s: Verskaf
DIE skoolhoof, Leodhene Appolis, ontvang ’n geskenk vir haar bydraes van Torrietjie Elliott.
TORRIETJIE ELLIOTT oorhandig aan Angelo Aasvoël sy Bybel.
KURUMAN-INWONERS en lesers in die omgewing kan binnekort vir Ilse Watson kontak as hulle nuus in die Kalahari Bulletin Kuruman wil hê. Ilse neem op Maandag 30 September die leisels by Joanie Bergh oor. Lesers van Kalahari Bulletin Kathu en sy omliggende dorpe kan steeds vir Ilse kontak oor nuusgebeure op en om Kathu. Kontak Ilse by ilse.watson@volksblad.com of bel haar by 079-8315579.
PHATSIMO SELEKE ontvang sy Bybel van Torrietjie Elliott.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
19 SEPTEMBER 2013
11
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Feestelik VANDAG oor ’n week begin die 21ste Kalaharikuierfees. Dié besonderse mylpaal gaan met ’n uitstaande fees gevier word. Van topSuidAfrikaanse kunstenaars tot ’n skouspelagtige vuurwerkverto ning en al die pretritte en sportbyeenkomste tussendeur gaan van dié fees ’n uitsonderlike ervaring maak. Vir verdere inligting besoek gerus die kuierfees se webtuiste www.kuierfees.co.za of gaan hou van hulle op Facebook of bel die feeskantoor by 0543321100. Foto: Stu Shapiro Photography
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
Koop na hartelus
MET ongeveer 150 stalletjies verseker die Ka laharikuierfees dat hy aan elke inkopiewens kan voldoen. Die kuierfees bied vanjaar weer ’n groot verskeidenheid kos, dekor en klere stalletjies. Juwele, skilderye en vele ander uit stallers sal beslis iets vir almal bied. Foto: Verskaf
THE Millkunskafee gaan vanjaar weer hope vermaak op die Kalaharikuierfees bied.
Foto: Verskaf
Karnaval lui fees in
THE Mill-kunskafee gaan weer vanjaar deel van die Kalahari-kuierfees vorm. Die kuierfees word elke jaar met die straatkarnaval begin en vanjaar begin en eindig dit weer by The Mill. Dit begin op Donderdag 26 September om 14:00 by The Mill-kunskafee. Die Kalaharioumotorklub van Upington gaan vanjaar
aan die straatkarnaval deelneem. Net voordat die straatkarnaval begin, gaan die gewilde Onthou saam met Penny Kriel en Trompie Burger plaasvind. Tannie Penny en oom Trompie gaan weer vanjaar die geskiedenis van Upington en sy kleurryke mense en gebeure onthou terwyl die sanger Fredi Nest ook gesellig gaan
saamkuier. Op Vrydag 27 September word om 10:00 ’n kleuter-koekbakkompetisie in The Millkunskafee aangebied en om 14:00 tree ’n toneelgroep op. Op Saterdag 28 September vind ’n wyn- en kaasproegeselligheid in The Mill-kunskafee plaas.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
13
Een teen die bors
BESSSSSOEKERS WELKOM: Die mobiele Reptile World-slang-en-reptielpark gaan vanjaar weer op die Kalahari-kuierfees sy indrukwekkende slange ten toon stel. Die mobiele slangpark is 13 m lank met meer as 16 verskillende slangspesies wat uit meer as 40 slange bestaan. Ingang kos R15. Foto: Verskaf
Baljaar alte feestelik DIE Kalahari-kuierfees bring vanjaar Afrika se grootste en gewildste professionele rofstoeifederasie, die World Wrestling Professionals, na Upington. Die stoeiers gaan op Donderdag 26 September om 16:00 op die Nashua Mobile-eiland-hoofverhoog optree. Foto: Verskaf
VANJAAR vier die Kalahari足kuier足 fees sy 21ste bestaansjaar deur ein足 delose pret vir die jongklomp te bied. Op Donderdag 26 September en Vrydag 27 September van 14:00 tot 18:00 kan alle kinders jonger as 18 jaar slegs R100 betaal by die pret足 park en dan soveel ritte as wat hul wil ry. Foto: Stu Shapiro Photography
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
LINKS: Die tweede Karstenboerdery bergfietswedren vind vanjaar op die Kala harikuierfees plaas. Die fietsryers spring op Saterdag 28 Sep tember om 07:00 by die ingang van die Landbounavorsing stasie op die Eiland feesterrein weg. Die roete het ’n gemiddel de moeilikheids graad. Daar sal ’n ge lukstrekking plaas vind waarin een deelnemer ’n fiets van R12 000 of ander pry se ter waarde van R8 000 kan wen. In skryfvorms kan by www.kuierfees.co.za afgelaai word. Foto: Verskaf
REGS: Rolbal speel is sedert 2012 deel van die Kalaharikui erfees. Ná die sukses van verlede jaar se kompetisie gaan spanne van oor Suid Afrika heen aan die Absarolbalkompeti sie deelneem. Dit gaan op Vrydag 27 September en Sater dag 28 September van 08:00 af plaas vind. Foto: Verskaf
VANJAAR bied die Kalaharikuierfees die heel eerste keer ’n sterkmankompetisie aan. Deelne mers moet ’n aantal mense op ’n apparaat oor 20 m stoot, ’n motorband oor 15 m gooi, ’n twee tonvoertuig met ’n tou oor 20 m trek, ’n gewig van 160 kg kan vashou en ’n gewig van 15 kg oor sy kop gooi. Die eerste tien inskrywings sal om die titel meeding. Die sterkmankompetisie vind op Saterdag 28 September om 11:00 plaas. Foto: Verskaf
KALAHARI MALL
WE’RE MOVING OPENING 26 SEPT 2013
Woolworths Upington is on the move. Our new location at the new Kalahari Mall is not only more convenient (with tons of parking), it’s twice as big too, so we can offer you more of the Woolies quality you love. More up-to-the-minute fashion, more menswear both casual and formal, more kidswear from tots to tweens, plus a wider selection of homeware from beautiful basics to gorgeous decor pieces. WOOLWORTHS KALAHARI MALL: Shop 28 Kalahari Mall, Cnr Malherbe & Van Riebeeck Rd, Upington WE’RE OPEN: Mon to Thurs 9am - 6pm; Fri 9am - 7pm; Sat 9am - 5pm; Sun & Public Holidays 9am - 3pm
THE DIFFERENCE IS ABOUT SAVING AS YOU SHOP… Swipe your card upfront to save from 10% instantly on over 1000 items. Over 2 million WREWARDS members think that makes all the difference.
15 WW9868/E
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
CHANTÉ HERBST (Mej. Persoonlik heid).
MORNÉ VOSTER en Tuané Welgemoed.
CALLEN GREENAN (Mnr. Galant).
17
BIANCA VON WINSON (Mej. Foto genies).
Skool kroon mooistes
VAN links is, voor: Joseph Beaton, Morné Voster en Jason Pieterse; agter: Mari Coetzee (tweede prinses), Tuané Welgemoed (Miss DK High) en Mandré Arendse (eerste prinses). Foto’s: Adele Smith
10010886JB/E
DIE Hoërskool Daniëlskuil het onlangs sy jaarlikse Hitricon Miss DK High-geleentheid gehou. Altesaam 19 van die Hoërskool Daniëlskuil se mooistes het aan die glansgeleentheid deelgeneem met hul metgeselle aan hul sy. Die pragtige Tuané Welgemoed is as Miss DK High 2013 gekroon met Mandré Arendse as eerste prinses en Mari Coetzee as tweede prinses. Bianca von Winson is as Mej. Fotogenies aangewys en Chanté Herbst as Mej. Persoonlikheid. Die manne het nie op die agtergrond gebly nie. Callen Greenan is as Mnr. Galant aangewys en Wikus Hendriks as Mister Cool.
I did my tax easily with eFiling Prince Mulaudzi, Construction Business Owner
Tax season is in full swing and Prince submitted his tax return from the comfort of his own home. And if he can do it, you can do it. It’s faster than going into a SARS branch and it’s easier than you think. With our helpful tools you can do it easily, honestly and on time. Visit sars.gov.za for more information.
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
in hierdie verband gewaarborg nie.
ABJ Nel DONDERDAG 'LIVE MUSIC' met Jaap Maritz, "Elvis"@ PALERMO'S. Gaskunstenaars: 12/9/2013 - Rudi 19/09/2013 - Werner Tyd: van 18:30 - 20:00.
NOORD-KAAP EIENDOMME BK
PERDRYLESSE (Kuruman, langs Mini Zoo), driekwartierlesse, x 4. Teorie en prakties, R400 per maand. Besprekings: Theresa 071 353 4124
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.
ELEKTRIESE HEININGS Beveilig u eiendom. Vir Proffesionele geakrediteerde installasies. Francios 072 156 4035 HEKMOTOR en garagedeur-motorherstel en installasies. Skakel Okker:082 829 0292 NASKOOLSORG: GR 1 - 5. R550/kind p.m. in Seodin. In-gesluit: Middagete. 1 per week perdryrit en 2 x per week rekenaarklas. Theresa 071 353 4124.
Nedbank Beperk/ I. Mopalami/M.M. Mopalami
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING
HUISE TE HUUR Nuut gebou (R15 500 p.m.) 3-slaapkamerhuis Dubbelmotorhuis
In die boedel van wyle AnnaBianca Jacqueline Nel, voorheen woonagtig by Hoofstraat 11, Kuruman 8460. Boedelnommer 573/2013. Kennis word hiermee gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 19 September 2013. JORDAAN & MANS ING Prokureur vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091
R13 500 p.m. Meenthuise 3 x 3-slaapkamerhuise Enkelmotorhuis R11 000 2-slaapkamerhuis Enkelmotorhuis TE KOOP R1,7 miljoen onderhandelbaar 4-slaapkamerhuis (poten aal) 2 badkamers Swembad Vele meer is beskikbaar. Groot, nuwe projekte in komplekse. Binnekort beskikbaar om te koop. Skakel vir meer inligting Lizette Barnard 083 273 3852 Albert Erasmus 083 412 6218 Nicolette Eberson 082 826 6670
In die Hoë Hof van SuidAfrika (Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley) Saak Nr: 1562/2006 In die saak tussen: NEDBANK BEPERK Eiser en ISAAC MOPALAMI 1ste Verweerder en MAKARABO MARTHA MOPALAMI 2de Verweerder Ingevolge 'n Vonnis van die Hoë Hof van Suid-Afrika (Noord Kaap Hoë Hof, Kimberley) gedateer 26 Oktober 2007 sal die ondervermelde eiendom/me geregtelik verkoop word aan die hoogste bieder by die Landdroshof Kathu op Vrydag, 04 Oktober 2013 om 11h00: SEKERE: Erf 537, Dibeng GELEË: In die Deben Munisipaliteit, Afdeling Kuruman, Rd, Noord-Kaap Provinsie GROOT: 311 Vierkante Meter GEHOU: Kragtens Akte van Transport T.1451/2001 (ook bekend as Huis 537, Dibeng) Die verbeterings op die eiendom bestaan uit:-
'n Losstaande woning/s met buitegeboue, maar niks word
Tien persent van die koopprys met Belasting op Toegevoegde Waarde daarop, indien van toepassing en Afslaersgelde tesame met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige Afslaersgelde betaalbaar in kontant op die datum van die verkoping; die balans met Belasting op Toegevoegde Waarde op sodanige balans waar van toepassing teen transport verseker te word deur 'n aanvaarbare waarborg. Die Voorwaardes van Verkoping mag nagesien word gedurende kantoorure by die kantoor van die Balju vir Kathu en sal uitgelees word onmiddellik voor die verkoping.
NEEM VERDER KENNIS DAT:
Dit 'n verkoping in eksekusie op grand van 'n vonnis in die bogenoemde Hof, die reëls van die veiling beskikbaar is 24 uur voorafgaande is die verkoop by die kantoor van die Balju van die Hooggeregshof KATHU, Provinsie van die NoordKaap. Registrasie as 'n koper, onderworpe aan sekere voorwaardes, naamlik: 1. Voorskrifte van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 (verkrygbaar by URLhttp://www.iknfo.gov.z a/view/DownloadFileAction ?id=99961 van). 2. FICA-wetgewing ten opsigte van identiteit en adres besonderhede 3. Betaling van registrasie gelde. 4. Registrasie voorwaardes Gedateer te Kimberley hierdie 29ste dag van Augustus 2013.
DUNCAN & ROTHMAN
Eiser se Prokureurs Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 Kimberley, 8301. VERW: A. Boonzaier/dr/N.260232.
Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583 EENSLAAPKAMER-woonstel te huur teen R4 000 p.m. W en l ingesluit. Dep. R2 000. Skakel 083 448 9124/5. 2001 ISUZU 2.5D, Canopy R49 500, 1997 Hi-Lux 1.8 R43 500. 071 967 0285
RUIM 1-SLK-woonstel in veilige omgewing. Skakel Hannes: 083 267 0003. R4500 W en l uigesl. Kuruman.
2004 Condor 2.4D,R75 000 2002 Toyota KZTE,3.40D R75 000 skakel:071 967 0285 2001 Coldt 2.4, 16v R43 500 1995 Mazda 2.5d, R32 500 Skakel:071 967 0285 2001 POLO 1.6 , R33 500 1999 Tazz R29 500 1997 Astra 1.6 R28 500 Skakel:071 967 0285 1992 Corolla 1.6 R23 500 1991 Golf 1.6 R19 500 1984 Ford 1.6 R14 500 skakel:071 9670285 Cash For Your Car or bakkie R10 000- R25 000 071 967 0285 2008 TOYOTA COROLLA D4D 2.0: White, fullhouse. 165 000 km. R140 000. TOYOTA COROLLA 1.6 Sprinter, 2012. Silver. 14 500 km. R195 000. Phone 084 313 5336.
AVON REPRESENTATIVES needed. Want to earn extra money? Work for yourself. SMS your name, town and cell Nr to 083 721 5888. OPSOEK NA BETROUBARE Bediende wat kan inslaap. Kontak:082 449 7405
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20.
SOEK, KOOP, VERKOOP
of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
21
22
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
DIE fotokompetisiewenners is van links Elandie Hanekom, Laetitia Strauss, Francis van der Ryst (algehele wenner), Ciske van Niekerk, Liné du Plessis, Alyssa Ekkerd, TC Lamprecht en Ulrich Lategan. Foto: Verskaf
Uppies speel in Afrikaans DIE Hoërskool Upington se ATKV-tak het met ’n kultuuraand van sing, klavierspel, gesels en foto’s Arikaans nadergehark, gelag, geëet en gespeel. Die dramagroep het ’n vermaaklike opvoering gelewer met hul “amperse kabaret” waarin Rooikappie en Kasoepie van Niekerk die gaste teruggevat het na die dae toe Namibië nog Suid-Wes was. Die sertifikate wat oor die jaar heen verower
is, is uitgedeel. Die pryswenners van die ATKV-fotokompetisie is ook aangekondig. Donovon Eva het die foto’s beoordeel en vir die pryswenners groot pryse uitgedeel. Afrikaans het op die aand geseëvier en selfs die kos was Afrikaans. Koeksisters, melktertjies, ystervarkies, pannekoek, kondensmelk en koffie het ’n besonderse aand perfek afgerond.
DIE Uppiedramagroep wat “ ’n amperse kabaret” opgevoer het, is van links Samantha Jansen, Reuben Murphy, Zaskia Pain, Dennis Hoft, Hesna Theron en Sunel Mostert. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
23
Duinevelders maak skoonskip DIE Hoërskool Duineveld het op 22 Augustus aan die Kalahari-Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes op Postmasburg deelgeneem. Duineveld het 30 projekte vir dié kompetisie ingeskryf en was algeheel eerste en het R1 500 vir die skool gewen. Dié projekte het 13 goue, 11 silwer- en vier
bronsmedaljes gewen. Tien leerlinge het na die nasionale ekspo later vanjaar in Johannesburg deurgedring. Dié tien leerlinge is Carlo Kuhn, Marlene Strauss, Marilie Reyneke, Adriaan Burger, Wian van Zyl, Anel du Toit, Philip Joubert Kruger, Alex Meyer, Japie Cloete en Danielle Nel.
DIE leerlinge van die Laerskool OranjeNoord wat hul musiekeksamen geslaag het, is van links, voor: Martinette Benn, Milla Slabber, Franco Kuhn en Jana Nel; middel: Lisa van der Steen, Arné Maritz, Johan Corrie, Celeste Kotzé en Yolan van Kradenburg; agter: Tal Arnon, Kyla du Plessis, Reza Kuhn, Elize Human en Carli Thomas. Foto: Verskaf
Eksamens kafgedraf
ALTESAAM 14 leerlinge van die Laerskool Oranje-Noord het die pas afgelope Unisa- praktiese musiekeksamens geslaag. In die klavier-voorgr. 1-eksamen het Jana Nel, Milla Slabber en Martinette Benn almal met lof geslaag. In die klavier-gr. 1-eksamen het Lisa van der Steen, Kyla du Plessis, Tal Arnon en Yolan van Kradenburg almal met lof geslaag. Celeste Kotzé het die blokfluit-gr. 1-eksamen
met eervolle vermelding geslaag. In die klavier-gr. 2-eksamen het Carli Thomas met lof en Johan Corrie met eervolle vermelding geslaag. In die klavier-gr. 3-eksamen het Elize Human, Franco Kuhn en Reza Kuhn almal met lof geslaag. Arné Maritz het met eervolle vermelding geslaag. Yolan van Kradenburg het die blokfluitgr. 3-eksamen met lof geslaag.
Velties vir toneelproduksies vereer
DIE gr. 10leerlinge wat aan die nasionale ekspo gaan deelneem, is van links Marlene Strauss, Wian van Zyl, Anel du Toit, Adriaan Burger, Danielle Nel, Carlo Kuhn, Marilie Reyneke en Philip Joubert Kruger. Foto’s: Megan Loots
DIE gr. 12leerlinge wat aan die nasionale ekspo gaan deelneem, is Alex Meyer (links) en Japie Cloete.
Uppies haal hoë note in Unisa-eksamen DIE musiekleerlinge van die Hoërskool Upington het aan die Unisa- praktiese klaviereksamens deelgeneem. Helen-Rose van Wyk het die gr. 4-viooleksamen geslaag. Jana Victor (viool, gr. 3, en klavier, gr. 2), Alicé Maritz (klavier, gr. 3), Janri van Staden (blokfluit, gr. 2), Gretha van Staden (blokfluit,
gr. 4), Madelein Victor (klavier, gr. 3) en Carina de Beer (blokfluit, gr. 2) het met eervolle vermelding geslaag. Lynette Engelbrecht (klavier, gr. 2), Sheli Arnon (klavier, gr. 3), Rozelle van Niekerk (klavier, gr. 3) en Carla van Wyk (blokfluit, gr. 2) het met lof geslaag.
VAN links is, voor: Jana Victor, Rozelle van Niekerk, Sheli Arnon en Alicé Maritz; middel: Gretha van Staden, Carla van Wyk, Madelein Victor en Janri van Staden; agter: Carina de Beer, Helen Rose van Wyk en Lynette Engelbrecht. Foto: Verskaf
DIE toneelproduksies Pille en Die Fynproewer van die Hoërskool Duineveld het van 15 tot 18 Augustus in Bloemfontein aan die Noord-Kaap/Vrystaat-uitdunrondes van die ATKV-tienertoneelkompetisie deelgeneem. Die Fynproewer, deur A.S. van Straten, het ’n silwer-eerbewys vir stelinkleding en ’n brons-eerbewys vir kostumering ontvang. Brendan van Zyl en Nadine van Zyl het brons-eerbewyse vir hul spel ontvang. Erina Kruger (verhoogbestuurder), Marilé du Plessis (klankoperateur) en Annemie
Myburgh, (beligtingsoperateur) het elkeen ’n brons-eerbewys vir hul onderskeie bydraes ontvang. Pille, geskryf deur Olga Malan, se tegniese span het brons vir die projeksies ontvang. Zandri du Plessis het die projeksies behartig. Brendan van Zyl en Leoné du Preez het silwer-eerbewyse vir klank en beligting ontvang. Dawie van Heerden, Annemie Myburgh, Sharné van Zyl en Jessica Fourie het elkeen ’n brons-eerbewys vir hul spel in Pille ontvang. Olga Malan het brons vir die regie van albei toneelproduksies ontvang.
24
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 19 SEPTEMBER 2013
DIE skuts van die Hoërskool Duineveld wat vir die NoordKaapse Askietspanne gekies is, is van links Claire du Plessis, Zander Beyleveldt, Lenika Daubern, Adriaan Viljoen, Johanni Victor en Johan van Blerk. Inlas: JanHendrik Opperman. Foto’s: Verskaf
Skote Petoors vir Velties-skuts
NEGE van die Hoërskool Duineveld se skuts is gekies om van 22 tot 25 September as deel van Noord-Kaapse skietspanne aan die SuidAfrikaanse Skoleskietkampioenskappe in Florida, Gauteng, deel te neem. Johan van Blerk en Adriaan Viljoen is vir die o.16A-span (veergeweer) gekies. Claire du Plessis en Jan-Hendrik Opperman is in die o.21A-span (veergeweer) ingesluit. Lenika Daubern en Johanni Victor is vir die o.16A-span (sportergeweer) gekies. Vir
die o.21A-span (sportergeweer) is Zander Beyleveldt gekies. Heloise Drotskie (o.16, veergeweer) en Bénine van den Heever (o.16, sportergeweer) is vir die Noord-Kaapse B- en individueleskutspan gekies.
HELOISE DROTSKIE (links) en Bénine van den Heever is vir die NoordKaapse B en individueleskutspan gekies.
VAN links is Melainedu Toit, Janneke Engels en Riana Archer.
LIEBEN ENGELBRECHT dien ’n kieshou na sy opponent. Foto’s: Verskaf
Toernooi aangebied
DIE Serfontein-tennisakademie het op Saterdag 7 September ’n ontwikkelingstoernooi aangebied. Dié toernooi het aan leerlinge wat nog min wedstryde gespeel het blootstelling aan wedstryde gegee. Tennisspelers is volgens hul tennisspeelvermoë in groepe verdeel en nie volgens hul ouderdomme nie. Die wenners van die verskillende groepe is:
Johan Kriek, Lené van der Berg, Janeke Engels, Stefan Joubert, Ané Jonas, Elmé Slabber, Elize Human, Ruan Kuhn, Ian Erasmus en Bernice Nel. Die naaswenners van die verskillende groepe is: Stiaan Kruger, Mila Fölscher, Melaine du Toit, Lieben Engelbrecht, Joline van Zyl, Zoé Strauss, Melissa van Zyl, PA Karsten, Juan Swanepoel en Danelle Hayes.