Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
27 MAART 2014
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
GRATIS
Besoekers stroom in MET die Oranjerivier wat teen amper 1 000 kubieke meter per sekonde vloei, is die Augrabieswaterval Nasionale Park oorval deur besoekers om die prag van die val te aanskou. Ongeveer 2 600 besoekers het dié naweek die waterval besoek. Sien berig en nog foto’s op bl 2. Foto: Anena Burger
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Natuur se mag slaan asem weg Anena Burger DIE Augrabies-waterval het dié naweek duisende besoekers getrek nadat die Oranjerivier ná goeie reën weer vol en sterk vloei. Volgens Frans van Rooyen, bestuurder van die Augrabieswaterval-Nasionale Park, het sowat 2 600 besoekers dié naweek die park besoek om die magtige waterval in al sy glorie te aanskou. Besoekers van oor die land heen en ook toeriste van Spanje en Duitsland het kamera in die hand die staproetes oor die rotse by die waterval aangedurf om foto’s van die skouspel te neem. Van Rooyen sê die water het teen Dinsdag ’n vloei van sowat 900 tot 1 000 kumek (m3/sek) bereik. In dié stadium is daar nog geen gevaar van oorstromings vir die streek nie, hoewel boere die nodige voorbereidings getref het. Van Rooyen sê indien nog reën hoër teen die Oranje- en Vaalrivier sal voorkom, sal die Vanderkloof-, Vaal-, Gariep- en Bloemhofdam – wat almal reeds 100% vol is – weer hul sluise ooptrek en kan die Augrabieswaterval ’n langer tydperk so te sien wees. “Dit is dié damme wat die waterval se vloei beïnvloed. “Dit is veral die Vanderkloofen Vaaldam wat die rivier se vloei regstreeks raak.” Die reën wat die naweek in die gebied uitgesak het, beïnvloed geensins die vloei van die waterval nie.
DUISENDE besoekers het die naweek die AugrabieswatervalNasionale Park besoek om die skouspelagtige waterval in vloed te bewonder.
Foto: Anena Burger
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Hier ontbreek woorde Karin Muller AFRIKAANS is ’n uitsonderlike taal. Jy mag van my verskil, maar na my beskeie mening is dit ’n voorreg om dit te kan praat. Dit is ’n taal met ’n beskrywende woordeskat wat jy in min ander tale teëkom. Tog is daar soms iets wat jy sukkel om selfs in Afrikaans te beskryf, soos die Augrabies-waterval wanneer die Oranjerivier se sluise oopgetrek is. Dit is eers wanneer jy op die hoë uitkykpunt staan en jou in die watermassa onder jou verlustig dat jy besef die regte woorde skiet hier en daar te kort. Jy kan sê dit is asemrowend. Of onbeskryflik mooi. Of ongelooflik. Maar om reg aan die natuurskoon te gee moet jy eintlik geen woorde gebruik nie. Jy moet dit voel. In elke vesel van jou menswees. ’n Mens moet ervaar hoe die reënboë bo die bruisende water rondspeel. Jy moet die sproei voel wat liggies op jou gesig neersif. Die reuk van die watermassa inasem. Die gekraak van die houtpaadjies onder jou voete voel. Dit is ironies dat die onrustige watermassa wat kolk en bruis en oor die rant van die afgrond stort jou eintlik in jou gemoed rustig stem. ’n Mens sal ure op die houtbankies by die uitkykpunte kan sit, maar die hitte laat dit ongelukkig nie toe nie. Selfs die akkedisse en dassies loer nuuskierig vanuit die skaduwee na die besoekers. Om per motor by Augrabies uit te kom moet jy waarskynlik ’n lang stuk pad aandurf. Selfs al is jy ook van die
Noord-Kaap kan die afstand soontoe soms redelik lank raak. Ander provinsies het moontlik goed wat die NoordKaap nie het nie. Ons het beslis die langste en reguitste paaie, asook die platste vlaktes wat jou laat voel asof jy die volgende oggend se dagbreek gaan sien as jy sou aanhou staar. Op die vlaktes en langs die reguit paaie begroet troppe springbokke, blesbokke en ander boksoorte jou. As jy gelukkig is, selfs drie bloukraanvoëls wat naby die pad staan en pronk. En tientalle versamelvoëlneste op die telefoonpale. Dit laat jou telkens verstom staan – dié skynbaar onverklaarbare wyse waarop die neste aan die telefoonpale klou. In die Keimoes- en Kakamasomgewing begroet kokerbome jou, asook lewegewende water wat rustig sy pad die kanale deur vind. Die Noord-Kaap is ’n landskap met ’n eiesoortige mooi. En die provinsie met baie vriendelike mense. Met die tuiskoms in Kimberley is daar nie ’n onbeskryflik mooi waterval of versamelneste nie. Ook nie kanale waardeur enige water sy pad vind nie. Die bekendheid van jou eie omgewing vou jou egter toe soos ’n snoesige donskombers en bring sy eie soort rustigheid in jou gemoed. Amper soos die bruisende water van die Augrabies-waterval.
NK-atlete loop SA’s mis Lecrecia Prins OUERS, leerlinge, onderwysers en skoolhoofde is ontevrede en teleurgesteld omdat leerlinge van verskeie laerskole in die NoordKaap nie aan die nasionale laerskole-atletiekbyeenkoms die afgelope naweek in die Paarl kon deelneem nie. Dié byeenkoms het van 20 tot 22 Maart plaasgevind. Van die skole is eers op 19 Maart, die Donderdag voor die byeenkoms, in kennis gestel dat die leerlinge nie meer gaan deelneem nie. Die rede was dat daar nie verblyf vir die leerlinge in die Paarl gekry kon word nie. Leerlinge wat wel aan die byeenkoms deelgeneem het, moes op hul eie koste gaan en ook in hul skoolsportdrag deelneem. Hulle is nie van provinsiale sportdrag voorsien nie. Altesaam 80 leerlinge van die provinsie moes aan die byeenkoms deelneem, maar net 17 leerlinge het wel deelgeneem.
Volgens Sydney Stander, woordvoerder van die onderwysdepartement, is die departement van sport, kuns en kultuur vir die logistiek van provinsiale en nasionale geleenthede verantwoordelik. Stander sê die departement van sport, kuns en kultuur kon nie verblyf vir die kinders kry nie en die departement van onderwys het onmiddellik die skole in die distrikte daarvan in kennis gestel. Morapedi Sekhaone, woordvoerder van die departement van sport, kuns en kultuur, het navrae na die onderwysdepartement verwys. Drie leerlinge van die Laerskool Sentraal in Kakamas is gekies om aan die byeenkoms deel te neem, maar slegs twee kon weens die laat kennisgewing gaan. Die Laerskool Oranje-Noord het dieselfde probleem ondervind. “Drie van ons leerlinge is gekies, maar net twee het gegaan. Ons het te laat die oproep ontvang en kon nie betyds vervoer- en
Pont nou gesluit DIE Sendelingsdrift-pont is tot verdere kennisgewing gesluit. Dié besluit is geneem weens die hoë watervlakke en gevaarlike drifsels in die Oranjerivier. Sedert 23 Maart vloei die rivier teen 900 meter³ per sekonde wat te gevaarlik vir die pont is. Reisplanne van die Richtersveld af na Namibië sal beïnvloed word en reisigers wat van die pont gebruik wil maak, kan Hendrik Prins, die waarnemende parkbestuurder, by 027-831-1506 of 084-742-9797 kontak. Slegs reisigers wat die grens wil oorsteek, sal hierdeur beïnvloed word.
verblyfreëlings tref om die derde leerling in die Paarl te kry nie,” het Pierre van der Merwe, hoof van Oranje-Noord, gesê. Dit was nie die enigste probleem nie. Die leerlinge het ook nie provinsiale klere ontvang nie. “Die twee leerlinge wat wel deelgeneem het, was al op pad toe ons van dié probleem in kennis gestel is. Dankie tog hulle het toevallig hul skoolklere by hulle gehad anders het hulle niks gehad waarin hulle kon deelneem nie.” In die Paarl het die leerlinge ook nie ’n spanbestuurder gehad nie, wat ekstra spanning op die atlete geplaas het. “Daar was niemand wat die kinders kon help om betyds op te warm en op hul plekke te kry nie. Die ouers moes dit self doen,” het hy bygevoeg. “En daar is jy op die byeenkoms en al die ander spanne stap tydens die opening in hul spanklere en jy is in jou skoolklere. Dit was baie moeilik vir die atlete om in dié omstandighede deel te neem.”
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Oscar-saak nie ’n sirkus DIE Oscar Pistorius-hofsaak noodsaak die meeste mense om daagliks na die opsomming van die dag se hofgebeure te kyk. Die Griekwastad-moorde boei lesers net so. Hofverrigtinge is dalk vir baie mense erg vervelig. Dit raak vermoeiend om na die kruisondervraging te luister. Dieselfde vraag word herhaaldelik gevra – net uit ’n ander hoek. Tog is dit verbasend om te sien hoe sommige van die getuies by hul storie hou. Ander stotter en stamel, gee die verkeerde antwoorde en wens dalk hulle het eerder niks gesê nie. Hule word weer ondervra en moet dan bontstaan om die korrekte weergawe te onthou. Adv. Barry Roux gee nie maklik skiet nie. Hy is nie tevrede met halfgebakte antwoorde nie. In die regsbank is hy nie iemand met wie gemors moet word nie. Moet die publiek regtig al die aaklige foto’s van die bloed in die badkamer sien? Pistorius kan beslis nie daarna kyk nie. Hy sit eensaam en eenkant, bedek sy ore en gesig wanneer dit vir hom te erg raak
en hy alles weer van voor af moet beleef. Moet ’n hofsaak soos dié regstreeks uitgesaai word? Moet die publiek die pyn in Pistorius se oë en die ma van Reeva Steenkamp se hartseer sien? Die publiek is geregtig daarop om te weet wat daardie nag gebeur het. Die media moet daaroor verslag doen. Dit is dalk nie nodig om so ’n hofsaak regstreeks uit te saai nie – dit blyk amper sensasie te wees. Of soos ’n sirkus. Die Griekwastad-hofsaak word in camera gehou. Die publiek het nie toegang tot die hof nie en dit word ook nie regstreeks op televisie uitgesaai nie. Dit is óók ’n hofsaak wat die hele land boei. Mense wil ook antwoorde op die saak verkry en wil die hele treurspel verstaan. Net ’n handjie vol verslaggewers het toegang tot die hof. Elke dag doen hulle verslag oor die dag se gebeure en die vrae wat gevra is. Dit is dalk beter so. Dit beskerm die beskuldigde. Dit is nie ’n sirkus wat die hele land kan aanskou nie.
Ai, al die Juries Benneli Olivier Van der Walt
FAMILIEBYEENKOMSTE is altyd interessant en kan jou soms in die verleentheid bring. Die naweek het ek en my gesin die epiese tog na Bloemfontein vir my tannie se sestigste verjaardagpartytjie aangepak. Dit was ’n goeie verskoning om my ma se “ouma-onttrekkingsimptome” onder beheer te kry en vir my kind om grensloos deur die genoemde ouma en oupa bederf te word. So, op pad begin ek om my man en seun al die familiename leer wat hulle moet onthou. My Vrystaatse familie het baie Juries en verskeie variasies van dié naam. “Onthou, oom Jurie is die oudste broer, maar moet hom tog net nie verwar met die tweede oudste suster se oom Jurie soos verlede jaar nie,” maan ek. My man belowe plegtig om al die Juries reg te onthou. In Bloemfontein is dit ’n geskarrel om van die gastehuis by die groot familiepartytjie te kom. Terwyl ons probeer om nie te erg te verdwaal nie, mompel my man sy mantra: “tannie Bessie, oom Jurie, tannie Susan, oom Jurie, Jurie die neef, Jurie die ander neef . . . ” Daar is baie partytjiegangers – ek
self herken nie die helfte van die mense nie, maar is seker ons moet tog op ’n manier êrens in die familie-stamboom ’n tak met mekaar deel. Die skielike aanslag van mense gooi natuurlik my man se hele uitleg van die Juries omver. Nie net is daar die ou Juries nie, maar ’n spul nuwe nasate van die neefs en niggies wat ook nou Jurie heet. Maar hy is vasberade. Hy het nie verniet die hele pad van Kathu af gekom en die eindelose Jurie-lesing vir niks deurgemaak nie. Eindelik sien hy tannie Bessie en oom Jurie tussen die see van onbekendes. Hy storm op die oom af om blad te skud en met selfvertroue groet hy: “Goeienaand, oom Bessie. Lekker om tannie Jurie weer te sien.” Dit het ons ’n oomblik geneem om dié sosiale faux pas te verwerk. Tannie Bessie was egter die vinnigste om die stilte te vul. “Lekker om jou ook te sien, Seun. Sit dat oom Bessie vir jou ’n bier gaan haal . . . vir die senuwees, natuurlik.”
In goue gloed gebaai ’n GOUE sonsondergang soos net die Kalahari kan verskaf.
Foto: Anena Burger
God bring hoop in hopelose tyd Past. John Clarke DIE teksvers wat ek vandag wil deel, bestaan uit twee gedeeltes: Jesaja 53:1 en Lukas 2:10. Jesaja 53:1: Wie het die boodskap geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die Here geopenbaar?” Lukas 2:10: Die engel sê aan hulle – moenie vrees nie, want kyk, ek bring ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees.” Die dinamika van die verse lê daarin dat dit ons uitdaag om geloof te hê en daarin vas te staan. Vandag weergalm die “wie het die boodskap gegee” hard in ons hol harte sonder geloof. As ons na die teks in Lukas kyk en dit volkome wil verstaan, moet ons eers ’n bietjie agtergrond bekyk. Die woorde “moenie vrees nie”, wat tot die herders gerig is, is tweeledig. Eerstens was dit die vrees wat hulle oorval het omdat
12/26
13/27
13/27
ONO-51 NNO-5 NNO-5
’n onaardse verskynsel plaasgevind het. Tweedens was dit dat die herders eenvoudige mense was – hul lewensbron was skaapboerdery. In daardie tyd het die Romeinse keiser ’n bevel uitgevaardig dat ’n sensusopname gedoen moes word sodat mense in Jerusalem geregistreer kon word. Die herders moes reis op ’n gevaarlike tyd en hul skape kon ook gesteel word of deur wilde diere aangeval word. So, dit was nie net die verskynsel van die engel nie, maar ook die bekommernis van die tyd waarin hulle geleef het wat die engel beskryf het toe hy gesê het: “moenie vrees nie”. As ons dit vergelyk met die tyd waarin ons leef, wil die jaar ook
12/27
13/28
13/28
ONO-5 NNO-5 NNO-5
’n somberheid in ons hart bring. Kyk na die maatskaplik-politieke toestand in die land met die komende verkiesing, die korrupsie wat hoogty vier, die misdaad wat daagliks toeneem. Ons worstel met vrae soos: Wat hou die toekoms vir ons in? Hoe veilig is ons? Wat van my kinders se opvoeding? Waar gaan ek ’n werk kry? Al die dinge bedreig ons neseier. In die lig hiervan bemoedig die engel ons: “Moenie vrees nie”. En dit bring ook die goeie tyding van hoop. Vir ’n onseker toekoms is daar vertroosting in Jeremia 29:11: Ek ken die planne wat ek vir julle koester – dit is planne van vrede en nie onheil nie. Ek wil vir jou ’n hoopvolle toekoms gee. God in sy almag beloof as ons hom ons toevlug maak, is daar altyd hoop in ’n hopelose situasie. Maak jou hart vir Jesus oop.
13/31
14/33
14/32
WNW-5 WNW-5 WNW-5
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
LEEFSTYL
Sommige reüniegangers het nie brieke nie . . . ’n REÜNIE begin altyd met die eerste oproep. Jy sit met die klaslys voor jou en elke oproep voel soos ’n herontmoeting. Die rede vir jou oproep verstaan almal dadelik, want almal is nog op daardie ouderdom dat jy kan somme maak. Dit was al ons 40ste jaar ná matriek en gelukkig is daar nog min skoolmaters wat van die lys af verdwyn het. As ’n naam nie meer op die lys verskyn nie, weet jy dit dra hartseer, pyn en vreugde met hom saam. Jy dink aan die personeellede van die skool. Die legendariese Piet Vat, die kadetmajoor Bull, die skrywer A.A.J. van Niekerk. Die ander se byname kan ek nie noem nie. Die hartseer wat baie moes ervaar, sommige het geliefdes aan die dood afgestaan en ander het groot hoogtes bereik. ’n Seun van die Lombaard-vierling hardloop die 400 m teen die spoed van Paul Nash. Die reünie is egter die geleentheid wat ’n mens altyd sal bybly. Daardie bymekaarkoms, die groetery, die hartlike gelag en die gespot met mekaar. Almal het aan niks anders ’n behoefte nie as om net by mekaar te wees en lekker te gesels. Die klas het die WP-kampioene, atlete soos Adri van Wyk, Nick Gous, Piesang, Adri en Pieter Bergh en het ook Craven-weekhelde. Hoe ouer ons word, hoe minder staan ons verleë oor ons foute. Basie was die voorbok met onnutsigheid. Leon Koekies kan
Pas jou gehoor op Yolandi van Deventer
dit beaam, want hy was oral saam. Tat was die suksesvolste, want hy het bo alle verwagting ’n onderwyser geword. Die twee dae se saamwees het sy spesiale oomblikke opgelewer. My dierbaarste kom van agter die wyngordyn – van Montagu. Ek sê vir haar dit kan nou net wees dat sy ’n verskil kan waarneem. Ons vleiseters is nie so gemaklik met die verwerking van die wingerdvog soos hulle wat hom saam met moedersmelk ingekry het nie. Aan tafel het ’n reünieganger by ons kom sit en wou hê ons moet met die bottel whiskey se leegmaak help. Toe ek nie van veel hulp is nie, moes hy self regkom. Die gevolg – die res van die naweek het hom verbygegaan. Die volgende naweek is ons in Montagu. Ná die eerste aand se gekuier vertel ’n medegas ons hoe geknetter hy die vorige aand in die gastehuis was. Daar was glo ’n paartjie met wittebrood en twee uur die oggend het die bruidegom hom probeer stilmaak. Die raserige gas het later vir sy geliefde gesê hy gaan nou maar stort om van die ergste gekuier ontslae te raak. Later roep hy ontsteld na sy vrou. Sy moet kom help, want die seep wil dan nie skuim nie. Sy sien toe hy stort met die kers en nie die seep nie. Ai: Brandewyn (oftewel geraaswater) het nie brieke nie . . .
MET ’n paar dinge in die lewe kan ’n mens maar met die minste tevrede wees. Ongelukkig is gehoor nie een nie. As enige van die volgende jou geld, kan jy moontlik aan gehoorverlies ly: ) As dit moeilik is om in geselskap te hoor as daar geraas op die agtergrond is; ) Gesinslede wat kla dat jy nie kan hoor nie; ) Jy moet gereeld mense vra om te herhaal wat hulle gesê het; ) Dit is moeilik om te hoor of te verstaan wat ’n stem op die televisie of radio sê; ) Jy voel geïsoleerd in geselskap omdat dit so moeilik is om te hoor. Ongeveer 20% van alle mense wat gehoorapparate benodig, kry dit. Die ander 80% kry dit nie. Die meeste mense besef nie dat gehoorverlies met ’n gehoorapparaat behandel kan word nie en dikwels word die gehoorverlies ontken. Terselfdertyd besef mense soms nie dat onbehandelde gehoorverlies tot vernedering, verlies aan onafhanklikheid en sosiale stres kan lei nie. Dit lei ook tot spanning, moegheid en eindelik sosiale isolasie en eensaamheid, nie net vir die persoon met die gehoorverlies nie, maar ook vir gesinslede, vriende en kollegas.
Die mense wat gehoorapparaat suksesvol gebruik, is diegene wat gemotiveerd is om hul kommunikasie- en luistervaardighede te verbeter. Hulle wil graag kan hoor en met gemak deel van die samelewing wees. Hulle werk saam met hul oudioloog om te leer wat hulle kan verwag van gehoorapparate – sodat hulle kan verstaan wat ’n gehoorapparaat kan en nie kan doen nie. Die gesin speel ook ’n belangrike rol in die ondersteuning van die gesinslid wat ’n gehoorapparaat moet gebruik. Familie, vriende en kollegas word net so geraak deur jou gehoorverlies soos jouself. Om met jou te praat neem ekstra inspanning. Hulle mag ongeduldig raak omdat hulle gereeld moet herhaal wat hulle sê.
Die mense wat gehoorappa raat suksesvol gebruik, is die gene wat ge motiveerd is om hul kom munikasie en luistervaardig hede te verbe ter. Gesprekke met die persoon wat gehoorverlies ervaar, mag frustrerend en tydrowend wees. Hulle sal ook nie meer soos voorheen met jou kan kommunikeer nie. Jy sal dalk nie gefluisterde troetelwoorde hoor nie en kan magteloos voel omdat jy jou “ou verhouding” wil terughê. Dit is waar jy aksie kan neem en weer van jou lewe beheer kan neem. Gaan spreek ’n oudioloog om ’n oplossing te kry oor hoe om kommunikasie by die huis, werk en in jou omgewing te verbeter. ) Gesondheidswenke deur die Mediclinic Kathu verskaf.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
KUSHLA MARKRAM van Kuruman het dié pragtige foto vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie ingeskryf. Landskapfoto’s kan nog net tot 31 Maart ingeskryf word. Foto: Kushla Markram
Skryf jou mooiste foto’s in Lizette Slabber DAAR is slegs vier dae oor om jou pragtige landskapfoto’s vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie in te skryf. In April kan sonsopkoms- en sonsondergangfoto’s ingeskryf word. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die uiteindelike wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Famous Lodges. Hierdie prys sluit in ’n daaglikse ontbyt vir almal, sowel as ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense by een van die NC Famous Lodges met ontbyt daagliks. Stuur dus dadelik jou landskapfoto’s vir die Kalahari Bulletin. Die kompetisie gaan elke maand ’n tema hê waarvolgens lesers foto’s kan instuur. Elke maand sal daar uit die inskrywings ’n wenner gekies word wat ’n finalis sal wees vir die finale kompetisie waaruit die beste
foto gekies gaan word. Die maandwenner sal ’n prys wen en uit al die maandwenners word die algehele wenner gekies wat dan die groot prys sal wen. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is altyd die laaste dag van die maand en die vyf finaliste sal dan in die eerste uitgawe van die volgende maand verskyn. Die wenfoto sal die volgende week op die voorblad verskyn. Stuur landskapfoto’s voor 31 Maart aan lizette.slabber@volksblad.com. Foto’s moet groter wees as 500 KB en 300 DPI en moet in JPG-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, sowel as inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, sowel as waar die fotograaf woon. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Geen professionele fotograwe mag hulle inskryf nie. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
9
Kanovaart weens hoë watervlak uitgestel Sarel van der Walt DIE Groen Kalahari-kanomarathon wat die naweek in Upington sou plaasvind, is verlede Dinsdagaand uitgestel. Dít omdat die vlak van die Oranjerivier te gevaarlik hoog is. Dit word verwag die watervlak sal verder styg. Die rivier vloei baie sterk ná die onlangse goeie reën oor die binneland.
’n Nuwe datum vir die wedvaart oor 99 km van Upington tot by Augrabies moet nog bepaal word, het Ronelda Visser, ’n woordvoerder vir die organiseerders, gesê. Die besluit om die wedvaart uit te stel, is geneem ná ’n vergadering tussen die organiseerders, die departement van waterwese, die nooddienste en die polisie. “Die besluit is geneem in belang van die veiligheid van die deelnemers. Hul veilig-
heid is die belangrikste en ononderhandelbaar,” het Visser gesê. Altesaam 44 dubbelkano’s sou aan die wedvaart met ’n algehele prysgeld van R375 000 deelgeneem het. Van die deelnemers – wat van die land se voorste kanovaarders en ’n paar top-buitelanders insluit – het vroeër reeds in Upington aangekom. Van die top-buitelanders wat die eerste
keer sou deelneem, is die Duitser Achim Overbeck, sy landgenoot Tobias Bond, ’n voormalige wêreldkampioen, en die Tsjeg Jakub Adam en dié se suster, Anna Adamova. Van die Suid-Afrikaanse deelnemers sou bekendes soos Hank McGregor, Thulani Mbanjwa, Sean Rice, Ivan Kruger, Jasper Mocke, Lance King, Louw van Riet, Cam Schoeman en Abbie Adie die spane inlê.
PROMOSIE
Nuwe Toyota op glans-aand bekend gestel OP Maandag 17 Maart het die gemeenskap van Upington die plaaslike bekendstelling van die nuwe elfdegenerasie-Toyota Corolla op ’n glansgeleentheid bygewoon, sê ’n woordvoerder van die onderneming in Upington. Die Toyota-gebou in Upington is vir die skemerkelkgeselligheid in ’n glansryke onthaalsaal omskep waarin gaste met styl verwelkom is en met verversings en vermaak van die boonste rak bederf is. Die geleentheid was terselfdertyd die opening van die opgeknapte geriewe wat nou aan wêreldstandaarde voldoen. Die gehoor kon na ’n paar sprekers van die dinamiese leierskorps van Toyota Suid-Afrika luister. Hulle is Apie Otto (suidelike streekbestuurder), Liesl Dodkins (distrikbestuurder) en Ernie Troutmann (bestuurder: handelsverkope van Toyota Suid-Afrika en van 1 April af die visepresident van Hino Suid-Afrika). Klem is op die geskiedenis van Upington Toyota, die waarde van ’n gewaardeerde kliëntebasis en die belegging in plaaslike, omgewings- en gemeenskapsake gelê.
Toyota se visie, missie, beginsels en etiese sakepraktyk is beklemtoon. Die woordvoerder sê Upington kan trots wees daarop om ’n ondernemings soos Upington Toyota te vestig wat volgens die etos optree en werklik as ’n leier – plaaslik en nasionaal – uittroon. Op die geleentheid is ’n spesiale eerbewys aan Upington Toyota in erkenning van sy uitnemendheid in nuwesakeproduksie oorhandig. Die hoogtepunt van die aand was die onthulling van die nuwe Toyota Corolla. Die dramagroep en vier meisies van die Hoërskool Upington, onder leiding van Neville Schubach, het die geleentheid baie spesiaal gemaak. Upington Toyota het deur die aand sy verbintenis tot die gemeenskap van Upington, sy bestaande klante en voornemende nuwe kliënte en die ononderhandelbare uitleef en nastreef van die Toyota Way bevestig. Volgens die woordvoerder staan Upington Toyota voorwaar as markleier op sy gebied uit.
VAN links is Jannetje Slabbert, Elsabé Gresse en Belia Karsten.
VAN links is Charel Strauss, Apie Otto, Kobus van Zyl en Retief Uys.
Foto’s: Lizette Slabber
VAN links is Charnel Viljoen, Ernie Troutmann, Heinrich van der Westhuizen en Beatty More.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Lochnville op pad
LOCHNVILLE tree op Vrydagaand 2 Mei op die Upingtonlandbouek spo op. Foto: Verskaf
LOCHNVILLE, die bekende Suid-Afrikaanse electro hop-musiektweeling, gaan op 2 Mei op die Upington-landbou-ekspo optree. Dié identiese tweelingbroers, Andrew en Brian Chaplin, het Lochnville in 2009 in Kaapstad begin. Hulle is sangers, liedjieskrywers en musikante. Hulle kan kitaar en tromme bespeel en is ook sake-entrepeneurs. Hul eerste album getiteld Sun in my pocket is in Februarie 2010 uitgereik en was ’n wegholsukses. Die tweeling is in New York gebore en het op tweejarige ouderdom saam met hul ouers na Kaapstad verhuis. In 2013 het hulle die MTV Europe Music Awards-eerbewys vir die Best African Act ontvang. Die Landbou-ekspo vind vanjaar van 1 tot 3 Mei plaas. Hou die koerant dop vir die ekspo se programme.
Amore kom Upington inspireer ’n BEKENDE radiopersoonlikheid sal binnekort in Upington wees. Amore Bekker, aanbieder van die gewilde program Tjailatyd op RSG, gaan op Saterdag 3 Mei op die Upington-landbouekspo ’n praatjie lewer. Die praatjie wat sy gaan lewer, is getitel Ten spyte van pyn en verwoesting van trauma is daar perfekte orde, altyd. Dit is ’n ware verhaal. Dit is ook ’n ervaring wat sy in haar lewe moes deurmaak om só weer voluit en met vreugde te kan leef. Die praatjie is diep, prettig, inspirerend en sluit ’n skyfievertoning in. Amore het al verskeie
eerbewyse ontvang. In 2007 en 2009 het sy die ATKV-Mediaveertjie vir beste Afrikaanse omroeper ontvang. In 2009 is sy ook vereer vir haar Afrikaanse onderhoud met emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. In 2011 het sy ’n ATKV-Mediaveertjie vir die beste insetsel in ’n radio-program vir haar Bottels vir Beaufort ontvang. Sy het ook al twee resepteboeke uit lesersbydraes op haar program, Tjailatyd, saamgestel.
AMORE BEKKER tree op Sater dag 3 Mei op die Upingtonland bouekspo op. Foto: Verskaf
SES SNARE tree op 1 Mei op die Upingtonlandbouekspo op.
Foto: Verskaf
Ses Snare op ekspo SES SNARE tree op 1 Mei op die Upington-landbou-ekspo op. Die groep, bestaande uit Blackie Swart, Thean Kotze, Leon Ecroignard, Peter Hoven, MD Greyling en Pieter Smith, het al twee CD’s, twee DVD’s en baie suksesvolle landwye optredes agter sy naam. Die Ses Snare het begin as ’n
jam-sessie tussen Mel Botes en Mathys Roets en is vandag ’n reuse-suksesverhaal. Die groep mans speel ’n kombinasie van bekende treffers, asook oorspronklike musiek wat meestal self deur die lede gekomponeer word. Die musiekgroepe wat die meeste invloed op Ses Snare het is Queen,
‘Local’ lekker AMANDA HAYES, bekende Upingtonse countrysanger, tree van 1 tot 3 Mei op die Upingtonlandbouekspo op. Sy het al saam met Jason Bradley, Bobby Angel, Billy For rest, Fredi Nest en die Amerikaanse count rysanger Greg Rau opgetree. Foto: verskaf
The Eagles, Dire Straits, Pink Floyd en Sting. Dus kan die ekspo-gehoor uitsien na treffers soos Somebody to love, Seven bridges road, Play me, Ring of fire, San Francisco Blues, Is this love en treffers van The Travelling Wilbury’s, Leonard Cohen, Albert Hammond en Dire Straits.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Vandale só vasgevat
Brandkrane is noodsaaklik DIE //Khara Hais-munisipaliteit wil graag ’n beroep op inwoners doen om nié die brandkrane in Upington te beskadig nie. Die brandkrane is noodsaaklik vir die suksesvolle bestryding van brande. Dit verskaf water aan noodpersoneellede wanneer brandweerwaens tydens die blus van brande met water hervul moet word. Daar is 15 ondergrondse brandkrane in Upington. Die brandkrane moet gereeld onderhou word. Dié taak word deur die brandweer verrig. Dit is die brandweerpersoneellede se plig om die brandkrane skoon te maak en te merk. Die personeellede van waterverspreiding vervang beskadigde brandkrane. Patrick Williams, kommunikasiebestuurder van //Khara Hais, vra inwoners van Upington moet eienaarskap van die brandkrane neem. “Moet asseblief nie toelaat dat mense dié brandkrane beskadig nie. “Die krane is op ’n ander waterlyn as die wat water aan huishoudings verskaf. “Indien daar aan dié krane gepeuter word, kan dit die hele stelsel onder druk plaas wat weer na gebarste pype in die waternetwerk sal lei,” het hy gesê.
DIE //Khara Hais-munisipaliteit knap nou die Bellvue-swembad op nadat vandale die swembad en sy geriewe beskadig het. Die kleedkamers, toilette, storte en deure van die geboue is beskadig. Die swembad is onbruikbaar en swemmers moet ver afstande ry om in die swembad in die dorp te swem. Benewens die skade aan die geboue is die swembadfilters, die besproeingstelsel, die elektriese kabels en die hek na die swembad beskadig. Volgens Patrick Williams, kommunikasiebestuurder van //Khara Hais, is ’n saak by die polisie ingedien.
“Ons wil hê die mense wat verantwoordelik is vir die skade moet in hegtenis geneem word,” het hy gesê. //Khara Hais gaan ná die opknapping van die swembad 24-uur-sekuriteit by die swembad aanbring, maar “ons het steeds die hulp van die inwoners nodig om die gerief op te pas.” Die opknappingswerk aan die swembad behoort teen die einde van April voltooi te wees. Die raadslid van wyk 3 waarin die swembad geleë is, sal ’n vergadering met die gemeenskap oor die gebruik van die swembad en oor die voorkoming van verdere vandalisme belê.
Kinders in gevaar
’n PERSONEELLID van die //Khara Haismunisipaliteit gaan ’n brandkraan na. Foto: Verskaf
DIE //Khara Hais-munisipaliteit wil ouers en kinders waarsku teen die gevare van opspring teen druiwe-vragmotors in Dakotaweg. Kinders probeer om bo-op vragmotors te spring wat op pad is om druiwe by die Orange Cellars Wine-kelder in die nywerheidsgebied af te laai. Party van dié kinders klouter teen die stadigbewegende vragmotors op om druiwe in die hande te kry. Hulle hang ook aan die vragmotors terwyl ander probeer om bo-op die vragmotors te spring. Onlangs het ’n kind afgeval en amper onder die wiele van só ’n vragmotor beland. Die bestuurder was in ’n geweldige geskokte toestand. Om só op die vragmotors te probeer klim, kan noodlottige
gevolge hê. Volgens Patrick Williams, kommunikasiebestuurder van //Khara Hais, maak die feit dat geen vragmotor onmiddellik kan stop nie, so ’n situasie net nog gevaarliker. “Omdat daar nie ’n onmiddellike oplossing vir hierdie tikkende tydbom is nie, doen //Khara Hais en die verkeersafdeling ’n dringende dog vriendelike beroep op almal, insluitende die onderskeie skole, instansies en ouers om tog ons kinders te waarsku teen dié gevaar,” het hy gesê. Die meeste van dié probleme vind in Dakotaweg plaas waar die vragmotors oor die treinbrug links by die abattoir moet afdraai na die kelder.
Meer nuus by www.kalaharibulletin.co.za
Camping Chair
MARCH 2014
V0402022 • High back • Padded for extra comfort • Drinks holder • Steel, hammerite coated frame for extra protection • Khaki
Bermuda Blue Hibiscus Basin
PRIMA BELLA Natural Single Bath Screen
PP1510
SP7203 • 800 x 1350mm
29999
Chanel Bath with Handles 000446 • 1700mm • White
699
579
99
Classique Interior Hollowcore Door
EBCSSLI0 • 813mm x 2032mm • Interior door • Exposed edges • Deep moulded
71299
75999
Industrial Impact Drill 0601217190 - GSB13RE • 600W, 13mm Chuck • Variable & reversible action • Drilling capacity: Wood: 25mm, Steel: 10mm, Masonry: 15mm
1 Year
Guarantee
PRIMA BELLA White Adjustable Pivot Door
99
Frame and Ledged Battened Open Back Hardwood Stable Door KYD1S-OB • 813mm x 2032mm x 40mm
1 Year
Guarantee
RB800 • 800 x 900 x 1850mm • Excludes base and return panel • White powder coated frame • Tempered safety glass
Mist Fan
FS1619R • 40cm Stand mist fan • 240V/60Hz/60W • 90° Oscillation, 3 speed (0-1-2-3), round base • Silver/black • Remote control function • Mist capacity: 200ml/h, height: 1.3m • Tank capacity: 1.5L, LCD display
2 Year
Guarantee
27999
11
69999
VISIT US TODAY!
3 Seodin Avenue, Kuruman
Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117
96999
79999
TRADING HOURS
Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:
Includes Tape Measure & Spirit Level
07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00
• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 25 March - 06 April 2014 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Fantasiereis leer kinders van lees
VAN links is Marian da Nortjé, Carmi Lie benberg en Michelle Meintjies. Hulle was soos cowgirls aan getrek.
DIE doel van die sprokiesdag was om leerlinge lief te maak vir lees en die wonderwêreld van boeke te laat ontdek. Hier loer Jayden Duursema oor sy uitrusting uit.
VAN links is Anton Paxton, Gert van der Merwe en Sebastian Nieuwoudt. Hulle was soos Robin Hood aangetrek.
DIE Laerskool OranjeNoord het op 14 Maart ’n Sprokiesdag gehou. Al die leerlin ge kon soos karakters uit hul gunstelingsto rieboeke aantrek. Luan Olivier het soos ’n Smurfie aangetrek. Foto’s: verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Benoemings vir kompetisies ingewag AS jy weet van iemand wat baie doen om van die Noord-Kaap ’n beter plek te maak om in te woon, of ’n organisasie wat werk van uitnemendheid doen, is dit nou jou kans om hulle die erkenning te laat kry wat hulle toekom. Die soektog na Volksblad, moederkoerant van Kalahari-Bulletin, en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is weer aan die gang. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer.
Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besondere sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat in die verlede benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/ haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag ook nie benoem word nie. Die kriteria is: Interne impak: Die verskil wat die persoon maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die
Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die persoon sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die persoon se werk wees, die mate waartoe die persoon buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die persoon lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld vir die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag
benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
SAKENUUS
Onderneming help met skenkings Ilse Watson
JOSHUA DOORE in Kuruman het op Maandag 24 Maart verskeie skenkings aan drie kleuterskole in die Kurumanomgewing gedoen. Zuneith Vilander, takbestuurder van Joshua Doore in Kuruman, tesame met die hoofkantoor in Braamfontein, het besluit om aan skole wat ’n tekort het, verskeie skenkings te doen.
Dié spesifieke kleuterskole het nie die geld om in hul leerlinge se behoeftes te voorsien nie. Só het hulle verf, verfkwasse, -rollers en ander materiaal verskaf. Die kleuterskole wat by die skenkings baat gevind het, is Voetspoortjies, die Kwikstertjie-kleuterskool in Wrenchville en die Tlhotomelo Early Learning Centre in Mothibistad.
JOAN VAN WYK ontvang die verf en ander arti kels van Zuneith Vilander.
ZUNEITH VILANDER (heel links) oorhandig aan Katriena Titus die sken king vir hul skool. Van links is, agter: Edwin Bothsheling en Masego Moe padikhi. Foto’s: Verskaf
JOYCE MERUTI ontvang die skenking van Zu neith Vilander (bestuurder van Joshua Doore, Kuruman).
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
TE HUUR
TE KOOP 3205
SOSIAAL & ONTSPANNING
BETREKKINGS 3201
3600
LANDBOU
TE KOOP
TROETELDIERE 1660
Op soek na 2 Labradors (opreg geteel), verkieslik swart, ongeveer 7-8 weke oud. Ilse 072 595 7000.
3605
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE
Ontvangsdame vir mediese praktyk benodig. Begin middel April indien moontlik. Ondervinding in mediese praktyk ‘n bonus. Stuur CV na: andrabes@gmail.com
2210
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.
ALGEMEEN 3680
GUESTHOUSE MANAGER WANTED: Preferably married couple to live in. Accommodation and company car included. E-mail CV to: ross@chapmansafaris.com or phone Nadine 076 154 1339.
SAKE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
TE KOOP
DSTV/TV/DVD DIENSTE
BOEDELKENNISGEWINGS
2405 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
Guesthouse in Kuruman: 7 en suite bedrooms, erf size 1 927 sq m. Borehole. On road parallel to Main Road. 072 350 0029.
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
ELEKTRIES
VOERTUIE 1810
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
GLAS/VENSTERS
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
OJ Montewa
3010
NISSAN HARDBODY D/KAJUITBAKKIE, 2008-MODEL, 102 000 km. Prys R125 000. Skakel 071 603 9170.
1827
Glass sliding door, about 2 to 3 m wide. Terry 082 554 4359. terry.wickedcats@gmail.com
4501
Die Standard Bank/W Olyn/A.S. Olyn
ADMINISTRATIEF
1475
MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.
GEREGTELIKE VEILING
MOTORS TE KOOP 3025
UNO FIRE, 1995, puik toestand. Ideale studentemotor met slegs 120 000 km. Skakel 083 772 2316.
SLEEPWAENS 3040
NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en 2de-handse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072.
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR 3250
Deben: 1-slk-woonstel asook ruim 2slk-/2-badkamer-woonstel, 82 m2, sonkrag. Skakel 082 562 4971 of 071 659 9245. EENMANSWOONSTEL: koopkrag, lugreëling, gemeubileerd, veilige parkering. Beskikbaar 1 April 2014 . Skakel 072 634 6880. Woonstel te huur in Kuruman. Vir besigtiging skakel Hester by 082 820 0251 of Elize by 061 423 0125.
HUISE TE KOOP 3275
3-slk-woning met groot erf digby hospitaal te koop. Skakel 071 720 6687.
In the estate late of Onkabetze Josiah Montewa, identity number 631106 5736 089 and surviving spouse Kesetselemang Montewa, identity number 760417 0964 086 of House N125, Camden Village. Estate number: 11509/2013 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 28 March 2014. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460
KENNISGEWING VAN VERKOPING In die Hooggeregshof van SuidAfrika, Noord-Kaap Afdeling, Kimberley. Saaknommer: 724/2013 In die saak tussen: DIE STANDARD BANK VAN SUIDAFRIKA BEPERK Eiser en WILLEM OLYN Identiteitsnommer 620625 5217 082 Eerste Verweerder en ADONIA SOFHIA OLYN Identiteitsnommer 641230 0157 089 Tweede verweerder Ingevolge 'n vonnis van die NoordKaap Hoë Hof, Kimberley, in bogemelde saak, sal 'n eksekusieverkoping met/sonder 'n reserweprys plaasvind op die perseel, Heidestraat 5, Daniëlskuil, Noord-Kaap Provinsie, op DONDERDAG 10 April 2014 om 09:00, van die vaste eiendom van die Verweerders soos hieronder uiteengesit op die voorwaardes wat uitgelees sal word deur die Afslaer tydens die verkoping, welke voorwaardes ter insae sal wees by die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Stalsstraat 17, Postmasburg, Noord-Kaap Provinsie, voor die veiling. Erf 1517, Daniëlskuil, geleë in die Kgatelopele Munisipaliteit, BarklyWes-distrik, Provinsie Noord-Kaap. Groot: 375 (DRIEHONDERD VYF EN SEWNTIG) vierkante meter. Gehou Kragtens Transportakte Nr T 4580/1998 onderhewig aan die voorwaardes daarin vermeld. 'n Residensiële eiendom gesoneer as sulks, bestaande uit: Sit-/eetkamer, kombuis, 2 slaapkamers, 1 badkamer en geleë by Heidestraat 5, Daniëlskuil. TERME: TIEN (10%) persent van die koopprys en die afslaerskoste synde ses persent op die eerste R30 000,00 of deel daarvan, 3,5% op die balans onderworpe aan'n maksimum van R9 655,00 plus BTW met 'n minimum van R485 plus BTW in kontant op die dag van die veiling, die balans teen registrasie van transport moet verseker word deur 'n Bank, Bouvereniging of ander aanvaarbare waarborg wat binne 14 (VEERTIEN) dae van die datum van die verkoping gelewer moet word. Neem verder kennis dat: 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde Hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping by die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Stalsstraat 17, POSTMASBURG, NoordKaap Provinsie. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes, o.a. 3.1 voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008. (URL http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=99961) 3.2 FICA-wetgewing m.b.t identiteits- en adresbesonderhede 3.3 Betaling van registrasiegeld 3.4 Registrasievoorwaardes 4. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju vir die Hooggereshof, DANIëLSKUIL, met afslaer J.J. Claassens. 5. Advertensiegeld teen heersende publikasietatiewe en verkopingkoste volgens Hofreëls, geld. D.A. HONIBALL (NS8280) Prokureur vir Eiser p/a Matsepes Ingelyf Aliwalstraat 26/28 Bloemfontein Tel. 051 448 3145/6/7.
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
K E N N I S G E W I N G S
VEILINGS
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
DIE swemmers van die Laerskool Seodin wat uitstekend op die onlangse interskolegala gevaar het, is van links, voor: Mike Pieterse en Harry Albutt; middel: Merise Louw; agter: Wilmien Kruger, Danelle Pieterse, Nerine Albutt en Alet Kotze. Afwesig: Stefan Erasmus. Foto: Johrieta Strauss
Swemmers presteer
LEERLINGE van die Laerskool Seodin het op Donderdag 13 Maart aan ’n interskole-gala in Hotazel deelgeneem. Ander skole wat ook aan die gala deelgeneem het, was die Laerskool Kathu, die Laerskool Blackrock en die Laerskool Seodin. Die Laerskool Seodin se swemmers het baie goed gepresteer. Merise Louw het agt eerste plekke verwerf en het ook ’n rekord verbeter. Alet Kotze het twee eerste plekke en twee
derde plekke behaal. Nerine Albutt het een derde plek verwerf en Danelle Pieterse het drie eerste plekke en twee tweede plekke behaal. Mike Pieterse het ook uitstekend gevaar en het drie eerste plekke en drie tweede plekke verwerf. Stefan Erasmus het een derde plek en Wilmien Kruger het ook een derde plek verwerf. Harry Albutt het drie tweede plekke behaal.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
19
Groep fokus op jeugontwikkeling ALLE sewes-rugbybelangstellendes word genooi om hulle aan te sluit by die Kalkpoort-soutwerke en Hillside-sewesrugby-gemeenskapsportontwikkelingsgroep aan te sluit. Volgens Roderick Titus, stigter van die ontwikkelingsgroep, is hul plan vir 2014 om ’n sewes- en raakrugby-akademie te begin. “Ons wil toekomstige rugbyspelers oplei wat hulle later by die Upingtonrugbyklub, die United-rugbyklub en ander klubs kan aansluit. Só wil ons rugby in die Oranje-Unie-rugbygebied laat herleef en bevorder,” sê hy. Volgens Titus het Hillside goeie ondersteuning van die gemeenskap. “Ons doel is om ’n groot rol te vertolk in die ontwikkeling en opvoeding van
“Ons wil toekomstige rugbyspelers oplei wat hulle later by die Upingtonrugbyklub, die Unitedrugbyklub en ander klubs kan aansluit. Só wil ons rugby in die OranjeUnie rugbygebied. laat herleef en bevorder” – Roderick Titus die jeug om eerder hul fokus op sport as op misdaad te plaas.” Die Hillside-ontwikkelingsgroep is ook by verskeie gemeenskapsondersteuningsprojekte betrokke. Dié projekte sluit in die Terug skool toe-projek, die Reg tot voedsel-projek, die Winterkombers-projek en die Kids Christmas Drive. Met dié projekte wil die groep sy verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap nakom en uitdra.
Die groep was ook nou betrokke by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Jeug in sport-aktiwiteite en hulle was ook deel van die Nelson Mandeladag-aktiwiteite. Die ontwikkelingsgroep bemark en bevorder netbal en straat-teen-straat-sokker, skermbord, domino’s en skaak onder die jeug. “Hillside se bestuur het ook ander
soortgelyke instansies gevra om saam te werk ten einde die rigting waarin almal beweeg een groot beweging tot die bevordering van die jeug te maak,” sê Titus. Belangstellendes word gevra om die volgende nommers te skakel indien hulle belang stel om by die volgende aktiwiteite betrokke te raak: Vir rugby skakel 060-495-2328, vir netbal en modellesse skakel 060-663-9502 of 074-585-4912, vir sokker skakel 071-436-9483 en vir skaak skakel 082-672-1574. Vir naskoolse ondersteuning kan die ontwikkelingsgroep by Towerkopstraat 3, Hillside, Rosedale, Upington, besoek word. ) Die Rietfontein-jeug-in-misdaadtoernooi vind van 28 tot 30 Maart plaas.
Eerste netbal- en hokkiewedstryde in 2014 gespeel OP 15 Maart het verskeie hoërskole in Postmasburg hul eerste netbalen hokkiewedstryde vir die jaar gespeel. Op die rugbyveld het die o.15A-span van die Hoërskool Postmasburg met 12-7 teen die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) van Kakamas gewen. Die o.17A-span van die HMO het
Postmasburg met 28-7 geklop en die o.19A-span het met 5-31 teen Postmasburg verloor. Op die netbalbaan het die o.14A-span van die HMO Postmasburg met 26-2 geklop, die Hoërskool Hartswater met 15-8 geklop en teen die Hoërskool Kalahari met 7-16 verloor. Die o.14B-span van die
HMO het Postmasburg met 17-3 en die Hoërskool Daniëlskuil met 6-4 geklop. Die o.15A-span het Daniëlskuil met 19-9, die Hoërskool Kathu met 20-6 en die Hoërskool Kalahari met 16-8 geklop. Die o.15B-span van die HMO het Postmasburg met 16-6 geklop. Die o.19A-span het teen Hartswater met 2-35, teen Postmas-
burg met 7-22 en teen die Hoërskool Vaalharts met 3-38 verloor. Die o.19B-span het teen Daniëlskuil met 3-16 en teen die Hoërskool Kalahari met 1-29 verloor. Op die hokkieveld het die eerste span teen Kalahari met 1-2 verloor en het Postmasburg met 6-1 en Hartswater met 2-1 geklop.
Die tweede span van die HMO het gelykop teen Hartswater gespeel en het Daniëlskuil met 1-0 geklop. Die derde span het die Hoërskool Kalahari met 3-1 geklop en het gelykop teen Kathu gespeel. Die vierde span van die HMO het Kathu met 3-1 en Hartswater met 2-1 geklop.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 27 MAART 2014
Atlete blink uit ALTESAAM 16 atlete van die Hoërskool Duineveld het as deel van die ZF Mgcawudistrikspan aan die Noord-Kaapse hoërskoleatletiekkampioenskapsbyeenkoms in die De Beersstadion in Kimberley deelgeneem. Dié atlete het sewe goue, agt silwer- en vier bronsmedaljes gewen. Mari Slabber het ’n goue medalje in die hoogspring vir meisies o.15 gewen. Adriana van der Walt het bronsmedaljes in die diskusgooi en gewigstoot vir meisies o.15 gewen. Jannie Visser het ’n goue medalje in die diskusgooi vir seuns o.15 gewen. Coenraad Kotzé het goue medaljes in die spiesgooi en gewigstoot vir seuns o.15 gewen. DS Jansen van Vuuren het ’n silwermedalje in die 300 m-hekkies vir seuns o.15 gewen.
Anna-Lize Botha het ’n silwermedalje in die gewigstoot vir meisies o.17 gewen. Marné Visser het ’n silwermedalje in die diskusgooi vir meisies o.17 gewen. Anelda Venter het ’n bronsmedalje in die spiesgooi vir meisies o.17 gewen. Kyle de Klerk het ’n silwermedalje in die driesprong vir seuns o.17 en ’n bronsmedalje in die verspring gewen. Julian Titus het ’n goue medalje in die 400 m-hekkies vir seuns o.17 en ’n silwermedalje in die 2 000 m-hindernis gewen. Du Toit Visser het ’n goue medalje in die diskusgooi vir seuns o.17 en silwermedaljes in die gewigstoot en die spiesgooi gewen. Retha-Marie Lategan het ’n goue medalje in die 400 m-hekkies vir meisies o.17 en ’n silwermedalje in die 100 m-hekkies gewen.
VAN links is Anemine van Schalkwyk, Mieke Prinsloo, Henry Warkus, Christi van Niekerk en Christin Fox. Foto: Verskaf
HMO-atlete blink uit op byeenkoms
ATLETE van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas het op Saterdag 8 Maart aan die provinsiale atletiekbyeenkoms in Kimberley deelgeneem. Christin Fox het ’n rekord in die meisies o.15-verspring verbeter. Sy het goue medaljes in die verspring-, 90 m-hekkies- en 200 m-nommers gewen. Anemine van Schalkwyk was tweede in die meisies o.15-verspring. Mieke Prinsloo het bronsmedaljes in
die 800 m en die 1 500 m vir meisies o.19 gewen. Henry Warkus het ’n silwermedalje in die spiesgooi vir seuns o.19 gewen. Christi van Niekerk het ’n silwermedalje in die 400 m vir meisies o.17 gewen. Christin en Anemine is op grond van hul prestasies gekies om van 27 tot 29 Maart aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms in Polokwane te gaan deelneem.
VAN links is, voor: Adri van der Walt, RethaMari Lategan, Jannie Visser en Mari Slabber; agter: Coenie Kotzé, Kyle de Klerk, DS Jansen van Vuuren, Marné Visser, Julian Titus, AnneLize Botha, Du Toit Visser en Anelda Venter. Foto: Megan Loots
Draf saam met Bruce Fordyce DIE eerste parkrun vind Saterdag in Upington plaas. Almal wat graag die 5 km-afstand saam met Bruce Fordyce wil kom draf of stap, moet voor 07:00 op die hoek van Dwars- en Wildebeesstraat bymekaarkom vir die wegspring wat stiptelik om 07:00 plaasvind. Die roete kronkel Pokkies-eiland deur en almal wat
aan Upington se eerste parkrun wil deelneem, moet hulle eers op www.parkrun.co.za registreer om ’n amptelike strepieskode te ontvang. Alle tye word elektronies geneem en sal per e-pos aan die deelnemers gestuur word. Ma’s en pa’s met stootwaentjies, drawwers en stappers is almal baie welkom.