Upington bulletin 28 aug 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

29 AUGUSTUS 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Fanie Malan-koor bo!

Tweede agtereenvolgende jaar in ATKV se topvyf in SA Lizette Slabber DIE Voorbereidingskool Fanie Malan se koor is die tweede agtereenvolgende jaar as een van die topvyf junior kore in die land aangewys. Dié koor is vanjaar vyfde in die ATKVApplous-koorkompetisie. Wat die prestasie nog uitsonderliker maak, is dat Fanie Malan se koor die enigste plattelandse koor is wat die lys van toptien junior kore gehaal het. Volgens Christi Engelbrecht (dirigent) is dié prestasie nog spesialer, omdat hulle slegs een maand ná haar man, Johan, se dood moes optree. Johan was een van die mees geliefde koorleiers op Upington. Christi rig Fanie Malan se koor al van 2004 af. Vanjaar bestaan die koor uit 56 leerlinge waarvan ongeveer die helfte in gr. 3 is. “Dit beteken dat ek elke jaar feitlik van voor af met die koor moet begin.” Die keuringsproses begin in Januarie en die eerste drie maande sing hulle net klanke. “Ons konsentreer daarop om hulle te leer rond sing. Om nie die plat NoordKaapse klanke te maak nie. Hulle word geleer om hul vokale mooi te sing.” Dit is moeilik om vir ’n junior koor gekeur te word, omdat dié kore nie met die verskillende stemgroepe werk nie. “Die kinders moet hoog en laag kan sing en daarom laat ek hulle ook in kanonvorm sing om hulle voor te berei vir senior kore waar die maatjie langs jou dalk nie diesefde as jy gaan sing nie.” Omdat sy met sulke klein kinders werk, word alle liedjies uit die kop uit geleer. “Ons gee nooit vir hulle die woorde nie, maar hulle is sulke goeie namakers dat hulle die woorde ken lank voordat ek dit ken.” Sy rig hulle ook met baie bewegings af, omdat klein kinders so lief daarvoor is. Hulle kan ook nie langer as ’n uur aaneen oefen nie, omdat hul konsentrasievermoë nog nie so goed is nie.

DIE Voorbereidingskool Fanie Malan se koor is die tweede jaar agtereenvolgens in die ATKV­Applous­kompetisie as een van die topvyf junior kore landwyd aangewys. Hier is die koorlede saam met Elizma Theron (links agter), die koor se begeleier, en Christi Engelbrecht, die dirigent. Foto: Lizette Slabber

Christi sê sy raak baie lief vir die leerlinge in haar koor. Sy vertel: “Een van die kinders storm nou die dag in ’n winkel teen ’n flink spoed op my af en hardloop my amper

onderstebo – maar hulle is almal so spesiaal.” Dr. Deon Scheun, skoolhoof, sê die skoolkoor gee ’n interne motiveringswaarde aan dié kinders.

“Dit gee hulle selfvertroue, blootstelling, en ’n heerlike gevoel van kameraderie. “Dit gaan vir hulle oor die genot daarvan, asook die samewerking met hul juffroue en hul maats.”


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Kansa reik uit KANSA bied in September op Kakamas en op Keimoes ’n Relay for Life aan om geld vir kankernavorsing en -hulp in te samel en bewusmaking van kankervoorkoming en die wel en wee van oorwinnaars te kweek. Die Kansa Kakamas Relay for Life vind op 7 September by die Hoërskool Martin Oosthuizen plaas. Vanjaar is die tema Laat jou sterretjie skyn en die fokus is op kinders wat teen kanker veg, dié wat gesterf het en dié wat die lewe weer vier. Skryf jou span in – daar is nog tyd. Dra jou goue strikkie of geel T-hemp en wys jy gee om. Bel Christa Havenga by 072-463-7425 vir meer inligting. Dit is amper tyd vir die Kansa Keimoes Relay For Life. Dit is die eerste Relay for Life vir die Keimoes-gemeenskap. Dit vind op 14 September op die Hoërskool Keimoes se sportterrein plaas. Die komitee en spankapteine is vuur en vlam vir die groot feesgeleentheid. Die tema is Leef Gesond. Raak deel hiervan en skryf jou span in en staan saam in die geveg teen kanker. Bel Anthony Titus by 078-272-2773 om ’n span in te skryf.

Bekende sterf ná ongeluk Anena Burger

De Wet was sedert 1998 ’n verteenwoordiger van Kanoneiland ’n GELIEFDE boer, direkteur in die direksie van Orange River van Orange River Cellars en Cellars. voormalige provinsiale Volgens Herman Cruywagen, rugbyspeler, Eric de Wet (59), besturende direkteur, was hy ’n is Saterdagaand in die tyd ondervoorsitter totdat sy Mediclinic Upington dood werklading hom genoop het om uit nadat hy in ’n ongeluk beseer te tree, maar hy was steeds is. voorsitter van die direksie se Marize Dege, De Wet se produksiekomitee. dogter, sê haar pa en haar Cruywagen het De Wet beskryf man, Dawid, het Woensdagas iemand met wie jy oorlog toe aand ’n bestuursvergadering kon gaan. bygewoon. Ná ’n geselligheid De Wet sal ook vir sy liefde vir is hulle in hul onderskeie rugby onthou word. voertuie huis toe. Hy is in 1972 vir die NoordwesDege sê sy het later ’n Kaap-hoërskolespan vir die oproep van haar pa ontvang Cravenweek gekies. Hy het ook vir om te sê hy was in ’n ongeluk. Maties se eerste span gespeel. “Hy kon ons nie sê waar hy In 1977 het hy vir die Upingtonwas nie en die foon het rugbyklub gespeel en is dieselfde uitgesny. Ons het hom gaan jaar vir Noordwes-Kaap gekies. Hy soek en hom by sy bakkie het tot 1993 vir sy klub en provinaangetref.” sie gespeel. Hulle het hom toe na die De Wet is in 1987 vir ’n span van Mediclinic Upington gebring. die Sport Pienaar-unies gekies wat De Wet het vier ribbebene ’n wedstryd teen ’n span van die gebreek en sy longe beseer, Curriebeker se B-unies gespeel maar sou Saterdagoggend het. ERIC DE WET en sy vrou, Debbie. Foto: Verskaf ontslaan word. Hy word deur sy vrou, Debbie, Hy is Saterdag omstreeks 05:00 in die Dokters in die intensiewesorgeenheid het sy kinders, Corné, Marize, Erika, Debbie en badkamer van sy hospitaalkamer aangetref alles probeer om hom te help, maar hy was Albert, en sy kleinkinders oorleef. nadat hy vermoedelik flou geword het. Dit is reeds breindood. ’n Troosdiens word Vrydag om 10:00 in die onbekend hoe lank hy daar was. Dege sê haar pa is Saterdagaand oorlede. NG kerk op Kanoneiland gehou.

Mini-mark vir diere

-2/14

-3/15

-2/20

SW-15

SSO-5

NNO-5

DIE Animal Welfare Society (AWS) op Upington gaan op Saterdag 21 September van 09:00 tot 14:00 ’n mini-markdag by Maud’s Place in Schröderstraat aanbied. Almal word genooi om van die heerlike eetgoed soos braaivleis, roosterkoeke, pannekoek, koekies en droë wors te kom koop. Alle geld sal gebruik word om ’n steriliseringprojek vir

honde en katte te begin. Dit is slegs deur sterilisering dat vele probleme met mishandelde diere voorkom kan word. Daar sal handwerk en kunswerke te koop wees, asook iets om die woefie of katjie in jou lewe mee te bederf. Rig verdere navrae aan Mary-Anne Miskey by 082783-9472.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

MARLENE LE ROUX het die studente van die NCR­VOO­kollege se Upington­kampus behoorlik met haar woorde geïnspireer. Foto’s: Lizette Slabber

VAN links is Marlene le Roux, Shirley Ntsenge, Rina Liebenberg (ACVV), Patronella Dawids, Ronnie Isaacs (NCR­VOO­kollege), Jerome Novhulambo, Shirlene Strauss en Elrico Berendse.

Spreker inspireer studente Lizette Slabber “NIKS is onmoontlik nie.” Dít is die les wat Marlene le Roux, bekende skrywer en direkteur van die Kunstekaap, aan studente aan die NCRVOO-kollege se Upington-kampus oorgedra het. Le Roux het op Vrydag 23 Augustus op uitnodiging van die Afrikaanse Christen-vrouevereniging (ACVV) die Upington-kollege, die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington besoek. Sy het studente dit op die hart gedruk dat hulle hul drome moet nastreef en dat dit belangrik is om in jouself te glo. Volgens Le Roux het sy op drie maande polio opgedoen. “My ouma was ’n druiweplukker, my

ma was ’n fabriekwerker, ek was een van 11 kinders, het in die apartheidsera grootgeword en polio opgedoen. Ek kon in ’n hoekie gesit en myself jammer gekry het, maar is elke dag só bly oor al my seëninge.” Sy het drie lewenslesse aan die studente oorgedra.Die eerste is om nooit skaam te wees oor waar jy vandaan kom nie, anders kan jy nie vorentoe gaan nie. Die tweede les is dat jy nie mag toelaat dat jou kinderjare bepaal waar jy eendag gaan wees nie. Sy het gesê die studente het geleenthede gekry en hulle moet dit gebruik om weer “die pad vir ander oop te maak”. Die derde les is harde werk. Volgens haar mag die studente nie dink die sertifikaat waaraan hulle werk, is al wat

3

hulle nodig het nie. “Daardie sertifikaat is net die begin. Jy mag nooit vir jouself sê nou het ek ge-arrive nie. Jy moet sê ek gaan nooit arrive nie. Ek gaan bly werk.” Sy het die belangrikheid van verantwoordelikheid neem vir jou dade beklemtoon. Om die lewenslesse uit te voer het sy vir die studente vier opdragte gegee. Die eerste opdrag is om elke maand ’n lys van al hul seëninge te maak. Tweedens moet hulle al hul negatiewe bagasie wegpak. Derdens moet hulle ’n brief aan hulself skryf waarin hulle al hul drome uiteensit en skryf wat hulle wil verander. Laastens moet hulle betrokke raak by hul gemeenskap, want dit “laat jou besef hoe geseënd jy is”.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Daar is lewe ná kanker “MOET nooit enigiets as vanselfsprekend aanvaar nie. Nie jou gesondheid nie en ook nie die gesondheid van jou kinders nie. Kanker kan jou lewe in ’n oogwink verander.” Dit was die woorde van Jana du Plessis (van Bloemfontein) toe sy onlangs op ’n Kansa-oggendteeparty gepraat het. As ’n mens na kanker-oorlewendes se stories luister, gebeur daar ’n paar dinge met jou. ’n Mens besef maar net weer hoe jy alles as vanselfsprekend aanvaar en jy word deur hul woorde tot in jou tone toe geruk. Jy besef ook dat jy uiters ondankbaar kan wees met tye en sommer net kla oor nonsens. Hoe maklik doen ons dit nie om net deur die lewe te gaan en te dink alles is goed en wel en niks kan skeefloop nie? Al het ’n mens dalk finansiële probleme of huweliksprobleme, niemand dink regtig daaraan dat kanker die lewe drasties gaan verander nie. Want kanker bekruip jou stilstil.

Dit tref jou wanneer jy dit die minste verwag. En elke kanker-oorlewende wat praat oor sy ervaring vertel dat hulle dit nooit sou oorleef het sonder die hulp en ondersteuning van vriende en familie nie. Maar belangrikste van alles, hulle sou dit nooit oorleef het sonder God in hul lewe nie. Daar is hoop. Daar is lewe ná kanker. Met ’n sprankel in die oog en ’n groot glimlag op hul gesig vertel hulle vir jou om nooit moed op te gee nie. Dit is sekerlik ’n boodskap wat ’n mens kan onthou in enige moeilike situasie waarmee jy sit. Positiewe denke is nog ’n aspek van hul gesprekke. Wat jy dink, is wat jy glo. Makliker gesê as gedaan, veral as jy in ’n groot krisissituasie is. Maar dit is belangrik om positief te wees en te bly. ’n Positiewe gesindheid het al menigmale moeilike situasies makliker gemaak. En onthou: Daar is altyd hoop. En die genade van Bo.

God wil oral gedien word Schalk Theart DAAR is ’n mylpaal wat bereik moet word. Die een of ander tyd gaan die lint gebreek word. Dít is wanneer die laaste wedloop voltooi is. Dan sal alles onder een naam verenig word: Christus. Die profeet Sagaria sien iets hiervan raak. In 520 v.C. lê die tempel en die stad Jerusalem in puin. Die volk Israel is in ballingskap weggevoer. Die jakkalse speel saans tussen die bouvalle. Die Persiese koning het toestemming gegee dat die stad en tempel herbou kan word. Niks is so aansienlik soos Salomo se tempel nie. Dit wat herbou word, word ook vir die Here gedoen. Op die tulband van die priester moet staan: Heilig aan die Here. Sagaria sien iets besonders raak. Hy bring ’n boodskap bloot deur Sy naam. Hoor hoe het hy al gesê: “Nie deur krag of geweld nie, maar deur my Gees sê die Here van die

leërskare.” Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. Hy sien Jesus Jerusalem binnery op ’n donkie. Hy sien die wonde aan sy Heiland se hande. Die Herder word geslaan en Sy skape verstooi. Die dag sal aanbreek dat elke duimbreedte van die hele aarde aan die Here gewy sal wees. Hy sê verder: “Selfs die potte in die huis van die Here sal soos die offerkomme by die altaar wees.” Dit is die Woord van God: Dat elke mens, elke plek, elke taak, elke dier – alles op die aarde aan God behoort. God wil oral geken, gedien, vereer en geprys word. Jesus het ’n bloedspoor oor die hele aarde kom trap. ) Ds. Schalk Theart is ’n leraar aan die NG kerk op Daniëlskuil.

Kalahari se trots DIE trots van die Kalahari bly maar die pragtige eland. Die foto is by Dithaba Lodge geneem.

Foto: Vincent Ward

Opvoeding van publiek nodig MARIUS VAN DER MERWE, Kathu: EK kan nie meer saamstem met Theuns Coetzee in die Kalahari Bulletin van 15 Augustus nie. Ek bly nou twee jaar op Kathu en kan weekliks sien hoe die dorp agteruitgaan. Ek neem kennis van Coetzee se siening dat die inwoners moet betrokke raak, maar ek sien dit in ’n effens ander lig as hy. Dit is goed om ’n voorbeeld te stel deur skoonmaaksessies te reël en so aan, maar die permanente oplossing is om rommelstrooiery te stop eerder as om elke keer maar weer skoon te maak. ’n Munisipale amptenaar het voorheen in een van die koerante genoem dat die probleem by die publiek lê wat rommel strooi. Hy het egter nie gesê wat die munisipaliteit se strategie rondom die opvoeding van die publiek in hierdie verband is nie. Daar is byvoorbeeld geen advertensies in hierdie verband op die dorp te be-

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Kosbare tyd snel vinnig verby Lizette Slabber DIT was met skok dat ek besef het dit is al die 33ste koerant vir 2013 wat uitgereik word. Dit beteken slegs 17 koerante is vir die jaar oor, wat natuurlik ook beteken dit is net 17 weke tot Kersfees. Waarheen het 2013 verdwyn? Die een oomblik het ons nog met die uitslae van die 2012-matriekeksamen gestoei en die volgende oomblik is die opening van die Kalahari Mall net ’n maand weg. Ek onthou nog goed die opgewondenheid oor die sonparke en die vraag oor watter inkopiesentrum eerste klaar sou wees. Vroeër vanjaar was ons seker die Kgalagadi Mall gaan eerste oopmaak en nou ry ons

daagliks verby die Kalahari Mall en sien hoe die werkers al verf. Toe ek jonger was, het dit vir my gevoel asof elke jaar só stadig verbygaan. Ek het eens trots vertel ek is al sewe en ’n half; nou wil ek my kinders styf vashou om te keer dat hulle langer, groter en ouer word. Daagliks stel ek ’n lysie op van al die dinge wat ek die dag móét doen. Bel my suster, koop vitamiene, gaan ’n naweek weg, bederf my ma . . . en

speur nie. Die SAPD behoort ook hier ’n rol te speel, want soos ek dit het, is rommelstrooiery onwettig. Groot myngroepe soos Anglo American, ARM en BHP Billiton belê groot bedrae geld op Kathu vir werknemerbehuising en ek glo die rede waarom water- en elektrisiteitvoorsiening nog goed is, is toe te skryf aan die insette van Anglo American (Kumba). Hierdie mynhuise moet egter hul invloed gebruik om te verseker dat die Gamagara-munisipaliteit belastinggeld in belang van die dorp bestee, ook in terme van die skoonhou van die dorp. Waar is ons politieke partye en belastingbetalersvereniging? Dit is organisasies wat saam met die bekommerde inwoners die munisipaliteit op

die werklikheid is week ná week gaan verby waar ’n mens eerder werkdinge as hartsdinge doen. Die jaar het nog net 17 weke oor en die hartseer is dat daar selfs nog minder tyd gaan wees vir die lekker en belangrike dinge in die lewe. Want dié tyd van die jaar neem alles in spoed toe. Ons versnel ons pas en voordat ons ons oë uitvee, tel ons die minute na 2014 toe af. Ek smag na meer ure in ’n dag, meer tyd saam met geliefdes, minder jaag na geleenthede; veral na meer tyd vir stil wees, koffie drink op die stoep, laat slaap en om sommer net saam met die kinders op ’n bank te sit en na ’n komedie kyk.

hul tone moet hou. ’n Ander baie groot probleem op Kathu is die verkeer. Waar is Kathu se verkeersbeamptes? Ek het in my twee jaar as inwoner nog nie een keer ’n verkeersbeampte ’n boete sien uitskryf nie of selfs net gesien nie! Die verkeer is chaoties. Elke Maandag is daar minder verkeerstekens en straatligte op Kathu. As ons gelukkig is, verwyder die munisipaliteit die beskadigde artikels ná ’n baie lang tyd, maar ek het nog weinig gesien wat herstel of vervang is. Hoe bestee die munisipaliteit sy geld? Miskien is dit tyd dat die begroting en besteding in die plaaslike koerante gepubliseer word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Gemeenskap se hulp dra gesin Ilse Watson KLEIN Jean-Pierre de Villiers is met ’n gesplete verhemelte en lip gebore en is ook met Golden Har-sindroom gediagnoseer. Hy is slegs een van sewe kinders in Suid-Afrika wat met dié sindroom gediagnoseer is. Hy is ook met net een oor gebore. “Ek en twee ander vriende het besluit om in Julie 2014 Kilimandjaro te gaan uitklim om geld vir die Smile Foundation in te samel. “Daar is baie mense wat nie die nodige geld het om ’n gesplete verhemelte te herstel nie. “Ons wil met die projek R250 000 insamel en dit vir die Smile Foundation gee sodat ons ander kan help,” vertel Jean-Pierre se pa, Pierre de Villiers. Op vyf maande oud het Jean-Pierre sy eerste operasie gehad om die gesplete verhemelte en lip te herstel en twee maande later het hy nog ’n operasie ondergaan. “Ons het wel ’n siekefonds gehad, maar daar was soveel uitgawes waarby ons nie kon uitkom nie. ’n Barmhartige Samari-

taan (ons weet tot vandag toe nie wie dit was nie) het die ekstra geld betaal en iemand anders het ook vir ons ’n bykomende voertuig gegee. Jean-Pierre het só baie longinfeksies ná die operasies ontwikkel en iemand van Kuruman het ons huis se dak geïsoleer. Dit het baie gehelp,” vertel de Villiers. “Sonder die ondersteuning van familielede, vriende en sulke ongelooflike mense wat op jou pad kom, sal ’n mens nooit so iets kan oorleef nie. Ons het ook altyd geglo dat God sal voorsien wanneer dit nodig is en dat Hy ons deur die moeilike tye sal dra.” Om geld in te samel gaan ons binnekort op die Kuruman-skou ’n boereworsstalletjie hê. Ons beplan ook om lootjies te verkoop waartydens baie oulike pryse gewen kan word. “My dogtertjie, Jané, se gr. 3-klassie van die Laerskool Kathu het gehelp om plakkate te maak sodat ons ons stalletjie op die skou daarmee kan verfraai,” vervolg De Villiers. “Ons is ’n baie hegte gesin en ons het mekaar deur die moeilike tye gedra en ons sal aanhou om dit te doen. Sonder die ondersteuning van my vrou en kinders sou ek nie die Kilimandjaro-projek kon aanpak nie.” Hulle beplan ook ’n uithouwedren vir motorfietse en ander viertrekvoertuie. Hulle wil ook graag betrokke raak by die opkomende Kumba-fietsrydag wat op 21 September plaasvind. Verskeie ander mini-projekte word ook nog beplan. Enigiemand wat betrokke wil raak by die besondere projek kan De Villiers by 078-793-1684 bel of e-pos stuur aan pwb.devilliers@gmail.com of Ilse Watson by 079-831-5579 bel of e-pos aan haar stuur by ilse.watson@volksblad.com.

PIERRE DE VILLIERS saam met sy seuntjie, Jean­Pierre.

Foto: Ilse Watson

DIE amptelike logo vir die Kilimandjaro­ek­ spedisie wat vir 2014 beplan word. Foto: Verskaf

’n PRAGTIGE plakkaat wat deur Jané, sussie van Jean­Pierre, en haar gr. 3­klasmaats van die Laerskool Kathu gemaak is. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

9

Oorwinnaars se lewe gevier KANSA op Upington bied vanjaar weer ’n Oorwinnaarsteeparty op die Kalahari-kuierfees aan. Die geselligheid vind vanjaar op Donderdag 26 September om 10:00 in die Meerkatgat plaas. Kansa en die kuierfees wil graag alle kankeroorwinaars nooi om op dié geselligheid oorwinnaars te vereer. Hannes van Wyk gaan as die gasspreker optree en Nadia Louw as sanger. Nooi mede-oorwinnaars saam en kom geniet die oggend saam met Kansa. Antwoord by Joey van der Merwe by Kansa by 054-332-4937. Toegang is gratis.

VANJAAR is Hannes van Wyk die gasspreker op Kansa se Oorwinnaarsteeparty wat op Don­ derdag 26 September op die Kalahari­kuier­ fees plaasvind. Foto: Verskaf

Kry kaartjies vir skatersnaakse komedie DIE enigste teaterproduksie wat vanjaar op die Kalahari­kuierfees gaan wys, is Titaniek, ’n skreeu­ snaakse komedie met Jodie Abrahams en Christo Davids van 7de Laan. Dit gaan oor Boetie Durrie wat moet bewys sy groot­oupagrootjie was op die RMS Titanic voordat hy sy erfporsie kan kry. Die kaartjies vir dié vertoning, Tjif en Tjaf, Sarie Kos en die ander vertonings kan van Maandag 2 September af by die feeskantoor gekoop word. Foto: Liza van Deventer

Kuierfees gaan kook HERMAN LENSING en Barbara Jou­ bert van Sarie Kos tree twee keer op die Kalahari­kuierfees op. Foto: Verskaf

HERMAN LENSING, oudUpingtonner en kosredakteur van Sarie Kos, gaan weer vanjaar die Kalahari-kuierfees met sy kosdemonstrasies opvrolik. Hy en Barbara Joubert, redakteur van Sarie Kos, gaan op Vrydag 27 September om 14:00 en op Saterdag 28 September om 12:00 optree.

Hulle het spesiaal vir die 21ste bestaansjaar van die Kalahari-kuierfees op ’n vars benadering tot “onthou-kos” gefokus. Vanjaar tree hulle in die Meerkatgat op. Kaartjies kos R150 wat die Eiland-dagkaartjie insluit. Kaartjies sal van Maandag 2 September af by die feeskan-

toor beskikbaar wees. Rig verdere navrae aan die feeskantoor by 054-332-1100 of besoek die kuierfees se webwerf by www.kuierfees.co.za. Maak ook gerus ’n draai op die kuierfees se Facebookblad. Kaartjies sal ook by die Meerkatgat se ingang beskikbaar wees.

FREE LOCAL DELIVERY Handling fee applies to bricks and cement.

Enquire in-store for details.

QUALITY BUILDING MATERIALS, PAINT, TOOLS AND HARDWARE

PAINT

TILING

PAINT ACCESSORIES

DURAM WALL & CEILING

DURAM FLEXIWALL

Various 5 Litres

Various 5 Litres

184.95

167.95

SKU: Various FROM

Q IN ONE

SKU: Various FROM

20 Litres

20 Litres

SKU: Various FROM

SKU: Various FROM

599.95

642.95

Drip Oil • 100ml

DURAM FLEXIKOTE

FREE MEMBRANE

SKU: 301866

Q20

Q10

Multipurpose Lubricant 300g

Penetrating Fluid 150g

51.95

31.95

Various Colours 5 Litres + Free Membrane SKU: Various

SKU: 301865

133.95

MARULA MARBLE Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

SKU: 301864

51.95

SKU: 301731 Price per m 2

MARULA BROWN

69.95

Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2 SKU: 301732 Price per m 2

BATH SUITES

LADDERS

69.95 MOPANE MARBLE Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

6 PIECE BATH SUITE White with Plastic Cistern SKU: Various

1 313.70

A-FRAME LADDER

COMPRISING OF:

SKU

UNIT PRICE

SKU: 302438

Bath 1,7 (With Handles)

5250

Cistern Plastic Ecolux

5328

P- Pan LL Rapido

5370

Courier Basin

5392

Pedestal Full

5344

Toilet Seat Contract Elf 82

592101

SKU: 301726 Price per m 2

6 Step • 1,8m

MOPANE PEACH

569.95 186.95 118.95

599.95

Ceramic Floor Tile 35 x 35 • 2m2

EXTENSION LADDER

188.95 208.95

3m - 6m

69.95

SKU: 301730 Price per m 2

SKU: 302432

1 429.95

39.95

SKU: 628253

TYLON GROUT 5kg • White 5kg • Dove Grey

SKU: 628560

PREPAID HOME ACCOUNT

4728

VALID ONLY IN SOUTH AFRICA

RSA • WK09 • 190x260 VALID UNTIL SUNDAY 22 SEPTEMBER 2013

PLEASE NOTE THAT SELECTED PRODUCTS MAY NOT BE AVAILABLE IN ALL STORES, OR COULD DIFFER SLIGHTLY FROM PRODUCT IMAGE SHOWN.

201

E & O E. ALL PRICES INCLUDE 14% VAT

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING

TYLON TILE ADHESIVE 5kg

SKU: 628552

www.cashbuild.co.za • 0861 CASHBUILD (227 428 453)

69.95

5kg • Light Grey

26.95 20kg • WB9

SKU: 628205

39.95

SKU: 628566

47.95 59988 REDWORKS


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Toneelaand groot sukses Lizette Slabber

DIE Hoërskool Duineveld het op 23 Augustus ’n ATKV-toneelaand aangebied. Dié aand is aangebied met die samewerking van die ATKV-jeugtak van Duineveld en die ATKV-Rooiduintak op Upington. Dié toneelaand het die jaar se uitstekende prestasie op die Namakwaland-toneelfees op Springbok, die Logan-toneelfees op Fraserburg en die

ATKV-tienertoneelkompetisie in Bloemfontein ten toon gestel met die opvoering van die bekroonde toneelproduksies Pille en Die Fynproewer. Dié twee produksies het die gehoor in vervoering gehad met die gehalte van die toneelspel, beligting, dekor en verhooggrimering. Tussen die opvoering van die twee produksies het die dramagroep van Duineveld ook gewys waarom hy so goed in die kykNET-toneelkompetisie, op die Klawer-kunstefees en op

die Calvinia-eisteddfod gevaar het. Floris Thirion, Joline Human, Coerath Claassens, Lucinda Deacon, ’n mimiekgroep, en Chrisna Opperman het die gehoor met ’n groot verskeidenheid individuele nommers vermaak. Een van die hoogtepunte van die aand was beslis ’n duet van Coenrath en sy oupa, Dave Möller. Coenrath het die kitaar en sy oupa die trekklavier bespeel.

MARITÉ DU PLESSIS (links) vertolk die rol van Anja en Annemie My­ burgh die rol van Martie in Pille. Foto’s: Lizette Slabber

DAWIE VAN HEERDEN speel die rol van Herman en Erina Kruger is sy sekretaresse, Vanessa.

DIE grimerig op Dawie van Heerden se gesig verander hom gemaklik in ’n middeljarige man, perfek vir die rol wat hy in Pille vertolk. Die karakters se grimering is deur Olga Malan gedoen wat verantwoordelik is vir die teks, regie en afrigting van die kinders.

JOLINE HUMAN speel die rol van Madelein en Franco Harmse die rol van Janus wat enigiets sal doen om as rugbyspeler te presteer.

BRENDAN VAN ZYL speel die rol van ’n gas in ’n restaurant wat met alles fout vind en ’n geheime agenda het. Hier bestel hy ’n bottel wyn by Nadine van Zyl wat die rol van die wynkelner vertolk.

IN Die fynproewer speel Leoné du Preez die rol van die kelner en Zandri du Plessis is die hoofda­ me.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

11

Gaan groot vir Loslitdag LOSLITDAG vind vanjaar op 6 September plaas en vanjaar se tema is Doen dit Groot. Met R10 kan jy een plakker koop en jou grootste baadjie, hoed, skoene, broek of snoer aantrek en so ’n reuse-verskil maak in die lewe van gestremdes. Vanjaar moet almal wat Loslitdag ondersteun, groot gaan. Dra een plakker of gaan groot en dra sommer tien. Maak ’n groot lawaai sodat almal mense met gestremdhede sal ondersteun. Die geld wat met Loslitdag ingesamel gaan word, sal aan ’n groot verskeidenheid organisasies geskenk word. Die Nasionale Raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika, die Federasie vir Geestesgesondheid, Disabled People South Africa, die Federasie vir Dowes van SuidAfrika, Epilepsie Suid-Afrika, die Nasionale Raad vir Blindes, Outisme Suid-Afrika, Downsindroom Suid-Afrika, die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid, die Suid-Afrikaanse Dowevereniging, die Nasionale Instituut vir Dowes, QuadParavereniging van Suid-Afrika, Alzheimer Suid-Afrika en South African Disability Alliance gaan almal by Loslitdag baat vind. Vir meer inligting of om ’n bydrae te lewer bel Loslitdag se kantoor by 011-609-7006 of besoek die webtuiste www.casualday.co.za.

MARILYN RAMOS, Mej. Suid­Afrika, ondersteun ook Loslitdag nadat sy vanweë haar werk met kinder­organisasies besef het hoe belangrik die eerste 1 000 dae van ’n kind se ontwikkeling is. Sy sê: “Een R10­noot het nou ’n baie groot impak op die lewe van baie mense met gestremdhede.” Foto: verskaf

Plaaslike kelders raap pryse op ORANGE RIVER CELLARS het twee klaswenners opgelewer en drie goue medaljes op die pas afgelope Suid-Afrikaanse Jongwynskou verower en daarmee sy skitterende prestasies in onlangse wynkompetisies voortgesit. Die klaswennerwyne was albei wit muskadelwyne van die Kakamas-kelder, een van die vyf produksie-eenhede in die Orange River Cellars-stal. Een van dié wyne het die kategorie vir muskadelwyne met ’n alkoholvlak onder 16% gewen, en die ander wyn het in die kategorie vir muskadelwyne

met ’n alkoholvlak bo 16% met die louere weggestap. Die eerbewyse het Orange River Cellars se plek as een van SuidAfrika se mees bekroonde muskadelprodusente verstewig. Dié produsent is vroeër vanjaar as die toppresteerder in die Muskadel Suid-Afrika-kompetisie aangewys, en was ook die enigste Suid-Afrikaanse kelder wat ’n

toptien-plek op die Muscats du Monde in Frankryk kon losslaan. Dié gesogte kompetisie het inskrywings van kelders van oor die wêreld heen gelok. Op die Suid-Afrikaanse Jongwynskou het Orange River Cellars ook ’n goue medalje in die afdelings vir natuurlike soet wit-, blanc de noirof roséklas gewen met ’n colombar van die Keimoes-kelder. Die Kakamas-produksie-eenheid het goud in die ander kultivar-versnitklas vir ’n droë rooi versnit verower, terwyl Orange River Cellars se Upington-kelder goud in

die rooi muskadel- of jerepiko-klas losgeslaan het. Volgens Koos Visser, bemarkingsbestuurder van Orange River Cellars, is die rits prestasies ’n aanduiding van dié produsent se toenemende veelsydigheid. “Ons het nog altyd muskadel van ’n hoë gehalte geproduseer vanweë ons ideale terroir. Vanjaar het ons wyne besondere hoogtes in dié kategorie bereik, en dit het ook tot verhoogte verkope gelei,” sê Visser. “Ons wys ook ons staal met ander wynstyle. Dit blyk nie net duidelik uit die drie goue medaljes

Groot familie-pretdag op Upington gehou DIE Desert Palace-casino bied saam met Families Suid-Afrika (Famsa) op Upington ’n familie-pretdag op 31 Augustus aan. Famsa is ’n nie-winsgewende organisasie wat mense bemagtig om verhoudings te herstel, te bou en in stand te hou. Hulle bevorder gesonde, stabiele, individue, families en gemeenskappe. Dié familie-pretdag begin om 10:00 en sal tot ongeveer 13:00 aanhou. Spanne bestaan-

de uit vier lede kan teen R100 per span inskryf om aan ’n Amazing Race-tipe wedloop op die Desert Palace-terrein deel te neem. Die R100 sluit ook vier ritte op die 5-D Simulator, vier putjies op die putt putt-baan met 18 putjies, vier koeldranke en vier pakkies skyfies in. Die spanne kan pryse wen. Die span wat eerste oor die wenstreep is, wen R3 000

kontant. Die tweede span ontvang R2 000 en die derde span R1 000. Die spanne wat van vierde tot tiende oor die wenstreep gaan, sal elkeen R500 kontant ontvang. Daar sal die oggend deurlopend ook ander vermaak wees. Alle inskryfgeld sal aan Famsa geskenk word. Inskrywingsvorms is by die Desert Palace-casino beskikbaar. Rig verdere navrae aan 054-332-3955.

op die Suid-Afrikaanse Jongwynskou nie, maar ook dat Orange River Cellars as 2013 se Best Value-kelder landwyd aangewys is. “Die prestasies is danksy ’n kundige wingerdboukundige span wat nou met druiweprodusente saamwerk, die toegewyde wynmakers by ons vyf kelders en ons bekwame beplanners, sowel as logistieke spesialiste. “Aangevuur deur die erkenning wat ons nou ontvang, is die Oranjerivier verheug om sy plek as een van Suid-Afrika se voorste wynstreke vol te staan.”

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf www.kalaharibulletin.co.za.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

TLC staan lyers van kanker by

Plant bome vir toekoms

SUID-AFRIKA vier vanjaar Nasionale Boomplantweek van 1 tot 7 September. Boomplantweek fokus op die plant en versorging van bome veral in agtergeblewe gemeenskappe. Dié veldtog, wat aangebied word deur die departement van landbou, bosbou en vissery, wil hierdeur die waarde van bome en hul rol in die handhawing van die mens se lewensbestaan herbevestig. Vanjaar se boomplantveldtog sal die tema Ons bosse – ons toekoms hê. Bosbouplantasies, inheemse woude en natuurlike boomveld is ’n integrale deel van die wêreldwye volhoubare ontwikkeling en daarom word die aanplant van inheemse bome, vrugtebome en bome wat geskik is vir die plaaslike omgewing, aangemoedig. Nasionale Boomplantweek poog om die volgende doelwitte te bereik: ) Verbeter mense se kennis van inheemse bome. ) Beklemtoon die noodsaaklikheid dat almal moet bydrae tot die vergroening van Suid-Afrika. ) Die ekologiese rol van bome in die omgewing. ) By te dra tot ’n groen, waardige en gesonde omgewing. ) Die jeug aan te moedig om deel te neem aan boomplant- aktiwiteite. In Suid-Afrika is die aanplant van bome van kardinale belang om die lewensomstandighede van die meeste van die bevolking te verbeter en die boomlose stedelike woonbuurte en die HOP-huise te ver-

KANSA op Upington doen ’n beroep op die gemeenskap om gesinne wat deur kanker geraak word te help. Kansa se Tough Living with Cancer-program (TLC) fokus op al die situasies wat kinders affekteer en bedreig wanneer dit by kanker kom. TLC ondersteun nie net kinders wat met kanker gediagnoseer word nie, maar ook boeties en sussies wat soms geweldig swaar kry weens iemand in die huis wat aan kanker ly. Ouers kan nie meer die nodige aandag aan almal gee nie omdat die behandeling van die siekte so baie tyd, energie en geld vereis. Kinders in ’n huishouding waar ’n ouer met kanker gediagnoseer is, sal soms worstel met die vrees om wees agter gelaat te word. ’n Ouer wat die broodwinner is en dan met kanker gediagnoseer word, het ook nie altyd die krag of vermoë om te werk en ’n inkomste te kry nie. Vir Kansa-personeel is dit hartverskeurend om deur die TLC-program by gesinne betrokke te raak waar die water- en elektrisiteitsrekening of die huur nie betaal kan word nie omdat die mediese uitgawes te hoog is. In baie gevalle moet kinders skielik met die minimum klaarkom en daar is huise waar daar nie eens kos is nie. Kansa op Upington vra hulp van die gemeenskap om gesinne met ’n daadwerklike behoefte te ondersteun. Kruideniersware kan by die Kansa-kantore by Le Rouxstraat 60 afgelaai word. Daar is ’n behoefte aan droë en vars produkte, vleis en iemand wat met petrol kan help. Belangstellendes kan ook meer regstreeks betrokke raak deur ’n gesin aan te neem. Bel Joey van der Merwe van Kansa by 054-332-4937 vir inligting of om betrokke te raak.

fraai. Bome verskaf waardigheid en lewe aan mens en dier. Vanjaar sal die Provinsiale Boomplantweek-viering in Upington plaasvind om erkenning te gee aan die //Khara Hais-munisipaliteit se eerbewys as boomrykste dorp in Suid-Afrika. Die vieringe vind op 6 September om 10:00 in die Robert Gunda-stadion in Paballelo plaas. Vir verdere inligting kontak Mtshaulana Thembelani by 053807-2632.

UPINGTON, wat bekend is vir sy lang palmlaning by die Eiland, is as boomrykste dorp in Suid­Afrika aangewys en daarom vind die pro­ vinsiale Boomplantweekvieringe vanjaar op Upington plaas. Hier baljaar apies heerlik tussen die be­ kende palmbome. Volgens die de­ partement van landbou, bosbou en vissery verskaf bome waardigheid en lewe aan mens en dier. Foto: Lizette Slabber

Polisielede van Rosedale vereer TWEE lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Rosedale het brons-eerbewyse vir uitstaande dienslewering ontvang. Sers. Willem Reed en reser-

vis-konst. Albertus Jacobs het elkeen ’n brons-eerbewys ontvang vir hul werk van die afgelope jaar. Reed is beloon vir sy uitstaande optrede en prysens-

waardige bydrae wat ’n positiewe impak op dienslewering in die Noord-Kaap gehad het. Jacobs is as die derde beste reservis van die jaar 2012-’13 aangewys.

VAN links is sers. Willem Reed, kol. Gerit Smith en reservis­konst. Albertus Jacobs.

Foto: verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Leersame jaguitstappie DIE Laerskool Sentraal op Kakamas se gr. 3-klas het op Donderdag 8 Augustus ’n opwindende jaguitstappie onderneem. Ondanks die yskoue weer het al die

gr. 3’s gesellig op ’n vragmotor tot in die jagveld gery waar hulle ’n les in wapenhantering en -veiligheid gekry het. Nadat ’n springbok geskiet is, het hulle gekyk hoe ’n bok geslag word en

AL die gr. 3’s op die bakkie en wat hulle na hul jaguitstappie vervoer het.

hoe die verskillende organe van ’n bok lyk. Dit het natuurlik tot groot opgewondenheid onder die seuns gelei terwyl die meisies vreeslik gegril het.

Foto: Verskaf

DAAR was darem ook tyd om piekniek in die veld te hou. Van links is, voor: Mpho Nouse, Jadya­Lee Bezuidenhout en Emmurencia Visagie; middel: Ashwané Isaaks en Nikita le Roux; agter: Karolien Nel. Foto: Verskaf

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Velties wys hul ware kle(u)re Lizette Slabber DIE leerlinge van die Hoërskool Duineveld het op Vrydag 23 Augustus met gewone klere skool toe gegaan. Om dié voorreg te kon benut moes al die Velties hul deel bydra om drie nie-winsgewende instansies te help. Die gr. 8- en gr. 9-klasse het met blikkieskos betaal vir die voorreg om gewone klere te kon dra. Al dié blikkieskos is aan die ouetehuise van die Afrikaanse Christen-vrouevereniging (ACVV) geskenk. Die gr. 10- en gr. 11-leerlinge het betaal

om hul hare te kleur om só geld vir Kansa in te samel. Hulle kon ook bandanas koop om só hul deel vir die Sunflower Foundation by te dra. Anine Hanekom (gr. 11) wat bandanas aan haar medeleerlinge verkoop het, sê hulle het die Sunflower Foundation gekies, omdat kanker almal raak. “Almal van ons ken iemand of het ’n familielid wat deur kanker geraak is.” Die matrieks het pienk materiaal gekoop om 88 bome op die Duineveld-skoolterrein vir die Pienk Bome vir Pauline-projek te versier. Julize Marais (gr. 12) sê: “As ’n skool saamstaan, kan jy net soveel meer mense bereik.”

NATALIE FAUL het haar hare deur Rudy van Tonder laat spuitverf om só vir Kansa geld in te samel. Foto: Lizette Slabber

JULIZE MARAIS en Hannes von Wielligh versier een van 88 bome met pienk lap.

Foto: Lizette Slabber

DIÉ drie gr. 11’s het bandanas verkoop om geld vir die Sunflower Foundation in te samel. Van links is Josef Botes, Jano Barnard en Anine Hanekom. Foto: Lizette Slabber

SELFS Rian van der Vyver, skool­ hoof van Duine­ veld, is met pienk materiaal toege­ draai. Foto: Donovan Eva Photography


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

15

VIER krieketspelers van die Laerskool Kuruman is in die Kalahari­streekspan ingesluit wat die naweek aan die Griekwaland­Wesse plattelandproewe op Upington gaan deelneem. Van links is Gareth Blake (o.11), Henrico Theron (o.13), Eaghan Coetzee (o.13) en Rohan Theron (o.11).

DIE Wrenchville­span is van links, voor: Eaghan Coetzee, Russel Keet, JP Minaar (kaptein) en Werner Buys; agter: Daryll Peacock, Jeffrey van Wyk, Edwin Coetzee, Neville Bridges, Ayrton Heyns, Rick Fortuin en Henry Conner.

Wrenchville trek haas uit die hoed DIE Wrenchville-krieketspan het onlangs kragte in twee vriendskaplike wedstryde met die Apex–span van Upington gemeet. Met heelwat sleutel-spelers wat beseer is en ’n ongewone kolfblad het die span van Wrenchville eers gesukkel, maar op die tweede dag van die wedstryd het hulle ’n hele paar hase uit die hoed getrek. Met ’n kolfblad wat aansienlik stadiger vertoon het, het die kaptein, JP Minnaar, besluit om die boulaanslag te begin met die draaibal-boulers. Die draaibalboulers het die lopies ingekort en sodoende die druk vierkantig op die kolfspan geplaas. Hierna het Minnaar die vinnige boulers laat boul en die paaltjies het op reëlmaat gekantel danksy uitstekende veldwerk deur die hele span. Die uitblinker-boulers was Daryll Peacock

met 4 vir 18 lopies, Ayrton Heyns en Claud Viret met 2 paaltjies elk. Jeffrey van Wyk en Edwin Coetzee het elkeen een paaltjie geneem. Apex was almal uit vir 114 lopies. Wrenchville was vroeg in sy kolfbeurt in die moeilikheid met 25 lopies vir die verlies van 2 paaltjies, maar hierna was dit nag vir die span van Apex met Edwin Coetzee en Jeffrey van Wyk voor die penne met goed berekende krieket. Hulle het onderskeidelik 30 n.u.n. en 57 n.u.n. aangeteken. Wrenchville het met agt paaltjies gewen. Jeffrey van Wyk is as die speler van die wedstryd aangewys. Die Wrenchville-span wil ook die Apex-span bedank vir die goeie gees waarin die wedstryde gespeel is.

Haal SA se B­span MAGDALEEN DU PREEZ, ’n leerling aan die Hoërskool Kalahari, het die afge­ lope naweek ’n derde plek in die windbuks­ skietkompetisie op Upington behaal. Met die prestasie is sy in die Suid­Afrikaanse B­span ingesluit wat op 23 en 24 Septem­ ber in Johannesburg gaan deelneem.

THE senior choir of the Kuruman Primary School was invited to perform at the official opening of the nine new Early Childhood Development Centres funded by Kumba at the Lareng Primary School. The conductor is Meldine Mackriel.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

CONTRACTORS or private bakkie to cart your goods. Anywhere, anytime. Phone 072 492 4144. DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600.

RETIRED PRINCIPALS/ Deputies and HODs required for a project in the Kuruman (JTG) area. Project involves facilitation and montoring. Applicants must satisfy the following requirements: * Facilitation and school management experience * Valid driver's licence and own car * Computer literate (Word and Excel) * Have own laptop * Prepare to work on weekends Interested applicants to email their CVs to: igugu@telkomsa.net by 5 September 2013.

OPSAAG VAN SKAAP, bewerk van vleis. Lekkerste biltong, droëwors en chilli bites. Wors, maalvleis, troeteldiermaalvleis op bestelling. Agter- en voorkwarte teen billike pryse. Skakel Arno 082 706 8166.

AANDAG

AKRIELNAELS: R180 vir 'n vol stel. Ek kom doen jou naels by jou huis as jy nie na my toe kan kom nie. Skakel Elize 078 783 8263.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

FORTUNER 3.0 D4D: 4x4, 2012. Outo, wit. 14 000 km. R390 000. Skakel Michelle (053 712 1014/0626 HILUX 1.8: 1997. R45 000. 1996 Isuzu 250: R33 500. Phone 071 967 0285.

SMALLS NOTICE

HILUX 2.4: 2003. Tralies. R79 500. 2000 Hilux 2.4D: R69 500. Phone 071 967 0285.

C.J. Kgatlhane

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Cholohelo Jackson Kgatlhane, identiteitsnommer 390102 5538 089, met nagelate eggenote Kesalamang Flora Kgatlhane, identiteitsnommer 440826 0319 083, in lewe van Huis A35, Tzaneen, Wyk 13, Distrik Kuruman. Boedelnommer 1714/2012. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 30 Augustus 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

2005 NISSAN CABSTAR TRUCK, 2-ton, R85 000 neg. 2001 Uno 1.1, R21 000. 1992 Corolla 1.3, R18 000. Phone 073 259 8703. HYUNDAI GETZ, 2005: R55 000. 2005 Corsa R34 500. Phone 071 967 0285. RENAULT: 1985. R9 500. 1985 Cortina: R10 000. 1990 Opel: R16 500. Phone 071 967 0285. SENTRA 1996: R24 500. 1995 Sentra: R22 500. 1995 Mazda: R22 500. Phone 071 967 0285.

CASH FOR CARS AND BAKKIES below R40 000. SMS 071 967 0285.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr 20, Kuruman.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. DUNLOP SUV-BANDE: 4 x 255 x 70 xR16. Tans op Pajero. +- 15 000 km se loopvlak nog oor - goeie toestand. R160/band kontant. Skakel 073 293 9637.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

6 000-m²-erf met goedkeuring vir 43 woon-stelle in Cuninghamstraat, Kuruman. R2,5 m o.n.k.a. Skakel 053 712 0407 kantoorure.

Rita's

Eiendomme Properties

Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000.

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

LOST SAMSUNG TABLET: R500 reward for information or recovery. Phone Meshack 072 457 6102.

GROOT 4 SLPK huis met 2 badk, garage, waskamer. Beskikbaar einde Augustus. Skakel Mnr Fourie 082 490 1606.

BASSETHONDJIES. Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 500 elk. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

PROKMED SENTRUM Hoofstraat, Kuruman. Kantore te Prokmed Sentrum, 1ste Vloer met veiligheidshek. Beskikbaar 1 September 2013. Een jaar huurkontrak minimum. Skakel Phillip van der Merwe 083 287 7377 / 079 548 5000.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

VEILINGS

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

BETREKKINGS Bereik die boonste sport saam met die Shoprite Groep van Maatskappye in hierdie Bestuursposte!

Die Shoprite Groep bied tans hierdie leiersposte in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noord-Wes provinsies, aan toepaslik gekwalifiseerde en ervare persone wat graag saam met Afrika se voorste supermark-kleinhandelaar wil groei – want by Shoprite verander ons geleenthede in langtermynberoepe!

Takbestuurders

Met Graad 12 of gelykwaardig, ’n bewese prestasierekord, verkieslik in kleinhandelbestuur, en die vermoë om mense en prosesse te bestuur, asook goeie kommunikasievermoë in Engels en Afrikaans, sal u volle verantwoordelikheid vir alle aspekte van die tak aanvaar.

Assistentbestuurders

(Verkope & Administrasie)

Suksesvolle kandidate moet bereid wees om saans, oor naweke en op openbare vakansiedae te werk en gewillig wees om te hervestig, en in ruil vir u bydrae, bied die maatskappy markverwante vergoedingspakkette, ’n standvastige werksomgewing en die geleentheid tot deurlopende beroepsontwikkeling.

Aanstelling in hierdie poste verg Graad 12 of gelykwaardig en ervaring in ’n kleinhandel- of diensteomgewing. Verdere voorvereistes is effektiewe probleemoplossingsvaardighede, en ’n ingesteldheid op klante en personeel. U moet ’n lewendige belangstelling toon in kleinhandelbestuur en Engels en Afrikaans goed magtig wees.

Stuur asseblief u CV aan 051 410 7704 OF 051 410 7705. Sluitingsdatum: 10 September 2013 Kandidate wat nie binne vier weke ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was. Die Shoprite Groep onderskryf die beginsels van Gelyke Indiensneming en behou die reg voor om nie die poste te vul nie.

Leerlingbestuurders

Hierdie geleentheid sal deure vir jou oopmaak om as leier te groei en jou passie vir die kleinhandel uit te leef. En wat meer is, jy sal verdien terwyl jy leer! Jy moet in besit wees van ’n Senior Sertifikaat of ’n Diploma in Kleinhandelbestuur. ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Besigheidsbestuur sal in aansoekers se guns tel.

113928

www.ayandambanga.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Nuwe terrein ingewy DIE Gariep-perdesportklub het vanjaar sy 50ste bestaansjaar met ’n splinternuwe terrein op Wilgenhoudtsdrif gevier.

Die viering het dié klub as een van die oudstes in die Noord-Kaap laat uittroon. Die klub moes noodgedwonge vanjaar ’n nuwe terrein skep, omdat die ou terrein nie meer in die toekoms beskikbaar sal wees nie. Die eerste byeenkoms was op Saterdag 19 Augustus op die nuwe terrein op Wilgenhoudtsdrif en as die bywoning van die publiek en die deelname van die perderuiters as ’n maatstaf van die voortbestaan van die klub moet dien, dan is die klub nog in sy kinderskoene. Die groot belangstelling onder veral die jong mense en kinders in die sport het opgeval en volgens lede van die bestuur was daar ’n verdubbeling van inskrywings. Daar was ongeveer 60 perde op die terrein. Die plaaslike gemeenskap het ook die geleentheid besonder goed ondersteun.

ELA ARNON neem aan een van die nommers deel.

WALDO NEL het die jong ruiters ’n ding of twee gewys. Foto’s: Wollie Burger

TAL ARNON konsentreer hard.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

23

Span klim 2 plekke op netbaltoernooi DIE Hoërskool Duineveld se o.17-netbalspan het 11de in die land geëindig op die SuidAfrikaanse kampioenskappe in Boksburg. Die spelers het hul man teen die van baie groot Gautengse skole soos die Hoërskool Ver-

eeniging, die Hoërskool Waterkloof en die Hoërskool Florida gestaan. Hulle het met slegs een punt teen Paarl-Gimnasium en die Hoërskool Brandwag verloor. Hulle het die Hoërskool Ben Vorster (28-5), die Hoër-

skool Jim Fouché (20-13), die Hoërskool Ligbron (18-7) en die Hoërskool Hartswater (18-9) gewen. Dié span het na Boksburg gegaan om op sy 13de plek in 2012 te verbeter en met dié 11de plek het hy dit maklik reggekry.

HIER is al die mense wat al drie duathlon­wedrenne voltooi het met hul medaljeborde. Van links is Ulrich Lategan, WA van Niekerk, Kobus Liebenberg, Jan Taute, Ida Paulsen, Stea Holland­Mu­ ter, Gerrie Evert en Kobus Lategan. Foto: Verskaf

Winterreeks eindig op skilderagtige roete MET ’n pragtige roete langs die rivier, kronkelend deur wingerde en eiland, het die Upington Crusaders hul laaste Optimum-winterreeks-duathlonbyeenkoms van die jaar aangebied. Dié duathlon het op 10 Augustus saam met die Keimoeswildsfees plaasgevind en die kuier-atmosfeer het die koue behoorlik verdryf. Die 8 km se draf, 26 km se bergfietsren en 2 km se draf het op ’n besonderse roete met die laaste deel teen Tierberg uit, tussen aalwyne en ’n asemrowende uitsig deur,

DIE spelers van die Hoërskool Duineveld se span wat 11de in die land is, is van links, voor: Tedré van Wyk, Alét Opperman en Alzette van Zyl; agter: Anshin Potgieter, Charlize Hanekom, Elmoné Botha, Isabeau Malan, Anelda Venter, Derise Grobbelaar en Rin­Marie Coetzee.

plaasgevind. Die wenner van dié dag was WA van Niekerk, maar die hoogtepunt van die reeks was die deelnemers wat al drie die

duathlon-byeenkomste voltooi het. Elkeen het ’n medaljebord ontvang waarop hulle hul medaljes van die reeks kon monteer.


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013

Neem aan kriekettoernooi deel VYF krieketspelers van die Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) het aan die IPL­krieket­ toernooi (o.13) op Upington deelgeneem. Die spelers was in die Warriors­, Kings­, Scorpi­ ons­ en Lions­spanne ingedeel. Van links is Emmanuel Basson, Cameron van Rhyn, Nelius de Jager, Kobus van Zyl en Braam Nel. Foto: Verskaf

DIE Kakamas­kankergholfuitdaging het vanjaar baie gholfspelers gelok wat hul beursies wawyd oopgemaak het om geld vir Kansa in te samel. Frans Bergh het die A­afdeling, David Wandrag die B­afdeling en Bolla Louw die C­afdeling gewen. Van links is Chrisna Roos (Kansa), Louw, Bergh en Wandrag.

Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.