Upington bulletin 30 oct 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

31 OKTOBER 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Wolke pak saam ná warm dae SAND, stof en toe die eerste somersdonderslae met ’n welkome reënlafenis ná 35° hitte en winde van tot 45 knope. Upington was skaars sigbaar van 4 km buite die dorp.

Foto: Anena Burger


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Keimoes ’n kampioen Emile Joubert

DIE Keimoes-kelder, een van die vyf kelders onder die Orange River Cellars-vaandel, het bykans al die trofeë op Suid-Afrika se voorste kleinhandelgedrewe wynkompetisie, die Tops/Oranjerivier-wynkompetisie, opgeraap.

Gehalte geprys

Maak skoonskip Die Keimoes-kelder is vir die tweede agtereenvolgende jaar as grootkampioenkelder vereer en het eerbewyse ontvang vir die beste wit kultivar (colombard), beste wit versnit (colombard/chenin blanc), beste rooi kultivar (shiraz), beste rooi versnit (shiraz/petit verdot) en beste verouderde wyn (wit muskadel). Keimoes se wynmaker, Rianco van Rooyen, het ook die kampioenwynmaker-trofee ontvang. Die naaswenner in die kampioenwynmaker-afdeling was George Kruger van die Kakamas-kelder. Die drie oorblywende trofeë is opgeraap deur Kruger vir sy beste klassieke wyn (wit muskadel), Keimoes se Awie van Wyk, ’n produsent wat die naaswennertrofee vir enkelwingerdwyn (wit muskadel) ontvang het, en nog ’n produsent, Dirk Malan, ook van Keimoes, wat die trofee vir beste enkelwingerdwyn (shiraz) verower het. Spesiale wyne Orange River Cellars se vyf kelders – Upington, Groblershoop, Grootdrink, Kakamas en Keimoes – produseer elk wyne spesiaal vir die kompetisie. Vanjaar is 30 wyne vir die eindronde ingeskryf. Van hierdie wyne was 11 rooi wyne, 7 wit wyne, 1 muskadel en 1 mediumklas viognier. Volgens die hoofproduksiebe-

oor ’n wye verskeidenheid geure en intense kleure beskik wat die streek onderskei van ander Suid-Afrikaanse wynstreke. “Daar word dikwels gesê dat die ligging van hierdie gebiede te ver verwyderd is van die Kaapse wynlande. Daar is egter geen rede waarom dit ’n probleem moet wees nie, aangesien die terroir van die Oranjerivier-wynstreek hoëgehaltewyne oplewer en in sekere gevalle selfs beter as dié van meer ‘tradisionele’ wynstreke.”

VAN links is Mark Robinson, uitvoerende hoof van Tops At Spar, Rianco van Rooyen, senior wynmaker van die Keimoes-kelder en die kampioen-wynmaker, Mariken Jordaan, wynmaker van Keimoes, Chris Venter, produksiebestuurder van OWK, en Chris Kalp, wingerdboukundige van die Keimoes-kelder. Foto: Helani Delport stuurder van Orange River Cellars, Altus Theron, lê die uniekheid van hierdie eerbewyse in die spanwerk en die onbeteuelde entoesiasme van die wynmakers. Gesonde wedywering “Die Tops/Oranjerivier-wynkompetisie verseker gesonde wedywering tussen kelders en tussen wynmakers. Dit is ’n jaarlikse hoogtepunt by Orange River Cellars waartydens wynmakers vereer word vir hul toewyding en harde werk van parstyd totdat die wyne vir die kompetisie voorgelê word. Die kompetisie weerspieël ook die samewerking wat bestaan van die wingerdvoorbereiding tot waar die wyn gemaak word, en al die verskillende berei-

dingsprosesse wat gevolg word. “Ons het vroeër vanjaar op ’n stel kernwaardes vir Orange River Cellars besluit, en hierdie waardes kan gesien word in ons wynmakers en die wyne wat hulle produseer, naamlik entoesiasme, positiwiteit, toewyding, en spanwerk. Die kombinasie van hierdie waardes en die insette van Spar help om uitstekende wyne te produseer wat immer verbeter.” Spanwerk Kampioenwynmaker Rianco van Rooyen skryf sy sukses aan spanwerk toe. “Ons het op alle aspekte van die produksieproses gefokus, van die wingerd tot die kelderprosesse en op al die verskillende fases. Niks is aan

die toeval oorgelaat nie. Ons het ’n fantastiese span, en die produsente help van die begin af in die wingerde. Die druiwe het vanjaar ’n effens hoër pH gehad as in vorige jare, wat bygedra het tot ’n uitstekende mondgevoel. Ek dink dit was ’n deurslaggewende faktor in die wenresep. “Een van die kultivars wat uitgestaan het, was die shiraz wat Dirk Malan geproduseer het. ’n Gedeelte van sy wingerde is hoër as die res geleë en dit lewer druiwe met ’n hoër geurintensiteit op,” het Van Rooyen gesê. Intense geure en kleure Guy Webber, wynmaker van Stellenzicht en een van die beoordelaars, het opgemerk dat die Oranjerivier

“Hierdie streek se wynmakers moet meer daarop konsentreer om hul eie styl wyne te produseer. Hul gehalte is op ’n gelyke vlak met die beste ander wynstreke, en hulle het ook die voordeel van hoë opbrengste sonder dat gehalte ingeboet moet word. Hulle vorm deel van die SuidAfrikaanse wynbedryf en kan trots wees op die gehalte wat hulle produseer,” het Webber gesê. Mark Robinson van Tops at Spar was beïndruk deur die uitslae van vanjaar se kompetisie. “Die Oranjerivier-wynstreek hou aan om druiwe van uitstaande gehalte te lewer met die bykomende voordeel van die streek se gesonde opbrengste wat Spar in staat stel om uitstekende waarde-vir-geld-wyne aan die verbruiker te bied,” volgens Robinson. “Hierdie kompetisie is uniek en bring hulde aan die wynmakers van Orange River Cellars se verskeie streke. Dit dien ook as inspirasie vir die wynmakers om te wys watter opwindende wyne van hoogstaande gehalte hierdie streek kan oplewer.” Die beoordelaarspaneel vir 2013 het twee van Suid-Afrika se voorste wynbeoordelaars, Neil Pendock en Fiona McDonald, ingesluit, sowel as Tinus van Niekerk, Nomonde Khubeka, Joaquim Sá (besturende direkteur van die kurkmaatskappy Amorim), Abé Beukes (keldermeester van Darling Cellars) en Guy Webber (Stellenzicht).


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

3

Kluis-vonds in Oranje Anena Burger ’n CHAOS het verlede week byna op Upington losgebars omdat inwoners gedink het iemand het weer van die verkeersbrug oor die Oranjerivier gespring. Inwoners het die Upington-polisiekantoor se telefone warm gebel. Volgens kapt. Jacques September, woordvoerder vir die polisie op Upington, was dit egter nie die geval nie. Lede van die polisie se duikeenheid het net ’n kluis, wat tydens ’n inbraak gebuit is, uit die rivier gehaal. “Verbygaande motoriste het gedink iemand het gespring en ons het selfs ’n oproep ontvang waartydens iemand wou weet wie die matrikulant is wat van die brug af gespring het.” ’n Onbekende bedrag geld, juwele, ’n pistool en twee haelgewere was in

die kluis. Die kluis was onder die eienaar se bed versteek en nie ingebou soos regulasies vereis nie. ’n Skootrekenaar is ook in dié voorval gebuit. Vier verdagtes is in verband daarmee in hegtenis geneem en ’n vyfde, wat reeds in aanhouding is vir ’n ander klag, het nog nie in die hof verskyn nie. Hulle is kort ná die inbraak in Louisvaleweg aangekeer nadat maj. Eve April van die speurtak, sowel as lede van die honde-eenheid, misdaadintelligensie, misdaadvoorkoming, die prioriteitsmisdaad-ondersoekeenheid en die duikeenheid, met ’n grootskeepse ondersoek begin het en inligting uit die gemeenskap opgevolg het. Volgens September sal nog ’n persoon vir die nalatige verlies van ’n vuurwapen voor die hof gedaag word.

DIE skootrekenaar wat tydens ’n inbraak by ’n woning in Louisvaleweg gebuit is, is saam met twee haelgewere en ’n kluis teruggevind. Die polisielede wat die verdagtes aangekeer het, is van links, voor: maj. Eve April en konst. Julian Titus (ondersoekbeampte); agter: ao. Stoffel Visagie, konst. Sarah Kamfer, konst. Robert Beil, studente-konst. Gulliano Beeba en sers. Ronald Louw. Foto: Anena Burger

Man vas oor dagga Anena Burger

DIE polisiespan wat ’n gestremde man met 140 stopsels dagga met ’n straatwaarde van R7 000 in hegtenis geneem het, is van links, voor: a.o. Stoffel Visagie en konst. Sarah Kamfer; agter: studentekonst. Gulliano Beeba, konst. Robert Beil en sers. Ronald Louw. Op die tafel lê die dagga waarop hulle beslag gelê het. Foto: Anena Burger

PIET ISAKS (41), ’n gestremde man van Karos, het Vrydag hier op ’n aanklag van handel in dagga in die hof verskyn. Ses Upington-polisielede het glo gesukkel om die gestremde in die vangwa te laai. Volgens kapt. Jacques September, polisiewoordvoerder van Upington, het die polisie op inligting uit die gemeenskap gereageer. Isaks het glo dagga gebruik en dit aan die gemeenskap verkoop. Die polisie is na Isaks se huis waar hulle hom op heterdaad betrap het waar hy dagga gerook het. Isaks se huis is deurgesoek en 140 stopsels dagga, wat sowat 1,4 kg weeg en R7 000 werd is, is in ’n hangkas en trommel in sy kamer ontdek.

Lyk van vrou in veld gekry Anena Burger DIE naakte lyk van ’n 50-jarige vrou is Saterdag omstreeks 13:20 in ’n veld agter die skouterrein en oorkant die 8 SAI-basis ontdek. Volgens kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie op Upington, is die vrou, wie se identiteit in hierdie stadium nie bekend gemaak mag word nie, deur ’n verbyganger ontdek. “Die vrou is vermoedelik

verwurg en die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat sy verkrag is,” sê September. Volgens September is die vrou Donderdag laas lewend deur familielede gesien. Hulle is egter nie seker of sy Vrydag by haar werk was nie. Sy was glo werksaam by die Upington- Internasionale Lughawe, maar die lughawe kon dit nie bevestig nie. Brig. Paul Cengcane, bevelvoerder, het sy misnoeë oor die

voorval uitgespreek en het gesê dit is kommerwekkend dat so iets gebeur terwyl die polisie nou besig is met sy opbou-programme vir die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders wat op 24 November begin en tot 10 Desember duur. September sê die ondersoek is in ’n sensitiewe stadium en vra dat enigeen met inligting die speurtak op Upington by 054-3373400 skakel.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Betyds wees dui op respek OM betyds te wees vir ’n afspraak is goeie maniere. Om nie betyds te wees nie en ook nie te laat weet ’n mens gaan laat wees nie is ’n teken van uiters swak maniere. Deesdae is almal baie bedrywig en tyd is kosbaar. Daar is net soveel uur in ’n dag beskikbaar om al jou doelwitte en mikpunte te bereik. Dit is dus noodsaaklik dat goeie en doeltreffende tydsbestuur toegepas moet word. Binnekort volg tussenverkiesings in sekere dele van die Noord-Kaap. As ’n lid van die gemeenskap graag wil stem vir sy gekose persoon en party wil hy sekerlik stem vir ’n persoon wat betyds vir sy afsprake is. Maar hoe stem ’n mens vir iemand wat vyf uur laat vir ’n afspraak opdaag? Hoe regverdig is dit dat die media, plaaslike inwoners en eregaste vyf uur aan ’n lyntjie gehou word, want die gekose belangrike persoon is blykbaar op pad. So staan die media, die eregaste en lede van die gemeenskap rond in die warm Kalahari-son en -wind en wag vir iemand om op te daag. Hulle eet rooi Kalahari-sand soos die wind waai. Hulle kry warm. Hulle is moeg en dors. Maar hulle moet wag. Party mense vertrek later huis toe, want hulle is moeg gewag vir

die belangrike persoon wat blykbaar nie goeie tydsbeplanning kan doen nie. So ook het ’n hele plaaslike gemeenskap in die gemeenskapsaal van hul dorp gewag vir die president om sy opwagting te maak. Hulle het al sedert 07:00 by die saal saamgedrom. Opgewonde om die belangrike persoon te sien en om te luister na sy boodskap vir die toekoms. Later die middag het baie van die gemeenskapslede vertrek. Dit is heeltemal te verstane. ’n Mens kan ook net soveel uur vir iemand wag. Natuurlik gebeur daar soms onverwagse dinge en ’n mens se tydsbeplanning en skedule loop dalk heeltemal deurmekaar. Dan is dit nodig om die mense wat vir jou wag daarvan in kennis te stel en te laat weet jy gaan vir jou afspraak laat wees. Jou laat wees beteken verskeie mense se dag word omvergewerp en verskeie mense moet alternatiewe planne maak om die dag se take afgehandel te kry. Om laat te wees vir ’n afspraak beteken jy het nie respek vir die ander mense wat vir jou wag se tyd nie. Dit beteken ook jy ag hulle nie belangrik nie. Dit beteken ook jy het geen respek vir hulle nie.

Die Here gee vrede en gemoedsrus

John Clarke IN vandag se lewe met al die politieke woelinge, die swakker wordende rand en met die afsterwe van geliefdes of selfs wanneer ons in die liefde teleurgestel word, voel dit soms of die lewe jou onderkry. Jy begin wonder: ) Sal ek nog brood op die tafel vir my gesin kan sit? ) Soms steel hierdie dinge ons gemoedsrus en jy het geen vrede meer nie. ) Soms het jy so seer dat jy net nie vertroosting kan vind nie. In Psalm 23:4 sê koning Dawid: Al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee sal ek geen onheil vrees nie. Dit is ’n baie sterk stelling. Koning Dawid kom uit ’n agtergrond van skaapwagters en omdat hy self ’n herder was, merk hy sekere ooreenkomste tussen ’n herder met sy skape en ons wandel met die Here. Drie dinge staan hier uit: 1. Die Here vertroos ons deur sy voorsiening. Hy laat my neerlê in groen weivelde . 2. Die Here gee ons gemoedsrus of hy gee ons vrede. Hy lei my na waters waar daar rus is. 3.Hy verstaan my seerkry in die lewe. Hy vertroos my siel.

Die dinge het Dawid wat ’n koning was so vertroos dat hy tot die slotsom gekom het dat al gaan ons deur ’n dal van doodskaduwee ons geen onheil hoef te vrees nie. 1. Onder ons eerste punt die Here vertroos deur sy voor siening. Visualiseer die prentjie wat dit skilder van skape wat ’n oorvloed van weiding het en dat hulle nie bang hoef te wees nie. Want sien, enigiets kan vandag gebeur. Een dag is ons sterk en gesond en die volgende dag word ons dalk met kanker of ’n ander ernstige siekte gediagnoseer. Sal ons steeds in die behoeftes van ons familie kan voorsien? As ons ons hoop op God se Skrif plaas, sal hy ons neerlê in groen weivelde. 2. God gee ons gemoedsrus. Ons worstel dalk met die doen en late van ons eggenote of voel verontrus oor ’n kind wat nie rigting in sy of haar lewe vind nie. Ons slaap dalk sleg weens te veel spanning. Plaas jou bekommernisse in God se hande en laat Hy jou gerusstel, want die Skrif sê as ons wat sleg is weet om goeie dinge vir ons kinders te doen hoeveel te meer weet ons Hemelse Vader. 3. Hy verstaan jou seerkry. Miskien is ons in liefde teleurgestel. Ons ervaar die verwerping, die vernedering en die seer. Toe Jesus daar aan die kruis hang, het Hy dieselfde gevoelens ervaar. Soveel so dat hy geroep het: “My Vader, My Vader hoekom het U my verlaat?” Hy verstaan ons seer en hy wil ons troos. Mag ons vandag sy vertroosting ervaar en ook kan sê: Al gaan ek deur ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie. ) Clarke is ’n pastoor by die Kuruman-Christengemeente.

’n BEESWAGTER en sy honde jaag hul beeste kraal toe deur die stof en sand wat oor die vlaktes buite Upington waai. In die verte begin die Kalahari brul en stoot die eerste somerreëns nader. Foto: Anena Burger

Omgekrap oor swak diens JOAN VAN WYK, Wrenchville: EK is baie ontsteld omdat die gemeenskapsaal in Wrenchville nie meer tafels vir gesellighede beskikbaar het nie. Ek het onlangs die saal vir ’n kleuterskoolgeselligheid gehuur en met die opsigter gepraat om uit te vind of daar genoeg tafels beskikbaar sal wees. Hy het ons meegedeel dat daar slegs vier tafels beskikbaar is en dat ons verder by die munisipaliteit moet navraag doen. Ek het na die kantoor van die saal gegaan om verder uit te vind oor tafels en die vroue daar het my meegedeel dat die Ga-Segonyana-munisipaliteit nie meer tafels het nie. Ek wou by hulle weet hoe hulle ’n saal kan verhuur sonder tafels en daar is vir

17/24 S/10.0

9/25 ESE/15.0

10/28 E/10.0

le se mense daarvan beskuldig word dat die tafels in hul besit is.

my gesê ek moet self ekstra tafels huur. ’n Ander vrou in die kantoor het my meegedeel dat “Wrenchville se mense” die tafels het. Wat ek wil weet, is: Hoe seker is hulle daarvan dat die tafels wel by Wrenchville se mense is? En as dit die geval is, hoekom bel hulle nie die polisie om te gaan ondersoek instel nie? Die tafels behoort nie aan die algemene gemeenskap nie, dit is die eiendom van die gemeenskapsaal. Dit is geen diens om ’n saal uit te verhuur sonder tafels en stoele nie. Die opsigter het ook belowe hy sal nog stoele bring, maar ons wag steeds daarvoor. Ek is regtig omgekrap oor hierdie swak diens en ook omdat Wrenchvil-

6/22

7/25

S/10.0

ESE/15.0 E/5.0

8/26

Die peper is in die neus Anena Burger DIT is nou maar eenmaal so dat die liewe Heer vroue geskape het om moeders te wees en mans . . . wel, mans om Saterdae die gras te sny en rugby te kyk. Ek is ’n moderne vrou in ’n moderne wêreld met ’n tikkie aardsheid wat my so ’n bietjie anders as die res maak. Ek het nie tyd in my dag om grimering te dra nie en sommige mense sê selfs dit is afskeep, maar ek het meer in die lewe om op te konsentreer as die weelde van kamoeflering. Ja, ek werk hard, soos die meeste van ons moderne vroue vandag doen. Die week was geensins anders nie. Dit was net besonder uitputtend en ek was pootuit. Gelukkig is my beter helfte ’n moderne man en neem hy darem ongeag sy eie moegheid gewoonlik net mooi in die stadium die teuels oor. Ek is in die opsig seker geseënder as die meeste vroue en moeders, want

my jaarmodel- man het ’n bonuswerking. Hy kán kook, kán skottelgoed was, kán kinders vermaak en kán die leiding neem. Wat sy handleiding egter vergeet het om te meld is dat sy kán die leiding neem-werking onder streng toesig van die verbruiker van die jaarmodel moet geskied. En dat dié werking, sonder toesig, dalk nie gekombineer moet word met die mediese versorging van kleuters nie. So gebeur dit dan dat ek myself soos ’n ou lappieskombers oor die rusbank drapeer en insluimer. My dogtertjie het ’n nare verkoue en het ’n toe neusie. Sy lê op die ander bank en kyk televisie. Ek skrik wakker van ’n hartstogtelike gehuil en kom half bedremmeld regop. My kleinding is in trane en langs haar, op sy knieë, sit die beter-

Kleuterskool baie dankbaar STERRETJIE-KLEUTERSKOOL, Kuruman: ONS kleuterskool het in April na ’n nuwe perseel verskuif. Hopelik is dit die begin van ’n splinternuwe, voorspoedige era. Ons wil graag Kumba Iron Ore vir die omheining van die skool bedank. Barlows het ons atletiekdag geborg en Pep Stores het aan ons tien komberse geskenk. Mag die genoemde instansies van krag tot krag gaan, want om ’n kind te help, glo ek, tel baie in God se oë. Sterre-dankies.

8/26 S/10

11/28 SO/10

12/31 Kalm

halfjaarmodel verbouereerd en probeer troos. Deur die waas van slaap sien ek hoe hoe hy sagkens haar neusie afvee en ek vra moederlik wat fout is. Die antwoorde wat volg, is nie wat ek verwag het nie. Al wat Sus uitkry, is: “My neusie is seer”. Sy vryf vir al wat sy werd is. Die jaarmodel, nou self ontsteld, verduidelik: “Ek kan dit nie verstaan nie man, dit is tog net peper.” Nou, kiertsregop, dink ek stil: Kophou . . . kophou, moenie nou raas nie, sy hardeskyf mag net oppak en dan is daar groter probleme. “Hoe het jy dit in haar neusie gekry en waarom?” vra ek. “Ek het dit in my vingers gehou en gesê sy moet snuif. Ek verstaan nie . . . dit het dan so goed met my gewerk. Ek wou net hê sy moes nies sodat haar neusie kan oopgaan.” Ai, Jaarmodel, wat sê ek dan vir jou met ’n treurende kleuter op my skoot? En daar raak ek histeries aan die lag. “As jy enigeen hiervan vertel, sal ek jou nooit vergewe nie,” kom dit knorrend van sy kant af. Maar die koeël is deur die kerk, of sal ek sê die peper is reeds in die neus?


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

5

Nicole finalis in kompetisie NICOLE SMALL (6) is aangewys as een van 27 finaliste in die Little Miss Petite South Africa-kompetisie. Nicole is die dogter van Nicky en Tanya Small van Kathu. Dié kompetisie, vir meisies van vier tot agt jaar, word jaarliks saam met die Little Miss South Africa-kompetisie,vir meisies van nege tot 12 jaar oud deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Talent, Modelwerk en Vermaak (South African Association for Talent, Modelling and Entertainment – SAATME) aangebied. Nicole is ’n gr. O-leerling aan die Laerskool Cum Laude op Grootdrink en woon by haar oupa en ouma, Neels en Magda Small. Dit is juis haar ouma wat haar inskryf en ondersteun om aan skoonheidskompetisies deel te neem en om so haar selfvertroue en lewensvaardighede op te bou. Little Miss South Africa is nie die eerste skoonheidskompetisie waaraan Nicole deelneem nie. Sy was ’n finalis in die plaaslike skoonheidskompetisies, Miss Little Me (2011) en Miss Twinkle Star (2012), wat

deur Fransolien du Plessis aangebied is. In 2011 en 2012 was sy ook ’n finalis in die Mej. Roosknoppie-kompetisie wat deur Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin, aangebied word. Nicole sê sy is baie lief vir blomme en doen graag pragtige rangskikkings. Nicole sal die naweek van 8 en 9 November in Pretoria aan die finale beoordeling en kroningsgeleentheid deelneem. Die beoordelaars sal met al die finaliste onderhoude voer en hulle sal die geleentheid kry om mekaar beter te leer ken. Elke finalis moet vir elke ander finalis ’n klein geskenk saambring. ’n Prys word aan die finalis toegeken wat die kreatiefste geskenkies gee. Die naweek beloof om vol pret en plesier te wees, met hope geleentheid om nuwe vriende te maak en vaardighede te ontwikkel. Die kompetisie gaan nie net oor die pryse wat gewen kan word, soos juweliersware, haarprodukte en tasstelle nie, maar oor die skep van geleenthede om te groei en oor die pragtige herinnerings wat die meisies en hul gesinne nog lank sal bybly.

DIE Mispa-kinderhuis het ’n skenking van Tops at Spar ontvang. Hier is Mark Robinson, besturende direkteur van Tops at Spar, Deon en Hester Niewoudt van die Mispa-kinderhuis en Herman Cruywagen van die Orange River Cellars. Foto: Retha-Marie Hall

Kinderhuis verbeter met geldskenking Anena Burger

NICOLE SMALL van Grootdrink gaan eersdaags aan die Little Miss Petite South Africa-kompetisie waarin sy as ’n finalis is, deelneem. Foto: Verskaf

DIE jaarlikse Tops-Orange River Cellars-wynkompetisie is op 23 Oktober aangebied. Elke jaar kies Tops at Spar ’n instansie wat die onderneming geldelik ondersteun. Die Mispa-kinderhuis op Keimoes het vanjaar ’n skenking van dié groep ontvang. Die skenking van R50 000 sal die kinderhuis, wat geen staatsubsidie ontvang nie, help om verskeie verbeterings aan te bring om die lewensgehalte van die kinders te verbeter. Verskeie kinders in die Mispakinderhuis is MIV-positief en ontvang daagliks medisyne. Die kinderhuis neem ook kinders in sy sorg wat mishandel is. Van die kinders is so erg mishandel

dat hulle bedlêend is. Die jongste seuntjie wat ingeneem is, was net drie maande oud toe hy op straat gevind is. Hy is nou ’n gelukkige tweejarige kind. Deon en Hester Niewoudt, eienaars, werk onverpoos om die lewe van dié kinders te verryk. Die Nieuwoudts sê hulle wil die skenking gebruik om badkamers vir die nuwe vleuel van die kinderhuis te bou. Dié vleuel is deur die Lughawens-maatskappy van Suid-Afrika (ACSA) moontlik gemaak. Hulle beplan ook om ’n kliniek in die gemeenskap op te rig vir kinders wat MIV-positief is. Daar is nuwe regulasies in die Kinderwet waaraan die kinderhuis teen 2015 moet voldoen en hulle wil van die geld daarvoor gebruik.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Stuur jou koerantfoto’s só

DIE NG Moedergemeente Kuruman (op die hoek van Kerk- en Acaciastraat) hou op 1 en 2 November ’n Kersmark. Die tye vir 1 November is van 17:00 tot 20:00. Die tye vir 2 November is van 09:00 tot 14:00. Daar is nog stalletjies beskikbaar. Skakel 071-1263523 vir meer inligting.

DIE Kalahari Bulletin het sekere voorwaardes vir wanneer die koerant foto’s gebruik. Die koerant ondervind egter baie probleme met skole en instansies wat foto’s stuur. Hier is die riglyne: ) As daar meer as 15 mense op ’n foto verskyn, benodig ons nie die name en vanne van elkeen nie. ) As daar minder as 15 mense op die foto verskyn, benodig die koerant elkeen se naam en van (verkieslik nie net die voorletter nie). Ons gebruik nie mnr. of mev. nie – ons gebruik net titels soos adv., ds. en dr. (wanneer van toepassing). ) Wanneer die name verskaf word, moet dit vir die koerant gestuur word soos die mense op die foto van links af verskyn en die koerant benodig Piet Pompies, Jannie van der Walt en Saartjie Claassen. Mnr. Pompies is verkeerd. ) As daar meer as een ry mense is, moet die voorste ry eerste en van links aangedui word, dan die middelste ry en dan die agterste ry. ) Foto’s moet ook verkieslik 1 MB of groter wees. Stuur jou foto’s aan die verskillende kantore soos volg: Upington: Anena Burger staan in vir Lizette Slabber tot die einde van die jaar. Stuur ’n e-pos aan lizette.slabber@volksblad.com; Benneli Olivier van der Walt is in die Kathu-omgewing en haar e-pos-adres is benneli.vdw@volksblad.com en vir die Kuruman-omgewing se nuus skryf aan Ilse Watson by ilse.watson@volksblad.com.

KLEIN Lisa Lee (5) neem foto’s vir die Kalahari Bulletin. Sy gaan seker maak dat sy almal se name en vanne (korrek gespel) vir die Kalahari Bulletin kry en stuur. Sy weet ook dat almal op die foto in fokus moet wees en dat sy onnodige agtergrond-gemors moet uitskakel. Foto: Anena Burger

Naam vir aandkleur Anena Burger

Sterkte, matrieks DIE Kalahari Bulletin wens al die 2013-matrieks ’n suksesvolle eindeksamen toe. Voorspoed met dié belangrike eksamen. Lekker leer en lekker skryf.

HET jy al ooit gewonder oor ons pragtige pienk en blou kleurskema op die horison in die Kalahari wanneer die son sak? Dit het in der waarheid ’n naam. Prof. Anne Rasa van Kalahari Trails sowat 35 km van die Kgalagadi-oorgrenspark verduidelik: “Die wonderlike verskynsel kan jy die beste sien oor plat landskappe. “Kyk teen sononder na die ooste en sien die bande van kleur in die lug. Dit word Venus se gordel genoem. “Die donkerblou band aan die onderkant is die skaduwee van die aarde teen die laer atmosfeer. “Die pienk groep daar bo is die laaste strale van die on-

VENUS SE GORDEL soos waargeneem in die Kalahari deur prof. Anne Rasa van Kalahari Trails. Foto: Prof. Anne Rasa dergaande son wat teen die boonste atmosfeer reflekteer. “Bo dít is die lug in ligblou

getooi.” Hierdie verskynsel word die beste in die Kalahari en Noord-Kaap waargeneem.

Wees ons oë en ore DROOM jy daarvan om ’n joernalis te word? Die Kalahari Bulletin se nuwe webwerfontwerp bied geleenthede vir iedereen om ’n burgerjoernalis te word. Met die nuwe ontwerp kan lesers hulle gratis registreer om foto’s, video’s, nuuswenke, misdaadvoorvalle en ander nuus op die webwerf te laai. Burgerjoernaliste se oë en ore is waar verslaggewers nie altyd kan wees nie én hulle weet wat lesers se harte vinniger laat klop. Daar is net beperkte plek in die gedrukte koerant vir nuus, daarom is al die nuus nie altyd in die gedrukte koerant nie. Aan die web is egter geen einde nie. Alle gemeenskaps-

nuus kan hier gelees word, met foto’s, video’s en interaktiewe meningspeilings. Op die nuwe webwerf sal die nuutste storie eerste verskyn. Vir diegene wat eiendom wil huur of koop het die nuwe webwerf ’n eiendomsafdeling. Verder gee die Kalahari Bulletin se mobisite toegang tot die koerant op ’n selfoon. Besoek die webwerf by www.kalaharibulletin.co.za of op ’n selfoon by kalaharibulletin.mobi.

BMW 3 Series 316i

www.bmw.co.za/ 316i

ACCELERATE YOUR DRIVING EXPERIENCE. Experience the true driving pleasure of the BMW 316i sooner than you think. The smooth 8-speed automatic transmission delivers all the performance of the powerful four-cylinder BMW TwinPower Turbo engine, effortlessly. Step into a world of exhilaration and efficiency today. For more information go to www.bmw.co.za/316i or contact your BMW dealership.

DRIVE A NEW BMW 316i AUTOMATIC FROM ONLY R4 999 PER MONTH WITH NO DEPOSIT. 5.8 l/100 km 100 kW

IRELAND/DAVENPORT 73946

BMW 316i Automatic Monthly payment

R4 999

No. of installments

59

Total cost to customer (Excl. all fees)

R442 515

Interest rate

5.60%

Customer deposit

R0

Balloon payment (40%)

R147 574

This offer is available through BMW Financial Services South Africa (Pty) Ltd, an authorised financial services and registered credit provider NCRCP2341. Valid until 30 November 2013, subject to availability. 59 installments and a balloon payment linked to the prime rate of 8.5% at a total cost of R442 515. Excludes initiation fee and monthly service fee. Rate may vary if price differs from example shown in the table. Terms and conditions apply. BMW 3 Series with optional Sport Line shown.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Leerlinge toon hul tennistalent DIE Laerskool Op die Voorpos se interskole-tennistoernooi het van 17 tot 19 Oktober plaasgevind. Die toernooi het baie talentvolle spelers van oor die provinsie heen gelok.

Die Laerskool Oranje-Noord, die Laerskool Kathu, die Laerskool Sentraal op Kakamas, die Laerskool De Aar en ook die Laerskool Op die Voorpos het aan die toernooi deelgeneem.

Spelers is vir hul goeie spangees en deursettingsvermoë beloon. Albert Van Niekerk het die seun van die toernooi-prys gewen vir Op die Voorpos se span en Elana Badenhorst die meisieprys. Elke span kon ’n seun en meisie aanwys wat in hul span aan die vereiste voldoen het.

HIER is Albert van Niekerk wat die seun van die toernooi-prys vir op die Voorpos gewen het, saam met Gerrit Brand.

MIEKE ENGELBRECHT van die Laerskool Sentraal op Kakamas het die meisie van die toernooi-prys vir haar span verower. Gerrit Brand van BB Spares, een van die hoofborge, oorhandig hier haar prys.

DIE Laerskool De Aar het met die louere weggestap. Hier is Louis van der Walt, die spanbestuurder, met die wisseltrofee by Annalisa Nieuwoudt. Foto’s: Verskaf

Inwoners kan deel van video wees Ilse Watson HENDRIK SPANGENBERG, ’n plaaslike sanger van Kathu, gaan eerskomende naweek sy eerste musiekvideo vir sy album Sal jou onthou! opneem. Die snit waarvoor die musiekvideo gemaak word, is deur hom en Pierre Rossouw van Die Sanger geskryf. Die liedjie se naam is Solank jy myne bly wat reeds gewild op die radio is. Stefan Louw van Koringkriekproduksies is die vervaardiger en gaan die man agter die kamera wees. Louw het al saam met kunstenaars soos Elizma Theron, Gerhard Steyn, Oros in ’n Lang Glas en Ricus Engelbrecht gewerk.

SO lyk die nuwe CD. Foto: Verskaf Wanneer die video klaar vervaardig is, gaan dit na kykNET Musiek en JukeBox, ’n musiekvideoprogram van dié kanaal, gestuur word. Spangenberg nooi inwoners van Kathu en belangstellendes van omliggende dorpe om deel te wees van hierdie projek.

Dit gaan op Sondag 3 November om 19:00 op die Hoërskool Kathu se rugbyveld plaasvind. Belangstellendes moet reeds om 18:00 daar wees. Hulle kan ’n kombers, stoel of kussing saambring en ’n piekniekmandjie met eet- en drinkgoed. Die volgende streng reëls geld: ) Geen vergoeding word aan kykers aangebied nie. ) Almal moet asseblief self tot by die veld kom. ) Geen videokameras word toegelaat nie. ) Geen klankgrepe of foto’s mag tydens die verfilming geneem word nie. ) Persone betree die eiendom op eie risiko en is vir hul eie koste verantwoordelik.

Leerlinge onderneem hul laaste laerskooltoer Ilse Watson DIE gr. 7-leerlinge van die Laerskool Seodin het vir oulaas, voordat hulle die hoërskoollewe aanpak, lekker saamgekuier. Hulle het ’n agt dae lange toer na onder meer Oudtshoorn, Hermanus en Kaapstad gehad. Eerste op hul besoek was die Kango-grotte. Daarna het hulle na Hermanus vertrek waar hulle na walvisse gekyk het en ook op Santos-strand geswem het. Hulle het ook die ou hawe op Hermanus besoek.

DIE huis in Kokerboomstraat op Kathu waar ingebreek is.

Hulle het die pragtige Kaapstad van hoek tot kant besoek. Hoogtepunte was Tafelberg, die akwarium en die planetarium. Opgehoopte energie het verdwyn met besoeke aan plekke soos Cool Runnings en ’n inkopie-uitstappie na die Tygervallei-sentrum. Nog ’n groot hoogtepunt was die busrit op Kaapstad se topless-busse en hulle het ook rugby op Nuweland gaan kyk. Die leerlinge is dit almal eens dit was ’n onvergeetlike toer.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Diewe hou glo vrou dop, slaan toe Benneli Olivier Van der Walt ESTELLE JANSE VAN RENSBURG van Kathu het Maandag ’n nare verrassing gekry nadat sy haar kinders

by die skool afgelaai het. Omstreeks 07:00 is in haar huis in Kokerboomstraat op Kathu ingebreek. Sy het dié ontdekking gemaak nadat sy van die skool af teruggekeer het. “Ek vermoed dat die boos-

wigte my dopgehou het toe ek skool toe gery het. “Hulle het toegang tot die huis verkry deur die skuifdeur in die hoofslaapkamer oop te breek,” vertel Janse van Rensburg. ’n Skootrekenaar, twee

tablette en DVD-spelers is gesteel. Hulle het ook juweliersware, ’n videokamera en twee digitale kameras gebuit. ’n Saak van huisbraak is by die Suid-Afrikaanse Polisiediens op Kathu geopen.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

DIE Hoërskool Duineveld en die Serfonteintennisakademie sal op 9 en 10 November aan die Kloppers Masters Cup-toernooi in Bloemfontein deelneem. Hier is van links Ané Dippenaar, Tiaan Serfontein (afrigter) en Duncan McGregor. Foto: Verskaf

Tennis hier só ontwikkel ’n JAARLIKSE ontwikkelingstennistoernooi is verlede Vrydag by die Hoërskool Duineveld gehou. Die toernooi is deur Tiaan Serfontein van die plaaslike Serfontein-tennisakademie aangebied. Die deelnemers was Marisa van Heerden, Liamie Smith, Jane Knoesen, Michane Lombard, Janel van der Merwe, FP Smit, Juan Pretorius, Cobus van Zyl, Calvin Rheeder, Theo Visser en Gerbe Becker.

Presteer op proewe WILLERS VENTER het gesamentlik derde in die Noord-Kaapse skaakproewe in die o.20-afdeling geeïndig. Hy is ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Duineveld. Foto: Verskaf

DIE Maart-bladsy van Volksblad se 2014-kalender.

Pragkalender te kry ’n KALENDER vir 2014, saamgestel uit die beste foto’s wat in Kontrei-kiekies, fotokompetisie van Volksblad-Kontrei en sy vennote, Kloppers, Exporama en Fotoskool, ontvang is, is nou beskikbaar. Altesaam 75 pragfoto’s maak dit ’n funksionele, dog aanskoulike Kersgeskenk. Die kalender is A3-grootte en is op glanspapier van goeie gehalte gedruk. Elke maand is op ’n afsonderlike bladsy en vakansiedae en skoolkwartale word aangedui. Januarie 2015 is ook ingesluit. Slegs 500 kalenders teen R70 elk is beskikbaar. Spring dus vinnig om dit in die hande te kry. Die kalender is by Volksblad se kantore in Bloemfontein, Welkom en Kimberley en op Kroonstad, Bethlehem, Kuruman en Upington beskikbaar.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Perdeskou vir welsyn gehou Anena Burger GELD is vanjaar weer op die jaarlikse Upington-saalperdseksieskou vir liefdadigheid ingesamel. In die Charity fun run kan ruiters op enige perd ry en dit hoef nie noodwendig ’n saalperd te wees nie. Ruiters moet met hul perde aan ’n verskeidenheid nommers, byvoorbeeld musical chairs, deelneem. Sou ’n ruiter by ’n nommer uitval, kan hulle hul plek in die kom-

petisie terugkoop. Die toeskouers raak deel van die verrigtinge wanneer die ruiters hulle betrek deur ’n ieder en ’n elk vir ’n bydrae te vra sodat hulle terug in die kompetisie kan kom. Attie Koen van Clarens bied die afgelope paar jaar hierdie geleentheid met groot sukses aan. Dié ruiter het verlede jaar met sy entoesiasme en liefde vir perde het ’n bedrag van R5 000 ingesamel. Die bedrag is vanjaar voor die afskop van die Charity fun run aan

die Oranjehof-ACVV-ouetehuis oorhandig. Vorige jare is die geld aan die Kestell-kinderhuis geskenk, maar sedert 2012 word alle donasies aan die plaaslike instansies geskenk. Vanjaar is altesaam R9 300 ingesamel. Tydens die Upington-saalperdseksie se jaarvergadering in November sal besluit word aan watter instansie die geld geskenk gaan word. Die geld sal op die volgende skou oorhandig word.

TANNIE MAGRIET is 102 jaar oud en die oudste oorlewende oudleerling van die Hoërskool Upington. Hier is sy saam met Marica Loots, die hoofmeisie, en die onderhoofseun, Darryl de Wee. Agter haar is Vollie Vollgraaf. Foto: Verskaf

Op 102 oudste oudleerling TANNIE MAGRIET LUBBE, gebore op 30 September 1911, is ’n hele 102 jaar oud en is ook die oudste oorlewende oudleerling van die Hoërskool Upington. Daarom het die skool besluit om haar op haar verjaardag te verras en met so ’n groot mylpaal geluk te wens. Op 11 Oktober het die hoofmeisie, Marica Loots, en die onderhoofseun, Darryl de Wee, namens die skool en leerlinge ’n ruiker aan haar oorhandig. Verskeie van die Oranjehof-ouetehuis se inwoners, asook tannie Magriet se dogter Marietjie Ehlers, en Vollie Vollgraaff, wie se idee dit was, was met die gelukwensing teenwoordig.

Tannie Magriet het haar skoolloopbaan in 1931 aan die Hoërskool Upington begin en in 1932 hier gematrikuleer. Sy het verskeie interessante staaltjies vertel oor haar tyd by haar alma mater en so ook oor haar koshuisdae. S.C.J. van Niekerk was die skoolhoof toe sy in die skool was. Tannie Magriet onthou veral een van haar klasmaats, Ella Steenkamp. Sy het tydens haar skoolloopbaan aan tennis en “basketbal” (netbal) deelgeneem. Ná skool het sy haar as onderwyser bekwaam en het onder meer op Garies en Vollgraaffsig skoolgehou. Die Uppies-familie salueer tannie Magriet – ’n goeie vrug van die 1932boom.

ARMAND “Die singende cowboy”, Pet Taljaard, Michael van der Westhuizen(voorsitter van die Upington-saalperdseksie) en Marie Crafford (Oranjehof-ACVV-ouetehuis) Foto: Verskaf

Tennisspan eindig met silwer VYF seuns en vyf meisies van die Hoërskool Upington se eerste tennisspan het aan die WintershoekWild-Diamantveld-uitnodigingstoernooi in Kimberley deelgeneem. Die seuns (wat die verdedigende kampioene was) het hulle baie goed van hul taak gekwyt en kon daarin slaag om al hul uitspeelwedstryde te wen. Hulle het bo in hul groep geëindig. Daarna het hulle teen die Hoërskool Duineveld gespeel en met hul oorwinning ’n plek in die eindronde verseker. Die opponente, die Hoërskool Noord-Kaap, het dit egter geklop en Uppies het ’n silwermedalje vir die tweede beste span op die toernooi gewen. Die meisies het teen die Hoërskool Duineveld gewen en sodoende in die sewende plek geëindig.

Van links is, voor: Rozelle van Niekerk, Jana Becker, Christine Becker en Salomé Hanekom; middel: Piet van Rensburg, Gustav Loots, Gert Rupping, Francois Joubert en Johann Joubert; agter: JB Giliomee en J-Ell Slabbert.

Vyf Uppies kolf vir Griekwaspanne VYF van die Hoërskool Upington se krieketspelers is vir verskillende Griekwaspanne gekies. Franco Swart is gekies vir die o.19-Griekwakrieketspan wat in Desember aan die Coke-week in Durban gaan deelneem.

Rikus Pretorius, Johan van der Ryst, Mario Zacharia en Shaquille Cloete is vir die o.15- Griekwakrieketspan gekies en sal in die Desembervakansie aan Krieket Suid Afrika se o.15-kriekettoernooi in Johannesburg deelneem.

RIKUS PRETORIUS, Shaquille Cloete, Johan Van der Ryst en Mario Zacharia.

Foto’s: Verskaf

Spel ’n derde plek los in spelfees ELANI STRYDOM (gr. 9) en Lara Barnard (gr. 8) het op Saterdag 19 Oktober aan die Woorde Open Wêrelde- (WOW) spelfees se nasionale kampioenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch (US) deelgeneem. Leerlinge van oor die land heen van gr. 1 tot gr. 10 het spelsake uitgespook. Elani het eindelik die derde plek in die gr. 9-afdeling landwyd behaal.

FRANCO SWART

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

LANA BARNARD werk groot en in ’n aardse palet met minimalistiese komposisies.

Namibië is

haar muse

DIALOOG in Tekstuur beskryf haar kuns die beste sê Lana Barnard. Dit is mooi, artisties en gryp jou aan. Met die eerste oogopslag word ’n mens deur die skaal van Barnard se werk beïndruk. Sy werk groot en in ’n aardse palet met minimalistiese komposisies. Sodoende is daar baie plek op die doek vir die hoofelement en karakter. Tekstuur is kenmerkend en speel ’n groot rol in Barnard se werk. Tekstuur word verbeeld in verf soos die rok van die danser in Peinsing en tasbaar weergegee soos die verwronge stuk draad waarvan die roofvoël ontsnap in Vlugvry. Barnard se man, Deon, sê: “Lana is lief vir skilder. Dit is ’n manier om uit te reik na ander en ook haarself. “Dit is vir haar soos ’n reis wat sy onderneem – ’n ontdekkingstog met haarself.” Barnard sê hierdie benadering is ’n soort meditasie en verleen ’n element van spiritualiteit aan haar

werk. Haar skilderye is inhoudelik sterk met onderliggende boodskappe, sonder om te konfronteer. In die benadering tot haar skilderye, werk Lana vinnig en direk. Sy gebruik haar verwysingsveld as vertrekpunt, wyk dan af en laat die doek haar lei, dikwels sonder ’n idee hoe die eindresultaat gaan lyk. Sy sê sy vind haar eie pad na die voltooide skildery in die onverwagse teksture en vorms wat “gebeur” in die skilderproses. Sy maak gebruik van voorwerpe en teksture soos geroeste stukkies plaat, seesand, klippies, waks en gom wat ’n tasbare dimensie aan die werk gee. “Dit gee ook ’n gevoel van verwering en verganklikheid van die lewe om jou wat daagliks plaasvind,” sê Deon. “Sy hou daarvan om die agtergrond op te bou en te eksperimenteer. “Sy sien vorm en kleur in alles om haar. Olie en akriel is waarmee sy die graagste werk en sy probeer ge-

NOG een van Barnard se werke van ’n renoster wat op die uitstalling te sien sal wees. Foto’s: Verskaf durig verskillende tegnieke.” Haar komposisies is minimalisties. Enkele figure in ’n diep prentvlak van landskappe is ritmies en vloeiend. Waar Barnard ’n verskeidenheid onderwerpe in ’n komposisie gebruik, gebruik sy ’n vlak prentvlak en geometriese plasings. Sodoende behou sy die minimalistiese eienskap van haar komposisies. Sy bly deurgaans getrou aan haar eie sin van estetika, maar is altyd soekend en ontvanklik vir die nuwe. Barnard vertel sy is van jonks al bewus van teksture en het altyd klippies opgetel. Sy was 20 jaar in Namibië woonagtig. “Die oop ruimtes, minimalistiese kleure en teksture van Namibië is iets wat in ’n mens se wese kom huis-

maak en een raak met ’n mens en dit is juis die eienskappe wat aan my werk ’n besonderse gehalte verleen,” sê sy. Die Namibiese skilder Adolf Jentz en Banie van der Merwe, haar eerste kunsleermeester, was haar inspirasie en het haar werk beïnvloed. Sy het op skool reeds pryse met haar kunstalent gewen. Sy gee erkenning aan die invloed van kunstenaars soos Harold Voigt en Lida, haar meester en gespreksgenoot. Haar uitstalling kan van Dinsdag 29 Oktober tot Saterdag 23 November by Maud’s Place gesien word. Bel Lana by 083-584-8932 of Maud by 054-332-1089.

TEKSTUUR word verbeeld in verf soos die rok van die danser in Peinsing weergee.

QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE DULUX BERGERMASTER NUKOTE PVA

DURAM WALL & CEILING PVA

PAINT

124.95

184.95

White 20 Litres

20 Litres Various Colours

SKU: 5063

SKU: Various

379.95

599.95

DURAM NS4 Black, Grey, Red 1 Litre SKU: 301910/2/4

PAINTING TIP

99.95 5 Litres

20 litres PVA will paint a 60m 2 room on a double coat, or 160m 2 surface area on a single coat

SKU: 301911/3/5

408.95

PAINT CUB BRUSH SET

SKU: 5062

SKU: Various

TILING

PAINT PRODUCTS

White 5 Litres

5 Litres Various Colours

3pc

SKU: 301788

BEE PAINT BRUSH SET

40.95

ALOE RANGE FLOOR TILE Cotta

Ceramic 35 x 35 • 2m 2 Cotta, Bone, Grey

Bone

SKU: 300326/7/8 Price per m 2

Grey

3pc 25+38+50mm

SKU: 301813

62.95

CLIVIA RANGE WALL TILE

35.95

Ceramic Wall Tile 20 x 25 • 2m 2 Beige, Grey

Grey

SKU: 300228/9 Price per m 2

Beige

64.95

SHOWERS

GARDEN TOOLS

PIVOT SHOWER DOOR WHITE

TAPS

Clear Glass 900 SKU: 628552

POLY WHEELBARROW SKU: 300133

519.95

1 174.95

Excluding drip tray & side panel

LE ISCA LERATO PILLAR TAP 15mm BLUE

174.95

SKU: 302009

ISCA LERATO LE SINK MIXER Wall Type SABS SKU: 302006

LASHER DIGGING SPADE SKU: 880

119.95

LASHER ROUND NOSE SHOVEL SKU: 880

149.95

LASHER GARDEN FORK SKU: 883

199.95

TRIMATIC SHOWER DOOR

LASHER CONCRETE WHEELBARROW SKU: 914

459.95

Obscure Glass 900 NAT SKU: 101113

1000 NAT SKU: 101114

VALID UNTIL SUNDAY 24 NOVEMBER 2013 Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT For your nearest, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453) 62102 WK18 • REDWORKS

1 334.95

552.95

ISCA LERATO LE BATH MIXER Wall Type 15mm SKU: 302005

1 549.95

203

824.95

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Kultuur gehuldig Jo-Mari Botes

Verwelkom nuwe baba DIE ooievaar het dié mandjie vol liefde by Erick en Eloise van der Colff kom aflaai. Klein Liam van der Colff is op 14 Oktober in die Mediclinic Upington gebore. Foto: Anena Burger

DIE Hoërskool Duineveld het Donderdagaand ’n suksesvolle kulturele jaar met ’n pieknieklangs-die-rivier-aand afgesluit. Daar is gesing, toneel gespeel en sertifikate uitgedeel om die prestasies van die leerlinge te vier. Leerlinge van die skool se toneelgroep, die ATKV-bestuur en leerlinge wat aan verskeie kultuurbedrywighede deelgeneem het, het ook sertifikate ontvang. Die toneelgroep het oor die jaar heen uitsonderlik gevaar. Altesaam 18 brons-sertifikate is deur Mareli du Plessis, Zandri du Plessis, AJ Fourie, Jessica Fourie, Joline Human, Annemie Myburgh, Dawie van Heerden, Brendan van Zyl, Nadine van Zyl en Sharné van Zyl ontvang. Joline Human, Dawie van Heerden, Brendan van Zyl, Nadine van Zyl en Sharné van Zyl is met silwersertifikate beloon en Brendan van Zyl het ’n goue sertifikaat gekry. Leerlinge het sertifikate vir prestasies op verskeie eistedfodds ontvang. Die kategorieë waaraan leerlinge kon deelneem, was voordrag, prosa, klavier, sang en mimiek. Duineveld het vanjaar die eerste keer ’n mimiekgroep ingeskryf. Joline Human het vanjaar aan die kykNET-toneelkompetisie deelgeneem en ’n plek in

die top-30 in die land losgeslaan. Elani Strydom was die nasionale wenner van Stellenbosch se spelkompetisie vir gr. 8-leerlinge. Jano Barnard, Brendan van Zyl, Willers Venter, Bernard Botes, Anja Becker en Josef Botes het aan die Afrikaans-ekspo deelgeneem en daarvoor sertifikate ontvang. Barnard was ook die wenner van die ekspo met sy fotoreeks oor geskiedkundige geboue in Bloemfontein. Christopher Payne, Samandrie de Beer, Jo-Mari Goussard, Ronel Kotze (organiseerder), Elzandri Fourie en Elzette Burger het erkenning ontvang vir hul dienste om studiehulp die by Huis Klein Duin te lewer. Die Hoërskool Duineveld spog ook met sy eie ATKV-tak. Die leerlinge wat hier aan die stuur is, is Carla Kruger, Jano Barnard, Lucinda Deacon, Anine Hanekom, Hanlie Beukes, Japie Cloete en Joné Visser. Ná die aand kon gaste langs die Oranjerivier piekniek hou.

Dra trots hul krone DIE Fruit Bear Buddies-kleuterskool het op 19 Oktober sy gesogte Mnr. en Mej. Buddie-kompetisie aangebied. Ouers is op ’n gesellige aand met ’n ete en opvoerings deur die kleinspan getrakteer. Lisa Vollgraaff en Joshua Visagie is as die wenners gekroon. Foto: Charles Stolper


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Anena Burger EEN van die hoogtepunte op die Laerskool Sentraal op Kakamas se skoolkalender is die tweejaarlikse konsert. Die tema vanjaar was Waar was jy toe? Elke graad het ’n dekade uitgebeeld. Alle leerlinge kry die geleentheid om hul lyf akteur te hou. Interessante temas, kleurryke kostuums en vermaaklike musiek dra to groot op-

winding vir dié konserte by. “Die onderwysers het elkeen sy eie klas afgerig en die harde werk het ’n puik konsert op die planke verseker,” sê Tersia Koortzen. “Ons het die aand begin met Doringrosie van Roosfontein. “Ons toneelkinders het beslis weer die gehoor laat skaterlag,” sê sy. Die produksie het verseker dat die Laerskool Sentraal se toneelkinders weer met verskeie eerbewyse weggestap het.

DIE Laerskool Sentraal se milleniumkinders, die gr. 7-leerlinge. Hulle het die aand afgesluit met ’n verskeidenheid nommers wat almal na hul asem laat snak het. Van links is, voor: Andri Longland, Minette van Zyl en Shania Koortzen; agter: Bianca Theron, Natascha Louw, Anzél Jonker en Elanza van der Weshuizen. Foto’s: Verskaf

WIE sal dan ooit die helder neon kleure en leg warmers van die 1980’s vergeet? Die gr. 4-leerlinge het te pragtig gelyk. MINETTE VAN ZYL was die nare feë wat die arme Doringrosie, gespeel deur Corlea Smith, om die bos gelei het.

DIE gr. 6-klas het die gehoor terug na die oorlog en verwoesting van die 1940’s geneem. Marna van Wyk speel ’n oulike verpleegster.

DIE gr. 3’s het heerlik ge-rock and roll so reg uit die 1950’s. Hier is van links, voor: Melia Gagiano en Jo’ann-Maré Visser ; agter: Henrich van der Westhuizen en Janechke Nel.

SAL ’n mens dan ooit die hippies van die 1960’s kan vergeet? Van links dans Thakhani Nofemela, Mauneese Cloete, Gustaaf Ekkerd en Brigitte Wessels tog te lekker.

DIE gr. 2-klas het gewys hoe Disco Dancing in die 1970’s gedoen is. Hier dans Danelle de Wee (links) en Joré Wessels.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Geniet kamp terdeë DIE gr. 5-leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas

woon jaarliks ’n onvergeetlike, avontuurlike en leersame veldskool by. Vanjaar is die kamp op die Plato Lodge langs die Oranjerivier aangebied. Vir die groep kinders is dit beslis die jaar se hoogtepunt.

WILNA MAYER (links) en Carli van Zyl het besluit dit is dalk makliker om saam ’n plan te maak om ’n boklam te vang.

Die kamp word deur Gen en Lea Visser bestuur wat uitsonderlike moeite met elke kind gemaak het. Die onderwysers van die laerskool sê: “Deur die leerlinge op die leersame kamp te stuur, rus ons hulle toe om die lewe in die oë te kyk en help ons bou aan ’n rotsvaste fondament vir die toekoms.”

KAN dit waar wees dat vandag se kinders nog weet hoe om vroteier te speel?

DIT is hoe ’n mens ’n tent opslaan. Elzane Pieters, Stenovija Rooi en Rodene Matthys wys hoe.

IS dit nie die mooiste kokerboom nie? Dominic Warkus (links) en Tristan Kruger dink beslis so.

DIE gr. 5-leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas maak reg om te vertrek na die veldskoolkamp. Foto’s: Verskaf

ELKE gr. 5-leerling moes ’n boklam vang en na ’n ander kamp dra. Dit het groot pret verskaf.

JUFFROU ARLENE NEL en ’n groepie kinders vertrek op ’n veldrit.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Oorgewig: Dit ís toe in jou gene Madelein Venter TERWYL ons almal weet dat die kleur van jou oë, die vorm van jou mond en die lengte van jou bene deur jou gene bepaal word, is nie almal bewus van die rol wat jou gene in jou eetgewoontes speel nie. Onlangse studies het gevind dat jou gene ’n rol speel in watter kossoorte jy kies om te eet, hoeveel en ook hoe gereeld. ’n Nuwe studieveld genaamd voedinggenomika maak tans opslae in die wêreld van voeding. Voedinggenomika is die studie van die interaksie tussen genetika, dieet en leefstyl in die handhawing van ’n gesonde gewig. Volgens Helen Wessels, ’n dieetkundige van Bloemfontein, speel jou DNS inderdaad ’n rol in smaak en versadigingsperspektief en is die studie van DNS in voeding ’n opwindende, ontluikende veld. “DNS is soos ’n vingerafdruk: Van ver af lyk almal min of meer dieselfde, maar by nadere ondersoek is elkeen uniek,” sê Wessels. “Op dieselfde manier wat jou oogen haarkleur deur jou gene bepaal word, so ook jou individuele reaksie op kos,” sê Yael Joffe, ’n dieetkundige en spesialis in die veld van voedinggenomika. Bevestig hierdie studieveld dan as ’t ware wat mense al jare lank sê: “Ek kan nie help nie, dis in my gene”? “In ’n sekere mate is dit waar,” sê Joffe, direkteur van DNAlysis Biotechnology. Maar sy waarsku dat dit nie so eenvoudig is dat jy ’n “vet” of “maer” geen geërf het nie. Wessels maan ook dat die baba nie saam met die badwater uitgegooi moet word nie. “Genetiese profilering is ’n lekker manier om jouself beter te leer ken, aangesien ’n mens verwag om dalk beter vordering te toon indien jy jou onderliggende swak en goeie punte verstaan. Dit moet egter tesame met die groter kliniese prentjie in ’n praktiese, volhoubare en gesonde program ingesluit word.” Volgens Joffe word die genetika van gewig deur meer as 300 gene bepaal. Hierdie gene sluit dié in wat jou metaboliese tempo, vetopname en reaksie op oefening bepaal, asook nuutontdekte gene-stelle wat smaak, hongerte en versadigheid bepaal. “Ons aanvaar dat kos vir almal dieselfde smaak, maar dis bloot nie waar nie,” sê Joffe. Volgens haar kan mense in twee groepe ingedeel word, dié sogenaamde “high tasters” en “low tasters”. “ ‘High tasters’ ervaar kossmake as baie sterk, terwyl ‘low tasters’ smake as flouer ervaar. Aangesien ‘high tasters’ die volle smaak van kos ervaar, is hulle geneig om minder te eet as ‘low tasters’ voordat hulle dieselfde vlak van bevrediging ervaar. “Daarom wys navorsing dat laasgenoemde geneig is om ’n hoër liggaamsmassa te hê,” sê Joffe. Smaaksensitiwiteit word hoofsaaklik bepaal deur die digtheid van jou smaaktepeltjies, wat waarskynlik geneties bepaal word. Binne-in elke smaaksensasie is daar ook gene wat bepaal hoe dit vir iemand smaak. “Party mense het byvoorbeeld ’n verhoogde persepsie van bitter smake, terwyl ander weer makliker soet smake proe,” sê Joffe. Dit kan tot gevolg hê dat diegene wat meer sensitief vir bitter smake is, veral groente met ander meer energieryke kosse vervang wat tot ’n groter liggaams-massa kan aanleiding gee. Mense wat sensitief is vir soet smake, sal hulle weer nie sommer aan lekkergoed ooreet nie. “Jou smaak verander jou individuele smaakervaring, wat ’n gevolg op jou voedselkeuses en kalorie-inname het,” sê Joffe. Afgesien van smaak, word jou ervaring van hongerte en versadigheid ook deur jou gene bepaal. Nie almal word dus ewe honger nie en sommige mense is versadig ná kleiner porsies. Gene kan ook in ’n mate bepaal of jy geneig is om jou aan kos te vergryp en lief is vir peusel. Joffe waarsku egter dat nie alle gewigsprobleme voor die deur van gene gelê kan word nie. Maatskaplik-ekonomiese omstandighede, aangeleerde gedrag, sielkundige en omgewingsfaktore speel ’n rol wanneer ons kos inneem. “Voedinggenomika het ons toegelaat om gewig meer holisties te verstaan. ’n Dieet wat rondom iemand se leefstyl, asook sy of haar genetiese geneigdhede beplan is, het eenvoudig ’n beter kans op sukses,” sê Joffe. Wessels stem saam. “Ek beveel aan dat mense wat hierdie roete wil ondersoek, dit as aanvullend tot ’n gesonde eetplan beskou.” Vir meer inligting oor hierdie studie, besoek dnalysis.co.za of volg Wessels op Facebook by Helen Wessels Dietitians en op Twitter by @dietsavvyonline.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

PANEELKLOPPERS DRINGEND benodig. Ondervinding verpligtend. Skakel 053 712 3367. Poste Beskikbaar: Sekuriteits/ Retail industrie CCTV operateurs,voorraad beheer,wagte,supervisors. PSIRA sertifikaat hoogs voordelig.Poste in Upington,Postmasburg,Kuruman, De Aar en Kimberley. Faks CV na 051 552 3671 vir aandag Francois.

V-TEC TRAILERS KURUMAN Ons diens en herstel ook sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karetsleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/ 053 712 1072, Hobsonstr. 20.

OS Johannes

BACHELOR-woonstel: Gemeubileer. Veilig. Verkieslik vroue. R2 900 p.m. Skakel 084 651 3000.

KURUMAN OP SOEK NA HUISE TE HUUR OF TE KOOP. Skakel Annetjie 076 395 9422 of 053 712 0487

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman die eenrigtingverhuring-spesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur vanaf Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120.

BANTAM, 1988: R22 500. 1980 Hilux 1.6: R22 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. CORSA, 1999, canopy: R38 500. 1999 Rustler, canopy: R32 500. Phone 071 967 0285. HILUX 2.4, 1996: R39 500. 1996 Isuzu 2.5, tralies: R39 00. 071 967 0285 of 072 472 8686. MAZDA 2.2, 1999, diesel: R29 500. 1980 Datsun 720, 1-tonner: R14 500. Phone 071 967 0285.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. LAM TE KOOP: R50/kg. Opgesaag en in verseëlde verpakking volgens u keuse. Kwaliteitvleis. Afgelewer tot in Kuruman is gratis. Skakel 084 254 9763 of 082 554 8356.

AANDAG ALLE BOERE Ek koop bokke, skape sowel as ou bakkies kontant. Skakel 072 604 5219.

CORSA 140i, 2002: Excellent, R35 000. 2001 Tazz 1.3: Excellent, R35 000. Phone 071 967 0285. JETTA 1, 1982 in goeie toestand. Skakel 083 772 2316. SENTRA 1.6, 1996: R22 500. 1995 Uno, red, lady owner R19 500. Phone 071 967 0285.

JACK RUSSELL-hondjies te koop. 6 weke oud. R300 elk. Skakel 073 677 3941.

TOYOTA STALLION, 1991, met kappie: R44 990. 1982 Ford Cortina 2.0GL: R29 990, slegs een eienaar, versamelstuk. 2004 V/W Citi 1.4i: R45 000. 083 390 2776.

LABRADOR: Volwasse reun, 7 maande oud. Opreg. R500. Skakel 084 651 3000. POTBELLY-BEERTJIE (varkie) soek nuwe huis. Te koop vir R350. Volgroei en reg vir teling. Indien belangstel (082 428 9620.

MINIATUURDOBERMANN-hondjies te koop. Skakel Buks 072 317 6814.

CARS AND BAKKIES wanted for cash, R20 000 R40 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Owner Drivers Do you own a Bakkie or Truck and need work? Emai:gavin@transportjuc tion.co.za

In the estate late of OS Johannes, identity number 580908 5883 089 of House No. 1228, Maruping Village. Estate number: 179/2013 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection by all persons with an interest therein for a period of 21 days from 1 November 2013 at the office of the Master of the High Court, Mmabatho and the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS P.O. Box 565 51 Bearestreet Kuruman 8460.

TJ Viewe

Duvenhage & Van Der Merwe Ing. In die boedel van wyle Tony Joseph Viewe wie woonagtig was in Buitekantstraat 41, Wrenchville, Distrik Kuruman. Boedelnommer: 1999/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 1 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460.

MISA/Top Car Panelbeaters

NOTICE OF SALE IN EXECUTION

In the Labour Court of South Africa held at Johannesburg Case number: MINT 33663 A In the case between: MISA o.b.o. RHYNO MARAIS Execution Creditor and

CHRISTO FAMILY TRUST T/A TOP CAR PANELBEATERS KURUMAN Execution Debtor PURSUANT to an award granted by the Dispute Resolution Council of the Motor Industry and duly certified by a commissioner of the CCMA in terms of Section 143 of the Labou Relations Act, Act 66 of 1995 the undermentioned goods will be sold at 15:00 on 1 November 2013 by public auction to be held at Top Car Panelbeaters, 4 Industrial Road, Kuruman 8460, by the Sheriff for the High Court, Kuruman to the highest bidder for cash, namely: Nissan 1400 - Registration No. CDP 996 NC 2 x 2 lifts Signed at Johannesburg on the 8th day of October 2013. MISA HEAD OFFICE 201 MISA Centre, 12 Fir Drive, Northcliff, Ext 2, Johannesburg 2195. Tel. 011 476 3920 Fax 011 678 4537

WARRIOR (VIAGRA): Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geldterug-waarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA): Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis: 073 522 8346.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Maats ‘kuier’ gereeld saam Anena Burger VER in die ou Kalahari speel ’n meerkatjie, Kirri, en haar muishond-maatjie Cheeky alte heerlik saam. Prof. Anne Rasa vertel albei van hulle “lag”. “Ons sien nie meer vir Cheeky so

baie soos gewoonlik nie, want sy is nou ’n volwasse muishond en het nie meer tyd vir speel of om saam met haar ou maatjies tyd deur te bring nie. “Tog as sy elke af en toe kom kuier, sit sy en Kirri en maak mekaar mooi.”

SO speel diere mos lekker saam. Kirri die meerkat en Cheeky die muishond is groot maats. Foto: Anna Green


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

Seuns behaal vierde plek DIE Hoërskool Duineveld het onlangs aan die Wintershoek-wildtennistoernooi deelgeneem. Die toernooi is deur die Hoërskool Diamantveld aangebied. Verskeie skole van die sentrale streek het ook deelgeneem. Hulle is onder meer die Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein, Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp, Potchefstroom-Gimnasium

en Hoërskool Bothaville. Die seuns van Hoërskool Duineveld het met goeie spel en ondersteuning ’n vierde plek behaal. Die kompetisie in die meisiesafdeling was baie straf. Hoewel die meisies van die Hoerskool Duineveld in elke wedstryd hul bes gedoen het, kon hulle nie die ’n plek onder die top vier van die tennistoernooi behaal nie.

DIE Hoërskool Duineveld se meisiespan is van links Johanet van Zyl, Elandie Visser, Sharlene Venter (afrigter), Deanke van Zyl, Joné Visser en Danielle Nel. Foto: Verskaf

Duinevelders baas in die Extreme

DIE wenspan van die Ladies Lite afdeling in die Upington Extreme kompetisie is Anmari Hugo, Rethe-Marie Lategan e n Jackie Kuhn.

DIE Hoërskool Duineveld se seunspan is van links Anton Swanepoel, Behandré Swartz, Tiaan Serfontein (afrigter), JayD van Zyl, Connie Conradie en Duncan McGregor. Foto: Verskaf

Behaal tweede plek

AL die Laerskool Oranje-Noord se seuns- en meisiespanne het verlede naweek aan die Primêre Skool Op die Voorpos se interskoletennistoernooi deelgeneem. Oranje-Noord het tweede geëindig en al die spelers het silwermedaljes gekry. Van links is, voor: Stefan Joubert, Janice Avenant, Lemley Mulder en Lieben Engelbrecht; agter: Benré Engelbrecht, Ané Jonas, Carli Thomas en Melisa van Zyl. Foto: Verskaf

Uppies-krieket wen weer DIE Hoërskool Upington se o.15-krieketspan het met 49 lopies teen die Hoërskool Duineveld gewen. Johan van der Ryst het 31 lopies aangeteken, Rikus Pretorius 24, Shaquille Cloete 23 en Nakkie Duvenhage het ook 23 lopies vir die wenspan aangeteken. Hurter Kirstein het met twee vir tien en Dkuvenhage met twee vir nege met die bal uitgeblink. Van links is, voor: Ashwill Hendricks, Bryan Daniels, Mario Zacharia, Zinedine Robinson en Lynthen Barties; agter: Johannes du Plessis (afrigter), Shaquille Cloete, Hurter Kirstein, Nakkie Duvenhage, Jason Aghoo, Johan van der Ryst en Rikus Pretorius Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

DIE Upingtonse Rotaryklub het verlede Saterdag weer die jaarlikse Upington Extreme-kompetisie aangebied. Skole neem deel in ’n afdeling wat bestaan uit 250 m swem, 14 km fietsry en 5 km draf. Drie spanlede, waarvan een ’n meisie moet wees, voltooi onderskeidelik die nommers. Die Hoërskool Duineveld se Suid-Afrikaanse Paneelkloppers-span (Monique Nugent, Juan Horn en Gideon Coetzee) het dié afdeling gewen. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die Hoërskool Duineveld die afdeling wen. In die Female Lite-afdeling, wat uit dieselfde nommers bestaan, het nog ’n Duineveldspan gewen. Die deelnemers in die span was Anmari Hugo, Rethe-Marie Lategan en Jacqueline Kühn. In die Men’s Lite afdeling het nog twee Duinevelders deel van die afdeling se wenspan uitgemaak. Hulle is Chris Oppermann en James van Niekerk. Jaco Lategan, ook van die skool, was ’n lid van die span wat die Men’s Extreme-afdeling gewen het.

23


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 OKTOBER 2013

ZEUS RYTH met Andries Booysens.

Foto’s: Verskaf

NWS HIGHWAY TO HEAVEN met Martin Pienaar in die saal. Snippi’s Best met Boeta Scholtz in die saal.

HARLEM’S GREAT BALLS OF FIRE met Martin Pienaar in die saal.

Skou groot sukses ALTESAAM 92 perde het onlangs aan die jaarlikse Upington-saalperdskou deelgeneem. Vertoners het van so ver soos Windhoek, Clarens, Pearson, Bloemfontein, Douglas, Postmasburg, Prieska, Aggeneys, Kathu en Upington gekom om deel te neem. Volgens die beoordelaars, Hugo Visser, Mantie Oberholtzer en Carine Stephanie, was die gehalte van die skou beter as die vorige jaar hoewel minder mense deelgeneem het. Al drie die beoordelaars beoordeel op nasionale vlak. Die nasionale omroeper Braam Lochner was die aankondiger. Hy het die toeskouers vertel waarna die beoordelaars in elke klas oplet en dít het bygedra

tot die sukses van die skou. Die senior Protea-afrigter, Martin Pienaar, en junior Protea-afrigter, Sumari Botha, het ook deelgeneem. Meer as ’n 1 000 besoekers het die skou bygewoon en Armand die Singende Cowboy het as gaskunstenaar opgetree. Die Noord-Kaap-saalperdunie het ruiters wat oor die jaar heen gepresteer het, beloon. Marale Hoft is aangewys as die beste ruiter o.18. Sy het ’n trofee en goue sertifikaat (junior Protea-kleure) ontvang. Amelia Kemp het ’n silwersertifikaat en provinsiale kleure ontvang. André Lange is as beste ruiter o.8 en Jana Coetzee as beste ruiter o.10 aangewys.

Die uitslae van die groot kampioenskappe is soos volg: Kampioen-driegang-kinderryperd: The Big Hunk met Martin Lange in die saal. Kampioen-vyfgang-kinderryperd: Snippi’s Best met Boeta Scholtz in die saal. Vroue-siertuig: Elnette Coetzee op Okalash’s Dream. Grootkampioen-siertuig: Okalash’s Dream met Poy Coetzee. Grootkampioen-driegang: NWS Highway to Heaven met Martin Pienaar in die saal. Grootkampioen-enkeltuig: Zeus Ryth met Andries Booysens. Grootkampioen-vyfgang: Harlem’s Great Balls of Fire met Martin Pienaar in die saal.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.