Upington bulletin 4 sept 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

5 SEPTEMBER 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

VAN links is Monique Pretorius, Jo­Marie Hayes, Dale Kriel, Mariza Jordaan, Dawie Swiegers en Vlok Hanekom. Dié ses leerlinge van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) is die wenners van die landwye Hip2b² iThink Challenge. Dit is ’n wiskunde­en­wetenskapkompetisie wat bestaan uit blokkiesraaisels, snelvuurrondes, tegnologiese ontwerpe en selfs die ontwikkeling van melkskommels.. Foto: Louise Steenkamp

Slimkoppe krap kop

HMO wen landwye wiskunde-en-wetenskapkompetisie ’n WISKUNDE-EN-WETENSKAPSPAN van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas is die nasionale wenner van die Hip2b² iThink Challenge wat op Vrydag 23 Augustus plaasgevind het. Mariza Jordaan, Monique Pretorius, Dawie Swiegers, Dale Kriel, Vlok Hanekom en Jo-Marie Hayes het spanne van al nege provinsies uitgestof. Meer as 7 000 leerlinge het aan die kompetisie deelgeneem waarin wiskunde- en wetenskaptake gedoen en probleme en raaisels opge-

los moet word. Die streekdeelnemers van elke provinsie het vanjaar aan ’n reeks watergegronde uitdagings gewerk. Hulle moes onder meer eksperimente met sjokolademelkskommels doen, ’n watersuiweringsaanleg vir ’n stadstraat ontwerp en met slegs papier ’n waterdigde houer skep. Volgens Mariza was daar naderhand net ses spanne oor wat via Skype aan ’n snelvuurafdeling deelgeneem het. Die span wat die vrae die vinnigste korrek

beantwoord het, het ’n punt gekry en die span met die meeste punte het gewen. Sy sê die span het die melkskommel-eksperiment die meeste geniet. Hulle moes ’n sjokolademelkskommel vir ProNutro, die hoofborg, ontwikkel. Omdat hulle die iThink Challenge gewen het, gaan hulle in die ProNutro-ontwikkelingslaboratorium saam met die ontwikkelingspan aan ’n sjokolade-energieskommel werk. Die Hip2b² iThink Challenge word gehou in samewerking met die departement van weten-

skap en tegnologie en die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Wetenskap en Tegnologiese Vooruitgang. Hip2b2 is in 2002 gestig om wiskunde, wetenskap en tegnologie onder leerlinge te bevorder om só innoverende entrepreneurskap en analitiese denke te ontwikkel. Die span van HMO het R15 000 vir sy skool gewen. Die St George’s High School in Kaapstad was tweede met die Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen in die derde plek.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Sonkrag kry lyf André Botha DIE Noord-Kaapse landskap verander met sonkragparke wat oral in die provinsie opskiet. Van Upington tot Kathu tot Kimberley tot De Aar word verskeie sonkragparke reeds opgerig, terwyl nog talle in die beplanningsfase is. Beleggings van miljoene rande is reeds deur buitelandse maatskappye in dié aanlegte gedoen, met nog miljoene wat kom. Dit is veral in die konstruksiefase waarin duisende werkgeleenthede in die provinsie geskep word. Wanneer die parke aan die gang is, word hoofsaaklik gespesialiseerde mense gebruik. Hoewel sonkragparke ook in ander provinsies gebou (gaan) word, onder meer in die Vrystaat, is dit die Noord-Kaap wat vorentoe verreweg met sonkrag die grootste bydrae tot elektrisiteitsvoorsiening gaan maak. Upington sal as’t ware die “hoofdorp” met die voorsiening van sonkrag wees. Vyf gekonsentreerde sonkragparke gaan in die omgewing van die dorp gebou word. Eskom beoog om drie gekonsentreerde sonkragparke hier te bou. Die Spaanse maatskappy Abengoa het reeds in 2012 met bouwerk aan sy park begin. Die maatskappy se Khi Solar One, wat saam met die Khi-gemeenskap en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie ontwikkel word, se toring is pas voltooi. Luidens ’n verklaring van die maatskappy is dit ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling van die park. Khi Solar One sal 50 MW lewer, terwyl KaXu Solar One 100 MW sal lewer. Dié twee sal die eerste gekonsentreerde sonkragaanlegte in die

Noord-Kaap wees wat in bedryf gestel word. Die fotovoltaïese sonkragaanleg van Scatec Solar, ’n Noorweegse maatskappy, sal een van die eerstes in die Noord-Kaap wees om krag te lewer. Die Kalkbult-park is tussen Philipstown en Petrusville, sowat 58 km van De Aar af. Die subkontrakteurs Kentz Engineers en PIA Solar het verlede week die laaste van die 312 504 sonpanele aangebring. Die terrein is sowat 135 ha groot. By Deben naby Kathu rig die kontrakteurs WBHO en Building Energy ’n sonkragaanleg op. By dié aanleg word 343 200 sonpanele, 50 050 kolomme en 42 900 en 42 900 balke oor die volgende 18 maande aangebring. Die konstruksiegebied is sowat 200 ha groot. Dit sal na verwagting in Augustus 2014 voltooi wees en sal een van die grootste aanlegte in die land wees. Sowat 15 km van Kimberley af pryk reeds duisende sonpanele op die plaas Droogfontein. Droogfontein Solar PV is een van drie energieprojekte van Globaleq waarby Mainstream Renewable Power betrokke is. Nog ’n sonkragpark word by De Aar gebou en ’n windaanleg by Jeffreysbaai. Afri-Devo Energy beplan om sowel ’n fotovoltaïese en ’n gekonsentreerde aanleg op die plaas Platfontein tussen Kimberley en Barkly-Wes te bou. Die twee aanlegte sal onderskeidelik 75 MW en 100 MW lewer. En namate al die projekte voltooi word, sal sonpanele blinkend in die son net so kenmerkend van die NoordKaapse landskap as die kameeldoringbome wees.

SÓ begin die landskap van die Noord­Kaap stelselmatig verander namate die verskillende sonkragparke hul versky­ ning maak. Die verkoelingstoring van die Abengoa­maatskappy van Spanje wat hier sowat 10 km buite Upington en oorkant Klippunt opgerig word, staan 205 m hoog. Foto: Anena Burger

8 / 32

12 / 35

12 / 35

O-5

NNO - 10

NW - 15


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Skilder se werk uitgestal

DIE solo-uitstalling van Brian Macaskill kan nou in Maud’s Place besigtig word en sal tot Sondag 29 September te sien wees. Macaskill is ’n kunstenaar wat graag realistiese skilderye met olieverf doen, maar ook soms gebruik maak van ander mediums, afhangende van die vereistes van die kliënt waarvoor hy werk. Hy doen baie opdragwerk en vandaar sy veelsydigheid van mediums en onderwerpe. Sy groot passie, voorkeur-onderwerp en tema is egter groot foto-realistiese skilderye van swaar vragmotors, uitgevoer in olieverf. Dié passie van hom het in die vroeë 1990’s begin. Hy het in Welkom gewoon toe ’n vragmotor-eienaar hom nader om ’n skildery van sy vragmotor te doen en net daar het die gogga om vragmotors te skilder, hom gebyt. Vir baie jare daarna het hy die land letter-

lik deurkruis en baie duisende kilometers afgelê om swaar voertuie te skilder. So het hy wonderlike mense ontmoet vir wie hy skilderye van hul soms baie groot vlote vragmotors geskilder het, en so is mooi vriendskappe ook gesmee. Nog later het versoeke gekom om portretstudies van die vragmotor-eienaars en hul families, asook kantoorgeboue, by die vragmotors in te skilder. Brian het ook vliegtuie, helikopters, motorfietse, honde, bakkies, motors, beeste, perde, skape, wilde diere en sommer enigiets, selfs werkers se gesigte wat vir die kliënt belangrik is, geskilder. Hoe groter die uitdaging van die opdrag, hoe meer genot put Brian daaruit by voltooiing van die skildery. In die baie jare waartydens hy swaar voertuie, geboue, ensovoorts, geskilder het, het hy ’n ateljee op Ork-

EEN van Brian Macaskill se skilderye wat nou in Maud’s Place besigtig kan word. Foto’s: Lizette Slabber

BRIAN MACASKILL ney gehad, omdat dit redelik sentraal geleë was. In 1999 het hy egter heeltyds van Namibië en Upington af gewerk, die tydperk waarin hy goed verafrikaans het. Hy het nog baie gery, maar kon nou meer tyd by sy gesin deurbring. In 2008 het hy Panorama Ramery oorgeneem en so is sy dae op die lang pad kortgeknip. Hoewel hy nooit opgehou het om vragmotors te skilder nie, kon hy dit nie op dieselfde skaal doen as voorheen nie. Noudat hy sy besigheid van die huis af bedryf, sal hy weer sy vragmotorskilderye op die pad kry, en met die hoë brandstofpryse het die internet tot sy redding gekom. Hy sien kuns as iets waarvan jy hou of nie, met geen misterieuse verduidelikings nie. Brian se filosofie tot sy skilderye is: A picture is worth a thousand words. Vir meer inligting aangaande die uitstalling en die amptelike opening van Brian se uitstalling, kontak Maud’s Place by 054-332-1089 of vir Macaskill by 076-153-6621.

DIE uitstalling kan tot 29 September besigtig word.

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Plattelandse skole is tops HOE lekker is dit nie om te hoor dat plattelandse skole presteer nie. Verlede jaar het ’n span leerlinge van die Hoërskool Kathu die Hip2b² iThink Challenge se ProNutro-afdeling gewen. In die afdeling moes hulle ’n nuwe geur pap ontwikkel en die span van Kathu was die nasionale wenner. Hul geur is nou op die winkelrakke. Vanjaar het die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) se span onder leiding van Jorrie Jordaan die iThink Challenge gewen. Daarby is die Voorbereidingskool Fanie Malan se koor landwyd onder die vyf top- junior kore in die ATKV se Applous-kompetisie. Die Hoërskool Duineveld is tiende in die land met sy leerlinge se prestasies op die wetenskap-

ekspo. Dit laat ’n mens besef dat om op die platteland te bly niks van kinders wegneem nie. Die plattelandse skole bied net soveel vir hul leerlinge as stadskole en dat die gehalte van onderrig geensins afsteek by die onderrig wat leerlinge in skole in stede ontvang nie. Die skole in dié streek presteer jaarliks op ’n verskeidenheid gebiede en op akademiese, kulturele en sportgebied staan hulle nie ’n tree terug vir hul eweknieë in die stad nie. Dit bly lekker om week na week te lees oor al die prestasies en te sien hoe talent ontwikkel word totdat alle potensiaal bereik kan word. Dit is voorwaar ’n lekker plek om kinders in groot te maak.

Net kennis nie genoeg André de Villiers DAAR is iets drasties fout met die manier waarop ons dissipels van Jesus in ons gemeentes kweek. Ons Westerlinge blyk heeltemal tevrede te wees as ons vir mekaar die “kopkennis” kan gee. Maar of daardie mens die kopkennis met ’n leefstyl kan integreer, skeel ons maar min, of altans, so lyk dit as ons na gemeentes kyk. Ons onderwysstelsel het dieselfde neiging getoon in vroeër jare. Onderrig het gegaan om die akademiese opleiding, met ander woorde hoeveel punte die student kry na gelang van hoeveel antwoorde reg of verkeerd beantwoord is. Die uitgangspunt by leraars en onderwysers is moontlik dat dit hul werk is om die inhoud van ’n boek aan die student oor te dra. Dit bring mee dat die verhouding waarin hulle staan formeler in plaas van relasioneler. Om kopkennis te hê is nie irrelevant nie. Maar die vraag sal altyd bly of net kennis tot verandering van gedrag lei? Anders gestel: Hoe pas mense toe wat hulle weet? Hoe verander kennis die mens se optrede? Van 1996 tot 2000 was my seun in ’n skool waar die volgende spreuk by elke onderwyser ingedril is: Opvoeding begin wanneer die klastyd verby is. Wat wou hulle daarmee sê? Dat dit goed en wel is om die leerling met kopkennis te verryk, maar wat doen die onderwyser om te verseker dat die leerling daardie kennis reg in die praktyk toepas? In die Joodse taal is daar minder woorde as in baie Westerse tale. Dit beteken dat een woord meer as een betekenis het. So beteken die woord “luister” hoor en doen. Anders gestel, wanneer iemand aangespreek word om te luister, veronderstel die spreker dat die hoorder gehoor sál gee aan die woorde deur daarop te reageer. Dit is soos wanneer ouers

hul kind roep om te kom eet. Wanneer ouers roep, aanvaar hulle die kind sal kom en dat ’n tweede roep nie nodig is nie. In Mat. 18:15-17 sê Jesus wanneer mense nie doen wat God vra nie, moet die gelowiges met hulle gaan praat en hulle op die regte leefstyl wys. As hulle “luister”, het jy hulle teruggewen. Die “luister” is egter nie net intellektuele instemming nie, met ander woorde: “Ek verstaan wat jy vir my sê” nie. Nee, dit beteken die mense hoor en verander hul gedrag daarvolgens. Hul veranderde gedrag getuig dat hulle gehoor het. In die Joodse tradisie is die rol van die rabbi uiters belangrik. Die mens is nie net ’n onderwyser vir die volgelinge nie. Hy is ’n rolmodel, ’n mentor. Hy leef saam met sy volgelinge en hulle sien in sy dag-tot-dag-lewe hoe hy die waarhede van die Woord in sy daaglikse lewe integreer. Jesus het Sy volgelinge gehad. Hy het nie net 12 dissipels gehad nie, maar baie meer soos Hy van dorp tot dorp gegaan het. Oral het mense na Sy woorde geluister en gesien hoe Hy dit in Sy lewe toepas. Dit het die deurslag gegee. Dit het mense gelei tot ’n nuwe lewenstyl. Dit het van die eerste kerk (Hand. 2) mense gemaak wat die wêreld rondom hulle verander het, nie deur woorde nie, maar deur hul gedrag. In hoe ’n mate slaag jy daarin om vir ander ’n mentor, ’n rolmodel, te wees? In watter mate slaag jul gemeente daarin om mentorskap te gebruik om mense se lewe radikaal te verander sodat ons nie net hoorders van die Woord sal wees nie, maar daders? Of is ons tevrede om net intellektuele navolgers van Jesus te wees sonder dat ons gedrag dit hoef te bevestig? ) Ds. André de Villiers is ’n leraar van die NG kerk Kathu.

HIERDIE pragtige sonsopkoms is by Kathu afgeneem.

Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Gamagara versnel Deben se verval JAN COETZER, Deben: DIE artikel “Ons bly op ’n ashoop” in die Kuruman Bulletin van 15 Augustus waarin die rioolprobleme in Deben uitgestippel is, verwys. Ek voel my in aansluiting by die berig ongelukkig genoop om die volgende gegewens via die media beskikbaar te stel vir kennisname deur die breër publiek en ter beskaming van die Gamagara-munisipaliteit vir sy direkte en alleen-aandeel aan die agteruitgang en verval van die openbare infrastrukture van die dorp Deben. Gemeet aan beskaafde norme is die dorpie tot ’n Derdewêreldse soort gemeenskap gereduseer deur gemelde munisipaliteit se minagting van die belange en behoeftes van Deben se inwoners. In Deben ontbreek daar 18 stop- en toegeetekens. Sommige se pale is darem nog nie uitgebreek nie. By minstens twee straatkruisings is daar geen padtekens nie, logies ’n hoogs gevaarlike opset en een wat in wese op strafregtelike pligsversuim van die munisipaliteit neerkom.

Altesaam 17 straatnaamborde het verdwyn. Met die koms van GPS-tegnologie word straatnaamborde nou skynbaar irrelevant. Teenstrydig met ’n munisipale wet dat geen gebou onder die vloedlyn van die Gamagara-rivier opgerig mag word nie, gee die Gamagararaad nogtans wederregtelik toestemming daartoe, met die bra bisarre voorwaarde en verontskuldiging dat eienaars dit op eie risiko doen. Die skraap van strate is ’n munisipale diens wat skynbaar met die koms van die nuwe Suid-Afrika summier in die stof gebyt het. Die suig van riooldreine is beslis nie ’n voorkeurdiens by die Gamagara-raad nie. Wagtyd vir dié diens kan tot ’n maand lank duur. Die raad se oplossing vir die pro-

bleem is dat die vol dreine maar gerus in die straat of in die buurman se erf kan oorloop. Die munisipale wet dat diere slegs op die erwe aangrensend aan die Gamagara-loop aangehou mag word, word glad nie meer deur die raad toegepas nie. Deben het dus in ’n tipe “veedorpie” ontaard. Dit is dus nie vreemd dat rondlopervee, veral donkies, skynbaar die “vryheid van die stad” het om, ongehinderd deur die wetstoepassers, dag en nag hul weirondes deur Deben se strate te doen, met soms noodlottige gevolge vir motoriste nie. Les bes: Is die reeds jare lange opgefrommelde dorps- en verwelkomingsbord by die ingang van Deben, ’n bord wat veronderstel is om ’n spieëlbeeld van ’n dorp se karakter te wees, nie ’n klaaglike manifestasie van enersyds die graad van minagting en geringskatting van die inwoners van Deben deur die Gamagara-raad en andersyds van ’n algehele gebrek van die raad aan etiek en selfrespek en respek vir die eergevoel van die inwoners van Deben nie? Seer sekerlik wel.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

’n Mens praat mos nie so ONS almal het ons geite. Ek dalk meer as jy. Veral as dit by iemand se taal kom. As jy SMS-taal gebruik, knip ek ons gesprek kort. As jy eers Afrikaans en Engels deurmekaargooi, is ek die een wat draaie loop net om jou te vermy. Dit alles kan ek nog hanteer, maar as jy eers voor my die woord “mos” in elke sin gooi, sien ek hoe my oorle’ ouma se potloodwenkbroue lig. Sy sou voor haar spieëlkas sit, haar Chanel no. 5 aanspuit en sê “mos” dui daarop dat jou Afrikaanse woordeskat tekort skiet. En g’n ander woord in die HAT laat ’n mens dommer voel as dié nuttelose drieletterwoord nie. Sy het – mos! – ’n afsku aan “mos” ontwikkel toe sy tannie Sandra een Sondag ná kerk op die trappe gesien het. Ek was aan haar sy toe sy my

arm met mening beetkry en my agter haar aansleep om die vriendin van Nylstroom te groet. Ná die soengroet en drukke (ja, die soen en wangknyp van vreemde mense bly my nou nog by), vra sy vir tant Sandra hoekom sy so skaars is. “Stefaans is mos dood,” sê sy. Mos. Ek was seker ek het op daardie oomblik ’n kriekekoor gehoor. Voete het op die sementvloer geskuifel en my ouma het haar keel skoongemaak. “O!” het sy gesê. “Hoe kon ek dit vergeet het.” En dit is hoe die woord “mos” my

ouma laat lieg het, want sy het niks geweet van die afsterwe nie. As mos maar net by ’n plant op ’n nat klip gebly het. Die woordjie – klein, kort en eenvoudig – impliseer dat jy iets reeds moet weet. As jy dit nie weet nie en jy wys dit, sal die ander prater dink jy het nooit geluister toe hy jou aanvanklik daarvan vertel het nie. Die woord “mos” word ook graag deur vreemdelinge gebruik. “Ek is mos ’n vegetariër,” sê ’n vrou vir my terwyl ons geselsies in ’n boekwinkel aanknoop. Mos. Hoe moes ek dit mos geweet het? En ek stel myself die eerste keer aan haar voor. Dalk moet ek maar net die woordjie as deel van my taal aanvaar. En soos my ouma, net my kop knik op alles en maak of ek alles mos weet. Teen dié tyd weet ek mos hoe.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

5

DIE hardlopers wat in 2012 aan die gewilde kuierfees­halfmara­ thon deelgeneem het. Vanjaar is die kuier­ fees 21 jaar oud en is dit beslis ’n groot jaar om aan die halfmara­ thon deel te neem. Rig navrae aan die kuierfeeskantoor by 054­332­1100. Foto: Verskaf

Draf saam op eilandpad DIE Pioneer Foods-halfmarathon vind op Vrydag 27 September om 18:00 plaas. Die inskrywings kan van 16:30 af gedoen word waarna die hardlopers om 18:00 by die ingang van die landbounavorsingstasie op die Eiland-feesterrein sal wegspring. Die roete volg die Jooste-eilandpad met bulte

as uitdaging en landerye as uitsig. Die roete sal met lanternliggies verlig word. Die 21,1 km-nagwedloop duur ongeveer drie uur om te voltooi. Deelnemers kan hulle as juniors, veterane, meesters of grootmeesters inskryf. Kry inskryfvorms op www.kalaharikuierfees.co.za.

’n LEKKER gees heers altyd onder stappers van die Upington­Toyota­lekkerstap vir Bybels. Be­ soek gerus die kuierfees se Facebook­blad vir verdere inligting. Foto: Verskaf

VANJAAR vind ’n lekker hengelkompetisie weer op die Sakkie se Arkie­plaas oorkant die feesterrein plaas. ’n Prys sal toegeken word aan elke visspesie wat teen 14:00 ingeweeg word. Hengelaars kan hulle in die kategorieë vir mans, vroue en juniors inskryf. Die hengel­ kompetisie vind op Saterdag 28 September van 07:00 af plaas. Foto: Verskaf

Kom stap weer saam

DIE Kalahari-kuierfees vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar en die Upington-Toyota-lekkerstap vir Bybels stap al 13 jaar saam met die kuierfees. Daar sal vanjaar weer ’n 1 km- en 5 km-stap-

tog op Saterdag 28 September om 09:00 wees om geld vir Bybelverspreiding in te samel. Inskrywing is gratis, maar alle skenkings is welkom. Die lekkerstap begin by die ingang van die Eiland-feesterrein.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Ren maak terugkeer ENIGE veldrenjaer wat in die laat 1980’s deelgeneem het – en dít sluit omtrent die hele renveld uit – sal nogal tuis voel op die roete van die Vryburg 400, die sesde ronde van die 2013Donaldson-veldtydrenkampioenskappe wat die naweek van 6 en 7 September beslis word. Nasionale veldtydrenne keer dan ná ’n lang tyd terug na die Noordwes-provinsie, en die roetehoof, Adri Roets, en sy assistent, André Kock, het met ’n “tegniese” roete vorendag gekom wat tiperend van die Kalahari is. Kock, wat in die Vryburg-omgewing woon, het die Toyota-woestynren wat in 1988 daar beslis is, gewen en ken die omgewing soos die palm van sy hand. “Dit was suiwer genot om saam met André te werk en sy kennis van die omgewing was van onskatbare waarde,” het Roets gesê. “Die roete bestaan hoofsaaklik uit nuwe dele en dit gaan weens die min reënval die afgelope paar jaar in dié omgewing baie droog en stowwerig wees. “Die roete is baie tegnies, maar behels ook sanderige gedeeltes wat tipies van die Kalahari is.” Die ren begin by die Vryburg-motorklub naby die R378 na Tosca waar die deelnemers van die klubhuis af links-om in ’n noordwestelike rigting sal jaag. Die roete strek van die plaas Progress af verder wes en kruis verskeie tweederangse paaie. Die deelnemers kry ná die kruising met die R378 koers in die rigting van Bordeaux deur Waterpan en Graspan na Kaallaagte. Die roete swenk dan suid-oos en steek die R378 weer oor voordat dit na die wegspringpunt by Massouskop terugkronkel. Die kwalifiserende voorren om die wegspringplekke te bepaal sal oor ’n roete van 60 km strek, terwyl die hoofren self twee rondes van 170 km elk behels. Die deelnemers word aan die einde van die eerste ronde verplig om 15 minute te rus. “Die roete kronkel soos verwag kan word tussen bosse en bome deur, maar dit is tegnies en sal ’n interessante uitdaging wees,” het Roets gesê. “Die byeenkoms is baie toeskouergerig en die roete kronkel oral naby aan bekende paaie in die omgewing. “Die ren het groot belangstelling op Vryburg en in sy omgewing gewek en vir baie van die plaaslike inwoners sal dit weer ‘soos in die ou dae’ wees.” Die moontlikheid van ’n baie dramatiese naweek word deur die mededingende stand van sake aan die voorpunt van die kampioenskap vergroot. Die Castrol-Toyota-jaers, Anthony Taylor en Dennis Murphy, het in die afdeling vir produksievoertuie ná drie agtereenvolgende oorwinnings ’n voorsprong van tien punte teenoor die Ford Racing-jaers, Chris Visser en Japie Badenhorst. Wat die buisraammotors betref, voer die paen-seun-jaers, Hermann en Wichard Sullwald (Elegant Fuel-Stryker), die botoon met ’n voorsprong van 9,5 punte teenoor die verdedigende kampioene, Evan Hutchison en Danie Stassen, in hul Motorite-BAT Viper. Hutchison/Stassen is op hul beurt net 2,5 punte voor die KwaZulu-Natalse jaers Clint Gibson en Gary Campbell (Dirt Sport Components-Porter), wat beteken elke beskikbare punt in die stadium van die seisoen is uiters kosbaar. Die kwalifiserende voorren waarin die wegspringplekke bepaal word, begin Vrydag om 12:00, terwyl die hoofren Saterdag om 08:30 begin. Toegang tot die hoofkwartier, aangewese dienspunt en toeskouerpunte oral langs die roete is geheel en al gratis. Vir meer inligting bel Charmaine Fortune by 082-991-0011.

UWC holds reunion

THE University of the Western Cape (UWC) invites all graduates and past students in Kuruman and surrounding areas to attend the 1960s and 1970s Alumni reunion weekend from Friday, 4 October, to Sunday, 6 October, at its Bellville Campus. The aim of the event is to welcome back the founding graduates (there were 17 students in the university’s first graduation ceremony in 1953, and now more than 4 000 students graduate annually) to reconnect, share their stories and see how the institution is building on the foundation of their legacy. The weekend-long programme is open to all UWC alumni and will include a breakfast with the rector, a formal dance, a jazz evening, campus tours and an afternoon programme of fun for the family and a remembrance service. For more information visit their website at www.uwc.ac.za/alumni or contact the alumni relations office at alumni@uwc.ac.za or phone 021-959-2143.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Dié kleure ’n moet vir somer WAATLEMOEN, kobaltblou, mentgroen, suurlemoengeel en laventelpers is van die kleure wat in somer 2013 ’n plekkie in elke vrou se kas moet kry. Dié kleure was volop in die Tydlose Styl-modevertoning van The Mark of B wat op 24 Augustus plaasgevind het. Vanjaar het tekstielontwerper Carolina Schlecter haar by Betty Brown van The Mark of B aangesluit om ’n reeks materiaal vir die somer te ontwerp. Omdat bonkige blompatrone groot nuus

LIZANNE HUGO vertoon ’n mentgroen aandrok. Dit is een van die gewilde kleure vir somer 2013. Foto’s: Lizette Slabber

in die modewêreld is, het hulle ’n eg Suid-Afrikaanse blommereeks ontwerp. Fynbosblomme soos proteas, speldekussings en heide is op unieke maniere gekombineer. Die drukwerk is op 100% viskose, voile en ’n rekstof wat bestaan uit 95% viskose en 5% spandeks gedruk en Carolina het skermdruk op die pante gedoen wat ’n uniekheid daaraan verleen. Hierdie somer is vloeiende lyne en sagte teksture gebruik om deel te wees

ANINE HANEKOM vertoon een van The Mark of B se aandrokke.

JORINNE VAN NIEKERK in ’n ligte someruit­ rusting perfek vir Upington se warm klimaat.

INA MARITZ vertoon ’n vloeiende grys aandrok.

MARINA HENN vertoon een van die uitrus­ tings waarop een van Carolina Schlecter se protea­ontwerpe gesien kan word.

van die nuutste modeneigings. ’n Wêreldwye neiging na ’n lewenstyl wat meer omgewingsvriendelik is, vorm ook deel van die reeks. Daar is wegbeweeg van sinteties vervaardigde tekstielstowwe wat met vervaardiging soveel besoedeling veroorsaak en eerder op natuurlike stowwe soos sellulose, vlas en katoen gefokus. Daar is ook vanjaar ’n buitelug-reeks, B.Wild, bekend gestel. Carolina het met tekstielontwerpe ’n Noord-Kaapse gevoel geskep. Kameeldoringtakkies, kokerbome en plaasname is gekombineer met snitte wat ontwerp is om aan die vrou wat na aan die natuur leef ’n unieke stylvolle voorkoms te verseker.

MARLIZE KRUGER vertoon ’n lekker gemak­ like swart­en­wit­uitrusting.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013 REGS: Wian van den Heever (links) en Ricus O’Callaghan was vir dié dag as winkeleienaars vrolik aangetrek.

MARLETTE COETZEE (links) en Nasya Marais met hul verruklike fudgeblokkies.

DANAY WHITLOW (links) en Fabri­Ann van Rooyen het pragtige handgemaakte kunswerke in hul stalletjie ver­ koop. Foto’s: Verskaf

ERNU EKKERD (links) en Burger du Plessis het koeldrank spesiaal vir al die mak lammetjies van LSK verkoop.

DIÉ Voortrekkertannie, Anne van Niekerk, het allerlei “ou­ tydse” lekkernye verkoop.

MEGAN WHYBURD (links) en Mishka Lombaard het lekker baie geld met hul balonne gemaak.

9

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) het op 16 Augustus ’n markdag aangebied. Dié keer was die gr. 4-leerlinge die entrepeneurs wat hul “winkelgoed” aan medeleerlinge verkoop het. Die gr. 4’s het hul heel eerste markdag baie spesiaal gemaak.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Velties fyn uitgevat DIE Hoërskool Duineveld se Veltie-extravaganza het op 20 Augustus plaasgevind. Dié extravaganza word jaarliks aangebied as die laaste geldinsa-

melingsgeleentheid van die gr. 11-klas om geld vir die matriekafskeidgeselligheid in te samel. Vanjaar is die modelle se klere deur Ruby Red, Foshini,

Tof en Tooi, Truworths, Markhams, Mark of B, Kaap-Agri, Tiketa, Les Girls, Top Gear, Malie Kotze en Mandie van der Westhuizen verskaf.

RIN­MARIE COETZEE vertoon ’n perfekte rok vir ’n matriekafskeidgeselligheid.

VAN links is Danus Kruger en Coenie Lamprecht.

IAN MARAIS lyk deftig in sy pak.

VAN links is Alzette van Zyl, Derise Grobbelaar en Anshin Potgieter.

TUSSEN die modelle se swierige draaie op die verhoog deur was daar darem tyd vir ’n bietjie pret. Van links is Carla Kruger, Nata­ sha Wrigley, Hanri van der Merwe, Da­ nielle Nel, Joline Hu­ man en Deona Bec­ ker.

DIE gr. 11­modelle wat aan vanjaar se Veltie­extravaganza deelgeneem het.

Foto’s: Suzanne Human


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

6 SLKP HUIS met ingeboude kaste, 2 badkamers, groot erf, R13 000 p.m Skakel Koos 084 733 5835/073 273 1762 LOST SAMSUNG TABLET: R500 reward for information or recovery. Phone Meshack 072 457 6102.

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. NISSAN 1400 KAPPIE te koop R2500. Skakel 083 388 0565/083 684 4009 TE KOOP: "instant lawn"R30 per vierkante meter. Hoendermis teen R30 per sak. 079 563 9103 VAKANSIEPRET/ HOLIDAY FUN! Alle laerskool leerlinge - 23 Sept tot 27 Sept 07:00 - 17:00. Stimulerende aktiwiteite! Skakel 082 829 1307/082 300 3511

ELEKTRIESE HEININGS Beveilig u eiendom. Vir professionele geakrediteerde installasies. Francois 072 156 4035.

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

FORTUNER 3.0 D4D: 4x4, 2012. Outo, wit. 14 000 km. R390 000. Skakel Michelle (053 712 1014/0626 HILUX 1.8: 1997. R45 000. 1996 Isuzu 250: R33 500. Phone 071 967 0285. HI-LUX 2.4D, 2001. R69 500. 1999 Courier 2.5d, tralies canopy - R49 500 071 967 0285. ISUZU 2000 280 d/c, kappie - R59 500; 1996 Isuzu 250d - R32 500. 071 967 0285 HEKMOTOR en garagedeur-motorherstel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

TOYOTA PICK-UP bakkie, 1983. Phone 083 772 2316.

AUDI 2005 FULLHOUSE R59 500; 1992 Golf 1.6 R22 500. 071 967 0285 CAMRY 1996 200i R34 500; 1997 stra 160I R29 500. Call 071 967 0285 FORD ICON: 2003. Nuwe enjin. Skakel 083 772 2316.

Veritas Eiendomme

TE KOOP Skakel Elize 083 383 8372 E-pos: lindeelize470 @gmail.com Verskeie eiendomme te koop vanaf R1 300 000 tot R3 675 000. TE HUUR SKAKEL JUANITA 078 159 7426 E-pos: veritaseienkuruman @gmail.com

Verskeie eiendomme vanaf R11 000 tot R12 000. Industriële erf met kantore R33 000. Dringend opsoek na huise te koop of te huur. Besoek gerus ons webtuiste www. veritaseiendomme .co.za. Vir enige eiendomsbehoeftes, skakel ons gerus.

‘Ons help graag.’

CASH FOR CARS AND BAKKIES below R40 000. SMS 071 967 0285.

KURUMAN: 3 slkp, ingeboude kaste, 2 badk, kombuis met kaste, braai area, d/motorhuis. R10 000 p.m Skakel Frikkie 073 273 1762/084 733 5835

3 SLAAPKAMERS, 2 badkamers - R9900. Skakel Elretha 083 561 6705/ 053 -712 3123 3 SLKP HUIS met ingeboude kaste, 2 badk, enkel motorhuis + afdak - R12 000 p.m Skakel Koos 084 733 5835/073 273 1762 3 SLKP MET ingeboude kaste, 2 badk, kombuis met kaste, braai-area, enkel motorhuis, nuut uitgeverf R11 000 p.m. Skakel Frikkie 073 273 1762/084 733 5835 4 SLKP MET ingeboude kaste, 2 sitkamers, 2 badk, kombuis met kaste, braai area, bediende kamer, dubbelmotorhuis + afdak. R15 000 p.m Skakel Koos 084 733 5835/073 273 1762 5 SLKP gemeubileerde plaashuis, 2 badk, dubbel motorhuis- 10 km vanaf Hotazel. Ideaal vir kontrakteurs. R25 000p.m. Skakel Frikkie 073 273 1762/084 733 5835

MEENTHUISE - 3 SLAAPKAMER, 2 badkamers, motorhuis - R9900 - R1200. Skakel Elretha 083 561 6705/053 712 3123

6 000-m²-erf met goedkeuring vir 43 woon-stelle in Cuninghamstraat, Kuruman. R2,5 m o.n.k.a. Skakel 053 712 0407 kantoorure.

3 SLKP HUIS met ingeboude kaste, 1 badk, kombuis met kaste, afdak. Skakel Frikkie - R800 000. 073 273 1762/084 733 5835 HUIS TE KOOP: 2 Slkp, 2 badk, groot oopplan kombuis, eetk, sitk, spens, opwas, binnebraai sowel as buitebraai met ingeboude braai. 2 x 1 Slkp woonstelle; 3 x eenmanwoonstelle met braaigeriewe, 1 buitekamer met badk, 1 bediendekamer, 2 stoorkamers, onderdakparkering vir 8 motors. Alle woonstelle + huis - toegerus met koopkrag. Sentraal geleë, binne loopafstand van dorp. 083 737 8773

Rita's

Eiendomme Properties

Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000. Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.

ELIZABETH SOEK asb uitslaapwerk - het ondervinding van gastehuise. Skakel 072 654 2846

TT TAVERN KURUMAN is looking for a barman with no bad drinking habits. Must be computer literate. To start immediately. Please phone 053-7123458

Volle Naam: Boedel wyle Dennis Mohammed DaDa Adres: Amstronglaan 16 Kuruman,8460 Geboortedatum: 19/09/1958 Identiteitsnommer: 5809165025080 Volle name en van van nagelate gade: Margaret Eva Sussie DaDa Geboortedatum: 10/10/1963 Datum oorlede: 10 Junie 2013 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf Datum: 6 September 2013 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. Geteken te Kuruman op die 23ste dag van Augustus 2013 KBVS Prokureurs Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za 1 SLKP WOONSTEL met koopkrag, onderdak veilige parkering. Dadelik beskikbaar. Skakel 072 634 6880 NETJIESE 2 SLKP woonstel, sitkamer en kombuis, koopkrag - R5000 p.m. Water ingesluit. Skakel 072 481 6586 Woonstel te huur Kathu:Een slpkamer te huur W/L ingesluit.Skakel 081 590 4835

SOEK, KOOP, VERKOOP

SWEETS/CHOCOLATES/ CHIPS/BISCUITS/ DRINKS DISTRIBUTION Start your own business. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

PICKING OUT PERFORMANCE We make a point of recognising success.

TRAIN ASSISTANT: DISTRIBUTION, KUMBA IRON ORE, SISHEN

MINE, NORTHERN CAPE BAND 9

Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company.

VAN links is, voor: Christine Becker, Sunell Mostert, Jana Becker en Raynardt Stasch; agter: Jan­Hendrik Boshoff, Derik Steenkamp, Michael Becker, Jandré Steenkamp en Harm Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Skuts presteer in kompetisie DIE skuts van die Hoërskool Upington het op 16 en 17 Augustus aan die skoleskietkompetisie op Upington se eindronde deelgeneem. Derik Steenkamp het ’n goue en ’n bronsmedalje in die sportergeweer-o.21-staanposisie en drieposisie verwerf en Michael Becker het ’n silwermedalje vir die drieposisie verwerf. Jana Becker het ’n silweren ’n bronsmedalje in die o.16sportergeweer in die staanposisie en drieposisie verwerf. Christine Becker het goue me-

daljes vir die staanposisie en drieposisie vir die o.16-veergeweer verwerf en Harm Janse van Rensburg het ’n silwermedalje in die staanposisie verwerf. Raynard Stasch het in die o.21-veergeweer ’n goue en silwermedalje vir die staanposisie en drieposisie verwerf en Jan-Hendrik Boshoff het ’n bronsmedalje in die drieposisie verwerf. Tien skuts is in die NoordKaap span ingesluit wat in die Septembervakansie in Johannesburg aan die Suid-Afri-

kaanse skietkompetisie gaan deelneem. Vir die sportergeweer-o.21A-span is Derik Steenkamp, Michael Becker en Jandré Steenkamp en vir die o.16A-span is Jana Becker gekies. Vir die veergeweer-o.21Aspan is Raynardt Stasch en Jan-Hendrik Boshoff en vir die o.16A-span is Christine Becker en Harm Janse van Rensburg gekies. Vir die veergeweer-o.16Bspan is Sunell Mostert en Paul van Zyl gekies.

In this role you will be responsible for shunting long train-loads, coupling and uncoupling wagons and locomotives, controlling point work, and assisting the Loco Driver with locomotive inspection duties and the refuelling of locomotives. You will also liaise with the Yard Foreman, Loco Driver and Transnet freight rail personnel, uphold safety regulations at all times and perform administrative functions. You will need a Grade 12 or equivalent, a valid driver’s licence (preferably Code 10), and you must be at least 1.6 metres in height. Computer literacy (Word and Excel) and relevant Train Assistant (Shunter) experience will serve as recommendations. Good interpersonal and communications skills and the ability to operate in a team as well as independently are also required. Applicants need to be able to distinguish between colours, must be fit, in good health and able to pass the eyesight test during the medical examination. Applicants must also be able to undergo and pass relevant training, both theory and practical. Ref. S706364 Drive your career forward at Kumba Iron Ore Ltd. Apply today by forwarding your application to sishen1@angloamerican.co.za before 20 September 2013. Internal applicants can apply online via the source. Appointments will be made in line with Employment Equity targets. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 102019


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Speel in toernooie VIER leerlinge van die Tiaan Serfonteintennisakademie het in Augustus as deel van die Noord-Kaap-spanne aan tennistoernooie deelgeneem. Stefan Joubert het op 2 en 3 Augustus in Welkom as deel van die Noord-Kaaptennisspan aan ’n driehoekige tennistoernooi deelgeneem. Hy was eerste in sy ouderdomsgroep en het al sy wedstryde gewen. JayD van Zyl, Duncan McGregor en Connie Conradie het op 23 en 24 Augustus as deel van die NoordKaap-tennisspan op Klerksdorp aan ’n driehoekige tennistoernooi deelgeneem. JayD en Connie het elkeen drie van hul nege wedstryde gewen. Duncan het ses van sy nege wedstryde gewen.

CONNIE CONRADIE

DUNCAN MCGREGOR

JAYD VAN ZYL

Foto’s: Verskaf

f

STEFAN JOUBERT

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 SEPTEMBER 2013

Puik krieket op fees gespeel ALTESAAM 12 krieketspanne het vanjaar aan die URB/MTN-Uppies-krieketfees deelgeneem. Dié krieketfees is op 23 en 24 Augustus deur die Hoërskool Upington aangebied en soos gewoonlik het die krieketfees baie opwindende krieket opgelewer. Altesaam 18 krieketwedstryde is gespeel en die Vrydagaand was beslis ’n hoogtepunt. Elke span het ’n verkorte wedstryd onder spreiligte gespeel waartydens vleisbraaivure om die veld gebrand het. Die spanne wat aan vanjaar se fees deelgeneem het, was die Hoërskool Upington se o.15- en eerste span, die Hoërskool Duineveld se o.15- en eerste span, die Hoërskool Kathu se o.15- en eerste span, die Hoërskool Carlton van Heerden, die Hoërskool Diamantveld, die NCR-VOO-kollege se Upington-kampus, die Upington Warriors, ’n Uppies-uitnodigingspan wat uit o.13-spelers bestaan het en ’n Uppies Nomads-span. Individuele uitblinkers van die naweek was JD van Zyl met 135* en 81 en Heinrich Enslin 90*. Die boulers wat uitgeblink het, was Franco Swart (8 paaltjies), Reinard Hayes (9 paaltjies), Johan van der Ryst (12 paaltjies) en Cameron McArthur (8 paaltjies). URB-Sellulêr het agt Nokia 201-selfone aan die uitblinkers geskenk. Die volgende spelers het die fone ontvang: In die o.19-afdeling: JayD van Zyl (Duineveld), Reinard Hayes (Upington), Luciano Anthony (Carlton van Heerden) en Heinrich Enslin (Kathu). Die o.15-afdeling se uitblinkers was Johan van der Ryst (Upington), Bobby Duvenhage (OranjeNoord), Connie Conradie (Duineveld) en Cameron McArthur (Diamantveld).

VAN links is Reinard Hayes (Upington), Lucia­ no Anthony (Carlton van Heerden), JayD van Zyl (Duineveld), Bernard Engelbrecht (URB­ Sellulêr), Connie Conradie (Duineveld), Johan van der Ryst (Upington) en Bobby Duvenhage (Oranje­Noord). Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.