Upington bulletin 7 augustus 2013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

8 AUGUSTUS 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

WATTER span se visier gaan môre sekuur genoeg op ’n wen­skoot gemik wees? Die Hoër­ skool Upington bied vanjaar die Groot Interjol aan en in die afgelope twee weke is daar behoorlik opgebou na die hoogtepunt – die eersterugbyspan­ wedstryd wat môre in die Danie Kuys­ stadion gespeel gaan word. Al die vasvra­, skaak­, skiet­, redenaars­, gholf­ en tennis­ wedstryde het al plaasgevind. Die korrel is egter nou gerig op die wed­ stryd wat môre om 16:00 tussen Upington en die Hoërskool Duine­ veld se eerste rug­ byspanne gespeel word. Kry die volle­ dige Groot Interjol­ program op bl. 15. Hier korrel Jandré Steenkamp (Uping­ ton) tydens die skietkompetisie wat reeds verlede week plaasgevind het. Foto: Lizette Slabber

Vat hande vir borsmelk Lizette Slabber

DIE Big Latch On, ’n borsvoedingsprojek waarmee probeer word om soveel borsvoedende ma’s moontlik te kry om op dieselfde tyd oor die wêreld heen een minuut lank hul babas te voed het Vrydag in 11 klinieke op en om Upington plaasgevind. Altesaam 146 ma’s het van 10:30 tot 10:31 hul babas gevoed, terwyl 167 mammas opgedaag het om só bewus-

making oor die belangrikheid van borsvoeding te kweek. Die kliniek wat die beste gevaar het, is die Raaswater-kliniek waar 45 babas gelyktydig gevoed is en 55 ma’s opgedaag het. Volgens Lorna Groenewald, gemeenskapdiensdieetkundige van die departement van gesondheid in die ZF Mgcawu-distrik, sê die departement probeer die boodskap uitdra dat borsvoeding die beste geskenk is

wat ’n ma aan haar baba kan gee. “Ma’s moet besef borsvoeding is die maklikste en beste manier om te verseker dat jou baba optimaal groei en ontwikkel.” Sy het bygevoeg babas wat die eerste ses maande eksklusief borsmelk gedrink het, se immunstelsel is beter en dat hulle minder vatbaar vir siektes soos diarree is. Die voedingsafdeling van die departement van gesondheid neem met

dié Big Latch On deel aan die Internasionale Borsvoedingsweek wat van 1 tot 7 Augustus plaasgevind het. Die belangrikste deel van die week is egter die Big Latch On wat ’n internasionale projek is wat in 2005 in Nieu-Seeland begin is. Elke jaar is die poging om ’n wêreldrekord oor die meeste vroue wat gelyktydig op borsvoed te stel. Die eerste poging het slegs 1 130 ma’s ingesluit.

In 2010 is die huidige rekord opgestel toe 9 826 ma’s in 16 lande gelyktydig geborsvoed het en verlede jaar het 8 862 ma’s aan die Big Latch On deelgeneem. Vanjaar het die Lingelethu-, Sarah Strauss-, Progress-, Louisvale-, Brandboom-, Groblershoop-, Postmasburg-, Riemvasmaak-, Raaswater-, Keimoes- en Babbel Bekkies-klinieke op en om Upington hieraan deelgeneem.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Hulp vir sesjarige gevra Lizette Slabber ’n SESJARIGE meisie van Lamprechtsdrift word op die oomblik deur Cope in die ZF Mgcawu-distrik gehelp om dringende mediese hulp vir brandwonde te kry. Liezel Boer het as baba breinvliesontsteking opgedoen en is sedertdien blind, doof en serebraal gestremd. Dié gestremdheid het veroorsaak dat sy onlangs kaalvoet oor gloeiende kole geloop het en ernstige brandwonde opgedoen het. Liezel bly saam met haar ouma in ’n riethuisie op Lamprechtsdrift en die ouma se pensioen is nie genoeg om vir rehabilitasie van die brandwonde te betaal nie. Cope wil graag die publiek vra om skenkings te doen in die vorm van geld of boumateriaal om die huislike omstandighede van Liezel te verbeter en vir haar mediese, fisioterapie- en arbeidsterapie-koste te betaal. Liezel sal ook arbeids- en fisioterapie-oefeninge by die huis moet doen en geen infrastruktuur kan nou daarvoor aangebring word nie. Daar word gehoop dat indien Liezel genoegsaam herstel van die geld gebruik kan word om haar na die Hoërskool N.J. Heyns in Kimberley te stuur. Om geld of boumateriaal te skenk bel Sydney Williams (streektesourier van Cope) by 082589-8007 of Leonard de Wee (streeksekretaris) by 072-699-8185.

MARTHA JAAR, Liezel Boer se ouma, versorg Liezel op die oomblik in ’n riethuisie op Lamprechts­ drift. By haar is Sydney Williams, streektesourier van Cope, wat geld probeer insamel om Liezel se omstandighede te verbeter. Foto: Lizette Slabber

Grondeise op sessie bekyk ’n INLIGTINGSESSIE oor grondeise is op 28 Julie op Keimoes gehou. Die inligtingsessie is gehou, omdat groot ontevredenheid op Keimoes heers oor die manier waarop grondsake en inheemse regte deur die regering gehanteer word. Volgens Piet Berends, een van die afgevaardigdes na die National Khoisan Dialoque wat in Kimberley plaasgevind het, is daar baie Namas, Korannas, Basters, Khoisan en Griekwas wat meen dit sal ’n voorreg wees om hul kultuur uit te leef, maar dat dié mense voel asof hulle hulle teen ’n muur vasloop oor die verskillende komitees wat die sake hanteer en wat nooit terugvoer oor grondsake aan die mense gee nie. Berends sê die inheemse mense van Keimoes voel leierloos en politiek haweloos, omdat hulle so dikwels in die steek gelaat word. Rig verdere navrae oor inheemse regte aan 081-073-2965 of 084-721-5758 of 078-4740176.

PIET BERENDS saam met gemeenskapslede van Keimoes wat die inligtingsessie oor grondsake en in­ heemse regte bygewoon het. Foto: Verskaf

0/21

3/25

2/20

NO-5

NNW-10

W-10


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

3

VAN links is Babsie Strauss (VLV), Micke Bezuidenhout (Bezalel), Kasoepie van Niekerk (VLV), Niël Stemmet en Chrisna Roos op die Vroue­Landbou­vereniging (VLV) se Vrouedag­sjampanje­ontbyt. Foto’s: Lizette Slabber

Leef sonder geite, sê Niël Lizette Slabber “DIS belangrik dat mense in eenvoud leef . . . grênd beteken vandag niks nie.” Dit was die kern van Niël Stemmet, bekende skrywer en oud-Upingtonner, se praatjie wat hy op die VroueLandbou-vereniging (VLV) se Vrouedag-sjampanje-ontbyt gelewer het. Die mooi versierde saal van die Bezalel-wynlandgoed was vol deftig geklede vroue wat dié bekende Upingtonner en skrywer van die kosboek Sout+Peper se praatjie wou hoor. Niël het vertel van al sy lewensdraaie nadat hy Upington verlaat het. “In die Kaap het ’n bekende tydskrif my woonstel in een van sy dekoruitgawes gepubliseer. Toe, ewe skielik, wil almal my woonstel afneem en is ek ’n ontwerper genoem. “Daarna het ek ’n paar restaurante vir ander mense oopgemaak. Nadat

ek twee jaar met ’n restaurant besig was, het die mense gesê hulle wil alleen verder. Dié seer het my geleer hoe jy seer kan aanbied sodat dit iets moois word. Ek begin toe my kosstories skryf en deel dit met mense op die internet. Ewe skielik kontak ’n uitgewer my en word dié kosstories ’n boek . . . en daar noem almal my skielik ’n skrywer.” Niël se liefde vir die Kalahari skemer kort-kort deur in sy verwysings na geliefde bekendes. Die Kalahari-Afrikaans waarin hy skryf en praat en die “geiteloseheid” wat hom nou nog inspireer. Volgens Niël is dit belangrik dat ons sonder geite leef. “Dit is ook waaroor kos deesdae gaan. Ons mis die eenvoud daarvan om rondom ’n lang tafel te sit en te gesels. “Daar het ’n honger by mense ontstaan om om ’n tafel te sit, te eet en

NIËL STEMMET, skrywer van die boek Sout+Peper, het as gasspreker tydens die VLV se Vroudag­sjampanje­ontbyt opgetree.

hul tyd met mekaar te deel.” Daarom is dit vir Niël belangrik dat mense na die eenvoud van die lewe terugkeer. Tuisgebakte brood, tuisgekookte konfyt, lekker stories oor vanmelewe met jou kinders deel voordat hulle later onder die tafel aan die slaap raak. Niël sê die nuutste neiging is dat niks na geld moet lyk nie. Geen labels moet vertel watter klere jy dra nie. “Orgidieë hoort in Thailand en pronkertjies met hul lekker reuk moet nou ons huise versier.” Die VLV het met dié oggend die vroue van Upington behoorlik met kos vir die siel en stof tot nadenke bederf. Niël se volgende boek, Kleurling, word in November bekend gestel en handel oor die vroue wat kinders grootmaak voordat hulle huis toe gaan om ook hul eie kinders groot te maak.

NÁ sy praatjie het die vroue tougestaan om hul boeke te laat teken. Niël het grappenderwys gesê Sout+Peper is nou in sy derde druk, want Upingtonners het die eerste twee drukoplae opgekoop. Hier teken hy Grace van der Merwe se boek.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Nooit te laat om drome na te streef nie DIE Olimpiese swemmer Natalie du Toit het onlangs by die Hoërskool Kathu ’n praatjie op ’n geselligheid vir die akademiese toppresteerders van die skool gelewer. In haar toespraak het sy gefokus op harde werk en hoe om terugslae in die lewe te oorkom. “Vind ’n droom wat jy wil bewaarheid en werk aan daardie droom. As dit ses uur per dag verg om jou doelwit te bereik dan is dit wat jy doen.” Du Toit het verder vertel hoe sy ’n sosiale lewe en vriende prysgegee het om haar doelwitte te kan bereik. Sy het ook vertel dit het 22 jaar geduur om haar Olimpiese droom te bereik. “Sodra jy die toppunt bereik het, moet jy jou gedurig van voor af uitdink,” was ook wyse woorde van Du Toit. Sy het vir al die leerlinge vertel dat die wêreld oop is vir hulle, dat daar baie geleenthede beskikbaar is en as ’n geleentheid oor jou pad kom, moet jy dit aangryp. “Vrees vir die onbekende is nie ’n uitweg nie. Gryp die geleentheid aan, want as jy dit nie doen nie, gaan jy later spyt wees.” ’n Gasspreker op die geleentheid waarop die tien akademiese toppresteerders van Laerskool Kathu vereer is, het ook genoem

dat ’n mens jouself gedurig moet “herontwerp”. En hoe waar is dit nie? In vandag se gejaagde wêreld is daar nie tyd vir stilsit nie. ’n Matrieksertifikaat of universiteitskwalifikasie is nie meer voldoende nie. Dit is van kardinale belang om gedurig en aanhoudend verder te studeer, om kursusse te doen om jou kwalifikasies op te skerp en jouself te verryk. Nie almal is akademiese toppresteerders nie, maar elke mens het die vermoë om homself te dryf om na die beste van sy vermoë te presteer. Dit is ook belangrik om jouself ’n bietjie te druk. Daar is nie plek vir vrees nie. Mense moet hul vrese oorkom en daardie nuwe projek aanpak. Sien dit as ’n uitdaging. Maar weet vandag se jong mense hoe moeilik die grootmenswêreld regtig is? Besef hulle regtig watter harde werk dit is om bo uit te kom? Mense soos Du Toit se lewensverhale behoort enigiemand aan te spoor om harder te werk. Dit maak nie saak hoe oud jy is nie; daar is altyd plek vir verbetering en groei. ’n Ouer mens kan steeds ’n nuwe loopbaan begin. Daar is altyd nog tyd om jou drome te verwesenlik.

‘I wish you enough’ Chris van Staden I RECENTLY came across this wonderful story of a man that was standing at an airport waiting for his flight. He saw a mother and daughter saying their goodbyes and this is what he overheard. “I love you and I wish you enough.” The daughter replied: “Mom, our life together has been more than enough. Your love is all I ever needed. I wish you enough, too, Mom.” They kissed and the daughter left. The mother walked over to the window where he sat. Standing there, he could see she wanted and needed to cry. He tried not to intrude on her privacy, but she welcomed him in by asking: “Did you ever say good-bye to someone knowing it would be forever?” “Yes, I have,” he replied. “Forgive me for asking, but why is this a forever good-bye?” he asked. He was told that her daughter lives so far away. “I have challenges ahead and the reality is the next trip back will be for my funeral,” she said. “When you were saying good-bye, I heard you say “I wish you enough”. May I ask what that means?” he asked. She began to smile. “That’s a

wish that has been handed down from other generations. My parents used to say it to everyone.” She paused a moment and looked up as if trying to remember it in detail and smiled more. “When we said ‘I wish you enough’ we were wanting the other person to have a life filled with just enough good things to sustain them”. Then turning toward him, she shared the following, reciting it from memory: “I wish you enough sun to keep your attitude bright. I wish you enough rain to appreciate the sun more. I wish you enough happiness to keep your spirit alive. I wish you enough pain so that the smallest joys in life appear much bigger. I wish you enough gain to satisfy your wanting. I wish you enough loss to appreciate all that you possess. I wish you enough hellos to get you through the final good-bye.” She then began to cry and walked away. They say it takes a minute to find a special person. An hour to appreciate them. A day to love them. And an entire life to forget them. ) Pastor Chris van Staden is a minister at the Kuruman Christian Church.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf of gaan loer na die Facebookblad

DIE lente is op ons en die blare word groen. En selfs verkleurmannetjies op Kuruman begin hulle koppe uitsteek om dié nuwe seisoen welkom te heet. Foto: Stefan Louw

Dankbaar oor groot skenking SUSAN VAN STRATEN, Kuruman: NAMENS die Kansa-tak op Kuruman sê ek graag baie dankie aan Riaan Roos vir die groot skenking aan die vereniging wat hy ná sy vrou, Gerda, se dood gemaak het. Ons het groot waardering daarvoor en sal dit verseker nuttig kan gebruik.

Seniors dié mense se passie ANTON man:

ESTERHUYSE,

Kuru-

KURUMAN beskik oor twee mense wie se passie dit is om die lewe van seniors aangenaam te maak. Dit is Ronel du Plessis, bestuurder van die

NK se mense beïndruk Mimosahof-ouetehuis, en Hensel de Kock, koster van die Oos-gemeente. Hulle beplan ’n hand vol aktiwiteite vir die seniors, onder meer ’n vierdagtoer na Vanzylsrus en ’n blommetoer van tien dae na Namakwaland. Saterdag het hulle die seniors, wat vroeër vanjaar op ’n toer na Upington en omgewing was, met ’n ete in ’n sysaal van Mimosahof bederf. Die tafels was keurig gedek en versier. Die geregte was van die boonste rak en is flink bedien. Die Upington-toer is met honderde foto’s en bypassende Afrikaanse musiek herleef. Die gaskunstenaar was die sewejarige Francois van Rensburg. Hy het die gaste gaande gehad met die sing van verskeie liedjies – suiwer en nootvas. Ronel en Hensel streef daarna om seniors nie net vir die ouderdom te laat lewe nie, maar in die ouderdom te laat lewe.

LORINDA BESTER, Mosselbaai: LIEWER baie laat as nooit? Op ons reis van Pretoria na Namibië word motorprobleme toe ons reisgenoot. Toe ons op Kuruman brandstof aanvul, ontdek ons ’n vuurwarm band. ’n Oproep later na ons goeie vriend Peter Greeff (vroeër van Kuruman) word ons deur Mike Pieterse van M & I Motors na Billy’s Auto Clinic begelei. Dit is reeds 16:00. ’n Uur verloop terwyl Billy Boonzaaier ons motor weer padwaardig kry. Met ’n vriendelike handdruk en goeie wense vir die reis verder is ons weer op pad. Ons opregte dank aan die manne. Ons eerste besoek aan die NoordKaap was ’n onvergeetlike ervaring.

MEESTER: ’n strokieprent deur Danie Cronjé.

Enige tyd, net nie nou nie Lizette Slabber EK is werklik baie gelukkig. My man sê nooit ooit vir my nee nie. As ek vra dat hy ’n skildery hang, ’n muur verf, ’n spinnekop doodmaak, ’n lekkende of stukkende iets in die huis regmaak, sê hy altyd: “Ja, enige tyd . . .” en dan, ná ’n asemteug, kom die res van sy sin: “. . . net nie nou nie.” Daarom glo ek vas skoolmeisies moet in die hoërskool ’n verpligte vak volg wat hulle leer hoe om ’n boor, skuurder, winkelhaak en ander gereedskap te hanteer en natuurlik leer wat die verskil tussen ’n skroef en ’n spyker is. Ek weet dit nou nog nie en dít frustreer my man

geweldig. Maar om te kom by die pragtige voëlvoerder wat ek in Januarie gekoop het. Ná vele uitinge van Ja, enige tyd . . . net nie nou nie het ek eindelik genoeg geneul dat hy vir my in Julie die voëlvoerder in my tuin aangebring het. Dit is die pragtigste voëlhuisies wat soos ’n woonstelblok vir voëls lyk waaronder jy saad strooi en dan

kom eet voëltjies lekker in jou tuin. Ek moet egter erken dat ek dié voëlvoerder gekoop het omdat dit verskriklik mooi was en nie omdat ek ’n voëlkyker is nie. Ek kan nie die verskil tussen ’n mossie en ’n vink raaksien nie, maar ek kan my nou verkyk aan hoe allerhande voëltjies by my voerder kom eet. Tot tien voëltjies kom op ’n slag eet en speel tog te lekker by die huisies. Hulle jaag mekaar en spring op en af en ek het al ’n paar keer so lank gestaan en kyk na hul manewales dat my koffie in my hande koud word. Nou antwoord ek gereeld op die vraag: “Liefie sal jy vir ons ’n ou koffietjie maak?” met: “Ja, enige tyd . . . net nie nou nie”.

Volgens die redaksionele beleid van Kalahari Bulletin verwelkom ons voorstelle en kommentaar oor die koerant se inhoud en stel ons beduidende foute so gou as moontlik reg. Stuur asb. kommentaar en inligting oor die regstelling van foute aan die ombudsman van Media24 se Gemeenskapspers, George Claassen, na george.claassen@media24.com, of bel hom by 021 851 3232 of 083 543 2471. Indien ons nie voldoen aan die vereistes van ons eie en die Suid-Afrikaanse Perskode nie, kan u ook die SA Persombudsman kontak by 011 484 3612/8, faks 011 484 3619 of e-pos aan ombudsman@presscouncil.org.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Hou só vir woef kalm

DIE Kalahari-kuierfees wat vanjaar van 26 tot 28 September plaasvind, word oudergewoonte met ’n asemrowende vuurwerkvertoning afgesluit. Op Saterdag 28 September om 23:00 gaan die lug bo Upington ontplof.

Volgens die Kuierfees duur die vertoning slegs 20 minute en kan die volgende riglyne gevolg word om seker te maak dat dié vertoning nie te traumaties vir troeteldiere is nie. • Gee jou hond of kat ongeveer twee uur voor die vertoning ’n voorgeskrewe kalmeermiddel. • Hou jou hond of kat in die huis en skakel die televisie of radio aan. Indien jy bang is jou hond verniel jou huis kan jy hom eerder in die badkamer toemaak. • Hou die gordyne toegetrek en die ligte aan sodat die flitse van die vuurwerk nie die dier ontstel nie. • Maak seker dat jou dier nie uit die erf kan kom tydens die vuurwerkvertoning nie en maak ook seker dat hy hom nie kan beseer wanneer hy oor palissade-heinings probeer spring nie. ’n VUURWERKVERTONING sal weer vanjaar die Kalahari­kuier­ fees op ’n hoë noot afsluit. Foto: Lizette Slabber

5

DIE Straatkarnaval van die Kalahari­kuierfees is altyd die perfekte manier om Upingtonners te laat weet om op te hou werk en dadelik na die Eiland­feesterrein te gaan. Vanjaar begin die Kuierfees weer met die Straatkarnaval op Donderdag 26 September om 14:00. Foto: Lizette Slabber

Karnaval vol pret DIE Straatkarnaval is elke jaar ’n prettige manier om die Kalaharikuierfees mee te begin. Vanjaar vind die Kuierfees van 26 tot 28 September plaas. Alle besighede, organisasies, maatskappye en enige groep wat ’n bietjie pret en plesier op Donderdag 26 September wil

beleef, word genooi om aan die gewilde Straatkarnaval deel te neem. Vanjaar gaan die Straatkarnaval ’n ander Kaapse draai volg deur om 14:00 by The Mill te begin. Van The Mill af gaan vlagskipmotors en sierwaens, alles wat

kan beweeg, deur die dorp beweeg om almal lekker lus vir die naweek se fees te maak. Die Ou Motorklub van Upington gaan ook aan die straatkarnaval deelneem. Almal wat aan die straatkarnaval wil deelneem, moet reeds om 13:00 by The Mill wees.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

LIZLE VAN TONDER (links) is die gelukkige wenner van die Upingtonse mobi site­kompetisie. Lizle het ’n kas van Orange River Cellars se Wit Muskadel 2012 gewen. Dié muskadel het al drie pryse gewen waaronder in Parys waar dit as een van die tien topmuskaatwyne ter wêreld aangewys is. Van links is Lizle, Marlé Nel (Orange River Cellars) en Retha­Marie Hall (Kalahari Bulletin). Foto: Lizette Slabber

The t n e d n e indep e h t f o voice y t i c r e Riv

Hier is wenners van mobi site

DIE Kalahari Bulletin het op 18 Julie sy nuwe mobi site bekend gestel. Op dié bekendstelling is ’n kompetisie vir elkeen van die drie uitgawes begin en die kompetisie het twee weke geduur. Die doel van die kompetisie was om vir lesers in dié streek ’n unieke “ietsie” te bied. Lesers van Kuruman en sy omliggende dorpe, Upington en sy omliggende dorpe en Kathu en sy omliggende dorpe kon hulle vir die kompetisie inskryf. Vir lesers van die Kathu- en Kuruman-omgewing was daar ’n geskenkbewys van BUCO Kathu en vir lesers van Upington en omgewing was daar ’n kas van die Orange River Cellars se Wit Muskadel 2012. Die kompetisie het verlede week gesluit en die Kalahari Bulletin kon die pryse aan sy wenners van Kathu en Upington oorhandig. Daar was geen inskrywings vir Kuruman nie.

KATHU­WENNER Jasper Maritz (links) ont­ vang sy R1 000­geskenkbewys van Johan Jou­ bert, die BUCO­bestuurder. Foto: Madri Scheepers


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

FOKUS OP FBK

Ouditdienste by dié firma op Kuruman FOURIE BESTER EN KRUGER-OUDITEURE (FBK), wat reeds jare uit Kuruman in die Kalahari praktiseer, het kragte met Boshoff Visser-ouditeure saamgesnoer. Boshoff Visser is ’n groep ouditeurs- en rekenmeesterfirmas met kantore in die Suid-, Wes- en Noord-Kaap en hul strategie is om te belê in plattelandse firmas en te fokus op plattelandse besighede wat uit die aard van die saak die boerderygemeenskap insluit. Daar word egter ook sterk klem op klein en medium-grootte nywerhede gelê. Kuruman sal die tweede Boshoff Visser-kantoor in die Noord-Kaap wees ná Upington en die 16de kantoor van Boshoff Visser in geheel. Hannes Fourie, vorige vennoot van FBK, het sy belang in FBK aan die Boshoff Visser-groep verkoop wat nou saam met Wilhelm Kruger die aandeelhouers in Boshoff Visser Kuruman is. As deel van die transaksie word Hannes Fourie se dienste vir ’n tydperk op ’n konsultasiegrondslag behou en sy vorige kliënte sal voorlopig deur hom bedien word. Die nuwe kantoor op Kuruman sal deur Kruger, saam met die bestaande personeel, bestuur word. Volgens Kruger is die grootste onmiddellike uitdaging om kundige en gekwalifiseerde personeel aan te stel om in die groeiende behoefte aan oudit-, rekeningkundige en belastingdienste in die Kuruman-, Kathu- en Postmasburg-omgewing te voorsien. As geregistreerde rekenmeesters en ouditeure is Boshoff Visser Kuruman een van min firmas in die omgewing wat volwaardige ouditdienste kan lewer. Kruger is baie opgewonde oor die toekoms van Boshoff Visser Kuruman en die inskakeling by die Boshoff Visser-

Het jy al ’n draai op die Kalahari Bulletin se Facebookblad gemaak?

B E T R E K K I N G S

Kliënte en voornemende kliënte word genooi om be­ soek by die kantore op Ku­ ruman af te lê om meer uit te vind oor watter dienste vir hulle van nut sal wees of om die Boshoff Visser­ver­ teenwoordiger op Kathu te kontak. groep. Die groep beskik reeds oor die dienste van ’n belastingspesialis, asook sy eie sekretariële dienste. Verdere voordele in die groep is die rekenaarkundigheid met veral oudit- en rekenkundige dienste. Kliënte en voornemende kliënte word genooi om besoek by die kantore op Kuruman af te lê om meer uit te vind oor watter dienste vir hulle van nut sal wees of om die Boshoff Visser-verteenwoordiger op Kathu te kontak. ) English-speaking clients are also more than welcome. Please feel free to come and discuss your requirements with us.

DIE vriendelike personeellede by Boshoff Visser­ouditeure. Voor is Wilhelm Kruger; van links is, agter: Nelia van der Heever, Dalene Grove, Janèl Fourie, De­Jay Ferris en Patien­ ce Morapedi.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Nuwe klub gestig Ilse Watson

verskeie probleme op en rondom Kathu bespreek. Aangesien daar nie op die oomblik genoeg vrywilligers is om ’n klub op Kathu te begin nie het die groepie besluit om onder die vaandel van Upington se Gordonia Lions hul werk te doen. Enigiemand wat belang stel om hulle by die groep aan te sluit kan gerus Louise Oberholster, president van Gordonia Lions, by 071-160-0873 bel.

DIE afgelope Vrydag het bereidwilliges op Kathu bymekaargekom om ’n Lions Club te stig. Lions Club Internasionaal is in 1917 in Chicago gestig nadat mense besef het ’n diensorganisasie is nodig om minder bevoorregte mense te help. Sedertdien het die Lions Club gegroei tot die grootste diensorganisasie in die wêreld. Daar is meer as 1,4 miljoen lede. Altesaam 45 000 klubs in 200 lande bestaan reeds. In 1957 het Louis Volks die Lions Club na SuidAfrika gebring. Miljoene mense is al deur verskeie projekte gehelp wat deur die Lions Club aangepak is. Daar bestaan ’n behoefte op Kathu vir so ’n organisasie en vrywilligers het verlede Vrydag

VAN links is, voor: Chantell Dumond, Ilze van der Linden en Pikkie van der Linden; agter: Pieter Dumond, Bennie van der Linden, Louise Ober­ holster (Gordonia Lions), Margareth Kriek, Kobus Oberholster (Gordonia Lions: president), PJ van der Linden, Neville Bosman (Gordonia Lions) Maria van Wyk en Peter van Wyk.

INVITATION TO BID Bid No: NC/SOC/012/2013 Supply and delivery of Groceries to the Provincial Office and five (5) districts for a period of 12 months Bid No: NC/SOC/013/2013 Supply and delivery of Fruit Baskets, Bouquets, Hampers for Newborn Babies and Wreaths to the Provincial Office and five (5) districts for a period of 12 months Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 16 (Supply Chain Management), Block J, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Bid closes at (postal address): Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley Closing date: 6 September 2013 at 11:00 Required by: Department of Social Development, Northern Cape Provincial Government Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9203/9174, fax: (053) 871-2441 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender – (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted by the closing date and time (bid document NCP 2 refers) • These bids will be evaluated and adjudicated in terms of the 80/20 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations 2011 • A non-refundable deposit of R100.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points out of 20, a valid, originally certified copy of bidders’ B-BBEE status level verification certificate must be submitted by the bid closing date and time • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Office of the Premier: www//northern-cape.gov.za on Friday, 20 September 2013.

Northern Cape Provincial Government

AIDS HELPLINE 0800-012-322

Human Communications 101294


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

9

CHARLOTTE JUNIUS HAAR uitstalling kan tot 31 Augustus by Maud’s Place besigtig word.

IRISSE is van Charlotte se gunsteling­blomme.

Foto’s: Verskaf

Fees van blomme op uitstalling CHARLOTTE JUNIUS se uitstalling Come into my Garden! is ’n fees van blomme, iets wat vir haar die mooiste deel van die skepping is. Dié uitstalling kan van 6 tot 31 Augustus by Maud’s Place in Schröderstraat besigtig word. Die uitstalling van realistiese tot semi-abstrakte blomstudies, uitgevoer in waterverf, omring die toeskouer met helder kleurspatsels en ’n eienskap van ongekunstelde varsheid wat in haar werk teenwoordig is. Charlotte sê: “Ek het grootgeword in die stad, met sy baie reën en pragtige tuine. My ma se tuin was ’n paradys van inspirasie – van brons en pers irisse tot ’n reusagtige wit magnolia met blomme so groot soos borde. As ek my gunsteling-blom moet kies, is dit sekerlik ’n iris. Hulle is broos en tog statig en elegant, met soveel variasie om van te kies.” Op skool het sy slegs potloodsketse van diere en voëls gedoen. Waterverf is iets wat sy per toeval vier jaar gelede ontdek het. “Ek het dit probeer en alles het net in plek geval. Waterverf is die perfekte medium om die delikaatheid en varsheid van blomme vas te vang.” Sy werk uit botaniese boeke as verwysing en doen geen sketse vooraf nie. Met geen kunsopleiding nie, werk sy suiwer met die talent wat van diep binne kom. Dit wat op papier vasgelê word, is ’n spontane uitvloeisel van emosie en inspirasie. Hoewel Charlotte van nature toegewyd en hardwerkend is, beskou sy haarself nie as fanaties oor kuns nie. Maande kan omgaan sonder dat sy skilder, maar wanneer die lus haar beetpak, skilder sy tot tien skilderye ’n maand. Charlotte het hierdie jaar al heelwat kommissiewerk gedoen en hoewel dit meestal in akriel was, bly waterverf haar gunsteling-medium. Sy is lief vir lig en kontras in haar werk en gebruik ryk, polsende kleure. Benewens blomme, skilder sy ook landskappe, stillewens en voëls in waterverf. “Wat ek geleer het met my skilderwerk, is dat dit ’n fees en ’n kruis is. Dit is ’n wonderlike Godgegewe talent wat jou tot groot hoogtes kan voer en ook emosioneel kan uitput en dreineer. Maar dit bly deel van wie ek is, en ek is dankbaar daarvoor. In die dorre landskap van die Noord-Kaap is my blom-skilderye ’n fantasiewêreld waar ek ontvlugting vind.” Kontak Charlotte by 071-747-3644 of Maud’s Place by 054-332-1089

SAPD lig publiek in DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington het die afgelope naweek ’n vriendelik padversperring by die ingang van Louisvaleweg as deel van sy Vrouemaand-aktiwiteite gehou. Motoriste het almal by die padversperring pamflette met veiligheidswenke ontvang. Die padversperring is deur lede van die misdaadsvoorkomingseenheid, die gemeenskapspolisieringsforum en Vroue teen Misdaad beman. Vir die res van Vrouemaand gaan die SAPD op Upington nog verskeie aktiwiteite aanpak. Hy gaan motiveringspraatjies vir vroue aanbied, sowel as werksessies oor gesinsgeweld.

How y you can help p to keep p the lights g on this winter … especially between 5pm and 9pm weekdays South Africa’s homes – from flats and clusters to stand-alone houses and residential estates – demand 17% of the electricity used in our country. But on weekdays, between 5pm and 9pm, this demand increases and peaks at 35%, a huge jump that puts severe strain on the power supply.

Why does this happen? We arrive home from work around 5pm, Monday to Friday. The first thing we do is switch on the lights, television, our electrical space heaters, followed by the oven, the microwave and the washing machine or dishwasher. We also run hot water in the kitchen and take a bath or shower – with the geyser tucked away in the ceiling working hard to heat the water. Millions of us follow this evening routine at the same time, which means South Africa’s households use more than one third of the electricity consumed in the country between 5pm and 9pm, on weekdays. As the demand increases, Eskom does all it can including running some emergency power stations during the day, to balance supply and demand. This winter we need to continue with power station maintenance and the system will be tighter during the peak period from 5pm to 9pm.

What can you do to help keep the lights on this winter? Three simple things: 1. Switch off your electrical element geyser between 5pm and 9pm; this appliance uses the most electricity of all in the home, and can account for up to 50% on your electricity bill 2. Don’t switch on your space heater between 5pm and 9pm. This appliance is energy-intensive and can account for up to 16% on your monthly electricity bill, instead, dress warmly, switch on a gas heater, and use a hot water bottle and blankets to keep warm 3. Switch off your pool pump between 5pm and 9pm; this appliance uses up to 11% on your electricity bill.

Let’s switch off together … and keep South Africa powered up this winter :MWMX [[[ IWOSQ GS ^E MHQ JSV HIXEMPIH MRJSVQEXMSR SR WEZMRK XMTW JSV [MRXIV ERH )WOSQ´W IRIVK] IJ½GMIRG] product rebates.

Powering your world Eskom Holdings SOC Limited Reg No 2002/015527/06 Mohlaleng_1458_E1

1923-

2013


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Wynkompetisies om die draai WYNMAKERS en ander mense in die bedryf weet dat die tweede helfte van elke jaar as “kompetisietyd” bekend staan. Want van Julie tot Oktober word die een wynkompetisie na die ander gehou waar kundige proeërs duisende wyne in hul kennersmonde rondrol om te besluit wie se wyne is beter as die ander s’n. Hoewel wyn ’n persoonlike produk is en niemand vir jou regtig mag sê waarvan jy moet hou of nie, speel kompetisies ’n belangrike rol om wynprodusente ’n aanduiding te gee van hoe hul produkte deur een groep beoordelaars ervaar word. En ook, ’n bekroonde wyn is vir die betrokke kelder van belang aangesien die wenwyn gewoonlik die reg het om die betrokke kompetisie se pronk-blinkplakker te dra. Verbruikers hou immers van wenners, so die kelder wat goed tydens ’n kompetisie vaar, sal gewoonlik

sien hoe verkope styg na mate die belangstelling in die produk toeneem. Wel, met die kompetisie-seisoen om die draai, spring Orange River Cellars met ’n gerieflike voorsprong weg vanweë die sukses wat die kelder geproe het op nie net sommer enige kompetisie nie, maar ’n internasionale een waar verskillende lande se wyne teenoor mekaar opgeweeg is deur wynkenners van oor die wêreld heen. Die kompetisie ter sprake is die Muscats du Monde, ’n vername internasionale kompetisie wat jaarliks in Frankryk gehou word om die beste muskaat-wyne in die wêreld te soek. En op vanjaar se Muscats du Monde is Orange River Cellars se Wit Muskadel 2012 aangewys as een van die tien beste muskaat-wyne ter wêreld. Altesame 230 wyne van 24 lande is vir hierdie pronk-kompetisie ingeskryf en benewens sy plek onder die toptien, was Orange River Cellars se wit muskadel een van slegs twee Suid-Afrikaanse wyne wat ’n goue medalje op hierdie kompetisie kon losslaan. Maar wag, soos daardie TV-advertensies sê, daar’s meer! Vanjaar was nie die eerste keer dat Orange River Cellars op die wêreldverhoog geskitter het nie. In 2009 se weergawe van die Muscats du Monde het die Rooi Muskadel 2002 van Orange River Cellars se Grootdrink-kelder ook ’n goud

DIE Oranjerivier en al sy wingerde waar die druiwe gekweek word wat jaarliks hope pryse wen.

Foto: Verskaf

losgeslaan. Vanjaar se internasionale prestasie volg kort op die hakke van Orange River Cellars se skitter-vertoning op vanjaar se SA Muskadeltoekenningsgeleentheid waar die kelder se rooi muskadel as die algehele wenner aangewys is, met die einste Wit Muskadel 2012 wat hier ook ’n goue medalje losgeslaan het. Sukses op die wêreldtoneel is nie net goed vir die kelder se muskadel nie – dit is goed vir die Orange River Cellars-handelsmerk en wyne in die geheel, asook vir die streek se reputasie as ’n wyngebied. Soos Orange River Cellars se bemarkingsbestuurder, Koos Visser, sê: “Ons lê ongeveer 900 km van die tradisionele en meer bekende Kaapse wynlande af – en nog veel verder van

ander lande wat in die Franse Muscats du Monde-wynkompetisie uitgeblink het. Dit is dus ’n geweldige groot eer vir Orange River Cellars om internasionale erkenning te kry deur onder die top-muskaatwyne van Frankyk, Spanje, Portugal en ander bekende wynlande gereken te word.” Oor hierdie erkenning kan die hele Orange River Cellars-familie baie trots voel. Die wynboere vir hul uitstekende druiwe. Die wingerdboukundiges vir hul insae oor hoe om topvruggehalte te verseker. Die wynmakers se toewyding, passie, vernuf en harde werk. En al die bemarkers, kelderpersoneel en adminstrasiemense wat toesien dat die wyne in die mark is. Dit is almal se eerbewys. En die kompetisieseisoen het nou maar eers begin….

Tweede Speedweek vanjaar groter, beter DIE tweede jaarlikse Kalahari Desert Speedweek vind vanjaar van 14 tot 23 September op Hakskeenpan plaas. Die eerste Speedweek – die eerste keer dat só ’n byeenkoms in Afrika plaasgevind het – was ’n reuse-sukses. Verskillende klasse motors en motorfietse is hier die geleentheid gebied om die vinnigste spoed in

die woestyn aan te teken. Vanjaar het die Suid-Afrikaanse Speedweek-span verder gegaan en ’n 5,5 km lange All-Tar Speedweek op die Upington-lughawe se aanloopbaan aangebied. Dié aanloopbaan is bekend vir sy ekstra-lang aanloopbaan. Om die komende Speedweek besonderser te maak gaan die organiseerders die heel eerste Eco

Speedweek in die Kalahari Desert Speedweek aanpak. Die Eco Speedweek gaan sonkragmotors, bio-brandstof- en mens-aangedrewe voertuie laat deelneem. Volgens John Block, LUR van toerisme, gaan die Speedweek vir die hele omgewing ’n ekonomiese inspuiting wees. “Die hele provinsie se besonder-

se natuurskoon lok mense en Hakskeenpan word vinnig wêreldwyd bekend vir sy Speedweek en die Bloodhound-projek. “Dit veroorsaak dat die nodige infrastruktuur en werkskepping verskaf word in ’n gebied wat dit baie nodig het.” Ongeveer 80 poste sal tydelik geskep word om die Speedweek aan te bied.


Dramaties

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

DIE Uppies­drama­ leerlinge is van links, voor: Zaskia Pain, SZ Minnaar en Samant­ ha Jansen; middel: Jana Lategan en Hes­ na Theron; agter: Er­ nest Engelbrecht, Dennis Hoft, Reuben Murphy en Sue­Ellen Pretorius. Foto: Verskaf

Dramagroep ryg pryse in DIE Hoërskool Upington se dramagroep het aan die Namakwaland-toneelfees op Springbok deelgeneem. Denise Newman en Johann Nel, die twee beoordelaars, was gaande oor die twee produksies en het baie goeie repliek gelewer. Kliek, een van die twee produksies, het aan Lesley Swart, die regisseur, ’n silwereerbewys vir regie en vir nuutgeskrewe teks besorg. Zaskia Pain, Sa-

mantha Jansen en Jana Lategan het elkeen ’n bronseerbewys ontvang vir hul spel in Kliek. Sue-Ellen Pretorius het ’n silwereerbewys ontvang. Vir die produksie Grens het Reuben Murphy ’n silwereerbewys ontvang, Dennis Hoft en SZ Minnaar elkeen ’n goue eerbewys en Neville Schubach ’n goue eerbewys vir klankontwerp. Swart het ’n goue eerbewys vir die regie en die nuutgeskrewe teks van

Grens ontvang. Sy het ook die prys vir die beste nuutgeskrewe teks ontvang. SZ het die prys vir mees belowende akteur gewen en Dennis is vir beste akteur benoem. Upingtonners kan op 12 Augustus om 19:00 al twee dié produksies in die Hoërskool Upington se skoolsaal sien. Die kaartjies kos R30 per persoon en sal by die deur beskikbaar wees.

Viel Spass in Südafrika

FRANZISKA HACKE, a German exchange student, has been spending the past few weeks as a learner of the Duineveld High School. Franziska hails from Bröckel, Lower Saxony, in Germany and has been staying with the Fokkens family in Upington. She is visiting the school under the auspices of the FSA Youth Exchange programme. She has found attending school in South Africa an interesting experience as she is not used to wearing a school uniform and some of the subjects are unfamiliar to her. Franziska also spent time in Gordonia House, Duineveld’s girls’ hostel. She found the residents of the district to be “nice, open and friendly” and she loved the red sand and wide open spaces of the district.

FRANZISKA HACKE (left), a German exchange student, has been staying with Jana Fokkens and her family for the past few weeks. Photo: Supplied

Dink flink in olimpiade

JAN­HENDRIK OPPERMAN (links) en Francois Slabber was albei twee­ de in die Noord­Kaap in die Wêreldkennis­olimpiade. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Duineveld het die afgelope tyd besonder goed in verskeie kompetisie gevaar. Nasionale Mintek-Minquiz-kompetisie Christel Smith, bekend vir haar wiskundeen wetenskapvermoë, het van 10 tot 11 Junie aan die nasionale Mintek-Minquiz- kompetisie in Johannesburg deelgeneem. Sy was deel van ’n span van vier leerlinge wat die Noord-Kaap verteenwoordig het. Hip2B2 iThink-uitdaging Om ’n liefde vir wetenskap by skoolkinders te bevorder vind ’n wetenskap-week elke jaar oor die land heen plaas. Op 25 Julie, midde-in dié wetenskapweek, is ’n iThink-uitdaging op Upington aangebied. In dié kompetisie neem verskeie skole in die omgewing aan aktiwiteite soos wiskunde- en wetenskapraaisels, vasvrae en nog vele meer deel. Duineveld se span bestaande uit Johan Fourie, Willem Steyn, Jano Putter, Marlene Beukes, Kyle Osborne en Hennis van der Westhuizen was tweede. Wêreldkennis-olimpiade Duineveld het vanjaar twee leerlinge wat albei tweede in die Noord-Kaap in die Wêreldkennis-olimpiade geëindig het. Jan-Hendrik Opperman is in gr. 12 en Francois Slabber in gr. 11.

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Bome

pienk

getooi

ORAL waar ’n mens in die strate van Upington ry, begroet vrolike, helderpienk bome jou. Dié pienk bome is net die begin. Kort voor lank gaan die hele Upington in pienk getooi wees. Pienk Bome vir Pauline is ’n projek om met dié pienk toegedraaide bome kankerbewusheid te kweek en geld vir kankerpasiënte in te samel. Die doel van die projek is om soveel moontlik bome van 1 tot 31 Oktober in pienk lap toe te draai. Lap is reeds teen R6 per meter deur verskeie ondernemings aangekoop en is nou teen R20 per meter beskikbaar om die bome voor jou huis en onderneming mee toe te draai. Daar is reeds 7 800 meter lap gekoop om Upington se 21 000 bome mee toe te draai. Altesaam 80% van die geld wat op Upington ingesamel word, gaan op Upington gebruik word om kankerpasiënte mee te help. Die //Khara Hais-munisipaliteit het toestemming gegee enige bome behalwe kokerbome op die dorp mag toegedraai word. Mense moet net seker maak die lap lyk te alle tye netjies en wapper nie rond nie. Geen duimdrukkers, skroewe of voorwerpe wat die boom kan seermaak mag gebruik word om die lap mee vas te maak nie. Geen naamborde of advertensies mag aan die bome geplaas word nie. Lap is by Upington Travel, De Duine-apteek, Pro Packaging, Post Net en The Laundry Room te koop. Lap sal ook tydens die Groot Interjol verkoop word. Ná Oktober kan die lap teruggegee word aan die komitee wat dit aan instansies sal skenk vir die maak van klere, lakens, kussingslope en vir geldinsamelingsprojekte. Bel Helet van den Berg by 082-925-0406.

DIÉ vyf meisies van Ntsekilelo net buite Upington het al 2 350 meter lap in stukke van twee meter gesny en verpak, reg om verkoop te word. Van links is Moset Sekamoeng, Sheleen Pienaar, Agnes Sebesangwe, Boipelo Moraka en Keitumetse Manyeke. Foto’s: Verskaf

DIE pienk bome voor die gr. O­klasse van die Laerskool Oranje­Noord.

DIE Bakvissies­kleuterskool het ook sy bome in pienk getooi.

Keimoes hou weer fees DIE Keimoes- NG Kerkse Wilds-en-avontuurfees vind vanjaar op 10 Augustus by Kalahari Water op Keimoes plaas. Die baie gewilde fees begin oudergewoonte met die Upington-Crusaders-duathlon om 08:30. Dit is die derde en laaste tweekampbyeenkoms die seisoen en inskrywing kan van 07:30 gedoen word. Dit sluit soos gewoonlik ’n 8 km-draftog, 26 km-bergfietsroete en weer ’n 2 km-drafskof in. Alle drawwers en stappers kan hieraan deelneem. ’n Ligter bergfietsroete van 16 km word vir die minder fikse trappers aangebied. Al die afstande kronkel die randjies deur op die eiland van Keimoes in een van die weinige bewarea-gebiede van die NoordKaap.

Vir die kinders is daar windbuks- en verfbalteikenskiet. Al die wildsprodukte sal van 10:00 te koop wees. Rou en gaar produkte soos sosaties, salami, cordon bleu, schnitzels, pasteie, biltong en nog vele meer sal te koop aangebied word. Ander stalletjies sal pannekoek, jafels, koffie, deli-produkte en speserye verkoop. Daar gaan selfs ’n proestalletjie wees waar aan verskillende potjiekosgeregte geproe kan word. Breek weg, bring die hele gesin en kom stap, draf, ry fiets, kuier, smul en geniet die begin van die lente op die Wilds-enavontuurfees. Rig navrae aan Dirk Mal by 082-495-7999 of Cecile Bray by 082-491-5986.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

MAZDA 323: Agter gestamp, te koop. Maak 'n aanbod. Skakel 082 968 2011 of 073 014 7693. AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

WENDYHUIS TE HUUR IN WRENCHVILLE. R500 deposito, R2 000 p.m. Skakel 083 366 9473.

DRIEWIEL-CELINObabastootwaentjie met draagbare kot en Celino Luxury- opslaanbare Camping Cot en loopring, R5 800. Skakel 072 537 2449.

ACCOMMODATION TO LET for 12 - 14 persons, selfcatering. All rooms equipped with fridge, kettle, microwave, DStv, flatscreen TV, air-conditioner, bed, curtains and own entrance. Electric gate and large parking area. Available 01/08/2013. Phone Christine 082 440 7701.

BASSETHONDJIES. Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 500 elk. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. R60 000 p.m. Skakel Dirk 079 877 7134.

SOEK NA 'N GOEIE tweedehandse karavaan. Skakel Elretha 083 561 6705.

053 712 1961 053 712 2068

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

Columbia Carpets/ Blinds

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600. VERWYDERING VAN BOUROMMEL en tuinvullis in Kuruman-area. Vir gratis kwotasie skakel Deoni Stander 072 141 6965 of Ulrich Stander 083 675 5859.

ISUZU 250D, 2001 R48 500. 1999 Toyota 2.4 R42 500. Phone 072 472 8686. ISUZU 250D, 2007 R58 500. 1995 Mazda 1800 R25 500. Phone 072 472 8686.

CORTINA, 1985 R 11 500. 1995 Lazer R15 500. 1990 Kadette R16 500. Phone 072 472 8686. DVD 2.5, 2006 - R75 000. 2007 Go-Now R39 500. Phone 072 472 8686. GOLF 2, 1.8 R19 500. 1996 Sentra 1.6 R24 500. Phone 072 472 8686. JETTA 3, 1998 R26 500. 2004 Tazz - R39 500. Phone 072 472 8686.

KURUMAN Huis te koop – Kuruman 5 slk, 1 aantrekkamer, 2½ badk, sitk, eetk, kombuis, werksk, opwas en wask, lapa, swembad, 2 m/h, afdak, sekuriteitsomheining, groot erf en gevestigde tuin. R2 080 000. Te koop Besigheidsperseel en gebou. Industriële gebied, Kuruman. R2 000 000. Besigheidsperseel, gebou en toerusting. Industriële gebied. Kuruman. R2 250 000 Huis te huur: Kuruman 4 slk, 2 badk, kantoor, ruim sit, eetk en kombuis, spens, wask, buitek, 2 motorhuise, stoep, koopkrag, boorgat. R15 000 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422. 053 712 0487.

KURUMAN TE HUUR Woonstel 2-slaapkamer, R7 700. Meenthuise: 3 slaapkamers, 2 badkamers, enkelmotorhuis. R9 900 – R11 000. Huise 3 slaapkamers, 2 badkamers. R12 100 – R15 000. 3 slaapkamers, 2 badkamers, stoorkamer met ‘n aparte buitekamer, swembad, 3 x motorhuise. R16 500.

Skakel Elretha 083 561 6705 053 712 3123

KE REKISA NTLO YA kamore tse supa (7). Phone 071 285 6940 or 079 614 0640.

Veritas Eiendomme

H.S. Gers In die boedel van wyle Hester Sophia Gers, identiteitsnommer 350327 0011 083, voorheen woonagtig op plaas Khaw, Kuruman.

13

Boedelnommer: 354/2013. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 dae vanaf 8 Augustus 2013. Besmar Ouditeure Tel. 053 712 3569 Bearestraat 43, Postnet Suite 138, Privaatsak X1532, Kuruman 8460. P.L. van Tonder In die boedel van wyle Philip Lodewyk van Tonder, identiteitsnommer 321119 5026 083, woonagtig op plaas Mooihoek, Kuruman. Boedelnommer: 406/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 dae vanaf 8 Augustus 2013. BESMAR OUDITEURE Bearestraat 43, Postnet Suite 138, Privaatsak x 1532, Kuruman 8460. Tel. 053 712 3569

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

TE KOOP SKAKEL ELIZE 083 383 8372 of ESTELLE 072 359 0781 E-mail: lindeelize470@gmail.com OF estelleveritas@gmail.com 1. 2 leë erwe in Mothibistadt, R150 000 vir beide 2. Leë erf in Mothibistadt, R75 000 3. Erwe beskikbaar in kompleks (erf en plan) - erwe reeds gediens, R400 000 Verskeidenheid huise te koop TE HUUR Verskeidenheid eiendomme te huur. SKAKEL JUANITA 078 159 7426 E-mail: veritaseienkuruman @gmail.com Besoek gerus ons webtuiste www.veritaseiendomme .co.za

Skakel ons gerus, ons help graag.’

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Hier is program DIE finale program vir môre se Groot Interjol tussen die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington is nou beskikbaar. Al die rugbywedstryde sal in die Danie Kuys-stadion plaasvind en die netbal- en hokkiewedstryde op Upington se sportvelde. Die program is onderhewig aan veranderings.

VAN links is Georgia Februarie, Monja Dippenaar, Cornel Slabber, Ansuné Smit en Riana Ober­ holzer. Foto’s: Verskaf

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za

VAN links is Stephan Kruger en Jaden Greeff.

DIE Kalahari-Giminas-gimnastiekklub van Upington was op 27 Julie by die Vrystaatgimnastiekklub in Bloemfontein in aksie. Duwaynneth Bosman (vlak 1 tien jaar en jonger) was eerste in die spronge, tweede in die vloer, eerste in die rekstok, eerste in die balk en algeheel eerste. Riana Oberholzer (vlak 2 sewe jaar en jonger) was eerste in die spronge, tweede in die vloer, eerste in die rekstok, tweede in die balk en algeheel eerste. Cornel Slabber (vlak 2 agt jaar en jonger) was eerste in die spronge, derde in die vloer, derde in die rekstok en algeheel tweede. Ansuné Smit (vlak 2 nege jaar en jonger) was tweede in die spronge, eerste in die vloer, eerste in die rekstok, eerste in die

Netbal: 08:00 o.14B, Upington o.15B teen Duineveld o.14C en o.C 08:40 o.19B 09:20 o.15A 10:00 o.14A 10:40 o.16A 11:20 voorstelling van eerste spanne 11:30 o.19A

DIE Groot Interjol vind môre op die velde van die Hoërskool Upington en in die Danie Kuys­stadion plaas. Watter span gaan plettervat en watter span gaan geplettervat word? Maak seker jy is môre daar. Sien die program hierbo. Foto: Lizette Slabber

VAN links is Michael van Zyl, Werner Clift, Daniel Rossouw en Justin Fourie.

Só het klub in Bfn gevaar

Rugby: o.14B 08:00 o.15B 09:00 o.16B 10:00 o.14A 11:10 o.15A 12:10 o.16A 13:10 o.19B 14:20 Groot brag 15:35 Voorstelling van eerste spanne 15:55 o.19A 16:00

Hokkie: 08:00 o.14-meisies 08:50 o.16-seuns 09:40 eerste meisies voorstelling 09:55 eerste meisiewedstryd 10:55 eerste seuns voorstelling 11:10 eerste seunswedstryd 12:10 tweede meisiewedstryd 13:10 Duineveld tweede seunspan teen Uppies-uitnodigingspan 14:10 Duineveld o.16-meisies teen Uppiesuitnodigingspan

DUWAYNNETH BOSMAN balk en algeheel eerste. Georgia Februarie (vlak 2 nege jaar en jonger) was derde in die vloer, derde in die rekstok en algeheel tweede. Monja Dippenaar (vlak 2 11 jaar en jonger) was eerste in die spronge, tweede in die vloer, eerste in die rekstok, eerste in die balk en algeheel eerste. Michael van Zyl (seuns vlak 1 agt tot nege jaar) was eerste in die spronge, tweede in die brug, tweede in die rekstok en algeheel tweede. Daniel Rossouw (seuns vlak 1 agt tot nege jaar) was derde in die spronge, tweede in die rekstok en algeheel vyfde. Werner Clift (seuns vlak 1 agt tot nege jaar) was tweede in die vloer en algeheel sewende.

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 AUGUSTUS 2013

Droomdag vir Uppies-sport DIE Hoërskool Upington het ’n baie suksesvolle sportdag teen Landboudal, die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas (HMO), die Hoërskool SC Kearns en die Hoërskool United beleef. Rugby-uitslae: o.14B speel gelykop teen SC Kearns o.14A wen Landboudal met 65-0 o.15B wen United o.15 met 33-12 o.15A wen Landboudal met 19-7 o.16B wen United o.17 met 37-12 o.16A wen Landboudal o.17 met 36-0 o.19B verloor teen Landboudal met 10-22 o.19A verloor teen Landboudal met 17-29 Netbaluitslae: o.15A wen Landboudal o.15A met 16-8 o.14A wen Landboudal o.14A met 20-8 o.19C wen Landboudal o.19C met 15-11 o.19B verloor teen Landboudal o.19B met 18-23 o.15A wen Landboudal o.16B met 27-11 o.16A wen Landboudal o.16A met 30-6 o.19A speel gelykop teen Jacobsdal o.19A

Hokkie-uitslae: o.14 meisies wen Uppies Juniors met 2-1 o.14 seuns wen Uppies Juniors met 6-0 Die tweede meisiespan wen Landboudal met 2-1 Die tweede meisiespan verloor teen HMO met 0-1 Die eerste meisiespan wen Landboudal met 4-0 Die eerste meisiespan verloor teen HMO met 0-2 Die eerste seunspan wen Kalahari met 3-1 Die eerste seunspan wen Kathu met 3-1 Agt van Uppies se tennisspelers het reeds die afgelope Vrydag teen Landboudal tennis gespeel. Koos Strauss, Gert Rupping, Johann en Francois Joubert, asook Jana en Christine Becker, Salomé Hanekom en Chané Avenant, het al hul wedstryde, asook die dubbel- en gemengde dubbelspelwedstryde, gewen. Die Uppies het met 12 wedstryde teenoor 0 geseëvier.

VAN links is Sergio Boer, Derik Steenkamp en Willem Koegelen­ berg in aksie in die Hoërskool Upington se wedstryd teen Land­ boudal. Foto’s: Verskaf

ESMARIE FERREIRA spring hoog om die bal te onderskep.

MARICA LOOTS van die Hoërskool Upington fnuik haar teenstander.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.