Upingtonbulletin 21082013

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

22 AUGUSTUS 2013

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Nuwe huis net Genade

Werkloses, polisie en besighede bou huis vir bejaardes

Lizette Slabber “ONS het net gedoen wat die Here vir ons gegee het. Hy het ons krag gegee om hier klaar te maak, want dit is dan grootmense wat hier bly.” Volgens Paul Cloete is dit die rede waarom hy en vier ander werklose bouers langer as twee weke sonder enige vergoeding vir twee bejaardes op Leerkrans ’n huis gebou het. AO Anna van Dyk van die eenheid teen maatskaplike misdaad op Upington wou vir die Mandeladag-vieringe die huisie van sink, riet en sakke opknap waarin Isak Tities en Eva Olyn (albei in die sewentig) gebly het. Dié projek het egter veel groter geword nadat meer as 12 plaaslike besighede boumateriaal en huisraad geskenk het en besluit is om ’n nuwe, ordentlike sinkhuis te bou. Cloete, Jason Titus, Jan Klaaste, Niklaas Maasdorp en Daniël Titus het met dié boumateriaal langer as twee weke van vroegoggend tot laat saans ’n drie-vertrekhuis vir oupa Isak en ouma Eva gebou. Hulle is soms bygestaan deur Gert de Wee wat tyd van sy werkure afgeknyp het om te help. Volgens Van Dyk het almal so hard saamgewerk dat hulle nou soos familie voel. “Ons kon net vir hulle soggens koffie en ’n middagete gee, maar ek mis nou nog die blikbeker koffie wat ons in die koue gedrink het. Ons ken nou selfs die honde se name. “Ons het saam gestaan om hier te help. Ek het voor die huis se bou gesien die oom sit altyd hier voor sy flenters huis en vir hom gesê dat die Here tyd het om by elkeen uit te kom.” Tities, oupa Isak se seun, het saam aan dié huis gebou. “Hulle het altyd so in die kouete gelê, maar nou het ek ook ’n tuiste in hierdie warm plek,” sê hy. Oupa Isak sê: “Ek dink nog dis nag dan staan die son al só hoog so lekker slaap die huis en bed. Ons hoor nie eens meer die hoenders kraai nie.”

Bou huis vir bejaardes sonder enige vergoeding GENADE is die naam van ’n pragtige sinkhuis wat deur die Suid­Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington se eenheid teen maatskaplike misdaad en vyf werklose bouers vir twee bejaardes op Leerkrans gebou is. Hulle het eers in ’n huisie van sink, riete en sakke gewoon. Die bouers wat ’n splinternuwe huis vir hulle gebou het sonder enige vergoeding is van links Jason Titus, Daniël Tities, Jan Klaaste, Paul Cloete en Niklaas Maasdorp. Lees meer op bl. 3. Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

Nie een kry skoon oudit André Botha ONGEMAGTIGDE en onreëlmatige besteding van bykans R850 miljoen is in die boekjaar 2011-’12 deur munisipaliteite in die Noord-Kaap aangegaan. Daarby het 14 munisipaliteite vrugtelose uitgawes van sowat R4 miljoen aangegaan. Nie ’n enkele munisipaliteit in die provinsie kon ’n skoon oudit behaal nie, wat onder meer daaraan toegeskryf word die provinsiale regering het nie sy beloftes gestand gedoen om gebreke in munisipaliteite uit te wis nie. En om die donker prentjie wat in die ouditeur-generaal, Terence Nombembe, se verslag geskilder word, nóg donkerder te maak sê die OG sewe munisipaliteite is onseker oor hul vermoë om voort te gaan. Die Noord-Kaap het 27 munisipaliteite en 5 distriksmunisipaliteite. Ses munisipaliteite het ’n gemiddeld

van 25% op hul begroting oorbestee, terwyl 12 ’n gemiddeld van 40% onderbestee het. Daar is egter ligpunte ook. Die Kareeberg-munisipaliteit (Carnarvon) word uitgesonder as een wat die afgelope twee jaar finansiële state van gehalte ingedien het danksy die finansiële hoof wat basiese daaglikse dissipline ingestel het. Die Frances Baard-distriksmunisipaliteit se state het ook verbeter. Dié distriksmunisipaliteit, waarvan die gebied die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley en omliggende munisipaliteite insluit, het van ’n gekwalifiseerde oudit tot ’n ongekwalifiseerde oudit gevorder. Die Ubuntu-munisipaliteit (Victoria-Wes) en Umsobomvu (Colesberg) het albei van ’n weerhouding van mening tot ongekwalifiseerde mening gevorder. Die Namakwa- en ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit (voorheen Siyanda), asook die munisipaliteite Kareeberg, Ka-Mai en Richtersveld, is finansieel ongekwalifiseerd met be-

2 / 24

5 / 26

7 / 29

O 5

SO 5

NO 10

vindings. Die //Khara Hais-munisipaliteit (Upington) en die John Gaetsewedistriksmunisipaliteit het ’n klop op die skouer vir die grootste vermindering in onreëlmatige besteding gekry. Die Gamagara-munisipaliteit (Kathu) en die Thembelihle-munisipaliteit (Hopetown) was die grootste sondaars met ’n toename van onderskeidelik R35 miljoen en R32 miljoen. Slegs vyf munisipaliteite het hul krediteure binne 30 dae betaal soos deur die wet vereis. Hulle is die Namakwa- en ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit, en die plaaslike munisipaliteite Emthanjeni (De Aar), Hantam (Calvinia) en Kareeberg. Die munisipaliteite wat die swakste gevaar het, is Ga-Segonyana (Kuruman), !Kheis (Groblershoop), Magareng (Warrenton), Phokwane (Hartswater), Siyancuma (Griekwastad), Siyathemba (Prieska) en Thembilihle (Hopetown). Volgens die verslag sluit die oorsake vir swak ouditmenings in: ) Sleutelamptenare het nie die minimum vaardighede nie en ’n groot aantal poste bly oral in die provinsie vakant. ) Daar is geen gevolge vir swak vertonings en oortredings nie. ) Stadige reaksie op die ouditeur-generaal se boodskap en eienaarskap oor sleutel-beheerstelsels word nie geneem nie. ) ’n Gebrek aan behoorlike oorsig deur provinsiale en ander oorsig-instansies. ) ’n Gebrek aan behoorlike oorsig deur distriksmunisipaliteite.

VAN links is, voor: lt.kol. Abe Raff, kol. Henk van Heerden en maj. Eve April; agter: kapt. Jan Coetzee, ao. Stoffel Visagie, konst. Alfred Makatong, ao. An­ na van Dyk, konst. Llewelyn Swartz, konst. Foster Rikhotso, konst. Willem van der Merwe en sers. Ron Louw. Foto: Verskaf

SAPD-lede vereer VERSKEIE lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op Upington het op Vrydag 16 Augustus in Kimberley eerbewyse ontvang. Die eenheid vir misdaadvoorkoming het ’n silwer-eerbewys vir beste sigbare polisiëring ontvang. Lt.kol. Abe Raff het ’n silwer-eerbewys ontvang vir beste lid: sigbare polisiëring, asook ’n goue eerbewys

vir beste bevelvoerder: sigbare polisiëring. Maj. Eve April het ’n silwer-eerbewys vir beste speurder-bevelvoerder ontvang. Kapt. Jan Coetzee het ’n goue eerbewys vir beste lid: ondersteuningsdienste ontvang. Ao. Anna van Dyk het ’n bronseerbewys vir vrou van die jaar ontvang.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

DIE huis soos hy nou lyk nadat die Suid­Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se eenheid teen maatskaplike misdaad die hele gemeenskap gekry het om saam te span om ’n splinternuwe huis te bou. Paul Cloete, een van die bouers, het genoem die polisie vang nie net boewe nie, hier gee hul huise ook. Die tuin is ook opgeknap deur bome te snoei, ’n paadjie na die voordeur aan te lê en selfs ’n paar roosbome te plant. Foto: Lizette Slabber

Help twee oues met nuwe huis VAN links is ouma Eva Olyn, ao. Anna van Dyk en oupa Isak Tities. Die projek is nog nie klaar nie en die SAPD werk hard om hulle by ’n voe­ dingsprojek ingesluit te kry en van die plaaslike onderne­ mings het onderneem om nog meubels te skenk en die bejaar­ des maandeliks met geld vir elektrisiteit te help. Foto: Lizette Slabber

3

Só het verwaarloosde huisie voorheen gelyk DIE huisie van sink, sak en riete waarin oupa Isak Tities en ouma Eva Olyn eers gebly het. Die huis was vol gate wat met sak toegemaak was. Die bed waarop hulle geslaap het, was slegs ’n ysterkatel wat met blou­ draad deurweef was om ’n basis te vorm. Daar was geen matras nie. Foto: Verskaf


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

Doen goed . . . en laat almal weet HET Suid-Afrikaners so lui geword om goedheid aan ander te betoon dat hulle ’n spesiale kalenderdag nodig het wat vooraf opsy gesit is, net om hulle tot goedheid te dwing? Vir die grootste deel van die jaar hoor ’n mens selde van politieke partye (al het elkeen sy eie bymotiewe), skole, besighede en organisasies wat ’n daadwerklike poging aanwend om na minder bevoorregtes uit te reik. Maar toe oudpresident Nelson Mandela se verjaardag op 18 Julie op die horison wink, toe kom verskeie “ontslape” organisasies skielik weer te voorskyn. En sommiges word blitsvinnig sommer op die been gebring. Dan is dit maklik van daar: Kies aan wie jy vir daardie één dag wil goed doen en maak seker almal weet dit. Bel die koerant, kondig dit in die strate af, sit plakkate op lamppale. Enigiets. Maak seker almal weet dat jy aan iemand gaan goed doen en ’n kosbare 67 minute van jou jaar aan hulle gaan bestee. En moenie ’n ekstra minuut verwag nie. Nasionale Vrouedag is onlangs gevier en ook dié dag

is deur ander uitgebuit om hul eie indruk by ander te maak. Ander was weer net bly dat dit ’n vakansiedag was. Politieke partye het met die oog op die verkiesing kospakkies vir minder bevoorregtes saamgestel. ’n Enorme pampoen, soppakkies, meel, sout, ietsie van dit, ietsie van dat, en die pakkies by enkele huise uitgedeel. En al wat leef en beef moes dit sien en daarvan weet. Die voordeel van so één dag is dat mense darem gehelp word en dat van daardie individue die bietjie aandag en tydelike hulp werklik waardeer en dankbaar is vir dae soos 18 Julie. Ondanks dat hulle deur verskeie partye soos marionette beheer word net om eindelik hul eie beeld te poets. Maar moet dit liefs nie hardop sê nie. Kom sononder dan vergeet almal van daardie mense. Plaas ’n beriggie in die plaaslike koerant, nasionaal as jy gelukkig is, en jy is klaar. Jy het iets vir die gemeenskap gedoen, na jou medemens uitgereik en jou beeld bevorder. En daardie huisgesinne wat nog sukkel? Ons bel jou volgende jaar, 18 Julie.

Besluit mooi wat jy volgende gaan doen Christo Jonck IN ’n komedie-program word iemand deur ’n dief met ’n rewolwer gekonfronteer: “Jou geld of jou lewe . . . ” Die persoon antwoord nie die dief nie. “Haai, is jy doof of wat? Jou geld of jou lewe.” Toe kom die antwoord: “Moet my nie aanjaag nie. Ek dink nog daaroor.” Soos The Message Jesus se woorde in Lukas 12:21 mooi parafraseer: “That’s what happens when you fill your barn with self and not with God.” Daar is niks met besittings verkeerd nie, maar die punt is: Ons moet hulle besit en nie hulle ons nie. In vers 21 gee Jesus vir ons die punt van sy gelykenis. Om ryk te wees by God . . . Word nie te veel van ons lewe en kragte deurgebring aan bymekaarbring, spaar, vervang en opknap en verbeter nie? En dit ten koste van ons verhoudings met ander. Wat sal jy graag wil hê moet op jou grafsteen staan? ’n Sekere man moes juis hieroor besluit. Aan die begin van die 20ste eeu het ’n man een oggend sy koerant opgetel en tot sy skok sy eie doodsberig daar lees. Dit was klaarblyklik ’n vergissing, want hier was die dooie man nou besig om ’n nadoodse huldeblyk aan homself te lees. Die opskrif het gelui: “Dinamietkoning sterf!”

Dit was al erg genoeg, maar verder in die berig moes hy telkens tot sy ontsteltenis lees dat hulle van hom praat as “die handelaar van die dood”. Hy moes homself egter afvra of hulle verkeerd is of nie. Hy hét immers dinamiet uitgevind en baie, baie ryk geword deur die vervaardiging en verkope van allerlei wapens. Eensklaps het hy besef dat hy in die unieke posisie is om ’n tweede kans te kry . . . Hy kon nog dit wat op sy graf staan, verander. Ná daardie dag het dié dinamietmagnaat sy energie en geld aan opheffingswerk en vrede bestee. Vandag word Alfred Nobel nie meer onthou as “die dinamietkoning” of “handelaar van die dood” nie. Ons ken hom as die stigter van die Nobelprys vir Vrede. Sy grafskrif praat van vrede in plaas van plofstof. Wat is vir jou belangrik? Iemand het iewers gesê dat daar net een universele probleem is. In die hele wêreld is daar net een vraag wat almal oral te alle tye in die gesig staar: Wat doen ek volgende? Die ryk boer in die storie van Jesus het die vraag verkeerd geantwoord. Hoe gaan jy en ek dit antwoord? V Ds. Christo Jonck is ’n leraar aan die NG kerk Die Oog.

AL bly die temperature nog baie koud en is daar soggens ’n byt in die lug begin die lente tog sy vingers deur die Kalahari stoot. Dié pragtige bloeisels laat ’n perskeboom op Leerkrans swaar aan sy beloofde vrag perskes dra. Foto: Lizette Slabber

Inspuiting kan nie land genees VINCENT WARD, Kuruman: HOE siek moet ’n regering wees? Ek vra dié vraag na aanleiding van Carte Blanche se program verlede Sondag rondom die inenting van meisietjies van nege jaar oud. Dié program word volgende jaar begin om kwansuis die kans op servikale kanker te verminder indien jong meisies seksueel aktief raak. Dit is maar net nog ’n stap om die deure oop te gooi en te sê “raak maar seksueel aktief, ons as regering sal julle help”. Dié dinge het begin gebeur toe kinders aan alle vorme van die liggaam en seks in vakke op skool blootstelling gekry het. Die volgende word kondome in skole beskikbaar gestel en alle vorme van seks-inligtingsessies word

gehou. Ons eie president, Jacob Zuma, is die toonbeeld van anargie as dit by slaapkamersake kom. Ons dogters is veronderstel om deur die landswette beskerm te word sodat enige vorm van seks onder die ouderdom van 16 jaar as verkragting gesien moet word – met of sonder toestemming. Indien die regering nie die meisie kan beskerm nie, is dit die plig van haar pa om as die beskermer op te tree. Ons as pa’s van meisies is veronderstel om hulle te beskerm en nie vir die wolwe te gooi nie. Dit kos net ’n paar pa’s om op te staan en ’n verkragtingsaak aanhangig te maak teen die jong man of seun wat saam met jou dogter van jonger as 16 jaar slaap. Verlede week was ons eie hoërskool in ’n die kollig oor

gerugte wat die ronde doen van ’n jong seun wat vir sy 13-jarige meisie die “morning after pil” gaan koop het. Boetie, as dit darem my dogter was, sou jy in die tronk geslaap het vir verkragting. Moet tog nie die ou baadjie aantrek van “veroordeel en moenie oordeel nie”, asseblief. Ons dogters moet te alle tye beskerm word. Pa, staan op vir jou dogter en moet vir geen oomblik dink die regering gaan dit doen nie. Aan die pa’s van seuns: leer hulle om aan die meisies te doen soos hulle eendag aan hul dogters gedoen wil hê. Ouers, kyk ’n bietjie na watter blootstelling aan hierdie dinge jy jou seun en dogter toelaat. Moenie net daarby berus en alles sy gang laat gaan nie. Die redding van hierdie land is om die morele waardes terug in die huis, skool en samelewing te bring, want die regering draai weg daarvan en nou rus die taak op jou wat hier lees.

Kosbare, handgeskrewe briewe LANK, lank gelede kom daar ’n A4grootte bruin koevert in die pos aan. Al die pad van Suid-Afrika tot in Brunei, Suidoos-Asië. Opgewonde word dit oopgeskeur. Dis ’n handgeskrewe brief, maar nie sommer net ’n gewone brief nie. Nee, dis geskryf op daardie groot, vleeskleurige papier wat vervoermaatskappye gebruik om jou kosbare goedjies te verpak as jy verhuis. En net om dit nog interessanter te maak is dié brief met verskillende kleure koki-penne geskryf. ’n Mens rol die velle oop en soos jy dit ooprol, kry die nuus, grappies en interessante staaltjies uit jou eie land lewe op die papier voor jou. Later lê die brief soos ’n lang slang daar af in die gang, maar jy lees en

kan nie genoeg kry nie. Dit was die ongelooflikste en mees oorspronklike handgeskrewe brief wat daar nog ooit in die pos aangekom het. En hoe spesiaal voel ’n mens nie? Om te dink dat iemand die moeite gedoen het om ’n gewone brief só besonders te maak. So ’n paar jaar gelede word die huis opgepak, daar word getrek. En so word ’n pakkie blou koevertjies ontdek.

Handgeskrewe briewe vol liefde en verlange deur ’n soldaat aan sy vrou geskryf, terwyl hy in die grensoorlog in Angola veg. Nog ’n paar jaar later kom my pa tot sterwe en weer word ’n hopie koevertjies gevind. Briewe wat hy aan sy ouers geskryf het. Maar dis nie die briewe wat so spesiaal is nie, dit is al die spotprentjies (van homself) wat langs die adres op elke koevert geteken is. Dis skaterlagsnaaks. En verblydend om te sien dat iemand so lekker met homself kan spot. Wanneer laas het jy so ’n pragtige, handgeskrewe brief in die pos ontvang? Stuur vir my jou adres – ek wil graag vir jou ene skryf.

jy van die Kalahari Bulletin dink. Deel dit waarvan jy hou, waarvan jy graag meer sal wil sien en ook dít waarvan jy nie hou nie. Lesers sê só op Facebook: “Wat dink jy van Groot Interjol 2013? Het Duineveld verdien om te wen?” Beslis, veral ná so ’n groot

oorwinning. – Meisie Liebenberg Ja. – Jannie Nel “Lees jy ’n koerant op jou selfoon of tablet of verkies jy dit om die koerant in jou hande te hou?” Beslis die ware Jakob . . . ’n regte koerant in die hande. Daar is net iets aan die gevoel, die reuk van die papier en drukkersink, en die geluid soos jy omblaai en daardie duikie in die middel uitskud om beter te kan sien. Koerant, jou ou doring, jy bly bobaas. – Donnagene Jacobs

Dít sê ‘Bulletin’-lesers . . . DIE Kalahari Bulletin wil graag in al die streke waarin die koerant versprei word meer van lesers weet. Daarom is ’n Facebook-blad www.facebook.com/kbulletin begin sodat lesers lekker kan gesels. Maak vandag nog ’n draai op die webblad, mobi site en Facebook-blad sodat jy nie net op die hoogte van vars nuus uit die Kalahari kan bly nie, maar ook jou mening kan lug. Vertel dié week op die Kalahari Bulletin se Facebook-blad wat


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

Winter wisselvallig Fanie van Rooyen

res van die land het oor die algemeen kouer as normale minimums gehad. “As ’n mens na die hele tydperk van 1 Mei tot 31 Julie kyk, is dit duidelik dat daar groot wisselvalligheid in temperature oor die land heen voorgekom het,” het De Jager gesê. Wat reënval betref, het die meeste reën soos verwag oor die winterreënvalstreke in die suidweste van die land geval. Normale tot bonormale reënval is hier ervaar. “Wat wel merkwaardig is, is dat die sentrale dele van die Noord-Kaap in Julie sowat 200% van sy normale reënval gehad het.” De Jager het gesê mense moet onthou die winter hou aan tot 31 Augustus en dat die winter nog tyd het om sy koue kloue in te slaan.

AU GU ST

20 13

DIE winter is vanjaar besonder wisselvallig met temperature wat in sekere dele van die land beduidend warmer as ander jare is en in ander weer kouer. Volgens die SuidAfrikaanse Weerdiens (SAWD) was die meeste van die land se wintertemperature óf beduidend kouer, óf beduidend warmer as normaalweg. Elsa de Jager, ’n klimatoloog van die SAWD, het in ’n verklaring verduidelik hoe vanjaar se minimum en maksimum temperature vir Junie en Julie met die normale landwye gemiddelde vir dié maande van 1971 tot 2000 vergelyk het. Die noordelike dele van die land het in Junie maksimums van 1 ºC tot 2 ºC kouer as normaalweg ervaar, terwyl die suidelike Vrystaat en die noorde van Limpopo in Junie 1 ºC tot 2 ºC warmer as normaalweg was. In Julie was maksimum temperature oor die grootste deel van die land binne 1 ºC weerskante van die normale, maar die suide van Noordwes, die noordooste van die Vrystaat en KwaZulu-Natal het maksimums van 1 ºC tot 2 ºC kouer as normaalweg ervaar. Minimum temperature in Junie was aansienlik warmer (tot 3 ºC) as gewoonlik in die noordoostelike en oostelike dele van die land, terwyl dit in die res van die land 1 ºC tot 2 ºC kouer as normaalweg was. In Julie het veral die suide van Mpumalanga, die Vrystaat en die suide van KwaZulu-Natal warmer as normale temperature ervaar en die

2:3:2 Fertiliser

CCTV Kit

30742 • Used for flowers, shrubs & vegetable beds • Enhances growth & root development • High organic content

DCCTV-K1 • 4.3” LCD colour monitor • 2 x Weather resistant camera’s with 18m cable • 5m Night vision

9999

89999

per set

10Kg

3:2:1(28) SR Fertiliser

Petrol Chainsaw

99999 Petrol Lawnmower 30-45480 • Easy-start OHV-450 3300W (4.5Hp), 4-stroke petrol engine • 48cm durable 1.6mm thick pressed steel deck • 46cm Cutting width • 50L grass collection box

2699

99

CS-3635 Lawnmower & Trimmer • 36cc 99-30123 • 2 Stroke • Lawnmower • Petrol - 1000W Long-life ball bearing • 355mm induction motor Cutting - 3 Position height diameter adjustable (20/40/60mm) - 32cm Cutting width - 30L solid grass box - Lock-off safety switch • Trimmer - 350W bearing motor - 26cm Cutting diameter - Double 1.2mm cutting line - Automatic tap-to-feed cutting head for trouble-free line-feed - Easy-to-change cutting line spool - Wide-vision, impact-resistant safety guard

1 Year Domestic use warranty

999

99

per set

Combo

1 Year Domestic Use Warranty

+

VISIT US TODAY!

3 Seodin Avenue, Kuruman

Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117

D5 Evo Gate Motor Kit

30503 • For healthy foliage & root growth

SP07-1 • 250Kg Maximum gate mass • 20m Maximum gate length • 2 Nova remotes included (rolling code) • 4m Nylon rack included • Collision sensing

15999 9Kg

329999

per kit

Wooden Door Frame FB1-NS • 90 x 45mm • 813mm x 2032mm • No sill

Masonite Hollowcore Interior Door HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm • Exposed edges

Contractors’ PVA

• Suitable for external & internal walls & ceilings • Good opacity & whiteness • Available in white only

5 Year Guarantee 1 Year Guarantee

With Rubber Seal • 20L

149

99

289

99

TRADING HOURS

Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:

07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00

• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 20 August - 01 September 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za

1999979

4900-016-020

• 5L - 4900-016-005...

99

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

‘Kinders eet te veel gemorskos’ Fanie van Rooyen LAERSKOOLKINDERS eet en drink meestal gemorskos, lekkergoed, tjips en gaskoeldrank wat hulle vet kan maak en gesondheidsprobleme kan veroorsaak. Dít is bevind in ’n opname van Nestlé SuidAfrika om kinders se eetgewoontes wat betref gepakte kosblikke en snoepiewinkels te bepaal. Die sogenaamde Tuckshop Truths-opname, wat in Junie deur Bateleur Brand Planning vir Nestlé uitgevoer is, het 20 laerskole in Gauteng en 652 ma’s, met wie aanlyn-onderhoude ge-

voer is, betrek. “Ons het bevind die meeste kinders kry hoofsaaklik ‘prettige’ voedsel soos gaskoeldrank, tjips en lekkergoed by skole wat hulle vet kan maak,” het Naazneen Khan, bestuurder van voedingswaarde, gesondheid en welsyn by Nestlé, gesê. “Dit is slegte nuus as ’n mens in ag neem kinders bring die meeste van hul tyd by die skool deur en dat ’n tekort aan noodsaaklike voedingstowwe gesondheidsprobleme later in hul lewe kan veroorsaak.” ’n Oudit by dié skole het gewys die topverkopers (by 75% van snoepies) is telkens gaskoeldrank en tjips. Ander gunstelinge, wat ook nie noodwendig baie gesond is nie, is pasteie, roosterbrood, warmsjokolade, roomys, worsbroodjies, kaasof hoendertoebroodjies, spaghetti-bolognaise, pizza, springmielies en lekkergoed. Net 5% van snoepiebestuurders meen kinders eet gesond en 30% stem saam kinders eet “heeltemal te veel gemorskos”. Khan het gesê dit wil voorkom of min gedoen word om die situasie te verbeter. “Net 30% van snoepies verkoop vars vrugte, al word dit aangevra, en net 28% verkoop vars melk.” Baie snoepiebestuurders het aangedui hulle het al ’n poging aangewend om gesonder kos te verkoop, maar kinders stel nie daarin belang nie. Hulle meen dit is ouers se plig om kinders op te voed oor hoe om gesond te eet. Die opname het gewys 98% van ma’s meen hulle voorsien hul kinders van gebalanseerde maaltye, maar 86% het gesê hulle dink hul kinders kry nie ’n gebalanseerde dieet nie. Die helfte het gesê snoepies verkoop nie gesonde kos nie en 25% wil hê snoepies moet meer sulke kos verkoop, maar 22% het slaptjips gekies as ’n produk wat snoepies moet verkoop. “Meer as ’n kwart van ouers stuur hul kinders skool toe sonder ’n gepakte kosblik en kinders moet dan op snoepies staat maak,” het Khan gesê. “Ouers en snoepiebestuurders sal moet saamwerk om kinders te lei om beter gesondheidskeuses te maak. Ons kan nie die noodsaaklikheid van goeie voedingswaarde vir kinders oorbeklemtoon nie.” Die bevindinge strook met dié van die onlangse eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Gesondheid-en-voedingswaarde-ondersoekopname (SANHANES-1) waarin bevind is 51% van kinders vat nie kosblikke skool toe nie – party omdat niemand hulle help om dit te pak nie (18,3%) en ander omdat daar nie kos tuis is om in te pak nie (29,8%).

AN aerial photo of the plant at the mine.

Supplied

Photo:

Safety at mine a priority Ilse Watson THE Petra Diamond Finch Mine at Lime Acres achieved 1 000 days without a Lost Time Injury (LTI) on 15 August. This has proven that zero harm is possible. The last LTI in the plant was on 18 November 2010. Since then the plant has suffered 21 NLTIs. These incidents should always be a reminder that things can go wrong if the correct procedures are not followed, if short-cuts are taken or if substandard conditions are not being addressed. Mine workers are once again requested to elevate their vigilance and continue to work safely and, furthermore, to continue to ensure that their colleagues work safely.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

7

Ingange na dorp kry nuwe baadjie DIE skoonmaakprojek van Afriforum is nog in volle gang en verlede week was dit die Vryburg-ingang se beurt om opgetooi te word.

Die ingang is groen geverf, verfraai en skoongemaak. Die groep vrywilligers het reeds die Hotazel- en Kathu-ingange in onderskeidelik

’n GROEP vrywilligers het verlede week die Vryburg­ingang skoongemaak en opgeknap.

pienk en oranje omgetower. Saterdag word die Kimberley-ingang aangedurf. Alle vrywillers wat Kuruman weer as ’n

DIE bome by dié ingang is met groen lap verfraai.

Rollerstyle

mooi dorp wil sien, is welkom om hier te kom help. Bel Ansie Cilliers by 082-410-7502 vir meer inligting oor die projek.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

RENÉ DE KLERK (links) is die wenner van vier kaart­ jies na die Orange River Cellars se kuiertent op die Kalahari­kuierfees wat van 26 tot 28 September plaas­ vind. Wat die prys só lekker maak, is dat die vier kaart­ jies op die dag van haar keuse gebruik kan word. De Klerk het die kaartjies gewen deur aan Kwêla se SMS­kompetisie vir Dorp van die Jaar deel te neem. Hier ontvang sy haar kaart­ jies van Danie Bruwer (voorsitter van die kuier­ fees). Foto: Retha-Marie Hall

Groot name kuier op fees MET kunstenaars soos Juanita du Plessis, Gerhard Steyn, Monique, Annique en Mario Ogle is dit vanjaar ’n móét dat feesgangers die Kalahari-kuierfees op Vrydagaand 27 September besoek. Die kuierfees, wat van 26 tot 28 September plaasvind, vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar en dié vieringe beloof om groter as die feeste van die vorige 20 jaar te wees. Op Vrydagaand gaan van SuidAfrika se beste kunstenaars optree en dít teen sakpaspryse. Om op die Vrydagaand die

kuierfees te besoek gaan presies dieselfde as in 2012 kos. Daar was geen prysverhogings vir 2013 nie. Dus kos ’n volwassene se kaartjie steeds R60 en kan kinders die fees op Vrydag teen net R30 besoek. Om in die Orange River Cellars se kuiertent te kuier kos Vrydag slegs R110 per volwassene en R50 per kind. Rig navrae aan die feeskantoor deur 054-332-1100 te skakel of besoek www.kuierfees.co.za en die kuierfees se Facebook-blad.

JUANITA DU PLESSIS tree op Vrydag 27 September op die Kalahari­kuierfees op.

MONIQUE gaan feesgangers op Vrydag 27 September by die Kalahari­kuierfees vermaak.

Foto’s: Verskaf

GERHARD STEYN is een van die kunstenaars wat op 27 September by die kuierfees te sien sal wees.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

Gee kleur aan vaal wintersoggend

PRAGTIG in pienk op ’n yskoue, vaal wintersoggend. Dié oulike trompoppies van die Metodistekerk op Karos het vroegoggend hul passies vir oulaas geoefen voordat hulle op die Vrouedagviering van die Metodistekerk opgetree het. Hul afrigter, Maria Pieters, het met dié oefening die winterlandskap van Karos behoorlik opgevrolik.

Foto: Lizette Slabber

Sertifikate uitgedeel DIE Gekombineerde Skool Rietfontein het al die leerlinge wat die afgelope twee jaar aan ’n mentorskapprogram deelgeneem het met sertifikate vereer. Dié mentorskapprogram is in 2011 in samewerking met SANParke en die departement van onderwys begin.

Belangstellende gr. 10-leerlinge van Rietfontein en die Hoërskool Duineveld kon daaraan deelneem. Die doel van die program was om leerlinge in hul groei en leerprosesse te ondersteun, om te sosialiseer en grense oor te steek, ’n gesonde leefstyl in ’n gesonde omgewing te

handhaaf en die ontwikkeling van ’n buddy-stelsel. Die skole het mekaar een keer per kwartaal besoek en ook die lughawe, brandweer, Orange River Cellars se wynkelders, die Augrabies- Nasionale Park, kultuursentrum en die grenspos op Rietfontein.

DIE groep leerlinge wat aan die mentorskapprogram deelgeneem het saam met die belanghebbendes.

Foto: Verskaf

DIE Gekombineerde Skool Rietfontein het ná die Junie­eksamen sy tien topmatrikulante met toptien­balkies vereer. Dié matrikulante se selfdissipline, selfwerksaamheid, fokus op hul einddoel en ’n gretigheid om te presteer is op dié manier beloon. Van links is, voor: Eloise Matthys (tweede), Heinrich Saal (eerste) en Gernine Smith (derde); agter: Rowena Adams (tiende), Mary­Jane Titus (negende), John de Koker (agtste), Leandri Mouton (sewende), Gushwin Mienies (sesde), Maryna Gooi (vyfde) en Heinrich Kocks (vierde). Foto: Verskaf

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

Fotografieklub se terugblik op jaar DIE Boegoeberg-fotografieklub het die afgelope week sy eerste bestaansjaar gevier en lede kon met genot terugkyk op die suksesse en lesse wat lede in die eerste jaar ervaar en geleer het. Fotografie kan, soos enige kunsvorm, nie geïsoleerd ontwikkel nie en daarom is die doel van die klub om deur interaksie met en blootstelling aan ander fotograwe in die medium te groei. Met behulp van tegnologie word ook gebruik gemaak van nasionale beoordelaars om elke maand se foto’s te beoordeel. Elke maand word ’n tema gekies en elke lid kan twee foto’s vir beoordeling aanbied. Die kriteria en punte waarvolgens beoordeling geskied, is tegnies, komposisie, kreatiwiteit, impak en tema en elke kriteria ontvang ’n punt uit vyf.

Elke tweede Woensdag van die maand kom die lede van die fotografieklub in die Kalbas-padstal bymekaar en elke foto word die eerste keer aan die lede vertoon sonder dat die naam van die fotograaf bekend gemaak word. Dit word bespreek en dan word die beoordelaar se kommentaar voorgelees en die punte wat hy/sy daaraan toegeken het. Die doel van die beoordeling is nie ’n kompetisie tussen lede nie, maar om aan fotograwe waardevolle terugvoer op grond van nasionale en internasionale fotografiestandaarde te gee. Een van die temas wat die lede die afgelope jaar besonder gewaardeer het en waar lede se kreatiwiteit veral getoets is, was Nagmerrie. Van die ander temas het selfs joernalistiek ingesluit.

NAGMERRIE, soos uitgebeeld deur Quinton Taljaard.

NAGMERRIE, soos uitgebeeld deur Henk de Klerk.

Foto: Quinton Taljaard

Foto: Henk de Klerk

NAGMERRIE, soos uitgebeeld deur Wollie Burger.

Foto: Wollie Burger


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

11

Eer vir LSK volop op toneelfees

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) het met sy toneelstuk Doringrosie van Roosfontein aan die Logan-toneelfees op Fraserburg deelgeneem. Die komiese verwerking van die stuk van Lizz Meiring het die LSK heelwat eerbewyse in die sak gebing. Die dekor, kostuums, grimering en klank is met ’n goue

eerbewys beloon en Anita Mans (regisseur), Lara-Mari Geldenhuys en Minette van Zyl het ook goue eerbewyse ontvang. Granwell Isaacs, Gideon Nel, Kobus van Zyl, Shania Koortzen, Gwen Wiese, Nina Ackerman, Mea Swart, Andri Longland, Anelsje de Vos, Corlea Smith en Carmi Victor het almal silwer-eerbewyse ontvang.

’n LAWWE oomblik op pad na Fraserburg.

LARA­MARI GELDENHUYS (links) en Minette van Zyl het albei goue eerbewyse op die Logan­toneelfees verdien.

WAT is ’n skooltoer sonder roomys eet?

Foto’s: Verskaf


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

SZ blink uit in tale en drama SZ MINNAAR, ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Upington, was vierde in die jaarlikse Senior Olimpiade van die ATKV. SZ is ’n uitblinker wat veral in tale en drama presteer. Hy was deel van ’n groep van 13 Uppies wat aan dié olimpiade deelgeneem het. Die ander deelnemers was Mia Freysen, Shavonne de la Fontaine, Leemé Jansen van Rensburg, Laetitia Strauss, Natasha Janse van Rensburg, Zaskia Pain, Gretha van Staden, Stephanie Zealand, Alyssa Ekkerd, Sue-Ellen Pretorius, Hanneri Roux en Kristie Schalekamp.

SZ MINNAAR

Foto: Verskaf

VRYWILLIGERS van Kansa op Upington deel sop en broodjies aan pasiënte in die Gordonia­onkologiekliniek uit. Aan die regterkant staan van links Janedine Jors, Ruzaan Babu en Betty Ntoba. Foto: Verskaf

Sorgweek gee hand

DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) op Upington het saam met die res van SuidAfrika van 1 tot 7 Augustus Kansa se Sorgweek gevier om só mense bewus te maak van die personeellede en vrywilligers wat hulp en ondersteuning aan kankerpasiënte en hul gesinne bied.

Kansa het dié week veral hul sorgtuistes onder mense se aandag gebring. Die sorgtuistes bied aan pasiënte ’n tuiste indien hulle vir kankerbehandeling in onkologieklinieke ver moet reis. Daar is 12 sorgtuistes landwyd en gaste kan gemiddeld ses weke op ’n slag daar woon. Maaltye en

vervoer na die klinieke waar pasiënte behandeling ontvang, word verskaf. In 2012 het Kansa met die hulp van skenkers en vrywilligers altesaam 4 190 pasiënte op die manier bygestaan. Rig navrae in verband hiermee aan 054-332-4937.

YMMARENCIA KUBAS, Mej. Kampus van die NCR­VOO­kollege se Upington­kampus, het as deel van die kampus se Vrouedagviering kle­ re aan behoeftiges op Curriescamp oorhandig. Hier is die gewilde Mej. Kampus, wat ook as Mej. Fotogenies en Mej. Persoonlikheid aangewys is, saam met die jongklomp van Currieskamp. Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

13

PROMOSIE

Kry smulkos teen sakpaspryse VAN langer sake-ure tot ’n splinternuwe spyskaart wat ’n groot verskeidenheid smullekker etes bied; dit alles word deur die nuwe bestuurspan van Dorego’s op Upington aan kliënte gebied. Sedert 1 April is Dorego’s onder nuwe

DIE nuwe personeellede van Dorego's op Upington is voor Naville Geduld (bestuurder); van links is, agter: Belinda Miaza (skofbestuur­ der), Teresa Kok en Dora Olyn. Foto: Lizette Slabber

bestuur en Salomé en Petrus Haasbroek (eienaars) en Naville Geduld (bestuurder) verseker daagliks dat die diens wat kliënte hier kry van gehalte getuig en net tot kliëntetevredenheid kan lei. Van die veranderinge wat hulle aange-

bring het, was om die besigheidsure te verleng. Dorego’s is van Sondag tot Donderdag van 07:30 tot 21:00 en van Vrydag tot Saterdag van 07:30 tot 22:00 oop. Daarby is die spyskaart uitgebrei om ’n groter verskeidenheid kos in te sluit. Burgers, ontbyte, verskeie hoendergeregte, visgeregte soos snoek en calamari, dagwoods en schwarmas is nou beskikbaar. Om die lekker nog lekkerder te maak is Dorego’s nou ook op Sondae oop en bied hulle sekere familie-etes teen spesiale pryse aan. Op Dinsdae kan kliënte ’n burger bestel

en een gratis kry en op Donderdae sak dagwoods se pryse van R37 na R29. Daar is tot ’n nuwe gereg op die spyskaart; ribbetjies en skyfies kan teen slegs R25 bestel word. Die lekkerte hou net nie op nie. Borde eetgoed kan bestel word. Dorego’s kan ’n toebroodjiebord of vleisbord vir daardie spesiale geleentheid lewer. Daarby kan etes bestel word wat gratis op die dorp afgelewer sal word. Skakel net 054-331-1060 vir bestellings en verdere inligting. Navrae kan ook per e-pos na doregosupington@gmail.com gestuur word.


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

THE NU-SHOP KURUMAN - AANDAG! NUUTSTE DAMESmatriekdrag pas uitgepak. Min 20% vir kontant. Moenie misloop nie!

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. Specials vir die week! Uitgesoek vir die somer. Kortmouhemde - R100 Kortbroeke - R150 The Nu-Shop, Palm Gatesentrum, Hoofstraat, Kuruman. Tel. 053 712 1264. SPLINTERNUWE CLOUD 9-enkelbedmatras met 'fitted' elektriese kombers. Verander binneversiering. 082 572 8366.

BASSETHONDJIES. Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 500 elk. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.

Columbia Carpets/ Blinds 053 712 1961 053 712 2068

CONTRACTORS or private bakkie to cart your goods. Anywhere, anytime. Phone 072 492 4144.

INGEVOERDE Mazda B6enjin en ratkas. Aansitgereed, goeie toestand. Skakel 072 449 1828.

HYUNDAI SONATA 2.4L, 2008. Very good condition, 125 000 km. T/b, Smash & Grab tint, e/w, climate control, cruise control, r/c, leather and elec seats. 2year warranty left. Only R109 000. Phone 082 561 4468.

Veritas Eiendomme

MERCEDES 230, 1991: R19 500. 1985 Mercedes 230: R11 500. Phone 071 967 0285.

COLUMBIA-9-10-08-KB-LH

ONS PAPPEGAAI "BEES"het gister (Maandag 19/8/) in Seodine- omgewing weggevlieg. Hy praat baie en roep graag vir Fientjie, Ousus of Frank. Skakel Mike en Ivy Pieterse 082 566 0979 / 072 875 0155.

DIE NUTSMAN Vir alle loodgieterswerk, verf, daklekke, staalwerk, elektries, teëls, stowe, wasmasjiene, herstelwerk in en om die huis. Skakel 082 752 1600.

VERBLYF beskikbaar in Kuruman vir kontrakteursfirma. 11 kamers met DStv, selfsorg. Skoonmaak en wasgoed word gedoen. R60 000 p.m. Skakel Dirk 079 877 7134.

CORSA 1.4: 2011. R80 000. 2002 Toyota KZTE 3.0: R79 500. Phone 071 967 0285. HILUX 1.8: 1997. R39 500. 1995 Courier 2.2: R32 500. Phone 071 967 0285.

WIT POLO 2009 - 1.4 Trendline - R105 000 onderhandelbaar. R96 000. Skakel ( 083 383 8370/1/2

TOYOTA PICK-UP bakkie, 1983. Phone 083 772 2316.

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

FORD ICON: 2003. Nuwe enjin. Skakel 083 772 2316. FORD METEOR: 1990. R16 500. 1992 Mazda: R16 500. Phone 071 967 0285.

Rita's

POLO 1.6, 1999. R28 500. 1996 Sentra 1.6, R24 500. Phone 071 967 0285.

Eiendomme Properties

Te koop : Elize Linde 083 383 8372/ Estelle Pieterse 072 359 0781 E-pos : lindeelize470@gmail.com/ estelleveritas@gmail.com Verskeidenheid huise en erwe te koop

CASH FOR CARS AND BAKKIES below R40 000. SMS info to 071 967 0285.

Te huur: Skakel Juanita 078 159 7426. E-pos: veritaskuruman @gmail.com

H39 - 3 slk, 2 badk, oopplankombuis/sitkamer, enkelm/h. R8 500 p.m. H112 - 5 slk, 2 badk, kombuis, sitkamer, lapa, enkelm/h met afdak. R11 000 p.m. H95 – 2 slk, 1 badk, kombuis/sitkameroopplan, afdak. R6 600 p.m.

Te koop: Kuruman Huis met 3 slk, 2 badk en enkelgarage, in veiligheidskompleks. R1 130 000. Huis: baie modern opgeknap, 3 garages, swembad, woonstel. R1 650 000. Oopplanhuis met 3 slk, 2 badk, enkelgarage, groot erf. R1 100 000. Ruim 3-slk-huis, met 2 badk, dubbelgarage. R1 330 000.

Skakel 083 226 1483 www.ritaseiendomme.co.za

‘Ons help graag’

Besoek gerus ons Facebook blad: Veritas Eiendomme. Alle beskikbare eiendomme op blad geadverteer.

2 SLKP WOONSTEL met koopkrag - water ingesluit by huur. Geen troeteldiere. R5000 p.m vooruit betaalbaar. Geen dep. 073 811 0654

100% SUCCESS guaranteed.Complete forms and earn R800 p/d! Just copy and paste info. All accepted. Part time/full time/own hours. SMS name & adress to: 0749918822 DRYWERS BENODIG: Woonagtig in Kathu en ouer as 25 j. Faks CV, ID en rybewys na 051 430 6281.

BETREKKINGS


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

M. Jackson

NOTICE OF ENVIRONMNETAL IMPACT ASSESSMENT PROCESS

Notice is hereby given in terms of Regulation 543 of the regulations published in Government Notice of 18 June 2010 published in terms of chapter 6 of the National Environmental Act (Act No. 107 of 1998) of intent to submit a Basic

Assessment application that will apply to this project for the following activity: PROPOSED

RESIDENTIAL DEVELOPMENT ON A PART OF PORTION A, GASEGONYANA MUNICIPALITY, KURUMAN, NORTHERN CAPE PROVINCE. Ref No.:NEMA:

In the estate late of Mfengu Jackson, identity number 400226 5430 084, of House 1390, Batlharos, Kuruman, and surviving spouse Dimakatso Gladys Mantlane, identity number 420802 0203 084. Estate number: 4527/2013 All persons having claims against the estate must lodge it with the executor concerned within 30 days from 23 August 2013. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Bearestreet Kuruman 8460.

KLK Landbou/Sea of Mountains/J.A. Minnie/N. Minnie

NC/BA/25/JTG/GA/K UR3/2013/NCP/EIA/0 000233/2013 Project Description:

The proposed integrated human settlement development will provice housing for a mixed income group and will consist of mixed land uses. The development will include a commercial component to service the entire development, as well as a variety of social institutions, housing typologies and public open spaces. For purposes of integration a phased development is proposed, with Phase 1 consisting of a portion of the Remainder of Erf 1, Kuruman, approximately 19.6 ha in area.

Project Locality:

A portion of the Remainder of Erf 1, just west of Kuruman, NC. Access from Duiker road.

Applicant:

Ellecon Development CC

Environmental Consultant:

Rock Environmental Consulting (Pty) Ltd P.O. Box 40541 Moreleta Park Pretoria 0044 Tel: (021) 997 4742 Fax: (021) 997 0415 Email: rock.rowan@lantic.net Contact Person: Mr Rowan van Tonder. In order to register as an interested and/or effected party, or to obtain more information on the proposed development, please submit your name, contact details and interest in the matter within 30 days of the publication of this advertisement.

D.J. Eilers

In die boedel van wyle Dawid Johannes Eilers, identiteitsnommer 361112 5097 080 en nagelate gade Martha Eilers, van Gousblomstraat 117, Wrenchville, Kuruman 8460. Boedelnommer: 1216/2012 Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 23 Augustus 2013 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros, Kuruman. Geteken in Kuruman op die 12de dag van Augustus 2013. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460.

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING

In die Landdroshof vir die Distrik van Kuruman gehou te Kuruman. Saaknommer: 1080/12 In die saak tussen: KLK LANDBOU BEPERK Eiser en SEA OF MOUNTAINS TRADING 590CC Registrasienr 2010/083905/23 1ste Verweerder MNR JAN ABRAHAM MINNIE Identiteitsnommer 880201 5072 086 2de Verweerder MEV N. MINNIE Identiteitsnommer 821015 0088 083 3de Verweerder Ingevolge 'n vonnis gelewer op 2013/03/20, in die KURUMAN Landdrohof en 'n lasbrief van eksekusie daarna uitgereik, word die eiendom hieronder beskryf in eksekusie verkoop op 6 September 2013 om 09:30 te Baljukantore, Skoolstraat, Kuruman, aan die hoogste bieër, met geen reserweprys. Mitshubisi Pajero, registrasienr. DSW 637 NW R40 000 Die voorgenoemde geregtelike verkoping sal onderhewig wees aan die voorwaardes van verkoping wat geïnspekteer kan word by die Baljukantore te Skoolstraat, Kuruman 8460. Geteken te Kuruman op hierdie 31ste dag van Julie 2013. JORDAAN & MANS Eiser se Prokureur Bearestraaat 26 Kuruman 8460 Posbus 27, Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091 Faks 053 712 1093 Docex 1, Kuruman. VERW: LAN/19/0043/AP Adres van Eksekusieskuldenaar: Ds. van Jaarsveldstraat 106, Kuruman 8460.

WARRIOR VIAGRA: Nou in Kuruman beskikbaar. Sterker, langer ereksie. Hou 10 keer langer uit. Verbeter jou sekslewe ten volle. 100% geldterugwaarborg. 100% veilig (medies getoets). 073 894 5273 073 522 8346. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat, Kuruman & Upington Hannes 078 722 4631.

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

19

Riana baas in gimnastiek RIANA OBERHOLZER, ’n leerling aan die Laerskool Sentraal op Kakamas, is gekies om op 30 en 31 Augustus as deel van die Noord-Kaapse gimnastiekspan aan die Sentrale Sone-gimnastiekbyeenkoms op Brits deel te neem. Riana het op ’n gimnastiekbyeenkoms in Bloemfontein twee eerste en twee tweede plekke behaal. Sy is as die algehele wenner in haar ouderdomsgroep aangewys. Dié prestasie het haar laat deurdring na die Noord-Kaapse kwalifiserende kompetisie waarop sy ’n eerste plek in die vloer, derde plek op die balk, eerste plek op die rekstok, eerste plek in die spronge en ’n

RIANA OBERHOLZER

Foto: Verskaf

algeheel eerste plek behaal het. Riana word by die KalahariGiminas-gimnastiekklub afgerig.

AL die pa’s en seuns wat aan die Laerskool Sentraal op Kakamas se Pa­en­seun­gholfdag deelgeneem het.

Foto: verskaf

Gholfdag groot pret DIE Laerskool Sentraal op Kakamas (LSK) het op 26 Julie ’n Pa-en-seun-gholfdag by die KakamasPrivate Gholfklub aangebied. Al 21 juniors wat aan dié dag deelgeneem het, is deel van LSK se gholf-afrigtingsprogram wat Vrydagmiddae plaasvind. Dié spelers ontvang ook een maal per maand afrigting deur Bertie Steenkamp van die Karoo-gholfunie se afrigtingskliniek. Die gholfdag is volgens die Amerikaanse kiesspelformaat oor nege gate gespeel. Die tien spanne wat deelgeneem het, het uit twee of drie juniors en twee volwassenes per span

bestaan. Die volwassenes kon egter slegs met sewe-ysters en hoër speel. Van dié tien spanne het twee gelykop eerste geëindig met 37 houe elk. Hulle deel die wisseltrofee. Die junior spelers in die wenspanne was Braam Nel, Handré Nel, Steven Jordaan, Stephan Hough en Michael Fox. Ná die dag se spel was daar ook ’n chip and putt-kompetisie wat baie lag en terg tot gevolg gehad het. Die dag is met ’n vleisbraaigeselligheid en prysuitdeling afgesluit.

Honneursstudente SPESIALE AANBOD AS JULLE BY DIE UV REGISTREER VIR 2014

Maak die sprong van voorgraadse na nagraadse studie. Registreer vir jou honneursstudie aan die Universiteit van die Vrystaat en jy betaal GEEN registrasiegeld vir 2014 nie. Studente wat hulle eerste graad voltooi het en met honneursstudie by die UV wil voortgaan, sal nie registrasiegeld vir 2014 betaal nie en hoef nie vooruitbetalings voor registrasie te doen nie. Studente van ander universiteite mag ook aansoek doen. Gewone klasgelde sal gehef word en sal as volg betaalbaar wees: • 1ste semester se gelde teen 31 Maart en • 2de semester se gelde teen 31 Augustus

Voorwaardes om vir hierdie aanbod te kwalifiseer: • Studente moet aan al die akademiese vereistes vir honneursstudie aan die UV voldoen. • Studente moet SA burgers wees. • Studente moet nie enige uitstaande gelde van vorige jare hê nie. • UV terme en voorwaardes is van toepassing. Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 September 2013 Navrae kan gerig word aan klasgelde@ufs.ac.za

T: +27(0)51 401 9111 | klasgelde@ufs.ac.za | www.ufs.ac.za

Swaai die raket in Welkom VYF tennisspelers van die Laerskool Sentraal op Kakamas het in Welkom aan ’n tennistoernooi deelgeneem. Hier het hulle teen tennisspelers van die Oos­Vrystaat, Noordwes en Noord­Vrystaat gespeel. Van links is Joline van Zyl, Le Roux de Vos, Micke Engelbrecht, Elanie Brand en Anke Engelbrecht. Foto: Verskaf


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013

Draf vir provinsie uit SES leerlinge van die Hoërskool Duineveld het aan provinsiale hokkietoernooie deelgeneem. Mariaan Olivier en Madeleine Swartz het van 1 tot 4 Julie as lid van

die Noord-Kaapse Plattelandspan (o.18) aan die o.18-meisiehokkietoernooi: suidelike streke in Wynberg deelgeneem. Maria Strauss, Deanke van Zyl, Na-

dia Nel en Marelie Reyneke het van 26 tot 30 Junie as deel van die -NoordKaapse Plattelandspan (o.16) aan die o.16-meisiehokkietoernooi: suidelike streke in Wynberg deelgeneem.

EBEN ORANJE (links) en Zinedine Robinson.

Foto: Verskaf

Kolf vir hoër hoogtes ZINEDINE ROBINSON, een van die Hoërskool Upington se boulers, het tot dusver vanjaar ’n uitstekende krieketseisoen beleef. In krieketwedstryde het hy 3 vir 15 teen die Hoërskool Kalahari en 3 vir 7 as deel van die

VAN links is Maria Strauss, Deanke van Zyl, Nadia Nel en Marelie Reyneke.

MARIAAN OLIVIER (links) en Madeleine Swartz.

Foto’s: Megan Loots

Griekwaland-Wesse uitnodigingspan aangeteken. Dié belowende jong speler het onlangs ’n krieketkolf van Eben Oranje, ’n bekende sakeman van Upington, ontvang om hom tot hoër hoogtes op die krieketveld aan te moedig.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.