Upington bulletin 20131127

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

28 NOVEMBER 2013

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Sonsondergang slaan asem weg

DIE asemrowende Kalahari slaan telkens mense se asem weg. Of iemand net hier kuier en of hulle hier gebore en getoë is, Moeder Natuur sal nooit haar toeskouers hier in die steek laat nie. Dié sonsondergang is Vrydag tydens ’n donderstorm, in die rigting van Rietfontein op die private natuurreservaat van prof. Anne Rasa, Kalahari Trails, afgeneem. Die lig het omtrent in kleur ontplof terwyl sand­ en donderstorms oor die droë Kalahari na Botswana beweeg het. Foto: Anena Burger

GRATIS


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

!Khomani-san stap vir hul regte Anena Burger KGALAGADI. – “Sien jy die hande? Die hande het dié plek gehelp bou. Ek is hier geboor, diep in die park. Nou voel ek vreemd vir die plek,” sê ouma Magrieta Malgas. Sy woon op Welkom, sowat 10 km voor die Kgalagadi-oorgrenspark waar haar mense Vrydag vreedsaam voor dié park se hekke saamgetrek het om ’n griefskrif aan die parkhoof te oorhandig. Hulle is !Khomani-san-boesmans en sê hulle is die oorspronklike grondeis-begunstigdes. Volgens Ruben Festus, sameroeper van dié ontevredenes, word hul menseregte aangetas omdat hulle nie vryelik in die park kan beweeg of ’n gelykmatige kans het om werk hier te kry nie. Dit is nog vroegoggend in die Kalahari, maar die sonnetjie piets reeds en die groepie mense wag in die koelte van ’n groot, groen aanwysingsbord vir nog ondersteuners en familielede om op te daag. Die bussie wat hulle sou bring, het langs die pad gebreek. Hulle kom van Upington, Askham en Andriesvale. Ouma Magrieta se krom vingers vroetel tussen ’n pak papiere. “Hier is twee van Apie se sertifikate en sy foto. Ek het ook een, maar dit help ons niks nie.”

Apie was haar man en hulle het 20 jaar in die park gewerk en gewoon. Hy was ’n veldgids en sy ’n skoonmaker. Hy is in die park begrawe, maar of sy dié voorreg sal hê, is onseker. Die optog begin. Eers skaamskaam en dan meer luidkeels hoe nader die manskappe aan die park se hekke kom. “Amandla awethu!” skreeu hulle met gebalde vuiste. Deur die glasdeur van die Kgalagadi-oorgrenspark se ontvangslokaal staan ’n toeris in ’n klassieke Afrika-safaripak met ’n groot Jackie O-bril oopmond en staar na die prentjie voor haar. Seker nie iets wat sy elke dag ervaar nie. Festus lees die griefskrif in pragtige Afrikaans aan die parkbestuurder voor en na elke punt klink nog ’n amandla! op. Van die punte wat sterk in die griefskrif beklemtoon word, is dat die groep !Khomani-san meen hul menseregte word “elke minuut van elke dag van hul lewe” deur SANParke geskend. Volgens die griefskrif was hul optrede Vrydag om hul woede en ontevredenheid te uiter. Die parkbestuurder ontvang die griefskrif. Hy mag nie met die media praat nie. Alles is verby en die park laat die groep toe om hul voorvaders se grafte te gaan besoek. En die toeris met die groot bril staar steeds agterna toe die ou tannies na die park se hekke toe wegskuifel.

’n HAND vol !Khomanisan­boesmans van Upington, Andriesvale en Welkom in die Noord­Kaap het Vrydag na die hekke van die Kgalagadi­oorgrenspark opgeruk om ’n versoekskrif met hul griewe aan die parkbestuurder, Steven Smith, te oorhandig. Foto’s: Anena Burger

DIE Kgalagadi­oorgrenspark se bestuurder, Steven Smith, luister na Ruben Festes, same­ roeper van die groep betogers, waar hy die ver­ soekskrif met hul griewe voorlees.

OUMA MAGRIE­ TA MALGAS (80) sit langs die pad en wag dat die vreedsame optog na die Kgalagadi­ oorgrenspark moet begin. “Ek is hier geboor. Hier in die park, daar by Leeudril, diep in die park. Hier­ die hanne het die plek se mure ge­ bou en nou is ek vreemd vir hom. Ek voel onwelkom hier.”

Besoek gerus Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Man voor ná Saaiman-moord Anena Burger ’n MAN het Vrydag vlugtig in die hof op Upington verskyn nadat hy Woensdag vir die beweerde moord op Maria Saaiman (50) in hegtenis geneem is. ’n Verbyganger het Saaiman se naakte lyk op 26 Oktober in ’n veld agter die skouterrein en oorkant die militêre eenheid 8 SAI gevind. Sy is vermoedelik verkrag en verwurg. Volgens kapt. Jacques September, woordvoerder

DONDERSTORMS van seën het Maandagaand ’n tikkie verligting aan ’n kurkdroë Kalahari gebring. Noenieput het 4 mm reën gekry. Tweerivieren by die Kgalagadi-oorgrenspark het 3,4 mm en Upington 1,4 mm se lafenis ontvang. Foto: Anena Burger

Só sê Wollie Burger Anena Burger DIE Kalahari Bulletin stel graag Wollie Burger as sy lesersjoernalis vir die gebied van Grootdrink tot Groblershoop bekend. Die pittige en vrolike Burger sê: “Ek het nou net uitgevind die lysie wat die klomp eendag by my graf kan sê, gaan baie kort wees. “Oor my huwelikstatus: Ek het geen status nie, maar is darem volgende jaar al 40 jaar met dieselfde vrou getroud. “Ouderdom: As ek ’n hond was, sou hulle my lankal moes geskiet het.” Burger is passievol oor

boerdery, fotografie, kalbasse, die natuur, toerisme en die Noord-Kaap. Hy sê die lesse wat hy uit die lewe geleer het, is: “Daar is ’n korrelasie tussen kreatiwiteit en hongerpyne. Hoe groter die honger, hoe kreatiewer is jy.” Sy gunsteling-gesegde is: “Die lewe is nie ’n snelweg tussen die wieg en die graf nie, maar ’n ruimte om te parkeer in die son.” Burger lewer al geruime tyd stories en pragtige foto’s uit die omgewing aan die Kalahari Bulletin en ons sien na sy toekomstige bydraes uit.

WOLLIE BURGER

vir die polisie op Upington, is die 40-jarige man ’n burger van Lesotho en ’n veewagter. Die man is ná ’n volgehoue ondersoek deur konst. Clive Maasdorp en die gespesialiseerde polisie-eenhede eindelik Woensdag omstreeks 16:00 by die veekrale in Pabalello vasgetrek. Saaiman was ’n skoonmaker by die Internasionale Lughawe Upington. Sy het ná werk gewoonlik deur die veld, waar haar lyk gevind is, huis toe gestap.

Dit was ’n kortpad wat sy en haar kollegas gewoonlik gevolg het om vroeër by die huis te kom. Sy is vermoedelik reeds die Donderdag voordat haar lyk gevind is hier aangeval. Volgens die polisie is die saak nog in ’n sensitiewe stadium en kan geen verdere inligting oor die man uitgereik word nie. Hy sal weer op 5 Desember in die hof vir ’n aansoek om borgtog verskyn.

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dra swaar

Redding gryp aan DIT was en is steeds ’n storie wat ons land se mense aangegryp het. En toe gaan die storie internasionaal en almal is deel van die mooiste hond wat in Kimberley se Groot Gat geval het. Dit is ’n nuusstorie wat mense se hart geroer het. Kuruman Bulletin se moederkoerant, Volksblad, se verslaggewers het bontgestaan en ’n paar dae rondgehardloop om die hele storie na die beste van hul vermoë aan die wêreld oor te dra. Webwerwe, Facebook en Twitter het behoorlik gegons. Die video van die reddingspoging is meer as 13 000 keer gekyk. Kaptein Seeley, soos die hond bekend staan, het veroorsaak dat ’n nasie saamstaan. Almal het ingegryp en van oral oor probeer help. In tye waar ons lees van moord, verkragting, ontevredenheid met salarisse, ontevredenheid met dienste in die land, te veel geld wat deur politici bestee word en paaie wat vol gate is, was dit verfrissend om weer ’n slag ’n goeie, positiewe nuusstorie te kon ervaar. As Suid-Afrikaners só in

vervoering kan raak oor ’n hond, hoekom kan hulle nie in vervoering raak en saamstaan om dienste en probleme in die land te verbeter nie? Dit blyk ’n onmoontlike taak te wees om al die dinge wat verkeerd is, reg te maak, maar as almal saamstaan en hul deel doen en hard werk, kan daar sekerlik ’n verskil gemaak word. Wat kan alles nie moontlik wees nie as ons land se burgers bontstaan en rondhardloop en alles in hul vermoë doen om ’n verskil aan die land te maak? Dalk moet ’n mens by die klein dingetjies begin en almal opvoed, soos om nie vullis uit motors te gooi nie. En ook nie in die strate nie. As almal net kan begin om hul vullis reg te hanteer sal dit al klaar ’n groot verbetering meebring. Dink net – skoon strate en niks vullis langs die land se paaie nie. As elkeen onderneem om met geesdrif ’n medeburger te ondersteun en touwys te maak kan daar ook groot veranderinge plaasvind. Soos daar passie was om ’n hond te red, so moet daar passie wees om ons land te red.

Rus dié Kerstyd en eet van die genadebrood Ds. Pieter van Zyl 1 Kon. 19:4: HY SELF (Elia) het egter ’n dagreis vêr die woestyn ingegaan. Daar het hy onder ’n besembos gaan sit en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie.” Elia het pas ’n hoogtepunt by Karmel beleef. (1 Kon. 18) Sy oorwinning oor die priesters van Baäl het hom weer aansien in die oë van die volk gegee. Die voorspelling van reën, terwyl daar net ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand in die weste verskyn, loop uit op onweerswolke en groot reën. Maar koningin Isebel dreig weer om hom dood te maak. Moeg, uitgeput en terneergedruk, gaan kruip hy onder ’n besembos weg, gereed om te sterf. So is baie van ons uitgeput ná ’n lang jaar se geswoeg en sweet. Daar was ook suksesse en teleurstellings in die loop van die jaar. Daar is steeds druk om sekere belangrike take af te handel voordat ons kan ontspan en vir Kersfees voorberei. Hoe kan ek die druk hanteer terwyl ek moeg en afgemat is? Is daar genoeg krag oor om die nuwe jaar te haal? Elia kry besoek van die Here. Daar is kos waarvoor hy nie gewerk het nie en wat hy nie self voorberei het nie. En die opdrag is dat hy moet eet. Hy eet en drink van die water wat God voorsien het en raak weer aan die slaap. Weer kom die opdrag om te eet, anders sal die pad wat voorlê vir hom te lank word. Deur die krag van die kos kon hy 40 dae en 40 nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God. (1

Kon. 19:8) My moegwees kan my ook verblind om nie die genade uit die Hand van die Here raak te sien nie. My tamheid kan my daarvan weerhou om van die genade te “eet”. Die eise van die jaareinde kan my by die wonder van Kersfees laat verby kyk, sodat ek nie die wonder van Jesus se geboorte en sy menswees hier op aarde verstaan nie. ’n Goue reël is om nie aan die einde van ’n jaar drastiese, lewensveranderende besluite te neem terwyl jou insig deur tamheid verdonker geraak het nie. Gaan rus by die Here en “eet” van die genadebrood en drink van die wonderwater wat Hy gee. Wanneer jy weer deur die genadeboodskap van die Kerstyd gevoed en versterk is (dalk kon jy uitrus ná ’n vakansie sonder werksdruk) kan jy, versterk deur die krag wat die Here self aan jou gee, weer verantwoordelike besluite neem. Dan kan jy nuwe take en uitdagings aangryp en dit suksesvol afhandel. Wanneer jou krag van die Here af kom, kan jy die nuwe jaar met nuwe ywer aanpak. Word hierdie Kerstyd weer rustig in Hom wat in Christus tot ons leefwêreld toegetree het en wat die dood oorwin het. Mag jy en jou dierbares ’n geseënde Kerstyd ervaar en die nuwe jaar met nuwe ywer, onder die seënende en beskermende Hand van die Here, aanpak. Aan ons Jesus, ons Koning, al die eer.

DIT is een ding om ’n oulike, wê­ reldbekende meerkat te wees, maar o wee – dit is veel erger om daarby hoog dragtig te wees. Kirri, die aanneemmeerkatjie van prof. Anne Rasa van Kalahari Trails, lê plat op haar groot pensie en rus in die ondraaglike woestynhitte, terwyl die buitewêreld elke dag met groot afwagting op die sosiale netwerk Facebook navraag doen of haar kleintjies al gebore is. Hou die Kalahari Bulletin dop vir meer nuus oor die verwagte kleinspan wat teen Desember hul opwagting behoort te maak. Foto: Anena Burger

Offices a disgrace

Tehuis sê dankie RONEL DU PLESSIS, Kuruman:

ANONYMOUS, Kuruman: FOR how long are the employees of the Department of Education in the John Taolo Gaetsewe District going to work in the miserable conditions they are in? The district office remains undeveloped and unhygienic. The Bathlaros Learner Development Centre operates without a manager, while it is geared to assist teachers and pupils with science experiments and computer literacy. There are no cleaners at the centre and it is thus cleaned only when there is an organised activity to be held there. The toilets are malfunctioning and leaves a bad smell around the place. The Mothibistad Science Centre has been struggling with water for three years now. When activities for pupils are held there, mobile toilets have to be hired. It is left to schools to bring drinking water. One then asks how those

11/36 NNE-5

16/35 Kalm

19/35 NNE-5

employees based at this centre are coping or managing when they have to refresh or quench their thirst. There is no reception nor telephone operators at the main district offices. Incoming calls are answered by anyone nearby. The office has been left bare for the past two months as the main entrance door is broken. The Baitiredi offices are infested with rats, there is no drinking water and most of the toilets are not functioning. There is also no toilet paper provided. There is no kitchen and staff cannot warm their lunches. The entire district offices have no telephone operator. There is a shortage of grounds– men and those who are available are sometimes used as drivers. There is a shortage of cleaners – as a result an office is cleaned only twice a week. Surely something needs to be done about these terrible conditions.

17/37 NNE-10

16/33 Kalm

2037 WNW-5

NAMENS die inwoners, bestuurder en personeellede, asook die beheerraad, van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes bedank ons graag die gemeenskap van Kuruman wat dié jaar by die tehuis betrokke was. Baie dankie vir al die skenkings wat so gereeld ontvang word. Ons wil ook dankie sê vir die vrywilligers wat hul tyd afstaan om by Mimosahof betrokke te wees. Baie dankie aan elkeen wat hul plek aanbied sodat ons die inwoners op uitstappies kan neem. Die afgelope tyd is ons besonder met gemeenskapsteun en -betrokkenheid geseën. Sonder almal se hulp en bereidwilligheid om te gee sal dit nie moontlik wees om ’n goeie diens en bekostigbare verblyf aan die inwoners te lewer nie. U hulp maak ’n groot verskil in hul lewe en verseker vir ons en u eendag ’n heenkome vir die oudag. Dit maak ons hart warm dat die gemeenskap van Kuruman so goed vir die Mimosahof-tehuis vir bejaar- des is. Mag ons Hemelse Vader julle almal seën.

18/37

16/35

W-10 WSW-10

21/37 NW-10

Dít wat regtig in die lewe saak maak Anena Burger SOMER is voorwaar my gunstelingseisoen in die Kalahari. Dit is immers die rede hoekom ek as Kapenaar hierheen verhuis het en as’t ware kom wegkruip het. Die soel aande op my stoep met my voete wat op ’n bankie of die tuinmuur rus terwyl ek na die donderstorms in die verte kyk, is beter as enige televisiereeks wat DStv met al sy kanale ooit kan bied. Dit is die eerste reuk van jasmyn en die goue gloed van die somersonsondergange wat my siel weer ná die dorre en knypende winter laat leef. Wanneer ek voel hoe die warm windjie deur my hare vleg en ek eintlik ril van lekkerte. Die naweek het ek my weer diep in die Kalahari bevind net so duskant Askham by Andriesvale verby. Hoe lekker was dit nie om

op die breë stoep met sy eertydse veranda te sit nie. Stoksielalleen sonder ’n mens wat roer, maar ook sonder vrees dat iemand my dalk oor die kop gaan moker. My kamera was op die driepoot staangemaak en in die verte het ek en ou ysteroog die geweldige elektriese skouspel oor Botswana besigtig en vasgevang. Elke af en toe het ek opgeloer wanneer die kamera gekliek het dat sy weer ’n prentjie mooi vasgevang het. Vroeër die dag het ek die kriewelende lekker ervaar van ’n meerkat wat haar op my skoot kom tuismaak het. En dit is oor dié meerkat dat ek sit en tob wanneer ek die donker, flitsende

nag instaar. Hoe wonderlik is ons natuur. Soveel wat ons by die diertjies kan leer. Die meerkat is dragtig. Dit is haar eerste werpsel en sy laat my dink aan ’n koeëlronde waterdruppel met ’n spits koppie. Met ’n gesteun en ’n gekreun lê die arme siel die middag op die stoep. Arms en bene eintlik plat uitgestrek. Elke af en toe verskuif sy na ’n koeler plekkie. Elke af en toe kom soek sy ’n bietjie liefkosing, nes swanger ma’s mos maar doen. En ek simpatiseer diep, ek weet tog self hoe so ’n lyf in so ’n warm Kalahari-somer voel. Maar dit is diepe omgee en die gevoel van familie wat my die meeste raak, want die meerkat is ’n weeskat waarvan die familie twee mense is. Tog sien sy nie die verskil raak nie. Vir haar is dit net die eenheid, samesyn en omgee wat saak maak.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dorpers laat rande rol KLK LANDBOU BPK het op 6 en 7 November vanjaar se internasionale dorperveiling op die Upington-skouterrein aangebied. Verkopers van Suid-Afrika en Namibië het van hul beste teelmateriaal na die veiling gebring. Kopers van Suid-Afrika, Namibië, Zambië, Zimbabwe, Brasilië en Australië het die veiling bygewoon. Die hoogste prys van R600 000 is deur Martin Compion jr. van Pofadder vir ’n dorperram van

Mickey Phillips van Tarkastad betaal. Die tweede hoogste prys van R150 000 is vir ’n dorperram van Philip Strauss van Karasburg, Namibië, deur dr. Corrie Avenant van die Atka-stoetery, Williston, betaal. Die hoogste prys van R150 000 is vir ’n witdorperram van Kosie Esterhuizen van Koës, Namibië, ook deur Avenant, betaal. Die tweede hoogste prys van R42 000 is vir ’n witdorperram van Tony Cahi van Prieska, weer

deur Avenant, betaal. Die hoogste prys van R42 000 is vir ’n dorperooi van die Rooidamdorperstoetery van Charel Strauss en Niekie Cilliers deur Larry Dietrich van Marikana betaal. Die hoogste prys van R33 000 is vir ’n witdorperooi van Kosie Esterhuizen deur die Rooidamdorperstoetery betaal. Dawid Nel van KLK Landbou Bpk en Deon Klopper van GWK was die afslaers. Die omset op die veiling was R3 658 500.

Besoek Kalahari Bulletin se webtuiste by www.kalaharibulletin.co.za

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Event held to mobilise SA men against crime THE Progressive Men’s Movement of South Africa (Pomesa), the Office of the Deputy President, the Northern Cape Police Services (SAPS) and other stakeholders are organising a collaborative event. This is to celebrate the fifth International Men’s Day and also launch the Northern Cape Mining Crime Combatting Forum and the When Duty Calls Campaign with the intent to reaffirm commitment to fight crime and specifically violence against women and children. This year the event will be celebrated in Kathu at the Sivos Stadium on 24 November. The theme of this year’s celebration, Raising awareness of crime and violence against women and children, seeks to mobilise government departments and all spheres of society around crime and crime prevention interventions . The purpose of the event is to focus on strengthening family values – also to raise awareness and engage men around social ills and the increase in crime and violence against woman and children that negatively impact our society, thus our future.

Men must be stirred up in their roles as the leaders of families, communities and the nation. Men must protect women and children and not cause them harm. An engagement session is planned from 06:00 to 08:00 on the day where leaders will engage with community members and mine workers in the Kathu area. A full programme is planned for the day from 08:30 to 17:00 including refreshments, entertainment, exhibitions and service delivery by government departments. Transport will be arranged from designated pick-up points in and around Kuruman, Kathu, Olifantshoek and Postmasburg. Business leaders, pastors and mining companies in the region are encouraged to support the event by mobilising men and churches to attend the event. Men are invited to make their presence felt and their voices heard to help stop crime in general and violence against women and children. Direct inqueries to Chris Mashilo on 082-469-6130, Kenny Sebati on 082-7659401 or James Manis on 083-406-9775.

NICOLE SMALL wys waarvan ’n Noord­Kaapse nooientjie aanmekaargesit is in die Little Miss South Africa Petite­kompetisie. Foto: Verskaf

Skone (6) alte dapper Anena Burger

DIE skattige klein Nicole Small (6) het haar skoentjies in die Little Miss Petite South Africa-kompetisie volgestaan. Die kompetisie het op het op 8 en 9 November plaasgevind. Sy is in die Private Skool Cum Laude op Grootdrink. Die blondekop-blouoognooi was onder 27 finaliste uit 3 800 inskrywings van oor die land heen wat aan die gesogte kompetisie in die Batterboys-konferensiesentrum in Pretoria deelgeneem het. Haar ouma Magda Small, wat haar

vergesel het, sê dit was ’n ongelooflike ervaring wat hulle nie gou sal vergeet nie. Elke deelnemer moes 27 geskenkies maak wat sy vir haar mededeelnemers uitgedeel het en so het elke deelnemer dan met 27 verskillende geskenkies huis toe gekom. Onder die geskenke was juweliersware en allerhande goedjies waarvan klein prinsessies net kan droom. Small sê dit is net te wonderlik hoe kreatief die kinders en hul ouers kan wees. Sy sê Nicole het haarself terdeë geniet en sy was verbaas hoeveel selfvertroue die kleinspan in so ’n groot kompetisie het.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

7

Tips to help capture memories through photos Lynn-Mari Olivier PHOTOS are memories captured on paper which you can share with others and you can look at when you want to relive a certain event. With the festive season approaching, taking photo’s becomes even more important. Kalahari Bulletin cornered a former resident of Kuruman who is also a professional photographer, Roné de Bruyn, also known as Desert Rain Photography, to give some pointers on how to capture the perfect moments this festive season. At the dinner table Enjoying candlelight dinners with loved ones is a

standing ritual spending the holidays together. Have you noticed how harsh photos look when using your flash? Here are a few tips: ) Use a tripod or a stable object to place your camera on. This ensures that there is less blur. ) Turn off your flash and experiment with the manual exposure. ) Try keeping the image simple, for example a face close to the flame of the candle. This will create a dramatic, warm glow. ) Using a white table cloth doubles as a “natural reflector”, creating more light, as the candles reflect onto the cloth.

At the beach Always look for a point of interest, for example the contrast of your child’s soft feet against the coarseness of small shells, or seagulls making a natural line or kids eating messy ice creams. The ideal is trying to take photos early in the morning or in the afternoon, when the beach has that warm glow. When you do shoot in harsh sunlight, switch on your flash, to burn out the harsh lines of shadows on faces. You can also place your subject in front of the sun, creating a halo of sun around them. For creative aspects, sometimes beach photos can be very dramatic in black and white.

PHOTOS capture precious memories. Photo: Desert Rain Photography


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

TANNIE LENIE COETZEE ontvang haar geskenk van Anika Thomatos. Foto’s: Lynn-Mari Olivier

OP die voorgrond is van links Anika Thomatos, Elize Boshoff (voorsitter) en Clarina Thomatos.

Kersvader in ander gedaante bedrywig Lynn-Mari Olivier DIE Dameskring se Kuruman-tak het die inwoners van die Mimosahof-tehuis vir bejaardes onlangs weer bederf. Ná drie maande het die lede van die Dameskring die tehuis besoek en lekkernye oorhandig aan die bejaardes wat in daardie drie maande verjaar het. Benewens verjaardaglekkernye het lede onlangs Kerspakkies aan die inwoners

oorhandig. Klein Anika en Clarina Thomatos het Kersvader se rol oorgeneem en die Kersgeskenke aan die inwoners oorhandig. Te fraai in hul wit rokkies met rooi linte het hulle die bejaardes se harte laat vermurwe. Elma Potgieter, lid van die Dameskring, het die tuin spesiaal mooigemaak en só kon elkeen allerhande verversings, in ’n feestelike luim nuttig.

AfriForum vra bydraes AFRIFORUM op Kuruman hou vanaand ’n belangrike vergadering op die vliegveld. Dit begin om 19:00. Die krisis met

die Ga-Segonyana-munisipaliteit sal bespreek word. Belangstellendes is welkom om dit by te woon. Bring ’n eie stoel saam.


9 WW10867/E

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

UPINGTON 24 HOUR WOOLIES QUALITY When the new WOOLWORTHS FOODSTOP at the Engen Upington Convenience Centre opens on 5 December 2013, you’ll be able to get whatever you need, whenever you need it, from breakfast on the run or a ready-to-go lunch to something to satisfy a late-night craving. It’s all the Woolies freshness, quality and convenience you love, 24/7. That’s the difference.

Engen Upington Convenience Centre Cnr Swartmodder & Le Roux street, Upington

PAY FOR YOUR PURCHASES USING YOUR WOOLWORTHS STORE CARD OR WOOLWORTHS CREDIT CARD

WITH CREDIT

*WITHOUT CREDIT

*Terms and conditions apply. Visit www.woolworths.co.za for more details. Woolworths Financial Services (Pty) Ltd (Reg. No. 2000/009327/07) is an authorised financial services (FSP15289) and registered credit provider (NCRCP 49). WRewards is not available at Woolworths Foodstop at Engen.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Amateurfotograaf in die kol André Botha ’n KOMBINASIE van geduld en ’n raps geluk het ’n amateur-natuurlewefotograaf die geleentheid gegee om in beeld vas te lê hoe twee jagluiperds ’n springbok vastrek. Aanvanklike teleurstelling toe hy gedink het hy het so ’n geleentheid misgeloop, het spoedig in opwinding verander toe dié toneel hom skielik voor hom afgespeel het. André Marais, ’n oud-Kimberliet wat nou in Pretoria woon, het die foto’s in die Kgalagadi-oorgrenspark geneem. Hy vertel hy het die park besoek juis om foto’s te neem en gehoop om interaksie tussen diere te kry. “Ek het die betrokke dag die oggend vroeg twee jagluiperds langs die pad tussen Twee Rivieren en Rooiputs gewaar en hulle ongeveer ’n uur gevolg. “Daar was talle springbokke wat suidwaarts van Nossob af verby Rooiputs in die rigting van Twee Rivieren beweeg het. “Die twee jagluiperds het ’n paar maal van die springbokke in die omgewing bekruip, maar is elke keer deur die bokke gewaar.” Die bokke het dan laat spaander voordat die jagluiperds kon toeslaan. Marais het ná ’n paar sulke vergeefse jagpogings besluit om leeus in die Rooiputs-omgewing te gaan soek. Nadat hy verskeie foto’s van twee leeumannetjies geneem het, het hy teruggekeer na waar die jagluiperds was. Tot sy teleurstelling het hy hulle gekry waar hulle aan ’n vars vangs gevreet het. “Die jagluiperds was in ’n

AFGEMETE stap dié jagluiperd in die Kgala­ gadi­oorgrenspark, ge­ reed om op sy prooi toe te slaan. Hy en sy maat was aanvanklik onsuk­ sesvol in hul jagpogings, maar het uiteindelik wel ’n springbok platgetrek. Terwyl hulle nog aan dié bok gevreet het, het een van hulle ’n springbok­ ooi en haar lam oorkant die pad gewaar. Hy het soos blits beweeg, toe­ geslaan en sy tweede vangs van die dag ge­ maak.

DIE jagluiperd se maat is blitsig by om in die maal te deel.

DIE jagluiperd slaan só vinnig toe dat die springbok­lam geen kans het om weg te kom nie. Foto’s: André marais

DIE jagluiperds draf weg met hul prooi.

redelike digte bos en ek kon weens swak sigbaarheid nie juis foto’s neem nie. “Die volgende oomblik spring die een jagluiperd op en hardloop in volle vaart voor die voertuig verby oor die pad na waar ’n springbok-ooi en lam aan die

vangs te deel. Die ooi het weggehardloop. “Die gekerm en geskreeu van die lammetjie was ontstellend en sal my lank bybly. “Dit was gelukkig vinnig verby en ’n mens aanvaar dat dit die natuurlike proses van die diereryk

regterkant van die pad gestaan en wei het.” Marais sê dit het só vinnig gebeur dat die bokke nie kans gekry het om weg te kom nie. Die jagluiperd het die lam beetgekry. Die ander jagluiperd het ook oor die pad gehardloop om in die

se voedselketting is.” Marais sê die hele voorval het letterlik sekondes geduur. “Dit is uniek om te aanskou. As amateur-natuurlewe-fotograaf bestee ek soveel moontlik tyd in die bos, maar ek het nog nooit só iets gesien nie.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

KYK net hoe oulik lyk die gr. O­leerlinge in hul togas met hul diplomas.

Foto’s: Meris Kocks

Jonges ‘vang graad’ Meris Kocks OP 7 November het die diplomaplegtigheid van die Gekombineerde Skool Rietfontein se gr. O- tot gr. 7-leerlinge plaasgevind.

Groot opgewondenheid het onder die ouers en leerlinge geheers, omdat dit van die leerlinge se eerste keer sou wees om diplomas te ontvang. Die gr. O-leerlinge het baie oulik

in hul togas en hoede gelyk toe hulle “gegradueer” het. Opmerklik is meer meisies as seuns het diplomas ontvang. Dit is die 12de diplomaplegtigheid wat die skool aangebied het.

HIER is die graadhoofde saam met die slimkoppe in hul onderskeie grade. Van links is, voor: Quinton Maasdorp (gr. 6), Richardene Jansen (gr. 5), Rashaad Hutton(gr. 4), Faith Classen (gr. 3), Jo­Ann Martin (gr. 2) en Jean­Duncan Kok (gr. 1); agter: Ricky du Raan, Judy Burger, Doreen Julius, Sinnie Bok, Renata Mienies en Daisy Koetzee.

HAROLD PADMAKER (16) ontvang die trofee vir sy presta­ sie is die provinsiale landloopkampioen.

RICKY DU RAAN ontvang die wisseltrofee namens die mei­ siehokkiespan.

DIE beste presteerders in hul onderskeie grade is van links Heinrich Saal (gr. 12), Marcel Matthys (gr. 11), MC Saunderson (adjunkhoof), Hybrie de Wee (gr. 9), Rynold Tieties (gr. 8) en Devorine Cloete (gr. 7).

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Ontmoet mnr. Meris Kocks Anena Burger DIT is vir die Kalahari Bulletin aangenaam om die volgende lesersjoernalis ver uit die ou-Kalahari aan sy lesers bekend te stel. Meris Kocks is van Rietfontein uit die Mier-distrik en lewer gereeld nuus en skolenuus van hier. Die Kalahari Bulletin wil Kocks graag bedank vir sy bydraes wat lesers op die hoogte hou van die koerant se buurgemeenskap wat so ver geleë is. Kocks is op Ladismith in die Wes-Kaap gebore en het sy skoolloopbaan in 1986 aan die Hoërskool Scottsville in Kraaifontein voltooi. Hy het in 1990 ’n BA-graad en onderwysdiploma (HOD) aan die Universiteit van die Wes-Kaap verwerf en in 2007 ’n BEd (Hons) met spesialisering in opvoedkundige sielkunde aan die Noordwes-universiteit. Hy sê hy het sy loopbaan in die onderwys in 1991 aan die Hoërskool Ladismith begin en is sedert 1992 aan die Gekombineerde Skool Rietfontein verbonde. Kocks is ’n departementshoof by die skool. Oor homself sê hy: “Ek is ’n gesinsman en getroud met Zelda, ook ’n onderwyser aan die Gekombineerde Skool Rietfontein. Ons het twee kinders, Nathan (gr. 12) en Natalie (gr. 4).” Die nederige Kocks het heelwat prestasies om op trots te wees. Hy was Gert Manora, wat twee keer ’n Suid-Afrikaanse skolekampioen was, se afrigter. Kocks het die Twee Oseane-ultramara-

Vrouebond eer Mamma Koe Meris Kocks

MERIS KOCKS, die Kalahari Bulletin se lesers­ joernalis van Rietfontein. Foto: Verskaf thon (56 km) vier keer voltooi, asook die Comrades-ultramarathon (86 km). Hy het WP-skole- en klubkleure in atletiek en landloop verwerf en is ook ’n lid van die //Khara Hais-atletiekklub. Verder is hy die afgelope drie jaar die voorsitter van die Kalahari Kansa Relay For Life en lid van die Dwelm-en-alkoholbestrydingsbond. Dié organisasie ondersteun gerehabiliteerde dwelmafhanklikes en bedryf voorkomingsprogramme. Kocks is ’n voogonderwyser by TAADA, ’n tiener-tot-tienerprojek by die skool, waardeur leerlinge mekaar oor die gevare van dwelms moet inlig. Hy sê hy was verras toe die Kalahari Bulletin hom genader het om ’n lesersjoernalis te word. Hy sê hy skryf die afgelope tyd oor die vergrype in die Miergebied. “Ek skryf uit vrye wil en omdat die mense ook moet kennis dra oor die lief en leed van die mense in die Miergebied.”

Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

Environmental Officer (Ref. EO 115810) The incumbent will be responsible to implement specified components for the Environmental Management System, cost-effective measures and compliance with legal, and interested and affected parties requirements in order to ensure effective Environmental Management. Minimum requirements: • Matric, degree or Diploma in the field of Natural Sciences or Engineering • Registered as a Professional Natural Scientist or Engineer • A minimum of 3-5 years’ relevant experience in the mining industry • Strong computer skills • A thorough understanding of applicable legislation • Ability to work independently • Ability to communicate across all levels and disciplines • Ability to maintain quality results • Systematic approach • Commitment to Health and Safety, Environmental and Quality requirements. Responsibilities: • Enforce compliance with legislation and procedures • Set up mechanisms to monitor environment impact e.g. water, electricity and pollutants • Liaise with stakeholders e.g. Municipalities, Eskom, etc. • Conduct incident investigation • Waste management and pollutants • Soil rehabilitation • Keep impact register updated • Recommend alternative strategies to reduce environmental impact • Liaise with Department of Mineral and Resources. Key performance indicators: • Development and implementing an Environmental land and soil management plan • Compile and monitor a biodiversity plan.

OP 21 November het die Vrouebond van die Evangelies Lutherse kerk op Rietfontein in die vreugde van die 95ste verjaardag van ouma Elizabeth Titus, of Mamma Koe, soos sy bekend staan, gedeel. Sy is die oudste lid van die Vrouebond in die Kalahari-kring. Mamma Koe is ook die enigste dogter van oorlede oupa Piet en ouma Sophia (Nonnie) Bok uit die Natgooi-geslag wat nog lewe. Hulle was tien kinders, van wie haar drie broers en ses susters reeds oorlede is. In haar leeftyd het sy vreugde, geluk, hartseer en pyn beleef. In 2001 is eers haar man oorlede en toe moes sy later vier van haar kinders aan die dood afstaan. Ten spyte hiervan is sy nog die trotse ma van drie dogters, twee seuns, talle kleinkinders, agterkleinkinders en agter-agterkleinkinders. Op die heuglike geleentheid het Johanna Beukes, Vrouebondlid, Psalm 95 en 100 voorgehou wat ook deel van Mamma Koe se lewe was. Sy is Godvresend en ’n kerkmens.

Deken Bezuidenhout, plaaslike leraar van die Lutherse kerk, het die Awendmaal aan die susters bedien en Mamma Koe en twee ander susters op die geleentheid her-ingeseën. Die Lutherse kerk, haar familie en die breë gemeenskap bid haar liefde, goeie gesondheid en oorvloedige seëninge toe.

OUMA ELIZABETH TITUS word op haar verjaardag deur haar jongste dogter, Elsa, ondersteun.

DIE Vrouebond­susters saam met ouma Elizabeth Titus op die heuglike dag.

Foto’s: Verskaf

Worshondjie wreed aangeval, gesny Meris Kocks SIEK, wreed, duiwelsbesete en barbaars. Só kan die sinlose aanval op die worshondjie Worsie van Rowena Tieties van Rietfontein beskryf word. Vermeende booswigte het met duiwelse plesier dié hondjie se rug op twee plekke met ’n skerp voorwerp oopgekloof. Tieties, Worsie se eienaar, sê dat sy op Sondag 17 November ná kerk dié grusame ontdekking gemaak het. “Worsie was net ’n bebloede bondel,” sê sy. Volgens Tieties is dit die tweede keer dat haar troeteldiere geteiken word. Op ’n vorige geleentheid is haar ander hond vermoedelik vergiftig.

Sy sê toe sy die aand ná werk by die huis kom, het die vermoedelike vergiftigde hond net bloed gebraak. Die hond is dieselfde nag dood. In haar hartseer wil sy weet waarom haar troeteldiere aangeval word. “Wie koester so ’n wrok teen my en my gesin om ons op so ’n gemene manier by te kom?” wil Tieties weet. Met groot deernis en liefde het sy Worsie se wonde behandel. Dié skattige hondjie is nou op die herstelpad. ) Wreedheid teenoor diere is ’n strafbare oortreding. Indien iemand inligting het oor die twee wrede voorvalle van dieremishandeling, kan hulle die polisie kontak.

Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 13 December 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 115810

WORSIE en sy eienaar, Rowena Tieties, wat hom liefderlik na ’n spoedige herstel versorg. Foto’s: Meris Kocks

DIE twee snywonde op Worsie se rug waar sy aanvallers hom met ’n skerp voorwerp gesny het.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Toekoms met raket wink

DIE burgemeester, Paul Vries, en Miena Rooi in haar woning waar daar nou krag is.

Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.

Foto: Wollie Burger

Tersia Koortzen ’n LEERLING aan die Laerskool Sentraal op Kakamas, Elanie Brand (11), het die naweek van 8 en 9 November aan die Kloppers Masters-tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Sy het die o.12-afdeling vir meisies gewen. Dit is die tweede keer dat Brand in haar ouderdomsgroep die Masters in Bloemfontein wen. Brand is ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse tennisspan wat op 24 November na Maleisië vertrek om Suid-Afrika daar te gaan verteenwoordig. Die Laerskool Sentraal op Kakamas wens haar en haar ouers, Gerrit en Elmarie Brand, alle voorspoed toe. ’n Verdere boodskap van die skool lui ook almal wat ’n bydrae tot Brand se afrigting lewer, kan trots op haar puik prestasie wees. “Elanie, ons hou jou dop, Die titel van werêldkampioen wink vir jou,” sê haar ma, Elmarie.

Toestel bring lig in duister Wollie Burger

ELANIE BRAND het die Kloppers Masters­ten­ nistoernooi se o.12­afdeling vir meisies in Bloemfontein gewen. Foto: Verskaf

WAT vir die inwoners van die woonbuurt Duineveld op Groblershoop gelyk het na ewige donkerte het op 18 November skielik in lig verander. Paul Vries, die burgemeester van die !Kheis-munisipaliteit, het die eerste Direct Current-sonkragtoestel by die huis van Miena Rooi aangeskakel. Die elektriese toestelle wat in die eerste huis van krag voorsien word, is ’n televisie, ’n radio, ’n spreilig buite die huis, drie ligte binne die huis en ’n selfoon-

laaier. Dit is die begin van ’n nuwe era vir dié gesin. Maar dit is ook vir ander lede van die gemeenskap van Groblershoop, wat by hierdie projek baat sal vind, ’n stap na ’n beter toekoms. Die sonkragstelsel is deur Kalahari Solar Energy geïnstalleer. Die raad van Groblershoop en sy administrasie werk hard om ’n verskil te maak aan die lewensgehalte van sy inwoners. Volgens Vries is die gebeurtenis net die begin van groter dinge vir die !Kheis- munisipale gebied.

55

90 per kg

18

25

R Lean Beef Mince

R

each

each

Clover Full Cream Or Low Fat Fresh Milk 2l

Prices valid from 27 November - 1 December 2013

BUNDLE

DEAL

60

R

Potatoes 7kg And Onions Pocket 7kg

29

R

4790 per kg

56

Kameelhout Boerewors

90 per kg

12

50

Beef Texan Steak

each

each

Coke, Tab, Coke Zero or Coke Light 2l

30

R

each

Chocolate Or Vanilla Cake

790

per pack

Hotdog Rolls 6’s or Hamburger Buns 6’s

Watermelon

Prices apply to Game Kathu Village and Upington store only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Kakamas-nuus haar taak Anena Burger

DIE nuwe leerlingraad van die Laerskool Sentraal op Kakamas vir 2014 is van links, voor: Kobus van Zyl, Tiaan Jordaan, Braam Nel, Lara­Mari Geldenhuys, Marna van Wyk, Gerhard van Vuuren en Amber Harnoster; agter: André van Zyl, Ilze Schreuder, Gideon Nel, Nelius de Jager en Anelsje de Vos. Foto: Verskaf

Nina ’n ster in akademie

TERSIA KOORTZEN, ’n nuwe lesersjoer­ nalis, en haar seuntjie, Juan. Foto: Verskaf

Gee meer dié Kersfees

Tersian Koortzen DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het onlangs op ’n prysuitdelingsgeleentheid leerlinge met uitnemende prestasies vereer. Nina Ackerman was beslis die ster van die prysuitdeling. Sy het die volgende akademiese eerbewyse ontvang: ) Beste akademiese prestasie in haar laerskoolloopbaan gr. 4 tot gr. 7. ) Beste presteerder in gr. 7. ) Beste presteerder in Afrikaans. ) Beste presteerder in Engels. ) Beste presteerder in wiskunde. ) Beste presteerder in natuurwetenskap. ) Beste presteerder in sosiale wetenskappe. ) Beste presteerder in ekonomiese bestuurswetenskap.

DIE Kalahari Bulletin stel graag nog ’n lesersjoernalis aan sy lesers bekend. Tersia Koortzen is ’n onderwyser aan die Laerskool Sentraal op Kakamas. Sy is die rekenaarkoördineerder van dié skool. “Die leerlinge ken my as Juffrou Tersia,” sê die vriendelike juffrou wat altyd met ’n helpende hand regstaan. “Ek bied rekenaarvaardigheid aan al ons leerlinge van gr. 1 tot gr. 7 en ook leesontwikkelingsvaardigheid aan die gr. 3- tot gr. 7-leerlinge in Afrikaans en Engels.” Die veelsydige Koortzen is ’n gekwalifiseerde grafiese ontwerper en hou daarvan om haar vaardighede aan haar leerlinge oor te dra. “Ek geniet my werk by die skool sommer baie en ek werk saam met ’n ongelooflike span onderwysers,” sê sy. Koortzen sê dit is vir haar ’n groot voorreg om by die Laerskool Sentraal op Kakamas betrokke te wees. Sy sal voortaan nuus en stories van die kleinspan van Kakamas aan die Kalahari Bulletin lewer en só lesers van die bedrywighede by die skool en op die dorp op hoogte hou.

NINA ACKERMAN het met ’n arm vol eerbewy­ se huis toe gegaan. Die nuwe leerlingraad vir 2014 is ook op die geleentheid bekend gemaak. André van Zyl, Ilze Schreuder, Gideon Nel, Nelius de Jager, Anelsje de Vos, Kobus van Zyl, Tiaan Jordaan, Braam Nel, Lara-Mari Geldenhuys, Marna van Wyk, Gerhard van Vuuren en Amber Harnoster sal volgende jaar die skool as die leerlingraad lei.

DIE Kalahari Mall gaan hierdie Kersfees vir almal spesiaal maak. Die sentrum vier Kersfees reeds ’n bietjie vroeër. Sedert Maandag skitter die sentrum reeds in sy Kersversieringsbaadjie. Die sentrum nooi almal uit om Vrydag heerlik saam te sing en die bekende ware vrede en liefde van Kersfees te ervaar. Dit begin om 18:00 by Ingang 2. Die aand is gratis. Saterdag beywer die sentrum hom om vir Kersfees ’n glimlag op menige kinders se gesig te sit.

Te danke aan Orange River Cellars wat ’n borgskap gegee het, bied die Kalahari Mall die Vaatjies vol Vreugdeprojek by Ingang 3 aan. Geskenke vir kinders ter waarde van R25 kan geruil word vir ’n heerlike bottel wyn. Hierdie geskenke sal aan die Gordonia Lions-klub se Kerspartytjie vir minder bevoorregte kinders, Jogébed-kinderhuis en vele ander organisasies voorsien word. Kom maak ’n draai en wees deel van ’n wonderlike omgeeprojek.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

DIE Gamagara­biblioteek maak lees pret.

Vakansie feestyd vir boekwurms Benneli Olivier Van der Walt DIE Gamagara-biblioteek bied die vakansie ’n gulde geleentheid vir die gemeenskap om aan die lees te raak. Die biblioteek is op die Gamagara-munisipalitiet se terrein geleë. Dit is op weekdae van 10:00 tot 17:30 en op Saterdae van 09:00 tot 12:00 oop. In die vakansie is daar elke Woensdag ’n leessessie vir laerskoolleerlinge. Die leessessie vind in Afrikaans, Engels en Tswana plaas. Dit is gratis om by die biblioteek aan te sluit. Bring slegs ’n ID en bewys van adres saam. ’n Klein bedrag word wel gehef vir boeke wat laat terugbesorg word. Die biblioteek moedig volwassenes aan om ’n leserskring op Kathu te vorm. Op 7 Desember bied die Noord-Kaap se departement van sport, kuns en kultuur ’n Hardloop vir lees-pretloop aan. Deelnemers kan hulle vir die pretloop of die fietsry-, skaatsplank-, rolstoel- of drafnommers inskryf. Om jou in te skryf moet jy ’n boek skenk. Die boeke sal aan gr. R-klasse in die Gamagara-streek geskenk word. Rig algemene navrae en navrae oor inskryfvorms aan Miriam Damas van die Gamagara-biblioteek by 053-723-2261 of 084-477-2156.

15

Festive savings

from South Africa’s favourite supermarket.* UPERMARKET* S E IT R U O V A F ’s ’ A S FROM

BUY BOTH FOR

58

35

R

R

Nestle Ricoffy In Tin 750g

Olive Pride Extra Virgin Olive Oil & Seed 1 Litre and Green Olive Pitted 180g

Spaar só elektrisiteit en ook geld

29

90

Kellogg’s Corn Flakes 750g

FREE

Benneli Olivier Van der Walt KATHU en die omliggende gebiede is net soos die res van Suid-Afrika genoop om krag te spaar. Dit is weens die druk op die land se elektrisiteitsverskaffing en die hoë koste van elektrisiteit vir verbruikers. Die elektrisiteitstariewe en probleme het ’n invloed op alle verbruikers se geldsake. Dit is maar net twee goeie redes om krag te spaar. Hier volg tien wenke om jou huisgesin se elektrisiteitsrekening te verlaag (en sodoende ook elke gesinslid se koolstofvoetspoor te verklein): 1. Stel die temperatuur van die geyser na ongeveer 55 °C. Dan hoef jy nie soveel koue water by te voeg wanneer jy skottelgoed was of stort nie. 2. Onthou om die deksel op die pot te hou wanneer jy kook. Dit behou die hitte en spaar energie. Die grootte van die pot moet dieselfde wees as dié van die stoofplaat. Dit kan tot 25% elektrisiteit bespaar terwyl jy kook. 3. Hou vensters en deure toe wanneer die lugversorgingstelsel aan is. Sodoende word die huis koel gehou en energie gespaar. 4. Maak die yskasdeur behoorlik toe wanneer jy iets uit die yskas haal. Maak ook seker die yskasdeur seël ordentlik. 5. Week stampmielies, bootjies en ander droë kosse oornag. Dit sal tyd, geld en energie spaar, want jy sal nie so lank daaraan hoef te kook nie. 6. Probeer om net die hoeveelheid water wat jy nodig het in die ketel te kook. 7. Skakel ligte, waaiers, rekenaars en alle energieverbruikende toestelle af wanneer jy die vertrek verlaat. 8. Ventileer jou huis daagliks. Onthou om jou lugversorgingstelsel af te skakel wanneer jy die huis ventileer. 9. Skakel alle toestelle af voordat jy gaan slaap en moet dit nie op bystand laat nie. 10. Gebruik energiebesparende gloeilampe. Dié soort gloeilampe spaar elektrisiteit en hou langer as gewone gloeilampe. Onthou, wanneer jy elektrisiteit spaar, spaar jy ook geld.

BUY ANY 3 GET 1 FREE

7

R

Each

Mccain Frozen Vegetables Assorted 250g

35

R

Sunlight Dishwashing Liquid (Excludes Anti Bacterial) Assorted 750ml

Most Trusted Retailer 2012

Most Reputable Retailer 2013

Each

Sir Juice Fruit Juice Blend Assorted 1.5 Litre

3kg for the price of 2kg

Buy Any 2

BUY ANY 2 FOR

21

R

50

R

Skip Intelligent Washing Powder 3kg

69

R

PnP 2 Ply Toilet Tissue 18s

Best Customer Loyalty Programme 2013*

PRICES VALID 26 NOVEMBER - 1 DECEMBER 2013 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

MMGTPS0118_198x390_E

1181839B


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

DIE ingang na die Mimosahof­tehuis vir bejaardes op Kuruman.

Foto: Lynn-Mari Olivier

Tehuis veilige opsie Lynn-Mari Olivier

OP jou oudag is behuising en goeie versorging die minste waaroor jy jou wil bekommer. Ronél du Plessis, bestuurder by die Mimosahof-tehuis vir bejaardes, verduidelik waarom behuising op jou oudag so belangrik is en wat jy kan verwag. Wanneer is dit die regte tyd om só ’n groot besluit te neem? Wanneer jy nie meer vir ’n groot huis en die eensaamheid wat daarmee saam gaan, kans sien nie, sal ’n skuif na die tehuis ’n goeie besluit wees. As jy agterkom dat jy ’n behoefte aan ’n kleiner woning het en jou tuin se instandhouding jou verlam, alvorens jou kragte begin afneem, moet jy die besluit neem. Watter dienste kan ’n voornemende inwoner van dié tehuis verwag? Die Mimosahof-tehuis vir bejaardes bied ’n magdom dienste aan voornemende inwoners. Bejaardes word geteister deur baie vrese en alledaagse bekommernisse. In ’n versorgingseenheid word baie van die vrese in die kiem gesmoor en kan bejaardes gerus voel en uitsien na gerieflike kamers.

Die inwoners neem weekliks deel aan formele aktiwiteite, om die eensaamheid te verdryf, verveling hok te slaan en bejaardes van hulpeloosheid te laat vergeet. Dit word gedoen deur die aanbieding van interessante projekte en programme. Die bestuur van Mimosahof glo in die Eden- alternatiewe manier van versorging. Die manier van versorging beweeg weg van die konsep dat ’n tehuis ’n tronk of hospitaal is. ’n Tehuis moet jou huis, weg van die huis af wees. Inwoners moet gereelde kontak met hul kinders en troeteldiere hê. Die bestuur wil hê dat die inwoners moet glo dat hulle oor die potensiaal beskik om nog baie take vir hulleself te verrig. Hulle streef daarna dat ouer persone se funksionaliteit verbeter en dat hulle toegelaat sal word om so ver moontlik, dinge vir hulleself te mag doen. Hier is alles wat bejaardes nodig het. ) Die ouetehuis het ook ’n kamera-stelsel wat die bejaardes se veiligheid verseker en die verswakte afdeling beskik oor twee geregistreerde verpleegsters om na die bejaardes om te sien. ’n Dokter besoek ook die tehuis twee maal per week.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

17

LEERLINGE van die Hoërskool Duineveld is op die skool se jaarlikse prysuitdelings met eerbewy­ se vir uitsonderlike prestasies vereer. Anmari Hugo het eerbewyse vir sportvrou van die jaar, Noord­Kaap­o.18­netbalspan, erekleure vir netbal, senior netbalspeler van die jaar, senior netbal­ persoonlikheid van die jaar en Siyanda­atletiekspan ontvang. Sy het ook halferekleure vir atletiek, mees veelsydige meisiesatleet en beste prestasie in middelafstande vir ’n meisiesatleet ont­ vang.JayD van Zyl het eerbewyse ontvang vir sportman van die jaar en die Griekwaland­ Wes­o.17­krieketspan. Hy het ook erekleure vir krieket, uitstaande krieketspeler van die jaar en seunsenkelspel­ en dubbelspel­ senior tenniskampioen ontvang. Foto: Rudy van Tonder

FRANCOIS SLABBER het eerbewyse vir die Noord­Kaap­o.18­skaakspan, halferekleure en skaakspeler van die jaar ontvang.

GIDEON COETZEE het eerbewyse ontvang vir sy deelname in die Siyanda­atletiekspan. Hy het ook halferekleure vir atletiek, mees veelsy­ dige senior seunsatleet en die senior victor lu­ dorum ontvang.

JUNIOR BURGER het op die Hoërskool Duine­ veld se prysuitdeling eerbewyse vir sy verkie­ sing tot die Griekwaland­Wes­Platteland­o.18­ rugbyspan, Griekwaland­o.18­sewesrugby­ span 2012 en erekleure vir rugby, senior rugbyspeler van die jaar en beste senior voor­ speler ontvang.

RIAAN BADENHORST het eerbewyse vir Noord­Kaap­o.16­hokkie, beste junior seuns­ hokkiespeler, erekleure vir hokkie en beste ju­ nior krieketspeler van die jaar ontvang.

ANE DIPPENAAR het eerbewyse vir die Noord­Kaap­tennisspan, halferekleure vir ten­ nis en meisiesenkelspel­ en ­dubbelspel­ seni­ or tenniskampioen ontvang.

KEVIN VAN WYK het ’n eerbewys vir die beste senior seunshokkiespeler ontvang.

SABC 1

SABC 2

SABC 3


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

Dankie vir hulp MICHAEL BRINK, Wrenchville: EK wil dr. Bailey, dr. Gorrah en die personeel van die Kuruman-hospitaal bedank vir hul uitstekende diens en spesiale opofferings wat hulle gemaak het. Hulle het ’n kind wat gebrand het uit ons hande geneem en deurnag aan die kind gewerk en nie eens huis toe gegaan nie. Die personeel, suster Joubert

en die teater-personeel – baie dankie vir al jul rondhardloop en hulp. Die span van die mediese noodvliegtuig en hul dokter – baie dankie vir julle om die kind na Kimberley oor te plaas. ) Die kind is ongelukkig Dinsdag oggend oorlede. Kalahari Bulletin dra sy medelye aan die familie en vriende oor - Red.

Waar is die dae? BEKOMMERDE OUER, Kuruman: ONDERWYSERS is nie meer opvoeders nie. Waar is die dae toe onderwysers nog opvoeders was – toe kinders nog respek vir onderwysers wat dit verdien, gehad het? Waar is die dae toe Godvresende onderwysers ’n voorbeeld vir jong kinders kon wees? Vandag is my kind se

onderwyser ’n jong meisie van 24 wat glo ’n openlike verhouding met die skool se berader van 44 jaar het – ’n getroude berader. Ag nee wat, ek vra alle onderwysers om weer ’n voorbeeld te stel sodat ons kinders weer respek vir hul onderwysers kan hê. Mag mý kind nooit berading op skool benodig nie.

FROM the left are Floyd Turner (principal of Kuruman Primary), Linda Mc Loughlin (chairperson of the school’s board), Louis Venter (Kuruman Spar manager), Shirley Mabele (winner of the Trolley Dash competition) and Marinel Meyer (a teacher of Kuruman Primary). Photo: Supplied

Pick your groceries in a minute Ilse Watson RECENTLY the Kuruman Primary School, in co-operation with Spar Kuruman, launched a fund-raising event called Trolley Dash. Pupils

had to sell raffle tickets and one lucky winner could fill up his/her trolley within a minute’s time. The total value of the prize sponsored by Spar was R800. Shirley Mabele was the proud

winner - she managed to load groceries in her trolley to the value of R805,95. The school raised a huge amount of money and is very grateful to Spar for their generous sponsorship.

Kuruman-tuine wys hul kleure Ilse Watson OP Kuruman word elke jaar ’n opwindende kompetisie vir tuine gehou. Inwoners van die dorp kan dan in verskeie kategorieë deelneem. Vanjaar is die mooiste kleintuin-kategorie deur Beatrice Barnard vir die Heuwelsig-aftreeoord gewen.

Wilhelm en Ansie Kruger se pragtige tuin by Ixiastraat 17 het die kompetisie vir beste kleintuin gewen. Die pragtige, groot tuin van Karin Beukes by Kromstraat 5 is die wenner van die kompetisie vir groot tuine. Kurumaniete word aangemoedig om almal volgende jaar aan die kompetisie deel te neem.

’n MOOI hoekie van die wenner van die klein tuine­kompetisie – hierdie tuin behoort aan Wilhelm en Ansie Kruger. Foto’s: Ilse Watson

DIE pragtige tuin van Karin Beukes in Kromstraat 5.

IN die klein tuin van Beatrice Barnard is daar ’n lafenis vir voëltjies en ’n vrolike padda om alle besoekers geselskap te hou.

EEN hoekie van die klein tuin van Beatrice Barnard.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

19

ALGEMENE KENNISGEWINGS GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

The Rainman: Bennie. Besproeiing vir huise en besighede, nuwe installasies en opgradering. Rain Buster. Skakel 076 790 3944.

TE KOOP MERCEDES C180: 1997. Fullhouse, R29 500. 1997 Mercedes C230, fullhouse, R29 500. 072 472 8686.

SAKE

TROETELDIERE

PASSAT, 1983, in puik toestand. Net 95 000 km op klok. Skakel 083 772 2316.

1660

OPREGTE BULLTERRIËR-hondjies te koop. KUSA-geregistreer en ontwurm, ingeënt, met microchip. 2 pragtige reuntjies beskikbaar. 082 902 9664/081 043 1550.

TE KOOP 2405

BESIGHEID TE KOOP. Skakel 053 712 0115.

YORKIES TE KOOP: Klein tipe. Skakel 082 819 0767.

VAKANSIE & REIS

ALGEMENE & HUISDIENSTE

1810

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goed toegeruste koshuis van 9 Des. 2013 tot 2 Jan. 2014. Sentraal geleë. 021 887 1583.

1845

SKOONMAAKDIENSTE VOLWASSENES

VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

VOERTUIE

1-SLAAPKAMER-WOONSTEL te huur. Onmiddellik beskikbaar. Verkieslik manspersoon of kontrakteurs welkom. Skakel 073 331 2626.

TOEBEHORE & ONDERDELE & MODIFIKASIES 3001

ALLERLEI

PEUGEOT 1107, 2006, 1.6, Triptronic, lady owner, fullhouse, R59 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.

3075

2635

ELEKTRIES

3201

MOTORS, BAKKIES, lorries en karavane gesoek vir kontant. R20 000 tot R40 000. Skakel 071 967 0285 / WhatsApp.

AKKOMMODASIE

1805

TE KOOP

2011 CRUISER-KAPPIE, baie goeie toestand: R7 500. Skakel 079 563 9103 bedags en 072 877 7285 saans.

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR

GROOT 1-SLAAPKAMER-woonstel te huur. R5 000 per maand, water ingesluit. Koopkrag. Skakel 083 458 7305.

The future is diverse. The future is yours.

TE HUUR 3205

Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.

3010

ISUZU KB 250D: 1994. Tralies. R34 500. 1999 Nissan 1400, ekstras: R29 500. 072 472 8686.

PRIVAAT 2015

WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens. Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.

RANGER 2.5D, 2001, canopy, R45 000. Colt 2.5D, 1996, R37 500. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285. TOYOTA WTi 2.0, 2005: R110 000. 2001 Isuzu KB 250D, d/c, extras: R59 500. Phone: 072 472 8686.

MOTORS TE KOOP

HUISE TE KOOP 3275

HUIS TE KOOP: 4 slk, 2 badk, dubbel motorhuis, dubbelerf. Skakel 082 321 8142 of 084 484 4738.

BETREKKINGS

3025

CONQUEST 160i: 1995. R27 500. 1997 Camry 200i, R32 500. 1995 Corolla 1.6, R27 500. Phone 072 472 8686.

3600

BOUBEDRYF

CORSA 1.4, MAGS, lady owner, air-con, power-steering, R32 000. Phone 072 472 8686 or 071 967 0285.

LANDBOU

LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210

AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.

CRESSIDA 2.4: 1992. R28 500. 2001 Corolla 1.6. R45 500. 2001 Tazz 1.6i, R35 500. Phone 072 472 8686.

3635

GESOEK: ENIGE BOUWERK, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, dit is vir ons belangrik. Skakel John 082 968 8376 alle ure.

GOLF 1.3: 1996. Goeie toestand. Ideale studentemotor. Skakel 083 772 2316. MAZDA STING 1.6, R22 500. 1996 Sentra, R22 500. 1999 Uno 1.4, R21 500. Phone 072 472 8686.

BETREKKINGS GESOEK 3670

Application needed for data, copy/paste work in 2014. For info SMS name/address to 074 927 5124 or e-mail to d.jobbuzz05@gmail.com

ALGEMEEN 3680

APPLICANTS NEEDED for data, copy/paste, Word in 2014. For info SMS name and address to 074 804 6873 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape

H&H Coordinator (Ventilation) Ref: 763920

At Hotazel Manganese Mines, our HSE focus has shifted to simpler, better and faster. Therefore we seek a proactive and energetic individual whose main role will be to develop, implement and verify Health and Hygiene processes that will enable the core processes to operate risk-free and with zero harm. Your scope of work will range from conducting workplace inspections to identifying root causes within business processes and developing systemic solutions to eliminate reoccurrence. Although your key area of expertise will be in mining/engineering Health and Hygiene you will also be required to demonstrate competency in Safety and/or Environmental practices. You will also ensure conformance to HSE and other applicable legislation, OHSAS 18001 and ISO 14001 standards by implementing the required HSE systems at all levels through risk assessment exercises, performance verification audits and conducting management reviews. To apply, you will need 5 years’ underground mining experience, a Practical Certificate in Mine Environmental Control, Intermediate Certificate in Mine Environmental Control and a qualification in Radiation Protection. A certificate in Mine Environmental Control or studies towards this will be an advantage. You must be computer literate (with a strong systems background and intermediate skill in MS Office), plus expert knowledge and understanding of safety management systems and HSEC-related legislation. Sound leadership and interpersonal skills are important. You must also be medically fit to work underground or in an opencast mining environment and have a Code EB driver’s licence (Code 08).

Supervisor Production: Ore Preparation Plant (OPP) and Loadout Mamatwan Mine

Ref: 763868

JA DE KLERK LOGO In die boedel van wyle Jan Antonie de Klerk, getroud buite gemeenskap van goedere en wat woonagtig was te Cillierslaan, Kuruman, NoordKaap. Boedelnommer: 002870/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 29 NOVEMBER 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

We will depend on you to supervise the safe and efficient execution of processing activities at the ore preparation plant and Loadout Station. Functions will include the daily monitoring of targets, problem-solving support and subordinate supervision (ensuring the optimisation of the plant). You will also be tasked with water management (ie overseeing the pumping of water) and planning functions, and must ensure complete product quality control. We will call on you to oversee the crushing and screening operation in the metallurgical plant, maintain housekeeping standards and keep vibrating screen decks in top shape. Project management will be a further focus. With a Grade 12, 3-5 years’ experience in a supervisory position in a processing plant and SAP HR and PM knowledge, you could be our ideal candidate. An Ore Preparation Certificate and Ore Preparation Plant (OPP) experience will be advantageous. You must be in possession of a driver’s licence and be medically fit. Add a results focus, sound interpersonal skills and quality orientation and you could be joining us soon. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applications close 6 December 2013. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 104728


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013 BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

JC van Rooyen LOGO In die boedel van wyle Johannes Christoffel van Rooyen, getroud binne gemeenskap van goed met Maria Susanna van Rooyen en wat woonagtig was te Springbokstraat 2, Kuruman, NoordKaap. Boedelnommer: 816/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemoende boedel ter insae lĂŞ by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 29 November 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

G E K L A S S I F I S E E R D

VEILINGS

OPENBARE VEILINGS 4401

J.N. MARKETING Afslaers/Veilings: Ons koop en verkoop. Skakel Japie (Elvis): 073 140 0108.

K E N N I S G E W I N G S B E T R E K K I N G S


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

21


22

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

SASHA sê: “Ek laaik jou niks.” Maar klein Cleo sê: “Ag, man, kom ons speel.”

Foto: Elmarie Hoft

Net ’n ergernis . . . Anena Burger ELMARIE HOFT het op uitnodiging van die Kalahari Bulletin aan lesers om met ander lesers oor hul geliefde troeteldiere se maniere en grille te gesels vir ons die

volgende skattige foto gestuur. Hoft sê daar is ’n nuwe wollerige familielid met stekelrige naeltjies in die gesin. Sasha, die poedel, dink egter dié klein speldekussing is net ’n ergernis.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

23

Groot pret, pryse in hengelkompetisie

SO lyk ’n mooi, groot karp. Gerhard Brand spog ’n bietjie met sy vangs.

Foto’s: Verskaf

GROOT pryse is op die hengelkompetisie by Lake Grapa uitgedeel. Hier ontvang Stan Owen (middel) sy prys by Hein Henning (links) en Gordon van der Westhuizen (regs) van die Karp­Oran­ je­klub.

GERHARD BRAND het die senior prys gewen. Hier ontvang hy sy prys van Hein Henning en Gordon van der Westhuizen.

HEIN HENNING (links) oorhandig ’n prys aan Johan Blaauw (middel). Regs staan Gordon van der Westhuizen.

ALTA BLAAUW ontvang haar prys van Hein Henning (links) en Gordon van der Westhuizen (regs). Foto: Verskaf

DIÉ jaar se Lake Grappa-hengelkompetisie het vorige jare oortref met goeie deelname en mooi vis wat gevang is. Die teikenspesies was karp en baber met groot pryse vir die grootste karp en grootste baber op die spel. Die mans van Outdoorpages en Carp Seeker was teenwoordig. Hein Henning, die huidige karp-kampioen in die land, was ook teenwoordig. Henning het gou van die geleentheid gebruik gemaak en mede-hengelaars raad gegee en ’n paar tegnieke geleer om van hulle meer gesoute hengelaars te maak. Vroeg Vrydag teen 17:30 was die lyne al diep in die water. Alle dips en mutis is getoets, asook die gratis “toets”pakkies van Magic Baits wat geborg is deur Michael Cato, wat vir jare by klubs oor die land heen betrokke was, en sy span. Daar was vele inskrywings en die jongklomp het gewys hoe lekker dit is om te hengel. Vrydag omstreeks 20:00 is die eerste karp van 4,560 kg deur Pierre Henning geland. Pierre het gebruik gemaak van produkte wat deur Carp Seeker verskaf is. Later is nog ’n mooi karp van 7,892 kg deur Jandré van den Berg gevang. Sy geheim was die produkte geborg deur Magic Baits en hy het hul Vaaldam Floatie en FBI-degie gebruik. Daar is later besluit om eerder die lyne droog te maak en die keel nat te maak. Die bestuur van Lake

Grappa het ’n lekker dansparty aangebied. Saterdagoggend is die sessie voortgesit. Die beamptes van die Karp Oranje-klub moes behoorlik rondhardloop om al die vis geweeg te kry. Met al dié vis is daar besluit om ’n prys te gee vir die swaarste sak vis. Die senior prys het gegaan aan Gerhard Brand met ’n gewig van 7,564 kg en in die vroue-afdeling het Alta Blaauw met 5,440 kg gewen. Net vóórdat die laaste sirene die einde sou aankondig, het Gerhard Brand laat weet dat hy moontlik die wenkarp gevang het, maar moes toe maar vrede maak met die tweede plek met ’n karp van 6,469 kg. Diegene wat belangstel om Henning se DVD’s aan te skaf, kan met hom in verbinding tree by info@outdoorpages.co.za of besoek die webwerf www.outdoorpages.co.za. Henning is tans besig om sy nuwe liefdadigheidsprojekte in die Kalahari te begin. Geld word vir ouetehuise en kinderhuise ingesamel. Die doel van Henning se betrokkenheid by klein kompetisies in die platteland is om die sport te bevorder en te bemark. Ondernemings en die publiek word gevra om Henning te ondersteun en die instansies in hul gemeenskap so te ondersteun. Die Karp-Oranje-klub daag medehengelaars wat ’n liefde en passie vir hengel het, uit om Henning te ondersteun en ’n bydrae tot sy projek te maak. Bel Henning by 060-310-4814.


24

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 28 NOVEMBER 2013

DIE eerbewyse wat aan die wenners van van­ jaar se SuperSport Let’s Play­sportster van die jaar­kompetisie gegee is. Foto: Pieter Bruwer

VAN links is Tiaan Crafford (Kalahari Bulletin se 2013­SuperSport Let’s Play­sportster van die jaar), Ruan Bruwer (redakteur van Noordkaap), Juanré Viviers (Z PR) en Lynne Landman (Super­ Sport­mediakorrespondensie: Vrystaat en Noord­Kaap). Foto: Pieter Bruwer

DIE kragman Ricardo Roberto Fitzpatrick was die gasspreker. Foto: Pieter Bruwer

NK kroon sportsterre van jaar Anena Burger DIE gesogte SuperSport Let’s Play-sportster van die jaar-eerbewysgeleentheid vir koerante van die Noord-Kaap is op Vrydag 22 November in die Flamingo-casino in Kimberley gehou. Die gaste het tot van Prieska en Kakamas gekom om dié geleentheid by te woon. Drie benoemings is vir die drie koerantvennote van die SuperSport Let’s Playsportster van die jaar-kompetisie – Kalahari Bulletin, Noordkaap en Express Northern Cape, toegeken. Die gasspreker vir die dag was die kragman Ricardo Roberto Fitzpatrick wat al

talle eerbewyse vir sowel nie-gestremde as liggaamlik gestremde kragmanne gewen het. Fitzpatrick se boodskap was inspirerend. “ ’n Mens moet die talente wat aan jou gegee is ten volle benut. Onthou dat nie almal so ’n geleentheid kry nie. As jy ’n kans gegee word, gryp dit met albei hande aan,” het hy gesê. Meer as 40 deelnemers het die plegtigheid bygewoon. Die gesogte eerbewyse vir die Kalahari Bulletin is aan die volgende deelnemers toegeken: Tiaan Crafford (16) van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas is in die eerste plek en is die wenner van vanjaar se

kompetisie. Crafford se sportprestasies: ) Atletiek en presisieskoot. ) In 2013 verkry hy junior Protea-klere. ) Hy verteenwoordig Suid-Afrika in die junior Wêreldbekertoernooi in Suhl, Duitsland, waar hy sy persoonlike beste telling in die 10 m- Olimpiese Spelenommer geskiet het. ) In 2012 is hy die algeheel beste luggeweerskuts in Suid-Afrika in die 10 mOlimpiese Spele-nommer en 3P gekombineer in die akkuraatheidsafdeling. ) Hy neem deel aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe en die Suid-Afrikaanse kampioenskappe van die senior Skole-instansie Saara. ) Hy neem aan ’n klubkampioenskapbyeenkoms in Oldenburg, Duitsland, deel en behaal ’n vierde plek uit 32 skuts. ) Hy neem ook aan die junior Wêreldbekertoernooi in Suhl, Duitsland, deel. Crafford se leuse is: “Doen alles wat jy doen ten volle. Moet nooit moed opgee nie. Skiet is ’n baie nederige sport.” Die tweede plek in die kompetisie is deur Alice Maritz (14) verower. Maritz se prestasies wat aan haar die eer besorg het, is soos volg: ) Swem en netbal. ) Sy neem vir Swem Suid-Afrika aan die internasionale Cana deel.

) Neem van 25 tot 28 April deel aan die vlakdrie- en vlakvierkampioenskapsbyeenkoms in Zambië. ) Sy is die enigste lid van die Noord-Kaap wat gekies is vir die span en wen drie silwermedaljes in die aflos-afdelings. ) In die Suid-Afrikaanse vlaktweestreek in Kimberley vanjaar swem sy in tien eindstryde en wen agt medaljes waarvan drie goud, drie silwer en twee brons is. ) In die 4 + 1- interprovinsiale galabyeenkoms in Februarie op Newcastle vanjaar verbeter sy die 400 m-vryslagrekord en wen nege medaljes waarvan een goud, ses silwer en twee brons. Die derde plek is deur Marlé Hoft (15) van die Hoërskool Upington beklee. Hoft behaal die plek vir haar prestasies in: ) Perdry, hokkie en atletiek. ) In atletiek behaal sy eerste plekke in onderskeidelik die 400 m, 800 m, 1 500 m, 3 000 m, diskusgooi en gewigstoot. ) Sy haal die o.19A-Siyanda-streekspan. ) In perdry word Hoft in die Noord-Kaapspan ingesluit, word as die kaptein aangewys en behaal ’n eerste plek in die provinsie. ) Sy verower junior Protea-kleure. ) Word as topvyf kampioen van kampioene in die land aangewys. ) Op skoue behaal sy agt eerste plekke en drie tweede plekke.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.