Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
5 DESEMBER 2013
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Niks hulp is op pad ‘Ellende waar jy kyk’ Marelize Barnard TERWYL in die droogtegeteisterde Noord-Kaap “net ellende is waar jy kyk”, is daar geen rede om te glo ramphulp is op pad nie. Kosie van Zyl, Agri SA se raadgewer oor ramphulp, het gister dié slegte nuus vir Noord-Kaapse veeboere gehad. Daar is gehoop die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, sal dié provinsie voor die Desember-vakansie tot droogterampgebied verklaar. “Die regering bestaan uit ’n vrotsige spul mense. Hulle moet ontmasker word, omdat hulle so hopeloos is,” het Van Zyl gesê. Agri SA het die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) gevra om intussen beamptes in die veld te stuur om diere wat honger en dors is uit te wys. Mafu Davids, woordvoerder van die Noord-Kaapse premier, het gister navrae na die provinsie se departement van landbou verwys. “Hulle het aan die nasionale departement van samewerkende regering en tradisionele sake geskryf.” Volgens hom is die “haakplek” by “nasionaal”.
EN tóé val die reën. Daar het Maandag nog sowat 10 mm reën op Upington geval. Die reën is ’n welkome verligting vir die NoordKaap wat tans onder ’n geweldige droogte gebuk gaan. In die Kalahari op Askham was dit Sondag bewolk met stofstorms, maar nie ’n teken van reën nie. Boere en inwoners van die omgewing is bekommerd en hoop dat dit binnekort sal reën. Hier van links is Ronnie, Blackie, Ronel, Avy, James, Michael en Sarika Springbok van Raaswater voor hul huisie waar hulle die reën geniet. Foto: Anena Burger
“Ons kan sonder hulle niks doen nie.” Davids het ook gesê hy weet nie hoe die proses vorder nie. Hy “beskryf net” hoe die proses verloop om om ramphulp aansoek te doen. Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, het gesê hy “glo niks meer” wat die regering oor enige droogtehulp sê nie. “Hier het nog niks gerealiseer nie . . . boggerol.” Agri Noord-Kaap het nog geen kennis gekry dat die Noord-Kaap tot rampgebied verklaar is nie. “Van die kommersiële boere doen nie aansoek (om ramphulp) nie. ’n Mens kan nie om wind aansoek doen nie.” Van Rensburg het gesê valse verwagtings word by boere gewek. “Kyk wat het ná die verspoelings in die Langkloof gebeur. Hulp van R60 miljoen is belowe, maar niks het daarvan gekom nie. Al wat sal gebeur, is ons sal eindelik uit dié probleme gereën word,” het hy gesê. Patricia O’Neill-Coutts, DA-lid van die Noord-Kaapse wetgewer, het gesê: “Al die ander politici by die wetgewer is al terug na hul kiesafdelings – daar gaan niks meer by die wetgewer aan nie.”
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Ou hand bestuur nou hospitaal Anena Burger DIE Mediclinic Upington het ’n nuwe bestuurder. Sentle Moroeroe, gebore en getoë aan die oewer van die Oranjerivier, se droom in verpleging is ná nege jaar verwesenlik met haar terugkeer na haar tuisdorp, Upington. Sy het haar loopbaan in verpleging aan dié hospitaal begin en nou, danksy haar nuwe pos as die hospitaalbestuurder van die Mediclinic Upington, kan sy weer haar voete in die rooi Kalaharisand kom wegsink.“Ek wil ’n positiewe bydrae tot my gemeenskap maak en ’n verskil in die lewe van die mense maak wat my karakter gehelp bou het,” sê Moroeroe. “Ek is lief vir die mense van Upington, hul vriendelikheid en hartlike geaardheid. “Ek is mal oor die rivier en die plaas waarop my ouers woon,” voeg sy by. Haar verbintenis met die gemeenskap loop diep. Haar pa, Johannes, is ’n predikant is in die NG kerk op die dorp en haar ma, Maria, is die suster in bevel aan ’n plaaslike gemeenskapskliniek. Sy het aan die Senior Sekondêre Skool Carlton van Heerden, waar sy hoofmeisie was, gematrikuleer. Upington is ’n klein dorpie en die hospitaal is ’n reddingsboei vir sy inwoners. “Daar is ’n gevoel van eienaarskap wanneer mense na die hospitaal as ‘ons hospitaal’ verwys,” sê Moroeroe. Sy het ’n duidelike visie oor hoe sy haar verpligtinge aan die stuur van die Mediclinic Upington beskou. “My doelwitte is om veilige gehaltesorg aan pasiënte te bied en
Ouers in hof Anena Burger
SENTLE MOROEROE, die Mediclinic Upington se nuwe bestuurder. om te verseker die pasiënte ontvang die gehaltesorg wat hulle verdien. Ek wil ’n warm werkomgewing vir my personeel skep en tevrede dokters te hê. “Ek wil ook graag beter samewerking tussen die hospitaal en staatsgeriewe in die gebied teweegbring,” sê sy. Moroeroe het ’n lywige rekord aan die Mediclinic-groep. Ná die voltooiing van haar BCur-kwalifikasie (verpleegkunde) aan die
destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) in Johannesburg het sy as professionele verpleegkundige in 2004 in die Mediclinic Upington se kritiese sorgeenheid begin werk. Daarna is sy na Johannesburg waar sy in intensiewe verpleging aan die Mediclinic Sandton en die Mediclinic Morningside gespesialiseer het. Sy was weer twee jaar terug by die Mediclinic Upington voordat sy weer na Johannesburg verhuis
Foto: Verskaf
het om verdere ervaring aan Wits se Donald Gordon- Mediese Sentrum in die orgaanoorplantingeenheid op te doen. Kort daarna is sy as die hospitaal se kliniese risikobestuurder aangestel. In 2010 het sy na die Mediclinic Bloemfontein as kliniese risikobestuurder geskuif. Agt maande later is sy as die hospitaal se adjunkverpleegbestuurder aangestel. Maar nou is sy weer terug by haar wortels op Upington.
DIE gemeenskap van Keimoes is geskok en verslae nadat ’n vierjarige kleuter vermoedelik deur haar ma en stiefpa aangerand is en later aan haar beserings beswyk het. Die ouers van die meisie het Dinsdag in die hof op Keimoes op ’n aanklag van moord verskyn en om borgtog aansoek gedoen. Volgens kapt. Joan Adams, bevelvoerder vir die speurtak hier, is die 34-jarige stiefpa en 28-jarige ma van die dogtertjie, wat in aanhouding vir die beweerde moord van die meisie is, in hegtenis geneem nadat die uitslae van ’n lykskouing bevestig het die kind is weens beserings ná ’n aanranding oorlede. Die polisie is op 15 November deur lede van die kind se gesin ontbied toe haar lewelose liggaam in hul huis gevind is. Sy is vermoedelik reeds ’n week voor haar dood aangerand. Adams sê die uitslae van die ondersoek toon die kind is met ’n stomp voorwerp aangeval. Sy is sowat ’n week ná die aanval moontlik in haar slaap aan hewige kopbeserings dood. Die ouers sal vandag ’n aansoek om borgtog indien. Ao. William Mouwers is die ondersoekbeampte in die saak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
3
Rasa ken Kalahari-duine goed Anena Burger DIE Kalahari is nie enigeen se maat nie, en nog minder is dié harde wêreld enige vrou se droomtuiste. Jy moet hare op jou tande en murg in jou pype hê om hier aan te pas en te oorleef. Dit is ’n alleen- en genadelose plek dié waar jy jouself óf gaan vind, óf nie die paal gaan haal nie. Dit is in alle opsigte – nadat die woestyn “deur aircons en 4x4-bakkies mak gemaak is”, soos ’n inwoner sê – ’n landskap waar die kuns van oorlewing steeds elke dag die septer swaai. Maar midde-in die bloedrooi duine waar die droogte nou kwaai knel en die storms net van stof en weinig water aanmekaargeslaan is, woon die legendariese prof. Anne Rasa. Dié Britse etoloog, wat eens die wetenskaplike wêreld in vervoering gehad het met haar navorsing oor dwergmuishonde (helogale parvula), is meer tuis hier as in Wallis van waar sy kom. Dit is om haar te gaan ontmoet dat ek die oggend douvoordag uit my kooi gespring en die lang pad na die diepte van die Kalahari aangepak het. Sowat 30 km voor Askham begin die tekens van die verskriklike droogte wat die Noord-Kaap nou teister, kop uitsteek. Stoppelland so ver soos die oog kan sien. Net hier en daar nog ’n polletjie Boesmangras wat nog nie na nerwe gevreet is nie. By Andriesvale draai ek regs by die groot, groen aanwysingsbord na die Kgalagadi-oorgrenspark en stop eers vir koffie by die Molopo-lodge. Dit is nie ’n nuwigheid nie, maar eerder ’n lekkerte en ook om darem net my oë oop te kry, want die R360 het soggens sy eie “spitsverkeer”. Dit kos briek-briek ry en fyn kyk, want boerbokke laat hulle nie deur hakiesdraadheinings vermaak nie en loop swaaistert die pad vol. Telkens moet ook vir ’n duisendpoot of ’n muishond gekoes word. Die groot, wit hekke van die private natuurreservaat Kalahari Trails, wat Rasa sowat 15 jaar gelede ná haar aftrede begin het, keer die vee uit. Sy kom groet hartlik en haar ligblou oë pas by die oggendlug. Op die groot stoep onder die veranda raak ons tuis en aan die gesels. ’n Meerkat kom waggelend en stertjie punt in die wind oor die werf aangehardloop. “Kurr-kurr, kurr-kurr,” groet sy en stop om eers weer haar asem terug te kry. Maar dit is nie sommer enige meerkat dié nie. Dié meerkat is nes Rasa, haar aanneem-ma, oor die wêreld heen bekend. Andre Labuschaigne, Rasa se regterhand en veldgids, tel die ronde bondeltjie op en plak haar sonder skroom op my skoot neer. Die dingetjie raak dadelik tuis en wikkel haar snoetjie in die knak van my arm. Haar naam is Kirri en sy het ’n allemintige pens, want sy is hoog dragtig.
Anne Rasa is in 1940 in Wallis gebore. Sy vertel hoe sy reeds as kind ’n plaas se diere aangehou het en watter konsternasie dit was om van hulle almal ontslae te raak toe sy ná skool gaan studeer het. “My pa het my nie toegelaat om ’n perd te hê nie, maar daar was ’n perd op die dorp waarop ek grootgeword het wat niemand kon ry nie,” vertel sy. “Ek moes omtrent 14 jaar oud gewees het toe ek een middag weer verby hom loop en besluit ek móét hom ry.
skikbaar nie en Rasa het toe met haar studie oor aggressie in groepdiere begin. “Dit het 27 jaar geduur om hulle te bestudeer.” Haar navorsing het haar na Afrika gelei en eindelik na die Kalahari. Hier het die fyn oplettende Rasa met die meesterspoorsnyer, Vetpiet Kleinmann, bevriend geraak. Sy praat passievol oor Vetpiet en hul vriendskap. Hulle het gereeld soggens gaan stap en die Kalahari se duinekoerant gaan lees. Hy was haar mentor wanneer dit
SO dut ’n dragtige meerkat mos alte lekker op ’n stoep in die koelte. “Hy het my natuurlik afgegooi, maar ek was dadelik weer regop en gereed,” sê sy met ’n glimlag. Ná daardie dag is Rasa toegelaat om die perd te ry – sy was immers die enigste een wat dit kon doen. Sy kyk skielik op na die swaels wat bo ons noord in die rigting van die reënwolke vlieg. “Hulle doen die vreemdste dinge die laaste tyd. Pleks van suid vlieg hulle noordwaarts, maar dit is agter die reën en die koeler lug aan. Hulle is veronderstel om suid te vlieg.” In 1961 sy ’n BSc-graad (Hons) aan die Royal College of Science behaal en ’n Navo-studiebeurs ontvang om ondersoek na aggressie in visspesies in te stel. ’n Lang lys kwalifikasies het hierna gevolg waaronder haar doktorsgraad aan die Universiteit van Londen met ’n Max Planck-studiebeurs vir navorsing oor die aggressie van die koraalrif-vis onder haar mentor, die etoloog Konrad Lorenz. Sy het onder meer in die tyd ook in Hawaii en Duitsland gewerk en aan die Universiteit van Pretoria klas gegee. “In die jare sewentig was dit ’n nuwe navorsingsrigting om aggressie in diere te ondersoek. “Dit was suiwer goeie toeval dat ek van ’n mariene agtergrond verander het na die navorsing wat ek vandag doen,” sê sy. In daardie stadium was daar geen inligting oor dwergmuishonde be-
by spoorsny kom en Rasa die Westerse aanvulling tot die Boesman-kennis van die natuur. Rasa verduidelik die Boesmans het die kennis, maar nie noodwendig die woordeskat om uit te wei oor wat hulle wil verduidelik nie. “Vetpiet sou vir my vra: ‘Sê vir my, Proffie, wat was gisteraand hier?’ “Dan sou ek hom na die beste van my vermoë antwoord,” vertel sy laggend. “Proffie, jy moet mooi kyk,” sou Vetpiet antwoord en dan sou sy weet sy het iewers gefouteer. “My Boesman-tydgenote is nou almal heen,” sê sy met ’n effense heimwee in haar stem. Ons staan in die namiddagskadu wat die donker donderwolke oor die dorre aarde gooi. Kirri skrop in die sand op soek na lekkernye. Die professor, hande in haar sy, loer na haar. “A, hier kom Greedy,” sê sy en wys na ’n geelmuishondjie wat kom naand sê. Die diere kom en gaan hier soos hulle wil. Hulle is nie huisdiere nie, dit is net hul huis hier. “Jy weet, ek was nog altyd ’n onderwyser en dit is wat ek hier probeer doen,” sê sy en vee die hare uit haar gesig wat die wind deurmekaar waai. “Hier is soveel meer aan die Kalahari as net die leeus.” Rasa se kennis oor die goggas en in-
sekte van die Kalahari is net so verstommend en dit is veral die geheime wat sy graag wil deel met toeriste en enigeen wat wil leer. Toeriste van oorsee en gaste van Suid-Afrika is ná ’n staptog deur die veld telkens verras en opgewonde. “Daar is sulke geweldige skatte in die Kalahari om te ontdek.” Rasa se kennis is nimmereindigend en soos dit ’n meesterspoorsnyer betaam, is daar nie ’n roering wat haar blik ontgaan nie. Vandag help sy selfs om die jonger geslag Boesmans weer die kuns van spoorsny te leer. Terug op die stoep lê Kirri steunend en kreunend op haar rug. Dit is warm en ek simpatiseer met haar. Dan is sy terug op haar pens. Op die sosiale netwerk Facebook volg belangstellendes wêreldwyd Kirri se vordering. Hulle wil daagliks weet of haar kroos al hul opwagting gemaak het. Dat haar tyd naby is, is geen geheim nie. “Sy het van die gate op die werf al goed skoongemaak. “Wanneer die kleintjies kom, sal sy by een van die gate ingaan en ongeveer ’n maand weg wees voordat ons haar of die kleintjies sal sien.” Hoewel die meerkat haar eie gang gaan, is die band tussen Kirri en Rasa duidelik sigbaar. Ons gesels oor die meerkat en mense wat die diere as troeteldiere aanhou. Rasa waarsku ernstig daarteen en sê mense moet besef die diere moet letterlik 24 uur aandag kry. Omdat hulle familiediere is, kan hulle byvoorbeeld nie alleen by die huis gelaat word nie. “Dit is wanneer hulle begin byt en ook kinders aanval. Hulle voel verwerp en val kinders aan, omdat hulle as die swakkelinge in die groep beskou word. “Net soos in die natuur word die swakkeres uitgewerk om die oorlewing van die sterker lede van ’n familie te verseker. “’Mense moet ook besef jy moet ’n permit hê om die diere aan te hou.” Sal sy ooit die Kalahari verlaat, vra ek voordat ek vertrek en ’n soen op die meerkat se pienk snoet plant. “Nooit nie. Ek sal nooit hier weg nie,” sê sy en haar blou oë flits.
PROF. ANNE RASA en haar Kirri kat. Foto’s: Anena Burger 27 November to 2 Desember: Die gewag begin. Kirri het verdwyn. Almal wag nou op hete kole om enige nuus van haar en haar kroos te hoor. Almal kou naels, want die meerkatjie het die hasepad gekies na ’n vreemde deel van die reservaat waar prof. Rasa haar nie teen ander diere kan beskerm nie. “Ons is doodbekommerd, maar ons kan maar net wag en sien wat gebeur,” sê Rasa. “Ons hou kos in die yskas gereed vir wanneer sy kom. Sy sal uitgehonger en geniepsig wees en ons dan moontlik byt,” sê sy. Hou die Kalahari Bulletin se Facebook-blad dop vir daaglikse brokkies oor Kirri en haar kroos. Vir nog foto’s besoek www.kalaharibulletin.co.za.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Gekonkel met poste stel teleur AFRIFORUM oorweeg regstappe teen die munisipale raad van die //Khara Hais-munisipaliteit ná beweerde ongerymdhede met die aanstelling van ’n nuwe munisipale bestuurder. Kenith Khumalo, die bestuurder vir die samewerkende regering van die Noord-Kaap op Upington, het ’n brief aan die speaker van dié munisipale raad, Thomas Basson, gestuur waarin hy ’n gekonkel met dié aanstellingsproses beweer. “Ná oorweging van die bogenoemde het ek besluit om u in kennis te stel dat ek nie ’n situasie kan toelaat of deel kan wees van ’n aanstellingsproses wat die doelbewuste misleiding van die LUR, wat my werkgewer is, behels nie. Nóg minder kan ek dit toelaat dat die munisipaliteit in ’n situasie beland waar hulle in ’n litigasieproses betrokke kan raak as ek kan help om dit te keer,” het Khumalo in sy brief gesê. Khumalo se optrede kom nadat die LUR vir samewerkende regering, Alvin Botes, op 10 Oktober na bewering valslik in kennis gestel is dat daar nie genoeg plaaslike kandidate beskikbaar was vir die pos nie en daar weer vir die pos geadverteer moes word. Luidens ’n verklaring deur AfriForum was Willem Engelbrecht (die waarnemende munisipale bestuurder), Gilbert Lategaan, Elias Ntoba en Mervin October as kandidate beskikbaar, maar het hulle hul aansoeke op verdagte wyse teruggetrek. AfriForum sê die geheimsinnige te-
rugtrekking het vrae laat ontstaan of daar druk van die ANC se streekstrukture was om Deshi Ngxanga, munisipale bestuurder van die distriksmunisipaliteit, te bevoordeel in sy aansoek om die pos. Ngxanga is glo omstrede omdat hy albei poste, as munisipale bestuurder en as streeksekretaris van die ANC, terselfdertyd beklee het. Volgens AfriForum bevraagteken Khumalo ook Ngxanga se kwalifikasies, wat hy glo nie kon voorlê nie. Gamiem Abrahams, woordvoerder vir die LUR, het gister gesê die LUR is nie formeel oor die aanstelling van die munisipale bestuurder ingelig nie. “Die Wet op Munisipale Stelsels bepaal dat die raad die LUR binne 14 dae ná die aanstelling moet inlig. “Dit is dus nie heeltemal waar dat die LUR mislei is of foutiewe inligting gegee is nie, aangesien geen inligting nog ontvang is nie,” sê Abrahams. “Die res van die kwessies is bloot bespiegeling en ongegrond en ons kan daarom nie daarop reageer nie. “Die LUR sal by ontvangs van ’n formele kennisgewing die proses van die aanstelling evalueer en kyk of daar aan al die wetlike vereistes en voorskrifte voldoen is,” het Abrahams gister gesê. AfriForum sê ’n tersydestellingsaansoek sal oorweeg word indien bevind word dat daar bevoordeling van kandidate plaasgevind het en kandidate doelbewus politiek versoek is om aansoeke te onttrek.
Respekteer alle mense Ds. André de Villiers ONS kom elke dag met so baie mense in aanraking, byvoorbeeld ons gesinslede, dalk ’n huishulp of tuinwerker wat by ons werk, ons mede-personeellede by die werk, ons kliënte wat by ons sake doen. Ons gaan ná werk na die winkel en ry en stap verby honderde ander mense. Volgens die woordeboek beteken respek ’n “gevoel van diepe bewondering vir iemand of iets wat opgewek word deur die ander mens of subjek se vermoëns, eienskappe of prestasies”. As werkwoord beteken dit “die inagneming van die gevoelens, wense of regte van ander mense”. Die vraag is: Hoe wys ons dat ons ander respekteer? Kom ons kyk eerstens na wat ons wel doen in plaas van wat ons veronderstel is om te doen. ) Baie van ons sukkel om in ons huise respek aan mekaar te betoon. Ons aanvaar baie dinge as vanselfsprekend en wys nie dankbaarheid nie. Ons aanvaar ons gesinslede moet ons ondersteun, maar ons is nie altyd daar vir hulle nie. Hoeveel van ons ouers wys ons belangstelling in ons kinders deur saam met hulle tyd te bestee, deur aktiwiteite en geleenthede by te woon wat vir hulle belangrik is? Baiekeer kritiseer ons ons kinders (en jong mense in die algemeen) en wys ons nie “bewondering” vir wie hulle as mense is nie. ) Ons aanvaar sommer dat ons huishulp en tuinwerker, en alle werknemers in ons werkplekke, maar net daar moet wees en doen wat hulle moet doen. Hulle word immers daarvoor betaal. Maar sien hulle en hoor hulle die waardering (“bewondering”) wat ons vir hulle het, vir hulle as mense, vir hul eienskappe en hul prestasies dag ná dag? ) Hoeveel keer staan ons in rye
en vervies ons ons oor ander mense wat ongeskik by die rye indruk of vir mense wat op die paaie ry asof die pad net vir hulle gemaak is? ) Hoeveel keer vervies ons ons vir politici en ander leiers wat hul poste misbruik en nie diegene wat vir hulle gestem het, in ag neem nie? Bogenoemde situasies gebeur elke dag en elke dag faal ons die toets. Elke dag vind ons dat ons nie ander mense vir hul menswees en hul vermoëns “bewonder” nie. Die resultaat is ons stel self nie meer ’n voorbeeld van wat ons wil hê ander mense moet doen nie. Ons begin self by rye indruk, ons begin self die reëls strek om ons te pas. Hoe moet ons dan maak? Die Bybel gee goeie raad: ) Julle moet alle mense respekteer en jul medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. (1 Pet. 2:17) ) Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. (Ef. 5:21) Van Christene word gevra om alle mense te respekteer ongeag wat hulle aan jou doen. Selfs die keiser moet geëer word, iets wat baie moeilik was in die tyd toe die Bybel geskryf is. Paulus (Ef. 5) skryf Christus se voorbeeld moet ons lei sodat ons aan ander mense onderdanig sal wees. Ons leer respek by Hom en bewys dit dan aan ander: aan die mense vir wie ons lief is en aan hulle met wie ons skaars wil omgaan. Respekteer alle mense en wys só dat jy mense as God se skepsels “bewonder”, ongeag wie hulle is en hoe hulle optree.
DIE mooiste wolke, sonsondergang en ’n rustige kameeldoringboom kondig die aand aan. Lesers word genooi om hul foto’s van die Kalahari vir Kalahari Bulletin te stuur. Kontak die redakteur by ilse.watson@volksblad.com. Foto: Ilse Watson
Thank you for local support JOHN and Wilma Nel, Kathu:
Dankie vir groot skenking AFRIFORUM KURUMAN: ONS hartlike dank vir die groot skenking van die Trustees van die Kuruman-brandfonds aan die gemeenskap van Kuruman. Die skenking gaan vir die installering, montering en instandhouding van ’n groot aantal kameras gebruik word. Volgens die ooreenkoms sal AfriForum Kuruman in ’n toesighoudende hoedanigheid optree nadat Roossekuriteit die kameras aangebring het. AfriForum Kuruman is ook aangewys om die werking van die kameras te monitor.
16/33
16/30
15/29
NNW-10 NNW-10 NNW-10
PONTINS hosted a golf day at the Kalahari Country Club in aid of Joost van der Westhuizen’s J9 Foundation. The J9 Foundation was formed by the rugby legend Joost van der Westhuizen in aid of those suffering from the same form of the fatal illness he was diagnosed with early in 2011, motor neuron disease. A sports memorabilia auction was also held and items donated by world-renown sports personalities were auctioned off. Pontins and the J9 Foundation would like to thank the following persons and institutions for their sponsorship and assistance: Ernie Els; Gary Player, Francois Pienaar, Charl Schwartzel, Louis Oosthuizen; Hawies Fourie (Free State Rugby); Nicolene Potgieter (International Sports Management
17/34
17/31
16/30
NNW-10
NNW-10
NNW-10
Ltd); Duncan Woods (Els Group); Rhona Langan (Advent Sport Entertainment & Media); Beatrix Geen (Gary Player Foundation); Toshiba NC (Grahame & Barbara Rathbone); Postnet Kathu (Christel de Lange); Deo Gloria Lofts (Dirk Venter & FC Smit); Prisma (Jacques & Braam); Orange River Cellars (Jorine van Niekerk); Kalahari Bulletin; Magersfontein Memorial Golf Estate (Schalk Botha); OFM (Gary Stroebel); Panarotti’s (Odie Strydom), ’Fit-It (Leeroy Stanton; Talisman (Jaco Calitz); Midas Kathu; Spar (Rudi Botma); Verimark Kathu Village Mall; Chigo Airconditioning (Nico van der Westhuizen); Ernst van der Merwe; Komma-Weer-slaghuis; IPS (Mark Philip); Lizanne and John Shone. Although there is money still outstanding, we made R21 635,60 for the foundation. We really appreciate the support.
20/37 N10
19/33
18/34
NNW-10 NW-6
Tee help vir enige probleem Ilse Watson HIERDIE naweek was dit asof die ark oral oop was. Nie net is daar die afgelope Saterdag by ons kantore ingebreek nie, die booswigte was sommer oral op die dorp lekker besig. ’n Restaurant se kluis is opgeblaas en ’n motorhandelaar het ook deurgeloop. Dis ’n deurmekaar vrugteslaaimengsel van polisie, sekuriteitsmaatskappye en mense wat kort-kort bel met hul stories en hul nuus en hul probleme. Dit was eintlik die plan om ’n rustige naweek te geniet. En ’n wit koek te bak. Dit was ook die plan om sommer net sleg te wees en ’n paar flieks op televisie te kyk. Toe werk dit nou nie uit soos beplan nie. En so tussendeur alles gaan ’n mens suutjies dood van die hitte. Die afgelope naweek was dit ondraaglik warm en die humiditeit het jou maak voel jy kan heeldag
onder ’n koel stort staan. Maandag breek aan en ons weet die koerant moet klaar. Daar word ’n ander skootrekenaar uitgepluk sodat ons advertensie-konsultant sy werk kan doen. Maar so kom ons vinnig agter dinge werk nie by ons kantoor soos dit moet nie – almal se rekenaars is stadig. Soos ek hier tik, is ek al drie sinne vooruit voordat dit eers op die skerm verskyn. Het hulle aan ons telefoonlyne ook gekarring? Die polisie maak weer ’n draai by die kantoor – nog papiere om te teken. Die sekuriteitsmaatskappy kyk wat hulle kan doen aan ons alarmstelsel se afgeknipte drade. Hul bel kort-kort en gil “die alarm se battery is besig om pap te
word”. Asof ek nou die drade geknip het. Buite my kantoorvenster klink dit soos ’n kat wat kerm – dit boor en saag om ’n nuwe deur te installeer. As iemand bel, moet ek my foon vat en in die kombuis gaan praat. Dis allesbehalwe stil en om te kan skryf benodig ek stilte. Hier en daar raak ek so gefrustreerd dat ek maar liewer gaan tee maak – tee help mos vir alles. Maar hier in die Kalahari en by ons deurmekaar kantoor het ons darem ook goeie dinge beleef vandag – dit reën nog die hele dag. Dis heerlik koel – ek begin al dink ek moet ’n truitjie gaan soek. Ons telekonsultant is ook as die wenner in haar kategorie aangewys. Ons is almal opgewonde en bly vir haar part. Nou ja, terwyl die stadige telefoonlyne probeer om in te haal by my spoed van tik, sal ek gaan tee soek. Want tee help vir alles.
5 WW10868/E
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
REFUEL WiTH 24 HOUR wOOLiES QUaLiTY & YOU COULd
win an ipad dEtaiLS in StORE
nOw OPEn To celebrate the Woolworths Foodstop opening at the Engen Upington Convenience Centre, we’re giving away 2 ipads 32GB (4th Gen) Black. You can enter every time you buy Woolies products to the value of R60 or more at the Woolworths Foodstop at Engen Upington Convenience Centre from 5 december 2013 until 31 January 2014. More details in store. Terms and conditions apply. Engen Upington Convenience Centre, cnr Swartmodder & Le Roux streets, Upington
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Besoek gerus die Kalahari Bulletin se webwerf by www.kalaharibulletin.co.za.
‘Bulletin’ trots op Rassie se prestasie Ilse Watson DIE personeellede van die Kalahari Bulletin is geweldig trots op hul kollega Rassie van Niekerk. Sy is die afgelope Saterdag as die Volksblad-Groep se telekonsultant van die jaar aangewys. Sy het haar doelwit van April tot Oktober met 9,57% oorskry. Sy hanteer die geklassifiseerde afdeling van die Kalahari Bulletin baie goed en die afdeling word met elke uitgawe groter. Sy dra 36,05% van die tak se doelwit en handhaaf dit baie goed. Sy is ’n steunpilaar en almal volg haar voorbeeld. Sy word deur almal gerespekteer en leef die waardes van Media24 uit. Baie geluk, Rassie.
RASSIE VAN NIEKERK van die Kalahari Bulletin se Kurumankantoor. Foto: Ilse Watson
PROMOSIE
OVK open konsepwinkels Ilse Watson OVERLAND CASH AND CARRY (OVK) op Kuruman het op 29 November sy eerste konsepwinkel in samewerking met Tom Knoesen oopgemaak. Dié winkel is die eerste van sowat 50 konsepwinkels wat in 2014 oor Suid-Afrika heen geopen sal word. Dit is deel van die OVK se bemarkingstrategie om ’n gehalteproduk by die endverbruiker te kry en daarom het hy sy belanghebbendes in die mark genader om
’n konsepwinkel en depot met volledige verspreidingsnetwerk te vestig. Die winkel Power Superstore sal OVK-produkte aan inwoners van Kuruman, Kathu, Postmasburg en ook gebiede rondom Vryburg verskaf. Produkte sluit supermieliemeel, koekmeelblom, wit- en bruinbroodmeel, stampmielies en suikerbone in. Hy verskaf ook ’n wye reeks kos vir troeteldiere, duifvlieg- en broeimengsels en ’n verskeidenheid pluimveemengsels in.
DIE kantore van Power Superstore in Kuruman.
Foto: Verskaf
HMO vereer presteerders Liezl du Plessis DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas het sy jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid aangebied. Erkenning is aan die skool se leerlinge vir uitsonderlike prestasies gegee. Die HMO het weer vanjaar gewys wat in die klein skooltjie steek. Op sportgebied het die skool uitstekend gepresteer. Twee leerlinge is in die Noord-Kaap- atletiekspan ingesluit. Vyf rugby- en vyf netbalspelers het provinsiale spanne gehaal. Drie tennis- en drie hokkiespelers het ook hul provinsie op nasionale toernooie verteenwoordig. Op kultuurgebied staan die skool ook nie terug nie. Vier van die skool se redenaars het aan die halfeindronde van die nasionale ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem. Aan die toneelfront het twee van die skool se toneelstukke onderskeidelik eerste en derde in die Vrystaatstreek in die nasionale ATKV-tie-
nertoneelkompetisie geëindig. Drie van die skool se leerlinge het aan die eindronde van die kykNET- nasionale toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge deelgeneem. Die skool se toneelgroep het onder die tien topskole se toneelgroepe in die land geëindig. Op nasionale vlak het drie leerlinge nasionale kleure verwerf. Twee akteurs het onderskeidelik ’n beurs in ’n nasionale kompetisie gewen en die ander is as een van die drie toptienerakteurs in die land aangewys. Op akademiese gebied spog die skool met puik senior sertifikaat-uitslae in 2012 waaronder die nommerses-kandidaat op die provinsiale ranglys en die beste leerling in Afrikaans huistaal. Die Noord-Kaap-wenner van die Verbruikerstudie-olimpiade in ook van die Hoërskool Martin Oosthuizen-stal. Die skool se flash mob het nasionaal opslae gemaak en wye nuusdekking op onder meer RSG ontvang.
CHARL KOORTZEN het die Johannes Loub sertrofee vir die beste akteur verower. Charl het vanjaar aan die eindronde van die kykNET nasionale toneelspelkompetisie vir hoërskool leerlinge deelgeneem en het sy skool ook in die eindronde van die ATKV nasionale tiener toneelspelkompetisie op Aardklop verteen woordig waar hy onder die drie topskoleak teurs in die land was. Foto’s: Verskaf JACO KOTZE het die Adriaan Keettrofee vir die beste leerling in veehantering ont vang. Lismari Han sen het die Landbou skrywerswisselbe ker vir die beste leerling in landbou wetenskap in gr. 12 ontvang en ook die Wyne van Rooyen trofee vir die beste leerling in landbou tegnologie in gr. 12. Die SAKTVwissel trofee vir die beste leerling in landbou bestuur in gr. 12 is aan Faan Lerm toe geken. Lismari Han sen is ook die land boustudent van die jaar en het die San tam Agritrofee vir die beste landboustu dent in gr. 12 ont vang. DIE Piet Nelwissel trofee vir die beste gr. 11leerling in land boubestuur en die Kakamas Fit Itwis seltrofee vir die beste gr. 11leerling in land boutegnologie is deur AC Joubert gewen.
KARIEN JANSE VAN VUUREN is die Hoër skool Martin Oosthuizen se duxleerling. Karien is as die veelsydigste matrikulant aangewys. Sy het die trofee vir die netbalspeler van die jaar en die kultuur (breë spektrum) trofee gewen. Karien was die voorsitter van die senior raad en is einde 2012 genooi om deel van Die Burger se jeugleierkongres te wees. Sy is gekeur om in 2014 medies aan die Universiteit van die Vry staat te studeer.
JP MARAIS het die Marchandboerever eniging se wisseltro fee vir die beste gr. 10leerling in landboutegnologie en landboubestuur huis toe geneem.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Klere welkome geskenk Jo-Mari Botes
OP 29 November het die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe, as deel van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, kartondose vol klere aan die Bopanang-sentrum oorhandig. Dié sentrum is ’n tydelike veilige hawe waar kinders en vroue ingeneem word nadat hulle van hul huise verwyder is wanneer gesinsgeweld voorgekom het. Hulle word ook hier ingeneem indien die moontlikheid bestaan dat hul lewe in gevaar is. Vroue en kinders bly dan hier en ontvang
berading totdat beter huise vir hulle gevind is. Hoewel die Bopanang-sentrum deur die departement van maatskaplike dienste onderhou word, bestaan ’n behoefte aan klere steeds hier. Die sentrum kry ’n maandelikse begroting vir toiletware. Wanneer slagoffers ingeneem word, kan hulle bad, maar het soms nie skoon klere om aan te trek nie. Kapt. Susan van Heerden sê sy en die ander lede van die GKS-eenheid het ’n behoefte gehad om klere aan die sentrum te skenk. Klere vir mense van alle ouderdomme is oorhandig.
KAPT. SUSAN VAN HEERDEN van die eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksue le misdrywe saam met haar span. Langs haar staan van links, voor: Nthabiseng Nyane, konst. Abraham Coku en sers. Klaas Fiks; agter: sers. Cornelia Prins, ao. Marius Struwig en konst. Lucky Malepe. Foto’s: Jo-Mari Botes
HIER is van links sers. Cornelia Prins, Nthabiseng Nyane van die Bopanangsentrum en kapt. Susan van Heerden met die geskenkte klere.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
DIE gelukkige spannetjie neefs en niggies – of sal ’n mens sê die Beckers x 5 – van die Hoërskool Duineveld sit al bykans hul hele skoolloopbaan saam op die skoolbanke. Vanjaar het hulle saam klaar matriek geskryf en kou nou ook saam naels totdat hul uitslae kom. Hulle is van links, voor: Deona Becker (dogter van Tot en Yvonne Becker) en Anja Becker (dogter van Gert en Marianna Becker); agter: Michael Becker (seun van Jan en Christine Becker), SJ Becker (seun van John en Elize Becker) en Amourie Becker (seun van Jan en Gerda Becker). Foto: Anena Burger
DIE semifinaliste in die Mej. Veltielandkompetisie van die Hoërskool Duineveld is bekend ge maak. Die tien finaliste word in Januarie gekies. Hier is die semifinaliste van links, voor: Patricia Edwards, Monica van Staden en Derise Grobbelaar; tweede ry: Natasha Wrigley, Marlene Brits en Janéle Cloete; derde ry: Elmoné Botha, Althea van Wyk, Erina Kruger en Claire du Plessis; vierde ry: Hanri van der Merwe, Carla Kruger, Madelein Swartz en Corléne Steyn; vyfde ry: Yanke Pieterse, Alzette van Zyl, Heléne van Wyk en Chimoné Maartens; sesde ry: Alét Opperman, RinMarie Coetzee, Anine Hanekom en LizeMaré Lubbe.
Gereed om skool in 2014 te lei DIE prefekte vir die Hoërskool Duineveld vir 2014 is onlangs aangekondig. Die seunsprefek te is van links, voor: Pero Buys, Theunis Visser (hoofseun), Francois Slabber en Jano Barnard; agter: Josef Botes (onderhoofseun), JayD van Zyl, Danus Kruger en Johan Fou rie. Foto’s: Verskaf
DIE meisieprefekte is van links, voor: Elmone Botha, Patricia Edwards, Natasha Wrigley (onderhoofmeisie), Carla Kruger (hoofmeisie) en Claire du Plessis; agter: Corlene Steyn, Alzette van Zyl, Chimoné Maartens, Alét Opperman en Anine Hanekom.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Grootdrink-skool herdenk 10 j. Wollie Burger DIE Private Skool Cum Laude op Grootdrink het vanjaar sy tiende bestaansjaar herdenk en dit op sy jaarlikse prysuitdeling gevier. Ouers uit die gemeenskap en oudbeheerraadslede is ook na dié geleentheid genooi om aan die mense erkenning te gee vir hul betrokkenheid in die verlede en bydraes wat hulle gelewer het met die stigting van die skool. Koos Burger, die langs dienende beheerraadslid, het ook in sy toespraak verwys na die moeilike pad en groot uitdagings wat oorkom moes word met die stigting van die skool. Hy het sy dank uitgespreek vir al die bydraes wat deur mense gelewer is. Die NG gemeente Grootdrink is spesiaal bedank dat die skool op die kerkterrein gehuisves kan word. Die ou pastorie wat leeg gestaan het, is omskep in vrolike klaskamers en dit voorkom dat die gebou soos soveel ander ongebruikte geboue op die platteland tot nuttelose murasies verval. Die reëling blyk baie positief vir die kerk sowel as die skool te wees. Die skool kan spog met sy hoë standaard wat gehandhaaf word en die kinders het vir hul harde werk oor 2013 heen erkenning ontvang. Die geleentheid is afgesluit met ’n toneelstuk Verhale uit feetjieland wat deur die kinders opgevoer is en deur almal geniet en gewaardeer is.
’n EMOSIEBELAAIDE toneel met ’n slapende Sneeuwitjie en haar huilende dwergies soos opgevoer deur die leerlinge van die Private Skool Cum Laude op Grootdrink. Foto: Wollie Burger
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Liefdadigheidsgeleentheid aangebied
KYK so ’n klein slim kop. Deidré Majiet van die Laerskool Wester kim op Upington het skoonskip gemaak in gr. 7 toe sy as die bes te presteerder aange wys is. Sy het eerste plekke in wiskunde, lewensoriëntering, Afrikaans huistaal, kuns en kultuur, na tuurwetenskappe, ekonomiese be stuurswetenskappe en tegnologie behaal.
Anena Burger DIE Sanco Paballelo-tak sal Saterdag om 09:00 ’n liefdadigheidsgeleentheid in die Thembelihle-dienssentrum vir bejaardes
Foto: Verskaf
Stuur jou Kerswense DIE Kalahari Bulletin nooi lesers om deel te wees van die laaste koerant vir 2013 wat op Donderdag 19 Desember verskyn. Stuur vir die koerant jul spesiale Kersfeeswense aan vriende en familielede en dit sal geplaas word. Indien enigiemand Kersverhale skryf of geskryf het, stuur dit ook aan. Die Kalahari Bulletin is vir die lesers – gebruik die geleentheid om deel daarvan
11
te wees. Volgens die redaksionele beleid van die Kalahari Bulletin behou hy die reg om briewe/stories te plaas soos die redaksie dit goeddink. Onthou om jou naam en die plek waar jy woon (soos byvoorbeeld Upington of Postmasburg) ook te stuur. Stuur e-pos aan ilse.watson@volksblad.com.
aanbied. Sanco Paballelo fokus op mense met gestremdhede, MIV-positiewe, wees- of straatkinders en bejaardes. Enigeen wat ’n skenking wil doen, kan Ronnie Horn by 082-747-2126 bel.
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
ALGEMENE KENNISGEWINGS
TUIN & BESPROEIING
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR
1825
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210
Cool River Aircons Upington: Ons diens u water- en gaslugverkoelingstelsel. Verskaf onderdele en hergas. Skuif van/en nuwe installasies. Skakel 082 348 7651.
PERSOONLIKE DIENSTE
L & J TUINDIENSTE Het u nie tyd vir u tuin nie of miskien nie die krag nie? GEEN PROBLEEM. Skakel my, ek doen alles vir die beste pryse. Lucky 072 061 6772.
1405
KAYS CRAFT: Dis vakansietyd. Klein en groot kan iets vir hulle self maak deur enige soort kaartjie te maak of te verf op lap of hout en nog baie meer. Skakel en maak afsprake. 083 254 3120. Cillierslaan 12.
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.
1410
LITTLE MIRACLES DAY CARE: Children 4 months - 5 years. Phone Eloise 076 688 2543 Melanie 073 342 7152 REGISTER NOW FOR NEXT YEAR!
HILUX 2.4D, 1997, R39 500. 1999 Nissan 1400, R27 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
MOTORS TE KOOP 3025
1994 Nissan Maxima 300E 3.0 V6 manual, fullhouse R35 995. 083 679 0050. Mercedes-Benz 200 A/T (W123), diensgeskiedenis, 1 eienaar, R26 500. 083 679 0050 / 072 173 8339. CAMRY 200i, 1997, R32 500. 1992 Cressida 2.4 GLi, R27 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
SAKE
COROLLA 160i, 2001, R35 000. 1994 Corolla 1.6, R25 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
TE KOOP
DAGSORG & CRÈCHES
BANTAM 1.3, 2005, with canopy: R44 500. 1994 Isuzu 280D, tralies: R34 500. Phone 071 967 0285.
ISUZU KB 250D, 2002, R49 500. 2001 Ford Ranger 2.5D, canopy, R45 000. Phone 071 967 0285.
LANDBOU
2210
KINDERVERMAAK
3010
2405
BESIGHEID TE KOOP. Skakel 053 712 0115.
JETTA 3 160i, R35 000. 1995 BMW 320i, many extras, R32 500. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. OPEL CORSA 140i, 2006: Mags, CD, a/c, power-steering. Low km. R39 500. Phone 071 967 0285. PASSAT, 1983, in puik toestand. Net 95 000 km op klok. Skakel 083 772 2316.
VAKANSIE & REIS
Voertuie te koop.Uitstekende wit Golf, 2002-model, 130 000 km te koop. Skakel 082 976 3964.
TE KOOP AKKOMMODASIE TROETELDIERE 1660
OPREGTE BULLTERRIËR-hondjies te koop. KUSA-geregistreer en ontwurm, ingeënt, met microchip. 2 pragtige reuntjies beskikbaar. 082 902 9664/081 043 1550.
2635
Gerieflike studenteakkommodasie vir 2014 beskikbaar in Bellville. Gemeubileerde kamers sentraal geleë naby kollege en 25 km van Stellenboschkampusse. Skakel 076 931 1939.
KAWASAKI ZXR 750-motorfiets te koop. 2003-model. Skakel 072 061 6772.
4×4’s HOUTWERK
3035 1874
3060
TOYOTA DYNA TRUCK, 1990, 4 ton DE 364 Turbo, engine excellent, R89 500. Phone 071 967 0285.
3055
ALGEMENE & HUISDIENSTE
NISSAN NAVARA 4L: 2008. 4 X 4, outomaties, D/C. Blou. Kappie. R189 900. Skakel 083 310 0272.
TE HUUR
HUISE TE KOOP 3205
3275
V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel Louwrens 083 310 0272/053 712 1072.
MJ Selao In die boedel van wyle Mosupatsela Josuah Selao, identiteitsnommer 400909 5533 086 met nagelate eggenote Motlagomang Evelyn Selao, identiteitsnommer 530828 0894 082 van lewe van Huis No. D77, Ncwelengwe, distrik Kuruman. Boedelnommer: 002895/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versok om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075
WANTED: CARS AND BAKKIES for cash. R20 000 - R40 000. SMS WhatsApp 071 967 0285.
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
EIENDOMME
4205
BJ Haai In the estate of the late BJ Haai, identity number 460921 5072 087 of 4 Kanarie Street, Daniëlskuil. Estate number: 487/2013 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection for all persons with an interest therein for a period of 21 days from 6 December 2013 at the Office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Postmasburg. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460
WOONSTELLE TE HUUR 3250
1-SLAAPKAMER-WOONSTEL te huur. Onmiddellik beskikbaar. Verkieslik manspersoon of kontrakteurs welkom. Skakel 073 331 2626.
KOMMERSIEEL
MOTORFIETSE
VOERTUIE
NATIONAL TRAILER RENTAL is nou deel van V-Tec Trailers Kuruman - die eenrigtingverhuringspesialiste, reeds met 45 takke in Suid-Afrika. Jy kan dit bv. huur van Kuruman na Kaapstad en dit daar los. Daar is 'n tak in Windhoek, Namibië. Ons verskuif na Cillierslaan 12. Skakel 083 310 0272/083 254 3120.
SLEEPWAENS 3040
1 X 3 M X 1,8 M X 1,8 M beeswa. Nuut. R37 900. Skakel 083 310 0272.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!"
C.J. Kgatlhane
of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.
Logo
ALGEMEEN 3680
APPLICANTS NEEDED for data, copy/paste, Word in 2014. For info SMS name and address to 074 804 6873 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com
SMALLS NOTICE
In die boedel van wyle Cholohelo Jackson Kgatlhane, identiteitsnommer 390102 5538 089 met nagelate eggenote Kesalamang Glora Kgatlhane, identiteitsnommer 440826 0319 083 in lewe van Huis No. A35, Tzaneen, Wyk No 13, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1714/2012 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mahikeng en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
POSTE BESKIKBAAR vir 2 kelners by Koffiehuis. Ondervinding sal voordelig wees. E-pos CV na feetforjesus@telkomsa.net of faks na 053 712 3147. Sluitingsdatum: 9/12/2013.
BOEDELKENNISGEWINGS
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
TE KOOP AT Herholdt
3201
In die boedel van wyle Andre Theuns Herholdt, identiteitsnommer 700719 5013 089, van Ochrestraat, Dept Korrektiewedienste, Kamer 5 , Kuruman 8460. Datum van dood: 15/08/2013. Kennis geskied hiermee aan die krediteure en debiteure om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergenoemde binne 'n tydperk an 30 dae vanaf advertensiedatum. DJ HERHOLDT POSBUS 1313 MALELANE 1320 Tel. 082 771 4036 E-pos: joanetherhold@gmail.com Bestorwe boedel van wyle Petrus Jacobus Jooste, 'n volwasse manlike wewenaar, gebore 30 September 1929 en woonagtig te Luckhoffweg 14, Kakamas 8870 met datum van afsterwe 23 September 2013, boedel nr. 14179/2013. HUISE TE HUUR Debiteure en krediteure in bover3270 melde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien en hul skulde te betaal binne 30 (dertig) dae vanaf GEMEUBILEERDE 2-slk-huis te publikasie van hierdie kennisgewing huur. Skakel 076 640 4887. by Malan Lourens Viljoen Ing, Picklestraat 12, Strand, tel. 021 853 1535 (DJ Malan).
BETREKKINGS 3600
BETREKKINGS GESOEK 3670
Soek dringend agent in Upington. Produkte beskikbaar. Skakel 079 574 8171.
HJ Viljoen In die boedel van wyle Hester Johanna Viljoen, vooheen woonagtig te Ulster, Kuruman 8460. Boedelnommer:2463/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 5 Desember 2013. JORDAAN & MANS PROKUREUR VIR EKSEKUTEUR Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 annemarie@jorman.co.za
DJG Poolman In die boedel van wyle Daniel Johannes George Poolman, getroud buite gemeenskap van goed en wat woonagtig was te huis nommer 4, Kromstraat 7, Kuruman, Noordkaap, distrik Kuruman. Boedelnommer: 914/2012 Kennis geskied hiermee dat die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Kuruman, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 6 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
VEILINGS
OPENBARE VEILINGS 4401
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
BETREKKINGS
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
15
VAN links is Coenie Lamprecht, Ruan Matthews, Francois Page en Theunis Visser wat die Grie kwas se o.18span in Pretoria verteenwoordig het. Foto: Verskaf
Vier op sewestoernooi
VIER seuns van die Hoërskool Duineveld, Coenie Lamprecht, Ruan Matthews, Francois Page en Theunis Visser, het die Griekwas se o.18-sewes-rugbyspan op 23 en 24 September in die Atlantic- nasionale o.18-sewestoernooi in Pretoria verteenwoordig. Die seuns het goeie rugby gespeel en in die plaat-eindstryd teen die Griffons verloor.
Hul besoek het darem nie nét om rugby gegaan nie. Die seuns het ook met die Gautrein gery, Gold Reef City besoek en die wedstryd tussen die Leeus en die Blou Bulle op Ellispark bygewoon. Emile Neethling was die afrigter en Etienne van den Brink die spanbestuurder.
Nuwe leier ’n blits op baan Anena Burger GERRIT WICKENS, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Upington, het vanjaar ná ’n afwesigheid van bykans drie jaar weer ernstig tot die atletiek toegetree en wys hy nou vir menige teenstander hakskene. Hy het onlangs aan die jaarlikse Griekwaland-Wesse (AGW) byeenkoms deelgeneem en het baie goed gevaar. Hy het ’n tyd van 10,61 sekondes in die 100 m vir seuns o.17 aangeteken.
Dié tyd is beter as die tye van die mans wat ook in die 100 m genael het. Wickens is gekies om aan die Suid-Afrikaanse Skolespele deel te neem wat in Desember plaasvind. Wickens is ook vanjaar as die hoofleier van die Hoërskool Upington vir 2014 aangewys. Volgens Carine Krapohl, die skool se sekretaresse, sê sy afrigters en onderwysers die klein blitsie gaan dit nog ver bring. Sy sê hulle sien met verwagting daarna uit.
GERRIT WICKENS is as die hoofleier vir 2014 vir die Hoërskool Uping ton aangewys, maar hardloop ook stof in die oë van sy teenstanders op die atletiekbaan. Foto: Verskaf
BRIAN DANIELS (links) en Zinedine Robinson, leerlinge aan die Hoërskool Upington, is vir die GriekwalandWesse Plattelandkrieketspan (o.15) gekies wat in Desember op Kuruman aan ’n interprovinsiale streektoernooi gaan deelneem. Foto: Verskaf
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 DESEMBER 2013
Uppies-speler behaal driekuns GERT RUPPING van die Hoërskool Upington het op Saterdag 30 November mooi gepresteer deur ’n driekuns teen die Upington-kollege in ’n dorpsliga-20/20-wedstryd te behaal. Hy het drie kolwers met drie agtereenvolgende balle uitgeboul. Die dorpspan van die Hoërskool Upington het ’n bedrywige tydjie agter die rug. Hulle het drie wedstryde in drie dae gespeel en al drie wedstryde gewen. Die uitslae is soos volg: Op Donderdag 28 November teen Duineveld-dorpspan: Duineveld kolf eerste en teken 108 lopies aan. Die uitblinkers aan Uppies se kant was Johan van der Ryst met drie paaltjies vir die verlies van drie lopies in vier boulbeurte en Jaco Zietsman (48) en Johannes du Plessis (36). Op Saterdag 30 November teen APEX KK: Uppies kolf eerste en teken 151/5 aan. APEX word vir 102 uitgeboul. Die uitblinkers vir Uppies was Jaco Zietsman (73), Franco Swart (49) en Johannes du Plessis (4/12). Uppies wen met 49 lopies. Op Saterdag 30 November teen Upingtonkollege: Uppies kolf eerste en teken 76/10 aan. Upington-kollege word vir 57 uitgeboul. Die uitblinkers vir Uppies was Franco Swart (38) en Gert Rupping (4/3). Uppies wen met 19 lopies.
Die Hoërskool Upington se dorpspan wat met APEX afgereken het is van links, voor: Jason Aghoo, Shaquille Cloete, Jaco Zietsman en Marcel van der Westhuizen; agter: Ernest Beukes, Mario Zacharia, William Briekwa, PJ Smith, Franco Swart, Gert Rupping, Johan van der Ryst en Johannes du Plessis. Foto: Verskaf
Vir nog foto’s en nuus besoek www.kalaharibulletin.co.za of gaan na Kalahari Bulletin se Facebook-blad.