Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
12 DESEMBER 2013
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
’n Kers flikker vir Madiba ONS gaan jou mis, Madiba.” Sylvia Lucas, premier van die Noord Kaap, Gift van Staden, voorsitter van die ANC en uitvoerende burge meester van die ZF Mcgawudistriksmunisipaliteit, en Limikatso Ko loi, burgemeester van die //Khara Haismunisipaliteit, steek ’n kers aan tydens ’n biddiens vir oudpresident Nelson Rolihlahla Mandela aan wat op Donderdag 5 Desember oorlede is. Foto: Anena Burger
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
Vrae oor aanstelling Anena Burger DIE nuwe munisipale bestuurder van die //Khara Hais-munisipaliteit, Deshi Ngxanga, het verlede Woensdag, ondanks teenstand deur AfriForum, sy eerste dag in sy nuwe pos ingeneem. AfriForum oorweeg regstappe teen die munisipale raad van die //Khara Haismunisipaliteit ná beweerde ongerymdhede met Ngxanga se aanstelling. Kenneth Khumalo, die bestuurder vir die samewerkende regering van die Noord-Kaap op Upington, het ’n brief aan die speaker van dié munisipale raad, Thomas Basson, gestuur waarin hy beweer dat dié aanstelling nie regmatig plaasgevind het nie. Ngxanga het hierteen kapsie gemaak. Hy is ontevrede oor dié beskuldigings. “Dit is absoluut net jaloesie. Dit is waaroor dit gaan,” sê hy. Volgens ’n verklaring deur AfriForum word daar beweer dat Ngxanga se aanstelling onder
verdenking is omdat hy ’n pos as as munisipale bestuurder en as streeksekretaris van die ANC terselfdertyd beklee. AfriForum sê ook dat Khumalo Ngxanga se kwalifikasies, wat hy glo nie kon voorlê nie, bevraagteken. Ngxanga het albei dié stellings ten sterkste teengestaan en sê hy is nie die streeksekretaris vir die ANC nie. Abraham Vosloo beklee tans die pos. Ngxanga het aan die Kalahari Bulletin bewyse van sy kwalifikasies aan die Universiteit van die Wes-Kaap gelewer. Hy het ook die kommunikasie per e-pos na Wesley Martin, Noord-Kaapse organiseerder van AfriForum, as bewys ingedien dat hy wel sy CV en kwalifikasies, soos deur AfriForum aangevra, voor die afsluitingsdatum aan hulle verskaf het. Nxganga het 15 jaar se ondervinding in plaaslike bestuur. Hy was vir tien jaar aan die departement van behuising en plaaslike regering en vir vyf jaar by die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit verbonde.
Wondermooi natuurskoon DIE son skyn deur die donderwolke oor die Groen Kalahari. ’n Pragtige toneel om te aanskou wanneer storms in hierdie deel van die pro vinsie woed. Die Kalahari is nie net ’n plek vir mooi sonsondergange nie. ’n Fotograaf kan hom of haar self verloor in die natuur hier. Aan al die Kalahari Bulletin se lesers wat die vakansie weg van die huis sal wees, wil ons graag ’n spoedige reis toewens en sê: “Kom weer huis toe, na die Kalahari”. Foto: Anena Burger
Ngxanga wil politiek uit bestuur haal Anena Burger DESHI NGXANGA, die //Khara Hais-munisipaliteit se nuwe bestuurder, het op Woensdag 4 Desember amptelik in sy pos begin. Dit was ’n bedrywige dag en sy eerste taak was ’n vergadering met die senior bestuur, gevolg deur ’n vergadering met die middelbestuur. Ngxanga, wat Maandag die eerbewys namens die ZF Mcgawu-distriksmunisipaliteit in Kimberley vir die enigste munisipaliteit in die Noord-Kaap met ’n skoon oudit ontvang het, sê hy wil positiewe veranderings na die //Khara Hais-munisipaliteit bring. “Ek is ’n man wat die bul by die horings pak. Daar is ’n paar goed waaraan ek dringende aandag wil gee en wat vir my belangrik is,” sê Ngxanga. Hy noem dit op. Skoon drinkwater, elektrisiteitstoevoer vir die informele nedersettings en die netheid van die dorp is hoog op sy voorkeurlys. “Jy sal my nie glo as ek vir jou sê hoeveel mense nog nie toegang tot die basiese dinge, soos skoon drinkwater, het nie,” sê die Ngxanga. Hy is in 1973 op Boegoeberg gebore, maar het op Upington skoolgegaan. Nadat hy aan die Senior Sekondêre Skool Paballelo gematrikuleer het, het hy sy studie aan die Universiteit van die WesKaap voortgesit. Hy het ’n BA-graad (hons.) in ontwikkelingskunde voltooi en ses onderskeidings behaal. Ná sy studie het hy na Upington teruggekeer en tien jaar vir die departement van behuising en plaaslike regering gewerk. “Dit is hoekom ek so lief is vir wat ek doen. My jare ervaring in my werk en die vyf jaar by die ZF Mcgawu-distriksmunisipaliteit het ’n passie by my gekweek vir dit wat ek doen.”
DESHI NGXANGA is die //Khara Haismunisi paliteit se nuwe bestuurder. Foto: Anena Burger Hy het groot planne vir die //Khara Hais-munisipaliteit en sê een van die eerste dinge waarvoor hy hom beywer, is om die politiek uit die administrasie te haal. “Ek wil die instansie beter bestuur en ’n sukses daarvan maak,” sê hy met erns in sy oë. “As ek eendag by dié munisipaliteit uitstap, wil ek hê dit moet ook ’n skoon oudit hê en dat dinge nie moet wees soos dit nou is nie.” Verder, sê hy, wil hy hê dat raadslede as werkgewers gerespekteer moet word en dat werknemers trots moet wees op die diens wat hulle aan die publiek en die inwoners van Upington lewer.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
3
Kerksaal deur brand in puin gelê Anena Burger
DIE NG Moedergemeente se saal het Sondag in die vroeë oggendure in ligte laaie opgegaan nadat ’n sipresboom vroeër die aand deur weerlig getref is. Vonke het vermoedelik onder die dakplate ingewaai, gesmeul en later die gebou aan die brand laat slaan. Foto’s: Anena Burger
DIE NG Moedergemeente se saal op Upington is Sondag ná ’n verwoestende brand in puin gelê. Dié 102 jaar oue gebou het Sondag in die vroeë oggendure in vlamme opgegaan nadat ’n sipresboom neffens die kerk Saterdag omstreeks 18:00 deur weerlig getref is en aan die brand geslaan het. Die brand is dadelik geblus, maar volgens Chris Marx, senior noodsorgpraktisyn van die mediese nood-en-reddingsdienste, het vonke vermoedelik weens sterk stormwinde onder die dakplate ingewaai. “Die kole het vermoedelik daar gelê en smeul,” sê Marx. Volgens Marx het die gebou net ná middernag in ligte laaie opgegaan. Nooddienste, die brandweerdienste van Upington en die lughawensmaatskappy (ACSA) se brandweerdienste was dadelik op die toneel en het verbete gespook om die vlamme onder beheer te kry. Groepies mense het verslae gestaan en toekyk hoe hierdie geliefde baken van die dorp in vlamme opgaan.
Rina Liebenberg van die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) het gisteroggend verslae buite die gebou gestaan. “Al ons belangrike maatskaplike dokumente en klere wat ons vir behoeftiges moet gee, is daarmee heen. Ons het gered wat ons kon,” het sy droewig gesê. “Jy kan maar sê die gebou is een van Upington se monumente. Dit is een van die grootste en bekendste hoekstene van die dorp.” Ali Farmer, ’n brandweerman, het gister aan een van sy kollegas vertel hoe die houtvloere voor hulle meegegee het toe hulle die gebou binne gehardloop het om die vlamme te begin blus. “As hy in daardie gat geval het, was hy dood sê ek jou,” het hy vertel. Die brand is gister omstreeks 05:00 geblus, maar die toneel is eers teen 08:00 opgeruim en gestabiliseer. Marx het gisteroggend die ou kluis, wat slegs ’n ou houtdeur gehad het, oopgebreek en die ou kanselbybels en geskiedkundige notules en foto’s gered. “Die dokumente was gelukkig ongeskonde,” het hy gesê.
ALI FARMER, ’n brandweerman, maak reg om die vuur nat te spuit.
CHRISTO MARX, senior noodsorgpraktisyn van die mediese noodenreddingsdienste, kyk na waar die vlamme nog woed.
DIE saal word deur brandweermanne natgespuit.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
Almal rou op eie manier
OUDPRES. NELSON MANDELA se vrou, Graça Machel, rou in afsondering. Sy wil nie nou in die openbare oog wees nie. Winnie Madikizela-Mandela, sy voormalige vrou, het wel ’n gedenkdiens in die Metodistekerk in Bryanston bygewoon. Sy was sigbaar ontsteld. Mandla Mandela, die oudste kleinseun, en nog lede van die Mandela-familie het Madikizela-Mandela na die kerk vergesel. Oudpres. Thabo Mbeki sê hy was besig om te skryf toe hy die nuus hoor en toe kon hy ook nie verder gaan nie. Die slegte nuus het hom ook tot stilstand gebring. Hy het verder gesê: “Mandela en sy generasie ANC-leiers het vir ideale gestaan, nie om ’n politieke party te bevorder nie, maar om ’n Suid-Afrika wat werk tot voordeel van alle Suid-Afrikaners te skep.” Sedert sy heengaan afgekondig is, het duisende mense sy huis in Houghton besoek. Daar is blomme gelos, kaartjies met mooi boodskappe en kerse is vir die ontslape oudpresident aangesteek. Verskeie musikale groepe het gekom en gegaan. Baie het gedans en gesing – dít is hul manier om sy won-
derlike lewe te vier. Dit blyk dat almal lief was vir dié man en hom beslis gaan mis. Op ander plekke, soos Facebook, lees ’n mens haatboodskappe. Hulle noem hom ’n terroris en ’n bomplanter. Dit is duidelik dat sy afsterwe nie vir hierdie mense enige betekenis het nie. Dit is ook nie vir hulle nuuswaardig nie. In ’n hof op Kuruman huil die skoonsuster van ’n ontslape boer wat wreed op sy plaas aangeval is en toe later aan sy veelvuldige beserings gesterf het. Hy is nie ’n belangrike man soos Madiba in die oë van die wêreld nie, maar hy is ’n belangrike man vir sy familie en vriende. Of daar nou ’n groot staatsman oorlede is, of net ’n boer van die Noord-Kaap, is nie die punt nie. Die punt is iemand het ’n pa, oupa, eggenoot, broer en vriend verloor. Almal is hartseer en almal rou op hul eie manier. Dit is elke mens se reg om te sê wat hy dink en voel, maar dit is sekerlik ook beter om die lewe wat heengegaan het te respekteer. En daardie persoon se familie en vriende die kans te gun om te treur.
Start running, never quit
ONDER hul huisie se effense afdakkie sit Ronel en Michael Springbok van Raaswater en verlustig hulle in die reën. Hul pa, Isak, se groentetuintjie sal nou weer mooi kan groei. Foto: Anena Burger
Huur- en lewenskoste te hoog JACQUES GROENEWALD, Kuruman: ONS wat huise op Kathu, Kuruman, Deben, Hotazel, Wandrag en omliggende plekke huur. Ek vra die eienaars van die plekke se huise dié vraag: Wie kyk na jul eiendom? Wie huur jul huise? Wie betaal vir die vaste eiendom wat jy besit? En eendag lieg en sê: “Ek het vir die pragtige plek betaal”. Min eienaars betaal self daarvoor. Nee, my ou. Skrik wakker. Wanneer jy regtig bykom, lê daar drie vlieë in jou koue koffie. Natuurlik het die ou wat eendag op pensioen moet gaan en op straat sal sit of klaar sit, op sy oudag dit vir jou betaal. Hy kon niks weggesit het om ook sy eie plek op sy oudag te kon besit nie. Ja, dít is die mens wat jou huis gehuur het en al jou skuld betaal het. Julle het hom soos ’n bedelaar behandel. Net omdat huur op aanvraag is. Julle het ’n vat-dit-of-
los-dit-houding. Die mens wat op ’n myn werk, moet maar net betaal, want hy moet ’n dak oor sy kop hê. Julle eienaars buit ons uit. Julle word ryk en leef lekker op die kapitaal wat jou huis klaar betaal het en nog meer. Moenie binnekort verbaas wees as die huise op Kuruman en Kathu en in die omgewing begin leegloop weens heeltemal buitensporige huurpryse nie. Die myne rondom Kathu en Kuruman is nie anders as byvoorbeeld die Rustenburg- en ander Randse myne nie. Dié myne betaal soms minder as die ander myne. Die huise word ook nie van goud gebou nie en is nie anders as dié op byvoorbeeld Rustenburg wat eintlik ’n duur plek is wat huur betref nie. Op Rustenburg betaal jy vir die huis ongeveer R7 000 waar jy op
Kuruman ongeveer R12 800 betaal. Die lewenskoste op Kathu en Kuruman is ook buitensporig hoog. Dan is daar eienaars wat woon in die dubbelmotorhuis (wat in ’n woonstel omgeskep is) of in ’n woonstel op die erf waarop die huis wat hy verhuur, geleë is. Ek vra die vraag: Is daar mense wat huur wat wil saamstaan en sê: “Tot so ver – dit is genoeg.”? Ek weet vir ’n feit van die myne huur huise by eienaars vir meer as R20 000 per maand. Daar is plekke wat die myn huur wat leegstaan. Hulle betaal vir die leë huis in plaas daarvan dat ander mense dit kon huur. Maak die myne te veel geld of vind daar ook korrupsie plaas? Ek vra dat ernstig na die probleme gekyk moet word. As die huurder gedink het hy kan sonder dat hy ander skuld het, iets wegsit, maak hy ’n groot fout. Dié wat motor- en of meubelskuld het en die duur huise huur, sal ten gronde gaan.
Ds Chris van Staden EVERYWHERE we go we pick up the the spirit of Christmas. Looking back on 2013 I am convinced that there will be people who will say, “What a year”, but there will also be people who will say: “Wow, we went through a lot of turmoil, battles, heartache and fights”. There is a scripture that comes to mind when I look back on this year: Heb. 12 1-3: Do you see what this means – all these pioneers who blazed the way, all these veterans cheering us on? It means we’d better get on with it. Strip down, start running and never quit. No extra spiritual fat, no parasitic sins. Keep your eyes on Jesus, who both began and finished this race we’re in. Study how He did it. Because he never lost sight of where he was headed: that exhilarating finish in and with God. He could put up with anything that came along the way: The Cross, shame, whatever. And now he’s there, in the place of honour, right alongside God. When you find yourselves faltering in your faith, go over that story again, item by item, that long litany of hostility he plowed through. That will shoot adrenaline into your souls! These are the Words as in the Message Bible. No matter what we face, no matter the challenge,
somebody went through this before us. There is a big cloud of witnesses cheering us on. I think what we must realise is that sometimes we must give up the way we think and look at things. Instead of blaming others for the failure or inability to breakthrough let us examine our hearts and see if there is not something ensnaring us. As this scripture puts it, never quit. As I am writing this the news channels are flooded with the news of the death of Nelson Mandela. Let me just say this: Years from now historians will still write about Mandela’s spectacular role in bringing freedom, stability and democracy to South Africa. They will remind their students that he became an international icon; a man of great integrity with an enormous capacity to forgive, to heal and to bridge seemingly impossible divides. I want to remember him as a great statesman, a man of integrity. Goodbye, Madiba. May you have a wonderful festive season. May you experience grace and may happiness be a part of your life in this time and in the year ahead.
15/33
16/33
16/33
16/33
17/34
17/35
Kalm
Kalm
Kalm
ONO-5
Kalm
Kalm
20/36
20/36
19/36
WSW-5 WSW-10 WSW-10
Wiskunde laat Popeye spinasie eet Lizette Slabber EK was op Woensdag 11 Desember vanjaar 14 jaar getroud. Dit gee die wonderlike getalpatroon van 11, 12, 13, 14. As oudwiskunde-onderwyser is ek mal oor die onverwagte getalle wat sommerso lekker opduik oral waar ’n mens gaan. ’n Vriend van my se tweeling was op 6 Junie verlede jaar ses jaar oud. Nie net was hulle op die sesde van die sesde maand albei ses nie, maar hulle is saam 12 in 2012. Ek het baie in my onderwysjare vir kinders probeer wys hoe lekker en vol pret wiskunde kan wees as ’n mens net eers die stories en verhaaltjies agter die sombere, vooropgestel-
de wiskundeprentjie wat ’n mens het, kan sien. Een van my gunsteling-stories wat ek altyd vertel het, is Popeye moet nie spinasie eet om sterk te word nie, maar eerder tamaties, en dat Popeye sy spinasie-etende krag van wiskunde af kry. In die jare ná die Tweede Wêreldoorlog was wanvoeding onder kinders ’n groot probleem. ’n Taakspan is aangestel om kinders te kry om die kosse te eet wat die meeste yster bevat. Statistici het alle groente se ystervlakke
gemeet en met die spinasietoets ’n desimale komma op die verkeerde plek gesit. Die gevolg was spinasie het ver bo die ander kossoorte uitgetroon. Dus is besluit Popeye moet spinasie eet. Nadat verdere toetse gedoen is en ander mense beter somme gedoen het, is aangetoon tamaties bevat meer yster. Popeye was egter teen daardie tyd ’n nasionale held en hy moes maar voortgaan om sy krag van spinasie te kry. Indien ouers my ná die storie wil slag, omdat ek nou kinders se liefde vir spinasie ’n nekslag toegedien het, hoop ek interessante getalle en stories oor getalle sal tot ’n liefde vir wiskunde lei. Só, in die geveg tussen spinasie en wiskunde hoop ek wiskunde sal altyd wen.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
Madiba in dienste onthou Verslagspan DIE ANC is nie meer die organisasie van die “ware leiers” Nelson Mandela en Walter Sisulu nie. Dít het die Vrystaatse premier, Ace Magashule, Sondag in die diens van die Eagle-kerk in Rocklands, Bloemfontein, gesê. “Dié is nie meer die organisasie van Nelson Mandela en Walter Sisulu nie – hulle was ware leiers,” het Magashule aan gemeentelede gesê. Volgens Magashule dien die leiers van vandag hul eie belange en word “deur dinge versoek”. Hy het ’n beroep op leiers gedoen om die belange van Suid-Afrikaners op die hart te dra. “In die tyd van Mandela was dood, die tronk of ballingskap die enigste beloning wat jy gekry het om vir vrede te veg.” Magashule sê vandag se leiers het toegang tot hulpbronne wat nooit aan vorige leiers beskikbaar was nie. “Die winste van die revolusie moet beskerm word. Ons moet Mandela se nalatenskap uitdra,” het Magashule gesê. Volksblad, moederkoerant van Kalahari Bulletin, het op die nasionale dag vir gebed en besinning om Madiba te onthou verskeie kerkdienste in die Vrystaat en Noord-Kaap bygewoon. ’n Spesiale biddag vir Mandela is op Upington in die Anglikaanse kerk St. Matthew gehou. Die premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, het saam met Gift van Staden, voorsitter van die ANC en uitvoerende burgemeester van die ZF Mcgawu-distriksmunisipaliteit, en Limikatso Koloi, burgemeester van die //Khara Hais-munisipali-
’n VROU dans Sondag voor ’n portret van Nelson Mandela in die Anglikaanse kerk St. Matthew op Upington. Sy het telkens saggies aan die raam gevat. Foto: Anena Burger teit, ’n kers vir Madiba aangesteek. Op die agtergrond het die kerkgangers saggies Sweet Memories gesing. Dit was ’n roerende, dog vreugdevolle diens waarin die Noord-Kaapse premier by tye haar trane moes wegvee.
“Ek sal nooit vergeet nie. “Die Progress-tak van die ANC was een van die eerste takke in die Noord-Kaap wat ten tyde van Madiba se verkiesingsveldtog hom hier ontvang het. “Dit was maar die tweede keer dat ek
hom ontmoet het, maar wat my sal bybly, is dat hy toe hy my gegroet het, my onthou en op my naam genoem het. “Dit het my so spesiaal laat voel,” het die premier gister gesê. In die gewyde atmosfeer van die Anglikaanse St. Cyprian-katedraal in Kimberley het ’n kers gister tydens die mis vir Madiba langs ’n groot foto van hom gebrand. In ’n boodskap het Simon Aiken aan die kerklede in Kimberley gesê Madiba se dood is die heengaan van ’n reus van ’n man en ’n internasionale ikon vir vrede, vriendskap, insluiting en stabiliteit oor wie Suid-Afrikaners en die wyer globale gemeenskap nou sal rou. Aiken het verder gesê dat Mandela egter altyd “in ons kollektiewe gedagtes en harte sal bly in die eeue wat kom”. Ds. Jan Lubbe van die NG kerk Berg-enDal in Bloemfontein het in sy gebed aan die einde van Sondagoggend se diens gebid vir die Mandela-familie, die land en die week se verrigtinge wat voorlê. Bloemfontein se CRC-gemeente het Sondagoggend voordat die diens begin het, beeldmateriaal van Madiba se lewe op die groot skerm vertoon. Kerkgangers het die volkslied gesing. Op Bethlehem het eerw. Cecil Rhodes van die Metodistekerk gesê: “Ons kan God dank vir die impak wat Mandela in ons lewe gemaak het. “Hy (Mandela) het ’n nalatenskap van liefde, versoening en vergifnis nagelaat. “Hy het waardigheid en respek getoon.” ) Selloane Khalane, André Botha, Anena Burger, Reginald Witbooi, Kaydene Davids en Vicus Bürger
FORMER PRESIDENT MANDELA with Bill Clinton.
’n OOMBLIK van stilte vir Madiba.
Photos: Supplied
Foto: Anena Burger
Stilte vir SA se held Anena Burger
GROEPIES mense het Vrydag voor die //Khara Hais-munisipaliteit saamgetrek vir ’n gedenkdiens vir oudpresident Nelson Mandela wat Donderdagaand oorlede is. Gift van Staden, streekvoorsitter vir die ANC en uitvoerende burgemeester van die ZF Mcgawu-distriksmunisipaliteit, het die skare toegespreek. Liedere ter ere van Madiba het kort-kort opgeklink. Van Staden het in sy toespraak gesê Nelson Mandela was die enigste werklike held wat nog in die wêreld oor was. “Nelson Mandela was meer as net die voormalige president van Suid-Afrika. “Hy was ’n ikon onder die mense van die land en wêreld. “Vandag is ons nie swart of wit nie;
vandag is ons Suid-Afrikaners wat ’n pa verloor het,” het Van Staden gesê. “Hy was meer as ’n halfeeu ’n belangrike internasionale openbare mens – eers as ’n leidende menseregte-aktivis en ook as die wêreld se bekendste politieke gevangene. Nelson Mandela het vir sy ideaal geleef en hy het dit verwesenlik. Hy het meer bereik as wat van enige man verwag kan word,” het Van Staden gesê. “Vandag het hy huis toe gegaan en ons het een van die invloedrykste mense op die aarde verloor.” Volgens Nongo Dibete, bestuurder van die Upington- Internasionale Lughawe, is die lughawe op ’n gereedheidsgrondslag vir enige bystand en nooddienste of indien vlugte herlei moet word vir internasionale afgevaardigdes wat die begrafnis gaan bywoon.
NELSON MANDELA with South Africanborn actress Charlize Theron.
A SMILING Mandela casting his vote during South Africa’s first democratic election.
A champion for children NELSON MANDELA was awarded the World’s Children’s Prize in 2005, and elected the WCP Decade Child Rights Hero in 2009, for his lifelong struggle to free the children of South Africa from Apartheid and for his unwavering support for their rights. He demanded respect for children’s rights. He ran the Nelson Mandela Children’s Fund (NMCF), which helps children whose parents have died of Aids, street children and disadvantaged children. As president he donated half of his salary to disadvantaged children. He also donated part of his Nobel Peace Prize money to help street children. Mandela not only wanted all children to feel loved, he also wanted to give them a better future. That is why he also gave children the chance to develop their talents.
THE iconic photo of Mandela leaving prison with his then wife, Winnie MadikizelaMandela.
Images of Mandela frozen in time
FORMER president Nelson Mandela always had a soft spot for the children of South Africa. Photo: Supplied
ON 11 February 1990 a dignified elderly man walked hand in hand with the wife from whom he had been forced to live apart for 27 years, out of prison and into history. It is a date and an image the world will never forget: the day Nelson Mandela was freed. From that day on, Mandela’s immense courage and personal moral authority moved out of the shadows of his prison cell to stand as a beacon of hope – first to a bitterly divided nation and then to the
whole world. Other images have followed. A smiling Mandela casting his vote in his country’s first democratic election; a solemn Mandela at his inauguration as the first president of a democratic South Africa. There are also images of Mandela with world leaders, with celebrities, with his wife, Graça Machel, and his family, in the midst of the crowds of children who were drawn to him wherever he went.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
Honey project a pot of gold about three months before the actual harvesting time. “This project is growing steadily not only as a big producer of pure, raw honey, but also as an employer in the region. To demonstrate that it cares about its community, Heuningpot appointed four people from Deben, including two who are living with disabilities,
to do the bottling, labelling and sealing of the honey bottles. This is a skill that will last a lifetime for these people,” says Oduetse Kolberg, local economic development practitioner at the Sishen Mine. To place an order for organic honey or to have stray honeybees removed, please call Kaalman on 076493-7339.
HONEY is extracted from the beehives.
DE CE MB ER 20 13
KUMBA IRON ORE, a business unit of Anglo American, in partnership with the National Development Agency (NDA), launched the Heuningpot Beekeeping Primary Co-operative as an organic honeybee pilot project in 2009. This rural development initiative trained unemployed people from the small town of Deben to become self-employed beekeepers. On 27 November Heuningpot started to harvest the first organic honey since relocating to the new farm near Kathu in September last year. According to the Heuningpot supervisor, Lucas Kaalman, the project is on track and is really doing well. “We can harvest honey twice annually. The harvesting process starts when we extract the honey from the beehives and take it to the process site on the farm where we do the bottling, sealing and labelling,” he explains. Heuningpot currently sells honey to the local, regional and national market and orders are placed
Roofkote Pure Acrylic Roof Paint
Tradeweld Plasma Cut 40
• UV & weather resistant • Mould & fungus resistant • Available in assorted colours
MCOW4082 • Single phase 220V Includes • Cuts up to Cutting 12mm steel • Light & portable Accessories • Fan cooled
• 20L
99 599199
3134
99
Electric Line Trimmer 10-90000 • 900W ball bearing motor • 36cm Cutting diameter • Double 2mm cutting line • Roll-along edging wheel for accurate & easy edging
99
Orbital Sander
Petrol Lawnmower
0603340100/PSS200AC • Clean working due to micro-filter system • Easy & convenient clamping system • 92 x 182mm • 200W
30-45480 • Easy-start OHV-450 3300W (4.5Hp), 4-stroke petrol engine • 48cm Durable 1.6mm thick pressed steel deck • 46cm Cutting width • 50L grass collection box
Includes Carry Case
39999
1 Year Domestic use warranty
119999 259999
Power File Kit
PF-125K • 125mm Sanding depth • Adjustable belt speed & belt tracking • Ball & needle bearing construction • Tool free belt changing • 400W
Petrol Chainsaw
CS-3635 • 36cc • 2 Stroke • Petrol • 355mm Cutting diameter
16-020
• 5L - 16-005...
1019
99
VISIT US TODAY!
3 Seodin Avenue, Kuruman
539
Tel: 053 712 3114/6/8 Fax: 053 712 3117
Masonite Hollowcore Interior Door
Mist Fan
FS1619R • 40cm Stand mist fan • Silver/Black only • Remote control • Humidity function • Mist capacity: 200ml/h, height: 1.3m • Tank capacity: 1.5L • LCD display • 3 Speed
HBSTDLI0 • 813mm x 2032mm • Exposed edges
1
Year Guarantee
999
99
99
TRADING HOURS Monday - Friday: Saturday: Sunday: Public Holidays:
07:30 - 17:00 08:00 - 13:00 CLOSED 09:00 - 13:00
• Mica reserves the right to limit quantities of any advertised item offered for sale • All offers available from 10 December - 22 December 2013 • While stocks last • Cash ‘n Carry • Mica takes utmost care to ensure that all advertisements are correct • If a mistake occurs or incomplete information is printed, we will display a notice in-store with all the correct details • Prices exclude accessories used for display purposes and include VAT • Customer Care line 086 11 22 114 • Visit us at www.mica.co.za
14999
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
9
PROMOSIE
Heet Kersfees met sang welkom DIE Kalahari Mall het die Kerstyd gepas met ’n Kerssangaand welkom geheet. Die klitsies van die Klitsiekampuskleu terskool met hul fraaie kinderstemme het pragtige Kersliedere gesing. Die naweek is ook met die Vaatjies vol Vreugde projek in samewerking met Orange River Cellars geskenke vir behoeftige kinders ingesamel sodat hulle ook ’n genot volle Kersfees kan ervaar. Foto’s: Verskaf
BAIE geskenke is vir die liefdadigheidsprojek Vaatjies vol Vreugde ingesamel.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
DIE Hoërskool Martin Oosthuizen het die gebruik om mense en/of instansies wat ’n lang en spesiale pad met die skool stap tydens sy glansryke prysuitde lingsgeleentheid te vereer. Vanjaar is Altus Janse van Rensburg en Henriëtte Theron vereer. Van links is Janse van Rensburg, Jacques Kotze en Theron.
Leerlinge vir prestasies vereer
DIE Kakamasstadsraadtrofee word aan die groep of individu wat die dorp se naam die beste uitdra, toegeken. Vanjaar is dit aan die Hip2B2groep van die skool oorhandig. Hierdie groep het 50 spanne nasionaal uitgestof om as wenner van die wetenskap en wiskundekompetisie uit die stryd te tree. Hulle kry die geleentheid om saam met Pronutro ’n nuwe melkskommelgeur te ont wikkel.
DIE senior raad van die Hoërskool Martin Oosthuizen is ’n unieke samestelling van leerlingleiers. Die senior raad vir 2014 is van links, voor: Mieke Prinsloo (ondervoorsitter), André Agenbag (voorsitter), Elzanne Myburgh (voorsitter) en MP van Rooyen (ondervoorsitter); middel: Armand Koch, Jacques Kotze (skoolhoof), Hannie CarstensNel (SR voogonderwyser), Christea Coetzee en Monique Pretorius; agter: Henri Therion, Dawie Swiegers, Hananja Jordaan, Elaine Koortzen en Jannes van Niekerk. Foto’s: Verskaf
DIE Volkskaswisselbeker vir bester senior redenaar is aan Hananja Jor daan toegeken.
DIE Barnie Manskultuurbeker word toegeken aan die leerling wat oor ’n breë kultuurspektrum gepresteer het. Die eerbewys word vanjaar deur Marzanne Janse van Rensburg en Karien Janse van Vuuren gedeel.
JOMARIE HAYES is aangewys as die beste junior redenaar en het die CS Williamswisselbeker verower.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
Braai lekker met wyn
DIE einde van nóg ’n woelige jaar het aangebreek, en baie van ons streek se mense gaan afsak na die kus vir ’n bietjie son, see en rus. Vir diegene wat hulself in een van Suid-Afrika se pragtige kusoorde bevind, onthou dat julle ambassadeurs is vir ons lieflike streek. Rondom die braaivure saans gaan nuwe vriende vanuit ander landstreke vir julle vra oor die Noord-Kaap. En julle gaan vertel van die skoonheid, die stilte, die ster-beligte naghemel en die vreedsaamheid. Maar moet tog nie vergeet om vir hulle te vertel van die wyne van die Oranjerivierstreek nie! Want in die afgelope jaar het Orange River Cellars behoorlik geskitter en talle nasionale en internasionale eerbewyse gewen vir die diverse reeks van gehalte-produkte. Boonop is ons wynstreek, langs die Oranjerivier en aangrensend tot die magiese Kalahari-woestyn, seker die mees uniekgeleë wyngebied in die hele wêreld. En dis hoogtyd dat meer mense bekend gestel word aan ons vrugtige colombard, fris chenin blanc en sappige shiraz, om maar ’n paar van ons pronkwyne te noem. Neem ’n paar bottels saam met vakansie, en laat die mense die wondere van ons streek proe. Die ander aktiwiteit wat tydens die vakansie geniet gaan word, is visbraai. Orange River Cellars se wit wyne is pleinweg gemaak om saam met ’n gebraaide vis soos geelstert, geelbek of kabeljou geniet te word. Hiermee ’n paar wenke van Orange River Cellars vir die perfekte visbraai: Voorbereiding Vir die braaislag waarvan ek praat, wil jy die vis langs die ruggraat oopvlek en nie van die pens se kant nie – dis vir iets anders. Sny van die stert langs die vis se ruggraat af tot by die kop. Sny daar skuins af na die vis se ken sodat die hele lyf oopgeflap is. Nou haal jy al die binnegoed uit en skrop die binnekant skoon. Die vleis hoort ferm te wees en skoon te ruik. Die vuur Daar is een of ander teorie dat ’n mens minstens ’n M Sc-graad in Vlamwese benodig om kole voor te berei wat reg is vir visbraai. Nog ’n teorie lui dat vis baie hóóg en baie lank gebraai moet word omdat die vleis so delikáát is. Dis onsin in albei gevalle. Jy maak goeie hittige kole van hout en jy braai vis teen dieselfde tempo as wat jy rooivleis braai. Die bedrupsous My persoonlike bedrupsous is droë wit wyn (van Orange River Cellars), kookolie, olyfolie en die sap van twee lemoene. Die braaislag Sny drie kepe in elk van die vis se twee velkante. Die kepe gaan die geur van jou bedrupsous in die vleis laat intrek en verseker dat die vis eweredig gaar braai aangesien die stertkant dunner is as die middelste deel. Smeer die velkant en die vleiskant met jou bedrupsous. Dit gee geur, maar help ook om te verhoed dat die vis aan die rooster vassit. Vis wat vasbrand en in stukke wegval wanneer die rooster oopgemaak word, is rampspoedig, ’n verleentheid en kan lei tot sielkundige afwykings vir die braaier. Sit die vis in die rooster. Plaas nou die vleiskant van jou vis oor die vuur. Afhangende van jou kole, hoort die rooster nie hoër as 30 cm bo die kole te wees nie. Dit moet sis en drup en braai. Ná twee minute draai jy jou vis sodat die velkant op die hitte is. Bedrup die vleiskant, wat nou wit en selfs bruingebrand by plekke kan wees. Draai die vis elke twee minute om en bedrup laat dit klap. Belangrik: Visbraaiery moet bestuur word. Met ander woorde, oë op die kole en die vis, gespits vir die geringste aanduiding wat tot ’n moontlike ramp kan lei. Jou vis is net mooi gaar wanneer jy met ’n vurk die vleis van die ruggraat wegtrek. Nie ’n oomblik later nie. Bedien met Orange River Cellars Colombard of Chenin Blanc. En kyk net hoe baie nuwe vriende word gemaak!
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
Polisie lê beslag op dwelms Anena Burger DIE Keimoes-polisie het op Dinsdag 3 Desember beslag gelê op dwelms met die straatwaarde van ongeveer R28 300. Die polisie het gereageer op inligting van dwelms wat vermoedelik in ’n huis in Alwynstraat op Keimoes versteek is. Polisiebeamptes van die misdaadvoorkomingseenheid is na die huis ontbied en het dit deursoek. Daar is beslag gelê op 61 pakkies dagga wat in ’n mikrogolfoond versteek is. Daar is ook op 282 Mandrax-pille, wat op die erf begrawe is, beslag gelê. In ’n afsonderlike voorval in November het konst. Boy Nogaga inligting ontvang dat dagga op ’n perseel in Alwynstraat, Keimoes, verkoop word. Nogaga en lede van die sigbare polisiëringseenheid het die eiendom deursoek. Hulle het die beskuldigde op heterdaad betrap waar hy met 69 pakkies dagga in ’n sak in sy hand gestaan het. Die polisie het die perseel verder deursoek. Nog drie swart sakke vol dagga is in die pakkamer gevind. Die dagga het 9 kg geweeg met ’n geraamde straatwaarde van R9 000. Daar is op die dagga beslag gelê en die beskuldigde het reeds in die plaaslike landdroshof verskyn.
KONST. BOY NOGAGA by die dagga waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf VAN links is sers. Ju rie Steenkamp, konst. Rampie Romano, konst. Banus Vries en konst. William Se bontanyane by die dwelms waarop be slag gelê is. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
Staan saam teen Dwelms nie die antwoord dwelmmisbruik Benneli Olivier Van der Walt
Benneli Olivier Van der Walt
DWELMMISBRUIK is ’n probleem oor die Noord-Kaap heen. Die polisie op Kathu verskaf die volgende inligting oor dwelmmisbruik aan lesers. Verskillende dwelms kan verskillende fisieke reaksies veroorsaak. Kafeïen, alkohol, dagga, heroïen, ecstacy, Mandrax en kokaïen word alles as dwelms geklassifiseer. Kafeïen en alkohol is wettige dwelms, terwyl dagga, heroïen, ecstacy, Mandrax en kokaïen onwettige dwelms is. Die uitwerking van die dwelm kan nie voorspel word nie. Dit is algemeen bekend baie gesoute dwelmgebruikers het al aan ’n oordosis dwelms gesterf. Dit maak nie saak hoe goed ’n mens voel terwyl jy dwelms gebruik nie, jou liggaam ly daardeur skade. Uppers (kokaïen, ecstacy, Speed, Crack) Uppers laat die gebruiker goed voel. Die korttermyn-uitwerking laat jou voel asof jy meer energie het, maar kan ook angstigheid en paranoia veroorsaak. Dit plaas geweldig druk op die hart.
Langtermyngebruik kan tot die verlies van aptyt, beskadiging van die lyf se senuweestelsel en slapeloosheid lei. Wanneer die dwelm se uitwerking oor is, kan die gebruiker depressief voel en selfs selfdoodneigings toon. Downers (alkohol, dagga, heroïen, Mandrax) Downers laat die gebruiker ontspanne voel. Die misbruik van die dwelms lei tot luiheid en maak dit moeilik om in die samelewing te funksioneer. Skoolkinders en studente wat die soort dwelms misbruik, vind dit moeilik om te konsentreer en opdragte klaar te maak. Verhoudings ly ook daaronder . . . Hallusinogene (LSD en Mescaline) Die soort dwelmmiddels veroorsaak hallusinasies wat ’n blywende uitwerking op die gebruiker se lewe kan hê. Dwelmhandelaars en -bedrywighede kan by die Kathu-polisiekantoor of by die misdaadbord in Shoprite aangemeld word. Bel ao. Allen Dalton of ao. Maryna de Klerk met enige inligting of om dwelmbedrywighede aan te meld.
WANNEER ’n mens die eerste keer ’n dwelm gebruik, sal die uitwerking waarskynlik genotvol wees. Maar hoe meer die dwelm gebruik word, hoe meer het die liggaam die dwelm nodig. En hoe meer dwelms ’n mens soek, hoe meer geld het ’n mens nodig om vir die dwelms te betaal. Geen dwelmhandelaar gee sy produk verniet weg nie. Dwelms is duur en die gevolge van dwelmmisbruik maak dit dikwels nie moontlik vir ’n gebruiker om die geld wat hy of sy nodig het vir die dwelms op ’n wettige manier te verdien nie. Baie dwelmverslaafdes pleeg misdade en ander hoërisikogedrag om geld te maak. Hulle word in hegtenis geneem en beland in die tronk. In die uiterste gevalle word dwelmverslaafdes prostitute en lei ’n tragiese lewe. Soms kan mense dwelms gebruik en vroeg genoeg daarmee ophou sonder om verslaaf te raak. Maar nie almal is een van dié mense nie. Dit
DIE misdaadbord by Kathu se Shoprite kan gebruik word om mis dade annoniem by die polisie aan te meld. Die publiek word gevra om spesifieke besonderhede oor die misdaad neer te skryf en die polisie sal dan die saak opvolg. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
maak nie saak hoe sterk ’n mens se karakter is nie, die verslawing aan dwelms is sterker. Alle dwelmverslaafdes dink hulle kan enige tyd die dwelms ophou gebruik. Ongelukkig is elke verslaafde ’n bewys dat dit nie die geval is nie. Wanneer die lewe moeilik raak, mag ’n mens hom of haar na dwelms wend. Onmiddellike bevrediging, die ontsnapping van die werklikheid, ’n gevoel
van innerlike vrede of selfs die gevoel van mag is die beloftes wat dwelmhandelaars maak. Dwelmhandelaars vertel ongelukkig nooit die volle waarheid nie. Die feite van dwelmverslawing is dat: ) Die gebruiker kan nooit die uitwerking van die dwelm voorspel nie. ) Die gebruiker kan nooit seker wees waarmee die dwelm gemeng is nie. ) Wanneer die uitwerking van die dwelm oor is, wag die werklikheid en die probleme waarvan die gebruiker probeer ontsnap het steeds. ) Enige kombinasie van dwelms kan potensieel dodelik wees. ) Dwelms laat die gebruiker beheer verloor (byvoorbeeld oor die bestuur van ’n motor). Ongeag hoe aanloklik dwelms mag lyk, sal dit nie probleme laat verdwyn nie. As ’n mens se probleme te veel begin raak, soek eerder hulp. As ’n mens al vantevore dwelms gebruik het en bang is om verslaaf te raak is dit beter om dadelik vir hulp te vra. Hoe gouer die probleem aangepak word, hoe vinniger kan ’n oplossing gevind word.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013 BOEDELKENNISGEWINGS
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
ALGEMENE KENNISGEWINGS
VOLWASSENES
EIENDOMME
BETREKKINGS 3600
NE Motlhabane logo
DIERE VIR AANNEMING
WOONSTELLE TE HUUR
PRIVAAT 1201
2015
3 PRAGTIGE KLEIN KATJIES soek goeie huise : Neem asb. 'n gratis kleintjie en gee hom 'n goeie Kersfees! Skakel 083 679 9654.
ALGEMEEN 3250
3680
WARRIOR (VIAGRA) Nou nuut in Kuruman. R150 vir 6. 100% medies getoets en geld-terugwaarborg. Veilig vir hoë bloeddruk en hartprobleme. STIMULANT (VIAGRA) Steeds beskikbaar. R150 vir 6. 100% getoets en veilig. Veilig vir hoë bloeddruk en hoë suiker. Diskrete diens. Jimmy's Drankwinkel, h/v Livingston- en Shortstraat. Dennis 073 522 8346.
PERSOONLIKE DIENSTE DAGSORG & CRÈCHES
INTERCONNECT SYSTEMS: VACANCY FOR QUALIFIED ELECTRICIAN Minimum requirements: Matric, driver's licence, Read Seal and a wireman's licence. Positioned at Kathu, NC. Send CV to: mail: Tania@interconnect.co.za or fax 053 8613 232. Closing date: 15 January 2014.
1410
LANDBOU
LITTLE MIRACLES DAY CARE: Children 4 months - 5 years. Phone Eloise 076 688 2543 Melanie 073 342 7152 REGISTER NOW FOR NEXT YEAR!
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 2210
TUIN & BESPROEIING
INTERCONNECT SYSTEMS: VACANCY AS ACCESS CONTROL SPECIALIST Minimum requirements: Matric, driver's licence and 3 years' experience. Positioned at Kathu NC. Send CV to: mail: Tania@interconnect.co.za or fax 053 861 3232. Closing date: 15 January 2014.
AANDAG ALLE BOERE: Ek koop bokke, skape, sowel as ou bakkies vir kontant. Skakel 072 604 5219.
1825
SAKE
L & J TUINDIENSTE Het u nie tyd vir u tuin nie of miskien nie die krag nie? GEEN PROBLEEM NIE. Skakel my, ek doen alles vir die beste pryse. Lucky 072 061 6772.
TE KOOP 2405
ALGEMENE & HUISDIENSTE
4205
BESIGHEID TE KOOP. Skakel 053 712 0115.
VOERTUIE
WOONSTEL: 3 slk, kombuis, sitkamer en badkamer. R5 000 p.m. Skakel Charles 073 230 5503 of 078 178 6332.
MOTORFIETSE TE KOOP
3055
3201
HONDA AFRICA TWIN, 2001, te koop. R35 000. Om te besigtig, skakel 083 679 9654.
BETREKKINGS
Kaap Agri het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep. Kaap Agri is ’n gevestigde landboudienstegroep wat as publieke maatskappy sake doen met meer as honderd-en-vyftig bedieningspunte wat regoor die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo asook Namibië strek. Met die hoofkantoor te Malmesbury, verskaf Kaap Agri ’n verskeidenheid van produkte en dienste aan ’n diverse kliëntebasis wat landbouprodusente, besighede en die algemene publiek insluit. Die volgende twee poste bestaan by ons Expressmark wat binnekort in Daniëlskuil open
• Expressmark
Handelsklerk (x2)
Hierdie veelsydige poste is ideaal geskik vir onafhanklike presteerders met sterk interpersoonlike vaardighede, en wie beskik oor ten minste ’n Senior Sertifikaat. ’n Naskoolse kwalifikasie in besigheidstudies/kleinhandel sal u aansoek versterk. Met die klem op kontroles, flink kliëntediens, die handhawing van dissipline, veiligheid en netheid, sal verantwoordelikhede hoofsaaklik sentreer rondom: • voorraadbestellings (brandstof en Expressmark-voorraad) • die kontrolering van voorraad ontvang (pryse en regte voorraad ontvang) • kontrole oor en hantering van die daaglikse voorraad-tellyste • hantering van daaglikse bankdeposito’s • die laai van geld in die ATM-masjien (indien van toepassing) • afhandeling van daaglikse brandstrofrekonsiliasies • hantering van personeelaangeleenthede (admin sowel as rybaan- en Expressmark-personeel) • toesig oor alle verkope en kliëntediens in die algemeen • administrasie wat met die voorafgaande verband hou. Belangstellendes is welkom om Johan Mouton by 054 338 9100 te kontak of vir hom ’n faks by 086 248 6000 of ’n e-pos by johan.mouton@kaapagri.co.za te stuur. Sluitingsdatum: Vrydag, 20 Desember 2013 Kaap Agri sal slegs in gepaste gevalle onderhoude met aansoekers voer. Indien u dus vyf werksdae na die sluitingsdatum geen reaksie op u aansoek ontvang het nie, moet u aanvaar dat dit onsuksesvol was.
www.kaapagri.co.za
AGRIMARK
AGRILOG
FINANSIERINGSDIENSTE PAKMARK
PRODUKTE
VERSEKERING MEGANISASIE
116112 www.ayandambanga.co.za
In die boedel van wyle Nametsegang Edward Motlhabane, identiteitsnommer 540513 5714 083 met nagelate eggenote Kgalalelo Gloria Motlhabane, identiteitsnommer 620412 1152 088, in lewe van Huis No. 2092, Itereleng Seksie, Maruping, distrik Kuruman. Boedelnommer: 4333/2011 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê by die Kantoor van die Meester van die Hooggeregshof te Mahikeng en 'n afskrif daarvan by die Landdroskantoor, Mothibistad, vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf 13 Desember 2013. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
19
Genadereën EN so sak die son en skiet sy laaste strale oor die horison net voordat die reën saggies oor die Kalahari uitsak. Foto: Anena Burger
SWAAR wolke kom soos branders oor die vlaktes van Raaswater aangerol.
Foto: Anena Burger
Sluise van die hemel oop oor Mier Meris Kocks en Anena Burger
’n ASEMROWENDE sonsondergang wat veroorsaak is deur donker donderwolke wat Sondag oor Upington saamgepak het. Regs in die foto is die Abengoasonkragpark se toring sigbaar. Foto: Anena Burger
DIE swaar donderwolke pak saam bo die Riet fonteingrensposkantoor. Foto: Meris Kocks
PLASSE water lê voor die kultuursentrum op Rietfontein ná die milde reën. Foto: Meris Kocks
NÁ die versengende hitte en knellende droogte die afgelope twee maande het die sluise van die hemel oor die warm Miergebied oopgegaan. Dit was ook in dié tyd vir mens en dier ’n beproewing in die ongenaakbare hitte. Saterdag het die weer deur die loop van die dag mooi opgesteek en was dit ’n kwessie van tyd voordat dit sou reën. Laatmiddag het ’n stofstorm oor Rietfontein gewaai en daarna het blitse en donderslae die hemelruim oorgeneem. En tóé reën dit. Maandagoggend kon die inwoners nie uitgepraat raak oor die milde reën die afgelope naweek nie. Veral die veeboere het met groot dankbaarheid oor hierdie uitkoms gepraat. Volgens die Rietfontein-grensposkantoor het 12 mm reën Saterdag en 10 mm reën Sondagnag geval. As ’n mens jou oë opslaan na die hemelruim, weet jy instinktief die reënseisoen het begin. Daar kan net oor die Heer se genade gejubel en gejuig word.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 DESEMBER 2013
DIE leerlinge van die Hoërskool Martin Oosthuizen het van jaar besonder goed op sportgebied gepresteer. Op hul on langse prysuitdeling is dié leerlinge met eerbewyse vir hul besonderse prestasies vereer. Sonette Oosthuizen het die Girla Steenkamptrofee vir senior sportvrou van die jaar ver ower. Sy is in die o.18GriekwalandWesse Plattelandhok kiespan opgeneem en het ’n goue medalje tydens die Noord Kaapatletiekkampioenskappe verower. Sy is ook in die NoordKaaptennisspan opgeneem. Die Stoney Steen kamptrofee vir beste senior sportman van die jaar is aan Tiaan Crafford toegeken. Hy het onder meer vanjaar Suid Afrika in Duitsland in skiet verteenwoordig. Hy is ook as die beste presisieskut in die NoordKaap aangewys. Foto’s: Verskaf
DIE Amanda Ferreirawisselbeker vir junior sportvrou van die jaar is aan Christi van Niekerk toegeken. Sy was van jaar deel van die NoordKaapo.16hokkiespan en het ’n goue medalje tydens die NoordKaapatletiekkampioen skappe verower. Gerber van Rooyen het die Jo Ferreira wisselbeker vir die junior sportman van die jaar ontvang. Gerber beklee tans die eerste posisie op die Noord Kaapo.15tennisleer en het sy provinsie tydens die SA tenniskampioenskappe verteenwoordig.
Deel trofee
DIE Sanlamwisselbeker vir die voortreflikste prestasie van die jaar is vanjaar deur die Hoërskool Martin Oosthuizen se drie internasionale sportsterre gedeel. Tiaan Crafford (links) het SuidAfrika in Duitsland in Oldenburg en Suhl verteenwoordig. Talitha Janse van Nieuwenhuizen (middel) het SuidAfrika tydens die JapankarateShototwêreldkampi oenskappe in Japan verteenwoordig. Duan Zaaiman (regs) het Suid Afrika op die wêreld junior waterskikampioenskappe in Mulwala in Aus tralië verteenwoordig.