Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
20 FEBRUARIE 2014 GRATIS
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
DIE blinkswart 1961Valiant van Stanley Chamberlain weerkaats die bloedrooi wiele van die 1948Ratrod van Wynand Nel. Lede van die Kalaharioumotorsklub van Upington het Sondag van hul ou motors op ’n uitstappie na die Ou Skoolgastehuis in Keimoes geneem. Foto: Lizette Slabber
Oud, maar nie koud Lizette Slabber ’n 1928-FORD, ’n Valiant en ’n Chevrolet Biscayne was maar drie van die ou motors wat ’n mens Sondag teruggevoer het na ’n vergane tydperk toe bestuurders handskoene gedra het en nie oor petrolverbruik bekommerd was nie. Op Sondag 16 Februarie het die Kalahari-oumotorsklub van Upington met ’n groot verskeiden-
heid motors van verskillende tydperke die pad na Keimoes gevat om ontbyt by die Ou Skool-gastehuis te eet. Dié statige stoet motors het toeskouers laat terugverlang na ’n tyd toe die genot in die reis gelê het en nie in die spoed waarteen die reis afgelê is nie. Die Kalahari-oumotorsklub bestaan uit ongeveer 40 lede wat meestal self hul motors herstel en restoureer.
Die meeste lede het meer as een ou motor waaraan dikwels jare gewerk word. Die oudste motor wat Sondag die pad na Keimoes teen 80 km/uur aangepak het, is ’n 1928-Ford. Dié goudgeel pragstuk behoort aan André Jansen, voorsitter van die klub. Hy werk al 15 jaar aan dié motor wat hy as ’n algehele wrak uit ’n rivierloop op Grootdrink gegrawe het. Dié Ford loop nou al
twee jaar. Volgens Trompie Burger restoureer die lede hul motors uit ’n behoefte om die ou modelle vir die jonger geslag te bewaar. “Ons hou die ou modelle gesond, en jy weet mos wat sê hulle van mans en hul speelgoed.” Die klublede vergader elke tweede maand en pak twee keer ’n kwartaal ’n uitstappie aan. Hulle was na George vir die nasionale oumotorsuitstalling en
hulle gaan vanjaar weer die ou strydrosse op die Upington-landbou-ekspo, die Marchant-skou en die Postmasburg-ysterfees uitstal. Hulle sal ook op 8 Maart by Pick n Pay hul motors ten toon stel. Die klublede sê hulle onderneem die meeste uitstappies in die winter, omdat die ouer tegnologie in die motors nie die hitte kan hanteer nie en oorverhit. ) Sien nog foto’s van die kuier op www.kalaharibulletin.co.za.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
BEHALWE vir die blitse wat geslaan het en die kragtoevoer wat kortkort onderbreek is weens die swaar reën en bekommernis oor rosyntjies en druiwe wat gaan vrot, het almal lekker gekuier. Van links is Marianna, Hannes en Pieter van der Westhuizen en ds. Melt Loubscher. Foto’s: Lizette Slabber
Reën keer nie kuier DIE NG kerk Grootdrink het op Saterdag 15 Februarie ’n Valentynspiekniek aangebied. Dié lekker kuier onder die bome is egter kortgeknip deur ’n hewige storm. Die geleentheid is in die kerksaal voortgesit. Dit het Saterdagaand 42 mm op Grootdrink gereën. LINKS: Die vroue wat die lekker kos gemaak het, is van links Carin Hüssel man, Karen Loubscher, Marietta Burger, Lidie Goosen en Petra van Wyk.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
3
Ses skemas vir Oranjerivier beplan Elise Tempelhoff
SES hidro-elektriese skemas wat saam sowat 100 MW gaan opwek, word vir die Oranjerivier beplan. Sowat 90 MW hiervan is vir Suid-Afrika bedoel en 10 MW vir Namibië. Volgens Marcia Grimbeek, projekbestuurder van HydroSA, sal dié maatskappy se vier skemas sowat 60 MW tot Suid-Afrika se kragnetwerk bydra. Nog ’n maatskappy, Sidala Energy Solutions (SES), doen omgewingsimpakstudies vir twee ander hidro-elektriese skemas by die Vanderkloofdam tussen Douglas en Hopetown. Die skemas sal 40 MW opwek. Een van HydroSA se projekte, dié by Kakamas (Neusberg) in die Noord-Kaap, is in aanbou en sal 10 MW krag opwek, het Grimbeek gesê. HydroSA beplan ook ’n hidro-elektriese skema by die Boegoebergdam (10 MW) naby Groblershoop. Die derde projek – wat nou in omstredenheid gehul is – is naby die Augrabies-waterval in die Augrabies- Nasionale Park by Riemvasmaak. As dié projek voortgaan, sal dít tussen 30 en 40 MW krag opwek. Nog ’n skema word beplan by die Richie-waterval in die Oranjerivier op die grens met Namibië. Volgens Grimbeek sal dié skema uitsluitlik krag (10 MW) aan Namibië lewer. Alle konstruksiewerk sal in Namibië gedoen word en Namibiërs sal in diens geneem word, het sy gesê. Volgens Graeme Addison van die APA-omgewingsgroep is die beplande hidro-elektriese skema by sowel die Augrabies- as by die Richie-val onaanvaarbaar. By die Augrabiesval gaan ’n natuurwonder beskadig word en by die Richie-val gaan Pofadder se enigste toerisme-attraksie vernietig word. Grimbeek het by navraag ontken die Augrabies- hidro-elektriese skema gaan in die natuurreservaat opgerig word. Sy het gesê die infrastruktuur sal 3 km stroomop van die waterval, buite die nasionale park, opgerig word. Aurecon, die omgewingskonsultante, meld egter in die voor-impakstudie dié skema sal in die nasionale park opgerig word.
GROOT omstredenheid heers oor ’n beplande hidroelektriese kragaanleg by die Augrabieswaterval wat dié natuurwonder kan skend.
Foto: Anena Burger
Volgens dié studie gaan die Oranjerivier by Augruabies “verlê” word. Addison meen ses sulke projekte in die Oranjerivier gaan toerisme en die ekologie beskadig. Verskeie openbare vergaderings oor dié projekte word vandeesweek oral in die Noord-Kaap gehou. Addison het gesê die Noord-Kaap is “vol son” en hy wil weet waarom die Oranjerivier vir die opwekking van energie vernietig word. Omgewingsbewustes meen ook HydroSA en SES moet een strategiese omgewingsimpakstudie vir al ses skemas doen, omdat dit een ekologiese stelsel is. Grimbeek het gesê hoewel die Oranjerivier een rivier is, bestaan dit uit verskillende biome wat elkeen op sy eie bestudeer moet word.
Een van Hy droSA se projekte, dié by Kakamas (Neusberg) in die Noord Kaap, is in aanbou en s a l 10 M W krag opwek.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
Paroolstelsel laat ’n mens wonder MET die onlangse vrylating van die “Waterkloof-vier”, Christoff Becker, Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk en Frikkie du Preez, het die Suid-Afrikaanse paroolstelsel weer onder die soeklig gekom. Dit wil voorkom asof gevangenes wat op parool vrygelaat word die streng voorwaardes minag. Vrae rondom parool- en mediese paroolvoorwaardes en dié wat daarvoor kwalifiseer, kan aanhangig gemaak word. Slegs ’n week nadat die sogenaamde Waterkloof-vier onder streng paroolvoorwaardes vrygelaat is, het ’n video op Youtube verskyn van Frikkie du Preez en Christoff Becker wat na bewering onwettig alkohol gebruik in die Kgosi Mampuru- Korrektiewe Sentrum in Pretoria waar hulle hul vonnis uitgedien het. Een van die paroolvoorwaardes is die gereelde terugrapportering aan die Kgosi Mampuru- Korrektiewe Sentrum. Die “Waterkloof-vier” het ’n vonnis van 12 jaar elk ontvang vir die moord op ’n hawelose man in 2001. Dit wil voorkom of Christoff Becker en Frikkie du Preez, terwyl hulle nog in aanhouding was, hul paroolvoorwaardes, asook die gevangenisreëls, oortree het. Die saak word tans ondersoek, en die twee mans is vir ’n voorlopige 62 uur terug in aanhouding. Schabir Shaik se mediese parool in 2008 het ook groot opslae veroorsaak. Shaik is in Junie 2008
op mediese parool vrygelaat nadat hy slegs 2 jaar en 4 maande van sy 15 jaar-vonnis uitgedien het. Tydens sy mediese parool is daar aantygings gemaak dat hy sy paroolvoorwaardes oortree het met onder meer die beweerde aanranding van ’n gholfjoggie, ’n onderonsie in ’n parkeerterrein by ’n moskee en die beweerde aanranding van ’n joernalis wat die gholfvoorval ondersoek het. Shaik is met ernstige hipertensie gediagnoseer en is op mediese parool vrygelaat omdat hy terminaal siek verklaar is. Vrae het na aanleiding van sy mediese parool ontstaan oor die geldigheid van sy toestand. Die omstrede voormalige polisiehoof Jackie Selebi is op 15 Julie 2010 tot 15 jaar se tronkstraf gevonnis op aanklagte van omkopery. Hy is op 12 Julie 2012 op mediese parool vrygelaat nadat daar bevind is dat hy aan onder meer nierversaking, diabetes en ’n harttoestand ly. Hy is egter net ná sy vrylating by ’n inkopiesentrum opgemerk. Hoewel hy nie sy paroolvoorwaardes oortree het nie, is vrae gevra oor die geldigheid van sy ernstige mediese toestand. Dit wil voorkom asof daar meer gekyk moet word na die kriteria van mediese parool en of geldelike bemiddeling en politieke betrokkenheid ’n rol speel in die bepaling van die gevangene se geskiktheid vir dié soort parool.
Dag só gemaak Lizette Slabber SOSIALE MEDIA bly my verstom. Ek is nie mal oor Facebook nie, maar word keer op keer stomgeslaan deur die mag wat die eenvoudige webtuiste het. Dit irriteer my die meeste van die tyd, want dit voel asof een mens die heeltyd jou Facebookblad oorneem met die simpelste aanmerking oor hoe haar koffie geproe het of hoe haar hondjie haar skoene opgevreet het. Tog het Facebook my hele matriekklas van 20 jaar gelede binne twee dae bymekaargebring. Facebook verskaf my eindelose pret met al die duisende speletjies wat daarop is en dan is daar natuurlik altyd nuwighede soos RAKnominations. Dié RAKnominations het my die afgelope tyd verstom. Aanvanklik het ek gedink dis nou weer net ’n spul narsissiste wat enigiets sal doen om raakgesien te word totdat ek só ’n RAKnomination beleef het.
Die geluk, dankbaarheid en verligting op die gesig van die mens wat die koeldrank, pasteitjie en brood ontvang het, het my oortuig dat mense wat ’n RAKnomination doen, ’n goeie ding doen. Dit maak nie saak wat sy doel daarmee is nie; of hy ’n meisie wil beïndruk, sy gesig oral op Facebook wil sien of net ’n kick wil kry uit die hoeveelheid kommentaar en likes ná die tyd. Op die ou end het hy of sy iemand se dag gemaak. Vir ’n rukkie is vreugde in iemand se lewe gebring en ek dink op die ou end is dit al wat saak maak. ’n Koeldrank op ’n snikhete dag sal enigiemand bly maak. Gaan kyk op www.kalaharibulletin.co.za na een van ons joernaliste se RAKnominations en deel joune met ons. Stuur dit na lizette.slabber@volksblad.com.
Poseer doodluiters ’n GEMSBOK staan rustig en wei terwyl nog een oor die heuwel aangestap kom op ’n onlangse besoek aan die Kgalagadioorgrenspark. Gemsbokke in die park is normaalweg menssku en hardloop weg wanneer toeriste naby hulle kom, maar die keer het die gemsbok doodluiters gestaan sodat talle foto’s van hom geneem kan word. Foto: Ilse Watson
God moet fondasie van lewe wees Ds. Philip van Vuuren BOUWERK word vandag oral in die Noord-Kaap aangetref. Ondernemings en huise skiet oral op. As jy fyner waarneem, sal jy opmerk die standaarde van vakmanskap in die boubedryf is nie altyd meer soos jare gelede nie. Dit is nogal skrikwekkend om te verneem die gehalte van sommige van die bouwerk voldoen nie meer aan die standaarde nie en dat daar nie meer die nodige inspekteurs is wat die werk inspekteer en goedkeur soos voorheen nie. Maar nou ja, so sal elkeen van ons eendag rekenskap aan God moet gee vir ons dade – goed of sleg. Die Bybel maak baie van bouwerk melding. Die ambag kom immers van die Here self af. Met die bou van die tabernakel vertel die Bybel in Exodus 35:35: Hy het hulle vervul met kunsvaardigheid om allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker van veelkleurige goed. God is geensins onbekend met
17/31 O-5
18/29
18/30
NNO-15 NNO-10
die werk van die ambagsman en kunstenaar nie. Ons is almal die bouers van ons lewe. En die bou van ons lewe op aarde is ’n groot verantwoordelikheid. Vir bouwerk is ’n goeie fondasie nodig. As die fondasie swak is, kraak die huis. Christus behoort die fondasie van ons lewe te wees. 1 Kor 3:11 lui: Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op die fondament bou, goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. Tekens van krake in ons menslike mondering is wanneer huwelike verval, verhoudings met ons kinders en ons medemens faal
17/34 OS-5
19/32
19/31
NNO-10 NNO-10
en ons geldsake skipbreuk ly. Ons integriteit word ingeboet met oneerlikheid en ontrouheid op elke vlak van ons lewe. Dit gebeur wanneer Jesus Christus nie die fondasie van ons lewe en huise is nie. Daarom is dit belangrik om die erediens van jou gemeente by te woon waar Christelike beginsels aangeleer word. Dit is belangrik om die Bybel te lees en te bid en Hom Here van jou lewe te maak. Soms skop voormanne die mure om as dit skeef gebou word, en die bouers moet van voor af begin. Die Here wil ook alles wat verkeerd gebou is, afbreek en die ons die kans bied om van voor af te begin. Soveel verkeerde dinge kan insluip en maak dat ons lewe wil wankel soos ’n gebou wat gebou is sonder die regte fondasie en boumateriaal. God is ’n God van weer begin. Hy gun elkeen van ons ’n kans om daagliks ons lewe in Sy hande te gee. Kom ons waak oor wat ons in ons lewe toelaat. Kom ons bou saam met Jesus Christus aan ’n lewensgebou waarvan God self die argitek is.
17/32
20/38
WNW-10 WNW-10 NNW-5
21/38 NW-5
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
Kleur groen streek in silwer ’n ASEMROWENDE skouspel van bliksemstrale het Sondagaand weer die hemelruim in die Groen Kalahari dramaties verlig. Die foto is op Raaswater ge neem.
Foto: Anena Burger
Gesels saam op Facebook op die blad Kalahari Bulletin
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
Plakkers bou hier ‘huise’ Ilse Watson AGTER Janke-gastehuis in Kuruman word ’n onwettige plakkerskamp opgerig. Die inwoners van die informele nedersetting ry glo bakstene met winkeltrollies aan en bou “huise”. Die sage van die halfvoltooide gebou wat op die berugte erf 489 deur die omstrede Wandile Bozwana, eienaar van TEB Properties, gebou is, duur al jare. Hy het die gebou gekoop en afgebreek en onwettig daarop begin bou. Daar is beweer dat senior amptenare van die GaSegonyana-munisipaliteit ook hierby betrokke was. Verskeie inwoners van Kuruman beweer dat dié geboue ook ’n nes vir prostitusie is.
LEEFSTYL
Hartsiektes kom algemeen voor Yolandi van Deventer
DIE halfvoltooide huis wat die omstrede Wandile Bozwana gebou het. Foto’s: Ilse Watson
HARTSIEKTES en beroertes is die hoofoorsaak van sterfte in Suid-Afrika. Een uit elke drie mans en een uit elke vier vroue sal ’n hartsiekte ontwikkel voordat hulle 60 jaar oud is. Sekere risiko-faktore verhoog die kans op ’n hartsiekte, en dit sluit in hoë bloeddruk, cholesterol, diabetes, rook, oorgewig, slegte eetgewoontes, alkoholmisbruik, onaktiwiteit, asook ’n familie-geskiedenis. Verskeie toetse kan gedoen word om vinniger diagnoses te doen en vroeër met behandeling te begin indien jy ’n risiko vir hartsiektes het. Hierdie toetse sluit in ’n fisieke ondersoek deur ’n dokter, EKG’s, bloedtoetse, hartsonars en x-strale. ’n Hartsonar is ’n toets
sonder newe-effekte wat gebruik kan word om ’n wye verskeidenheid harttoestande te diagnoseer. Ultraklank word gebruik om na die hart te “kyk”. Al die strukture soos die hartkleppe, hartkamers, die hartspier en die aorta kan gesien word en daar kan waargeneem word hoe goed dit funksioneer. Daar is verskeie redes om na jou hart te kyk: hartkloppings, ’n hartgeruis wat jou dokter kan hoor, pyn in die bors, erge moegheid, erge benoudheid en enige vorige hartprobleme. Hartsonars is ’n maklike manier om met klankgolwe wat deur die borskas na die hart beweeg na die hart te kyk en so ’n prentjie te vorm. Dit kan die dokter in staat stel om die beste moontlike behandeling voor te skryf. Hartsonars is nou by die
Mediclinic Kathu beskikbaar en word deur ’n gekwalifiseerde kliniese tegnoloog, Esmarie Smit, uitgevoer. Vir meer inligting of ’n afspraak vir ’n hartsonar kan jy die volgende nommer skakel: 073-600-5927. Lewensbedreigende hartsiektes kan geïdentifiseer en behandel word. Beskerm jou hart vandag. Volg ’n goeie gebalanseerde dieet, oefen gereeld, behou ’n goeie gewig, kyk na jou bloeddruk, laat jou toets vir cholesterol en diabetes, en raadpleeg jou dokter. ) Die gesondheidswenke word deur die Mediclinic Kathu verskaf.
Speletjiesaand ’n fees AGTER hierdie boom en word “huise” opgerig met bakstene wat met winkel trollies aangery word.
OP Vrydag 7 Februarie is die skoolsaal van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas in ’n speletjies-arkade verander. Leerlinge het op die HMO se Local Area Network-aand ’n groot verskeidenheid rekenaar-, Playstation- en Xbox-speletjies teen mekaar gespeel. Jannes van Niekerk
en sy span, bestaande uit Tiaan de Wet, Rigardt Engelbrecht, Leanda van Zyl en Henri Warkus, wat die aand gereël het, het heelwat borge vir die aand gekry. Daar was goeie pryse of die spel. Die algehele wenners van die onderskeie speletjies op die aand is:
) Nathan Raman en Christopher Kriel het die Tekkentoernooi gewen. ) Klaas Mompe en Dylan Goeiman het die sokkertoernooi gewen. ) Die Counterstrike-toernooi is deur Guilliam van Niekerk, Jason Knop, Dale Gradwell en Barry van Niekerk gewen.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
STORIETYD bly maar net lekker. Hier luister die kleintjies aandagtig na ’n verhaal wat vir hulle voorgelees word.
Leer meer oor biblioteek DIE gr. Oleerlinge van die Laerskool OranjeNoord het Donderdag vir hul eerste skooluitstappie die biblioteek besoek. Die kleinspan is met ’n storie getrakteer en het geleer hoe ’n biblioteek werk. Hier kry Lynmari Nel haar klas eers in twee ordelike rye.
Foto: Anena Burger
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
Waarsku met projek teen gevare van dwelms DIE nuwe Taadabestuur van die Gekombineerde Skool Rietfontein is pas aangewys. Taada is ’n tienertottienerprojek om tieners teen die gevare van dwelmmisbruik te waarsku. Die projek se leuse is I am fine without drugs. Dié groep wil graag dié leuse uitleef en meer leerlinge met die projek bereik. Van links is Padvil Vilander (tesourier), Warren de Wee (hulpsekretaris), Ruben Izaks (sekretaris), Anthony du Plessis (ondervoorsitter) en Phillipa Kruiper (voorsitter). Foto: Meris Kocks
Rekenaars is goud werd vir biblioteek Meris Kocks DIE Rietfontein-biblioteek het drie nuwe rekenaars en ’n goeie drukker van die departement van sport, kuns en kultuur ontvang. Dié biblioteek, wat as ’n trollie-biblioteek begin het met boeke wat in ’n mobiele trollie gepak is, is nou ’n volwaardige biblioteek wat ’n diens aan die gemeenskap en die leerlinge van die Gekombineerde Skool Rietfontein lewer. Maria Bezuidenhout (bibliotekaris) sê: “Die publiek en veral die leerlinge moet nou in groot getalle en gereeld biblioteek toe kom om te lees en navorsing te doen om só beter resultate in hul skoolwerk te sien.”
CHANTELL BEUKES (gr. 12) werk op die internet terwyl Maria Bezuidenhout (bibliotekaris) haar help.
MARIA BEZUIDENHOUT (bibliote karis) by die rekenaars wat deur die departement van sport, kuns en kul tuur aan die Rietfonteinbiblioteek geskenk is. Foto: Meris Kocks
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
9
SÓ het die bliksemstrale verlede Woensdagaand net duskant die gholfbaan geslaan. Die swaar weer bo die dorp het letterlik soos kanon skote geklink. Dit het Woensdagaand 23,5 mm en Donderdagaand 14 mm gereën. Foto: Anena Burger
Só sê lesers op Facebook
Koerant daag lesers uit Anena Burger DIE NEKNominations, ’n gier waar mense op sosiale netwerke uitgedaag word om hul drankies in een sluk weg te sluk, het wyd opslae gemaak, veral oor die aantal sterftes wat dit tot dusver veroorsaak het. ’n Suid-Afrikaner, Brent Lindeque, het egter sy NEKNomination in ’n positiewe geleentheid verander. Hy het besluit om eerder ’n kospakkie aan ’n hawelose man te gee en
toe sy vriende uitgedaag om dieselfde te doen. Die nominasies staan nou as RAKNominations (Random Acts of Kindness) bekend. Op sy video dui hy statistieke van werkloosheid en armoede in Suid-Afrika aan. Volksblad, die Kalahari Bulletin se moederkoerant, het al oor die onlangsste NEKNomination sterfgevalle berig. Nóg twee jong mans van Brittanje, Stephen Brooks (29) en Isaac Richardson (20), is albei na dié gevaarlike speletjie waarin hulle bykans ’n halfliter drank weggesluk het,
oorlede. Hul vriende het hierna ’n blad op die sosiale netwerk Facebook – Ban NEKNominate – gestig waarin hulle vra NEKNomitions moet verban word. Anena Burger, vryskutjoernalis van die Kalahari Bulletin Upington en Volksblad op Upington, het besluit om ook haar deel te doen deur ’n RAKNomination uit te voer. Sy het haar kollegas van Volksblad in Bloemfontein en Kimberley en die personeel van die kantore van die Kalahari Bulletin in Kathu en Kuruman uitgedaag om binne 48 uur
dieselfde te doen. Burger het ’n kospakkie met ’n brood, ’n blikkie koeldrank en ’n warm pasteitjie aan ’n arm motorwag oorhandig wat in die bloedige son sy bes doen om motoriste te help parkeer en hul motors op te pas. Die Kalahari Bulletin het daarna sy RAKnomination gedoen en daag lesers uit om ook ’n RAKnomination te doen en aan die koerant te stuur. Stuur die RAKnomination na lizette.slabber@volksblad.com. ) Gaan kyk na die video’s op www.kalaharibulletin.co.za.
LEES wat mense gesê het oor die RAKnomination op Facebook: Sanet Liebenberg: Amazing Pieter Wepener: Great Great Great Nadia Lucas: Ag cute man!!! Well done!! Nati Louw Harris: Droë brood . . . shame . . . hehehe Elna Veldsman: Dis ’n baie goeie idee. Mureda Hougaard-Kenyon: Fabulous! Well done!!
19 - 23 February 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
3990
2for 2for
e R o m e sav
R
22
R
per pack
26
Veg Hamper 4.5kg t $POUFOUT NBZ WBSZ
Black Grapes 500g
Pears Econo 1.5kg
3990 per kg
20
R
per tray
R
Large Eggs 18’s
30
Brisket
4990 per kg
per kg
Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece
Lean Beef Mince
shop any W it h so much value, w hy
w here else?
or we’ll BEAT it*
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for
4990 per kg
Texan Steak
6990 per kg
Lamb Braai Chops
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
Seil oor dwarslat BO: Jessi Wessels van die Primêre Skool op die Voorpos seil oor die dwarslat in die hoogspringnommer vir meisies 12 jaar. Foto’s: Lizette Slabber LINKS: Izha Oliphant van die Laerskool Franciscus stoot ge wig in die meisies se o.11afdeling. REGS: Die //Khara Haisatletiekbyeen koms vir laerskole het op Vrydag 14 Februa rie plaasgevind. Hier gooi CarlushAnn van Staden van die Pri mêre Skool op die Voorpos die spies in die spiesgooinommer vir meisies 13 jaar.
Rollerstyle
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
KV Mosang
PERSOONLIKE DIENSTE
HUISE TE HUUR 3270
AIDA KURUMAN 3 slaapkamers, 2 badk, 1 m/h, boorgat, koopkrag. Te huur: R8 800 p.m. Skakel Annatjie 076 395 9422 . Ons benodig dringend woonstelle/huise om te verhuur/verkoop. SKAKEL ONS GERUS!
SPYSENIERING & LOKALE 1401
THOMPSONSVIEW: KURUMAN. 3 slk, 2 badk, 1 garage, braaiarea, staanplek vir 2 motors. Skakel 082 593 1331.
BETREKKINGS 3600
DRYWERS
HUISVERBETERINGS BUITE
3650
1836
'N GOED GEORGANISEERDE KOERIERMAATSKAPPY benodig die dienste van kode-8-bestuurders. Goeie kennis van omliggende gebiede en koerierondervinding sal voordelig wees. Skakel Riaan Badenhorst 082 483 7032.
ALLE HERSTELWERK in en om die huis. Wasmasjiene, stowe, staalwerk, loodgieter, elektries, bouwerk, plaveisel, plafonne, dakke, teëls, ens. Skakel 082 752 1600.
VOLWASSENES
ALGEMEEN 3680
HUISHULP BENODIG: met verwysings. Nie inslaap nie. Skakel 084 517 0481.
PRIVAAT
SOEK JONG MAN as battery-'fitter'. Matriek en moet goed Engels en Afrikaans kan praat. Stuur CV na 053 712 2207.
BOEDELKENNISGEWINGS
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
In die boedel van wyle Keeditse Virginia Mosang, identiteitsnommer 340402 0351 087, weduwee, in lewe van Huis no. C64, Matlhabanenong, distrik Kuruman. Boedelnommer: 2335/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 21 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
1475
MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.
HLJ Moorcroft
MS Fourie In die boedel van wyle Magritha Susanna Fourie, identiteitsnommer 331011 0037 082 en nagelate gade Jan Daniël Fourie, identiteitsnommer 311031 5005 086 van plaas Lincoln, distrik Kuruman. Boedelnommer: 1857/2013 Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê by kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en die Landdros, Kuruman vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 21 Februarie 2014. FOURIE & BESTER OUDITEURE Hanmar Gebou Stewartstraat 32 Kuruman
LANDBOU
KLERASIE
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE 1615
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
TROETELDIERE 1660
BASSET-HONDJIES: Baie lief vir kinders. Driekleur. Ingeënt en ontwurm. Foto's via MMS of e-pos. R1 800 stuk. Beskikbaar vanaf 15 Februarie. Skakel Willemien 083 669 9068 of 078 457 0889.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075
CASH FOR CARS, bakkies, trucks, combi's, busses, caravans, 4x4s, etc. Phone 071 967 0285.
EIENDOMME
TE KOOP
2210
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.
WOONSTELLE TE HUUR 3250
1-SLAAPKAMER-WOONSTEL in Kuruman, R4 800 p.m. DStv, water en krag ingesluit. Skakel 082 783 1462. EENMANSWOONSTEL beskikbaar vanaf 1 Maart 2014. R3 300 p.m. plus R3 300 dep. Water ingesluit. Skakel 073 688 1547 of 053 712 0534.
TE HUUR 3205
LUUKSE OORNAGKAMERS te huur teen R600 per nag, B & B. Veilige parkering. Skakel 082 260 2181.
VOERTUIE
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR
MEENTHUIS te huur: 2 slaapkamers met of sonder meubels, R5 000 p.m. Skakel 082 791 4249.
3010
COLT, 2003, R35 000. 2000 Hardbody, R35 000. 2001 Corsa, R33 000. Phone 071 967 0285.
TE KOOP 3201
TOYOTA RAIDER 3.0D, 2000, R78 500. 1998 Toyota Raider 2.8D, R63 500. Phone 072 472 8686.
DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
HUISVERBETERINGS BINNE 1835
MOTORS TE KOOP 3025
CAMRY, 1996, R38 500. 2002 Tazz, R33 000. 1991 Cressida, R23 500. Phone 071 967 0285. CORSA, 2002, R39 500. 2002 Astra, R38 500. 1995 BMW, R26 500. Phone 071 967 0285. GOLF, 1999, R20 000. 1997 Uno, R18 000. 1998 Honda, R22 000. Phone 071 967 0285.
INYATHI COMBI 2.2, 16-SEATER, 2010, R65 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686. UNO PACER, 1991, goeie toestand, slegs 130 000 km op klok, CD-speler. Ideale studentevoertuig. Skakel 083 772 2316.
KOMMERSIEEL 3060
FERMAR MATWASDIENSTE: Skakel Louwtjie 073 207 6797.
MASSEY FERGUSON TRACTOR MF 65, R29 500. Landini 7500, R34 0000. Phone 071 967 0285. MITSUBISHI TRUCK, 1991, L300, rails, low km, R43 000. Phone 071 967 0285 or 072 472 8686.
SOEK, KOOP, VERKOOP
4205
In die boedel van wyle Hendrik Lukas Johannes Moorcroft wat woonagtig was te plaas Ropermoor, distrik Kuruman. Boedelnommer: 3185/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 21 Februarie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460
2015
SOSIAAL & ONTSPANNING
11
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
B E T R E K K I N G S
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
15
Duinevelders wys hul slag in Hartswater AGT atlete van die Hoërskool Duineveld het op Hartswater se Top20-atletiekbyeenkoms medaljes gewen. Ongeveer 500 atlete het vanjaar aan die Hartswater-byeenkoms deelgeneem. Die volgende leerlinge het medaljes gewen: Dorothy-Ann du Preez het ’n goue medalje in hoogspring meisies o.15 gewen. Marné Visser het ’n bronsmedalje in diskusgooi meisies o.17 gewen. Rethe-Mari Lategan het ’n bronsmedalje in die 400 m-hekkiesnommer vir meisies o.17 en ’n silwermedalje in die 100 m-hekkiesnommer gewen. Coenraad Kotzé het ’n goue medalje in die gewigstoot vir seuns o.15 gewen. Floris Thirion het ’n silwermedalje in die 3 000 m vir seuns o.17 gewen. Dutoit Visser het ’n silwermedalje in die diskusgooi-nommer vir seuns o.17 gewen. Francois Page het ’n goue medalje in die 400 m-hekkies vir seuns o.19 gewen. Julian Titus het ’n goue medalje in die 400 m-hekkies seuns o.17 gewen.
REGS: DorothyAnn du Preez het ’n goue medalje in hoogspring verower.
ONDER: Die groep atlete van die Hoërskool Duineveld wat aan die Hartswateratletiek byeenkoms deelgeneem het. Foto’s: Verskaf
RETHEMARI LATEGAN het ’n bronsmedalje en ’n goue medalje in hekkiesnommers gewen.
Driven by passion - guided by value - built on partnership. It is always a great time to join our team
Mr Price consists of five retail chains, focusing on clothing, footwear, sports equipment, accessories and homewear.
MR PRICE HOME - KATHU (NORTHERN CAPE) Mr Price Home is a leading homeware and textile retailer that offers contemporary designed homeware and furniture to value-minded customers at an exceptional value. We are on the hunt for a talented and passionate Store Manager to lead the team and sell our innovative products.
STORE MANAGER • Drive sales and turnover • Merchandise management • Lead a team of enthusiastic Retail Store Associates • Create the ultimate customer shopping experience. As Store Manager it is expected of you to take ownership of the store to sell Mr. Price Home products. In this role you will be responsible for engaging with our customers on a daily basis. Your role will require you to open and close the store, engage with the Area/Operations Manager regarding stock flow, stock shrinkage, maintaining visual standards, budget management, employee relations and recruitment. Your fun, energetic approach to life will see you leading your team by example and also driving an unforgettable customer experience. Minimum Requirements: • A Grade 12 qualification essential • Previous experience managing a retail store • Excellent merchandising and selling skills. To apply, please log onto www.mrpricegroupcareers.com and search for req 633. Click “Apply now” or apply “With LinkedIn “and one of our friendly Recruitment Facilitators will be in touch with you. CLOSING DATE: 07 MARCH 2014. If you have not been contacted within 3 weeks of the closing date please consider your application unsuccessful. MR PRICE HOME is an equal opportunity employer and committed to Employment Equity.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014
Twee speel land vol
VOOR is Marcell van der Westhuizen; van links, middel: Nakkie Duvenhage, Giovanni Late gan, Zinedine Robinson, William Briekwa en André Share; agter: Jaco Zietsman, Reinhardt Hayes, Curtley May, Geraldo Meintjies, Bado Beukes (afrigter), Christo Freeman, Gert Rup ping en Johannes du Plessis (kaptein). Foto: Verskaf
TWEE tennisspelers van die Serfonteintennisakademie het in die Desember-vakansie aan tennistoernooie deelgeneem. Lombard Conradie het aan die Westelike ProvinsieKey Health Slazenger-tennistoernooi deelgeneem. In die o.10-enkelspelafdeling het hy baie goed gevaar en tweede in die dubbelspelafdeling geëindig. Connie Conradie het van 10 tot 12 Januarie aan die Kloppers-tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Hy het die dubbelspelafdeling vir seuns o.16 gewen.
LOMBARD CONRADIE
Uppies-krieket begin ’14 goed
DIE Hoërskool Upington se krieketspan het die 2014-seisoen op ’n hoë noot begin. Hy het weer die Carltonians in ’n 50-boulbeurtwedstryd oorwin. In die afgelope vier wedstryde het Uppies net een keer die onderspit gedelf. In ’n wedstryd teen die Hoërskool Duineveld in ’n T20-wedstryd het Uppies met ses paaltjies verloor. Teen die Carltonians het Uppies eerste gekolf en 128/10 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken met Geraldo Meintjies met 47 en André Share met 43 lopies onderskeidelik. Die boulers van Uppies wat uitgestaan het, was Reinhardt Hayes met 3-28 en André Share met 1-19. Teen die Apex-krieketklub het hulle laasgenoemde vir ’n slegs 73/10 uitgeboul en met agt paaltjies geseëvier. Johannes du Plessis met 45 nie uit nie en Gert Rupping met 19 lopies en boulsyfers van 2-15 was van die sterre van die wedstryd.
William Briekwa was die beste bouler met 4-19. Uppies se eerste krieketspan het ook in ’n 25-boulbeurtwedstryd teen Duineveld te staan gekom en Duineveld beperk tot 59/10 in 21 boulbeurte. Uppies het daarna gekolf en geantwoord met 62-5 in 15 boulbeurte. Jaco Zietsman wat 22 lopies met die kolf en Gert Rupping wat 3-13 met die bal aangeteken het, was van Uppies se sleutelspelers. Zinedine Robinson (14 jaar) het ook in sy eerste wedstryd hom goed van sy taak gekwyt. Die hoogtepunt was die oortuigende oorwinning teen Carltonians in ’n 50-boulbeurtwedstrytd. Laasgenoemde het eerste gekolf en 162/10 aangeteken. Uppies het die telling verbygesteek met drie paaltjies staande. Johannes du Plessis (kaptein) met 42 en Geraldo Meintjies met 39 het goed gekolf en Gert Rupping met syfers van 4-17 het met die bal uitgeblink. Die Vikings en Duineveld kom volgende op Uppies se krieketveld teen mekaar te staan.
CONNIE CONRADIE
Foto’s: Verskaf