Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
20 MAART 2014
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
GRATIS
Vloedvrese besweer Departement verseker boere 2011 se vloedsyfers nie verwag Lizette Slabber “AS ons na die geskiedkundige gegewens kyk, is ons nie naastenby by die 2011-vloedsyfers nie, dus kan ek die versekering gee daar is geen rede vir paniek nie.” Dít volgens Abe Abrahams van die departement van waterwese in Kimberley. Hoewel vloedwaarskuwings vir groot gedeeltes van Suid-Afrika uitgestuur is, lyk dit tog asof boere langs die Oranjervier nie in die stadium hoef te vrees dat nog ’n vloed dié gebied sal tref nie. Abrahams sê die tydens die 2011-vloed het sowel die Vaalrivier as die Oranjerivier saam afgekom en net die Vaalrivier is nou onder druk. “Ons gee gewoonlik vloedwaarskuwings wanneer riviere die 800 kubieke meter per sekonde-vlak bereik. Sewe sluise van die Vaaldam is nou oop en water vloei teen ongeveer 900 kubieke meter per sekonde uit, maar die Bloemhofdam is slegs 90% vol en hoewel water teen 1 079 kubieke meter per sekonde in die dam vloei, vloei dit teen slegs 500 kubieke meter per sekonde uit.” Abrahams het bygevoeg die syfers is ver weg van die 3 500 kubieke meter per sekonde waarteen water tydens die 2011-vloed gevloei het. Waterwese het verlede week ’n waarskuwing uitgereik om mense van moontlike vloede in die noordelike, sentrale en oostelike dele van Suid-Afrika bewus te maak. Limpopo en Mpumalanga het verlede week swaar vloede beleef en verskeie mense is in oorstromings dood. Volgens Abrahams word dié water met die Olifants- en Krokodilriviere ooswaarts weggevoer en sal dit nie die
Spane in die water, laat spat . . .
DIE derde Groen Kalaharikanomarathon begin vandag. Met prysgeld van R400 000 is verskeie bekendes in die kanowêreld na dié besonderse wedvaart gelok. Die marathon duur tot Saterdag. Dié foto is op dag drie van die 2013wedvaart geneem. Lees ook berig op bl. 2. Foto: Jacques Marais
Vaalrivierstelsels beïnvloed nie. “Slegs water wat in die Vaalrivier se opvangsgebied val, sal die Vaaldam onder verdere druk plaas.” het hy gesê. Die Vaaldam
is 107% vol. Luidens die departement van waterwese sal hy in kontak bly met rampbestuursentra en sal hy seker maak vloedwaarskuwings
word betyds gestuur. Abrahams stel voor boere langs die Oranjerivier hou hul webtuiste www.dwaf.gov.za dop. Kyk onder “shortcuts” en kliek
op Hydrology (Data, dams, floods and flows). Hier kan die vlakke van damme en die uitvloei van water daagliks dopgehou word.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Wêreldroeiers pak wedvaart DIE eerste keer sedert die Groen Kalaharikanomarathon se ontstaan drie jaar gelede gaan internasionale roeiers aan dié wedvaart deelneem. Toproeiers van Duitsland en die Tsjeggiese Republiek sal hulle by die Suid-Afrikaanse roeiers aansluit. Achim Overbeck, wenner van die silwermedalje op die 2010-wêreldkampioenskapsbyeenkoms en die 2011- Europese kampioen, sal saam met sy mede-Duitser Tobias Bong aan die wedvaart deelneem. Bong het ’n goue medalje in die enkelafdeling van die 2012-wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Frankryk gewen. Jakub Adam en sy suster, Anna Adamova, van die Tsjeggiese Republiek sal ook hul debuut op Suid-Afrika se grootste rivier maak. Adam roei saam met Cam Schoeman, voormalige wêreldkampioen, en Adamova sal saam met Abbie Adie roei. Gawie Nieuwoudt, organiseerder, sê: Ons het reeds ’n klomp sterk deelnemers wat wêreldkampioene in verskeie kano-dissiplines insluit en is oortuig die internasionale deelnemers sal die mededinging selfs nog strawwer maak. Dit is ook die ideale manier om die marathon onder internasionale roeiers te bemark en om deelnemers van oor die wêreld heen vir toekomstige byeenkomste te verseker. Diegene wat graag die aksie op die rivier wil dophou, kan dié plekke besoek: Vandag spring die roeiers om 08:00 in Upington weg. Hulle sal ongeveer 34 km roei en hul eerste ruskans by Oranjerus neem. Die tweede skof van die marathon begin môre by Ikaia in Keimoes. Die roeiers roei op dag twee ongeveer 39 km tot by Die Mas in Kakamas. In die derde skof wat Saterdag plaasvind, roei hulle 26 km van Kakamas af tot by die Khamkirri-wildreservaat. Vanjaar vind die marathon in die K2-formaat plaas en meer as dubbeld
JASPER MOCKE, die wenner van die 2013kanowedvaart. die aantal inskrywings word vanjaar verwag. Jasper Mocke, wat verlede jaar die K1-formaat gewen het, sê die nuwe wed-
vaart is baie opwindend en sal so bly in die paar jaar wat voorlê weens die onvoorspelbaarheid van die rivier. “Roeiers het verskillende menings oor
Foto: Jacques Marais
hoe om die wedvaart aan te pak. “Ek het die meeste van die laaste skof gehou, omdat die rivier nouer, voller en vinniger was en ons harder moes roei.”
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Velties het wel 100% DIE Hoërskool Duineveld spog wel met ’n 100%-slaagsyfer in die 2013-matriekeindeksamen. Dit is die sesde agtereenvolgende jaar dat Duineveld dit behaal. Nadat een antwoordstel van ’n kandidaat hernagesien is, het hy die betrokke vak en dus sy jaar geslaag – en kon Duineveld weer met ’n 100%-slaagsyfer spog. Met die hernasienproses is van Lizanne Hugo se antwoordstelle ook nagesien en spog sy ook nou met ’n gemiddelde A. Die skool wil haar graag met dié prestasie gelukwens, hoewel dit jammer is
3
Leerkragte se loon op pad André Botha
LIZANNE HUGO
Foto: Megan Loots
die erkenning kom so lank ná die lekker van die matriekuitslae. Duineveld kan ná die hernasienproses nou met sewe gemiddelde A-kandidate in die nasionale senior sertifikaateksamen vir 2013 spog.
DIE Noord-Kaapse onderwysdepartement het onderneem dat alle tydelike en gr. O-onderwysers in die provinsie teen einde Maart betaal sal word. Talle tydelike en gr. O-onderwysers spook reeds sedert die begin van die jaar om hul salarisse te kry. Matseliso Tau, hoofdirekteur: menslike hulpbronne, het verlede week Donderdag op ’n nuuskonferensie gesê van die 8 105 onderwysposte in die Noord-Kaap is 1 476 vakant. Tydelike onderwysers is in dié poste aangestel. Daarby is 216 bykomende onderwysposte in Februarie
goedgekeur. Laasgenoemde was in gevalle waar skole se leerlingtalle toegeneem het of waar die vakkeuse uitgebrei is. Aanstellingsdokumente vir tydelike onderwysers moes op 15 Januarie, die dag waarop skole vir die nuwe skooljaar geopen het, aan die distrikskantore gegee word. In talle gevalle was die dokumente onvolledig of nie reg ingevul nie. Die betalings kon daarom nie gedoen word nie. Die distrikskantore is so ingelig en betalings is weekliks gedoen sodra die nodige en korrekte dokumente ontvang is. Salarisse vir onderwysers in bykomende poste sal op 30 Maart betaal word.
Vertragings in die betaling van gr. O-onderwysers was onder meer omdat die meeste skole eers gr. O-leerlinge geregistreer het op die dag waarop die skole geopen het en omdat sommige onderwysers nie die nodige kwalifikasies het nie. Altesaam 564 kontrakte word nou nagegaan sodat die betalings verwerk kan word. ’n Verdere 176 kontrakte is nog uitstaande. Hy het tydelike onderwysers en gr. O-onderwysers wat nog nie salarisse gekry het nie, gevra om die afdeling vir menslike hulpbronne se oproepsentrum by 053-839-6692 of 053-639-6697 te bel.
JP sterk goed aan ’n DRIEJARIGE seun van Upington, wat verlede week deur hul boerboel in die gesig gebyt is, is uit die hospitaal ontslaan en dit gaan goed met hom. JP Janse van Rensburg en Brandy (8) was beste maats, sê JP se pa, Peet Janse van Rensburg. Janse van Rensburg sê JP het die Dinsdagaand vir Brandy ’n drukkie gegee en gesê hy is lief vir hom. Die Woensdagaand het JP uitgegaan om te gaan swem en voordat hy by die huis se tweede trap kon afklim, het Brandy hom gebyt. “My vrou, Nicolene, was in die
kombuis doenig. Sy het gehoor Brandy grom en die volgende oomblik toe gil JP. Sy is onmiddellik by die deur uit en sien toe JP is vol bloed.” JP is in ’n handdoek toegedraai en na die hospitaal gebring. Die dokter kon nie onmiddellik sy wonde heg nie, omdat hy te erg geskok was. Hy is die Donderdagoggend behandel. JP het 19 steke gekry. Hy is aan sy kop en by sy wenkbrou gebyt en het krapmerke oor sy wang. Janse van Rensburg sê hulle het Brandy vir genadedood na ’n veearts gebring.
“Dit was baie hartseer om hom te laat uitsit. Ek het die veearts gevra of ons hom nie eerder kan weggee nie, maar hy het gesê as hy een keer gebyt het, gaan hy weer byt.” Janse van Rensburg sê hy kan sien JP verlang na Brandy. “Toe hy by die huis kom, het hy gevra waar Brandy is. Ons het gesê Brandy is nou by Jesus en toe sê hy hy is bly, want nou kan Brandy hom ook oppas. ’n Mens kan sien hy soek na Brandy wanneer hy op die trap sit.” Die gesin het nie meer honde nie en is nie seker of hulle gou weer een sal kry nie.
JP JANSE VAN RENSBURG is deur ’n boerboel in die gesig gebyt. Foto: Verskaf
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Uur koester moederaarde DIE jaarlikse Aarde-uur vind vanjaar op 29 Maart plaas. Mense gaan gevra word om hul ligte op dié dag tussen 20:30 en 21:30 af te skakel. Nie net word geweldig baie krag met die projek gespaar nie, maar bewustheid oor die aarde en sy probleme word ook bevorder. Met aardverhitting wat ’n wesentlike probleem is en nog groter probleme in die toekoms gaan veroorsaak, die energiekrisis en die druk op die aarde se natuurlike hulpbronne is dit tyd dat mense meer verantwoordelikheid vir die omgewing moet aanvaar. Mense moet besef hulle sal eienaarskap van die aarde, en spesifiek die omgewing waarin hulle bly, moet aanvaar. Ons woon in ’n landelike omgewing en is dus baie bewus van die impak wat die
veranderende weerpatrone op die landbou en volhoubaarheid het. Skakel die geiser bedags af, skakel onnodige ligte in die huis af, ry fiets en stap. Moenie vir elke kort rit in die motor spring en ry daarheen nie. Gebruik organiese produkte in die tuin en op landerye. Vermy chemiese middels om insekte en plae uit die tuin te hou. Lewe gesonder. Volg Vleislose Maandae en maak seker dat jy jou kinders leer om die omgewing te koester en dit te bewaar. Elke bietjie help. So, sit jou ligte af, steek die kerse aan en neem eienaarskap van die aarde. Gebruik sommer ook dié uur van donker om die regte boodskap by jou kinders tuis te bring.
Kleur lug na die reën in NA die reën kom die mooi. Ná ’n deurmekaar weerdag wat tussen sopnat en bloedig warm gewissel het, is die dag met die pragtige reënboog afgesluit. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
Leef as beelddraer Speel gholf so sit-sit van God op aarde Ilse Watson
Ds. Pieter van Zyl GENESIS 1:27-28: God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” Om mens te wees en nog boonop God se kind, is baie spesiaal. Dit beteken dat jy onder die genade van die Here staan. Dit beteken ook dat Hy die reg het om verantwoordelike optrede van jou te verwag. God het jou met ’n lewensdoel gemaak – om ’n stukkie van sy skepping as sy verteenwoordiger op te pas en te versorg. As deel van hierdie verantwoordelikheid maak Hy mense ook vir mekaar verantwoordelik. Op Kain se vraag “Moet ek dan my broer oppas?”, is die antwoord baie duidelik “Ja!”. Die samevatting van die wet stel dit ook duidelik: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Ons moet mekaar menswaardig behandel, dan kan ons ook
verwag om menswaardig behandel te word. As daar ooit iemand is wat nie menswaardig behandel is nie, was dit Jesus. Hy is deur die regter Pilatus onskuldig verklaar, maar word steeds aan die skare oorgelewer om gegesel en gekruisig te word. Hy sterf op die wreedste en onmenslikste manier denkbaar. En tog is dit die grootste daad van liefde ooit, die kans wat verlore mense, wat hul menswaardigheid verloor het, kry om weer hul plek as verteenwoordigers van God in te neem. So word ons in God se genadeplan ingesluit. Wanneer ons môre Menseregtedag vier, laat dit dan ook ’n viering van die genade van God wees, wat jou weer menswaardig gemaak het – ’n mens wat iets in God se koninkryk beteken. Om mens te wees gee nie net regte nie, maar ook verantwoordelikheid. Leef as beelddraer van God, sy verteenwoordiger op aarde – Christus het dit vir jou moontlik gemaak.
EK het in 2006 gholfstokke nadergesleep en besluit dit is nou tyd dat ek ook leer hoe om gholf te speel. My pa was ’n kranige gholfspeler en dit was een van sy passies. My ma was natuurlik nie altyd so beïndruk met elke Saterdag se spelery nie. Die manne het ná die dag alte lekker op die 19de putjie gekuier. ’n Skoolvriend en professionele gholfspeler, Ben Fouchee, het my daar in die Paarl afgerig. Gholf is glad nie ’n maklike spel nie en dit gaan gepaard met baie frustrasie. Ek het darem nog nooit ’n stok gegooi dat hy daar trek nie, maar het al menige bal verloor wat in damme beland het. So verhuis ek in November 2012 van die Kaap af terug Kathu toe
en sluit my by die Sishen-gholfklub aan. Dié baan het vir my ’n baie spesiale betekenis, aangesien my pa een van die stigterslede was. Daar hang nou nog ’n foto van hom aan een van die mure. En so begin die lesse weer van voor af, want as jy nie aanhou speel en oefen nie, verleer jy die tegnieke heeltemal. Dit is nie soos fietsry nie. Menige keer is ek dapper en gaan speel die 18-putjiebaan saam met vriende – in 35 °C. Ek slaan pragtige houe wat dan met een massiewe knal teen ’n kameeldoringboom se takke kennis maak. ’n Mens staar na die
petalje en oorweeg dit sterk om jou stok te gooi. En jy verwens die een wat die baan só ontwerp het dat die bome in die pad is. Verlede week het ek vier dae op die gholfbaan in Kathu deurgebring. Die Kalahari-gholfuitdaagtoernooi was aan die gang. Ek en ’n kollega het oor die toernooi verslag gedoen. Vrae soos: “Hoekom speel jy nie?” het ek net sommer geïgnoreer. Heerlik sit ons daar onder die bome in baie gemaklike stoele met ’n ystee en lekker stuk koek en kyk na al die gholfspelers. Sommige spelers slaan ’n mooi hou (wat die bome mis) en ander slaan sommer hul bal die veld in. Ander se balle beland in die water. Met tye neem ons foto’s en voer onderhoude. Dít is hoe ’n mens gholf speel.
14/30
15/29
16/28
14/31
16/31
16/30
15/35
18/36
17/33
ONO-10
N-15
N-15
ONO-10
N-15
N-15
ONO-5
N-15
N-5
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
LEEFSTYL/ LIFESTYLE
Virus kan tot kanker lei Yolandi van Deventer DIE menslike papillomavirus (MPV) is ’n virus wat vratte veroorsaak. Daar is meer as 100 soorte van die virus en ongeveer 30 tot 40 variasies daarvan kan die risiko vir verskeie kankersoorte verhoog. Hierdie spesifieke soorte beïnvloed die genitalieë en kan deur seksuele kontak en vel-tot-vel-kontak met ’n geïnfekteerde maat oorgedra word. Die virus is nie ’n “nuwe” soort virus nie, maar mense is net glad nie bewus van die bestaan daarvan nie.
Jy het ’n verhoogde kans om geïnfekteer te word met die MP-virus indien jy op ’n jong ouderdom seksueel aktief raak, gemeenskap met baie verskillende maats het of ’n maat het wat gemeenskap met baie ander het. Toetse is beskikbaar vir die soort MP-virus wat servikale kanker in vroue veroorsaak. Dit is ook belangrik dat vroue gereeld vir ’n Papsmeer moet gaan. Wanneer jy gereeld hiervoor gaan, sal daar veranderings in die selle van die serviks wees wat dan kan dui op ’n moontlike gevaar vir servikskanker en die geneesheer kan betyds in so ’n geval
optree. MPV-infeksies van die serviks is ’n primêre risikofaktor vir servikale kanker en vir 70% van alle gevalle verantwoordelik. In sekere gevalle kan die MPV-infeksie spontaan opklaar, maar in ander gevalle kan tot 90% daarvan binne twee jaar opklaar. ’n Klein persentasie infeksies deur sekere groepe van die MP-virus sal nie opklaar nie en in kanker omskakel. Die meeste MPV-infeksies het geen simptome nie en simptome kan eers voorkom wanneer dit reeds in kanker omgeska-
kel het. Sommige infeksies kan tot “letsels” op die serviks lei wat met ’n Papsmeer gediagnoseer en daarna behandel kan word. Daar is immunisasies op die mark beskikbaar wat beskerming bied teen verskeie variasies wat servikale kanker kan veroorsaak. Gesels gerus met jou geneesheer indien jy meer inligting verlang. ) Gesondheidswenke deur Mediclinic Kathu verskaf.
SOME plants, like the Atimima lawsonii, pur posely grow in the shade of rocks or other, bigger plants.
Plants top survivors PLANTS are the ultimate survivalists. Even more so the plants that grow – and thrive – in a province with a weather system comprising out of extremes. The Northern Cape has a semi-arid to arid climate with a low rainfall and extreme temperatu-
res from as low as -8°C in the winter to 41°C in the summer. So how do plants manage to survive? ) Many of the desert plants found in the Northern Cape are dwarf-like and have small leaves that lose less water than large leaves. Examples of these
are the small Karoo shrubs, many of which can also drop their leaves during the hot months and grow new ones after it rains or cools down. ) Some plants store water in their leaves. This helps them to survive long periods without rain. Well-known examp-
les are aloes. Other plants store water in their stems. Many euphorbias do this. Some species have a waxy layer that coats the stems to prevent water loss. ) Stone plants are adapted in a number of ways. They are very small, have only a few, very succulent leaves, and are half buried beneath the soil to escape the heat and reduce moisture loss. They have the same colour and markings as the pebbles or soil around them, and are therefore camouflaged and well hidden from herbivores. They often grow between light-coloured pebbles on which dew condenses at night when they cool, and the shallow roots of these plants then quickly absorb the moisture droplets. ) Another way plants escape the heat is to grow in the shade of another plant or a rock. Many of the stapeliads, which are small-stem succulents with large, attractive flowers, grow inside shrubs where they are sheltered from direct sunlight and animals. Light-coloured leaves reflect sunlight which helps to keep the plant cool. Antimima lawsonii has very small, light-coloured leaves that do just that. It also grows between whitish pebbles that further improve the local microclimate. Source: www.museumsnc.co.za
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Velties vier 50 j.
Kinders sy trots DOEP DU PLESSIS, die eerste skoolhoof van die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington, is vandag die oudste inwoner van die Hartenrus-aftreeoord in Hartenbos. Dié oudskoolhoof is 96 jaar oud. Hy het nege kleinkinders en vier agterkleinkinders wat sy bors van trots laat swel.
As eerste hoof van dié skool het hy die grondslag gelê wat vandag die Hoërskool Duineveld na groot hoogtes lei. Op 1 Januarie 1964 is die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington begin en Du Plessis is al in September 1963 aangestel om die leisels hier te neem. Hy was tot 1 Desember 1971
DOEP DU PLESSIS is die oudste inwoner van die Hartenrusaftreeoord in Hartenbos. Foto: Verskaf
hoof van dié skool totdat hy as inspekteur van onderwys (tegnies) by die hoofkantoor van die departement van nasionale opvoeding in Pretoria aangestel is. Op 1 Julie 1980 is die twee afdelings van dié skool verdeel en is die Hoër Tegniese Skool Upington en die Handelskool Upington gestig. Later is die Handelskool se naam na die Hoërskool Gordonia verander. Op 1 Januarie 1991 het die skole weer saamgesmelt en is die Hoërskool Duineveld met Joost Nagel as die hoof gestig. Du Plessis se wortels is diep in die Kalahari geanker. Hy is as die naasjongste van 12 kinders op die plaas Nabees in die Kenhardt-distrik gebore. Van st. 5 af het hy in Kakamas skoolgegaan en in 1936 gematrikuleer. In 1938 het hy hom by die Opleidingskollege in Graaff-Reinet as student ingeskryf en sy hoërprimêre onderwyssertifikaat aan die einde van 1940 verwerf. Tydens sy studentejare was hy voorsitter van die studenteraad, kaptein van die kollege se eerste rugbyspan en lid van die kollege se debatvereniging. Hy is op 15 Desember 1947 met Adrie Krog getroud en uit hul
7
DOEP DU PLESSIS was die eerste hoof van die Hoër Tegniese en Handelskool in Upington. huwelik is drie seuns en een dogter gebore. Hy was ’n kranige rugbyspeler en is in 1946 en 1947 gekies om vir Grens as slot uit te draf. Op 31 Mei 1982 het hy die tuig in Pretoria neergelê en het hy en Adrie hulle op 1 Augustus in Hartenbos gevestig. Adrie is op 23 Januarie 2001 oorlede. Hy is vandag ’n geëerde lid van die Hartenrus-gemeenskap en word as ’n ware “gentleman” beskryf.
As eerste hoof van dié skool het hy die grondslag gelê wat vandag die Hoërskool Duineveld na groot hoogtes lei.
DIE Hoërskool Duineveld vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. In Augustus gaan dié besonderse mylpaal behoorlik gevier word en alle feesvierings gaan onder die naam van die fees, Veltiefees 2014 – ’n Halfeeu van Genade, plaasvind. Die naweek van 30 en 31 Augustus gaan die meeste van die halfeeuvierings plaasvind. Op 28 Augustus gaan die skool die feesvierings met die onderwysers en leerlinge begin. Op Vrydag 29 Augustus word ’n ope dag by die skool beplan waarop alle oud-Velties die skool kan besoek. Almal wat deel van die geskiedenis van die skool is, kan dié dag kom kyk wat verander het en wat nog presies dieselfde gebly het. Veral oudleerlinge, oudhoofde en oudonderwysers word hierheen genooi. Saterdagaand gaan ’n glansdinee aangebied word waarop almal behoorlik kan uithang en op Sondag word die fees met ’n Veltie-kerkdiens afgesluit wat op die skoolterrein aangebied sal word. Rig enige navrae hieroor aan veltiesbemarking@telkomsa.net.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Storm rig groot skade aan
Anena Burger GROOT skade is Saterdagmiddag in Upington en omgewing aangerig toe ’n wolkbreuk omstreeks 18:00 oor groot dele van die Groen-Kalahari uitgebreek het. Hoewel die storm van korte duur was, het baie inwoners se eiendom strukturele skade gely. Volgens Esmé de Wet van Kanoneiland, sowat 30 km buite Upington, het sowat 70 mm reën binne ’n halfuur uitgesak. “Voor my agterdeur het dit soos ’n vloed gelyk. Die water het by my kombuis ingeloop en die pakhuis was ook
onder water,” sê sy. Debbie de Wet, nog ’n inwoner van Kanoneiland, het groot skade aan haar huis opgedoen. Talle inwoners het foto’s van die storm geneem en op Facebook gepubliseer. MJ Lee, ’n inwoner van Raaswater, sê in die nege jaar dat hy in Upington woon, het hy nog nooit so ’n storm hier beleef nie. “Die weer was geweldig swaar en ons dink die blitse het die windpomp langs die huis getref. Talle van die elektroniese toebehore in die huis is beskadig. Nee, hoor, dit het lelik hier by ons geklap,” sê hy. Elbie Stewart, wat op Sesbrugge
woon, sê selfs die garingbome in die tuin is met wortel en tak uitgeruk, terwyl ’n wingerd aan die oorkant van die rivier in Louisvale verspoel het. In Upington het Esté Moller groot skade gely toe haar pekanneutboord deurgeloop het. “Die bome se takke is gebreek en die neute lê oral op die grond. Daar is ook kragpale wat uit die grond geruk is,” sê sy. Nog ’n inwoner van Upington, Nadia van Heerden, sê dit het ongeveer 30 mm in 40 minute in die dorp gereën en die strate by die Pick n Pay-sentrum het soos ’n rivier gelyk.
LESERS het foto’s gestuur van Saterdagaand se storm wat oor Upington en omliggende gebiede losgebars het. Só het die dreigende stormwolke gelyk.
BOME is ontwortel en takke het afge breek. Foto: Debbie de Wet
’n WINGERD op ’n plaas in Louisvale is verspoel.
Foto: Verskaf
Foto: Michelle Visagie
DEBBIE DE WET van Kanoneiland het die foto van die skade by haar huis geneem nadat 70 mm se reën in ’n halfuur uitgesak het. Foto: Debbie de Wet
CHARLENE VAN DER WESTHUIZEN het die foto gedurende die storm met haar selfoon geneem.
Foto: Charlene van der Westhuizen
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Verlang terug na toeka se dae DIE liedjie Daar kom die wa het ons as kinders goed geken. ’n Wa met trekdiere was nog tot laat in die 1960’ ons enigste vervoermiddel. Ek kan nog die diere se name onthou: Febrie en Baron was die twee voorperde. Hulle is haarvoor en hotvoor ingespan – elke keer op dieselfde plek. Die spierwit tuie en trense het pragtig teen die donkerbruin lywe vertoon. Die twee swart esels, Duiker en Geelbek, is in die middel ingespan. Dié twee was vurig en Duiker was elke dag steeks. Hy het gebyt, gesnork en jou met die kop gestamp, maar as hulle ingespan is, kon jy maar op hulle staatmaak. Hulle was baie korter op die been, maar hulle kon ’n stang vasbyt en saamtrek met die voorperde. Heel agter is die twee groter esels ingespan: Flora en Benag. Flora was die enigste merrie. Die ander drie was hingste. Die swingels en die draaghoute is uit olienhout gemaak wat Pa in die Kobeesberg gaan kap het. Ons het graag gehelp as Pa met die aambeeld en blaasbalk gewerk het. Ons kon beurte maak om die blaasbalk te draai. Ek onthou nog die reuk van steenkool as die wind van die blaasbalk die kole so helder laat gloei het. Soms as ons te vinnig gedraai het, het die steenkool begin skiet en die yster wat gesmee moet word, het gesmelt. Dit was altyd mooi om die gesmelte yster op die smidswinkel se vloer te sien val. As Pa daai stuk yster op die aambeeld met die hamer begin slaan het, was dit mooi om te sien hoe die yster vorm begin aanneem het. Ons kon hom met die knyptang vat en in die koue water laat afkoel. Die dag as die trekdiere beslaan is, kon ons ons verkyk aan hoe Pa elke hoefyster nommerpas vir elke dier maak. Die diere is in die kraal in ’n hoek gejaag en dan een-een ’n halter omgesit, tot by sy inspanplek gelei en met ’n behendige slag is die halter met ’n trens vervang. Die trens het twee oogklappe wat verhoed dat die dier agter hom kan sien en jy nog ’n skop op die skeen kry. Duiker se kopslaan en byt was al een te veel. Die lang sweep is net so oor die diere geswaai en dan het hulle gelyk gevat. Ons mag nooit op die relings van die wa gesit het nie, want dan kon jy afduiwel en lelik seerkry. In die somer het ons altyd by Kriekieboslaagte uitgespan. Daar kon die trekdiere water drink en soms ook lekker in die stof rol voordat ons die tog verder aangepak het. As Pa vir Willem Botha en al die Kokkelalle langs die pad teëgekom het, was dit ’n perd van ’n ander kleur. Dan is daar oor die ooptes resies gejaag. Dit was altyd ’n mooi gesig om te sien. Die leisels is gelos, die lang sweep geklap en die diere se name soos ’n resitasie geskree. Dan het ons dit geniet en ons het daardie oggend natgesweet by die koshuishek ingetrek. Die salpeter het soos skuim op die diere se lywe uitgeslaan en ons het breed geglimlag, want ons Febrie en Baron se neuse was eerste by die hek in. Lettie het begin huil en gesê: “As Pa-hulle nou nie resies gejaag het nie, was ons nog langer by Pa-hulle.” Sy het duidelik nie in die opwinding gedeel nie.
9
B O N Y A S D BIRTHcky vouchers to be fU ound. 1 lu Million . Check your till slip
smart shoppers o nly. **Terms and
Conditions
Apply.
Garnish and decor not included
59
R
Bulk T-Bone and Club Steak Mixed Pack Per kg
29
48
R
R
Bulk Oukraal Wors Per kg
24
R
90
89 R 10 Toks & Tjops Braai Pack Consists of: Ultimate Braai Master Boerewors, Lamb Loin Chops and Porterhouse Steak Per kg
SAVE R7
Dairy Princess Creamy Cheese Wedges 125g
SAVE R6
Blossom Canola Margarine or Medium Fat Spread 1kg Tub Each
Fairview Chevin Assorted 100g Each
13
50
Sunfoil Sunflower Oil 750ml
17
90
Golden Cloud Cake Wheat Flour 2.5kg
20
R
Mrs H.S. Ball’s Chutney Assorted 470g and All Gold Tomato Sauce 700ml
Tastic Parboiled Rice 2kg
159
SAVE R30
Huggies Gold Boy or Girl Disposable Nappies Size 4 - 60s, Size 3 - 72s, Size 4+ - 54s or Size 5 - 50s Per Pack
Double Points
32 49 90
SAVE 5.30
SAVE 2.90
R
Earn
BUY BOTH FOR
38
90
SAVE R9
SAVE R9
Nescafé Classic Dawn 200g Jar
45
R
SAVE R20
Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
G HIN YT R E EV ON
90
Omo Auto Washing Powder 2kg, Auto Liquid 1.5 Litre or Concentrated Liquid 750ml Each
Valid from 21 -23 March 2014 Get your voucher at the kiosk in store or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and Conditions apply.
**Terms and conditions apply. Visit www.picknpay.co.za for more information.
PRICES VALID 18 - 23 MARCH 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS ONLY
Best Customerr amme 2013* Loyalty Programme
In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
1184367
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Augrabies maak groot geraas MET die Oranjerivier wat lekker vol is, is die Augrabieswaterval prentjiemooi en dit sal in die komende weke selfs mooier wees. Die Augrabies-watervalNasionale Park se bestuurder, Frans van Rooyen, verwag dat die Oranjerivier in die volgende twee weke in al sy glorie sal afkom en ’n dramatiese vertoning kan by dié val ver-
wag word. Ná die reën van die afgelope twee weke wat oor Suid-Afrika heen geval het, word verwag dat die Augrabies-waterval die volgende twee weke sy naam, Plek van die Groot Geraas, gestand sal doen. Water vloei tans teen sowat 200 kubieke meter per sekonde, maar volgens Van Rooyen verwag hulle dat die water
tot 820 kubieke meter per sekonde tussen 22 en 25 Maart sal styg. Soos die Oranjerivier die Augrabies-waterval nader, verdeel dit in verskeie kanale voordat dit 56 m by die waterval afstort. Die water kronkel dan vir 18 km deur die ravyn. Die vol rivier wat teen die krans afstort en die oorverdowende
geluid van bruisende water is iets wat nie maklik vergeet word nie. SANParke moedig almal aan om in die volgende twee weke die Augrabies-waterval op sy mooiste te kom aanskou. Van Rooyen sê: “As die rivier so vol is, is dit ’n onbeskryflike oomblik in dié park en ons wil dié wonder met almal deel.”
VAN 22 tot 25 Maart behoort die Augrabies waterval op sy mooiste te wees. Foto: Verskaf
MET ligte wat snags die water val verlig, sal die massas water selfs in die nag ’n besonder se gesig wees. DIE Augrabieswaterval Nasionale Park bied ook verskeie staproetes aan en daar is heelwat wild wat besigtig kan word wat ’n uitstappie na die waterval ’n heeldag lekkerte kan maak. Foto: Anena Burger
TANS val water teen 200 kubieke meter per sekonde by die Augrabieswaterval af, maar sal binnekort teen 820 kubieke meter per sekonde val.
Foto: Anena Burger
Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Soektog na room van NK begin André Botha DIE soektog na Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar- en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is weer in volle gang. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Norman Mbazima, uitvoerende hoof van Kumba Iron Ore, Anglo American se ysterertsbesigheidseenheid in Suid Afrika, sê: “Kumba is onlosmaaklik deel van die Noord-Kaap, nie net omdat ons twee grootste myne hier is nie, maar omdat die oorgrote meerderheid van ons personeel boorlinge van die Noord-Kaap is.
“Ons is trots op wat ons mede-Noord-Kapenaars doen om hul onderskeie gemeenskappe op te hef. Daarom is dit vir ons belangrik om in samewerking met Volksblad erkenning te gee aan individue en instansies wat baanbrekerwerk doen om ’n beter toekoms vir almal in die provinsie te skep. “Ons sien daarna uit om weer ’n groot ‘oes’ van inskrywings te ontvang en opnuut aangespoor te word deur die voorbeeld van diens wat hierdie uitsonderlike individue en instansies stel.” Johanna van Eeden, redakteur van die Volksblad-groep, sê: “Dit is vir Volksblad ’n voorreg om deur die projek erkenning te gee aan die mense van die Noord-
DIE kompetisie om die NoordKapenaar van die Jaar en die NoordKaapse Instansie aan te wys, word vanjaar weer in samewerking met GWK aange bied. Links is Pieter Bekker, hoofbestuurder: primêre produksie, en Neil de Klerk, uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking.
Foto: Emile Hendricks
VOLKSBLAD en Kumba Iron Ore bied weer vanjaar die kompetisie aan om die NoordKapenaar van die Jaar en die NoordKaapse Instansie van die Jaar aan te wys. Hier is Norman Mbazima, uitvoerende hoof van Kumba Iron Ore, Anglo American se ysterertssakeeenheid in SuidAfrika. Foto: Verskaf Kaap. Ons bring hulde aan individue wat presteerders is, maar ook aan gemeenskapswerkers wat deur hul omgee ’n verskil maak aan die maatskaplike welsyn van die provinsie. Deur die Noord-Kapenaar van die Jaar salueer ons die uitblinkers en die omgee-mense wat dié provinsie se hart warm laat klop.” Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n NoordKapenaar of iemand met besonderse sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan
die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat in die verlede benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom-/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. Die kriteria is: Interne impak: Die verskil wat die benoemde maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die benoemde sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die benoemde se werk wees, die mate waartoe die
Vrae pla kinders ná dood Ilse Watson “MY pa was ’n vriendelike mens en altyd vol grappe. “Hy het so baie vriende hier gehad. Hy was ’n goeie mens wat altyd enigiemand sou help sou hulle ’n probleem gehad het. “Hy het alles vir sy familie, kinders en kleinkinders gedoen.” Só vertel Andrea van Zyl van haar pa, Pieter Andreas van Zyl (53), wat op Maandag 17 Maart om 11:08 aan verskeie beserings in die Mediclinic Kimberley oorlede is. Op Sondag 2 Maart het Van Zyl omstreeks 14:41 by die Standard Bank-OTM geld getrek. Sy werkgewer, die UMK-myn naby Hotazel, het Maandag sy gesin gebel om te hoor of hy siek is, want hy het nie by die werk opgedaag nie. Van Zyl en sy vrou, Arrie, is vervreemd en sy was nie bewus van sy kom en gaan nie, maar sy het probeer om hom op te spoor. Op Woensdag 5 Maart het sy hom opgespoor en hy het haar ingelig hy is by die bank aangerand. Hy is met ’n mes in sy regterarm gesteek en met ’n stukkende bottel in sy regtersy aangerand. Hy was baie deurmekaar en kon nie sy familie inlig waar hy is nie. ’n Vriend van Van Zyl, Piet Liebenberg, het aan die gesin bevestig hy is in die Kimberley-staatshospitaal opgeneem. Van Zyl se vrou het haar na Kimberley gehaas. Sy kinders het hom die volgende dag besoek. Hy was in ’n baie swak toestand. Sy dogter het reëlings getref om haar pa na die Mediclinic Kimberley oor te plaas en daar is hy in die intensiewesorg-eenheid opgeneem. Hy het infeksie in sy niere, longe en hart gehad. Sy dikderm was reeds onaktief en sy maag en dunderm was septies. In die Kimberley-staatshospitaal het hy reeds verskeie operasies ondergaan om sy dunderm te herstel en bloedklonte uit sy regterbeen te verwyder.
PIET VAN ZYL (53) wat aan veelvuldige beserings in die Mediclinic Kimberley beswyk het saam met sy kleinseun en naamgenoot, Piet (nou 3). Foto: Verskaf
‘Die ergste vir ons is my pa het wel aan ’n siekefonds behoort. Hoekom het hy in die staatshospitaal beland?’ – Andrea van Zyl, dogter “Die ergste vir ons is my pa het wel aan ’n siekefonds behoort. Hoekom het hy in die staatshospitaal beland?” vra Van Zyl se dogter. “Volgens my pa het hy self Kimberley toe gery. Ons weet nie wat gebeur het nie – hoe kan iemand met sulke ernstige beserings Kimberley toe ry?”
Van Zyl word deur sy vrou, twee kinders, ’n skoondogter en twee kleinkinders oorleef. Sy gedenkdiens word Saterdag in die AGS-kerk Oasis gehou. Daarna sal sy familie hom privaat veras. Die Kuruman-polisie het ’n ondersoek begin, maar nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie.
benoemde buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die benoemde lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Weer moet die werk wat gedoen word ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
DAVID O RYAN het die foto naby Kuruman geneem net voordat die reën neergestort het.
Wen met jou foto
Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Famous Lodges. Hierdie prys sluit in ’n daaglikse ontbyt vir almal, sowel as ’n Sondagmiddagete. HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto in die Krugerwildltuin geneem.
CHRISTA BRUYNS het dié pragtige foto geneem.
HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto by Nieuwoudtsville geneem.
Groot pryse op die spel Lizette Slabber GROOT pryse kan gewen word in die Kalahari Bulletin se nuwe fotokompetisie. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die finale wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense by een van die NC Famous Lodges. Hierdie prys sluit in ’n daaglikse ontbyt vir almal, sowel as ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense by een van die NC Famous Lodges, met ontbyt daagliks. Stuur dus dadelik jou landskapfoto’s vir die Kalahari Bulletin. Die kompetisie gaan elke maand ’n tema hê waarvolgens lesers foto’s kan instuur. Die tema vir Maart is Landskappe. In April kan lesers hul sonsopkoms en -ondergangfoto’s stuur. Elke maand sal daar uit die inskrywings
Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die Noord-Kaap mag inskryf. ’n wenner gekies word wat ’n finalis sal wees vir die finale kompetisie waaruit die beste foto gekies gaan word. Die maandwenner sal ’n prys wen en uit al die maandwenners word die algehele wenner gekies wat dan die groot prys sal wen. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word.
Die foto wat die meeste likes op Facebook kry, sal ook ’n prys wen. Die sluitingsdatum vir inskrywings is altyd die laaste dag van die maand en die vyf finaliste sal dan in die eerste uitgawe van die volgende maand verskyn. Die wenfoto sal die volgende week op die voorblad verskyn. Stuur landskapfoto’s aan lizette.slabber@volksblad.com voor 31 Maart. Foto’s moet groter wees as 500 KB en 300 DPI en moet in JPG-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, sowel as inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, sowel as waar die fotograaf woon. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs mense van die Noord-Kaap mag inskryf. Geen professionele fotograwe mag inskryf nie. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Oop pad deur Karoo
YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto in die Karoo op pad na Kaapstad geneem.
YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto tydens ’n uitstappie na die Marakelinatuurreservaat in Thabazimbi geneem.
YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto buite Ellisras by ’n watergat geneem waar diere graag kom drink.
ROY WALSH van Kathu het dié foto op die plaas Sunstar in die Kalahari ná lekker reën geneem.
HEIDÉ CAREY van Kathu het dié foto by Nieuwoudtsville ge neem.
YOLANDI BOOYENS van Kathu het dié foto tydens ’n uitstappie na die Lone Creekwaterval in Nelspruit geneem.
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Klub bring liefhebbers byeen LIEFHEBBERS van ou motors soos hitstjorre (hot rods), straatkarre (street rods) en kragwaens (muscle cars) kan hulle nou by die splinternuwe Road Bandits-motorklub in Upington aansluit. Die Road Bandits is deur Deon van den Berg, Danie van Schalkwyk en Victor Venter vanweë hul liefde vir dié besonderse motors gestig. Volgens dié drie wou hulle ’n motorklub stig gegrond op al die idees wat hulle deel en waarin hulle glo. Eienaars van hitstjorre, rat rods, straatkarre, kragwaens, retrokarre en klassieke motors is almal welkom om hulle by dié klub aan te sluit. Vir hulle gaan die klub nie net oor die eienaar nie, maar oor die eienaar en sy gesin en daarom word die gesin by al die klub se uitstappies ingesluit. Volgens hulle wil hulle hê die klub moet meer wees as net die restourasie van ou motors; dit moet die hele gesin betrek. Dié motorklub vra geen klub- of maandelikse ledegeld nie. Hulle wil graag hê motorentoesiaste en mense wat restourasie as tydverdryf beoefen, moet bymekaarkom om hul liefde vir ou motors te deel. Van die Road Bandits-lede se motors is al in plaaslike tydskrifte gepubliseer – dis sluit in ’n 1938-Chevrolet Master Deluxe, ’n 1941-Ford Rat Rod, ’n 1956-Interna-
DIE 1938Chevrolet Master Deluxe behoort aan Janine Venter. Eienaars van soortgelyke motors kan hulle nou by die nuwe Road Banditsmotorklub in Upington aansluit. Foto: Verskaf tional S100, ’n 1964-Valiant, ’n 1974-Chevrolet Kommando, ’n 1979-Ford Escort, ’n 1965-Dodge
D100, 1968-Ford Farlaine, ’n 1964-Mercedes-Benz, ’n 1930-Ford Pick Up Rat, ’n 1954-International
R110, ’n 1963-Dodge D100 en ’n 1984-Porsche 944. Die Road Bandits gaan ook aan die Kalaha-
ri Speedweek wat in September plaasvind, deelneem. Rig navrae aan Victor Venter by 082-925-7090.
19 - 23 March 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
15
1490
90
15 each
Dairybelle Real 100% Juice 1.5l
Frozen Lamb Liver
3290 per kg
Egte Braaiwors
Black Grapes Box 1.5kg
S! G N I V A S R
per kg
per box
per pack
Clover Cheddar or Gouda Cheese 240g
5790
5for
23
R
per kg
20
R
t "TTPSUFE
4790
Lamb Stew
per kg
Avocado’s
2for R
Meat Balls
25
R
115 per pack
Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 5kg
shop any W it h so much value, w hy
w here else?
or we’ll BEAT it*
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Sessie help met bestuur DIE ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit het ’n werksessie vir al die munisipale bestuurders en finansiële hoofbeamptes in die streek aangebied. Die doel van die werksessie was om kapasiteit te bou om só te verseker dat die plaaslike munisipaliteite hul mandaat kan uitvoer om basiese dienste te lewer en al hul take te verrig. Munisipale bestuurders en finansiële hoofbeamptes van //Khara Hais, Mier, Kheis, Tsantsabane en Kgatelopele het dié werksessie bygewoon. Volgens Elias Ntoba, die munisipale distriksbestuurder, moet die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit die leiding neem in die ontwikkeling van kapasiteit om só die munisipaliteite te help om ’n skoon
Ruk Louisvale reg met dienslewering
‘Die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit het in 2012-’13 ’n skoon oudit ontvang en kan dus met reg die plaaslike munisipaliteite help.’ – Elias Ntoba oudit te bekom. Ntoba sê dit is belowend dat die plaaslike munisipaliteite gewillig is om mekaar te help waar hulp nodig is. “Die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit het in 2012-’13 ’n skoon oudit ontvang en kan dus met reg die plaaslike munisipaliteite help.”
DIE //Khara Haismunisipaliteit het verlede week ’n diensleweringuitreikprogram oor vier dae in Louisvale aange bied. Dienste wat gelewer is, sluit in die aanbring van watermeters, die herstel van stormwaterafvoerpype, die verwydering van vullis en die herstel van verkeerstekens. Behuisings en elektrisiteitsprobleme is ook opgelos. Die munisipaliteit het op dié vier dae sigbare verkeersdienste gelewer. Hier ruim personeellede van //Khara Hais die gebied om die SC Kearnsstadion op. Foto: Verskaf
Representatives discuss service delivery issues
HIER is, voor: Elias Ntoba (ZF Mgcawu); van links, agter: Deshi Ngxanga (//Khara Hais), Morgan Motswana (Kgatelopele), Theresa Scheepers (Kheis), Lebogang Suipers (Mier) en Gaonyadiwe Mathobela (Tsantsa bane). Foto: Verskaf
ON 7 March Gift van Staden, mayor of the ZF Mgcawu District Municipality, hosted the quarterly Intergovernmental Relations Meeting. This meeting is a consultative forum that promotes intergovernmental relations between the district municipality, the local municipalities, sector departments and non-governmental organisations (NGOs).
During the meeting representatives of these institutions discuss and consult with each other on matters of mutual interest. Van Staden said: “This is a critical meeting and should be taken in the spirit of cooperative governance poised towards discussing issues around service delivery and challenges that might be experien-
ced in the delivery of those services.” The mayors, municipal managers and district heads of departments and NGOs reported on the spending pattern regarding infrastructure grants and legislative compliance matters whilst government departments reported on what is happening in their departments.
Komitees gee raad DIE ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit se ses staande komitees het vergader om Gift van Staden, die burgemeester, raad te gee oor aanbevelings wat hulle in vergaderings gedoen het. Elke voorsitter van dié ses komitees dien in die burgemeesterskomitee wat die burgemeester help met die inwerkingstelling van die raad se breë politieke doelwitte. Die ses staande komitees is institusionele ontwikkeling, dienslewering, maatskaplike en plaaslike ontwikkeling, goeie regering en openbare deelname, finansiële lewensvatbaarheid en die munisipale
komitee vir openbare rekeninge. In dié vergadering het elke bestuurder verslag gedoen oor die werk wat die afgelope kwartaal gedoen is. Die gedagte hiermee is om aanspreeklikheid te vergroot oor hoe geld bestee is. Die burgemeesterskomitee ontvang maandeliks finansiële state om só tred te hou van die uitgawes wat aangegaan word. Die vergadering bied ook die geleentheid om kwessies in diepte te bespreek wat nie altyd in die raadsvergaderings moontlik is nie. So lei dié vergaderings ook tot groter kundigheid.
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
17
Boek in Upington bekend gestel Lizette Slabber
we word baie in Duitsland verkoop, asook in Italië, Amerika, Australië en Noorweë. So reis ons erfeniskosstories die wêreld deur. Wat interessant is, is die mense in Europa het ook ’n liefde vir erfenis. Soos onse oupas en oumas het hulle ook op plase grootgeword en is die boeke ook hul stories. Die kos mag wel verskil, maar die emosie is dieselde.
DIE bekendstelling van Niël Stemmet, oud-Upingtonner en bekende kosskrywer, se nuwe boek, agter+blad, vind op 1 Mei in Upington op die Upington-landbouekspo plaas. Die Kalahari Bulletin het met hom oor sy nuwe boek, die bekendstelling in Upington en sy liefde vir erfeniskos gesels.
gaan oor stories. My oupa het stories vertel, maar my ouers nie. Ek probeer om in die reeks van erfeniskosboeke stories te laat herleef. Daar is reeds tien boeke in die reeks beplan waarvan twee nou al uitgereik is.
Wat beteken die boeke vir jou? Jy deel baie van jouself in die boek en in jou rubrieke. Is dit die persoonlike aanslag wat jou werk so gewild maak? Jy is spot on. Dit is skaars dat ’n skrywer naak voor ’n gehoor staan. Ek het vroeg reeds geleer as jy alles oor jouself sê, kan niemand lelik van jou praat nie, want jy self het reeds alles gesê. Die terugvoering op die agterbladsye, boeke, radiopraatjies, televisie en die oggendpraatjies is ongelooflik – ek praat en skryf uit my binneste – eerlik. So praat ek jou hartstaal, word my woorde jou woorde. Ek is bevoorreg dat woorde deur my kan vloei en stories en boeke word. Ek is net die metafoor wat die woorde in teks verwoord. Dit is hoekom die Tuis-rubrieke so gewild is. Dit is soos die tydskrif: eenvoudig, net soos dit is, omdat dit net so moet wees.
Wat dink jy het jou vorige boek só ’n treffer gemaak. Is dit omdat jy jou lesers se hartsnare raak? Weet jy, die meeste mense koop drie boeke, party vyf of tien – een man het nou al 200 gekoop wat hy aan mense uitdeel wat by hom voertuie koop. Die Engelse weerga-
) Kaartjies vir die boekbekendstelling op 1 Mei is by die Upingtonlandbou-ekspokantoor beskikbaar. Die boeke sal op 1 Mei die eerste keer beskikbaar wees. Op die bekendstelling gaan heerlike erfeniskos geëet word en diep gesels word oor wat werklik vandag saak maak.
Jou nuwe boek se naam is agter+blad. Waar kom die interessante titel vandaan? Ek skryf sedert 2012 die agterblad vir die tydskrif Tuis en het sout+peper gebruik om agter+blad as woordvorm te skep. My nuwe boek, wat in 2015 uitgereik gaan word, volg dié tradisie en al die koppe word uit twee woorde met die plusteken saamgestel. Waaroor gaan dit? Is dit ’n klompie erfeniskosresepte? agter+blad is ’n stil boek, die laaste 24 maande se agterbladsye soos dit in Tuis geplaas is. Die blad het 400 000 lesers per maand en die terugvoer is ongelooflik. Die agterbladsye praat eerlik met die leser en probeer weer sin in vandag sit. Daar is meer as 100 lesersbriewe wat met die boek deurweef is en soos met sout+peper is erfeniskos weer deel daarvan. Daar is emosie in die boek en ’n baie spesiale foto’s; ook poësie wat jou dwing om stil te raak en net eers die hoofstuk woord vir woord in te drink. Die boek is aan Anneke Blaise opgedra en die helfte van die tantieme word in haar naam vir kanker aangewend. Die boek is só waar vir diegene
agter+blad is Niël Stemmet se tweede boek. Dié boek word op 1 Mei op die Upingtonlandbouekspo bekend gestel. Kaartjies vir die bekendstelling is by die ekspokantoor beskikbaar. Foto: Verskaf wat kanker het – dit gee jou hoop en maak jou stil. Daar is stories en briewe sodat ons rustiger moet leef, gesonder moet eet, moet leer om asem te haal – ’n ware ode aan Anneke. Sy was vir my lig en vandag is sy steeds met my. Hoekom vind die bekendstelling hier in Upington plaas? Ek het meer as 25 jaar in Upington gebly en ook ’n restaurant hier gehad waar erfeniskos my signature begin word het. My talent is in die wêreld gebore en ek skryf vandag met groot deernis en heimwee oor dié wêreld en sy
mense. Ek neem ook baie foto’s in die Kalahari en trek die foto’s en stories deur in my skrywes en boeke. Ek verwoord almal-mense se woorde in ’n eie Afrikaanse beeldspraak-dialek en die lesers lees hulself in die eenvoud van die skryfkuns in die boeke. sout+peper is nou in sy derde drukoplaag – dit is ongekend in die boekewêreld. Hoekom? Omdat die boek gestroop is, skoon, eerlik, opreg en die pad van erfeniskos beeldend vertel sodat die geslagte wat ons volg in hul eie kop die lewe kan beleef en herleef waarvan ’n mens so vanselfsprekend praat. Die lewe
Ma se appeltertresep bly ’n wenner Lizette Slabber NIEL STEMMET het die heerlike appeltertresep uit sy nuwe boek agter+blad met Kalahari Bulletin-lesers gedeel. “Een van die geregte wat ek van my kinderdae onthou, is my ma se appeltert. Dit is gereeld voorgesit en op gryswit Noritake-bordjies saam met plaasroom bedien.
“Daar is baie appeltertresepte, maar die een is minder soet en kry ’n smaak van kaneel by. “Meng vier groot plaaseiers saam met twee koppies witsuiker, voeg daarby 50 ml gesmelte botter en ’n halwe koppie volroommelk, asook ’n knippie sout en witpeper. “Sif twee koppies bruismeel drie keer en roer bietjies–bietjies met ’n houtlepel in die suikerbe-
slag. Ek roer hom altyd in ’n figuur agt-metode. Dan is die beslag lekker lig. “Giet die beslag in ’n bak en voeg dan een groot blik tertappels by die beslag. Nou strooi jy ’n lepel of wat bruinsuiker bo-oor en vat hom oond toe en bak teen 180°C. Jy kan ná ’n halfuur die temperatuur na 150°C verlaag. Bak totdat die tert in die middel gaar is.
“Giet een blik ingedampte melk in ’n klein kastrol saam met 1 en 1/2 koppie suiker, 1 eetlepel vanieljegeursel (as jy vars peule kan kry, soveel beter) en 1/2 teelepel kaneel. Maak warm en gooi oor die tert sodra jy hom uit die oond haal. Die beslag kan gehalveer word vir ’n Pirex-tertbak – dit is heerlik as jy hom hierin bak. Bedien warm of koud en verlang na jou ma.”
NIEL STEMMET se ma se appel tert. Foto: Verskaf
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Plekke by die dosyne
BO: ALTESAAM 22 atlete van die Laerskool Oranje Noord is gekies om aan die Noord Kaapse atletiekby eenkoms in Kimber ley deel te neem.
Foto’s: Verskaf
Gesels saam met ander lesers op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin
LINKS: Van links is Jose Kamfer, Belinda du Toit en Melisa van Zyl. Dié drie atlete gaan aan die SuidAfrikaanse atletiekbyeenkoms in Stellenbosch deelneem.
ATLETE van die Laerskool Oranje-Noord is gekies om aan die Noord-Kaapse atletiekbyeenkoms in Kimberley deel te neem. Van die 22 atlete wat vir die byeenkoms gekies is, het nege atlete 11 medaljes gewen. Drie van dié atlete, Brenda du Toit, Melisa van Zyl en José Kamfer, is gekies om as deel van die Noord-Kaapse span aan die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms in Stellenbosch deel te neem. Riana Archer was vyfde in die 100 m-wedloop. Lieben Engelbrecht was vyfde in die 1 200 m-wedloop, vierde in die 100 m-wedloop en derde in die verspring. Vincent Naidoo was vierde in sowel die 80 m- en die 100 m-wedloop. Zane Oliphant was vierde in die verspring. Sanmari Visser was vyfde in die 1 200 m en derde in die hoogspring. Brenda het die verspring en die 70 m-hekkies gewen en die rekord in die 70 m-hekkies verbeter. Sy was ook tweede in die 80 m. Nel Hanekom was vierde in die 70 m-hekkies. Di-Marie Visser was vyfde in die diskusgooi. Marnel Oberholster was vyfde in die 150 m-hekkies. Anya Bruwer was derde in die diskusgooinommer. Bernedette van Zyl was vierde in die 150 m-hekkies en eerste in die 75 m-hekkies. Francois Swartz was vierde in die gewigstoot. Nabo Sokoyi was vierde in die 75 m-hekkies. Charles Hayes was sesde in die 150 m-hekkies en vierde in die diskusgooi. Muller du Plessis was vyfde in die hoogspring. Melisa van Zyl was vierde in die 200 m-hekkies en eerste in die hoogspring. Olivia du Preez was derde in die 75 m-hekkies. Herman Visser was derde in die diskusgooi. Jose Kamfer was eerste in die verspring en Steph Boshoff vyfde in die 80 m-hekkies.
VAN links is Carlo Kuhn, Pieter Scholtz, Alwyn Agenbag, Ian Marais, Willemien Bester en Francois Slabber. Afwesig: Lourens van Heerden. Foto: Megan Loots
Velties skuif slim TWEE skaakspanne van die Hoërskool Duineveld het op 28 Februarie en 1 Maart aan Grey-kollege se nasionale skaak-uitnodigingstoernooi deelgeneem. Altesaam 30 van die land se top-skaakskole word genooi om in spanne van vier hier deel te neem. Ongeveer 20 van die 224 skaakspelers wat aan die toernooi deelgeneem het, het reeds Suid-Afrikaanse kleure in skaak
ontvang. Duineveld se A-span het Allen Glen se A-span en Trinity House Secondary School oortuigend geklop. Duineveld se B-span het vier van sy vyf wedstryde gelykop gespeel. Dié wedstryde was teen die Hoërskool Louw Wepener, die Hoërskool Martie du Plessis se A-span, die Hoërskool Fichardtpark en Grey se F-span.
Uppies-skaak verdien lof VIER skaakspelers van die Hoërskool Upington het in Bloemfontein aan ’n skaaktoernooi deelgeneem. Hulle het die Meisieskool Oranje met 4-0 geklop, die Hoërskool Dr. Viljoen met 2,5-1,5 geklop en gelykop teen die Hoërskool Fichardtpark gespeel. Die span bestaande uit PJ Smith, Herman Brand, Gustav Schönborn en Carina de Beer was vierde in sy afdeling.
VAN links is Herman Brand, Carina de Beer, PJ Smith en Gustav Schön born. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
HUISVERBETERINGS BINNE
LANDBOU
TE KOOP
1835
MOTORS TE KOOP LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE
SOSIAAL & ONTSPANNING 1475
2210
MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219.
TE KOOP
TROETELDIERE 1660
1845
DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
PRIVAAT ELEKTRIES
TE HUUR
420 Harvey-teëls, 80 elk. 2401 10 Angle Ridge caps, R80 elk. Mariaan 071 878 7042. Guest house in Kuruman. 7 en-suite bedrooms, erf size 1 927 sq m. Borehole. VOLWASSENES On road parallel to Main Road. 072 350 0029.
3600
OPVOEDING
2008 GWM Multiwagon 2.2 te koop, ±80 000 km. Goeie toestand. Skakel 0723884426/0723002645
3660
RiNico®computerkids *Benodig die dienste van ’n verkieslik gekwalifiseerde onderwyser/es of ‘n persoon wat lief is om met kinders te werk om rekenaarklasse vir kinders te gee in Kuruman en omliggende areas.
EIENDOMME
*Persoon moet onmiddellik kan begin werk. *Vereistes: Rekenaarvaardig en eie vervoer. Skakel Johan Erasmus: 082 894 2508 of faks na 086 585 8174 of e-pos u CV na: ceo.rinico@mweb.co.za
1-slaapkamer-woonstel. Beskikbaar 1 April 2014. R3 000 p.m plus water ing. Geen troeteldiere. Skakel 072 878 2473 of 076 802 3924.
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
3010
NISSAN HARDBODY D/KAJUITBAKKIE, 2008-MODEL, 102 000 km. Prys R125 000. Skakel 071 603 9170.
*LHD driver/dump truck *UV drivers *Loader/excavator drivers *Dump truck drivers *Manitou operator UG *Development rig operator *Engineering planner *Project planner Send CV to: *projectkuruman@gmail.com Closing date:
AANDAG
3680
GUESTHOUSE MANAGER WANTED: Preferably married couple to live in. Accommodation and company car included. E-mail CV to: ross@chapmansafaris.com or phone Nadine 076 154 1339.
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR
*Diesel/hydraulic fitter - UG *Fitter - UG *Electrician - UG *Boilermaker - UG *Rigger/ropesman - UG *Drill rig operator/fitter *Drill rig operators
31 March 2014.
ALGEMEEN
2015 1810
*Chief electrician *General engineering supervisor *Diesel mechanic *Hoist fitter *Winder technician
Sluitingsdatum: 28 Maart 2014
GEMEUBILEERDE eenmanswoonstel. Koopkrag, verligte onderdakparkering, lugreëling. Beskikbaar 1 April 2014. Skakel 072 515 2493.
VOERTUIE
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.
BETREKKINGS
3025
UNO FIRE, 1995, puik toestand. Ideale studentemotor.Met net 120 000km. Skakel 083 772 2316.
3250
ALLERLEI ALGEMENE & HUISDIENSTE
3201
WOONSTELLE TE HUUR
SAKE
YORKIES TE KOOP: Kan KUSAregistreer. Skakel 082 819 0767.
VACANCIES AVAILABLE:
HUISE TE HUUR 3270
KURUMAN: 3-slaapkamer-/2-badkplus 2 twee-slaapkamer-houthuise te huur. Huis is loopafstand van Palmgate-sentrum. Skakel 073 870 3269.
TUPPERWARE: CAREER opportunities. Work from home, part/ or full time. Earn cash and incentives. Management opportunities. With company car. Phone 053 723 1717/082 578 5215 Hester. It can change your life.
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
19
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
BJ NIEMAND In die boedel van wyle Barend Jacobus Niemand, boedelnommer 266/2014, Meesterskantoor Kimberley, geboortedatum 26 Julie 1937, identiteitsnommer 3707265013083, Laaste adres Livingstonstraat 6, Kuruman, datum van dood 04 Januarie 2014. Krediteure en debiteure in die bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal ten kantore van die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, gereken vanaf 20 Maart 2014, datum van publikasie hiervan. EE Pohl, Symington & de Kok, Posbus 12012, Brandhof 9324 (MHO0054). MM AUCAMP In die boedel van wyle Marian Magdaline Aucamp, voorheen woonagtig te Bechuanastraat 4, Kuruman 8460. Boedelnommer: 1801/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hulle vorderings in te lewer en hulle skulde te betaal by die kantore van die ondergemelde prokureurs binne 30 (DERTIG) dae vanaf 20 Maart 2014. JORDAAN & MANS ING Prokureurs vir Eksekuteur Posbus 27 Bearestraat 26 Kuruman 8460 Tel. 053 712 1091/2 annemarie@jorman.co.za
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
GA-SEGONYANA LOCAL MUNICIPALITY Private Bag X1522, Kuruman, 8460 • www.ga-segonyana.gov.za
KOPANO YA LEKGOTLA Masepala wa Selegae wa Ga-segonyana o tla nna le kopano ya lekgotla e e tla tshwarwang ka 27 Mopitlwe 2014, mo dikagong tsa lekgotla-kokoano tsa Ga-segonyana ka ura ya 09:00. Ratoropo TG Anthony o tla atlanegisa tekanyestso kabo le lenaneo le le kopanetsweng la ditlhabololo la ngwaga wa dichelete 2014/15. Baagi botlhe ba lalediwa go tsenela kopano jaaka baelatlhoko. COUNCIL MEETING Ga-Segonyana Local Municipality will have a council meeting scheduled to take place on 27 March 2014 at the Ga-Segonyana Council Chamber at 09h00. Mayor TG Anthony will also table the 2014/15 draft budget and reviewed IDP. The public is invited to attend the meeting as observers. RAADSVERGADERING Kennis geskeid hiermee dat ‘n raadsvergadering gehou sal word in die raadsaal van die Ga-Segonyana Munisipaliteit op 27 Maart 2014 om 09:00. Die begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan vir jaar 2014/2015 sal ter tafel gelê word deur die burgemeester, raadslid TG Anthony. Die publiek word uitgenooi om die vergadering as waarnemers by te woon. Dipatlisiso/ Enquiries/ Navrae David Mabudi, tel: 053 712 9449 Mr Edward Ntefang Municipal Manager
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
21
22
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
23
24
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
31
Ryg plekke op Prieska-spele in DRIE leerlinge van die Hoërskool Duineveld het op 21 en 22 Februarie aan die Berede-spele in Prieska deelgeneem. Lara Barnard en Danielle du Plessis het aan die vlak 1-klas deelgeneem en het ná die spele na vlak 2 opgeskuif. Lara het ’n eerste plek en twee tweede plekke behaal.
Danielle het twee eerste plekke en twee tweede plekke behaal en was algeheel tweede in haar afdeling. Tiaan Fourie het in die vlak 2-klas gery en het ná die spele na vlak 3 opgeskuif. Tiaan was die algehele wenner in sy afdeling en het verskeie eerste en tweede plekke behaal.
TIAAN FOURIE
DANIELLE DU PLESSIS
LARA BARNARD
Foto’s: Verskaf
32
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 MAART 2014
Rekords spat OP Saterdag 22 Februarie het 38 atlete van die Hoërskool Duineveld as deel van die //Khara Hais-span aan die ZF Mgcawu-streekatletiekbyeenkoms in Kakamas deelgeneem. Van dié 38 atlete het ses atlete sewe rekords laat spat. Daarby het die Velties 23 eerste plekke, 22 tweede plekke en 13 derde plekke behaal. Adriana van der Walt het die rekord in die diskusgooi en gewigstoot vir
meisies o.14 verbeter. Jan Visser het die diskusgooirekord vir seuns o.14 oortref. Melinda du Toit het die rekord in die 300 m-hekkies vir meisies o.15 verbeter. Tammy-Lee Visagie het die rekord in die gewigstoot vir meisies o.15 laat spat. Coenraad Kotzé het die rekord in die spiesgooi vir seuns o.15 verbeter. Julian Titus het die rekord in die 400 m-hekkies vir seuns o.17 verbeter.
BRUCE FORDYCE, negemalige wenner van die Comradesultramarathon, gaan die eerste aan bieding van die parkrun in Upington open. Hier spring hy saam met ’n groep drawwers op die eerste parkrun in OosLonden weg. Foto: Verskaf
Dorp hou 1ste parkrun
UPINGTON se eerste parkrun vind op 29 Maart van die park op die hoek van Dwarsen Wildebeesstraat oor die Pokkies-eiland heen plaas. Die parkrun-projek organiseer ’n weeklikse gratis 5 km-draf- of -stapsessie vir mense van alle fiksheidsvlakke. Dit vind oor die wêreld heen plaas en Upington sluit hom nou by ’n groterwordende groep dorpe in Suid-Afrika aan wat ’n gesonde leefstyl wil aanmoedig. Om die eerste Upington-parkrun te begin gaan Bruce Fordyce, Comrades-wenner en Suid-Afrika se parkrun-koördineerder, dié parkrun bywoon. Die parkruns vind in veilige, pragtige natuurskoon plaas en danksy die goedhartigheid van Albre en Rene van der Merwe gaan Upington se
parkrun oor Pokkies-eiland kronkel. Elke deelnemer se tyd word geneem en sal binne ure per e-pos gestuur word en op parkrun se webtuiste geplaas word. Deelnemers kan hul tye met ander deelnemers s’n van oor die wêreld heen vergelyk. Ma’s en pa’s met stootwaentjies, drawwers en stappers kan hulle almal op die webtuiste www.parkrun.co.za registreer om ’n strepieskode te ontvang. Elke keer wanneer jy deelneem, moet jy die strepieskode saamneem sodat jy ’n amptelike tyd kan registreer. Discovery-lede kan met die parkrun hul 500 Vitality-punte eis. Saterdae kom almal by die bogenoemde parkie bymekaar om omstreeks 07:00 weg te spring. Ná 50 parkruns word deelnemers genooi om deel van die 50-klub te wees.
VAN links is Adriana van der Walt, Julian Titus, Melinda du Toit, Coenie Kotzé, TammyLee Visagie en Jannie Visser. Foto: Megan Loots
Skole landwyd meet kragte in Bloemfontein OP Saterdag 8 Maart het die o.14- en o.15-netbalspanne van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas aan die Clover-sportdag by die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein deelgeneem. Skole van oor die
land heen het aan netbal-, hokkie-, tennis-, rugby-, gholf-, skiet- en skaakwedstryde deelgeneem. Al die HMO-spanne het twee wedstryde gespeel. Die o.14-netbalspelers het teen die
Hoërskool Hennenman en die Hoërskool Sandveldt gespeel en albei hul wedstryde gewen. Die o.15-span het teen Middelburg en Riebeeckstad gespeel. Altesaam 46 skole het aan die dag deelgeneem.