Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
3 APRIL 2014
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
GRATIS
Hou wag in NK
DIE pragtige kokerbome is die Gariepflorabewarea naby Keimoes afgeneem. Daar staan ongeveer 300 bome, impalalelies en skoonmastoele. Die bewarea word as ’n pionier in die Namakwaland beskryf. Lees meer oor dié pragtige kokerbome en hoe Marina Bothma van Keimoes die statige reuse kweek op bl. 9. Sien meer foto’s op www.kalaharibulletin.co.za. Foto: Lizette Slabber
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
Wil-wil tuin by brug oorstroom BY een van die brûe oor die Oranjerivier naby Keimoes is die water so hoog dat dit plek-plek dreig om dié pragtuin te oorstroom. Foto: Lizette Slabber
Mense mos net soos lekkergoed Karin Muller MENSE vergelyk ander mense soms met diere. Of met vrugte. So kry jy jou “buffels” of “trapsuutjies”. Jou “harde koejawels” of “suur pruime”. Persoonlik meen ek die mensdom kan met lekkergoed vergelyk word. Daar is ’n oneindigheid in kleur, smaak, tekstuur en verpakking. So kry jy jou malvalekker-mense. Sag van binne en buite. Jou jellie-lekkergoed-mense en Paaseier-mense val ook in die kategorie. Hulle is egter die soort lekker wat jy met ekstra versigtigheid hanteer. Los jy hulle in
die Noord-Kaapse son, raak hulle hard van buite, maar dalk nog effens sag van binne. Stel jy hulle te lank aan negatiewe elemente bloot, raak hulle binnekante eindelik ook hard. Amper oneetbaar. Dan kry jy jou niekerbol- en gekooktelekkers-mense. So hard van binne soos van buite. Onwrikbaar. Jy hou van hulle. Of jy hou nie van hulle nie. En vice versa. Hulle verrig die onmoontlike in moeilike tye. Hulle is wie hulle is en maak gewoonlik geen geheim daarvan nie. ’n Mens wonder soms hoe hul voorbereidingsproses moes wees om so
hard aan die ander kant uit te kom. Ons kry ook die wit-eier-mense. Jy het amper ’n mes nodig om die buitenste dop te breek, maar dit is waar die hardheid ophou. Binne wag ’n soet sjokoladelaag wat in jou mond smelt. Die geheim is om nie moed op te gee met die mense nie. Al lyk dit op die oog af nie so nie, smag hulle daarna dat jy deur die klipharde dop breek en uitvind wat werklik in hulle binneste is. Jy kry ook die teenoorgestelde – die sagte sjokoladelaag buite en ’n harde neut aan die binnekant. Op die oog af sag, maar jy vind baie vinnig uit dit is waar die sagtheid ophou.
Natuurlik is daar jou sjokolademense. Mense wat jy opsoek wanneer jy troos nodig het. Dit is gewoonlik iemand na aan jou. Wanneer jy hulle in die NoordKaap son los, verloor hulle hul vorm, maar nie hul smaak nie. Gee jy hulle ’n tydjie om af te koel is hulle weer eetbaar. Dan is daar die legio ander lekkergoed-mense. Die toffies en die suigstokkies. Die kougom en die suursuiker. Die suurwurms en die sout drop. Soos alles in die lewe moet ons versigtig wees om nie lekkergoed net op die verpakking te beoordeel nie. Soms is dit die aangenaamste lekker wat uit die onopvallendste
verpakking te voorskyn kom. Soms is daar die teleurstelling van ’n ongelooflike verpakking met ’n nie-so-smaaklike lekker daarbinne nie. Volgens my, wat al in vier provinsies gewoon het, is die mense van Sentraal-Suid-Afrika, maar veral die Noord-Kaap, my gunsteling-lekkergoedmense. Hul gasvryheid en omgee in moeilike tye oortref enige ander provinsie se lekkergoed-mense. Almal van ons is uniek. Ons verskille maak die lewe interessant en ons vul mekaar aan, al voel dit nie altyd so nie. Watter soort lekkergoed-mens is jy?
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
Vrou met passie vir somme benoem André Botha en Ilse Watson ’n VROU van Postmasburg wat dit haar taak gemaak het om die kinders van die Noord-Kaap meer oor wiskunde en wetenskap te leer is die eerste benoemde in Volksblad en Kumba Iron Ore se kompetisie om die Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied en dit het ten doel om inwoners van die Noord-Kaap wat ’n besonderse bydrae tot die gemeenskap lewer, te vereer. Die projek word ook in samewerking met GWK aangebied. Marna van Zyl was 17 jaar lank ’n onderwyser aan die Hoërskool Postmasburg waar sy wiskunde en fisiese wetenskap vir leerlinge van gr. 10 tot gr. 12 onderrig het. Sedert 2002 is sy by die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes betrokke. Dié projek bevorder kinders se belangstelling in wiskunde, wetenskap en tegnologie. Van 2004 af is sy by die Kalahari- en Namakwa-streek betrokke. Skole skryf hulle in vir die ekspo en dan moet leerlinge sekere projekte inskryf. Sy is sedert 2013 die streekdirekteur vir die Kalahari-streek. In 2013 is sy as die provinsiale koördineerder van die Noord-Kaap aangestel. Dit is ’n heeltydse aanstelling. Tot in 2013 het sy as vrywilliger gewerk. Hoekom doen sy dit? Sy het ’n passie vir wetenskap en wiskunde – en wil haar passie aan kinders oordra, sê sy. Sy wil leerlinge van die geleenthede in die buitewêreld bewus maak. Van Zyl sê baie van die Noord-Kaapse kinders kom nie verder as die dorp waarin hul grootgeword het nie. Altesaam 19 skole in Mothibi-stad en Kuruman het danksy haar werk van die geleenthede bewus geword en dit aangegryp. Van Zyl is ook op verskeie ander terreine betrokke, onder meer by die jaarlikse Ysterfees in Postmasburg en die jaarlikse Kansa Relay for Life. Sy was ook twee jaar lank die voorsitter van die Laerskool Postmasburg se ouer-onderwysersvereniging.
Dié prestigekompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied en dit het ten doel om inwoners van die NoordKaap wat ’n besonderse bydrae tot die g e m e e n s k a p l e w e r, t e vereer.
MARNA VAN ZYL van Postmasburg. OM ’n kandidaat vir die kompetisie te benoem stuur ’n epos met die kandidaat se besonderhede aan andre.botha@volksblad.com
Foto: Verskaf
3
Loslitdag 2014 fokus op ‘bling’ TEEN dié tyd weet almal reeds van Loslitdag, die eerste Vrydag in September, waarop mense vrolik en volgens temas aantrek en terselfdertyd geld vir gestremdes insamel. Met Loslitdag is in 2013 meer as R23 miljoen vir gestremde mense ingesamel. Suid-Afrikaners se individuele bydraes van net R10 elk het verseker dat 2013 se Loslitdag ’n groot verskil gemaak het in die lewe van talle gestremde mense. Loslitdag is ’n projek van die Nasionale Raad vir Persone met Fisieke Gestremdhede in Suid-Afrika, ’n nie-winsgewende nasionale instansie wat hom vir die behoeftes van mense met gestremdhede beywer. Vanjaar is Loslitdag se twintigste verjaardag en R195 miljoen is reeds ingesamel vir die skole en instansies wat aan die projek deelneem. In 2014 gaan groot makietie gehou word met die tema Bring out the Bling. Die projekbestuurder, Celeste Vinassa, sê hulle wil met die uitreiking hul veldtogte verbeter om sodoende meer Suid-Afrikaners te bereik om tot die instansie by te dra. “Een R10-noot het nou ’n baie groot verskil in verskeie instansies landwyd gemaak.” Die Edcon-handelsgroep is
Loslitdag se hoofborg, maar verskeie ander groot maatskappye soos Game, Absa en Shoprite Checkers is steeds aan boord. Sowat 500 skole, tehuise en diens-instansies neem deel aan en vind baat by Loslitdag. Die volgende nasionale instansies, met takke oor die land heen, vind baat by die geld wat ingesamel word: ) Die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika. ) Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Geestesgesondheid. ) Die Federasie vir Dowes van Suid-Afrika. ) Die Nasionale Raad vir Blindes. ) Outisme Suid Afrika. ) Down-sindroom Suid-Afrika. ) Die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid. ) Die Suid-Afrikaanse Dowe Vereniging. ) Die Nasionale Instituut vir Dowes. ) QuadPara-vereniging van Suid-Afrika. ) Alzheimer’s Suid-Afrika. ) South African Disability Alliance. Vir verdere inligting oor vanjaar se Bring out the Bling-tema gaan na www.casualday.co.za.
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
Laat geld jou stem
Vertoon sy skoonheid in oorgrenspark ’n PRAGTIGE breëkoparend sprei sy vlerke spoggerig. Die foto is in die Kgalagadioorgrenspark geneem. Foto: Ilse Watson
Kry rit van jou lewe by Jesus Ds Christo Jonck WAT is jou soort lewensrit? Steven Carter en Julia Sokol, in hul boek Lives Without Balance, praat van vier verskillende reise deur die lewe wat baie as hul lewensrit kies. Hulle beskryf die vier ritte soos volg: ) Die reuse-glybaan: Ons almal weet van afwaartse beweging. Dis amper onkeerbaar – dit sleep ons al nader aan die onderkant van die glybaan, die einde van die rit. By tye is dit so donker asof iemand die lig aan die einde van die tonnel afgesit het. Al het ons ons bes gedoen, voel ons nog steeds ingeloop deur die lewe; ) Die nimmereindigende trapmeul: Ons is altyd uitgeput, maar vrees om die brieke aan te draai uit vrees dat ons miskien grond kan verloor. Ons verwaarloos die mense naaste aan ons die meeste. Soos ’n trapmeul bring hierdie rit ons regtig nêrens – nie op of af nie. Op die trapmeul gebruik ons al ons energie om veilig op een plek te bly; ) Die wipwa (rollercoaster): Een oomblik is ons bo, die volgende oomblik jaag ons in ’n laagtepunt in. Een minuut is ons op die
kruin van die lewe – die volgende gly ons op die piesangskil. Ons liggame stuur duidelike tekens dat ons nie so kan aangaan nie, maar ons ignoreer dit. Ons hou nie van roetine nie – dis te vervelig en dodelik. Ons hou van die vinnige baan en die druk; ) Die onbeheerbare roltrap: Ondanks sukses, kan ons nie stop nie. Ons hou aan om die dwarslat hoër en hoër te stel. Ons voel nooit finansieel gemaklik nie – ongeag hoeveel ons het. Daar is geen lewe buite die werk nie. Die lewe druk ons, want orals het ons die limiet bereik. Ons sien sukses altyd as ’n toekomsding en kan nie die “nou-oomblik “ geniet nie. Die vraag wat in ons gedagtes maal, is: Waar stop alles? ) Die stoepsitters: Ons kan nog iets byvoeg. Daar is mense wat dink dat die lewe hulle skuld. Daarom onderneem hulle self geen reis nie, maar sit op die stoep en kyk hoe ander mense hul reise onderneem. Ons noem sulke mense stoepsitters. Is dit regtig
lewe? Stoepsitter-mense is niks anders as suurstofdiewe nie. Ek dink die lewe gaan by jou verby as jy op die stoep sit – jy skuld die lewe jou beste, op die stoep kan dit nie gebeur nie. Daar is egter die Johannes 11:25geskenk: Aan ons word dieselfde rit van jou lewe aangebied om ons te bevry uit hierdie nuttelose pogings om sukses en betekenis in ons lewe te bring. Jesus se Johannes 11:25-geskenk is ’n energieke my-beker-loop-oorlewe wat hierdie afwaartse glybaan kan stop, die trapmeul kan verander in ’n doelgerigte pad, stabiliteit by die wipwa voeg en aan die onbeheerbare roltrap ’n eindbestemming gee. Die ware probleem met die glybaan-, trapmeul-, wipwa- en roltrap-ritte is dat ons tevergeefs al hierdie ritte met ons eie agendas wil beheer en onder ons mag wil hou. Jesus se woorde aan Marta is ’n aanbod van ’n ander rit: “Ek is die opstanding en die lewe.” In dié rit word ons bemagtig deur ons vertroue in God wat Jesus uit die dood bevry het en Hom al die heerlikheid gegee het. Net Jesus kan jou die rit van jou lewe gee!
8/24
9/25
10/26
8/24
9/27
10/26
11/29
13/31
14/31
OSO-5
O-5
ONO-5
O-5
O-5
ONO-5
Kalm
Kalm
NNO-5
MET die nasionale verkiesing wat oor net meer as ’n maand in Suid-Afrika plaasvind, skroom die politieke partye nie om mekaar se vuil wasgoed in die openbaar te was nie. Met die onlangse bekendmaking van die omstrede Nkandla-verslag het die hoof-opposisieparty, die Demokratiese Alliansie (DA), se Lindiwe Mazibuko ’n formele versoek aan die parlement gerig om pres. Jacob Zuma te laat vervolg. Sy het die parlementêre speaker, Max Sisulu, versoek om spoedig op te tree. Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, het in die omstrede verslag bevind van die R246 miljoen se opknappingswerk wat aan die president se Nkandla-woning aangebring is, was buitensporig en onnodig. Sy het voorgestel die president moet ’n deel van die koste terugbetaal. Die aanvanklike koste van die werk aan die presidentswoning sou ongeveer R65 miljoen gewees het. Zuma het egter in ’n onlangse TV-onderhoud gesê hy meen nie hy moet geld terugbetaal vir iets
waarvoor hy nie sou gevra het nie. Intussen het die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), Julius Malema, aan die media gesê hy het ’n formele strafregtelike klag by die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) teen Zuma ingedien. Malema voer aan Zuma het geld van die publiek gesteel vir die opknapping van Nkandla en dat hy (Malema) bewyse daarvan het wat hy aan die polisie sal oorhandig. Malema word self op aanklagte van belastingontduiking en korrupsie ondersoek. Die DA het ook vroeër die jaar ’n opskudding in die media veroorsaak met sy mislukte samesmelting met Agang SA. Helen Zille, leier van die DA, en Mamphela Ramphele, leier en stigter van Agang SA, het die kortstondige samesmelting gou verbreek. Só gee die politieke partye mekaar skietgoed – en word dit moeiliker (of makliker?) vir Jan Publiek gemaak om sy keuse uit te oefen. Die belangrikste is egter om wel te gaan stem.
My hart bly in Keimoes Lizette Slabber MY liefde vir die Noord-Kaap het in Keimoes begin. Hier in Keimoes het ek in 1999 as jong onderwyser, nog nat agter die ore en sonder enige ondervinding, begin werk. Op die eerste ouer-onderwyserbraaigeleentheid het ek trui oor die arm na die skoolswembad gestap, want my ma het my geleer as jy in die aand uitgaan, vat jy altyd ’n warm ding saam. Dié trui het ure se laggenot meegebring en tot in Desember het almal vertel hoe die nuwe onderwyser wraggies op ’n aand van 45 °C ’n trui rondgedra het. Maar vandag nog, wanneer ek na Keimoes gaan, neem die kronkelende paadjies tussen wingerde en brûe deur my terug na daardie wonderlike jaar. Die gasvryheid, vriendelikheid en innemendheid van die mense sal ek nooit vergeet nie. Verlede week moes ek weer Keimoes toe gaan en ek het spesiaal met die terugkomslag na Upington ’n draai die dorp deur gery. Ek het weer na die koshuis gaan kyk waarin ek gewoon het en na die klaskamer waarin ek die eerste keer skoolgehou het. En na al die paadjies waarop ons
Die interessante mense is egter wat Keimoes so ’n wonderlike plek maak. Elke keer as ek ’n storie daar gaan doen, sukkel ek om binne die joernalistieke raamwerk van slegs 350 woorde te bly. Ek wil skryf en skryf en skryf totdat almal net so lief raak vir die Noord-Kaap en Keimoes soos ek. in die dorp rondgestap het. Die interessante mense is egter wat Keimoes so ’n wonderlike plek maak. Elke keer wanneer ek ’n storie daar gaan doen, sukkel ek om binne die joernalistieke raamwerk van slegs 350 woorde te bly. Ek wil skryf en skryf en skryf totdat almal net so lief soos ek vir die Noord-Kaap en Keimoes is. Ek wil geen advertensies duld nie, want elke gaatjie moet aan foto’s en beskrywings gewy word. En al is ek nou naweke ’n Grootdrinker en in die week ’n Upingtonner sal my hart altyd in Keimoes bly.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
PROMOSIE
Mooigoed maak oop in Upington MOOIGOED-GESKENKE-EN-DEKOR is nie net die naam van die splinternuwe winkel wat vandag in Upington oopmaak nie, dit is ook ’n baie gepaste beskrywing van die mooi goed wat hier te koop is. Isak en Annemarie Joubert open vandag hul winkel vol mooi goed in die Ons Tuin-sentrum in Keidebees. “Ons het juis dié sentrum gekies, omdat daar soveel karakter in die gebou is,” het Joubert gesê. Joubert en sy vrou het al langer as twee jaar in Kathu ’n winkel, Mooigoed-geskenke-en-dekor, waarin hulle handgemaakte meubels en dekorartikels verkoop. “Ons het ’n geleentheid in Upington raakgesien en besluit om hier ook ’n Mooigoed oop te maak,” het hy gesê. Joubert het ongeveer ’n jaar gelede afgetree, maar wou nog altyd meubels maak. Nou kan hy self die meubels maak wat in Mooigoed verkoop word. “Bring vir my ’n foto of ’n prentjie en ek maak binne 10 dae vir jou jou meubels.” Hulle maak veral witgekalkte (limewashed) meubels en kombuiskaste op bestelling. Die kombuiskaste doen hy saam met sy seun, Morné, van Kalahari-kaste, “maar met groot bestellings moet ek asseblief net vroegtydig gewaarsku word”. Volgens Joubert sal hulle binne die volgende tien dae nog pragtige dekor-artikels in voorraad kry. Vir inligting besoek www.mooigoed.net of stuur ’n e-pos aan isak@mooigoed.net of bel hom by 082-494-0586.
VAN links is Annema rie, Morné en Isak Joubert. Foto: Lizette Slabber
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
LEEFSTYL/LIFESTYLE
AL die leerlinge het die atletiekbyeenkoms baie geniet.
Kleuters wys hul vernuf Renske Van der Walt DIE Bana- Vroeë Ontwikkelingsentrum in Kathu het op 26 Maart op die Sivossportterrein sy jaarlikse atletiekbyeenkoms gehou. Die leerlinge het oudergewoonte ballonne ontvang om tydens die optog te dra. Ná die optog is die ballonne gelos
om op die wind weg te sweef. Die geleentheid het leerlinge ’n kans gegee om met hul spoed en vernuf te spog. Die kinders het aan ’n hekkiesnommer en die 100 m deelgeneem. Elke kleuter het ’n medalje ontvang, asook ’n waterbottel en kos- en gelukspakkies.
DIE leerlinge het behoorlik oor die “hekkies” gevlieg.
Foto’s: Verskaf
DIE paviljoen was stampvol familielede en vriende wat die leerlinge aangemoedig het.
THE ladybird beetle (Coccinella semtpunctata) feeds on aphids, a species of plant lice.
Insects fulfil important role INSECTS are often associated with pests, but only a small proportion of insects are pest species. Others fulfil important roles in the garden, such as pollinating flowers, decomposing leaf litter and controlling pest insects. For example, the ladybird beetle feeds on aphids, a species of plant lice. Insects form by far the most diverse group of animals, which means that making the garden “insect friendly” is in itself the most efficient way to enhance biodiversity in the backyard. In addition, insects are food for other animals such as spiders, frogs and toads, lizards, skinks and geckos. They also provide food for insect-eating birds and small mammals such as shrews and hedgehogs. Apart from the roles they fulfil, many insects are simply breathtakingly beautiful and fascinating and can add a splash of colour to the garden. Butterflies are the obvious example, but there are other insects that warrant a closer look, such as dragon- and damselflies, lacewings, fruit beetles, dung beetles, parasitic wasps, grasshoppers and praying mantises, to mention a few. Butterflies in particular are very choosy about where they lay their eggs. Most species will only use a few, or only one, “host plant” species. This makes butterflies very vulnerable to extinction. By gardening with locally indigenous plants the humble
THE praying mantis is a dignified addition to any garden. gardener can help protect them. Given the riches that butterflies and other insects can bring to the garden, it pays to tolerate some insect damage to plants rather than to use insecticides to prevent insect damage. Indigenous plants have evolved their own defence mechanisms against local species of insects and they do not necessarily need chemicals that kill everything that crawls. Source: www.nzg.ac.za
Gastritis: Kry raad Yolandi van Deventer GASTRITIS is ’n term wat na die ontsteking van die maagwand aan die binnekant (slymvlies) verwys. Dit kan die gevolg van verskillende dinge, soos oormatige alkoholgebruik of die gebruik van sekere medisyne wees. Oormatige stres of sekere bakteriële infeksies soos Helicobacter Pylori kan ook tot gastritis lei. Die algemeenste simptoom is abdominale ongemak of pyn. Die soort pyn is gewoonlik ’n dowwe, vae, kloppende, skerp, branderige pyn. Ander simptome is naarheid, braking, swelling of opsetting van die buik, of sooibrand. Vir behandeling van gastritis sal jou geneesheer iets voorskryf soos antibiotika, medisyne vir naarheid, of dan medisyne spesifiek vir die maag en die “pompies” wat in die selle in die maag is wat suur afskei, ’n bietjie inhibeer. Dit wil sê, minder suur
word afgeskei. Gevaartekens sluit in swart braaksel, die vomering van bloed of swart stoelgang. Dít kan dui op bloeding van die maagwand en moet dringend deur jou geneesheer behandel word. Diegene wat aan gastritis ly, moet liefs die volgende vermy: speserye of gekruide kos; kafeïen (koffie); medisyne wat op die maagwand werk soos sekere anti-inflammatoriese medisyne; vetterige kos en gaskoeldranke, omdat dit geneig is om suur te wees. Identifiseer kossoorte wat die ongemak op die maag vererger en vermy dit of gebruik dit matig. Gastritis is nie ’n lewensgevaarlike toestand nie en kan met behulp van die korrekte leefstyl en medisyne goed beheer word. Dit is baie belangrik om, indien jy aan enige van dié simptome ly, ’n afspraak by jou geneesheer te maak, omdat baie ander toestande dieselfde simptome het. Waak altyd teen diagnoses van oningeligtea. Kry eerder professionele raad. ) Gesondheidswenke verskaf deur die Mediclinic Kathu
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
Day’s work pays off
ON 19 March Pick n Pay thanked its customers, staff and franchisees for their tremendous response on 15 December 2013 – the day of Nelson Mandela’s funeral – when the company decided to open its stores and donate all profits to charities which honoured Madiba’s legacy. As a result of its Working for Madiba Day, Pick n Pay will hand the new Nelson Mandela Children’s Hospital in Gauteng a cheque for R4,5 million to build and equip a specialist unit. Pick n Pay’s regional teams will donate a further R500 000 to help provide equipment to children’s homes, orphanages and care facilities around the country. “By opening our stores on Sunday, 15 December, we gave our staff and customers an opportunity to contribute in a very tangible way to Madiba’s legacy,” said Pick n Pay’s CEO, Richard Brasher. He continued to say that they pledged all the profits from sales that day to worthy causes. “I was truly humbled by the amazing response from our staff and our customers. The total sum of R5m donated to good causes significantly exceeded our day’s profits. I want to thank everyone involved – in particular our staff, our franchisees and our customers – for this great tribute to Nelson Mandela.” KPMG, Pick n Pay’s external auditors, have checked the calculation of profits and have confirmed that it was conducted on an appropriate basis and that the amount donated to good causes exceeded the day’s profits. Sibongile Mkhabela, CEO of the Nelson Mandela Children’s Hospital, said: “We are grateful to Pick n Pay for this very generous donation. Pick n Pay wants to ensure that the proceeds of their excellent Working for Madiba initiative goes to a cause which, as stated by Graca Machel, was Nelson Mandela’s last wish.” She continued to say that this donation will benefit many children in need for years to come. Pick n Pay’s transformation director, Suzanne Ackerman-Berman, added: “15 December last year was a day many of us will never forget. Around the country we opened our stores, served our customers, spent time mourning together, knowing that all our efforts would go to help those in need. This special day was really a fitting way to contribute to the enduring legacy of a truly great man.”
Happenings on this day TODAY in history: 3 April 1882 – The American Old West outlaw Jesse James is killed by Robert Ford. 1933 – The first aeroplane flight over Mount Everest. 1957 – Russia performs the first atmospheric nuclear test. 1930 – Tafari Makonnen proclaimed the Emperor Haile Selassie the First of Ethiopia. 1966 – Luna 10 orbits the moon. 1996 – AWB members are sentenced for disrupting the South African elections. 2012 – America’s President Barack Obama officially secures the Democratic presidential nomination.
7
An Easter feast FRESH
30
R
PnP Fresh Chicken in Tray Per kg
49
90
PnP Kids Small Apples Assorted 1kg Each
Ultimate Braai Master Boerewors Per kg
Garnish and decor not included
54 17
R
BUY BOTH FOR
+ R
50
Clover The One 1% Low Fat Fresh Milk 2 Litre
Danone Yo-Jelly Assorted 6 x 100g Per Pack
35 21
80
PnP Washed Potatoes 2kg and Onions 2kg
Bulk Tenderised Steak Per kg
10 R 10
R
Ladismith Choice Salted Butter 500g Brick
30 19 57 R 8 7 90
Sunfoil Sunflower Oil 2 Litre
SAVE 2.40
12
80
Fanta, Sprite or Stoney Soft Drink Assorted 2 Litre Each
SAVE 3.85
90
Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg
SAVE R5
90
Beacon Marshmallow Eggs 48s
11 17
Nestlé Caramel Treat 360g
R
5 50
Lay’s Potato Chips Assorted 125g Each
SAVE 5.50
90
Riegelein Bunny 60g Each
Bakers Tennis Biscuits Assorted 200g Each
6 Hot Cross Buns
ter n Bur’s Inflataio n last yea s price Better th
12
R
42
90 Each
+
10x
FREE
points
on H Hot ot Cross Buns
SAVE R40 Valid until 6 April 2014
Buy Omo Auto Washing Powder 2kg or Semi-concentrated Liquid 1.5 Litre and Get Comfort Fabric Conditioner 400ml FREE
Valid 24 March - 21 April
PRICES VALID 1 - 6 APRIL 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS ONLY In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express and Daily stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
Best Customerr amme 2013* Loyalty Programme
1184383
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
Gaan kyk na die ander inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za
YOLANDI BOOYENS het dié foto net buite Ellisras geneem.
Foto: Yolandi Booyens
HENK DE KLERK van Grootdrink het dié foto in Buffelsbaai geneem.
Foto: Henk de Klerk
Hier is die foto-finaliste
KUSHLA MARKRAM van Kuruman het dié foto naby Gansbaai geneem.
Foto: Kushla Markram
HEIDÉ CAREY van Kathu het die foto net buite Nieuwoudtsville geneem.
ELZANNE JORDAAN van Daniëlskuil het dié foto geneem.
Foto: Heidé Carey
Foto: Elzanne Jordaan
Vyf toplandskapfoto’s aangewys Lizette Slabber HIER is die vyf landskapfinaliste. Een van dié foto sal as die eerste wenner van die Kalahari Bulletin se fotokompetisie vir Maart aangewys word. Daar is ook ’n prys vir die foto wat die meeste “likes” op Facebook kry. Albei dié fotograwe ontvang ’n prys en kan ’n naweek in een van die NC Famous Lodges wen as die foto as wenfoto van die jaar
aangewys word. Gaan “like” dus onmiddellik jou gunstelingfoto op Facebook (www.facebook.com/kbulletin) en gaan kyk na die ander inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za. Donovan Eva van Eva-fotografie het dié vyf finaliste uit bykans 140 inskrywings gekies. Gaan na dié webtuiste vir die kompetisiereëls. Stuur jou sonsondergang- en sonopkomsfoto’s na lizette.slabber@volksblad.com.
Besoek die Facebookblad: Kalahari Bulletin
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
9
Marina laat kokerbome gedy Lizette Slabber OP die idillies mooi eilande van Keimoes is ’n kokerboom-toevlugsoord tussen kronkelende paaie en groen wingerde weggesteek. Hier word kokerbome liefdevol van klein saailinge tot reuse-oupas van die veld deur Marina Bothma grootgemaak. Bothma het in 2005 die Koms-kokerboomkwekery begin, juis uit haar liefde vir tuinmaak en die natuur, en só het “iets ongeloofliks gebeur”. Met die hulp van Elsabé van Schalkwyk, ’n plantkundige van die departement van natuurbewaring, en Nico Laubscher van Calvinia het sy goedkeuring gekry om hierdie besonderse boom te kweek. “Die boom is beskermde flora en dus moes ek eers ’n permit kry. Elsabé en Nico het na oom Chrisjan Richter se bome kom kyk. Hulle moes eers bepaal of die bome gesond is en ’n telling neem. Hulle was baie tevrede en ek kon in Junie 2005 die eerste saad saai,” het Bothma vertel. Richter het 300 bome oor 40 jaar in ’n unieke tuin gevestig. Dié stukkie grond is intussen as die Gariep-florabewarea gevestig. Richter is al as ’n pionier in die Namakwalandstreek beskryf. Hy is verlede jaar oorlede. Die eerste kokerboomsaad en boompies is in ’n 2 x 6 m-hokkie gekweek en vandag bestaan dié kwekery uit verskeie tonnels waar bome van verskillende groottes liefdevol versorg word. Daar is selfs ’n kokerboomhospitaal waar bome met verskeie siektes kans op herstel gegee word. Die saad moet onder skadunet gesaai word omdat voëltjies en muise dit graag eet, maar “as die boompie drie blaartjies aan het, raak hulle bitter en dan los die voëltjies hulle uit.” Toeriste van oor die wêreld besoek dié kwekery, nie net om te koop nie, maar partykeer net om meer oor dié fassinerende boom, wat inheems aan Suider Afrika is, te leer. “Plaaslike mense is te gewoond aan hierdie bome, maar in die afgelope paar jaar kry ons tog meer plaaslike besoekers. Die oorsese toeriste kom net hierheen vir die lekker; hulle kan tog nie boompies saam met hulle neem nie.” Bothma het al verskeie navrae gekry om bome uit te voer, veral na Frankryk en Italië. Sy versend selfs bome oor die land heen. “Dié bome aard oral. Hulle moet net tyd gegun word om te akklimatiseer. Ek sê altyd vir mense om eers die boom in ’n pot op die stoep te sit en hom kans te gee om aan te pas.” Kokerbome groei slegs 10Tcm tot 16 cm per jaar, dus sal ’n meter hoë boom maklik agt jaar oud wees. Veral Gautengers wil graag die groter bome koop. Kokerbome kan tot 300 jaar oud word. Bothma kry gereeld interessante navrae oor kokerbome. Mense van oor die wêreld kontak haar uit haar kennis te put. Daar staan selfs een van haar bome in die bekende Kirstenbosch-tuin in die Kaap. Sy het eenkeer vir Ernst van Jaarsveldt van Kirstenbosch genader oor ’n paar boompies
MARINA BOTHMA staan by haar geliefde kokerbome. Sy was ook ’n stigterslid van die Koker boomroete. Foto: Lizette Slabber
“Plaaslike mense is te ge woond aan hierdie bome, maar in die afgelope paar jaar kry ons tog meer plaas like besoekers.” – Marina Bothma wat ’n ander groeiwyse as die res gehad het. Sy het een aan hom gestuur. Hy het verklaar dit is slegs ’n afwyking, maar dié boompie het nou ’n spesiale plekkie in dié beroemde tuin. Sy maak nou 45 boompies groot vir ’n bruid wat aan elke gas op haar troue een wil gee en daar is ook 300 bestel om aan gaste op ’n komende kongres te gee. Bothma se liefde vir interessante flora strek veel wyer as net kokerbome. Sy kweek ook spekbome en -bosse, die moeilik kweekbare duiwelsklou, Hoodia gordonii, die skaars Kalahari-impalalelie of bitter kambro, soos hy ook bekend staan, en deel graag haar liefde vir Suid-Afrikaanse wonderlike plaaslike flora met almal wat belang stel. Sien nog foto’s van dié interessante bome by www.kalaharibulletin.co.za.
KLEIN kokerboompies wat na sewe dae opgekom het. In die natuur kan hulle tot ’n jaar in die grond lê en wag vir reën voordat hulle opkom. Foto: Lizette Slabber
DIE bont houtkapper maak hierdie gate in kokerbome en hol feitlik die boom uit, wat dan die boom laat vrek. Foto: Lizette Slabber
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
Fees vermaak almal DIE Kalahari-woestynfees het van 21 tot 23 Maart naby Ashkam plaasgevind. Dié fees vier die lewe en kultuur van die Khomani-san-mense in hul tradisionele ruimte tussen die rooi duine van die Kalahariwoestyn. Die fees vier nie net die tradisionele lewenswyse van die Khomanisan nie, maar het ook ’n groot werkskeppingsrol. Die fees het ’n wye verskeiden-
heid aktiwiteite vir jonk en oud. Stories is vertel, kontemporêre danse is opgevoer, tradisionele musiek is gespeel en die !Xun- en Khwe-rappers van Platfontein het in hul tradisionele tale gesing. Op die verhoog is ’n elektriese verskeidenheid musiek gespeel wat gewissel het van tradisionele instrumente tot gospel en lekker dansmusiek. ’n Hoogtepunt was die optrede
FEESGANGERS het die tradisionele danse geniet.
DIE poppekasvertoning het die skare in vervoering gehad.
SARAH KASSIE van Andriesvale het die heerlikste skaaptjoppies verkoop.
van ’n didgeridoo-kunstenaar van Australië wat tradisionele musiek gespeel het. Drama-opvoerings en selfs ’n poppekasvertoning is opgevoer. Die fees het in ware Kalahari-tradisie ’n wye verskeidenheid eetgoed soos roosterkoek verkoop. Vermaak vir die kinders was in oorvloed. Donkiekarritte, viertrekritte en boogskietkompetisies is aangebied.
Foto’s: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
11
Puddles kuier ook op landbou-ekspo PUDDLES DIE NAR besoek vanjaar weer die Upington-landbou-ekspo. Puddles is al 25 jaar ’n professionele nar. Hy het ná skool aan die Clown College in Amerika alles gaan leer oor nar wees. Hy is ’n meester met oëverblindery en kan meesterlik met vuur speel. Hy kan selfs klein en groot eenwielfietse ry.
Hy is die enigste internasionaal opgeleide nar in Suid-Afrika en doen dié werk uit ’n liefde om kinders van alle ouderdomme te vermaak. Kinders, ma’s, pa’s, oupas en oumas sal sy vertoning nie wil misloop nie. Puddles tree op 1, 2 en 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo op.
ANTON BOTHA tree op Vrydag 3 Mei op die Upingtonlandbouekspo op.
Foto: Verskaf
Rock met Anton ANTON BOTHA, gesogte liedjieskrywer van sangers soos Izak Davel, Karlien Husselman en Thys die Bosveldklong, tree op Vrydag 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo op. Sy album Alles of niks is in 2012 uitgereik en bestaan uit 15 liedjies wat hy self geskryf het. Hy en sy orkes toer die land plat met ’n splinternuwe projek, Born to be wild.
PUDDLES DIE NAR besoek weer vanjaar die Upingtonlandbouek spo. Foto: Verskaf
Born to be wild gee vir die rockliefhebbers die kans om hul staal te toon. Die gehoor kan uitsien na treffers soos Cocaine van JJ Cale, Gimme me all your lovin’ van ZZ Top en Fat Bottom Girls van Queen. Almal in die gehoor sal wil saam sing, dans en rock terwyl hulle na ’n vergete tyd van inryflieks en V8-enjins teruggeneem word.
Gaan vermaak met optrede PIETMAN DIE SKOT (foto), Arno van Zyl en Dusty Dixon gaan op Saterdag 3 Mei die mense laat skater van die lag met hul optrede in die hooftent in die hoofarena van die Upingtonland bouekspo. Foto: Verskaf
QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE LASHER DIGGING SPADE
GARDEN TOOLS
ELECTRIC GEYSER & ACCESSORIES
161.95
SKU: 880
FRANKE COMBISLIM Consists of: 1 x Franke 100litre Combislim Geyser GEYSER PACK 1 x Franke 100litre Tray with outlet 1 x 22mm 400kpa Pressure Control Valve 2 x 22mm 400kpa Vacuum Breakers 1 x 22mm Draincock 1 x 22mm Temperature Probe Valve
100 Litre
SKU: 301582
3 129.95
LASHER GARDEN FORK SKU: 914
522.95
209.95
SKU: 883
PICK HEAD C&D • 3kg SKU: 882
CHAMPION EXTRA THICK PVA
PAINT
199.95 LASHER POLY WHEELBARROW SKU: 300133
545.95
Poly
SKU: 301160
99.95
SHOP AT CASHBUILD AND STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF
R 50 000 INSTANT AIRTIME
Dial *120*904# to enter and keep your till slip with you. Calls cost only 20c for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za. One entry per till slip. Competition closes 20 April 2014
54.95
VALID UNTIL SUNDAY 20 APRIL 2014 Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT 66377 WK40 • REDWORKS
For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)
SKU: 5002
10 Litres
Various 5 Litres
Various Colours 5 Litres
123.95
169.95
179.95
SKU: various
609.95
69.95
LASHER PICK HANDLE
DURAM FLEXIWALL
DURAM WALL & CEILING PVA
White 5 Litres
SKU: 5037
SKU: various
20 Litres
20 Litres
SKU: 5001
SKU: Various
20 Litres
SKU: Various
599.95
219.95 TILING Cotta
ALOE CERAMIC FLOOR TILE
Bone
Beige
35 x 35 • 2m2 Cotta Bone Grey
20 x 25 • 2m2 Beige/Grey SKU: 300228/9 per m2
SKU: 300326/7/8 per m2
Grey
64.95
CLIVIA CERAMIC WALL TILE
Grey
69.95
TAPS EMERALD BASIN MIXER BA
CORAL BATH MIXER
SKU: 301593 SK
+ hand shower
371.95
ISCA CHLOE SINK MIXER Wall Type
SKU: 5162388
742.95
SKU: 301587
667.95
208
STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
Vloei nog sterk DIE Oranjerivier se watervlak was die afgelope twee weke baie hoog nadat dit voorverlede naweek al teen net minder as 1 000 kubieke meter per sekonde gevloei het. Die water het teen Maandag 31 Maart ’n hoogtepunt bereik en daarna begin afneem. Dié foto is by Keimoes geneem. Foto: Anena Burger
Groot viering lê voor DIE Hoërskool Duineveld vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar en in Augustus gaan oud- en nuwe Velties behoorlik feesvier. Die Veltiefees met die tema ’n Halfeeu van Genade sluit ’n dinee in wat op Saterdag 30 Augustus gaan plaasvind. Kaartjies vir dié dinee sal van 2 Junie by Anette Kruger in die finansieskantoor aan die noordekant beskikbaar wees. Slegs 400 kaartjies, dus 200 pare, kan dié spogdinee bywoon. Die dinee gaan in die suidsaal aangebied word en beloof om ’n fantastiese aand vol nostalgie te wees. Bel Kruger by 054-338-8222 vir meer inligting.
Op 28 Augustus gaan die skool die feesviering met die onderwysers en leerlinge begin. Op Vrydag 29 Augustus word ’n ope dag by die skool beplan waarop alle oud-Velties die skool kan besoek. Almal wat deel van die geskiedenis van die skool is, kan dié dag kom kyk wat verander het en wat presies dieselfde gebly het. Veral oudleerlinge, -hoofde en -onderwysers word hierheen genooi. Sondag word die fees met ’n Veltie-kerkdiens afgesluit wat op die skoolterrein aangebied sal word. Rig enige navrae hieroor aan veltiesbemarking@telkomsa.net.
Spontaan is hier VANJAAR tref Spontaan, die bekende sangkompetisie, Upington. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur Volksblad, Kalahari Bulletin se moederkoerant, aangebied word, gaan vanjaar sy vlerke sprei en van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uitbrei. Die eerste keer gaan ’n streekswenner vir Spontaan ook in Upington tydens die uitdunronde in Mei gekies word. Enigiemand met enige talent
kan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16. Deelnemers moet net self alles wat hulle nodig het om deel te neem na die uitdunronde saambring. Dit is gratis om aan die uitdunronde deel te neem en die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek bepaal kan
word nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein op Saterdag 19 Julie in Bloemfontein by die Vryfees op die UV-kampus in die Blêrkas vir die eindronde wees. Jy moet self jou eie vervoer en verblyf reël. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die datum en lokaal waar dié streek se uitdunronde gaan plaasvind én vir die fantastiese pryse wat gewen kan word.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014 IS daar enigiets in jou dorp wat jou pla? Het jy enige probleme by ’n instansie aangemeld en dit word nie opgelos nie? Het jy enige nuus oor iets wat in jou omgewing gaan gebeur? Besoek die Facebook-blad van die Kalahari Bulletins en laat ’n boodskap met jou nuus of klagte, ensovoorts. Gaan na www.facebook.com/kbulletin. Jy kan ook ’n SMS vir die Kalahari Bulletins stuur (45533, begin met KB).
Mik nóg verder JOVÉ VAN ZYL, ’n leerling aan die Laerskool Kuruman, het onlangs aan die SuidAfrikaanse atletiekkampioenskapsbyeen koms in die Paarl deelgeneem. Sy het ’n 13de plek in spiesgooi en gewigstoot behaal. Haar doelwit was om op haar 17de plek (in gewigstoot in 2013) te verbeter. Hoewel sy nie persoonlike beste afstande kon verbeter nie, het sy waardevolle ondervinding opgedoen en sy sien uit na die volgende atletiekseisoen. Foto: Hester Engelbrecth
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
HERSTELWERK
LANDBOU
BOEDELKENNISGEWINGS
1818
BOUWERK & KONSTRUKSIE
PERSOONLIK
1801
1460
EK, ANTON W. SAKOOR, identiteitsnommer 640516 5047 080, neem geen verantwoordelikheid vir enige skuld, dade of enige iets soortgelyk wat Ashley Givan Sakoor, geboortedatum 3.8.1991, aangaan nie. Hy is ook nie by my woonagtig nie.
SOSIAAL & ONTSPANNING
FOR ALL YOUR STEEL AND BUILDING construction needs: Contact the specialists. We specialise in building, plaster, tiles, painting, built-in cupboards, plumbing as well as steel burglar bars, safety doors, devil's fork, gates, any steel job. Deva's Steel & Building Construction. Quality is our game! Affordability is our name. Phone 071 533 1904/084 219 6605.
1475
Cool River Maintenance: Vir enige algemene herstelwerk aan huise en besighede, skakel Theo 072 038 0032 of Nicky 076 694 6985 vir 'n gratis kwotasie.
VOLWASSENES
DSTV/TV/DVD DIENSTE
MUSIEK VIR ALLE GELEENTHEDE, troues, funksies, ens. Skakel Dirk 079 877 7134.
2210
EK KOOP SKAPE, bokke en ou bakkies vir kontant. Koop u immergroen Russiese gras by my - tot 80 skape per hektaar. Ook geskik vir alle diere. Sien www.russiangrass.co.za Skakel 072 604 5219. VOERTUIE
1807
PRIVAAT
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades. Explora, PVR and Xtraview. Call Kobus 082 040 5801.
TE KOOP
LEWENDE HAWE EN PLUIMVEE
2015
TOEBEHORE & ONDERDELE & MODIFIKASIES 3001
ELEKTRIES 1810
KLERASIE 1615
AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat 073 522 8346. Sterker, langer ereksie Hou tot 5 keer langer uit Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6 STOK-STIMULANT: R150 VIR 6 Skakel Jandre 073 894 5273.
RATKAS VIR NISSAN DIESEL 8 ton, wat pas op PD6-engin, CK20reeks te koop vir R5 000. Skakel 073 244 1017.
MOTORS TE KOOP 3025
4201
P.C. Grobler In die boedel van wyle Petrus Cornelis Grobler, gebore 02 Julie 1955, identiteitsnommer 550702 5076 083, datum van afsterwe 26 Februarie 2014, van Vlakplaas, Dibeng, Meesterskantoor Kimberley, boedelnommer 000648/2014. Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderinge in te lewer en hul skulde te betaal, by die ondergetekende binne 'n tydperk van 30 (dertig) dae, vanaf datum van publikasie hiervan. ANDRE HEYNS VAN ENSLINS KIMBERLEY INGELYF Posbus 1690 Kimberley 8300 Salgos Sentrum, Georgestraat 59-71, Kimberley 8301. Tel: 053 831 1080 Verw: A. HEYNS.
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
UNO FIRE, 1995, puik toestand. Ideale studentemotor met slegs 120 000 km. Skakel 083 772 2316.
EIENDOMME
M.J. Mantlane
WOONSTELLE TE HUUR 3250
GEMEUBILEERDE EENMANwoonstel, koopkrag, lugreëling, veilige parkering. Dadelik beskikbaar. Skakel 071 172 9777.
TE HUUR 3205
2 RUIM NUUTGEBOUDE 3-slaapkamer-meenthuise te huur. R12 000 elk per maand. Water en tuindienste ingesluit. Skakel 083 481 5485.
The future is diverse. The future is yours.
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
In the estate late of M.J. Mantlane, identity number 400226 5430 084, of House 1390, Nanana Section, Batlharos, Mothibistad, estate number 4527/2013. The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection to all persons with an interest therein, for a period of 21 days from 4 April 2014, at the office of the Master of the High Court, Mmabatho, and the Magistrate, Mothibistadt. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460.
Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape Mamatwan
Track Dozer Operator Ref. 766905 Ensuring compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, you will play a key role in safety loading, hauling and dumping activities in the Mamatwan mining area. You must be multi-skilled on different mobile equipment and will be required to operate the different machines based on operational requirements. Responsibilities will include applying health, safety and housekeeping standards on an ongoing basis, such as conducting pre-use and routine inspections and reporting defects, keeping mobile equipment clean and in good condition and conducting risk assessments before all tasks to identify potential risks and hazards. To be considered, you will need a Grade 12 coupled with some 2-5 years’ experience in operating specific mobile equipment (D10 and D08) in a mining environment. A Code 08 or 10 driver’s licence is a given, together with a licence for the specific mobile equipment (Track Dozer D10 and D08 caterpillar or equivalent), and you must be medically fit. Your strong teamwork skills and action orientation could make you our ideal candidate. Please forward your CV (max 3 pages) to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applications close 11 April 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
www.humanjobs.co.za
SOEK, KOOP, VERKOOP
Human Communications 107899
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
B E T R E K K I N G S
15
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
17
18
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
JP Maart-wenner vir karate-prestasie JACOBUS PETRUS NIEUWOUDT (14) van die Hoërskool Kalahari is as Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir Maart gekies. JP, soos hy bekend staan, het ’n paar uitstekende prestasies in karate behaal. In 2013 het JP aan die Suidwestelike Distrikte-karate-Classic deelgeneem en die volgende medaljes verower: brons in tradisionele wapens, silwer in kumite en goud in gemengde gevegskuns. In Mei van dieselfde jaar het hy goud in deurlopende en puntegevegte op die Kalahari-karatetoernooi verower. Hy het ook in Augustus 2013 aan die Kimberley-diamant-karate-Classic deelgeneem en het ’n string medajes verower, insluitende goud in swartgordel-grootkampioen, swartgordel-ope, tag team en deurlopende gevegte. Hy het ook drie silwermedaljes in die volgende style behaal: gemengde gevegskuns, tradisionele wapens en puntegevegte en een brons in tradisionele kata. In die Suid-Afrikaanse Destiny-karatetoernooi het JP ’n goue medalje in tradisionele kata, silwer in tradisionele wapens en tag team en een brons in deurlopende gevegte behaal. Hy is die bes presterende seun in karate in die Noord-Kaap. Hy vertrek in Julie na Orlando, Florida, vir die Amerikaanse gevegskuns-ope. JP se leuse is: Werk en wen. Stuur jou benoeming vandag (benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie maand se benoemings ingesluit word, benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal oorgedra word na die volgende maand). Die SuperSport’s Let’s Play-sportster van die maand-wenners sal van Februarie tot November af gekies word. Jy
JP NIEUWOUDT
Foto: verskaf
kan jou benoeming na supersport@zpr.co.za e-pos of na 086-552-4922 faks. Vir meer inligting kontak Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
VAN links is, voor: Adriana van der Walt, Jannie Visser en Mari Slabber; agter: Julian Titus, Jan Becker (afrigter), AnnaLize Botha en Coenie Kotzé. Foto: Megan Loots
Duinevelders na SA’s
SES atlete van die Hoërskool Duineveld is gekies om van 26 tot 29 Maart as deel van die NoordKaapse atletiekspan aan die Suid-Afrikaanse hoërskole-atletiekbyeenkoms in Polokwane deel te
neem. Mari Slabber (o.15) het aan die hoogspring deelgeneem. Adriana van der Walt (o.15) het aan die gewigstoot deelgeneem. Coenie Kotzé (o.15) het aan die spiesgooi en die gewigstoot
deelgeneem. Jannie Visser (o.15) het aan die diskusgooi deelgeneem. Anna-Lize Botha (o.17) het aan die gewigstoot deelgeneem en Julian Titus (o.17) aan die 400 m-hekkies.
Gaan NK se vaandel dra ANDREA STEYN en Willemien Bester, albei o.16-skaakspelers aan die Hoërskool Duineveld, is gekies om van 9 tot 10 Mei as deel van die Noord-Kaapse skaakspan aan ’n interprovinsiale skaaktoernooi in Welkom deel te neem. Die deelnemers aan die skaaktoernooi sluit spanne van die Vrystaat, Suid-Gauteng, Mid-Gauteng, Noord-Vrystaat, Platina en die Noord-Kaap in.
ANDREA STEYN (links) en Willemien Bester. Foto: Megan Loots
CONSOLIDATE AND HAVE MORE IN YOUR POCKET! FREE CREDIT REPORT
Monthly budget: Furniture account Store account Other repayments
R1200 R1000 R4942
R7142 Consolidation with Old Mutual R4576
6! Cash in your pocket R256
Speak to Old Mutual to, settle your debt, apply for a personal loan and discuss your financial situation. Let us find a plan that is right for you! For more information visit your nearest Old Mutual branch. Visit our website www.omfinance.co.za or SMS your name + “apply” to 41575. * Based on a 12 month loan of R45 876 at an interest rate of 20%. Total amount repayable (including interest, fees and insurance) is R54 912. * Free credit report on loan application.
Terms and conditions apply. Budget for illustrative purposes only. NCRCP35
Licensed Financial Services and Registered Credit Provider
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 3 APRIL 2014
Wen ’n mylpaal vir Roodepan Anena Burger
“DIS my bal!” Given Beyers (links) en Thabang Prise (regs) van die Laerskool Roodepan van Kimberley keer vir al wat hulle werd is dat Kagiso Lechakane (middel) van die Laerskool Die Kuil van Danielskuil die bal hard dryf in die Danone Nations Cup wat in Keimoes plaasgevind het. Die Laerskool Roodepan het die toernooi gewen en sal op 23 Junie in Gauteng aan die nasionale eindronde deelneem. Die wenners van die nasionale byeenkoms sal in Brasilië teen spanne van 32 ander lande deelneem. Foto: Anena Burger
Word deel van die Kalahari Bulletin se Facebookfamilie.
Gesels saam met ander lesers op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.
DIE Noord-Kaapse provinsiale eindronde van die o.12 Danone Nations Cup 2014 is op 22 Maart in die Keimoes-stadion gehou en eindelik was die Laerskool Roodepan van Kimberley die provinsiale wenner. Vyf skole van die Noord-Kaap het aan dié toernooi deelgeneem. Roodepan, die Laerskool Willie Theron van De Aar, die Laerskool Ferdinand Brecher van Steinkopf, die Laerskool Die Kuil van Danielskuil en die Laerskool Moholeng van Mothibistad het mekaar by die toernooi met hul vaardighede die stryd aangesê. Die Danone Nations Cup is in 1998 ná die Wêreldbekersokkertoernooi in Frankryk op die been gebring toe die maatskappy besluit het om die grootste sokkertoernooi vir kinders tussen die ouderdom van 10 en 12 oor die wêreld heen te skep. Sedert 2000 neem sowat 2,5 miljoen kinders wêreldwyd op plaaslike, streek- en nasionale vlak aan die gesogte toernooi deel en dit word as die belangrikste kompetisie vir die ontwikkeling van kinders in dié sport gesien. Die wenners in elk van die 32 deelnemende lande sal vanjaar na Brasilië reis waar die 2014-Wêreldbekersokkertoernooi plaasvind en hier sal hulle dan met mekaar meeding. Vinotha Naicker van Danone sê dié kompetisie skep geleenthede vir die kinders om maats van ander lande te ontmoet en mekaar se kulture te leer ken. “Baie van die kinders was nog nooit eens buite die grense van hul tuisdorpe nie. “Die toernooi gee hulle die geleentheid om die wêreld daar buite te sien en die geleenthede aan te gryp wat hier geskep word,” sê sy. Die Noord-Kaapse been van die toernooi is ná ’n tawwe stryd teen Ferdinand Brecher deur Roodepan van Kimberley
gewen. Ná jare se harde oefening en probeerslae het dié skool eindelik die provinsiale eindronde die eerste keer gehaal en toe sommer ook met die louere weggestap. Volgens Enricho Chapman, die spanbestuurder, is dit ’n mylpaal wat die skool reeds jare gelede daargestel het om te bereik. “Die Danone Nations Cup gaan daaroor om in jou drome te glo. “Dit was nog altyd vir ons ’n droom om in die nasionale eindronde te kan speel,” sê Chapman. “Die wedstryde was nie maklik nie en die kompetisie was straf, maar ons het gewen omdat ons baie hard gewerk het om hier te kom en ons glo die skool verdien dit vanjaar.” Chapman sê Ferdinand Brecher was hul grootste kompetisie in die eindronde. “Ons het twee keer teen hulle gespeel. Hulle het ons in die eerste wedstryd 1-0 geklop, maar ons verdediging in die tweede wedstryd was net te sterk en ons het hulle geen kans gegee om enige doele aan te teken nie.” Hy sê sy span staan sonder twyfel ’n kans om met die nasionale titel huis toe te kom, hoewel hulle nog geen ondervinding het om in dié strawwe liga deel te neem nie. Die span sal nou op 23 Junie in Gauteng aan die nasionale eindronde deelneem. “Ons het nog nooit buite die Noord-Kaap getoer nie en ons gaan baie hard werk om die geleentheid om na Brasilië te kan toer te wen,” het Toufiq Olyn, die span se sterkste verdediger, gesê. Hy glo Brasilië is die beste land wanneer dit by sokker kom. “Ek het hulle nasionale span teen ons nasionale span sien speel en ek moet erken dat hulle die beste is. Ek bewonder hulle styl en tegniek en ek wens dat ek ook oorsee kan gaan om soos hulle te leer speel.”