Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
10 APRIL 2014
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
GRATIS
Eerste wenner van fotokompetisie DIE eerste wenner in die Kalahari Bulletin se fotokompetisie is Henk de Klerk. Hy het dié foto in Buffelsbaai geneem en dit is deur die span fotograwe van Media24 as die beste landskapfoto aangewys. Lees verder op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het en waarheen om die inskrywings vir April te stuur. Foto: Henk de Klerk
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014
DIE vier brûe, waarvan die eerste net buite Keimoes op die pad na Kenhardt is, bestaan nou uit twee enkelbane. Dit het voorheen net een baan gehad, wat meegebring het dat motoriste vir aankomende verkeer moes wag. Die brûe is ook hoër as die oues. Die ou brûe was onder water met die vloed in 2011. Foto’s: Dirk Jacobs
Open vier nuwe brûe
DIE vier nuwe brûe oor die Oranjerivier op die R27 tussen Keimoes en Kenhardt is verlede Woensdag amptelik deur Dipuo Peters (middel), minister van vervoer, geopen. Hier knip sy die lint om verkeer amptelik die eerste keer deur te laat. Links van Peters is Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, en heel links is Gift van Staden, uitvoerende burgemeester van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit.
‘Red’ man in oefensessie DIE //Khara Hais-munisipaliteit het in Kingstraat, Paballelo, ’n oefeningsessie met die brandweer- en ambulansdienspersoneel gehad om die reaksietyd van die noodpersoneel te oefen. Hier ‘red’ personeellede van die brandweer- en ambulansdiens ’n man. Die doel van die oefening is om ’n doeltreffender diens te lewer. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014
9
Musiek uit die hart BOUWER BOSCH, bekende sanger van groepe soos Die Straatligkinders, Dans Dans Lisa en Glaskas, tree op Saterdagaand 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo op. Hy beskryf homself só: “Ek kan nie sing nie. Ek is nie ’n komediant nie, maar partykeer is ek snaaks vir myself. Ek is soms meer verlore as die mense wat my volg. Ek ken van seermaak, seerkry en teleurstelling. Ek het meer vrae as antwoorde. Ek het nooit geld nie, maar ek het goeie vriende. Ek sing (soms vals) uit my hart, want my keel is seer geskree. Ek voel soms verlore en wag om gevind te word.” Sy eerste video, Vertel My, van sy eerste album, Almal Maak Foute, het ná die
eerste week van uitreiking 10 000 besoeke op YouTube gehad. Bosch het ook al saam met Steve Hofmeyr, Jaco van der Merwe van Bittereinder en Lindie Delport van Anders gewerk. Gaan kyk na Vertel My se musiekvideo by www.facebook.com/kbulletin.
BOUWER BOSCH tree op Saterdag 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo op.
Skotse sanger op ekspo PETER MITCHELL, ’n bekende Skotse sanger, tree op Saterdag 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo op. Mitchell het ’n paar jaar in Skotland gewoon waar hy as straatsanger opgetree het. Dit was juis op straat waar hy raakgesien is en gevra is om in kroeë te begin optree.
Vermaak op ekspo RAMON ALLEN gaan van 1 tot 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo in tradisionele Skotse kleredrag optree en mense met sy doedelsak vermaak. Foto: Verskaf
PETER MITCHELL tree op Saterdag 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo op. Foto: Verskaf
Sy liefde vir die kroegsing-kultuur het hy saam met hom na Suid-Afrika teruggebring en vandag is hy ’n baie gewilde sanger. Hy word gereeld gevra om op korporatiewe gesellighede op te tree en het by Drienasies-wedstryde oor Suid-Afrika heen gesing. Hy is ook deur Jake White, voormalige Springbokafrigter, gevra om vir hom en sy span in Bloemfontein op te tree. Sy album Hamlet by Night is baie bekend en hy gaan verskeie van die liedjies op dié album op die ekspo sing.
09 - 13 April 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
Includes BUNDLE
S! G N I V A S
23 2for
Rainbow Simply Chicken Polony 1kg
25
R
t "TTPSUFE
Rainbow Simply Chicken Burgers or Steaklets 400g
18
90 each
Nutriday Yoghurt 1kg t "TTPSUFE
3990 per kg
Beef Mince Mix
5990 per kg
Lamb Stew
Mushrooms 250g
1290
22
90
per pack
Potato 3kg
w here else?
or we’ll BEAT it*
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for
4490 per kg
Stewing Beef
per pack
t "TTPSUFE
shop any W it h so much value, w hy
Braaiwors
R
each
each
per kg
DEAL
2790
2390
34
90
119
R
per pack
Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 5kg
Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014
OUD en jonk kan volkspele doen, wat dit die ideale gesinstydverdryf maak.
Foto’s: Lizette Slabber
Volkspele vier 100 j. Lizette Slabber “MEER as 30 jaar gelede was hier ’n baie bedrywige volkspelelaer en ons wil graag weer só ’n laer in Upington vestig.” Só sê Willie Olivier, voorsitter van die Noord-Kaapse Volkspelebeweging. Hy en ’n volkspelegroep toer die Noord-Kaap deur as deel van die eeufeesviering van die Volkspele-beweging van Suid-Afrika. Hulle het op Dinsdag 1 April by die NG kerk-Wes volkspele gespeel om só mense, veral jong mense wat min daarvan weet, van volkspele bewus te maak en om hopelik weer ’n laer hier te begin. Volgens Mike Jacobs, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Volkspelebeweging, sluit dié toer besoeke aan Jan Kempdorp, Keetmanshoop, Kuruman, Kathu, Grootfontein en Augrabies in. Daarna gaan hulle ’n paar dae in Kimberley asem skep voordat hulle suidwaarts toer. Dié toer gedenk die 100-jarige bestaan van volkspele. Volgens Jacobs is die eerste volkspele op 28 Februarie 1914 op ’n pan net buite Boshoff op ’n Sondagskooluitstappie gedoen. Dr. S.H. Pellissier was in 1912 in Europa waar hy die eerste keer soortgelyke danse gesien het. Hy het ná sy terugkoms in Suid-Afrika die danse verwerk en aan die kinders in sy skool bekend gestel. Jacobs sê die afgelope tyd kom ’n oplewing in volkspele voor. “Ons begin pro-aktief om mense meer van volkspele bewus te maak. Dit is iets waaraan die hele gesin kan deelneem. Dit is gesonde ontspanning en kinders leer vaardighede aan wat goed vir hul ontwikkeling is. Hul groot- en kleinmotoriese vaardighede word ontwikkel. Jy moet ook fiks wees om te kan speel en daarom vind mense wat hul gesondheid betref ook baat daarby,” het hy gesê. Ongeveer 1 700 lede is by die beweging geregistreer, maar Jacobs sê baie mense doen volkspele sonder om hulle te registreer. Volgens Olivier is daar ook ’n oplewing van volkspele by kinders. In Julie vind die Pellissier-week plaas waartydens 72 kinders wat landwyd gekies word, saam volkspele van ’n baie hoë gehalte doen. Volgens Olivier toer hulle ook elke twee tot drie jaar na die stamlande. Die stamlande waar hulle aan volksdans-feeste deelneem, is Holland, België en Duitsland. Hulle het ook al na Amerika gegaan om daar aan volksdanse deel te neem. Jacobs sê Suid-Afrika is die enigte land wat sing terwyl hulle speel. Die ander lande dans op begeleiding. Die klere, bewegings en liedjies wat hulle sing, vul mekaar aan om só ’n storie te vertel en volkspele raak dus ’n vertoning.
VAN links is Mike Jacobs (voorsitter van die Suid-Afrikaanse Volkspelebeweging) en Willie Olivier (voorsitter van die Noord-Kaapse Volkspele-beweging).
DIE klere, die passies en die musiek vertel saam ’n storie.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014
Matrieknooi aangewys ANNERI LOUW is op 19 Maart as die Hoërskool Upington se Matrieknooi vir 2014 aangewys. Saam met Pieter Koen, gasheer en “vlieënier”, het die 10 finaliste die gehoor saam met hulle “om die wêreld laat rits”. Elke finalis het ’n ander land verteenwoordig en Paula de Gois het die gehoor en die finaliste met die dekor na ’n ander wêreld geneem. Die kos wat met Pick n Pay se hulp voorgesit is, het voorgeregte uit Hawaii, Franse padkos, Indiese hoofgeregte en Chinese nageregte ingesluit. Al die finaliste moes hulself voorstel en in die tradisionele drag van “hul land” verskyn het. Leatitia Strauss is as eerste prinses, Mej. Persoonlikheid en debutant van die jaar aangewys. Sy het ’n skootrekenaar gewen. Elandie Hanekom is as tweede prinses aangewys. Gerrit Wickens is as Mnr. Sjarmant aangewys en Jorge Isaacs en Eduard Killian as die twee prinse. Salomé Hanekom is as Mej. Bene aangewys. Sue-Ellen Pretorius was Mej. Fotogenies. Sy gaan ook in 2015 as au pair na Nederland danksy die agentskap Nedsa.
VAN links is, voor: Elandie Hanekom (tweede prinses), Anneri Louw (Matrieknooi) en Leatitia Strauss (eerste prinses); agter: Jorge Isaacs (eerste prins), Gerrit Wickens (Mnr. Sjarmant) en Eduard Killian (tweede prins).
11
Wys ander talent ook VANJAAR tref Spontaan, die bekende sangkompetisie, Upington. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur Volksblad, die Kalahari Bulletin se moederkoerant, aangebied word, gaan vanjaar sy vlerke sprei en van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uitbrei. Die eerste keer gaan ’n streekwenner vir Spontaan ook in Upington in die uitdunronde in Mei gekies word. Enigiemand met enige talent kan hieraan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Deelnemers moet net self alles wat hulle nodig het om deel te neem na die uitdunronde saambring. Dit is gratis om aan die uitdun-
ronde deel te neem. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek bepaal kan word nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein op Saterdag 19 Julie in Bloemfontein op die Vryfees op die UV-kampus in die Blêrkas vir die eindronde wees. Jy moet self jou eie vervoer en verblyf reël. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die datum en lokaal waarin dié streek se uitdunronde gaan plaasvind én vir die fantastiese pryse wat gewen kan word.
Hulp nodig teen muskietplaag MERIS KOCKS, Rietfontein: OM op maanlignagte op die stoep of voor die TV-stel te ontspan is ’n onbegonne taak met die alomteenwoordige gezoem en gebyt van die muskiete. Volgens vertellings het die departement van gesondheid vroeër jare huise, buitegeboue en oop water bespuit. Dit is bevestig deur ’n kenner werksaam in die departement. Deesdae is die taak na die munisipaliteite gedelegeer. In die geval van die Mier-munisipaliteit waarvan die geldelike verknorsing wyd bekend is, sal die sukkelende munisipaliteit nie die gif kan aankoop om die muskietplaag te
beheer nie. Hulp moet dringend van elders kom. Die toestand in die Mier-gebied word vererger deurdat sommige huishoudings rioolputte op die erf het, en sommige huishoudings die stinkende en agterlike VIP-toilette het wat broeiplekke vir muskiete is. Bydraend is die oksidasiedam waarin die riool gestort word sowat 2,5 km buite Rietfontein. Die goeie reën het die omstandighede vererger. Kan die distriksmunisipaliteit en die provinsie asseblief kom help?
Wat is jou mening?
Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.
CONSOLIDATE AND HAVE MORE IN YOUR POCKET! FREE CREDIT REPORT
Monthly budget: Furniture account Store account Other repayments
R1200 R1000 R4942
R7142 Consolidation with Old Mutual R4576
6! Cash in your pocket R256
Speak to Old Mutual to, settle your debt, apply for a personal loan and discuss your financial situation. Let us find a plan that is right for you! For more information visit your nearest Old Mutual branch. Visit our website www.omfinance.co.za or SMS your name + “apply” to 41575. * Based on a 12 month loan of R45 876 at an interest rate of 20%. Total amount repayable (including interest, fees and insurance) is R54 912. * Free credit report on loan application.
Terms and conditions apply. Budget for illustrative purposes only. NCRCP35
Licensed Financial Services and Registered Credit Provider
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014
DIE motorfietsryers en hul ondersteuningsgroep wat by die Bray’s Spar in Keimoes die nuwe parkeerterrein geopen en geld aan die Mispa-kinderhuis oorhandig het.
Foto’s: Verskaf
Motorfietsryers help Mispa MEER as 30 motorfietse en amper 50 motorfietsryers en -entoesiaste het die Bray’s Spar in Keimoes op Woensdag 26 Maart besoek. Die besoek was deel van dié groep motorfietsryers se 2 331 km lange rit oor Suid-Afrika heen om 16 Spar-winkels te besoek. Die groep motorfietsryers het terselfdertyd die nuwe parkeerterrein by die Bray’s Spar geopen. Dié terrein het ’n lekker rusplek vir die motorfietsryers gebied waar hulle kon bene rek en lekker eet. Die My Spar My Community-projek is ook in Keimoes begin toe die Bray’s Spar saam met dié groep R10 000 aan die Mispa-kinderhuis oorhandig het om só in die Keimoes-gemeenskap terug te ploeg. Mispa is op 7 Maart 2010 deur Deon en
Hester Nieuwoudt gestig. Hulle fokus daarop om kinders wat deur die samelewing verwerp word en kinders wat chronies siek is of gestremd is te help. Die Nieuwoudt’s het groot planne vir die toekoms, maar hulle kry geen staatshulp nie en is dus van bydraes van die publiek afhanklik. Mense wat Mispa wil help, kan Hester by 073-682-6795 bel. Die Bray’s Spar is een van drie winkels wat op die motorfietsryers se reis geld aan gemeenskapsprojekte oorhandig het.
DIE parkeerterrein word amptelik geopen. Van links is John Bray (eienaar van die Bray’s Spar), Mario Santana (besturende direkteur van Spar in die Wes-Kaap en Namibië) en asst. supt. Bobby Ross.
Vier agtste bestaansjaar DIE Fruit Bear Buddies-kleuterskool het in Maart agt jaar oud geword. Die kleuters het dié verjaardag alte lekker gevier. Hulle het gegly en geëet en behoorlik die dag saam met die personeel en ouers geniet. Foto: Verskaf
Dra blye boodskap met sang oor SANI BEUKES, Glaire Benn en Ferdie Kortman het die Rietfontein-gemeenskapskoor gestig. Dié koor is interkerklik en spog al met 40 lede. Die fokus van die koor is lofprysing en om eredienste te vervrolik en die blye boodskap deur sang te versprei. Foto: Meris Kocks
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014
Enige van die Kalahari Bulletin se vorige uitgawes misgeloop? Lees artikels oor sport, nuus, leefstyl en dagboek-inskrywings op die koerant se webblad www.kalaharibulletin.co.za. Die koerant is ook op Facebook – besoek www.facebook.com/kbulletin.
Presteer op skou NICHOLA DE BRUIN van die Hoërskool Upington het aan die Hofmeyr-skou deelgeneem en twee eerste plekke behaal. Nichola (gr. 9) het ’n eerste plek in die driegang-ryperd vir ruiters o.14 en ’n eerste plek in die kinderkampioenskapdriegangryperd behaal. Foto: Verskaf
19
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014
Skryf nou sportster in
VOOR draf Lawrence Verster en agter hom kom die ma-en-dogter-span, Marietha en Alicè Maritz, aan. Foto’s: Verskaf
WESLEY RICKET was die wenner van die heel eerste Upington-parkrun.
Drawwers sak toe
VAN links is Jaco van der Walt, Jabulani Mkhize en Wakes Mjekula. Van der Walt en Mkhize is van Gauteng en het spesiaal Upington toe gekom om die parkrun te kom doen. Die parkrun is bekend daarvoor dat hy fanatiese ondersteuners het wat die wêreld vol reis om aan verskillende parkruns deel te neem.
UPINGTON se eerste parkrun het op 29 Maart plaasgevind. Volgens Russel Nugent, een van die organiseerders, was dié parkrun ’n reuse-sukses. Ongeveer 50 mense het deelgeneem en hul uitslae is op www.parkrun.co.za beskikbaar. Die eerste manswenner is Wesley Rickert en Adri van der Merwe is die eerste vrou wat die parkrun voltooi het. ’n Tradisie is om parkruns op ander plekke te voltooi en parkrun-entoesiaste het spesiaal van Gauteng gekom om aan Upington se eerste parkrun deel te neem. Die parkrun vind nou elke Saterdag in die veilige, pragtige natuurskoon van Pokkies-eiland plaas. Elke deelnemer se tyd word geneem en sal binne ure per
e-pos gestuur en op parkrun se webtuiste geplaas word. Deelnemers kan hul tye met ander deelnemers s’n van oor die wêreld heen vergelyk. Ma’s en pa’s met stootwaentjies, drawwers en stappers kan hulle almal op die webtuiste www.parkrun.co.za registreer om ’n strepieskode te ontvang. Elke keer wanneer jy deelneem, moet jy die strepieskode saamneem sodat jy ’n amptelike tyd kan registreer. Discovery-lede kan met die parkrun hul 500 Vitality-punte eis. Saterdae kom almal in die park op die hoek van Dwarsen Wildebeesstraat in Middelpos bymekaar om omstreeks 07:00 weg te spring. Ná 50 parkruns word deelnemers genooi om deel van die 50-klub te word.
DIE Kalahari Bulletin is op soek na die beste sportman of -vrou in die Supersport Let’s Play-kompetisie. In 2008 het Z PR en SuperSport die behoefte by jong mense raakgesien om aktiewer by sport betrokke te raak. Met dié gedagte het SuperSport en Let’s Play dié spesiale projek begin. Die organiseerders wil jong mense in laer- en hoërskole vereer wat goed in sport vaar of wat ander jong mense help om sportaktief te wees. Dié kompetisie, wat al jare in Bloemnuus en die Express-groep plaasvind, word nou na die Kalahari Bulletin uitgebrei. Dit is ’n maandelikse kompetisie wat oop is vir enigiemand tussen 6 en 18 jaar. Jy kan jouself benoem of deur enigiemand anders benoem word. Die wenner word maandeliks uit al die benoemings wat ontvang is, gekies. Die maandelikse wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak en die name word op die Let’s Play-webwerf geplaas. Van al die inskrywings wat per maand ontvang word, sal een inskrywing gekies word. Teen die einde van die jaar sal een algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word en hy/sy sal as die SuperSport Let’s Play-sportster van die jaar aangewys word. Let’s Play is ’n projek om ’n gesonde leefstyl en ontwikkeling by skole deur spel en sport aan te moedig. Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie spesifieke maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Jou benoeming moet jou naam, ouderdom, ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) oor wat jy op sportgebied bereik het, asook jou kontakbesonderhede, insluit. Jy kan jou benoeming na supersport@zpr.co.za e-pos, na 072-311-7716 SMS, na 086-552-4922 faks of per hand by Z PR in Reidstraat 22A, Westdene, Bloemfontein, aflewer. Vir meer inligting, bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-430-3027.