Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
17 APRIL 2014
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI
GRATIS
Manalleen op die Oranje Avonturier wil só geld vir Down-sindroomskool insamel Lizette Slabber PROBLEME met pofadders, ’n middernagtelike besoek van ’n buffel en letterlik honderde likkewane is net ván die avonture wat Roche Schoeman op sy 1 700 km lange rivierbord-ekspedisie op die Oranjerivier beleef het. Schoeman het op 12 Januarie by die oorsprong van die Oranjerivier met slegs ’n rivierbord en ’n rugsak met net die basiesste benodigdhede weggespring. Elke dag swem hy met dié rivierbord na waar die Oranjerivier by Alexanderbaai uitmond. Dié epiese tog het hy aangepak vir bewusmaking van en geldinsameling vir die Up with Downs-skool vir kinders met spesiale behoeftes in George. Dié skool is in 1998 deur Janet en Michel Seegmuller gestig. Hulle het ’n dogter met Down-sindroom en daar was geen geriewe vir haar in George nie. Die skool het intussen aansienlik uitgebrei van ’n motorhuis na ’n skool met ’n koshuis en ’n pas aangekoopte erf waarop hulle ’n tehuis vir volwassenes wil bou. Dit is juis om dié rede dat Schoeman na die Augrabies-waterval swem. In Lesotho kon hy slegs ongeveer 10 km per dag vorder, maar by Douglas het hy die oorvol Vaalrivierwater getref en sedertdien swem hy so 55 km per dag. “Die vloedwater maak dinge net baie moeilik, want die stroomversnellings is nou tot 5 km lank en in normale omstandighede sou ek uitklim en die versnelling eers beplan voordat ek dit aanpak. Nou vat die water my net,” het hy vertel. “Elke dag is soos ’n rollercoaster. Naby Upington het ek die verkeerde vertakking gevat en tussen riete vasgeval. Ek moes myself met ’n panga uit die riete loskap.” Op Grootdrink het hy en twee pofadders dieselfde graseilandjie probeer deel. “Ek het maagmoeilikheid gehad nadat ek geblikte hoender geëet het. Desperaat het ek ’n afklimplek gesoek, maar daar was net riete. En toe is daar skielik so ’n stukkie gras. Inderhaas is ek uit my wetsuit en toe ek nét sit, sien ek twee pofadders aankom. Hulle bly kom en ek probeer opspring, maar daar is net duwweltjies. En dit is eers toe hulle reg langs my tot stilstand kom dat ek sien ek hurk reg bo-op ’n slanggat.” Dit het nege dae geduur om oor die
ROCHE SCHOEMAN neem ’n foto van homself naby Hopetown. Hy swem met die hulp van ’n rivierbord van die oorsprong van die Oranjerivier tot waar dit by Alexanderbaai uitmond. Hy doen dit op sy eie om geld vir die Up with Downsskool in George in te samel. Foto: Verskaf Gariepdam te swem. By Tweerivier het ’n buffel een nag aan sy tent kom ruik. “Een van die hoogtepunte was toe ’n visarend omtrent een meter van my af ’n lekker groot vis gevang het. Ek dog eers hy duik vir my en toe is hy weg met die wriemelende vis in sy kloue.”
Schoeman het dié tog vir die Up with Downs-skool aangepak omdat hy in Ysland met Down-sindroomkinders gewerk het en sy verloofde, Chanel Giles, by dié skool gewerk het. Die skoolkinders stuur gereeld vir hom SMS’e om hom gemotiveerd te hou en as hy
bedruk voel, huis toe verlang of as die eensaamheid te veel raak, dra dié SMS’e hom. Schoeman het nog ongeveer 700 km se swem oor voordat hy die see bereik. Mense wat die Up with Downs-skool wil help, kan Lynne Terblanche by 082-924-7473 bel.
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Charlize, Sean Penn in NK André Botha
VAN die kerkleiers wat die Radio RiversidePaasdiens bygewoon het.
Foto: Verskaf
Paasdiens oor radio
RADIO RIVERSIDE het op Donderdag 10 April kerkleiers en gemeentes van die //Khara Hais-munisipaliteit vir ’n kerkdiens byeengebring om die sewe woorde van die kruis op te neem. Dié kerkdiens is ’n projek van Radio Riverside wat al die afgelope 12 jaar plaasvind en dit het in dié jare ’n gewilde kerkprojek geword wat goed ondersteun word. Die opname en kerkdiens is vanjaar in die AGS-kerk Progress Assembly in Bellevue gehou. Vernon Mfusi, voorsitter van die Radio Riverside-raad, sê die byeenkoms die
Paastyd bewys Upington se bevolking leef in die algemeen nog baie na aan Christus en dus hoekom baie kerke dié diens bygewoon het. Mfusi het al die pastore, biskoppe, predikers en kerklike instansies vir die ondersteuning bedank en gesê dié projek kon nie sonder hul bydrae ’n sukses wees nie. Volgens Neville Gunda, projekbestuurder van Radio Riverside, sal dié opname op Goeie Vrydag van 06:00 tot 09:00 uitgesaai word sodat die mense wat nie ’n kerkdiens kan bywoon nie, deel van die Paasviering kan wees.
Ugandees in hof vir bedrog ’n BURGER van Uganda word deur die speurtak van die polisie in Upington en Rosedale ondersoek. Die 41-jarige man het verskeie mense na bewering uit duisende rande bedrieg. Sy slagoffers het almal op ’n koerantadvertensie gereageer. In dié advertensie maak ene prof. Reayan aanspraak daarop dat hy mense met hul geldsake kan help. Mense wat op die advertensie gereageer het, moes herhaaldelik beeste, bokke en hoenders aan hom gee sodat dit glo gebruik kon word om die slagoffers te help om geluk aan hul kant te kry. Die slagoffers moes ook gereeld geld aan
hom oorhandig, maar niemand het iets daarvoor ontvang nie. Lede van die Rosedale-polisiekantoor het die verdagte op heter daad betrap en in hegtenis geneem. Die lede onder leiding van lt.kol. Joseph Fillies, die speurhoof, het ook op ’n wit Mercedes-Benz beslag gelê. Die verdagte het in die Upington-landdroshof op aanklagte van bedrog verskyn en is steeds in aanhouding. Hy verskyn weer vandag in die hof vir ’n moontlike aansoek om borgtog. Die polisie-ondersoek duur voort. Enigeen wat inligting oor die saak het, word versoek om die polisiekantoor te kontak of die tolvrynommer, 10111, te skakel.
DIE dubbele Oscar-wennerspaartjie Charlize Theron en Sean Penn het die Noord-Kaap in ’n blits-safari van twee dae besoek. Hulle het onder meer verlede week die Augrabies- Nasionale Park besoek waar personeellede dié glanspaar skaars herken het. Theron en Penn is in Suid-Afrika om na plekke te kyk waar hy sy nuwe rolprent, The Last Face, kan verfilm. Die rolprent speel in die onherbergsame woestyn in die Soedan af. Penn is die regisseur en Theron sal ook ’n rol hierin hê. Sy sal die rol vertolk van ’n dokter wat humanitêre werk in Afrika doen.
Donovan Richmond, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse kamer van koophandel, het die paartjie Donderdag en Vrydag na plekke rondom Upington geneem waar hulle moontlik kan verfilm. Hy het aan City Press gesê hulle is net “normale mense”. Theron en Penn het “onder die radar” beweeg, vertel mense.“Ons is so besig, ek sou haar nie eens raakgesien het nie,” vertel ’n werknemer van die AugrabiesNasionale Park. Die twee het in die parkrestaurant middagete genuttig. ) In 2004 het Theron die Oscar vir beste vroulike akteur in die rolprent Monster verower, terwyl Penn die Oscar vir beste akteur in Mystic River gekry het.
Almal het ’n gemene deler Karin Muller ALMAL wat al iets met wiskunde te doen gehad het, het ’n begrip van wat ’n gemene deler is. Dit is ’n getal wat in ander getalle gedeel kan word; ’n getal wat ’n aantal getalle in gemeen het. Mense verskil hemelsbreed. Ons is almal unieke wesens. Tog het jy en jou vriende of kollegas of baas iewers iets in gemeen. Ongeag jul verskillende beroepe of belangstellings deel julle iets wat die vriendskap aan die gang hou of wat julle kollegas laat bly. Soms ontmoet jy iemand, maar julle het niks in gemeen nie. Daar is nie ’n gemene deler nie. Alles verskil: jul lewensuitkyk, jul belangstellings, jul waardes. Om die waarheid te sê: Die mens kan jou dalk so verkeerd opvryf dat die negatiewe, wat diep in jou weggebêre is, te voorskyn kom. En oor en oor word bevestig julle het
niks in gemeen het nie. Dan breek die tyd aan dat jy jou rybewys moet hernu en jy bevind jou by die verkeersafdeling. Die rye is lank. Die vorms onverstaanbaar. Die stelsel stadig. En terwyl jy voetjie vir voetjie in die lang rye vorentoe skuifel, raak jy bewus van die gemene deler. Ongeduld. Moedeloosheid. Frustrasie wat voel asof jy die verf van die mure met jou naels kan afkrap. Byna dieselfde gebeur wanneer Flaffie onverwags raakgery of siek word. Jy jaag veearts toe en sit wagtend in die vol wagkamer. Saam met die ander wagtende, bekommerde eienaars wat hul siek of gewonde troeteldiere besorg vashou. En die gemene deler steek sy kop uit. Bekommernis. Hartseer. Selfverwyt. Dan besef jy: Julle deel tóg iets – selfs die mens met wie jy gewoonlik niks in gemeen het nie.
Spontaan sprei sy vlerke Lizette Slabber VANJAAR tref die bekende sangkompetisie Spontaan Upington. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante (waarvan die Kalahari Bulletin een is) aangebied word, gaan vanjaar sy vlerke sprei en van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uitbrei. Die eerste keer gaan op die oudisie in Mei ’n streekwenner vir Spontaan ook in Upington aangewys word. Enigiemand met enige besonderse talent kan hieraan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Deelnemers moet net self alles wat hulle nodig het om deel te neem na die
oudisie saambring. Die oudisie is gratis. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die oudisie aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien daar nie ’n gepaste kandidaat is nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde op Saterdag 19 Julie in Bloemfontein wees. Dit vind in die Blêrkas op die Vryfees op die UV-kampus plaas. Jy moet jou eie vervoer en verblyf reël as jy ‘ streekwenner is. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die datum waarop en lokaal waarin dié streek se oudisie gaan plaasvind en vir die fantastiese pryse wat gewen kan word.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
9
Projek help kinders om te swem Lizette Slabber DIE Laerskool Franciscus het met die hulp van die Aqua Swimming-gemeenskapsprojek op Saterdag 12 April sy eerste swemgala aangebied. Lisette van Niekerk en Denise Visagie het in Januarie 2014 dié gemeenskapsprojek begin. Sy en Denise, ’n onderwyser aan die laerskool, het van Januarie af op Vrydae en Saterdae 85 leerlinge van dié skool leer swem. Die kinders wat nie vervoer het nie, word by die skool op- en afgelaai en om die ingangsgeld by die munisipale swembad te betaal moes die kinders net bring wat hulle kon bekostig. Met dié geld het hulle seisoenkaartjies gekoop, Lisette het geld gegee om 30 swembrille te koop.
Die swemlesse is ’n gesinsaktiwiteit, want Lisette se drie kinders, Liané, Albert en Joshua, en Denise se twee seuns, Jade en Tyrell, moet ook help om die swemmers te leer swem. Veral die 10-jarige Joshua is al ’n ou hand om die kleintjies te help om hul vrees vir water weg te speel. Op dié gala was almal ’n wenner. Lekkergoed en Paaseiers is as pryse uitgedeel en almal was baie opgewonde. Lisette en Denise wil graag hul swemprojek uitbrei om die Laerskool Oranje-Oewer en die Laerskool Velelanga in te sluit. “Dan kan die drie skole in ’n regte gala teen mekaar swem en gaan ons regte medaljes uitdeel.” Volgens Lisette toon heelwat kinders baie potensiaal wat hulle graag verder sal wil ontwikkel.
In Desember het ek gehoor die verdrinkingsyfer in die NoordKaap is 90% en dit is toe die Here vir my sê ek moet kinders wat nie swemlesse kan bekostig nie, leer swem.’ – Lisette van Niekerk
DIE twee gesinne wat met die swemafrigting help, is van links, voor: Joshua van Niekerk, Nathan Oor en Zylvinia Swart; agter: Albert en De nise van Niekerk en Denise Visagie met haar twee seuns, Jade en Tyrell. Zylvinio en Nathan is die twee jongste swemmertjies in die gala.
DIE swemmers van die Laerskool Franciscus.
Foto’s: Lizette Slabber
Wat is jou mening?
Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.
QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE LASHER DIGGING SPADE
GARDEN TOOLS
ELECTRIC GEYSER & ACCESSORIES
161.95
SKU: 880
FRANKE COMBISLIM Consists of: 1 x Franke 100litre Combislim Geyser GEYSER PACK 1 x Franke 100litre Tray with outlet 1 x 22mm 400kpa Pressure Control Valve 2 x 22mm 400kpa Vacuum Breakers 1 x 22mm Draincock 1 x 22mm Temperature Probe Valve
100 Litre
SKU: 301582
3 129.95
LASHER GARDEN FORK SKU: 914
522.95
209.95
SKU: 883
PICK HEAD C&D • 3kg SKU: 882
CHAMPION EXTRA THICK PVA
PAINT
199.95 LASHER POLY WHEELBARROW SKU: 300133
545.95
Poly
99.95
R 50 000 INSTANT AIRTIME
Dial *120*904# to enter and keep your till slip with you. Calls cost only 20c for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za. One entry per till slip. Competition closes 20 April 2014
54.95
VALID UNTIL SUNDAY 20 APRIL 2014 Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT 66377 WK40 • REDWORKS
For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)
10 Litres
Various 5 Litres
Various Colours 5 Litres
123.95
169.95
179.95
SKU: 5001
SKU: various
609.95
SKU: Various
SKU: various
SKU: 5037
SKU: 301160
SHOP AT CASHBUILD AND STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF
SKU: 5002
69.95
LASHER PICK HANDLE
DURAM FLEXIWALL
DURAM WALL & CEILING PVA
White 5 Litres
20 Litres
20 Litres
20 Litres
SKU: Various
599.95
219.95 TILING Cotta
ALOE CERAMIC FLOOR TILE
Bone
Beige
35 x 35 • 2m2 Cotta Bone Grey
20 x 25 • 2m2 Beige/Grey SKU: 300228/9 per m2
SKU: 300326/7/8 per m2
Grey
64.95
CLIVIA CERAMIC WALL TILE
Grey
69.95
TAPS EMERALD BASIN MIXER BA SKU: 301593 SK
371.95
ISCA CHLOE SINK MIXER
CORAL BATH MIXER
Wall Type
+ hand shower
SKU: 5162388
742.95
SKU: 301587
667.95
208
STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
FOKUS OP DIE MARKSTRAAT-ARKADE
Droomwenke vir ’n goeie nagrus SLAAP is ’n gedeeltelike losmaking van die wêreld wat deur ’n daling van jou bloeddruk, ligaamstemperatuur en asemhaling gekenmerk word – maar jou breinaktiwiteit verminder glad nie. Soorte slaap Daar is twee hoofsoorte slaap – vinnige oogbeweging (VOB) en nie-vinnige oogbeweging (NVOB) – wat om die beurt in 90-minuut-siklusse plaasvind. NVOB-slaap sluit vier stadiums in wat wissel van ligte sluimering tot diepe slaap en 75% van jou slaaptyd word so deurgebring. Jou liggaam se spiere funksioneer nog in die NVOB-slaap, jou asemhaling is vlak en jou brein-aktiwiteit word beperk. Die meeste drome vind tydens die VOB-slaap plaas wat deur onreëlmatige bloeddruk, polsslag en asemhaling gekenmerk word. Die wonderlike ding is jou brein is tydens die VOB-slaap net so aktief as wat dit is as jy helder wakker is. Jou liggaam is egter slim genoeg om die breinseine na jou spiere tydens die slaap te beperk, want anders sal jou liggaam dalk probeer om jou drome uit te leef.
huis skoon te maak, om ’n geskikte plek te vind vir die gedagtes, gevoelens en vrese wat jy die dag moes trotseer. Jy is ook nie net tot een droom per nag beperk nie – jy kan tot tien drome hê. Jy sal die meeste drome glad nie onthou nie, maar jy kry tien kanse om jou gedagtes vleuels te gee. Te min slaap en vetsug Net omdat jy ’n tiener is, beteken dit nie jy kan met minder slaap klaarkom nie – verminderde slaap kan tot ’n chronicse verandering in ’n tiener se dieet lei, asook ’n groter kans op vetsug, veral by meisies.
Agterstallige slaap Hoe langer ’n mens wakker bly, hoe meer slaap is nodig. Navorsing toon jou vermoë om selfs eenvoudige take te verrig daal skerp sonder genoeg slaap. Agterstallige slaap veroorsaak irritasie, verswakte konsentrasie, lomerigheid in die dag en benadeel jou immuunstelsel. As jy nie agterstallige slaap inhaal nie, kan dit ernstige buierigheid en wispelturige gedrag tot gevolg hê. Dink so daaraan: Die Challenger- en Chernobyl-ontploffings het gebeur weens akute agterstallige slaap.
Wat is slaap-apnee? Slaap-apnee word deur verminderde lugvloei na die longe tydens slaap veroorsaak. Dit kan óf obstruktiewe slaap-apnee (OSA – waar die sagte weefsel in die keel ineensak en sodoende die lugweg blokkeer) óf sentrale slaap-apnee (waar die blein versuim om seine aan die liggaam te gee om asem te haal) wees. OSA-lyers sukkel gedurig om asem te haal en is reg deur die nag rusteloos. Volgens die hooftegnoloog van die Noord-Kaap-slaapkliniek word verskeie ernstige gesondheidsprobleme met slaap-apnee verbind of daardeur veroorsaak. Om die risiko van hoë bloeddruk, hartsiektes, beroerte en ongelukke te verminder is dit belangrik dat slaap-apnee behoorlik gediagnoseer en doeltreffend behandel word. Behandeling sal meebring dat jy minder snork en ook ’n gebrek aan produktiwiteit, te wyte aan swak konsentrasie en slaperigheid, heeltemal uitskakel. Slaap-apnee word gediagnoseer deur ’n studie en deeglike waarneming van jou slaappatroon, asemhaling, snork, suurstofvlakke, hartritme en liggaamsbewegings met ’n oornagtoets.
Gevleuelde drome Drome is jou liggaam se manier om te ontlaai en jou dag se aktiwiteite in perspektief te plaas. Dit is jou brein se manier om
Wenke vir ’n beter nagrus 1. Vermy kafeïen, alkohol en nikotien kort voor slaaptyd. Stimulante hou jou liggaam paraat en hou jou onnodig uit die slaap.
Bied verskeidenheid winkels DIE Markstraatarkade met sy pragtige palmbome bied ’n wye verskeidenheid winkels. Foto: Lizette Slabber
2. Begin ’n kalmerende slaaproetine. Probeer om rekenaars, gewelddadige televisieprogramme, harde musiek en emosiebelaaide gesprekke heeltemal voor slaaptyd te vermy. Probeer ’n paar ontspanningstegnieke voordat jy in die bed klim. 3. Handhaaf ’n bepaalde slaapskedule. Stel ’n bepaalde slaap- en opstaantyd vas sodat jou liggaamsritme elke aand slaap op ’n sekere tyd verwag. Staan dieselfde tyd elke oggend op, al het jy nie ’n goeie nagrus agter die blad nie. Jou liggaam sal die volgende aand vir die agterstallige slaap
opmaak. Probeer jou bes om die roetine naweke ook vol te hou. Wat van ’n pilletjie? Die langdurige gebruik van slaappille veroorsaak dat jy nie meer natuurlik aan die slaap kan raak nie, die gehalte van slaap is swak – en dan is daar die kans van moontlike verslawing. Probeer dus eerder ontspanningstegnieke of tel skape. Kontak die Noord-Kaap-slaapkliniek vir meer besonderhede oor die toets vir slaap-apnee by 054-331-3054.a
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
FOKUS OP MARKSTRAAT-ARKADE
Friends brei uit vir sy vriende DIE geliefde Friends Coffee Shop is van begin April in die bekwame hande van Basil en Sanet Klaasen en beloof om weer die perfekte kuierplek vir alle vriende te word. “Ons bied steeds al Friends se bekende pannekoeke, ontbyte, koffie, burgers en gewilde hoenderslaai aan, maar ons gaan ook meer van ’n restaurantgevoel skep met interessante geregte en langer sakeure,” sê Sanet. Sanet en Basil gaan ook die spyskaart uitbrei deur ander tradisionele geregte voor te sit. Hulle maak die lekkerste Kaaps-Maleise kos wat kerriegeregte, breyani’s en roti’s insluit. Tradisionele gebak – soos sagopoeding, fênsies, cinnabuns en regte Bo-Kaapse koesisters – kan nou hier genuttig word. Om die restaurantgedeelte
VAN links is Ravoda Steenkamp, Sanet Klaasen (eienaar) en Elzetta de Wee in die pragtige bougainvilleaomgroeide eetge bied. Foto: Lizette Slabber verder uit te brei is Friends se sake-ure verleng. Die kuierplek sal van Maandae tot Saterdae van 08:00 tot 23:00 oop wees. “Van Mei af sal ons ook ’n buffet-ete op Sondae bedien,” sê Sanet. Friends lewer bestellings
af aan almal wat te besig is om self middagete te gaan koop en vir mense wat te besig is om self iets te kook. Dit is beslis die plek om al jou ou en nuwe vriende te ontmoet. Rig navrae aan Sanet by 079-670-2971.
Hierdie ‘hanne’ het planne INGE BOLZ, eienaar van Hanne met Planne, ’n nuwe kuns-en-kunsvlytwinkel in die Markstraat-arkade, het met die opening van dié winkel haar droom bewaarheid. Hanne met Planne verkoop alles wat plaaslike kunstenaars met die hand gemaak het. Van die pragtige ware in haar winkel is treintjies wat van hout gemaak is, skilderye, lapverf, pottebakwerk, handgemaakte juwele en handsakke, borduurwerk, breiwerk en nog vele meer. Bolz het haar talent vir naaldwerk van haar ouers geërf. Haar pa is ’n skrynwerker en haar ma het die mooiste truie gebrei. “Gedurende my hoërskooljare het ek naweke en vakansietye by ’n juwelierswinkel gewerk en daar het ek die winkelvenster versier. “Met die knip van die rokke het ek buurmense en vriende vir idees dopgehou. Vir my ouers se silwerbruilof het ek my eerste aandklere self gemaak,” vertel sy. Terwyl sy as rekenmeester gewerk het, was sy lank by die ontstaan en groei van ’n
kuns-en-kunsvlytsentrum betrokke en so het die droom ontstaan om self só ’n winkel oop te maak. Sy vra alle kunstenaars om handgemaakte artikels na haar winkel te bring. Sy verkoop dit graag.
Gee kleur aan arkade DIE pragtige tuin wat die Markstraatarkade verhelder. Die bougainvillea met sy helderpienk blomme is al ’n bekende gesig in Upington. Foto: Lizette Slabber
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
Snotkop wys gesig
Francois: man van vele style
FRANCOIS tree van Donderdag 1 Mei tot Saterdag 3 Mei op die Upingtonlandbouekspo op. Foto: Verskaf
FRANCOIS, ’n besondere, veelsydige kitaarspeler en sanger, tree van Donderdag 1 Mei tot Saterdag 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo op. Die afgelope 20 jaar reeds het Francois in hotelle, restaurante en pubs opgetree. In dié tyd het hy ’n baie veelsydige program byeengesit wat wissel van musiek in die genres rock tot jazz, funk, blues, pop en reggae tot meer klassieke ballades. Nadat hy hom in 1991 in Kaapstad gevestig het, het Francois ’n sololoopbaan begin en sedert 1993 tree hy ongeveer vyf aande per week op. Hy het ook in 2001 in Dubai opgetree. Hy het sedert sy internasionale optredes die akoestiese kitaar in sy program geïnkorporeer en sedertdien sluit hy ook bekende treffers van Frank Sinatra, Nat King Cole, Michael Bublé en Robbie Williams in sy programme in. Hy sê hy kan gelukkig voortdurend by die veranderende mark aanpas. Hy sal die hele naweek van die ekspo op die feria (Spaans vir kermis) optree.
SNOTKOP tree op Saterdagaand 3 Mei op die Upingtonlandbouekspo op. Foto: Verskaf
SNOTKOP tree op 3 Mei op die Upingtonlandbou-ekspo op. Snotkop, wat sy sangloopbaan as die Afrikaanse en Sotho-rapper Legoa begin het, se musiekloopbaan het al op 15 jaar begin. Van 2005 het hy met ’n volle orkes as Snotkop begin optree en kort daarna as solo-kunstenaar. Hy is veral bekend vir sy liedjies Song vir my Dad, Dis ’n land, Hou my stywer vas, Oppas en Katrien. Hy het ook die wêreld aan die brand gehad met Ek laaik van jola en Parapapa ’n vertaling van die Cidinho & Doca-treffer Rap das Armas. Gaan kyk na die musiekvideo van Parapapa by www.kalaharibulletin.co.za.
Country is in sy bloed JASON BRADLEY tree op Saterdagaand 3 Mei ook op die Upington-landbou-ekspo op. Bradley se musiekreis het in die Vrystaatse dorp Ficksburg begin toe sy pa op vierjarige ouderdom vir hom sy eerste kitaar gegee het. Jason het die kitaar vinnig leer speel en kan ook ’n hele paar ander instrumente bespeel. Nadat hy ’n paar jaar in Brittanje in pubs gespeel en gesing het, het hy in 2003 na Suid-Afrika teruggekeer. Jason het ook die bekende Nashville in Amerika besoek waar hy die kuns om moderne country-musiek te speel verfyn het. In Nashville het hy vir Keith Urban, Kenny Rogers en Chris McHugh ontmoet. McHugh werk nou saam met mense soos Urban, Carrie Underwood en Rascal Flats. Jason het gebieg as hy ’n week lank in Nashville was, sou hy waarskynlik nooit kon huis toe kom nie.
JASON BRADLEY, countrysanger van Ficksburg, tree op Saterdagaand 3 Mei op die Upingtonlandbouekspo op. Foto: Verskaf
Besonderse klank op ekspo beloof SCHOEMAN SOUND, wat verlede jaar vir die eerste keer die klank vir die Upingtonlandbou-ekspo gehanteer het, gaan vanjaar weer klank uit die boonste rakke verskaf. Met hul Public Address Mobile Broadcaster gebruik hulle nie ’n frekwensie wat deur radio’s opgevang word nie, maar pro-oudio luidsprekers, kommersiële trompet- en horing-luidsprekers wat oor ’n groot gebied versprei word om die optimale klank te verseker. Die woonwa-eenheid is toegerus met ’n produksieleier en ’n kommunikeerder. Die
produksieleier sien toe dat musiek heeldag tydens die ekspo gespeel word. Die kommunikeerder saai van die woonwa-eenheid af uit en sal seker maak mense weet wat op die ekspo en op die program gebeur. Hy kan help met verlore kinders, die toeskouers bekend stel aan gebeure wat op bepaalde tye plaasvind en kan die aandag op spesifieke gebeure fokus wat niemand sal wil misloop nie. Die woonwa sal by die hoofarena geparkeer wees.
SCHOEMAN SOUND gaan weer vanjaar uitstekende klank op die Upingtonlandbouekspo ver skaf. Só lyk sy woonwaeenheid van binne. Hier word heeldag musiek gespeel en seker gemaak al die toeskouers weet wat op die ekspo gebeur. Foto: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
19
DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Upington is aangewys as die skool wat die aanskoulikste rugby op die Oakdalerugbyweek gespeel het.
VAN links is Veronique Vorster, Jacques le Roux en Andi Bernstein.
Foto: Verskaf
Woon kursus by DIE Hoërskool Upington se eerste meisiehokkiespan het in die April vakansie aan die DF Malan-hokkiekursus in Kaapstad deelgeneem. Andi Bernstein, voormalige SuidAfrikaanse hulpafrigter, en haar span het die meisies afgerig. Hulle het ook verskeie wedstryde gespeel. Op die afsluitingsdinee het Veronique Vorster ’n merietesertifikaat ontvang toe sy as lid van die kursusspan gekies is. Altesaam 17 skole het die hokkiekursus bygewoon.
DIE Hoërskool Upington se eerste rugbyspan het in die Aprilvakansie aan die Oakdale-rugbyweek in die Suid-Kaap deelgeneem. Verskeie spanne van Kaapse skole neem aan dié bekende rugbyweek in Riversdal deel. Die Uppies het vroeg die week met die Hoërskool Montaque met 30-10 afgereken. Montaque was in 2013 die skool wat die aanskoulikste rugby gespeel het. Op die derde dag het die Uppies die Hoërskool Durbanville geklop. Hul laaste wedstryd teen die Hoërskool Ligbron van Ermelo het hulle met 5-10 verloor. Aan die einde van die week is Kobus Wiese uit die 26 spanne as die beste nommervyfslot aangewys en die span van Upington as die span wat die aanskoulikste rugby gespeel het.
KOBUS WIESE as op die Oakdalerugbyweek as die beste nommervyfslot aangewys.
Foto’s: Verskaf
VERONIQUE VOR STER van die Hoër skool Upington is op die DF Malanhokkie kursus in die kursus span ingesluit. Hier is sy in aksie op die hok kieveld. Foto: Lizette Slabber
VAN links is LizaMari Groenewald, RayAnn Snyders en Esmarie Ferreira.
Foto: Verskaf
Drie Uppies in All Stars DIE Hoërskool Upington se eerste netbalspan het die vakansie aan ’n netbaltoernooi in Sun City deelgeneem. Op die toernooi het die span verskeie wedstryde gespeel en die spelers is hier afgerig. Dave Mills, ’n bekende afrigter van Australië, was deel van die span wat die
Uppies-rugby fees vir oog
meisies touwys gemaak het. Die Uppies het met 22-23 teen Jeugland verloor, maar dié wedstryd is as die wedstryd van die toernooi aangewys. Ray-Ann Snyders, Liza-Mari Groenewald en Esmari Ferreira is in die All Stars-span van die toernooi ingesluit.
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 17 APRIL 2014
ANELL MAASDORP
Foto: Lizette Slabber
Anell skool se skaaktrots ANELL MAASDORP, ’n leerling aan die Voorbereidingskool Fanie Malan, het aan die junior geslote skaakkampioenskapsbyeenkoms in Stellenbosch deelgeneem. Dié geleentheid is van die moeilikste toernooie in Suid-Afrika en net die heel beste spelers van oor die land heen word genooi om daaraan deel te neem. Anell is vanjaar die eerste keer as o.10-speler na die byeenkoms genooi en sy het teen meisies te staan gekom wat reeds die tweede jaar in die o.10-afdeling deelgeneem het. Sy het die twee spelers met die hoogste speelwaarde geklop en was algeheel vyfde in haar ouderdomsgroep. Sy het ’n uitsonderlike glasmedalje vir haar prestasie ontvang. Slegs ses spelers van die Noord-Kaap is genooi om aan dié byeenkoms deel te neem en Anell was die enigste een wat in die topvyf in haar ouderdomsgroep geëindig het. Met die prestasie verwerf Anell Chessakleure vir skaak en kwalifiseer sy om aan die Wêreld-jeugskaakkampioenskapsbyeenkoms in Durban deel te neem. Dié toernooi word elke jaar in ’n ander land aangebied en vanjaar bied Suid-Afrika die toernooi aan. Anell is die eerste skaakspeler van Upington om vir dié toernooi te kwalifiseer. Dié toernooi is op die hoogste toernooivlak waaraan skaakspelers op skoolvlak kan deelneem en die wenner van elke ouderdomsgroep kry die titel van wêreldkampioen.
DIE span van Upington wat aan die SuidAfrikaanse tweekampkampioenskapsbyeenkoms deelgeneem het.
Pak baan én bad DIE Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskapsbyeenkoms het op 5 April in Potchefstroom plaasgevind en verskeie Upingtonners het daaraan deelgeneem. Benjamin Nieuwoudt (seuns o.13), Alice Maritz, Elizna Reynecke, Retha-Mari Lategan (meisies o.15), Chrisna Opperman, Suzette Steenkamp (meisies o.17), Riaan Nel (ope mans) en Russell Nugent (veteraan-mans) het as deel van die Noordwes-Kaap-span aan dié byeenkoms deelgeneem. Tweekamp is ’n multi-dissiplinêre sportsoort wat swem en hardloop behels. Die afstande wat atlete moet voltooi, wissel na gelang van die atleet se ouderdom en geslag. Atlete neem eers aan die hardloopnommer deel. Dit word om ’n atletiekbaan
DIE Hoërskool Upington se eerste seunshokkiespan in Bloemfontein op Kovsiesport se hokkie kursus. Foto: Verskaf
Uppies leer by UV
DIE eerste seunshokkiespan van die Hoërskool Upington het van 1 tot 5 April aan die Kovsie-sporthokkiekursus in Bloemfontein deelgeneem. Op die dag het die spelers afrigting van die Kovsiespelers en Darryn Gallagher, oud-Suid-Afrikaanse hokkiespeler wat aan 2008 se Olimpiese Spele deelgeneem het, ontvang.
Foto: Verskaf
Gallagher is die hoof-hokkie-afrigter aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en hy het sy waardevolle ondervinding met die seuns gedeel. Saans het die seuns teen skole van die streek, wat ook die afrigtingskursus bygewoon het, gespeel. Dit het aan hulle die geleentheid gebied om die teoretiese kennis van die dag prakties toe te pas.
gehardloop met afstande wat wissel van 800 m tot 2 000 m. Die swemnommer vind later die dag oor afstande van óf 50 m, óf 100 m plaas. Tye word by albei sportsoorte geneem en atlete word punte toegeken volgens die tye wat behaal word. In die veteraan- en meesterkategorieë word bonuspunte aan die ouer lede van die kategorie toegeken. Tweekamp vereis nie duur toerusting (soos fietse) nie en die afstande wat voltooi moet word, is nie besonder uitdagend nie. Voorsiening word gemaak vir deelnemers so jonk soos tien jaar en solank die deelnemer se gesondheid dit toelaat, kan hy of sy aanhou deelneem. Die oudste deelnemer op die byeenkoms vanjaar was ouer as 60 jaar. Al die faktore maak dit
die ideale massadeelnamesportsoort. Die Upingtonners het só gepresteer: Seuns o.13: Benjamin Nieuwoudt, 37ste (1 980 punte) Meisies o.15: Alice Maritz, 19de (2 254 punte) Elizna Reynecke, 38ste (2 137 punte) Retha-Mari Lategan, 39ste (2 136 punte) Meisies o.17: Chrisna Opperman, 28ste (2 028 punte) Suzette Steenkamp, 31ste (2 019 punte) Senior mans: Riaan Nel, 12de (1 933 punte) Veteraanmans: Russell Nugent, vyfde (2 314 punte) Die nuwe seisoen begin in September. Hopelik is daar heelwat mense van alle ouderdomme wat gaan kom deelneem.