Upingtonbulletinub 20140423

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

24 APRIL 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

GRATIS

Muskadel uit streek vereer Kelder druk stempel op Top-100 af NADAT Orange River Cellars se muskadel verlede jaar koning gekraai het op verskeie kompetisies, blyk dit dat al dié prestasies in 2014 herhaal gaan word. Orange River Cellars het weer sy stempel as een van Suid-Afrika se voorste muskadelprodusente afgedruk deur ’n plek onder die Top-100- Suid-Afrikaanse Wyne los te slaan met die Orange River Cellars Red Muscadel 2012. Vanjaar se SA Top-100-wyne het 491 inskrywings gelok, 15% meer as verlede jaar – ’n aanduiding dat die kompetisie nou as een van die vooraanstaande Suid-Afrikaanse wynskoue gevestig is. Die prestasie volg op die sukses wat Orange River Cellars se muskadelwyne verlede jaar in plaaslike en internasionale kompetisies behaal het. ’n Wit muskadel van die kelder is op die internasionale Muscats du Monde-kompetisie in Frankryk as een van die top-10-muskaatwyne ter wêreld aangewys, terwyl die Orange River Red Muscadel 2012 op die Muskadel SA-toekenningsgeleentheid ook as algehele wenner bekroon is. Koos Visser, bemarkingsbestuurder van Orange River Cellars, sê ’n plek onder die SA Top-100-wyne is ’n uitsonderlike prestasie. “Die Suid-Afrikaanse wynbedryf beleef ’n bloeitydperk en produseer tans die beste wyne nog. Boonop is daar ’n diverse aanbieding van wyne uit verskeie streke. Daarom is dit werklik ’n eer vir een van ons wyne om op hierdie tydstip die lys te haal,” sê Visser. “Ons is trots op ons plek op die SA Top-100-lys en om skouers met die voorste name in die bedryf te kan skuur. Hopelik

“Die Suid­Afrikaanse wyn­ bedryf beleef ’n bloeitydperk en produseer tans die beste wyne nog. Boonop is daar ’n diverse aanbieding van wyne uit verskeie streke. Daarom is dit werklik ’n eer vir een van ons wyne om op hierdie tyd­ stip die lys te haal,” ­ Koos Visser sal ons teenwoordigheid die feit benadruk dat die Noord-Kaap as ’n wynstreek tot sy volle reg gekom het. Ons maak inderdaad ’n wêreldklas-muskadel, maar wees ook op die uitkyk vir ons ander wyne op volgende jaar se lys.” Visser het sy blydskap uitgespreek dat muskadel erkenning ontvang het in ’n kompetisie wat ook gerekende internasionale beoordelaars op die proepaneel gehad het. “Muskadel is deel van Suid-Afrika se wynerfenis en die algemene gehalte kan met die beste ter wêreld saampraat,” sê hy. “Dit is wonderlik om te sien dat internasionale palette hierdie wyn goed genoeg ag om Top-100-status in Suid-Afrika te behaal en ons hoop dit lei tot groter erkenning vir hierdie klassieke Suid-Afrikaanse wynstyl.”

Trek hier jou kruisie OP 7 Mei gaan Suid­Afrikaners hul kruisies in die verkiesing trek, maar dit is net in die Noord­Kaap waar ’n kokerboom wys waar dié kruisie getrek moet word. Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Talent gesoek Lizette Slabber VANJAAR tref die bekende sangkompetisie Spontaan Upington. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante (waarvan die Kalahari Bulletin een is) aangebied word, gaan vanjaar sy vlerke sprei en van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uitbrei. Die eerste keer gaan ’n streekwenner vir Spontaan op die oudisie in Mei ook in Upington aangewys word. Enigiemand met enige besonderse talent kan hieraan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Deelnemers moet net self alles wat hulle nodig het om deel te neem na die oudisie saambring. Die oudisie is gratis. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die oudisie aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien daar nie ’n gepaste kandidaat is nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde op Saterdag 19 Julie in Bloemfontein wees. Dit vind in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus plaas. Jy moet jou eie vervoer en verblyf reël as jy ’n streekwenner is. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die datum waarop en lokaal waarin dié streek se oudisie gaan plaasvind en vir die fantastiese pryse wat gewen kan word.

Hoogste eer vir twee San Anena Burger TWEE lede van die !Khomanisan-gemeenskap, Dawid Kruiper en Katrigwa (Katrina) Esau, sal op Vryheidsdag 27 April deur die presidensie met die hoogste orde vereer word. Die nasionale ordes is die hoogste eer waarmee die land sy burgers – en vooraanstaande buitelandse burgers – vereer, wat bygedra het tot die bevordering van demokrasie en wat ook ’n beduidende impak op die verbetering van die lewe van Suid-Afrikaners gemaak het. Die nasionale ordes erken die bydraes wat deur individue gemaak is tot die bou van ’n nie-rassige, nie-seksistiese, demokratiese en welvarende Suid-Afrika. Vanjaar is die 20ste inhuldigingseremonie sedert die aanvang van die nuwe nasionale orde-stelsel. Dawid Kruiper, ontslape leier van die !Khomani-san wat in Junie 2012 oorlede is, ontvang die Orde van die Kremetart (silwer) vir sy “uitstekende bydrae om bewustheid vir moeilike omstandighede wat deur die Khoisan-gemeenskap beleef word te bewerkstellig en dat hy ’n suksesvolle grondeis vir sy mense van stapel gestuur het”. Katrigwa (Katrina) Esau ontvang ook die Orde van die Kremetart (silwer) vir haar werk om die N/u-taal van uitsterwing te probeer red. “Haar doelgerigtheid om die projek suksesvol te maak het jonger generasies gedryf om weer te leer,” lui ’n verklaring deur die presidensie. Die Orde van die Kremetart erken Suid-Afrikaanse burgers

“Haar doelgerigt­ heid om die pro­ jek suksesvol te maak het jonger generasies ge­ dryf om weer te leer.” – verklaring deur die presi­ densie

OUMA KATRIGWA (KATRINA) ESAU. wat met gemeenskapsdiens, besigheid en ekonomie, wetenskap, medies en tegnologiese innovasie bydraes gelewer het. Ou Let Kruiper, die oudste dogter van Dawid Kruiper, het uit Askham gesê sy en Oupa Jan Pietersen sal die geleentheid bywoon om die orde te ontvang. “Dit was nogals ’n groot blydskap gewees toe ons hoor. Ons is vol glimlagte,” sê sy. “Hy word nou uiteindelik erken vir al die werk wat hy gedoen het vir ons. Uiteindelik kry hy nou die erkenning waarvoor hy gewag het, die erkenning van onse mense en dis ’n groot eer.” ) Die veteraan-akteur Sandra Prinsloo tel vanjaar onder die benoemdes vir die nasionale ordes. Prinsloo kry saam met die

Foto: Anena Burger

Olimpiese swemmer Cameron van der Burgh en die Paralimpiese atleet Fanie van der Merwe die orde van Ikhamanga (silwer) vir hul uitmuntende bydraes in die kunste en sport. Prinsloo word ook vereer omdat sy ’n standpunt teen rassisme ingeneem het. Caster Semenya ontvang die brons vir dieselfde orde. Raymond Ackerman, hoof van Pick n Pay, sal vereer word vir sy bydrae om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter deur beurse aan jong mense te bied en die handelaar se maatskaplike verantwoordelikheidsprogramme. Hy sal die orde van die Kremetart (silwer) ontvang. Frances Baard en so ook Ruth First kry die orde van Luthuli (goud), postuum.

DAWID KRUIPER

Foto: Ainsley Moos


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Landbou-ekspo ’n winskopie MET al die vermaak wat die Upington-landbou-ekspo vanjaar op 1,2 en 3 Mei gaan bied, is die hekpryse werklik waarde vir geld. Vanjaar is die toegangskaartjies vir die skou R60 vir volwasses en R30 vir kinders per dag, maar vir diegene wat graag die hele naweek in die pret wil deel, is daar naweekkaartjies te koop. Dié naweekkaartjie verskaf toegang vir al drie ekspo-dae. Dié naweekkaartjie kos egter net R120 per volwasse en R60 per kind wat beteken jy betaal net vir twee dae en kry die derde dag gratis. Niël Stemmet se praatjie wat op die Donderdag om 11:00 by die Max Minnaarsaal op die ekspoterrein plaasvind, sluit ook in die bekendstelling van sy nuwe boek en ’n heerlike ete. Kaartjies kos slegs R120, wat ook toegang tot die ekspo vir die hele dag insluit. Dine van Zyl, bekende TV-persoonlikheid en boerekosskrywer, se praatjie op

die Vrydag om 12:00, ook in die Max Minnaar-saal, is gratis. Al wat vereis word, is net ’n toegangskaartjie tot die skou. Dit word voorafgegaan deur ’n vleisontbeningsdemonstrasie wat om 11:00 sal begin. Die Saterdag is Amore Bekker aan die beurt met haar praatjie om 13:00, ook in die Max Minnaar-saal. Saam met haar praatjie sal tee en skuinskoek bedien word. Toegang is R60, wat ook toegang tot die ekspo insluit. Dit word voorafgegaan deur ’n optrede van die plaaslike sanger Quinten Broid en die Upington-trio, wat nie moet misgeloop mag word nie. Die voorprogram begin om 12:00. Kaartjies vir Niël Stemmet is by North Western Motor Company op Upington se diensafdeling te koop. Skakel 054-332-3323 vir kaartjies. Amore Bekker se kaartjies is beskikbaar by Web-Ateljee in Schröderstraat 59, skuins oorkant die poskantoor, of skakel 054-332-1560.

KAARTJIES na Niël Stemmet se praatjie, boekbekendstelling en ete kos slegs R120, wat ook toegang tot die ekspo vir die hele dag insluit. Kaartjies is by die North Western Motor Company beskikbaar. Foto’s: verskaf

KAARTJIES vir Amore Bekker se praatjie is vir slegs R60 by Web-Ateljee beskikbaar..


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

11

Komediant op ekspo DORINGDRAAD, ’n bekende Afrikaanse komediant, tree van 1 tot 3 Mei op die Upington-landbou-ekspo op. Hy is ’n bekende gesig op baie van Suid-Afrika se beste Afrikaanse musiekfeeste en in teaters. Met sy unieke styl blaas hy nuwe lewe in die Afrikaanse komediewêreld. Hy word deur baie mense as die beste Afrikaanse komediant beskou en sy humor wissel van moderne Afrikaanse skerpskertskomedie tot die tradisioneler grapvertellings. Doringdraad laat oud en jonk skaterlag en sy grappe is gesinsvriendelik. Sy eerste DVD, Ek doen dit lag-lag, sal eersdaags te koop wees. Hy gaan verskeie optredes gedurende die naweek van die ekspo aanbied.

QUINTEN BROID tree op Donderdag 1 Mei op die Upington­landbou­ek­ spo op. Foto: verskaf

Quinten bring pop-rock

Dine praat oor kos

QUINTEN BROID, bekende plaaslike sanger en liedjieskrywer, tree op Donderdag 1 Mei op die Upington-landbou-ekspo op. Broid is in Kathu gebore en speel al musiek vandat hy agt jaar was. Hy het formele klavieropleiding gehad en met klavier en kitaar bring hy sy musiek na hoër hoogtes. As entoesiastiese reisiger en fotograaf was hy al in Brittanje, Switserland, Nederland en Miami. In Miami het hy in verskeie restaurante opgetree.

“IN Dine van Zyl se resepteboek, Die groot boerekosboek, herleef jy jou ouma se kombuis. Van sop, vis, vleis tot nagereg; presies soos net ’n boervrou dit kan maak. “Nou kan jy ook.” Só beskryf Cindé Greyling Dine van Zyl se besonderse kos en haar kookboek wat ’n mens na die verlede terugneem. Van Zyl is ’n bekroonde skrywer, uitgewer en vryskutjoernalis, maar sy is veral bekend vir haar televisieprogram Boerekos met Dine van Zyl en haar vele kookboeke oor

In 2008 het Quinten ’n album by die Streetlevel Studios in Kaapstad opgeneem. Hy is nou betrokke by die vervaardiging van sy musiek. Hy skryf self sy musiek en het al saam met Chris Tait en die Fazeka-kinderkoor opgetree. Hy noem Bob Dylan, Joni Mitchell, Damien Rice, The Fray en Daughtry as ’n paar van sy musikale invloede. Sy eerste vollengte-opname, Story of my Life, vertel die verhaal van sy ongelooflike vermoë as sanger, vervaardiger en liedjieskrywer.

DINE VAN ZYL, bekende kosskrywer, gee ’n praatjie oor boerekos by die Upington­landbou­ekspo op Vrydag 2 Mei om 12:00. Foto: verskaf

DORINGDRAAD, ’n bekende kome­ diant, sal van 1 tot 3 Mei by die Upington­ landbou­ekspo optree. Foto: Verskaf

boerekos. Sy gaan op Vrydag 2 Mei om 12:00 in die Max Minnaar-saal optree. Kaartjies vir haar praatjie is gratis en al wat vereis word, is ’n toegangskaartjie tot die ekspo. Dit word voorafgegaan deur ’n vleisontbeningsdemonstrasie wat om 11:00 begin. Van Zyl is ’n toonaangewende kenner van boerekos en al haar kookboeke handel oor boerekos. Sy het die eerste boek oor potjiekos, die eerste boek oor boerekos en die eerste boek oor afval geskyf.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Jeugskou leer kinders van vee OP die gewilde jeugskou van die Upingtonlandbou-ekspo, wat op Vrydag 2 Mei om 15:00 begin, kan kinders kom leer hoe om vee skou- en vertoongereed te kry. Alle kinders wat graag wil leer hoe om ’n skaap of bok skougereed te kry en dié dier op die regte manier op ’n skou te vertoon moet beslis nie vanjaar se jeugskou misloop nie. Vrydag word die kinders geleer hoe om hul diere vir ’n skou reg te kry. Hulle leer watter voorbereidings per ras moet plaasvind sodat die dier perfek is om die volgende dag die arena te betree. Opgeleide beoordelaars sal hulle alles leer wat hulle moet weet om op Saterdag 3 Mei hul diere reg te vertoon. Alle belangstellende kinders moet om 15:00 by die ekspohek oorkant 8 SAI aanmeld. Op Saterdag 3 Mei begin die jeugskou om 09:00 en kinders kan deelneem met dorpers, melkbokke en boerbokke. Die diere sal voorsien word. Die dier wat die kind Vrydagmiddag skougereed gekry het, sal hy of sy dan Saterdag skou. Dit is ’n lekker geleentheid om kinders aan die landbou bekend te stel en op ’n speel-speelmanier meer oor die verskillende bok- en skaaprasse te leer. Kinders neem in verskillende ouderdomsgroepe deel. Daar is ’n voorskoolse groep en ’n afdeling vir die o.10’s. Die 10- tot 14-jariges neem as ’n groep deel en die kinders 14 jaar en ouer neem saam deel. Rig verdere navrae aan Francois Theron by 082-890-2029.

DIE gewilde jeugskou vind vanjaar weer op die Upington­landbou­ekspo plaas. Dit begin op Vrydag 2 Mei om 15:00 en word op Saterdag 3 Mei om 09:00 hervat. Foto: Lizette Slabber


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Duineveld-ruiters op ’n galop VIER ruiters van die Hoërskool Duineveld het aan die South African Western Mounted Games Association (SAWMGA) in Prieska deelgeneem. Lara Barnard, Danielle du Plessis en Tiaan Fourie het aan die tweede kwalifiserende ronde deelgeneem en Esta Burger het as dagruiter deelgeneem. Lara het twee eerste plekke vir die South African National Equestrian Schools Association (Sanesca) verwerf

TIAAN FOURIE

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebook-blad.

ESTA BURGER

en ’n tweede en derde plek vir vlaktweeruiters vir SAWMGA. Danielle het twee eerste plekke vir Sanesca, ’n algeheel eerste plek vir Sanesca en ’n algeheel derde plek vir SAWMGA vlak twee verwerf. Tiaan het vier eerste plekke vir Sanesca en drie eerste plekke vir SAWMGA in vlak drie verwerf. Tiaan was ook algeheel eerste vir Sanesca en algeheel eerste en derde in verskillende SAWMGA-afdelings.

Foto’s: verskaf

DANIELLE DU PLESSIS

LARA BARNARD

19


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

HMO tem Wes-Kaap op toer TWEE netbalspanne van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het die vakansie na die Wes-Kaap getoer. Die o.16-span en ’n ope span het aan twee sportdae deelgeneem waarop hulle teen twee Kaapse skole meegeding het. Op die Hoërskool Brackenfell se sportdag het die o.16-netbalspan drie wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het.

DIE HMO se o.17­rugbyspan wat na die Wes­Kaap getoer het.

Teen die Hoërskool Scottsdene het hy met 16-2 gewen. Op die Hoërskool Porterville se sportdag het hy die Hoërskool Bonnievale met 17-7 gewen. Die spanne het ook teen die Hoërskool Bosmansdam en die Hoërskool Parow gespeel. Die o.16-span het Bosmansdam met 27-1 gewen.

Foto’s: Verskaf

DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas se o.19­netbalspan.

Foto’s: Verskaf

DIE o.19­rugbyspan het nie een van sy wedstryde in die Wes­Kaap verloor nie.

Rugbyspanne kook DIE o.17- en die o.19-rugbyspanne van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het die skoolvakansie na die Wes-Kaap getoer. Albei spanne het teen die Hoërskool Parow, die Hoërskool Settlers en die

Hoërskool Bosmansdam gespeel. Die o.17-span het twee van hy drie wedstryde gewen en die o.19-span het Settlers met 43-0 gewen. Hulle het gelykop gespeel teen Parow en ook vir Bosmansdam gewen.

DIE HMO se o.16­netbalspan was ook een van die spanne wat na die Wes­Kaap getoer het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.