Upingtonbulletinub 20140430

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

1 MEI 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Upington GRATIS

Prentjiemooi plaashek roer hartsnare

DAAR is ’n geroeste ou plaashek wat die kindwees in almal roer. Om te skoppelmaai wanneer jy hom oopmaak vir Oupa se bakkie om deur te ry of wanneer julle die skaap gaan haal. Net buite Kenhardt het die son gesak en het ’n bietjie reënweer in die verte vir die Boesmanland opgesteek. Dit is van die laaste druppels wat die hemel se gieter hier sal strooi voordat die winter in volle gang begin. Foto: Anena Burger


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

Meld jou aan vir oudisies Lizette Slabber OP 24 Mei vind die heel eerste oudisie van die Spontaankompetisie in Upington plaas. In dié uitdunronde, wat om 13:30 vir 14:00 in die Naba Lodge begin, word ’n streekwenner gekies wat aan die eindronde op die Vryfees in Bloemfontein gaan optree. Talentvolles wat wil deelneem, kan hulle van 12 Mei af by die Kalahari Bulletin se kantoor registreer of hulle op die dag van die oudisies van 13:30 tot 14:30 in die Naba Lodge registreer. Die kantoor is in Scottstraat 64 geleë, langs Elron-motors. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante aangebied word, brei vanjaar van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uit. Enigeen met ’n besonderse talent kan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Deelnemers moet alles wat hulle nodig het om deel te neem na die oudisie bring. Die oudisie is gratis. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die oudisie aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien daar nie ’n gepaste kandidaat is nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie vir die eindronde in Bloemfontein wees. Dit vind in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus plaas. Jy moet jou eie vervoer en verblyf reël as jy ’n streekwenner is. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die fantastiese pryse wat gewen kan word.

BRENDAN VAN ZYL is een van 60 finaliste wat van 15 tot 17 Mei aan die nasionale kykNET-toneelkompetisie in Kaapstad gaan deelneem. Foto: Verskaf

Troon uit in toneel speel BRENDAN VAN ZYL, ’n leerling aan die Hoërskool Duineveld, is as een van die 60 finaliste in die nasionale kykNET-toneelkompetisie gekies. Dié kompetisie word jaarliks in samewerking met die Hoërskool Bellville en die Kunstekaap-teater aangebied. Leerlinge van oor SuidAfrika heen neem hieraan deel. Die wenner kry ’n beurs van die Universiteit van Stellenbosch (US), ’n rol in ’n KKNK-produksie en ’n rol in ’n televisiereeks. Leerlinge van dié skool neem die afgelope drie jaar aan die kompetisie deel. In 2011 was Wilco Strydom ’n finalis en in 2012 was Joline Human een van die top-30. Brendan gaan van 15 tot 17 Mei aan die eindronde in die Kunstekaap-teater in Kaapstad deelneem.

Soek-soek na ’n soetigheid DIE Kalahari Mall het onlangs ’n Paaseier-jag in samewerking met die Mej. Veltieland-finaliste van die Hoërskool Duineveld aangebied. Kinders moes die meisies in hul haasoortjies vind en by elkeen ’n stempel op hul hande kry om ’n Paaseier in die inkopiesentrum te kry. Hier is Leonita Loubser (5) en haar boetie Janco (2) saam met Alet Opperman, ’n Mej. Veltieland-finalis. Foto: Anena Burger

Winter ná somer is seker Karin Muller

DIE volgende paar weke gaan die meeste mense se roetine stadigaan begin verander. ’n Mens gaan die motor se sonklappie afslaan wanneer jy vroeg werk toe ry. Jy gaan die motor se ligte begin aanskakel. Jy gaan selfs besef jy gebruik nie meer so gereeld soos gewoonlik die lugversorger nie. Nie noodwendig in daardie volgorde nie, maar jy gaan weet: Die seisoen verander. Die winter is op pad. Dalk nie binne die volgende paar dae nie, maar die werklikheid is die somer begin einde se kant toe staan. Waatlemoen en spanspek begin skaars raak. Die grasperk hoef dalk net elke tweede week gesny te word. Eersdaags word die lugversorgers op warm gestel. Kaggelhout gaan in die plek van braaihout

gekoop word. Die plantjies wat jy nie vroegtydig met rypdoek toegemaak het nie, gaan doodryp. Dit gaan voel asof die temperatuur ’n onbeperkte tyd nie weer gaan styg nie. Maar iewers, tussen jou serp en handskoene en warm koringsakkie, weet jy: Die koue gaan nie vir altyd aanhou nie. In ’n wêreld van onsekerhede is dit een van die min sekerhede wat ’n mens het. Of die nuus van die komende seisoen ’n mens opge-

wonde of benoud maak, is nie regtig nou ter sprake nie. Of die seisoen so warm of so koud gaan wees soos dit veronderstel is om te wees is ook nie nou van belang nie. Die een seisoen is verby. Die volgende een is op pad. Daarvan kan ’n mens seker wees. Ons wonder gewoonlik wat die toekoms vir ons en veral vir ons kinders gaan inhou. Ons wonder waarheen die ekonomie op pad is. Ons wonder selfs of ons die volgende dag elektrisiteit- of watertoevoer gaan hê. Ons wonder dalk wat ons rugbyspan Saterdag gaan uitrig. Onsekerhede oor jou werk en jou gesin laat jou soms, of gereeld, in die nag rondrol. Miskien is dit die oorsaak van ’n paar ekstra plooie wat jy nie wou gehad het nie. Ek het in ’n rypvrye gebied grootgeword. Dit was ’n groot

skok vir my jare toe ek eers in my twintig met ryp kennis gemaak het. Die winter is nie my gunsteling-seisoen nie. My man spot altyd en sê my Afrikaanse naam in ’n Indiaanse gemeenskap sou “Kombersie in die Somer” gewees het. Daar is altyd ’n kombers byderhand vir die moontlikheid dat ek miskien kan koud kry. As die aankoms van die winter vir jou goeie nuus is, is dit moontlik dat die aankoms van die somer vir jou slegte nuus is. As die aankoms van die winter jou ineen laat krimp, soos vir my, skop daar tog ’n soort warmte nes in jou hart om te weet dit is een van die min dinge waarvan jy seker kan wees. En in ’n wêreld van onsekerheid is ’n mens dankbaar vir elke sekerheid wat oor jou pad kom.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

Alte swierig met hul passies

DIE Kalahari Mall het saam met Willem Burger, bekende baldansafrigter, ’n baldansvertoning in die Kalahari Mall gehou. Hier staan van sy studente en dans terwyl hulle hul beurt op die dansbaan afwag. Foto’s: Verskaf

NIKKI FERIS van die Klitsie-kampus geniet haar danssessie.

DIÉ twee gaan nog behoorlik op die dansbaan baljaar. Lian Kühn (links) en Connor Robbertse leer speel-speel by Willem Burger hoe om op die dansvloer te skitter.

ZANDRI BRINK konsentreer hard om die moeilike danspassies te volg.

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

Boerboele op ekspo te sien ’n OPE boerboelskou en -keuring vind Saterdag om 09:00 op die Upington-landbou-ekspo plaas. Dit is vanjaar die eerste keer dat só ’n boerboelskou op die landbou-ekspo sal plaasvind. Boerboelgeesdriftiges kan seker maak hulle kom om 09:00 op die grasperk voor

die Gryssaal op die ekspoterrein byeen om dié besondere soort honde te sien. Inskrywings sluit Vrydag en kos R100 per hond of, indien meer as vier honde ingeskryf word, R60 per hond. Keuring vir geregistreerde boerboele sal onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse Stamboek plaasvind.

Vir verdere inligting kontak Christo Els by 083-605-8976 of stuur ’n e-pos na Swartkopboerboele@gmail.com.

DIE eerste ope boerboelskou en -keuring van die Upington-landbou-ekspo vind Saterdag om 09:00 plaas. Foto: Verskaf

VRYDAG om 11:00 vind ’n demonstrasie op die Upington-landbou-ekspo plaas oor hoe om ’n heel lamkarkas te ontbeen. Dié demonstrasie sal in die Karakoelsaal plaasvind. Ná die ontbening word die vleis opgeveil om só geld vir die Oranjehof-tehuis vir bejaardes in te samel. Foto: Verskaf

Dusty sing hier ’n REGTE Amerikaanse rodeo gaan Saterdag om 15:00 op die Upington-landbou-ekspo plaasvind. Foto: Verskaf

Kry jou sit op bul of perd op ekspo ALMAL wat nog altyd graag ’n regte Amerikaanse rodeo wou sien, moet Saterdag om 15:00 op die Upington-landbou-ekspo ’n draai maak. Die Roughstock Rodeo Club and Outfitters, ’n span rodeoruiters van Pretoria, gaan met opreggeteelde bulle wys hoe dit gedoen moet word. Aan die plaaslike dapper manne en vroue sal daar ook kans gegee word om te wys hoe sit ’n mens op ’n bul. Die dapperes wat die bulle aanpak, moet agt sekondes op die bul se rug kan bly. Punte word gegee vir die ruiter se styl en vertoning op die bul en hoe meer die bul bokspring, hoe meer punte verdien die ruiter. As die agt sekondes verby is,

moet die ruiter onmiddellik afklim of -val, wat ook al die maklikste is. Die rodeo-narre maak dan seker die bul se aandag word afgetrek sodat die ruiter vinnig kan padgee. In die agt sekondes mag die ruiter net met een hand aan die band raak en sy ander hand mag glad nie aan die bul raak nie. Die Roughstock Outfitters beskik oor ’n Performance Animal Protection Act-lisensie. Voordat die rodeo begin, gaan ’n Western Games- berede spele plaasvind. Hier sal ruiters aan kompetisies soos balieresies, spoedbalies en sleutelgatresies deelneem. Dit sal alles in die hoofarena plaasvind.

DIE sanger Dusty Dixon tree Vrydag en Saterdag op die Upington-landbou-ekspo op. Sy derde album, Romeo & Juliet, is al op die winkelrakke en een van sy vorige twee albums, Elvis Country en Elvis Gospel, het platinumstatus bereik. Dusty het in ’n musikale gesin grootgeword en dit is dus verstaanbaar dat hy van kleins af musiek gemaak het. Sy pa het destyds saam met Charles Jacoby gesing en op 16-jarige ouderdom het Dusty se paaie al met die van Ray Dylan gekruis. Op 17 het hy sy eerste verhoogoptrede gehad en sedertdien het hy al saam met Tolla van der Merwe en Zack du Plessis die land vol gereis met die program Maak ’n Las. Sy musiek sal in oud en jonk se smaak val.

DUSTY DIXON tree Vrydag en Saterdag op die Upington-landbou-ekspo op. Foto: Verskaf

Kyk krokodille en kou braaivleis KOM kyk na die krokodille, springbokke, gemsbok, volstruise en sebras op die plaaswerf op die Upington-landbou-ekspo. Vanjaar sluit al dié wilde diere hulle by die plaaswerf se klein bokkies, hanslammertjies, miniatuurperdjies, hoenders, ganse, duiwe en melkkoeie aan. Die plaaswerf is al jare die lekkerste plek vir die kinders om te besoek en vanjaar gaan dit nog lekkerder wees. Benewens al die nuwe diere wat die kinders hier kan besoek, kan ouers en kinders vanjaar ook by die plaaswerf vleisbraai. Donderdag verskaf die ekspo braaivleishout en braaiers en supermark van ’n kettingwinkelgroep gaan braaipakke teen billike pryse verkoop. Dan kan die hele gesin lekker op die ekspo braai terwyl die kinders op die plaaswerf kuier. Wat dié plaaswerf-kuier nog lekkerder maak, is voorskoolse kinders het Donderdag gratis toegang tot die ekspo. Reg langs die plaaswerf sal ’n troeteldiertent wees waar Classic Feeds en Pet

KOM kyk op die Upington-landbou-ekspo na die groot krokodille op die plaaswerf. Foto: Verskaf Care ’n uitstalling gaan aanbied. Daar sal ’n reuse-vistenk met Suid-Amerikaanse tropiese visse wees en ’n visdam waar ’n mens alles van visse kan leer.

Van ’n groot verskeidenheid voëls tot hamsters en konyne sal ook in die toeteldiertent wees. Daar kan troeteldiereienaars ook hul troeteldierbenodigdhede kom aanskaf.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

Program van ekspo

Tree op ekspo op DIE Upington-trio gaan op al drie dae van die Upington-landbou-ekspo optree. Van links is Theuns Louw (dwarsfluit), Sunete Louw (altviool) en Narika Lategan (tjello).

Foto: Verskaf

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

CHARLÉ VAN ZYL se oulike stalletjie het sommer saam met haar die hele skoolterrein vol gestap. Dit is die ideale manier om jou ware te verkoop terwyl jy die vryheid het om self by ander stalletjies te kan gaan koop. Foto’s: Verskaf

Hou prettige markdag DIE gr. 5-leerlinge van die Laerskool Sentraal in Kakamas het ’n markdag gehou. Hier is al die gr. 5-leerlinge saam met hul onderwysers, Nicoleen Olivier (links) en Pauline Minnie.

Motiveer kinders LEN VILJOEN, ’n blinde motiveringspreker, het die Laerskool Sentraal in Kakamas besoek. Sy praatjie het ’n groot indruk op die leerlinge en personeellede gemaak. Hier is hy by Juan Koortzen wat ’n DVD as geskenk gekry het nadat hy “oom Len” vertel het hoe hy gesukkel het om te sien voordat hy sy bril gekry het. Len is beslis Juan se nuwe held. Foto: Verskaf

VAN links is, voor: Jahné Goussard, Anja van Niekerk, Bia Strauss en Anneke Strauss; agter: Joané Steenkamp, Elandie Hanekom, Leemé Jansen van Rensburg en Sheli Arnon. Foto: Verskaf

Uppies kén kunste

ELANDIE HANEKOM, Jahné Goussard en Joané Steenkamp van die Hoërskool Upington is gekies om in Junie as deel van die Suid-Afrikaanse span in Los Angeles aan die Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste deel te neem. Elandie, Jahné, Joanie, Anja van Niekerk, Sheli Arnon, Anneke Strauss en Leemé Jansen van Rensburg het as deel van die Noord-Kaap-span aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Rustenburg deelgeneem. Dit word al 17 jaar aangebied en deelnemers kan dans, sing, instrumente bespeel, toneel speel en modelwerk doen. Elandie het vir sang

DIE drie Uppies wat in Junie in Los Angeles gaan deelneem, is van links Jahné Goussard (dans), Joané Steenkamp (dans) en Elandie Hanekom (sang). twee goue medaljes en een silwermedalje gewen. Jahné het vir dans een goue en een silwermedalje gewen en sy was deel van die prestige-afsluitingsgeselligheid. Joané het vir dans een goue en een silwermedalje

gewen en sy was deel van die prestige-afsluitingsgeselligheid. Anja het ’n silwermedalje vir sang en modelwerk gewen. Bia en Sheli was deel van die prestige-afsluitingsgeselligheid.

Open winkel met planne DIE nuwe kuns-en-kunsvlytwinkel Hanne met Planne het verlede Donderdag sy amptelike opening gehou. Van links is Monica Gerhard, Inge Bolz, Yvette Burger, Grietjie Kruger, Annette Fourie en Teresa Terwin. Foto: Retha-Marie Hall


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

Junior gholf gedy DIE Laerskool Sentraal in Kakamas het op 11 April sy eerste geborgde gholfdag vir junior spelers by die Kakamasprivate gholfklub aangbied. Van die 36 gholfspelers het 24 die borgdag bygewoon. Die spelers is in groepe verdeel en moes aan ses aktiwiteite deelneem waar hulle punte versamel het. Die algehele wenners van die dag was Philip van Zyl in die eerste plek, Tertius de Jager in die tweede plek en Pieter Dykman en Michael Fox was gesamentlik derde.

DIE gholfspelers wat aan die Laerskool Sentraal se gholfdag deelgeneem het.

Foto’s: Verskaf

www.kalaharibulletin.co.za

DIE wenners in die groep gr. 5 tot gr. 7 is van links Michael Fox (34 punte), Nelius de Jager (32 punte) en Anthony van der Merwe (32 punte).

DIE wenners in die groep gr. 3 en gr. 4 is van links Pieter-Nel du Plessis (30 punte), AJ Louw (33 punte) en Van Rheenen Olivier (32 punte).

DIE wenners in die groep gr. 1 en gr. 2 is van links Tertius de Jager (36 punte), Pieter Dykman (34 punte) en Philip van Zyl (43 punte).

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

Klein Interjol wink al KLEIN INTERJOL, een van die FNB Classic Clashes, vind vanjaar op 17 Mei by die Hoërskool Upington plaas. Soos gewoonlik gaan dié kragmeting tussen Upington en die Hoërskool Duineveld weer pragsport oplewer. Al die vooraf-aktiwiteite in sport en kultuur vind in die week van 12 tot 16 Mei plaas om die gees mooi te laat opbou tot die groot netbal-, hokkie- en rugbywedstryde wat op 17 Mei gaan plaasvind. Al die wedstryde sal op die Uppies se sportterrein beslis word. Toeskouers word genooi om stoele en sambrele saam te bring en vroegoggend al die uitstekende sport te kom aanskou. Losies is beskikbaar en kan vooraf by die skool bespreek word. Kontak die skoolkantoor om nou al ’n losie te koop. Hou die gedrukte en sosiale media dop vir die program van die dag en verdere inligting oor die Klein Interjol.

DIE sportkapteins van die Hoërskool Upington kan nie meer wag vir die Klein Interjol, een van die FNB Classic Clashes, nie. Van links is Herman Brandt, Gert Rupping, Ciske van Niekerk, Esmarie Ferreira, Willem Koegelenberg, Salomé Hanekom, Harm Janse van Rensburg en Raynard Stasch. Foto: Verskaf

Hulle tref die kol DIE Hoërskool Upington het op 11 en 12 April aan die tweede skietkompetisie in Kimberley deelgeneem. Die Uppies het vier goue, vyf silwer- en een bronsmedalje gewen. Jana Becker het in albei die posisies ná ’n uittel tweede gekom. Christine Becker het 505 punte in die drieposisie-veergeweerafdeling gekry en 317

punte in die staanposisie. Sy het vir albei posisies goue medaljes gewen. Raynardt Stasch het twee goue medaljes in die o.21-veergeweerafdeling gewen. Harm Janse van Rensburg het ’n silwermedalje in die drieposisie en ’n bronsmedalje in die 10 m-staanposisie gewen. Elné du Toit het twee silwermedaljes in die o.14-veergeweerafdeling gewen.

VAN links is Gerrit Wickens, Franco Snyders en Joe-Lythen Willemse.

Foto: Verskaf

Atlete vaar goed op SA’s

VAN links is, voor: Christine Becker, Jana Becker en Elné du Toit; agter: Harm Janse van Rensburg en Raynardt Stasch. Foto: Verskaf

DRIE atlete van die Hoërskool Upington het aan die Suid-Afrikaanse junior atletiekkampioenskapsbyeenkoms deelgeneem. Gerrit Wickens het aan die 100 m vir seuns o.19 deelgeneem en tot in die halfeindronde gevorder. Joe-Lythen Willemse het aan die 100 m en 200 m vir seuns o.17 deelgeneem en in albei tot in die eindronde gevorder. Franco Snyders het aan die 110 m-hekkies vir seuns o.17 deelgeneem en hy het ook tot in die eindronde gevorder. Joe-Lythen en Franco het ook aan die volgende Atletiek Suid-Afrika-byeenkoms deelgeneem en albei het weer tot in die

eindronde gevorder. Joe-Lythen was vierde in die 100 m vir seuns o.17. Gerrit het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse senior byeenkoms deel te neem en hier het hy die 100 m in 10,9 sekondes teen ’n baie sterk wind gehardloop. Hy was 31ste van die 49 senior atlete.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.