Upingtonbulletinub 20140507

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

8 MEI 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Voertyd van vee die beste sonfoto

GRATIS

DIE wenfoto in die Kalahari Bulletin se sonsopkoms- en -ondergang-fotokompetisie is dié pragtige foto wat Abrie van Niekerk van sy pa, Ivan, geneem het terwyl hy sy skape voer gegee het. Kyk op bl. 6 na die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het en maak seker jy stuur foto’s voor 31 Maart na lizette.slabber@volksblad.com vir die kompetisie Jou oomblik, ons wyn. Foto: Abrie van Niekerk


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

Dankie beteken byna niks meer Karin Muller MET die uittrede van Jacques Kallis uit toetskrieket het ek na ’n Engelse kommentator geluister wat iets gesê het wat my bygebly het. Hy het oor die woord great gepraat. Daar word gereeld gesê dit is ’n great game. Of dit was ’n great innings. Of great fielding. Die woord word in so ’n mate gebruik dat dit amper wil voorkom asof dit sy waarde verloor het. As jy aan iemand soos Jacques Kallis dink, is dit een van die maklikste woorde om hom te beskryf: great. Want dit is immers hoe hy is. Die woord “dankie” bring my by amper dieselfde dilemma as wat die kommentator met die woord great gehad het. Dit word so algemeen gebruik dat dit byna afgewater klink. Asof dit die woema wat daaragter steek, verloor het. In ’n mens se daaglikse lewe probeer ’n mens gereeld dankie sê – en ek glo almal van ons bedoel dit opreg. Dit is eers as jy jouself in ’n situasie bevind waar jy ekstra dankie wil sê dat jy begin wonder of die boodskap reg verstaan gaan word. Wanneer jy ’n opregte waardering diep uit jou wese delf, afstof en blink vryf, en steeds met een klein, eenvoudige woordjie eindig: “Dankie”. Dit sou heerlik gewees het as jy – elke keer as jy wil dankie sê – vir iemand iets in die hand kon gee of vir ete kon nooi. Maar dit is nie altyd moontlik nie. Tog steek daar baie waardering in

Leerlinge haal groep

“dankie vir jou hulp” of “dankie dat jy my kind opgelaai het” of “dankie dat jy soveel waarde by my lewe voeg”. As daar verskillende grade van dankbaarheid bestaan, hoe kan jy onderskeid met dieselfde woord tref? Ons kan ’n paar beskrywende woorde voor inryg en eindig met “vreeslik dankie” of “duisend dankies”. Aan die einde van die dag bly dit net “dankie”. Soms wens ek jy kan met ’n besondere soort instrument iemand hier diep in jou hartkamers laat inloer om te sien hoe opregte waardering lyk. Dat jy ’n oomblik die mens met sy vingerpunte skrams aan die warmte van waardering kan laat raak om ’n idee te kry van hoe dankbaar jy werklik is. Totdat dit eendag gebeur, sal ons met die gesproke of geskrewe woord tevrede moet wees. Vir mense wat deur afstand van mekaar geskei word, raak dit nóg moeiliker. Hoe vervang jy ’n glimlag, die vonkel in iemand se oog en die warmte van menslike aanraking as jy net ’n selfoon het waarmee jy ’n boodskappie kan tik? Of deur ’n rekenaar slegs ’n e-pos kan stuur? Tog moet jy glo die mens wat die boodskap hoor – hetsy deur tegnologie of persoonlik – die besondere betekenis daarvan sal verstaan. Dat hy of sy sonder twyfel sal voel ’n oorvloed positiewe energie spoel oor hom of haar met die aanhoor van die alledaagse woordjie – net omdat jy dit bedoel.

AL die rommel lê voor die hek van die Mier-vullisstortingsterrein. Inwoners vra dat dringend aandag gegee sal word aan die rommelprobleme wat die Miergebied beleef. Foto: Meris Kocks

Vullis ’n probleem MERIS KOCKS, Rietfontein: DIE Miergebied is die afgelope tyd onder administrasie, maar selfs dié poging het nie die wetteloosheid en rommelstrooiing aan bande gelê nie. Inwoners van Rietfontein bring hul vullis net tot by die stortingsterrein en stort dit net by die hek of in die veld. Die stortingsterrein is op die

meent geleë waar kleinvee, donkies en perde wei. Verdere probleme is vullis word daar uitgebrand. Regulasies sal deur die Mier-munisipaliteit oor die onooglike storting in plek gekry moet word. Daarby is daar ook klein, onooglike stortingsplekke in die woonbuurte en een van die redes vir die stortings is omdat die munisipaliteit nie oor alternatiewe maatreëls beskik wanneer die vullisvragmotor breek nie.

Kyk weer na riviervloei

GLOUDINE DU PLESSIS, Lisa Gerber, Gitte Jonas en Hanri van der Merwe van die Hoërskool Duineveld is gekies vir die dansgroep Reckless in die Suid-Afrikaanse Uitvoerende Kunste-span. Hulle het ’n goue medalje in die ballet-afdeling en ’n silwermedalje in die ope afdeling van die kompetisie in Rustenburg behaal. Brendan van Zyl het ’n silwermedalje in die afdeling vir klassieke toneelspel ontvang en Erina Kruger het ’n bronsmedalje in die kletsrymafdeling ontvang.

Vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.kalaharibulletin.co.za en blaai deur die digitale weergawes.

MICHELL CALITZ het dié pragtige foto van die Oranjerivier na die Kalahari Bulletin gestuur. Die riviervlakke is nou nie naby aan dié skouspelagtige vloei nie. Foto: Michell Calitz


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

Wen groot met jou talente OP 24 Mei vind die heel eerste oudisie van die Spontaankompetisie in Upington plaas en groot pryse kan gewen word. In dié uitdunronde, wat om 13:30 vir 14:00 in die Naba Lodge begin, word ’n streekwenner gekies wat aan die eindronde op die Vryfees in Bloemfontein gaan optree. Talentvolle mense wat wil deelneem, kan hulle van 12 Mei af by die Kalahari Bulletin se kantoor registreer of hulle op die dag van die oudisies van 13:30 tot 14:30 in die Naba Lodge registreer. Die kantoor is in Scottstraat 64 geleë, langs Elron-motors. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante aangebied word, brei vanjaar van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uit. Enigeen met ’n besonderse talent kan deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Deelnemers moet alles wat hulle nodig het om deel te neem na die oudisie bring. Die oudisie is gratis. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die oudisie aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies indien daar nie ’n gepaste kandidaat is nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie vir die eindronde in Bloemfontein wees. Dit vind in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus plaas. Jy moet jou eie vervoer en verblyf reël as jy ’n streekwenner is. Die pryse wat die wenner kan wen, sluit in: ) SpecSavers: pryse ter waarde van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse ter waarde van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits-en-bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en visitekaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf ter waarde van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense; ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500.

7

e v sa

& t r a m s p Sho 49

30

R

R

Bulk Oukraal Wors Per kg

Leg of Lamb Bone in

79

R

FRESH

PnP Whole Fresh Chicken in Tray Per kg

Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

21

R

SAVE 2.90

Clover Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

20

R

PnP Brown Mushrooms 250g

740

15

PnP Shoulder Ham Per 100g

R

PnP Washed Potatoes 2kg

BUY 2 FOR

1190 All Gold Tomato Sauce 700ml

SAVE R21

Stork Country Spread Medium Fat Spread 1kg Tub

SAVE R2

1590

47

R

PnP Pure Sunflower Oil 750ml

16

90

SAVE R3

Allsome Long Grain Parboiled Rice 2kg

2290 SAVE R2

PnP White Sugar 2.5kg

4090

Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue 9s Assorted Per Pack

11350

Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.

SAVE R16

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Size 2 - 66s, Size 3 - 58s, Size 4 - 50s or Size 5 - 44s Per Pack

PRICES VALID 6 - 11 MAY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express, Daily and Local stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185177_390x198


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

Pret en plesier op ekspo

JOHAN SMIT tel sy dogtertjie Johané op sodat sy die sebras op die plaaswerf beter kan sien. Foto’s: Lizette Slabber

ALDO MARITZ het tog te lekker op die springkastele gespeel.

PUDDLES DIE NAR het die kinders laat skaterlag.

AS ’n man moeg raak, moet hy maar ’n plan maak om saam met sy boetie te ry. Lourens (links) en Louis-Jean Karstens deel die stootwaentjie, want Lourens se bene was ’n bietjie moeg van die lang stap.

TIAAN BRUWER was mal oor dié grasgroen trekker.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

IN die troeteldiertent was die skattige Jack Russell/Yorkie-kruising ’n groot trekpleister. Foto: Lizette Slabber

9

Iets vir almal op ekspo

DIE Kalahari-oumotorsklub se lede het hul geliefde antieke motors op die Upington-landbou-ekspo uitgestal. Hier sit van die lede voor ’n 1928-Ford Roadster. Van links is Frans Viljoen, André Jansen, Neels Goussard, Johan du Toit, Trompie Burger en Du Toit Fouché. Foto’s: Lizette Slabber

ZAHEEN EN VERONIQUE MICHAELS was glad nie bang om van die hemelhoë glybaan af te gly nie. DIE vier manne het hulle behoorlik met die trekkers op die ekspo vermaak. Van links is Cobus Pienaar, Francois Nel, Morgan Nel en Jacques Pienaar.

SUZAANE GOOSEN is so waagmoedig om dié vierjarige krokodil van nader te aanskou.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

DENNIS HOFT van die Hoërskool Upington.

VAN links is Andrew Louw, Piet Smith, Lindiwe Mazibuko en Mary Smith.

Foto: Meris Kocks

Oom Piet groet politiek Meris Kocks DIE einde van oom Piet Smith se politieke loopbaan van 41 jaar het op 31 Desember 2013 aangebreek. In die 41 jaar het hy verskillende vorme van verandering getrotseer. Op 5 April in die Klein Mier-gemeenskapsaal is op luisterryke wyse afskeid geneem van een van die Kalahari se geliefde, gerespekteerde en deurwinterde seuns. Mense het moeite gedoen om vir oulaas saam met die kolos gesellig te verkeer. Van die gaste was Andrew Louw en Lindiwe Mazibuko. Al die sprekers het oom Piet se gulhartigheid teenoor sy medemens, sy nederig- heid, die wil om die mense te dien en sy onmeetbare bydrae in die Miergebied beklemtoon. Toe oom Piet aan die beurt gekom het, is

die nodige eerbetoon en toejuiging aan hom gegee. Hy het toe die toehoorders op sy politieke reis geneem, van die destydse bestuursraad, na die Noord-Kaapse wetgewer en terug by die Mier-munisipaliteit. In sy toespraak kon die toehoorder die insig, wysheid en mensekennis wat die groot man oor die jare opgedoen het, agterkom. In sy politieke omswerwings het hy met verskillende mense skouers geskuur; die gewone man en regeringsleiers, bv. dr. Kraai van Niekerk, Pieter Saaiman, eerw. Allan Hendriks, eerw. Julies, Donald Curry en vele meer. Met sy werkverpligtings was dit sy vrou, tant Mary Smith, wat die steunpilaar en die tuisteskepper was en verantwoordelik vir die versorging van die kinders was. Nou kan oom Piet vergoed vir al die jare se onbetrokkenheid.

DENNIS HOFT, ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Upington, is een van net 60 leerlinge landwyd wat op 15 Mei aan die eindronde van kykNET se nasionale toneelkompetisie in die Kunstekaap-teater in Kaapstad gaan deelneem. Ses leerlinge van Upington het aan die streekuitdunronde vir die kompetisie in Kakamas deelgeneem. Die beoordelaar, Herman van der Westhuizen, het groot lof vir die deelnemers se spel.

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes.

Presteer in kompetisie

Ninja Nerds dink flinkste DIE Hoërskool Upington se dramagroep het op 23 April ’n vasvraaand gehou. Sewe spanne, bestaande uit vyf leerlinge elk, het Neville Schubach (drama-afrigter) en hul mede-dramaleerlinge getrotseer in vier vasvrarondes wat gegrond was op programme soos Who wants to be a millionaire? en The Weakest Link. Die Ninja Nerds, bestaande uit Sheli Arnon, Henco Burger, Rozelle van Niekerk, Strauss van der Merwe en Jandri van Staden, het die ander spanne onder die tafel ingedink.

DIE Ninja Nerds wat die Hoërskool Upington se vasvra-aand gewen het, is van links, voor: Rozelle van Niekerk, Jandri van Staden en Sheli Arnon; agter: Henco Burger en Strauss van der Merwe. Foto: Verskaf

PROMOSIE

JOLANDI EKSTEEN (links, eienaar) en Talitha Anders.

Foto: Verskaf

Boetiek bied klere vir swanger ma’s

ALLE vroue in die streek wat al swanger was, ken die gevoel; jy loop op en af in die straat op soek na enige klere wat darem nie te onaardig sal lyk oor jou alewig groeiende magie (en boude) nie, selfs al moet jy dan twee nommers groter as gewoonlik koop en sit die klere steeds nie mooi nie en voel jy nie juis baie spesiaal en stralend daarin nie. Dit is om presies die rede waarom die Baa-Baa-boetiek in Upington oopgemaak het: om aan die swanger vrou se klerebehoeftes te voldoen. Maak nie saak hoe oud of hoe jonk jy is nie, of hoe klein of groot jou figuur of hoe plat jou beursie is nie, die boetiek bied iets vir almal. ’n Verskeidenheid landwye verskaffers verseker jy sal iets kry wat aan jou behoeftes voldoen wat nie net swangerskap-

drag nie, maar ook borsvoedklere en -onderklere, insluit. Dan is daar natuurlik ook spesiale goedjies vir die nuwe bondeltjie vreugde in jou – of jou vriendin – se lewe. Kom kies uit die pragtige klerereekse, skoentjies, silikonjuweliersware, sagte speelgoed, doopklere, bederfgoed en geskenke vir meisies en seuntjies tot tweejarige ouderdom. Die boetiek bied ook pragtige houtmeubels, insluitend bababeddens en laaikassies met verskeie afwerkings, asook geborduurde bababedlinne en bykomstighede wat enige kamer spesiaal sal maak. Kom loer gerus in by Schröderstraat 29, Upington (oorkant Wimpy), om al die mooi goed vir mamma en baba te sien. Kontak die winkel by 072-231-0464 of besoek www.facebook.com/baabaaboetiek.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

15

Gaan provinsiale toernooie bywoon DIÉ drie rugby-afrigters van die Hoërskool Duineveld gaan die Junie-skoolvakansie na provinsiale toernooie waar hulle Griekwaland-Wes-Platteland sal teenwoordig. Van links is Etienne van den Brink (hoofafrigter: Akademieweek), Ulrich Richter (spanbestuurder: Pukkeweek) en Emile Neethling (hoofafrigter: Cravenweek). Foto: Verskaf

ALICÉ MARITZ, ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Upington, het op 4 April aan die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskapbyeenkoms in Potchefstroom deelgeneem. Sy was 19de van die 57 deelnemers in die meisies o.15-afdeling. Foto: Verskaf

Spelers se vaardighede op kursus verfyn IN die Maartvakansie het die o.14-, o.15- en o.16A-spanne van die Hoërskool Duineveld ’n netbalafrigtingskursus in Potchefstroom bygewoon. Die voormalige Protea-netbalafrigter en die hoofafrigter van die Noordwes-Univer-

siteit, Dorette Badenhorst, en haar bekwame hulpafrigters het aan die meisies se spel geslyp. Vier van dié hulpafrigters spog met Protea-kleure. Altesaam 10 skole en 41 spanne het die

DIE o.14-spanspelers is van links, voor: Elana Badenhorst (kaptein), Carli Thomas en An’Mari Liebenberg (onderkaptein); middel: Mari Slabber, Lounari Lamprecht, Gillian du Plessis en Carmen Bekker; agter: Aldelené Grewar, Suzanne Smit, Elsanne Pool (afrigter), Lené Jordaan en Melinke Blaauw.

DIE spelers en hul afrigter van die o.16A-span van die Hoërskool Duineveld is van links, voor: Elanie Strydom (kaptein), Suzette Steenkamp, Madré Steyn (afrigter), Christia Potgieter en Gloudine du Plessis; agter: Chrisna Oppermann, Jackie Kuhn, Lara Steenkamp, Elze Willemse, Mariska Cilliers en Isebel Maritz. Foto’s: Verskaf

kursus bygewoon. Die toer na Potchefstroom was ’n aangename en leersame ervaring. Dit was die ideale geleentheid vir die spelers op die kursus om verder te ontwikkel, meer blootstelling te kry en om

hul talente met die oog op hul netbaltoekoms uit te stal. Almal op die kursus was dit eens die afrigting- en spanbousessies was waardevol en het ’n duidelike verbetering in die spelers se spel tot gevolg gehad.

DIE spelers van die o.15A-span van die Hoërskool Duineveld is van links, voor: Simoné Myburgh, Elzaan Bergh (afrigter), Helenet van der Merwe en Elsemé van Wyk (kaptein); agter: Madi Punzel, Tamar Burger, Jana Fokkens, Anna-Mart Fourie, Elné van Schalkwyk en Mieke Oosthuizen.


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 8 MEI 2014

DIE o.17A- en o.19A-netbalspanne van die Hoërskool Duineveld wat aan die Hoërskool Waterkloof se Prestige-netbaltoernooi deelgeneem het.

Velties toon veggees DIE top16-netbalspelers van die Hoërskool Duineveld het in die Maartvakansie aan die Hoërskool Waterkloof se Prestige-netbaltoernooi in Pretoria deelgeneem. Die o.19A-span het teen die Hoërskool Florida met 25-30, Marais Viljoen met 18-29 en Vereeniging-Gimnasium met 30-32 verloor en die Hoërskool Wilgerivier met 23-13,

Brandwag met 29-21, EG Jansen met 22-17, Die Volkskool Potchefstroom met 24-22 en die Prestige-kollege met 32-14 geklop. Die o.17A-span het teen die Hoërskool Centurion met 10-14, Paarl-Gimnasium met 15-21 en teen die Volkskool Potchefstroom met 13-14 verloor en het die Hoërskool Eldoraign met 20-11 en Zwartkop met 16-13 geklop.

Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.