Upingtonbulletinub 20140514

Page 1

Upington

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

15 MEI 2014

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Lucas bly ’n kind van Upington Stem soos altyd in Rosedale Lizette Slabber “DIE mense is kalm en dit is baie gesellig. Hulle staan in dié lang ry en gesels tog te lekker terwyl hulle wag om te stem,” het Hanlie Delie, kiesbeampte in Wyk 8 in Upington, gesê. Dit was juis in dié gesellige atmosfeer dat Sylvia Lucas, premier van die Noord-Kaap, gesels-gesels nader gestap het om ook haar kruisie in die N.D. Swartz-saal in Rosedale te trek. “As kind van Upington het ek nog altyd hier gestem. Eers in Progress en later hier in Rosedale. Die mense van Upington sal dink iets is groot fout as ek in Kimberley stem.” Sy beskryf die stemproses as iets wat nooit afgesaag sal raak nie. “Ek het op 30 jaar my eerste kruisie getrek en dit was ’n onvergeetlike ervaring, want om my was 70-jarige mense wat opgewonde én bang was om te stem.” Sy het die kans om te stem as ’n wonderlike voorreg beskryf en verwys na die vreedsame wyse waarop Suid-Afrikaners nog altyd na die stembusse opgeruk

het. “Wanneer ’n mens na die geskiedenis van Afrika kyk en jy dink terug aan die 1994-verkiesing en die vreedsame oorgang na demokrasie en die vryheid wat ons daarna beleef het, moet jy hulde aan mense soos Nelson Mandela, Walter Sisulu en Desmond Tutu bring.” Op die vraag of sy vir die volgende termyn premier van die Noord-Kaap gaan wees, het sy geantwoord: “Die ANC se spesiale uitvoerende komitee sal drie name aan die nasionale uitvoerende komitee stuur wat dan een van dié drie as premier sal aanwys. Dit word so gedoen om te keer dat brandende ambisie die veldtog laat misluk.” Ongeag ’n gure wind wat amok gemaak het met die partye se baniere en tente, het mense al van 07:00 af gewag om hul kruisies te trek. By die meeste stempunte het ongeveer 150 mense al teen 08:00 gestem en hoewel die rye lank was, het die stemming baie vinnig en kalm verloop.

‘As kind van Upington het ek nog altyd hier gestem. Die mense van Upington sal dink iets is groot fout as ek in Kimberley stem.’ – Sylvia Lucas

SYLVIA LUCAS, premier van die Noord­Kaap, het in die N.D. Swartz­saal in Rosedale haar kruisie getrek. Sien nog foto’s op bl. 2. Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Iets van als, asseblief! Karin Muller

Verkiesing verloop rustig ONGEAG lang toue het die mense rustig gestaan en wag op hul beurt om te stem. Oral in Upington was die mense kalm en rustig en het lekker in die lang rye gestaan en gesels. Foto’s: Lizette Slabber

SYLVIA LUCAS, premier van die Noord­Kaap, het in die N.D. Swartz­saal in Rosedale gestem. Oral het sy bekendes gegroet en eers gesels voordat sy haar kruisie gaan trek het.

’n ONSTUIMIGE WIND het by die meeste stempunte in Upington groot probleme met tente en baniere veroorsaak. Tog het mense in die winderige toestande in groot getalle gaan stem.

ANC wen ongeag sterker DA André Botha DIT was die verkiesing waarin die ANC die kwesbaarste sedert 1994 was. Dit is ’n geleentheid wat die opposisie nou misgeloop het. Só het Zamani Saul, NoordKaapse ANC-sekretaris, verlede Donderdag gesê nadat dit duidelik geword het die ANC het die verkiesing in die provinsie op ’n

drafstap gewen. Die Noord-Kaap was een van die fokuspunte in die verkiesing met die DA wat dit as sy teiken gestel het om die provinsie te wen of minstens die ANC onder 50% te dwing. Die ANC het sy aandeel in die stemme van 60,75% in 2009 tot 64,4% opgestoot. Hoewel die DA teleurgesteld oor

die uitslag was, het hy nogtans heelwat rede gehad om te vier. Hy word nou die amptelike opposisieparty in die wetgewer met 23,89% van die stemme teenoor 12,57% in 2009. Andrew Louw, DA-premierskandidaat, sê die party kon beter gevaar het. Hy is egter tevrede met die groot groei wat behaal is. Die party het nou heelwat meer

bedingingsmag in die wetgewer. Die ANC het 272 053 stemme teenoor 245 699 stemme in 2009 gekry. Die DA se getal stemme het bykans verdubbel van 50 817 in 2009 tot 100 916 stemme nou. Cope, tot nou toe die amptelike opposisieparty, het ineengestort en net 15 214 stemme teenoor 67 416 in 2009 gekry.

’n VRIENDIN se suster, René, was ’n onderwyseres op die platteland. Die tyd vir die jaarlikse skoolkermis het aangebreek en handgemaakte plakkate is deur die hele dorp opgesit. Skenkings is bymekaargemaak. Die kerk op die hoek se basaartafels is geleen. Selfs die tannies by die plaaslike ouetehuis is gevra om met hul bakvernuf by te dra. Die groot dag het aangebreek. Die koektafels het onder die verskeidenheid gebak gekreun. Sjokoladeballetjies, melktertjies, kolwyntjies, roompoffertjies, krimpvarkies – enige soetgebak waaraan jy kon dink en van kon droom was op die tafels teenwoordig. René was een van die vroue wat die koektafels beman het. Taai handjies het gekreukelde note uitgehou en opgewonde beduie watter lekkernye oorhandig moet word. Daar was ’n gedruk en ’n getrek in die ry. Tussen die woelinge deur het ’n gr. 1-meisie eindelik voor in die ry beland. Sy het haar natgeswete handjie oopgevou en ’n vyftig-sentstuk te voorskyn gebring. Sy was sprakeloos van opgewondenheid. René het vooroor geleun. “Pop, wat wil jy met hierdie skamele vyftig sent koop,” het sy laggend gevra. Die meisie het op haar tone gestaan en van links na regs die groot basaartafels gefynkam. Om ’n keuse te maak was amper onmoontlik. Wat kies ’n mens tussen so ’n klomp lekkernye? Sy het gesluk. Dan het sy haar onderlip vasgebyt en van voor af die verskeidenheid deurgekyk. René het besef die keuse is moeilik. Sy het ook besef dat die geduld van die skoolmaats begin opraak. Sy het weer probeer. “Pop, watter van hierdie lekkernye kan ek vir jou gee vir hierdie vyftig sent?” Toe die meisietjie daarin slaag om haar oë van hierdie groot versoeking los te skeur, het sy René in die oë gekyk en opreg geantwoord: “Iets van alles, asseblief Juffrou.”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

9

Oudisie nou om die draai

KLEIN Mischa Venter het eerder in die vei­ ligheid van die Ratel gebly sit as om uit die verskriklike hoë voertuig te loer.

Rateltaai op ekspo

VICTOR VENTER het dié foto’s vir die Kala­ hari Bulletin gestuur. Op die Upington­land­ bou­ekspo kry kinders die geleentheid om op Ratels te ry. Adriaan Venter kan skaars oor die kant loer, maar vir hom was dit ’n onvergeetlike ervaring.

OP 24 Mei vind die heel eerste oudisie van die Spontaankompetisie in Upington plaas en groot pryse kan gewen word. In dié uitdunronde, wat om 13:30 vir 14:00 in die Naba Lodge begin, word ’n streekwenner gekies wat aan die eindronde op die Vryfees in Bloemfontein gaan deelneem. Talentvolle mense kan hulle by die Kalahari Bulletin se kantoor registreer of hulle op die dag van die oudisies van 13:30 tot 14:30 in die Naba Lodge registreer. Die Kalahari Bulletin se kantoor is in Scottstraat 64 geleë, langs Elron-motors. Dié sangkompetisie, wat jaarliks deur Volksblad se Sentrale Plaaslike Koerante aangebied word, brei vanjaar van ’n sangkompetisie na ’n talentkompetisie uit. Enigeen met ’n besonderse talent kan kom deelneem. Die kompetisie is oop vir almal ouer as 16 jaar. Deelnemers moet alles wat hulle nodig het om deel te neem na die oudisie bring. Die oudisie is gratis. Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die oudisie aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies nie indien daar nie ’n gepaste kandidaat is nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie vir die eindronde in Bloemfontein wees. Dit vind in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus

plaas. Jy moet jou eie vervoer en verblyf reël as jy ’n streekwenner is. Die pryse wat die wenner kan wen, sluit in: ) SpecSavers: pryse ter waarde van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse ter waarde van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits-en-bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en visitekaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf ter waarde van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense; ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Maak keel skoon

SPORT

DRAMALEERLINGE van die Hoërskool Duineveld gaan weer vanjaar aan die Laerskool Calvinia en die ATKV se Calvinia­eisteddfod deel­ neem. Beoordelaars is vermaaklikheidsmense soos Chanté Hinds, Jo­ hann Nel, Tilla Diedericks en André Serfontein. Die Velties gaan aan die prosa­, voordrag­, monoloog­, sangsolo­ en blokfluitafdelings deel­ neem. Van links is, voor: Joline Human, Lerica van Zyl, Catya van Wyk, Elri Klindt en Rika Muller; agter: Bianka Steenkamp, Floris Thirion, Coenrath Classens, Connie Conradie en Reza Kuhn. Foto: Lizette Slabber

DIE hoofleiers en kapteins van die Uppies en die Velties wat Saterdag op die Klein­interjol teen mekaar te staan gaan kom het, is van links, voor: Gerrit Wickens (Uppies­hoofseun) en Theunis Visser( Velties­hoofseun en rugbykaptein); agter: Willem Koegelenberg (Uppies­rugbykaptein), Esmarie Ferreira (Uppies­netbalkaptein), Lené Oberholster(Uppies­ hoofmeisie), Carla Kruger (Velties­hoofmeisie), Corlia Viljoen (Velties­netbalkaptein) en Ryno Karstens (Velties­rugby­on­ derkaptein). Foto: Verskaf

Klein-interjoltyd hier DIE KLEIN-INTERJOL, een van die FNB Classic Clashes wat dié naweek tussen die Hoërskool Duineveld en Hoërskool Upington plaasvind, gaan weer uitstekende sport oplewer. Die Klein-interjol word vanjaar deur Upington aangebied en toegang tot sy bane en velde kos R15 per volwassene en kan deur die Parkstraat- en Ou Keimoesweg-ingange verkry word. Leerlinge met skoolklere aan kan gratis ingaan. Toeskouers kan hul eie stoele en sambrele saambring en smullekker verversings sal te koop aangebied word. Ná die dag se sport bied die ondersteuningsklub ’n braaigeselligheid by die Uppies-klubhuis aan. Braaipakke sal teen R60 stuk

verkoop word. Klein-interjol het Woensdag met die tenniswedstryde begin en gaan op Vrydag voort met die skaakwedstryde wat om 14:45 by die Hoërskool Upington begin. Op Maandag 19 Mei om 12:00 vind die gholfwedstryd plaas. Hier is die program vir Saterdag: Rugby: 07:30 – o.14B 08:35 – o.15B 09:40 – o.16B 10:45 – o.14A 11:50 – o.15A 12:55 – o.16A 14:00 – o.19B 15:05 – Groot brag 15:25 – Voorstelling 15:30 – o.19A

Hokkie: 08:00 – Meisies o.14 08:55 – Meisies o.16 09:50 – Tweede Uppies-seunspan teen o.16-Velties-seunspan 10:45 – Tweede meisiespanne 11:30 – Voorstelling 11:40 – Eerste seunspanne 12:35 – Voorstelling 12:45 – Eerste meisiespanne 13:45 – Ouch-wedstryd Netbal: 07:45 – Opening 08:00 – o.16C en o.14B 08:35 – o.16B 09:10 – o.14A 09:45 – o.19B 10:20 – o.16A 10:55 – Voorstelling 11:10 – o.19A

VANJAAR is dit die derde keer dat die Hoërskool Duineveld se leerlinge ’n kultuurtoer na Kaapstad onderneem. Hulle gaan onder meer kyk hoe ’n mede­Veltie, Brendan van Zyl, aan die kykNET­ nasionale toneelkom­ petisie in die Kunstekaap­teater deelneem. Hier is van die leerlinge wat vanjaar saam toer. Van links is, voor: Leilani Denil en Spurgeen Williams; agter: Gugu Bangela, Stephanie van Heerden en Louise Smit. Foto: Lizette Slabber

Velties-hoofmeisie lewer toespraak CARLA KRUGER, hoofmeisie van die Hoërskool Duineveld, het vanjaar die toespraak op Duineveld se Vryheidsdagviering gelewer. Carla, wat in 2013 en 2014 die ATKV-voorsitter is, het gesê sy wens almal sal soos oudpresident Nelson Mandela strewe na samewerking en vergifnis en só sal saamwerk vir ’n beter

Veltieland en ’n beter Suid-Afrika. Dié Mej. Veltieland-finalis het ook na Werkersdag op 1 Mei verwys en aan die skool vertel die Europese lande gedenk die dag as die lenteen blommetyd. Carla is ook ’n ATKV-redenaar en het op haar besonderse manier ’n pragtige boodskap oorgedra.

CARLA KRUGER het vanjaar die toespraak op die Hoërskool Dui­ neveld se Vryheidsdagviering gelewer. Foto: Verskaf

Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Bly voor met bal DIE Primêre Skool Op die Voorpos het op Saterdag 10 Mei ’n sportdag aangebied. Hier hardloop Marx van Wyk van die Laer­ skool Oranje­Noord om ’n pragdrie te druk. Foto’s: Lizette Slabber

WILBURT NIEUWOUDT van die Laerskool Oranje­Noord hardloop vir ’n see manne van Fanie Malan weg. REGS: Dié twee man­ ne laat nie toe dat eni­ ge plettervat hulle on­ derkry nie. Francois Nel (links) van Oran­ je­Noord het vir Berdri van der Westhuizen van Fanie Malan geen kans gegee om pale toe te hardloop nie.

LINKS: Bradley Skef­ fers (links) van Oran­ je­Noord haal alles uit om Hlulani Majebele van die Voorberei­ dingskool Fanie Ma­ lan te plettervat.

DIÉ o.9­bulle van Fanie Malan was reg vir enige rugby­aksie.

Foto’s: Lizette Slabber

Neem in Kimberley deel DIE Voorbereidingskool Fanie Malan se o.9­spanne het aan die Laerskool Newton in Kimberley se Kortvolk­sportdag deelgeneem. Hier is die o.9B­netbalspan saam met die afrigter Elmarie Malan. Van links is, voor: Erin van Wyk, Boitemelo Ramakhenla, Lakisha McDillon, Lathitha Hina­ na en Senia Intamba; agter: Whirl­Monique van Rooi, Malan, Ree Strauss en Nonhlanhla Mjezu.

DIE o.9A­netbalspan van Fanie Malan het al vier sy wedstryde op Newton se Kortvolk­sportdag gewen. Van links is, voor: Juanique Visagie, Chantell Strauss en Zinhle Maisela; agter: Olwethu Koba, Elmarie Malan (afrigter), Yonta de Kok, Vivi Mbiza en Yandiswa Langeni.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

19

Duinevelders draf Kathu kaf DIE Hoërskool Duineveld het op 22 April teen die Hoërskool Kathu en die Hoërskool Elnatan van Namibië hokkie gespeel. Die uitslae van die kragmetings is soos volg:

Die o.18A-span het Kathu met 6-0 geklop. Die o.18B-span het teen Elnatan se o.18A-span gelykop gespeel. Die o.16A-span het Kathu met 6-0 geklop. Die o.16B-span het Kathu met 3-0 geklop. Die o.14A-span het Kathu met 4-0 geklop.

VYF hokkiespelers van die Hoërskool Duine­ veld is vir provinsiale spanne gekies en sal in die Junie­vakansie aan interprovinsiale toer­ nooie deelneem. Johané Huisamen is vir die Noord­Kaap­plattelandse o.18­span gekies. Foto’s: Megan Loots

RETHE­MARI LATEGAN (links) en Deanke van Zyl is vir die Noord­Kaap­plattelandse o.16­span gekies.

Haal hokkiespanne

CARLA KRUGER speel die bal meesterlik verby die teenstanders.

Foto’s: Rudy van Tonder

MARIA STRAUSS (links) en Nadia Nel is vir die Noord­Kaapse o.18­span gekies.

MARIA STRAUSS hardloop om seker te maak sy is voor haar teenstander by die bal.

MADELEIN SWARTZ laat nie toe dat haar teenstander by die bal kom nie.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Marlé dié kampioen MARLÉ HOFT, ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Upington, is op die Suid-Afrikaanse nasionale saalperdkampioenskapsbyeenkoms as die o.16-kampioen én as die o.18-gangkampioen van kampioene vir 2014 aangewys. Marlé het van 22 tot 26 April op dié byeenkoms in haar eie ouderdomsgroep aan die driegang-ruiterkuns deelgeneem. Sy het ook aan die prestige-kampioen van kampioene-uitdunronde, waarin die topagt o.18-ruiters aangewys word, deelgeneem. Die beste ruiters in die land word op dié 36 jaar oue kompetisie aangewys en eerbewyse hier is die hoogste eer wat in ruiterkuns toegeken kan word. Marlé is ongeag haar ouderdom bo senior Protea-ruiters geplaas. Bertus Pretorius, voorsitter van die Noord-Kaapse Saalperd-subunie, beskryf haar só: “Karakter is iets wat werklik in moeilike omstandighede waargeneem word en hiervan is Marlé ’n sprekende voorbeeld.” Volgens hom het Marlé stof in al die Proteas se oë geskop deur in al twee afdelings as nasionale wenner aangewys te word. “Haar oorwinning in haar ouderdomsgroep, asook in die senior ouderdomskategorie, het sekerlik vir ons almal die kroon gespan. Die titel kampioen van kampioene is presies wat haar beskryf.” Pretorius sê haar prestasie is ongekend en ’n eerste vir enige Noord-Kaapse ruiter. “Dat Amerikaanse beoordelaars in die ring was, maak die prestasies net merkwaardiger.” Volgens Pretorius voeg sy waarde tot die karakter van ruiterkuns toe.

MARLÉ HOFT met die gesogte blou roset.

MARLÉ HOFT in aksie op die Suid­Afrikaanse nasionale saalperdkampioenskapsbyeenkoms waarop sy as kampioen van kampioene aangewys is. Foto’s: Verskaf

Christi ’n veelsydige sportster CHRISTI VAN NIEKERK (15) van die Hoërskool Martin Oosthuizen is as die Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play Sportster van die Maand aangewys vir haar puik prestasies in atletiek, tennis en hokkie. In 2013 het Christi aan die Suid-Afrikaanse atletiekspele in Bloemfontein deelgeneem en ’n vierde plek in die 400 m vir meisies o.16 behaal. In dieselfde jaar is Christi as Martin Oosthuizen se junior sportvrou van die jaar aangewys. Sy is ook in die Noord-Kaapse o.16-hokkiespan ingesluit. In 2014 het Christi heelwat goeie prestasies behaal. Vroeg in Januarie 2014 is sy 11de vir die Noord-Kaapse o.16-tennisspan gekeur.

Christi is ’n baie nederige sportvrou en is entoesiasties oor haar sport – sy is gedissiplineerd en oefen getrou. Haar leuse is: “Ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na die dinge wat voor is. Ek jaag na die doel om die prys te verkry van die hoër roeping van God in Christus Jesus”. Stuur jou benoeming vandag. Benoemings wat voor die 20ste van die maand ontvang word, sal by daardie maand

se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Die wenners van die SuperSport’s Let’s Play Sportster van die Maand sal van Februarie tot November 2014 gekies word. Jy kan jou benoeming per e-pos na supersport@zpr.co.za stuur of stuur ’n faks na 086-552-4922. Benoemings moet die volgende insluit: naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies in sport. Inskrywings moet ook die spesifieke aansoeker se kontakbesonderhede bevat. Vir meer inligting bel Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.

Vir nog foto’s en nuus gaan na www.kalaharibulletin.co.za.

CHRISTI VAN NIEKERK.

Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.