Upingtonbulletinub 20140529

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

29 MEI 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Premier praat doelwitte André Botha MEER van dieselfde, maar ook ’n bietjie nuut, was die belofte van Sylvia Lucas noudat sy as premier van die Noord-Kaap heraangestel is. Sy is die enigste vrou wat as premier in ’n ANC-beheerde provinsie die septer gaan swaai. Die enigste ander vrouepremier is Helen Zille, wat as DA-premier in die Wes-Kaap in beheer bly. Die aankondiging dat sy weer die leisels gaan hou nadat sy die afgelope vyf jaar die pos beklee het, het ondanks bespiegelings nie as ’n verrassing gekom nie. Kenny Mmoiemang, speaker in die vorige wetgewer, en Grizelda Cjiekella, LUR vir onderwys, was die ander kandidate wat deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee oorweeg is. Die bedrogklagte wat steeds oor John Block, ANC-voorsitter, se kop hang, het hom as ’n moontlike kandidaat uitgeskakel. Lucas se boodskap van meer van dieselfde met ’n bietjie nuut het spesifiek gegaan oor die aanstelling van ’n nuwe uitvoerende raad, maar kan vertolk word as wat van haar eerste volle termyn verwag kan word. Sy sê 16 van die 20 wetgewerlede van die ANC was voorheen in die wetgewer. Daar is dus heelwat ervaring. Sy hoop op ’n meer konstruktiewe rol deur die opposisie. In die vorige termyn het die opposisie nie konstruktief opgetree nie. “Toe die ACDP en die Vryheidsfront Plus in die wetgewer was, was die debatte op ’n hoër vlak, die interaksie was konstruktief. “As die opposisie konstruktief is, hou dit jou op jou tone. Ons het dit egter nie nodig nie; ons weet wat gedoen moet word.” Sy beoog om as premier steeds op grondvlak met mense te doen te kry. “Ek kom van die grond af, waar anders kry jy jou mandaat?” Die bou van vermoëns en

HOEWEL Upington nog nie die winterkoue vanjaar ervaar het nie, het die temperatuur wel verlede week genoeg gedaal sodat inwoners darem ’n voorsmakie kon kry van die koue wat nog op pad is. Zani Kotze het dié pragtige foto vir die Kalahari Bulletin gestuur van ’n wingerd wat al klaar sy blare vir die winter afgegooi het. Foto: Zani Kotze vaardighede op plaaslike regeringsvlak is een van die kwessies wat aandag gaan kry sodat basiese behoeftes aangepak kan word. Die gebrek aan vaardighede is ’n probleem in sommige munisipaliteite. Ontwikkeling is noodsaaklik en

die Noord-Kaap se natuurlike hulpbronne is ’n bate. Onderwys is ook belangrik. “Dit is die pad uit armoede.” Daar is baie wat sy as premier sal wil agterlaat wanneer sy eendag die pos ontruim. “As elke mens in die Noord-

Kaap nooit met ’n honger maag hoef te gaan slaap nie en as elkeen kan deel in dit wat ons in die provinsie het, sal dit my tevrede stel,” antwoord sy op die vraag oor wat sy as monument sou wou agterlaat. “En as meer van ons kinders

deur universiteite en kolleges kan gaan, as baie meer van ons kinders geleerdheid het, dan sal daar ook minder misdaad wees. “Ek glo dat mense wat belang stel in opvoeding hulle nie met afbrekende en negatiewe dinge sal besig hou nie.”

Wat is jou mening?

Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Kore beïndruk beoordelaars Lizette Slabber DIE Voorbereidingskool Fanie Malan het die ATKV-Applous-streekkoorfees aangebied. Kore van Fanie Malan, die Hoërskool Duineveld, die Hoërskool Upington, die Primêre Skool op die Voorpos en die Laerskool Oranje-Noord het op die koorfees opgetree. Net Duineveld, Upington en Fanie Malan het hulle vir die ATKV-Applous-

kompetisie ingeskryf, terwyl die ander twee kore slegs in die koorfees opgetree het. Volgens die beoordelaars was die gehalte van die kore uitstekend en hulle het die kore van Op die Voorpos en Oranje-Noord genooi om hulle volgende jaar vir dié kompetisie in te skryf. Die koor van Fanie Malan het ’n goue eerbewys gewen, die koor van Upington ’n silwer-eerbewys en die koor van Duineveld ’n brons-eerbewys.

LINKS BO: Die koor van die Hoërskool Upington is begelei deur Nanda Basson en Neville Schubach. Gerda van Staden is die koorleier. Van links is Stassen, Basson en Schubach. Foto’s: Lizette Slabber

LINKS ONDER: Die koor van die Hoërskool Duineveld het vanjaar die eerste keer aan die ATKVApplous-streekfees deelgeneem. Sy koorleier is Heleen Truter en hy is deur Sunette Louw begelei. LINKS: Die koor van die Voorbereidingskool Fanie Malan het die mense heeltemal bekoor. Sy koorleier is Christi Engelbrecht en die koor is begelei deur Elizma Theron.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Veltie gekies vir HMO-leerling ’n KKNK-toneelstuk gesogte akteur Lizette Slabber “Jy moet verstaan, my van is Van Zyl en toe sê hulle nog ook; ‘en heel laaste is . . .’ ” Só beskryf Brendan van Zyl die spanningsvolle oomblik toe sy naam heel laaste genoem is as een van die 12 leerlinge wat rolle in Henry Mylne se produksie Vaselinetjie losgeslaan het. Mylne, regisseur van 7de Laan, gaan op 2015 se KKNK ’n teaterproduksie gegrond op die bekende boek Vaselinetjie van Anoeschka von Meck aanbied.

BRENDAN VAN ZYL

Foto: Lizette Slabber

Brendan is ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Duineveld. Hy was een van die 60 topleerlinge wat gekies is om aan die Nasionale kykNET-toneelspelkompetisie in Kaapstad deel te neem. Volgens Brendan moes al die leerlinge ’n monoloog voordra waarna die 30 topleerlinge aangewys is. Tydens dié voordrag is 20 deelnemers gekies om oudisies vir rolle in Vaselinetjie af te lê. “Ons het elkeen ’n stukkie gekry en het 15 minute gehad om dit voor te berei. Die mense het ons egter baie gehelp en die oudisies was groot pret. Ek het nog nooit só lekker gelag nie,” het hy vertel. Op die laaste aand van die kompetisie is die wenners aangewys en heel laaste is die 12 leerlinge aangekondig wat deel van dié teaterproduksie sal wees. “En hulle wys net die een seun na die ander aan en ek weet daar is nie eens soveel seunskarakters in die boek nie. En toe héél laaste noem hulle my naam.” Brendan sê dat hy al die boek gelees het en dus geweet het wie die karakters regtig is, het baie met

die oudisie gehelp. Hy is baie opgewonde om saam met die groep professionele teatermense te werk, want, soos hy sê: “Ek weet net ek gaan baie leer. Die hele ervaring gaan van my ’n beter akteur maak.” Hy is baie lief vir teater omdat jy met jou hele lyf moet toneelspeel. “Ek is mal daaroor om mense te vermaak.” Hy droom al van kleins af oor ’n loopbaan in die teater en is deel van die skool se dramagroep én hy kry drama-afrigting in Bloemfontein.

Lizette Slabber “ALLES!” Dit was Jeandré Janse van Nieuwenhuizen se antwoord op die vraag wat die teater vir hom so fantasties maak. Jeandré, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas, het pas ’n rol losgeslaan in Henry Mylne, vervaardiger en regisseur van 7de Laan, se teaterproduksie Vaselinetjie. Dié teaterstuk is op Anoeschka von Meck se bekende boek gegrond en Mylne beoog om met dié

JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas en Brendan van Zyl van die Hoërskool Duineveld op Upington is gekies om rolle in die opvoering van Vaselinetjie op die KKNK in 2015 te vertolk. Henry Mylne, regisseur en vervaardiger van 7de Laan, gaan die bekende boek van Anoeschka von Meck na die KKNK en ander groot kunstefeeste in 2015 neem. Die span begin in Desember met vier weke van intense repetisies en ’n DVD van dié produksie sal ook uitgereik word. Slegs 12 leerlinge landwyd gaan rolle in dié produksie vertolk.

HMO lewer al jare lank top-toneelspelers JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN is die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) op Kakamas se vierde akteur in vyf jaar wat ’n rol in ’n professionele produksie wen. In die vyf jaar wat HMO aan die kompetisie deelneem, het 12 leerlinge deurgedring na die

eindrondes, vier leerlinge het rolle in professionele produksies gewen, een leerling het onder die topagt van die kompetisie geëindig en een het die gesogte SAOU-beurs gewen. ’n Verdere prestasie vir die skool se drama-afdeling is dat een van die oudleerlinge en deelnemer aan

hierdie kompetisie, Wynand Victor, deel van die skadu-beoordelaarspaneel was. Hierdie paneel word saamgestel uit vorige deelnemers en presteerders van die kompetisie en word dan as toekomstige beoordelaars opgelei. Wynand was in 2010 en 2011 ’n finalis in die kompetisie.

produksie op al die groot kunstefeeste op te tree. Jeandré begin saam met die produksiespan op 20 Desember aan dié stuk repeteer om reg te wees vir hul optrede op volgende jaar se KKNK. Volgens Jeandré wil hy graag ná matriek drama studeer en dit is juis hoekom hy só opgewonde oor dié rol is. “Ek sien baie daarna uit om saam met die professionele mense te werk; om te sien hoe hulle dit doen.” Hy sê sy liefde vir drama en die teater vorm ’n groot deel van wie hy is. “Dit is vir my wonderlik om op só ’n manier uiting aan my talent te kan gee. Teater gee jou ’n kans om jou persoonlikheid te kan uitleef. Dit is nie soos ’n wiskundeformule wat altyd net só moet wees nie. Jy kan jouself wees en jouself uitdruk.” Barnie Mans, ’n onderwyser en drama-afrigter by HMO, sê Jeandré het “daardie walglike woordjie wat te veel gebruik word, maar hom perfek beskryf: die X-faktor.” Volgens Mans is hy nie bang nie en sal enigiets onverskrokke aanpak. “Hy het net eenvoudig die hele pakket.” Jeandré het ook tot die

top-30-ronde van die Nasionale kykNET-toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerlinge gevorder. Hier het hy ook ’n oudisie vir die sepie Binnelanders gedoen. Jeandré is as die beste tienerakteur tydens die Vryfees se Reza de Wettienertoneelkompetisie aangewys en hy was deel van Die Les, ’n HMO-produksie in die eindronde van die Nasionale ATKVtienertoneelkompetisie by Aardklop.

JEANDRÉ JANSE VAN NIEUWENHUIZEN

Foto: Verskaf

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Kommer oor kabinet

Sê maar, ek is die ene ore DAAR is niks so oulik soos ’n Kalahari-boerboklammetjie nie.

Foto: Lizette Slabber

Lewer getuienis op aarde Ds. André de Villiers CHRISTENE is getuies, nie sterrekykers nie – Hand 1:1-11 Hemelvaart is ’n opdrag om aktief betrokke te raak op die aarde. ’n Taak gerig op die aarde: Terwyl Jesus weggeneem word na die hemel, en die dissipels Hom stip agterna staar, vra twee mans in wit klere vir hulle: “Waarom staan julle so na die hemel en kyk?” John Stott skryf: “Die dissipels is nie geroep om vir die sterre te kyk nie, maar uit te reik na die eindes van die aarde.” Hy vervolg: “Their calling was to be witnesses and not stargazers”. Die áárde moet dissipels se verbeelding aangryp, nie die hemel nie. Die tyd tussen die hemelvaart en die wederkoms is bedoel om gevul te word met die kerk se wêreldwye, geesvervulde getuienis oor Jesus. Jesus fokus ons aandag doelbewus op die aarde as die ruimte waarbinne ons roeping afspeel. ’n Getuienistaak: Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees. (1:8). Die inhoud van die getuienis is die werk van God in en deur Jesus

6/25

7/23

6/22

KALM

NNW-5

W-5

Christus. Wanneer ons gestuur word om getuies van Jesus te wees, dra ons die boodskap van die regering van God wat in die persoon en werk van Jesus ’n werklikheid word. Waar ons die goeie nuus van Jesus deel, daar breek die regering van God deur, word die wêreld nuut gemaak, kom hoop en uitsig. Ons is deel van God se vernuwing van sy skepping. ’n Taak uitgevoer in die krag van die Heilige Gees: Die dissipels moet in Jerusalem bly wag op die Heilige Gees waarmee hulle gedoop sou word (1:5). Die Heilige Gees bemagtig die kerk ná die weggaan van die Here Jesus om oor Hom te getuig. Die kerk word die instrumente van die Gees se bediening in die wêreld. ’n Groter taak: Ons getuienistaak is altyd groter as wat ons kan droom of dink. Geografies. Jesus sê: Julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld (1:8). Die kerk sou die boodskap

6/23

7/24

5/22

KALM NNW-5 KALM

deur die eeue altyd verder neem, van hier in die plaaslike konteks tot aan die uithoeke van die wêreld. Die dissipels het gedink dat die boodskap van Jesus net iets vir Israel gesê het, net iets vir nou gesê het, en moontlik het hulle dit verskraal tot net die politieke herstel van Israel. Die boodskap is groter en sterker. Die boodskap doen meer, herstel meer, verander meer, is in sy inhoud ryker en groter as ons opvattings daarvan. Dit sluit verseker in dat Christene aktief betrokke moet wees in die samelewing en dat ons ons roeping juis moet uitleef in elke plek waar ons kom: werk, skool, politiek, sport, ens. Getuies maak ruimte om verras te word deur die lewende God. Getuies bly sensitief vir die stem van die Gees wat ons op maniere gebruik wat ons nie kon voorsien nie. ’n Taak wat die lewe met sin vul: Ons hoop op die terugkeer van Jesus. Ons wag op Jesus. Dit is ’n aktiewe wag. Ons wag deur te vertel, te getuig, deur deel te neem aan die regering van God wat genesing, geregtigheid en vrede in die wêreld bring. Hierdie aktiewe wag vul ons lewe met sin.

7/24

9/26

NNW-5 NW-10

7/23 W-5

WAT voer pres. Jacob Zuma en die ANC-regering in die mou met landbou en met grondhervorming? Dié brandende vraag staan uit nadat Zuma sy “nuwe” kabinet ná die 2014-verkiesing aangekondig het. Die ander hoofkenmerk van die herskikte kabinet is die vestiging van ’n sambreel-departement vir staatspropaganda, genaamd die departement van kommunikasie, as waghond oor alle staatskommunikasie. Dié departement sal die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa), SAUK, die Staatskommunikasiediens (GISC) en Brand SA beheer. Verwag dus groter stilswye oor ware kwessies, ’n ANC-ophemeling en ’n ál stewiger beskermingsmuur rondom Zuma. Die aanwysing van Cyril Ramaphosa as adjunk-president bevestig sy troonopvolgerskap. Die uitgeslape Ramaphosa se rolbekleding sal insiggewend wees. Hy ken wel van die fyntrap wat nodig is om nie Zuma se donder te steel nie. Hoe suksesvol die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) oorhoofs gedryf gaan word, bly gesien te word. Zuma het in sy inhuldigingsrede pertinent melding van

die radikale maatskaplik-ekonomiese planne vir verandering gemaak. Teen dié agtergrond voorspel die aanstelling van die keiharde kommunis Senzeni Zokwana as minister van landbou, bosbou en visserye, en Bheki Cele, vorige mislukte SAPD-hoof, as adjunk-minister, tesame met Gigile Nkwinti se behoud as minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming niks goeds vir landbou en grond-ontwikkeling nie. Die georganiseerde landbou moet homself solank staal. Pleks van kleiner het die Zuma-kabinet nóg groter geraak met nou altesaam 71 ministersposte (35 ministers en 36 adjunkte). Van die 35 ministers is 20 mans en 15 vroue, terwyl daar 20 manlike en 16 vroulike adjunk-ministers is. Van demografiese verteenwoordiging, waarop die ANC op ander terreine aandring, is daar nie sprake nie. Zuma-lojaliteit, gedienstigheid en baantjies vir kader-boeties en -sussies kenmerk die aanstellings. Die skuif van Pravin Gordhan na samewerkende regering en tradisionele sake maak wel sin, terwyl baie van Nhlanhla Nene by finansies verwag word.

Die soet en suur van ’n misverstand Benneli Olivier Van der Walt ELKE landsburger weet dat Suid-Afrika ’n smeltkroes van kulture en tale is. Selfs met al die verskille tussen ons mense, is daar tog eg Suid-Afrikaanse uitdrukkings en maniertjies wat almal deel. “Lekker!” en “eish” is maar ’n fraksie van die reënboognasie se omgangstaal. Somtyds glip ’n snaakse taalmisverstandjie in ’n gesprek in. Ek en ’n vriendin het onlangs in een van die dorp se restaurante gaan ontbyt eet. So kry ons ’n baie beleefde kelner wat gretig is om ons te bedien. Sommer met die intrapslag hoor ek aan die man se taal en uitspraak dat hy nie van Suid-Afrika is nie en dat Engels, soos vir die meeste mense in die Noord-Kaap, beslis nie sy eerste taal is nie. Ek bestel oudergewoonte ’n baie sterk, swart koffie (’n konsep wat in enige taal verstaanbaar is) en my vriendin bestel ’n lemoensap. Dit is waar die misverstand toe plaasvind. Vinnig skryf hy die bestelling neer. “One black coffee and a lemoenjuice.” Die flink kelner is vinnig terug

met ons bestelling. Ek het aan my koffie geteug en die vriendin het so tussen die gesels deur ’n groot sluk van haar sap gevat. Die volgende oomblik was daar ’n gehoes en geproes. Ek het my boeglam geskrik en besorg gevra wat fout was. Met trane in haar skrefiesoë, het sy bewerig na die glas sap gewys wat heel onskuldig voor haar staan. “Dis nie lemoensap nie! Dis suurlemoensap!” Die Afrikaanse lemoen het êrens deur vertaling ’n Engelse “lemon” geword. Ek kon my net indink wat die kombuispersoneel gedink het toe die kelner vir hulle sê dat daar nounet ’n groot glas suurlemoensap bestel is. Met trane in my oë (van lag, nie sitrus nie) het ek die kelner nadergeroep om sy foutjie te probeer verduidelik. “Wil jy weer sap hê?” vra ek my vriendin toe lag-lag. “Nee, koffie, asseblief . . .”


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

DIE Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas se eerste rugbyspan is opgeveil om geld vir die senior raad van dié skool in te samel. Elke rugbyspeler het op maat van ’n liedjie die gehoor aangemoedig om op hulle te bie. Die seuns en meisies het dié veiling terdeë geniet en sommer hope geld só ingesamel. Hier wag die rugby-manne vir hul beurt om opgeveil te word. Foto: verskaf

Vryfees vol feestelikheid DIE jaarlikse Vryfees, aangebied deur Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV), word van 15 tot 20 Julie in Bloemfontein aangebied. Die Vryfees word op die Kovsie-kampus gehou. Kaartjieverkope het reeds op 9 Mei by Computicket geopen. Die feesprogram kan by die onderskeie kantore van die Kalahari Bulletin (Kathu, Upington en Kuruman) gekoop word en kos R10. Die Vryfees bied ’n groot verskeidenheid aan besoekers,

van musiek soos kabaret, klassiek, jazz en musiekteater. Daar is ook toneelspel soos drama en komedie. Daar is selfs ’n kinderteater en die Spontaaneindronde vind ook op dié fees plaas. ’n Boekefees met boekbesprekings deur kundiges is ’n spesiale bederf.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Month End

Price Cuts

Our Butchery

PnP Bulk Lamb Braai Chops

74

Meat prices cut to the bone

R

PnP Ultimate Braai Master Boerewors

54

R

Per kg

Per kg

Selected products on this page have been styled for photography

9

TM

21

R

50

28

R FRESH

SAVE 2.90

PnP Cooked Ham Per 100g

Clover Full Cream or 2% Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each

PnP NO NAME™ Fresh Whole Chicken Per kg

BUY B 2 FOR F

BUY ANY 4 FOR

25

R

10

R

PnP Instant Noodles Assorted 75g

15

R

PnP Forelle Pears 1.5kg

17

12

29

Spekko Parboiled Rice 2kg

Rama Original Margarine 500g Brick

80 8 0

SAVE 1.10

SAVE R6

SAVE R5

R

SAVE R9

PnP Pink Lady y kg Apples 1kg

90

90

31

BUY 2 FOR

Coca-Cola Light, Zero or Tab 2 Litre Each

PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre

23 tion Buster a fl In 26 48 39 80

Selati White Sugar 2.5kg

SAVE R3

18 39 90

Crosse & Blackwell Tangy, Lite Mayonnaise or Salad Cream 750/790g Each

90

Omo Auto Washing Powder 2kg, Concentrated Liquid 750ml, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each

90

SAVE R7

Kellogg’s Rice Krispies 400g

’s price Better than last year Nescafé Classic Dawn 200g Jar

90

Valid until 8 June 2014

90

SAVE R5

PnP 2 Ply Toilet Tissue 9s

PRICES VALID 27 MAY - 1 JUNE 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express, Daily and Local stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185420_390 X 198

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

TILANA STEENKAMP het dié besonderse oomblik tussen pa en seun vir die Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie vasgevang. Foto: Tilana Steenkamp

DONOVON EVA het dié besonderse foto vir die Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie ingeskryf.

Foto: Donovon Eva

Laaste kans om spesiale oomblik in te stuur Lizette Slabber DAAR is nog net drie dae oor om jou foto’s in te skryf vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie met die tema Jou oomblik, ons wyn. Op Saterdag 31 Mei sluit die kompetisie en begin ons dierefotokompetisie. In Junie kan mense hul foto’s van wilde- en plaasdiere inskryf. Die sluitingsdatum vir die dierefotokompetisie is Donderdag 26 Junie. Die finaliste in ons Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie sal in die volgende uitgawe verskyn. Maar gaan kyk voor Donderdag by www.kalaharibulletin.co.za wie die finaliste is. Hou ook ons Facebookblad dop. Die Kalahari Bulletin se fotokompetisie het in Mei saam met Orange River Cellars ’n interessante wending geneem deur die slagspreuk van dié kelder – Jou oomblik, ons wyn – as tema te gebruik. Orange River Cellars en die Kalahari Bulletin is op soek na

foto’s wat ’n spesiale oomblik vasvang; ’n oomblik wat met ’n glasie plaaslike wyn gevier moet word. Die foto hoef nie ’n glas wyn of wynbottel te bevat nie; dit moet net ’n spesiale oomblik uitbeeld. Drie wenners gaan gekies word en al drie wenners se foto’s sal in Orange River Cellars se bemarkingsmateriaal gebruik word. Die wenners ontvang ook ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar. Die drie wenners gaan gekies word uit die kategorieë vir beste amateurfoto, die beste professionele foto en die foto wat die meeste likes op Facebook kry. Professionele fotograwe kan dus ook in Mei inskryf. Stuur jou inskrywing voor 31 Mei aan lizette.slabber@volksblad.com. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges.

Die prys sluit ’n daaglikse ontbyt in, asook ’n Sondagmiddagete. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt elke dag in een van die NC Famous Lodges. Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebook-blad geplaas word – gaan na www.facebook.com/kbulletin. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is, en waar die fotograaf woon. Vir Mei se kompetisie moet fotograwe aandui of hulle amateurof professionele fotograwe is. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

9

LSK lief vir ‘lawwe’ sport DIE Laerskool Sentraal op Kakamas se LSK-klub het sy byeenkoms vir die tweede kwartaal op ’n baie interessante en prettige manier aangepak. Die klublede moes in groepe verdeel en sêgoed uit die Bybel opvoer. Daarna het almal gesellig

om ’n bordjie eetgoed saamgekuier. Dié eetgoed moes krag verskaf het vir die lawwesportbyeenkoms. Al die spanne moes aan ’n reeks lawwesportnommers deelneem en aan die einde van die verrigtinge is ’n wenspan aangewys.

DIE lede van die LSK-klub smul aan groen wurms. Hier is, voor: Kobus van Zyl; van links, middel: Shireen Wiese, Elanie Brand en Janica Smit; agter: Sumari van der Merwe, Werner van der Heever, Marcell Schreuder en Stephan Koen. Foto’s: Verskaf

LINKS: Al die lawwesportnommers het dié twee meisies lekker dors gemaak. Hier les Anné van Niekerk (links) en Fabri-Ann van Rooyen hul dors tussen al die sport(s) deur.

ANKE ENGELBRECHT probeer hard om vir haar span punte aan te teken.

QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE PAINT

DURAM ACRYLIC WATERPROOFER

MEDAL PROFESSIONAL WATER-PROOFING

CHAMPION EXTRA THICK PVA

Various Colours 5 Litres + Free Membrane

SKU: Various

114.95

White 5 Litres

76.95 SKU: 5001

239.95

FREE MEMBRANE

Various Colours 5 Litres

BOSCH IMPACT DRILL

99.95

GSB 13 RE • 600W Keyed Chuck

SKU: Various

SKU: 5002

20 Litres

POWER TOOLS

ELECTRIC GEYSER

SKU: 9741118

717.95 71

When it comes to painting, the first thing you’ll need to consider is what kind of paint sheen you’d like to use and how much of it you need.

PAINT ACCESSORIES 500g Interior

BEE PAINT BRUSH SET

17.95

3pc 25+38+50mm

POWAFIX SKU: 302671

All Purpose SKU: 302670

17.95

SKU: 301813

38.95

CUB PAINT BRUSH SET 3pc

SKU: 301788

45.95

POWAFIX LACQUER THINNERS

FRANKE COMBISLIM SABS GEYSER

750ml

SKU: 512632

SKU: 302662

29.95

STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF

100 Litres 150 Litres SKU: 512633

2 329.95 2 339.95

VALID UNTIL SUNDAY 22 JUNE 2014 67369 WK48 • REDWORKS Selected products may not be available in all stores E & O E. All prices include 14% VAT For your nearest store, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)

SKU: 974237

1 009.95

EMERALD BASIN MIXER SKU: 301593

372.95

WORTH OF AIRTIME

Calls cost only 20 cents for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za or the in-store posters. One entry per till slip.

2000W • 9780AA

BATHROOM COMPONENTS

R 200 000

We’re giving away R 200 000 worth of instant airtime between April and July. Make a purchase at your nearest Cashbuild store and you could win maningi-ningi. Simply dial *120*904# to enter and keep your till slip with you.

SKIL ANGLE GRINDER

WOOD BATHROOM CABINET 600x450x98

NEW THANDI BASIN & PEDESTAL BOX SET SKU: 302946

429.95

THANDI CLOSE COUPLE SUITE IN A BOX

SKU: 590908

607.95 TOILET SEAT

White

(Including Toilet Seat & Fittings) SKU: 301401

White Nylon Hinge

659.95 65

SKU: 301232

157.95

213

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Mooi getooi in die stryd

DIE Kalahari-kuierfees vind vanjaar van 25 tot 27 September plaas.

Foto: Stu Shapiro-fotografie

Dagboek Kuierfees

DIE Kalahari-kuierfees vind vanjaar van 25 tot 27 September plaas en daar moet beslis vanjaar in almal se dagboeke daarvoor plek gemaak word. Die program is weer propvol gelaai met topvermaak. Vanjaar kan mense uitsien na optredes van kunstenaars soos Heinz Winckler, Kurt Darren, Pieter Smit, Black Byrd, Adam Tas, Emo Adams, Wicus van der Merwe, Andriette Norman, Andries Vermeulen en Roches.

Al die drawwers, hengelaars en rolbalspelers moet ook nou al tyd opsy sit vir al die sportaktiwiteite wat die kuierfees soos gewoonlik gaan aanbied. Die Kokkedoor-makietiespan gaan ook vanjaar hier ’n draai maak en soos gewoonlik sal die kleingoed ook hope pret by die kuierfees hê. Die Pick n Pay-kindertent gaan vanjaar vir Liewe Heksie nooi om te kom kuier en die vreesaanjaende pretritte gaan ook die kinders besig hou.

DIE tweejaarlikse Battle of the Salons het vanjaar die derde keer in Upington plaasgevind. Vier salonne het vanjaar aan dié kompetisie deelgeneem wat elke tweede jaar plaasvind. Salon Anel, Salon Don Cheree, Salon Kitty en Salon Janine moes in drie kategorieë deelneem. Die eerste kategorie was om die beste voorkomsverandering (makeover) te doen. Die tweede kategorie was ’n bruidkompetisie en die salonne moes poog om die beste haarkapsel geskik vir ’n bruid op te lewer. In die Avant Garde-kategorie moes die salonne die bekende Marie Antoinettehaarkapsel óf ’n moderne kinkel gee óf tradisioneel aanpak. Dié kompetisie is deur Karin Kamfer, die verkoopsverteenwoordiger van Henkel Beauty Care, begin om haar kliënte te kry om hul passie vir hul beroep te kan uitleef en aan mense van Upington te wys waartoe dié salonne in staat is. Nico Tender van Salon Janine is as die wenner van die eerste kategorie aangewys. Janine Cronje van Salon Janine was die wenner van die derde kategorie en Lize-Mari Hayes van Salon Don Cheree was die wenner van die tweede kategorie.

LIZE-MARI HAYES (links) is as die wenner van die bruidskategorie aangewys. By haar is haar model, Brenda Badenhorst.

NADIA MATTHEE vertoon die kapsel wat die Marie Antoinette-kategorie gewen het. Foto’s: verskaf

DRIE van die vroue wat ’n makeover ontvang het, is van links Jo-Marie Hayes, Lizle van Tonder en Ronel Jordaan.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

11

Redenaars vaar goed

VYF redenaars van die Hoërskool Upington het op Vrydag 9 Mei in Kakamas aan die eerste ronde van die ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem. Alyssa Ekkerd, Christo Engelbrecht, Salomé Hanekom en Leemé Jansen van Rensburg het in die senior afdeling deelgeneem en Hesna Theron het in die junior afdeling deelgeneem. Hesna en Alyssa is in hul onderskeie afdelings gekies om aan die halfeindronde van dié kompetisie in Kimberley deel te neem.

HESNA THERON (links) en Alyssa Ekkerd.

Foto: Verskaf

Slimkoppe presteer in vasvra FRANCOIS SLABBER van die Hoërskool Duineveld was eerste in die individuele kompetisie van die Mintek-Minquiz-kompetisie wat op 15 Mei in Kathu plaasgevind het. Francois gaan nou die Noord-Kaap in die nasionale Mintek-Minquiz-kompetisie verteen-

woordig. Johan Fourie, Carla Kruger en Francois was tweede in die spankompetisie. Mintek se doel met dié kompetisie is om wetenskap, wiskunde en tegnologie te bevorder. Die kompetisie vind op ’n vasvra-grondslag plaas.

Om te redeneer hul sterk punt DIE Laerskool Sentraal in Kakamas se redenaars het goed in die ATKVredenaarskompetisie gevaar. Van links is, voor: Le Roux de Vos (halfeindronde), Nicolaas Thirion (halfeindronde) en GT Geldenhuys (halfeindronde); agter: Lara-Mari Geldenhuys (eindronde), Anelsje de Vos (halfeindronde) en Marna van Wyk (halfeindronde). Foto: Verskaf

VAN links is Francois Slabber, Carla Kruger en Johan Fourie.

1790

25

R

Banana Mini Box 1.5kg

20

R

+

20

R

19

R

1 x Soup Pack and 2 x Knorr Regular Packet Soup

Avocado’s

30

Orange Pocket 6kg

BUY ALL FOR

5for

R

1990

3for

per box

Foto: Megan Loots

each

Clover Milk 2l t "TTPSUFE

t "TTPSUFE

4990 per kg

Lean Beef Mince

4990 per kg

Stewing Beef Cubed

5290 per kg

Meat Balls

per kg

Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece

64

90

35

R

per pack

Lamb Stew

Rainbow 4 Drums + 4 Thighs 1.5kg

anyw here e op h s y h w e, lu va ch u m o s W it h or we’ll BEAT it*

lse?

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for

per kg

69

90 per kg

Beef Roast

119

R

per pack

Great Value Frozen Chicken Drumsticks 5kg

Prices valid 28 MAY - 1 JUNE 2014 View this catalogue online at game.co.za

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Elani na vergadering

VAN links is Retha-Marie Hall (beoordelaar), Donovon Eva (Naba-lodge), Reuben Murphy (wenner) en Neville Schubach (beoordelaar). Foto: Lizette Slabber

ELANI STRYDOM, ’n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Duineveld, is gekies om Duineveld op die ATKV se nasionale jaarvergadering te verteenwoordig. Dié jaarvergadering vind gister en vandag in Buffelspoort plaas. Elani is ’n baie goeie redenaar wat jaarliks aan die ATKV-redenaarskompetisie deelneem. In 2013 het Carla Kruger die jaarvergadering bygewoon en volgens haar was dit ’n belewenis om deel van die 400 afgevaardigdes te wees wat dié jaarvergadering bywoon. Beatrix Venter, ’n onderwyser van Duineveld, is deur die ATKV se Rooiduintak afgevaardig om die vergadering by te woon.

ELANI STRYDOM

Foto: verskaf

Jong grapkas streekswenner

REUBEN MURPHY van die Hoërskool Upington is op Saterdag 24 Mei as die wenner van die streeksuitdunne van die Spontaankompetisie in Upington aangewys. In dié uitdunronde, wat by die Naba-lodge plaasgevind het, het Reuben met sy komiese voordrag die gehoor aan die skater gehad. Hy gaan nou as streekwenner aan die eindronde op die Vryfees in Bloemfontein deelneem. Die eindronde vind op Saterdag 19 Julie in Bloemfontein plaas. Dit vind in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat se kampus plaas. Die pryse wat die wenner kan wen, sluit in: ) SpecSavers: pryse ter waarde van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse ter waarde van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits-enbemarkingspakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en visitekaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en

vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf ter waarde van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense; ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500.

Samel geld vindingryk vir skool in DIE gr. 12B-klas van die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas het geld vir die skool se kermis ingesamel deur ’n advertensiebord vir die skool te koop. Die hele klas en hul klasonderwyser, Lettie Conradie, het geld bymekaargemaak om dié groot bydrae te kon lewer. Foto: Verskaf

Slimmes in 3de plek EDUARD KILLIAN, Lindsey Loots en Milandro Mouton, al drie leerlinge aan die Hoërskool Upington, het aan die Mintek Minquiz-wiskunde-en-wetenskapvasvrakompetisie in Kathu gaan deelneem. Die eerste ronde bestaan uit ’n individuele geskrewe vraestel en op grond van die gesamentlike punt van die span is daar vyf spanne gekies om aan die mondelinge vasvraronde deel te neem. Dié span van Upington is as een van die vyf spanne gekies en het algeheel derde geëindig.

VAN links is Lindsey Loots, Milandro Mouton en Eduard Killian.

Foto: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Acute sinusitis: Know your nose Ilse Watson ACUTE sinusitis (acute rhinosinusitis) causes the cavities around nasal passages (paranasal sinuses) to become inflamed and swollen. It then interferes with drainage and causes mucus to build up. Sinusitis is often caused by the common cold and it could also be triggered by

allergies, bacterial and fungal infections. A crooked septum may also be the cause of blocked sinus passages. A tooth infection can also contribute to sinusitis. Home remedies might help to treat the problem but persistent sinusitis can lead to serious infections. Sinusitis lasting more than eight weeks is called chronic sinusitis.

Tandwenke om aan te kou DR. JAMES D. WALKER, een van die tandartse van Dental Joy in Kathu, het die volgende wenke vir ’n higiëniese mond en gesonde tande verskaf. Wenk vir ouers: ) Begin op ’n vroeë ouderdom die kind se tande borsel (sodra die eerste tande begin uitkom). ) Tandeborsels wat spesiaal vir kinders ontwerp is, werk die beste aangesien dit die tandvleis en bloedvloei stimuleer en nie seermaak nie. Algemene wenke: ) Dit is baie belangrik om die tong te borsel aangesien dit die perfekte broeiplek vir bakterieë is. ) ’n Nuwe tandeborsel raak 30% beter van plaak ontslae. Vervang dit jou tandeborsel elke drie tot ses maande, na gelang van hoe hard ’n mens tande borsel. Sekere tandeborsels se kleur van die borseltjies verander sodra dit tyd is vir ’n nuwe tandeborsel. ) Gebruik die regte tandepasta vir jou spesifieke tandbehoeftes soos tandepasta vir sensitiewe tande. ) Borsel en vlos tande daagliks, gaan gereeld vir ondersoeke by die tandarts en mond-higiënis, en volg ’n verstandige dieet om jou liggaam te voorsien van al die voedingstowwe wat nodig is om algehele ligaams- en tandgesondheid te verseker. ) Gebruik genoeg fluoried: Fluoried maak

die emalje sterk, maar onthou om dit spaarsamig by kinders te gebruik, aangesien te veel fluoried wit of bruin kolle op die tande kan veroorsaak. ) Walker beveel aan dat jy jou mond uitspoel nadat jy geëet en gedrink het. Dit is beter om net ná ete te borsel. As jy nie ’n tandeborsel byderhand het nie, kou kougom wat xylitol bevat. ) Kalsium- en vitamien A-aanvullings kan help om tande sterker te maak. ) Dit is baie belangrik om elke ses maande die tandarts te besoek. ) Vermy suiker en gaskoeldranke wat baie nadelig is vir tande. Verfynde suiker in kos en drank veroorsaak tandbederf. Wanneer die bakterieë daarop voed, vorm ’n suur wat die tand se oppervlak sag maak en minerale in die emalje oplos. Dit lei uiteindelik tot tandbederf. Baie vrugtesappe (afhangend van die pH-balans) kan ook tand-erosie veroorsaak as daar baie sap oor ’n lang tyd gedrink word. Drink matige hoeveelhede en gebruik ’n strooitjie. Die sogenaamde sportdrankies het dikwels dieselfde uitwerking. Vrugte, groente en selfs suiwel bevat suiker, maar dit is minder geneig om tandbederf te veroorsaak. Die voedingstowwe daarin is boonop goed vir immuniteit en beskerm teen tandvleissiektes.

www.kalaharibulletin.co.za

What are the symptoms of acute sinusitis? ) Yellow or green nasal discharge. ) Nasal obstruction or congestion. ) Pain, tenderness, swelling and pressure around the eyes, cheeks, nose or forehead. ) Reduced sense of smell and taste. ) Coughing. ) Aches in ear, upper jaw and teeth. ) You can have a fever and feel fatigued.

When should you see a doctor? ) When your symptoms become more severe and it is not improving. ) A persistent fever. ) Pain or swelling around your eyes and a swollen forehead. ) When you have a severe headache and are confused. ) When you experience stiffness in your neck and are short of breath.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Slegte asem DIT is nie net swak mondhigiëne of baie uie en knoffel wat jou asem laat stink nie. ’n Droë mond is die ideale broeiplek vir bakterieë. Dit is waarom dehidrasie, rook, hardlywigheid en alkoholmisbruik bydra tot die probleem. Verslankers (veral dié op ’n hoëproteïen-dieet) sukkel dikwels ook met slegte asem. Medikasie, byvoorbeeld antibiotika, kan ook jou mond droog maak. “Besoek elke derde maand ’n mondhigiënis om jou mond behoorlik skoon te maak as jy sukkel met slegte asem. Maar wanneer jou tandvleis erg ontsteek is, moet jy dadelik by die tandarts uitkom,” sê dr. Christiaan van den Berg. “Ander siektetoestande soos lugweginfeksies of diabetes kan ook jou asem sleg laat ruik.” Wenke: ) Hou jou mond suurstofryk deur genoeg water te drink en groente soos seldery en pietersielie te eet. ) Drink ’n glas water met ’n snytjie suurlemoen of kruisementtee. ) Borsel ná middagete jou tande of spoel minstens jou mond met ’n alkoholvrye mondspoelmiddel of ’n bietjie water uit. ) Bakterieë broei graag op jou tong, so hou dit skoon; ) Kou suikervrye kougom (met xylitol).

Genoeg slaap bly maar kosbaar Jaco Lotriet WONDER jy dikwels of jou gesondheid regtig daaronder sal ly as jy af en toe ’n uurtjie of twee se slaap vir iets aangenamers verruil? Talle suksesvolle ouens verkondig immers dat een van hul geheime tot sukses hul vermoë is om met minder slaap oor die weg te kom. Slaapkenners meen al is daar g’n definitiewe teikengetal vir hoeveel slaap jy per nag behoort te kry nie, moet volwassenes bo die ouderdom van 18 jaar probeer om snags 7 tot 9 uur se slaap te kry. Maar het ’n ou regtig ál daardie slaap nodig? Wetenskaplike studies vertel egter nou die meeste ouens – soos die mense wat glo dis oukei om jouself hier en daar met ’n paar uur se slaap te verneuk – sal weer moet dink. Luidens die uitslae van dié studies kan selfs ’n enkele nagrus van minder as ses uur heel nadelig wees vir jou gesondheid. So byvoorbeeld het die kenners bevind die meeste mense lyk ná ’n nag van te min slaap nie vreeslik goed nie. Hulle kom boonop nie juis toeganklik voor nie. Dis glo omdat ’n gebrek aan slaap – selfs in ’n klein mate – jou liggaamlik en geestelik kan karnuffel. Jou battery sal gou pap begin voel en jy sal so lyk ook. Dit is te wagte. Maar nog interessanter, is dat ouens wat hulself met slaap verneuk, blykbaar hongerder is en meer

geneig is om groter porsies weg te pak as hul uitgeruste eweknieë. Korttermyn-slaapverlies verhoog ook die waarskynlikheid van ongelukke en verlaag jou weerstand teen verkoue. Dit verhoog ook die moontlikheid dat jy emosioneel sal raak oor onbenullighede. Onlangse navorsing voer verder aan dat so min as één slegte nagrus verband kan hou met breinweefsel-verlies. Dit kan lei tot geheueprobleme en ’n onvermoë om te fokus. As jy gereeld slaap verloor, is die nagevolge glo nogal skrikwekkend. Jou risiko vir hartsiekte, diabetes of ’n beroerte word aansienlik verhoog. Daar is ook ’n verband tussen ’n chroniese gebrek aan slaap en ’n verhoogde risiko vir vetsug. Hiervolgens is dit niks vreemds dat ouens wat sleg slaap, ’n liggaamsgewig het wat omgekeerd eweredig is aan die aantal ure wat hulle in droomland deurbring nie. Dit wil sê: Hoe minder slaap jy kry, hoe dikker word jy. ’n Chroniese gebrek aan slaap word ook verbind met ’n verhoogde risiko vir sekere vorme van kanker, onder meer kolonkanker en aggressiewe borskanker. Selfs nog erger is die bevinding dat slaapverlies – wanneer dit lank genoeg aanhou – uiteindelik kan lei tot die dood. Ek weet nie van jou nie, maar vir my is laat wakkerbly beslis nie dít werd nie. Hoeveel gaan jy vannag slaap? ) Die berig het eers in die Die Burger verskyn.

Virus lei tot kroep KROEP, ook bekend as wurgsiekte, is ’n virusinfeksie wat ’n aanhoudende, blaffende hoes by kinders veroorsaak. Dokters beskryf dit dikwels as infeksie in die larinks (strottehoof) en tragea (lugpyp). Daar is twee soorte kroep: aansteeklik en spasmodies. Aansteeklike kroep word meestal deur ’n virus van die asemhalingstelsel veroorsaak. Dit kom veral in die herfs en winter voor en kan aangesteek word deur speekseldruppels of vuil hande, speelgoed of eetgerei. Wanneer die virus die liggaam binnedring, val dit die boonste dele van die lugweg aan. Kinders met kroep kla daarom dikwels aanvanklik oor verkoue en toon simptome soos ’n loop- of toe neus. Stadigaan word die laer dele van die lugweg ook ontsteek, die stembande en lugpyp begin swel en raak geïrriteerd. Dit lei tot heesheid, harde asemhaling en ’n blaffende hoes. Spasmodiese kroep is verwant aan die aansteeklike soort, maar word meestal deur ’n allergiese reaksie veroorsaak. Virusse of ’n irritasie in die maag kan die rede vir dié reaksie wees. Spasmodiese kroep veroorsaak nie koors nie en die simptome is meestal van korte duur. Die harde, blaffende hoes is die algemeenste simptoom. Dit vererger gewoonlik snags en gaan gepaard met harde, krapperige asemhaling. By aansteeklike kroep het kinders dikwels ook ligte koors, vlak of moeilike asemhaling, ongedurigheid en ’n blouerige kleur, veral om die lippe en vingernaels. As jou dokter kroep by jou kind diagnoseer, behoort hy of sy die volgende voor te stel: pynpille vir die ongemak; die drink van baie water om dehidrasie te voorkom en slym uit die lugweë te verwyder; en ’n verdampingstoestel, omdat die klam vog ontsteekte lugweë kalmeer en vloei van slym en mukus bevorder. – (www.intelihealth.com) ) Die artikel het in Die Burger verskyn.

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

VOERTUIE

SLEEPWAENS

BEGRAFNISDIENSTE

BETREKKINGS

WOONSTELLE TE HUUR

3040 1025

NETJIESE 3-SLAAPKAMERWOONHUIS te huur in Kuruman. 2 badkamers met toesluitgarage, R9 800 p.m. Skakel 079 563 9103.

EIENDOMME

NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue.

ADMINISTRATIEF

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Ons diens en herstel sleepwaens en verkoop nuwe sleepwaens, onderdele en tweedehandse sleepwaens. Dryf ook handel in nuwe en tweedehandse Challenger- en Karet-sleepwaens. Louw 083 310 0272/053 712 1072.

3605

ADMIN DATA CLERKS NEEDED: SMS full name and address to 074 927 5124 or e-mail: hubdata555@gmail.com

VERVOER VAN VRAGTE DEUR EIENAAR met groot 2,5-ton-platwa, van Kuruman en/of terug. Wa word nie persoonlik uitverhuur nie. Geen versekering op vrag. Skakel 083 310 0272.

PERSOONLIKE DIENSTE

DRYWERS

1460

BEAD & CRAFT SHOP Vir al jou benodigdhede om jou eie ontwerp te maak. Maak ook hangertjies, oorbelle en armbande en doen herstelwerk.

DRYWERS BENODIG: Tydelike drywers met geldige rybewys benodig om aflewering te doen. Handig CV in by Debonairs Kuruman, Spar-kompleks, Hoofstraat.

VOERTUIE TE HUUR TE HUUR: TROK VIR VERVOER VAN LEWENDE HAWE, tuinvullis of enige rommel. Skakel 079 563 9103.

ALGEMEEN 3680

WOONSTEL TE HUUR VIR ENKELPERSOON. Stil omgewing. R3 500 water en ligte ingesluit, plus deposito. Beskikbaar 1 Junie. Skakel 076 520 8670.

TE KOOP HUISE TE KOOP 3275

KLERASIE 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate Sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

Department of economic Development, environment, conservation anD tourism

3650

3070

PERSOONLIK

3600

3250

KATHU: 2 Bestwood-huise te koop. 42 vk m. R495 000 elk. Sluit in: Ingeboude kaste en afdak (garage). 082 411 6482.

LUTEA PARFUUM: Is jy 'n selfgemotiveerde bemarker en parfuum jou passie? Nou is die geleentheid om deel te word van'n multi-miljoendollar-bedryf! Skakel Madri of SMS jou e-pos-adres na 083 655 0445.

BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

Cancellation of Bids • Bid Number: NWDEDECT 1/13/14: Security Services at Taung Skull World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 2/13/14: Security Services at Rustenburg Regional Offices, Lotlamoreng Dam, Industrial Site Mahikeng and NWDC Building at Head Office • Bid Number: NWDEDECT 4/13/14: Integrated Waste Management Plans for Vredefort Dome World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 6/13/14: Impact Heritage Assessment for Taung Skull World Heritage Site • Bid Number: NWDEDECT 08/13/14: Provision of training for apprenticeship, Recognition of Prior Learning (RPL), learnerships and short skills programmes Recognition of Prior Learning (RPL) in the following programmes: Carpentry, bricklaying, plumbing, painting, plastering and tiling • Bid Number: NWDEDECT 10/13/14: Provision of training for apprenticeship, Recognition of Prior Learning (RPL), learnerships and short skills programmes - short skills programme from National Certificate: Construction contracting: NQF Level 2-SAQA ID 20813

We apologise for any inconvenience caused. Kone Solutions K22474

HUISE TE HUUR TROETELDIERE 1660

LABRADOR-HONDJIES: 6 weke oud, opreg en oulik. R1 200 stuk. Skakel 084 651 3000.

3270

KURUMAN: 4-slaapkamer-woonhuis te huur. Skakel tydens kantoorure 053 712 3406.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

SM Mathe

SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.

In die boedel van wyle Modisaemang Simon Mathe, identiteitsnommer 570616 5750 081 van Huis no. E549 Magojaneng Village, Kuruman 8460. Boedelnommer: 020152/2014 Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van DERTIG (30) dae van datum hiervan. LUCAS RUITERS CONSULTANTS & GENERAL TRADING Posbus 1853 Kimberley

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

Kaap Agri is ’n gevestigde landboudienstegroep wat as publieke maatskappy sake doen met meer as honderd-en-vyftig bedieningspunte wat regoor die Wes-Kaap, Noord-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo asook Namibië strek. Met die hoofkantoor te Malmesbury, verskaf Kaap Agri ’n verskeidenheid van produkte en dienste aan ’n diverse kliëntebasis wat landbouprodusente, besighede en die algemene publiek insluit. Ons beskik oor die volgende vakatures by ons Upington Agrimark:

Handelsklerk Hierdie pos is ideaal vir ’n persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik, sterk interpersoonlike vaardighede handhaaf en oor die verantwoordelikheidsin beskik om onafhanklik te kan werk.

4205

JR Cowburn

VOLWASSENES

Kaap Agri het ten doel om welvaart vir al sy belanghebbers te skep.

In die boedel van wyle Joseph Robert Cowburn, identiteitsnommer 560314 5109 084 van Barnardlaan 1, Kuruman. Boedelnommer: 1243/2012 Die eerste likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 30 Mei 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley en van die Landdros, Kuruman. Geteken te Kuruman op die 15de dag van Mei 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

Verantwoordelikhede van die pos behels die volgende: • voorraadbestellings • verkope/kliëntediens • hantering van bestellings • voorraadkontrole en -oorplasings • ad hoc-take en administrasie wat met die voorafgaande verband hou.

Administratiewe Klerk Hierdie pos is ideaal vir ’n persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik, sterk interpersoonlike vaardighede handhaaf en oor die verantwoordelikheidsin beskik om onafhanklik te kan werk. Verantwoordelikhede van die pos behels hoofsaaklik die volgende: • verwerking van goedere ontvangsbewyse (GOB’s) • afhandeling van direkte bestellings • opmaak van daaglikse bank • hantering van kleinkas • beantwoording van telefoonoproepe • ad hoc-take wat met die voorafgaande verband hou.

Winkelassistent Hierdie pos is ideaal vir ’n vriendelike en hulpvaardige persoon wat oor ’n Graad 12-kwalifikasie beskik. ’n Hoë premie sal ook geplaas word op ’n persoon met sterk eienskappe wat goeie menseverhoudinge handhaaf ten einde die Agrimark se kliëntediens te bevorder. Verantwoordelikhede van die pos behels die volgende: • bediening van kliënte • ontvangs van voorraad • kontrolering en merk van voorraad • rakversorging (wat insluit die netheid en pak van rakke volgens die neergelegde riglyne, soos in die handleiding saamgevat) • ad hoc-take wat met die voorafgaande verband hou.

PRIVAAT 2015

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Belangstellendes is welkom om die Senior Bestuurder: Agrimark, mnr. Hein Swart, by 054 338 9000 te skakel vir meer besonderhede. U kan ook ’n faks stuur na 054 332 6798 of ’n e-pos stuur na hein.swart@kaapagri.co.za Sluitingsdatum: Donderdag, 12 Junie 2014 Kaap Agri sal slegs in gepaste gevalle onderhoude met aansoekers voer. Kandidate wat nie binne vyf werksdae ná die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, kan aanvaar dat hulle aansoeke onsuksesvol was.

www.kaapagri.co.za

AGRIMARK

AGRILOG

FINANSIERINGSDIENSTE PAKMARK

PRODUKTE

VERSEKERING MEGANISASIE

118452 www.ayandambanga.co.za


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Elf Velties in NK-span ALTESAAM 11 netbalspelers van die Hoërskool Duineveld is vir Noord-Kaapnetbalspanne gekies wat van 29 Junie tot 4 Julie aan die All Ages-toernooi in Margate gaan deelneem. Elana Badenhorst, Carmen Bekker, Melinke Blaauw en Carli Thomas is vir die o.14-Robyne-span gekies. Elsanne Pool is as die o.14-Robyne-span se afrigter gekies. Gillian du Plessis en An’mari Lieben-

berg is vir die o.14-Diamante-span gekies. Jacqueline Kühn is vir die o.16-Robynespan gekies. Elsmé van Wyk is vir die o.16-Diamante-span gekies. Tedré van Wyk is vir die o.17-Robynespan gekies. Ané Dippenaar en Anelda Venter is vir die o.17-Diamante-span gekies. Mia Strauss, Alét Opperman en Joné Visser is as skaduspelers gekies.

19

Vir span gekies RIAAN BADENHORST van die Hoërskool Duineveld is vir die Noord-Kaapse o.16-seunshokkiespan gekies wat van 6 tot 12 Julie aan die Suid-Afrikaanse interprovinsiale hokkietoernooi gaan deelneem. Foto: Megan Loots

HMO, Upington meet kragte VAN links is Elana Badenhorst, Carli Thomas, Melinke Blaauw en Carmen Bekker.

Foto’s: Megan Loots

DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het hokkie en netbal teen die Hoërskool Upington gespeel. Die HMO se twee netbalspanne het baie goed gevaar deur albei hul netbalwedstryde te wen. Die o.16-span het Upington met 29-22 geklop en die o.14-span het met 18-4

gewen. In die hokkie het die HMO ook baie goed gevaar. Die eerste, tweede en derde span het teen Upington gespeel. Die HMO se eerste hokkiespan het met 0-0 gelykop gespeel. Die tweede span het met 0-1 verloor en die derde span het met 1-0 gewen.

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.

ELSANNE POOL is as die afrigter van die o.14Robyne-span gekies.

ELSMÉ VAN WYK

JACQUELINE KÜHN

TEDRÉ VAN WYK

ANELDA VENTER (links) en Ané Dippenaar.

GILLIAN DU PLESSIS (links) en An’mari Liebenberg.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 29 MEI 2014

Uppies in die kol

DIE Hoërskool Upington se skuts het op 9 en 10 Mei aan die derdeliga-skietkompetisie in Upington deelgeneem. In dié kompetisie het die Uppies vyf goue, vyf silweren twee bronsmedaljes gewen. Raynardt Stasch het ’n goue medalje in die o.21-veergeweer: 10 m-staanposisie en in die drieposisie en Harm Janse van Rensburg het silwermedaljes in albei dié posisies gewen.

Christine Becker het ’n goue medalje in die o.16-veergeweer: 10 m-staanposisie en in die drieposisie gewen. Jana Becker het ’n goue medalje in die o.16-sportergeweer: 10 m-staanposisie en ’n bronsmedalje in die drieposisie verower. Elné du Toit het ’n silwermedalje in die o.14-sportergeweerdrieposisie en ’n bronsmedalje in die 10 m-staanposisie gewen.

VAN links is, voor: Jané Burger, Christel van Zyl, Di-Marie Visser, Jana de Wit, Vivian Snyman (afrigter), Janke Myburgh, Christine Carstens (afrigter) en Melisa van Zyl; agter: Anja Bruwer, Diana Liebenberg, Elizna Goussard en Joandie Potgieter. Foto: Verskaf

Oranje-Noord derde DIE Laerskool Oranje-Noord se o.13A-netbalspan het aan die heel eerste Wildeklawer Laerskole-netbaltoernooi deelgeneem.

DIE Hoërskool Upington se skuts is van links, voor: Jana Becker, Elné du Toit en Christine Becker; agter: Raynardt Stasch en Harm Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Dié toernooi het by die Laerskool Newton in Kimberley plaasgevind. Net 12 skole van oor Suid-Afri-

ka heen is genooi om aan dié toernooi deel te neem. Oranje-Noord se span was derde algeheel.

Het jy vorige uitgawes van die Kalahari Bulletin misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en blaai deur die digitale weergawes.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.