Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
5 JUNIE 2014 GRATIS
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
Borge vrygewig
Mispa-kinderhuis ontvang R50 000, al het hy nie gewen Lizette Slabber DIE Mispa-kinderhuis in Keimoes het R50 000 ontvang van die borge van die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar kompetisie van die Volksblad, moederkoerant van die Kalahari Bulletin. Hulle was benoemdes vir Kumba Iron Ore en Volksblad se NoordKaapse Instansie van die Jaar. Die kompetisie word ook in samewerking met GWK aangebied. Die borge het ondanks die feit dat Mispa nie gewen het nie besluit om R50 000 aan Mispa beskikbaar te stel. Hulle moet nou ’n behoeftebepaling doen om te bepaal hoe die geld bestee sal word. Hester Nieuwoudt van Mispa sê dié geld was vir hulle ’n groot verrassing. “Ons is maar ’n klein instansie en het dit glad nie verwag nie.” Volgens haar gaan dié geld nou groot drome kan laat waar word. “Ons is nou ’n stappie nader aan waar ons wil wees en wat ons wil doen.” Nieuwoudt sê hulle wil graag die geld aanwend op ’n wyse waar hulle mense op ’n mediese gebied kan help. “Ons wik en weeg tussen ’n bussie koop waarmee ons medisyne by die vigskindertjies kan uitkry en dalk met ons kliniek begin. ’n Bussie kan ook maak dat ons die kinders op die eilande kan bereik, want dit is baie belangrik dat die vigslyertjies hul medisyne betyds drink en dit gebeur baie selde.” Kontanttoekennings is ook aan die Helen Bishop-tehuis en die beheerraad van Huis Frank du Toit gedoen. Dié twee instansies het elk R20 000 ontvang en was mede-benoemdes in die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar-kompetisie. Die beheerraad van Huis Frank du Toit het gewen.
’n SPESIALE toekenning van R50 000 is aan die Mispakinderhuis in Keimoes tydens die NoordKapenaar van die Jaarkompetisie gedoen. Van links is Neil de Klerk (uitvoerende bestuurder: korporatiewe bemarking van GWK), Deon Nieuwoudt van Mispa, Gert Schoeman (korporatiewe kommunikasiebe stuurder van Kumba Iron Ore), Hester Nieuwoudt van Mispa en Ina Knott (hoofbestuurder van Volksblad). Foto: Emile Hendricks/Foto24
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Wedloop (ge)wild DIE heel eerste Richtersveld Wildrun vind nou in die Richtersveld plaas. Dié reeks wedlope is in 2007 begin en dit is vanjaar die eerste keer dat dit in die Noord-Kaap aangebied word. Die Richtersveld Wildrun het gister begin en duur tot Saterdag. Die wildrun-wedlope sluit 120 wedlope in wat in vyf provinsies en Lesotho plaasvind. Dit bied aan hardlopers die geleentheid om ’n besonderse wedloop deur van die mooiste én wildste plekke in SuidAfrika te hardloop. Vir deelnemers is die insluiting van die Richtersveld Wildrun ’n besonderse byvoeging omdat niks wilder is as om deur die hart van die Richtersveld met sy bergagtige woestynlandskap te hardloop nie. Die vierdagwedloop strek oor 150 km en hardlopers sal 3 500 m in die wedloop klim. Die Richtersveld kan gewoonlik net met viertrekvoertuie besoek word en met sy natuurskoon is dit ’n onvergeetlike plek om te besoek. Volgens John Block, LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Noord-Kaap, is die Richtersveld die ideale plek om die Noord-Kaap se posisie as uitstekende bestemming vir avonturiers te bemark. “Ons is baie opgewonde dat ’n wedloop so groot soos hierdie een by ons plaasvind en dat topatlete soos Bernard Rukadza en Matt Hart daaraan deelneem,” het hy gesê. Na verwagting sal die stryd tussen die Suid-Afrikaanse Rukadza en die Amerikaanse Hart fel wees.
DIE terrein waaroor die hardlopers in die eerste Richtersveld Wildrun beweeg, is asemrowend, maar ongenaakbaar. Foto: Owen Niddleton/OMI Photography
Dokter se dood ’n reuse-skok Charné Kemp ’n DOKTER en deeltydse prediker, wat die vorige naweek hulp op ’n ongelukstoneel wou verleen, is op slag dood nadat ’n ambulans teen sy voertuig vasgery het. Dr. William (Jafta) van Voore, ’n dokter en deeltydse predikant van die Gereformeerde Kerk, is op die pad tussen Kenhardt en Keimoes dood. Charmaine Orange, Van Voore se skoonsuster, sê die gemeenskap van Upington en Kakamas waar hy gewerk het, is gebroke. “Hy was die wonderlikste mens wat altyd hulp aan almal verleen het. Hy het as dokter vele lewens gered en veral arm mense bygestaan wat nie mediese dienste kon bekostig nie.” Volgens ds. Kiepie Jaftha, ’n vriend en predikant van Heidedal in Bloemfontein, was Van Voore van Kenhardt af op pad huis toe. “Hy het op ’n ongelukstoneel omgedraai om hulp te verleen. Met die omdraaislag het ’n ambulans teen ’n hoë spoed sy motor getref. “Hy het ’n ruk lank geleef en is later op die toneel dood verklaar. Die bestuurder en passasiers in die ambulans is ongedeerd.” Van Voore het teologie aan die destydse Potchefstroomse Universiteit gestudeer en het as predikant in die Gereformeerde kerk in Pretoria in Eersterust gedien. “Die gekombineerde kerke in Pretoria kon hom en sy familie
‘Hy was die wonderlik ste mens wat altyd hulp aan almal verleen het. Hy het as dokter vele lewens gered en veral arm mense bygestaan wat nie mediese dien ste kon bekostig nie.’ – Charmaine Orange nie behoorlik versorg en ’n heeltydse pos aanbied nie. Hy het die heeltydse bediening verlaat. Hy het toe medies aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en het hom as dokter gekwalifiseer. William, of Jafta, soos ons hom noem, het toe ’n pos as staatsdokter in Upington aanvaar,” sê Jaftha. “Sy dood is ’n gevoelige slag vir die bruin komponent van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Hy en sy gesin kon nie ’n kerklike tuiste in die Gereformeerde kerk in Upington vind nie en het hul geestelike heil gaan soek in die Verenigende Gereformeerde kerk (VGK) Upington. Hy was een van ’n klein groep bruin Dopper-dominees in die land.” Van Voore word Saterdag om 11:00 uit die VG kerk Upington begrawe. Hy word deur sy vrou, Leazle, dogters Charvernn (22) en Monique (20), en seun, Cristan (5), sy broer, Phillip, en suster, Grace Gani, oorleef.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
3
Dans, dans Kyla Benneli Olivier Van der Walt DANS gaan nog baie deure vir Kyla Geldenhuis (14) oopmaak. Dié hip-hop-danser is ’n gr. 8leerling aan die Hoërskool Kathu. Sy het in gr. 3 begin dans en hoewel sy ’n rukkie opgehou het, het sy nou weer volstoom begin dans. Sy is ’n student aan die Dance Feverdansskool onder leiding van Marli Stevens. Kyla se passie is hip-hop. “Ek is mal oor die groot bewegings en spronge wat ’n mens in hip-hop doen.” Die jong danser is ook deel van die skool se pom-pon-groep en het groot planne vir haar dansloopbaan. “Ek wil nog na die Suid-Afrikaanse danseindronde gaan en sal graag eendag in teaterproduksies wil optree.” Dan is daar die dansskool wat sy gaan oopmaak . . . Kyla se rolmodel is haar suster, Monique Murphy. Monique is in die Suid-Afrikaanse Ingenieur-formasie. “Sy is baie verantwoordelik
KINDERMUSIK MAATJIES, met hul nuwe blou Themde aan, saam met hul ma’s gedurende hul musiekklasse. Foto’s: Lynn-mari Olivier
MET hul nuwe blou Thempies is hierdie kleuters vol glimlagge tydens hul musiek klasse waar die reg ter en linkerbrein ge stimuleer word. Van links, is: Gretna van Staden, Megan Both ma, Kaylamia Mark ram en Dewald Oli vier.
Musiek maak kleines slim Lynn-mari Olivier KINDERMUSIK-MAATJIES van Kuruman het almal spesiale T-hempies ontvang en hulle was baie in hul noppies.
Tydens Kindermusik se musiekklasse word die brein in die geheel deur musiek en beweging ontwikkel. Die klas duur ’n halfuur en in dié tyd is die maatjies aktief
besig sonder om te besef dat die linker- en regterbrein gestimuleer word. Dit is ’n eksploristiese uitdaging wat elke moeder, kleuter en peuter kan oorweeg.
KYLA GELDENHUIS dans die planke aan die brand en het nog groot planne vir ’n suksesvolle dansloopbaan. Foto: Benneli Olivier Van der Walt
en niks kry haar onder nie.” Haar ouers speel ook ’n belangrike rol in haar dansloopbaan. “Hulle neem my na al die kompetisies, ondersteun my en gee erkenning as ek goed doen.” Ma Maureen en pa Coenraad is natuurlik baie trots op hul dansende dogter. “Sy gaan nog ver kom en ons gaan al die pad daar wees om haar te ondersteun. “Sy is ons trots.”
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Water moet voorkeur kry SKOON, veilige water is ’n noodsaaklikheid vir elke huisgesin in Suid-Afrika. Volgens die Grondwet is dit ook een van jou basiese regte as mens. Met die onlangse voorval in Bloemhof, waar ’n baba weens vuil water dood is, en verskeie mense vir ernstige diarree behandel moes word, is dit kommerwekkend dat Suid-Afrika steeds nie aan hierdie basiese grondwetlike vereiste in sekere munisipale gebiede voldoen nie. Nog vyf babas is ná die dood van die baba vir waarneming opgeneem. Volgens die departement van gesondheid in Noordwes was dit net vir waarneming. Lede van die gemeenskap in die Lekwa-Teemane- munisipale gebied was ook ’n week sonder water. Selfs nadat die watertoevoer weer in Bloemhof herstel is, is daar steeds ernstige gesondheidsrisiko’s rondom die water se gehalte. Mense van die Boitumelongtownship by Bloemhof het die vuil water gekook soos die munisipaliteit aanbeveel het, maar volgens Sinah Jacobs, ’n inwoner, het haar oudste seun, Petrus, steeds siek geword.
Gemeenskappe oor Suid-Afrika heen ly weens korrupte munisipaliteite, besoedeling en die wat baat daarby vind om munisipale pligte privaat oor te neem en te bedryf. Die afgelope 16 jaar het die aantal Suid-Afrikaners wat toegang tot skoon, lopende water het, verdubbel. Volgens ’n nasionale sensus het 9 uit 10 Suid-Afrikaners toegang tot hierdie basiese hulpbron. Maar die werklikheid – wat ongelukkig van Nkandla tot Stellenbosch strek – is nie so rooskleurig nie. In die laaste sewe jaar het die persepsies van gemeenskappe oor die land heen oor water-gehalte drasties afgeneem. Miljoene mense in die land het geen toegang tot skoon, lopende water of selfs ’n spoeltoilet nie. Baie ander moet tot tien uur in ’n ry staan vir ’n paar emmers water. Tydens ’n onlangse protesoptog weens watergehalte is vier mense in Mothutlung naby Brits dood. Dit is kommerwekkend dat nadat die verkiesingsbeloftes gemaak is, die land se skokkende waterprobleme nie dié voorkeursaak vir Suid-Afrika se regering is nie.
Klein kinders nog bokkies vir sports Lizette Slabber EEN van die lekkerste dinge om te doen is seker om te gaan kyk hoe gr. 1’tjies en gr. 2’jies geleer word om ’n sport te beoefen. Net om te oefen verg twee onderwysers en een ouer wat as afrigters optree en dan is daar nog tot vier ouer seuns nodig wat net moet help om almal op hul plek te kry. Om dinge te vergemaklik het my seun se skool nou oefentruie gekry sodat hulle darem tydens oefensessies in ’n blou span en ’n geel span verdeel kan word. Tog was dit nou die dag nodig dat een van die afrigters moes skree: “Moenie hom tackle nie; hy is in jou span.” Ná die eerste wedstryd waarin bykans al die toeskouers moes help keer dat die baldraer na die verkeerde pale mik, het my seuntjie trots op my afgestorm en gegil: “Ons het gewen, ons het 2-1 gewen.” Ek het mooi probeer verduidelik dat hulle nie 2-1 gewen het nie, maar 10-5, maar dié verduideliking is net begroet met ’n kyk wat sê duidelik weet Ma niks en ’n antwoord wat sê Ma weet niks, want Ma is mos ’n girl: “Ons het
twee ‘doele’ gedruk, nie tién nie.” Nou is die rugby eers verby en gaan ons weer hokkie speel. Verlede jaar (in gr. 1) was ons baie opgewonde om al die hokkie-benodigdhede te gaan koop. Die groot stok en die lang kouse en selfs die “klipharde ding wat my kuite moet beskerm”. Maar toe ek hom by die oefening aflaai, besef ek eers wat ek gedoen het. Vyftien seuntjies gaan elkeen met ’n groot stok losgelaat word . . . Ek was seker ons sou die aand eers ongevalle toe moes gaan voordat ons huis toe is. Maar ongeag daarvan dat hul heelwat “swaardgevegte” gehad het, het hulle darem ook sonder ’n enkele besering leer hokkie speel. Mag ek hulle tog asseblief so klein hou – daar waar rugby en hokkie nog vir sports sorg en nie vir harsingskudding en beenbreuke nie.
Wonderskoon in die skemer MAJESTUEUS pryk ’n kameeldoringboom teen ’n sonsondergang.
Foto: Ilse Watson
Ouers moet die jeug lei Pastoor Gert Kriel EEN van die dae vier ons Jeugdag. Baie mense is so bekommerd oor, soms selfs krities teenoor, die jeug van vandag. Tienerswangerskappe, dronkenskap, satanisme en selfs moorde deur tieners op hul ouers of vriende is aan die orde van die dag. Die versoekings en negatiewe invloede wat kinders deesdae moet weerstaan, is eksponensieel meer as toe ons grootgeword het. Juis daarom moet ons as ouers, meer as ooit tevore verseker ons leer ons kinders die pad wat hulle moet loop. Neem die verantwoordelikheid as ouer op. Wat ’n mens moet besef, is dat die “ouers van gister” die hoofrolspelers is vir die “jeug van vandag”. Dit is nie die skool, regering of ons kerk se verantwoordelikheid om ons kinders op te voed nie, maar ons as ouers s’n. Pa, jou gesag as hoof van die gesin kom van God self. Jy is die deur na jou gesin se hart. Jy moet
besluit na watter televisieprogramme daar gekyk mag word, na watter partytjies jou kinders mag gaan en watter klere aanvaarbaar is vir jou kinders om aan te trek. Vestig ’n gesonde huwelik. Volmaakte liefde verdryf alle vrees. Niks bied soveel veiligheid en stabiliteit aan ’n kind as ’n pa wat vir sy vrou en kinders lief is ondanks foute en die druk van die lewe nie. In ’n huis waar liefde heers, ontwikkel kinders ’n beter selfbeeld, pak hulle uitdagings makliker, en het hulle ander mense ook meer vreesloos lief. Hulle weet, “dit maak nie saak wat in die wêreld gebeur nie, in my ouerhuis is ek liefgehê en veilig”. Wees ’n betrokke pa. In elke kind se hart is ’n plekkie wat net deur sy/haar pa gevul kan word. As ’n pa (of vaderfiguur) afwesig
is, sal ’n kind na enigiets gryp (dwelms, seks, alkohol) om daardie behoefte na pappa-liefde te vul. Wanneer laas het jy gekyk wat op jou seun se selfoon aangaan, of wie almal vriende is met jou dogter op Facebook? Wanneer laas het jy jou selfoon afgesit en ’n hele dag saam met jou gesin deurgebring? Begelei jou kinders na Jesus. Aan die einde van die dag soek almal na die liefde van Vader God. God het ons as mens gemaak om in ’n liefdesverhouding met Hom te staan. God wil ons as ouers, en veral pa’s, as ’n tasbare voorbeeld van sy Vaderliefde gebruik. Ons werk as ouers is om ons kinders na God te begelei, deur Jesus Christus. Net deur ’n persoonlike verhouding met Jesus sal ons kinders werklik kan leef. (Joh. 10:10) Om te kan glo in die “jeug van môre”, moet ons ons verantwoordelikheid opneem as die “ouers van vandag”.
Hou sy lyf hondmak model SO gevaarlik soos ’n hiëna is, was dié een net ’n meter weg en het hy ’n goeie foto geleentheid gebied. ’n Bruin hiëna het luilui langs die pad gelê – hy het seker genoeg ontbyt geëet en ’n lekker ruskans benut. Foto: Ilse Watson
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Fotofinaliste aangekondig Lizette Slabber HIER is die finaliste in die Jou oomblik, ons wyn-fotokompetisie. Die wenner wen ’n kis wyn per maand vir ’n hele jaar geborg deur Orange River Cellars. Die wenfoto’s gaan ook in dié kelders se bemarkingsveldtog gebruik word. Gaan stem vir jou gunsteling op Facebook, want die foto met die meeste likes gaan ook ’n geskenkpak van Orange River Cellars wen. Daarby word die wenner deel van die
finale groep wat ’n kans staan om ’n naweek vir vier by een van die NC Famous Lodges te wen. Maak ook seker dat jy nou al jou dierefoto’s na lizette.slabber@volksblad.com stuur, want in Junie soek ons die beste foto’s van plaasdiere en wilde diere.
TILANA STEENKAMP se pragtige foto van ’n pa en seun wat ’n besonderse oomblik deel, is een van die finaliste. Foto: Tilana Steenkamp
ANENA BURGER het dié mooi foto ingestuur.
Foto: Anena Burger
’n BESONDERSE oomblik tussen vriendinne.
NOG ’n pragoomblik wat deur Anena Burger vasgelê is.
Foto: Anena Burger
Foto: Anena Burger
’n MOOI oomblik met ’n asemrowende agtergrond. Anena Burger het dié foto geneem.
Foto: Anena Burger
ABRIE VAN NIEKERK het dié pragtige foto vir die Jou oomblik, ons wynkompetisie ingestuur.
Foto: Abrie van Niekerk
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Hakskeenpan wêreldnuus Lecrecia Prins DIE Noord-Kaap het verlede Donderdag nog ’n mylpaal bereik met die ondertekening van ’n ooreenkoms met die Bloodhound-projek wat die provinsie die gasheer-regte gee wanneer dié supersoniese motor die landspoedrekord in Suid-Afrika aandurf. Justice Bekebeke, direkteur-generaal van die Noord-Kaap, en Richard Noble, direkteur van die Bloodhound-projek, het die ooreenkoms onderteken. Die Bloodhound SSC-span gaan die aanslag op die rekord in 2015 op Hakskeenpan in die Noord-Kaap doen. Regstreekse internet-uitsendings sal 220 lande en honderde miljoene mense bereik. Bekebeke het gesê die Noord-Kaap het al oor die jare heen op meer as een geleentheid bewys dat hy die “mekka is vir avontuur- en ekstreme sportsoorte”. “Die Bloodhound-projek is ’n projek wat jong mense wil inspireer om loopbane in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te volg deur hulle op ’n opwindende manier te wys hoe ’n voertuig gebou word wat in staat is om 1 600 km/h te bereik.” Bekebeke het gesê deel van die NoordKaapse regering se doelwit is om toerisme in die Kalahari te versterk. “Ons glo dat toeriste ’n groot impak op die plaaslike ekonomie gaan hê. “Jaarliks is die Kalahari Desert Speedweek op Hakskeenpan ’n sukses en die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme kan hiervan getuig. “Daarom het ons ’n maatskaplik-ekonomiese ontwikkelingstrategie saamgestel sodat die inwoners van die Mier-munisipaliteit hierby kan baat vind.” In die ooreenkoms wat gesluit is, word die verantwoordelikhede van elke party uiteengesit om hierdie wêreldgeleentheid ’n sukses te maak.
Price Cuts 49
54
R
Per kg
34
R
DAY Y ONL
Bulk Stewing Beef Bone in
Bulk Oukraal Wors
R
6S
9
PnP Fresh Chicken Braaipak 8s or 16s Per kg
Selected products on this page have been styled for photography
21
R
50
SAVE 11.90
Per kg
SAVE 2.90
PnP Cooked Ham Per 100g
Clover Full Cream or 2% Low Fat Fresh Milk 2 Litre Each
FRESH
Pad ’n doodsgevaar IN bykans twee jaar was drie ambulanse op die gevaarlike Rietfontein-Askham-pad in botsings teen donkies en perde betrokke. Die nooddienswerkers stel hul en hul pasiënte se lewe in gevaar elke keer wanneer hulle in die ambulanse klim. Twee weke gelede het ’n toegewyde ambulansbestuurder byna met sy lewe geboet toe hy na bewering op ’n noodoproep gereageer het en in ’n botsing teen ’n perd betrokke was. Intussen maak die nooddienste van ’n geleende ambulans gebruik om die hele Mier-gebied te bedien. As die grootte van die Mier-gebied (van die Kgalagadi-oorgrenspark tot Noenieput) in ag geneem word, is dit vir ambulansbestuurders ’n onbegonne taak om met die een ambulans gehaltediens te lewer. Daar word gespog dat daar ’n goeie storie te vertel is oor die vordering wat in die demokratiese Suid-Afrika gemaak is. Dit sal ’n leuen wees om dié storie heelhartig te ondersteun, terwyl dit net Godsgenade is om lewend by die huis te kom as daar op die Rietfontein-Askham-pad gereis is. Die negatiewe publisiteit oor dié stuk pad is soos water op ’n eend se rug. In die demokratiese Suid-Afrika word daar gespog met ’n progressiewe Grondwet, ubuntu en ’n goeie storie wat vertel word, maar dit beteken baie min vir die inwoners van Mier. Talle het na die stembus gestroom om maghebbers te kies, nou is dit hul plig om toe te sien dat die mense van Mier ook veilig op dié stuk pad kan ry. Indien hulle nie wil help nie, dui net aan waar daar gekla kan word sodat die diere verwyder kan word.
35
31
90
R
MERIS KOCKS, Rietfontein:
SAVE R9
17 39
SAVE R5
Spekko Parboiled Rice 2kg
Rama Original Margarine 500g Brick
35
R
49 23 90
90
80
15
R
PnP Washed Potatoes 7kg
SAVE R3
Selati White Sugar 2.5kg
PnP Golden Delicious Apples 1.5kg
BUY ANY 2 FOR
1 5 20
R
90
Coca-Cola Regular 2.5 Litre
Simba Lay’s Potato Chips Assorted 125g C
90
Omo Auto Washing Powder 2kg, Concentrated Liquid 750ml, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each
R
I&J Light & Crispy Hake Fillet Portions Assorted 500g Each
Renown Traditional or Cheese Pork Bangers 750g Each
Frisco Instant Coffee Assorted 750g Each
31
BUY 2 FOR
Cuddlers Disposable Nappies Size 3 Midi 52s, Size 4 Maxi 50s, Size 4+ Maxi Plus 48s or Size 5 Junior 44s
105
R
Per Pack
SAVE R7
39
90
Sunlight Handwash Washing Powder Assorted 2kg Each
PRICES VALID 3 - 8 JUNE 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details. 1185666_390 X 194
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Wen in debat
ALRI BROWN (gr. 2), Caden da Sil va (gr. 3) en Jana Nel (gr. 5) het aan die ATKVredenaars kompetisie se half eindronde in Kimber ley deelgeneem. Alri is as die wenner van die gr. 1totgr. 3af deling aangewys. Sy gaan aan die eind ronde in Augustus deelneem. Van links is Alri Brown, Jana Nel en Caden da Sil va. Foto: verskaf
Kerk hou basaar DIE NG kerk Grootdrink hou Saterdag van 10:00 af ’n basaar. Daar sal die heerlikste eet- en drinkgoed te koop aangebied word, sowel as vars plaasprodukte. Daar is ook ’n vleistafel waar rou en gaar vleis te koop sal wees. Buiten vir al die eetgoed is daar ook ’n witolifanttafel, sowel as ’n speelgoed- en
geskenketafel. Natuurlik is geen basaar volledig sonder heerlike pannekoek en basaarpoeding nie. Om 11:30 begin die veiling waartydens lewende hawe en ander goedere opgeveil gaan word. Maak seker jy mis nie die heerlike basaar in Grootdrink nie.
Gekies as uitruilstudente na Duitsland VYF leerlinge van die Hoërskool Duineveld is as uitruilstudente na Duitsland van 27 Junie tot 25 Julie gekies. Hulle gaan skool bywoon en elkeen by ’n gasheergesin woon. Van links is Chrisna Opperman, Jana Fokkens, Bénine van den Heever, Lara van der Walt en Vanessa Thuynsma. Foto: Megan Loots
Ses deur na halfeindronde SES redenaars van die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas is gekies om aan die halfeindronde van die ATKV-redenaarskompetisie deel te neem. Dié ronde is deur die Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley aangebied en leerlinge moes ook onvoorbereide toesprake lewer. Nina Ackerman, Jo-Marie Hayes en Christoff Loubser het in die junior afdeling deelgeneem en moes praat oor die onderwerp Oorleef die Suid-Afrikaanse filmbedryf
finansieel? Helena Baard, Hananja Jordaan en Elzanne Myburgh het aan die senior afdeling deelgeneem en moes praat oor Moet skoolure verleng word om ’n inheemse taal aan te leer? Nina (gr. 8) en Elzanne (gr. 12) was albei tweede in hul afdelings.
NINA ACKERMAN (links) en El zanne Myburgh was albei twee de in hul afdelings in die halfeind ronde van die ATKVredenaars kompetisie in Kimberley. Foto: verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
LEERLINGE van die Hoërskool Paballelo geniet die optrede van die provinsiale polisieorkes.
Foto’s: verskaf
DIE provinsiale polisieorkes speel vir leerlinge van die Hoërskool SC Kearns.
Polisie leer én vermaak
DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se provinsiale polisieorkes het as deel van Projek Harmonie verskeie skole in Upington en Kakamas besoek. Die doel van Projek Harmonie is om skole te besoek en leerlinge oor skoolveiligheid en misdaad by skole toe te spreek.
Die slagspreuk van dié projek is Misdaadvoorkoming deur musiek. Die Laerskool Neilersdrift, Hoërskool Kenhardt, Hoërskool Paballelo, Hoërskool SC Kearns en die Laerskool Louisvaleweg is besoek. Die polisieorkes het die leerlinge behoorlik op hul voete gehad
tydens die besoeke. Dit was egter nie net skoolkinders wat met dié orkesoptrede bederf is nie. Die orkes het ook die vlytige bejaarde-diensgroep in Rosedale en die sustersvereniging van die Congregational-kerk in Bellvue besoek.
Volg hierdie wenke vir veiligheid NADAT die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Upington die afgelope tyd verskeie klagtes ontvang het oor huisinbrake het kapt. Jacques September, woordvoerder van die SAPD, die volgende veiligheidswenke met lesers van die Kalahari Bulletin gedeel. “Die inbrekers dwing vensters en deure oop om só toegang tot die wonings te kry,” het hy gesê.
Volgens hom patrolleer lede van die SAPD woongebiede en probeer die polisie om sy sigbaarheid te verbeter. Huiseienaars kan die SAPD egter help deur die volgende stappe te doen: ) Maak seker alle deure en vensters is behoorlik gesluit. ) Moenie gereedskap laat rondlê nie. Dit word dikwels gebruik om deure en vensters mee oop te dwing.
) Lig die polisie in oor mense wat doelloos ronddrentel. ) Moet nooit gesteelde eiendom koop nie. ) Maak seker dat skuifdeure nie vertikaal geheg kan word nie. ) Bring huisnommers aan die voorkant van wonings of aan die hekkie aan sodat dit maklik vir die polisie is om ’n adres veral in die nag op te kan spoor.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
DIE eerste rugbyspan van HMO vier sy oorwinning oor Namakwaland.
DIE o.17rugbyspan van HMO het ook sy wedstryd gewen.
HMO laat Namakwaland sweet DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het in die jaarlikse interskolewedstryde teen die Hoërskool Namakwaland van Springbok nie met hom laat speel nie.
Die o.14- en o.16-netbalspanne het albei maklik met Namakwaland se spanne afgereken. Die hokkiespelers van HMO het twee van hul drie wedstryde gewen en die eerste hokkiespan het met 6-0
DIE o.16netbalspan is van links, voor: JodiAnne Kasimbinque en Christin Fox; agter: Antoi nette Lerm, JoMarie Hayes, Anje Jacobs, Anneke van Zyl, Nicola van Niekerk en Anneke Jordaan.
gewen. Die eerste rugbyspanne se wedstryd het spannende spel opgelewer. In ’n stadium was die telling 19-18 in Namakwaland se guns. Die spelers van HMO het die
wedstryd egter in hul guns gedraai sodat die span oortuigend met 30-19 gewen het. Selfs in die tennis het HMO die spel oorheers deur 12 van die 15 wedstryde te wen.
DIE o.14netbalspan is van links, voor: Haylen Boer, Patricia Mecwi en Precious Visagie; agter: Carmi Victor, Kyla Swiegers, Jeanne Dykman, Danelle Crafford en Miké Bothma. Foto’s: Verskaf
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
FAMILIEKENNISGEWINGS
EIENDOMME
HUISE TE HUUR
INSOLVENTE BOEDELS
3270
WOONSTELLE TE HUUR
BEGRAFNISDIENSTE 1025
3250
KURUMAN: 2-slaapkamerwoonstel beskikbaar. R5 000 per maand. Koopkrag. Skakel 082 553 6502. KURUMAN: Een slaapkamer,badkamer, oopplankombuis, leefarea. Koopkrag. R4 200 per maand. Skakel 083 384 1250 na 14:00.
HUISE TE KOOP 3275
TE KOOP
TROETELDIERE 1660
LABRADOR-HONDJIES: 6 weke oud, opreg en oulik, R1 200 stuk. Skakel 084 651 3000.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
BETREKKINGS 3600
DRYWERS 3650
SKOONMAAKDIENSTE 1805
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS. Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.
LOOKING FOR DRIVER for deliveries in Northern Cape area, based in Kuruman. Must have a Code 10 licence with PDP. Phone U. Stander 083 675 5859.
1810
ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Strydom Elektries: 083 310 0272. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.
HERSTELWERK 1818
W.P. LOODGIETERS: Gebarste pype, herstel van geisers, nuwe werke, herstelwerk aan ou geboue. Skakel 084 380 7890.
VAKANSIE & REIS
AKKOMMODASIE 2635
VAKANSIE AKKOMODASIE TOT 20 Des. 2014. Kaap Agulhas, slaapplek vir 8, R1 000 per nag. 50 m vanaf see/±200 km vanaf Kaapstad. Skakel 083 384 1250 na 14:00.
VOERTUIE
VOERTUIE TE KOOP ONDER R30 000 3064
MERCEDES BENZ E200, 1989, R17 000. Skakel 082 871 7677.
NOTICE OF SURRENDER OF ESTATE OF A DEBTOR'S ESTATE SECTION 4(1) OF THE INSOLVENCY ACT NO. 24 OF 1936 Notice of surrender of a debtor's estate in terms of Section 4(1) of the Insolvency Act no. 24 of 1936, as amended. Notice is hereby given that an application will be made to THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA, NORTHERN CAPE DIVISION, KIMBERLEY, on 4 JULY 2014 at 10:00 or as soon thereafter as the matter can be heard of the acceptance of the surrender of the estate of: NAME: Charlene Leach, identity number 830608 0050 084, OCCUPATION: Sales Representative ADDRESS: Corner Purchase Lane and Poolman Street, Kuruman, UNMARRIED and that the Statement of Debtor's Affairs will lay for inspection at the office of the Master of the High Court, Sol Plaatje Ave, Kimberley, and at the Magistrate's Court, Kuruman, for a period of fourteen (14) days from and including 6 JUNE 2014. VW HADDAD ELLIOTT, MARIS, WILMANS & HAY Attorneys for the Applicant Ground floor, Cheapside Building, Kimberley 8301 PO Box 179, Kimberley 8300. Tel: 053 831 1521, fax 086 612 6400 E-mail: haystd@elliott-maris.co.za Docex 3, KI.
GEREGTELIKE VEILING 4501
SOEK AFGETREDE DRYWER om plaaslike aflewerings te doen in Kuruman-area. Kode 10 en PDP 'n vereiste. Skakel D. Stander 072 141 6965.
BOEDELKENNISGEWINGS
ELEKTRIES
4215
C. Leach
Just Letting / HJR Swart & A Swart KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE In die Landdroshof vir die distrik van Hoëvelddrif gehou te Evander Saaknommer: 1461.2013 In die saak tussen: JUST LETTING Eksekusieskuldeiser en HJR SWART 1ste Eksekusieskuldenaar A SWART 2de Eksekusieskuldenaar In opvolging van 'n vonnis in die Landdroshof van EVANDER en 'n lasbrief vir eksekusie gedateer 5 Februarie 2014 sal die goedere hieronder uiteengesit in eksekusie verkoop word VIR KONTANT aan die hoogste bieder op 20 Junie 2014 om 09:30 by die baljukantoor, Skoolstraat 46, Kuruman: Volkswagen Polo met registrasienr. HGS 439 NW Geteken te Secunda op hierdie 29ste dag van Mei 2014. JORDAAN & COETZER ING. Grand Palace Gebou 1ste Vloer Secunda 2302 Verw: Mnr Jordaan (Jnr)/nb/J423
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Skiet vir SA in VK ZANDER BEYLEVELDT, ’n leerling aan die Hoërskool Duineveld, is in die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (Sanssu) se nasionale skietspan in die Sporter-afdeling ingesluit. Hierdie skietspan gaan in Bisley, Surrey, in die Verenigde Koningkryk aan die Britse Junior Internasionale Skietkompetisie deelneem. Die span bestaan uit 24 skuts van oor Suid-Afrika heen. Hy gaan van 4 tot 7 Augustus aan dié toernooi deelneem. Daarna gaan die skietspan van 8 tot 12 Augustus ’n toer van besienswaardighede volg.
ZANDER BEYLE VELDT.
Hokkiespanne meet kragte DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het op Saterdag 24 Mei teen die Hoërskool Kathu hokkiewedstryde gespeel. HMO se eerste hokkiespan het met 3-0
gewen. Die tweede hokkiespan van HMO het ook met 3-0 gewen en die derde hokkiespan het met 2-0 gewen.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
15
Nicola puik op skou
TIAAN FOURIE
Foto’s: Verskaf
Veltie-ruiters vaar goed RUITERS van die Hoërskool Duineveld het op Saterdag 17 Mei aan die derde kwalifiserende ronde van die Suid-Afri-
kaanse Berede Spele deelgeneem. Hulle het baie goed gevaar en neem op 28 Junie in Prieska aan die vierde been deel.
NICHOLA DE WAAL, ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Upington, het aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperdkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem en plasings verwerf in al vier ruiterkunsklasse waaraan sy deelgeneem het. Sy was derde in die driegangplesierperdklas vir ruiters 14 jaar en jonger, agtste in die vyfgangplesierperdklas vir ruiters 18 jaar en jonger, sesde in die driegangruiterklas 14 jaar en jonger en sewende in die vyfgangruiterklas 14 jaar en jonger. Sy het dié prestasies op die perd Walk in the Park behaal. Hy is al 23 jaar oud en is ook die perd waarmee Janine Bombosch Protea-kleure behaal het. Hy het die laaste keer in Bloemfontein deelgeneem en tree nou af.
NICHOLA DE WAAL Foto: Verskaf
DANIELLE DU PLESSIS
Spanne wys hul slag DIE Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas het op Saterdag 24 Mei teen die Hoërskool Blinkklip netbal- en rugbyligawedstryde gespeel. Die o.15-rugbyspan het met 29-0 gewen,
LARA BARNARD
die o.17-rugbyspan het met 35-33 gewen en die o.19-rugbyspan met 36-22. Die o.15-netbalspan het met 13-8 gewen, die o.16-netbalspan met 33-4 en die o.19-netbalspan het met 26-14 verloor.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 5 JUNIE 2014
Spelers haal hokkiespanne VERSKEIE van die Hoërskool Upington se hokkiespelers is in die Noord-Kaap-hokkiespanne en in die Platteland-hokkiespanne ingesluit.
Van dié hokkiespelers is sewe gekies om as deel van die Noord-Kaapspanne te speel en nege is vir Plattelandspanne gekies.
BO: Die spelers wat in die o.14NoordKaap span ingesluit is, is van links Anneri van der Merwe, Almarie Bruwer, Inge Wes sels, Erica Wessels (afrigter), Christene Richter, Jana Breedt en Zani du Plessis.
DIE spelers wat vir die o.18Plattelandspan gekies is, is van links, voor: Ciske van Niekerk en Raquelle Steenkamp; agter: Liné du Plessis, Lindsay Loots en Jannie van den Heever (afrigter). Foto’s: verskaf
LINKS: Veronique Vorster is vir die o.19 NoordKaapspan ge kies.
REGS: Die spelers wat in die o.16Platte landspan ingesluit is, is van links, voor: Lie zel Ferris en Mielanka van Schalkwyk; agter: Jade van Neel, Marlé Hoft en Jana Victor.
www.kalaharibulletin.co.za