Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
12 JUNIE 2014
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Goue oomblik
wen kompetisie
ABRIE VAN NIEKERK van Kathu se foto is as die wenfoto in die Jou oomblik, ons wynfotokompetisie aangewys. ’n Paneel van beoordelaars van die Orange River Cellars het dié pragtige foto gekies en hiermee wen Abrie ’n kis wyn per maand vir ’n jaar van die Orange River Cellars. Kyk op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het. Dié foto wen ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Gaan kyk ook op www.kalaharibulletin.co.za na die pragtige dierefoto’s wat vir die Juniefotokompetisie ingeskryf is. Foto: Abrie van Niekerk
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Kelder wen weer trofee DIT is nie meer nuwe nuus as Orange River Cellars met sy heerlike muskadel-wyne presteer nie, maar vanjaar het dié suksesstorie nuwe hoogtes behaal. Op die onlangse Ou Mutual-trofeewynskou, naas Veritas Suid-Afrika se invloedrykste wynkompetisie, het Orange River Cellars se Rooi Muskadel 2012 die trofee as Beste Gefortifiseerde Rooi Muskaat gewen. Hierdie prestasie volg kort op die hakke van die Muskadel-vereniging se jaarlikse kompetisie waar die kelder se Wit Muskadel 2013 weer met ’n goue medalje beloon is. Maar dit is die gesogte Ou Mutual-trofee wat behoorlik uitstaan en gesien word as ’n nuwe hoofstuk in die erkenning van Orange River Cellars en die Noord-Kaap as ’n vooraanstaande wynprodusent wat die Suid-Afrikaanse wynlandskap aanvul en ’n trotse wynstreek maak. Altesaam 1 040 wyne is vir vanjaar se Ou Mutual-trofee ingeskryf en slegs 24 wyne het trofee-status behaal. “Die Ou Mutual-trofeewynskou, onder leiding van die gesaghebbende wynpersoonlikheid Michael Fridjhon, is nie net ’n
belangrike Suid-Afrikaanse wynkompetisie nie, maar word oor die wêreld heen beskou as ’n belangrike barometer van wat in ons land op die wynfront gebeur,” sê Koos Visser, bemarkingsbestuurder van Orange River Cellars. “Die beoordelaars sluit ’n hele paar internasionale proeërs in en die kriteria is só streng dat wynprodusente dit as ’n eer sien om ’n bronsmedalje te wen, wat nog te sê van ’n goue. “Om dus een van die hoogste eerbewyse los te slaan, ’n trofee, wil gedoen wees. Dit is ’n besonderse voorreg om die trofee te wen, maar ’n nog groter voorreg om die geleentheid te kry om te sien hoe ons streek se wyne erkenning kry saam met van Suid-Afrika se voorste wyn-handelsmerke.” Maar wat is dit wat Orange River Cellars se muskadel-wyne van die voorstes ter wêreld maak? Volgens Henning Burger, bestuurder: wingerdboukundige dienste by Orange River Cellars, leen die geografiese toestande van die wingerde hulle tot die verskaffing van werklik uitstaande druif-gehalte. “Die Muscat de Frontignan-
wingerde waarvan ons wit en rooi muskadels gemaak word, groei eenvoudig onder die bes moontlike omstandighede,” sê Burger. “Hulle staan in diep alluviale grond met volop klei. Tesame met die lang rypwordingsfase waar die dae vol sonskyn is, verseker dit druiwe van diep, intense muskat-geure. Ons pars die druiwe tussen 26 en 30 grade balling wanneer hulle vol geur-konsentrasie is en aan ons wynmakers die perfekte vrug gee om mee te werk. “Ek spot met die wynmakers deur vir hulle te sê dat hulle geen verskoning het om nié wenwyne van hierdie klas druiwe te maak nie!” Volgens Visser is Orange River Cellars in die gunstige posisie om muskadel-wyne te maak wat ook ’n getroue gevolg onder verbruikers het. “Die algehele muskadelmark het die afgelope paar dekades verskraal, maar ons handelsmerk staan sterk onder muskadelliefhebbers,” sê Visser. “En later vanjaar stel Orange River Cellars sy muskadel en ander gefortifiseerde wyne onder ’n nuwe verpakking bekend wat die mark behoorlik gaan roer.”
CHRIS VENTER, produksiebestuurder van die Orange River Cellars, met die rooi muskadel wat op die Ou Mutualtrofeewynskou die trofee as Beste Gefortifiseerde Rooi Muskaat gewen het. Foto: Lizette Slabber
Kenners gee kinders raad VAN links is Rian van der Vyver (skoolhoof van Duineveld), Bernard Visser (bemarker van Duine veld), Dawie Roodt, Willem Basson, Lizelle du Plessis (adjunkhoof van Duineveld) en Riaan Kotze (hoof van die Hoërskool Upington). Foto: Verskaf
DIE ekonoom Dawie Roodt en finansiële adviseur Willem Basson het die Hoërskool Duineveld onlangs besoek en met al die besigheidstudie-, ekonomie- en rekeningkundeleerlinge gesels. Die twee het die leerlinge beïndruk met die wyse waarop hulle na Suid-Afrika en die wêreld se ekonomie kyk, probleme
raaksien en oplossings identifiseer. Hulle het die leerlinge mooi laat verstaan dat hulle sélf moet sorg dat hulle eendag welgesteld is, want dit is die enigste manier om vir jouself en vir ander te sorg. Roodt en Basson het Upington besoek as deel van Efficient Advice se werksessie oor “Jou finansiële wedstrydplan”.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
9
Forum vol planne op vergadering Wollie Burger DIE !Kheis-munisipaliteit se Forum vir Persone met Gestremdhede het onlangs sy beplanningsvergadering vir 2014-’15 by die Kalbas-padstal gehou. Daar is op verskillende projekte besluit, soos bewusmakingsprogramme en ook geleenthede om sport vir gestremdes in die !Kheis-munisipaliteit aan te bied. Forumlede het hulle sterk uitgespreek ten gunste daarvan dat gestremdes by gemeenskapsprojekte betrek wil word en ’n rol binne die verskillende gemeenskappe wil speel. Die eienaar van Kalbas-padstal, Wollie Burger, het ’n kompetisie bekend gestel waar gestremdes die geleentheid kry om ’n Kalbasmasker te ontwerp wat deur ’n onafhanklike paneel beoordeel sal word. Die pryse sal op ’n geskikte geleentheid aan die wenners oorhandig word. Ná die vergadering het forumlede onder die toesig en leiding van Koos Swart aan verskillende sportnommers en speletjies deelgeneem.
LEDE van die Forum van Persone met Gestremdhede is van links, voor: Aswill Engelbrecht, Hester Plaatjies, Marclon Steenkamp, Jan Samson, Sharon Brown, Mary Matthys en Juliana Jantjies; agter: Koos Swart, Boy Coetzee en Glenwill Samson. Foto: Wollie Burger
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Velties se hulpvaardigheid beloon DIE Hoërskool Duineveld se ATKV-Veltielandjeugtak is op die ATKV se jaarvergadering vir sy Huis Kleinduin-projek bekroon. Dié projek is in sy tweede jaar en is as die beste projek met die fokus op onderwys van al die jeugtakke in die NoordKaap en Namibië aangewys. Dié projek word deur die lede van die jeugtak bestuur en hulle help die gr. 1- tot gr. 3-leerlinge van Huis Kleinduin van Maandae tot Donderdae tydens middagstudie met hul huiswerk. Ronel Kotze, koshuismoeder van Huis Klein Duin, sê hul hulp is van onskatbare waarde. Hanri van der Merwe, Mej. Veltieland, en van die ander gr. 12-leerlinge het dié projek met hul lewensoriëntering-gemeenskapsprojek gekombineer. Elzette Burger, ’n lid van die ATKV se Rooiduintak in Upington, is ook nou by dié projek betrokke. Die ATKV-tak in Ariamsvlei, Namibië, het ’n skaap aan die Veltielandjeugtak geskenk waarmee hy dié eerbewys saam met die gr. 1- tot gr. 3-leerlinge kon vier. ) Die ATKV-jaarvergadering is van 28 tot 29 Mei in Buffelspoort aangebied en Elani Strydom van Duineveld was een van die 400 afgevaardigdes wat dit bygewoon het.
HANRI VAN DER MERWE, Mej. Veltieland en ’n lid van die ATKVVeltielandjeugtak, by die eerbewys wat dié jeugtak ontvang het vir die hulp wat hy aan die gr. 1 tot gr. 3leerlinge van Huis Kleinduin tydens studietyd verleen. Hier is Hanri by van die leerlinge wat hulle met hul huiswerk help. Van links is Chanel Brand, Han ri, Johané Luttig en Clarise Barnard. Foto’s: Lizette Slabber
BO: Die lede van die ATKVjeugtak help die leerlinge van Maandae tot Donder dae met hul huiswerk. Van links is Anica Booysen, Elana Booysen (ATKVlid), Samandri de Beer (ATKVbestuurslid), Johané Luttig en Jano Barnard (ATKVbe stuurslid).
REGS: Elzette Burger van die ATKVRooi duintak help Philip Strauss met sy huis werk.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
VAN links is, voor: Reuben Murphy, Sunell Mostert, Angus Damarah en Zaskia Pain; middel: Jana Lategan, Sheli Arnon, Alicé Maritz en Janri van Staden; agter: Rozelle van Niekerk, Gretha van Staden, Carla van Wyk en Lynette Engelbrecht.
Foto: Verskaf
Uppies ryg eerbewyse in DIE Hoërskool Upington het vanjaar die agtste keer aan die Calvinia-eisteddfod deelgeneem. Die 13 leerlinge het drie hoogste lof-, tien goue, 11 silwer- en vier brons-eerbewyse ontvang. Reuben Murphy het hoogste lof (voordrag) en ’n goue eerbewys (prosa) gewen. Sunell Mostert het ’n goue (voordrag) en twee silwer-eerbewyse (sang) gewen. Angus Damarah
het ’n silwer- en ’n brons-eerbewys (klavier) gewen. Zaskia Pain het hoogste lof (voordrag) en ’n goue eerbewys (prosa) gewen. Jana Lategan het hoogste lof (voordrag) en ’n goue eerbewys (prosa) gewen. Sheli Arnon het ’n brons-eerbewys (klavier) gewen. Alicé Maritz het twee goue eerbewyse (klavier) gewen. Janri van Staden het ’n goue en ’n silwer-eerbe-
www.kalaharibulletin.co.za
wys (viool) gewen. Rozelle van Niekerk het drie brons-eerbewyse (klavier) gewen. Gretha van Staden het drie silwereerbewyse (blokfluit) gewen. Carla van Wyk het drie silwer-eerbewyse (blokfluit) gewen. Lynette Engelbrecht het twee goue eerbewyse (klavier) gewen en Kaelene Hendricks het ’n goue en ’n silwer-eerbewys (klavier) gewen.
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Laerskool hou sportdag DIE Laerskool Oranje-Noord het op Saterdag 31 Mei ’n sportdag aangebied. Verskeie skole van so ver as Prieska en Kuruman het hieraan deelgeneem.
VASBERADE VORENTOE: Die Laerskool OranjeNoord het saam met die sportdag ook sy jaarlikse kermis aangebied. Hier probeer Migael van der Colff van OranjeNoord om deur die bulletjies van die Voorberei dingskool Fanie Malan se verdediging te breek. Foto’s: Lizette Slabber
DIE ENE KONSENTRASIE: Mianke Burger van die Laerskool OranjeNoord gooi die bal vir die span se doel.
DIE DOELLYN WINK: Rico de Jager van die Laerskool OranjeNoord hardloop om ’n drie te gaan druk.
GEE PAD VOOR: Berdri van der Westhuizen van die Voor bereidingskool Fanie Malan swenk rats om sy teenstanders te fnuik.
VLIEG DOELLYN TOE: Floyd Fox van die Laerskool Sentraal in Kakamas laat hom deur niemand keer nie as hy eers op spoed is.
“VIR WIE MOET EK GOOI?” Riana Archer van die Laerskool OranjeNoord konsentreer hard om vir die regte maatjie te gooi.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
19
Gekies vir Bokkies en NKspan
VIER netbalspelers van die Laerskool Sentraal in Kakamas is in die o.13Bokkieweeknetbalspan ingesluit. Van links is LaraMari Geldenhuys, Anelsje de Vos, Marna van Wyk en Ilze Schreuder. Foto: verskaf
Geniet kuier in Kimberley terdeë DIE leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas het die uitstappie na die Groot Gat in Kimberley baie geniet. Hier ry hulle op die trem. Foto: verskaf
SHIREEN WIESE (links) en Elanie Brand, leerlinge aan die Laer skool Sentraal in Kakamas, is vir die o.12NoordKaapnetbalspan gekies. Foto: verskaf
DIE o.9netbalspelers van die Laerskool Sentraal wat die Kort volksportdag van die Laerskool Newton in Kimberley bygewoon het, is van links, voor: Elrine Witbooi, Danel le de Wee, Danel Hay es, Moitse Madikong en Chiniel Saayman; agter: Elizna Schee pers, Jazzlynn Louw, Joré Wessels, Naydi ne Raman, Shani Vi viers, Riana Oberhol zer, Catelyn Beard more en Chloë Britz. Foto: verskaf
20
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 12 JUNIE 2014
Christin leef talente uit
VAN links is, voor: Navern Olivier, Candice Esau, LizaMari Groenewald en Aneché Ever son; agter: Marna Loots, Lali Lamprecht en RayAnn Snyders. Foto’s: Verskaf
VAN links is, voor: Anja van Niekerk, Chané Avenant en Melonice Kordom; agter: Kyla Coetzee, Esmarié Ferreira, Simoné Nickel en Mariandré Williams.
Netbalspelers deel van spanne
ALTESAAM 14 netbalspelers van die Hoërskool Upington is in provinsiale spanne ingesluit: ) Marna Loots, Kyla Coetzee en Esmarié Ferreira is in die o.18-span; ) Lali Lamprecht, Ray-Ann Snyders, Simoné Nickel en Mariandré Williams is
in die o.17-span ingesluit; ) Candice Esau is ’n lid van die o.16-span; ) Navern Olivier, Liza-Mari Groenewald, Aneché Everson, Anja van Niekerk en Chané Avenant is in die o.15-span ingesluit; en ) Melonice Kordom is in die o.14-span ingesluit.
CHRISTIN FOX (15) van die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas is as die Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play-sportster van die Maand vir haar skitterende prestasies in atletiek, netbal en tennis gekies. Sy blink oorwegend uit in naellope, hekkies en verspring. Christin het die seisoen begin met vyf rekords in die 100 men 200 m-naellope, verspring en 90 m- en 300 m-hekkies tydens die kleure-atletiek. Op die Top-20-atletiekbyeenkoms in Hartswater is sy as die beste hekkie- en meisies-atleet van die byeenkoms aangewys. Tydens die Oranje-Unie-byeenkoms het sy vyf eerste plekke en vyf rekords behaal. Hierna het die ZF Mgcawu-byeenkoms gevolg. Aangesien Christin met al vyf haar nommers vir die Suid-Afrikaanse kampioenskapbyeenkoms gekwalifiseer het, is haar nommers vrywillig tot drie verminder, naamlik naelloop, hekkies en verspring. Tydens die byeenkoms het sy drie eerste plekke vir haar hoof-nommers behaal. Hierna het die Noord-Kaap-byeenkoms gevolg. Christin het weer drie uit drie eerste plekke met ’n provinsiale rekord in verspring behaal. Op die Bellville-permit-byeenkoms het sy eerste in die 90 m-hekkies en tweede in die 100 m-naellope en verspring gekom. Daarna het sy en haar ouers na Pietersburg vir die nasionale atletiekkampioenskapbyeenkoms vertrek. Hier het Christin ’n goue medalje in verspring en ’n bronsmedalje in die 100 m- en 90 m-hekkies gewen. Ná die nasionale atletiekkampioenskap het sy ’n silwermedalje in verspring op die ASA-atletiekbyeenkoms op Coetzenburg, Stellenbosch, gewen. Christin se talente eindig nie by atletiek nie. Sy is ook sewende in die Noord-Kaapse o.15-meisies-tennisspan gekeur en is vir die Noord-Kaapse o.15-Diamante-netbalspan gekies. Christin se leuse is: Leef voluit! Bulletin, in samewerking met Z PR en SuperSport, wys elke maand ’n Let’s Play-sportster aan. Stuur vandag reeds jou benoeming. SuperSport se Let’s Play-sportster van die Maand se wenners sal van Februarie tot November 2014 gekies word. Jy kan jou benoeming e-pos na supersport@zpr.co.za of faks na 086-552-4922. Vir meer inligting, kontak Lynne Landman of Juanré Viviers van Z PR by 051-522 9574.
Lees vorige uitgawes digitaal by www.kalaharibulletin.co.za
CHRISTIN FOX
Foto: Verskaf