Upingtonbulletinub 20140625

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Dani毛lskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

26 JUNIE 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Mik na volpunte vir skoolbywoning AL di茅 maatjies van die Voorbereidingskool Fanie Malan gaan skool toe totdat die skole m么re sluit. By Fanie Malan kry die leerlinge 100%-skoolbywoningsertifikate en daarom mis geen van die maatjies skool tot 贸p die dag wat die skole vir die lang Julie-vakansie sluit nie. Hier wys hulle vir Deon Scheun, die skoolhoof, hoe lekker dit is om elke dag skool toe te gaan. Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Jeug op dag bemoedig Meris Kocks JEUGDIGES van Rietfontein het Jeugdag in die Rietfontein-gemeenskapsaal gevier. Die vieringe is deur die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Community Outreach Team (COT) gereël. Ao. Joey Titus, konst. Tebogo Oliphant en lede van COT het dié dag spesiaal vir die mense van Rietfontein gemaak. Die dag se tema was Ons kinders, ons toekoms. Die verrigtinge is met ’n motoroptog deur die SAPD begin om sy voertuie te vertoon en die boodskap oor te dra dat hy oor die nodige toerusting beskik en die mannekrag het om die gemeenskap te dien. Van meet af aan was dit duidelik dat die sprekers ernstig met die jeug wou praat. Willie Philander, voorsitter van die plaaslike dwelm-aksiekomitee, het die verrigtinge met Spreuke 3:1-3 geopen. Daarna het die sprekers veral klem gelê daarop dat die jeug meer betrokke in hul gemeenskappe moet word. Die fokus was op die gevaar van dwelmmisbruik, misdaad en visieloosheid. Ava van Wyk van Keimoes het kortliks ’n agtergrond van die 1976-gebeure gegee en die jeug versoek om bo hul omstandighede uit te styg. Bienta Jooste, ’n maatskaplike werker van Upington, het met deernis en frustrasie gepraat

oor die ellende waarin die jeug hulle dompel deur verkeerde keuses te maak. Uit haar werk as maatskaplike werker en politikus het sy voorbeelde voorgehou hoe die menswaardigheid van die individu weggeneem word weens verkeerde keuses wat gemaak word. Leonie Goeiman van die gebiedskantoor het baie lof vir die dansgroep van die Laerskool Philandersbron gehad. Sy was veral trots daarop dat die kinders op ’n jong ouderdom hul energie en talente positief aanwend. Goeiman het ook die jeug uitgenooi om hulle by Youth Against Crime, die gemeenskapspolisiëringsforum en Women Against Crime aan te sluit. Die Rietfontein-gemeenskapskoor, die Lutherse kerk se jeug en die dansgroep van die Laerskool Philandersbron het luister aan die verrigtinge verleen.

JUANITA BEUKES het ’n roerende gedig op die Jeugdag-vieringe, wat in die Rietfontein-gemeenskapsaal plaasgevind het, voorgelees. Foto: Meris Kocks

Jeug moet elke kans aangryp GIFT VAN STADEN, burgemeester van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit, het gedurende Jeugmaand ere aan die studente gebring wat op 16 Junie 1976 dood is. “Ons moedig die jeug aan om voordeel te trek uit die geleenthede wat beskikbaar is en om deel van die ekonomiese aktiwiteite van die land te word,” het hy gesê. Volgens Van Staden doen die regering alles in sy vermoë om te verseker dat die ekonomies-maatskaplike uitdagings wat die jeug in die gesig staar, aangepak word. Die tema van die Jeugmaandvieringe oor die volgende vyf jaar is Saam vat ons Suid-Afrika vorentoe. Jong mense word dus aangemoedig om saam met die regering te werk en op hierdie manier die land vorentoe te neem. Hy het ook gesê dat die nasionale ontwikkelingsplan se doel is om armoede uit te wis en om ongelykhede in Suid-Afrika uit te wis. Hy het mense aangemoedig om aktief betrokke te raak by al die geleenthede wat aan hulle gebied word. “Ek moedig u aan om vrede in die samelewing te bevorder en om waardering vir Suid-Afrika se demokrasie te toon. “Vanjaar word 20 jaar van demokrasie gevier en in dié tyd is baie dinge gedoen om die lewensgehalte van mense te verbeter en ons erken dat daar nog baie meer gedoen moet word,” het hy ter afsluiting gesê.


Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

26 JUNIE 2014

Kuruman

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Hospital in sad state Understaffed and mortuary and ER ‘a mess’ Ilse Watson AFTER the Kalahari Bulletin had received many complaints about the Kuruman Hospital, an investigation was launched to get to the bottom of the problems at the hospital. As one person said: “A while back my niece became ill and we had to rush her to hospital. We got there at about 21:00. There were only two nurses on duty in the ER. “They assisted us pretty quickly, but we had to wait for the doctor. There was only one doctor who was attending to a premature baby and we had to wait. “As time went by the ER got very busy. “The hospital was not very clean and on top of that my daughter spilled her drink on the floor. “I asked for a mop and was told someone will come clean it shortly. I was glad about that because I could not see myself touching that mop or that floor. “About three hours later the doctor arrived and attended to my niece. “The service was not bad at all except for the waiting and the unhygienic state of the place. “How can we expect human beings to work in an environment like that without complaining? Who would want to have a smelly workplace? “How can we as patients expect to remain calm when there are only two medical persons available to attend to 20 patients?” She continued to say that she would never choose to work in

Staff still not trained Ilse Watson

AMBULANCES at the Kuruman Hospital. Read more on page 2. such an environment. “There are truly some good employees in the hospital, but some of the best have chosen to leave. Why are they leaving?” The provincial media officer for the Department of Health (in Kimberley), Lulu Mxekezo, said in a press release that all the machines at the hospital were in working condition. They confirmed that there was one doctor available for the maternity ward, one available for ER and one for the general wards. As from many complaints received about the life-saving equipment at the hospital, it is a

fact that not all the machines are working. Some of the funeral companies in Kuruman confirmed that they sometimes went to the mortuary to collect bodies and found the mortuary in a total mess. They have to walk through pools of blood on the floors. When one of the funeral companies visited the hospital last week Monday, they found the ER in a total mess. It was smelly and very dirty. Patients had to bring their own linen as there was no bedding on the beds. ) In the past few months the Bulletin visited the hospital on

Photo: Supplied

many occasions to speak to the hospital manager. For many months she was never available (not in office) and she did not return any phone calls. Two weeks ago the Bulletin managed to see her and speak to her. ) Read more on page 2.

THE Kalahari Bulletin reported on 19 June that ten brand-new ambulances that were donated to the Kuruman Hospital had been parked behind the hospital since December 2012. These ambulances were donated by die John Taolo Gaetsewe (JTG) Development Trust. Apparently the ambulances were not used as the personnel still had to be trained. During 2013 the provincial media officer of the Department of Health, Lulu Mxekezo, said the vehicles were special because they were for obstetric services and this was why they needed specially-trained staff. The trust is funded by the Sishen Iron Ore Mine, known as Kumba, which is in the district. How many ambulances are currently used and in working order today is not known. The Bulletin could not reach any spokesperson who is involved with the ambulances. ) Read more on page 2.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Ritalin word ’n probleem DWELMMISBRUIK in Suid-Afrikaanse skole maak gereeld die hoofopskrifte in koerante. Maar die probleem is ongelukkig glad nie ’n verskynsel nie. Die nuutste gier onder vandag se jeug in voormalige model-C skole is die misbruik van Ritalin. Ritalin is medisyne wat vir kinders met aandaggebrek-hiperaktiwiteitversteuring (ADHD) voorgeskryf word. Die medisyne verhoog die sentrale senuweestelsel se aktiwiteite. Wanneer die pille deur ’n dokter voorgeskryf word, is dit doeltreffend om kinders wat aan ADHD lei te help om te konsentreer en waaksaam te wees. Maar daar is ook ’n donker kant aan die medikasie wanneer dit gebruik word deur kinders wat nie aan ADHD lei nie. Die medikasie se aktiewe bestanddeel, metielfenidaat, het dieselfde effek op die brein as kokaïen. Ritalin word deur kinders as pille gedrink of fyn gekap en dan gesnuif. Soms sal kinders wat ’n wettige voorskrif het hul pille as ’n ontspanningsdwelm aan ander kinders verkoop. Die pille kan ook by party dwelmhandelaars verkry word. Die aanvraag na die soort uitwerking van Ritalin is groot. Pille se pryse hang af van die sterkte van die tablet. Dié van 10 mg word vir R10 tot R20

verkoop, terwyl dié van 80 mg vir R40 na R50 per pil verkoop word. Die newe-effekte van die misbruik van Ritalin sluit verhoogte hartklop, beskadigde neuskanale en aggressiewe uitbarstings in. Aanhoudende misbruik kan ook psigose, impotensie, hartaanvalle en in uiterste gevalle, dood veroorsaak. Ritalin is net deel van die dwelmgebruik in skole. Volgens ’n opname wat deur die Anti Drug Alliance van Suid-Afrika onder 57 000 individue gehou is, is dwelmmisbruik in skole buite beheer. Van die resultate is dat: ) 69% van die deelnemers in die studie weet dat dwelms maklik by die skool beskikbaar is. ) 34% van die tieners erken dat hulle dwelms in die laaste maand gebruik het. ) Van die bogenoemde groep het 27% erken dat hulle weekliks dwelms gebruik. ) Die dwelms wat die algemeenste in skole voorkom, is dagga, cat, tik, kokaïen, nyaope en Ritalin. Ouers van skoolgaande kinders, hetsy laerskool of hoërskool, moet aandag en onderrig aan hul kinders oor die gevare van enige dwelmmisbruik gee. Die negatiewe effek van groepsdruk moet aktief deur ’n oop en gesonde ouer-kindverhouding teengewerk word.

Almal hoort iewers Karin Muller ALMAL van ons wil voel ons hoort iewers. Ons wil deel van iets wees. Selfs diegene wat luidkeels aankondig dat hulle in vrede gelaat wil word, niks met ander mense te doen wil hê nie en heeltemal gelukkig op hul eie is, het waarskynlik iewers in hul binneste tog ’n verlange om iewers te hoort. ’n Paar maande gelede het ons ons by ’n karateklub aangesluit. Daar is heelwat dinge wat ek sou uitvind . . . Ek is ouer as wat ek onthou. Stram. Onfiks. Met baie min koördinasie. Die prentjie wat ’n mens soms in jou kop het, is nie altyd so maklik prakties uitvoerbaar nie. Dit verg baie oefening. Tyd. Deursettingsvermoë. Selfs frustrasie. Tog weet jy, wanneer jy jou buiging by die deur maak en die saal betree, is jy deel van iets. Of jy meer as die res sukkel en of jy dit toe oë kan doen, maak nie ’n groot verskil nie. Sensei raas as jy droogmaak. Hy moedig aan wanneer jy sukkel. Hy gee ’n pluimpie waar

dit toekom. Niemand word uitgesonder nie. Soos dit hoort. Of dit ’n sportklub, ’n kerk of ’n skool of ’n ander soort organisasie is – almal wil voel dat hulle dieselfde belangstelling of doelwit met ander mense deel. Dieselfde uitgangspunt. Dieselfde liefde. Dieselfde toewyding. Iewers waar jy wil voel dat mense gaan opmerk as jy dit nie bywoon nie. Dat jy in jou afwesigheid selfs ’n bietjie gemis gaan word. As jy voel jy het nie ’n instansie waaraan jy behoort nie, wil ek jou uitdaag: soek een. Word deel van iets wat baie groter is as jyself. En as jy ná jou groot soektog voel dat daar niks is wat jy kry of in belang stel nie? Jy is uniek. Jy het baie gawes. Jy het baie om te gee. Waarom begin jý nie iets waar ander mense kan voel hulle behoort nie?

Diep in Kalahari gewortel

DIE Kgalagadi-oorgrenspark is ’n ideale plek vir fotograwe om besonderse foto’s te neem. Die kameeldoringbome daar is van die mooistes, soos hierdie komposisie van ’n dooie boom langs ’n lewende een wys.

Foto: Ilse Watson

Dra die belofte van hoop Ds. Schalk Theart TERWYL ek nog in Grootkerk Graaff-Reinet predikant was, het ’n oudstudent en kollega van prof. Anna Neethling-Pohl my kom sien. Tydens haar verblyf in die dorp het sy die begeerte gehad om vir die gemeente Psalm 8 voor te dra. Op huisbesoek sien ek haar nog kop agteroor en oë toe en sy sing die lied: Here, ons Here, hoe wonderbaar is U naam oor die hele aarde. Hy kom vra my om ’n diens by haar pa se graf te hou. Prof. Neethling-Pohl sal dit waardeer as ek oor Psalm 8 kan preek. Ons gaan haar as op haar pa se graf neerlê. Op ’n gevoelvolle wyse het die student ook Psalm 8 voorgedra. As ’n mens na die sterre kyk, ervaar ’n mens ’n verlorenheid onder die eindelose, donker koepel. Maar ook troos dit jou dat God beheer oor alles het.

3/20

4/22

4/21

Die liedjie God hou die hele wêreld in sy hand, bevestig wat die skrywer hier sê. Die eerste wat daaroor sing, is kinders en suigelinge. Hulle besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. Kinderstemme rig ’n vesting van God se naam op. Dit maak God se vyande stil. Geen mag, geen twyfel, geen angs kan die lofvesting bedreig nie. Die wonderwerking van God is dat Hy dink aan die mens en Hy sien na hom om. U kom gee die heerskappy oor U goeie skepping aan die mens oor. U laat hom heers oor die werk van U hande. U het alles aan hom onderwerp - miskien is dit die rede hoekom die skepping in barendsnood is.

0/19

4/22

4/21

Die skepping sug onder die onbeholpenheid van die mens. Die bedreigde vleiroos, die bedreigde aasvoël en bontskilpad, uitputbare waterbronne, gapende, onherstelbare myne - die sugte kom uit duisend kele van honger kinders en mense wat ly onder geweld. Die groot risiko waaraan die wêreld onderwerp is, word juis gedra en gewaarborg deur die lofsange uit kinderstemme wat sing oor alles wat God tot stand gebring het. God se goedheid en genade oorspoel al die mislukkings van die mense. Op die Seun van die mens wat Lam van God geword het, het al die sugte en klagtes van die skepping neergekom sodat Hy gebuk gegaan het onder ’n kruis. Totdat Hy weer kom, sit Hy sy skepping in ons hande. Ons moet die belofte van hoop dra. Hoe wonderbaar is U Naam oor die hele aarde.

3/22

5/25

7/25

Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Talks on MDG held STATISTICS SOUTH AFRICA presented a workshop to the personnel of the ZF Mgcawu District Municipality on the Millennium Development Goals (MDG) country report 2013. In September 2010 Statistics South Africa was directed by the cabinet to institutionalise participation in the MDG reporting processes. In order to address implementation and embedding it in the National Development Plan, Provincial Growth and Development Plans and the Integrated Development Plans of municipalities the 2013 MDG Report process has been designed to include participation of civil society organisations at all levels of governance structures. There were various presentations to discuss the data based on the accomplishment of the eight Millennium Development Goals of South Africa, which are: 1. to eradicate extreme poverty and hunger; 2. to promote universal primary education; 3. to promote gender equality and to empower women;

4. to reduce child mortality; 5. to improve maternal health; 6. to combat HIV and Aids, malaria and other diseases; 7. to ensure environmental sustainability; and 8. to develop a global partnership for the development. The workshop was attended by government departments, municipalities and civil society organisations. The intention of the data presented was to ensure that relevant parties used the information to ensure that targets were reached within their respective sectors. Statistics South Africa has to ensure that the following are achieved: ) communication of MDG activities to all stakeholders; ) make MDG relevant to South Africa; ) two national methodology workshops; ) domesticating indicators and setting targets; ) provincial MDG workshops; ) establishment of MDG working committees; and ) guidelines for the committees to guide their function and responsibilities.

Man en sy verloofde oorleef inbraak Ilse Watson VERLEDE Vrydag om 02:00 is daar by die huis van Nico du Plessis (van Kuruman) ingebreek. Die vier diewe het by ’n venster ingeklim nadat hulle die diefwering gebuig en geknip het. Du Plessis en sy verloofde het wakker geword toe flitse en gewere op hulle gerig is. Hulle is beveel om stil te bly. Die diewe het hul hande agter hul rûe vasgebind en hul voete was ook vasgebind. Hulle het vir Du Plessis se verloofde gesê om plat op haar maag te lê en haar gesig in die kussing te druk. Sy is beveel om nie na hulle te kyk nie. Du Plessis se gesig is met sy japon toegemaak.

“Hulle het vir my gesê hulle soek die kluis se sleutel. Hul geweer was op my gerig en ek het geen keuse gehad as om dit vir hulle te gee nie. Al die juwele van my oorlede vrou is gesteel. My ma, wat in die ouetehuis woon, se juwele is ook gesteel,” vertel Du Plessis. Die booswigte het ook die kontant, sy 9 mm-pistool en ammunisie en hul selfone gesteel. Al die klere in die kaste is op die vloer uitgegooi. “Nadat die diewe verdwyn het, het ek ’n mes uit die bedkassie gehaal en die bure gebel. Hulle het die polisie gebel wat vinnig by ons was. ’n Mens is so magteloos, jy kan niks doen nie. Dank die Hemelse Vader dat hulle nie ons lewe geneem het nie.”

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Wikkel en stuur nou jou foto’s Lizette Slabber ALLE inskrywings vir die Kalahari Bulletin se dierefotokompetisie moet voor middernag vandag by die Kalahari Bulletin wees. Môre word die finaliste gekies. Hou dus www.kalaharibulletin.co.za dop om te sien watter foto’s die kortlys gehaal en watter foto’s as finaliste aangewys is. Die vyf finaliste sal in volgende Donderdag se Kalahari Bulletin gepubliseer word. Dan kan almal solank hul foto’s van voëls inskryf, want in Julie is die tema van ons fotokompetisie voëls. Die wenfoto gaan ’n lekker prys wen en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, gaan ’n geskenkpak van die Orange River Cellars wen. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner, wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ontbyt daagliks, asook ’n Sondagmiddagete, in. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt

daagliks by een van die NC Famous Lodges. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Stuur inskrywings na lizette.slabber@volksblad.com. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is en waar die fotograaf woon. Slegs amateurfotograwe mag hulle voortaan inskryf. Geen korrespondent van die Volksbladgroep mag hulle voortaan inskryf nie. Daar is geen beperking op die getal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die NoordKaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.

) Elke maand sal die inskrywings op www.kalaharibulletin.co.za en op die koerant se Facebookblad geplaas word – so gaan na www.facebook.com/ kbulletin om na die foto’s te kyk.

DIE skattige lammetjie is deur Jacoline van Rooyen afgeneem. Foto: Jacoline van Rooyen

PIERRE JANSEN VAN VUUREN het dié statige langeraat vir die Kalahari Bulletin se dierefotokompetisie ingeskryf. Foto: Pierre Jansen van Vuuren

IN Julie is die tema vir die Kalahari Bulletin se fotokompetisie voëls. Stuur nou jou voëlfoto’s na lizette.slabber@volksblad.com. Heidé Carey het die pragtige foto ingestuur. Foto: Heidé Carey

LE RICHE DU PLESSIS het dié lekker gaap vasgevang.

Foto: Le Riche du Plessis


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

7

Illegal goods confiscated Ilse Watson THE police in Wrenchville held an operation last Friday where they confiscated illegal substances and old food. The operation was held in conjunction with the Immigration Department, environmental health practitioners of the John Taolo Gaetsewe (JTG) district, the Ga-Segonyana Municipality and the Community Policing Forum (CPF) of Wrenchville. They visited various tuck-shops in Wrenchville and checked for business

licences (if they were still valid), cleanliness and neatness. Illegal ginger beer and illegal cigarettes were confiscated. Expired goods (that had expired in 2013) such as chocolate, baby milk, sweets and chips were also confiscated. All the expired goods were buried in a hole in Kuruman. The police want the community of Wrenchville to be aware of illegal and expired goods that are sold by foreigners. Another operation was held yesterday.

OLD and expired goods were confiscated by the police during an operation in Wrenchville.

Photos: Supplied

POLICE and other workers discard the illegal and expired goods.

OLD chocolate was confiscated at one of the tuck-shops.

Sing, speel en wen groot pryse DIE land se senior burgers word genooi om met bewese gehaltesang- en/of musiektalent aan die tweede kompetisie deel te neem wat deur die ATKV aangebied word. Die kategorieë waaraan jy kan deelneem, is: Sing enige Afrikaanse lied met enige musiekinstrument as begeleiding; Speel enige Afrikaanse nommer met enige musiekinstrumente. Vra iemand om jou te help om die liedjieen/of musiekinstrument op ’n CD te laai of dit in MP3-formaat aan die ATKV te e-pos. Jy kan jou vir albei kategorieë inskryf. Jy kan ook meer as een liedjie en meer as een musieknommer inskryf.

Die beoordelaars is Rouel Beukes, Lieb Bester, Mimi Coertse, Theo Erasmus, Sonja Herholdt, Lance James, Martin Lane, Trevor Nasse, Min Shaw, Gert van Tonder en Ollie Viljoen. Stuur ’n SMS na 082-925-1488 of ’n e-pos na iakotze@mweb.co.za om ’n inskryfvorm te bekom. Die sluitingsdatum is 30 Augustus. Die twee kategoriewenners wen Lapa-boeke en twee dae se verblyf by ’n ATKV-oord. Rig navrae aan Sakkie Kotze by 082-925-1488. ) Kyk die video van ’n haarkapper van Kroonstad, Anette Jonker, verlede jaar se wenner van die Afrikaanse liedjie-afdeling by www.kalaharibulletin.co.za.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Chairs make difference THE Ga-Masego Primary School is located in the Ga-Masepa Village outside Kuruman. The school currently accommodates 213 learners from gr. R to gr. 7 and they have seven teachers. Upon receiving their application for assistance, the Finsch Diamond Mine (FDM) Corporate Social Investment (CSI) committee approved 120 chairs to the value of R25 000 for the school to assist with the conducive primary learning environment. The chairs were handed over by CSI committee members on 29 May. During the handover, the school principal also reiterated his appreciation to the Finsch Diamond Mine in approving their request and thanked the mine management for the establishment of a CSI committee, which is aimed at assisting the needy communities from the mine labour-sending areas. The school also formed part of the Rally to Read Programme between 2008 and 2010. The FDM CSI committee will continue

Win with crafts AFTER receiving new chairs for their classroom, the learners are all smiling. Photo: Supplied to monitor the school to ensure that the donation is being used to benefit the learners. The CSI committee encourages

organisations to submit their applications for community projects not exceeding R25 000.

Young citizens take action against rape Ilse Watson LEARNERS of the Wrenchville High School showed what it meant to become empowered by becoming the newest representatives of the Northern Cape in the Young Citizen Action Programme (YCAP) last weekend with their statutory rape campaign. For the second time they walked away with the title. Schools that participated were required to develop a concept project to address

any social or environmental challenges that they had identified in their communities. The aim of the project was to create awareness and they encouraged people to talk openly about rape. The learners also spoke on the local community radio to get their message across. The learners will represent the Northern Cape at the National YCAP competition that takes place in Durban this coming weekend.

LEARNERS who took part in the statutory rape campaign are from the left Motlagomang Gasenamore, Roxanne Brooks, Refilwe Molale, Mathapelo Bodukance, Ontiretse Mosale, Tsepo Kgatlhane, Tlaleng Ketumile, Lerate Mooko, Kgalaleo Seekoei, Tshireletso Thlomedi and Omphile Mfana. Photo: Supplied

Buurtwag werf lede vir slaankrag Ilse Watson MET die toename in inbrake, gewapende rooftogte en algemene misdaad in Kuruman doen die buurtwag ’n beroep op Kurumaniete om hulle daarby aan te sluit. Die buurtwag het 15 lede, maar benodig 30 lede om in die aande die strate te kan patrolleer. Die meeste

misdaad het altyd oor naweke plaasgevind, maar dit blyk dat misdadigers nou ook op Donderdagaande baie aktief is. ) Om jou by die buurtwag aan te sluit skakel 079-253-0283. ) Vorms om jou by AfriForum aan te sluit is by die kantoor van die Kalahari Bulletin in Kuruman beskikbaar.

CHECKERS and Shoprite, in conjunction with Age in Action, is again sponsoring the Pretty Things for Little Things campaign that urges customers, especially senior citizens, to make clothes and toys for needy children. Submissions for the 2014 Pretty Things for Little Things campaign opened on 1 June. Through the creative and generous contributions made by the public, this campaign has, since its inception 12 years ago, collected and distributed more than 120 000 handmade clothes, toys and blankets to needy children across South Africa. Checkers and Shoprite, in conjunction with Age in Action, would like to thank everyone who participated in and contributed to this worthy initiative over the years, and challenge customers and senior citizens to keep on knitting, sewing, building and crafting so that the joy can be spread even further over the coming years. During last year’s Pretty Things for Little Things campaign, over 20 000 unique handmade items were received. The project calls on entrants to make anything practical, durable and safe that a child can wear or play with. Articles can be made of any resources available and can be entered into four categories, namely soft toys, blankets, clothing, and other articles. While the project is open to all, only senior citizens of 60 years and older who enter their handiwork stand a chance of winning generous vouchers that can be used at Checkers, Checkers Hyper or Shoprite stores nationwide. Three winners per category will be selected in each province. The provincial winners receive gift vouchers to the value of R2 500, R2 000 and R1 500 for first, second and third place respectively, and also go through to the final judging round in which three national winners per category are chosen. National winners receive vouchers to the value of R6 000, R4 000 and R3 000. There is also a merit prize for the person who enters the most items in his or her province, as well as for the person who enters the most items nationally. The closing date for submissions is 31 August. Provincial winners will be announced in September and national winners in October. Winners’ details will be published in the December edition of Ideas. Entry forms can be obtained from the Money Market counter in any Checkers, Checkers Hyper or Shoprite store or from Age in Action offices countrywide, or download the entry form at www.shoprite.co.za or www.checkers.co.za. The supermarket group believes in the potential inherent in the youth of South Africa, and that children should be provided with opportunities not only to grow and learn, but also to feel happy and nurtured. In keeping with this commitment to the youth, the Checkers and Shoprite chains sponsor several projects aimed at enriching the lives of children, especially those less privileged. Enter now and help Checkers, Shoprite and Age in Action to bring much-needed happiness to little ones throughout South Africa when these beautiful creations are distributed to needy children as early Christmas presents later this year.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

TYDENS die TopGear-fees is motorentoesiaste ook genooi om die derde Kalahari Desert Speedweek van 20 tot 27 September by te woon.

9

Foto: Verskaf

Noord-Kaap-stalletjie lok talle

TYDENS die TopGear-fees wat by die Moses Madiba-stadion in Durban plaasgevind het, het die NoordKaap-stalletjie besoekers die geleentheid gegee om te voel hoe die Bloodhound- supersoniese motor oor Hakskeenpan jaag. Foto: Verskaf

VANJAAR was die Kalahari ’n groot trekpleister tydens die TopGear-fees wat van 21 tot 23 Junie by die Moses Mabida-stadion in Durban plaasgevind het. Die Noord-Kaapse departement van toerisme het daar gaan wys dat die Kalahari dié plek is vir motorentoesiaste om te besoek. Die Noord-Kaapse stalletjie op dié fees het die fokus laat val op die Bloodhound-projek en die Kalahari Desert Speedweek wat vanjaar van 20 tot 27 September plaasvind. Besoekers aan die TopGear-fees kon ’n voorsmakie kry van hoe die Bloodhound supersoniese motor in 2015 gaan probeer om die landspoedrekord op Hakskeenpan te verbeter. In 2015 gaan Andy Green probeer om die landspoedrekord te verbeter en in 2016 gaan hy weer na Hakskeenpan kom om te probeer om vinniger as 1 600 km/h te ry. Feesgangers kon voel wat Green in 2015 gaan voel deur die Bloodhound Driving Experience-nabootser te gebruik. Die stalletjie het ook ’n skaalmodel van die motor, een van die motor se

wiele en ander interaktiewe speletjies bevat. James May, beter bekend as Captain Slow van TopGear, het self twee klein komponente van die motor gemaak en dit gaan nou deur streng toetse voordat dit op die motor gebruik gaan word. Die stalletjie het ook die kollig op die Kalahari Desert Speedweek laat val. Vanjaar vind die derde Speedweek op Hakskeenpan plaas. Duisende motorentoesiaste gaan weer hiervoor na Hakskeenpan en motors – van vooroorlogse motors tot moderne supermotors en motorfietse – gaan deelneem. Volgens Sharron Lewis, uitvoerende hoof van die departement, het die Noord-Kaap verlede jaar ’n 23%-groei in toerisme ervaar. “Dit is juis dié soort geleenthede en die provinsie se uitsonderlike natuurskoon wat mense na die Noord-Kaap bring. “Daarby vestig dit die internasionale media se oë op die streek en help dit baie om by te dra tot die ekonomiesmaatskaplike welstand van veral die Mier-gebied,” het sy gesê.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Plesierige atmosfeer op kerk se ‘straatmark’ Wollie Burger DIE NG kerk Grootdrink het vanjaar vir sy basaar ’n nuwe baadjie aangetrek. Die geleentheid is as ’n straatmark aangebied en alle stalletjies is tussen die bome op die terrein van die kerk geplaas. Soos dit al tradisie geword het, was daar ’n wye verskeidenheid heerlike gebak. Ook eie aan dié streek was daar

heerlike vleisgeregte soos sosaties, boerewors en skaaptjops wat deur kennerhande voorberei en gebraai is. Vir die kinders was daar genoeg om aan te peusel en speletjies wat hulle besig gehou het. Dit was ’n tipiese wintersoggend. Besoekers het ’n bietjie afgeskakel en kon rustig met bure en ou vriende kuier en gesels en die wintersonnetjie ten volle geniet.

LIDMATE van die NG kerk Grootdrink sit lekker in die wintersonnetjie en gesels.

DIE kinders het die speletjiestafel terdeë geniet. Van links is Henry de Klerk, Pieter Slabber, Milla Slabber, Albert de Klerk, Andries Steenkamp, Hanno Coetzee en Wian Liebenberg.

Foto: Wollie Burger

Gaan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.

DIE personeellede van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit wat tussen 85% en 89% op die prestasiebestuurstelsel behaal het, is van links, voor: Dirkie van Rooi, Charity Malgas, Aletta Lategan, Elizabeth Sterrenberg, Jane Mokoa en Martha Manyehe; agter: Thalita Skei, Anzonnia Phete, Poppy Montshiwa, Jennifer Adam, Jacoba Combrinck, Sasha Dube, Mandisa Sidwaba en Beulah Clarke. Foto: Verskaf

Uitstaande werk beloon DIE ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit het ’n prestasiebestuurstelsel waarvolgens sy werknemers beoordeel word. Die bestuurstelsel verseker dat personeel aangemoedig word om in die uitvoering van hul pligte uit te blink en personeel wat goed presteer, word dan volgens ’n stelsel beloon. Altesaam 14 personeellede van dié distriksmunisipaliteit het onlangs tussen 85% en 89% op die bestuurstelsel behaal en kwalifiseer dus nou vir ’n beloning.

Die prestasiebestuurstelsel is van kardinale belang om te verseker dat die sleutel-prestasieaanwysers toegepas word, dat dit die gewenste ontwikkelingsimpak het en dat hulpbronne doeltreffend gebruik word. Daarbenewens moet ’n munisipaliteit se prestasiebestuurstelsel verhoogde aanspreeklikheid, verbetering en vroeë waarskuwing bied. Die stelsel monitor werklike prestasie teen teikens en kontraktuele verpligtinge.

Toerisme-instansies moet hulle vir eerbewyse inskryf TIEN Noord-Kaapse toerisme-instansies het hulle vir die 2014-Lilizela-toerisme-eerbewyse ingeskryf en die departement van toerisme nooi alle ander toerisme-instansies om hulle nou vir dié kompetisie in te skryf. Die inskrywings sluit Sondag. Daarna kan lede van die publiek tot op 13 Julie vir hul gunsteling stem. Die Lilizela-toerisme-eerbewys is in 2013 begin om uitnemendheid in die toerisme-bedryf te vereer. Daar word op dienslewering, entrepreneurskap en volhoubare toerismeontwikkeling gefokus. Lilizela word gesamentlik deur Suid-Afrikaanse Toerisme en die Tourism Grading Council aangebied om diegene wat ’n merkwaardige impak op toerisme in Suid-Afrika gemaak het te vereer. Volgens Sharron Lewis, uitvoerende hoof

van die departement van toerisme, wil hulle graag Noord-Kaapse instansies uitnooi om hulle in te skryf. “Ons wil alle Noord-Kaapse besighede nooi om deel te wees van die wonderlike ondervinding. Die Lilizela-eerbewys is ’n kans vir die Noord-Kaap om ook gereken te word. Die pryse is ongelooflik en die blootstelling op nasionale en internasionale vlak kan ’n groot impak op die plaaslike bedryf hê,” het sy gesê. Die Lilizela-eerbewys word oor ’n wye reeks kategorieë toegeken soos akkommodasie, besoekerservarings, toeriste-pamflette, volhoubare ontwikkeling en entrepreneurskap. Om in te skryf is gratis en kan aanlyn gedoen word by www.2014.lilizela.co.za. Lede van die publiek kan aanlyn stem.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Maak ’n draai by Charmies CHARMIES DÉCOR, wat onder eienaarskap en persoonlike bestuur van Antonia Nel en Lizbe Jonas is, sal op 1 Julie reeds ses jaar bestaan. Charmies bied ’n wye verskeidenheid vir klante in binnehuisversiering. Dit sluit in die maak van gordyne in al die nuutste materiaalsoorte en dekormodes, stoffering, asook blindings van goeie gehalte met ’n tweejaar-waarborg. Charmies Décor is propvol lampe, sierkussings, kunsblomme en geskenke om van te kies. Antonia en Lizbe poog altyd om klante tevrede te hou deur goeie diens te lewer en produkte van die beste gehalte aan te bied. Hulle sê die klant se behoeftes en begroting word altyd in ag geneem. Maak gerus ’n draai by Charmies Décor in Le Rouxstraat 54 en beleef die hartlike atmosfeer.

LINKS: DIE Umra-gebou met sy palmbome is ’n bekende gesig in Upington. Die winkels in dié gebou bied ’n wye verskeidenheid wat in almal se behoeftes val. Foto: Lizette Slabber REGS ONDER: Die eienaars van Charmies Décor, Antonia Nel (links) en Lizbe Jonas. Hulle nooi almal om die hartlike atmosfeer van dié besigheid te beleef. Foto: verskaf

DIE bekende gesigte van Lizzi’s en Charmies Decor helder die Umbragebou pragtig op. Foto: Lizette Slabber

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Suzuki Ertiga versprei die ‘luv’ Ferdi de Vos ERTIGA. Wat ’n vreemde naam, veral vir ’n Japanse ryding. Hoewel dit vir ons eksoties mag klink, beteken dit in Indonesies letterlik driery-gesinsmotor (“er” beteken ry en “tiga” is drie). Indonesië is die eerste mark buite Indië waar dié Suzuki-bussie, wat in 2012 bekend gestel is, gebou word. Nou voer Suzuki Suid-Afrika die sewesitplek-veeldoelbussie in om slag te bied teen Toyota se gewilde Avanza, Nissan se Grand Livina, die Mahindra Xylo en FAW se Sirius. Vroeër vanjaar het Suzuki sy modelreeks aggressief met sy nuwe Swift-, Swift Dzire- en SX4-modelle begin uitbrei. Suzuki dring op die omskrywing LUV (Life Utility Vehicle, oftewel leefnutsryding) vir sy nuwe mini-veeldoelvoertuig aan. Diegene wat nog die Chev LUV (destyds het dit gestaan vir ligte werkvoertuig) van toenterjare kan onthou, behoort dit nogal amusant te vind. Wys jou net hoe die “luv” versprei. In wese is die Ertiga ’n Swift op ’n langer onderstel. Teen 4,6 m is hy ’n stewige 77,5 cm langer as sy luikrug-kollega. Sy hoër daklyn en langer bakwerk verseker dat hy stileringsgewys anders as die Swift lyk, met ’n dieper lugskort en

misligte voor, asook groter hoofligte weerskante van die tradisionele Suzuki-sierrooster. Lugdinamiese lyne, ’n breë spoorwydte en beperkte bakoorhange laat die Ertiga slanker en ratser as die hoë Avanza en selfs beter as die Livina lyk. Vyf modelweergawes met drie toerustingvlakke (GA, GL en GLX), almal aangedryf deur Suzuki se lewendige K14B-viersilinder-petrolenjin van 1 373 cc en met ’n keuse van ’n vyfgang-handratkas of outomatiese viergangkas, is nou beskikbaar. Hoewel ’n dieselmodel (met ’n Fiat-enjin) in Indië beskikbaar is, is dit nie plaaslik oorweeg nie, vermoedelik vanweë die groot vraag na dié model in Indië en ook omdat Suzuki klaarblyklik Suid-Afrika steeds as ’n mark “net vir petrolenjins” beskou. Dis jammer, want dit kon Suzuki ’n unieke voorsprong oor sy mededingers gegee het. Op ons toetsroete naby Oos-Londen het die klein petrolkragbron (70 kW teen 6 000 r/min.) heel flink in die swaarder GLX-modelle gevoel, maar teen lang steiltes uit het sy beperkte wringkrag (130 Nm teen 4 000 r/min.) beteken dat die vierde rat gou opgesoek moes word. Danksy ’n korter ratverhouding as dié in die Swift trek die handrat-model heel skaflik tussen verkeersligte, maar moenie vuurwerk op Hoëveld-hoogtes verwag nie. Sy brandstofverbruik

SUZUKI se nuwe Ertiga. is egter goed – 7,1 liter/100 km op die kort toetsroete. Suzuki maak aanspraak op 6,6 liter/100 km. Soos in die Swift is die voorsitplekke gerieflik en so ook die tweede ry sitplekke. Die ontwerpdoelwit was om die derde ry ook gemaklik vir twee volwassenes te maak, maar die ruimte is maar knap – eintlik net prakties vir kleuters. Die rye kan platvou om die beste kombinasie van sitplek- en laairuimte te vind. Met al sewe sitplekke opgeslaan, is net 135 liter pakplek beskikbaar, maar met die agterry platgevou, vergroot dit tot 482

Foto: verskaf

liter. Met die middelry ook platgeslaan, is 736 liter ruimte beskikbaar. Die tweede ry sitplekke is 60:40 verdeel en kan 240 mm vorentoe of agtertoe beweeg en met alles platgeslaan, word ’n tamaai, plat laaivloer geskep. Die GL- en GLX-weergawes het ook ’n versteekte 22-liter-kompartement onder die pakruimvloer. ’n Verskeidenheid bekerhouers en bêreplekke is ook beskikbaar, waaronder ’n paneelkissie en instrumentpaneelrakkie, deurvakke en bêresakkies agter die sitplekke se rugleuning.

In die GLX is toerusting soos ’n geïntegreerde klankstelsel met ses luidsprekers en USB-poort, elektriese ruitbeheer, ’n afstandbeheerde sluit/alarmstelsel en ’n veelfunksie-ritrekenaar standaard. Suzuki was ook slim deur die intreevlak-GA bekend te stel, want dié model met sy basiese toerustingpakket gaan gewis gewild wees as taxi en vir personeelvervoermiddel. Die Ertiga het in teenstelling met die leerraam-onderstel van die Avanza ’n enkelbak-onderstel met onafhanklike MacPherson-stuttipe vering voor en ’n kronkelstaaf met kronkelvere agter. Dit maak hom rats en vasvoetig, selfs op ruwe, uitgetrapte teeroppervlakke en in dié opsig is die Suzie beslis voor sy mededingers. Sy prys wissel tussen R159 900 en R207 900 en verdien om goed te verkoop. Suzuki beplan ’n afset van 80 per maand. Met goeie bemarking en stewige naverkoopdiens behoort dit maklik te wees en indien jy in die mark is vir ’n klein veeldoel-gesinsryding, móét jy hom oorweeg. ) Pryse: 1.4 GA – R159 900; 1.4 GL – R179 900; 1.4 GL (outo) – R194 900; 1.4 GLX – R192 900; en 1.4 GLX (outo) – R207 900. ) Waarborg van drie jaar/ 100 000 km, versienplan van vier jaar/60 000 km en ’n jaar se padbystandiens ingesluit.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

EcoSport: Outomaties fantasties Jannie Hennop WIE het ooit gedink die dag sal aanbreek dat ’n mens opgewonde kan raak oor ’n groterige kar (wel, relatief) met ’n eenliter-enjin met net drie silinders en ’n outomatiese ratkas. En om dan te hoor mense sê “sjoe, maar hy hol” kan vir sommige mense net een te veel wees. As Ford se DIE Ford Fiesta EcoSport. EcoBoost-enjin ter sprake is, moenie vrees nie, want “sjoe, maar hy hol” daar geen koppelaarpedaal nie. is nie oordrewe nie. Die enjintjie toer gemaklik tot by Ons praat ook nie van ’n gewone 6 000 r/min en lewer ’n aangename ratkas nie, maar Ford se Powerklank. Shift-kas. Dit is nie ’n tradisionele Die reaksietyd van die ratkas is outomatiese ratkas nie, maar ’n werklik eersteklas. Geen traagheid gewone handratkas met twee nie, jy trap en jy is dadelik uit die koppelaars wat outomaties werk. blokke. Die slim blikbrein van die spulletjie Ford reken die ratkas se rybevresorg dat die een koppelaar ratte 1, 3 diging gekoppel aan die EcoBoosten 5 kies en die ander 2, 4 en 6. enjin se suinige verbruik en Dan wissel dit outomaties seepglad lewendige geaardheid, is net die voordat jy “mes” kan sê en is dit of regte kombinasie. Ek moet saamdie stelsel jou beter lees as ’n stem, want dit is ’n lekker ryding gewone outo-kas. en dit is ideaal vir veral stedelinge Jy word minder uitgevang met wat lank in die verkeer moet sit en die ratkas as met ’n gewone baie wegtrek- en stoptoestande het. outo-kas en as jy lus voel, wissel jy Op die oop pad en vir meer entoesiself met die kierie of jy los eenvouastiese ryery sal die handratkas dig alles sodat dit self gebeur. natuurlik die een wees om te hê Hoewel daar twee koppelaars is, is omdat Ford se ratkaste gewoonlik

lekker goed gedefinieerde oorgooie het. Wat die Fiesta self betref, raak die outjie effe lank in die tand. Die uitleg en instrumentasie voel nie so op peil soos veral die nuwer Koreaanse mededingers s’n nie. Tog is dit in die geval van die toetsmodel wat net met die topklas- Titanium-afwerking kom, baie goed toegerus. Foto: Verskaf Van buite lyk die Fiesta steeds goed en die nuwe “Aston-neus” lyk skaflik, maar die res van die kar se plooie begin tekens van die tye toon. Dit is nie moeilik om te verstaan waarom die Fiesta ’n voorste verkoper plaaslik en oorsee is nie. Dit is steeds een van die beste rygoed in sy klas – indien nie die beste nie – ondanks klein irritasies. Die koms van die selfwisselratkas in die Fiesta-reeks gee aan die hele reeks so ’n bietjie meer skop. Dit is jammer die ratkas-enjinkombinasies is net aan die bokant van die reeks beskikbaar wat dit ongelukkig buite bereik van baie mense maak wat dit nodig het of graag wil hê. ’n Mens kan nie anders as om grensloos beïndruk te wees nie.

‘Die enjin het ’n turbo en in die handratmodel pomp hy ’n stewige 92 kW uit en in die geval van die outomatiese weergawe, net 74 kW. In albei gevalle is die wringkrag – 170 Nm – dieselfde.’


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014 SOSIAAL & ONTSPANNING

BEGRAFNISDIENSTE

PRIVAAT

1475

1025

KAYS CRAFT Kunsklasse vir kinders in die skoolvakansie. Maak van trou-, verjaardag-, kombuistee- en ander kaartjies. Skakel Kay 083 254 3120.

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE

2015

WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.

KURUMAN: 3 slk, 2 badkamers, ingeboude kaste, 1 volledige buitekamer, water ingesluit. Koopkrag beskikbaar. R8 000 plus deposito. Beskikbaar 4 Julie 2014. Skakel Edward 071 371 1763.

In die boedel van wyle Heletje Johanna Anna Schreuder wat woonagtig was te Heuwelsig P1, Kuruman, distrik Kuruman. Boedelnommer: 20091/2014 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 26 Junie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

1805

ALGEMENE KENNISGEWINGS

MOTORS TE KOOP MM Obuditswe

3025

1210

TUPPERWARE: 50STE VERJAARDAGMARK Goue ou gunstelinge, moderne produkte, goeie pryse. Geleentheid om ook aan te sluit as agent. VRYDAG 4 JULIE. NG Kerksaal, Kuruman, Accaciastraat. 10:00 TOT 19:00. Skakel Hester 082 578 5215.

TOYOTA 3 DIESEL 4x2, 2003model, langbak met kappie, enjin oorgedoen, nuwe ratkas, ens. Skakel 083 310 0272. NUWE VTECsleepwa: 2,4 x 1,5 x 1,2 m, teen 'n baie spesiale prys. Skakel 083 310 0272.

TUPPERWARE: 50TH BIRTHDAY SALE Golden oldies, favourites as well as modern products. Lots of specials, bring a friend. Oppurtunity to join too. Friday 4 July, NG Kerksaal Kuruman, Accacia Street. 10:00 to 16:00. Phone Hester 082 5785215. Arrange in advance to bring specials products.

KOMMERSIEEL 3060

DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807

DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.

FORD 3000: OU SKOOLTREKKER VOLLEDIG. R15 000 o.n.k.a. Besigtiging kan gereël word. Skakel Michelle by 084 553 4674 of 053 712 1014.

PERSOONLIKE DIENSTE GESONDHEID & SKOONHEID

ELEKTRIES 1810

ELEKTRIESE HEININGS: Beveilig u eiendom. Vir professionele, geakkrediteerde installasies. Skakel Francois 072 156 4035. ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Strydom Elektries: 083 310 0272. HEKMOTORS EN GARAGEDEURE: Motorhestel en installasies. Skakel Okker 082 829 0292.

1430

FAT FREEZE: Come and freeze your fat at Noord Apteek. Phone 053 712 1283 or Kerike du Plessis: 082 557 6529/082 559 9455.

VOLWASSENES

HUISE TE KOOP

3040

NATIONAL TRAILER RENTAL, KURUMAN: 25% discount for this school holiday. For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272.

BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN 3680

OP SOEK NA GOEIE INSLAAPHUISHULP. Moet 35 jaar en ouer wees, vriendelik en goed met kinders. Skakel 082 449 7405.

TENDERS

In die boedel van wyle Kgakololo David Bosiamang, identiteitsnommer 590725 5732 084 met nagelate eggenote Lolo Lorain Bosiamang, identiteitsnommer 700409 0878 088 in lewe van Huis no. 1434, Maruping, distrik Kuruman. Boedelnommer: 003356/2013 Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vordering in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 27 Junie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

4205

4080 3250

2 x 2-SLK-woonstelle te huur in Mangaanstraat 1, Kuruman. Water ingesluit en krag uitgesluit. Huur R5 000 p.m. Skakel 076 899 4586. Beskikbaar 1 Julie 2014. KURUMAN: 1-slk-woonstel te huur, R5 000 p.m. Water, elektrisiteit en DStv Premium ingesluit. Beskikbaar Julie. Skakel 076 879 9402.

WRENCHVILLE HIGH SCHOOL MATRIC FAREWELL TENDERS: Date: Saturday 11 October 2014 Theme: Royalty Tenders for: Catering and decorations. +- 5 years' experience. Tenders must be handed in at Wrenchville High School. Closing date: Friday 11 July 2014. Contact person: Mr S. Ficher (Principal) 083 925 3550. Mr A. Eilerd - 089 981 6590.

BOEDELKENNISGEWINGS

TE HUUR 3205

KURUMAN: 1-slaapkamer-woonstel, R3 000 p.m. Water en ligte ingesluit, plus deposito. Beskikbaar: 1 Julie 2014. Skakel 079 563 9103.

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

In die boedel van wyle Mphuphulolang Matthews Obuditswe, identiteitsnommer 500606 6447 089 van no. 18B Cahar Village Mothibistad en nagelate gade Gaolese Mary Obuditswe, identiteitsnommer 520219 0288 081. Boedelnommer: 3565/2013 Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 27 Junie 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Mmabatho en van die Landdros Mothibistad. Geteken te Kuruman op die 10de dag van Junie 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

KD Bosiamang

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR

In die boedel van wyle Hildah Ponatshego Phokomosane, identiteitsnommer 430602 0110 083, in lewe van Huisno. L4, Bothitong Village, Kuruman, boedelnommer 8658/2011. Skuldeisers en skuldenaars in bogemelde boedel word versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die kantore van ondergenoemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf 27 Junie 2014. DUVENHAGE & VAN DER MERWE Posbus 63 Kuruman 8460

3275

Baie ruim en netjiese huis te huur/te koop in Kuruman, naby watertoring. 4 slaapkamers, 3 badkamers, 3 motorhuise, ruim kombuis met aparte opwas, sitkamer, eetkamers, woonkamer, kantoor, huishulpkwartiere, swembad. Goeie sekuriteit. Skakel Neels 082 786 1581.

SLEEPWAENS

1215

OP SATERDAG 21 JUNIE 2014 is 2 Laptops (Toshiba en HP Compact) in Kuruman voor Angus Slaghuis uit ons motor gesteel. Ons sal 'n beloning gee van R1 000 per rekenaar wat onbeskadig teruggegee word. Skakel 082 620 2319 of 082 551 9226.

HP Phokomosane

DATSUN 120Y, 1972, in puik toestand, oorspronklike km 72 000 km, moet gesien word om te glo. Erfstukkie. Skakel 083 772 2316. GEEN KANSVATTERS!

GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS

GEVIND

HJA Schreuder

KM Mogale In die boedel van Kelemogile Morris Mogale, identiteitsnommer 510810 5718 080, van Huis 339, Mapoteng Village, boedelnommer 3132/2013. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel sal vir 'n tydperk van 21 dae vanaf 27 Junie 2014 ter insae lê by die Meester van die Hooggeregshof, Mmabatho, en die Landdros, Mothibistad. Geteken by Kuruman op die 10de dag van Junie 2014. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

GEREGTELIKE VEILING 4501

Kuruman Castor & Ladder/J. Skead h/a Precision Engineering KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik van Kuruman, gehou te Kuruman. Saaknommer: 1056/2013 In die saak tussen: KURUMAN CASTOR & LADDER Eksekusieskuldeiser en JAMES SKEAD h/a PRECISION ENGINEERING Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n vonnis gelewer op 10 April 2014, in die Kuruman Landdroshof en 'n brief van eksekusie daar uitgereik is, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop te die perseel van die Eksekusieskuldenaar te Voortrekkerstraat 2, Kuruman op 23 Julie 2014 om 10:00 aan die hoogste bieër: GOEDERE: 3,5-m-staaldraaibank John Deere-trekker Laaigraaf Gedateer te Kuruman op 17 Junie 2014. N. van Noordwyk Van Noordwyk Prokureurs Duikerweg 5, Kuruman 8460. Posbus 1952, Kuruman 8460. Tel. 053 712 2917 Faks 086 655 9662 E-pos: admin@nnvnoordwyk.co.za Verw: K009

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Sales Representative - Metal Bloemfontein branch

Join us and work in an exciting and challenging environment where we expect and reward performance. If you have Matric/Grade 12, 2 years’ sales experience and a valid driver’s licence, we would like to hear from you. For more details and to apply please go to www.wurth.co.za and click on careers. Queries may be directed to help@jonti.co.za or call our helpline on 0861 113 460. Have Ref. No. WURTH-GP01 handy. Closing date: 4 July 2014.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tons of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.

Training Officer

(Ref.TO 118765)

The Training Officer is required to plan, conduct, develop, provide, assess or moderate training, induction, technical and competency-based training throughout the Mine. Minimum requirements (but not limited to): • Qualified Electrical or Mechanical Artisan • Matric with N3 or higher qualification • Registered with the MQA • Qualified Training Officer • ETDP SETA Accredited to perform various on-site training – Scope of work: * first aid * fire fighting * basic rigging * TMM Operator training * over-head crane * telescopic boom * mobi-lift * fork-lift * skid steer * scaffolding, and * working at heights • A minimum of five years’ relevant training experience • Registered MQA Assessor • Present coaching training • Sound knowledge of MQA and basic requirements • Effective communication and interpersonal skills • A team player. Responsibilities (but not limited to): • Ensure accuracy of submitted information to the Training Manager • Manage compliance to the Mine Health and Safety Act (Training Department and all other departments) • Benchmark and recommend suitable training providers • Participate in and attend to all relevant safety meetings • Identify required equipment, facilities and manpower to meet training requirements • Ensure that the required processes for grant allocations are in place by submitting relevant information to the Training Manager • Manage time and attendance • Ensure that departmental systems are adhered to • Provide performance management orientation training on the UMK process as required • Ensure compliance to the basic conditions of employment requirements (Training Department and all other departments) • Ensure accuracy of information • Verify prepared training material • Verify and review prepared assessment guides • Develop and manage training material • Arrange and manage employee training and development • Manage and conduct the shortlisting process for own section (learnerships) • Ability to do standby duties and shift work, if and when required • Ensure personal and coworkers’ adherence and compliance to the Company’s Health and Safety policies and procedures. Key performance areas: • Prepare for and participate in formal coaching sessions with the line manager and execute the coaching agenda as agreed • Adhere to safety acts, policies, procedures, COPs and agreements • Manage assets/equipment • Enforce training policies and procedures • Manage and conduct the shortlisting process for own section (Iearnerships). Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.

How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 16 July 2014. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 118765

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

Nooit te oud vir kleinkind Elsona Steyn OUPAS en oumas is vreemde gedaantes. Hulle laat kinders toe om op die tafel te klim en lekker in die sand te speel met Ouma se ornamente. Die oomblik as Ma of Pa raas, tree Ouma tussenbeide. Sommige oumas wens daar was kleinkinders voordat daar kinders was. Oumas is gewoonlik vet, maar nie te vet om haar kleinkinders se skoenveters vas te maak nie. Hulle dra brille en kan hul tande en tandvleise uithaal. Wanneer hulle stories lees, slaan hulle nooit dele oor nie en hulle sal dieselfde storie oor en oor lees en al hul kleinkinders se vrae word altyd beantwoord. ’n Oupa is ’n oom-ouma. Hy gaan stap graag saam met sy kleinseuns en dan praat hulle oor visvang en ander dinge. Hy leer hulle kettie skiet en sal ure met hulle op die trekker rondry, al brand die son warm op sy kaalkop. ’n Oupa sal sy veldhoed vir sy kleinkind leen en sal stop wanneer hulle na mooi blare of wurms wil kyk. In die veld sal Oupa gewoonlik voor loop en met sy skoene spoortjies uitskop, sodat sy kleinkind nie in die dorings trap nie. ’n Oupa sal nooit vir sy kleinkind sê “maak gou” nie. Soos wat hulle aanstap, vertel hy hulle van loof en eers wanneer hulle begryp dis groengoed en nie kerkliedjies nie, dan vertel hy hulle van aalwyne en allerhande veldblomme en noem hulle op grootmens-name. Oupas gaan hurk met hul kleinkinders by poele, hou hul lyfies styf vas en laat hulle laag afbuk om vir padda met die riet te terg. Oupas kerf ook vir hul kleinkinders dun skyfies vet beesbiltong met die knipmes. Oupa sê hy het dit by sy

oupa geërf en skerp messe is nie speelgoed vir kinders nie. Kleinkinders kan dus kyk, maar mag nie vat nie. Oupas en oumas is oud, hulle mag nie hardloop of woeste speletjies speel nie. Dit is goed genoeg as hulle hul kleinkinders na die winkel toe kan vat waar die speel-speel-perdjie is en hulle baie geld saamneem om te bestee. Oupas en oumas is slimmer as Google en al het hulle nie i-pads of Blackberries nie, kan hulle al hul kleinkinders se vrae beantwoord. Hulle weet ook nie lekker hoe om ’n SMS te stuur nie, maar hulle kan hul fone antwoord as die kleinkinders plaas toe bel. ’n Mens moet net hard praat ingeval die sein nie goed is nie. Oumas brei slaapsokkies en mussies en leer haar kleindogters hekel en naaldwerk doen. Ouma en haar kleinkinders eet skelmpies Rolo en Smarties agter die toe kamerdeur en dit terwyl almal reeds tande geborsel het. Ouma sal altyd die matrassie langs haar en Oupa se bed gooi met groot kussings langs die kante gepak sodat haar kleinkind nie afval nie. En as Ouma dan later self bed toe gaan, plak sy sommer nog ’n soentjie op die slapende gesiggie van pure lekkerte en blydskap. Dit is wat enige kind, enige plek in die wêreld smag, om deel te wees van liefde en aandag.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 26 JUNIE 2014

19


Bult jou spiere DIE International Federation of Body Builders en Body Building South Africa (IFBB/BBSA) se Noord-Kaap-komitee bied op 2 Augustus by die Hoërskool Upington die jaarlikse IFBB/BBSA-Noord-Kaap se provinsiale liggaamsboukompetisie aan. Volgens Ruan van Heerden, organiseerder van dié kompetisie, sal mans en vroue, oud en jonk, op dié dag kan wys wat hulle in die gimnasium én in die kombuis bereik het. Liggaamsbouers kan in verskeie afdelings, afhangende van hul liggaamsgewig en -bou, deelneem. Op 2 Augustus kan liggaamsbouers hulle van 09:00 af die Hoërskool Upington registreer om deel te neem. Deelnemers gaan dan ingeweeg word om te bepaal in watter afdeling hulle gaan deelneem. Om hulle te registreer moet deelnemers R100 betaal om by die federasie geaffilieer te wees en ook R100 vir die afdeling waaraan hulle gaan deelneem. Om 11:00 begin die uitdunrondes. ’n Groep van nege beoordelaars sal die deelnemers volgens die IFBB/BBSA-kriteria beoordeel. Slegs die ses topdeelnemers in elke afdeling sal deurgaan na die hoofvertoning wat om 18:00 begin. Die top-ses in elke uitdunronde sal weer na die verhoog geroep word en die topdrie in elke afdeling ontvang ’n medalje. Die wenners van elke afdeling neem dan weer deel om slegs een mans- en een vrouewenner vir die kompetisie aan te wys. Die wenners sal elkeen ’n trofee ontvang. Uit die deelnemers sal ’n provinsiale span gekies word wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskapbyeenkoms gaan deelneem. Die opbrengs van die dag sal die uitgawes van die provinsiale span dek. Liggaamsbouers wat wil deelneem, kan Barend Links by 078-560-5239 of Van Heerden by 072-558-4177 bel. Gaan ook na die IFBB Northern Cape se Facebook-blad. Toeskouers wat graag wil gaan kyk, kan kaartjies teen R50 per volwassene en R25 per leerling by die IFBB/BBSA-Noord-Kaapkomiteelede of by Romans Pizza, MFitnessgimnasium in Upington of by Opti-Fit-gim-

VAN links is Stephanie Boshoff, Steph Boshoff en Adriaan van Blerk. Foto: Verskaf

Skuts in die kol tydens liga

RUAN VAN HEERDEN, organiseerder van die IFBB/BBSA-Noord-Kaap se liggaamsboukompetisie wat op 2 Augustus by die Hoërskool Upington plaasvind. Foto: Verskaf nasium in Upington koop. Kinders onder 10 jaar kan gratis ingaan. Kaartjies sal ook op die dag by die deure beskikbaar wees. Mense wat nie in Upington woon nie, kan kaartjies telefonies by Van Heerden koop. Die toegangskaartjie geld die 11:00- en 18:00-vertonings.

DRIE leerlinge van die Laerskool Oranje-Noord het aan die derde skoleskietliga deelgeneem en verskeie medaljes gewen. Adriaan van Blerk het ’n goue medalje in die 10 m-staanposisie vir veergeweer gewen.

Steph Boshoff het ’n goue medalje in die veergeweer-drieposisie en ’n silwermedalje in die 10 m-staanposisie gewen. Stephanie Boshoff het ’n bronsmedalje in die veergeweer-drieposisie gewen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.