Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
10 JULIE 2014
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Tref met beeld DIE wenner in die Kalahari Bulletin se diere-fotokompetisie van Junie is Jaco Kriek se besonderse foto van ’n renoster. Hiermee wen hy ’n geskenkbewys van Wakkaberry in die Kalahari Mall in Upington. Sien op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het. Foto: Jaco Kriek
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Stories soos kaf voor die wind Elsona Steyn
VAKANSIETYD IS SPEELTYD: In die skoolvakansie het kinders meer tyd en ouers weet nie aldag hoe om die kinders in die vakansies besig te hou nie. Kaylin Arendse (6) van Rainbow het besluit sy gaan in die parkie oorkant hul huis speel. Sy het sommer ook nuwe vriende in die parkie gemaak. Hier hang Kaylin aan ’n klimraam, ernstig aan die korrel om die volgende reling raak te vat. Foto: Lecrecia Prins
HET jou ma jou dalk al ooit vertel dat jy horings gaan kry as jy op jou rug lê en eet of wurms gaan kry van kaalvoet loop? Blykbaar is dit ook onwaar dat ’n kuiken deur sy ma verwerp sal word nadat ’n mens hom gehanteer het. ’n Mens kry ook nie vratjies van paddas nie, verkoue van koue weer of breinvliesontsteking van met nat hare gaan slaap nie. Wanneer my ma met pakkies van die dorp af kom, sou ek kleintyd ewe opgewonde vra wat daarin is? Summier is vir my vertel: “Dis husse met lang ore”. Ek wou so graag sien hoe ’n hus lyk, maar dit was my nooit beskore nie. Ons kon nie laataand koffie drink nie, want dan sou ons vlooie in ons mae kry. As daar wortels in jou bord geskep is, is jy aangemoedig om alles te eet, want dan sou jy beter sien. Ek weet nie so mooi van daardie storie nie, want ek dra al van kleintyd af bril. “Pampoen gee jou krulhare,” het my dié groente laat vermy, want ek kon nie bekostig dat my hare nog meer krul as die boskasie wat ek toe al nie kon beheer nie. Wat van al die stories oor die tandemuis wat ’n kind se gewisselde tande kom haal het? Dié outjie was my gunsteling-karaktertjie. Ons het baie planne uitgedink om hom (of was dit dalk ’n haar?) te probeer fnuik, maar altyd sonder sukses. Ons het selfs die hond se tand getrek en dit in die skoen gesit. Jy kon die tandemuis ook nie eens met ’n mieliepit om die bos lei nie. Ek wonder natuurlik steeds of dit werklik ’n wolhaarstorie is dat vlermuise in mense se hare verstrengel raak? Vir my klink dit alte moontlik.
Ons is ook gewaarsku om nie waatlemoenpitte in te sluk nie, want dan sou die ranke by jou ore uitgegroei het. Dalk moes hulle ons eerder leer om nie ’n boontjiepit in jou neus op te druk nie. As jy die huis uitgevee het, moes dit verkieslik voor sononder gedoen word, anders het jy jou geluk saam met die vuilgoed by die deur uitgevee. As jy ’n vadoek, ’n mes of ’n vurk laat val het, was dit ’n seker teken dat julle kuiermense sou kry. Wanneer dit gereën het terwyl die son geskyn het, het ons gesê jakkals trou met wolf se vrou. Toe ons groter geword het, het ons altyd ’n stukkie troukoek onder ons kussings gesit, want dan sou ons kwansuis droom van die man met wie ons sou trou. Sou jy op ’n tafel sit, is oujongnooiskap jou voorland. Kougom insluk was ook taboe, want dit sou jou derms knoop. Hoe dikwels moes my ma nie die kougom uit ons kuiwe lossny, want ons moes dit êrens bêre nie. ’n Klomp wolhaarstories is gebruik, grotendeels om kinders mee af te skrik en te vermaak. Baie van dié vertellings het ’n didaktiese, lerende strekking. Dit word so ingekleur dat dit die aandag en verbeelding trek en ’n bepaalde lewensles of morele beginsel in die geheue inbrand op ’n veel doeltreffender wyse as wat ’n redenasie, lesing of ’n preek dit sou doen. Maar nou wat is wolhaar en waar kan ’n mens dit kry? Ek sou dink dat dit die mens is wat verbeeldingryk leef van die wonder van goue lint, my storie begint tot goue fluit my storie is uit.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
ONS MENSE
Koopman terug in Upington Lecrecia Prins
KOL. SAMPIE KOOPMAN is terug as stasiebevelvoerder van die Upington-polisiekantoor. Foto: Lecrecia Prins
KOL. SAMPIE KOOPMAN, stasiebevelvoerder van die Upington-polisiekantoor, is weer terug in die dorp en sien uit daarna om goeie diens aan die gemeenskap te lewer. Koopman het verlede Woensdag as weer in dieselfde kantoor ingestap waarin hy vroeër gewerk het. In 2010 het hy as stasiebevelvoerder in Kuruman gewerk. Koopman sê dit is lekker om weer by die huis te wees en dat hy veral dienslewering in Upington wil verbeter. “Ek wil dienslewering verbeter om te verseker dat behoorlike dienste aan die gemeenskap gelewer word. Ek wil ook die verhouding tussen die gemeenskap en die polisie versterk deur te verseker dat strukture soos die gemeenskapspolisiëringsforum en vroue teen misdaad doeltreffend funksioneer. “Ek wil alle belanghebbendes soos die plaaslike munisipaliteit en besigheid teen misdaad kry om saam te werk sodat dienslewering verbeter kan word.” Koopman sê die uitdagings in Kuruman is anders as in Upington. “My tyd daar het my geleer om uitdagings aan te pak. Ek sien uit om ’n diens aan die gemeenskap te lewer. “My toewyding aan die gemeenskap is om te verseker die polisie doen dit waarvoor hy aangestel is.”
KOL. SAMPIE KOOPMAN (links) saam met lt. kol. Kobus van Wyk op sy afskeidsgeselligheid in Kuruman op 12 Junie. Van Wyk is die waarnemende stasiebevelvoerder in Kuruman. Foto: Ilse Watson Koopman sê hy wil ook die buurtwag in Upington versterk, want hy glo dit kan help om misdaad soos huisbraak of motordiefstal te verminder. Hy het net een boodskap vir misdadigers: “Ons sal jou gaan haal. Misdadigers sal met die hand van die gereg te doen kry.” Koopman se plan is om ook
jeugdiges te help om van dwelms en misdaad af weg te bly. Hy moedig die gemeenskap aan om met hom te praat as hulle probleme met polisielede het. “Enige gemeenskaplid wat probleme met ’n polisielid ervaar, is welkom om dit met my te bespreek sodat ons kan vasstel hoe ons dit kan verbeter.”
3
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Stuit skandes in sport nou TE midde van al die opwinding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi was die afgelope week een wat sportliefhebbers liefs sou wou vergeet. Dit het onder meer bekend geword Daryl Impey, Suid-Afrika se fietsryheld, het in verlede jaar se Tour de France positief vir die gebruik van ’n verbode middel getoets. Dan is Kameroen se sokkerspan, wat ’n Wêreldbeker-toernooi van skandes beleef het, daarvan beskuldig dat hy by wedstrydknoeiery betrokke was. Boonop hang ’n wolk van korrupsie en grootskeepse omkopery steeds oor die verrassende toekenning van 2022 se Wêreldbeker-sokkertoernooi aan Katar. En Luis Suárez van Uruguay het met sy bytery op die veld sy naam in die annale van berugte sokkerhelde verewig. Voorts is die Nieu-Seelandse krieketspeler Lou Vincent lewenslank geskors nadat hy skuld beken het op 18 oortredings van Engeland se kode teen korrupsie. Hy het ook bewerings rondgeslinger van wedstrydknoeiery in talle lande, waaronder Suid-Afri-
ka. Al dié gebeure bring die geloofwaardigheid van sport onder verdenking. Fietsry, krieket en sokker is juis drie sportsoorte wat nie verdere skandes wat betref opkikkers, korrupsie en wedstrydknoeiery kan bekostig nie. Selfs al word van die beweerde oortreders soos Impey en Kameroen se “sewe vrot appels” onskuldig bevind, sal ’n stigma aan hulle en hul sportsoorte bly kleef. Sportfederasies sal strenger teen oortreders van dié aard moet optree. Tugstappe sal gedoen moet word wat enige voornemende oortreder só sal afskrik dat hy of sy nie langer eens dink aan die vals glorie van opkikkers en die maklike miljoene van knoeiery nie. Veral die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) sal sy spreekwoordelike sokkies in dié verband moet optrek. Hy is gans te laks wanneer dit by optrede teen korrupsie in eie geledere kom. ’n Gesloer met optrede teen oortreders én ’n ligte straf doen sport geen guns nie.
Skep van Waterbron Ds. Pieter van Zyl JOHANNES 7:37-38. – Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink. Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” In Kuruman draai ons krane oop en geen water nie. Ongelooflik, onmoontlik. Met die Oog as onuitputlike (?) waterbron is daar geen water in die krane nie. Want ’n pyp het op twee plekke gebars en daar moes gewag word vir die nodige toerusting om herstelwerk te kan doen. Skielik verstaan ons iets van die uitdrukking Hulle wat dors het . . . Tog is dit maklik, ons gaan koop gesuiwerde drinkwater in ’n winkel, ons kry water by mense met boorgate, daar is ’n plan, ’n oplossing. Maar vir baie mense in ons gebied is water ’n heeltydse probleem. Water moet kilometers ver aangery of in emmers aangedra word. In droogtetye besef ons ook die waarde van water. Wanneer Jesus vir ’n Samaritaanse vrou sê Hy sal vir haar water gee wat sal maak dat sy nooit dors kry nie, wil sy dadelik van die water hê, veral toe sy agterkom Hy praat van geestelike water. Geestelike droogte is selfs ’n erger gevaar as gewone droogte of
dors. Geestelike droogte en dors beroof mense van lewensvreugde en moed. Die Waterbron is onuitputlik, maar as die verbindingskanale en -pype gebars is, ontkoppel is en die watertoevoer word afgesny, staan ons magteloos, krane oopgedraai, gereed om te ontvang, maar geen lewegewende water nie. Om aan die Geestelike Waterbron, Jesus Christus, verbind te wees is dit nodig dat ons deur die kanaal van die Heilige Gees aan Hom vasgemaak word. Om in Christus met geloofsvertroue geanker te wees het die gevolg dat strome lewende water in en deur jou vloei. Dit is nie net jy wat self die wonder van die Lewe ervaar nie, maar ook elkeen wat jou lewenspad kruis. Die water word ’n fontein in jou waar ander mense kan skep en kan deel in die oorvloed. Deur gebed en Bybelstudie verbind die Gees ons aan die Bron sodat ons die oorvloed van goddelike genade kan deel soos fonteine wat die oorvloed geestelike water nie kan inhou nie. Laat die Gees jou vandag aan Christus verbind sodat strome lewende water ook deur jou kan vloei na die wêreld wat vasgevang is in droogte, wat nood het aan die Water wat lewe gee.
Bring kleur in winterkoue HOEWEL die wêreld wintervaal is, is daar tog klein spatsels kleur in die vorm van plantjies wat die koue winterweer dapper trotseer. Foto: Lizette Slabber
Môrestond: Sout in mond Benneli Olivier Van der Walt DIE oggendroetine van werkende ouers is ’n besondere, fynbeplande proses. Ek het dit agtergekom nadat ek my seun by ’n oulike dagsorgsentrum hier in Kathu ingeskryf het. Die winter-opstaanproses vind in stappe plaas, so goed beplan en geoefen soos enige militêre operasie. Ons oggend begin byvoorbeeld so: ) Pa staan eerste om vyfuur op. Omdat dit deesdae nogal koud raak in die aande, slaap Seun natuurlik snoesig tussen Pa en Ma (saam met die twee katte), dus moet Pa versigtig oor al die heuwels onder die duvet klim. Wanneer die ingewikkelde klimtoertjie voltooi is, sluip hy badkamer toe om te stort. Omdat hy die eerste gebruiker van die dag is, is die water nog heerlik warm. Dan trek hy vinnig in die sitkamer aan omdat kamerligte in daardie stadium nog verbode is. ) Halfses, en Pa soen almal tot siens en verdwyn die koue oggend in op pad werk toe. ) Intussen lê die bed-inwoners nog almal salig aan die slaap onder die berg komberse.
2/20
3/21
3/21
) Kwart voor ses gaan Ma se selfoon-wekker die eerste keer af; en word dadelik ge-snooze. (Daardie wekkerfunksie wat eintlik net moeilikheid veroorsaak.) ) Met vyf-minute-intervalle word die wekker tot sesuur geïgnoreer. ) Sesuur: Ma staan op. Met aansienlike minder verfyndheid as Pa strompel Ma uit die donker kamer (ligte is steeds verbode) en probeer om nie die katte te vuil uit te kyk nie. ) Koffietyd vir Ma. Sterk en soet. In die groot beker. Die nuus word op televisie aangesit. ) Kwart oor ses, kosbliktyd. Die oomblik wanneer die yskas oopgemaak word, verskyn die katte in die kombuis om te aas vir ’n stukkie kaas. Broodjies word gemaak en kaas word aan die behoeftiges uitgedeel. ) Halfsewe, Ma gaan stort. Omdat Pa eerste die seëning van warm water geniet het, en die geiser nie ’n grootmodel is nie, is haar stort aansienlik korter. Sy ontmoet die katte in die
2/20
3/20
3/20
gang; hulle is natuurlik op pad terug kombersland toe. Klere word in die sitkamer aangetrek, want kamerligte is nog verbode. ) Seweuur, die ketel word weer gekook vir koffie nommer twee en Seun se Milo. Weetbix word met warm melk gemaak en die nuus word vervang met ’n heeltemal te vrolike tekenprent van ’n kat en muis met te veel energie. ) Tien oor sewe, die embargo op kamerligte eindig, Seun steek sy kop tussen die komberse uit en maak sy ma se dag met die grootste glimlag. Ek weet nie by wie hy sy vriendelike oggendpersoonlikheid geërf het nie, maar dit is beslis nie by my nie. ) Seun gaan “stort soos Pappa”. Dit is ’n onlangse ontwikkeling en vreet minstens ’n ekstra tien minute op. Seun trek voor die verwarmer aan, hare word drooggeblaas en ontbyt word geëet. Ma begin al hoe meer na die horlosie kyk. ) Halfagt, tande borsel, sakke gryp, soek Seun se skoene, musse aan en daar gaan ons kar toe. ) Kom by die skool aan, soene, spring in die kar en werk toe. Katte steeds in die bed . . .
7/25
7/24
7/25
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Hulp vir leukemielyer (6) gevra Ilse Watson VIR enige ouer wat die nuus kry dat sy of haar kind leukemie het, moet dit verpletterende nuus wees. “Phazlyn het baie siek geraak en op haar lyf het knoppies begin uitslaan. “’Ek het nie geweet wat aangaan nie en ek was heen en weer tussen dokters om te probeer uitvind wat met haar fout is,” vertel Lucinda Witbooi van Postmasburg oor haar ses-jarige woelwater, Phazlin, wat vroeg in die jaar met leukemie gediagnoseer is.
“Toe sy siek begin raak het, het ek vermoed dit kon dalk kanker wees. Maar niks kon my op die skokkende nuus voorberei nie.” Witbooi is ’n enkelmoeder van Postdene wat nou aan ’n kollege in Upington werk en sukkel om met al die skielike en verwante koste kop bo water te hou. “Phazlyn is nie nou in die skool nie. Sy moet gereeld in die hospitaal wees. Ek moes haar uit die skool haal.” Enigiemand wat Witbooi kan bystaan en/of hulp kan verskaf, kan haar by 078-847-8416 bel.
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Stuur foto’s van voëls Lizette Slabber STUUR nou jou pragtige foto’s van voëls na die Kalahari Bulletin, want die tema vir die Julie-fotokompetisie is Voëls. Die wenner van die Junie-fotokompetisie is Jaco Kriek en die foto wat op Facebook die meeste likes gekry het, is die foto van Jacoline van Rooyen. Jaco wen ’n geskenkbewys van Wakkaberry en Jacoline ’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Die wenfoto wen elke maand ’n lekker prys en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, gaan ’n geskenkpak van die Orange River Cellars wen. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner, wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ontbyt daagliks, asook ’n Sondagmiddagete, in. Die foto wat die meeste likes op Facebook gekry het, wen ’n naweek vir twee mense met ontbyt daagliks by een van die NC Famous Lodges. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Stuur inskrywings na lizette.slabber@volksblad.com. Verskaf ’n kontaknommer in die e-pos, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is en waar die fotograaf woon. Slegs amateurfotograwe mag hulle voortaan inskryf. Geen korrespondent van
ABRIE VAN NIEKERK ontvang hier sy prys van die Orange River Cellars. Hy het die wenfoto van die “Goue Oomblik” in ons wyn-kompetisie ingeskryf en daarmee wyn vir ’n hele jaar gewen. Foto: Benneli Olivier Van der Walt die Volksblad-groep mag hom of haar voortaan inskryf nie. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin dop vir die pryse wat maandeliks gewen kan word.
ROY WALSH het dié klompie besoekers aan die voëlhuisie afgeneem.
RONEL GREYLING het dié pragtige ou langnek, ’n swartkopreier, vir die fotokompetisie ingeskryf.
JACOLINE VAN ROOYEN se foto het die meeste likes op Facebook gekry.
Rooyen
Foto: Jacoline van
PIERRE JANSE VAN VUUREN het dié foto van lorikiete vir die Julie-fotokompetisie ingeskryf. Stuur nou jou foto’s van voëls na lizette.slabber@volksblad.com. Foto: Pierre Janse van Vuuren
DIÉ donsige dwergvalkies is deur Michell Calitz gekiek.
DIE rooiborslaksman, mooi in rooi getooi, is deur Elsabe Sherman afgeneem.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
7
Vermeende dwelmhandelaars agter tralies DIE oplettendheid van twee speurders van die Upington-speurtak het tot die inhegtenisneming van ’n vermeende dwelmhandelaar gelei. Konstabels Cliffie Jansen en Marchellous Beukes het ondersoekdienste in Louisvale gedoen toe hulle die verdagte in Kaizerstraat opgemerk het. Die twee lede het later weer verby die perseel gery en opgemerk die hek is gesluit en die deur van die huis is toe. Na vele pogings is toegang verkry en is die huis met die bystand van die honde-eenheid deursoek. Die verdagte, ’n Nigeriese burger, is deursoek en strooitjies wat die dwelmmiddel tik bevat, is in sy besit gevind, asook bykans R5 700. Die geraamde straatwaarde van die dwelms is ongeveer R2 600.
Skole kry deel André Botha SOWAT R346 miljoen gaan in die nuwe boekjaar aan infrastruktuur vir skole in die NoordKaap bestee word, het Grizelda Cjiekella-Lecholo, LUR vir onderwys, in haar begrotingsrede gesê. Haar departement se begroting vir die nuwe boekjaar is gister in die wetgewer ingedien. Die totale begroting is R4,7 miljard. Sy het gesê nuwe skole het vanjaar in die tweede kwartaal in Louisvale, Kakamas, Pabalello en St. John’s geopen. Nuwe skole in Matjieskloof, Jan Kempdorp, Wrenchville en die Hoërskool Emmanuel in Kimberley word vanjaar opgerig. In Batlharos, Tlhaping, Lesedi en Kitlanyang word koshuise gebou. Sowat R100 miljoen sal hieraan bestee word. Dit sal groot verligting bring wat betref die probleme om kinders van en na skole in die John Taolo Gaetsewe-distrik te vervoer. Ander infrastruktuurprojekte sluit in 24 administrasieblokke, sewe rekenaarsentrums, 124 individuele klaskamers, vier mediasentrums, ses skoolsale, twee nuwe wetenskaplaboratoriums en die verbetering van 10 wetenskaplaboratoriums. Altesame R142 miljoen gaan vanjaar aan die skoolvoedingsprogram bestee word. Die Noord-Kaap het altesaam 279 445 leerlinge in gewone openbare skole. Hiervan vind 180 616 baat by die geenskoolgeld-beleid. Altesaam 412 van 550 openbare skole is by die beleid ingesluit. Sowat R184 miljoen is in die nuwe boekjaar vir dié skole begroot. Die getal leerlinge in gr. O het van 9 367 in 2009 tot 18 557 in 2013 toegeneem. Altesaam 89% van laerskole het nou gr. O-klasse.
) In ’n ander geval word ’n klagte van handel in dagga teen ’n 72-jarige verdagte ondersoek. Dit is nadat vooraf verpakte dagga, asook vier kwart Mandrax-tablette, na bewering in sy besit gevind is. Konstabels Eben van Rooi, Wally Crause en Marilyn Potgieter het op ’n wenk gereageer en ’n woning in die Dakotawegplakkerskamp deursoek. Die eienaar van die woning (’n 72-jarige man) is deursoek en die dwelms is in sy besit gevind. Die lede het hierna 27 vooraf verpakte dagga, ses banksakkies met dagga en 15 kwart Mandrax-tablette gekry wat in die grond op die erf versteek was. Die stasiebevelvoerder van Upington se polisiekantoor, Kol. Sampie Koopman, bedank die lede vir hul puik werk.
KONSTABELS CLIFFIE JANSEN EN MARCHELLOUS BEUKES het ’n vermeende dwelmhandelaar in Louisvale in hegtenis geneem. Foto’s: Verskaf
VAN links is konst. Eben van Rooi, kapt. Roelf Mouton, konst. Marilyn Potgieter en konst. Wally Crause wat ’n 72-jarige man in hegtenis geneem het vir handel in dagga.
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Kwilt se karakter lê in tegniek Lecrecia Prins PIENK en groen, oranje en pers of geel en blou – nes jy wil. Dít is hoe jy die kleure vir jou kwilt kan meng. Hoe helderder, hoe beter, maar volgens Doortjie Gersbach lê die geheim van kwiltwerk in tegniek. Gersbach, die reisende kwiltjuffrou van Montagu in die Wes-Kaap, het verlede week ’n tweedag-kwiltkursus in Die Speldekussing in Upington aangebied. Die kursus was nie oor hoe om ’n kwilt te maak nie, maar eerder oor die tegnieke wat gebruik kan word om een te maak. “Ons wil tog nou nie almal dieselfde soort kwilt maak nie,” sê Gersbach. Die tegniek wat Gersbach aan kursusgangers in Upington geleer het, noem sy die New York Beauty-tegniek. Dié tegniek is deur die Vryheidstandbeeld in Amerika se kopstuk geïnspireer. Gersbach sê met elke dorp se bespreking word vooraf besluit waarop die kursusgangers presies wil fokus. Op dag drie van die kursus het die vroue geleer om te hekel. Hulle het tegnieke geleer oor hoe om te las en hoe om kleur reg in te pas. “In stede is soveel geleenthede vir mense wat wil kwiltwerk doen wat nie op die platteland bestaan nie. Daarom het ek besluit om ’n toer aan te bied waarop vroue op die platteland die tegnieke kan leer.” Gersbach kwilt al 33 jaar en gee 30 jaar klas hierin. Mense wat in so ’n kursus vir volgende jaar belang stel, kan Gersbach by 082-9552674 of 023-614-3284 bel.
DOORTJIE GERSBACH, die reisende kwiltjuffrou, staan hier voor die New York Beauty-kwilt wat sy as voorbeeld vir vanjaar se kwiltkursus in Upington gebruik het. Foto’s: Lecrecia Prins
JUDY REDELINGHUYS stuk haar patroon vir ’n kwilt vas.
MARINNA SWANEPOEL (links) en Belinda du Toit, kwilt-kursusgangers, werk hul lappies op die patroon van die kwilt vas.
DOORTJIE GERSBACH met kombersies wat sy gehekel het. Gersbach het ’n kursus in Upington aangebied waarop sy vroue kwilttegnieke en tegnieke om kleur in hekelwerk bymekaar te las geleer het.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Helde is oral elke dag Karin Muller ’n PAAR weke gelede is ek amper deur ’n man aangeval terwyl ek gaan stap het. Die voorval het baie naby aan die huis plaasgevind. ’n Verbyganger het besef wat aan die kom was, haar motor omgedraai, langs my kom stilhou en die hele situasie ontlont. Die man het tussen neus en ore verdwyn. As ’n mens dink aan iemand wat ’n lewe red, dink jy onwillekeurig aan ’n sekere soort beroep. Medici. Nooddienste soos die brandweer en polisie. Spesiale magte met spesiale opleiding. Menseredders op oorvol strande. Dalk dink jy aan mense van wie jy lank gelede op skool geleer het: Racheltjie de Beer of Wolraad Woltemade. Mense wat hul eie lewe gegee het sodat iemand anders hul lewe kon behou. Dit was mense met moed. Onselfsugtige en vasberade individue wat onbaatsugtig opgetree het. Kyk jy na koerantopskrifte, besef jy dat daar vandag nog helde in ons gejaagde, moderne lewe is. Mense wat diere of ander mense red. Waagmoedig induik in onbekende water. Heldhaftig na ’n motorwrak toe hardloop omdat hulle eerste op die toneel is en moontlik kan help. Om fisiek ’n lewe te red is moeilik anders sou dit seker meer gereeld gebeur het. Tydsberekening is belangrik. Omstandighede is uniek. Dit is ’n geval van sekondes of minute tussen lewe of dood. As albei partye oorleef, word dit waarskynlik as ’n wonderwerk beskou. Tog is daar daagliks ander soorte helde in almal van ons se lewe. Mense wat ander mense ’n kans gee. ’n Geleentheid aanbied. ’n Hand van vriendskap uitreik. Selfs net ’n klop op die skouer gee. Om weer hoop te gee wat oor ’n lang tyd weggekwyn het. In my geval, iemand wat twee minute uit haar dag opgeoffer het om moontlik ’n lewe te red – nie net fisiek nie, maar beslis emosioneel.
Price Cuts
6S
DAY Y ONL
Selected products on this page have been styled for photography
Pork Roast Bone in
44
R
Per kg
R
If it’s not fresh enough for you, it’s not good enough for us.
44 Bulk Oukraal Wors Per kg
Inflation Buster
14
R
PnP NO NAMETM Fresh Chicken 4 Thighs and 4 Drumsticks
34
R
Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack
Per kg
SAVE 9.95
15 12
15
R
24
15
90
23
90
SAVE R3
SAVE R2
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
Mielie-Kip Chicken Polony 1kg
29 39
90
All Gold Tomato Sauce 700ml
17
17
80
90 Nola Tangy Mayonnaise 750g or Salad Cream 780g Each
Rama Original Margarine 1kg Brick
35
PnP NO NAMETM Refined White Sugar 2kg
90
90
SAVE R13
Blue Ribbon Classic White Bread 700g
PnP Pink Lady Apples 1kg
PnP English Tomatoes 1kg
PnP Washed Potatoes 2kg
R
9
15
50
R
Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Capsules 16s Each
Ariel Hand Washing Powder 2kg
8
BUY ANY 3 FOR
20
R
90
Get 10% EXTRA airtime, every time,,
when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Pay and Boxer only.
Sunlight Laundry Soap Assorted 400/500g Each
Purity 2nd Foods Assorted 125ml Jar
Make the healthy choice • To activate HealthyFood, visit discovery.co.za • Look for ‘VIT’ on the shelf label to identify HealthyFood items
25 20
Get up to Earn
*SIM card 49c
%
cash back on over 10000 HealthyFood items Vitality points on every HealthyFood purchase
Terms and conditions apply. Discovery Vitality (Pty) Ltd is an authorised financial services provider. Registration number 1999/007736/07.
Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited, an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).
PRICES VALID 8 -13 JULY 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za
Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1186077_390 X 198
Thank you for voting us the coolest supermarket.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Rietfontein kry aandag Meris Kocks DIE afgelope tyd is verskeie projekte in Rietfontein aangepak. Eerste aan die beurt was die stadion se muur wat herstel is. Daarna is die Rietfontein-gemeenskapsaal opgeknap. Ná die verslaggewing oor Lena Kooper se bouvallige huis sal sy binnekort die eerste keer in haar lewe haar eie huis besit. Die herstelwerk aan die huis van Tante Wilhelmina (Meisie) Bok, wat sowat twee maande gelede tragies ’n vlammedood gesterf het, is ook byna voltooi. In Loubos het ook na bewering ’n tweejarige kleuter in ’n vlammedood omgekom. Die brande het weer die aandag op die afwesigheid van ’n brandweerstasie en toerusting in die Mier-gebied laat val. Op die gemeenskapsvergadering van 24
Junie het Petrus Matthys, die plaaslike ekonomiese ontwikkelingsbeampte, die inwoners herinner dat die wêreld se oë binnekort op die Mier-gebied, veral Hakskeenpan, sal wees wanneer probeer gaan word om die landspoedrekord te verbeter. Inwoners is genooi om hul huise vir gaste beskikbaar te stel wanneer die Bloodhound-motor in Hakskeenpan kom jaag. Volgens Matthys is weggedoen met die tentedorpgedagte om ’n huisliker atmosfeer vir die gaste te skep. Inwoners wat belang stel, moet die Mier-munisipaliteit vir meer inligting kontak. Verder het Matthys alle donkiekareienaars genooi om hul voertuie vir die Bloodhound- en Speedweekgeleenthede beskikbaar te stel om die gaste te vervoer.
Op dieselfde vergadering het Josef Mienies, die infrastruktuurbeampte, aangekondig die Mier-munisipaliteit gaan voorafbetaalde watermeters in alle dorpe aanbring. Die voorafbetaalde watermeters is reeds in Askham aangebring. Om volhoubare water aan die inwoners van Mier te lewer gaan die Kalahari-Oos-pyplyn na Rietfontein, Loubos, Philandersbron en die twee Miere verleng word. Volgens Mienies sal die implikasies, vrese en onbeantwoorde vrae oor die voorafbetaalde watermeters en pypleiding op ’n volgende gemeenskapsvergadering volledig verduidelik word. Verder word die ou straatligte wat geruime tyd buite werking was, ook herstel. Intussen is Josef “Loot” Willemse as waarnemende munisipale bestuurder van die Mier-munisipaliteit aangestel.
GRAHAM PAGE
Foto: Wollie Burger
Rus in vrede, Graham WOLLIE BURGER:
MEISIE BOK se huis in Rietfontein word herstel nadat dit deur ’n brand verwoes is. Foto’s: Meris Kocks
DIE straatligte en lamppale langs die hoofpad in Rietfontein word herstel.
OP 2 Julie het 17 vroue van die vrouebond van die Evangelies-Lutherse Kerk, die Kaap Oranje-bisdom, na King William’s Town vertrek om daar aan die jaarlikse bisdomskonferensie deel te neem. Dié vroue van die Kalahari-kring wat die konferensie bygewoon het, kom van Rietfontein, Philandersbron, Askham, Van Zylsrus, Upington, Keimoes en Steinkopf. Die konferensie het van 3 tot 6 Julie plaasgevind. Van links is Stoffel van Wyk, Anna van der Westhuizen, Anna Marie Titus, Sophia Orren, Maria Bezuidenhout en Maggie Rautenbach. Foto: Meris Kocks
DIT is die pynlike werklikheid waarmee geliefdes en vriende gekonfronteer word. Om enigsins iets sinvols oor Graham Page se lewe te sê is soos om ’n stukkie heelal tussen jou vingers te probeer hou en elkeen van sy vriende en kennisse sou moontlik ’n ander faset van Graham se lewe wou uitlig. Graham Page was ’n private mens en sy wens was dat daar geen ophef oor hom en wanneer hy die dag sterf gemaak moet word nie. Dit was ook sy wens dat sy as op dié stukkie grond by Grootdrink, waarop Marion en Graham se huis staan en waar hulle op hul gelukkigste was, gestrooi moet word. Om egter te maak asof hy nie geleef het nie en dat sy skielike afsterwe op Saterdag 28 Junie sy gemeenskap en vriende nie geraak het nie, sal oneerlik en vals wees. As gemeenskap wil ons dankie sê dat ons hom kon ken en die lewe op aarde ’n kort tydjie met hom kon deel. Ons is dankbaar dat hy sy kennis van en liefde vir die natuur en toerisme met ons kon deel. Dié aftreehuisie wat hy en Marion sewe jaar gelede eiehandig en met soveel sorg en liefde gebou het – om in te skakel by die duine en natuur van die Noord-Kaap – sal ’n blywende herinnering van hom wees. Ons eer hom vir ’n lewe wat ons saam kon deel en dra ons meegevoel oor aan sy geliefdes. Graham laat sy seun Nealle, Marion en haar twee kinders agter. Ons dra die gedig, wat sy lewensfilosofie verteenwoordig, aan hom op. There is a pleasure in the pathless woods, There is a rapture on the lonely shore, There is society, where none intrudes, By the deep sea and music in its roar: I love not man the less, but Nature more, From these our interviews, in which I steal From all I may be, or have been before, To mingle with the Universe and feel What I can ne’er express, yet cannot all conceal. Lord Byron (22 January 1788 – 19 April 1824)
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
11
Standard Bank / HA Goliath
FAMILIEKENNISGEWINGS
ALGEMENE & HUISDIENSTE
BETREKKINGS
ELEKTRIES
3600
1810
SKOONMAAKDIENSTE
BEGRAFNISDIENSTE
1805
1025
FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.
ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Reik elektriese bedradingsertifikate uit. Strydom Elektries: 083 310 0272.
HERSTELWERK 1818
W.P. LOODGIETERS: Gebarste pype, herstel van geisers, nuwe werk, herstelwerk aan ou geboue. Skakel 084 380 7890.
MOTORS TE KOOP 3025
MASJINERIE & TOERUSTING
DATSUN 120Y, 1972, in puik toestand, oorspronklike km 72 000 km, moet gesien word om te glo. Erfstukkie. Skakel 083 772 2316. GEEN KANSVATTERS!
1650
OEFENFIETS: Crazy Fit Massage (skudmasien), R500. Skakel Johan 082 828 0780.
SLEEPWAENS 3040
TROETELDIERE 1660
AMERIKAANSE STAFFIES: Opreg. R2 750 elk. KUSA-geregistreer. Ingeënt en ontwurn. Skakel Johan 082 828 0780. YORKIES TE KOOP: Kan KUSAregistreer. Skakel 082 819 0767.
DSTV/TV/DVD DIENSTE 1807
DStv INSTALLATIONS, repairs and upgrades, Explora, PVR and Xtraview. Phone Kobus 082 040 5801.
ADMINISTRATIEF
NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: 25% discount for this school holiday. For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272.
4501
3605
WOONSTELLE TE HUUR 3250
GUESTHOUSE - KURUMAN: needs an assistant with computer experience. Phone 079 798 3970.
KURUMAN: 1-slk-woonstel te huur, R5 000 p.m. Water, elektrisiteit en DStv Premium ingesluit. Onmiddelik beskikbaar. Skakel 076 879 9402.
BETREKKINGS GESOEK 3670
Bou voormanne Dringend benodig.Minimum 5jaar ondervinding.Skakel August Parau 0833755339
KURUMAN: Mimosalaan 32. 1slaapkamer-woonstel teen R4 500 p.m. Water en krag ingesluit. Onderdakparkering en braaigeriewe. Skakel 071 608 8571.
ALGEMEEN
HUISE TE KOOP
3680
3275
AIDA KURUMAN: Huis te huur: 4 slk, 2 badk, 2 sitk, eetk, kombuis, wask, buitekamer en toilet, 2 m/h. Groot erf, R12 600 p.m. Huis te koop: 4 slk, 3 badk, oopplankombuis, eetk, sitk, studeerk, 2 buitek, stort en wasbak. Lapa, grasafdak, 2 m/h, skadunetafdak, R2,350 miljoen. Skakel Annatjie by 076 395 9422.
GAMOHAAN MOTORS, KURUMAN: Pos beskikbaar vir vakleerling (Appie). Faks CV's na: 053 712 3112. Tel. 053 712 1181 of e-pos: cjstapelberg@gmail.com
HUISE TE HUUR 3270
DEBEN: 3-slaapkamer-huis te huur teen R7 000 per maand. Skakel 084 800 7779. DIBENG: 3-slaapkamer-huis te huur. Skakel 053 781 0334 of 071 942 4107. WRENCHVILLE: 3 slk, sitk, eetk, kombuis, studeerkamer en dubbelgarage teen R8 000 p.m. onmiddellik beskikbaar. Skakel 074 621 5757 of 053 742 2274.
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
SOEK, KOOP, VERKOOP
GEREGTELIKE VEILING
ADMIN. CLERKS NEEDED for copy/paste work. SMS full name/ address to 071 548 6944 or e-mail: d.workforce7@gmail.com
KURUMAN: Bachelor-woonstel te huur teen R2 800 p.m. Sluit DStv in. Sentraal geleë. Skakel 084 800 7779.
VOERTUIE TE KOOP
EIENDOMME
Copy Sentrum / Dibotswa High School NOTICE OF SALE IN EXECUTION In the Magistrate's Court of the District/Region of Kuruman held at Kuruman. Case No: 1231/2013 In the matter between: COPY SENTRUM Execution Creditor and DIBOTSWA HIGH SCHOOL Execution Debtor Kindly take note that in terms of judgement granted on the 25th day of November 2013 in the KURUMAN Magistrate's Court and a Warrant of Execution issued thereafter, a sale in execution of the under-mentioned goods will be held at the Sheriff's Office at 46 Skool Street, Kuruman on the 25th day of July 2014 at 09:30 consisting of: GOODS 1 x Multi Press 6435 N Samsung 1 x Sharp AR 5320 1 x Riso K800 1 X Kyocero KM 1635 15 x Mesa Compers to the highest bidder. Dated at Kuruman on 20 June 2014. JH KRUGER Execution Creditor's Attorney DUVENHAGE & VAN DER MERWE ING Main Road, Prokmed Sentrum, Kuruman 8460 PO Box 63, Kuruman 8460. Tel. 053 712 1064/5/6 Fax 053 712 0569 E-mail: dvdm@dvdmprok.co.za Ref: COP3/0006/MJJ Address of Execution Debtor: DIBOTSWA HIGH SCHOOL OF DITHAKONG, PO BOX 1826, KURUMAN.
KENNISGEWING VAN VERKOPING In die Hooggeregshof van SuidAfrika, Noord-Kaap afdeling, Kimberley. Saaknommer: 1276/2013 In die saak tussen: DIE STANDARD BANK VAN SUIDAFRIKA BEPERK Eiser en HEATHER ANN GOLIATH Identiteitsnommer: 731115 0086 084 Verweerder Ingevolge 'n vonnis van die NoordKaap Hoë Hof, Kimberley in bogemelde saak, sal 'n eksekusieverkoping met/sonder 'n reserweprys plaasvind te die eiendom erf 5139, Postdene, POSTMASBURG, NoordKaap-provinsie op VRYDAG 25 Julie 2014 om 10:00 van die vaste eiendom van die verweerder soos hieronder uiteengesit op die voorwaardes om uitgelees te word deur die afslaer tydens die verkoping van welke voorwaardes ter insae sal wees te die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Stalsstraat 17, Postmasburg, Noord-Kaap-provinsie voor die veiling: ERF: 5139 Postmasburg GELEË: In die Tsantsabane Munisipaliteit, distrik van Hay, provinsie Noord-Kaap GROOT: 308 (Drie honderd en agt) vierkante meter GEHOU: Kragtens Akte van Transport T26/2003 Onderhewig aan die voorwaardes daarin vervat. 'n Residensiële eiendom gesoneer as sulks bestaande uit: Sitkamer, eetkamer, kombuis, 2 slaapkamers, badkamer en geleë te Erf 5139, Postdene, POSTMASBURG. TERME: TIEN (10%) persent van die koopprys en die afslaerskoste synde ses persent op die eerste R30 000,00 of deel daarvan 3,5% op die balans onderworpe aan 'n maksimum van R9 655,00 plus BTW met 'n minimum van R485,00 plus BTW in kontant op die dag van die veiling, die balans teen registrasie van transport om verseker te word deur 'n bank, bouvereniging of ander aanvaarbare waarborg wat binne 14 (VEERTIEN) dae van die datum van die verkoping gelewer moet word. Neem verder kennis dat: 1. Hierdie is 'n verkoping in eksekusie kragtens 'n vonnis bekom in bogenoemde hof. 2. Reëls van hierdie verkoping is beskikbaar 24 uur voorafgaande die verkoping te die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, Stalsstraat 17, POSTMASBURG, NoordKaap-provinsie. 3. Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan bepaalde voorwaardes, o.a. 3.1 Voorskrifte van die Verbruikersbeskermingswet 68 van 2008 (URLhttp://www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=99961) 3.2 FICA-wetgewing m.b.t identiteit en adresbesonderhede. 3.3 Betaling van registrasiegelde. 3.4 Registrasievoorwaardes. 4. Verkoping sal geskied deur die kantoor van die Balju vir die Hooggeregshof, POSTMASBURG, met afslaer JJ Claassens. 5. Advertensiegelde teen heersende publikasietariewe en verkopingkoste volgens hofreëls, geld. DA HONIBALL (NS9980) Prokureur vir Eiser P/a MATSEPES INGELYF Aliwalstraat 26/28 BLOEMFONTEIN Tel. 051 448 3145/6/7
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
BETREKKINGS The future is diverse. The future is yours. Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, style and language are all important elements of our people strategy and are key drivers for our success.
BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence in the global manganese market. Our operations span 2 continents and offer an excellent platform for those seeking to fast track their career. Join our dynamic business and contribute to our growth. Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one of the largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestyle choice with a family-friendly, secure environment and value our employees as our greatest asset. Hotazel, Northern Cape Wessels Mine
Traffic Attendant Ref: 768820 We need you to ensure compliance with BHP Billiton’s commitment to Zero Harm, playing a key role by maintaining road conditions and the respective signage. This means you’ll apply health, safety and housekeeping standards, participate in investigations into workplace incidents and conduct preuse inspections, routine inspections and report defects, as well as risk assessments before all tasks. You must also report any unsafe behaviour, conditions and incidents. To apply, you will need a Grade 12 plus 2 years’ experience in the mining environment and 2 years in road maintenance and construction. Knowledge of traffic management signage and road closer traffic management is important. You must have a Code 08/10 driver’s licence and must be medically fit. Team spirit with the ability to build and maintain relationships, an action orientation and verbal communication skills are essential, along with organising skills and the ability to deliver quality results. Please forward your CV (max 3 pages), quoting the reference number, to ManganeseRecruitment@bhpbilliton.com Applicants who do not quote the reference number will not be considered. Applications close 18 July 2014. BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.
SOEK, KOOP, VERKOOP www.humanjobs.co.za
Human Communications 110675
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Klassiek bly beste IEMAND wat ná ’n afwesigheid van twee dekades weer die Suid-Afrikaanse wynbedryf betroe, sal deur verskeie veranderings getref word. Veral die nuwe name van wynstyle en druifsoorte wat aangetref en oor geskryf word, asook menings van bedryfspelers dat die land as meer opwindend geposisioneer kan word deur nie-tradisionele kultivars te vestig. “Wat sukkel ons nog so met cabernet sauvignon, merlot, pinotage en shiraz?” word in baie wynkringe gevra. “Moet die bedryf hom nie meer toespits op modieuse kultivars soos grenache, cinsaut, tannat, mourvédre en tempranillo nie? Dis mos wyne wat hot, hip en happening is, ek sê, en kan Suid-Afrika help om sy beeld as ’n byderwetse en meer interessante wynland op die internasionale toneel te vestig. Shiraz en die ou bordeaux-variëteite is só vervelig.” ’n Verdiende reaksie, myns insiens, is Sak Sarel. In die eerste plek is dit ’n feit dat die plig van enige wynbedryf is om gedurig te soek na unieke liggings om ander wingerde te vestig, asook minder bekende, minder tradisionele druifsoorte te plant en wyne van te maak. Dit is die wonderlike aard van hierdie bedryf, veral aangesien ons nie so verstok soos die ou-wêreldse lande is nie waar jy vir hoogverraad aangekla word as jy durf waag om ’n shiraz-stok in ’n stuk bordeauxse grond te sit. Hierdie pioniers van sogenaamde “minder tradisionele druifvariëteite”, soos Charles Back van Fairview en Eben Sadie van die Swartland, het die aard van die Suid-Afrikaanse wynbedryf verander deur Suid-Europese kultivars aan te plant of om ou wingerde te vind en opwindende, teen-die-stroom-wyne te maak. Die bedryf is beslis deur sulke nuwe dimensies aangevul en het die verbeelding van wynkommentators op soek na ’n goeie storie behoorlik aangegryp.
Maar aan die ander kant van die munt moet die baba nie saam met die stukvat merlot uitgegooi word nie. Suid-Afrika se wynbedryf strek immers terug tot 1659 en in die proses was daar en is daar steeds baie vernuwing. Maar oor die jare heen het die bedryf darem ook verskeie lesse geleer, naamlik dat daar ’n paar goed is wat hy reg doen en wat die ruggraat van die bedryf sal bly. Soos cabernet sauvignon. Oor die jare het hy homself bewys as die kultivar wat die land se beste rooiwyne oplewer. En ek sal my kurkprop op ’n blok sit dat die groot Suid-Afrikaanse rooiwyne van die volgende vyf dekades steeds cabernet sauvignon sal wees. Kyk byvoorbeeld na die cabernet sauvignon wat by Orange River Cellars gemaak word. Dit is groot wyne. Donker in kleur. Diep en talmend, klassiek en onbeskaamd ernstig. Europees in styl danksy die trekke van veldbos en ’n aanloklike kruiagtige geur. En hierdie streek se cabernet sauvignon het beslis meer verfyndheid en elegansie as die beroemde en oorgepoetste monster-cabernets van Kalifornië. Ja, vernuwing is ’n goeie ding, en enige land se wynbedryf moet eksperimenteer met nuwe kultivars en nuwe wynstyle. Maar die geskiedenis is nie vergeet nie. En in hierdie stadium wys cabernet sauvignon dat hy hier die koning van rooiwyne bly. Enigiemand wat hieraan twyfel, kan gerus ’n springbok-rugstring van die kole afhaal en hom dan met ’n glas Orange River Cabernet afsluk. Dan praat ons weer . . .
Belasting haal Dowwe Dolla in
MET die dat sommige mense deesdae betaal om na Dolla se praatjies te kom luister, kom sy met ’n skok agter sy moet die eerste keer in haar lewe ’n belastingopgawe indien. Dit is ’n ingewikkelde en senutergende proses en Dolla besluit om die hulp van kundiges op die gebied soos Kenny Kunene, Arthur Brown en Kotie se konsultant, Rashid van die Vlakte, in te roep. Sy leer ongelooflik nuttige inligting soos wanneer die beste tye is om deur restaurante en ryk mense se rubbish bins te snuffel op soek na kontantstrokies wat ’n mens kan eis, asook hoe om die eekhorings in jou tuin afhanklikes te maak. Sy besluit ook om navorsing te doen oor wie eintlik in charge is van die geld wat sy betaal en maak ’n dinner date met die ambassadeur van China. Dolla vat die gehoor weer op ’n rollercoaster-rit wat elke nou en dan dreig om te ontspoor . . . want net soos brandewyn het belasting nie brieke nie. Almal weet reeds Dowwe Dolla doen en sê wat sy wil. Sy raps en ransel almal af wat dit verdien. Maar dié keer help Dolla ook verwarde siele. Sy takel daardie onverstaanbare belastingvorms met grasie. Jammer, Dolla, maar met al jou verduidelikings bly dit ’n modderveld wat mettertyd ’n modderbad word. Dolla se onregeerbare verbeelding laat draai haar telkens in Upington terwyl sy eintlik net na Kraaifontein soek, op die Kaasfees as sy eintlik op die Aartappelfees moet wees. Elke Dolla-vertoning het sy besonderse juwele. Uit die een gaan die grafiese beskrywing van ’n voorval met ’n ontkleedanser en ’n kredietkaart nie gou vergeet word nie. En dan open die hulp wat sy van Rashid van die Vlakte kry ’n hele paar nuwe
SOOS altyd het Dowwe Dolla ’n suigstokkie in haar mond. moontlikhede. Dit is genoeg om te sê eekhorings is betrokke. Dolla is ’n formidabele kletskous wat woorde aaneen laat warrel sonder ’n slukkie water tussenin. ) Die optredes vind soos volg plaas: Op die Vryfees – Odeion. 16 Julie om 21:00; 18 Julie om 14:30 en 19 Julie om 21:30. Kaartjies is by Computicket beskikbaar. ) Daar is ook Vryfees-programme by die verskeie kantore van die Kalahari Bulletin (Kathu, Upington en Kuruman) beskikbaar. Die program kos R10.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
15
Seniors kan só deelneem SENIOR burgers word genooi om met gehaltesang- en/of musiektalent aan die tweede kompetisie van die ATKV deel te neem. Die kategorieë is: Sing enige Afrikaanse lied met enige musiekinstrument as begeleiding; Speel enige Afrikaanse nommer met enige musiekinstrument. Stuur die liedjie- en/of musiekinstrument op ’n CD of e-pos dit in MP3-formaat aan die ATKV. Jy kan jou vir albei kategorieë inskryf. Jy kan ook meer as een liedjie en meer as een
DIE Serfontein-tennisakademie (STA) het op Saterdag 21 Junie ’n junior tennistoernooi vir laerskoolleerlinge gehou. Hierdie leerlinge het goue en silwermedaljes gewen. Foto: Verskaf
Spelers blink uit met goud en silwer
DIE Serfontein-tennisakademie (STA) het op Saterdag 21 Junie ’n junior tennistoernooi vir laerskoolleerlinge gehou. Leerlinge word in groepe volgens sterkte van spel geplaas waar hulle dan om medaljes meeding. Daar was 48 leerlinge van die streek waarvan 39 van Oranje Noord, sewe van Op die Voorpos en Fanie Malan, en twee van die Laerskool Kakamas was. Hier is die uitslae van die leerlinge wat in hul verskillende groepe gewen het: Braam van Niekerk (goud) en Gerco Nel (silwer); Pierre Nel (goud) en Fouché van
Niekerk (silwer); Maggie Kennedy van STA (goud) en Jokja Kotze (silwer); Michael van Zyl (goud) en Heinrich Kaindlbinder (silwer); Elizma Boshoff (goud) en Tamar Erasmus (silwer); Driaan Coffee van STA (goud) en Wilhelm van Staden (silwer); Lene van der Berg (goud) en Janneke Engels van STA (silwer); Ahbé Foccher (goud) en Jo-Dine Strauss (silwer); Christelle van Zyl van STA (goud) en Elme Slabber (silwer); Jan Erasmus (goud) en Stefan Joubert (silwer), albei van STA; Lieben Engelbrecht (goud) en Johandré Terblanche (silwer), albei van STA.
musieknommer inskryf. Die beoordelaars is Rouel Beukes, Lieb Bester, Mimi Coertse, Theo Erasmus, Sonja Herholdt, Lance James, Martin Lane, Trevor Nasser, Min Shaw, Gert van Tonder en Ollie Viljoen. Stuur ’n SMS na 082-925-1488 of ’n e-pos na iakotze@mweb.co.za om ’n inskryfvorm te bekom. Die sluitingsdatum is 30 Augustus. Die twee kategoriewenners wen Lapa-boeke en twee dae se verblyf in ’n ATKV-oord. Rig navrae aan Sakkie Kotze by 082-925-1488.
OP 2 Julie het die vrouebond van die Evangelies-Lutherse kerk, Kaap-Oranje-bisdom, na King Williams Town vir die jaarlikse bisdomskonferensie vertrek. Die 17 vroue uit die Kalahari-kring wat die konferensie gaan bywoon, kom uit Rietfontein, Philandersbron, Askham, Van Zylsrus, Upington, Keimoes en Steinkopf. Van links is Stoffel van Wyk (eienaar van Kalahari Liner), Anna van der Westhuizen, Anna-Marie Titus, Sophia Orren, Maria Bezuidenhout en Maggie Rautenbach. Foto: Verskaf
Cope se inploffing duur voort André Botha COPE se inploffing in die Noord-Kaap het verlede Woensdag voortgeduur toe die party verpletterend in ’n tussenverkiesing in die Kai !Garib-munisipaliteit deur die ANC verslaan is. Die ANC het hiermee die wyk by Cope afgeneem nadat Cope nog in 2011 se munisipale verkiesing gewen het. Die setel het vakant geraak toe die Cope-raadslid net ná vanjaar se algemene verkiesing uit die party bedank het.
Die ANC se Estelle Fritz het Woensdag 1 214 stemme behaal, Maria Appies van die DA 523 en Cope se Willem Jaftha net 146. In 2011 het Cope die wyk met 980 stemme gewen. Die ANC was toe tweede met 849 en die DA derde met 381. Die ANC én die DA het dus ten koste van Cope gevorder. Dit is ’n ANC-beheerde munisipaliteit. Die ANC het in ’n verklaring die uitslag as oorweldigende vertroue van die gemeenskap van Kenhardt in die ANC bestempel.
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 JULIE 2014
Talle wys hul slag DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het ’n aantal leerlinge wat in die Julievakansie aan wintersportsoorte gaan deelneem. Onder die netbalmeisies is Christin Fox en Jodi-Anne Kasimbingue wat vir die Noord-Kaapse Diamantespan (o.15) gekies is, terwyl Jo-Marie Hayes en Haylen Boer vir die Noord-Kaapse Robynespan gekies is. Christi van Niekerk is die tweede agtereenvolgende jaar vir die Noord-Kaapse o.16-hokkiespan gekies, terwyl Sonette Oosthuizen en Reshma Majiedt in die
Noord-Kaap-Plattelandse o.18-hokkiespan ingesluit is. Charlotte van Wyk en Salma Conradie is in die Noord-Kaap-Plattelandse o.16-hokkiespan ingesluit. HP van der Merwe het die GriekwalandWes-Plattelandse akademierugbyspan gehaal. Die volgende rugbyspelers is in die Griekwaland-Wesse o.17-span ingesluit: Pascal Januarie, Fuad Cloete, Tiaan Crafford, Fourie van Zyl, Marius Jacobs en Sebastiaan Jobb.
GERRIT WICKENS (18) van die Hoërskool Upington is as die Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play sportster van die maand vir Junie aangewys vir sy uitstekende prestasies in atletiek. Foto: Verskaf
Ster het spoed
VAN links is Jo-Marie Hayes en Haylen Boer wat vir die Noord-Kaapse Robynespan gekies is en Jodi-Anne Kasimbingue en Christin Fox vir die Noord-Kaapse Diamantespan.
VAN links is Sonette Oosthuizen, Salma Conradie, Charlotte van Wyk en Reshma Majiedt wat vir die Noord-Kaap-Plattelandse hokkiespan gekies is. Foto’s: Verskaf
HP VAN DER MERWE is vir die Griekwa-Plattelandse akademiespan gekies.
VAN links is Tiaan Crafford, Pascal Januarie, Fuad Cloete, Fourie van Zyl, Sebastiaan Jobb en Marius Jacobs wat vir die Griekwa-o.17-rugbyspan gekies is.
GERRIT WICKENS (18), ’n leerling aan die Hoërskool Upington, is as die Kalahari Bulletin se SuperSport Let’s Play sportster van die maand vir Junie aangewys vir sy uitstekende prestasies in atletiek. Dié aktiewe jong sportster het ’n verskeidenheid prestasies behaal: ) 2006 tot 2008: Suid-Afrikaanse skole-atletiek – 80 m (goud), 100 m (brons), 4 x 100 m-aflos (silwer). ) 2013: Suid-Afrikaanse skole-atletiek – 100 m (silwer). In 2014 het hy aan die Suid-Afrikaanse skole-atletiekkampioenskappe deelgeneem waar hy tot in die halfeindronde gevorder het. Hy het op die provinsiale byeenkoms gekwalifiseer om aan die senior Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe deel te neem waar hy ’n vierde plek behaal het. Gerrit het ’n besondere talent as kortafstandatleet. Hy het ná ’n besering, wat hom vier jaar van die baan gehou het, herstel en uitsonderlike tye behaal. Sy beste tyd is 10.45 handtyd en 10.68 elektronies. Sy pa, Johnny, sê: “Ons is tevrede met wat hy tot dusver bereik het, maar ons kry hom nou op peil vir prestasies wat sy potensiaal regverdig.” Gerrit se doelwit is om die 100 m in onder tien sekondes te hardloop. Hy leef volgens sy leuse: Wenners is nie dié wat nog nooit verloor het nie, maar dié wat nooit tou opgooi nie. ) Stuur jou SuperSport Let’s Play sportster van die Maand-benoeming vir leerlinge tussen die ouderdomme van ses en 18 jaar vandag. Stuur e-pos na supersport@zpr.co.za of faks na 086-552-4922. Bel Lynne of Juanré by Z PR by 051-522-9574.