Upingtonbulletinub 20140723

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, DaniĂŤlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

24 JULIE 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Doen hul deel vir Madiba

OP Vrydag 18 Julie is Upington behoorlik oorgeneem deur maatskappye, sakeondernemings, skole en selfs die munisipaliteit wat Mandela-dagprojekte aangepak het. Tot van die raadslede van die //Khara Hais-munisipaliteit het die strate ingevaar om Upington nog skoner te maak. Van links is Limakatso Koli (burgemeester), Thomas Basson (speaker) en Desi Ngxanga (munisipale bestuurder) besig om die strate rondom die taxi-staanplek skoon te maak. Lees ook op bll. 11 en 12 wat ander mense op Mandela-dag gedoen het. Foto: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Susan Coetzer praat op party SUSAN COETZER, bekende akteur, skilder, skrywer, joernalis, motiveringspreker en sakevrou, gaan op 2 Augustus by die NG kerk Noord in Upington as gasspreker optree. Hoewel die geselligheid ten bate van die Private Skool Cum Laude as ’n ma-en-dogter-geselligheid aangebied word, is alle vroue welkom. Susan, wat veral bekend is vir haar rol as Daisy de Melker in die gelyknamige televisiereeks, het die afgelope paar jaar diep in mense se harte gekruip met haar reeks boeke wat pitkos vir die siel en lewe bied. Haar debuutroman, Oros vir die siel, is opgevolg met Custard vir die siel en Smarties vir die siel waarmee sy menige vrou deur diep waters gehelp het. Susan tree gereeld as motiveringspreker op en sy is passievol oor die hart van die mens. Volgens Susan is verhoudings haar prioriteit. “My verhouding met my Skepper, my kind, my vriende, is vir my veel meer werd as my CV vol prestasies.” Sy beskryf haarself as ’n vrou nes ek en jy met ups en downs op haar lewenspad. Haar rys brand ook gereeld vas. Sy baklei ook oor die toiletflap en die nat handdoeke op die grond. Juis daarom wil sy graag die soetgoed van haar siel met die vroue daar buite deel. Volgens Susan maak die klein dingetjies ’n groot verskil en kan elkeen ’n positiewe bydrae in iemand se lewe maak. Bring jou dogter of sommer net jou vriendin en kom geniet die oggend saam met Susan. Kaartjies kos R100 vir volwassenes en hoërskoolmeisies en toegang is gratis vir laerskoolmeisies. Die geselligheid begin om 10:00 en

VLVK hou kongres DIE Kalahari- en Noordwes-Kaap-sirkel van die Vroue-landbouvereniging (VLV) bied van 19 tot 21 Augustus die 85ste kongres van die VLV Kaap (VLVK) in Upington aan. Die kongres gaan in die ouditorium van die Volle Evangelie-kerk en by die Hoërskool Duineveld plaasvind. Die kongres se tema is vanjaar Vroue met visie en met só ’n inspirerende tema word pitkos vir elkeen van vanjaar se 350 kongresgangers gebied. Sprekers soos Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, Christine Ferreira, die redakteur van Lééf, Johannes Moller, Agri-SA se president, Riana Scheepers, skrywer, Herman Lensing, oud-Upingtonner en die kosredakteur van Sarie, dr. Carl Albrecht, die hoof van kankernavorsing in Suid-Afrika, en Magdie de Kock, verteenwoordiger van Westfalia, die kongresborg, gaan daartoe bydra om elke vrou op die kongres se visie te verbreed en haar te inspireer. Op die kongres gaan verskeie mense vereer word vir die bydraes wat hulle lewer. Ronella Rademeyer, die VLVK-erepresident en kurator van die VLVK-tekstielmuseum, gaan vereer word vir haar bydrae om dié museum te vestig en tot

’n internasionale besienswaardigheid te ontwikkel. Herman Lensing gaan vereer word vir die prestasies wat hy op ’n jeugdige ouderdom bereik het. Die kultuuraand wat Dinsdag gehou word, gaan beslis ’n hoogtepunt wees. Op dié aand gaan 85 kerse aangesteek word om die 85 goue jare van die VLVK voor te stel en Nohline Grobler van Prieska en Franz Geldenhuys van Jeffreysbaai gaan optree. Melana Möller gaan die Woensdagoggend van die kongres, met blomme en lofsange deur ’n lofsanggroep van Prieska, Bybelvroue met visie, uitbeeld. Die Woensdagaand is ’n kuieraand. Die vreugdevure gaan hoog brand met skape op die spit en lede wat gaan meedoen aan ’n verskeidenheidskonsert met nommers wat die 85 goue jare van die VLVK van 1929 tot 2014 sal uitbeeld. Die Donderdagoggend gaan Johleen de Villiers met ’n monoloog die vrou by die put voorstel. Registrasie, beoordeling van die kompetisies en die Dinsdagaand se dinee vind by die Hoërskool Duineveld plaas en die res van die aktiwiteite by die Volle Evangelie-kerk.

Opruimwerk vir skoner Upington begin SUSAN COETZER tree op 2 Augustus by die NG kerk Noord in Upington op. Kaartjies is beskikbaar by Bargain Books. Foto: Verskaf kaartjies is beskikbaar by Bargain Books in die Kalahari Mall. Vir verdere inligting kan Hildemarie Vollgraaff by 081-852-3552 gebel word.

DIE //Khara Hais-munisipaliteit voer nou Operasie Lungisa Konke in Upington uit. Dié projek se doel is om Upington skoon en mooi te maak. Die opruimsessie het al in van die wyke plaasgevind en nou is die projek op die sentrale sakekern van Upington gemik. Daarom vra die munisipaliteit alle eienaars van ondernemings in die sentrale sakekern om hul ondernemings en geboue op te knap en mooi te maak sodat die hele Upington weer ’n vars gevoel kan kry.

Eienaars van ondernemings word veral gevra om te kyk na die voorkant van hul geboue en hul winkelvensterruite en dat opknappingswerk daar sal begin. Desi Ngxanga, munisipale bestuurder, wil alle ondernemings wat die pleidooi te harte neem, bedank vir hul bydrae om Upington op te knap en hoë standaarde in die versorging van hul geboue te handhaaf. “Die raad is baie trots op die beeld van die sentrale sakekern en ons maak staat op almal se samewerking,” het hy gesê.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

3

ONS MENSE

Skilderye verkoop soos soetkoek Siska Martin DIE helderkleurige skilderye met huisies en helderblou deure en vensterhortjies tref die oog. Kyk jy na die handtekening, Ester, val dit op dat dit soos ’n kruis lyk. Esna Badenhorst van Kuruman het vanjaar die tweede keer op die Vryfees in Bloemfontein uitgestal. Sy het vertel dat sy verlede Dinsdag nege skilderye verkoop het en op Woensdag nog sewe. “Die Here is goed vir my.” Dié boorling van Paardeberg anderkant Petrusburg op die pad na Kimberley vertel sy wou nog altyd skilder, maar sy het eers sowat ses jaar gelede hierdie talent begin ontwikkel. Voor dit het sy baie materiaalverfwerk gedoen.

In 2010 het sy haar eerste uitstalling in ’n skoolsaal in Kuruman gehou. Esna het tot in st. 2 (gr. 4) ’n plaasskool in haar geboortedorp bygewoon en eindelik aan die landbouskool in Jacobsdal gematrikuleer. Sy het ná skool in Kimberley diamante gesorteer totdat sy saam met Frans, die rekenmeester met wie sy in 1984 getroud is, na Kuruman verhuis het. Hulle woon nou byna 20 jaar in dié Noord-Kaapse dorp. “Toe ’n pastoorvriend op ’n keer vra hoe dit met my skilderwerk gaan, het ek gesê ek kry nie my werke verkoop nie. Hy sê toe ons moet bid vir ’n nuwe naam. “So het ons toe by Ester uitgekom. Die eerste skildery wat ek as Ester

geskilder het, was die eerste een wat in Junie 2010 verkoop is!” Esna vertel haar kuns is vir haar ’n bediening. “Dit is vir my die lekkerste lekker as iemand oor een van my skilderye sê: ‘Hy is elke dag vir my mooi en beteken iets vir my siel.’ ” Elke skildery het ’n boodskap en haar gunstelingwerke is die straattonele wat sy skilder. Hierop sien jy dikwels plekke soos die Abundance Bank en die viswinkel Fishers of Men waar die vangs van die dag souls is. Frans en Esna het drie kinders. Die oudste, Gerlezé, en jongste, Francois, studeer nog terwyl hulle saam met hul pa werk. Zanica werk saam met Esna en maak al haar rame en skilderdoeke.

ESNA BADENHORST, 'n skilder van Kuruman, stal vanjaar die tweede keer op die Vryfees uit. Foto’s: SISKA MARTIN

EEN van Esna se helderkleurige skilderye.

VOORBEELDE van Esna se werke.


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Kinders kort meer hulp DIE afgelope tyd was daar weer verskeie berigte in die nuus oor kinders wat mishandel is of slagoffers van wrede misdade was. Twee kinders was die slagoffers van motorkapings. In die een kaping is ’n vierjarige kleuter 10 km ver deur sy ontvoerders gesleep en is in die proses dood. In ’n ander motorkaping is ’n vyfjarige kleuter ontvoer. In die Vrystaat is ’n kleuter met 99 meswonde aan haar lyfie dood aangetref. Tragedies soos dié tref ’n mens altyd baie diep. Vir enige ouer is die dood van ’n kind ongelooflik traumaties. Dit hoef nie noodwendig jóú kind te wees wat gewelddadig sterf nie. Enige kind wat op ’n traumatiese wyse sterf, laat ’n mens besef hoe weerloos jou eie kinders ook is. Die wreedheid wat soveel kinders daagliks beleef, is heeltemal ongehoord, maar ondanks ’n omvattende kinder-

regtemanifes van die regering en ’n jaarlikse veldtog waarin die gewelddadige optrede teenoor vroue en kinders aangepak word, is dit asof kinders steeds die grootste teiken bly wanneer dit by geweldsmisdade kom. Op Mandela-dag is verskeie minder bevoorregte kinders gehelp. Daar is speelterreine gebou, kospakkies en klere uitgedeel en opvoedkundige toerusting geskenk. Maar een dag in ’n jaar is heeltemal te min om die nood van duisende kinders in SuidAfrika te verlig. ’n Kinderregtemanifes is ook nie genoeg nie. Dit is ’n begin, maar indien dit nie daadwerklik toegepas word nie, sal kinders al hoe meer die slagoffer wees. Daar word so dikwels gesê kinders is ons toekoms en hulle moet opgepas, opgevoed en vol liefde grootgemaak word, maar in dié geval is woorde maar hol en van bykans geen waarde nie.

Satan wants to ruin God’s plan for you Past. John Clarke JOHN 10:10: The thief does not come except to steal, to kill and to destroy. We live in a country where things get stolen all the time. Statistics suggest we are a nation in trouble. But I don’t want to focus on the natural today. In the spiritual realm a kind of stealing is going on in many lives. Satan is in the business of ripping off things that do not belong to him. Jesus said in the Scripture the only purpose the thief has in mind is to steal, kill and destroy. Jesus’ purpose is to give life in all its fullness. You may say: “Yes, but people are stealing from us and breaking into our houses.” Maybe these things have become so important to us that we are losing sight of God’s purpose in our lives. Maybe God allows these things so we can get our focus right. Here is the catch. Satan does not need your car, your house or your money. But he is interested in stealing spiritual treasures. Things that have value with God and are of eternal significance. Satan wants to steal our purpose for living. In Jeremiah 29:11 God says: I know the plans I have for you. God has a plan for our lives.

God has a dream for us. However, some people turn to drugs, alcohol and even meaningless relationships if they cannot find their purpose for living. Some people turn to career achievements. Sometimes this is just to fill the void or emptiness we feel in our hearts or souls. Let us turn to God today and ask for his plan and purpose for our lives. If I feel that my life has no meaning anymore, I remember that God has a purpose for my life. Satan wants to steal our families. Psalm 127:3: Behold, children are a heritage from the Lord. The fruit of the womb is a reward. Our children are supposed to carry forward our family name. Satan knows if he can wreck your marriage, he can ruin both your and your children’s lives. Marriage is God’s initiation for relationships. Let us seek God’s purpose for our lives again. Maybe we’ll again enjoy God’s favour and protection on our lives. ) Past. John Clarke is of the Kuruman Christian Church.

Prentjiemooi in die koue DIE natuur gebruik die koue om besonderse kunswerke te skep. Die “versierde” boom is op 16 Julie by die Gamagara-munisipaliteit in Kathu afgeneem. Foto: Malinda Roux

Feite nog altyd my geite Ilse Watson “EK dink ek verstaan nou waar ek inpas. Jy is die harde-nuusjoernalis en ek is die ene wat jy agterlaat om al die ander interessante, of dalk vreemde, dinge van mense uit te vind. “Staan daar iets op my gesig geskryf? Hoekom vertel mense al die vreemde goed vir my?” “Dit is omdat jy so cool is dat hulle aan jou hul vreemde dinge vertel. As hulle vir my kyk, dan sien hulle op my gesig geskryf: Don’t even go there.” Só gesels ek en ’n kollega by ons “hoofkantoor” – Kathu se pragtige gholfbaan. Sy is ’n blommekind. Sy sê ek is die straight forward ene. Mense kyk na my en dink: “Ag, nee, sy is te kwaai, vir haar gee ons net die feite. Sy kry niks juicy inligting oor ons nie.” Dit is seker so dat ek net konsentreer op die feite en verkies om nie-fiksie te skryf, hoewel ek dít ook in my werk doen. Ek het ook vanjaar besluit nou skryf ek daardie novelle wat ek lankal wou skryf. Dit is baie

4/23

1/18

1/18

moeiliker as wat ek verwag het dit gaan wees. Al daardie karakters wat geskep moet word. Al die navorsing wat gedoen moet word om ’n boek te kan skryf. Hulle moet elkeen hul eie geskiedenis hê. Wat het my besiel om die taak aan te pak? Só verskil mense. Die een leef met haar kop in die wolke, teken die mooiste prente, het ’n vreemde sin vir humor en die ander een is georganiseerd, streng en ’n perfeksionis. Ek is die een wat nié snaaks is nie (grappe is nie my sterk punt nie) en ek is die een wat vreeslik kwaai by die werk is. Dit het ek ongelukkig van my pa geërf. Hy was ’n tiran vir wie almal effens bang was, maar hy was nooit onregverdig in sy werk nie. Sy woord was wet. My woord is darem nie wet nie,

2/23

0/17

0/19

maar ek het ook daardie vermoë om na mense te kyk en dan weet hulle – kom ons loop liewer, hier kom ’n ding. Ek is darem kreatief, ook iets wat ek van my pa geërf het. Hy kon baie mooi teken en het die oulikste spotprentjies van homself geteken – hy het ’n baie skerp humorsin gehad. Ek kan nie teken om my lewe te red nie, hoewel ek ewig ’n poging aanwend om dit te doen. My dogter het seker haar tekenvermoë van my pa geërf. Haar vermoë om te sing het sy van haar pa se kreatiewe familie geërf. Die blommekind is só kreatief dat dit my eintlik vreeslik jaloers maak. Die blommekind staar my gedurig aan met ’n uitdrukking wat sê: “Sal jy nou ontspan en jou hare laat hang?”. Die blommekind weet egter dit is nie vir my moontlik om so cool te wees nie. Soos sy gesê het: Ek is te straight forward. Ek wens mense wil ook vir my van hul vreemde optredes, persoonlikhede en geraamtes in die kas vertel.

6/13

2/10

1/16


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

DIE Spontaanwenners kort nadat hulle Saterdag op die Vryfees in die Blêrkas aangewys is. Van links is Puleng Tsotetsi, tweede, Damaris Godoy, wenner van die Spontaan-talentkompetisie, en Ludwig Streso, derdeplekwenner. Foto’s: Tharine Hurter

Wen met talent

LINKS: Reuben Murphy Saterdag in aksie in die Blêrkas in die Spontaan-talentkompetisie in Bloemfontein. Hy was die Kala­ hari Bulletin se finalis.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Week fokus op borsvoeding WÊRELDBORSVOEDINGSWEEK is vanjaar van 1 tot 7 Augustus. Dié week word oor die wêreld heen gevier om die gemeenskap en wêreld bewus te maak van die voordele van borsvoeding en só borsvoeding te beskerm en te bevorder. Alle mammas oor die wêreld heen word aangemoedig om te borsvoed – en die eerste ses maande van die baba se lewe eksklusief te borsvoed – om sodoende die beste vir die baba te gee. Borsvoeding het baie voordele vir die baba én die ma. Die algemeenste redes vir borsvoeding is optimale voeding vir die baba, borsmelk is altyd beskikbaar teen die regte temperatuur en bevat al die nodige vitamiene en minerale. Borsmelk is gesond en higiënies, die ma hoef nie op te staan om dit voor te berei nie en dit is boonop gratis. Nog voordele is dat dit die immuniteitstelsel van die baba opbou en die ma en baba later in hul lewe teen siektes soos asma, infeksie, asook soorte vrouekanker, beskerm. Die ZF Mcgawu-voedingspan in samewerking met die dieetkundiges van die Dr. Harry Surtie-hospitaal gaan vanjaar weer aan die Big Latch On deelneem om sodoende Borsvoedingsweek te vier en bewustheid te skep en borsvoeding te ondersteun, veral in die ZF Mgcawu-distrik. Die Big Latch On is waar borsvoedende mammas bymekaarkom om saam met ander vroue oor die wêreld heen ’n minuut lank te borsvoed. Mammas van al die gesondheidsgeriewe in die ZF Mgcawu-distrik kom op 1 Augustus om 09:00 in die Dr. Harry Surtie-hospitaal bymekaar. Hier sal die mammas meer leer oor die voordele van borsvoeding, kinderontwikkeling en hoe belangrik borsvoeding vir die baba is. Daar sal heelwat aktiwiteite wees, asook pryse, kospakkies en hemde. Alle borsvoedende vroue word genooi om saam aan die Big Latch On deel te neem. Rig navrae aan 054-337-0600.

Radiostasie vergader RADIO RIVERSIDE, die gemeenskapradiostasie van Upington, gaan sy jaarvergadering op Dinsdag 29 Julie en Woensdag 30 Julie in die Piet Thole-gemeenskapsaal in Rosedale hou. Die jaarvergadering sal ook as ’n vergadering dien om ’n nuwe raad te kies wat die instansie die volgende drie jaar volgens sy grondwet moet lei. Die jaarvergadering is uitgestel nadat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) gevra het alle geskeduleerde jaarvergaderings moet opsy geskuif word totdat die nasionale en provinsiale algemene verkiesings in Mei vanjaar voltooi is en dat al die vergaderings nie later nie as 30 Julie moet plaasvind. Okosa is die statutêre instansie wat vir kommunikasie in Suid-Afrika verantwoordelik is. Hy is ook vir die uitreiking van uitsaai-lisensies verantwoordelik. Die wette van Okosa beveel aan dat ’n gemeenskapsradiostasie gereeld ’n raad moet kies om deelname van die gemeenskap in die radiostasie se sake te verseker. Die raad is ’n verteenwoordigende struktuur wat verseker alle gemeenskapstandpunte en -aspirasies word weerspieël in die stasie wat ’n Okosa-lisensie het. Vernon Mfusi, die raadvoorsitter van Radio Riverside, het vroeër vanjaar aangedui hy sal uittree uit die pos en dit beteken dus dat die stasie ’n nuwe

leier sal moet kry. Mfusi, wat in Desember verlede jaar as ’n direksielid van die Nasionale Gemeenskapsradioforum (NGRF) in Mangaung in die Vrystaat gekies is, sê hy glo dit is tyd vir nuwe bloed om die stasie verder te neem. Die NGRF is die grootste verteenwoordigende liggaam vir gemeenskapradiostasies in die land met meer as 120 gemeenskapradiostasies wat by dié liggaam geaffilieer is. Mfusi sê sy verkiesing tot die NGRF bevestig dat Radio Riverside nasionaal ’n toonaangewende gemeenskapradiostasie is wat die sektor met verdere ontwikkeling kan help. Mfusi sê hy het saam met ’n dinamiese span van mederaadslede altyd die belang van die gemeenskap op die hart gedra en het gemeenskapdeelname verseker. Hy sê in sy termyn het die stasie baie indrukwekkende mylpale bereik en is hy ook genooi om konferensies en byeenkomste van gemeenskapradiostasies by te woon, nasionaal en internasionaal. Op die jaarvergadering sal die instansie verslae, sowel as die geouditeerde finansiële state, voorlê. Dit is twee belangrike dokumente van die stasie wat deursigtigheid bevorder. Hy moedig die gemeenskap aan om instansies te benoem, soos gemeenskapleiers, wat in die beste belang en die welsyn van die stasie optree eerder as om hul eie belange te bevorder. Thabang Pusoyabone, die stasiebe-

stuurder van Radio Riverside, sê die raad het sekere swak punte geïdentifiseer wat op die jaarvergadering voorgehou sal word vir bespreking en aanvaarding om die grondwet te versterk. Hy sê benoemingsvorms is by die Radio Riverside-kantoor beskikbaar. Volgens hom sal slegs diegene wat deur gemeenskapsgegronde instansies, nie-regeringsinstansies, nie-winsgewende instansies of geregistreerde a-politiese belangegroepe benoem is in aanmerking kom om gekies te word om in die raad van Radio Riverside te dien. Hy sê enigiemand wat gekies is, moet ’n sekere instansie in die raad verteenwoordig en nie individue nie. Die instansies wat nie deel van die Radio Riverside-forum is nie, kan ook aansoek doen om deel van die forum te wees. Pusoyabone sê vorms kan op weekdae in kantoorure (08:00 tot 17:00) by die Radio Riverside-kantoor afgehaal word. Hy sê op die eerste dag sal op al die verslae gekonsentreer word. Die tweede dag word vir die verkiesing van die nuwe raad opsy gesit. ’n Instansie wat iemand benoem, moet ’n afskrif van die instansie se registrasiedokument of grondwet van die instansie aanheg en al die vorms moet voor of op 29 Julie om 12:00 aan Radio Riverside teruggestuur word. Die stasie se kantoor kan vir meer inligting oor die jaarvergadering by 054-332-1775 gekontak word.

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebook-blad.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

7


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

GERT VISSER het dié swerm swaeltjies teen dié besonderse wolke afgeneem.

DIÉ pragtige skoorsteenveër is deur Arno Cilliers afgeneem.

Foto: Gert Visser

Foto: Arno Cilliers

Tyd min vir voëlfoto’s Lizette Slabber DAAR is nog net een week oor om jou pragtige foto’s van voëls na die Kalahari Bulletin te stuur, want op 31 Julie sluit die fotokompetisie vir Julie. In Augustus is die tema Swart-witfoto’s. Daar is nie ’n beperking oor die onderwerp wat afgeneem word nie; die foto’s moet net pragtige swart-wit-foto’s wees. Die wenfoto wen elke maand ’n lekker prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, gaan ’n geskenkpak van die Orange River Cellars wen. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner, wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf. Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ’n daaglikse ontbyt, asook ’n Sondagmiddagete, in.

Die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is en waar die fotograaf woon. Slegs amateurfotograwe mag hulle voortaan inskryf. Geen korrespondent van die Volksblad-groep mag hom of haar voortaan inskryf nie. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin se webtuiste, www.kalaharibulletin.co.za, dop vir die inskrywings wat ontvang is en sy Facebookblad om te sien wie as finaliste aangewys word.

NICO GROBLER het dié twee hoep-hoepe afgeneem.

Foto: Nico Grobler

JEANE PIERRE MEEK het dié twee afgeneem waar hulle snoesig teen mekaar leun.

Foto: Jeane Pierre Meek

ZELDA JANSE VAN VUUREN het dié tarentaal bo-op ’n huis se dak afgeneem.

Foto: Zelda Janse van Vuuren

DIÉ suikerbekkie is deur Frikkie Strauss gekiek.

Foto: Frikkie Strauss


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

DIE Gemsbok-rally vind die naweek op die skouterrein plaas. Soos gewoonlik vind die gewilde kwartmyl weer op die lugmagterrein plaas. Foto: Verskaf

Kwartmyl wink André Botha UPINGTON. – Motorfietsryers van oor die land heen en selfs van buurlande gaan volgende naweek, 25 tot 27 Julie, weer vir die jaarlikse Gemsbok-rally op Upington toesak. Christa Marais, een van die organiseerders van die saamtrek, sê Upingtonners glimlag breed oor die saamtrek, omdat sakeondernemings daarby baatvind en die besoekers toeriste-attraksies besoek. Die Wildbulls Upington gee ook ná die saamtrek terug aan die gemeenskap in die vorm van skenkings Die aantal besoekers neem jaarliks toe. Marais sê die hoogtepunt is die kwartmyl wat jaarliks op die lugmagterrein net verby die lughawe aangebied word. “Die hele kontrei se mense kom deel in die pret.” Mense wat die saamtrek bywoon, kry die kans om een van drie blinknuwe motorfietse te wen. Dit is ’n Honda 1000 RR, ’n Honda 600 RR en ’n Honda 125 R. Dié motorfietse kan in die Kalahari Mall in die dorp bekyk word.

Geen dagbesoekers word toegelaat nie, maar almal kan hulle vir die naweek inskryf. Mense kan ook net die kwartmyl bywoon. Dit kos R300. In ruil daarvoor kry besoekers gratis toegang tot die terrein en kwartmylbaan, ’n lapwapen en ’n metaalwapen (solank voorraad hou) en natuurlik die kans om met een van die motorfietse weg te ry. Mnr. en Mej. Gemsbok word die Vrydagaand aangewys. Daarna volg ’n kuier met musiek. Die kwartmyl word Saterdag aangepak. Saterdagaand word die gelukstrekking gehou en sal daar lekker gekuier word. Die saamtrek word Sondag met ’n kerkdiens afgesluit. Mense wat net na die kwartmyl wil gaan kyk, moet R50 vir volwassenes betaal, R20 vir skoolgaande kinders en dit is gratis vir voorskoolse kinders. Diegene wat hulle vir die hele naweek inskryf se laerskoolkinders kan gratis ingaan mits hulle saam met hul ouers is. Hoërskoolkinders moet hulle vir die hele naweek inskryf.

Good service: Heroes wanted AS part of the Journey to Service Excellence (J2SE) Public Awareness Campaign, the Department of Tourism will be running a campaign on Radio Riverside 98.2 FM to find and acknowledge Upington’s service excellence heroes. The Service Excellence Hero of the Week Radio Campaign is the final stage of a three-phase pilot programme that began in November 2013 with the objective to cultivate a culture of service excellence in Upington. The tourism value chain in Upington embraced the J2SE programme and attended the service excellence skills workshops, leadership workshops and round-table discussions facilitated by the Department of Tourism, which resulted in the formation of the town’s own J2SE Implementation Forum. To build on the success of the J2SE programme, the department is taking Journey to Service Excellence to the community by inviting them to take part in recognising the importance of service

excellence to the sustainability of tourism in Upington. The Service Excellence Hero of the Week Campaign will be conducted on Radio Riverside’s Big Breakfast Show over a six-week period from 14 July to 26 August. Members of the Upington community are urged to call Radio Riverside during the Big Breakfast Show on Fridays at 08:15 to nominate their Service Excellence Hero of the Week. Callers must relate a memorable experience and motivate why their candidate deserves to be Upington’s Service Excellence Hero of the Week. A winner will be selected every second week by Upington’s J2SE Implementation Forum. DJ Jay will call and surprise the winner during the Big Breakfast Show on Tuesday between 06:00 and 09:00. All six heroes will be entered into a final draw, where the final screening of the candidates for Upington’s Service Excellence Hero will be chosen. ) Visit www.experiencenortherncape.com for more information.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

MANDELA-DAG

VOOR is: Annoline Brandt; van links is, middel: Vanessa Moleon, Charmain Simanga, Dorra van Wyk, Patrick Melodi, Johanna Dundee en Eugenie MacDonald; agter: Ruan Cloete. Foto’s: Lizette Slabber

Kinders kry speelterrein Lizette Slabber MACDONALD’S VERVOER het vir sy Mandeladagprojek die Bavumeleni-dagsorgsentrum in Paballelo se speelterrein opgeknap en kratte vol speelgoed geskenk. Die dagsorgsentrum, wat in 2008 gestig is en 116 kinders tussen die ouderdomme van 18 maande en vyf jaar het, het geen speelterrein gehad waarop die kinders kon speel nie. Volgens Alinda Strauss het MacDonald’s Vervoer op aanbeveling van Famsa besluit om dié dagsorgsentrum te help. “Famsa is by ons betrokke en ons het hom genader om ’n aanbeveling te doen oor waar die grootste nood is. Ons wou veral kinders help omdat ons ander takke ’n ouetehuis, hawelose mense en serebraal gestremdes help.” Daar is ook besluit dat herwinning ’n groot rol in dié Mandela-dag projek moet speel. “Ons het ou motorbande helder kleure geverf en dit gebruik om klimrame en speelplekke vir die kinders te bou.” Die personeel het die herwinningsidee selfs verder gevoer deur kratte vol speelgoed uit herwinde materiaal te maak. “Ons personeel het ou speelgoed geskenk, maar ook ou materiaal herwin deur sokkie-poppe, musiekinstrumente en ’n verskeidenheid ander speelgoed self te maak.” Daarby het elke kind in die dagsorgsentrum ook ’n ballon en gelukspakkie ontvang.

EUGENIE MACDONALD en Mamelo Tshofetsi.

VAN links is, voor: Shirley Clarke en Elrico Faban; agter: Erika Smit, Alinda Strauss, Kagiso Isaacs, Elmien de Beer en Mavin van Wyk.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

MANDELA-DAG

Die Kalahari Bulletin reik uit Lizette Slabber DIE personeel van die Kalahari Bulletin het besluit om Mandela-dag vanjaar spesiaal te maak. Met die skenkings van personeellede en die hulp van Checkers en Pep in die Kalahari Mall is die Afrikaanse Christen-vrouevereniging (ACVV) gehelp. Die skenkings van personeellede het aan ’n hawelose egpaar, wat onder ’n boom in Straussburg gebly het, ’n tent besorg wat hopelik ’n tydelike oplossing kan bied totdat hulle ’n huis vind. ’n Vrou in Louisvaleweg het gordyne vir haar huis gekry en komberse en klere is deur die personeellede geskenk sodat die ACVV dit soos nodig kan aanwend. Met die hulp van Checkers is toerusting aan die ACVV se kleuterskool in Freedom Square oorhandig en het elke kind in dié kleuterskool ook ’n kospakkie ontvang. Pep het vir twee meisietjies van onderskeidelik nege en twee maande oud klere geskenk, asook ’n sak vol komberse om die winterkoue mee af te weer.

DIE kleuters van die Klenasobi-kleuterskool in Freedom Square het elkeen ’n kospakkie van die Kalahari Bulletin ontvang en Checkers het toerusting aan die kleuterskool geskenk. By van die kinders is van links Windsor Mouton, streekspersoneelbestuurder van Checkers, Edroy Abrahams, verkoopsbestuurder van Checkers, en Anna Strauss, telekonsultant van die Kalahari Bulletin. Foto’s: Lizette Slabber

MICHELLE BEE JEE het vreeslik gehuil toe sy die vreemde mense by haar kleuterskool sien en selfs die lekker eetgoed kon haar nie vir die vreemde tannie laat glimlag nie.

ALVINAQUE NEWMAN was tog te opgewonde oor die kleurkryte, inkleurboeke en legkaarte waarmee sy nou lekker kan speel.

JENNA-WADE VAN WYK van Pep in die Kalahari Mall oorhandig klere vir ’n baba van nege maande oud en een van twee maande oud aan Maretha Kennedy van die ACVV. Van links is Van Wyk, Kennedy en Phidelia Abrahams (verkoopsbestuurder van die Kalahari Bulletin).

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Platteland kry ’n kuns-inspuiting Lizette Slabber

JOHAN CONRADIE gee raad terwyl Cerina Kruger aan haar bladgoud-tegnieke werk.

JOHAN CONRADIE, ’n bekende kunstenaar van Pretoria, het verlede week in Upington ’n reeks kunskursusse aangebied. Maandag en Dinsdag het sewe kunstenaars sy klasse bygewoon, waarna hy op Woensdag ’n lesing aangebied het oor die kuns-neigings wat nou in die wêreld heers. Donderdag is ’n kursus in die gebruik van byewas aangebied. Vrydag het hy ’n kursus in die gebruik van bladgoud aangebied. Hy het Upington in 2013 die eerste keer besoek om kunsklasse aan te bied en 25 kunstenaars het dié klasse bygewoon. Volgens Conradie het Gideon Visser van die Primêre Skool Op die Voorpos hom in 2013 die eerste keer laat besef hoe groot die behoefte in Upington aan kunsklasse is. “Ek het aan Tukkies klas gegee en het my eie kunsskool, maar ek het ook op ’n plaas grootgeword en ek besef hoe dit voel om in afsondering te skep,” het hy vertel. Hy het sy kunsgraad aan Unisa voltooi. “Dit was vir my ongelooflik lekker om die bykans onmiddellike demonstratiewe reaksie te sien wanneer dié mense op die platteland met nuwe kunstegnieke te doen kry.” Conradie sê in Pretoria is mense so gewoond dat alles op hul voorstoep gebeur en daarom “is dit vir my so wonderlik dat mense honderde kilometers ver ry om dié klasse by te woon”. “Verlede jaar was ek skaars 50 km uit die dorp toe is ek klaar nostalgies,” het hy vertel. Hy het dadelik besluit om terug te kom en sal beslis weer in 2015 kunsklasse kom aanbied.

TINETTE BURGER konsentreer hard terwyl sy met die bladgoud werk. Hy beskryf die plaaslike kunstenaars as shockingly amazing en vertel hulle is opgewonde oor alles wat hulle leer en dat daar niemand is wat nie reggekom het nie. “Hulle gee sulke gilletjies van opgewon-

Foto’s: Lizette Slabber

denheid wanneer hulle ’n nuwe tegniek baasraak. “Die meeste van dié dinge wat ek hulle die week geleer het, sien hulle net in boeke en museums en besef nie hoe maklik hulle dit self sal kan regkry nie.”

MANDELA-DAG

Doen hul deel DIE Afrikaanse Christen-vrouevereniging (ACVV) het vir Mandela-dag ’n muntlegging in die Kalahari Mall gehou. Die geld het aan die ACVV-kinderfonds gegaan. Anré la Grange (links) en Elmaré Smit van die ACVV het die muntlegging aangevoor. Foto: Lizette Slabber

RAADSLEDE, senior amptenare en ander personeellede van die //Khara Hais-munisipaliteit het almal die strate van Upingon op Mandela-dag ingevaar om dit skoon te maak. Volgens Desi Ngxanga, munisipale bestuurder, is Upington as een van die skoonste dorpe bekend en daarom het hulle besluit om Upington te laat blink. Van links is Ellen Allies, Elizabeth Munnik, MM Abels, Elize Mnyaka en Marychen Andreas. Foto: Lizette Slabber


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Maak reg vir jou troudag OM te trou is een van die lekkerste dinge wat met ’n meisie kan gebeur. Die dae voor jou troue word gevul met honderde afsprake, reëlings wat getref moet word, keuses wat jy moet doen en besluite wat op die daad geneem moet word. Natuurlik gaan dit ’n baie spanningsvolle tyd wees en dit is daarom belangrik dat jy jouself in dié tyd moet troetel. Jou vel én liggaam. Begin met ’n velsorgprogram. Begin minstens een maand voor jou troue al met ’n spesiale velsorgprogram. Indien jy reeds ’n vaste skoonheidsroetine volg, kan jy dalk net meer aandag aan die probleemdele bestee. Kies ’n roetine wat by jou vel pas. Klop vir raad by ’n skoonheidsterapeut aan. Velsorg ’n Goeie velsorgroetine behoort nie meer as tien minute in die oggend en tien minute in die aand van jou tyd in beslag te neem nie. Dit moet ten minste uit die volgende stappe bestaan: reiniging, verfrissing en bevogtiging. Diepreinig jou vel minstens een maal per week met ’n goeie gesigmasker. Dit trek alle onsuiwerhede uit, stimuleer die vel en gee aan jou vel ’n rosige, gesonde gloed. Wend die masker ná reiniging en voor verfrissing aan. Moenie die dag voor jou troue ’n gesigmasker aanwend nie. Dit kan die vel oorstimuleer en ’n onwelkome uitslag tot gevolg hê. Troetel jou lyf. Hou die vel satynglad en begeerlik sag deur voor jou troue ’n skoonheidsalon vir ’n lyfmassering te besoek. Jy kan jou vel een maal per week met ’n korrelrige skuurroom masseer nadat jy gebad het. Ongewenste haartjies op die bolip, ken, naeltjie of borste kan permanent met elektrolise verwyder word. Laat dit vroegtydig doen. Laat jou beenhare met was verwyder. Laat gerus jou wimpers en wenkbroue

Jy moenie vir jouself soos ’n vreemdeling lyk nie. kleur. Doen dit sowat twee weke voor jou troudag anders gaan dit op jou groot dag hard en onnatuurlik lyk. Pluk jou wenkbroue gereeld. Moenie ’n dag of twee voor die troue nuwe grimeermiddels begin gebruik nie. Jy is dalk allergies daarvoor en sit op jou troudag met ’n veluitslag. Oefenlopie As jy wil hê ’n grimeerkunstenaar moet jou vir jou troue professioneel grimeer, moet jy ’n oefenlopie voor die tyd hê. Bespreek jou voorkoms met die persoon. Lig hom/haar in oor hoe jou rok lyk, die algemene tema van jou troue en jou kleurskema. Sê as jy nie van iets hou nie. Onthou, jy moenie soos ’n vreemdeling lyk en voel nie. Grimeer jou meer as gewoonlik as jy ’n sluier gaan dra. Maar pas op vir dik lae grimering. ’n Puisie of twee kan dalk ongevraag kop uitsteek. Skaf vroegtydig ’n medisinale kamoefleerstiffie aan wat goed by jou velkleur en onderlaag pas. Sorg dat jy genoeg tyd het om jou grimering aan te wend. Handesorg Jou hande gaan op jou groot dag in die kollig wees. Begin minstens ’n maand voor die tyd met ’n spesiale versorgingsprogram vir jou hande. Dra rubberhandskoene om jou hande te beskerm wanneer jy in water werk. Smeer ook dadelik daarna ’n goeie handeroom aan. Smeer saans jou hande met petroleumjellie in en trek katoenhandskoene aan wanneer jy gaan slaap. Jy kan melkwit, sagte hande op jou troudag verseker deur ’n bietjie suiker en olie in jou handpalm te meng en jou hande daarmee in te

vryf. Spoel dit met louwarm water af en wend rojaal handeroom aan. Bruin vlekke op jou hande kan gebleik word deur vars suurlemoen-, pomelo- of komkommersap op die vel te druk. Naelbytgewoonte Indien jy ’n naelbyter is, behoort jou troudag net die regte motivering te wees om jou van dié nare gewoonte te laat afsien. Indien die spanning egter te veel is en jy nie van jou naelbyt-gewoonte ontslae kan raak nie, kan jy gerus vals naels oorweeg. Oefen voor die tyd hoe om dit netjies aan te plak. Gebruik ’n naellakverwyderaar wat die vliesies opknap en versag – só verhoed jy dat hulle haak of skeur. Druk die naelvliesies terug met ’n spe-

siale naelstokkie waarvan die punt met watte toegedraai is nadat die vliesies met room of olie versag is. Kies ’n ligte skakering naellak vir jou troudag, iets soos pêrelpienk. Jou naellak moet by jou lipstiffie inskakeer, maar hoef nie dieselfde kleur te wees nie. Helderrooi of dieppers lyk maklik hard by ’n trourok. Koop ’n soort naellak wat bekend is dat dit nie gou afsplinter nie. Wend ’n beskermende bolaag aan wat die naellak beskerm en ekstra glans daaraan gee. Haarkapper Raadpleeg jou haarkapper ’n maand voor jou troudag en laat jou hare dan in die styl sny soos wat jy dit op jou troue wil dra. Indien jy ’n drastiese verandering oorweeg, byvoorbeeld om jou haarkleur te verander of die styl radikaal wil verander, byvoor-

beeld van lang na kort hare, is dit goed om eers weer mooi na te dink en dit wat jy in gedagte het met jou haarkapper te bespreek. Maak betyds werk van probleme soos ’n droë, skilferige kopvel, olierige hare of lewensmoeë kleur. Jou haarkapper sal presies weet watter behandeling om vir een van dié probleme voor te skryf. Daar is ook geen rede hoekom jy van jou alledaagse haarstyl moet afwyk nie. Laat knip jou hare ’n paar dae voor die tyd om te verhoed dat gesplete punte jou hare vaal en droog laat lyk. Moenie ’n vreemde haarstyl ’n dag voor jou troue oorweeg nie. Jy moenie vir jouself soos ’n vreemdeling lyk nie. ) (Van die wenke is uit Vir jou troudag deur Nita Conradie, uitgereik deur JP van der Walt-uitgewers.) ) Dié berig het eers in Die Burger verskyn.

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Besoek ekspo vir bruid DIE Kathu Village Mall hou van 24 Julie tot 26 Julie ’n bruidsekspo. Verskeie uitstallers gaan tradisionele trourokke, juwele, velsorgprodukte en troudekor vertoon. Van die bekende ondernemings soos Explosive Functions, silver4U, Matsimela en Twisted Sisters is van die uitstallers wat daar gaan wees. DiÊ besonderse rok is deur Belladonna ontwerp en is by Twisted Sisters beskikbaar. Foto: Benneli Olivier van der Walt


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

MOTORS TE KOOP 3025

BEGRAFNISDIENSTE 1025

AANDAG

HUISE TE HUUR 3270

HYUNDAI SONATA 2.4, 2008. 145 000 km, full service history, 1-year warrenty left, e/w, PDC, p/s, a/c, leather seats, ESP, etc. R89 000. Phone 082 561 4468. MERCEDES-BENZ 230, 1977, puik toestand. Ideale gesingsmotor, R35 000. Skakel 083 772 2316.

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

Die gebruik van die letter

4201

GB Makoku

3040

V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272.

TE KOOP

EIENDOMME BOUMATERIAAL 1610

SEMENTBOUBLOKKE TE KOOP. Bou vinnig en goedkoop. Skakel 079 959 9205.

KT Ejang In die boedel van wyle Kebogile Thomas Ejang, identiteitsnommer 570504 5836 086 van Batlharos. Boedelnommer: 586/2014 Skuldeisers van bogenoemde boedel word hiermee versoek om binne 30 dae vanaf 25 Julie 2014 hul eise te bewys en hul skulde te betaal by die ondergetekende. KBVS PROKUREURS Posbus 565 Bearestraat 51 Kuruman 8460

ALLE ADVERTEERDERS "A", leestekens soos "!"

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

SLEEPWAENS

In the estate of the late Gobatlwang Beginning Makoku, identity number 570815 0945 080 of House No. 25, Tsineng. Estate number: 3237/2013 The first and final liquidation and distribution account in the abovementioned estate will be open for inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days from 25 July 2014 at the Office of the Master of the High Court, Kimberley and the Magistrate, Mothibistad. KBVS ATTORNEYS PO Box 565 51 Beare Street Kuruman 8460

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

HUISE TE KOOP 3275

KLERASIE 1615

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705 / 072 747 1991.

ELEKTRIES 1810

ELEKTRIESE HEININGS, hekmotors en garagedeurmotors. Professionele installasies en diens. Skakel First Defence 072 156 4035 of 082 829 0292. ELEKTRIESE WERK EN INSTANDHOUDING. Skakel ons gerus, ook vir nuwe installasies, Kuruman. Reik elektriese bedradingsertifikate uit. Strydom Elektries: 083 310 0272.

ALLERLEI 1845

WE SUPPLY and sell gas geysers at very low prices. Household and camping freezers. Gas, paraffin, 12 volt and 220 volt. Phone 071 533 7700 for prices.

VERVOER & BERGING 1870

TRANSPORT OF SMALL PARCELS in NC: Hotazel, Kathu, Kuruman, Postmasburg, DaniĂŤlskuil and Kimberley. Phone 073 222 8923.

VOERTUIE

KARAVANE TE KOOP/HUUR 3020

JURGENS FLEETLINE 4, 1983. Good condition, on the road, revamped the past year, full tent, fridge, etc. A must see. R24 000. Phone 076 443 2377.

SOEK, KOOP, VERKOOP

15

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

NATURALLY DIFFERENT

We make a difference because our people do. PSYCHOMETRIST INTERN LEARNERSHIP: HUMAN RESOURCES, KUMBA IRON ORE, SISHEN MINE, NORTHERN CAPE

Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. You will be offered exposure to meet the needs of the one-year psychometrist internship programme stipulated by the University. The key activities will include, amongst others, coordinating the assessments of candidates for selection and development purposes, conducting assessments, writing reports and providing feedback under the supervision of a Psychologist. You will also provide regular information to all stakeholders regarding use and trends specific to the assessments, prepare monthly assessment reports for management, update the assessment records and ensure safe storage of the material. To qualify, you need an Honours degree in Industrial Psychology/Psychology, a working knowledge of relevant legislation and knowledge of SAP R/3 and Microsoft Office. You need to be registered with the University and the HPCSA as a Psychometrist Intern. Excellent communication (verbal and written), analytical, HR technical, planning and implementation skills are essential. Ref: S710144 Kick your career into high gear: Join Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers and following the links to Careers/Current Vacancies/Job Search, entering the above reference number and continuing, or sending your application to sishen2@angloamerican.com Internal applicants can apply via Eureka. Closing date: 31 July 2014. All applicants are thanked for their interest. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful. Communication will be with short-listed candidates only.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 111014

PICKING OUT PERFORMANCE We make a point of recognising success.

SENIOR INSTRUCTORS, FUNCTIONAL TRAINING MINING, HUMAN RESOURCES, SISHEN IRON ORE MINE, NORTHERN CAPE Band 8 Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. In this role, you will conduct training on relevant mining equipment and PTOs in the field of expertise on trained groups, as well as support and advise learners on specific mine work instructions and Mining Qualifications Authority- (MQA-) specific unit standard outcomes. The facilitation and conducting of assessments of learners in accordance with standards and procedures, maintenance of learner portfolios as required by SAQA and active participation and presentation of STEP and HIRA programmes will also form part of your functions. A Grade 12 Certificate and 2-3 years’ training experience on primary/secondary mining/blasting equipment and simulators (competency certificates must be attached to application) are the minimum requirements. A Code 08 driver’s licence, preparedness to work shifts on and off and computer literacy (Word, Excel and PowerPoint) are essential. Facilitation, Assessor and Moderator registration with MQA will serve as a recommendation. Ref: S710052 Kick your career into high gear: Join Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers and following the links to Careers/Current Vacancies/Job Search, entering the above reference number and continuing, or sending your application to sishen1@angloamerican.com Internal applicants can apply via Eureka. Closing date: 31 July 2014. All applicants are thanked for their interest. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful. Communication will be with short-listed candidates only.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 110922


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

19

GW-Platteland blink op Cravenweek uit GRIEKWAS-PLATTELAND het vanjaar ’n goeie Cravenweek beleef en die spelers en afrigters kan beslis tevrede wees. Die span het twee seges oor onderskeidelik Zimbabwe (26-20) en Grens-Platteland (60-21) behaal. Die span het slegs op die eerste dag in ’n opwindende wedstryd voor die Limpopo-Blou Bulle die knie met 25-19 gebuig. Die span se kaptein, een van slegs ’n hand vol seniors in die span, Ryno Karstens, het van voor gelei. Hy was in elkeen van sy span se

kragmetings uitstekend. Die agtsteman, Reinhard Hayes, en slot Cobus Wiese het ook goeie toernooie beleef, met Hayes wat teen Grens-Platteland met twee drieë en Wiese teen Zimbabwe met een drie vir hul spel beloon is. Coenie Lamprecht het ’n stewige bydrae gelewer en 25 punte op die toernooi behaal. Hy het met 10 doelskoppe geslaag en self een keer agter die doellyn gaan kuier. Die spelers het veral teen GrensPlatteland gebaljaar en Denvill Joseph, Erik Jordaan en Hayes het

elkeen twee keer in dié wedstryd gedruk. Joseph het ook teen Zimbabwe die bal aan die anderkant van die doellyn gaan neersit. Die driedrukkers teen Zimbabwe was Wiese, Lamprecht, Dillon Magerman en Joseph. Teen Grens-Platteland het Joseph (2), Jordaan (2), Hayes (2), Coby Willemse, David du Toit, Gert Nel en Ettienne Kruger drieë aangeteken. Die driedrukkers teen die Limpopo-Blou Bulle was Elmo Jantjes, André Share en Dian Dry.

ELMO JANTJIES van die Hoërskool Duineveld word op die Cravenweek geplettervat.

Foto: Middelburg Observer

COENIE LAMPRECHT van die Hoërskool Duineveld in aksie op die Cravenweek. Foto: Witbank News

ANDRÉ SHARE en Cobus Wiese van die Hoërskool Upington het albei ’n groot bydrae tot die Griekwas-Plattelandspan se sukses op die Cravenweek gelewer. Hier is André (links met die bal) en Cobus (middel) in een van Upington se o.19A-wedstryde. Foto: Carine Krapohl


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 JULIE 2014

Kies en keur uit perdesportsoorte

DIE jaarlikse Gariep-perdesportdag het Saterdag 19 plaasgevind. Die dag is weer gekenmerk deur interessante kompetisies soos pensteek, die vlegresies, naald-en-gare-resies en die stapresies. Die twee Vollgraaff-broers, Jean (links) en Neil, was weer ’n formidabele kombinasie. Hier steek hulle die penne in die halfswaard-kompetisie presies raak. Foto: Lizette Slabber

www.kalaharibulletin.co.za Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.