Upingtonbulletinub 20140730

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

31 JULIE 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Streek se rugbytrots Lizette Slabber

STEFAN HANEKOM van die Hoërskool Duineveld.

COBUS WIESE van die Hoërskool Upington en Stefan Hanekom van die Hoërskool Duineveld is deel van die 55 skolerugbyspelers wat gekies is om op Saterdag 26 Julie aan die Suid-Afrikaanse skoleproefwedstryde deel te neem. Dié proewe het in die Barnard-stadion in Kemptonpark plaasgevind en die gekose span sal in Augustus teen Frankryk, Wallis en Engeland speel. Volgens Fillip Venter, Stefan se afrigter, is hy ’n speler met baie selfvertroue. “As dit kom by sy plek as vaskopstut is hy as gr. 10-leerling nie bang om saam met die groter manne te speel nie.” Venter sê hy is kleiner as die ander stutte, maar “skrum soos ’n bees. Hy is nie die grootste stut wat nog verbygekom het nie, maar hy is besonder sterk in sy gewigklas”. Riaan Kotze, hoof van die Hoërskool Upington en Cobus se afrigter, sê hy speel gewoonlik slot, maar was Saterdag tydens die proewe op flank in aksie. “Hy het beslis die gene. Hy is die derde Wiese wat hier in ons eerste span speel. Almal het natuurlike talent.” ) Dié twee spelers kan dalk net in die voetspore volg van ’n hele paar toprugbyspelers wat in Upington geleer het om rugby te speel. Sekerlik die bekendste van die spelers is Tiaan Strauss, ’n oudleerling van die Hoërskool Upington. Strauss het nie net vir Suid-Afrika gespeel nie, maar ook vir Australië. Hy het tussen 1992 en 1994 15 keer vir die Springbokke gespeel, en was selfs in een wedstryd kaptein. Hy het 156 keer vir die Westelike Provinsie uitgedraf voordat hy na Australië verhuis het. Daar het hy onder meer vir Nieu-SuidWallis gespeel en 11 keer vir die Wallabies uitgedraf. Dan is daar Danie Dames, ’n oudleerling van die Hoërskool Duineveld, wat ’n lid was van Namibië se Wêreldbekerspan in 2011 en nou een van die sterre in die Griekwas se Curriebekerspan is. Saam met hom in die Namibiese span was Theuns Kotzé, ’n oud-Uppie. ) Teen druktyd was die uitslae van die proewe nog nie bekend nie.

COBUS WIESE van die Hoërskool Upington.

Foto’s: Lizette Slabber


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

DIE dosente aan die NCR-FET-kollege se Upington-kampus bedien sop en broodjies aan die studente. Agter die tafel is van links Marlene Nel (kampushoof), Aubrey Classen, Marietta Brink en Glynis Jonker. Foto: Verskaf

Studente bederf OP Vrydag 18 Julie het die personeellede van die NCR-FET-kollege se Upington-kampus die studente op kampus met smullekker sop en broodjies verras. Die bestanddele vir die sop is deur die personeellede

aangekoop en presies 67 liter sop is gekook – ’n liter sop vir elke jaar wat Nelson Mandela aktief by die politiek betrokke was. Elke student het ook ’n spesiale Nelson Mandelaboekmerk ontvang.

Improve tourism THE ZF Mgcawu District Municipality hosted a Tourism and Local Economic Development (LED) Indaba at the Desert Palace Hotel & Casino Resort for two days. Government departments, municipalities, institutions from the private and public sector all attended the Indaba to constitute plans to improve tourism in the district. The Indaba was led by the district’s municipal manager,

Elias Ntoba. The tourism sector plays an important role in the local economy and community development. The economy of the district relies heavily on agriculture, tourism and the service industry. The Indaba mainly focused on the development of tourism and Local Economic Development. It was resolved that regular engagement with municipalities will take place going forward.

VAN links is, voor: Samantha Jansen, Lynette Engelbrecht, Jana Lategan, Hesna Theron en Marlé Minnaar; agter: Xayaan Maasdorp, Janhé Goussard, Zaskia Pain, Reuben Murphy, Charlton Basson, Dennis Hoft, Andisiwe Cetyiwe, Elvanrich van Wyk, Chantal Willemse, Sue-Ellen Pretorius en Kaelana Hendricks. Foto’s: Verskaf

Uppies tops in toneel

DIE toneelgeselskap van die Hoërskool Upington het vanjaar met twee produksies aan die Reza de Wet-tienertoneelfees deelgeneem. Die twee produksies, Genade en Kringloop, het uitstekend op dié toneelfees, wat deel van die Vryfees uitmaak, gevaar. Kringloop is as die beste produksie aangewys en Sue-Ellen Pretorius is as die belowendste aktrise aangewys. Jana Lategan is as die beste aktrise en Dennis Hoft as die beste akteur aangewys. Albei stukke het oorweldigend positiewe reaksie van die beoordelaars ontvang. Genade se vyf spelers is geprys as ware verhoogakteurs

“wat presies weet waaroor verhoog en drama gaan”. Kringloop se ensemble is geloof vir sy energie en samewerking. Alec Debbo, een van die beoordelaars, het Kringloop só beskryf: “Wow! Punt-van-joustoel-vermaak”. Kringloop is ’n skouspelagtige oorsig oor die wêreldgeskiedenis en Genade handel oor die gevolge van teen jou beginsels optree. Onder leiding van Lesley Swart en Neville Schubach, onderwysers aan die Hoërskool Upington, het dié twee produksies stof in vier ander skole en ’n dramaskool geskop. Swart het ook die teks vir Genade geskryf.

VAN links is Dennis Hoft, Jana Lategan en SueEllen Pretorius.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

3

ONS MENSE

Sybrand Botes onthou Mandela Benneli Olivier Van der Walt DIE Noord-Kaap is ’n unieke provinsie waar ’n smeltpot van interessante mense bymekaarkom. Kathu is een van die spesiale dorpe waar mense van oor die land heen kom om in die groeiende ekonomie en plattelandse sjarme te deel. Sybrand Botes (42), vloerbestuurder van ’n restaurant by ’n plaaslike lodge, het ’n verrassende verlede waarmee nie baie mense kan spog nie. Tydens sy loopbaan in die departement van korrektiewe dienste het hy tyd op Robbeneiland deurgebring en so vir Nelson Mandela tydens sy aanhouding ontmoet. Hy het sy loopbaan as ’n proefbewaarder begin en is vir drie maande na Robbeneiland oorgeplaas. Hy is gemaklik om oor sy tyd by

dié bekende gevangenis te praat. “Mandela was ’n ordentlike en respekvolle mens. Hy was ’n voorbeeldige gevangene wat nooit moeilikheid veroorsaak het nie. “Dit was vir my ’n voorreg om hom te ontmoet en hy het ’n groot invloed op my lewe gehad.” Botes het 16 jaar by korrektiewe dienste gewerk. Ná Robbeneiland was hy vir ses maande na die Standerton-gevangenis. Hy het sy kollege-opleiding in Kroonstad voltooi, waarna hy in die logistieke afdeling in die Bethal-gevangenis gewerk het. As proefbeampte het hy baie geleer. “Ek is eintlik maar ’n introvert, maar het daar sterker geword.” Hy is nou ’n groot aanwins vir die restaurant waar hy werk. “Jy moet die kliënte welkom laat voel, dan sal hulle terug kom.” Botes is ’n ware boorling van die Noord-Kaap.

Hy het in Daniëlskuil saam met sy broer, Wimpie, en suster, Hanlé, grootgeword. Botes se suster is in 1992 in ’n motorongeluk oorlede. Sy ouers, Sampie en Susan, het hul harte al van vroeg af vir hawelose kinders oopgemaak. Hy onthou hoe hulle altyd pleegkinders in die huis gehad het. “Ek het ’n baie sagte plek vir kinders in my hart. “My ouers en die Here se liefde is ’n anker in my lewe.” Hy glo vas as ’n mens iets in die lewe wil hê, moet jy hard daarvoor werk. “Die lewe skuld jou niks. Jy bepaal jou eie sukses.” Botes het ook ’n paar ander verskuilde talente. Hy is ’n kunstenaar wat met olieen lapverf kan toor. Hy geniet ook binneversiering. Hy en sy lewensmaat, Annemarie Theart, is al tien jaar saam en is dolgelukkig in die Noord-Kaap.

’n Boesemvriend deur dik en dun Elsona Steyn WARE vriendskap is die band wat jy met iemand het wat jou onvoorwaardelik en deur dik en dun bystaan. Vriende is daar om jou deur moeilike tye by te staan en jou op te beur wanneer jy die dag voel asof jy ’n watertenk agter jou oë het. Vriende is spesiale mense wat altyd omgee, luister en help deur net daar vir jou te wees. ’n Ware vriend

is veel meer as ’n goeie vriend. Dit is iemand wat saam met jou oor familie bekommerd raak, vir jou omgee en jou ondersteun al stem hulle nie met jou saam nie. ’n Ware vriend is die een wat saam met jou sit vir ’n tatoeëermerk, wat saam met jou koffie drink en ’n pasteitjie eet sonder om die kilojoules te tel. Vriendskap het voete, wat tree vir tree groei, maar vriendskap is ook ’n

speelterrein waar jy kan seerkry. Daar is altyd ’n spesifieke persoon wat in jou vriendekring uitstaan en vir wie jy altyd ’n plekkie sal koester. Iemand wat ’n pad saam met jou gestap het en lesse saam met jou geleer het. Dit is ’n vriendskap wat jou altyd sal bybly en waarop jy sal terugval. ’n Vriendskap waarin jy kan tuis wees en jouself kan geniet. Kom ons pas ons vriendskappe goed op, hou ons vriende naby, al is hulle ver.

SYBRAND BOTES wat Nelson Mandela op Robbeneiland opgepas het. Foto: Benneli Olivier Van der Walt


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

Moenie kop in sand steek VOLGENS alle aanduidings neem misdaad in verskeie gemeenskappe in die Bulletin se verspreidingsgebied hand oor hand toe. Daar is verskillende maniere waarop gewone mense hierop kan reageer. Een is om te maak soos ’n volstruis, jou kop in die sand te steek, dit te ignoreer en te hoop dit tref jou nooit. Ongelukkig is daar baie mense wat hierdie keuse uitoefen. Hoe ongelooflik dit ook al mag klink, ’n mens kan so gewoond raak aan al die misdaadnuus dat dit ’n mens later nie meer raak nie – totdat jy of jou geliefdes self onder misdadigers deurloop. Andersyds is daar die gevaar dat mense magteloos voel omdat hulle meen die stryd is in elk geval verlore en dan niks verder doen nie. Misdaad is ’n werklikheid en elkeen kan iets doen om ’n verskil te maak – al is dit net om paraat te leef en altyd seker te maak dat alle deure en vensters beveilig is. Die polisie landwyd waarsku nie sonder rede nie dat gewone mense hul persoonlike veiligheidsmaatreëls dringend moet verhoog wat die beveiliging van huis en haard betref.

’n Risiko-situasie is altyd wanneer mense tuiskom of hul woning verlaat. Die een of ander tyd moet jy jou motor verlaat en jou huis binnegaan, en andersom. Dit is dan ’n gevaartyd vir booswigte om toe te slaan. Elkeen van ons sal moet dink aan ’n manier om die risiko’s te beperk wanneer ons tuiskom of die huis verlaat. Inwoners moet die vrymoedigheid neem om met mekaar ’n reëling te tref, al is dit net dat ons vir mekaar ’n boodskap stuur om te sê “ek gaan nou ry”. Die bure kan dan ook deur die venster loer om seker te maak alles verloop sonder voorval. Elkeen van ons moet ook maar voortdurend ons oë en ore vir enige verdagte persone oophou. Die plaaslike buurtwag en polisiëringsforums kan ook ondersteun en uitgebou word om ’n nog groter bydrae te kan lewer. Ons is in ’n oorlog teen misdadigers gewikkel. Ons durf nooit dink dat dit nie met ons kan gebeur nie. Moenie jou kop in die sand steek nie. Elkeen van ons kan tog iets doen.

God is die boer, Jesus die stok en ons die lote Ds. Philip van Vuuren SO is die een seisoen ná die ander besig om verby te gaan. Elke seisoen, mooi of lelik, dra sy eie pyn. Somers is te warm, winters is te koud, en só kla die mensdom maar altyd. Vir ’n stadsjapie soos ek is landbou nou nie iets waarmee ek bekend is nie. Die landbou is egter aan al die seisoene onderworpe. Vir elke gewas, aanplanting, ploeg- en saaityd is daar ’n bepaalde tyd, ’n tyd waarin dit moet plaasvind. Die Bybel is vol voorbeelde en verhale van die landboulewe. Van vee tot saailinge, alles word in die Bybel aangespreek. Graag wil ek net hierdie kort gedagte met julle deel. Johannes 15 praat van die Vader wat die landbouer is, Jesus die wingerdstok en ons die lote. Jesus praat van snoeityd. En dit is nie aangename werk nie. Die boer snoei sy wingerde – met ander woorde al die droë takke en lote wat nie vrug dra nie word afgesny. Ons noem dit snoei. Dit was

pas snoeityd. Snoeityd is nie tot nadeel nie, maar tot voordeel, tot wins, sodat die wingerd meer vrug kan dra. Daarom gebeur daar met ons op geestelike vlak ook goed wat miskien onnodig lyk. Waarom gebeur dit met ons? Dit is net die Here wat die ou en lelike uit ons wil haal. Johannes 15:3-4 in die Lewende Bybel: “Julle is al skoon gesnoei deur die boodskap wat Ek vir julle gebring het. “Maar julle moet aan My verbind bly en Ek aan julle. ’n Loot kan nie alleen vrugte dra as dit nie aan die wingerdstok vas is nie. “Net so kan julle ook nie vrug dra as julle nie aan My verbind bly nie.” Hoe verbind en vas is ons aan Jesus? Dit kan net gebeur deur ’n ware en lewende verhouding met Hom aan te knoop. Laat toe dat Hy ons snoei sodat ons die ware vrug van die Gees in die wêreld kan uitdra.

Hope pret vir almal DIE Kalahari-kuierfees vind vanjaar op 25 en 26 September plaas. Die kinders en diegene wat nog jonk van gees is, kan dan weer lekker op die pretritte ry. Foto: Verskaf

Tegnologie ’n wonder Benneli Olivier Van der Walt DIE wonders van tegnologie darem. Ek kan onthou op hoërskool (iewers in die 1990’s) het ek my eerste selfoon gesien. En wat ’n wonder was dit nie. Daarna het nuwe modelle vinnig in die mark gekom, en ’n mens kon kies en keur tussen die verskillende modelle. Saam met die nuwe millennium het ek my eerste selfoon by my ouers gekry toe ek weermag toe gegaan het. My eerste SMS was ’n wonder vir my, en ek kan nog goed onthou hoe ek heel tranerig my ouers daardie eerste aand in Heidelberg van my skel-geel selfoon af gebel het. Natuurlik, soos die tyd aangestap het, het ek ook my selfoon vervang. Tans besit ek ’n baie lojale BlackBerry waarvoor ek, met al sy geite, steeds baie lief is. Ek bedoel, die foon is nou al twee jaar saam met my, en hy oorleef nog. Onlangs is ek met my eerste elektroniese tablet bederf. Die een

4/24

5/24

4/23

met die gehapte appel agter-op. Dit is waar die moeilikheid begin het. Ek sukkel my dood om sin te maak van dié ding. Dit is pragtig en ’n statussimbool, maar ek weet nie eintlik wat presies om met hierdie ding te doen nie. My driejarige seun het natuurlik glad nie ’n probleem gehad om die “ding” vir hom te laat werk nie. Pa het vroeg-vroeg vir Seun ’n paar apps afgelaai, en Seun was soos ’n vis in die water met die nuwe tegnologie. Daardie vingertjie beweeg soos blits oor die skerm, en hy laat sy ma behoorlik oud voel. My ma het dieselfde probleem as ek. Die tegnologie is daar, maar wat om daarmee te doen? My pa het vir my ma se verjaardag die jaar ook ’n tablet gekoop. En die “ding” het tot einde verlede maand veilig in sy boks bly lê.

4/24

5/25

4/24

En toe kom “Skype”. Dit is nou die program waar jy deur middel van ’n kamera en mikrofoon met jou geliefdes kan praat. Die oomblik toe my ma hoor so ’n ding bestaan, het sy my broer aangepraat om Skype vir haar af te laai. Ons het natuurlik teen die tyd dieselfde aan ons kant gedoen, en is reg om dié futuristiese kommunikasiemanier te beproef. My ma “bel” en ons antwoord. Eers kan ons net die plafon in Pretoria sien, en ’n sagte geswetsery. Ewe skielik sien ons my pa se gesig teenaan die skerm, en nog ’n bietjie geswetsery. Uiteindelik kom die prentjie reg. Daar sit Ouma en Oupa “in die regte lewe”. Seun lê vorentoe en sê doodernstig: “Ouma, Oupa klim nou uit die TV, ek wil by julle kom kuier.” Vanselfsprekend het Seun nou geleer om self te bel, elke aand, en Ma betaal die data-koste met ’n glimlag. Want dit is so lekker om sy gesig te sien as Ouma op die TV hom laat lag.

9/29

9/29

9/28


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

THE CRC in Kathu spent their 67 minutes for Mandela Day in Mapoteng near Kathu. They gave the local children treats to brighten up their day. Here Ewald Hatting is handing out sweets to the local children. Photos: Maxwell Rampai

DANELL VIVIER of the CRC in Kathu entertained the children in her lion costume.

5


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

Kalahari kuier hard VANJAAR vind die Kalahari-kuierfees van 25 tot 27 September plaas. Soos elke jaar gaan die fees weer ’n groot verskeidenheid vermaak bied. Van sportaktiwiteite tot iets om die kinders mee besig te hou sal

LIANIE MAY tree op Saterdag 27 September op.

weer op die spyskaart wees, maar oudergewoonte is dit die groot getal uitstekende kunstenaars wat besoekers behoorlik op hul voete gaan hê. Pieter Smit, Marulaboom, Andries Vermeulen, Wicus van der Merwe, Adam Tas, Heinz

HEINZ WINCKLER tree op Vrydag 26 September op.

Winckler, Andriette Norman, Kurt Darren en Lianie May is van die kunstenaars wat die Eilandhoofverhoog aan die brand gaan sing. Maak dus seker dat jy nie vanjaar die Kuierfees mis nie.

ANDRIETTE NORMAN tree op Donderdag 25 September op.

KURT DARREN tree op Vrydag 26 September op.

Fotos: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

7

Nuwe tema vir foto’s Lizette Slabber

OTTO JEPPE het dié seemeeu-foto geneem.

Foto: Otto Jeppe

VANDAG sluit die voëls-fotokompetisie van die Kalahari Bulletin en in volgende week se koerant word die finaliste van dié kompetisie aangekondig. In Augustus is die tema Swart-witfoto’s. Daar is nie ’n beperking oor die onderwerp wat afgeneem word nie; die foto’s moet net pragtige swart-wit-foto’s wees. Die wenfoto wen elke maand ’n lekker prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, gaan ’n geskenkpak van die Orange River Cellars wen. Elke maand wen die beste foto en die foto met die meeste likes op Facebook pryse, maar die eindelike wenner, wat uit die 12 maandwenners gekies word, word behoorlik bederf.

Die wenfoto van die jaar wen ’n naweek vir vier mense in een van die NC Famous Lodges. Die prys sluit ’n daaglikse ontbyt, asook ’n Sondagmiddagete, in. Die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen ’n naweek vir twee mense in een van die NC Famous Lodges. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is en waar die fotograaf woon. Slegs amateurfotograwe mag hulle voortaan inskryf. Geen korrespondent van die Volksblad-groep mag hom of haar inskryf nie.

Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag inskryf. Hou die Kalahari Bulletin se webtuiste, www.kalaharibulletin.co.za, dop, vir die inskrywings wat ontvang is en sy Facebook-blad om te sien wie is finaliste.

RUDY VAN TONDER het dié flukse bouer gekiek. Foto: Rudy van Tonder

LUKAS BECKER het dié foto van ’n dikkop geneem.

CALL FOR FLAGSHIP APPLICATIONS: ARTS PROJECTS Closing date: 31 July 2014 Outcomes date: 30 September 2014

Foto: Lukas Becker

The NAC has limited funding available to support 6-8 Special Projects of national significance that strengthen the arts and meets the enhanced strategic goals of the NAC for the period 2014 - 2018. To this end we are inviting project proposals from organizations that have capacity and a proven track record in implementing large projects or programmes that grow or transform the sector in one of the following areas: 1. 2. 3. 4.

Capacity development for arts organizations poised for growth to support the creation of job opportunities Women in literature, performing or visual arts People in the arts living with disabilities New work for and/or with youth that develop and extend audiences

Special consideration will be given to projects that have a mentoring component. Prospective recipients of funding should have the capacity to utilize the funding with integrity and comply with the principles and practices of sound governance, within the required timelines. Conditions for funding: v v v

All relevant sections of the application form must be filled in completely All requested documentation must be submitted with the application form Applications must be submitted on or before 31 July 2014.

Please note that late and incomplete applications will not be considered at all and no exceptions will be made. Application forms are available from the National Arts Council office or can be downloaded from www.nac.org.za. For more information, contact Julie Diphofa at the NAC office. PLEASE NOTE: ONLY POSTED, COURIERED AND HAND DELIVERED APPLICATIONS AND APPLICATIONS WILL BE ACCEPTED.

LOURENS VAN DER WESTHUIZEN (16) het dié foto van ’n kraalogie ingeskryf.

Foto: Lourens van der Westhuizen

National Arts Council, PO Box 500, Newtown, 2113 • 66 Margaret Mcingana Street, Market Theatre Precinct, Newtown, 2113. • Tel: (011) 838-1383 • Fax (011) 838-6363 • Email: info@nac.org.za


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

Choir wins two trophies Ilse Watson BEFORE the school holidays, the Kalahari High School choir participated in the South African School Choral Eisteddfod (SASCE). This is a national competition and schools from the whole of South Africa take part. The Kalahari High School competed at regional and provincial level and secured a first place in both competitions. They won the two trophies in the categories solo soprano and female choir. During the school holidays they took part in the nationals which were held in Durban. During this event the choir secured a seventh place in the female choir category. They performed the song I enjoy being a girl. For the solo soprano category,

Morati Mothibedi sang the song Yizwa Ukukhala Kwam (Hear my cries). For this song she secured a third place.

Wise words

NELSON MANDEadd to that a LA had much to literate tongue or say. In celebration pen, then you of his birthday on have something 18 July, the Kuruvery special. man Bulletin dug ) It always out some of his seems impossible memorable quotes. until it’s done. ) Sometimes, it ) I learned that falls upon a courage was not generation to be the absence of great. You can be fear, but the that great generatitriumph over it. on. Let your The brave man greatness blossom. is not he who ) It is what we does not feel THE late Nelson Mandela. make out of what afraid, but he we have, not what who conquers we are given, that separates that fear. one person from another. ) For to be free is not merely ) A good head and a good to cast off one’s chains, but to heart are always a formidable live in a way that respects and combination. But when you enhances the freedom of others.

THE formidable choir of the Kalahari High School who recently performed at the South African School Choral Eisteddfod and achieved great results. Photo: Dalene Coetzee

Win La Grange’s book on Mandela

THE book Good Morning, Mr Mandela by Zelda la Grange provides fascinating reading material. On 18 July Madiba’s birthday was celebrated. The Kalahari Bulletin has one copy of this book to give away. A reader can win this book by sending an SMS to 079-831-5579. Include your name and surname together with the word “Mandela” in your SMS. The closing date is 5 August at 11:00. The winner will be announced in the Bulletin of 7 August.

Facts about Mandela DID you know this about Nelson Mandela? ) He became an honorary member of Manchester United when the club toured South Africa in the winter of 2006. ) Mandela’s favourite dish was tripe. Tripe is the stomach of the cow or sheep. It is also prepared in many other cultures. ) He opened South Africa’s first black law firm: Mandela opened the first black law firm in South Africa in 1952 with his friend, Oliver Tambo. ) Mandela’s other passion was boxing. “I did not like the violence of boxing. I was more interested in the science of it how you move your body to protect yourself, how you use a plan to attack and retreat, and how you pace yourself through a fight,” he says in his biography. ) Nelson Mandela has a prehistoric woodpecker (Australopicus nelson-mandelai) named after him. He also has a nuclear particle named after him. ) Nelson Mandela had been a practising lawyer since 1952 in Johannesburg. – Source: Inewmedia.org


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

Vonkel op vanjaar se Loslitdag LOSLITDAG vind vanjaar op 5 September in elke dorp en in elke hoek van die land plaas. Meer as twee miljoen mense, 10 000 maatskappye en 500 skole beplan om daaraan deel te neem. Die Loslitdag-tema vir die jaar is Bring out the Bling, oftewel Blink kant bo. Dink aan iets om te dra, en maak dit tien keer blinker, omdat dit vanjaar Loslitdag se 20ste verjaardag is. Die projek behoort aan en word beheer deur die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika en word jaarliks deur die raad se Loslitdagspan georganiseer. Instansies neem deel aan die projek om geld in te samel vir die dienste wat hulle aan mense met ’n gestremdheid lewer. Skenkings van R10 per plakker is belangrik, aangesien ons só die nodige geld kan insamel ter ondersteuning van mense met gestremdhede se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping. Met ander woorde: volle inskakeling in die gemeenskap. Plakkers is by enige van die Edcon-groep se winkels beskikbaar – dit sluit Edgars, Jet, JetMart, Boardmans, CNA, Red Square en LEGIT in. Plakkers is ook by enige Absa, Checkers, Checkers Hyper, Shoprite, Game en DionWired beskikbaar. Vir verdere inligting besoek die Loslitdagwebtuiste by www.casualday.co.za of gaan na die Facebook-blad by www.facebook.com/casualdaySA.

Price Cuts

6S

DAY Y ONL

Selected products on this page have been styled for photography

Our Butchery

Meat prices cut to the bone

Bulk Pork Pack Consists of: Roast, Braai Chops, Rashers and Stew Cuts

36

R

BUTCHER’S

R

BEST

Per kg

BUYS

30

R

If it’s not fresh enough for you, it’s not good enough for us.

44 Bulk Oukraal Wors Per kg

15

R

SAVE 9.95 PnP Fresh Whole Chicken in Tray Per kg

31

R

DairyBelle Colchester Cheese 400g

FRESH

22

R

37

R

Rainbow Frozen Chicken 4 Drums + 4 Thighs 1.5kg

BUY ANY 2 FOR

Enterprise Bits o’ Bacon 250g

PnP Strawberries 400g

25

29 27 90

Sea Harvest Hake Fillets Petite 400g

90

Rainbow Simply Chicken Original or Cheese Smoked oked Viennas 500g 0g Each

90

SAVE R7

Sunfoil Sunflower Oil 2 Litre

27

37

Nestlé Shreddies Assorted 500g Each

Flora Fat Spread Assorted 500g Tub

90

Sunlight Dishwashing Liquid Assorted 750ml Each

25

R

90

R

17

PnP English Tomatoes 1kg

BUY ANY 2 FOR

26

R

Handy Andy All Purpose Cream Assorted 750ml

Get 10% EXTRA airtime, every time,, when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Pay and Boxer only.

*SIM card 50c Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited, an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).

22

70 7 0

15

90

SAVE R4 Huletts White Sugar 2.5kg

Coca-Cola Regular 2.5 Litre

Make the healthy choice • To activate HealthyFood, visit discovery.co.za • Look for ‘VIT’ on the shelf label to identify HealthyFood items

25% 20

Get up to

cash back on over 10000 HealthyFood items

Earn

Vitality points on every HealthyFood purchase

Terms and conditions apply. Discovery Vitality (Pty) Ltd is an authorised financial services provider. Registration number 1999/007736/07.

PRICES VALID 29 JULY - 3 AUGUST 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1186207_390 X 198

Thank you for voting us the coolest supermarket.

9


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

Maak elke dag Mandela-dag PERSONEEL van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit en Patricia Witbooi, lid van die burgemeesterskomitee, het Mandela-dag gevier deur geskenke aan hulpbehoewende kinders te gee. Witbooi het in haar toespraak gesê elke burger moet probeer om sy medemens te help deur 67 minute van hul tyd aan

gemeenskapsdiens te gee. Sy het inwoners aangemoedig om nie net op 18 Julie uit te reik nie, maar hulle moet ook deurentyd na die gemeenskap uitreik. Sy het gesê Mandela-dag moet almal opnuut laat besef dat daar minder bevoorregte mense is en dit is almal se plig om uit te reik.

DIE Wild-en-avontuurfees vind dié naweek in Keimoes by Kalahari-Waters plaas. Soos gewoonlik gaan daar weer pretstappe aangebied word. Foto: verskaf

Dit is weer feestyd

DIE personeel van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit by die geskenke wat hulle op Mandeladag uitgedeel het. Foto: verskaf

SATERDAG vind die gewilde Wild-en-avontuurfees in Keimoes plaas. Die fees vind weer by Kalahari-Waters plaas en gaan iets vir almal bied. Om 08:30 vind die opening en wegspring plaas. Van 07:30 af kan alle stappers, drawwers en bergfietsryers hulle begin inskryf vir die onderskeie aktiwiteite. Daar sal weer ’n 5 km-, 10 km- en 16 km-pretdraf en pretstap, asook ’n 26 km-bergfietsroete, wees. Die roetes kronkel tussen die rantjies en op die eilande langs die Oranjerivier deur.

Vir die kinders is daar ’n speelparkie en windbuksskiet. Van 09:00 sal daar weer heerlike rou en gaar wildsprodukte te koop wees. Besoekers kan na die allerlekkerste sosaties, salami, schnitzels, kaaswors, pasteie, biltong en vele meer watertandprodukte uitsien. Ander stalletjies gaan pannekoek, jaffels, koffie, deliprodukte en speserye verkoop en moenie die proe-stalletjie misloop nie. Vir meer inligting kan Dirk Malan by 082-495-7999 of Kobus Conradie by 082-4117262 gebel word.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

11

SAKEFORUM

Express Mark vier eerste verjaardag AGRIMARK EXPRESS vier sy eerste verjaardag op 1 Augustus. Kom besoek gerus die 24-uur-rybaan vir flinke, vinnige diens deur die vriendelike petrolpompassistente en die skoon, netjiese badkamers. Die Express Mark voorsien in alle daaglikse behoeftes teen supermarkpryse. Dus betaal ’n mens byvoorbeeld net so veel

vir melk en brood as wat dit in die supermarkte kos. Die wegneemete-afdeling gaan in die volgende jaar vergroot word en daar gaan verskeie ander nuwe uitbreidings ook plaasvind. Op 1 Augustus word dié verjaardag gevier met lekker pryse en ’n lootjietrekking. Die verrigtinge begin al om 07:00.

AGRIMARK EXPRESS vier sy eerste verjaardag op 1 Augustus.

Foto: Phidelia Abrahams

Geniet dag terdeë OP 26 Julie het Wakaberry in die Kalahari Mall nasionale Frozen Yogurt-dag gevier. Dit was die eerste keer dat die dag in Suid-Afrika gevier is en daar was prettige vermaak, pryse en gelukstrekkings. ’n Nar en ’n feetjie het die kinders vermaak en gesigte is geverf. Almal het ook ’n spesiale Wakaberry-lepel ontvang. Van links is, voor: Mia Hall en Carla van der Merwe; middel: Anya Bruwer, Linique Botha en Anika van Blerk; agter: Meisie Maass (mede-eienaar). Foto: Retha-Marie Hall

Stap vir liefdadigheid gehou

DIE vriendelike petrolpompassistente is van links, voor: Ricardo Mienies, Randall Booysen, Mariette Scholtz, Stefannus Booysen en Karl Blom; agter: Andy Pieterse, Alco du Plessis, Gerrit Losper en Deowin Feris. Foto: Phidelia Abrahams

DIE Desert Palace Hotel & Casino Resort hou op 24 September sy eerste pretstap ten bate van liefdadigheid. Inskrywings sluit vandag en is beskikbaar by die casino en by die 5D Cinema in die Kalahari Mall. Inskrywings sal nog ná vandag aanvaar word, maar dié deelnemers wat laat inskryf, sal ongelukkig nie ’n medalje ontvang nie. Geld wat met dié pretstap ingesamel word, sal aan die Vereniging vir Persone met Gestremdhede in Upington, die

Dierebeskermingsvereniging en die Sunflower Fund geskenk word. Deelnemers wat die 5 km-wedloop voltooi, ontvang ’n bronsmedalje; deelnemers wat die 10 km-wedloop voltooi, ontvang ’n silwermedalje en deelnemers wat die 20 km-wedloop voltooi, ontvang ’n goue medalje. Inskryfgeld beloop R30 vir die 5 km, R40 vir die 10 km en R50 vir die 20 km. ) Vir verdere navrae, kontak die bemarkingsdepartement by 054-338-4100 of stuur ’n e-pos na gro@desertpalace.co.za.


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

Polisie reik uit na gemeenskap DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Upington het drie wonings in die dorp as deel van hul bydrae tot Mandela-dag opgeknap. Die Gemeenskapspolisiëringsforum het die huis van ’n gestremde vrou in Namakwalaan in Louisvaleweg geverf. Die deure het nuwe slotte gekry en al die stukkende ruite is vervang om só die inwoners se veiligheid te verseker. Die Jogebedkinderhuis se vertrekke binne is in vrolike kleure geverf, die tuin is skoongemaak en die bome is gesnoei. Daar is ook nuwe bome geplant. Die lede van die verskillende eenhede het geld ingesamel waarmee hulle geskenkpakke vir die babas in die Jogebedbabahuis gekoop het.

DIE lede van die SAPD in Upington wat hulle 67 minute vir Madiba gegee het. Foto’s: Verskaf

AO. ANNA VAN DYK (voor) en haar kollegas verf die mure. Van links is, agter: sers. Lynn Isaacs en Ragel Masilo.

VAN links laai David Links, konst. Hamman Alexander en kapt. Roelf Mouton die gesnoeide takke op die bakkie.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014 Ganyesa Main Road, HCD 457 Ganyesa Complex. 053 - 998 7247/7945. Kuruman Corner Ben Malan & Tsening Avenues, Kuruman (next to Fruit & Veg). 053 - 712 1110. Mothibistad MT Tlhabane Road, Mothibistad (next to Metro). 053 - 773 1891/2. Vryburg Central 178 Market Street, Vryburg (next to Steers). 053 - 927 0611.

LOWEST PRICES ON QUALITY BUILDING MATERIALS, TOOLS, PAINT & HARDWARE ROOFING

TRADING HOURS: Mon - Fri: 7:00 - 18:00 Sat: 7:00 - 15:00 • Sun: 8:00 - 13:00

CEMENT

TIMBER SABS TIMBER

Cashbuild guarantees lowest prices on double roman concrete roof tiles, check your local store or the Cashbuild website for prices.

UMOYA

(per length)

38 x 38 • 3,6m

SKU: 17136

28.95

50 x 76 • 3,6m

STAND A CHANCE TO WIN YOUR SHARE OF MORE THAN

RWORTH 100 000 OF AIRTIME

SKU: 18136

72.95

38 x 114 • 3,6m

DOUBLE ROMAN CONCRETE ROOF TILES

Red • Black • Terracotta • Brown Direct & Yard SKU: Various

SKU: 19136

HARVEY ROOF TILES Various Colours

74.95

CORRUGATED IRON SHEETS

Z100 ISQ550 • 0,27mm/0,610

SKU: various

(per sheet)

79.95

3,6m

SKU: 2277

We’re giving away more than R 100 000 worth of instant airtime between July and October. Make a purchase at your nearest Cashbuild store and you could win. Simply dial *120*904# to enter and keep your till slip with you.

Dependable Quality From Trusted Brands Cashbuild Guarantees Lowest Prices On Cement! Check Your Local Store For Price.

87.95

BATHROOM

Calls cost only 20 cents for every 20 seconds. Terms & Conditions apply. Refer to www.cashbuild.co.za or the in-store posters.

DOORS

BRICKS

THANDI CLOSE COUPLE TOILET SUITE

BATH 1,7m

With handles

Cashbuild guarantees lowest prices on bricks, check your local store or the Cashbuild website for prices.

Including Toilet Seat & Fittings

SKU: 5250

749.95

SKU: 301401

659.95

THANDI BASIN & PEDESTAL SET

HARDBOARD WOOD DOOR

SKU: 302946

429.95

SKU: 212

PINE F&L OB “C” GRADE DOOR

MD CONSUL ENTRANCE WOOD DOOR

MD PARKLANE WOOD DOOR

HARDWOOD CRAFT DOOR ELEPHANT ELEGANCE

369.95

419.95

419.95

1 399.95

SKU: 210

179.95

GEYSERS

TAPS

SKU: 201605

SKU: 21510

CEMENT STOCK BRICK

SKU: 217302

(Direct) SKU: 1009515 (Yard) SKU: 1009516

FRANKE COMBISLIM GEYSER PACK

Minimum order quantities apply to direct bricks and blocks - enquire in store for details. Cement and brick prices may vary from store to store.

White 5 Litres

SKU: 302418

206.95

SKU: 301331

52.95

ISCA GARDA LITE

3 129.95

SKU: 300002

76.95

114.95

SKU: 5001

SKU: Various

SKU: Various

20 Litres

395.95

239.95

806.95

For any queries, please visit www.cashbuild.co.za or contact us at 0861 CASHBUILD (227 428 453)

Various 5 Litres

20 Litres

169.95

SKU: 302026

White 5 Litres

SKU: 5002

20 Litres

Wall Type Bath Mixer

DURAM ACRYLIC PVA

CHAMPION EXTRA THICK PVA

MELODY PVA

15MM

Consists of: 1 x Franke 100litre Combislim Geyser 1 x Franke 100litre Tray with outlet 1 x 22mm 400kpa Pressure Control Valve 2 x 22mm 400kpa vacuum breakers 1 x 22mm Draincock 1 x 22mm Temperature Probe Valve SKU: 301582

Selected products may not be available in all stores

CORNGOLD SATIN

(Direct) SKU: 109895 (Yard) SKU: 1099007

PAINT CLASSICO BASIN PILLAR TAP

100 Litres

69319 WK05 • REDWORKS

216

PRICES VALID UNTIL SUNDAY 24 AUGUST 2014

STORES IN SOUTHERN AFRICA & EXPANDING

ZONE 34A

E & O E. All prices include 14% VAT

28

22

90

90

the

R

20 each

Sunfoil Sunflower Oil 2l

Selati White Sugar 2.5kg

NutriDay Yoghurt 1kg

t "TTPSUFE

BUNDLE

DEAL

48

R

17

R

R

29

Veg Hamper 4.5kg

Large Orange Pocket

4for

2590

+

+

per pack

per pack

R

20

37

21

All Gold Tomato Sauce 700ml, Mrs Ball’s Chutney 470g t "TTPSUFE and Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g

R

each

Clover Ultra Pasteurized Milk 2l

R

90

per pack

ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT

30 per kg

3990

Ground Beef Mince

per kg

Festive 8 Piece Braaipack

4990 per kg

Kameelhout Boerewors

R

99 per kg

Mutton Pack 2kg

Potatoes 7kg

Low Pr ice G uarantee

13

Prices valid 30 JULY - 3 AUGUST 2014 View this catalogue online at game.co.za

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

Wat is jou mening? Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.

VAN links is Ané Dippenaar, Ané Jonas, Theo Visser en Duncan McGregor. Foto: Verskaf

Tennisspelers vaar puik in Bfn VIER tennisspelers van die Hoërskool Duineveld en die Serfontein-tennisakademie het in die Julie-vakansie aan die Kloppers-tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem en het goeie uitslae behaal. Ané Dippenaar was tweede in die enkelspel- en in die dubbelspelafdeling vir meisies o.18.

Theo Visser was derde in die enkelspel- en eerste in die dubbelspel-afdelings vir seuns o.18. Duncan McGregor was derde in die enkelspel-afdeling en tweede in die dubbelspel-afdeling vir seuns o.16. Ané Jonas was 14de van die 28 meisies wat in die enkelspel-afdeling vir meisies o.14 gespeel het.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS BEGRAFNISDIENSTE 1025

ALGEMENE & HUISDIENSTE

EIENDOMME EIENDOMME GESOEK OM TE HUUR

BESIGHEID TE KOOP

SKOONMAAKDIENSTE

3305 3212

1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705/072 747 1991.

PERSOONLIKE DIENSTE SPYSENIERING & LOKALE 1401

PLASE TE HUUR 3247

GROOT EENMANWOONSTEL te huur: R3 800 p.m. Sluit water en ligte in. Skakel 084 800 7779.

WOONSTELLE TE HUUR

BETREKKINGS 3600

3250

ELEKTRIES 1810

ELEKTRIESE HEININGS, hekmotors en garagedeurmotors. Professionele installasies en diens. Skakel First Defence 072 156 4035 of 082 829 0292.

FINANSIEEL

HERSTELWERK 1420

1818

Te veel skuld? Konsolideer al jou skuld. Betaal een maandelikse paaiement. Nie administrasie nie. Nie debt review nie. Elzette 078 271 9929/ 082 427 4464.

2-SLAAPKAMER-WOONSTEL beskikbaar 1 September, R4 800 p.m. Geskik vir slegs 2 persone. Skakel 079 367 7500. KURUMAN: 2-SLAAPKAMERWOONSTEL te huur met veilige parkering. Skakel 082 872 6981. KURUMAN: 1-slk-woonstel, badkamer, oopplankombuis. Groot genoeg vir enkellopende persoon. Loopafstand van dorp. Eie ingang en onderdakparkering. R3 800 p.m., water en ligte ingesluit. Skakel 072 505 2658 of 082 529 2526.

TE KOOP 3201

1610

ALLERLEI

KLERASIE

1845

AANDAG: ALLE GROOT MANS! Groot nommers in winkel beskikbaar. Kontantafslag gewaarborg. The NuShop, Palm Gate-sentrum, Kuruman. Tel. 053 712 1264.

3680

BUSINESS OPPORTUNITY! AVON and JUSTINE. Join to earn your own money. SMS your name, surname, town and tel. to: 083 721 5888.

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

WE SUPPLY and sell gas geysers at very low prices. Household and camping freezers. Gas, paraffin, 12 volt and 220 volt. Phone 071 533 7700 for prices.

VAKANSIE & REIS

ALLERLEI 1655

WIL U ENIGE plaasmasjinerie herstel of verkoop of nuwe trekkers koop? Skakel Elias 079 288 3505 of Lourens 076 896 4165.

GESOEK OM TE KOOP 1675

4205

Kennis word hiermee ingevolge Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965 gegee dat die likwidasie- en distribusierekening in die bestorwe boedel van wyle PJ van der Walt, identiteitsnommer 340612 5005 088, wat woonagtig was te plaas Bullamon, Kuruman-distrik wat oorlede is op 2012/05/24, boedelnommer 1352/2012 ter insae sal lê te kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en die Landdroshof te Kimberley vir 'n tydperk van 21 (EEN EN TWINTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan. EKSEKUTEUR: AC van der Walt, Smitstraat 74, Potchefstroom 2522.

BOUMATERIAAL

1615

3270

PJ van der Walt

TE KOOP

SEMENTBOUBLOKKE TE KOOP. Bou vinnig en goedkoop. Skakel 079 959 9205.

ALGEMEEN HUISE TE HUUR

AKKOMMODASIE 2635

Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goedgeruste koshuis vanaf 8 Des. 2014 tot 3 Jan. 2015. Sentraal geleë. Skakel 021 887 1583. VOERTUIE

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" MOTORS TE KOOP 3025

MERCEDES-BENZ 230, 1977, puik toestand. Ideale gesingsmotor, R35 000. Skakel 083 772 2316.

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

B E T R E K K I N G S

15


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

BETREKKINGS

Take these actions between 5pm and 9pm weekdays, to help keep the lights on this winter… 7[MXGL SJJ ]SYV KI]WIV YRRIGIWWEV] PMKLXW ERH ETTPMERGIW (IPE] W[MXGLMRK SR ]SYV IPIGXVMG WTEGI LIEXIV GSRWMHIV EPXIVREXMZIW WYGL EW KEW LIEXIVW SV E LSX [EXIV FSXXPI (SR´X VYR ]SYV TSSP TYQT PMQMX [EXIV GMVGYPEXMSR XS SRGI E HE] SYXWMHI TQ XS TQ 1SWX MQTSVXERXP] VIWTSRH XS XLI 4S[IV %PIVXW ]SY WII SR XIPIZMWMSR Being electricity smart cuts your energy costs… and reduces pressure on the national power grid. For more information go to www.eskom.co.za/idm

)WOSQ ,SPHMRKW 73' 0MQMXIH 6IK 2S

17


18

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

19

Gimnaste skitter in kompetisie GIMNASTE van die Kalahari Giminas-gimnastiekklub in Upington het aan kompetisies by die Helena Botha-gimnastiekklub en die Vrystaat-gimnastiekklub in Bloemfontein deelgeneem. Daar was ongeveer vyf klubs wat aan diĂŠ kompetisies deelgeneem het en die apparaat vir meisies sluit die balk, vloer, rekstok en spronge in en vir seuns die brug, vloer, rekstok en spronge. In Augustus gaan die gimnaste aan kwalifiserende kompetisies vir vlak een tot drie deelneem waartydens die Noord-Kaapspan, wat in Durban aan die Sentrale Sone-kompetisie gaan deelneem, gekies gaan

word Die gimnaste se uitslae is hul beste algeheel van die twee kompetisies: Winesche Rhyn (vlak een, ses jaar) was tweede in die rekstok, derde in die balk en algeheel 12de. Stephanie Kruger (vlak een, ses jaar) was algeheel 19de. Lizelle Human (vlak een, sewe jaar) was tweede in die balk en algeheel tweede. Mari Human (vlak een, sewe jaar) was derde in die vloer en algeheel 12de. Kara Ekkerd (vlak een, tien jaar) was eerste in die vloer, tweede in die spronge en algeheel derde.

HIER is Duwaynneth Bosman (links) en Yulin Steenkamp.

Armane Pretorius (vlak een, tien jaar) was eerste in die spronge, tweede in die rekstok en algeheel vierde. Simone Pretorius (vlak een, tien jaar) was eerste in die rekstok, tweede in die vloer en algeheel vyfde. Yulin Steenkamp (vlak twee, 11 jaar) was eerste in die rekstok en die vloer en algeheel eerste. Duwaynneth Bosman (vlak twee, 11 jaar) was tweede in die vloer en die balk en algeheel sewende. Cornel Slabber (vlak drie, tien jaar) was eerste in die spronge en rekstok en algeheel eerste. Ansune Smit (vlak drie, tien jaar)

was derde in die spronge en vloer en algeheel derde. Nadia Goussard was algeheel 11de. Georgia Februarie was algeheel tiende. Monja Dippenaar (vlak drie, 12 jaar) was derde in die vloer en eerste in die spronge. Sy was algeheel sesde. Heinrich Goussard (vlak een, ses-sewe jaar) was tweede in die spronge en algeheel tiende. Marius Pretorius was tweede in die vloer en algeheel vierde. Stephan Kruger (vlak twee, nege-tien jaar) was derde in die spronge en eerste in die vloer. Hy was algeheel vierde. AJ van Zyl was derde in die rekstok en algeheel vierde.

Foto’s: verskaf

VAN links is, voor: Cornel Slabber en Nadia Goussard; agter: Ansune Smit, Georgia Februarie en Monja Dippenaar.

VAN links is Kara Ekkerd, Simone Pretorius, Armane Pretorius, Mari Human, Lizelle Human, Winesche Rhyn en Stephanie Kruger.

HIER is Marius Pretorius (links) en Heinrich Goussard. .

AJ VAN ZYL (links) en Stephan Kruger.


20

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 31 JULIE 2014

Maak hul skuiwe in Brasilië Lizette Slabber TWEE skaakspelers van die Voorbereidingskool Fanie Malan het in die Julievakansie aan ’n nasionale skoleskaakkampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Donrique Joseph (gr. 3) was algeheel derde en het ’n trofee vir dié prestasie behaal. Anell Maasdorp (gr. 3) was algeheel vyfde. Albei die twee skaakspelers is genooi om as deel van ’n Suid-Afrikaanse skaakspan in November in Brasilië aan ’n skaaktoernooi deel te neem. Op die vraag hoe hulle die skaakbyeenkoms in Bloemfontein ervaar het, het hulle albei dadelik geantwoord: “Dit was vreeslik koud in Bloemfontein.”

GRACE MEYER

Foto: Lizette Slabber

Grace doen karate in VSA Lizette Slabber

DONRIQUE JOSEPH en Anell Maasdorp.

Foto: Lizette Slabber

GRACE MEYER, ’n gr. 2-leerling aan die Voorbereidingskool Fanie Malan, het in die Julievakansie as deel van die SuidAfrikaanse karatespan aan ’n karatekampioenskapsbyeenkoms in Amerika deelgeneem. Die skaam, klein karatester het twee bronsmedaljes op die byeenkoms gewen. Volgens haar was die lekkerste van die hele oorsese deelname om op die pretritte by Disneyworld in Florida te ry. Sy vertel sy was baie moeg ná die vlug wat ’n “hele uur en ’n half lank was”, maar gelukkig was haar teenstanders volgens haar “net so lank soos ek”.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.