Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop
7 AUGUSTUS 2014
Upington
WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA
GRATIS
Roeiers pak Oranje
Drie pare internasionale deelnemers gaan ook staal toon
DIE Groen Kalahari-kanomarathon vind die naweek plaas nadat dit vroeër vanjaar uitgestel moes word weens ’n oorvol Oranjerivier. Die kanomarathon beloof egter om weer Suid-Afrikaanse en internasionale toproeiers te lok. Vanjaar gaan drie pare internasionale roeiers van Swede en die Tsjeggiese Republiek aan die marathon deelneem. Die Sweedse spanne bestaan uit Rasmus Jaruta en Per Emil Torstensson en Frank Elis Eslien en Jens Hedstrom Bond. Michael Odvarko, wat al drie bronsmedaljes op die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms gewen het, en sy mede-Tsjeg, Kamil Mruzek (K1-witwater-wêreldkampioen), gaan sake op die Oranjerivier moeilik maak. Gawie Nieuwoudt, organiseerder van die marathon, sê die internasionale roeiers help om die bekendheid van die marathon ’n hupstoot te gee. Bekende Suid-Afrikaanse roeiers Thulani Mbanjwa en Sbonelo Zondi, albei Dusi-wenners, gaan egter maak dat die Tsjeggiese span nie op sy louere kan rus nie. Louw van Riet en Luke Stowman, asook Graeme Solomon en Ivan Kruger, gaan ’n uitdagende marathon verseker. Jasper Mocke, die 2013-wenner, beskryf die marathon as baie opwindend en dat die veranderlikheid van die rivier tot die opwinding bydra. “Roeiers het verskillende menings oor die verskillende dele van die marathon. Ek het die laaste dag die meeste geniet omdat die rivier voller en vinniger was en ’n mens harder moes roei,” het hy gesê. Nieuwoudt het gesê dit is moeilik om die rivier te peil omdat reën hoër op in die Oranjerivier se opvangsgebied die rivier baie kan beïnvloed. “Vir elke 50 cm wat die watervlak styg of daal, word die toestande op die rivier drasties beïnvloed.” Die marathon van 100 km strek oor drie dae en bied prysgeld van R450 000. Op dag een roei die deelnemers van Upington na Oranjerus oor ’n afstand van 34 km. Op dag twee roei hulle 39 km van Ikaia in Keimoes na Die Mas naby Kakamas. Op dag drie roei hulle 26 km van Die Mas na Khamkirri naby Augrabies. Op dag drie vind daar ook ’n witwatersnelroei plaas.
DIE Groen Kalahari-kanomarathon vind die naweek van Upington tot Augrabies plaas.
Foto: Jacques Marais
2
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
Ma’s mik na borsvoedingrekord Lizette Slabber OP 1 Augustus om 09:00 het 164 vroue in die Dr. Harry Surtie-hospitaal gelyktydig hul babas geborsvoed. Dié borsvoedingprojek van die dieetkundige personeel van dié hospitaal is deel van die Big Latch On-projek wat op 1 en 2 Augustus wêreldwyd plaasvind om bewusmaking van borsvoeding te kweek. Elke jaar vind die Big Latch On plaas om ’n rekord van die meeste ma’s wat gelyktydig borsvoed op te stel. Dié wêreldrekordpoging vind wêreldwyd plaas om die voordele van borsvoeding uit te lig en ma’s te motiveer om hul babas te borsvoed. Volgens Mignon van der Merwe, dieetkundige by die hospitaal, het 204 ma’s in 2012 deelgeneem aan die Big Latch On en
wou hulle graag 250 ma’s kry om vanjaar deel te neem. “Ons doen dit sodat mense kan besef daar is niks beter as borsmelk vir ’n baba nie en om mammas saam te bring en mekaar te ondersteun, want borsvoedende ma’s het ’n sterk ondersteuningsnetwerk nodig.” Volgens Van der Merwe is babas wat geborsvoed word net soveel gesonder as babas wat formulemelk ontvang. “Met die Big Latch On-projek is ons ook ’n stappie nader daaraan om Mother and Baby Friendly-akkreditasie vir die hospitaal te kry en die belangrikste is dat ons ook lewens sodoende kan red, want borsmelkbabas raak net baie minder siek.” ) Die Big Latch On is in 2005 in Nieu-Seeland begin en die rekord van die meeste ma’s wat gelyk borsvoed is 14 536 kinders in 845 lokale in 28 lande.
DIÉ twee se T-hempies sê duidelik dat hulle lief is vir hul ma’s se borsmelk. Matthew Theane (16 maande) en Natalie Snyders (23 maande) was deel van die Big Latch On-projek.
DIE borsvoedende ma’s sit en wag vir die klok om 09:00 te slaan sodat hulle gelyktydig hul babas kan voed om só die wêreldrekord te kan breek. Foto: Lizette Slabber
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
3
ONS MENSE
Nuwe Wiese op baan Lizette Slabber COBUS WIESE, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Upington, is gekies om as deel van die Suid-Afrikaanse skolerugbyspan in Augustus teen Frankryk, Wallis en Engeland te speel. Die span gaan op 15 Augustus teen Frankryk in Kaapstad speel, op 19 Augustus teen Wallis in George en op 23 Augustus teen Engeland in Stellenbosch. Cobus is die enigste rugbyspeler van die Noord-Kaap wat vir dié span gekies is. Vir Cobus is dit nog half onwerklik dat hy een van die dae in Springbok-kleure op die veld gaan draf. “Ek was baie verbaas dat ek selfs vir die proewewedstryde gekies is, want normaalweg kyk die keurders nie juis na die plattelandse spanne nie.” Hy beskryf die proewe as “baie harder as skoolrugby en die tempo was baie vinniger”. Cobus, wat gewoonlik op slot vir Upington uitdraf, is op flank vir die proewewedstryde gekies. “Dit was moeilik aan die begin, maar die afrigter het vooraf vir
my gesê wat hy van my verwag het en die game plan was net soos ek gewoond is.” Hy het ná die proewe vir sy ma gesê hy is moeg, maar dit het goed gegaan en hy is tevrede met sy spel. Cobus moet reeds Sondag in Kaapstad wees vir die voorbereiding van die span, wat beteken dat hy vanjaar die Groot Interjol gaan misloop. “Ek is baie hartseer daaroor, want dit sou my eerste Groot Interjol as lid van die eerste span wees.” Hy kry sy liefde vir rugby by sy ouboet, Japie. Volgens sy ma, Elmarie, was Japie Cobus en sy ouer broer, Jasper, se rugbyheld. Cobus is die jongste van vier kinders wat almal provinsiaal gepresteer het. “Japie het van kleins af vir sy jonger boeties bal gegooi. Cobus en Jasper kon nog nie behoorlik hardloop nie toe het Japie hulle al laat vang en skop.” Elmarie vertel laggend dat sy nie weet of Japie of Koos, Cobus se pa, die meeste knope van trots laat spat het nie. Japie, wat tien jaar ouer as
VOLGENS Riaan Kotze, skoolhoof van die Hoërskool Upington, het dié skool laas in 2000 met ’n soortgelyke prestasie gespog. Hugo van Niekerk was in 2000 ingesluit in die Suid-Afrikaanse Akademie-rugbyspan wat die Suid-Afrikaanse Skolespan geklop het.
Cobus is, is op sy dag vir die Grant Khomoweek, die Akademieweek en die Cravenweek gekies. Jasper, wat net 17 maande ouer as Cobus is, is ook vir die Grant Khomoweek gekies en is in gr. 11 en gr. 12 vir die Cravenweek gekies. Hy speel nou in die o.19-Cheetah-span. Hul enigste sussie, Maretha, het provinsiaal netbal gespeel. Dié sportiewe kinders het hul sportgene by hul ma geërf. Sy het tot op 23 vir Noordwes-Kaap netbal gespeel en tot op 28 “so op ’n aflosbasis vir hulle gespeel”. Sy het ook in atletiek gepresteer. Wat die Wiese-gesin se prestasies so besonders maak, is dat hulle bykans geen afrigting op laerskool ontvang het nie. Hulle was almal in die Private Skool Cum Laude in Grootdrink waar daar slegs ongeveer 30 leerlinge in die skool is. Dié min kinders maak afrigting baie moeilik en hulle het eers werklik by Upington formele afrigting ontvang. Cobus se groot droom is om eendag vir die Springbokke op die veld te draf en die hele Gariep staan agter hom.
Intussen het die stelsels in skoolrugby in Suid-Afrika verander. Deesdae word ’n Akademiespan nie meer aangewys nie. Upington het al verskeie rugbyspelers in Suid-Afrikaanse studentespanne opgelewer.
‘Japie het van kleins af vir sy jonger boeties bal gegooi. Co bus en Jasper kon nog nie be hoorlik hardloop nie, toe het Ja pie hulle al laat vang en skop.’
COBUS WIESE van die Hoërskool Upington is vir die Suid-Afrikaanse skolerugbyspan gekies. Op amper twee meter lank troon hy bo sy ma, Elmarie, uit. Foto: Lizette Slabber
4
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
Road safety starts with every driver WITH the death toll rising on the country’s roads due to reckless driving, an effort must be made to curb such irresponsible behaviour. A recent death occurred in Kathu where a vehicle collided with a tree due to a young man’s reckless driving. The driver died on the scene. Despite more than 840 road blocks and 3 800 arrests for traffic infringements during the end-of-year holiday season in 2013, the death toll on South Africa’s roads has changed little from 2012, with 1 357 people losing their lives between 1 December 2013 and 7 January 2014. Government-led road safety and safety awareness campaigns over the past five years have yielded little progress. There are several manners of reckless and irresponsible driving. This includes: ) Speeds too high for conditions, especially, during inclement weather and at
night; ) Dangerous, reckless and inconsiderate driving, particularly barrier line infringements. ) Abuse of alcohol by drivers and pedestrians. ) Fatigue. ) A lack of vehicle fitness, particularly tyre failure and defective brakes. ) Pedestrian negligence (jay walking, walking on freeways, not visible at night and drunken walking). Transport minister Dipuo Peters said that the government was planning to revoke the driver’s licences of reckless motorists who breach the rules of the road. “One of the instruments that we are going to use is to make sure that people lose their licence to drive because they are licensed to drive, but not to kill. We are saying if you are reckless, you are not going to be allowed to drive, because you are going to contribute to the increase of road
carnage.” The minister urged road users and stakeholders to play their part to reduce road accidents and deaths, change road user behaviour, ensure voluntary compliance with road traffic rules and make road safety part of everyday life. It is interesting and unsettling to note that the murder rate in South Africa is very similar to the road accident fatality rate. While the murder rate in South Africa is inexcusably high and approximately five times that of the world average, it evokes anger and emotion while publicly there is little or no emotion evoked by our road accident rate. This is despite the fact that every road user in South Africa can play a part in reducing the road accident rate. Perhaps this is because it is easier to point fingers and apportion blame rather than to accept responsibility.
Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan dan na www.kalaharibulletin.co.za en gaan blaai deur die digitale weergawes. Kuier en gesels ook saam met ander lesers op die koerant se Facebookblad.
Bring lafenis in droogte
OM in die Kalahari te kan oorleef is ’n windpomp ’n moet vir alle boere. Tydens verlede jaar se droogte is die boere gedwing om hul damme vol te hou om sodoende water aan hul vee of wild te kon verskaf. Foto: Ilse Watson
Lees spreek boekdele Lizette Slabber OM te lees is vir my soos om asem te haal. Ek kan my nie ’n lewe sonder boeke indink nie. Daar is altyd halfklaar geleesde boeke oral in die huis. Een langs die bad, een langs die toilet, een langs my bed en selfs een langs die stoof. Die ander plekke is seker verstaanbaar, maar die een langs die stoof moet ek dalk verduidelik. Dit is vir wanneer ek moet roer. Niks is so sieldodend vervelig soos om ’n witsous te maak of vla te kook nie. Daarom doen ek dit lees-lees. My leesliefde kan ek nie verduidelik nie – dit is net daar. En glo my, as ek ’n paar dae nie lees nie
verander ek in ’n algehele heks en monster wat almal rondom my se koppe afbyt. Baie mense het al vir my gevra hoekom ek so baie lees. Ek het jare nie geweet hoe om dié vraag te antwoord nie, want dit is soos om vir iemand te vra hoekom hy eet, asem haal of klere dra. Sinneloos. Totdat my dogtertjie, wat net so lief vir lees is, vir my vra hoekom óns so lief vir lees is. Ek het gedink en gedink en eindelik die antwoord in ’n boek gevind. In Mr Penumbra’s Bookshop sê die verteller ’n mens lees, want
jy is altyd op soek na die ideale boek vir jou. Daardie boek wat jou altyd sal bybly, wat jy oor en oor sal lees en nooit sal vergeet nie. Die beste boek wat jy ooit in jou hande sal hou. Ek het al ’n paar sulkes gevind, maar ek weet die boek wat spesiaal net vir my geskryf is, wag nog op my. Maar mag ek hom asseblief nooit in die hande kry nie. Bruce Fordyce het eendag gesê hy wil nooit die perfekte wedloop hardloop nie, want wat doen hy daarná. Wat gaan ek doen wanneer ek die perfekte boek klaar gelees het? Mag ek altyd bly soek na dié boek en hom nooit vind nie.
Hou blad skoon DIE Kalahari Bulletin is aktief op sosiale media. Om lesers gerus te stel oor die koerant se benadering tot die sosiale media volg hier die beleid rakende die plasing van lesersbydraes op sosiale media: Die Kalahari Bulletin probeer om alle nuus op al sy platforms so akkuraat moontlik aan te bied sonder om aanstoot te gee, lasterlik te wees of privaatheid te skend. Omdat sosiale netwerke onmiddellik is, kan enige mens enige inligting op die Kalahari Bulletin se sosiale netwerke pos. Die redakteurs probeer om sover moontlik alle voorsorgmaatreëls tref om sulke inligting so gou moontlik te verwyder. Lesers word versoek om so gou moontlik enige aanstootlike bydraes aan te meld sodat dit dadelik verwyder kan word. Lesers wat meen inligting op die platforms voldoen nie aan die standaarde van die etiese perskode wat Media24 onderskryf nie, kan ook met die persombudsman kommunikeer.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
5
6
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
Vyf beste voëlfoto’s gekies Lizette Slabber HIER is die vyf finaliste in die voëlfotokompetisie. Die fotograaf van die wenfoto wen ’n geskenkbewys van Waka-
berry in die Kalahari Mall en die foto met die meeste likes op Facebook wen ’n geskenkpak van Orange River Cellars. Stem vir jou gunstelingfoto op www.facebook/kbulletin en gaan
RUDY VAN TONDER het dié swartkeelgeelvink afgeneem. Foto: Rudy van Tonder
kyk watter foto’s die kortlys gehaal het by www.kalaharibulletin.co.za. Stuur ook nou jou mooiste swartwit-fotos na lizette.slabber@volksblad.com om jou vir die volgende ronde in te skryf.
LUKAS BECKER van Kakamas het dié pragtige foto geneem.
Foto: Lukas Becker
LYNETTE SMYTHE het dié oulike hoendertjie gekiek.
JACOLINE VAN ROOYEN het dié tiptol in die Drakensberg afgeneem. Foto: Jacoline van Rooyen
Book winner announced IN celebration of Madiba’s birthday recently the Kalahari Bulletin launched a competition where one lucky reader could win this book. The winner is Adria Nel from Kathu.
Foto: Lynette Smythe
ABRIE VAN NIEKERK het dié suikerbekkie gekiek.
Foto: Abrie van Niekerk
Verkoop produkte hier OM ’n pragtige, handgemaakte geskenk aan ’n geliefde of vriend vir Kersfees te gee is altyd spesiaal. Só ’n spesiale mark word vir Desember beplan. Die Kersmark sal van 3 tot 6 Desember in Kuruman gehou word. Entrepreneurs van die Noord-Kaap wat handgemaakte produkte van gehalte lewer en
wat graag met hul produkte aan die Kersmark wil deelneem, kan Marda Oosthuysen by 082826-1419 bel of ’n e-pos aan haar stuur by bnmarda@xsinet.co.za. Dié Kersmark is beslis nie ’n geleentheid wat mense moet misloop nie. Dit gaan ’n genotvolle gekuier wees en terselfdertyd kan mense al die handgemaakte ware bewonder en dalk koop.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
6S
DAY Y ONL
THEO (FIRES) SWART het weer die kwartmyl in ’n rekordtyd van 248,9 km/h gewen.
Foto: Henri van Lill
Fires aan die brand DIE 15de Gemsbok Rally het die naweek van 26 Julie in Upington plaasgevind en was weer ’n reuse-sukses. Vanjaar is ongeveer 1 250 inskrywings ontvang en meer as 2 000 toeskouers het die kwartmyl bygewoon. Theo (Fires) Swart het weer die kwartmyl op sy Suzuki gewen en het weer ’n rekord verbeter, die keer sy eie. Sy rekord van 248,9 km/h het die rekord wat hy in 2013 daargestel het, laat spat. In 2013 het hy met 243 km/h die kwartmyl kafgedraf. Sois van Rhyn van Clanwilliam, Danie de Lange van Alberton en Hennie Fourie van Postmasburg was die gelukkige wenners van die drie motorfietse.
Nommer verander LEDE van die publiek moet asseblief kennis neem dat die telefoonnommer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Groblershoop verander het van 054-833-9300 na 054-833-9332.
s t u C e c i Pr
Opens 6 August 2014
Selected products on this page have been styled for photography
Our Butchery
BUTCHER’S
BEST
Meat prices cut to the bone
BUYS
Topside or Silverside Roast
59
R
R
Per kg
64 33 R
PnP NO NAME™ Fresh Chicken 4 Thighs and 4 Drumsticks Per kg
Tenderised Steak Per kg
25 9
R
Ribbon 15 Blue Classic White
PnP Potjie Mix 1kg
25
R
FRESH
Sliced Bread 700g
10
Chelsea 90 9 0 PnP Buns 6s
PnP Strawberries 400g
15
R
Golf day to be top event THE Nocci Golf Day will take place on 23 August at the Upington Golf Club. The 2014 Nocci Golf Day is set to be one of the top events on the sporting calendar with huge sponsorship opportunities. Businesses must make sure that they have secured their spots well in advance to ensure that they are included in this prestigious event. Please forward any enquiries and applications to info@nocciupt.co.za. Businesses wishing to sponsor team prizes are also welcome to apply. The competition will be a four-ball alliance, two scores to count (scrambled drive). This event is now exclusively for businesses and this is done to ensure the strategic networking opportunities offered by such an event. The entries will only be coupled to the registered businesses which sponsor holes or have placements at the event. With your sponsorship, your business will then receive an entry for a team of four players. This includes green fees, snacks at the halfway house and an entry into the lucky draw at the prize-giving. Players withdrawing after the closing date will be asked to nominate replacements (no refunds).
IEMAS
23
80
PnP Cottage Cheese Assorted 250g Each
SAVE R5
33
R
29
SAVE R4
5
Selati White Sugar 2.5kg
80
Eskort Cheese Grillers 500g
30
R
95
Danone Yogi Sip Low Fat Drinking Yoghurt Assorted 250g Each
PnP All Grain Extra Large Eggs 18s
FREE
+ 29
SAVE 12.90
PnP NO NAME™ Frozen Chicken Thighs 1.5kg
90
45
R
SAVE 11.90
17
Spier Cabernet Sauvignon, Merlot, Pinotage or Shiraz 750ml Each
90
78
R
Buy Nestlé Milo Cereal or Duo Cereal 480/500g Each and Get a Clover Seal Fresh Full Cream or Low Fat Milk 500ml FREE
SAVE R4
Spekko Parboiled Rice 2kg
12
j Dishwashing Ajax Liq Liquid Assorted 75 750ml Each
90
SAVE 17.90 Krone Borealis Brut MCC 750ml
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
42
119
R
90
SAVE R23
Get 10% EXTRA airtime, every time,, when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Pay and Boxer only.
Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Power Capsules 14s Each
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Bulk Pack Size 2 - 66s, Size 3 - 58s, Size 4 - 50s or Size 5 - 44s Per Pack Make the healthy choice • To activate HealthyFood, visit discovery.co.za • Look for ‘VIT’ on the shelf label to identify HealthyFood items
25 20
Get up to Earn
*SIM card 50c Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited, an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).
%
cash back on over 10000 HealthyFood items Vitality points on every HealthyFood purchase
Terms and conditions apply. Discovery Vitality (Pty) Ltd is an authorised financial services provider. Registration number 1999/007736/07.
PRICES VALID 5-10 AUGUST 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS
In Gauteng, Mpumalanga, and Limpopo. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead, Rosettenville, Elspark and Hoedspruit. Buy-aid cards not accepted at the following stores: Vanderhof, Northmead, Rosettenville, Elspark and Hoedspruit. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. www.picknpay.co.za
Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1188290_390 X 198
7
8
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
Liewe Heksie kry nuwe kinkel DIE kleingoed moet nader staan, want op Vrydag 26 September kom Liewe Heksie en al haar maatjies van Blommeland die Kalahari-kuierfees besoek. Verna Vels, skepper van Liewe Heksie, was in 2013 80 jaar oud en Heksie het haar 50ste verjaardag gevier. Om die spesiale verjaardae besonders te maak het Frans Swart vir Verna oortuig om ’n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf en só het ’n nuwe Heksie-produksie die lig gesien. Dié storie, Liewe Heksie en die tuindwergie, word ná pouse opgevoer. “Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ’n tuindwergie ontmoet,” sê Verna, “en wou sien wat Heksie met die tuindwergie doen. En, glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom. “Al die maatjies moet maar kom kyk wat Heksie met Casper, die tuindwergie, aanvang.” Voor pouse word Liewe Heksie en die botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat aan die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou die koeie?) dans. Regisseur Frans Swart het hierdie storie vir die verhoog verwerk. Swart sê hy is baie opgewonde dat
Verna die nuwe storie spesiaal vir hom geskryf het en ook aan hom toevertrou het. “Liewe Heksie het deur die jare so ’n groot invloed op my lewe gehad, want ek was kameraman op die Heksie-televisiereeks se stel. “Behalwe dat ek met Liewe Heksie grootgeword het, het Heksie met die televisiereekse in my hart kom kruip. Dit is vir my ’n besondere eer om Liewe Heksie en die tuindwergie op te voer en dit is so besonders, want dit is ’n splinternuwe storie,” sê Swart. Vier uiters talentvolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog. Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat, Botterblom en Koning Rosekrans. Debré Rossouw is te sien as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans. Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper die Tuindwergie, Borrie die Gifappeltjie, Karring en Klein Kwaaitjie. Liewe Heksie word op 26 September om 10:00 in die Voorbereidingskool Fanie Malan se saal opgevoer. Die kaartjies kos R50 en is by die feeskantoor beskikbaar.
’n TONEEL uit Liewe Heksie.
Foto’s: Verskaf
AL die ou bekende gesiggies soos Liewe Heksie, Blommie en Kwaaitjie die Kabouter gaan die kinders vermaak.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
Vrouesiele smul aan soet Lizette Slabber OP SATERDAG was Susan Coetzer, bekende skrywer, skilder, motiveringspreker en akteur, die gasvrou op die ma-en-dogteroggend van die Private Skool Cum Laude. Sy het op ’n informele trant die ma’s en hul dogters met haar inspirerende boodskap verskeie kere in trane gehad. Haar praatjie het oor haar boek Smarties vir die siel gehandel. Sy het vertel sy moes eenkeer ’n praatjie lewer en die tema van die praatjie vooraf aan die organiseerders verskaf. “Sonder om te dink, het ek die tema genoem: Smarties vir die siel. Daarna moes ek behoorlik gaan dink wat ek oor dié lekkertjies kon sê.” Ná baie gedink, Smarties eet en hardloop het sy besef hoe die kleurryke pakkies lekkers mense kon inspireer. In haar praatjie het sy gesê: “Smarties het ’n harde buitekant en ’n heerlike, sagte binnekant. God wil daardie harde buitekant wegvat en vir jou ’n hart vol sjokolade gee.” Volgens haar stel elke verskillende kleur van die Smarties iets voor wat aan mense ’n klipharde hart kan gee. Die bruin Smarties is die wortels van onvergifnis, die rooi Smarties is woede, die geel Smarties is suur, die groenes jaloesie en die oranjes om snoep met jou
TYDENS die praatjie moes die gehoor telkens opstaan en interessante manewales uitvoer. Hier oefen Marianne van der Westhuizen en haar dogter Frede.
VAN links is Hildemarie Vollgraaf, Susan Coetzer en Pamela de Wet.
Foto’s: Lizette Slabber
tyd, wenke en gawes te wees. Die blou Smarties verteenwoordig smart en wanneer hartseer mense hulle met ’n muur van pyn laat toebou. Op ’n besonderse wyse het sy die ma’s en hul dogters laat lag, huil, oefeninge doen en, natuurlik, Smarties eet.
SUSAN COETZER het inspirerende musiek gespeel terwyl sy roosblare oor die vroue in die gehoor gestrooi het. Hier help Lieschen du Toit (links) en Blom Oberholster haar om die roosblare te strooi.
ELKEEN in die gehoor het ’n pakkie Smarties ontvang. Hier kry klein Stephanie Liebenberg haar pakkie.
9
10
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
DIE jeugdiges was die ambulanse van die Dr. Harry Surtie-hospitaal op ’n yskoue Junie-oggend. Foto’s: Verskaf
LEVUYO TYALI (parlementêre demokrasie-kantoor) en Atto Fourie saam met die jeugdiges ná die inligtingsessie wat oor die werksaamhede van die nasionale regering aangebied is.
Jeugmaand ’n sukses GEDURENDE Junie het Atto Fourie, eenheidsbestuurder van die departement van korrektiewe dienste, ’n volgepakte Jeugmaandprogram vir die jeugdiges van die korrektiewe sentrum in Upington aangebied. Ná die amptelike opening op 3 Junie is die ambulanse en toerusting van die Dr. Harry Surtie-hospitaal skoongemaak. Die sop en kerrievetkoeke wat Pick n Pay ná die skoonmaak bedien het, het baie gehelp om die snerpende koue te verdryf. Op 7 Junie het die jeugdiges teen die Sampdoria-sokkerklub ’n vriendskaplike wedstryd gespeel, waarna hulle op 16 Junie aan Sampdoria se jaarlikse sokkertoernooi deelgeneem het. ’n Oudiovisuele dwelmbewusmakingsveldtog, verskeie godsdienstige en Christelike sessies, ’n motiveringsessie deur die Suid-
Afrikaanse Polisiediens in Upington se gemeenskapspolisiëringsdiens en ’n spesiale Jeugmaand-erediens het tydens Jeugmaand plaasgevind. Die jeugdiges het ook die sokkerveld en terrein by die Marcus Mbethajeugsorgsentrum opgeknap en skoongemaak en die volgende dag aan ’n sportdag hier deelgeneem. Hulle het ook die Piet Thole-gemeenskapsaal in Rosedale en die terrein agter die Upington-inligtingsentrum skoongemaak. Die hoogtepunt van Jeugmaand was egter die gesondheidstap na Nevergreen Aircraft Industries waar die jeugdiges ’n vliegtuig van naby en van binne kon sien. Jeugmaand is afgesluit met die uitdeel van sertifikate en Morné Brandt het die trofee vir die beste gedragsprognose en ’n kontantprys ontvang.
DIE jeugdiges en personeel van die korrektiewe sentrum in Upington voor een van die vliegtuie by Nevergreen Aircraft Industries.
FAMILIEKENNISGEWINGS
VLEISBEDRYF
TE HUUR
3776
3205
BEGRAFNISDIENSTE 1025
TE KOOP ADMINISTRATIEF
TE KOOP ALLERLEI
3605
3201
ADMIN CLERKS NEEDED for copy/paste datawork. SMS full name/address to 081 886 0316 or email to: d.jobbuzz05@gmail.com
1655
HOENDERMIS TE KOOP. Aflewering beskikbaar. 079 563 9103. WIL U ENIGE plaasmasjinerie herstel of verkoop of nuwe trekkers koop? Skakel Elias 079 288 3505 of Lourens 076 896 4165.
ALGEMEEN 3680
ALGEMENE & HUISDIENSTE HUISE TE KOOP SKOONMAAKDIENSTE
3275 1805
KURUMAN: 4-slaapkamerhuis met groot braaiplek. Dubbelerf met 2 eenslaapkamerwoonstelle en boorgat. Afdak vir 6 motors. R1 800 000 of te huur: R20 000 p.m. Skakel 083 378 8177.
LUTEA PARFUUM Is jy 'n selfgemotiveerde bemarker en parfuum jou passie? Nou is jou geleentheid om deel te word van 'n multimiljoendollarbedryf! Skakel Madri of SMS jou e-pos-adres na 083 655 0445. OP SOEK NA ARTIKEL 13gekwalifiseerde outo elektrisiën met +- 5 jaar ondervinding in 'trackless' en 'earthmoving'. Faks CV na 014 596 6477 of 086 685 7577.
GESOEK 3601
SOEK DRINGEND WERK. 35jarige dame. Goeie ondervinding, ook in bestuursposisies. Hardwerkend, eerlik. Admin, ontvangs, verkope, kleinhandel, ens. 076 829 3502.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
ELEKTRIES 1810
ELEKTRIESE HEININGS, hekmotors en garagedeurmotors. Professionele installasies en diens. Skakel First Defence 072 156 4035 of 082 829 0292.
HERSTELWERK 1818
ALLERLEI 1845
WE SUPPLY and sell gas geysers at very low prices. Household and camping freezers. Gas, paraffin, 12 volt and 220 volt. Phone 071 533 7700 for prices.
VOLWASSENES
Ann Links In die boedel van wyle Ann Links, identiteitsnommer 520316 0007 089, van Angelierstraat 1, Postdene, Postmasburg 8420. Boedelnommer: 1625/2004 Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van dertig (30) dae van datum hiervan. LUCAS RUITERS CONSULTANTS Kantoor no. 3, Libra House Georgestraat 14 - 18 Kimberley
PRIVAAT 2015
WARRIOR VIAGRA en STOK-STIMULANT. Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel h/v Livingston- en Shortstraat. 073 522 8346. Sterker, langer ereksie. Hou tot 5 keer langer uit. Medies getoets en veilig vir hoë bloeddruk. WARRIOR: R150 VIR 6. STOK-STIMULANT: R150 VIR 6. Skakel Jandre 073 894 5273.
EIENDOMME
PLASE TE HUUR 3247
B.H.C. Meiring In die boedel van wyle Bryan Henry Cornelius Meiring, identiteitsnommer 710619 5160 088 van Abrahamsstraat 11, Morning Glory, Upington 8800. Boedelnommer: 916/2008 Krediteure en debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tydperk van dertig (30) dae van datum hiervan. LUCAS RUITERS CONSULTANTS Kantoor no. 3, Libra House Georgestraat 14-18 Kimberley
GROOT EENMANWOONSTEL te huur: R3 800 p.m. Sluit water en ligte in. Skakel 084 800 7779.
WOONSTELLE TE HUUR 3250
GEREGTELIKE VEILING 4501
2-SLAAPKAMER-WOONSTE:L Beskikbaar 1 September. R4 800 p.m. Geskik vir slegs 2 persone. Skakel 079 376 7500. KURUMAN: 1-slk-woonstel, badkamer, oopplankombuis. Groot genoeg vir enkellopende persoon. Loopafstand van dorp. Eie ingang en onderdakparkering. R3 800 p.m. Water en ligte ingesluit. Skakel 072 505 2658 of 082 529 2526. KURUMAN: Ruim 3-slaapkamerwoonstel te huur in rustige omgewing. R6 500 p.m. plus deposito, water ingesluit. Koopkrag. Eiendom ook te koop. Skakel 076 520 8670. KURUMAN: 2-slaapkamer-woonstel te huur vanaf 1 Oktober. R5 000 p.m. Koopkrag, water ingesluit. Skakel 073 811 0654.
Absa Bank/A. & LL Spies NOTICE OF SALE IN EXECUTION In the High Court of South Africa (Northern Cape High Court, Kimberley) Case No: 893/13 In the matter between: ABSA BANK LIMITED Registration No: 1986/004794/06 Plaintiff and ARNOLD SPIES ID: 640824 5037 089 Married out of community of property 1st Defendant and LINDA LIZETTE SPIES ID: 651224 0036 085 Married out of community of property
Married out of community of property 1st Defendant and LINDA LIZETTE SPIES ID: 651224 0036 085 Married out of community of property 2nd Defendant PURSUANT to a judgement and attachment in the above Honourable Court, dated 16 July 2013, the undermentioned property will be sold by public auction on Friday, 29 August 2014 at 10:00 at the property, being 8 De Bruin Street, Postmasburg, subject to the conditions of sale which will be read prior to the sale by the Sheriff for the district of Postmasburg. The said conditions of sale may be inspected at the office of the Sheriff of the High Court, Postmasburg, the property being: Erf 1432 (Portion of erf 1423), Postmasburg, situated in the Tsantsabane Municipality, District of Postmasburg, Province of the Northern Cape, measuring 1071 square Metres, held by Deed of Transfer No T1885/2001, better known as 8 De Bruin Street, Postmasburg. IMPROVEMENTS: Dwelling/house comprises: Lounge, dining-room, kitchen, 2 bathrooms, seperate toilet, 3 bedrooms. outbuilding, double garage, 1 carport. No further details are available and no details are guaranteed. CONDITIONS OF SALE: 1. Payment of 10% of the purchase price in cash or by way of bank-guaranteed cheque on day of sale and the balance payable on registration of transfer to the name of the purchaser, which balance is to be guaranteed by means of an acceptable bank guarantee to be received by the sheriff/plaintiff's attorney within FIFTEEN (15) DAYS from the date of the sale in execution. 2. Auctioneer's commission on the gross purchase price is payable on the date of the sale, together with all arrear and outstanding rates and taxes, etc. if any. The purchaser shall in addition to the sheriff's commission, which is 6% on the proceeds of the sale up to a price of R30 000 and thereafter 3,5% up to a maximum fee of R9 655 plus VAT thereon, pay a deposit of 10% of the purchase price in cash or by bankguaranteed cheque of EFT into the sheriff's trust account immediately upon closing of the bid and the balance against transfer, which shall be secured by a bank guarantee in a form acceptable to plaintiff's conveyancers, which guarantee shall be delivered by the purchaser to the sheriff within 21 (TWENTY ONE) days from the date of the sale and shall provide for the payment of the full balance and any such interest payable as provided for hereunder. The conditions of this auction are available 24 hours prior to the auction at the office of the Sheriff, 17 Stals Street, Postmasburg. The sheriff of Postmasburg will conduct the sale. Registration as a purchaser is a prerequisite, subject to conditions, inter alia: a. Directive of the Consumer Protection Act No 68 of 2008 (URLhttp://www.info.gov/za/view/DownloadFileAction?id=99961) b. FICA legislation in respect of proof of identity and address particulars c. Payment of a registration fee of monies in cash d. Registration conditions of the Consumer Protection Act, No 68 of 2008 The aforesaid sale shall be subject to the conditions of sale which may be inspected at the office of the Sheriff, 17 Stals Street, Postmasburg, during normal office hours from Monday to Friday. Tel. 053 313 0012 or at the office of the attorneys acting for the Execution Creditor/Plaintiff, VAN DE WALL & PARTNERS, VAN DE WALL BUILDING, 9 SOUTHEY STREET, KIMBERLEY. Tel: 053 830 2900. VAN DE WALL & PARTNERS B. HONNIBALL/LG/B10797 Van de Wall Building Southey Street Kimberley Tel. 053 830 2900 J.J. CLAASSENS SHERIFF FOR POSTMASBURG.
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
Anglo American Zimele Community Fund / Maero Coaches BK NOTICE OF SALE IN EXECUTION In the Magistrate's Court for the district/region of Kuruman held at Kuruman. Case No: 1147/2013 In the matter between: ANGLO AMERICAN ZIMELE COMMUNITY FUND (PTY) LTD Execution Creditor and MAERO COACHES BK Execution Debtor KINDLY TAKE NOTE THAT in terms of judgement granted on 27 January 2014 in the Magistrate's Court and a Warrant of Execution issued thereafter, a sale in execution of the undermentioned goods will be held on 22 AUGUST 2014 at 09:00 consisting of: GOODS Bus to the highest bidder. MEISE NKAISENG INC Ref: 46762/A OPPERMAN/mf OJ BESTER Execution Creditor's Attorneys C/o KBVS ATTORNEYS 51 Beare Street, Kuruman 8460. PO Box 565, Kuruman 8460. Tel. 053 712 0570 Fax 053 712 0677 E-mail: yolande@kbvs.co.za Ref: MEI14/0007/YJ Address of Execution Debtor: Maero Coaches BK, reg. no. 200821314023, of 45 Skool Street, Kuruman.
First Rand Bank / TD & ME Mangate NOTICE OF SALE IN EXECUTION IMMOVABLE PROPERTY In the High Court of South Africa (Northern Cape High Court, Kimberley) Case No: 1379/2008 In the matter between: FIRST RAND BANK LIMITED (formerly known as FIRST NATIONAL BANK OF SOUTHERN AFRICA LIMITED) Plaintiff and THABELO DICKSON MANGATE 1st Defendant and MPONTSHANG EUNICE MANGATE 2nd Defendant A sale in execution of the undermentioned property is to be held without reserve at the SHERIFF'S OFFICE, 46 SKOOL STREET, KURUMAN on THURSDAY, 21 AUGUST 2014 at 10:00. Full conditions of sale can be inspected at THE SHERIFF'S OFFICE, KURUMAN, 46 SKOOL STREET, KURUMAN and will also be read out by the Sheriff prior to the sale in execution. The Execution Creditor, Sheriff and/or Plaintiff's Attorneys do not give any warranties with regard to the description and/or improvements. PROPERTY: Erf 3901 (Portion of Erf 3897) Kuruman, situated in the GaSegonyana Municipality, province of the Northern Cape. Measuring: 323 square metres. Known as 29B Bosman Street, Kuruman. IMPROVEMENTS: Lounge, dining-room, kitchen, 2 bedrooms, bathroom, shower, toilet, carport. HACK STUPEL & ROSS Ref: GP 9269 C/o VAN DE WALL & PARTNERS Attorneys for Plaintiff VAN DE WALL BUILDING Southey Street, Kimberley REF: HONIBALL/LB/B007580 Tel. 053 830 2900
11
12
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
Kuruman Castor & Ladder / Precision Engineering
KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik van Kuruman, gehou te Kuruman. Saaknommer: 1056/2013
Kuruman, gehou te Kuruman. Saaknommer: 1056/2013 In die saak tussen: KURUMAN CASTOR & LADDER Eksekusieskuldeiser en
en JAMES SKEAD h/a PRECISION ENGINEERING Eksekusieskuldenaar Ingevolge 'n vonnis gelewer op 10 April 2014 in die Kuruman Landdroshof en 'n lasbrief van eksekusie daarna uitgereik is, word die goedere hieronder beskryf in eksekusie verkoop te die perseel van die Eksekusie skuldenaar te Voortrekkerstraat 2, Kuruma op 28 Augustus 2014 om 10:00 aan die hoogste bieër: GOEDERE: 3,5-m-staaldraaibank John Deere-trekker Laaigraaf Gedateer te Kuruman op 28 Julie 2014. N. VAN NOORDWYK VAN NOORDWYK PROKUREURS Duikerweg 5, Kuruman 8460. Posbus 1952, Kuruman 8460. Tel. 053 712 2917 Faks 086 655 9662 E-pos: admin@nnvnoordwyk.co.za Verw: K009 Zelco Motors / OBOB Maroro KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VERKOPING In die Landdroshof vir die distrik van Gordonia, gehou te Upington Saaknr. 234/13 In die saak tussen: ZELCO MOTORS (PTY) LTD Eksekusieskuldeiser en OBOB MARORO Identiteitsnommer onbekend Eksekusieskuldenaar Neem kennis dat die ondergemelde goedere ter uitvoerlegging van 'n lasbrief vir eksekusie teen roerende goed uitgereik teen bogemelde Eksekusieskuldenaar, voetstoots en vir kontant, BTW eksklusief, aan die hoogste bieder verkoop sal word op Vrydag 22 Augustus 2014 om 09:30. MERCEDES-BENZ (REGISTRASIENOMMER CCV211NW) Registrasie as koper is 'n vereiste onderworpe aan die bepaalde voorwaardes: Voorskrifte van die VERBRUIKERSBESKERMINGSWET 68 VAN 2008. FICA-wetgewing m.b.t identiteit en adresbesonderhede. Betaling van registrasiegelde. Registrasievoorwaardes. Plek van veiling: Balju, Skoolstraat 46, Kuruman. JJ Moorcroft Balju: KURUMAN Posbus 44 Kuruman 8460 BECKER BERGH & MORE ING Prokureur vir Eksekusieskuldeiser Schröderstraat 7 UPINGTON Tel. 054 337 9100 Verw: JH Kotze/ZEL2/0046/hvdv
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
13
14
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
15
Brugbouers presteer TWEE brugbouspanne van die Hoërskool Upington het die eerste twee plekke in die SAISI-brugboustreekskompetisie losgeslaan wat op 23 Julie in die Kalahari Mall plaasgevind het. Ulrich Lategan, Raynardt
Stasch en Willem Koegelenberg was eerste en gaan op 29 Augustus aan die nasionale brugboukompetisie in Gauteng deelneem. Leatitia Strauss, Alyssa Ekkerd en Ciske van Niekerk was tweede.
VAN links is Raynardt Stasch, Willem Koegelenberg en Ulrich Lategan. DIE Hoërskool Duineveld het Saterdag teen die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein gespeel. Duineveld se o.19A-rugbyspan het met 15-12 gewen. Ruan Matthews en JayD van Zyl was die puntemakers in die wedstryd. Hier is Ruan op pad na die doellyn.
Meet kragte
Foto’s: Verskaf
DIE eerste meisiehokkiespan van Duineveld het teen ’n baie sterk span van Sentraal te staan gekom en net met 1-0 verloor. Hier bied Deanke van Zyl sterk kompetisie vir haar teenstander.
VAN links is Ciske van Niekerk, Alyssa Ekkerd en Laetitia Strauss. Foto’s: Verskaf
16
KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014
Groot gejol in Grootdrink LEERLINGE van die Private Skool Cum Laude het op 19 Julie aan die jaarlikse Gariepperdesportdag deelgeneem. Ouers van die leerlinge aan die Cum Laude-skool het die eet- en drinkgoed van die dag wat jaarliks in Grootdrink
plaasvind, voorberei. Talitha Liebenberg (gr. 2) is as die beste ruiter van die dag in die meisie-afdeling aangewys en Hanno Coetzee (gr. 2) is as die beste ruiter en beginnerruiter in die seunsafdeling aangewys.
VAN links is, voor: Barend du Plessis, Wihann Liebenberg, Hanno Coetzee (beste seunsruiter en eerste in die stapnommer) en Talitha Liebenberg (beste meisieruiter en tweede in die aartappel in die emmer-nommer); agter: Hencko Vollgraaff, Kobus van der Westhuizen, Frede Groenewald en Marlené Gresse (eerste in die aartappel in die emmernommer en tweede in die stapnommer). Foto: Verskaf
Upington-o.12’s 6de in SA netbal DIE Intermediêre Skool Vooruitsig se o.12-netbalspan was as ontwikkelingspan sesde op die Suid-Afrikaanse skole-netbalkampioenskapsbyeenkoms in Boksburg. Dié o.12-span het uitgeblink en was eerste in die Upington-streekliga, eerste in die distriksuitspeelliga en eerste in die provinsiale uitspeelliga. Dit is juis die onderskeie eerste plekke wat aan die span ’n plek besorg het op die kampioenskapsbyeenkoms op 26 Julie in Boksburg.
BENMARI VAN ROOYEN
Foto: verskaf
Vat in Frankryk korrel VAN links is, voor: Geneva van Staden, Walné Hendricks, Shané Olivier, Leandré Padmaker (afrigter), Jesmine Pietersen en Lucian Boer; agter: Sandra Damarah (spanbestuurder en noodhulpbeampte), Jaylene de Klerk, Leigh-Maydrie Adams, Aubra Sauls (spanbestuurder en noodhulpbeampte), Izak van Rooi (skoolhoof), Yolande Eksteen, Mary Bezuidenhout (afrigter en nasionale verteenwoordiger), Laverne Bolokana en Tholani Basson. Foto: Verskaf
BENMARI VAN ROOYEN, ’n leerling aan die Hoërskool Duineveld, het in die Julie-vakansie in Frankryk aan ’n skietkompetisie deelgeneem. Sy was die enigste junior skut in die span en moes saam met die senior deelnemers
deelneem. Sy het 58ste in dié kompetisie geëindig. Sy neem ook aan luggeweerskoleskietkompetisies deel en hoop om vanjaar weer aan die Suid-Afrikaanse kompetisie deel te neem.
Enige van Kalahari Bulletin se vorige uitgawes gemis? Lees artikels oor sport, nuus, leefstyl en dagboek items op ons webblad www.kalaharibulletin.co.za
Wat is jou mening?
Gesels saam op Facebook deur te gaan na Kalahari Bulletin.