Upingtonbulletinub 20140813

Page 1

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

14 AUGUSTUS 2014

Upington

WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

GRATIS

Sprei sy vlerke in die (kuber)ruim

DIE wenner van die Julie-fotokompetisie is Lukas Becker met dié foto van ’n slangarend. Lees op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het en stuur nou jou swartwitfoto’s na lizette.slabber@volksblad.com. Foto: Lukas Becker


2

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

Einde van Natgooi-era OUMA ELIZABETH TITUS (Mamakoe) is op 24 Julie op die rype ouderdom van 95 jaar oorlede. Sy was die oudste inwoner van Rietfontein en die laaste mens uit die Natgooi-geslag. Sy laat vyf kinders, een skoonseun, 20 kleinkinders, 27 agterkleinkinders en drie agter-agterkleinkinders agter. Sy is op 2 Augustus uit die Evangelies-Lutherse kerk in Rietfontein begrawe. Mamakoe laat diep voetspore in die kerk en samelewing. Foto: Verskaf

VAN links is Zane Springbok, Charoldine Blom, Veronique Klaasen, Celeste Mouers en Malcolm-Ash Viewe..

Skynhof hul kos LEERLINGE van die Hoërskool Saul Damon het na die provinsiale ronde van die vierde jaarlikse Suid-Afrikaanse nasionale skoleskynhofkompetisie deurgedring. Dié kompetisie word jaarliks in samewerking met die regsfakulteit van die Universiteit van Pretoria (UP) en die departemente onderwys en justisie aangebied. Die provinsiale ronde vind op 13 September in Kimberley plaas waar die leerlinge teen die beste skole in die Noord-Kaap gaan meeding. Dit is die tweede jaar dat die Hoërskool Saul Damon aan die kompetisie deelneem. Die skool was verlede jaar vierde in die provinsie en het na die nasionale ronde in Pretoria deurgedring. Die skool is ook genooi om op 13 September aan die 2014-SAIIA Model United Nations-konferensie in Johannesburg deel te neem. Die konferensie word deur die Universiteit van die Witwatersrand in samewerking met Absa aangebied. Dit sal die eerste jaar wees dat die skool deel van dié konferensie is.

VAN links is Veronique Klaasen, Candice Bezuidenhout en Ann-Frochayda Abrahams. Foto’s: Verskaf


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

VROUEDAG

Vrou die kroon op God se skepping Elsona Steyn IN Augustus vier ons vroulike plesierighede. Dit is die maand waarin ons hulde bring aan vroue, ma’s, minnaars en versorgers en dié wat met oop harte gee (meer as wat hulle ontvang). Ons dink aan hulle wat hul gesinne tevrede hou, wat kook en was, wegpak en regpak, en dié wat soms agter die kospotte huil of skuil. Dít, het ek agtergekom, is baie beter as om klere onder die strykyster te verbrand, die aartappels te verwens of die ertjies uit die kastrol te roer. Ons bring eer aan die tuisteskepper, baasbakster, kleremaakster, haarkapster, verpleegster, onderwyser, lewensmaat – al dié bevoegdhede en vaardighede sonder ’n baccalaureus-graad. Die vrou is die een wat tweede geskape is en span die kroon op God se skepping. Alles was klaar en toe, heel

laaste, as die grand finale, die room op die cappuccino, is jy, vrou, geskep. God het vroue meelewend gemaak en liefdevol sal Hy oor elkeen van hulle waak. Augustus is die maand van die vrou, selfs ’n spesiale dag, uitgesonder net vir jou. Hallo jy, skonere, fynere geslag. Dit is my Vrouedagwens vir jou. Ek wil jou eer bewys, jou goeie dade prys. Mag jou jeans vandag perfek sit, jou hare vandag ekstra blink, sjokolade (net vir vandag) glad nie vet maak nie, mag jy vandag (en veral elke dag hierna) nie aan jou potensiaal twyfel nie, selfvertroue uitstraal en jou vrouwees geniet, want sien, om vrou te wees issolekker. Rus en ontspan soveel jy kan, gaan bak daardie Kersfeeskoek. Gaan stop die lamsboud en vier die lewe. Vier jou menswees en bo alles, jou vrouwees.

Dankie van ’n onbekende ONS kan julle nie eens probeer verstaan nie, maar hoef ook nie regtig nie. Dankie dat julle kleur aan ons wêrelde verskaf, want julle is nie net mans in rokke nie . . . o ja, en dankie vir die lang naweek - onbekend.

Vrou se 7 wense Verkoop gebruikte klere DIE Afrikaanse Christen-Vrouevereniging (ACVV) in Upington het Vrydag gebruikte klere verkoop en vir elkeen wat in die klere belang gestel het ’n lekker koppie sop en ’n toebroodjie gegee. Dié verkoping en die uitdeel van die sop was om Vrouedag te vier. Foto: Lizette Slabber

Vroue onthou 1956 NASIONALE VROUEDAG is ’n openbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word. Die eerste Nasionale Vrouedag het in 1994 plaasgevind. Dié dag gedenk die nasionale optog van vroue op die dag in 1956 om beswaarskrif aan te teken teen wetgewing wat swart mense verplig het om ’n pas te dra. Die pas is ’n spesiale dokument wat die beweging van swart mense in die apartheidsera beperk het om sodoende die wit woongebiede te beveilig.

In 2006 is die optog herhaal as deel van die 50-jaar-herdenking. Baie van die veterane wat in 1956 deelgeneem het, het die geleentheid ook bygewoon. Op 9 Augustus 1956 het 20 000 vroue ’n optog na die Uniegebou in Pretoria gehou om teen die voorgestelde wysigings van die Groepsgebiedewet (algemeen bekend as die paswette) van 1950 te betoog. Die optog is deur Helen Joseph, Lillian Ngoyi, Rahima Moosa en Sophia Williams gelei.

EK het sewe wense in geskenkpakkies toegemaak, vir elke vrou om op Vrouedag oop te maak: My eerste wens is dat die Heilige Gees vir altyd aan jou sy sal wees; My tweede wens is dat God se engele altyd die wag sal hou oor jou vlees; My derde wens is dat al jou mooiste drome waar sal word; My vierde wens is dat daar altyd genoeg kos sal wees op jou bord; My vyfde wens dat jy altyd jou kinders se superheldin sal wees; Die sesde wens is dat alle siekte en wonde gou sal genees; Die sewende wens is daardie sewende pakkie toegedraai in goue papier – gevul met my wens vir jou – dat jou huweliksgeluk vir ewig mag duur! – Celeste Herman

3


4

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

Grense moet bewaak word WES-AFRIKA is in ’n stryd met ’n dodelike siekte gewikkel. Ebola. Ebola het al tot die dood van bykans 1 000 mense hier (in Wes-Afrika) gelei en bykans 2 000 mense veg weens dié siekte om hul lewe. Die inkubasietyd vir dié siekte is 21 dae en nadat dit toegeslaan het, sterf die sieke binne tien dae. Tydens die inkubasietyd ondervind die sieke griepsimptome. Die siekte kan net deur liggaamsvloeistowwe oorgedra word. Wes-Afrika veg teen die grootste en wyd verspreidste voorkoms van dié siekte sedert dit die eerste keer in die jare vyftig geïdentifiseer is, maar volgens Dokters Sonder Grense is dit in die stadium onder beheer. Wêreldwyd neem lande groter voorsorg by grensposte om te keer dat dié siekte verder versprei. Dit is egter waar die groot probleem vir Suid-Afrikaners

lê. Soos mense van die streek goed weet, is dit redelik maklik om Suid-Afrika van Botswana of Namibië af binne te kom sonder om van grensposte gebruik te maak. Dit blyk ook maklik te wees om Suid-Afrika van die ander Afrika-lande af binne te kom en dan is daar nog die kuslyn van honderde kilometers wat in normale omstandighede moeilik is om te patrolleer en met die vermindering van die vloot verder bemoeilik word. Die Suid-Afrikaanse owerheid veg al jare teen die onwettige immigrasie van mense na Suid-Afrika. Waar dit voorheen om geldelike redes beveg is, kry dit met siektes soos Ebola ’n heel ander kant. Daar moet ’n stokkie voor onwettige immigrasie gesteek word voordat Suid-Afrika op ’n krisis afstuur wat op vele vlakke onstuitbaar gaan wees.

Verkeerde perd opgesaal Ilse Watson DIT is alles die perd se skuld. Toe ek so 11 jaar oud was (ons het in Sishen gewoon), het my ouers op iemand se plaas gekuier. Nie ek of my ma kan onthou wie se plaas dit was nie. Maar daar was perde. En hoekom ek besluit het om perd te ry, weet ek tot vandag toe nie, want ek kón nie perd ry nie. Daar klim ek op die perd en hy trek met ’n drafstappie weg. Later verander die drafstappie na ’n groot gejaag. Ek val weerskante van die saal rond en klou om lewe en dood aan die leisels. Toe verskyn daar ’n draadheining en die einste perd besluit om net daar brieke aan te slaan. Toe daai perd in sy spore tot stilstand kom, vlieg ek bo-oor sy kop, bo-oor die draadheining en beland op my rug. Uit soos ’n kers. Iemand het my kom red en die volgende twee dae sit ek in ’n gemaklike stoel met ’n klomp kussings rondom my geprop ter ondersteuning van die seer lyf. Nou, op my hogere ouderdom, ly ek die gevolge daarvan. My heup, rug en nek pyn vreeslik. Om alles te kroon, is ek op 13 met skoliose gediagnoseer. Dit help natuurlik ook glad nie vandag dat ek ’n skewe rug het nie. Verlede Vrydag bars ek in trane uit by die kantoor (nie iets wat ek

maklik doen nie) en ek bel dadelik my dokter. Gil in sy ore “ek moet jou sien!”. Hy sê ek moet dadelik spreekkamer toe kom. Ek was ’n paar weke gelede by ’n spesialis in Bloemfontein en ek het ’n MRI-skandering ondergaan. Ja, daar is ’n gewriggie in die heup wat seergekry het, die derde werwel in jou stuitjie is beskadig, jou skoliose lyk nie te erg nie, maar hierbo is ook ’n werwel wat beskadig is, verklaar die dokter. Perd! Verlede Vrydag kyk my dokter na my betraande gesig, maak onmiddellik vir my ’n paar afsprake by die fisioterapeut en vertel vir my ek mag vir ’n week nie werk nie. By die fisioterapeut word ek geruk en gepluk – oukei, ek oordryf nou vreeslik. My nek word gemasseer, my heup en stuitjie word met masjiene bewerk en so gaan ek elke middag huis toe met ’n effens nóg stywer nek, rug en heup. Die fisioterapie maak my gedaan, ek word naar, ek kry hoofpyne en ek slaap elke middag. Maar so word alles elke dag ’n bietjie beter. Die perd!

www.kalaharibulletin.co.za

Wys hul kleur in winterson “DIR is amper lente.” Die kleurryke madeliefies draai hul “gesigte” na die yl winterson. Die foto is op die Kuduyane Estates in Kathu geneem. Foto: Benneli Olivier Van der Walt

Perseverance pays off Ds Chris van Staden ROMANS 8:31: In view of all this, what can we say? If God is for us, who can be against us? While failure is part of our daily life, we can say that failure is inevitable, but to accept failure as the final answer is optional. Unless we spend our life asleep, failure is inevitable. We will all fail at some point, but it’s not the failure that matters. What is important is how we respond to it. Do we let it keep us down or do we get back up and try again? In fact, a failure is not a failure at all if we learn from it. I want to give you a short synopsis of people who failed at the first attempt, but still succeeded. If we as Christians can learn from this, how much more will this Scripture in Romans be true for us? Not everyone who is on top today got there with success after success. More often than not, history’s most successful people were faced with numerous obstacles that forced them to work harder and show more determination than others. Next time you are feeling down

7/21

5/21

6/21

about your failures in school or college or in a career, keep these famous people in mind and remind yourself that sometimes failure is just the first step towards success. Henry Ford: While Ford is today known for his innovative assembly line and American-made cars, he wasn’t an instant success. In fact, his early businesses failed and left him broke five times before he founded the successful Ford Motor Company. Steven Spielberg: He was rejected three times from the University of Southern California School of Theater, Film and Television. He eventually attended school at another location, only to drop out to become a director before he finished. Thirty-five years after he started his degree, Spielberg returned to college in 2002 to finally complete his work and earn his BA. Harland David Sanders: Perhaps better known as Colonel Sanders of KFC, Sanders had a

6/22

5/22

6/22

hard time selling his chicken at first. His famous secret chicken recipe was rejected 1 009 times before a restaurant accepted it. Thomas Edison: Teachers told Edison he was “too stupid to learn anything”. Work was no better, because he was fired from his first two jobs for not being productive enough. As an inventor, he made a 1 000 unsuccessful attempts to improve the light bulb. All those unsuccessful attempts finally resulted in the design that worked. Vincent van Gogh: Van Gogh sold only one painting in his life to a friend for very little money. Van Gogh was never successful while he was alive, but he plugged away with painting. Sometimes he starved to complete his over 800 known works. Today, they bring in hundreds of millions. Successful people take responsibility for their career success. They set high goals and do whatever it takes to achieve them and react positively to the people and events in their lives – especially the negative people and events. You can make it, just try again and do it differently.

7/24

8/26

10/26


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

Fees in Kathu kry 2de asem Ilse Watson DIE Opskopfees word weer in Kathu aangebied. Dié fees is gereeld aangebied, maar het 15 jaar gelede tot ’n einde gekom. Dié fees het eers as die immergewilde Kameeldoringfees bekend gestaan. Henri Scott van Scott Eintertainment SNOTKOP gaan ook het besluit om die op die Opskopfees in fees weer aan die Kathu optree. gang te kry en hy beplan nou om elke jaar die fees aan te bied. “Ek het ’n bekwame span wat saam met my werk en ons gaan verseker die fees gaan ’n groot sukses wees,” vertel Scott. “Kunstenaars soos Snotkop, Elizma OP die Opskopfees in Theron en Henri Kathu sal Elizma Alant gaan kom Theron die gehoor optree. Ek gaan self met haar sangnomook sing. Hendrik mers vermaak. Spangenberg (van Foto’s: Verskaf Kathu) sal ook hier optree.” Op die fees gaan nie net bekende sangers optree nie, maar daar gaan ook ’n sterkmankompetisie en Mej. Opskop aangebied word. Verskeie stalletjies, wat kos en ander produkte sal voorsien, sal die fees nog aangenamer vir feesgangers maak. “Ons is opgewonde om aan die kinders bekend te maak daar sal vir hulle ’n mallemeule wees. Feesgangers wat van ver af reis, kan in verskeie gastehuise in Kathu tuisgaan.” ) Besoek die Opskopfees se Facebook-blad en rig navrae aan info@opskop.co.za. Henri Scott kan by 083-627-6992 gebel word.

MODDER en water spat – die hindernisbaan het op verlede jaar se Kuruman-skou groot aftrek gekry. Foto: Facebook

Viertrekpret op skou Ilse Watson DIE Kuruman-skou bied weer vanjaar ’n hindernisbaan vir alle viertrekvoertuie. Die kompetisie vind op 6 September plaas. Gaan toets jou 4x4-vaardighede – jy kan selfs as die bobaas-bestuurder van 2014 wegstap. Op die hindernisbaan sal daar sewe uitdagings wees wat jy moet ry. Net 40 voertuie kan aan hierdie kompetisie deelneem. Om deel te neem aan dié dag se kompetisie moet jy voor of op Dindsdag 2 September jou inskrywingsvorm na Minette Ingram (minette@lantic.net) stuur. ) Lees meer oor die skou op die Bulletin se webblad by www.kalaharibulletin.co.za.

Saiosh meeting THE South African Institute of Occupational Safety and Health (Saiosh) is hosting a meeting on 28 August at the Free State Residential Care Centre, Bloemfontein. Topics which will be discussed are emergency response regarding incidents and accidents in the workplace and emergency spill response. The meeting starts at 13:30. Registered Saiosh members will earn 1 Continuing Professional Development (CPD) point. For bookings (before 25 August) and more information call Johan van Wyngaard on 083-534-2377 or fsbranch@saiosh.co.za.

5

Pinotage ’n unieke wynstorie DIE wêreld van wyn is vol stories. Snaakse kampvuurstories, elke verteller met ’n glas in die hand. Intelligente gesprekke tussen geskiedkundiges wat die herkoms van elke land se wynbedryf bespreek en terug kan verwys tot 8 000 v.C. toe wyn die eerste keer in die Midde-Ooste gemaak is. Dan is daar stories oor die wynbedryf se vele karakters, van wie daar baie in die Oranjerivier-wynstreek is. Maar tel ’n bottel Orange River Cellars Pinotage op, en jy hou ’n unieke wynstorie in jou hand vas. Pinotage is vandag ’n wyn wat oor die hele wêreld bekend is. Maar vir Suid-Afrikaners is hy ’n kosbare kleinood aangesien die pinotage-druif in ons land ontstaan het. Min wynlande – veral in die sogenaamde Nuwe Wêreld – kan spog met ’n wyndruif wat op eie bodem ontwikkel is. Die meeste kultivars kom mos maar van Europa. Hoe ook al, pinotage se storie begin in 1925. Wel, eintlik voor dit toe ’n man genaamd prof. Abraham Izak Perold wynspore deur die wingerde van die Kaap en Europa begin stap het. Perold was ’n wingerdkundige aan die Universiteit van Stellenbosch, en was veral

verbind tot die uitsoek van druifsoorte wat in die grondsoorte van Suid-Afrika sou aard. In die 1920’s was die plaaslike wynbedryf nog sterk aan die eksperimenteer. Perold het twee druifsoorte uitgesoek wat volgens hom heerlike wyne sou maak – pinot noir en hermitage, oftewel cinsaut. Hy was só bekoor deur hierdie twee druifsoorte dat hy besluit het om sy wetenskaplike kennis en botaniese vernuf te gebruik om ’n kruising van die twee te kweek. Pinot noir is ’n koninklike bloubloedFranse druif vol komplekse geure, waar hermitage besonder vrugtig is en gewoond is aan warm toestande aangesien dit van die Franse suide afkomstig is. ’n Kombinasie van die twee sou dus, volgens Perold, tot nie net ’n unieke druifsoort en wyn lei nie, maar ook tot ’n kultivar wat ideaal vir Suid-Afrikaanse toestande geskik sou wees. Perold het in 1925 die kruising gemaak.

Die naam pinotage is gekies – pinot noirhermitage. Hoewel Perold die eerste pinotage-saadjies in 1925 geplant het, is die eerste kommersiële pinotage-wyn in 1959 bekend gestel. Trouens, daardie eerste aanplantings van Perold het byna verlore geraak nadat hy Stellenbosch verlaat het om hoof van KWV in die Paarl te word. Vandag is pinotage een van die wyne wat van Suid-Afrika ’n unieke wynland in die oë van die wêreld maak. Nie net omdat dit ons eie druif is met boonop ’n interessante geskiedenis nie, maar omdat Perold se skepping van destyds besonder heerlike wyne lewer. Die Orange River Cellars Pinotage staan in die wynbedryf bekend as ’n toonaangewende voorbeeld van waarom pinotage so ’n gesogte wyn is. Dit straal lieflike moerbeie en kersies uit, en het ’n lieflike vars geur wat onder rooiwynliefhebbers besonder gesog is. Dit is ’n wyn wat heerlik is om op sy eie te geniet, maar met ’n lekker dik stuk wildsof beesbiltong kom pinotage se ware kleure na vore. Perold sou dit beaam, en sy eie storie daaroor kon vertel.


6

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

Eerste swartwit-foto’s hier Lizette Slabber

LUKAS BECKER is die wenner van die voël-fotokompetisie. Hy wen ’n geskenkbewys van Wakaberry en kom in aanmerking vir ’n naweek in een van die NC Famous Lodges. Rudy van Tonder se foto het die meeste likes op Facebook ontvang en daarmee het hy ’n geskenkpak van die Orange River Cellars gewen. Vir Augustus is die tema Swartwit-foto’s. Daar is nie ’n beperking oor die onderwerp wat afgeneem word nie; die foto’s moet net pragtige swartwit-foto’s wees. Die wenfoto wen elke maand ’n prys van Wakaberry in die Kalahari Mall en die foto wat die meeste likes op Facebook kry, wen

’n geskenkpak van die Orange River Cellars. Foto’s moet groter as 500 KB en 300 DPI wees en moet in jpeg-formaat aan die e-pos geheg wees. Inskrywings kan na lizette.slabber@volksblad.com gestuur word. Verskaf ’n kontaknommer, asook inligting oor waar en deur wie die foto geneem is en waar die fotograaf woon. Net amateurfotograwe mag hulle inskryf. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie en foto’s van oor die land heen mag ingeskryf word, maar slegs inwoners van die Noord-Kaap mag hulle inskryf. Hou die Kalahari Bulletin se webblad, www.kalaharibulletin.co.za, dop vir die inskrywings wat ontvang is en sy Facebookblad om te sien wie die finaliste is.

ROY WALSH het dié besonderse foto van die Silwer-Valke gestuur.

RUDY VAN TONDER se foto het die meeste likes op Facebook gekry. Hiermee wen hy ’n geskenkbewys van die Orange River Cellars.

ROY WALSH het ook dié besonderse oomblik vasgevang.

FRIKKIE STRAUSS het dié pragtige foto gekiek.

LOURENS VAN DER WESTHUIZEN (16) het dié besonderse foto gestuur.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

7

Stasie kies nuwe, kleiner raad RADIO RIVERSIDE, die gemeenskapradiostasie van Upington, het sy jaarvergadering op Dinsdag 29 Julie in die Piet Thole-gemeenskapsaal in Rosedale, Upington, gehou. Alle gemeenskapsradiostasies in die land moet gereeld algemene vergaderings hou wat ook ’n manier is vir gemeenskappe om verslae te ontvang en ’n nuwe verteenwoordiger vir die gemeenskapsradioraad te kies. Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het Radio Riverside met die aanbieding van ’n suksesvolle jaarvergadering geluk gewens. Altesaam 17 instansies was op die jaarvergadering teenwoordig en het die organisatoriese verslag bespreek en aanvaar. Geouditeerde finansiële state en voorgestelde grondwetlike wysigings is ook goedgekeur. Een van die belangrikste grondwetlike wysigings wat op die jaarvergadering goedgekeur is, is die getal lede van die raad wat verminder is van 15 na 11 lede, en dat by elke verkiesing van ’n nuwe raad vier raadslede behoue moet bly om vir kontinuïteitdoeleindes in die nuwe raad te dien. Die verkiesing van die nuwe raad was onder voorsitterskap van Yengwayo Kutta, die adjunkvoorsitter van die Nasionale Gemeenskapradioforum (NCRF). Die vergadering het tien raadslede gekies: Sarel Potgieter, Cynthia Silo, Philemon Jood, Samantha Titus, Frank Prince, Mary Vember, Heshaam Patel, Wilheminah Tak, Jannie Simon en Ettiene Edwards. Soos die gewysigde grondwet van die jaarvergadering lui, sal slegs die lede van die raad verkiesing hou.

VAN links is, voor: Samantha Titus, Thabang Pusoyabone (stasiebestuurder), Mary Vember, Vernon Mfusi (uittredende voorsitter), Yengwayo Kutta (ondervoorsitter: NCRF), Cynthia Silo en Wilhelmina Tak; agter: Jannie Simon, Sarel Potgieter, Ettiene Edwards, Frank Prince, Philemon Jood en Heshaam Patel. Foto: Verskaf Op die eerste raadsvergadering sal die voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris, adjunksekretaris en tesourier aangewys

word. Die oorhandigingsproses sal in Augustus plaasvind soos beplan deur die jaarvergadering en die inkomende raad sal

BUNDLE

DEAL

BUNDLE

15

70

+

R

DEAL

R

Blue Ribbon Brown Bread 700g and Inkomazi Maas 500g

amptelik van 1 September af oorneem. Die volgende raad sal die instansie tot 2017 lei.

per kg

Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece

R

Banana’s 1.5kg, Tomatoes 1kg, Onions 3kg, Potato 3kg and Lettuce

Save R17.70

30

4990 per kg

Stewing Beef Cubed

2490

R

Great Value Cooking Oil 2l

74 per kg

Oxtail

19 27

90

16

90

Allsome Rice 2kg

Low Pr ice G uarantee

ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT

White Star Super Maize 5kg

7290

90

Enterprise Smoked or per pack Red Viennas 500g

per kg

Bulk Lamb Chops

R

11 per pack

Parmalat Smooth Yoghurt or Yumchum 6 x 100g t "TTPSUFE

129

R

per pack

Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 5kg

Prices valid 13-17 August 2014 View this catalogue online at game.co.za

Prices apply to Game Kathu and Upington stores only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


8

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

9

Ren bied weer uitdaging DIE Karsten-bergfietswedren wat verlede jaar so ’n groot sukses op die Kalahari-kuierfees was, gaan vanjaar weer ’n lekker uitdaging aan al die bergfiets-entoesiaste bied. Op Saterdag 27 September om 07:00 spring die fietsryers van Reitzpark af weg. Inskrywings is R100 per persoon en vind slegs van 06:00 af by Reitzpark plaas. Die inskrywing sluit nie vanjaar ’n dagkaartjie in nie. Die roete het ’n gemiddelde moeilikheidsgraad en bied ’n blik op die omgewing langs die rivier, asook

die buiteveld. Elke deelnemer sal ’n medalje kry. Daar sal ook gelukstrekkings gehou word. Vir meer inligting kontak Carel Burger by 082-622-7109.

VANJAAR vind ’n rolbalkompetisie weer op die Kalahari-kuierfees plaas. Maak seker jy gaan kyk op 26 en 27 September na rolbal. Foto: Verskaf

Uitsoek-rolbal lê voor DIE Kalahari-kuierfees bied al van 2012 ’n rolbalkompetisie aan en vanjaar gaan weer aan toeskouers en deelnemers rolbal van die hoogste gehalte lewer. Die kompetisie vind op 26 en 27 September plaas. Die rolbalbaan is omliggend tot die feesterrein wat tot gevolg het dat dit maklik by die feesverrigtinge kan inskakel. Vanjaar word beoog om die bane met spanne van

DIE Karsten-boerderybergfietswedren vind weer vanjaar op die Kalahari-kuierfees plaas. Foto: Verskaf

Take these actions between 5pm and 9pm weekdays, to help keep the lights on this winter… 7[MXGL SJJ ]SYV KI]WIV YRRIGIWWEV] PMKLXW ERH ETTPMERGIW (IPE] W[MXGLMRK SR ]SYV IPIGXVMG WTEGI LIEXIV GSRWMHIV EPXIVREXMZIW WYGL EW KEW LIEXIVW SV E LSX [EXIV FSXXPI (SR´X VYR ]SYV TSSP TYQT PMQMX [EXIV GMVGYPEXMSR XS SRGI E HE] SYXWMHI TQ XS TQ 1SWX MQTSVXERXP] VIWTSRH XS XLI 4S[IV %PIVXW ]SY WII SR XIPIZMWMSR Being electricity smart cuts your energy costs… and reduces pressure on the national power grid. For more information go to www.eskom.co.za/idm

)WOSQ ,SPHMRKW 73' 0MQMXIH 6IK 2S

alle uithoeke van die land vol te maak. Maak gerus ’n draai op die rolbalkompetisie om uitsoek-rolbal te sien. Die rolbal gaan van 08:00 tot laat op die rolbalbaan plaasvind. Inskrywings kan by Danie Steenkamp en Bernard Fourie gedoen word. Kontak Danie by 082-443-5023 en Bernard by 083-759-8286.


10

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

Olimpiades haar kos MARLENE BEUKES, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Duineveld, het twee besonderse prestasies in een kwartaal behaal. Sy is die Noord-Kaap se provinsiale wenner vir gr. 11 in die Wêreldkennis-olimpiade en ook pas aangewys as die Noord-Kaap se provinsiale wenner in die senior Afrikaanse Olimpiade. Sy het hiermee goue sertifikate in albei olimpiades ontvang, asook ’n kontantprys vir die Afrikaanse Olimpiade.

MARLENE BEUKES

DIE leerlinge wat Kringloop opgevoer het. Van links is, voor: Janhé Goussard, Jana Lategan, Lynette Engelbrecht en Marie Minnaar; middel: Reuben Murphy, Samantha Jansen, Chantill Willemse en Elvanrich van Wyk; agter: Andisiwe Cetyiwe, Dennis Hoft, Charlton Basson, Zaskia Pain, Hesna Theron en Sue-Ellen Pretorius. Foto’s: Lizette Slabber

Produksies beïndruk Lizette Slabber OP Dinsdag 5 Augustus het die Hoërskool Upington die drie produksies waaraan die dramaleerlinge vanjaar gewerk het, vertoon. Die aand is begin met Mutatis Muthandis, ’n skreeusnaakse komedie wat die gehoor behoorlik laat lag het. Die komiese vertolking deur Reuben Murphy, Zaskia Pain en Hesna Theron was vlymskerp en veral Zaskia en Reuben het die mense gaande gehad. Dié prettige komedie is onder leiding van Neville Schubach op die planke gebring. Dit is gevolg deur Genade, ’n drama wat deur Lesley Swart, ’n onderwyser aan Upington, uit Engels vertaal is. Swart het ook as regisseur en dramaturg opgetree. Genade het die gehoor geboei en die doodse stilte in die saal ná die slottoneel getuig van hoe diep die gehoor deur die drama geraak is. Die aand is met Kringloop afgesluit. Kringloop is as die wenproduksie op die Reza de Wet-toneelfees op die Vryfees aangewys. Die treffende produksie het beslis verdien om die kompetisie te wen. Dié tegniese produksie vertel die verhaal van die mensdom se opkoms en ondergang met lasers, rookmis, treffende gebruik van ligte en besonderse choreografie.

DIE leerlinge wat rolle in Genade vertolk het, is van links Jana Lategan, Janné Goussard, Dennis Hoft, Sue-Ellen Pretorius en Reuben Murphy.

DIE leerlinge wat rolle in Mutatis Muthandis vertolk het, is van links Kaelene Hendricks (tegnies), Reuben Murphy, Zaskia Pain en Hesna Theron.

Meisies van HMO kook DRIE leerlinge aan die Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas het op Saterdag 26 Julie aan die Food and Beverage Institute (FBI) se kok van die jaar-kompetisie in Bloemfontein deelgeneem. Denise Theron, Leanda van Zyl en Porschia Pedro, drie gr. 12-verbruikerstudieleerlinge, het as finaliste aan dié kompetisie deelgeneem. Dit was ’n eerste vir die HMO en die meisies het omtrent gekook. Dié drie finaliste het nie plekke behaal nie, maar die ondervinding en die geleentheid het hulle goed op die komende eindeksamen voorberei. In die kompetisie het dié drie kokke van 08:00 tot 09:00 tyd gekry om hul bestanddele voor te berei en van 09:00 tot 12:00 het hulle gekook – letterlik. Elkeen van hulle het ’n R10 000-beurs van die FBI ontvang indien hulle by dié instituut gaan studeer en hulle het ook ’n geskenkpak van die Varkvleisraad ontvang.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

11


12

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

FAMILIEKENNISGEWINGS

ELEKTRIES

BEGRAFNISDIENSTE

ELEKTRIESE HEININGS, hekmotors en garagedeurmotors. Professionele installasies en diens. Skakel First Defence 072 156 4035 of 082 829 0292.

TE HUUR

1810

1025

3205

KURUMAN: 4-slaapkamerhuis met groot braaiplek. Dubbelerf met 2 eenslaapkamerwoonstelle en boorgat. Afdak vir 6 motors. R1 800 000 of te huur: R20 000 p.m. Skakel 083 378 8177.

BETREKKINGS 3600

HERSTELWERK 1818

ADMINISTRATIEF 3605

ADMIN CLERKS NEEDED for copy/paste datawork. SMS full name/address to 081 886 0316 or email to: d.jobbuzz05@gmail.com

ALGEMEEN 3680

BUSINESS OPPORTUNITY! AVON and JUSTINE. Join to earn your own money. SMS your name, surname, town and tel. to: 083 721 5888. PAPA'S SIGNS Pos beskikbaar vir manspersoon. Vereistes: Min: Graad 10 Kode B-rybewys/C1 Nie bang wees vir hoogtes, moet bereid wees om alles te leer van plak en installeer van naamborde. E-pos CV na papa@telkomsa.net of faks na 086 611 8346.

VAKATURE: ADMIN Indien u aan die volgende vereistes voldoen, e-pos u CV na amonatemageu@telkomsa.net of faks na 053 712 0589. 100% kennis van Pastel en ondervinding van debiteure en krediteure is 'n vereiste. Mededingende salaris. AANSOEKE SLUIT 18 AUGUSTUS 2014.

GESOEK 3601

OP SOEK NA PLAASVOORMANWERK. Skakel Piet van Niekerk 082 787 1003. SOEK DRINGEND WERK. 35jarige dame. Goeie ondervinding, ook in bestuursposisies. Hardwerkend, eerlik. Admin, ontvangs, verkope, kleinhandel, ens. 076 829 3502.

ALGEMENE KENNISGEWINGS GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210

ANDREW CUTTING SERVICES CC (CK. No. 2009/011546/23) of the following registered addess: House No. 122, Van Zylsrus 8467 has applied for restoration after it has been deregistered due to failure to pay annual fees. Anyone who has any objection must contact the Companies and Intellectual Property Commission within 21 days from the date of this advert on 086 100 2472 or an appointed consultant at ALDABRI 439 (Pty) Ltd, 33 Beare Street, Kuruman 8460. Tel. 053 712 2482, cell 072 384 7493.

WE SUPPLY and sell gas geysers at very low prices. Household and camping freezers. Gas, paraffin, 12 volt and 220 volt. Phone 071 533 7700 for prices.

PERSOONLIKE DIENSTE

VAKANSIE & REIS

LENINGS

AKKOMMODASIE

CALL FOR BURSARY APPLICATIONS – 2015 ACADEMIC YEAR

ALLERLEI 1845

TE KOOP 1445

WE SELL LOANS, cellphones and insurance from R1 000 - R120 000. Garnisheed and blacklisted clients are welcome. For a quotation phone Suzzie 082 799 2887 or fax to 053 831 3314 or 086 433 0218 or 086 634 0051.

TE KOOP

KLERASIE

3201

Closing date: 12 September 2014.

2635

Vakansieverblyf: Stellenbosch. Billike dubbel- en enkelkamers beskikbaar in goedgeruste koshuis vanaf 8 Des. 2014 tot 3 Jan. 2015. Sentraal geleë. Skakel 021 887 1583.

Outcomes available on 10 December 2014. Please note that late and incomplete applications will not be considered at all and no exceptions will be made. Application forms are available from the National Arts Council office or can be downloaded at www.nac.org.za For more information, please contact Arts Development Officers as listed on the NAC website.

VOERTUIE

Please note: only posted, couriered and hand delivered applications will be accepted.

MOTORS TE KOOP

National Arts Council, PO Box 500, Newtown, 2113 66 Margaret Mcingana Street, Market Theatre Precinct, Newtown, 2113. Tel: (011) 838-1383. Fax (011) 838-6363. Email: info@nac.org.za

1615

Gebreide mussies, serpe, handskoene, bedsokkies, kniekomberse, kopbande en baie meer by Hanne met Planne, Markstraatarkade,Upt. 0763255242. ALLERLEI

The National Arts Council invites postgraduate students and registered education and training institutions that are involved in studies or provide tuition in the fields of theatre, dance, crafts, literature, music and visual arts to submit applications for bursary funding. This invitation also extends to students applying for Bachelor of Technology degree in the arts. Applications are invited for individual postgraduate studies and block institution bursaries for undergraduate students who will be studying in South Africa during 2014.

3025

FOR SALE: 1991 Corolla 1.3, new engine, R15 000. 2002 Bantam 1.6i plus canopy, R30 000. 2005 Nissan 2ton truck, R65 000. Phone Mark 073 259 8703.

8891

KOMMERSIEEL 1655

WIL U ENIGE plaasmasjinerie herstel of verkoop of nuwe trekkers koop? Skakel Elias 079 288 3505 of Lourens 076 896 4165.

ALGEMENE & HUISDIENSTE SKOONMAAKDIENSTE 1805

FLORCARE MATTE EN BLINDINGS: Ons installeer volvloermatte en blindings teen die beste pryse. 073 558 4705. Talana 072 747 1991. HYDRO CLEAN: Laat u matte en meubels professioneel stoomskoonmaak teen die beste pryse! Talana 073 558 4705/072 747 1991.

3060

NISSAN CW SERIES: 1987. Water bowser 18 000 l, R159 600. FH12 410hp Volvo 2001 Hose (heavy duty hydraulics), R136 800. Trailer: 2004, double axel: R91 200. Brick grabs x 2, R8 000/R6 000. 082 516 0310 or 083 704 0510. NISSAN-DIESELWATERTROK, ± 12 000 liter. Prys R24 000. Skakel 083 310 0272. 2012 LANG PLATBAKSLEEWA, d/as, 7,6 m x 1,39 x 0,2, R45 000. Skakel 083 310 0272.

HUISE TE KOOP

SLEEPWAENS

3275 3040

NATIONAL TRAILER RENTAL KURUMAN: For one-way and local hire countrywide. Phone 083 310 0272. 12 Cilliers Avenue. V-TEC TRAILERS, KURUMAN: Verkoop van nuwe sleepwaens en onderdele. Herstel ook sleepwaens. Skakel Louwrens 083 310 0272.

EIENDOMME

WOONSTELLE TE HUUR 3250

KURUMAN: 1-slaapkamer-woonstel te huur. R3 000 p.m. Dadelik beskikbaar. Skakel 079 563 9103. KURUMAN: 2-slaapkamer-woonstel te huur vanaf 1 Oktober. R5 000 p.m. Koopkrag, water ingesluit. Skakel 073 811 0654.

KURUMAN: 4-slaapkamer-woning, dubbelgeriewe met dubbelerf. Bosmanstraat 27. R1,4 miljoen. Skakel 083 419 9717.

SOEK, KOOP, VERKOOP

VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

13


14

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

Geen keer aan dié kampioen

Kyk nie sommer prooi mis nie “EK hou die wêreld fyn dop. Dalk is daar êrens vir my ’n bietjie kos.” Dit lyk asof die breëkoparend in die Kgalagadi-oorgrenspark vir die kamera poseer. Die breëkoparend is maar één van die pragtige soort voëls wat in die park gesien kan word.

SUEZETTE STEENKAMP

Foto: Ilse Watson

Groot Interjol hier DIE naweek is dit weer Groot Interjol-tyd. Die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington takel mekaar weer om te sien wie die 2014-kampioen is. Volgens ’n jare lange Uppie-tradisie word tydens die Groot Interjol-naweek ook reünie gehou. Soos gebruiklik kom al die reüniegroepe Vrydag om 10:00 in die skoolsaal vir ’n gesellige teeparty bymekaar. Dit word omstreeks 11:00 gevolg deur die baadjieprojek op die rugbyveld vir al die oudleerlinge. Vanjaar gaan prof. Stef Coetzee, oud-Uppie en bekende akademikus in

Suid-Afrika, as gasspreker optree. Coetzee sal al die oudleerlinge, personeellede en huidige Uppies net ná die baadjieprojek om 12:00 in die skoolsaal toespreek. Hoewel hy ’n kenner op finansiële gebied is, gaan hy oor sake na aan sy hart gesels: Hoërskool Upington: Steeds die skool van ons liefde en trou. Saterdagaand bied die Uppie-ondersteunersklub ’n spitbraaiery by die Uppieklubhuis aan. Dit is ’n gesellige, informele saamkuiergeleentheid vir alle oudleerlinge, oud- en huidige onderwysers en alle ondersteuners. Bel die skool vir kaartjies.

Foto: Verskaf

SUEZETTE STEENKAMP (16), ’n leerling aan die Hoërskool Duineveld, is as die Kalahari Bulletin en SuperSport Let’s Play se sportster van die maand vir Julie gekies vir haar uitstekende prestasies in swem, tweekamp en netbal. Die aktiewe jong sportster het ’n verskeidenheid prestasies behaal wat insluit: 2011: ) Suezette het aan verskeie galas deelgeneem en het die Suid-Afrikaanse toptien in swem met ’n negende plek behaal. ) Sy was ook deel van die Noord-Kaapse o.18-swemspan wat aan die Suid-Afrikaanse Spele in Polokwane deelgeneem het. ) Sy het ook haar Noord-Kaap-erekleure vir swem ontvang. 2012: ) Op die SWD-interprovinsiaal het sy goud vir tweekamp gewen. ) Sy het ook aan verskeie swemgalas deelgeneem en het die Suid-Afrikaanse top20 in swem in die 400 m-wisselslag, 800 m

en 1 500 m-vryslag behaal. ) Op die 4+1- interprovinsiale toernooi het sy ’n gesamentlike 800 m-vryslagrekord opgestel. ) Sy het ook haar Noord-Kaaperekleure vir swem ontvang. 2014: ) Sy het op die Suid-Afrikaanse top20 ’n 15de plek in die 1 500 m-vryslag behaal. ) Sy het weer volle erekleure vir swem ontvang. ) Sy het die afgelope vier jaar reeds 138 medaljes verower. Haar leuse is: Ek doen alles in guns van die Here. Stuur jou SuperSport Let’s Play-sportster van die maand-benoemings vir leerlinge tussen 6 en 18 jaar oud vandag (benoemings ontvang voor die 20ste van elke maand sal by daardie maand ingesluit word). Jy kan jou benoeming na supersport@zpr.co.za stuur of na 086-552-4922 faks. Vir meer inligting kontak Lynne Landman by Z PR by 051-522-9574.

Regional rounds for SA’s no 1 wors starting EXCITEMENT grows as regional rounds for the Shoprite Checkers Championship Boerewors Competition are nearing. Over 1 000 boerewors experts, boasting of more than 1 180 unique boerewors recipes, will contend in the regional rounds of one of South Africa’s fiercest culinary battles – the 2014 Shoprite Checkers Championship Boerewors Competition. The nerve-racking regional clashes take place on Saturdays, 16 and 23 August, at selected locations countrywide. Regional round participants need to go

all out to impress the judges with their boerewors-making and -cooking skills as only the first-place winners of each of the 81 regional rounds will go on to compete against their provincial counterparts in ten provincial rounds that take place nationwide on Saturday, 13 September. An independent judging panel, selected and trained by the South African Chefs Association (Saca), will judge each regional round where prospective boerewors champions have to provide 1 kg of their own recipe boerewors.

Half of which will be judged in raw format. The competition concludes on Saturday, 4 October, when ten finalists compete at Sun City’s Valley of the Waves in a vigorous grand finale. The Boerewors Champion will earn the sought-after 2014 Boerewors title and also drive away in a brand new Toyota Hilux 2,7 Double Cab Raised Body Raider. Members of the public are invited to go and watch as the boerewors-fundis battle it out in the regional rounds.

Between the sizzling fires and enticing boerewors smells, visitors will be entertained by local artists, various lucky draws and giveaways will be held. Coca-Cola, Simba and All Gold, co-sponsors of the Shoprite Checkers Championship Boerewors Competition, will offer promotional activities and competitions on the day. ) For more information, competition progress and details on upcoming rounds, visit ww.championshipboerewors.co.za. ) You can also contact Jennifer van der Westhuizen on 021-980-4460.


KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

15

Velties en Uppies pak mekaar DIE afgelope 44 jaar is die Groot Interjol die hoogtepunt van die jaar en almal is reeds besig om reg te maak vir die titaniese stryd tussen die Hoërskool Duineveld en die Hoërskool Upington wat Saterdag gaan plaasvind. Dit is hier waar jong talent en karakter geslyp word soos op geen ander geleentheid nie. ’n Jaar se voorbereiding, sweet en trane word op hierdie een dag op die spits gedryf en dit vorm die hoogtepunt van menige entoesiastiese leerling se sportjaar. Vir Veltie-land, wat hierdie jaar gasheer speel, is dit nie net ’n voorreg om vanjaar die buurskool te ontvang nie, maar dit is ook die jaar waarin Duineveld sy 50ste bestaansjaar herdenk. Dit sal dus nie

onvanpas wees om ook by hierdie geleentheid ’n bietjie nostalgies terug te kyk op die geskiedenis van ’n luisterryke geleentheid soos Interjol nie. Daar word teruggedink aan epiese wedstryde, (on)regverdige skeidsregters, skitterende wen-drieë, leerlinge wat sing en dans en kompeteer, en harte wat warm klop. Die skiet, skaak, vasvra, tennis en redenaars is reeds in die week afgehandel. Die program vir die Interjol 2014 is soos volg: Hokkie: 08:30: o.16 meisie en 0.19B-meisies (B-veld). 09:15: Voorstelling van die o.19A-meisies. 09:25: o.19A-meisies 10:25: Voorstelling van o.19Aseuns. 10:35: o.19A-seuns.

DIE kapteins van die eerste spanne is van links Herman Brandt (skaak), Lenika Daubern (skiet), Danus Kruger (gholf), Raynardt Stasch (gholf en skiet), Carla Kruger (redenaars) en Francois Slabber (skaak en vasvra). Foto’s: Lizette Slabber 11:30: o.16A-seuns (Duineveld) teen o.19B (Upington). 11:30: o.14A-meisies (B-veld) Netbal: 08:00: o.14A, o.16B en o.16D. 08:40: o.19B en o.16C. 09:20: o.16A. 09:55: Voorstelling. 10:05: o.19A. Rugby in die Danie Kuys-stadion: 07:30: o.14B. 08:25: o.15B. 09:20: o.16B. 10:25: o.19C. 11:30: o.14A. 12:25: o.15A. 13:20: o.16A. 14:25: o.19B. 15:40: Voorstelling. 16:00: o.19A.

DIE kapteins van die eerste spanne is van links, voor: Esmarié Ferreira (netbal en tennis), Peter Smith (hokkie), Ciske van Niekerk (hokkie), Corlia Viljoen (netbal), Mariaan Olivier (hokkie), Danielle Nel (tennis) en Georg Visagie (hokkie); agter: Eduard Killian (tennis), Willem Koegelenberg (rugby), Theunis Visser (rugby) en JayD van Zyl (tennis).

10000633SM

you’re six steps away from making your dream come true SIMPLY REGISTER FOR THE YOUTH-OWNED BUSINESS SEMINAR BROUGHT TO YOU BY THE IDC, NYDA & sefa Step Step Step Step Step Step

1: E-mail nandiob@idc.co.za to register your business for the seminar 2: Include your company name 3: Include your company’s contact person 4: Include your contact number 5: Include your e-mail address 6: Include the sector that your business is operating in

Register with the Northern Cape IDC Regional Office by 18 August 2014. You will receive an *invitation to the seminar that will be held in the near future, where the Chief Executive Officers of the Industrial Development Corporation, National Youth Development Agency and Small Enterprise Finance Agency will share how you can expand your business through the support that this partnership has made available to youth-owned businesses. For more information contact Nandio Booysen on 053 807 1050 *Limited seats available

www.idc.co.za

www.nyda.gov.za

www.sefa.org.za


16

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 14 AUGUSTUS 2014

‘Woestynkinders’ ewe tuis op die water Sarel van der Walt TOE die 40 dubbelkano’s Donderdagoggend in Upington vir die derde Groen Kalahari-kanowedvaart op die Oranjerivier weggespring het, was daar net twee Upingtonners onder hulle. Hulle is Waldo (33) en Elzanne (31) van der Linde. Waldo neem die derde keer deel, terwyl Elzanne die eerste keer die wedvaart oor drie skofte en sowat 100 km tot by Augrabies pak. Die wedvaart word in samewerking met die Noord-Kaapse departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme aangebied. Die vlak van die rivier is baie laag, omdat water wat vroeër honderde kilometers stroomop uit die Van der Kloof-dam gelaat is, Upington nog nie bereik het nie. Die wedvaart sou aanvanklik in Maart plaasgevind het, maar is uitgestel, omdat die rivier in vloed was en die toestande te gevaarlik vir kanovaart. Waldo en Elzanne is albei teleurgesteld dat hulle die dorp se enigste verteenwoordigers in dié wedvaart is.

“Die kanovaarders kom en gaan maar hier in Upington. Sommige vaarders gaan weg universiteit toe en kom nie weer terug nie. Ander dink seker dit is nie macho genoeg om ’n kanovaarder te wees nie. “Ons wens ons kan die hoërskole hier (Upington en Duineveld) oortuig om by kanovaart betrokke te raak,” het Elzanne, ’n oudPaarliet, gesê. Waldo, wat ’n drukkery in dié dorp het en ’n oudleerling van die Hoërskool Duineveld is, is al sedert sy skooldae ’n kanovaarder. Die eerste dag se eerste skof tot by Oranjerus was oor 30 km. “Dit was ’n bietjie rof, die laaste 10 km het ver gevoel,” het Elzanne, ’n juwelier, gesê. “Ons het ook al saam aan die Vis (die Visrivier-kanowedvaart in die Oos-Kaap) deelgeneem. Die Bergrivier-kanowedvaart (oor 240 km) is te ver vir my.” Die egpaar het twee jong seuntjies, Pieter-Kunjé en Matias. Dirk Malan, ’n boer van die omgewing, sê hy dink waarom nie meer Upingtonners deelneem nie, is moontlik, “omdat ons mos maar woestynkinders is”.

ELZANNE EN WALDO VAN DER LINDE, die enigste twee Upingtonners wat aan die Groen Kalahari-kanowedvaart deelneem, ná die eerste skof. Foto: Sarel van der Walt

Het jy vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.kalaharibulletin.co.za en blaai deur die digitale weergawes.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.